UUSBRIEF 17 - Tuisblad vanaf... · 2019. 1. 9. · NUUSBRIEF # 17 5 MEI 2016 3 NUUS VANAF...

11
www.kerkweb.org https://www.facebook.com/SinodeHoeveld/ NUUSBRIEF # 17 5 MEI 2016 1 H H E E M M E E L L V V A A A A R R T T : : W Wa a t t j j y y h h é é t t b b e e p p a a a a l l w w i i e e j j y y í í s s ! ! Die bogenoemde stelling is presies hoe ons geleer het om nié mense se waarde te bepaal nie. Jou waarde kan tog nie deur jou besittings bepaal word nie! In Sy afskeidswoorde aan die dissipels sê Jesus egter presies dit. In Mat.28:20 sê Jesus, al gaan Hy weg, bly Hy deur Sy Gees “by julle al die dae, tot die voleinding van die wêreld.” Hierdie troos bevestig Hy in Hand.1:8 met die belofte dat “die Heilige Gees oor julle (sal) kom...” In ’n troostelose wêreld waar dit voel of alles uitmekaar val en of die samelewing op baie maniere teen jou draai, is dit eintlik die enigste ding om aan vas te hou. Hy is by ons. Ons hét ’n Trooster, ’n liefdevolle Vader, ’n Verlosser! En dit wat ons het, nee, die Een Wie ons het, bepaal wie ons is! Eintlik hét ons Hom nie, Hy hét ons, vasgegryp, en hou ons vas, “al die dae tot die voleinding van die wêreld”. Daarom bevestig Jesus in sy laaste woorde voor sy hemelvaart ook ons identiteit. “... julle IS my getuies.” Want ons is kinders van die lewende God! Jesus wil met Sy afskeidswoorde ons aan die groter prentjie herinner. Ongeag hoe groot en onoorkombaar ons probleme lyk, ongeag hoe krities my eie situasie lyk, ongeag hoe donker my eie depressiwiteit is, daar is ’n groter prentjie om te onthou! Die feit dat Hy by ons is, en die feit dat ons getuies is, breek ’n nuwe toekoms oop. Dit bevestig dat ons déél van die groter prentjie is, dat ons méér is as ons omstandighede en dat ons ’n groter roeping as ons eie lewe het. Ons is koningskinders en is geroep om van hierdie Koning en van Sy koninkryk te getuig! Ons word volledig betrek by God se uitreik na hierdie troostelose wêreld. Want sien, as ons nie getuig nie, en nie leef soos koninkryksmense nie, waar moet die wêreld dit dan hoor en sien? Naas die vier evangelies in die Bybel wat van Jesus se verlossing vertel, is ek en jy die 5 de evangelie. Baie mense met wie ons in aanraking kom, lees nooit die Bybelse evangelies nie. Al wat hulle sien en “lees” is my en jou lewe, die 5 de evangelie. Sien hulle dat Jesus deur sy Gees by jou is, “al die dae tot die voleinding van die wêreld”? En sien hulle dat ons getuies is van hierdie Jesus wat hemel toe is? Geseënde Hemelvaart. Dr Botha van Aarde

Transcript of UUSBRIEF 17 - Tuisblad vanaf... · 2019. 1. 9. · NUUSBRIEF # 17 5 MEI 2016 3 NUUS VANAF...

  • www.kerkweb.org https://www.facebook.com/SinodeHoeveld/

    NUUSBRIEF # 17

    5 MEI 2016

    1

    HHEEMMEELLVVAAAARRTT:: WWaatt jjyy hhéétt bbeeppaaaall wwiiee jjyy ííss!!

    Die bogenoemde stelling is presies hoe ons geleer het om nié mense se waarde te bepaal nie. Jou waarde kan tog nie deur jou besittings bepaal word nie! In Sy afskeidswoorde aan die dissipels sê Jesus egter presies dit.

    In Mat.28:20 sê Jesus, al gaan Hy weg, bly Hy deur Sy Gees “by julle al die dae, tot die voleinding van die wêreld.” Hierdie troos bevestig Hy in Hand.1:8 met die belofte dat “die Heilige Gees oor julle (sal) kom...” In ’n troostelose wêreld waar dit voel of alles uitmekaar val en of die samelewing op baie maniere teen jou draai, is dit eintlik die enigste ding om aan vas te hou. Hy is by ons. Ons hét ’n Trooster, ’n liefdevolle Vader, ’n Verlosser!

