Voorbeeld van ’n eksamenvraestel - Vivlia Publishers - An...

8
Voorbeeld van ’n eksamenvraestel Afrikaans Huistaal Graad 7 Vraestel 2 Tyd: 1 uur Totaal: 40 punte Afdeling A: Leesbegrip (15 punte) Vraag 1 Bestudeer die onderstaande leesstuk en beantwoord die vrae wat daaroor gestel is. Albino-eekhorinkie kry ’n nuwe tuiste 1. Lucy, ’n skaars albino-eekhorinkie is een van die nuwe lede van die World of Birds-familie. 2. Sy en haar boetie, Moesie – ’n gewone grys eekhoring (Sciurus carolinensis) – het sowat twee weke gelede hul opwagting gemaak nadat hul boom in Vredehoek in die Kaapstadse stadskom afgekap is. 3. Die boomkappers het hulle gedurende die opruimingsproses gevind en na World of Birds in Houtbaai gevat. 4. Hulle is twee weke oud en word steeds elke aand na hulle mense-mamma, me. Claire Louw, World of Birds se hoofkurator, se huis gebring om nagvoeding te kry. 5. Die twee drink nog vier keer per nag melk en eet twee keer per dag neute, vrugte en groente. 6. Volgens mnr. Hendrik Louw, bestuurder van World of Birds, is daar “gewoonlik een of twee albino’s in die Vredehoek-gebied te sien”. 7. Hy weet egter nie hoeveel albino-eekhorings in ander gebiede voorkom nie. 8. Lucy en Moesie het soos twee wafferse modelle vir die kameras geposeer, maar volgens Louw is eekhorings nie so sagmoedig soos wat mense dink nie. 9. Sy het gesê hulle raak baie aggressief van wanneer hulle drie maande oud is, en die albino’s raak glo nog meer aggressief. 10. Mnr. Louw het gesê albino-diere leef oor die algemeen nie lank in die natuur nie omdat hulle nie kamoeflering het nie en maklik velkanker kry. 11. Albinisme is ’n genetiese toestand waar die liggaam baie min of geen melanien (kleurselle) vervaardig. 12. Lucy en Moesie sal oor ses tot ag maande, wanneer hulle ouer word, in World of Birds vrygelaat word en elke dag saam met die dertig ander eekhorings kos kry. Verwerk uit Die Burger, 6 April 2011. VRAE 1. Bestudeer die titel van die leesstuk. Hoe sluit die titel by die inhoud van die leesstuk aan? (2) 2. Die twee eekhorings verskil van mekaar. Noem twee verskille. (2)

Transcript of Voorbeeld van ’n eksamenvraestel - Vivlia Publishers - An...

Page 1: Voorbeeld van ’n eksamenvraestel - Vivlia Publishers - An ...vivlia.co.za/wp-content/uploads/2014/04/Viva-Afr-Gr-7...1. Verteller: Groter liefde het niemand as dit nie. Gordyn oop.

Voorbeeld van ’n eksamenvraestel

Afrikaans Huistaal Graad 7

Vraestel 2

Tyd: 1 uur

Totaal: 40 punte

Afdeling A: Leesbegrip (15 punte) Vraag 1

Bestudeer die onderstaande leesstuk en beantwoord die vrae wat daaroor gestel is.

Albino-eekhorinkie kry ’n nuwe tuiste

1. Lucy, ’n skaars albino-eekhorinkie is een van die nuwe lede van die World of Birds-familie.

2. Sy en haar boetie, Moesie – ’n gewone grys eekhoring (Sciurus carolinensis) – het sowat twee weke gelede hul opwagting gemaak nadat hul boom in Vredehoek in die Kaapstadse stadskom afgekap is.

3. Die boomkappers het hulle gedurende die opruimingsproses gevind en na World of Birds in Houtbaai gevat.

4. Hulle is twee weke oud en word steeds elke aand na hulle mense-mamma, me. Claire Louw, World of Birds se hoofkurator, se huis gebring om nagvoeding te kry.

5. Die twee drink nog vier keer per nag melk en eet twee keer per dag neute, vrugte en groente.

6. Volgens mnr. Hendrik Louw, bestuurder van World of Birds, is daar “gewoonlik een of twee albino’s in die Vredehoek-gebied te sien”.

