Talig - ATKV · oe ek my US Woordfees-program kry, het ek dadelik geblaai na die Toneelstukke. En...

9
Nuusbrief van die ATKV se Taal-en-kultuurafdeling | Mei 2019 | #28 Talig

Transcript of Talig - ATKV · oe ek my US Woordfees-program kry, het ek dadelik geblaai na die Toneelstukke. En...

Nuusbrief van die ATKV se Taal-en-kultuurafdeling | Mei 2019 | #28

Talig

Ek lees onlangs in De Morgen, ’n Belgiese Nederlandstalige dagblad, die volgende in ’n

opiniestuk deur Alicja Gescinska en Yves T’Sjoen:

“Taal is het cement van elk maatschappelijk bestel, en in een multiculturele samenleving is het samenklinken van talen een realiteit en een zegen. Met elkaar praten en naar de ander luisteren; dat moet jongeren op school aangeleerd worden. Waar anders? We bewegen ons in taal. Taal is de voedingsbron van ieder gesprek, van interpersoonlijk begrip door middel van het gesproken en geschreven woord. In onze gepolariseerde tijden is er te weinig van dat begrip. Wie talen onheus bejegent, geeft voedsel aan ongenuanceerd denken en spreken, aan populisme, aan zij die verdeeldheid in de samenleving zaaien, daar waar verbondenheid

nodig is. We moeten argumentatieleer en spreek- en schrijfvaardigheid erkennen als bouwstenen van een democratische samenleving.” (https://www.demorgen.be/meningen/wat-het-onderwijs-en-de-samenleving-nodig-hebben-meer-tijd-voor-taal~b9ea0a84/)

Dit is eintlik ’n opsomming van wat die ATKV se Taal-en-kultuurafdeling doen. Deur ons projekte wil ons platforms skep waar mense met mekaar praat en na mekaar luister. Die saamklink van tale is nie ’n struikelblok nie – dit is ’n seën.

Karien Brits Taalliefhebber en toevallig ook die redakteur

DIE SAAMKLINK VAN TALE IS ’N SEËN

Als Afrikaans-enthousiasteling verspreid ik graag het goede woord over

deze mooie taal in Nederland. Om deze reden had ik het bestuur van mijn studentenvereniging, A.S.V. Prometheus, gewezen op mijn docent Afrikaans, Elize Zorgman van het Zuid-Afrikahuis in Amsterdam. Zij geeft regelmatig cursussen Afrikaans en zodoende is ze gevraagd om ook bij onze vereniging een korte workshop te komen geven. Aangezien onze studentenvereniging wat studies betreft gemengd is, kwam er een heel divers publiek op af: van medische studenten tot studenten psychologie tot taalkundigen. In een workshop van ongeveer anderhalf uur zou Elize hen laten kennismaken met het Afrikaans.

Het leuke van Elizes lessen voor Nederlanders is dat ze nooit een woord Nederlands tegen hen praat. In het begin schrikken Nederlanders daar vaak van, bang om het niet te kunnen volgen, maar nadat men

Workshop Afrikaans voor Leidse studenten

even gewend is, vindt iedereen het hartstikke leuk. Ook deze workshop was volledig in het Afrikaans en vandaar dat de eerste helft Elize zelf aan het woord was: dit gaf de studenten een beetje de kans aan de taal te wennen. Ze legde wat uit over de geschiedenis van de taal, de overeenkomsten tussen Nederlands en Afrikaans, maar ook over de invloeden uit andere talen.

In de tweede helft van de workshop moesten de studenten zelf aan de slag! Elize had een paar dialogen geschreven waar men zich doorheen ploeterde. De y werd nog vaak als een ie-klank uitgesproken en woorden als klopdisselboom vergden toch wel enige uitleg, maar het schijnt dat het bestuur van de vereniging dit woord nu helemaal heeft ingeburgerd (“Hoe gaat het met jouw bestuurstaakjes?” “Klopdisselboom!”) Aan het eind was er een muzikale afsluiting: Elize deelde de tekst van Lisa se klavier uit, waarbij een paar woorden weggelaten waren. Het nummer werd geluisterd en de ontbrekende woorden moesten ingevuld worden. Hierbij bleek vooral de juiste spelling van sommige woorden een uitdaging van de studenten.

