Nuusbrief - SAWA · 2016. 10. 9. · April 2014 Jaargang 29 Uitgawe 6 Overvaal bestuur 2013-2014...

9
1 Nuusbrief April 2014 Jaargang 29 Uitgawe 6 Overvaal bestuur 2013-2014 ◄Die voorsitter is Tienie Herholdt, 083 304 0604. Tienie is voog vir die hele bestuur -------------------- Jan is voog vir : Hennie en Sherron de Koker, Antonie en Joekie Laubscher, Roelf en Santie Pretorius. -------------------- Louis v/d Walt, 083 276 1719, is sekretaris. ǁ Louis is voog vir : ǁ Dave en Elize Fourie, ǁ Allan en Alta Morgan, ǁ Attie en Marietjie v Staden. Corrie Clase, 082 755 0661 is penningmeester Corrie is voog vir : Olaf en Estelle Billekens, Cobus Goosen, Gerald en Dalena Greyling -------------------- Hennie Gouws, 083 328 3868, is graveerder. Hennie is voog vir : Hans en Thea Barnard, Theo en Nita Scholtz, Johan en Annet Venter ----------------- Jan du Buisson, 082 921 1128, is ondervoorsitter. Marietjie du Buisson,► 082 941 5579, is voorraadhouer. Marietjie is voog vir : David en Madelein Fourie, Aubrey en Charmaine Lerm, Bessie Herholdt, ► 071 298 4348, is nuusredakteur. Bessie is voog vir : Andries en Monique Botha, Graham en Sannie Clouston, Peet en Ria v/d Walt. -------------------- Hans en Thea Barnard het weereens onderneem om na die seniorburgers se belange om te sien.

Transcript of Nuusbrief - SAWA · 2016. 10. 9. · April 2014 Jaargang 29 Uitgawe 6 Overvaal bestuur 2013-2014...

Page 1: Nuusbrief - SAWA · 2016. 10. 9. · April 2014 Jaargang 29 Uitgawe 6 Overvaal bestuur 2013-2014 Jan is voog Hennie en Sherron de Koker, Jan du Buisson, 082 Die voorsitter is Tienie

1

Nuusbrief April 2014 Jaargang 29

Uitgawe 6

Overvaal bestuur 2013-2014

◄Die voorsitter is Tienie Herholdt, 083 304 0604. Tienie is voog vir die hele bestuur

--------------------

Jan is voog vir: Hennie en Sherron de Koker,

Antonie en Joekie Laubscher, Roelf en Santie Pretorius. --------------------

Louis v/d Walt, 083 276 1719, ► is sekretaris. ǁ Louis is voog vir: ǁ Dave en Elize Fourie, ǁ Allan en Alta Morgan, ǁ Attie en Marietjie v Staden.

◄Corrie Clase, 082 755 0661 is penningmeester Corrie is voog vir: Olaf en Estelle Billekens, Cobus Goosen, Gerald en Dalena Greyling

-------------------- --------------------

-------------------

◄Hennie Gouws, 083 328 3868, is

graveerder.

Hennie is voog vir: Hans en Thea Barnard, Theo en Nita Scholtz, Johan en Annet Venter

-----------------

Jan du Buisson, ► 082 921 1128, is

ondervoorsitter.

Marietjie du Buisson,► 082 941 5579, is voorraadhouer. Marietjie is voog vir: David en Madelein Fourie,

Aubrey en Charmaine Lerm,

Bessie Herholdt, ►

071 298 4348, is nuusredakteur.

Bessie is voog vir:

Andries en Monique Botha, Graham en Sannie Clouston,

Peet en Ria v/d Walt. --------------------

Hans en Thea Barnard het weereens onderneem om na die seniorburgers se belange om te sien.

Page 2: Nuusbrief - SAWA · 2016. 10. 9. · April 2014 Jaargang 29 Uitgawe 6 Overvaal bestuur 2013-2014 Jan is voog Hennie en Sherron de Koker, Jan du Buisson, 082 Die voorsitter is Tienie

