NUUSBRIEF 2012 NWDK KLUB - Drakensberger SA North West 2012.pdf · 2 NWDK Nuusbrief 1 van 2012...

17
1. Algemeen NWDK Klubsake Nampo ................................................................. 3 Keuringstoer in Maart ......................................... 3 Keurdersopknappingskursus ............................... 4 Borgskappe .......................................................... 4 Keuringstoer ........................................................ 5 Klubveiling en Bemarking .................................... 5 Kontakbesonderhede .......................................... 6 Klublede ............................................................... 7 Drakensbergers in Gordonia................................ 8 2. Tegniese Inligting Strategiese aanvulling by eerste kalf verse verhoog vleisbees winsgewendheid .................. 10 3. Veiling Klubveiling 2012 ................................................. 13 Nasionale Veiling 2012 ....................................... 13 .................................................................................. NWDK LEDE BLACK FOX 082 772 7716 AUSHALTEN 056 343 3636 BONHEIM 083 629 4540 RODORA 072 539 9704 FOURBOU 082 745 4906 LANGPAD 082 414 6640 BLOUBOSPUT 082 902 3645 BLACK HILLS 083 257 8511 Jaco vd Merwe 082 893 4083 Hannes van Wyk 083 266 7752 CUMIN 082 453 8444 MARICO VALLEI 082 854 5332 Kommersieel: Scalla van Schalkwyk 083 310 8303 Philip van Staden 083 406 9723 Frans du Toit 071 333 3473 Daan Grobler 079 871 9886 SAAM BEREIK ONS MEER NUUSBRIEF 1 2012 NWDK KLUB

Transcript of NUUSBRIEF 2012 NWDK KLUB - Drakensberger SA North West 2012.pdf · 2 NWDK Nuusbrief 1 van 2012...

Page 1: NUUSBRIEF 2012 NWDK KLUB - Drakensberger SA North West 2012.pdf · 2 NWDK Nuusbrief 1 van 2012 ALGEMEEN NWDK KLUBSAKE Beste mede Drakensberger boer a ‘n opwindende 2011, ... Die

    

   1. Algemeen      NWDK Klubsake 

Nampo ................................................................. 3 Keuringstoer in Maart ......................................... 3 Keurdersopknappingskursus ............................... 4 Borgskappe .......................................................... 4 Keuringstoer ........................................................ 5 Klubveiling en Bemarking .................................... 5 Kontakbesonderhede .......................................... 6 Klublede ............................................................... 7 Drakensbergers in Gordonia ................................ 8 

   

  2. Tegniese Inligting   Strategiese aanvulling by eerste kalf verse    verhoog vleisbees winsgewendheid .................. 10 

   

  3. Veiling     Klubveiling 2012 ................................................. 13     Nasionale Veiling 2012 ....................................... 13   ..................................................................................   

     

NWDK LEDEBLACK FOX  082 772 7716  AUSHALTEN  056 343 3636 BONHEIM       083 629 4540RODORA               072 539 9704  FOURBOU 082 745 4906 LANGPAD                  082 414 6640BLOUBOSPUT  082 902 3645  BLACK HILLS        083 257 8511 Jaco vd Merwe        082 893 4083Hannes van Wyk    083 266 7752 CUMIN                 082 453 8444 MARICO VALLEI      082 854 5332Kommersieel: Scalla van Schalkwyk    083 310 8303  Philip van Staden 083 406 9723  Frans du Toit  071 333 3473 Daan Grobler 079 871 9886 

SAAM BEREIK ONS MEER 

NUUSBRIEF 1    2012NWDK ‐ KLUB 

Page 2: NUUSBRIEF 2012 NWDK KLUB - Drakensberger SA North West 2012.pdf · 2 NWDK Nuusbrief 1 van 2012 ALGEMEEN NWDK KLUBSAKE Beste mede Drakensberger boer a ‘n opwindende 2011, ... Die

2 NWDK Nuusbrief 1 van 2012

ALGEMEEN NWDK KLUBSAKE

Beste mede Drakensberger boer

a ‘n opwindende 2011, beloof 2012

om ‘n jaar te wees wat groot

potensiaal inhou, veral vir ons as

Drakensberger boere. Die skrywe

is bedoel om almal op hoogte te bring van

wat die jaar beoog word slegs met betrekking

tot die betrokkenheid van die Noord-Wes

Drakensberger Klub (NWDK).