Na afloop vroeg ik Gerard Spaans, student taalwetenschap, hoe hij de cursus had ervaren. Hem viel vooral op “dat het Afrikaans duidelijk een dochtertaal is van voornamelijk dialectaal Nederlands en niet zozeer van Standaard-/Randstadnederlands. Dat merk

je aan klinkers (bijv. tert ‘taart’ en perd ‘paard’) en aan feiten als dat ons ‘wij’ betekent. Het was grappig dat mensen in de zaal die een dialect spreken, de “afwijkingen” herkenden. Zo werd er gezegd dat naby ‘dichtbij’ de klemtoon op de eerste lettergreep heeft in plaats van op de tweede, terwijl in het Standaardnederlands bij nabij de klemtoon op de laatste lettergreep ligt. Ik herkende hier echter Zeeuws naebie [ˈnˈˈ.bi] ‘dichtbij, bijna’ in, waarbij de klemtoon wel op de eerste lettergreep ligt.”

Veel van de studenten hadden het idee dat de workshop een goede inleiding was om indien nodig zelfstandig met Afrikaans aan de slag te kunnen gaan. Vanwege de nabijheid van de talen is een korte introductie in de verschillen tussen de talen vaak al voldoende om een heel eind te kunnen komen.

De volgende ochtend werd ik wakker met een reeks enthousiaste berichtjes van onze penningmeester op mijn telefoon.

Blijkbaar had onze assessor pr een foto van de tekst van Lisa se klavier op Instagram gezet. De lokale Leidse zanger Barry Badpak, die de vereniging volgt op Instagram, had vervolgens Koos Kombuis in zijn reactie bij de foto getagd. De hierop volgende reactie van Koos Kombuis “Hou die blink kant bo!!!” is er één voor onze jaarboeken.

- Francine Maessen

ATKV-Inkstories wil ’n kreatiewe ruimte en platform skep vir gesprekke oor Afrikaanse letterkunde. Uiteindelik wil die ATKV die geleentheid bied vir Suid-Afrikaners om hul

liefde vir letterkunde te kom uitleef en ’n kultuur van lees en letterkunde kweek.

Die eerste Inkstories van 2019 is op 27 Maart by Sterlings in Brooklyn winkelsentrum aangebied. Pretoria FM is die mediavennoot van hierdie projek en wil saam met die ATKV vir Afrikaanse letterkunde vlerke gee. Hennie Koortzen, uitvoerende hoof van Pretoria FM, sê by die geleentheid van 27 Maart: “Die ATKV se Inkstories en Pretoria FM se Klankstories sentreer juis rondom dit, stóries. Ons wil stories gebruik om ons gedeelde droom, om ’n liefde vir lees en letterkunde te kweek, te bereik.” Dit is vir die ATKV belangrik dat ons in ons taal kan lees, droom en leef en Hennie beaam dit: “Ons kan skilder met ons taal, dis hoekom ek trots Afrikaans is.”

Exclusive Books is ook vanaf 2019 ’n vennoot van ATKV-Inkstories en het gesorg vir die spogvenue in die Brooklyn winkelsentrum. Lee Jackman, Bemarkingsbestuurder van Exclusive Books, sê dat die boekhandelaar saam met die ATKV wil bou aan ’n leeskultuur in Suid-Afrika en Afrikaanse letterkunde wil bevorder.

Tydens die geleentheid op 27 Maart het Andre Velts, akteur en regisseur, gesels oor die uitdagings om van boek na film te beweeg. Hy het voorbeelde uit twee van sy onlangse films, Raaiselkind en Die Pro, gebruik. Andre het uitgebrei oor die verskeie uitdagings vanuit sy perspektief as regisseur maar het ook ’n breër prentjie geskets van Suid-Afrikaanse films en meer spesifiek, Afrikaanse films.

Andre verduidelik dat ’n boek soveel konteks en detail gee en daarom moet ʼn mens in die film soveel kombinasies gebruik om dieselfde gevoel te skep. Hy vertel dat hy gebruik maak van kleure, vorms en kamerahoeke om sekere emosies te stimuleer: “Rooi kan gebruik word om gevaar aan te dui terwyl vorms ook emosies kan stimuleer. Skerp hoeke dui byvoorbeeld ook op gevaar terwyl ronde vorms kan dui op vriendelikheid. ’n Skewe kamerahoek skep die gevoel dat iets nie pluis is nie.”

