Tut101_2012

50
AFK1501/101/3/2012 Studiebrief 101/3/2012 Afrikaans Aktueel Semester 1 en 2 Departement Afrikaans en Algemene Literatuurwetenskap Hierdie studiebrief bevat belangrike inligting oor die module. Bar code AFK1501

Transcript of Tut101_2012

Page 1: Tut101_2012

AFK1501/101/3/2012

Studiebrief 101/3/2012

Afrikaans Aktueel Semester 1 en 2

Departement Afrikaans en Algemene

Literatuurwetenskap

Hierdie studiebrief bevat belangrike inligting oor die module.

Bar code

AFK1501

Page 2: Tut101_2012

2

INHOUDSOPGAWE

1 INLEIDING EN VERWELKOMING ......................................................................................... 4

1.1 Studiemateriaal .................................................................................................................................... 4

2 DOEL EN UITKOMSTE VAN DIE MODULE .......................................................................... 5

2.1 Doel ...................................................................................................................................................... 5

2.2 Uitkomste ............................................................................................................................................. 5

3 DOSENT EN KONTAKBESONDERHEDE ............................................................................ 5

3.1 Dosent/Kursusleier ............................................................................................................................... 5

3.2 Departement ........................................................................................................................................ 6

4 HULPBRONNE VIR DIE MODULE ........................................................................................ 7

4.1 Voorgeskrewe Boeke ........................................................................................................................... 7

4.2 Aanbevole Boeke ................................................................................................................................. 9

4.3 Elektroniese Reserwes (E-Reserwes) ................................................................................................. 9

5 STUDENTEHULPDIENSTE VIR DIE MODULE ..................................................................... 9

5.1 Opvolgstudiebriewe ............................................................................................................................. 9

5.2 Besprekingsklasse/Videokonferensies/Satellietuitsendings .............................................................. 10

5.3 Studiegroepe ...................................................................................................................................... 10

5.4 Departementele Webwerf .................................................................................................................. 10

5.5 Myunisa .............................................................................................................................................. 10

6 STUDIEPLAN SPESIFIEK VIR DIE MODULE ..................................................................... 11

7 PRAKTIESE WERK EN WERKGEÏNTEGREERDE LEER .................................................. 11

8 ASSESSERING ..................................................................................................................... 11

8.1 Assesseringsplan ............................................................................................................................... 11

8.2 Werkopdragte .................................................................................................................................... 12

8.3 Werkopdragnommers ........................................................................................................................ 13

8.4 Indieningsdatums van Werkopdragte ................................................................................................ 13

Page 3: Tut101_2012

AFK1501/101

3

9 EKSAMENS ....................................................................................................................................... 15

10 BYKOMENDE ASSESSERING ............................................................................................ 16

11 GEREELDE VRAE ................................................................................................................ 16

11.1 Administratiewe Vrae ......................................................................................................................... 16

11.2 Groepbesprekingsklasse en videokonferensies ................................................................................ 17

11.4 Vakinhoud .......................................................................................................................................... 18

11.5 Eksamen ............................................................................................................................................ 18

Werkopdrag 1 21 Werkopdrag 2 28

Let op / Take note: Belangrike kennisgewing / Important notice Non-native speakers of Afrikaans should note that this module is not a beginner’s course. This module, Afrikaans Aktueel, is the foundation phase for further study in Afrikaans literary skills. It is taught at native speaker level and not suitable as a module to learn Afrikaans as a second or foreign language.

Page 4: Tut101_2012

4

1 INLEIDING EN VERWELKOMING

Beste Student Hartlik welkom as student in ons departement vir die module Afrikaans Aktueel. Wees verseker van ons entoesiasme en ywer om jou gedurende die hele studieprogram te ondersteun en raad te gee. Ons wil in hierdie inleiding aan belangrike sake aandag gee, naamlik onder andere aan: ● die kursusstruktuur en ons werkwyse ● die voltooiing van werkopdragte ● eksamentoelating en die berekening van jou semesterpunt Bestudeer die inligting hieronder asseblief deeglik voordat jy aan die werk spring. Ons nooi jou hartlik uit om direk met die dosente, die departementele voorsitter of die sekretariaat in verbinding te tree indien jy vrae oor die stelsel, die leerplan, die organisasie van die werkprogram, die inhoud van die module of enige ander aspekte van jou studie wil stel.

1.1 Studiemateriaal

Die studiemateriaal wat jy ná registrasie van die universiteit vir hierdie kursus sal ontvang, bestaan uit die volgende:

• Enigste studiegids vir AFK1501 • Jou leesbundel (Band 1 en band 2) • Studiebrief 101/2012 (wat jy nou hier lees) • ’n Klankdisket (CD) vir studente wat in deel 1 en deel 5 belang stel. • Een of meer opvolgstudiebriewe wat jy in die loop van die semester sal ontvang (kyk

paragraaf 5.1)

NB: Die kursuskode vir Afrikaans Aktueel het in 2011 van AFK101Q na AFK1501 verander. Dit is egter steeds dieselfde kursus. Weens die feit dat daar ‘n groot voorraad van die vorige jaar se studiegidse beskikbaar is, mag dit gebeur dat jy ‘n studiegids en leesbundels ontvang met die ou kursuskode (AFK101Q) daarop. Moet dus nie dink jy het die verkeerde gids ontvang nie, want dit is steeds die relevante studiegids vir hierdie kursus.

Behalwe hierdie studiemateriaal is daar nog voorgeskrewe boeke wat jy vir elke deel moet aankoop, asook ’n aanbevole boek wat jy nie verplig is om aan te koop nie (vgl. paragraaf 4.1 en 4.2 hieronder). Tydens registrasie ontvang studente saam met die beskikbare studiemateriaal ‘n sogenaamde inventarisbrief vir die huidige akademiese semester. Hierdie inventarisbrief lys slegs die items wat ten tye van registrasie by die Departement Versending beskikbaar is. Jy behoort die studie-materiaal wat jy ontvang het, aan die hand van die inventarisbrief te kontroleer. Tensy anders op die inventarisbrief vermeld word (byvoorbeeld "uit voorraad"), behoort jy al die items wat in die brief aangedui word, in jou besit te hê. As daar van die items ontbreek, moet jy asseblief onmiddellik die instruksies op die keersy van die inventarisbrief nakom om die ontbrekende items aan te vra. Gebruik voortaan slegs die telefoonnommer wat in die inventarisbrief aangegee word as jy by die Departement Versending navraag wil doen oor ontbrekende studiemateriaal. Dit geld ook vir studiebriewe wat jy later in die semester behoort te ontvang, byvoorbeeld die opvolgstudiebrief wat jy ná die sluitingsdatum van Werkopdrag 2 behoort te ontvang.

Page 5: Tut101_2012

AFK1501/101

5

’n Vinniger metode om nuwe en bestaande studiemateriaal in die hande te kry, is om op myUnisa te registreer. Op die webwerf van myUnisa kan jy alle studiemateriaal van die internet aflaai vir modules waarvoor jy ingeskryf is.

2 DOEL EN UITKOMSTE VAN DIE MODULE 2.1 Doel

In die module Afrikaans Aktueel bestudeer ons ‘n versameling eietydse tekste wat verskillende genres (soorte tekste) en oeuvres (geheelbeeld van ‘n skrywer se werk) betrek. Wat sentraal staan, is aktuele kwessies en hoe Afrikaanse tekste met hedendaagse problematiek verbind. Jou lees- en interpretasievaardighede word ontwikkel, maar ook ‘n verskeidenheid ander lewensvaardighede:

• toleransie van uiteenlopende denkwyses • die bevraagtekening van stereotipes • insig in die geskiedenis • die behoeftes van die jong kind

2.2 Uitkomste

Meer spesifiek is dit hierdie module se doel om jou te bemagtig om:

• insig te verkry in verskillende letterkundegenres en die manier waarop gedagtes in literêre

tekste binne bepaalde sosiale kontekste uitgedruk word; • met groter selfvertroue toepaslike keuses ten opsigte van literêre vorme te maak; • aktuele kwessies wat in bepaalde literêre vorme uitdrukking kry, soos stereotipering, te

herken en te bevraagteken; • lees- en interpretasievaardighhede te ontwikkel;

3 DOSENT EN KONTAKBESONDERHEDE 3.1 Dosent/kursusleier

Me Lisetta Jacobs (012) 429 6474 E-pos: [email protected] Faks: (012) 429 8094

!

Page 6: Tut101_2012

6

Let wel: Buitenasieners sal soms met die nasien van werkopdragte behulpsaam wees volgens die interne departementele werksverdeling.

3.2 Departement

Departementele sekretaresse (012) 429 6308 Faks: (012) 429 8094 Posadres Departement Afrikaans en Algemene Literatuurwetenskap Posbus 392, UNISA, 0003 Departementele webwerf en myUnisa http://www.unisa.ac.za/dept/afr/ Alternatiewelik kan jy die volgende roete gebruik: Home (http://www.unisa.ac.za) > about unisa > colleges and academic departmens > college of human science > Arts, Education, Languages and Communication > afrikaans and theory of literature > afrikaans

3.3 Universiteit

Navrae oor werkopdragte (prosedure, ontvangs, punte), studenteadministrasie, versending (studiemateriaal), eksamenroosters, eksamennavrae en finansies (studenterekeninge) wat nie via myUnisa opgelos kan word nie, moet asb. gerig word aan die korrekte afdelings soos uiteengesit hieronder: Werkopdragte (navrae) 0861670411 / +27 86 167 0411 Studenteadministrasie 012 429 4149/4136/2304 / Versending (studiemateriaal) 012 429 4104 Biblioteek (012) 429 3515/2976 (navrae oor uitleen) / (012) 429 3257 (vakreferent) Eksamenroosters 012 429 2820 Eksamennavrae 012 429 4122 Finansies (studenterekeninge) 012 429 4299 Internasionaal: +27 11 670 9000 Faks: +27 12 429 4150 E-pos: [email protected]

Page 7: Tut101_2012

AFK1501/101

7

4 HULPBRONNE VIR DIE MODULE 4.1 Voorgeskrewe boeke

Die module bestaan uit vyf opsie-eenhede waarvan jy enige twee kan kies. Werkopdrag 02 handel oor al hierdie dele. Onderwysstudente MOET egter opsie-eenheid / deel 4 (Jeugletterkunde) by hulle keuse insluit.

Die opsie-eenhede is:

Deel 1: Teks en leser: Inleiding in die literêre kommunikasieproses (Dosent: Me. L. Beer)

Deel 2: Eietydse tekste I: Saam in Afrika (Dosent: Dr. E. Lemmer)

Deel 3: Eietydse tekste II: Mans kom van Mars, vroue van Venus (Dosent: Me. L. Jacobs)

Deel 4: Jeugletterkunde (Dosent: prof. J.L. Coetser)

Deel 5: Nederlandse letterkunde vir Suid-Afrika (Dosent: Me. L. Jacobs)

By elke deel van AFK1501 het jy gewoonlik ’n keuse tussen twee voorgeskrewe tekste. Aangesien jy twee uit die vyf dele kies, hoef jy slegs twee voorgeskrewe tekste aan te koop. Die voorgeskrewe boeke by deel 1 (Teks en leser: Inleiding tot die literêre kommunikasiesproses ) is:

Fourie, P. 2001. Naelstring. ‘n band tussen twee teaterstrominge. Pretoria: Protea Boekhuis.

UNISA. 2004. Afrikaans aktueel/today (leesbundel, Band 1 en Band 2 vir AFK 1501). Pretoria.

Saam met jou studiemateriaal ontvang jy ook ‘n klankkasset met opnames van liedjies wat in deel 1 (aktiwiteite) gebruik word, daarop.

Die voorgeskrewe boeke by deel 2 (Eietydse tekste I: Saam in Afrika) is:

Brink, André P. 1988. Die eerste lewe van Adamastor. Kaapstad: Saayman & Weber. ‘n Nuwe herdrukte uitgawe is ook direk verkrygbaar van geakkrediteerde boekhandelaars soos Protea Boekhuis (Pretoria).

OF

Miles, John.1992. Kroniek uit die doofpot. Kaapstad: Human & Rousseau (bestelbaar vanaf amptelike boekhandelaars). Let daarop dat daar vanaf 2006 ‘n nuwe druk van hierdie boeiende teks in die Klassieke Reeks van Nasionale Boekhandel beskikbaar is, maar dat die studiegids nog steeds die bladsynommers van die oorspronklike 1992-weergawe reflekteer.

Die voorgeskrewe boeke by deel 3 (Eietydse tekste II: Mans kom van Mars, vroue van Venus) is: Joubert, Elsa. 2002. Twee vroue. Kaapstad: Tafelberg-Uitgewers Beperk.

OF

Viljoen, Lettie. 1993 of latere uitgawe. Karolina Ferreira. Kaapstad: Human & Rousseau. (Verkrygbaar in Klassieke Reeks: 2003-Uitgawe)

Page 8: Tut101_2012

8

EN

Unisa. 2004. Afrikaans aktueel/today (Leesbundel vir AFK101Q). Pretoria (by jou studiepakket ingesluit)

Die verskeidenheid kort tekste waaroor studente in die werkopdrag vrae moet beantwoord, is almal in die leesbundel vir Afrikaans aktueel/today afgedruk.

Die voorgeskrewe boeke by deel 4 (Jeugletterkunde) is:

Preller, Martie. 1995 of latere uitgawe. ‘n Haas moet doen wat ‘n haas moet doen. Kaapstad: Human & Rousseau.

OF

Van der Vyver, Marita. 2002 of latere uitgawe. Die ongelooflike avonture van Hanna Hoekom. Kaapstad: Tafelberg.

Jy moet een van hierdie twee voorgeskrewe boeke koop. Engelssprekende studente moet dit oorweeg om ‘n Haas moet doen wat ‘n haas moet doen as voorgeskrewe boek te kies.

EN

Roos, H.M.; Coetser, J.L.; Lemmer, E. & Beer, L. (samestellers) 2004. Afrikaans aktueel: letterkunde leesbundel, band 2. Pretoria: Universiteit van Suid-Afrika.

Die voorgeskrewe boeke vir deel 5 (Nederlandse letterkunde vir Suid-Afrika) is:

Haasse, Hella. 1987. Oeroeg. Met inleiding en woordverklaringe deur prof. Tony Links en Wium van Zyl. Pretoria en Kaapstad: Academica. (Koop slegs hierdie teks aan as jy besluit om die keusevraag oor hierdie roman te beantwoord. Jy is welkom om ook nuwer weergawes van die roman te gebruik.)

Marais, Johann Lodewyk & Zuiderent, Ad (samestellers) 1997. Ons klein en silwerige planeet. Afrikaanse, Nederlandse en Vlaamse gedigte oor die omgewing. Pretoria: J.L. van Schaik Akademies. (Al die gedigte uit dié boek wat vir hierdie werkopdrag relevant is, word hieronder afgedruk. Dit is dus nie noodsaaklik dat jy hierdie boek aankoop nie.)

Unisa. 2004. Afrikaans aktueel/today (Leesbundel vir AFK101Q). Pretoria.