    En dit wat ons het, nee, die Een Wie ons het, bepaal wie ons is! Eintlik hét ons Hom nie, Hy hét ons, vasgegryp, en hou ons vas, “al die dae tot die voleinding van die wêreld”. Daarom bevestig Jesus in sy laaste woorde voor sy hemelvaart ook ons identiteit. “... julle IS my getuies.” Want ons is kinders van die lewende God! Jesus wil met Sy afskeidswoorde ons aan die groter prentjie herinner. Ongeag hoe groot en onoorkombaar ons probleme lyk, ongeag hoe krities my eie situasie lyk, ongeag hoe donker my eie depressiwiteit is, daar is ’n groter prentjie om te onthou! Die feit dat Hy by ons is, en die feit dat ons getuies is, breek ’n nuwe toekoms oop. Dit bevestig dat ons déél van die groter prentjie is, dat ons méér is as ons omstandighede en dat ons ’n groter roeping as ons eie lewe het. Ons is koningskinders en is geroep om van hierdie Koning en van Sy koninkryk te getuig! Ons word volledig betrek by God se uitreik na hierdie troostelose wêreld. Want sien, as ons nie getuig nie, en nie leef soos koninkryksmense nie, waar moet die wêreld dit dan hoor en sien? Naas die vier evangelies in die Bybel wat van Jesus se verlossing vertel, is ek en jy die 5de evangelie. Baie mense met wie ons in aanraking kom, lees nooit die Bybelse evangelies nie. Al wat hulle sien en “lees” is my en jou lewe, die 5de evangelie. Sien hulle dat Jesus deur sy Gees by jou is, “al die dae tot die voleinding van die wêreld”? En sien hulle dat ons getuies is van hierdie Jesus wat hemel toe is? Geseënde Hemelvaart. Dr Botha van Aarde

    http://www.kerkweb.org/https://www.facebook.com/SinodeHoeveld/

  • www.kerkweb.org https://www.facebook.com/SinodeHoeveld/

    NUUSBRIEF # 17

    5 MEI 2016

    2

    NUUS VANAF DIE SINODALE KANTOOR

    Die Sinode, op aanbeveling van die SDK, het in 2014 besluit dat die Sondag na Hemelvaart

    as Biddag vir Sending verklaar is.

    Ons versoek dat u asseblief op 8 Mei 2016, tydens die erediens voorbidding sal doen vir

    hierdie belangrike saak.

    Bring jou gemeenteleier, kategete en kinderwerkers 28 Mei 2016 na Sinode Hoëveld se

    kinderkonferensie en ons sal seker maak hulle bou saam!

    Tom en Lollie Smith: Pilare van Kinderbediening

    Heini Berner: Lofprysings die fondament

    Johan Smit: Dak oor families, skole en gemeenskap

    8 Praktiese Wegbreeksessies en vele uitstallers

    – te veel om te noem!

    6 VBO punte word vir leraars toegeken

    As jy God se Koninkryk wil bou – begin by Sy kinders

    Klik asseblief hier vir die Program en Inskrywingsvorm

    http://www.kerkweb.org/https://www.facebook.com/SinodeHoeveld/http://www.kerkweb.org/index.php/2-uncategorised/150-bou-bou-bou-die-koninkryk

  • www.kerkweb.org https://www.facebook.com/SinodeHoeveld/

    NUUSBRIEF # 17

    5 MEI 2016

    3

    NUUS VANAF GEMEENTES, CMR’E EN TUISTES

    Missionale transformasie en diakonaat Gemeentepraktyke Integrasie van Gemeentelike Diakonaat en Kerklike

    Maatskaplike Dienste

    Die Algemene Sinode van die NG Kerk het op sy laaste sinodesitting in 2015 besluit om die belangrikheid van die missionale gestuurdheid van die kerk verder te beklemtoon. Dit behoort die fokus van gemeentes ook te wees! Wanneer hierdie gestuurdheid of deelname aan God se sending na die wêreld in die samelewing grondvat, is ons volledig op die terrein van die kerk se missionale diakonaat.

    Op dieselfde sinodesitting het die NG Kerk ook vir Hugenote Kollege gevra om navorsing te doen oor gemeentes se diakonaat en hoe dit inskakel by die kerklike maatskaplike dienste wat in baie gemeenskappe gelewer word. Die behoefte aan integrasie van hierdie verskillende aspekte van die kerk se missionale diakonaat het ook na vore gekom. Teen hierdie agtergrond het die Taakspan vir Missionale Diakonaat van die NG Kerk besluit om in samewerking met Hugenote Kollege en die KMDR hierdie konferensie aan te bied.