Andre meen dat die sleutel tot die suksesvolle omskakeling van boek na film emosie is. “Die boek moet eerstens in ’n draaiboek gekondenseer word waarna die draaiboek verder gesny moet word. As jy die draaiboek sny, sny jy emosie en die gevolg is eendimensionele

karakters,” vertel Andre. Hy verduidelik dat dit om hierdie rede belangrik is om soveel moontlik emosie te stimuleer binne die beperkte ruimte van film. Deur emosie word volronde karakters geskep en word die diepte van die verhaal te behou.

Andre skets ook ’n breër prentjie van Afrikaanse films in Suid-Afrika: “Afrikaanse films maak min geld. Wanneer ons aan hierdie films werk, waag ons baie maar ons voel en bewerk iets en al wat ons hoop is dat dit ’n verskil in iemand se lewe gaan maak.” Hy verduidelik verder dat wanneer films ophou draai in die teater en op televisie gewys word, die films min inkomste genereer. Dit is daarom belangrik dat Suid-Afrikaners moeite moet doen om Afrikaanse films in die teater te gaan kyk. “Ek dink ons kan weer ʼn kultuur van teater skep. Ons het ’n opvoedingstaak en mense moet ingelig word en verstaan waarom hul ondersteuning van die Afrikaanse filmindustrie so belangrik is.”

Daar word nog vier Inkstories-geleenthede vir 2019 beplan waartydens interessante en kontroversiële temas in Suid-Afrikaanse letterkunde bespreek sal word. Hou die ATKV, Pretoria FM en Exclusive Books se sosialemediaplatforms dop vir inligting oor die volgende geleentheid. Kontak Mandie Ehlers by 011 919 9018 of stuur ’n e-pos aan [email protected] vir meer inligting.

- Rozeldi Trollip

ATKV-Inkstories: VAN DIE BOEK NA DIE SILWERDOEK

Toe ek my US Woordfees-program kry, het ek dadelik geblaai na die Toneelstukke. En daar

sien ek dit, Ons is nie almal so nie. Ek word teruggeneem na 2010 waar ek die boek vir die eerste keer lees, en dan word ek teruggeneem na my honneursjaar by die NWU.

ʼn Blywende indruk. Ek moet sê, Mercy Kannemeyer het my gedagtes gelees. Tydens my honneursjaar het ons die boek behandel en dadelik het ek opgemerk dat dit ʼn briljante toneelstuk sal wees. Maar ek was verbaas om te sien dat dit ʼn eenvroustuk gaan wees.

Vir die wat nog nie die boek gelees het nie: Ons is nie almal so nie is ʼn novelle wat afspeel in die vyftigerjare in Kaapstad. Hierdie boek lewer kommentaar op die politieke bestel, die problematiek van hoort en kleur, patriargale bestel, godsdiens en ook nasionalisme. Hierdie novelle kan ook gesien word as grootwordletterkunde of die sogenaamde “Coming of age literature”. Gertie van Greening is die eerstepersoonverteller in hierdie boek. Sy is ʼn sesjarige dogtertjie en woon saam met haar ma en pa. Alles in hierdie boek is gebeure deur Gertie se oë.

Daneel van der Walt speel die hoofrol in die toneelstuk by die Woordfees. Omdat dit ʼn eenvrouvertoning was, het Van der Walt ook die rolle van Doris, oom Tank, Piet van Greunen, Mavis, Barnie en ʼn hele paar ander karakters gespeel. Sy het dit baie goed reg gekry om van die rolle te verwissel. Die oomblik wat sy Gertie word, was dit asof die gehoor ook deur die onskuldige oë van ʼn sesjarige na die gebeure kyk.

Die dekor was minimalisties, maar effektief en die byklanke en beligting het bygedra tot die atmosfeer. Mercy Kannemeyer kan trots vol. Jeanne Goosen se boek is met ywer en opregtheid weergegee in dié toneelstuk. Ek hoop almal kry ʼn geleentheid om dit by die toekomstige feeste te gaan kyk. Geniet dit!