Saam met jou studiemateriaal ontvang jy ’n klankdisket met voorlesings van gedigte en gedeeltes uit die voorgeskrewe prosaverhale. Jy kan Ons klein en silwerige planeet en Oeroeg van Pretoria Boekhuis in Pretoria bestel. Die telefoonnommer is: (012) 362 3444. Neem asseblief kennis dat die Suid-Afrikaanse uitgawe van Oeroeg uit druk is. Indien jy nie die Suid-Afrikaanse uitgawe in die biblioteek kan vind nie, kan jy wel die Nederlandse uitgawe deur Protea bestel. Oeroeg is ook beskikbaar by die Nederlandse internetboekwinkel, bol.com: http://www.nl.bol.com/is-bin/INTERSHOP.enfinity/eCS/Store. Opmerkings oor die aankoop van voorgeskrewe boeke: • Moenie boeke aankoop voordat jy werkopdrag 02 goed deurgelees het nie en besluit het watter

twee dele jy gaan kies nie. • Onthou dat boekpryse nie vasgestel is nie en sonder kennisgewing mag styg. Kontak die

boekhandelaar om die heersende pryse te bevestig. • Raadpleeg asseblief die lys amptelike boekhandelaars en hulle adresse in My studies @ Unisa.

Indien jy sukkel om die boeke by hierdie boekhandelaars te kry, kontak asseblief die Afdeling Voorgeskrewe Boeke gou moontlik by telefoonnommer (012) 429 4152 of e-posadres [email protected].

Page 9: Tut101_2012

AFK1501/101

9

• Boeke kan by enige boekhandelaar bestel word. Protea Boekhuis in Pretoria is ‘n betroubare bron van Unisa-boeke. Kontakbesonderhede: Burnettstraat 1067, Hatfield, Pretoria. Telefoon: (012) 362 3444 Faks: (012) 362 5688/3 ‘n Ander moontlikheid is On the Dot: [email protected], tel. 0861 668 368. Onthou ook dat die internetboekwinkels (www.kalahari.net, loot.co.za, amazon.com en andere) boeke soms teen baie redelike pryse aanbied, en vinnig kan aflewer. • As jy vroeg spring, kan jy van die voorgeskrewe boeke in biblioteke (onder andere Unisa s’n)

opspoor.

4.2 Aanbevole boeke Daar is slegs een aanbevole boek vir deel 4, getiteld Van Patrys-hulle tot Hanna Hoekom (Wybenga, G). Studente hoef hierdie boek nie aan te koop nie.

4.3 Elektroniese Reserwes (E-Reserwes)

Daar is tans geen elektroniese reserwes beskikbaar vir hierdie module nie.

5 STUDENTEHULPDIENSTE VIR DIE MODULE

Belangrike inligting hieroor verskyn in die brosjure myStudies@Unisa. Die volgende studentehulpdienste word deur UNISA en/of die Departement Afrikaans en Algemene Literatuurwetenskap vir die module AFK1501 aangebied:

5.1 Opvolgstudiebriewe Dosente gee in die loop van die semester uitvoerig terugvoer op elke individuele werkstuk. Volledige terugvoer en eksamentoeligting word in die opvolgstudiebrief, studiebrief 201, gegee. Die opvolgstudiebrief is uiters belangrik: maak seker jy het dit ontvang. Neem kennis dat opvolgstudiebriewe net aan geregistreerde studente versend word.

Jy kan verwag om die volgende studiebriewe deur die loop van die jaar te ontvang: • Studiebrief 301: algemene inligting wat aan elke student gestuur word • Studiebrief 201: kommentaar op werkopdrag 01 en werkopdrag 02, terugvoer oor

besprekingsklasse, antwoorde op die Aktiwiteite in die studiegids en eksamentoeligting • Studiebrief AFNALLR: datums en lokaalbesonderhede vir besprekings-/videokonferensieklasse

Skakel asseblief betyds met die Departement Versending indien jy vermoed dat ‘n studiebrief jou nie bereik het nie. Onthou ook dat jy as geregistreerde student enige studiebrief van myUnisa kan aflaai sodra dit beskikbaar is; op dié manier kan jy posvertragings systap.

Page 10: Tut101_2012

10

5.2 Besprekingsklasse/Videokonferensies/Satellietuitsendings Ons beoog om elke semester besprekingsklasse in Pretoria en videokonferensieklasse in Kaapstad aan te bied waartydens ons sistematies deur die werk sal gaan. ‘n Baie praktiese benadering tot die werk sal gevolg word waar jy die geleentheid sal kry om deur middel van oefeninge die leerstof op Afrikaanse tekste toe te pas. Besonderhede sal in studiebrief AFNALLR, asook op ons departementele webbladsy verskaf word. Daar mag dalk in 2012 ook van satellietverbinding gebruik gemaak word om lesings of besprekings te lewer. In daardie geval sal ingeskrewe studente in kennis gestel word om op `n bepaalde datum en tyd na die naaste Unisa-streekskantoor te gaan. Satellietverbinding maak dit vir studente moontlik om met die betrokke dosent in die ateljee via telefoonoproep of per sms te kommunikeer. ‘n Bykomende voordeel is dat studente in verskeie dele van die land hierby kan inskakel en nie slegs dié in Pretoria en Kaapstad nie.

5.3 Studiegroepe ‘n Groot aantal studente vind dit nuttig om aan te sluit by ‘n studiegroep wat bestaan uit studente wat vir dieselfde module(s) geregistreer is. Indien jy wil uitvind of daar ander studente in jou omgewing is wat ook vir hierdie module ingeskryf is, kan jy die Departement Studente-administrasie skakel. Jy kan ook medestudente op die besprekingsforum op myUnisa uitnooi om by jou studiegroep aan te sluit. Let egter daarop dat studente slegs toegelaat word om hul eie, oorspronklike werk in te dien vir werkopdragte. Geen identiese groepwerk word aanvaar nie. ’n Vereiste vir die indien van Werkopdrag 02 is ‘n getekende plagiaatverklaring en die invul van ’n kontrolelys om te bevestig dat die opdrag jou eie werk is.

5.4 Departementele Webwerf Die bronadres (URL) vir ons department se webtuiste is: http://www.unisa.ac.za/Default.asp?Cmd=ViewContent&ContentID=22473 Alternatiewelik kan jy die volgende roete gebruik: Home (http://www.unisa.ac.za) > about unisa > colleges and academic departmens > college of human science > Arts, Education, Languages and Communication > afrikaans and theory of literature > afrikaans

5.5 myUnisa myUnisa is ontwerp om kommunikasie tussen dosente en studente te verbeter. Hiermee kan jy toegang tot administratiewe inligting soos akademiese en werkopdragrekords, eksamenuitslae en -datums asook finansiële rekords kry. Akademiese inligting behels studiemateriaal, vakverwante akademiese leiding, besprekingsgroepe, aanbevole boeke en dies meer. Studente word toegelaat om hulle werkopdragte en voltooide merkleesblaaie per pos of elektronies via myUnisa te stuur (sien par. 8.3.2). Die meeste van die departement se studiegidse en studiebriewe is op myUnisa beskikbaar in pdf-formaat. Dit beteken jy kan jou studiemateriaal hier aflaai en uitdruk. Slegs studente wat in die Departement Afrikaans en Algemene Literatuurwetenskap geregistreer is, het toegang tot hierdie fasiliteit. Jy moet eers op myUnisa registreer ten einde toegang tot die studiegidse en studiebriewe van die modules waarvoor jy geregistreer het, te kry. Die besprekingsforum (“Discussion Forum”) op myUnisa is ’n belangrike hulpdiens. Daar bespreek studente die probleme wat hulle met die module ondervind, met mekaar. Die dosente neem ook deel aan die besprekingsforum.

Page 11: Tut101_2012

AFK1501/101

11

6 STUDIEPLAN SPESIFIEK VIR DIE MODULE

Gebruik gerus die inligting in die brosjure myStudies@Unisa vir algemene tydsbestuur en beplanning. Die tabel wat volg, kan as riglyn vir jou werksbeplanning vir AFK1501 dien. Die skedule berus op sperdatums vir werkopdragte soos deur Unisa vasgestel, die beskikbare registrasiedatums, asook die beskikbaarheid van al jou studiemateriaal op myUnisa sodra jy vir die module geregistreer is. Ons laat 7-10 werksdae toe vir die konvensionele indiening van ‘n werkopdrag (deur die pos). As jy egter jou werkopdrag deur myUnisa indien, kan jy dit nog nader aan die sperdatum doen. Dit sal jou bykomende studietyd gee. Taak Datum/tydperk

Semester 1 Datum/tydperk Semester 2

Merk indien voltooi

Lees deur gids om meer-keusevrae vir Werkopdrag 1 te kan beantwoord

Inskrywing – 1 Maart Inskrywing – 8 Aug

Voltooi Werkopdrag 1 1-2 Maart 10-13 Augustus Stuur Werkopdrag 1 in Gewone pos: 3-5 Maart

Elektronies: 10-12 Maart Gewone pos: 11-13 Aug Elektronies: 13-15 Aug

Werk deur studiegids en voltooi aktiwiteite0

3 Maart – 25 Maart 8 Aug – 31 Augustus

Voltooi Werkopdrag 2 26 Maart – 27 Maart 31 Aug – 10 September Stuur Werkopdrag 2 in Gewone pos: 28 Maart –

1 April Elektronies: 1-2 April

Gewone pos: 10-12 Sept Elektronies: 11-13 Sept

Begin hersiening en eksamenvoorbereiding met behulp van opvolg-studiebrief

Vanaf 2 April tot eksamendatum

Vanaf 13 September tot eksamendatum

7 PRAKTIESE WERK EN WERKGEÏNTEGREERDE LEER

Geen. 8 ASSESSERING 8.1 Assesseringsplan

Die assesseringsproses in hierdie kursus reflekteer Unisa se assesseringsbeleid, wat beskikbaar is op die Unisa-webblad. Assessering in hierdie kursus is ‘n deurlopende proses en behels formatiewe en summatiewe assessering. Formatiewe assessering bestaan uit twee werkopdragte wat in totaal 25% tot die finale punt bydra. • By elke werkopdrag word toeligting gegee oor hoe die werkopdrag aangepak moet word. • Na die werkopdragte volg ‘n studiebrief waarin die assesseringskriteria uiteengesit word. • Besprekingsklasse en videokonferensies word aangebied.

Summatiewe assessering behels die aflê van ‘n eindeksamen (’n vraestel van twee uur) wat 75% van jou finale punt uitmaak. Indien jy nie ‘n slaagpunt behaal nie, kan jy vir ‘n hereksamen kwalifiseer – sien paragraaf 9.3 in hierdie studiebrief.

Page 12: Tut101_2012

12

8.2 Werkopdragte 8.2.1 Algemeen

Ons stel twee werkopdragte vir hierdie module. Die werkopdragte is opgeneem agter in hierdie studiebrief. Werkopdrag 01 is verpligtend om eksamentoelating te kry, en jy moet dit dus voor of op die sluitingsdatum instuur. As jy nie Werkopdrag 2 inlewer nie, sal jy steeds toegelaat kan word tot die eksamen, maar ons wil jou sterk aanraai om albei werkopdragte in te lewer, omdat jy slegs deur middel van werkopdragte jou semesterpunt vir hierdie module kan verdien. Die semesterpunt word in aanmerking geneem vir jou finale punt, en as jy Werkopdrag 2 nie inlewer nie, verloor jy outomaties 20% van die moontlike punt wat jy in hierdie module kan behaal. Ons maak van twee soorte werkopdragte gebruik: • Werkopdrag 01 is ‘n verpligte meerkeusevraag-werkopdrag. Dit bevat 20 meerkeusevrae wat op

‘n merkleesblad ingevul moet word.

• Werkopdrag 02 bevat langer tipe vrae en skryfwerk. Jy moet dit instuur of via myUnisa oplaai sodat die betrokke dosent dit kan nasien.

Ons verskaf sluitingsdatums vir alle werkopdragte (vergelyk die tabel in paragraaf 8.4). Ná verstryking van die sluitingsdatum vir Werkopdrag 2 sal ons ‘n opvolgstudiebrief met kommentaar en modelantwoorde uitstuur, sodat jy jou eie werkopdragte aan die hand van ons studiebrief kan nagaan.

Jare se ervaring het ons geleer dat die voltooiing van gestelde werkopdragte die beste manier is om ‘n student deur die werk te begelei en vir die eksamen voor te berei. In die studiemateriaal sal jy reeds talle groter en kleiner opdragte vind om jou te help om die leerstof te bemeester. Soos jy gou sal agterkom, is die leerstof van so ‘n aard dat jy in werklikheid deurlopend die selfdoendele en aktiwiteite binne die studie-eenhede van die studiegids moet uitvoer. In hierdie module lê die klem op toegepaste kennis: jy moet daartoe in staat wees om teoretiese kennis op literêre tekste toe te pas.

8.2.2 Plagiaat en verklaring van eie werk by werkopdragte

Plagiaat impliseer dat woorde, idees en gedagtes van ander outeurs geneem word en dan aangebied word asof dit ‘n mens se eie is. Dit kan ook impliseer dat die werk van ‘n ander student afgeskryf word, of dat dele uit handboeke of die internet sonder erkenning aan die oorspronklike outeur neergeskryf word. Dit sluit die inhoud van jou studiegids in! By registrasie word The Disciplinary Code for Students (2004) aan alle studente verskaf en jy word aangeraai om hierdie dokument deeglik te bestudeer, veral afdeling 2.1.3 en 2.1.4 (2004:3-4). Bestudeer ook die universiteit se Policy on Copyright Infringement and Plagiarism baie goed, omdat plagiaat ‘n baie ernstige akademiese oortreding met ingrypende gevolge vir oortreders inhou.

By werkopdrag 02 druk ons ‘n vorm af met ‘n verklaring waarin jy moet bevestig dat die werkopdrag slegs jou eie werk bevat. Hierdie verklaring moet by die werkopdrag aangeheg word as jy dit instuur. Jou werkopdrag sal nie aanvaar word indien die verklaring nie volledig voltooi is nie. As jy die werkopdrag deur die internet deur myUnisa indien, moet die blad ook elektronies by die opdrag ingesluit word en moet jou volle name verskyn waar die handtekening gevra is. Die vorm is ook op myUnisa beskikbaar. NB! Moet asseblief nie die vorm apart instuur nie.

Hierdie module berus in groot mate op teoretiese kennis wat op literêre tekste toegepas word. Die kwessie van plagiaat is dus baie relevant. Wat belangrik is, is om die skryfopdragte in Werkopdrag

Page 13: Tut101_2012

AFK1501/101

13

2 in jou eie woorde te formuleer/skryf. Dit gaan veral oor jou vermoë om self jou gedagtes in Afrikaans te formuleer. Brokkies inligting wat van die internet afgelaai is, dien nie daardie doel nie en ons sal nie punte daarvoor toeken nie, al vermeld jy ook die bron.

