BOU‘NBEWEGINGVANWEERSTANDspp.org.za/wp-content/uploads/2016/07/AFRIK-AGRO-Eco... · 2016. 8....

20
AGRO-EKOLOGIE B O U ‘N BEW EGING VAN WE ER S T A N D V IR V O E D S E L S O E WEREI N T E I T

Transcript of BOU‘NBEWEGINGVANWEERSTANDspp.org.za/wp-content/uploads/2016/07/AFRIK-AGRO-Eco... · 2016. 8....

Page 1: BOU‘NBEWEGINGVANWEERSTANDspp.org.za/wp-content/uploads/2016/07/AFRIK-AGRO-Eco... · 2016. 8. 8. · en weerstand te bied teen ’n aansoek van Monsanto om Geneties Manipuleerde

AGRO-EKOLOGIE

BOU ‘N BEWEGING VAN WEERSTAND

VIR VOEDSELSOEWEREINTEIT

Page 2: BOU‘NBEWEGINGVANWEERSTANDspp.org.za/wp-content/uploads/2016/07/AFRIK-AGRO-Eco... · 2016. 8. 8. · en weerstand te bied teen ’n aansoek van Monsanto om Geneties Manipuleerde

AGRO - EKOLOGIE AS WEERSTAND

Saamgestel deur Bérenger Frehaut en Seema Rupani

Vir die Surplus People ProjectKaapstad

Bérenger Frehaut was deel van ’n internskap program by SPPterwyl hy besig was om sy graad te voltooi as Projek Ingenieurin Internasionale Solidariteit by die Universiteit van Bordeaux,Frankryk. Huidiglik is hy ’n lid van die “Reclaim the Fields”Beweging in Frankryk.

Seema Rupani het vrywillige werk by SPP gedoen en is tansbesig om haar graad in Omgewingstudies en Globale Armoedete voltooi by die Universiteit van Kalifornia, Berkeley.

Alfonso Wabo was verantwoordelik vir die grafiese illustrasiesin hierdie publikasie.

Ricado Jacobs (Navorsing en informasie bestuurder) het dieredegering van die publikasie gedoen.

Die publikasie was voorberei deur die Surplus People Project inKaapstad. Geen gedeeltes van die publikasie mag reproduseerword sonder die skriftelike toestemming van SPP nie.

© Surplus People Project – Oktober 2010

Posbus 468, Athlone, 7760, Suid AfrikaTel: +27 21 4485605Faks: +27 21 4480105Epos: [email protected]: www.spp.org.za

ERKENNING

Die Surplus People Project wens graag erkenning te gee aanBjörn Viberg en Mateus Costa Santos wat gewerk het aan diepublikasie (veral met die eerste rondte van redegering). Hullewas ook deel van die interskap program van SPP.

SPP wens ook verder ons dank te betoon aan die BroederlijkeDelen (BD) en EED vir die befondsing van hierdie publikasie.

Page 3: BOU‘NBEWEGINGVANWEERSTANDspp.org.za/wp-content/uploads/2016/07/AFRIK-AGRO-Eco... · 2016. 8. 8. · en weerstand te bied teen ’n aansoek van Monsanto om Geneties Manipuleerde

WOORDELYS

Agro ekosisteem – is ’n ekosisteem onder landboubestuur watverbind is tot ander ekosisteme. Dit sluit in onbewerkte grond,dreineringsnetwerke, landelike gemeenskappe, diere en plantewêreld, en natuurlike faktore soos reënval, grond en klimaat.

Ekosisteem – is ’n kompleks reeks van verhoudinge of interaksiestussen lewendige bronne, habitatte, en mense van ’n area. Dit sluitin diere, vis, voëls, mikro organismes, water, grond en mense. Alleswat lewe in die ekosisteem is afhanklik van mekaar.(http://forest.mtu.edu/kidscorner/ecosystem/definition.html.)