By verlede jaar se algemene Drakensberger

jaarvergadering is een van ons lede, dr.

Johann Fourie (Black Fox) verkies tot

President van die Drakensberger

genootskap.

Tydens die jaarvergadering is nog een van

ons lede, Willie Landman (Black Hills), ook tot

die raad verkies. Willie se portefuelje sluit

onder andere in die bemarking van die

Drakensbergerras.

Baie geluk Johann en Willie en baie sterkte

met ‘n propvol jaar wat voorlê. Wees verseker

van ons as klub se ondersteuning en hulp

soos nodig.

In terme van die jaar se klub bemarking en

beplanning is die volgende datums al

vasgemaak:

31 Maart: NWDK beplanningsver-gadering

by die Bonheim landgoed – Bring vleis,

drinkgoed en ‘n stoel saam, want ons gaan

defnitief braai saam met al die beplanning.

Laat weet asb. Vir Jean van der Merwe

(Black Hills) wie belangstel om dit by te woon

dat ons net ‘n aanduiding van getalle het. Die

beplanning is om 11:00 te begin, te vergader

en dan na ‘n paar Fase D veld toets bulle te

kyk in die kraal voor ons gaan braai.

27 April: Nasionale Drakensberger Veiling -

Die klub lede bied so 6 bulle en 2 bulle se

strooitjies by die Nasionale Drakensberger

veiling aan. Die veiling vind oor 'n lang

naweek plaas by die Afri Dome in Parys en

behoort 'n hoogtepunt op die kalender te

wees. Bespreek dus solank plek en bring die

familie saam.

15-18 Mei: By Nampo doen die klub

oudergewoonte weer diens en bemark ons

ons geliefde ras. Kom besoek ons gerus of

laat weet as jy die stalletjie ‘n wyle wil kom

beman en ervaar eerstehands wat ons mede

stoet en kommersiele lede te sê het. Datum

sal bekend gemaak word: Inligtings dag by

Johann Fourie op die Black Fox landgoed te

Jakkalsfontein. Die plan is om ‘n praktiese

dag te hou waar ons ‘n bul en koei se bou

vorm bespreek. Laat weet asb. as jy

belangstel om deel uit te maak van die dag.

‘n Volledige agenda van die dag sal nog deur

gegee word.

Gedurende die tweede helfte van die jaar gaan ons ‘n toer doen.

N

Page 3: NUUSBRIEF 2012 NWDK KLUB - Drakensberger SA North West 2012.pdf · 2 NWDK Nuusbrief 1 van 2012 ALGEMEEN NWDK KLUBSAKE Beste mede Drakensberger boer a ‘n opwindende 2011, ... Die

3 NWDK Nuusbrief 1 van 2012

Die Drakensberger Algemene Jaar-

vergadering word die jaar gehou 28 en 29

September en gaan ‘n bosberaad insluit. Al

die Drakensberger genootskap klubs kan

aansoek doen om die algemene

jaarvergadering aan te bied en ons klub gaan

ook aansoek doen om die algemene

jaarvergadering aan te bied.

Enige iemand met idees of wat bereid is om

deel uit te maak van die beplanningspan

moet asb. vir Jean van der Merwe kontak.

Die aansoek om die aanbieding van die

jaarvergadering moet ingedien word voor 3

April 2012.

NAMPO 15 – 18 Mei 2012

By Nampo die jaar het die volgende lede al

aangedui dat hulle by die nuwe

Drakensberger stalletjie gaan wees:

15 Mei Dinsdag: Johan van Staden

(Bonheim)

16 Mei Woensdag: SP Fourie (Fourbou)

17 Mei Donderdag: Jean van der Merwe

(Black Hills)

18 Mei Vrydag: Johan van Tonder (Rodora)

Daar sal oudergewoonte diere binne en buite

vertoon word. Die NWDK is verantwoordelik

vir die diere buite. Johann Fourie is reeds

besig om ‘n REUS van ‘n Os vet te voer met

TAU voere en die bielie behoort ‘n trekpleister

te wees by die jaar se Nampo uitstalling.