8.3 Werkopdragnommers 8.3.1 Algemene werkopdragnommers

Werkopdragte word opeenvolgend per module genommer, beginnende by 01. Onthou asseblief om aan die werkopdragte dieselfde nommer toe te ken as wat ons in hierdie studiebrief daaraan gee. Al is Werkopdrag 02 byvoorbeeld die eerste werkopdrag wat jy instuur, moet jy dit 02 nommer en nie 01 nie.

8.3.2 Unieke werkopdragnommers

Alle werkopdragte het ’n bykomende nommer, die sogenaamde unieke nommer, wat op elke werkopdrag vermeld moet word.

Vir 2012 is hierdie unieke nommers soos volg:

Semester 1 671437 vir Werkopdrag 1, Semester 1 658065 vir Werkopdrag 2, Semester 1 Semester 2 867246 vir Werkopdrag 1, Semester 2 888862 vir Werkopdrag 2, Semester 2

HIERDIE UNIEKE WERKOPDRAGNOMMERS MOET JY OOK OP DIE MERKLEESBLAD INVUL, NET REGS VAN JOU STUDENTENOMMER.

8.4 Indieningsdatums van Werkopdragte

Werkopdrag

Semester 1 Sluitingsdatum

Semester 2Sluitingsdatum

Werkopdrag 01 12 Maart 2012

15 Augustus 2012

Werkopdrag 02 02 April 2012

13 September 2012

8.5 Prosedure vir Indiening van Werkopdragte

Let daarop dat werkopdragte aan die Werkopdragteafdeling gestuur moet word. Die werkopdrag-koeverte is reeds so geadresseer. Dit veroorsaak baie administratiewe probleme en lang vertragings as ‘n opdrag direk aan die dosent of departement gestuur word. Vir meer inligting kan jy die brosjure myStudies@Unisa raadpleeg. Hou rekening met die tyd wat dit die posdiens neem om die werkopdrag hier te besorg. Opdragte moet nie op die sluitingsdatum gepos word nie, maar moet reeds op die sluitingsdatum by Unisa wees.

Page 14: Tut101_2012

14

8.5.1 Instruksies vir die formaat van ’n werkopdrag Indien jy jou werkopdragte met die hand skryf, moet jy so netjies en leesbaar moontlik probeer skryf. Laat asb. die kolom aan die regterkant van die bladsy oop vir die dosent se kommentaar en puntetelling. Indien jy ’n rekenaar se woordverwerkingsprogram gebruik, moet jy die volgende vormvereistes nakom: ● Gebruik asseblief dubbelspasiëring sodat daar (letterlik) genoeg ruimte vir ons gelaat word om

korreksies aan te bring en kommentaar te skryf. ● Laat ook steeds ‘n regterkantlyn van minstens 5 cm oop vir kommentaar en puntetoekenning. ● Gebruik ‘n leesbare lettertipe (Arial of Times New Roman) met ‘n grootte van minstens 12

punte. Onthou om jou tikwerk te proeflees voordat jy die werkopdrag indien; ongelukkig word ’n tikfout deur ons as ‘n taalfout beskou en verbeur jy onnodig punte. Baie studente sukkel met die weergawe van skryftekens op die rekenaar. As jy ‘n aksentteken, kappie of deelteken weglaat, gaan dit as ‘n spelfout deur. In MSWord kan jy na Insert, Symbol gaan; dan verskyn daar ‘n tabel waarin die letters met die betrokke skryfteken gekies kan word. Alternatiewelik kan jy kortsleutels gebruik:

Alt 136: ê Alt 147: ô Alt 137: ë Alt 148: ö Alt 139: ï

LET WEL: As jy jou werk in MSWord produseer, is dit baie belangrik dat jy die outomatiese spellingkontrole in UK of US English afskakel as jy in Afrikaans skryf. Doen dit soos volg (MSWord 2007/2010): • Gaan na die Review-blokkie op die lintspyskaart boaan jou skerm en kliek daarop • Kliek op die linkerkantste opsie Spelling & Grammar • Kliek op die blokkie Options ... links onder in die dialoograampie • Verwyder die regmerkie langs die opsie Check spelling as you type • Kliek op OK en dan op Cancel As jy dit nie doen nie, gaan Word jou Afrikaanse dokument ruïneer. Jy gaan outomatiese “regstellings” soos die volgende ongemerk in jou dokument laat insluip: sodat hy word soda thy hul lewe word hull ewe probleem word problem persoon word person middel word middle

Noukeurige taalversorging is nie van kernbelang in hierdie kursus nie, en punte word nie vir taal-en spelfoute afgetrek nie. Let wel op jou formulering. Ons moet steeds kan verstaan wat die bedoeling van jou skryfwerk is.

By sekere vrae stel ons ‘n lengtebeperking. Moet asseblief nie die gegewe perk oorskry nie.

Page 15: Tut101_2012

AFK1501/101

15

8.5.2 Indiening deur myUnisa

Ons beveel aan dat jy waar moontlik jou werkopdragte deur die internet indien. Dit bespaar posgeld en verhoed dat jou werkopdrag verlore gaan. Jy gaan soos volg te werk:

Elektroniese indiening van werkopdragte Vir verdere besonderhede en inligting oor die vereistes vir werkopdragte, word jy verwys na myStudies@Unisa (wat jy saam met jou studiemateriaal ontvang het). Om ‘n werkopdrag via myUnisa te stuur: • Gaan na http://www.unisa.ac.za en klik op myUnisa. • Teken aan met jou studentenommer en wagwoord. • Kies ‘n module op die oranje balkie. • Kliek op “assignments” in die linkerkantste kieslys. • Kliek op die betrokke werkopdragnommer wat jy wil versend. • Volg die instruksies op die skerm.

8.5.3 Aansoek om uitstel vir ’n werkopdrag

In uitsonderlike gevalle kan ons uitstel vir die inlewering van Werkopdrag 2 oorweeg. Alle aansoeke om uitstel moet voor of op die sluitingsdatum van die betrokke werkopdrag gedoen word. Weens die lang vertragings met aansoeke wat per brief geskied, verkies ons dat jy telefonies, per faks of per e-pos aansoek om uitstel doen. Moenie op ‘n skriftelike antwoord van die departement wag nie, maar gaan onmiddellik voort met die werkopdrag en dien dit so gou moontlik in. Dui op die omslag of eerste bladsy aan by wie jy uitstel gekry het en op watter datum.

9 EKSAMENS 9.1 Toelating tot die eksamen

Om in hierdie module tot die eksamen toegelaat te word, moet jy werkopdrag 01 voor of op die vas-gestelde datum inlewer. Indien hierdie werkopdrag nie betyds ingelewer is nie, sal jy nie eksamentoelating kry nie.

9.2 Semesterpunt

Die voordeel wat die instuur van werkopdragte vir jou inhou, is dat jy ‘n semesterpunt kan verdien wat saam met jou eksamenpunt getel gaan word om jou finale punt vir die module te bereken. Die semesterpunt tel 25% van die finale punt en word soos volg bereken uit die persentasiepunte wat jy vir elke werkopdrag verdien het:

Werkopdrag 01: maksimum 5 persentasiepunte Werkopdrag 02: maksimum 20 persentasiepunte

As iemand byvoorbeeld werkopdrag 01 ingestuur het en 80% (16 uit 20) daarin behaal, asook werkopdrag 02 met 65% (65 uit 100), sal die persoon se semesterpunt soos volg bereken word: 4 persentasiepunte vir werkopdrag 01 en 13 vir werkopdrag 02. Dit beteken dat jy 17 uit 25 gekry het as ‘n semesterpunt. Jou eksamenpunt uit 100 word nou herbereken om uit 75 te tel. As iemand

Page 16: Tut101_2012

16

44% behaal het in die eksamen, sal die eksamenpunt herbereken word as 33 uit 75. Die 33 en die 17 word by mekaar getel en die finale punt is ‘n slaagpunt van 50%. Sou iemand egter nie Werkopdrag 2 ingestuur het en of ‘n baie swak punt in die opdrag behaal het, dan kan sy swak semesterpunt hom kelder, al het hy ‘n slaagpunt in die eksamen behaal. As jy bv. 2 uit 5 vir Werkopdrag 1 gekry het en glad nie Werkopdrag 2 ingestuur het nie, dan gaan jou jaarpunt 2 uit 25 wees. As jy dan 60% kry in die eksamen (= 45 uit 75), dan is jou finale punt dus 47 uit 100, wat ‘n druippunt verteenwoordig. Dit sal dus baie onverstandig wees om nie moeite te doen om te poog om ‘n goeie punt te behaal in die werkopdragte nie. ‘n Tabel maak hierdie punt dalk nog duideliker:

Werkopdrag 1

Werkopdrag 2

Jaarpunt uit 25

Eksamenpunt Eksamenpunt bereken uit 75

Finale punt

Student A 16/20 = 4/5

65/100 = 13/20

17 44/100 33 17 + 33 = 50 % (slaag)

Student B 8/20 = 2/5

nie ingelewer: 0/20

2 60/100 45 2 + 45 = 47% (druip)

9.3 Hereksamen

Die eksamen word geskryf in die semester waarvoor jy geregistreer het: as jy dus vir Semester 1 ingeskryf is, moet jy die eksamen in Mei/Junie 2012 aflê; as jy vir Semester 2 inskryf, moet jy die eksamen in Oktober/November 2012 aflê. Studente lê ‘n moontlike hereksamen in die daarop-volgende semester af, met ander woorde, as ‘n student in die Mei/Junie eksamen druip, mag hy/sy in Oktober/November die hereksamen skryf.

Een vraestel van 2 ure lank word afgelê en die subminimum wat vir die hereksamenvraestel geld, is ook 40%.

10 BYKOMENDE ASSESSERING

Geen. 11 GEREELDE VRAE

11.1 Administratiewe Vrae

11.1.1 Waar kry ek belangrike telefoonnommers as ek navrae oor byvoorbeeld administrasie,

studiemateriaal of die eksamenrooster het?

Belangrike telefoonnommers word in Studiebrief 101 voorsien. Jy kan ook die brosjure Unisa: Dienste en prosedures of die universiteit se webwerf raadpleeg.

11.1.2 Kan ek erkenning kry vir kursusse in Afrikaans wat ek by ‘n ander instelling geslaag het?

In sekere gevalle is dit moontlik, mits die module-inhoud en -vlak grootliks ooreenstem.Jy kan in

hierdie verband die Departement Studentesake kontak. Daar is ’n keuringsproses in plek en hulle sal jou adviseer hoe jy te werk moet gaan om aansoek te doen.

Page 17: Tut101_2012

AFK1501/101

17

11.2 Groepbesprekingsklasse en videokonferensies 11.2.1 Hoeveel groepbesprekingsklasse en videokonferensies is daar vir hierdie kursus?

Daar is 1 groepbesprekingsklas en 2 videokonferensies per semester. Die datums word in ’n studiebrief en op die departementele webwerf gegee.

11.2.2 Word al die bespreekte inhoud van die groepbesprekingsklasse en die videokonferensies na die tyd skriftelik aan studente voorsien?

Nee, slegs ‘n kort samevatting word in ‘n opvolgstudiebrief gegee. Groepbesprekingsklasse en videokonferensies word interaktief aangebied en dit is die ideale geleentheid vir studente om hul dosente te ontmoet en vakverwante vrae te vra. Dit is dus baie belangrik om bogenoemde geleenthede by te woon indien dit enigsins vir jou moontlik is.

11.2.3 Is bywoning van ‘n groepbesprekingsklas of ‘n videokonferensie verpligtend?

Nee. Dit is slegs een van verskeie ondersteuningsmeganismes.

11.2.4 Wat gebeur as dit nie vir my moontlik is om die groepbesprekingsklas of die videokonferensie by te woon nie? Tel dit teen my?

Indien dit vir jou onmoontlik is om bogenoemde by te woon, moet jy in gedagte hou dat hierdie

geleenthede nie verpligtend van aard is nie, maar eerder as ‘n byeenkoms vir addisionele ondersteuning vir studente gesien moet word. Ons beklemtoon egter steeds die voordele wat bywoning wel inhou, byvoorbeeld die netwerkgeleentheid om studente te ontmoet wat vir dieselfde kursus ingeskryf is. Bywoning of nie daarvan tel nie op enige manier in jou guns of teen jou wat betref die punte wat jy behaal nie.

11.3 Voorgeskrewe en Aanbevole Boeke 11.3.1 Wat is die titel van die voorgeskrewe boek?

Die titels van die voorgeskrewe tekste is uitvoerig onder 4.1 bespreek. Gaan bestudeer 4.1 asseblief weer baie deeglik. Onthou: jy kies twee uit die vyf afdelings in die studiegids en jy hoef slegs die boeke aan te koop vir die twee afdelings wat jy gekies het. En by elk van daardie afdelings het jy ook nog ’n keuse tussen voorgeskrewe boeke. Jy behoort dus maksimum twee voorgeskrewe werke vir die AFK1501-module aan te koop.

11.3.2 Wat is die titel van die aanbevole boek?

Die titel van die aanbevole boek is onder 4.2 vermeld. Bestudeer 4.2 weer noukeurig.

11.3.3 Hoe noodsaaklik is dit om die aanbevole boek aan te koop?

Die aanbevole boek vir AFK1501 is slegs ‘n naslaanbron. Die vakinhoud vir hierdie kursus is vervat in die studiegids, die leesbundel (Band 1 en Band 2) en die aangeduide dele van die voorgeskrewe boeke. Jy kan die aanbevole boek by Unisa-biblioteek aanvra. Die prosedure is in 4.2 vir jou uiteengesit. Gaan lees dit asseblief.

Page 18: Tut101_2012

18

11.4 Vakinhoud 11.4.1 Hoe pak ek hierdie kursus aan?

Dit is baie belangrik om heel eerste studiebrief 101 te lees. Hierin kry jy inligting oor alle aspekte rakende hierdie module, byvoorbeeld werkopdragte, die eksamen en administratiewe sake.

11.4.2 Watter deel van die werk is die belangrikste?

Al die afdelings in die studiegids is ewe belangrik en word eweredig geassesseer in die eksamen.

11.4.3 Hoeveel werkopdragte is daar vir hierdie kursus?

Twee

11.4.4 Is die werkopdragte verpligtend?

Sonder indiening van Werkopdrag 1 kry jy nie toelating tot die eksamen nie. As jy nie Werkopdrag

2 instuur nie, kan jy eksamen skryf, maar jy verloor 20% van jou moontlike punt in hierdie module, en dit kan beteken dat jy kan druip, selfs al behaal jy ’n slaagpunt in die eksamen. Die voordeel wat die instuur van werkopdragte inhou, is dat jy ‘n jaarpunt kan verdien wat 25% van jou finale punt uitmaak. Die belang van die indien van werkopdragte en die opbou van ‘n goeie jaarpunt kan nie genoeg beklemtoon word nie. As jy versuim om Werkopdrag 2 in te lewer, sal jou finale punt moontlik te swak wees om die vak te slaag. Beide werkopdragte help jou ook om deur die studiemateriaal te vorder en berei jou voor op die eksamen. Vir ’n module wat gerig is op praktiese toepassing van die leerstof, is oefening die beste voorbereiding.

