Nuusbrief #34 29 September 2016 vanaf... · 2019. 1. 9. · U word hartlik uitgenooi na ons...

11
Nuusbrief #34 29 September 2016 Meer in- ligting oor hierdie werkswinkel volg binne- kort. Kliek hier vir die Inskry- wingsvorm. Nuus vaNaf siNodale KaNtoor Nuus vaNaf gemeeNtes, cmr’e eN tuistes

Transcript of Nuusbrief #34 29 September 2016 vanaf... · 2019. 1. 9. · U word hartlik uitgenooi na ons...

Page 1: Nuusbrief #34 29 September 2016 vanaf... · 2019. 1. 9. · U word hartlik uitgenooi na ons volgende straatuitreik. Dit bied aan u die geleentheid om met minderbevoorregte mense,

Nuusbrief #3429 September 2016

Meer in-

ligting

oor hierdie

werkswinkel

volg binne-

kort.

Kliek hier vir

die Inskry-

wingsvorm.

Nuus vaNaf siNodale KaNtoor

Nuus vaNaf gemeeNtes, cmr’e eN tuistes

1

Page 2: Nuusbrief #34 29 September 2016 vanaf... · 2019. 1. 9. · U word hartlik uitgenooi na ons volgende straatuitreik. Dit bied aan u die geleentheid om met minderbevoorregte mense,

22

Page 3: Nuusbrief #34 29 September 2016 vanaf... · 2019. 1. 9. · U word hartlik uitgenooi na ons volgende straatuitreik. Dit bied aan u die geleentheid om met minderbevoorregte mense,

3

Page 4: Nuusbrief #34 29 September 2016 vanaf... · 2019. 1. 9. · U word hartlik uitgenooi na ons volgende straatuitreik. Dit bied aan u die geleentheid om met minderbevoorregte mense,

Vyftig jaar Feesviering

Ned. Geref. Gemeente Alberton-Suid word van-jaar 50 jaar. Dit is vir ons ’n goeie doelpaal om te be-haal en ons is baie dank-baar hieroor. In 50 jaar gebeur daar vele dinge, goed en sleg, sodat jy vir jouself aan die einde sê:

Ek het nie uit my eie krag hier gekom nie. Deur hierdie 50 jaar het duisende lidmate en leraars help bou aan die gemeente. Ons staan vandag op ons voorgangers se skouers en hopelik is ons besig om voort te bou op dieselfde fonda-ment, Jesus Christus, die koning van die Kerk. Fees reëlings:

Donderdag 27 Oktober 2016 om 19:00 Feesaand vir ons verjaardag:

Chris Chameleon!Kaartjies R80 p/p beskikbaar by die kerkkan-toor: 011-869-9700 of epos: [email protected]

Saterdag 29 Oktober 2016

Ons begin vroeg met pretloop van 5km en vanaf 11:00 Potjiekos uitdaging tussen ouder-linge en diakens. Potjiekos te koop later teen R25 per bord. Bring eie middele en stoele, borde bekers en gazebo. Koeldrank te koop.

Sondag 30 Oktober 2016 om 9:00

Feeserediens – Belydenisaflegging en Nagmaal.

In ‘n artikel geplubiseer op 26 Feb 2016 op about.com word die vraag gevra of SA die stryd teen Vigs wen? Op die oog af wil dit beslis lyk asof die epidemie grootliks onder beheer is, die feit dat soveel meer mense toegang het tot ARV’s het daartoe gelei dat mense wat HIV positief is, langer leef. Daar is byvoorbeeld ‘n 50% afname in moeder na baba infeksies opgetel. Dit is natuurlik verblydende nuus.

Maar onderliggend hieraan is die hoe getal nuwe infeksies wat aangemeld word. In 2012 is 470 000 nuwe infeksies aangemeld, of min of meer 1 100 nuwe infeksies elke dag.