2

Die Voorsitter aan die woord

Hallo julle, Daar’s die jaarlikse Presidente-kamp nou ook verby, die jaar vlieg behoorlik! Ek het al vir julle genoem dat aangesien ons ’n kleinerige groep is, dit vir ons maklik behoort te wees om die beker vir die hoogste persentasie bywoning te kry. Die Streek wat dit vanjaar gewen het, het ’n persentasie van 88% gehad teenoor ons 46%. Baie dankie vir die lede wat wel gaan kamp het. Ons het vanjaar op ‘n ander plek gestaan as verlede jaar, in die KLIPPE en in die GERAAS van die kragopwekker. Daar is egter reeds goeie nuus, ons gaan beslis volgende jaar op ’n ander plek staan omdat die uitleg van die oord elke jaar moet verander. Die ouens van Vaalrivier was slegter af as ons. Hulle het omtrent nie elektrisiteit gehad nie en veertig waens moes ‘n ablusie deel wat uit ‘n dubbel stort, twee toilette, ‘n bad en wasbak bestaan het. Nogtans het almal die kamp geniet en albei die gaste wat saam gekamp het, het tekenne gegee dat ten spyte van die klippe en geraas hulle wil aansluit by ons. Ek wil julle ook net weer herinner dat ons die nominasies vir volgende jaar se bestuur by ons volgende kamp moet inkry. Ons gaan ook by ons volgende kamp al moet besin oor waar ons volgende jaar wil gaan kamp en op watter naweke. Laat jul koppe gaan en kom asseblief met voorstelle. Louis se pos as sekretaris is oop so ook my pos as voorsitter, die res van ons bestuur is wel bereid om nog ‘n jaar aan te gaan maar kan steeds uitgestem word of kan van pos verander- dit lê in julle hande. Jan is sterk aan die beplan vir ons Julie-kamp te Marula net anderkant Bela-bela. Hy moet maar voortydig jul name kry sodat hy kan probeer om ‘n blok vir ons te bespreek sodat ons lekker dig bymekaar kan staan. Sommiges van ons gaan vir langer kamp om van die koue te ontsnap. Onthou tog maar die E-tol en ander wippe (tolhekke, slaggate en spoedkameras) wat Sanral vir ons stel. Maak seker jou spaarwiele is reg en help bid vir ‘n gunstiger brandstof prys. Sien julle by Bloekompoort en veilig sleep. Tienie April ‘14

Page 3: Nuusbrief - SAWA · 2016. 10. 9. · April 2014 Jaargang 29 Uitgawe 6 Overvaal bestuur 2013-2014 Jan is voog Hennie en Sherron de Koker, Jan du Buisson, 082 Die voorsitter is Tienie

3

Kort berigte – nuusbrokkies

Aansporings

◄Bo links: Tienie en Bessie Herholdt 120 streek 120 streek verdienste ▲Bo regs: Corrie Clase beduie hoeveel galgies Jan en Marietjie al moes gekry het. ◄Links: [van links na regs] Die kampkommandante – Sannie en Graham Clouston Corrie en Hendrien Clase saam met Tienie Herholdt.

Sannie was die boetebessie en sy het die manne so ‘n bietjie geroer! Marietjie van Staden is die enigste dame wat ook [al weer] ‘n boete gekry het.

Page 4: Nuusbrief - SAWA · 2016. 10. 9. · April 2014 Jaargang 29 Uitgawe 6 Overvaal bestuur 2013-2014 Jan is voog Hennie en Sherron de Koker, Jan du Buisson, 082 Die voorsitter is Tienie

4

Bywoning en terugvoering

Klipdraai – 7 tot 9 Maart 12 woonwaens = 52%. Overvalers jul is ‘n bakgat streek! 1 nuwe aansluiting [Jurgens en Gerda Steenkamp, met hul 3 kinders – Eileen, Nadia en Juan] – Baie welkom julle, hoop julle gaan lekker saam met ons kamp. Vrydagaand het ons lekket Bunny Chow’s geëet en Saterdagoggend was ons bederf met lekker pangebraaide broodtjies, roereiers en vleis – kyk die Overvalers skrik nie as dit kom by lekker eet nie, hoor! EN … Corrie-hulle het vir ons gaan turksvye koop, Vrydag, lekker was nog nooit sleg gewees nie. Hans en Thea het Saterdag kom hallo sê en so ‘n bietjie saam met ons gekuier. Ons het elke dag reën gehad, Sondag het baie van ons net-net daarin geslaag om ons seile droog te hou met ‘n baie vinnige opslanery maar die groetery was in die wiele gery deur die reën, maar ons is mos nie sussies as dit kom by kamp nie en ek dink almal van ons het elke oomblik van die naweek regtig geniet.