11.5 Eksamen 11.5.1 Mag ek boeke inneem by die eksamenlokaal? Geen boeke word vir hierdie kursus in die eksamenlokaal toegelaat nie. 11.5.2 Hoeveel tel die jaarpunt?

Die jaarpunt tel 25% van jou finale punt vir die module.

Werkopdrag 01: maksimaal 5 persentasiepunte Werkopdrag 02: maksimaal 20 persentasiepunte 11.5.3 Is daar ‘n subminimum wat ek moet kry vir die eksamen om die module te slaag?

Ja, die subminimum is 40% wat jy vir die beantwoording van jou eksamenvraestel moet behaal.

11.5.4 Afrikaans is nie my moedertaal nie. Mag ek die werkopdragte en die eksamenvraestel in

Engels beantwoord? AFK1051 is ‘n module wat gemik is op die uitbreiding van studente se literêre vaardigheid in

Afrikaans. Die werkopdragte en vraestel, met die uitsondering van Deel 4 (Jeugletterkunde), word dus in Afrikaans beantwoord, want dit is die vaardigheid wat bemeester moet word. Studente wat Deel 4 (Jeugletterkunde) as ’n opsie kies, mag werkopdrag- en eksamenvrae in Engels beantwoord. Daar word slegs in geringe mate op inhoudelike vrae in die werk gekonsentreer; alles draai om die bevraagtekening en formulering van aktuele temas in die literatuur.

Page 19: Tut101_2012

AFK1501/101

19

11.5.5 Hoe lank duur die eksamen?

Die toegekende tyd vir die eksamen is 2 uur. Die tydsduur van eksamens word deur die universiteitsenaat bepaal en mag nie gewysig word nie.

11.5.6 Kan ek slaag as ek nie ‘n subminimum van 40% vir die eksamenvraestel kry nie, maar my

jaarpunt is baie hoog?

Nee. Raadpleeg par. 9.2 hierbo vir ‘n omvattende verduideliking in hierdie verband.

Page 20: Tut101_2012

20

SEMESTER 01, WERKOPDRAG 01 Meerkeusevrae

Unieke nommer 671437 Sluitingsdatum 12 Maart 2012

SEMESTER 02, WERKOPDRAG 01 Meerkeusevrae

Unieke nommer 867246 Sluitingsdatum 15 Augustus 2012 Dosent Me. Lisetta Jacobs (012) 429 6474 Navrae (012) 429 6308 (Sekretaresse) Werksafbakening Die werkopdrag is gebaseer op die studie-eenhede in die studiegids. Gebruik gerus die saakregister agter in die gids om die betrokke afdeling op te spoor.

Indien jy jou werkopdrag (die ingevulde Merkleesblad) instuur per pos of dit in ‘n werkopdragtehouer by ‘n Unisa-streekskantoor aflewer, MOET DIT DIREK AAN DIE WERKOPDRAGTEAFDELING GEADRES-SEER WORD. Die koeverte wat jy by registrasie ontvang het, is reeds so geadresseer. Moet asseblief nie die werkopdrag aan die Departement Afrikaans of direk aan die dosent stuur nie. Dit is makliker en veiliger om die opdrag via myUnisa op te laai as jy toegang het tot die internet. BELANGRIK! • Jy moet die vyftig (50) vrae beantwoord op die Werkopdrag Merkleesblad wat deel van jou

studiemateriaal vorm. • Die Merkleesblad (Assessment Mark Reading Sheet) bestaan uit Deel 1 (Persoonlike gegewens) en

Deel 2 (Antwoorde). • Vul jou naam, van en adres by Deel 1 in. • Vul ook jou studentenommer, die unieke werkopdragnommer, die studie-eenheid (AFK1501), en die

werkopdragnommer (01) by Deel 1 in. • Volg dan die instruksies vir die invul van die antwoorde (onder “Belangrik/Important” op die

Merkleesblad). • Jy moet slegs EEN antwoord kies uit vier moontlike antwoorde by elke vraag.

Page 21: Tut101_2012

AFK1501/101

21

• Dui jou antwoord op die Merkleesblad aan deur met ‘n HB-potlood ‘n horisontale strepie deur die

korrekte antwoordnommer te trek. • Moenie die Merkleesblad vou nie. • Gebruik slegs een van die werkopdragkoeverte wat as deel van jou studiepakket voorsien is, om die

Merkleesblad te versend. • Indien jy die opdrag via myUnisa indien, moet jy die toepaslike instruksies op die webwerf volg.

WERKOPDRAG 1: MEERKEUSEVRAE Alle antwoorde kan in die studiegids, deel 1-5, gevind word. All answers can be found in the Study Guide, sections 1-5. 1. Voltooi: “Genre means ……… or class of literature” (Peck & Coyle):

[1] a type [2] a general ideology or power structure in a text [3] show business

2. “Art has deep and difficult eyes and for many the gaze is too insistent” is ‘n uitspraak deur die volgende skrywer:

[1] William Blake [2] Jeanette Winterson [3] Linda Hall

3. “Ontheemding” is ‘n trefwoord vir studie-eenheid 3 van deel 1 en dit beteken:

[1] ontworteling uit plek/toestand van veiligheid [2] veiligheid binne die konteks van bedreigings [3] spesifiek kinderlyding in oorlogstye

4. Die naam van die karakter Thandiwe se plakkerskamp is:

[1] Tatamkhulu [2] Khayalethu Camp [3] Lindani Apha

5. Die term “gebeure” in die prosa is die element wat inligting verskaf oor die volgende bousteen:

[1] vertellersrol [2] plot of intrige [3] leimotief

6. Die alwetende verteller word ook genoem

[1] ouktoriële verteller [2] interne verteller [3] eerstepersoonsverteller

Page 22: Tut101_2012

22

7. Ingrid Jonker was volgens die studiegids ‘n “kultusfiguur”. Dit beteken:

[1] Sy is beskou as ‘n bose (“evil”) persoon [2] Sy is beskou as ‘n figuur wat op godsdienstige wyse vereer is deur massas mense [3] Sy is beskou as die enigste werklike vroulike digter in Afrikaans

8. Voltooi:

“Poetry means the best words in the best ……”

[1] fashion [2] language [3] order

9. Volgens Grové is ironie

[1] die spraakgebruik waarin op spottende wyse die teendeel gesê word van wat bedoel word [2] ‘n uitspraak wat op eerste gesig teenstrydig voorkom, maar by nadere beskouing ‘n dieperliggende

waarheid/insig beklemtoon [3] ‘n voorwerp wat iets anders verteenwoordig

10. Die term “motoriese moment” in die drama verwys na

[1] die spanning of konflik wat ‘n klimaks bereik [2] ‘n verhoging in die spanning of konflik in die drama [3] die oomblik wanneer die dramatiese konflik deur ‘n woord of daad aan die gang gesit word

11. In postkoloniale letterkunde word die verhouding tussen .......... bestudeer

[1] Ek en Self [2] Ek en Ander [3] Ander en Ander

12. Postkoloniale literatuur lewer sosiale kommentaar op:

[1] alles wat gedurende apartheid plaasgevind het [2] alles wat as gevolg van enige onderdrukkende politieke stelsel plaasgevind het [3] alles wat slegs na kolonisering plaasgevind het

13. Een van die kernbeginsels van postkoloniale literatuur is om:

[1] die stemloses te bemagtig [2] die geskiedenis vanuit die maghebber se perspektief te vertel [3] ‘n objektiewe weergawe van die geskiedenis te probeer gee

14. In “Dol hond” (Etienne van Heerden) word:

[1] die verhouding tussen plaaseienaar/Ek en werker/Ander ondersoek [2] die verhouding tussen plaaseienaar/Ander en werker/Ek ondersoek [3] die verhouding tussen mens en hond ondersoek

15. In “Taalles” (J.M. Gilfillan) word:

[1] die uitlewing van ‘n kultuurtradisie opgeweeg teen die regte van die individu [2] die onmag van ‘n niemoedertaalspreker beskryf [3] die kwessie van geskiedskrywing heroorweeg

16. Die karakter Ousleia kom voor in die volgende kortverhaal:

[1] “Dom koei” (Riana Scheepers) [2] “Nag van twee vroue” (P.J. Bosman) [3] “’n Kat in die sak” (Jeanne Goosen)

Page 23: Tut101_2012

AFK1501/101

23

17. Die ruimte in “Die beach” (Lindsay King) is:

[1] ‘n strand waar slegs blankes mag swem tydens die apartheidsera [2] ‘n strand waar slegs mense van kleur toegelaat word gedurende die apartheidsera [3] ‘n strand waar mense van alle rasse toegelaat word nadat apartheid beëindig is

18. “pryslied” word opgedra aan Mandela en is geskryf deur:

[1] Winnie Mandela [2] Thabo Mbeki [3] Antjie Krog

19. Die eerste lewe van Adamastor ( André P. Brink) is gebaseer op die mite van:

[1] Adamastor en Khois [2] T’Kama en Khois [3] Adamastor en Thetis 20. Kroniek uit die doofpot (John Miles) kan gesien word as ‘die verhaal van:

[1] Tumelo John se stryd teen apartheid in die Suid-Afrikaanse Polisie [2] die misdaad en korrupsie in die nuwe Suid-Afrika [3] die ANC en die IVP

21. Mense wat stereotipeer, het teenoor “ander” mense ‘n houding van:

[1] verdraagsaamheid [2] verset [3] vooroordeel

22. Die Bybel is by uitstek in die verlede op die volgende wyse uitgelê of verklaar:

[1] eksegetiese wyse [2] patriargale wyse [3] feministiese wyse

23. Die kritiese term “gender” is:

[1] omvattender as die begrip “geslag” [2] enger as die begrip “geslag” [3] dieselfde as die begrip “geslag”

24. ‘n Manlike chauvinis is uiters lojaal teenoor

[1] vroue en bevooroordeeld teenoor mans [2] mans en bevooroordeeld teenoor vroue [3] vriende en bevooroordeeld teenoor vyande

25. Die stelling “Mans is beter motorbestuurders as vroue” is ‘n voorbeeld van:

[1] patriargie [2] genderstereotipering [3] geslagsgelykheid

Page 24: Tut101_2012

24

26. Patriargie verteenwoordig die

[1] sosiale en ideologiese onderdrukking van vroue ten gunste van mans [2] sosiale en veranderlike onderdrukking van vroue ten gunste van mans [3] sosiale en feministiese onderdrukking van vroue ten gunste van mans

27. Die ruimte waarbinne “Aan die einde van die reënboog” afspeel, is ‘n

[1] kroeg [2] plaas [3] veld

28. Die manlike hoofkarakter in “Pampas” is

[1] Freddy [2] Beimen [3] Ben

29. Die verhaal “Vir vier stemme” handel oor

[1] ‘n musiekstuk wat vir vier stemme gekomponeer is [2] ‘n poets wat erg skeefgeloop het [3] ‘n groep mense se gedans op ‘n plaas

30. Die skrywer van “Klooster” is

[1] Lettie Viljoen [2] Hennie Aucamp [3] Elsa Joubert

31. Fiktiwiteit in kinder- en jeugletterkunde hou die duidelikste verband met (raadpleeg studie-eenheid 5; studiegids, bladsy 220-224): / Fictionality in children’s and youth literature relates closest to (cf study unit 5; study guide, pages 220-224):

[1] boeke geskryf vir kinders en jeugdiges [2] die denkbeeldige [E. imaginary] wêreld van ‘n boek vir kinders en jeugdiges [3] die titel van ‘n boek vir kinders en jeugdiges

32. Veranderlikes wat ‘n eenvoudige interpretasie van die begrip kinder- en jeugletterkunde bemoeilik, is (raadpleeg studie-eenheid 5; studiegids, bladsy 220-224): / Variables that challenge a straightforward interpretation of the notion of children’s and youth literature include (cf study unit 5; study guide, pages 220-224):

[1] leesouderdom [E. reading age] [2] beskikbaarheid [E. availability] van boeke vir kinders en jeugdiges [3] afwesigheid [E. absence] van plek in verhale

33. In boeke vir kinders en jeugdiges hou fantasie met die volgende werklikheid verband (raadpleeg studie-eenheid 5; studiegids, bladsy 220-224): / In books aimed at children and the youth, fantasy relates to the following reality (cf study unit 5; study guide, pages 220-224):

[1] tersiêre [E. tertiary] werklikheid [2] primêre [E. primary] werklikheid [3] sekondêre [E. secondary] werklikheid

Page 25: Tut101_2012

AFK1501/101

25

34. Die volgende aktualiteit kom NIE in Preller se boek, ‘n Haas moet doen wat ‘n haas moet doen, voor NIE (raadpleeg studie-eenheid 5; studiegids, bladsy 220-224): / The following topicality does NOT feature in ‘n Haas moet doen wat ‘n haas moet doen (cf study unit 5; study guide, pages 220-224):

[1] ekologiese [E. ecological] kwessies [2] genderkwessies [3] HIV/Vigs

35. In Van der Vyver se boek, Die ongelooflike avonture van Hanna Hoekom, is die karakter Fabienne deel van Hanna se (raadpleeg studie-eenheid 5; studiegids, bladsy 220-224): / In Die ongelooflike avonture van Hanna Hoekom by Van der Vyver, the character of Fabienne is part of Hanna’s (cf study unit 5; study guide, pages 220-224):

[1] verbeelding [E. imagination] [2] gewone [E. ordinary] werklikheid [3] nagmerrie [E. nightmare]

36. Van der Vyver se boek, Die ongelooflike avonture van Hanna Hoekom, vertoon sommige kenmerke van ‘n (raadpleeg studie-eenheid 5; studiegids, bladsy 220-224) / Die ongelooflike avonture van Hanna Hoekom by Van der Vyver, shows some traits of (cf study unit 5; study guide, pages 220-224):

[1] postmoderne verhale [E. postmodern stories] [2] epiese gedigte [E. epic poetry] [3] satiriese verhale [E. satirical stories]

37. In teenstelling met kinderletterkunde, is die belangrikste kenmerk van jeugletterkunde dat dit (jeugletterkunde) gewoonlik voorkom as ‘n (raadpleeg studie-eenheid 5; studiegids, bladsy 220-224) / In contrast with children’s literature, the most important characteristic of youth literature is that it (youth literature) usually materialise as a (cf study unit 5; study guide, pages 220-224):

[1] meisiesverhaal [E. girls’ story] [2] fantasieverhaal [E. fantasy story] [3] probleemverhaal [E. problem story]

38. Die implisiete lesers van kinder- en jeugletterkunde is (raadpleeg studie-eenheid 1; studiegids, bladsy 185-191) / The implied readers of children’s and youth literature are (cf study unit 1; study guide, pages 185-191):

[1] jong kinders en jong volwassenes [E. young children and young adults] [2] jong volwassenes en tieners [E. young adults and teenagers] [3] jeugdiges/tieners en jong kinders [E. youth/teenagers and young children]

39. Die volgende kenmerk gee NIE ‘n aanduiding van die verskille tussen die letterkunde vir kinders en jeugdiges, en die letterkunde vir volwassenes NIE (raadpleeg studie-eenheid 2; studiegids, bladsy 192-199) / NOT an indication of the differences between children’s and youth literature, and literature aimed at adult readers (cf study unit 2; study guide, pages 192-199):

[1] letterkunde uit die oogpunt [E. point of view] van ‘n kind of jeugdige geskryf [2] dood as onderwerp [3] taalgebruik [E. language usage] wat by die taalgebruik van kinders en jeugdiges aansluit

Page 26: Tut101_2012

26

40. Indien ek Preller se ‘n Haas moet doen wat ‘n haas moet doen as voorgeskrewe boek kies, moet ek die volgende studie-eenhede in deel 4 van die studiegids bestudeer (raadpleeg studie-eenheid 3; studiegids, bladsy 200) / Should I choose ‘n Haas moet doen wat ‘n haas moet doen by Preller as my prescribed book, I have to study the following study units in part 4 of the study guide (cf study unit 3; study guide, pages 200 and 210):

[1] 1,2,3 [2] 1,2,4 [3] 2,3,4 41. In watter een van die volgende lande is Nederlands vandag ’n amptelike taal?

