Newsletter 4.1 AFR - Growing Greatness · ARBEIDSWETGEWING NUUSBRIEWE VEILIGHEID IN DIE WERKSPLEK...

4
ARBEIDSWETGEWING NUUSBRIEWE VEILIGHEID IN DIE WERKSPLEK (iii) VEILIGE GEBRUIK VAN PLAAGDODERS 4/27 DEEL 1 1 Wet op BeRoepSGeSoNDHeID & VeILIGHeID (No. 85 VaN 1993) Hierdie nuusbrief handel oor korrekte gebruik en stoor van plaagdoders wat bedoel is vir onmiddellike en / of seisoenale gebruik op plase. 1. Definisies 2. algemene Riglyne 3. Verantwoordelike persoon 4. opleiding 5. Mediese ondersoeke 6. Rekordhouding 7. Veiligheidsklere & toerusng - algemene Riglyne - oorpak - Voorskoot - Gesigbeskerming - Handskoene - Stewels - Hoed - Respirators - Wasgeriewe WooRD oMSKRYWING “Plaagdoder” is ‘n organiese of anorganiese middel of mengsel van middels wat gebruik word om plae te voorkom, te vernieg of te verdryf of ‘n te versag. Die term sluit in insekdoders, onkruiddoders, knaagdier- doders, myt-doders, swamdoders, plant reguleerders en ontblaringsmiddels asook verskeie ander stowwe wat gebruik word om plae te beheer “toksisiteit” Die vermoë van ‘n stof om wanneer ingeneem, ingeasem of deur die vel geabsorbeer word, skade aan lewende weefsel, verswakking van die sentrale senuweestelsel, ‘n ernsge siekte, of in uiterste gevalle die dood, te veroorsaak. “Drie dubbele spoel” Keer die leë houer oor spuit- of mengtenk om en laat dreineer vir ten minste 30 sekondes nadat die vloei tot ‘n gedrup verander het. Daarna moet die houer 3 keer uitgespoel word met ‘n volume water wat minstens gelykstande is aan 10% van die volume van die houer. Die spoelwater moet in die spuienk gevoeg word. aLGeMeNe RIGLYNe Tydens die hantering of aanwending van enige plaagdoder moet die nodige veiligheidstoerusng gebruik word. “Material Safety Data Sheets”, met betrekking tot elke plaagdoder wat op die plaas gebruik of gestoor word, moet beskikbaar wees. (Hierdie inligng kan gras deur die betrokke plaagdoder maatskappy voorsien word)

Transcript of Newsletter 4.1 AFR - Growing Greatness · ARBEIDSWETGEWING NUUSBRIEWE VEILIGHEID IN DIE WERKSPLEK...

Page 1: Newsletter 4.1 AFR - Growing Greatness · ARBEIDSWETGEWING NUUSBRIEWE VEILIGHEID IN DIE WERKSPLEK (iii) VEILIGE GEBRUIK VAN PLAAGDODERS 4/27 DEEL 1 1 Wet op BeRoepSGeSoNDHeID & VeILIGHeID

ARBEIDSWETGEWING NUUSBRIEWE

VEILIGHEID IN DIE WERKSPLEK (iii)VEILIGE GEBRUIK VAN PLAAGDODERS

4/27DEEL 1

1 Wet op BeRoepSGeSoNDHeID & VeILIGHeID (No. 85 VaN 1993)

Hierdie nuusbrief handel oor korrekte gebruik en stoor van plaagdoders wat bedoel is vir onmiddellike en / of seisoenale gebruik op plase.

1. Definisies2. algemene Riglyne3. Verantwoordelike persoon4. opleiding5. Mediese ondersoeke6. Rekordhouding7. Veiligheidsklere & toerusting - algemene Riglyne - oorpak - Voorskoot - Gesigbeskerming - Handskoene - Stewels - Hoed - Respirators - Wasgeriewe

WooRD oMSKRYWING

“Plaagdoder” is ‘n organiese of anorganiese middel of mengsel van middels wat gebruik word om plae te voorkom, te vernietig of te verdryf of ‘n te versag. Die term sluit in insekdoders, onkruiddoders, knaagdier-doders, myt-doders, swamdoders, plant reguleerders en ontblaringsmiddels asook verskeie ander stowwe wat gebruik word om plae te beheer“toksisiteit” Die vermoë van ‘n stof om wanneer

ingeneem, ingeasem of deur die vel geabsorbeer word, skade aan lewende weefsel, verswakking van die sentrale senuweestelsel, ‘n ernstige siekte, of in uiterste gevalle die dood, te veroorsaak. “Drie dubbele spoel” Keer die leë houer oor spuit- of mengtenk om en laat dreineer vir ten minste 30 sekondes nadat die vloei tot ‘n gedrup verander het. Daarna moet die houer 3 keer uitgespoel word met ‘n volume water wat minstens gelykstande is aan 10% van die volume van die houer. Die spoelwater moet in die spuittenk gevoeg word.