Keuringstoere in Maart

Die Drakensberger genootskap het ‘n Leerder

Keurder kursus aangebied gedurende

Januarie te Volksrust deur Piet De Villiers. Hy

is bygestaan deur Johan Uys, Willie

Watermeyer en Petrus Taljard. Die kursus het

oor twee dae gestrek. Die kursus is deur 16

belangstellendes bywgewoon onder wie ook

Oom Koos Louwrens (President van die

Santa Gertrudis raad) om te evalueer wat die

standaard van die kursus is in vergelyking

met ander rasse. Die eerste dag is ‘n

deeglike teoretiese opleiding aangebied

waarna ‘n praktiese demonstrasie op die

Plaas Gryshoek gedoen is. Dag twee het uit

‘n teoretiese eksamen, en praktiese plasing

van 5 verse en 5 bulle, punting van ‘n bul en

‘n vers en keuring van 10 verse en 10

bulletjies bestaan.

Alhoewel die slaagsyfer 80% is, was die

inligting wat oorgedra is sodanig gedoen dat

enigiemand sal voordeel trek uit die kursus.

Oom Koos Louwrens was baie beindruk met

die standaard van die teorie wat aangebied is

en was oor die algemeen baie beindruk.

Vanuit die NDWK omgewing het Hennie

Botes, Daan Grobler, Jan Crous en Jean van

der Merwe die Keuringskursus bygewoon.

Baie geluk aan Hennie Botes, Jan Crous en

Jean van der Merwe wat die keuringskursus

geslaag het en die opkomende keuringstoere

gaan meemaak as Leerder Keurders.

Page 4: NUUSBRIEF 2012 NWDK KLUB - Drakensberger SA North West 2012.pdf · 2 NWDK Nuusbrief 1 van 2012 ALGEMEEN NWDK KLUBSAKE Beste mede Drakensberger boer a ‘n opwindende 2011, ... Die

4 NWDK Nuusbrief 1 van 2012

Keurdersopknappingskursus

Die Drakenskberger Beestelersgenoot-skap

het op 1 Februarie hulle jaarlikse

keurdersopknappingskursus op Volksrust

gehou. Vyf en twintig keurders van oor die

hele land het die kursus bygewoon. Die

opknapping kursus word jaarliks aangebied

voordat die keurders op die keuringstoere

vertrek. Die dag het bestaan uit ‘n teoretiese

sessie wat by die genootskap se kantoor

aangebied is waarna almal na Gryshoek

vertrek het vir ‘n praktiese sessie waartydens

die keurders deur ‘n paneel van senior

keurders ge-evalueer is op beide die punting

en plasing van ‘n groep manlike en vroulike

diere. Gedurende die keuringstoere word elke

stoetteler wat diere aanbied vir keuring

besoek deur twee keurders, vergesel deur ‘n

leering keurder. Sou enige kommersiele teler

belangstel om deur die keurders in sy

omgewing besoek te word kan hy gerus die

Drakenberger kantoor skakel by 017 735

5056/8 of stuur ‘n epos aan

[email protected].

Borgskappe Borgskappe vir ons veiling word die jaar behartig en bestuur deur ons uitgetrede NWDK voorsitter, SP Fourie. Kontak hom asb. met idees en borgskappe asb. en help hom waar nodig. Borgskappe maak dit vir ons almal makliker om te adverteer en ‘n bobaas klubveiling te hou.

Baie dankie byvoorbaat aan 2012 se hoofborge:

En ons ander borge vir hulle bydrae:

Page 5: NUUSBRIEF 2012 NWDK KLUB - Drakensberger SA North West 2012.pdf · 2 NWDK Nuusbrief 1 van 2012 ALGEMEEN NWDK KLUBSAKE Beste mede Drakensberger boer a ‘n opwindende 2011, ... Die

5 NWDK Nuusbrief 1 van 2012

Keuringstoer 2012

Die toer skedule lyk as volg:

Kaap/ Karoo

Brandfort/ NKaap

Noord-Wes Gauteng Mpumalanga Volksrust

KwaZuluNatal Sentraal Vrystaat

25- 30 Maart 14- 16 Maart 12- 13 Maart 5- 7 Maart 12 - 14 Maart 12 - 14 Maart

John Roos Reinier van

Rensburg

Fanie van

Dyk

Carel Nel Jannie Jacobsz Johan Uys

Jan Dhooge Petrus

Taljaard

Johann

Fourie Willie Watermeyer Piet de Villiers Kobus Davel

Liesel Forster

Carel

Watermeyer Johan Buys Hennie Botes Jan Crous Udo Beneke Jean van der

Merwe

Klubveiling en bemarkings-materiaal

Die Noord Wes Drakensberger Klub veiling het die afgelope paar jare net van krag tot krag gegaan

soos gesien kan word uit die statistieke:

2009 2010 2011

Omset R 407 900.00 R 747 000.00 R 964 000.00

Beste Bul R 28 000.00 R 30 000.00 R 35 000.00

Bul gemiddeld R 18 888.89 R 20 222.22 R 23 785.00

Koeie gemiddeld R 8 747.37 R 8 266.67 R 8 480.00

Koei en kalf gem R 8 250.00 R 8 900.00 -

Vers gemiddeld R 6 450.00 R 7 178.95 R 9 175.00

Page 6: NUUSBRIEF 2012 NWDK KLUB - Drakensberger SA North West 2012.pdf · 2 NWDK Nuusbrief 1 van 2012 ALGEMEEN NWDK KLUBSAKE Beste mede Drakensberger boer a ‘n opwindende 2011, ... Die

6 NWDK Nuusbrief 1 van 2012

Verlede jaar het die NWDK veiling heeltemal uitverkoop en indien daar nog vroulike diere was sou hulle ook verkoop het. Die duurste bul op die 5 de veiling van die Noord Wes Drakensberger Klub (2011) is teen R35 000 verkoop op ‘n bitter koue Hartbeesfontein. BF 08 116 uit die Black Fox stoet van Dr. Johann Fourie, is aan Mnr. Fanie van Dyk van die Brakenjan stoet verkoop. Altesame 30 kopers het geregistreer en die totale aanbod van 14 bulle en 64 vroulike diere is verkoop. Die bulle het verkoop teen gemiddeld R 23 785 stuk. Die duurste drie bulle is verkoop teen gemiddeld R33 000. Stoetkoeie het gemiddeld R8 480 stuk. Die duurste stoet koei is verkoop vir R10 000 aan mnr. J.H.G. van Wyk van Greenhills. Kommersiele Drakensberger koeie is verkoop teen gemiddeld R8 250 stuk en kommersiele verse teen gemiddeld R9 175 stuk. Die duurste dragtige kommersiele verse is verkoop teen R10 250 aan BLT Farming van Mafikeng. Die veiling is aangebied deur Andre Kock en seun en die afslaer was Theuns Visser. Die veiling is aangebied onder die beskerming van die Drakensberger telers genootskap. Voorlopige getalle dui daarop dat ons hierdie jaar (2012) 20 bulle en 100 vroulike diere gaan aanbied. Indien enige klublede nog diere wil aanbied op ons veiling, kontak ons asb. so gou as moontlik dat ons die bemarkingsmateriaal dienooreenkomstig kan aanpas.

Bemarking vir ons veiling sluit die volgende in: a) Klub advertensie by die Nasionale

Drakensberger veiling. b) Klub advertensie by Nampo c) Inligtingsdag by Johann Fourie d) Landbouweekblad advertensies e) SMS’e voor die veiling aan almal op ons

klub se kontaklys Klublede kontakbesonderhede Klublede: Alle lede se kontak-besonderhede sal op ons bemarkingsmateriaal verskyn wat uitgedeel sal word tydens die Nasionale Drakensberger veiling, Nampo skou, ens. Help ons die klub uitbou en van krag tot krag gaan deur te voorsien aan die vraag na Drakensbergers wat heel duidelik heers (Sien klub se veiling rekord!) Die NWDK bied almal betrokke die geleentheid om deel te word van ‘n hegte familie wat mekaar kan ondersteun en help luister en voorsien aan die vraag.