Voedselstelsel / voedselregering – die voedselsisteem kan gesienword as ’n voedselregering. ’n Voedselstelsel of regering is ’n sisteemvan reëls, verhoudinge en praktyke wat produksie en verbruik vankos op ’n wêreldskaal regeer. Die voedselstelsel of regering wordgekenmerk deur monopolie (alleenhandel); markmag en grootwinste. Die meerderheid van die wêreld se voedselsisteem is verbindtot die korporatiewe of besigheidsvoedselstelsel / regering. Dievoedselstelsel / regering word beheer deur ’n klein aantalmultinasionale maatskappye soos Monsanto, Cargill, Walmart enander.(Food First backgrounder. Food Security, Food Justice or FoodSovereignty? Winter 2010. Volume 16. Number 4.)

Genetiese Manipuleerde Gewasse – word ontwikkel deur genevan een organisme soos bakterieë te neem en dit in die sel van ’nander onverwante organisme soos mielies, soja in te plaas sodatdie oorspronklike organisme nuwe verlangde eienskappe kanontwikkel.

Industriële Landbou – is ’n vorm van moderne kapitalistieseboerdery wat gebruik maak van industriële produksie vanlewendehawe, pluimvee, vis en gewasse. Die metode van produksieis baie chemies intensief wat gebruik maak van gifstowwe,onkruiddoders en agro-chemikalieë in die boerderypraktyke. Diemodel van boedery het ’n vernietigende impak op die omgewing,mense en landelike gebiede.(http://en.wikipedia.org/wiki/industrial_agriculture)

1

Page 4: BOU‘NBEWEGINGVANWEERSTANDspp.org.za/wp-content/uploads/2016/07/AFRIK-AGRO-Eco... · 2016. 8. 8. · en weerstand te bied teen ’n aansoek van Monsanto om Geneties Manipuleerde

2

AGRO-EKOLOGIE VIR VOLHOUBARE ONTWIKKELING

• PRODUKTIEWE EN VOLHOUBARE LANDBOU• DIVERSITEIT EN STABILITEIT

• PLAASLIKE VOEDSELSISTEEM ERVARINGE

• BEWARING VAN HULPBRONNE (WATER, GROND EN NUTRIENTE)

• HOLISTIESEBENADERING TOT

LANDBOU• POPULASIE DINAMIKA

EN INTERAKSIES

• VERMINDER GIFSTOWWE

• SKAKEL IN METTRADISIONELE KENNIS

• WAARDE HEG AANGESONDHEID EN

KULTUUR

Page 5: BOU‘NBEWEGINGVANWEERSTANDspp.org.za/wp-content/uploads/2016/07/AFRIK-AGRO-Eco... · 2016. 8. 8. · en weerstand te bied teen ’n aansoek van Monsanto om Geneties Manipuleerde

AGRO EKOLOGIE AS WEERSTAND

Suid-Afrika se landbousisteem lei onder ‘n nalatenskap van rassistiese landbou beleid, sowel as die na–apartheidse

aanvaarding van die neo-liberale industriële model. Die apartheidsregering het grond en landbouhulpbronne gekonsentreer

en in die hande van ‘n klein minderheid van wit kommersiële boere gelaat en terselfdertyd sistematies die toegang

van die swart meerderheid tot hierde bronne vernietig. Die chemiese industriële model vandag is nie instaat om in

die voedingsbehoeftes van die armes te voorsien nie, wat bronne soos grond, water, sade en weelde in die hande van

paar boere en besighede konsentreer. Die eindresultaat is verhoogde hongerte en armoede, asook die vernietiging

van die omgewing waar winste bo die behoeftes van mense geplaas word. Die Suid-Afikaanse regering het hulle

ingeskakel by die besigheids gedrewe model van landbou deur onder andere twee omstrede tegnologieë naamlik

genetiese gemanipuleerde (GM) gewasse en agro-brandstof te aanvaar. Die land is die agste grootste produseerder

van genetiese gemanipuleerde (GM) gewasse, wat beteken dat die regering se volgehoue kommersiële, produktivistiese

denkrigting die oorhand kry.