aLGeMeNe RIGLYNe

• Tydens die hantering of aanwending van enige plaagdoder moet die nodige veiligheidstoerusting gebruik word.• “Material Safety Data Sheets”, met betrekking tot elke plaagdoder wat op die plaas gebruik of gestoor word, moet beskikbaar wees. (Hierdie inligting kan gratis deur die betrokke plaagdoder maatskappy voorsien word)

Page 2: Newsletter 4.1 AFR - Growing Greatness · ARBEIDSWETGEWING NUUSBRIEWE VEILIGHEID IN DIE WERKSPLEK (iii) VEILIGE GEBRUIK VAN PLAAGDODERS 4/27 DEEL 1 1 Wet op BeRoepSGeSoNDHeID & VeILIGHeID

• Alle leë houers moet drie keer uitgespoel word met skoon water. Daarna moet dit vernietig word deur gate daarin te maak en plat te druk. Dit moet vir geen ander doel hergebruik word nie.• Nieteenstaande enige ander regulasie, moet daar ʼn volledig toegeruste noodhulpkis beskikbaar wees op die perseel waar daar met plaagdoders gewerk word. Hierdie reëling is ook van toepassing op werkgewers wat minder as 5 werknemers in diens het. • ‘n Stoor vir die berging van plaagdoders sal in gevolge die voorgeskrewe riglyne opgerig en in stand gehou word. (Sien Aanhangsel: Vereistes vir die Berging van Plaagdoders)

VeRaNtWooRDeLIKe peRSooN

aanstelling• ‘n Persoon wat oor die nodige kennis en ervaring van plaagdoders en die aanwending daarvan beskik, moet as toesighouer / verantwoordelike persoon oor elke span van plaagdoder- operateurs (spuit operateurs) aangestel word. Die toesighouer / verantwoordelike persoon kan ook die boer self wees.• Indien die toesighouer / Verantwoordelike persoon NIE die boer self is nie, moet sodanige persoon oor die nodige geletterdheid beskik wat hom/haar in staat sal stel om basiese rekordhoudingstake te kan verrig.

pligte• Die toepaslike toesighouer / verantwoordelike persoon is verantwoordelik vir die ontvangs van alle plaagdoders en meegaande rekordhouding. • Hy / sy moet ook toesien dat “ou” plaagdoders eerste gebruik word. Die datum van ontvangs moet op elke houer aangebring word.• Met ontvangs van enige plaagdoder, moet daar verseker word dat die regte produk afgelewer is en dat sodanige houer nie beskadig is nie en dat ‘n leesbare etiket daarop is.

• Rekord moet gehou word van voorraadvlakke en aanwending.

OPLEIDING

• Alle plaaswerkers moet opleiding ontvang met betrekking tot die gevare wat plaagdoders inhou, met spesifieke verwysing na die gebruik van leë houers.• Alle spuitoperateurs sal opleiding ontvang met betrekking tot die veilige gebruik en aanwending van plaagdoders.• Alle spuitoperateurs moet opleiding ontvang aangaande die interpretasie van piktogramme wat op plaagdoderhouers verskyn • Die toepaslike toesighouer / verantwoordelike persoon en ten minste 1 (een) ander spuitoperateur moet opgelei wees in basiese noodhulp vaardighede.

MeDIeSe oNDeRSoeKe

• ‘n Plaaswerker wat aansoek doen om ʼn betrekking as spuitoperateur moet voor diensaanvaarding of minstens binne 14 dae daarna ʼn mediese ondersoek ondergaan. • ‘n Mediese ondersoek soos in die voorafgaande genoem, moet deur ʼn Beroeps- geneeskundige uitgevoer word en moet die volgende insluit: i. Die werknemer se beroeps- en mediese geskiedenis, ii. ‘n Volledige fisiese ondersoek, iii. Enige ander toets/e, wat bloedtoetse insluit. • ‘n Spuitoperateur moet minstens 1 (een) keer per seisoen ʼn mediese ondersoek ondergaan.• Rekord moet gehou word ten opsigte van elke operateur se mediese ondersoeke. Sodanige rekords moet vir minstens 30 jaar geberg word.