Page 7: NUUSBRIEF 2012 NWDK KLUB - Drakensberger SA North West 2012.pdf · 2 NWDK Nuusbrief 1 van 2012 ALGEMEEN NWDK KLUBSAKE Beste mede Drakensberger boer a ‘n opwindende 2011, ... Die

7 NWDK Nuusbrief 1 van 2012

Huidige NWDK lede

Voorsitter Jean van der Merwe Black Hills

082 719 7521

[email protected] Stoet lede

Dr. Johann Fourie Black Fox 082 772 7716 [email protected] CF Lourens Langpad 082 414 6640 Francois Weideman Bloubosput 082 948 2161 [email protected] Johan van Staden Bonheim 083 629 4540 [email protected] Kobus Weideman Bloubosput 082 902 3645 [email protected] Willie Meintjies MARICO VALLEI 082 854 5332

[email protected]

Kommersiele lede

Schalla van Schalkwyk 083 310 8303 [email protected]

Frans du Toit 071 333 3473 [email protected]

Penningmeester Johan van Tonder Rodora

072 539 9704

[email protected] SP Fourie Fourbou 082 745 4903 [email protected] Willie Landman Black Hills 083 257 8511 [email protected] Ruan en Hannes van Wyk 083 266 7752 [email protected] Jaco van der Merwe JMF Boerdery 082 327 7804 [email protected] Byron Cumin Cumin 082 453 8444 [email protected] Philip van Staden 083 406 9723 Daan Grobler 079 871 9886 [email protected] 

BONHEIM

Page 8: NUUSBRIEF 2012 NWDK KLUB - Drakensberger SA North West 2012.pdf · 2 NWDK Nuusbrief 1 van 2012 ALGEMEEN NWDK KLUBSAKE Beste mede Drakensberger boer a ‘n opwindende 2011, ... Die

8 NWDK Nuusbrief 1 van 2012

Drakensbergers in

Gordonia

ie volksliedjie ver in die ou Kalahari besing die prag en praal van die ou Kalahari tot bo in die Molopo. Maar verder wes nog, wes van

Postmasburg, ongeveer 300km wes van Kimberley. Wes van die Langberg lê Gordonia. Die meeste van ons sien op TV die wrede temperature wat bykans daagliks vir daardie deel van die wêreld voorspel word. In die somer is temperature van 46°C algemeen – natuurlik volgens voorskrif in die koelte gemeet.

Die keersy van die warm somer temperature is winter temperature snags ver benede vriespunt en dikwels kom snerpende koue met winter reën saam as die koue fronte oor die Suide van Namibie inwig Gevriesde waterkrippe tot na 11 soggens is daarom nie vreemd. Vir boorlinge van Mpumalanga, Vrystaat,Gauteng en Noordwes is ‘n besoek in die somer aan hierdie gebied ‘n ontnugtering want dikwels roer hier nie ‘n windjie nie en is die nag- en dag temperature

dikwels nie ver van mekaar . Jy hou dus nie eers snags op sweet nie. In hierdie dorre wêreld met oeroue sand wat tot 1000 meter diep is, is die vermoë om water uit die grond te haal dikwels die bepalende faktor wat veeboerdery se sukses bepaal. Die gemiddelde reënval hier is sowat 240mm/jaar en dit begin dikwels eers in Februarie maand reën. Hier is geen Eskom krag en selfoon ontvangs is dikwels totaal afwesig. Die wêreld is ongerep en insekte soos die bytende vlieë is hard soos ook die plante en mense wat hier aangetref word. Bosluise kom glad nie hier voor en beeste word nie meer as 2x per jaar gekraal, dikwels in mobiele krale waar die laaibank tot op die hoofpad opgeslaan word om te voorkom dat trokke in die sand vassit.

In hierdie deel van die wêreld moet mens “easy care cattle” hê. Beeste wat kan stap om

D

Page 9: NUUSBRIEF 2012 NWDK KLUB - Drakensberger SA North West 2012.pdf · 2 NWDK Nuusbrief 1 van 2012 ALGEMEEN NWDK KLUBSAKE Beste mede Drakensberger boer a ‘n opwindende 2011, ... Die

9 NWDK Nuusbrief 1 van 2012

hul pense vol te kry. Vir elke koei het jy 18ha weiding nodig. Beeste wat die klipperige Langberg kan klim sonder om kruppel te raak. Klein kalfies by geboorte is noodsaaklik want natuurlike seleksie duld nie distokia hier.