Hendrien en Ria besig om die broodtjies te smeer vir Saterdagoggend se braaibroodtjies – lekker bederf!

Kyk net hoe hard werk Tristan om ouma Sherron te help met die wasgoed.

Page 5: Nuusbrief - SAWA · 2016. 10. 9. · April 2014 Jaargang 29 Uitgawe 6 Overvaal bestuur 2013-2014 Jan is voog Hennie en Sherron de Koker, Jan du Buisson, 082 Die voorsitter is Tienie

5

Presidente – 15 tot 21 April 11 Overvalers en 2 besoekers = 46% Vaaldriehoek Gebied se bywoning was 34% Daar was 276 woonwaens wat die Presidente bygewoon het en Graham het vir ons die lugfoto’s gewys, dit is nogal ’n mooi prentjie om te aanskou. Die totale bedrag wat by die Presidente ge-in is, is R62 330.00. Die kerkgelde wat alles aan Bybelverspreiding geskenk is, het die mooi bedrag van R10 072.30 beloop. Bertha en Antonie-hul was Saterdag tydens die Presidente vyf geslagte bymekaar – ouma Lenie van Schalkwyk - word 94 hierdie jaar, ma Wilhelmiena Laubscher - word 73 hierdie jaar, Bertha, 49 en Antonie, 53 en Bertha se dogter Marolien van Wyngaard, 23 en hul seuntjie, Eckhard van Wyngaard, 7 maande. [hy is die pragtigste ou dingetjie en het die pragtigste ogies - ons almal wou hom net opvreet maar hy het net ogies vir Sannie gehad] Sjoe, wat ’n voorreg om nog so saam te kuier! Al die kinders by die Presidente het spaarbussies by die predikant gekry om vol te maak met kleingeld wat aangewend sal word vir Bybelverspreiding. Maandag toe die kinders die bussies terugvat om voor op die tafel langs die verhogie te gaan neersit, het Tristan vir ds. Johan gewys sy bussie is vol en ouboet Kaylem [albei Hennie en Sherron de Koker se kleinseuns] het daar aangekom met ‘n 2 lt. plastiese bottel wat vir my gelyk het asof dit meer as halfvol was met die kleingeld, ook hy het seker gemaak die predikant sien dat hy die geld daar neersit en albei het ‘n hartlike applous van die Sawanante gekry. Ek sal seker eeeendag leer om my kamera altyd saam te dra om sulke pragtige spontaniteit op ‘n foto vas te vang.

◄Ai, as als net eers op hul plek is, kan ons begin kuier!

Page 6: Nuusbrief - SAWA · 2016. 10. 9. · April 2014 Jaargang 29 Uitgawe 6 Overvaal bestuur 2013-2014 Jan is voog Hennie en Sherron de Koker, Jan du Buisson, 082 Die voorsitter is Tienie

6

En so het ons gebraai, gekuier, rugby, foto’s, survival, noot vir noot, ensovoorts gekyk –

Lekker man, lekker!

Page 7: Nuusbrief - SAWA · 2016. 10. 9. · April 2014 Jaargang 29 Uitgawe 6 Overvaal bestuur 2013-2014 Jan is voog Hennie en Sherron de Koker, Jan du Buisson, 082 Die voorsitter is Tienie

7

30ste verjaardagviering 2015 Tydens die voorsitterstee by Koppisol is ’n voorstel gedoen en deur die lede teenwoordig aanvaar dat ons na die Presidente met die vrywillige geld insameling sal voortgaan ter stuiwing van ons streekkas en die bedrag sal aangewend word vir ons 30ste verjaarsdagviering volgende jaar. Let asseblief daarop dat die geld insameling en die bedrag wat jy skenk, heeltemal vrywillig is.

2014 Almanakke

Daar is nog almanakke beskikbaar @ R30.00 – asseblief ouens ondersteun ons ook op hierdie gebied. Louis het regtig baie moeite gedoen met die almanakke en al die verjaarsdae, huweliksherdenkings en kampe is op die almanak aangebring. Al die inligting wat jy nodig het is byderhand – dis mos nou lekker!

Overvaal se finansies Corrie het gevra dat ons aan al die lede sal sê dat sy boeke beskikbaar is vir enigiemand wat daarna wil kyk.

Nominasie briefies Onthou asseblief die nominasies moet teen 1 Junie 2014 by die voorsitter ingehandig wees. Dankie, ons maak staat op julle.