Daar is natuurlik verskeie faktore wat die nuwe infeksies beïnvloed, maar die skrywer maak die punt dat daar nie meer prioriteit aan MIV en Vigs gegee word nie. Daar word nie meer gepraat oor Vigs en hoe jy geinfekteer kan word nie en oor voorkoming nie.

Die kerk het nog ‘n groot rol om te speel in die stryd teen Vigs. Ons kan ‘n groot bydra maak deur nooit op te hou praat oor Vigs nie.

Indien jy informasie benodig of betrokke wil raak by die Werkgroep vir MIV sake van die NG Sinode Hoëveld, kontak vir Lyn van Rooyen by [email protected]

4

Page 5: Nuusbrief #34 29 September 2016 vanaf... · 2019. 1. 9. · U word hartlik uitgenooi na ons volgende straatuitreik. Dit bied aan u die geleentheid om met minderbevoorregte mense,

5

die vorm van borge, donasies of pryse sal ook baie waardeer

word!

Page 6: Nuusbrief #34 29 September 2016 vanaf... · 2019. 1. 9. · U word hartlik uitgenooi na ons volgende straatuitreik. Dit bied aan u die geleentheid om met minderbevoorregte mense,

publiKasies

Ons kleuters is ons land se toekomstige leiers - daarom is

Vroeëkindontwikkeling so belangrik

Skoolgereedheid begin nie eers in Graad R nie, maar reeds met geboorte. Dit is belangrik dat kinders van geboorte af die gevoel van veiligheid en liefde ervaar, want die emosionele band tussen ouer en kind vorm die basis van toekomstige verhoudings. Verbale en fisiese stimulasie is weer belangrik vir positiewe emo-sionele ontwikkeling.

As ons uit ‘n geestelike oogpunt hierna kyk besef ons ook dat vele mense nie hul volle Godgegewe poten siaal as mens bereik nie, omdat hulle as kinders nie die regte stimulasie en leiding ervaar het nie.

Vroeë Kindontwikkeling (VKO) staan op die voorgrond in vele Sinodes en word daar planne in aksie gestel om gemeentes betrokke te maak by crèches en op ander maniere.

Wes-Kaap Sinode en Christelike Lektuurfonds het hande gevat en ‘n pamflet ontwikkel wat gemeentes mo-tiveer en leiding gee oor hoe om by VKO betrokke te raak. Bestel gerus daarvan en maak gemeentelede bewus van die belangrikheid van VKO.

Die volgende Christelike Lektuurfonds materiaal kan benut word om ‘n groter VKO impak te maak:

• VKO gemeentepamflet – deel uit by jou gemeente as bewusmakingsmiddel• Bestel die pragtige 2 boeke van die Prayer Power reeks – Pregnancy Prayer book en Toddler Prayer book-

en seën ouers daarmee om reeds van swangerskap vir hul kinders te bid.• Seën voorskoolse kleingoed van ‘n crèche of selfs jou eie kinders/kleinkinders met ‘n Ja! Kleuter pakket

wat bestaan uit 5 Bybelstorieboekies met bypassende aktiwiteitboek en inkleurboek en kryte. Die VKO element is ook hierby ingewerk deur raad hoe jy die eenvoudige stories benut om geloof, syfer- en woordvaardighede, luistervaardighede, ens. van die kind te ontwikkel. Hierdie is ook ‘n baie oulike hulpmiddel vir kleuterkerk.

Vir meer inligting of bestellings (minimum van 10 pamflette per bestelling geld) kontak ons by 021 8736964 of [email protected] of besoek ons webtuiste by www.clf.co.za

6

Page 7: Nuusbrief #34 29 September 2016 vanaf... · 2019. 1. 9. · U word hartlik uitgenooi na ons volgende straatuitreik. Dit bied aan u die geleentheid om met minderbevoorregte mense,

TOIBO se September-uitgawe spreek van groot opgewondenheid oor hul 70ste bestaansjaar. Dagboek hulle spesiale dag vir volgende jaar met hul spesiale versoek om n erediens te hou.

aNder Nuusbriewe

7

Straatuitreiksaam met MES

U word hartlik uitgenooi na ons volgende straatuitreik. Dit bied aan u die geleentheid om met minderbevoorregte mense, wat op straat woon, te ge-sels oor die Woord en ook ‘n koppie sop en brood uit te deel.