7. Hy weet egter nie hoeveel albino-eekhorings in ander gebiede voorkom nie.

8. Lucy en Moesie het soos twee wafferse modelle vir die kameras geposeer, maar volgens Louw is eekhorings nie so sagmoedig soos wat mense dink nie.

9. Sy het gesê hulle raak baie aggressief van wanneer hulle drie maande oud is, en die albino’s raak glo nog meer aggressief.

10. Mnr. Louw het gesê albino-diere leef oor die algemeen nie lank in die natuur nie omdat hulle nie kamoeflering het nie en maklik velkanker kry.

11. Albinisme is ’n genetiese toestand waar die liggaam baie min of geen melanien (kleurselle) vervaardig.

12. Lucy en Moesie sal oor ses tot ag maande, wanneer hulle ouer word, in World of Birds vrygelaat word en elke dag saam met die dertig ander eekhorings kos kry.

Verwerk uit Die Burger, 6 April 2011.

VRAE

1. Bestudeer die titel van die leesstuk. Hoe sluit die titel by die inhoud van die leesstuk aan? (2)

2. Die twee eekhorings verskil van mekaar. Noem twee verskille. (2)

Page 2: Voorbeeld van ’n eksamenvraestel - Vivlia Publishers - An ...vivlia.co.za/wp-content/uploads/2014/04/Viva-Afr-Gr-7...1. Verteller: Groter liefde het niemand as dit nie. Gordyn oop.

3. Vereis die versorging van klein eekhorinkies dag en nag baie aandag? Motiveer jou antwoord met ’n aanhaling uit die leesstuk. (2)

4. Is die volgende bewering waar of vals? Baba-eekhorinkies is sagmoedig en kan maklik deur mense hanteer word. Motiveer jou antwoord. (2)

5. Skryf twee redes neer waarom albino-eekhorings nie lank leef nie. (2) EN

Uit Rapport, 4 Oktober 1998.

6. Bestudeer die bostaande spotprent.

6.1 Hoekom dink jy sit Dennis in die hoekie? (1)

6.2 Watter afleiding kan jy uit sy woorde maak? (1)

6.3 Watter maand van die jaar dink jy is dit? (1)

Page 3: Voorbeeld van ’n eksamenvraestel - Vivlia Publishers - An ...vivlia.co.za/wp-content/uploads/2014/04/Viva-Afr-Gr-7...1. Verteller: Groter liefde het niemand as dit nie. Gordyn oop.

EN

7. Bestudeer die bostaande grappie waarin die seuntjie spog by sy maat oor sy pa en beantwoord die vrae daaroor gestel.

7.1 Onder watter valse indruk bring die seun sy maat? (1)

7.2 Vertel die seun werklik ’n leuen vir sy maat? Verduidelik. (1)

Totaal Afdeling A: 15 punte

Page 4: Voorbeeld van ’n eksamenvraestel - Vivlia Publishers - An ...vivlia.co.za/wp-content/uploads/2014/04/Viva-Afr-Gr-7...1. Verteller: Groter liefde het niemand as dit nie. Gordyn oop.

Afdeling B: Taalstrukture (15 punte) Vraag 2

Gebruik die volgende tekste om die taalvrae te beantwoord.

Wagter, Kiets woel op hul eie Facebook

1. Gedink jy het baie “vriende” op Facebook? Een kietsie op Catbook het sommer 853 harige miaau-maats.

2. Catbook en Dogbook is van die jongste uitvloeisels van die gewilde wêreldbekende virtuele gemeenskap Facebook.

3. In die eerste drie maande nadat ’n 21-jarige Amerikaner, Alexandre Roche, en sy pa, Geoffrey, Catbook en Dogbook ontwikkel het, het meer as 570 000 internasionale Facebook-gebruikers soontoe gestroom.

4. Byna 35 000 viervoetiges gaan laat daagliks hul “spoor” op Dogbook.

5. Wagter en Kiets kan, nes op Facebook, hul fotos op hul profiel wys. En spog met hul stamboom, eienaars of nuwe werpsel.

6. Vir party is dit, volgens hul groepbeskrywings duidelik ’n ernstige saak: Hierdie groep is vir al die katte op Facebook. Hier kan katte mekaar ontmoet, skoon lek en sommer net lekker aan mekaar snuif... Hier kan ons ook wenke met mekaar deel oor hoe maklik mense gemanipuleer kan word. Ons weet mos wie rêrig die wêreld regeer – katte!