Die Surplus People Project (SPP), met boere, het agro-ekologiese

horisontale leerterreine geloods om ons kollektiewe praktyke

van agro-ekologie te versprei en te verdiep. Dit is ook ’n plek

van weerstand, solidariteit en kollektiewe aksie. Dit is ons hoop

dat deur inisiatiewe soos hierdie boere kan begin om hul eie

voedselsisteme te definieer en bewegings te bou wat weerstand

kan bied teen die neo-liberale kapitalistiese model van landbou.

3

Page 6: BOU‘NBEWEGINGVANWEERSTANDspp.org.za/wp-content/uploads/2016/07/AFRIK-AGRO-Eco... · 2016. 8. 8. · en weerstand te bied teen ’n aansoek van Monsanto om Geneties Manipuleerde

4

KOMMERSIËLEINDUSTRIËLELANDBOU

AGRO-EKOLOGIESEBOERDERY

Page 7: BOU‘NBEWEGINGVANWEERSTANDspp.org.za/wp-content/uploads/2016/07/AFRIK-AGRO-Eco... · 2016. 8. 8. · en weerstand te bied teen ’n aansoek van Monsanto om Geneties Manipuleerde

WAT IS AGRO-EKOLOGIE?

Agro-ekologie het as ‘n alternatief tot industriële landbou ontstaan. Dit is die

wetenskap om agro-ekologiese beginsels toe te pas in die ontwerp van voedsel

sisteme. Deur die beginsels van ekologie in die beplanning van voedselsisteme toe

te pas, word die idee dat ‘n landbousisteem gesien moet word as ‘n ekosisteem,

teruggewen. Agro-ekosisteme moet bestuur word deur tradisionele kennis, volhoubare

landbou en plaaslike voedselsisteme ervaringe met mekaar te verbind. Beginsels van

agro-ekologie sluit in diversifisering, die gebruik van vernuwende hulpbronne,

vermindering van gifstowwe, bestuur van ekologiese verhoudings, die waardering

van gesondheid en kultuur, die bewaring van bronne soos grond, water, energie en

kapitaal en ‘n algehele holistiese benadering tot landbou. Dit behels die beter gebruik

van natuurlike bronne (grond, water en biodiversiteit) en tegnologie. Die kombinasie

van natuurlike, gemeenskaps en menslike kapitaal, met gepaste tegnologie en insette

wat skade aan die omgewing uitwis. In wese gebruik agro-ekologie die kennis en

kundighede van boere, dus skep dit die ruimte om probleme op te los deur saam te

werk.

5

Page 8: BOU‘NBEWEGINGVANWEERSTANDspp.org.za/wp-content/uploads/2016/07/AFRIK-AGRO-Eco... · 2016. 8. 8. · en weerstand te bied teen ’n aansoek van Monsanto om Geneties Manipuleerde

6

ONKRUIDDODER

GIF

PARAFAN

GMOSAAD

CHEMIKALIEE

Page 9: BOU‘NBEWEGINGVANWEERSTANDspp.org.za/wp-content/uploads/2016/07/AFRIK-AGRO-Eco... · 2016. 8. 8. · en weerstand te bied teen ’n aansoek van Monsanto om Geneties Manipuleerde

HOEKOM AGRO-EKOLOGIE?