Wanneer: Donderdag 13 Oktober Tyd: 18:00

Alle uitreikers kom by MES se kantore in Kemptonweg 6 bymekaar. Park-ering is binne beskikbaar.

Indien enigiemand wil sop of brood skenk, kan u vir Aloma Swanepoel skakel by: 011 024 4580 / [email protected]

Jaarboek 2017Gemeentes word daaraan herinner om enige verdere verand-eringe t.o.v. hul jaarboek inligting nie later as Vrydag, 14 Oktober 2016 aan die Sinodale Kantoor ([email protected]) te stuur.

Vir die 2017-Jaarboek bestellings:

Pos: Jaarboek, Posbus 5, Wellington 7654 Tel: 0860 26 33 42 Faks: 021 873 0832 E-pos: [email protected]

Vir enige navrae, kontak Natassja by die Sinodale Kantoor.

Biddag2 Oktober 2016

Die ASM het ’n oproep op gemeentes en andere gemaak om in samewerking met ander kerke tydens spesiale gebedsbyeenkom-ste op Sondag, 2 Oktober 2016 spesifiek voorbidding vir die droogtetoestande regoor die land, ons boere en die landbou te doen.

Volgens die Jaarboek van die NG Kerke se lys van kerklike bid- en feesdae word Sondag, 2 Oktober ook as ’n geleentheid van voorbidding vir ons bejaardes afgesonder.

Page 8: Nuusbrief #34 29 September 2016 vanaf... · 2019. 1. 9. · U word hartlik uitgenooi na ons volgende straatuitreik. Dit bied aan u die geleentheid om met minderbevoorregte mense,

8

HOPE MINISTRIES – ZIMBABWE Dominee Jaco de Bruyn, PO Box 122, Marondera.Foon en faks 00263-79-23817 E-pos: [email protected]

Liewe vriende,

Terwyl Zimbabwe polities modder trap en ekonomies agteruit gaan, blom die natuur op sy mooiste. Die Musasabome dra hul lentedrag van diep bruin tot bloedrooi met oorgawe. Die Jakarandabome is omring met pers komberse en die Flambojante staan vlamrooi in die blom. Teenoor die swart-op-wit koerantop-skrifte van baklei en beskuldig; beste voetjie voorsit en leë beloftes, vertoon die natuur deur ‘n eiesoor-tige nuwe lewe dat daar ‘n gans ander werklikheid is waarop ons ons hoop en verwagting moet rig. Die kleurvolle energie waarmee die natuur die lente aankondig roep ons om vir ‘n oomblik in die dolle gejaag na nêrens van die politieke rotteresies stil te staan en te vra na die sin van die lewe. Psalm 146 vers 3 stel dit so mooi: “Moenie op magtiges vertrou nie, nie op ʼn mens nie; hy kan jou nie red nie.” Dit beklemtoon maar weer dat ons ons hoop op die Here ons God moet plaas.