    Datum: 31 Mei & 1 Junie 2016 Plek: Padre Pio Spirituality Centre Plot 25, Kort straat, Rietvalleirand, Pretoria Tyd: Registrasie vanaf 09:00 op 31 Mei Koste: Konferensiefooi – R300 pp Akkommodasie – R330 Totaal R630

    MEER BESONDERHEDE VOLG VOLGENDE WEEK...

    http://www.kerkweb.org/https://www.facebook.com/SinodeHoeveld/

  • www.kerkweb.org https://www.facebook.com/SinodeHoeveld/

    NUUSBRIEF # 17

    5 MEI 2016

    4

    NG Lindenpark nooi u uit na

    ROCK ROYALTY

    It’s time to rock like never before with Rock Stars who have rocked our world! Pay tribute to

    the rock legends

    including Chuck Berry, Deep Purple, Led Zeppelin, AC/DC, Def Leppard, Bon Jovi, Janis Joplin, Pink & many more.

    Teater: The Barnyard Theatre Cresta

    Datum: 26 Mei 2016

    Tyd: 20:00

    Kaartjies: R160 per persoon

    Besprekings: 011 782 0203 (9:00-12:00) / [email protected] / Ronél (083 225 8741) / Christa (083 408 9336)

    http://www.kerkweb.org/https://www.facebook.com/SinodeHoeveld/mailto:[email protected]

  • www.kerkweb.org https://www.facebook.com/SinodeHoeveld/

    NUUSBRIEF # 17

    5 MEI 2016

    5

    Melville Kruisgemeente bied n Fun Run en Boeremark aan...

    http://www.kerkweb.org/https://www.facebook.com/SinodeHoeveld/

  • www.kerkweb.org https://www.facebook.com/SinodeHoeveld/

    NUUSBRIEF # 17

    5 MEI 2016

    6

    http://www.kerkweb.org/https://www.facebook.com/SinodeHoeveld/

  • www.kerkweb.org https://www.facebook.com/SinodeHoeveld/

    NUUSBRIEF # 17

    5 MEI 2016

    7

    Uitnodiging na ʼn Byeenkoms van die Brugbediening-Forum

    op 18 Mei 2016

    Daar is talle gemeentes wat swaarkry in die radikaal veranderende omstandighede waarin

    ons leef. Ons moet weer nuut kyk hoe om kerk te wees vir ons tyd. Die Brugbediening poog

    om gemeentes hierin by te staan en te help moed skep. Enigiemand wat belangstel om

    meer te wete te kom oor die Brugbediening kan kom deelneem aan die Forum-byeenkoms.

    Al ons kerke kan kom saam luister en gesels.

    Ons tema vir die byeenkoms is Variasie en Diversiteit in die Brugbediening:

    1. Ds Albert Cruywagen, een van die pioniers van die

    Brugbediening in ons land, gee ʼn kort inleiding t.o.v. die

    onderwerp.

    2. Rod Charlton, die tweede spreker, is ʼn gewilde spreker wat

    dikwels deur die Anglikaanse Kerk betrek word t.o.v.

    psigometriese toetsing. Hy benader die onderwerp vanuit ʼn

    sielkundige hoek.

    1. 2. 3. 4.

    5.

    6. In die laaste 30 min van die byeenkoms word tyd gegee vir kort mededelings (Communicatio) oor allerlei sake en vra kan geopper word. ʼn Nuwe Reëlingskomitee (3 lede)

    word opnuut gekies.

    7. Plek: Kempton-Kruin (NGK) se kerksentrum, Fiskaalstr 30, Glen Marais, Kemptonpark

    ʼn Roetekaart kan voorsien word

    Datum: Woensdag, 18 Mei 2016

    Tyd: 9:30 – Kuier met ʼn koppie tee

    10:00 tot 12:15

    *Bevestig asseblief u bywoning teen 14 Mei 2016.

    Reëlingskomitee:

    Audrey Hick 082 783 9083

    Albert Cruywagen 082 823 0785

    Howard du Toit 082 371 9346

    http://www.kerkweb.org/https://www.facebook.com/SinodeHoeveld/

  • www.kerkweb.org https://www.facebook.com/SinodeHoeveld/

    NUUSBRIEF # 17

    5 MEI 2016

    8

    PUBLIKASIES

    Ná die langnaweek het ons goeie nuus oor die jongste Kerkbode en die

    pryswenners van die BM-Cordis Trust-pryse.