Page 3: Newsletter 4.1 AFR - Growing Greatness · ARBEIDSWETGEWING NUUSBRIEWE VEILIGHEID IN DIE WERKSPLEK (iii) VEILIGE GEBRUIK VAN PLAAGDODERS 4/27 DEEL 1 1 Wet op BeRoepSGeSoNDHeID & VeILIGHeID

ReKoRDHoUDING

ontvangs en aanwending van plaagdoders• Die toepaslike toesighouer / verantwoordelike persoon moet rekord hou van alle plaagdoder voorraad ontvang. Sodanige rekordhouding moet minstens die volgende inligting bevat: i. Naam van Produk, ii. Reeks nommer (Batch no.), iii. Naam en adres van verskaffer, iv. Hoeveelheid en datum van ontvangs, v. Naam van verantwoordelike persoon wat produk ontvang het, vi. Doel van aanwending.• Rekord moet gehou word ten opsigte van voorraad verbruik en huidige voorraadvlakke.

Spuitoperateurs• Elke spuitoperateur moet beskik oor ʼn Plaagdoder Toedieningswerkkaart. Die doel van die werkkaart is om rekord te hou van die operateur se blootstelling aan plaagdoders.• Rekord moet gehou word ten opsigte van elke mediese ondersoek wat die spuitoperateur, gedurende sy dienstydperk by die betrokke werkgewer, ondergaan het.

VeILIGHeIDSKLeRe eN toeRUStING

algemene Riglyne • GEEN werknemer mag plaagdoders hanteer tensy sodanige werknemer die nodige veiligheidstoerusting dra nie.• Alle veiligheidsklere moet aan die einde van ʼn skof ingehandig word. Geen “gebruikte” klere (klere wat gedra was terwyl die werknemer met plaagdoders gewerk het), mag die perseel verlaat en deur die werknemer na sy woning geneem word nie. • Alle “gebruikte”klere en toerusting moet gewas word alvorens dit weer in gebruik geneem word.• Skoon klere en toerusting moet apart geberg

word van “gebruikte” klere en toerusting.

oorpakke• ʼn Tweestuk 100% katoen oorpak met ʼn materiaal gewig van 110g/m is voldoende.• Die oorpak moet verkieslik beskik oor rekbare / elastiese mou-omslae, met geen sakke nie. • Oorpakke moet verkieslik van ʼn ligte kleur materiaal vervaardig wees.• Broekspype moet nie by stewels ingesteek word nie.• Die spuitoperateur moet elke dag ʼn skoon oorpak aantrek.• Indien die werknemer met ʼn rugsak gaan spuit, kan ʼn “PVC” poncho oor die oorpak aangetrek word om blootstelling as gevolg van moontlike lekkasies te verhoed.

Voorskoot• ʼn “PVC” voorskot, verkieslik van ʼn ligte kleur moet gedra word indien plaagdoder- mengsel aangemaak word. • Die voorskot moet strek vanaf die werknemer se bors tot onder sy/haar knie. • Alle voorskote in gebruik moet met water en seep gewas word alvorens dit weer in gebruik geneem word.

oog- en Gesigbeskerming• ‘n Gesigskerm moet gebruik word, om moontlike spatsels op die gesig of in die oë, tydens die aanmaak van plaagdoder- mengsels te voorkom. • Die gesigskerm moet van ʼn deursigtige materiaal vervaardig wees en moet minstens 150mm hoog en 300mm wyd wees.• Dit moet om die gesig vou en oor ʼn kopband beskik wat van oplos weerstandbiedende skuimrubber vervaardig is.• Die gesigskerm moet deur ʼn verstelbare gordel in plek gehou word.• Indien ʼn gesigskerm nie beskikbaar is nie, kan “goggles” gebruik word.