Op die platteland sal heelwat Zimbabwiërs na die natuur kyk vir tekens van waar hulle vrugte, bessies of wortels kan vind om te eet. In die kraal of klein dorpie waar ‘n mens bly kan ‘n nydige beskuldiging maklik daartoe lei dat jy nie van die mieliemeel kry wat die VN se vragmotor gebring het nie. Die boepmagies van voorskoolse kinders in die kerk vertel gou van ‘n eensydige en ongebalanseerde dieet waarop hulle leef. Die geskenkie aan die gemeenteleiers van ‘n paar groen, afgevalde advokadopere wat jy daardie oggend opgetel het, kan gou tot jaloerse verwyte vanaf nie-kerkmense, lei. Ek is nie gewoond daaraan dat kinders advokadopere skil en al eet en die pitte skoon lek nie. En tog, in hierdie omstandighede word God se woord gehoor en boweal – gehoorsaam. Tussen mense wat feitlik niks het nie, verskyn dade van onbaatsugtige selfopoffering; word advokadopere waarvoor die uitdeler self so lus is, met ‘n glimlag in uitgestrekte hande gesit totdat die laaste een uitgedeel is. Hierdie ervarings het my genoop om USD 170 af te knyp en ‘n 100 kuikens aan te koop. Met my skoonseun se vriendelike onder- steuning vertrou ek dat hulle binne ses weke so groot sal wees dat hulle ‘n ekstra inkomste sal bring. Dit sal weer dinge vir my makliker maak om hier voort te gaan met die werk en ook help om ‘n verskil in mense se lewens te maak. Regs is my kleinseun Duwan met ‘n paar van die nuwelinge.

Diegene wat lid is van my WhatsApp-ondersteuningsgroep, sal nog onthou hoe moeilik dit vir my was om vir Tendai “Nee” te sê. Ek kon hom nie help om die USD 75 bymekaar te kry om die gradeplegtigheid van die Universiteit van Zimbabwe by te woon nie. Ek help hom met sy studiekoste reeds vanaf Vorm 2 maar die keer was dit nie moontlik nie. Dit is interessant dat dit die gradeplegtigheid was waarop dr. Grace Mugabe haar doktorsgraad ontvang het. ‘n Doktorsgraad wat sy slegs drie maande tevore voor geregistreer het en waarvan die tesis nou nog nie deur die universiteit vrygestel is nie. My droom is steeds om met ‘n visboerdery te begin maar die aanvangskapitaal van ongeveer USD 2 000 bly buite bereik. Indien enige van u geroep voel om my hiermee te ondersteun, sal dit wonderlik wees. Intussen vra ek steeds die Here om dit vir my moontlik te maak.

Page 9: Nuusbrief #34 29 September 2016 vanaf... · 2019. 1. 9. · U word hartlik uitgenooi na ons volgende straatuitreik. Dit bied aan u die geleentheid om met minderbevoorregte mense,

9

My goeie vriend Lifa Methi het na SA kon reis vir toetse om te bepaal of daar ander behandeling vir sy nierversaking moontlik is, maar hy moes onverrigter sake terugkom.

Ek het ‘n wonderlike geleentheid gehad om af te ry SA toe om weer ‘n paar getroue vriende te ontmoet en heerlik te kuier. Baie dankie aan elkeen wat die rit so besonders gemaak het.

Van NG Goudkop se sendeling ondersteuners. Saam met Francois en Minette. Lg. het die rit met oupa meegemaak.

By die ander De Bruins wat met soveel liefde vir ons laat tuis voel het.

Baie dankie vir dat u gelees het, vir u ondersteuning en voorbidding. Daarsonder kan ons nie voortgaan met hierdie koninkrykswerk nie.

Ds Jaco de Bruyn

GEBEDSVERSOEKE:

• BlyassebliefbidvirZimbabweindieonsekeretyd.• Bidassebliefdatverhoudingswatdeuraanrandingsen intimidasie vernietigword,deurJesusseliefdeherstelkanword,sodatZimbabwevirdiewêreld‘nvoorbeeldkanweeswaardiekwaaddeurliefdeoorwinis(Rom.12:21).

• BidvirmybedieningdatditvrugsaldrawatdieHeresalverheerlik.• Bidvirmyvirgesondheid,wysheidengeduldwaardaarsoveelfrustrasiesisa.g.v.baieamptenaresenegatiewehoudingjeensdiepubliek.