[1] België [2] Indonesië [3] Luksemburg

42. Van watter land is Vlaandere ’n landstreek?

[1] Duitsland [2] België [3] Luksemburg

43. Wie is tans die staatshoof van Nederland?

[1] Koningin Beatrix [2] Koning Albert [3] Koningin Wilhelmina

44. Die titel van Hella S.Haasse se roman Oeroeg verwys na:

[1] die bynaam wat Gerard Stokman in Nederlands-Indië gekry het [2] die naam van die verteller se jeugvriend in Nederlands-Indië [3] die naam van die grootste eiland in Nederlands-Indië

45. Die gebeure in Oeroeg speel af in ongeveer die volgende tydperk:

[1] 1651-1920 [2] 1920-1921 [3] 1920-1947

46. Die titel van Emma Huismans se debuutwerk is:

[1] Sonate voor wraak [2] Requiem op ys [3] Berigte van weerstand

47. Oor watter diere gaan die legende wat Nondwe oorvertel in “De hond” uit Emma Huismans se Sonate voor wraak?

[1] ’n hiëna, ’n koedoe en ’n olifant [2] ’n hond, ’n kat en ’n muis [3] sirkusolifante

48. Die titel van Kader Abdolah se roman Portretten en een oude droom is geïnspireer deur die volgende teks:

[1] Die ongelooflike avonture van Hanna Hoekom deur Marita van der Vyver [2] Ingrid Jonker se gedig “Afskeid” [3] die reisverhale van Naser Gosro

Page 27: Tut101_2012

AFK1501/101

27

49. Wie is die ek-verteller in “Alinea 9” van Kader Abdolah se roman Portretten en een oude droom?

[1] Kader Abdolah [2] Dawoed [3] Hossein Sadjadi Ghaemmaghami

50. Robert Anker se gedig “Daar is het” uit Ons klein en silwerige planeet gaan oor:

[1] die siening wat die stadsmens van die natuur het [2] die Gobiwoestyn [3] die planete wat deel is van die Melkweg

Totaal: [50]

Page 28: Tut101_2012

28

WERKOPDRAG 02

SEMESTER 01: WERKOPDRAG 02 Unieke nommer: 658065 Sluitingsdatum: 2 April 2012 SEMESTER 02: WERKOPDRAG 02 Unieke nommer: 888862 Sluitingsdatum: 13 September 2012

Hierdie werkopdrag dek deel 1-5 van die studiegids in groter besonderhede.

Jy moet TWEE dele (50 punte elk) kies en die vrae beantwoord. Jy moet dus vrae ter waarde van 100 punte beantwoord B.Ed.-studente moet deel 4 (Jeugletterkunde) plus nog een deel doen.

B.Ed. students MUST choose section 4 (Youth literature) as one of the two sections answered in Assignment 02. The assignment questions as well as examination questions on Section 4 may be answered in either Afrikaans OR ENGLISH. Werkopdrag 02 dra 20% tot jou semesterpunt by.

Onthou om die onderstaande plagiaatverklaring te kopieer, dit in te vul, en by werkopdrag 02 aan te heg.

Page 29: Tut101_2012

AFK1501/101

29

PLAGIAATVERKLARING EN KONTROLELYS

Voltooi die volgende plagiaatverklaring, asook die kontrolelys wat daarop volg. PLAGIAATVERKLARING Naam: …………………………………………… Studentenommer: …………………………… Modulekode: …………… Werkopdragnommer: …… Ek verklaar dat hierdie werkopdrag my eie, oorspronklike werk is. Waar ek bronmateriaal gebruik het, is dit volledig en volgens die departementele voorskrifte erken. Ek begryp wat plagiaat beteken en is bewus van die departementele beleid daaromtrent. Handtekening: ………………… Datum: ………………..………… KONTROLELYS Merk telkens die toepaslike blok met ‘n regmerk (√). JA NEE 1 Ek het alle bronmateriaal wat ek gebruik het (studiegids, studiebrief, internet,

ander bronne) erken. I acknowledged all source material (study guide, tutorial letter, internet, other sources) used in my assignment.

2 My werkopdrag bevat my eie bewoording ongeag of ek in ‘n groep saam met ander studente gewerk het of nie. Irrespective of whether I participated in a study group or not, the wording of the assignment is my own.

3 Ek het die bronne wat ek in my werkopdrag gebruik het, aangedui deur die teks in aanhalingstekens te plaas en/of deur verwysings volgens die Harvardverwysingstegniek. I indicated all sources used in my assignment by placing the quote in inverted commas and/or by providing the reference according to the Harvard method.

4 Ek het ‘n bibliografie van alle bronne wat ek gebruik het aan die einde van my werkopdrag ingevoeg. At the end of my assignment, there is a bibliography reflecting all the consulted sources.

AFK1502/101

Page 30: Tut101_2012

30

HIERDIE BLADSY IS DOELBEWUS BLANKO GELAAT

Page 31: Tut101_2012

AFK1501/101

31

DEEL 1

Teks en Leser: Inleiding in die literêre kommunikasieproses

Dosent: Me. Linde Beer

Kontakbesonderhede (Vir navrae oor die werk self.):

Telefoon: (012) 429-6925 E-pos: [email protected]

Faks: (012) 429-8094 (Vir aandag: Me. Linde Beer)

1. Inleiding

Deel 1 wil jou veral in staat stel om literêr te kan lees. Met “literêr lees” bedoel ons nie net om klanke, woorde en sinne te herken soos dit in ‘n literêre teks voorkom nie, maar om verbande te kan raaksien tussen wat jy lees: konneksies tussen woorde of idees in ‘n teks (intra-tekstuele verbande), asook konneksies wat een teks met ‘n ander teks het (intertekstuele verbande). “Lees” word dus baie breed gesien, as “lees-met-insig” en “lees-in-konteks”. Ons glo hierdie soort “lees” sal jou bemagtig om alles in jou leefwêreld, en jou eie vrae en vreugdes, meer effektief te interpreteer.

Deel 1 is ‘n ontdekking van wat ‘n literêre teks is en hoe dit “werk”. Ons kyk na vrae soos die volgende:

• Is ‘n gedig of kortverhaal ‘n stuk “lewe” wat net so uit die alledaagse lewe geneem is, of kom daar iets by in die proses wat daarvan letterkunde maak?

• Hoe verskil ‘n koerantberig oor gedwonge verskuiwings van ‘n kortverhaal daaroor? • Is ‘n fliek of skildery of strokiesprent ook ‘n “teks”? • Hoe lees ek as godsdienstige mens ‘n teks met vloekwoorde/eksplisiete seks/godslastering in, wat

lyk of dit my oortuigings aantas? • Is daar net een “deur” wat toegang bied tot ‘n literêre teks, of meer as een moontlike benadering?

Deel 1 bied aan jou die raamwerk waarbinne jy oor sulke vrae kan nadink en jou eie gevolgtrekkings maak.

Die vrae oor deel 1 wat in hierdie werkopdrag gestel word, verteenwoordig ‘n fokus op sekere aspekte uit deel 1 van die studiegids wat vanjaar besondere aandag kry. Dit is in jou beste belang om die vrae deeglik deur te lees en EEN te kies wat jy so goed moontlik beantwoord. Dis uitstekende voorbereiding vir die eksamen.

Begin asseblief jou antwoord op die volgende vrae op ‘n nuwe bladsy.

2. Assesseringskriteria By Werkopdrag 02 Deel 1

Kriteria Swak Gemiddeld Uitstekend

Teoretiese kennis (bv. definisies) Geen blyke van vertroudheid met terme nie

Redelike/gangbare vertroudheid met terme

Kan die terme presies en duidelik definieer

Oorspronklike werk Woordeliks uit die studiegids oorgeskryf – geen oorspronklike idees nie

‘n Mate van oorspronklike (eie) werk, maar steun steeds sterk op die studiegids

Antwoorde toon dat die student die werk begryp en in sy eie woorde kan formuleer.

Page 32: Tut101_2012

32

Toepassing van teoretiese kennis Student kan min of geen teoretiese kennis in die praktyk toepas.

Student kan in mindere of meerdere mate teoretiese kennis toepas.

Student kan teoretiese kennis in hoë mate in die praktyk toepas.

Spektrum van puntetoekenning 0-3/10; 0-4/15; 0-6/20 0-34%

4-6/10; 5-9/15; 7- 13/20 35-67%

7-10/10; 10-15/15; 14-20/20 68-100%

3. Vrae

Ek stel hieronder TWEE vrae. Vraag 1 is VERPLIGTEND en tel 20 punte. Jy moet dan EEN verdere vraag (dit wil sê òf vraag 2 òf vraag 3 òf vraag 4) ter waarde van 30 punte beantwoord. Jy moet vrae ter waarde van 50 punte in totaal in hierdie deel beantwoord. Beantwoord die vrae in AFRIKAANS.

Al die vrae is gebaseer op die vyf studie-eenhede van deel 1 van jou studiegids Afrikaans aktueel - Letterkunde. Ons gee waar toepaslik spesifieke studie-eenhede en/of paragrawe vir nadere verwysing by die vrae.

Vraag 1 (verpligtend)

Dink jy “Hot Gates” is ‘n literêre teks, of bloot ‘n populêre luisterliedjie? Bestudeer studie-eenheid 1 pp.6-20 en skryf dan ‘n kort opstel van hoogstens 1 bladsy om die vraag te beantwoord. (Jy sou aktiwiteit 1.3 op p.10 vir jouself kon beantwoord en gebruik in jou antwoord. Paragrawe 1.1 tot 1.4 in studie-eenheid 1 pp.6-14 in die studiegids sal jou ook baie help.) (20)

Riglyne (guidelines) by die beantwoording van hierdie vraag:

• Wat maak van ‘n teks ‘n literêre teks? “Hot Gates” is in die eerste plek ‘n liriek (van ‘n populêre liedjie), maar dit het ook eienskappe wat dit meer as net dit maak.

• Die studiegids verduidelik in studie-eenheid 1 dat die literêre teks elemente uit die werklikheid neem,, dit in nuwe kombinasies groepeer, en in ‘n nuwe verband plaas; en dat dié nuwe ordening ‘n patroon vorm wat ‘n oorspronklike ‘waarheid’ of siening van die menslike kondisie wil oordra.

• Belangrik: Dis goed om die teorie kortliks uiteen te sit, maar jou antwoord moet beslis ook ‘n TOEPASSING maak op die teks “Hot Gates.” Jy kan bv. sê: “In ‘Hot Gates is daar ‘n seleksie gemaak uit duisende plekname (die werklikheid). In die eerste strofe is dit Londen, Parys, Rome, Berlyn...... Op die oog af lyk dit net na ‘n opnoem van hoofstede van die wêreld, maar dit blyk gou dat al hierdie stede iets in verband het: dat daar ‘n vorm van konflik, ramp of trauma hier afgespeel het......” En dan wys jy hoe die patroon vorm en opbou na ‘n slotsom (tema of boodskap).

Vraag 2 (keuse)

Lees die prosateks “Thandiwe van Khayalethu Camp” (in studiegids deel 1 studie-eenheid 3 p. 37, asook in die leesbundel afgedruk) en bespreek dit in ‘n opstel van hoogstens 2 bladsye.

Die titel van jou opstel is:

Dit sal mos nie altyd nag wees nie

Gee aandag aan die volgende aspekte in jou opstel:

Boustene van die verhaalwêreld:

• Gebeure (4) • Tyd (3) • Ruimte (4) • Leimotief (4) • Karakters (3)

Page 33: Tut101_2012

AFK1501/101

33

• Verteller (3) • Tema (3) • Sosio-politiese konteks waarbinne die verhaal ontstaan het (3) • Intertekste (ander verhale/gedigte/rolprente/foto’s) wat met “Thandiwe van Khayalethu Camp”

saamgelees kan word ` (3) (30)

OF

Vraag 3

Werk studie-eenheid 4 (poësie) in die studiegids deur (pp.48-61) en beantwoord dan die onderstaande vrae oor Ingrid Jonker se teks “Die kind [wat doodgeskiet is deur soldate by Nyanga]” (afgedruk in die studiegids op pp. 52-53):

Vrae:

• Binne watter sosio-politiese konteks het die gedig ontstaan? (3) • Hoekom, dink jy, lig die kind sy vuiste teen sy vader (strofe 2)? (3) • Verklaar hoe die kind “nie dood nie” kan wees, terwyl hy lê met ‘n koeël deur sy kop (strofe 3)? (3) • Gee minstens twee voorbeelde elk van (a) woordherhaling en (b) sintaktiese herhaling in die gedig;

dui die funksie van hierdie herhalings aan. (8) • Verskaf en bespreek een voorbeeld elk van metafoor, simbool of ironie (sien studiegids:57 vir

definisies) (6) • Wie is die spreker in hierdie teks? (4) • Noem ten minste een belangrike interteks ten opsigte van hierdie gedigteks van Jonker (sien

studiegids:58-60) (1) • Formuleer ‘n tema (boodskap) wat die gedig volgens jou oordra. (2)

(30)

OF

Vraag 4

Bestudeer studie-eenheid 5 (drama) op pp.62-71, veral paragraaf 5.7 op p.66 en verder) en beantwoord dan die volgende vrae:

(a) Bespreek Naelstring (Pieter J. Fourie) as ‘n eietydse en aktuele teks. (Sien paragraaf 5.7.1 op p.66.) (15)

(b) Wat gebeur as daar afstand gedoen word van die naelstring in die teks? Sou jy sê albei karakters ervaar nuwe vryheid? Illustreer Baba se nuwe vaardighede uit die teks. (15)

[30]

Subtotaal: [50]

Page 34: Tut101_2012

34

DEEL 2

Eietydse tekste 1: Saam in Afrika

Dosent: Dr. Erika Lemmer

Kontakbesonderhede: Telefoon: (012) 429 6371/08

E-pos: [email protected]

Faks: (012) 429 8094 (Vir aandag: Erika Lemmer)

1. Inleiding

Let daarop dat jy slegs EEN van die genoemde tekste (kyk 4.1) hoef te koop. Maak doodseker dat jy die verpligte leesbundel (waarin die voorgeskrewe kortverhale en ander relevante leesstukke verskyn) saam met jou studiemateriaal ontvang by registrasie. Alle vrae in hierdie deel moet in Afrikaans beantwoord word. Please note that you only have to study ONE of the prescribed texts (See 4.1). Please ensure that you receive the Reader (containing your prescribed short stories and other related reading material) as part of your study package from Unisa. All questions in this sections must be answered in Afrikaans. Die werkopdrag is so saamgestel dat jy telkens ‘n keuse het tussen Die eerste lewe van Adamastor en Kroniek uit die doofpot. Vir die eksamen hoef jy slegs een van dié twee tekste te bestudeer. Om jou te help om ‘n ingeligte keuse uit te oefen, kan jy die volgende in gedagte hou: Die eerste lewe van Adamastor is ‘n verhaal van die bloedige koloniale ontmoeting tussen Afrika (verteenwoordig deur die stamhoof T’Kama) en Europa (verteenwoordig deur ‘n wit vrou wat op die strand uitgespoel het en later ‘n verhouding met T’Kama aanknoop). Die mite van Adamastor en Thetis leef hier voort in die karakters van T’Kama en Khois.