-Mandie Ehlers

Ons is nie almal so nie

Deel XV van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal is op 17 April bekendgestel met Coenie de Villiers en Deon Meyer as gaskunstenaars

Die verskyning van ʼn WAT-deel is ʼn besondere geleentheid omdat dit beteken dat nog ʼn deel van die Afrikaanse woordeskat so omvattend as moontlik vasgevang is in ʼn woordeboek. Afrikaans in ál sy verskyningsvorme vind neerslag in die WAT: dit is ʼn tuiste vir die Afrikaans van al die sprekers van die taal – van die Kaapse Vlakte tot in die Noordelike uithoeke van Suid-Afrika. ʼn Resensent van deel XIV het dit soos volg gestel: Die WAT is monumentaal in die lewe van Afrikaans omdat dit die taal so omvattend boekstaaf.

Deel XV strek alfabeties van SKOOL tot by SRI

Wat gaan vir

WATLANKAANS, maar dit bevat ook ʼn Addendum met nuwe woorde van A tot S.  Die Addendum gee aan ons ʼn idee wat sedert die publikasie van elke deel in Afrikaans gebeur het, beginnende by deel I in 1950. Aanlyn en amabokoboko was nog nie ʼn vonkel in Afrikaans se oog in 1950 nie, ook nie banting, beurtkrag en CD nie. Geelkaart, gay, geheuestokkie, gemorskos, google en glasnost was destyds nie eers ʼn hersenskim nie, en so ook opdrafspan, papegaaislaai, pang en popgloër.  Nou kan die WAT ook vir gaste sê dat hulle tog te poenankies lyk by ons bekendstelling. 

Ons het verlede jaar op ʼn revolusionêre tienjaarplan vir die voltooiing van die WAT besluit waarvan die hoofmomente vyf addisionele redaksielede en ʼn bykomende R32 miljoen versprei oor tien jaar behels.  Die vyf redaksielede is aangestel en die R32 miljoen is amper gerealiseer.  Ons werk tans aan deel XVI van die WAT wat in 2020 moet verskyn en wat die laaste S-deel en ook die laaste gedrukte deel van die WAT sal wees.  Vanaf die letter T sal die WAT slegs aanlyn gepubliseer word.

Dr. W.F. BothaHoofredakteur en Uitvoerende Direkteur Woordeboek van die Afrikaanse Taal Stellenbosch

... dat die dubbele ontkenning ook in Duits bestaan? Ons weet dat die dubbele negatief in Afrikaans verpligtend toegepas moet word, maar hoe is dit in die geval van ander tale?

Ons vind die dubbele negatief bv. nog in Engels[1], Nederlands[1], Frans[1], Italiaans[1], Spaans[1], verskeie Slawiese tale[1] en nogal in Chinees[2]. Gedurende my Afrikaanse studies het ek by Edith Raidt uitgekom wat gesê het: “Dit is ʼn bekende feit dat in verskeie Nederlandse, Duitse en Engelse dialekte verskillende soorte van die dubbele ontkenning gebruik word, ofskoon dit altyd as ʼn substandaard beskou word[3]. Dit het my ore laat spits en ek het ʼn bietjie navorsing gedoen en nogal ʼn Germanis gevra.

Ek sal in die eerste plek moet noem dat die dubbele ontkenning ʼn groot onderwerp is. Daar is dubbele ontkenning om iets te bevestig (in die Duitse taal dikwels gebruik) en daar is dubbele ontkenning om iets te ontken (skaars gebruik). Ek wil graag fokus op hoe om te ontken.

As ons die tale Nederlands en Duits vergelyk, gaan ons die volgende raaksien: die Middelnederlandse ontkenningspartikels en ... niet lyk baie soos die Middelhoogduitse partikels en ... niht. Let wel, daar is verskeie partikels in die Middelhoogduits. Van die partikel ni bestaan verskeie vorme soos ne, no, en, nu, neo, en na.

In die Middelhoogduits (tydperk tussen ongeveer 1050 en 1350) is die dubbele ontkenning as ʼn standaard gebruik[4]. Die ontkenning is baie dikwels uitgedruk deur die negatiewe partikels ne of en. Hierdie ontkenningspartikels is voor die verbuigde werkwoord geplaas en kon aan die werkwoord verbind word. En dan is daar nog ʼn bykomende niht. In die loop van die tyd is die ou partikels (ne, en, ens.) vervang deur die partikel niht. Sedert die laat Middelhoogduits word slegs niht (nicht) vir die ontkenning gebruik.