    Inligting, Navrae en Diensverskaffing:

    Skakel 0860 26 33 42 óf 021 864 8210 Of stuur jou bestelling per e-pos na: [email protected] Of koop direk met jou kredietkaart op die webtuiste: www.bybelmedia.co.za

    BByybbeell--MMeeddiiaa--CCoorrddiiss TTrruusstt--pprryyssee oooorrhhaannddiigg ...... bbeessoonnddeerree mmyyllppaaaall!! Die eerste BM-Cordis Trust-prys is in 2014 vir oorspronklike Afrikaanse kinder- en/of gesinspublikasie toegeken. In November is 16 publikasies vir twee kategorieë deur uitgewers ingeskryf. Vanjaar is die toekennings verder uitgebrei na drie kategorieë en die pryse (oorkonde en geldprys) is tydens ʼn feestelike geleentheid op Vrydag 22 April 2016 by Bybel-Media (Wellington) oorhandig – alles danksy die wonderlike ondersteuning van Cordis Trust. Dr SJ Marais, voorsitter van Cordis Trust, het die geleentheid bygewoon en self van die pryse aan die wenners oorhandig. Die wenners is ...

    BM-Cordis Trust-prys: Toekenning vir oorspronklike Afrikaanse Christelike Gesinspublikasie.

    Tom en Lollie Smith 7 Ritmes vir kinders – CUM-uitgewers.

    BM-Cordis Trust-prys: Toekenning vir oorspronklike Afrikaanse Christelike Kinderpublikasie.

    Juliana Nothnagel en Johann Strauss Ons eie Kleuterbybel – Lux Verbi (NB Uitgewers).

    BM-Cordis Trust-prys: Bydrae tot spesiale projek(te) met ʼn Bybel-Media verbintenis.

    Dr Chris van Wyk – Somerstrandgemeente, Port Elizabeth.

    [Bydraes deur publikasies, Kruisgewys, weeklikse preeksketse, Luister-seisoenmateriaal, Seisoen van menswaardigheid en nog meer.]

    Spesiale Toekenning van Cordis Trust: Orde van die Lamp Toekenning aan ʼn indiwidu vir besondere bydraes tot die uitdra van die boodskap van hoop. Dr Pieter Fourie – Uitvoerende Hoof van Bybel-Media.

    http://www.kerkweb.org/https://www.facebook.com/SinodeHoeveld/mailto:[email protected]://www.bybelmedia.co.za/

  • www.kerkweb.org https://www.facebook.com/SinodeHoeveld/

    NUUSBRIEF # 17

    5 MEI 2016

    9

    LLeeeess iinn ddiiee jjoonnggssttee KKeerrkkbbooddee

    In Kerkbode van 6 Mei 2016 kan u lees van twee Fresh Expressions,

    of nuwe vorme van kerkwees, wat uit die NG Kerk tot stand gekom

    het. Die een het pas in Durban begin en die ander is al ’n paar jaar

    lank op dreef in Windhoek.

    Lees ook van ’n kerklike aksie vir versoening in Suid-Afrika, hoe die

    gemeente en gemeenskap van Thabazimbi teenslae hanteer, en van

    ’n vlugteling uit midde-Afrika wat sy doktorsgraad in Stellenbosch

    gedoen het oor hoop.

    In die gay debat is daar twee bydraes oor Nuwe Testamentiese

    tekste en in die kunsrubriek kom ’n skildery aan die beurt wat met sy

    profetiese boodskap in Koninkrykstyd gebruik sou kon word.

    Versoeningsveldtog – Sing ʼn nuwe (Suid-Afrika) lied!

    Die kerke van Suid-Afrika, in samewerking met organisasies wat die leiers van die jeugopstande van 1976 en die diensplig-generasie verteenwoordig, beplan die Sing ʼn nuwe (Suid Afrika) lied!-versoeningsveldtog met die doel om eenheid te bevorder en genesing in ons land te bewerkstellig. Die inisiatief vorm deel van die oorkoepelende proses waarmee die Suid Afrikaanse Raad vir Kerke en haar lidkerke op reis is – Die Suid-Afrika waarvoor ons bid! Hierdie veldtog van heling en versoening skop af met veertig dae van gebed van 7 Mei 2016 tot 15 Junie 2016 en loop deur tot op Versoeningsdag op 16 Desember 2016.