Dis ‘n uitdagende teks met interessante tydspronge, ingewikkelde taalgebruik, verskillende verhaallyne en gedurfde metafore, maar met die leiding in studie-eenheid 4 (deel 2) van die studiegids asook die toeligtingsbriewe en besprekingsklasse, behoort studente met ‘n redelike kennis van Afrikaans hierdie teks vinnig onder die knie te kry. ‘n Onderhoud (in Engels) met Brink oor hierdie novelle verskyn in jou leesbundel en ‘n Engelse vertaling van die novelle is ook beskikbaar.

Kroniek uit die doofpot (John Miles) is weer ‘n veelbekroonde roman waarin die lotgevalle van ‘n swart polisieman gedokumenteer word. Tumelo John word verteenwoordigend van die individu wat deur die sisteem verkners word. Sy stryd teen korrupsie kos hom dan uiteindelik ook sy lewe wanneer hy deur sy kollegas vermoor word. Die verhaal is losweg gebaseer op ‘n ware insident uit die tagtigerjare en is later deur die Waarheid-en-Versoeningskommissie (WVK) aangehoor. ‘n Bespreking van hierdie indruk-wekkende roman verskyn in studie-eenheid 5 van die studiegids (deel 2) en verskeie boekbesprekings of resensies in Engels is ook in die leesbundel beskikbaar.

Ek beveel egter sterk aan dat jy die studiegidsgegewens wat handel oor die novelle wat jy nié kies nie, ook moet deurgaan: daar is dalk belangrike inligting oor die postkoloniale teorie wat jou goed te staan kan kom. Let weer daarop dat die aankoop van die leesbundel verpligtend is. Om jou deeglik vir die eksamen voor te berei, stel ek ook voor dat jy albei vrae hieronder goed bestudeer.

Page 35: Tut101_2012

AFK1501/101

35

2. Vrae

Ten einde die vrae hieronder behoorlik te kan voltooi, sal jy stelselmatig deur elke aktiwiteit in die studiegids moet werk. Ek verwag trouens dat jy die hele deel 2 eers moet deurwerk voordat jy met die werkopdrag begin. Die eksamenvrae en die werkopdragvrae stem nie noodwendig ooreen nie en dit is daarom belangrik dat jy my advies hierbo volg, naamlik om elke aktiwiteit in hierdie deel deeglik deur te werk.

Ek kan dit nie genoeg beklemtoon dat jy die voorgeskrewe tekste self moet deurlees nie. Die tekste is met groot sorg gekies sodat elkeen van julle daarmee sal kan identifiseer.

Ek stel hieronder TWEE keusevrae van 50 punte elk. Beantwoord SLEGS EEN van die onderstaande keusevrae in Afrikaans. Studente wat nie moedertaalsprekers van Afrikaans is nie, kan baat vind by die Engelse opsommings aan die einde van elke studie-eenheid. Studente mag vrae in hierdie deel slegs in Afrikaans beantwoord. Please answer only ONE of the questions to the value of 50 marks in Afrikaans. Students for whom Afrikaans is not a first language, may benefit from the English summaries at the end of each study unit in the study guide. This will aid your understanding of the prevailing discourse. Questions in this section should be answered in Afrikaans only.

Jou antwoorde moet getuig van ‘n intieme kennis van die voorgeskrewe tekste asook internalisering van die gidsmateriaal. Studente wat die gidsgegewens blatant oorskryf, sal beslis gepenaliseer word.

Na bestudering van jou volle studiepakket, vertrou ek dat jy ‘n deeglike insig sal hê in die aard van die eietydse, postkoloniale Afrikaanse letterkunde.

BEANTWOORD SLEGS VRAAG 1 OF VRAAG 2 IN AFRIKAANS.

Vraag 1

1.1(a) Wat beteken die term “post-koloniaal”? Gee ‘n kort verduideliking. (5)

1.1(b) Bespreek VYF tipiese kenmerke van postkoloniale literatuur. Jy moet nie slegs die betrokke kenmerk noem nie, maar telkens in ‘n paragraaf of twee ‘n kort verduideliking gee van presies wat met hierdie kenmerk bedoel word. Raadpleeg studie-eenheid 1 in jou studiegids (pp. 76-84).

(10) 1.2 Bespreek “Dol hond” (Etienne van Heerden) as ‘n representasie van die verhouding tussen Self (in

hierdie geval die plaaseienaar) en Ander (die plaaswerker). Jy moet in jou antwoord konsentreer op die magsverhouding tussen Self en Ander en ook die tydelike rolverwisseling bespreek wat ontstaan wanneer Jakadas en sy gesin by Paradysvlei aanland. Verduidelik ook die rol van die hond wat hulle in die verhaal agtervolg. Sien die bespreking van die kortverhaal in studie-eenheid 3 van jou studiegids. (10)

1.3 Bespreek die kortverhaal “Dom koei” as ‘n botsing tussen die regte van die individu en die regte van ’n kultuurgroep. Sien studie-eenheid 3 van die studiegids vir ‘n bespreking van die kortverhaal.

(10) Jy het ‘n keuse tussen Vraag 1.4 of 1.5

1.4 Ampie Coetzee beweer dat Die eerste lewe van Adamastor (Brink) “die storie van Afrika en Europa” is. Bespreek hierdie stelling krities en raadpleeg Studie-eenheid 4 in die studiegids (pp. 105 – 111). Maak gebruik van postkoloniale terme soos byvoorbeeld Self en Ander en wys deurentyd in jou antwoord op die volgende aspekte:

Page 36: Tut101_2012

36

* die kulturele verskille tussen die twee groepe (soos onderskeidelik verteenwoordig deur T’Kama en Khois);

* die verafrikanisering van die Adamastor-mite. (15)

OF

1.5 Hoekom kan ons Kroniek uit die doofpot (Miles) as ‘n postkoloniale roman beskryf? Jy moet in jou kort opstel veral aandag gee aan die wyse waarop die apartheidsisteem uitgedaag word asook die stelling dat die roman ‘n aanklag teen die Ou Suid-Afrika is. Dié roman word in Studie-eenheid 5 van jou studiegids bespreek (pp.113 – 121). (15)

Totaal: [50]

OF

Vraag 2

2.1(a) Wat verstaan jy onder die term ubuntu? (5)

2.1(b) Gebruik die kortverhale “Benedicta” (Margaret Bakkes) en “Nag van twee vroue” (P.J. Bosman) om jou verduideliking te staaf. Jy moet die artikel oor ubuntu in jou leesbundel by jou antwoord betrek en ook die inligting daaroor in die studiegids nagaan. (10)

2.2 Oorweeg die kortverhale “Dol hond”” (Etienne van Heerden) en “Dom koei” (Riana Scheepers) in jou leesbundel. Skryf nou ‘n opstel waarin jy die titels van die twee kortverhale verduidelik. Hoekom kan ons beweer dat die dol hond en die dom koei onderskeidelik as leimotiewe gesien moet word? Bestudeer die indeks agter in jou studiegids om bladsynommers te vind waar die term “leimotief” bespreek word. (10)

2.3 Wat vertel die kortverhale “Die skrywer “(R. Scheepers), ‘n Kat in die sak” (Jeanne Goosen), “Taalles” (J.M. Gilfillan) en “Die beach” (L. King) (almal in die leesbundel) vir ons oor die rol van taal in ‘n postkoloniale gemeenskap? Jy sal hierdie inligting in studie-eenheid 2 van jou studiegids vind (pp. 86–94). (10)

Jy het ‘n keuse tussen Vraag 2.4 of 2.5

2.4 Bespreek die begrip intertekstualiteit aan die hand van die Coetzee-skildery (op voorblad van gids) en Die eerste lewe van Adamastor (André P. Brink).

Om die vraag behoorlik te beantwoord, moet jy studie-eenheid 4 in jou studiegids (pp. 105–111) asook die brosjure en koerantartikel oor die skildery asook die onderhoud met Brink in jou leesbundel deurwerk. Gee veral aandag aan die feit dat die verhaalgebeure in die novelle van links na regs op die skildery uitgebeeld word. (15)

OF

2.5 Kroniek uit die doofpot (Miles) word dikwels bestempel as ‘n postkoloniale teks. Skryf ‘n opstel waarin jy hierdie betrokke stelling motiveer. Raadpleeg weer studie-eenheid 1 in jou studiegids vir ‘n oorsig van postkoloniale literatuur en pas dan jou kennis toe op dié voorgeskrewe roman, wat in studie-eenheid 5 van die studiegids bespreek word (pp. 113–121). (15)

Subtotaal: [50]

Page 37: Tut101_2012

AFK1501/101

37

DEEL 3

Eietydse tekste 2: Mans kom van Mars, vroue van Venus

Dosent: Me Lisetta Jacobs

Kontakbesonderhede: Telefoon: (012) 429 6474/08

E-pos: [email protected]

Faks: (012) 429 8094 (Vir aandag: Lisetta Jacobs)

1. Inleiding

Die boeiende onderwerp wat ons saam in deel 3 gaan ondersoek, is die identiteit van die vrou en man en die verhoudings tussen hulle, soos dit in die eietydse Afrikaanse literatuur neerslag vind.

Ons benoem hierdie onderwerp met die kritiese term gender. Die problematiek van gender is altyd implisiet teenwoordig in elke literêre teks. Tog bly dit meestal onopgemerk of verswyg, omdat lesers stereotiepe aannames het oor die “ware” identiteit van man en vrou.

Wanneer jy deel 3 deurgewerk en die aktiwiteite uitgevoer het, sal jy die werkopdrag kan beantwoord. Jy sal ook in die proses ‘n groot deel van jou eksamenvoorbereiding afgehandel het. Belangriker: jy sal genderkwessies in die literatuur kan raaksien en met nuwe vaardighede literêre tekste kan interpreteer. Genderkritiek sal jou ook opnuut laat nadink oor die samelewing se lewenshoudings en -waardes en jou eie aandeel daaraan.

Hieronder word drie vrae gestel wat uit verskillende onderdele bestaan. Dit tel in totaal 50 punte. Jy moet al drie vrae in Afrikaans beantwoord.

Die lees- en skryfopdragte is gebaseer op die inligting wat in die studiegids Afrikaans Aktueel/today by deel 3 voorkom. Lees by elke vraag die studie-eenheid waarop die vraag gebaseer is, en sorg dat jy dit verstaan. Dan sal jy die opdragte kan uitvoer.

ASSESSERINGSKRITERIA BY HIERDIE WERKOPDRAG

Kriteria Swak Gemiddeld UitstekendTeoretiese kennis: definisies

Geen blyke van vertroudheid met terme nie

Redelike/gangbare vertroudheid met terme

Kan die terme presies en duidelik definieer

Oorspronklike werk Woordeliks uit die studiegids oorgeskryf – geen oorspronklike idees nie

‘n Mate van oorspronklike (eie) werk, maar steun steeds sterk op die studiegids

Antwoorde toon dat die student die werk begryp en in sy eie woorde kan formuleer.

Toepassing van teoretiese kennis

Student kan min of geen teoretiese kennis in die praktyk toepas.

Student kan in mindere of meerdere mate teoretiese kennis toepas.

Student kan teoretiese kennis in hoë mate in die praktyk toepas.

Spektrum van puntetoekenning

0-3/10; 0-4/15; 0-6/20 0-34%

4-6/10; 5-9/15; 7- 13/20 35-67%

7-10/10; 10-15/15; 14-20/20 68-100%

Page 38: Tut101_2012

38

• Kontrolelys vir selfassessering

Kriteria Ja Nee Kommentaar Kan ek die begrippe definieer? Het ek woordeliks uit die studiegids antwoorde oorgeskryf?

Het ek al die kortverhale in die leesbundel gelees? Het ek een van die voorgeskrewe romans deurgelees? Het ek sekondêre bronne korrek aangehaal?

3 Begin jou antwoorde vir deel 3 op ‘n nuwe bladsy.

Beantwoord AL DRIE die vrae. By vraag 3 kies jy 3.1 OF 3.2. VRAAG 1

Vooraf: • Lees die verhaal “Aan die einde van die reënboog” (Jeanne Goosen) (Leesbundel, Band 2, bladsy

457- 460) eers aandagtig deur. • Gebruik die volgende vrae as riglyn wanneer jy die verhaal lees:

Wie vertel hierdie verhaal? (Is dit ‘n ek-verteller of ‘n eksterne verteller?) Waar speel hierdie verhaal af? (Watter ruimte?) Wat gebeur in die verhaal? Hoe neem die verteller die mans in die kroeg waar? Wat dink sy van hierdie mans? Watter persepsies het die mans in die kroeg omtrent die verteller?

• Lees nou die definisie van stereotipe in jou studiegids, bladsy 133. • Lees die definisie van manlike chauvinisme, bladsy 132 in jou studiegids. • Lees ook die definisie van seksisme, bladsy 134 in jou studiegids. • ‘n Voorbeeld van genderstereotipering sou wees as ons beweer dat (alle) mans beter bestuurders

as vroue is Beantwoord, nadat jy die verhaal deurgelees het, en die definisies in die studiegids bestudeer het, nou die volgende vrae:

1.1 Uit watter genderstereotipiese perspektief bekyk die (vroulike) ek-verteller die mans in die kroeg? Is sy chauvinisties of seksisties? Hoekom sê jy so? Motiveer jou antwoord deur na die verhaal te verwys. (3)

1.2 Uit watter genderstereotipiese perspektief bekyk die mans die vroulike ek-verteller? Is hulle chauvinisties of seksisties? Hoekom sê jy so? Motiveer jou antwoord deur verwysings uit die verhaal te gee. (3)

1.3 Dink jy daar is voorbeelde van omgekeerde genderstereotipering in die verhaal, met ander woorde, is daar in die verhaal aanduidings dat die vroulike verteller nie optree soos wat ‘n mens van ‘n vrou sou verwag nie? Is daar voorbeelde in die verhaal van mans wat nie “soos mans” optree nie? (4)

(10) Jou antwoord moet nie meer as een bladsy lank wees nie.