7. Ander is weer ligsinnig: Wrrrrrrrrrraaaff (’n verskoning vir blaf?)

8. Plek-plek is daar selfs kort video-uittreksels, soos een van Nora die kat wat kan klavier speel.

9. Talle troeteldier-eienaars begin ook groepies waar dinge soos slegte hondeasem, en alewige bytery bespreek word.

10. Suid-Afrikaanse Facebook-gebruikers het gemengde gevoelens oor Dog- en Catbook.

Verwerk uit Rapport, 11 November 2007, bl. 11.

VRAE

1. Bestudeer die titel van die leesstuk en skryf die werkwoord wat daarin voorkom neer. (1)

2. Skryf die vergrotende trap van die woord baie (paragraaf 1) neer. (1)

3. Gebruik die woord sommer (paragraaf 1) en verdeel die woord eers in lettergrepe en dan in klankgrepe. (2)

4. Die woord wêreldbekende kom in paragraaf 2 voor. Skryf die intensiewe vorm van die woord graag neer. (1)

5. Verklaar die gebruik van die komma in die volgende aanhaling: Nadat hulle Catbook en Dogbook ontwikkel het, het meer as 570 000 internasionale Facebook-gebruikers soontoe gestroom. (1)

6. Skryf uit paragraaf 4 ’n voorbeeld van ’n bywoord van tyd neer. (1)

7. In paragraaf 5 is ’n spelfout begaan. Skryf die woord oor en verbeter die spelling. (1)

Page 5: Voorbeeld van ’n eksamenvraestel - Vivlia Publishers - An ...vivlia.co.za/wp-content/uploads/2014/04/Viva-Afr-Gr-7...1. Verteller: Groter liefde het niemand as dit nie. Gordyn oop.

8. Die woord hondeasem (paragraaf 9) is van toepassing.

8.1 Skryf die bepaler van die woord hondeasem neer en gebruik dit dan as ’n kern in ’n nuwe woord. (1)

8.2 Skryf die woord hondeasem oor en onderstreep die verbindingsklank wat daarin voorkom. (1)

9. Skryf die persoonsnaam neer van iemand wat klavier speel. (1) EN

Uit Beeld, 27 Oktober 2010, bl. 14. 10. Gebruik die homofoon van die woord hael (raampie 1) in ’n sin sodat die betekenis van die

woord duidelik na vore kom. (1)

11. Die uitdrukking jou blaf is erger as jou byt (raampie 3) is van toepassing.

11.1 Skryf ’n idioom wat min of meer dieselfde as hierdie uitdrukking beteken, neer. (1)

11.2 Skryf die kat se woorde in raampie 3 oor in die indirekte rede. (1)

12. Skryf die volgende sin wat in die bedrywende vorm is, oor in die lydende vorm: Die kat het al sy kos opgeëet. (1)

Totaal Afdeling B: 15 punte

Afdeling C: Letterkunde (10 punte) Vraag 3

Racheltjie de Beer: Geen groter liefde ...

Agtergrond Hierdie drama speel af in 1843. Die kleredrag van die akteurs moet volgens dié tydperk wees.

Op die verhoog kan daar ’n deel van ’n ossewa staan asook dekor wat bome en bosse met sneeu uitbeeld. Aan die een kant is ook ’n deel van die takkraal sigbaar.

Karakterlys • George Stephanus de Beer (die pa) • Gertruida de Beer (die ma) • Johannes (die werker) • Gerhardus Pretorius (die ma se broer) • Rachel de Beer (dogter van 12 jaar) • Hendrik de Beer (seun van 7 jaar) • Verteller

Toneel 1 Dit is ’n koue wintersnag in Julie 1843. Die trekkers was op pad na die noorde op soek na weiding vir hulle vee. Kollig skyn op verteller. Die verhoog is pikdonker.

Page 6: Voorbeeld van ’n eksamenvraestel - Vivlia Publishers - An ...vivlia.co.za/wp-content/uploads/2014/04/Viva-Afr-Gr-7...1. Verteller: Groter liefde het niemand as dit nie. Gordyn oop.