Agro-ekologie is ‘n teenstrydige beweging tot die neoliberale voedselregering. Die

huidige globale voedselsisteem is afhanklik van kommersiele industriële landbou,

wat skadelik is vir die omgewing, nadelig is vir menslike gesondheid en kleinboere

regoor die wêreld uit besigheid sit. Deur te probeer om voedsel goedkoop en

doeltreffend te produseer, vernietig die industriële landbou in werklikheid die

lewensondersteuningssisteem waarop mense vertrou. Ons aarde kan nie meer die

mensgemaakte omgewingskade hanteer nie. ‘n Agro-ekologiese benadering tot

voedselproduksie in kontrastering, beklemtoon diversiteit. Agro-ekologie integreer

wetenskaplike kennis op omgewingsgesinde boerdery paktyke met tradisionele

kennis. Dit bevorder die bewaring van biodiversiteit terwyl dit terselfdertyd die

kleinboere bemagtig om hulle eie voedselsisteme te beplan. Deur die sosio ekonomiese

en ekologiese oorwegings in die beplanning van voedselsisteme te kombineer,

bevorder agro-ekologie as ‘n benadering ons vermoë om in ons voedsel behoeftes

te voorsien, sonder om die vermoë van toekomstige generasies om in hulle behoeftes

te voorsien in te perk en te kompromeer.

7

Page 10: BOU‘NBEWEGINGVANWEERSTANDspp.org.za/wp-content/uploads/2016/07/AFRIK-AGRO-Eco... · 2016. 8. 8. · en weerstand te bied teen ’n aansoek van Monsanto om Geneties Manipuleerde

8

KOMPOS

LEWENDE HAWE

BOERE SE PRAKTYKE

MOTIVEERDE BOERE

Page 11: BOU‘NBEWEGINGVANWEERSTANDspp.org.za/wp-content/uploads/2016/07/AFRIK-AGRO-Eco... · 2016. 8. 8. · en weerstand te bied teen ’n aansoek van Monsanto om Geneties Manipuleerde

WAT IS VERKEERD MET INDUSTRIËLE LANDBOU?

Industriële kommersiële landbou word gekenmerk deur praktyke met hoë sosiale en omgewingskoste. Die gebruik van

chemiese insette maak plante meer bestand oor ‘n tydperk wat lei tot die toepassing van meer en meer entstowwe,

swamdoders en kunsmatige bemestingstowwe. Die besproeiing van chemiese stowwe vernieting ook die natuurlike habitatte,

verweer bogrond, besmet vars water voorsiening en vermors water en energie gedurende die produksieproses. Die gesondheid

van boere, inwoners en verbruikers is, of loop die gevaar deur konstante blootstelling aan gevaarlike chemikalieë. Die gebruik

van Genetiese Gemanipuleerde Organismes(GMOs) het effekte op mense wat onvoorspelbaar is. Dit plaas ook kleinboere

op nadelige voet deur hulle te forseer om op duur insette van buite staat te maak. Enkelgewasse of monokultuur, ‘n metode

wat beteken dat dieselfde gewasse op dieselfde grond jaar na jaar geplant word, lei tot die uitputting van voedingstowwe

in die grond, wat veroorsaak dat die grond meer vatbaar is vir siektes van peste omdat die gewasse geneties dieselfde is.

Verder, die intensiewe aanteling van vee hou diere in toestande

wat siektes soos Aviankoors, Malkoeisiekte produseer wat

gesondheidsrisikos inhou. Die Verenigde Nasies het verklaar

dat die veesektor meer bydra tot aardsverwarming en klimaats-

verandering as alle vervoer byeengetel. Dit lei ook tot grootlikse

ondoeltreffende gebruik van graan, water en voedselbronne

wat gebruik kon word vir miljoene honger mae. Die model

ondermyn ook boere se reg tot grond, saad, water en om hul

eie voedselsisteem te bepaal.

9

Page 12: BOU‘NBEWEGINGVANWEERSTANDspp.org.za/wp-content/uploads/2016/07/AFRIK-AGRO-Eco... · 2016. 8. 8. · en weerstand te bied teen ’n aansoek van Monsanto om Geneties Manipuleerde

10

BEHOU BIODIVERSITEIT HANDHAAF GESONDE EKOSISTEME GEBRUIK PLAASLIKE KENNIS

DIE VOORDELE VAN

AGRO-EKOLOGIESE

BOERDERY...