1.2 Lees die definisie van die term ideologie in jou studiegids, bladsy 134, en die definisie van patriargie in jou studiegids, bladsy 139. Gee nou die definisies van patriargie en ideologie. (5)

Jou antwoord moet maksimum 5 reëls lank wees. [15]

Page 39: Tut101_2012

AFK1501/101

39

VRAAG 2 Vooraf: • Lees die verhaal Vir vier stemme (Hennie Aucamp) (Leesbundel, Band 2, bl. 461 - 477) eers

aandagtig deur. • Gebruik die volgende vrae as riglyn wanneer jy die verhaal lees: • Wie vertel hierdie verhaal? (Is daar meer as een verteller?) • Waar speel hierdie verhaal af? (Watter ruimtes?) • Wie is die drie hoofkarakters? • Hoe word Let in die verhaal uitgebeeld? • Hoe word Freddy uitgebeeld? • Hoe word Beimen Botes uitgebeeld? • Wat is die hoofgebeurtenisse in die verhaal? • Hoe eindig die verhaal?

2.1 Skryf nou die titel van elk van die vier “dele” van hierdie verhaal neer asook die naam van die

karakter wat sy/haar weergawe van die sentrale gebeurtenisse weergee. (8) 2.2 In die verhaal is daar sprake van ‘n driehoeksverhouding. Noem die karakters wat in hierdie

liefdesdriehoek betrokke is. (3) 2.3 Hoe sou ons Let in terme van genderstereotipering kon beskryf? Lyk sy baie “vroulik” of tree sy

“vroulik” op? As jy dink dat sy nie genderstereotipies optree nie, moet jy dit deur middel van bewyse uit die verhaal aantoon. (2)

2.4 Hoe sou ons Freddy in terme van genderstereotipering kon beskryf? As die “ruwe, manlike” soort? As jy dink dat die beskrywing “ruwe, manlike soort” nie by Freddy pas nie, moet jy dit deur bewyse uit die verhaal aantoon. (2) [15]

VRAAG 3 Karolina Ferreira (Lettie Viljoen) OF Twee vroue (Elsa Joubert) Doen enige vraag uit hierdie gedeelte. NOTA: Bladsynommers in vetdruk verwys na die Klassieke Reeks-uitgawe van 2003.

Vooraf: • Lees die roman, Karolina Ferreira, eers aandagtig deur. • Terwyl jy die verhaal lees, moet jy die volgende vrae probeer beantwoord: • Wie is die hoofkarakter in die verhaal? Skryf haar naam neer. • Noem die name van die karakters wat Karolina in Voorspoed ontmoet. • Wie laai Karolina op haar pad na Voorspoed op? • Watter belangrike rol speel hy in haar lewe? • Noem die naam van die karakter met wie Karolina ‘n liefdesverhouding het. • Met wie dans Karolina Saterdagaande die tango? • Watter karakter word as ‘n “otter” beskryf? • Wat is die naam van die karakter vir wie Karolina ‘n vrees het? • In watter verskillende ruimtes speel die verhaal af? Skryf die name van hierdie ruimtes neer, bv. die

dorpie Voorspoed, die veld waar Willie en Karolina navorsing doen, die snoekerkamer, ensovoorts. • Skryf die belangrikste gebeurtenisse in die verhaal in chronologiese volgorde neer, byvoorbeeld: hoe

begin die verhaal, hoe verloop die verhaal, wat is die hoogtepunt of klimaks van die verhaal, hoe eindig die verhaal?

Lees nou jou studiegids, bladsy 169.

Page 40: Tut101_2012

40

Beantwoord nou die onderstaande vraag: 3.1 Bespreek eers die ooreenkomste en daarna die verskille wat daar tussen Karolina Ferreira en ‘n

populêre liefdesverhaal bestaan.

Gebruik die volgende hoofopskrifte wanneer jy die vraag beantwoord:

(a) Ooreenkomste tussen Karolina Ferreira en ‘n populêre liefdesroman (dink hier aan ‘n populêre liefdesroman waarin die held en heldin mekaar op ‘n normale “romantiese”manier leer ken, waarin die verhaal gewoonlik ‘n gelukkige einde het, waar daar gewoonlik net een held en een heldin is, maar ‘n derde persoon soms in die held se slaai krap, ensovoorts)

(b) Verskille tussen Karolina Ferreira en ‘n populêre liefdesroman (dink hier aan Karolina wat met

verskeie karakters “verbintenisse” vorm – haar vriendskap met Willie, Pol Habernaut, haar dansery met die Kolyn-kêrel, die verhaal se “oop” einde, ensovoorts)

Moet asseblief nie woordeliks uit die studiegids OF die leesbundel oorskryf nie. (Jou antwoord moet maksimum een bladsy lank wees.) (20)

OF

Vooraf: • Lees die verhaal “Pampas” in Twee vroue aandagtig deur. • Terwyl jy die verhaal lees, moet jy die volgende vrae probeer beantwoord: • Wie is die hoofkarakters in hierdie verhaal? Skryf hulle name neer. • In watter ruimtes speel die verhaal hom hoofsaaklik af? Waar begin die verhaal? Waar gebeur die

belangrikste dinge in die verhaal? Waar eindig die verhaal? • Hoe begin die verhaal? • Hoe verloop die verhaal? • Watter gebeurtenis sou jy as die klimaks van die verhaal beskryf? • Hoe eindig die verhaal? • Hoe ervaar Elvira die ruimte in Patagonië? • Raak Ben en Elvira ooit werklik op mekaar verlief? • Watter tipe verhouding het Ben en Elvira? Hoekom is “Pampas” nie ‘n tradisionele liefdesverhaal wat

“gelukkig” begin en “gelukkig” eindig nie? • Waarom trou Ben en Elvira met mekaar? • Hoe verloop hul reis na Argentinië? • Hoe ervaar Elvira die onherbergsame Estancia (tipe plaas) van Ben in Patagonië? • Watter tipe bestaan voer sy daar? • Watter soort houding openbaar Elvira daar? Hoe voel sy innerlik? • Gee sy vir Ben sy “streep seuns”? • Wat gebeur met haar enigste seun? • Hoe word sy afsterwe in die landskap gereflekteer? • Hoe beïnvloed die seun se afsterwe Ben en Elvira se verdere verhouding? • Hoe tree Elvira teenoor haar dogters op? • Na wie wend Ben hom uiteindelik? • Wat doen Elvira uiteindelik? • Het Elvira enigsins verander? • Hoe eindig die “liefdesverhaal”? Gelukkig of ongelukkig? • Hoekom is “Pampas” nie ‘n tradisionele liefdesverhaal wat “gelukkig” begin en “gelukkig” eindig nie?

Lees asseblief eers jou studiegids, studie-eenheid 5, paragrawe 5.2.1, 5.2.2, 5.2.2.1- 5.2.2.5, bladsy 172-175.) Vir die doeleindes van jou bespreking moet jy ook die twee resensies oor hierdie verhaal in die

Page 41: Tut101_2012

AFK1501/101

41

leesbundel deeglik bestudeer. Moet asseblief nie woordeliks uit die studiegids of die leesbundel oorskryf nie. (Jou antwoord moet maksimum een bladsy lank wees.)

Beantwoord nou die volgende vraag:

3.2 Sou jy Pampas as ‘n “tradisionele” liefdesverhaal klassifiseer? Waarom sê jy so? Begin jou vraag soos volg:

Pampas kan nie as ‘n “tradisionele” liefdesverhaal beskou word nie, omdat ...: (20) Subtotaal: [50]

DEEL 4: JEUGLETTERKUNDE

(verpligtend vir B.Ed.-studente)

Dosent: Prof. Johan Coetser

Kontakbesonderhede: Telefoon: 012 429 6794/6308 E-pos: [email protected]

Faks: 012 429 8094 (Vir aandag: prof. J.L. Coetser)

1. Inleiding

Jy moet een van die twee voorgeskrewe boeke wat in 4.2 vermeld is, koop. Engelssprekende studente moet dit oorweeg om ‘n Haas moet doen wat ‘n haas moet doen as voorgeskrewe boek te kies. Lees hieronder om jou verder met jou keuse te help. Altwee dele van die leesbundel is by jou studiepakket ingesluit. Jy gaan deel 2 vir hierdie afdeling van die module nodig hê. Jy hoef die leesbundel dus nie te koop nie. Lees hier om jou te help met die keuse van EEN voorgeskrewe boek: Laerskoolleerlinge sal moontlik voorkeur gee aan Preller se boek, en hoërskoolleerlinge aan Van der Vyver se Die ongelooflike avonture van Hanna Hoekom. ‘n Haas moet doen wat ‘n haas moet doen (Preller) gaan oor Gerda, wat, wanneer sy een oggend

wakker word, in ‘n haas verander het. Uiteindelik help sy die diere, onder die regering van Koning-Koning Kriek, om met die mense, onder die leiding van die president, ‘n ooreenkoms te bereik oor diereregte. Die boek vertoon ooreenkomste met Selma Lagerlöf se Die wonderbaarlike reis van Nils Holgersson en met Lewis Carroll se Alice se avonture in Wonderland.

OF

Die ongelooflike avonture van Hanna Hoekom het in 2002 die hoogaangeskrewe Goue Sanlam-prys

vir Jeuglektuur verower. Linda Rode het haar in die Commendatio (motivering) tydens die oorhandiging van die toekenning soos volg oor die teks uitgelaat:

Heel gou word die leser meegevoer in die dolle bestaan van Hanna saam met haar kunstenaar-ma

Mana, haar halfboetie, haar twee stiefbroers en Beyers, hul akteurpa - 'n redelik ekstreme voorbeeld

Page 42: Tut101_2012

42

van die Nuwe Gesin, of liewer, die Nuwe Uitgebreide Familie van ons tyd. Hanna se biologiese pa is 'n gay modeontwerper in Johannesburg, haar halfboetie se pa is 'n skitterblink proefbuis - Mana se kreatiewe oplossing vir 'n tweede kind, sonder die aanwesigheid van 'n man. En toe trou Mana tog weer, met Beyers ... wat by gebrek aan juwele vir haar 'n knewel van 'n aartappel en 'n bossie pietersielie met 'n rooi strik aandra as verlowingsgeskenk.

Binne hierdie gesin se bont verskeidenheid skat Hanna haarself as bra vaal, en sy koester één groot

begeerte: om te skryf. Inderdaad kry die leser in die loop van die verhaal die taalbegaafde meisiekind se skryfpogings te sien [...] Wanneer dié uitsinnige gesin Mana en Beyers se lank uitgestelde wittebrood in 'n hut op 'n berg gaan vier, word die kontraste en moontlike konflikte op die spits gedryf deur Gavin se onverwagte besluit om Hanna se vyftiende verjaardag saam te kom vier; en deur die net so verrassende, indien nie ontstellende, nuus dat Margot, Beyers se eks-vrou, 'n aktriiiiiize, in al haar teatrale glorie op pad is uit Amerika. Voeg hierby 'n skielike winterstorm, onbegaanbare bergpaaie én 'n krisis van die mees delikate soort ... en ineens val die maskers af en vervaag uiterlikhede.

2. Die volgende riglyne word by die assessering van hierdie werkopdrag gevolg:

Die riglyne word hieronder in die vorm van vrae gestel, wat jou (die student) in staat stel om jou antwoord ook self te assesseer. Let daarop dat nie al die vrae hieronder volledig op elke vraag in die werkopdrag van toepassing is nie, omdat die werkopdrag uit verskillende vraagtipes (kortvrae, ongestruktureerde langvrae, gestruktureerde langvrae) bestaan. Ongeag die vraagtipe, bepaal die vorm van aanbieding en die inhoud van jou werkopdragantwoord die punt wat toegeken word.

Wat die vorm van aanbieding betref:

• Verstaan ek (die student) wat die vraag van my vereis (interpretasie), en het ek daardie vereistes onder opskrifte ingedeel, indien nodig? By sommige vrae kom die ‘opskrifte’ in die vrae voor; by ander vrae moet jy jou eie opskrifte bedink, en by kortvrae kom daar nie opskrifte voor nie.

• Begin my antwoord met ‘n inleiding of inleidende paragraaf, waarin ek kortliks my interpretasie van die vraag gee? (Weer met inagneming van die vraagtipe, dit wil sê indien die lengte van my antwoord dit vereis.)

• Sluit my antwoord met ‘n samevatting of ‘n gevolgtrekking af waarin ek ‘n verkorte antwoord op die vraag gee? (Met inagneming van die vraagtipe.)

• Het my werkopdrag ‘n inhoudsopgawe en is die bladsyverwysings daarin korrek? • Sluit my werkopdrag op die laaste bladsy(e) ‘n lys met VERWYSINGS (gebruik hierdie

opskrif) in, waarin ek al die bronne opgeneem het waarna ek in my vrae verwys? Onthou, dit is nie nodig om na elke vraag ‘n lys verwysings te gee nie; gee aan die einde slegs een samevattende lys. Volg die voorbeeld van die studiegids as jy nie weet hoe om ‘n teks- of bibliografiese verwysing te skryf nie. Moet asseblief nie voetnote/endnote gebruik nie.

• Het ek die spelling van my antwoord nagegaan? • Bevat elke paragraaf ‘n hoofgedagte waarop die res van die paragraaf uitbrei? Wat van

paragraafskakels? Dit gaan met ander woorde oor die wyse waarop woorde, sinne, paragrawe en afdelings van jou antwoord met mekaar skakel, met ander woorde jou formulering.

Wat die inhoud van jou antwoord betref:

• Verwys ek (die student) so gesaghebbend na die inhoud van die betrokke voorgeskrewe boek om my stellings te staaf dat die nasiener nie daaraan kan twyfel dat ek die teks ken nie? Jy kan natuurlik ook van aanhalings gebruik maak, maar hou hulle kort en kragtig, en sorg dat jy reg aanhaal en dat jou aanhalings taalkundige korrek is.

• Beantwoord ek die vraag, of gorrel ek in die hoop dat my antwoord iets sal tref? As dit die

Page 43: Tut101_2012

AFK1501/101

43

geval is – slegs jou eerlike mening is aanvaarbaar! – BEGIN WEER VAN VOORAF of bel of e-pos die dosent en vra hulp.

• Het ek my antwoord net uit ‘n vorige studiebrief oorgeskryf, sonder om my eie insette te lewer? Dit kan as ‘n vorm van plagiaat beskou word. Indien ek my antwoord direk uit die studiegids of uit ‘n vorige studiebrief oorskryf, kan dit ook beteken dat ek nie werklik die vraag beantwoord nie.