Beeste hier moet hitte en son kan trotseer want groot koelte bome kom nie hier voor nie.

Die grootste kudde Drakensbergers in hierdie deel van die land loop op die plase van Philip van Staden, ‘n kommersiele lid van die NWDK.

Philip is ‘n speenkalf produsent wat se kalwers in aanvraag is by kommersiele voerkrale. Philip het meer as dekade gelede begin deur Drakensbergers op die kruisras Afrikaner, Bonsmara, Brahman koeie te gebruik. Philip het met Drakensbergers grootgeword by Bonheim Drakensbergers en was oortuig dat beeste met beter temperament ‘n noodsaaklikeheid was in hierdie onherbergsame wêreld waar beeste nie gepamperlang word en afstand en hanteringsgeriewe dikwels reeds die tempo bepaal waarteen kalwers vir speen en bemarking van koeitroppe verwyder kan word. Daar loop vier troppe koeie en die verse van elke trop word jaarliks aangeskuif na die volgende trop terwyl die bulle deurgaans in die trop bly waar hulle afgelaai word nadat hulle aangekoop is.

Page 10: NUUSBRIEF 2012 NWDK KLUB - Drakensberger SA North West 2012.pdf · 2 NWDK Nuusbrief 1 van 2012 ALGEMEEN NWDK KLUBSAKE Beste mede Drakensberger boer a ‘n opwindende 2011, ... Die

10 NWDK Nuusbrief 1 van 2012

TEGNIESE INLIGTING

Strategiese aanvulling by eerste kalf verse verhoog vleisbees winsgewendheid

eesboere is alom bekend met die

feit dat reproduksie tempo in die

vleibeeskudde nie net grootliks

bydra tot die tempo van genetiese

vordering nie maar ook 5 keer belangriker is

as enige ander eienskap in terme van

winsgewendheid van ‘n vleisbees

onderneming.

In die praktyk kan hierdie beginsel soos in

tabel 1 geïllustreer word.

TABEL 1

Invloed van speenprestasie en speenmassa

op inkomste per 100 koeie. (Speenkalfprys

R22/kg)

Speen-

massa

Speenpersentasie

60 70 90

160 R 211 200 R 264 000 R 316 800

200 R 264 000 R 330 000 R 396 000

240 R 316 800 R 396 000 R 475 200

Wat beteken hierdie tabel?

Gestel Boer A speen sy kalwers op

gemiddeld 160kg dan het hy ‘n inkomste van

R211 200 as sy speenpersentasie 60% is.

Indien sy speenpersentasie 90% was met

steeds dieselfde 160kg speenmassa sou sy

inkomste R316 800 wees. Om hierdie selfde

inkomste met swaarder kalwers te bereik sou

Boer A sy 60 % kalwers teen 240kg moes

speen wat in sy omgewings toestande en

kudde waarskynlik onmoontlik sou wees.

‘n Interessante beginsel hier betrokke is dat

hoe hoër die speenkalf prys hoe groter

voordeel kry die boer uit verhoogde speen %

→ wat impliseer by hoër speenkalf pryse

maak byvoeding aan eerste kalf verse al hoe

meer sin!! Om nie eers te praat van die groot

voordeel vir stoettelers wat kort interkalf

periodes moet verseker.

Die herbesetting van eerste kalf verse is

dikwels ‘n probleem vir die vleisbees

produsent. Hierdie groep diere maak dan ook

dikwels die grootste bydrae tot laer reproduksie syfers a.g.v. swak herbesetting .

Die vers wat die eerste keer kalf se behoefte

is hoër as die volwasse koeie met kalwers

aangesien die vers ook self nog groei. Indien

sy dieselfde behandeling as volwasse koeie

B

Page 11: NUUSBRIEF 2012 NWDK KLUB - Drakensberger SA North West 2012.pdf · 2 NWDK Nuusbrief 1 van 2012 ALGEMEEN NWDK KLUBSAKE Beste mede Drakensberger boer a ‘n opwindende 2011, ... Die

11 NWDK Nuusbrief 1 van 2012

ontvang kan dit maklik gebeur dat sy in die

daaropvolgende dektyd glad nie bevrug raak

nie.

Die NRC (National Research Council) stel die

behoefte van eerste kalf koeie teenoor

volwasse koeie as volg (1984) (Tabel 2).