Page 13: BOU‘NBEWEGINGVANWEERSTANDspp.org.za/wp-content/uploads/2016/07/AFRIK-AGRO-Eco... · 2016. 8. 8. · en weerstand te bied teen ’n aansoek van Monsanto om Geneties Manipuleerde

WAT IS AGRO-EKOLOGIESE PRAKTYKE?

Agro-ekologiese praktyke soos dekgewasse en agro-bosbou behou plantaardige

bedekking om water, grond en voedingstowwe te bewaar. Om veelsoortige

gewasspesies naby mekaar te plant en gereeld te roteer bied dit die diversiteit

wat benodig word om siektes, peste en onkruid te weerstaan en help om

oeste te vergroot. Die integrasie van veeboerdery met gewasse word op so

‘n manier gedoen dat dit ‘n hoë biomassa opbring en organiese materiaal

tot die grond en kompos voeg. Agro-ekologiese boerdery bevorder

plaagregulering deur die bekendstelling of bewaring van natuurlike vyande

eerder as harde chemikalieë. Algeheel word plaaslike bronne soos grond,

water en sade gebruik en voedingsherbenutting gepraktiseer om die gebruik

van eksterne nie-hernubare insette te verminder. In opsomming maak agro

ekologiese praktyke gebruik van bron bewaringstegnologie soos geintegreerde

pesbestuur, geintegreerde voedingstof bestuur, bewaring grondbewerking,

dekgewasse, agro-bosbou, saadbewaring, akwa-kultuur, wateroes en

lewendehawe integrering.

11

Page 14: BOU‘NBEWEGINGVANWEERSTANDspp.org.za/wp-content/uploads/2016/07/AFRIK-AGRO-Eco... · 2016. 8. 8. · en weerstand te bied teen ’n aansoek van Monsanto om Geneties Manipuleerde

12

NEE VIR KORPORATIEWEBEHEER VAN LANDBOU

SE NEE VIR GMO’S AGRO-EKOLOGIEDIE MENSE SEALTERNATIEF

Page 15: BOU‘NBEWEGINGVANWEERSTANDspp.org.za/wp-content/uploads/2016/07/AFRIK-AGRO-Eco... · 2016. 8. 8. · en weerstand te bied teen ’n aansoek van Monsanto om Geneties Manipuleerde

WAT IS DIE VOORDELE VAN AGRO-EKOLOGIESE BOERDERY?

In ontwikkelende lande soos Suid-Afrika, kan agro-ekologiese praktyke

grootliks produktiwiteit vermeerder en die ongunstige gevolge van die

aanslag op die omgewing verminder. In ontwikkelende lande produseer

organiese sisteme 80% meer as konvensionele boere (Lim Li Ching, 2009,

Is organic agriculture productive?). Agro-ekologiese boerdery praktyke

bewaar biodiversiteit en behou gesonde ekosisteme, gebruik plaaslike kennis,

laat boere toe om hul eie voedselsisteme te definieer en het bewys dat dit

produktief en ekonomies vatbaar is. Dus het agro-ekologie die potensiaal

om aan voedselsekuriteitsbehoeftes te voorsien en die huidige globale

mensebevolking te onderhou sonder om meer grond vir boerdery in produksie

te sit en sonder die negatiewe omgewingsgevolge van konvensionele

landbou.

13

Page 16: BOU‘NBEWEGINGVANWEERSTANDspp.org.za/wp-content/uploads/2016/07/AFRIK-AGRO-Eco... · 2016. 8. 8. · en weerstand te bied teen ’n aansoek van Monsanto om Geneties Manipuleerde

14

Page 17: BOU‘NBEWEGINGVANWEERSTANDspp.org.za/wp-content/uploads/2016/07/AFRIK-AGRO-Eco... · 2016. 8. 8. · en weerstand te bied teen ’n aansoek van Monsanto om Geneties Manipuleerde

AGRO-EKOLOGIE AS WEERSTAND

Oor die wêreld heen word agro-ekologie gesien as meer as net boerdery.