Hier volg ‘n interpretasie van die waardes wat ek (die dosent) aan persentasies toeken wanneer ek enige van die vrae in jou werkopdrag nasien (uit 10 = 100%):

1. het nie die boek gelees nie en verstaan die vraag nie 2. verstaan nie die vraag nie, en toon ‘n vae begrip van die boek 3. verstaan nie die vraag nie, maar toon ‘n redelike begrip van die boek 4. druip net-net maar nog redbaar 5. slaag net-net 6. gemiddeld (aanvaarbare interpretasie van die vraag, met sinvolle toepassings op die boek) 7. goed 8. baie goed 9. uitstekend (oorspronklike interpretasie van die vraag; ‘n baie goeie begrip van die boek) 10. uitsonderlik (‘n nuwe, oorspronklike interpretasie van die vraag/inhoud van die boek)

3 Vrae

Beantwoord vraag 1 OF vraag 2.

VRAAG 1 gaan oor Martie Preller se ‘n Haas moet doen wat ‘n haas moet doen, en VRAAG 2 oor Marita van der Vyver se Die ongelooflike avonture van Hanna Hoekom. In die eksamen sal jy ook kan kies tussen vrae oor ‘n Haas moet doen wat ‘n haas moet doen (Preller) en Die ongelooflike avonture van Hanna Hoekom (Van der Vyver).

☞ If Afrikaans is not your home language, consider selecting and answering question 1 in English. Remember, you may answer this section of your assignment in Afrikaans or English.

VRAAG 1 (keusevraag)

Martie Preller: ‘n Haas moet doen wat ‘n haas moet doen

Vraag 1.1

Verduidelik kortliks, en met verwysings na die boek, hoe die volgende aktualiteite na jou mening in Preller se teks na vore tree: / With references to the text, briefly explain how the following topicalities emerge from your reading of Preller’s book:

(a) genderkwessies (gender issues) (10) (b) ekologiese kwessies (ecological issues) (10) [20]

☞ How to answer this question

1. In (a), first provide a brief description of your understanding of the meaning of the words “gender issues”. If you do not know what these words mean, read section 1.4.1, starting on page 130, in the study guide. Follow the same procedure with (b). First determine what is meant with the expression, “ecological issues”. Regrettably, the study guide does not provide a clear definition of ecology. However, you could read the explanation on page 260, and then present your interpretation as the introduction to (b). In each case your introduction counts two points.

Page 44: Tut101_2012

44

2. In the second part of both your answers, you have to point out and briefly describe examples of issues. Consult page 207 in the study guide for an indication of how you could answer these parts.

3. Try to present your own examples, and add an interpretation to each. For example, do the characters in the book show resemblences with humans you know? Does the narrator take sides? Note that, should you use only the references on page 207, 40% at most will be allocated to your answer(s). In each case your application counts eight points.

Vraag 1.2

Verduidelik kortliks hoe die slot van die teks aansluit by die vereistes wat Steenberg aan kinderliteratuur stel. / Briefly explain how the conclusion of the book relates to Steenberg’s requirements for endings in children’s literature. [10]

☞ How to answer this question

1. Follow the same procedure as with the previous question. 2. First determine Steenberg’s requirements for the ending of a book aimed at young children. 3. You will find these requirements in her article titled, “Kinderboeke - is dit literatuur?” in the reader that

accompanies the module. You have to trace the article in the reader as well as the pages that contain the required information yourself.

4. Now read the last chapter in ‘n Haas moet doen wat ‘n haas moet doen and identify the requirements in the story, using the information you found in Steenberg’s article.

5. Limit the number of requirements to between one and three.

Vraag 1.3

Beskryf die rol wat fantasie in Preller se boek speel. Verwys in jou antwoord na: / Describe the part of fantasy in Preller’s book. In your answer refer to:

1. Gerda se ervaringe in die verhaal (Gerda’s experiences in the story) 2. Die rol van die primêre en sekondêre werklikheid (the role of primary and secondary realities) 3. Redes wat ons kan aanvoer dat Moya ‘n fantasiekarakter is (reasons why we may regard Moya as a

fantasy character) [20]

☞ How to answer this question

• First read pages 406 and following in the study guide. These pages provide an overview of the question.

• Bearing this information in mind, summarise Gerda’s adventures while emphasising elements of fantasy in the story. In this regard, use the terms primary and secondary realities.

• Pay special attention to the way in which the narrator describes Moya and what she does. • Be careful not to devote your whole answer to Moya only. Are there other fantasy elements present in

the story, such as characters or events? • Limit your answer to three pages.

Subtotaal: [50]

OF

VRAAG 2 (keusevraag)

Marita van der Vyver: Die ongelooflike avonture van Hanna Hoekom

Since this question aims at students that intend teaching Afrikaans on secondary school level, no explanations/insertions in English are provided. Students may answer the question in Afrikaans or English.

Beantwoord vraag 3.1 OF vraag 3.2.

Page 45: Tut101_2012

AFK1501/101

45

Vraag 3.1 (keusevraag)

3.1.1 Maak ‘n lysie van nie minder as vyf redes nie, as motivering vir jou mening dat Hanna se karakter in die slot ontwikkel tot iemand met ‘n gesonde selfbeeld.

Anders gestel: is sy aan die einde van die verhaal vir jou nog steeds ‘n “vaal” persoon, soos Linda Rode haar in die gedeelte van die Commendatio noem wat aan die begin van die vrae oor hierdie deel verskyn? (Maksimum lengte: 1 bladsy.) (10)

3.1.2 Kies nou enige vier van jou redes en motiveer elkeen deur na die teks te verwys. (Maksimum lengte: 4 bladsye.) (40)

[50]

OF

Vraag 3.2 (keusevraag)

Vind ons in Die ongelooflike avonture van Hanna Hoekom die beskrywing van ‘n tipiese vyftienjarige en haar probleme?

Reageer in jou antwoord op die volgende vrae:

3.2.1 Watter probleme ondervind Hanna? (Maksimum lengte: 1 bladsy.) (10)

3.2.2 Hoe reageer sy op haar probleme? (Maksimum lengte: 2 bladsye.) (20)

3.2.3 Watter verklaring kan ons vir haar optrede bied? (Maksimum lengte: 1 bladsy.) (10)

3.2.4 Watter bydrae kan sprokies (oor die algemeen en as intertekste) lewer om sommige van Hanna se optredes te verklaar? (Maksimum lengte: 1 bladsy.) (10)

[50] Lees, voordat jy die vraag begin beantwoord, die verduideliking wat op bladsy 216 tot 219 in die studiegids verskyn. Dit is noodsaaklik dat jy in jou antwoord baie volledig na die teks verwys. Beperk jou antwoord tot nie meer as vyf bladsye nie.

Subtotaal: [50]

Page 46: Tut101_2012

46

DEEL 5

Nederlandse letterkunde vir Suid-Afrika

Dosent: Me. L. Jacobs Kontakbesonderhede: Telefoon: (012) 429 6474

E-pos: [email protected] Faks: (012) 429 8094 (Vir aandag: Me. L. Jacobs)

1 Inleiding

Indien jy hierdie deel (deel 5) gekies het, moet jy 4.1 deeglik bestudeer sodat jy weet watter voorgeskrewe boek jy moet aankoop.

2. Vrae

Beantwoord al ses die vrae. Jy het slegs ’n keuse tussen vraag 5.1 of vraag 5.2.

Let wel: Vir vrae van 5 punte moet jy antwoorde ongeveer ’n halwe getikte bladsy lank wees en vir vrae van 10 punte behoort jou antwoorde telkens ’n volle getikte bladsy lank te wees.

Vraag 1

Hierdie vraag handel oor studie-eenheid 2 (bl. 233-242). Bestudeer in jou leesbundel die verhaal “Stenen die lopen” uit Emma Huismans se kortverhaalbundel Sonate voor wraak (1994).

Verduidelik hoe die klippe (“stenen”) wat reeds in die titel van die verhaal genoem word vanaf die eerste bladsy tot op die laaste bladsy van die verhaal ontwikkel word tot ’n belangrike element in die verhaal. Vind al die plekke in die verhaal waar Huismans na klippe verwys en bespreek dan die funksie van die voortdurende verwysings na klippe. [5]

Vraag 2

Hierdie vraag handel oor studie-eenheid 2 (bl. 233-242). Bestudeer in jou leesbundel die verhaal “De hond” uit Emma Huismans se kortverhaalbundel Sonate voor wraak (1994).

Op bl. 240 van die studiegids word aangedui dat “De hond” ’n niekronologiese vertelling is. Rangskik die tien belangrikste gebeure in die verhaal in chronologiese volgorde. Jy moet dus begin met die gebeurtenis wat in die verlede heel eerste plaasgevind het en nie noodwendig die eerste gebeurtenis wat in die eerste paragrawe van die verhaal oorvertel word nie. [10] Vraag 3

Hierdie vraag handel oor studie-eenheid 3 (bl. 243-250). Lees die passasie uit Portretten en een oude droom (Alinea 9) deur Kader Abdolah (2003) in die leesbundel. Noem en bespreek dan enige stereotipes wat in hierdie vertelling deurbreek word. [10]

Vraag 4

Hierdie vraag handel oor studie-eenheid 3 (bl. 243-250). Lees die volgende passasie waarmee “Alinea 9” uit Portretten en een oude droom (Kader Abdolah, 2003) begin en beantwoord die vrae wat daarop volg:

Ik waste mijn handen in de Niel, de grootste rivier van de wereld. Niemand is in staat om deze te passeren. Want hij is te breed en er zwemmen gevaarlijke beesten in. Men heeft overal in het water pilaren geplaatst met heilige teksten erop om de beesten weg te jagen. Ik voer op een schip met kamelen naar Hedjaz. Een kameel viel dood neer. Men gooide hem in het water. Er verscheen een reusachtig beest dat de kameel verslond totdat er alleen nog een poot van de kameel uit zijn bek stak. Een monster dook op dat moment

Page 47: Tut101_2012

AFK1501/101

47

uit het water en hij verslond het beest dat de kameel verslonden had. Arabieren noemen dat monster Gorosh. 4.1 Watter skrywer se woorde word hier deur Kader Abdolah aangehaal? (1) 4.2 Verduidelik hoe die ek-verteller verder in “Alinea 9” ervarings en indrukke oorvertel wat ooreenkomste

toon met die gebeure wat in die aangehaalde passasie beskryf word. (4) [5]

Vraag 5 5.1 Hierdie vraag handel oor studie-eenheid 4 (bl.251-258). Lees die voorgeskrewe novelle Oeroeg deur

Hella S. Haasse om hierdie vraag te beantwoord. Dui aan of jy met die volgende stelling saamstem of verskil en motiveer jou antwoord deeglik: “Hella S. Haasse se novelle Oeroeg (1948) is ’n tipies koloniale teks aangesien uitsluitlik die stem en

visie van die koloniale owerhede in Nederlands-Indië weergegee word.” [10]

OF

5.2 Hierdie vraag handel spesifiek oor studie-eenheid 5 (bl. 259-268) en die bloemlesing Ons klein en silwerige planeet (samestellers: Johann Lodewyk Marais en Ad Zuiderent, 1997).

Lees Rutger Kopland se gedig “De landmeter” hieronder en beantwoord dan die vrae wat daarop

volg:

DE LANDMETER Het is niet alleen onverschilligheid, in zekere zin is het misschien zelfs wel liefde die hem dwingt, er is geen paradijs zonder rentmeester. Hij is gelukkig met het landschap, maar gelukkig met het zoeken, coördinaten wijzen hem zijn onzichtbare plek, zijn utopie is de kaart, niet de wereld. Hij wil wel weten waar hij is, maar zijn troost is te weten dat de plek waar hij is niet anders bestaat dan als zijn eigen formule, hij is een gat in de vorm van een man in het landschap. Met de grenzen die hij trekt, scherper en duidelijker, vervagen het gras en de bomen en alles wat daar leeft, lijdt en sterft. Het is heel helder om hem heen, alles is waargenomen. Woordverklarings: • Het = dit • die = wat • er = daar • het zoeken = die gesoek • bestaat = bestaan • als = as • eigen = eie • lijdt = ly • heel = baie

Page 48: Tut101_2012

48

5.2.1 Wat is ’n rentmeester en waarom dink jy word die landmeter in die eerste strofe as ’n rentmeester beskryf? (2)

5.2.2 Is die spreker in strofe 1 van mening dat die landmeter onverskillig staan teenoor die omgewing waarbinne hy werk? Motiveer asseblief jou antwoord. (1)

5.2.3 Wat word bedoel met die stelling in die tweede strofe dat die landmeter se utopie die kaart is en nie die landskap nie? (2)

5.2.4 Watter aanduiding is daar in die derde strofe dat die landmeter daarna streef om beheer te verkry oor sy omgewing? (1)

5.2.5 Watter aanduiding is daar in strofe 4 dat abstraksies vir die landmeter belangriker word as die fisieke omgewing waarin hy hom bevind? (2)

5.2.6 Wat is vir die landmeter ’n voorwaarde om helderheid te verkry (laaste strofe)? (1)

5.2.7 Is die hoofkarakter in hierdie gedig die mens of die natuur? Motiveer asseblief jou antwoord. (1) [10] Vraag 6

Hierdie vraag handel spesifiek oor studie-eenheid 5 (bl.259-268) en die bloemlesing, Ons klein en silwerige planeet (samestellers: Johann Lodewyk Marais en Ad Zuiderent, 1997).

Lees die volgende gedig van J. Eijkelboom en bespreek die kontraste wat die spreker uitlig tussen sy vertroude omgewing in die eerste twee strofes en die woestynwêreld wat in die laaste twee strofes beskryf word. Watter insig formuleer die spreker na aanleiding van die kultuur van die nomades in die woestyn? Gaan lees gerus meer oor die nomades van die Gobi-woestyn op: http://www.oneearthadventures.com/gobi/people/people.htm.

HET AARDRIJK

Fluweelzacht de nacht, achteraf, nu het ochtendgrauw aanbreekt met regen.

Onze vaste merel hakt gaten in het toch al mottige gras van de achtertuin.

In de Gobi-woestijn houden nomaden geen kippen, ook staan hun tenten niet aan de grond genageld.

Want de aarde is heilig voor hen en mag door niets of niemand worden beschadigd.

Page 49: Tut101_2012

AFK1501/101

49

Woordverklarings:

• achteraf = na die tyd • nu = noudat • ochtendgrauw = die grysheid van die lug met sonsopkoms • merel = lyster (Engels: blackbird) • hakt = kap (hier eerder “pik”) • mottige = 1. onhelder en vogtig; 2. motgevrete • kippen = hoenders • genageld = vasgespyker • hen = hulle (10)

Subtotaal: [50]

Groottotaal: 100 punte

Onthou om die plagiaatverklaring en kontrolelys by jou werkopdrag in te sluit!

Page 50: Tut101_2012

50

LIST OF RECOMMENDED BOOKS WITH BOOK NUMBERS LYS VAN AANBEVOLE BOEKE MET BOEKNOMMERS

AFK1501 2012

When requesting recommended books from the Library, please

supply full book number on your request card.

Verskaf asseblief volledige boeknommer wanneer aanbevole boeke by die Biblioteek aangevra word.

Books supplied subject to availability

*Limited copies available. If unavailable, please request alternative.

TITLE AUTHOR CALL NUMBER REQUEST NUMBER

Van Patrys-hulle tot Hanna Hoe 839.36099282 VANP