Tabel 2

Tota

le d

aagl

ikse

in

nam

e

TVV

(Kg)

TVV

%

Pro

teïe

n gr

am

Pro

teïe

n %

400kg

lakterende

vers 5 liter

melk/dag

8,5kg 5,4 63,3 916 10,7

500kg

lakterende

koei 5 liter

melk/dag

10kg 5,6 56 957 9,7

Uit tabel 2 is dit duidelik dat die 400kg

vers(onthou sy moet self nog groei) se totale

behoefte deurgaans bykans 10-15% hoër is

as die van ‘n 500kg volwasse koei en haar

totale daaglikse inname is deurgaans

ongeveer 15% laer as die volwasse koei as

gevolg van haar kleiner kapasiteit en laer

lewende massa

Plaas nou nog die verse in dieselfde kamp as

die volwasse koeie waar sy in die rangorde

met koeie kompeteer en die tafel is gedek vir

lae konsepsies op die eerste kalf verse.

Die oplossing!! Bestuur lste kalf verse na

kalwing apart in hul eie kamp weg van

volwasse koeie. Vul kwaliteit lek aan volgens

seisoen, in die somer kan SOMER PRODUKSIE LEKKE aangevul word wat

verkieslik n lae oplosbare proteïen inhoud en

hoë natuurlike proteïen komponent met

genoegsame verbyvloei proteien moet hê.

Jong diere presteer uitstekend hierop.

Genoegsame energie word ook daarmee

aangevul. Verse lek ongeveer 0.4 tot 0,5%

van liggaamsmassa per dag. Dieselfde lek

kan ook as “backgrounding” lek op

groenweiding vir kalwers gevoer word of vir

Fase D veldgroei toets in somer

maande.Verskillende veevoer vervaardigers

het verskillende produkte om aan hierdie

verhoogde behoefte te voorsien

Aanbeveling: Eerste kalf verse moet

addisionele aanvulling kry wat sal verskil

tussen winter en somer kalwers soos

seisoenale verskil in voedingswaarde van

weidings voorkom. Bly weg van roumateriale

wat onder verdenking is a.g.v. hul chemiese

samestelling wat effek op vrugbaarheid mag

hê.

Gevolgtrekking: In die voortdurende strewe

na optimale prestasie in die kudde kan

strategiese aanvulling soos hierdie bepalend

wees vir volgehoue winsgewendheid.

Page 12: NUUSBRIEF 2012 NWDK KLUB - Drakensberger SA North West 2012.pdf · 2 NWDK Nuusbrief 1 van 2012 ALGEMEEN NWDK KLUBSAKE Beste mede Drakensberger boer a ‘n opwindende 2011, ... Die

12 NWDK Nuusbrief 1 van 2012

Voeding is die belangrikste faktor wat

vrugbaarheid in die koei kudde beinvloed. Die

voeding status is grootliks verantwoordelik vir

liggaams kondisie met die aanvang en

gedurende die teel seisoen. n Goeie

barometer van hoe goed ‘n boer daarin slaag

om in sy koeie se voedings behoefte te

voorsien is om die her-konsepsie van eerste

kalf verse as barometer te gebruik—Laer as

65% dui onmiddelik op ondervoeding

Johan van Staden

Voedingkundige

Pri Sci Nat

O83 629 4540

Page 13: NUUSBRIEF 2012 NWDK KLUB - Drakensberger SA North West 2012.pdf · 2 NWDK Nuusbrief 1 van 2012 ALGEMEEN NWDK KLUBSAKE Beste mede Drakensberger boer a ‘n opwindende 2011, ... Die

13 NWDK Nuusbrief 1 van 2012

VEILINGS

Klubveiling 7 Junie 2012

Voorlopige getalle dui daarop dat ons hierdie jaar (2012) 20 bulle en meer as 100 vroulike diere gaan aanbied.

Nasionale Veiling Vrydag 27 April 2012. Aanbieding uit NWD klub op Nasionale Veiling.