Agro-ekologie is ‘n simbool van weerstand, omdat dit dien as ‘n alternatief

tot die dominante neo-liberale industriële boerdery model. Dit het bygedra

tot die verskuiwing van groter politieke raamwerke en het nuwe maniere

voorgestel oor hoe om na globale stelsels te kyk. Agro-ekologie het gelei

tot veldtogte, soos die Reg tot Landbouhervorming en Voedselsoewereiniteit,

wat die regte van kleinboere en grondloses om deel te neem in die

ontwikkeling van landboubeleid wat voedselsoewereiniteit beklemtoon,

bevorder. In hierdie gees het die Voedselsoewereiniteit Veldtog die

gemeenskap in Matzikama munisipale area gemobiliseer om kapsie te maak

en weerstand te bied teen ’n aansoek van Monsanto om Geneties

Manipuleerde (GM) mielies wat droogte weerstaan te toets in die area. Die

Voedselsoewereiniteit Veldtog het ’n protes aksie gelei na die plaas waar

Monsanto en die Landbou Navorsingsraad toetsproewe loods, om uit te

wys dat terwyl die kleinskaalse boere grondloos bly, groot maatskappye

toegang tot grond gegee word wat eksperimente uitoefen waar die kleinboere

of die gemeenskap geensins baat by vind nie. Die aksie het duidelik getoon

dat die regering ’n regsraamwerk skep vir groot maatskappye soos Monsanto

wat sistematies ons saad en voedselsoewereiniteit vernietig. Die stryd vir

agro ekologie moet uit noodsaaklikheid teen die neo-liberale kapitalistiese

landbou wees.

15

Page 18: BOU‘NBEWEGINGVANWEERSTANDspp.org.za/wp-content/uploads/2016/07/AFRIK-AGRO-Eco... · 2016. 8. 8. · en weerstand te bied teen ’n aansoek van Monsanto om Geneties Manipuleerde

16

AGRO – EKOLOGIE VIR VOEDSELSOEWEREINITEIT

Via Campesina, ‘n internasionale kleinboere organisasie het die

konsep van “Voedselsoewereiniteit” in 1996 voorgestel.

Voedselsoewereiniteit is die reg van mense om hulle eie

voedselsisteme te definieer in plaas daarvan dat hul voedselsisteme

deur multinasionale korporasies en regerings bepaal en besluit

word. In meeste gevalle ondersteun en tree regerings op namens

hierdie korporasies. Deur voedselsoewereintiteit as ‘n reg te beskou,

word mense se toegang tot grond, water, sade en plaaslike

hulpbronne, beklemtoon. Dit word dus moontlik gemaak vir mense

om kultureel toelaatbare en omgewingsgesinde benaderings tot

voedselproduksie te beoefen, wat deur die mense in ‘n spesifieke

streek besluit is. Dit demonstreer ook die potensiaal van agro-

ekologie om verandering op beide streeks sowel as globale vlak

teweeg te bring. Die vernieting van die industriële model van

landbou en die herbou van plaaslike voedselsisteme moet gebaseer

wees op die bou van agro-ekologiese alternatiewe gebaseer op

die behoeftes van kleinboere en armes wat weerstand bied teen

die besigheidsbeheer oor produksie en verbruik van voedsel.

Page 19: BOU‘NBEWEGINGVANWEERSTANDspp.org.za/wp-content/uploads/2016/07/AFRIK-AGRO-Eco... · 2016. 8. 8. · en weerstand te bied teen ’n aansoek van Monsanto om Geneties Manipuleerde
Page 20: BOU‘NBEWEGINGVANWEERSTANDspp.org.za/wp-content/uploads/2016/07/AFRIK-AGRO-Eco... · 2016. 8. 8. · en weerstand te bied teen ’n aansoek van Monsanto om Geneties Manipuleerde

SURPLUSP E O P L EPROJECT

Vir meer inligting kontak:

Surplus People Project

www.spp.org.za

Tel: 021 448 5605

Epos: [email protected]