Middelhoogduits: Er enkumt niht. (In hierdie voorbeeld is twee partikels gebruik (kursief gemerk) en die partikel en is proklities verbind aan die werkwoord.)

Nuwe Hoogduits: Er kommt nicht. (Die partikel en het verdwyn.)

Afrikaans: Hy kom nie.

Kom ons kyk na Duitse streektaal ook. Ek praat vervolgens uit my ondervindings in my geweste. Oor die algemeen hoor ʼn mens die dubbele ontkenning selde. Dit word skaars gebruik, ʼn mens kan dit egter by enkele mense hoor. Ek het dit by familielede opgetel. ʼn Voorbeeldsin: “Das ist doch keine Frage nicht!” / “Dis tog nie ʼn kwessie nie!” In die Duitse sin is die woordjie “nicht” onnodig. Standaard sou wees: “Das ist doch keine Frage!”

Die gebruik van die dubbele ontkenning het geleidelik in die Duitssprekende wêreld begin verdwyn en het net in sommige dialekgebiede behoue gebly. ʼn Mens hoor dit hedendaags meer dikwels in die suide van Duitsland, in Switserland en in Oostenryk[5]. Onthou, dis gesproke taal. In die skryftaal word die dubbele ontkenning deesdae nie meer gebruik nie.

Let wel: Daar is gebiede waar mense nogal drie keer ontken! Dis nou ʼn uitdaging, want streektaal is ʼn gesproke taal. Ek gee ʼn voorbeeldsin waarin ek die partikels/ontkenning kursief gemerk het:

ʼn Streektaal: “Hat kaaner kaa Messer net do?”

geskryf in niestreektaal: “Hat keiner kein Messer nicht da?” (Dis substandaard.)

Hier word gevra of daar nie iemand is wat ʼn mes het nie.

Standaard: Hat keiner ein Messer da?“

Afrikaans: “Het niemand ʼn mes nie?”

Ek het nooit nagedink waar dubbele ontkenning in die Duitse taal vandaan kom nie en het dit as ʼn “slegte” Duits beskou. Vandat ek my navorsing hieroor gedoen het, het ek van my mening oor daardie “substandaard” verander. ʼn Mens sal moet aanvaar dat daar taalvariëteite is en hulle is “Mundart”. “Mundart” is ʼn ander Duitse woord vir “Dialekt” (Afr.: dialek). “Mundart” is ʼn mooi woord vir my en beskryf ʼn oorspronklike taal wat binne ʼn taalgemeenskap gepraat word en wat in baie opsigte afwyk van die standaardtaal; meestal slegs ʼn gesproke taal.

Nog ʼn interessante feit oor Duitse dialekte. Opnames in Duitsland het getoon dat bv. die dialek wat in Sakse gepraat word, nie baie sexy klink nie. Daardie dialek is nie gewild nie[6]. Die mense is van mening, dat die Duits, wat in die Noorde gepraat word, sexy klink. Wat sexy ook al vir die mense in hierdie geval beteken ...

Dialek, dubbele ontkenning of taalvariëteit is niks om oor skaam te wees nie. Dis taalerfenis, dis kultuur en dis wat ons is.

- Alexander S. Mickel

HET JY GEWEET ...

Bronne: 1https://de.w

ikipedia.org/wiki/D

oppelte_Verneinung. 2Negation in Chinese: A corpus-based study. http://eprints.lancs.ac.uk/70/1/N

egation_in_Chinese_for_JEAL.pdf. 3Raidt, E.H. 1983. Einführung in G

eschichte und Struktur des Afrikaans. U

itgegee deur Wissenschaftliche B

uchgesellschaft, Darm

stadt. 4Wolf, N

.R. 2000. Syntax des M

ittelhochdeutschen. In Sprachgeschichte: ein Handbuch zur G

eschichte der deutschen Sprache und ihrer Erforschung. U

itgegee deur de Gruyter, B

erlin, New

York. 5https://ww

w.philhist.uni-augsburg.de/lehrstuehle/germ

anistik/sprachwissenschaft/ada/runde_3/f07f_f08a/ 6 https://de.statista.com

/statistik/daten/studie/109/um

frage/unbeliebte-dialekte-in-deutschland/ en https://ww

w.abendblatt.de/m

einung/article215193005/Saechsisch-ist-der-unbeliebteste-deutsche-Dialekt.htm

Lank, lank ... baie lank gelede voor daar nog motors, gewere, horlosies of selfone was, was daar ’n man met

die naam van Boetros.