.Verjaarsdae

April 02/04 Marietjie van Staden 03/04 Alan Morgan Mei 03/05 Joekie Laubscher 13/05 Gerda Steenkamp 19/05 Nadia Steenkamp 23/05 Andries Botha 30/05 Peet v/d Walt 30/05 Eileen Steenkamp

Huweliksherdenkings

April 13/04 Hans en Thea Barnard 27/04 Dave en Elize Fourie Mei 01/05 Tienie en Bessie Herholdt

Baie geluk aan julle almal, my wens vir julle vir die komende jaar is: Skryf dit op jul hart dat elke dag die beste dag in jul lewe gaan wees… Dat jul die geluk wat jul verdien met ope arms sal ontvang. Dat gister se trane…soos pêrels word omdat julle sulke juwele is. Mag die dae wat kom net vol vreugde, liefde en vrede wees, en mag JESUS jul dra in die holte van SY HAND.

Page 8: Nuusbrief - SAWA · 2016. 10. 9. · April 2014 Jaargang 29 Uitgawe 6 Overvaal bestuur 2013-2014 Jan is voog Hennie en Sherron de Koker, Jan du Buisson, 082 Die voorsitter is Tienie

8

Lief Geen waarvan ons weet nie.

---oooOOooo--

Leed Attie en Marietjie van Staden se skoonsuster is oorlede. Wilkie Wilken is oorlede – hul was vroeër lede van Overvaal en tydens 2004 en 2005 deel van die bestuurspan. Thea Barnard sukkel baie met haar gesondheid. Hans Barnard moet gaan vir ’n bi-opsie van die prostaat.

►►

Leed vervolg: - Marietjie van Staden het dikdermontsteking en ‘n baie groot mantelvlies breuk. Bertha Gouws moet gaan vir ‘n rugoperasie. Tienie Herholdt het brachyterapie [bestraling] vir die prostaat ondergaan. Peet v/d Walt het laserbehandeling ontvang vir albei sy oë en moet nou gaan vir ‘n bril.. Dawie en Driekie Wolfaardt het uit SAWA bedank agv werksomstandighede. Olaf Billekens het kanker aan sy oor en moet gaan vir bestraling.

Baie sterkte jul ouens!!

If God shuts a door, stop banging on it! Trust that whatever is behind it, is not meant for you.

Volgende Kampe

2 tot 4 Mei 2014 – Bloekompoort Kampkommandante: Hennie en Bertha Gouws, Antonie en Joekie Laubscher ____________________ 4 tot 13 Julie 2014 – Wegbreker na Marula Kampkommandante: Jan en Marietjie du Buisson Tarief: R850.00 vir 30 dae aaneenlopend. R100.00 per nag vir minder as 30 dae Laat weet Jan asseblief voor die 1ste Junie indien jy belangstel om saam te gaan. ____________________ 8 tot 10 Augustus 2014 - AJV te Bloekompoort Kampkommandante: Bestuursdames - Doediekamp ____________________ 12 tot 14 September 2014 – Soetdoring Kampkommandante: Louis en Zusette v/d Walt Asseblief ouens, hierdie tarief is net indien ons 10 of meer woonwaens is – tente is ook welkom en tel as ’n woonwa. Ondersteun ons asseblief. ____________________ 19 tot 21 September 2014 – Nasionale saamtrek 17 en 18 September 2014 – Seniorburger saamtrek Tydens hierdie naweek sal daar opleiding gedoen word vir EB lisensies. ____________________ 10 tot 12 Oktober 2014 – Sionbergh Kampkommandante: Tienie en Bessie Herholdt Tarief: R170.00 per nag + R10.00 vir plaatjie Asseblief ouens, hierdie tarief is net indien ons 10 of meer woonwaens is – tente is ook welkom en tel as ’n woonwa. Ondersteun ons asseblief.

Page 9: Nuusbrief - SAWA · 2016. 10. 9. · April 2014 Jaargang 29 Uitgawe 6 Overvaal bestuur 2013-2014 Jan is voog Hennie en Sherron de Koker, Jan du Buisson, 082 Die voorsitter is Tienie

9

____________________ 17 tot 19 Oktober 2014 – Kongres ____________________ 7 tot 9 November 2014 – Kersboom by Bloekompoort Kampkommandante: Hennie en Bertha Gouws, Antonie en Joekie Laubsher, Theo en Nita Scholtz ____________________