• Bidassebliefvir‘npositieweantwoordopmyaansoekvir‘npermanentever-blyfpermit.EkverwageersteeneindeOktober‘nantwoord.

Bankbesonderhede: Jaco de Bruyn, Standard Bank, Woodbridge Square, Takkode: 012442, Reknr. 626-752-159 . (Skryf asseblief u kontakbesonderhede op die inbetaling vir verwysing.)

Stuurselkontakpersone: Francois Conradie (Voorsitter), e-pos: [email protected]; 082 447 6485, Hetta Kotze (Nuusbrief), 072 684 9585, e-pos: [email protected].

Page 10: Nuusbrief #34 29 September 2016 vanaf... · 2019. 1. 9. · U word hartlik uitgenooi na ons volgende straatuitreik. Dit bied aan u die geleentheid om met minderbevoorregte mense,

vaKatures

Sien die nuutste vakatures by e-Kerkbode - kliek hier.

NG Kerk Welbekend: Leraarspos

Die NG Gemeente Welbekend stel die pos van Leraar bekend. Hulle is op soek na n leraar wat die Here liefhet en n lewende verhouding met Hom het. Hy moet ook n liefde vir mense hê. Die gemeente het 411 belydende lidmate en 129 dooplidmate. Indien u geroepe voel om aansoek te doen vir hierdie vakature, kan u meer uitvind deur op die volgende skakel te druk.

Sluitingsdatum vir aansoeke: 19 Oktober 2016.

datumlys

aflosprediKaNte

n Volledige datumlys, met die portefeuljeleiers se beplanning en belangrike sperdatums, is hier beskikbaar.

10

Klik hier vir ʼn lys van aflospredikante.

Page 11: Nuusbrief #34 29 September 2016 vanaf... · 2019. 1. 9. · U word hartlik uitgenooi na ons volgende straatuitreik. Dit bied aan u die geleentheid om met minderbevoorregte mense,

VRYWARING

Die inligting wat voorsien word en standpunte wat gehuldig word in die NUUS VANAF HOËVELD SINODE behels, het geen verifiëring van bevindinge, gevolgtrekkings en opinies deur die NG Kerk van Suid-Transvaal [NG Sinode Hoëveld] nie. Dus weerspieël die inligting en standpunte wat in die NUUS VANAF HOËVELD SINODE gehuldig word nie noodwendig die van die NG Sinode Hoëveld of sy personeel en lede nie. Menings, afleidings en ander inligting in hierdie boodskap wat nie verband hou met die amptelike werksaamhede van die NG Sinode Hoëveld nie, verteenwoordig nie die ampte-like standpunt(e) van die NG Sinode Hoëveld nie.

NUUS VANAF HOËVELD SINODE plaas slegs nuus en inligting vanaf die sinodale, rings- of gemeentelike verband.

Die NG Sinode Hoëveld aanvaar geen verantwoordelikheid vir enige benadeling en/of skade aan persone of eiendom as gevolg van produk-aanspreeklikheid, waninligting verskaf, nalatigheid of die gebruik van enige metodes, produkte, instruksies of idees wat vervat is in die materiaal soos opgeneem in die NUUS VANAF HOËVELD SINODE nie. Die inligting en advies is beskikbaar gestel in goeder trou en is afgelei van die inligting verskaf deur die betrokke organisasie/persoon en word voorgehou as be-troubaar en akkuraat ten tye van die bekendstelling daarvan. Dit is die verantwoordelikheid van die gebruiker om sy of haar eie besluite te neem oor die akkuraatheid, geldigheid, betroubaarheid en korrektheid van die inligting. Dit beteken dat die instansie en/of die betrokke persoon wat die plasing in die NUUS VANAF HOËVELD SINODE versoek, dan volle verantwoordelikheid vir die gebeure of inligting aanvaar.

Vir enige navrae in verband met hierdie Nuusbrief skakel gerus me N Marais by 011- 975 8220.

11