Boetros ’n reusagtige, gespierde man, was ’n groot jagter en was landwyd bekend vir sy goeie jaghonde.

Sy jaghonde het bestaan uit windhonde, skaaphonde, spoorsnyhonde en steekbaarde. Elke hond het hy vir ’n sekere doel aangewend. Die wind- en skaaphonde het hy vir hul spoed gebruik. Maar die skaaphonde was ook baie slim en daarom gebruik om groot diere van die berg of rivier af te keer, as al die honde nie naby genoeg was nie. Die spoorsny- of snuffelhonde is gebruik om al die wilde diere uit te snuffel.

Boetros het amper elke dag van die week gejag.

As jy ’n gat grou ...

Want sy bestellings vir vleis was baie groot.

Dit het veroorsaak dat die honde nie altyd uitgerus was nie, maar hulle moes altyd hul beste gee, want as hulle lyf weggesteek het, het Boetros hulle lewendig vir sy krokodil gevoer. Dit het hy ook gedoen as die honde oud of beseer was.

Sy seun Terra het altyd vir die honde kos gemaak en hulle gebad as hulle uit die veld gekom het. Terra was baie lief vir die honde en glad nie so gehard soos sy vader nie.

As hy uitgevind het ’n hond is beseer, het hy die hond in sy geheime grot weg gaan steek om gesond te word. Vir hierdie honde het hy elke dag water gevat en kos gaan maak as sy vader in die veld was.

Terra het al baie met sy vader gepraat om die honde meer te

waardeer, want dit is deur die honde dat hulle voedsel op die tafel het. Maar dit het niks gehelp nie, daaroor het hy liewer ’n drag slae gekry.

Eendag toe sy vader uit die veld terugkeer, het hy sy krokodil wat ’n ruk al siek was, dood aangetref. Dit het Boetros wat baie lief was vir sy krokodil net nog wreder gemaak. En die honde moes wye draaie om hom loop uit vrees vir hul lewe.

Dit was asof die wild besluit het om ver weg te trek. Toe hy die derde dag met leë hande terugkeer uit die veld was hy baie boos.

Die volgende dag span hy sy donkies in en ry na die naaste dorp. Hy koop ’n 50-litervat drank, een groot sak gif om al die honde wat hy die afgelope drie dae gebruik het, te vergiftig.

Die aand kom hy singend by die huis aan. Met baie moeite kry Terra en sy moeder sy vader van die donkiekar af.

Daarna span hy die donkies uit en jaag hulle die veld in. Eers toe sy vader wat in die huis moes kruip, kliphard snork, kom die honde nader na Terra wat langs die vuur sit.

Sy hart breek toe hy die honde se hartseer oë sien. Nadat hy oor elkeen se kop streel swaai hulle gelukkig hul sterte.

Die volgende oggend toe hy vir die honde wil kos maak, stop sy vader hom en sê hy sal dit self doen.

Toe Terra hom vraend aankyk, bulder hy dat Terra die donkies moet inspan en hout moet gaan maak.

Terra jaag so vinnig as wat hy kan veld toe, want hy het ’n voorgevoel dat iets gaan skeefloop. Soos hy die

Die skrywer Collin Vass (middel) saam met Gerrie Lemmer, uitvoerende hoof: taal en kultuur en Karien Brits, bestuurder: taal. Collin is lid van Anzil Kulsen, projekorganiseerder in die Noord-Kaap, se boekklubs. Collin lees nie net nie, maar hy skryf ook.

hout maak is hy baie bekommerd oor die honde by die huis.

Nadat hy klaar die hout gemaak het en op die donkiekar gepak het, jaag hy weer terug huis toe. Toe hy op hul werf stilhou, sien hy die honde oral lê. Hy hardloop van die een na die ander. Maar dis te laat. Sy vader het al die honde vergiftig, hulle is reeds dood.

Terra begin hardop huil, hy kan nie glo sy pa kan so wreed wees nie. Sy moeder vat hom om die lyf, sy is jammer vir haar seun, want sy weet hoe lief hy vir die honde is.