2

Page 4: Newsletter 4.1 AFR - Growing Greatness · ARBEIDSWETGEWING NUUSBRIEWE VEILIGHEID IN DIE WERKSPLEK (iii) VEILIGE GEBRUIK VAN PLAAGDODERS 4/27 DEEL 1 1 Wet op BeRoepSGeSoNDHeID & VeILIGHeID

VIR MeeR NaVRae SKaKeL GeRUS: aGRI WeS-Kaap KaNtooRSURIKa BotH: [email protected] | 021 860 3804

Intydse onderwerpe met betrekking tot aangeleenthede wat verband hou met Agri Wes-Kaap word gekeur vir publikasie, maar die inligting wat voorsien word en standpunte wat gehuldig word het geen verifiëring van bevindinge, gevolgtrekkings en opinies deur Agri Wes-Kaap behels nie. Dus weerspieel die standpunte wat in die Agri Wes-Kaap nuusbrief gehuldig word nie noodwendig dié van Agri Wes-Kaap of sy personeel en lede nie. Agri Wes-Kaap aanvaar geen verantwoordelikheid vir enige benadeling en/of skade aan persone of eiendom as gevolg van produk-aanspreeklikheid, nalatigheid of die gebruik van enige metodes, produkte, instruksies of idees wat vervat is in die materiaal nie. Die inligting en advies is beskikbaar gestel in trou en is afgelei van die inligting verskaf deur die voorsteller en word voorgehou as betroubaar en akkuraat ten tye van vrylating daarvan. Dit is die verantwoordelikheid van die gebruiker om sy of haar eie besluite te neem oor die akkuraatheid, geldigheid, betroubaarheid en korrektheid van die inligting. Vir enige navrae in verband met hierdie e-nuusbrief skakel gerus die Redakteur.

KOPIEREG: ANDRÉ BLOEM

Handskoene• Handskoene moet ten alle tye gedra word indien daar met plaagdoders gewerk word. • Die handskoene moet tot minstens 90mm bo die gewrig strek. “PVC”of rubber handskoene is voldoende.• Handskoene mag geen voering bevat nie en moet na elke spuitsessie gewas word. • Handskoene moet oor die mou-omslag strek. • Weggooibare polёïtileen handskoene of plastieksakke kan gebruik word indien die aanbevole handskoene nie beskikbaar is nie. Hierdie is slegs ʼn tussentydse maatreël en die handskoene of plastieksakke moet na elke toediening weggegooi word.• Handskoene moet onmiddellik na gebruik en voor verwydering vanaf die hande, met seep en water gewas word. Handskoene moet na buite omgedop word en weer gewas word, waarna dit toegelaat moet word om deeglik droog te word.• Gebruikte handskoene wat nie gewas is nie, mag nie met kaalhande hanteer word nie.

Stewels• Leerstewels is nie geskik vir gebruik tydens die hantering of toediening van plaagdoders nie.• Rubberstewels bied goeie beskerming en moet minstens tot by die werknemer se kuit strek. Die stewels moet sonder voering wees. • Broekspype moet oor stewels wees en mag nie in stewels gesteek wees nie.• Rubberstewels moet aan die einde van elke sessie binne en buite gewas word en toegelaat word om deeglik droog te word alvorens dit weer in gebruik geneem word.

Hoofbedekking (hoed)• ‘n Liggewig breërand hoed van katoen kan gedra word tydens die toediening van plaagdoders.

• Indien daar van oorhoofse toedienings- tegnieke gebruik gemaak word, moet ʼn waterdigte hoed met nek-en skouermantel gedra word. • Tydens die toediening van poeiers wat tot velirritasie kan lei, moet ʼn kop-nek- en skouermantel met ingeboude respirator gebruik word.

Respirators• Respirators soos aangedui op die verpakking van die toepaslike produk moet gebruik word.• Gewone stofmaskers is onvoldoende tydens die spuit van enige vloeistofgebaseerde plaagdoders.

Wasgeriewe• Seep, skoon water en skoon handdoeke moet naby die werkarea beskikbaar wees.• ʼn “Veiligheidstort” moet in die geval van kontaminasie geredelik beskikbaar wees. Indien kontaminasie in die boord/landery plaasgevind het, kan ʼn tydelike stort (soortgelyk aan ʼn kamp stort) gebruik word.• Na afloop van elke spuitsessie moet die operateur die geleentheid kry om homself te was. Indien daar geen lopende water beskikbaar is nie, moet elke operateur ʼn emmer met water, seep en skoon handdoek gebruik.• Water, seep en handdoeke mag nie gedeel word nie.• Gekontamineerde water mag nie afloop na enige ander waterbron nie.

DIt WoRD aaNBeVeeL Dat eLKe SpUItopeRateUR ‘N eRKeNNING VaN oNtVaNGS teKeN Met BetReKKING tot VeILIGHeIDStoeRUStING UItGeReIK