1. Verteller: Groter liefde het niemand as dit nie.

Gordyn oop. Johannes kom aangehardloop en sê dat een van die kalwers nie in die takkraal is nie.

2. Johannes (uitasem):

Kom kyk gou! Blommetjie se tjind is nie in die kraal nie. Sy moet geverdwaal het.

3. Stephanus (verontwaardig):

Ag nee! Nie ook dit nie. En kyk hoe lyk die weer. Dit is snerpend koud en geen kalf sal oorleef buite die beskutting van die kraal nie.

4. Gerhardus (kom by):

En ons kan dit nie bekostig om ’n enkele dier te verloor nie! Elkeen is kosbaar vir ons trek na die noorde.

5. Gertruida: Wat gaan ons nou doen?

Die kinders wat in die laer gespeel het, hardloop ook nader.

6. Rachel: Wat gaan aan, Pappa?

7. Stephanus (verduidelikend):

Blommetjie se kalfie is weg. Ons moet dadelik gaan soek, anders verkluim die dier. Gaan kry die lampe dat ons die soektog kan begin.

Almal af. Gordyn gaan toe.

VRAE

1. Hierdie drama speel af in die winter van 1843. Die trekkers was op pad na die noorde. Hoe sal die akteurs wat in hierdie drama speel, se kleredrag lyk? (1)

2. Watter dekor sal op die verhoog wees? (2)

3. Die kollig skyn op die verteller wat vertel wat gebeur het. Kyk na spreekbeurt 10 en 14. Die verteller se woorde is in die vorm van ...

Kies een van die volgende: ’n drama, prosa, ’n gedig. (1)

4. Bestudeer spreekbeurt 2 noukeurig.

4.1 Hoe weet jy dat Johannes vinnig gehardloop het om die nuus mee te deel? (1)

4.2 Waaruit kan jy aflei dat Johannes ’n werker is? (1)

5. Waarom is hy verontwaardig in spreekbeurt 3? (1)

6. Wat beteken dit as dit snerpend koud (spreekbeurt 3) is? (1)

7. Waarom, dink jy, is elke dier kosbaar vir die trek na die noorde? (1)

8. Hoekom gebruik hulle lampe om na die kalfie te gaan soek? (1)

Totaal Afdeling C: 10 punte

TOTAAL VRAESTEL 1: 40 punte

Page 7: Voorbeeld van ’n eksamenvraestel - Vivlia Publishers - An ...vivlia.co.za/wp-content/uploads/2014/04/Viva-Afr-Gr-7...1. Verteller: Groter liefde het niemand as dit nie. Gordyn oop.

Afrikaans Huistaal Graad 7

Vraestel 3: Skryf en aanbied

Tyd: 1 uur

Totaal: 30 punte

Afdeling C VRAAG 1: Opstel (20 punte )

Kies een van die onderstaande onderwerpe en skryf ’n opstel van 150 tot 200 woorde daaroor. Onthou om prosesskryf toe te pas.

1. ’n Dag wat ek nooit sal vergeet nie.

2. Toe, erken dit maar – elkeen van ons het die een of ander vorm van verslawing. Of dit nou sport of fliek of liede is. Vertel waaraan is jy verslaaf.

3. Skryf ’n verhaal met die onderwerp Agter die groen deur.

4. Ek wens ek was ... is woorde wat ons amper elke dag hoor. Dit is lekker om wense te wens, drome te droom en lugkastele te bou. Gee jou verbeelding vrye teuels en vertel wie of wat jy graag sou wou wees ...

5. ’n Vriend wat naby is, is meer werd as familie wat ver is. Skryf ’n opstel oor jou beste vriend.

VRAAG 2: Dialoog (20 punte)

OPDRAG

Bestudeer die strokiesprent op die volgende bladsy en skryf gepaste dialoog daarvoor. Gee aan die karakters name en skryf die dialoog wat tussen hulle plaasgevind het. Jou skryfstuk moet tussen 120 en 140 woorde bevat.

TOTAAL VRAESTEL 2: 40 punte

Page 8: Voorbeeld van ’n eksamenvraestel - Vivlia Publishers - An ...vivlia.co.za/wp-content/uploads/2014/04/Viva-Afr-Gr-7...1. Verteller: Groter liefde het niemand as dit nie. Gordyn oop.

Uit Rapport-Tydskrif, 1 Maart 1998.