Daardie nag loop hy en sy moeder weg van die huis af na sy geheime grot. Al die beseerde honde is bly toe hulle Terra en sy moeder sien. Terra gaan haal agter in die grot meel

en water sodat sy moeder pap kan maak. Sy moeder, Johanna, maak genoeg pap sodat hulle twee ook van die pap kan eet.

Die volgende oggend baie vroeg stap hy en sy moeder huis toe. ’n Ent van die huis af staan hulle agter ’n kameelboom en loer of hulle sy pa kan sien.

Maar behalwe die hoender en die ganse is daar geen lewe op die werf nie. Hulle besluit om verder te loop na die huis. Toe hulle by die kombuis kom, sien hulle sy vader op die grond lê.

Sy moeder skud haar kop toe sy aan sy vader se pols vat. Hy moes per ongeluk uit dieselfde beker as waarmee hy vir die honde gif geskep

het, sy wyn gedrink het. Dit het hom sy lewe gekos.

Nadat Terra elke hond in sy eie graf begrawe het, ry hy en sy moeder dorp toe om sy vader se dood te gaan registreer. Dieselfde dag nog begrawe hulle sy vader, want daar was geen lykshuis nie.

Van toe af het hy en sy moeder gelukkig gebly, al die diere is met respek behandel. Hy en sy moeder het ’n groot tuin met verskillende soort groente aangeplant. Hulle het ook bokke, beeste, skape en varke aangeskaf. Hierdie vleis en groente het hulle elke maand by die mark gaan verkoop, om hulself en die honde te voed.

- Collin Vass

Jaarliks omstreeks 21 Desember skop daar by my ʼn diepe depressie in. Want die sonnewende (oftewel solstitium vir die wetenskaplikes, solstice vir die Engelse) beteken net een ding:

Die winter is weer op ons. My depressie het die afgelope paar dae verdiep, want die koue kry nou nie juis by my en myse huis ʼn warme ontvangs nie.

Ek is nie alleen in my tweedeling van ʼn somer:winter-jaar nie.

Ongeveer 5 000 jaar gelede het daar ʼn groep nomadiese veeboere noord van die Swartsee gewoon. Die taal wat hulle gepraat het, allerweë bekend as Proto-Indo-Europees, is die oervorm van onder andere die meeste Europese en ʼn klomp Asiese tale. Omdat hulle nie landbouers was wat moes plant en oes nie, en omdat hulle nie woorde had vir lente (planttyd) en herfs (oestyd) nie, kan ons aflei hulle waarskynlik net twee seisoene onderskei het: *sem- (‘somer’ – wanneer die vee kon wei) en *ǵhiem- (‘winter’ – wanneer die vee teen die koue beskerm moes word). Dié twee oerstamwoorde is die basis vir ons somer en winter (en ander soos zomer/winter in Nederlands, summer/winter in Engels en Sommer/Winter in Duits, en selfs grīsma/šišir in Hindi of aestas/hiems in Latyn).

(Ja, ja, ek weet dit lyk dalk of hierdie Hindi- en Latynse voorbeelde niks met ons woorde te make het nie, maar glo my, hulle is familie, al lyk hulle ʼn bietjie anders as gevolg van allerlei klankverskuiwingsprosesse.)

So ʼn rukkie later, ongeveer 3 000 jaar gelede, het ʼn klomp van die Indo-Europeërs uitgewyk Skandinawië se kant toe en daarna suidwaarts na die noorde van

Sy soen woorde ...Duitsland. Die taal wat daar verder ontwikkel het, staan bekend as Protogermaans.

In Protogermaans kry ons nou twee nuwe woorde: *harbista- (‘oestyd’) en *langa-tina- (letterlik ‘lange dae’). Uit *harbista- ontstaan die Engelse harvest, die Duitse Herbst, Nederlandse herfst en uiteindelik ons herfs. Ook ander Germaanse tale is meestal eendersklinkend: höst in Sweeds, haust in Yslands en Noorweegs, Harvst in Platduits, Harbst in Jiddisj, en so meer.

Daardie *langa-tina- het eintlik net herkenbaar oorgebly in twee Germaanse tale: in die lente van Nederlands en Afrikaans! Die meeste ander tale het woorde wat iets met voorjaar te make het – die voorste deel van die jaar wanneer dit lente in die Noordelike Halfrond is. Friejjohr in Elsassies, Fréijoer in Luxemburgs en Frühling in Duits. In Platduits kry ons die fraaie Blöhtiet, oftewel bloeityd soos ons ook in Afrikaans het.