BONHEIM DRAKENSBERGER STOET

Strooitjies van hierdie twee bulle word op die Nasionale veiling aangebied B 06 0042 (0063712251) ‘n Goue meriete bul, sy pa die bekende Kok van Carel Nel die eerste bul in die Vrystaat met VOV onder 5:1. Oupa = Bakker (was nasionale kampioen) Moederskant uit Hennie Alhers, Drakensoeto Elite koei lyne. ‘n Kampioen uit Kampioene

EMB 05 0002 (0061446928) (Lamont) July seun met uitstekende vel (21 mm dik). Bosluise byt nie aan hierdie bul. Beweeg baie gemaklik en teel gladde kalwers met pa se bouvorm maar beter koppe. Word gebruik om Bonheim verse oop te maak. Kleiber, eienskap voorloper.

Page 14: NUUSBRIEF 2012 NWDK KLUB - Drakensberger SA North West 2012.pdf · 2 NWDK Nuusbrief 1 van 2012 ALGEMEEN NWDK KLUBSAKE Beste mede Drakensberger boer a ‘n opwindende 2011, ... Die

14 NWDK Nuusbrief 1 van 2012

RODORA DRAKENSBERGER STOET

ROD 090316 (DIPPIES)

Gebore: 19 Augustus 2009 Jaar en 18 maande gewig: Beter as ras gemiddeld. Kleiber: 970 Geboortegewig verhouding: 9.62 Speengewig verhouding: 46.3 Speengewig: 227 Fase D GDT: 1821

Vader: RJ 040010

Kleiber: 1602 GDT: 2119

Moeder: CL 040050

Gemiddelde TKP : 370 oor 4 Kalwings.

Page 15: NUUSBRIEF 2012 NWDK KLUB - Drakensberger SA North West 2012.pdf · 2 NWDK Nuusbrief 1 van 2012 ALGEMEEN NWDK KLUBSAKE Beste mede Drakensberger boer a ‘n opwindende 2011, ... Die

15 NWDK Nuusbrief 1 van 2012

ROD 090318 (BEN)

Gebore: 21 Augustus 2009 Uitstekende gewigstoenames op 12 en 18 maande. Kleiber: 930 Geboortegewig verhouding: 8.62 Speengewig verhouding: 48.7 Speengewig: 220 Fase D GDT: 1881

Vader : RJ 040010

Kleiber : 1602 GDT : 2119

Moeder : OD 020065 Gemiddelde TKP : 361 oor 6 Kalwings. Albei bulle is baie geskik vir die teël van swaar speenkalwers. Die bulle, (halfbroers van mekaar), het ‘n besondere hoë Kleiber (aard na hul vader) wat ‘n uitstekende groei op natuurlike veldweiding tot gevolg sal hê.  

Page 16: NUUSBRIEF 2012 NWDK KLUB - Drakensberger SA North West 2012.pdf · 2 NWDK Nuusbrief 1 van 2012 ALGEMEEN NWDK KLUBSAKE Beste mede Drakensberger boer a ‘n opwindende 2011, ... Die

16 NWDK Nuusbrief 1 van 2012

BLACK FOX DRAKENSBERGER STOET

BF 070049 Bul is in geteel uit n top stoetbul en in Black Fox Stoet gebruik vir 2 seisoene. Bul het besondere lengte, breedte en is veld aangepas. Eienskap voorloper in VOV. Moeder het TKP van 390 oor 4 kallers. Speen direkte BLUP waarde van 10.6.

BF 08001 Op Tosca geteel en een van die top bulle tydens die Fase D, pragtige kop, besondere

lengte, goeie konstitusie en veld aangepas. Bul is in Stoet gebruik, Besondere lengte en

Page 17: NUUSBRIEF 2012 NWDK KLUB - Drakensberger SA North West 2012.pdf · 2 NWDK Nuusbrief 1 van 2012 ALGEMEEN NWDK KLUBSAKE Beste mede Drakensberger boer a ‘n opwindende 2011, ... Die

17 NWDK Nuusbrief 1 van 2012

gehard. Eienskapvoorloper in speen direk en kleiber. Moeder het TKP van 377 oor 5

kallers.

L 060053

Bul in Black Fox Stoet gebruik vir 4 jaar. Eienskapvoorloper in Speen direk. uitstekende

bul met goeie syfers. Goed gebalanseerd en handhaaf homself deur alle seisoene, Goeie

konstitusie. Speen direkte BLUP waarde van 10.6.