    Dit is vir Christelike Lektuur Fonds (CLF) ʼn voorreg om deel hiervan te wees deur die befondsing en druk van 13 000 eksemplare van die Bid vir Suid-Afrika! 40-dae Gebedsgids vir versoening. Hierdie publikasie word deur die veldtog-organiseerders aan deelnemende kerke en organisasies uitgedeel, maar is ook aflaaibaar op CLF se webwerf by http://www.clf.co.za/season/prayer-guides

    Christelike Lektuurfonds (CLF) nooi almal wat positiewe voorstelle en stories rakende versoening wil deel om vanaf 7 Mei 2016, daagliks saam met ons hierdie kosbare gebedsreis te ervaar op CLF se Facebook blad: www.facebook.com/christian.literature.fund

    Versoening in ons pragtige land is alleen moontlik as ons as Christene bereid is om oor kultuurgrense hande vat. Dan kan ons as liggaam van Christus ʼn brug help bou na ʼn beter toekoms vir die hele Suid-Afrika.

    http://www.kerkweb.org/https://www.facebook.com/SinodeHoeveld/

  • www.kerkweb.org https://www.facebook.com/SinodeHoeveld/

    NUUSBRIEF # 17

    5 MEI 2016

    10

    VAKATURES

    NG Kerk Nooitgedacht (Bronkhorstspruit) – Voltydse leraar

    NG Kerk Brackenhurst – Gemeenteleraar (twee poste)

    NG Kerk Universiteitsoord – Medeleraar

    NG Kerk Tygerpoort – Leraar

    Magalieskruin Dutch Reformed Congregation – English youthworker

    Vir meer inligting oor die bogenoemde vakatures, kliek hier.

    datumlys

    ʼn Volledige datumlys, met die portefeuljeleiers se

    beplanning en belangrike sperdatums, is hier beskikbaar.

    AFLOSPREDIKANTE

    Klik hier vir ʼn lys van aflospredikante.

    Ons is op soek na ENIGE interessante nuusbrokkies!

    Ons wil ook baie graag inligting van ons leraars in die

    nuusbrief plaas.

    Laat weet ons asseblief wanneer daar nuwe leraars by

    jul gemeentes is, of bevestig word, emeriteer en selfs

    na ander Sinodes verhuis. Enige nuus is welkom!

    http://www.kerkweb.org/https://www.facebook.com/SinodeHoeveld/http://kerkbode.christians.co.za/category/vakatures/http://www.kerkweb.org/index.php/kalenderhttp://www.kerkweb.org/index.php/2014-04-23-09-29-15/aflospredikante

  • www.kerkweb.org https://www.facebook.com/SinodeHoeveld/

    NUUSBRIEF # 17

    5 MEI 2016

    11

    BESOEK ONS OOK OP FACEBOOK www.facebook.com/SinodeHoeveld

    VRYWARING

    Die inligting wat voorsien word en standpunte wat gehuldig word in die NUUS VANAF HOËVELD SINODE behels, het geen verifiëring van bevindinge, gevolgtrekkings en opinies deur die NG Kerk van Suid-Transvaal [NG Sinode Hoëveld] nie. Dus weerspieël die inligting en standpunte wat in die NUUS VANAF HOËVELD SINODE gehuldig word nie noodwendig die van die NG Sinode Hoëveld of sy personeel en lede nie. Menings, afleidings en ander inligting in hierdie boodskap wat nie verband hou met die amptelike werksaamhede van die NG Sinode Hoëveld nie, verteenwoordig nie die amptelike standpunt(e) van die NG Sinode Hoëveld nie.

    NUUS VANAF HOËVELD SINODE plaas slegs nuus en inligting vanaf die sinodale, rings- of gemeentelike verband.

    Die NG Sinode Hoëveld aanvaar geen verantwoordelikheid vir enige benadeling en/of skade aan persone of eiendom as gevolg van produk-aanspreeklikheid, waninligting verskaf, nalatigheid of die gebruik van enige metodes, produkte, instruksies of idees wat vervat is in die materiaal soos opgeneem in die NUUS VANAF HOËVELD SINODE nie. Die inligting en advies is beskikbaar gestel in goeder trou en is afgelei van die inligting verskaf deur die betrokke organisasie/persoon en word voorgehou as betroubaar en akkuraat ten tye van die bekendstelling daarvan. Dit is die verantwoordelikheid van die gebruiker om sy of haar eie besluite te neem oor die akkuraatheid, geldigheid, betroubaarheid en korrektheid van die inligting. Dit beteken dat die instansie en/of die betrokke persoon wat die plasing in die NUUS VANAF HOËVELD SINODE versoek, dan volle verantwoordelikheid vir die gebeure of inligting aanvaar.

    Vir enige navrae in verband met hierdie Nuusbrief skakel gerus me N Marais by 011- 975 8220.

    http://www.kerkweb.org/https://www.facebook.com/SinodeHoeveld/http://www.facebook.com/SinodeHoeveld