So, waar kom die Engelse aan autumn en spring? In Oudengels het hulle nog gepraat van hærfest, maar onder Franse invloed het autumn toe posgevat. Dié kom van die Latynse autumnus, wat niemand die oorsprong van weet nie. En hulle spring het te make met ons Afrikaanse spring: wanneer nuwe lewe begin, wanneer dit wegspring, wanneer dit ontspring ...

En seisoen? Dié het in sy verste wese te make met die Latynse woord vir “saai”, want die seisoene bepaal wanneer ons kan saai en maai. Mag jou pampoene geil groei!

Gerhard van Huyssteen is ʼn taalkundige aan die Noordwes-Universiteit en ʼn nieuitvoerende direkteur

van die ATKV. [email protected]

Bronne: https://en.w

ikipedia.org; https://en.wiktionary.org; https://w

ww

.omniglot.com

; http://ww

w.etym

ologiebank.nl

Afrikaans het ’n storie ... ’n onkonvensionele en opwindende verhaal vol intrige met ’n stewige spanningslyn vol kleurvolle karakters ... uiteenlopend, interessant, veelvlakkig en

propvol verrassings. Die rolverdeling verstom. Daar is helde, voetsoldate, stryders, skeppers en bouers. Daar is ja-broers, dié met politieke agendas en natuurlik die intellektuele. Van die karakters is doelgerig, ander passievol of behep ... en dan is daar die romantiese hoofrolle ... die digters ... die musikante ... die skrywers ...

Die storie van Afrikaans begin in Europa, word gebore in Afrika, ontwikkel en groei met invloede uit Asië, ontwikkel in die vele monde van al sy mense, word sterk, kragtig en sprei sy vlerke ver verby die grense van lande en kontinente. Hierdie storie is nou 1 800 bladsye lank en ons trek maar by Deel 2!

Prof. Wannie Carstens en prof. E.H. Raidt het pen op papier gesit en vertel hierdie verhaal in Deel 1 en Deel 2 van Die storie van Afrikaans (http://storievanafrikaans.co.za/) – ’n heldhaftige poging om hierdie omvattende, inklusiewe geskiedenis te vertel. Die verhaal neem ons deur die verloop van hoe alles gebeur het ... waar alles vandaan kom en hoe ons hier uitgekom het. Die raamwerk waarbinne hierdie gebeure afspeel gee perspektief en insig, maar bowenal is dit ’n storie van hoop ... ’n storie wat nog lank nie klaar vertel is nie ... ’n storie wat jou nooi om saam te begin skryf aan Deel 3 ... Deel 4 en so aan.

WIL JY DEEL WEES VAN HIERDIE STORIE?Prof. Carstens het ’n lys van bykans 100 Doendinge (omskryf in Deel 2) wat jou verseker in hierdie verhaal sal inskryf. Dit is maklike stappe om te volg sodat jy die hoofrol met oortuiging kan vertolk!

Kyk hoe eenvoudig is dit!l Gebruik Afrikaans oral waar jy kan.l Maak Afrikaans ’n leefwyse – praat dit, sing dit, skryf

dit, lees dit, koop dit en ondersteun dit.l Wees positief oor Afrikaans se toekoms.l Besef dat Afrikaans nie die belangrikste taal in die

wêreld is nie ... al is dit dalk vir jou.l Maak seker jy bevorder ook ander inheemse tale.l Wees trots op die verskeidenheid binne Afrikaans

... die taal behoort immers aan almal wat dit praat, maak nie saak hoe dit klink nie.

l Ondersteun Afrikaanse onderwys.l Fokus op wat ons saamsnoer.l Ondersteun die reg op moedertaalonderrigl Wees trots op Afrikaanse mense se prestasies en

word deel van die suksesverhaal.

Word ’n in die Afrikaanse storie

hoofkarakter

Klik hier (https://afrikaans.com/taalnuus/wenke-rakende-die-behoud-van-afrikaans-wat-om-te-doen/) en kry die volledige lys onder die knie.

Laat die kamera rol!

Bly op hoogte van jou Afrikaanse taalnuus op Afrikaans.com