PROSEDURE VIR EERSTEJAARINDELINGS VIR 2009 Web viewBSc Hout+HPK: Op die web:...

download PROSEDURE VIR EERSTEJAARINDELINGS VIR 2009 Web viewBSc Hout+HPK: Op die web: Skedules&Roosters/Moduleroosters (per module). ... Daar word versoek dat almal wat met eerstejaars inligting/navrae

If you can't read please download the document

Transcript of PROSEDURE VIR EERSTEJAARINDELINGS VIR 2009 Web viewBSc Hout+HPK: Op die web:...

PROSEDURE VIR EERSTEJAARINDELINGS VIR 2009

PROSEDURE VIR EERSTEJAARINDELINGS VIR 2015

1. Alle eerstejaarstudente, behalwe vir die geval van Ingenieurswese, BA met Musiek, BSc Hout+HPK, BSc VGP, Arbeidsterapie en Spraak- Taal- en Gehoorterapie, word rekenaarmatig ingedeel in groepe van modules waar daar meer as een groep bestaan. Die name met groepindeling en lokaalindeling sal vanaf Donderdag 29 Januarie 2015 op My.SUN beskikbaar wees. Eerstejaarstudente sal tydens orintering ingelig en opgelei word om hul Klasroosters met groepindeling te bekom.

2. Die uitsonderings genoem in no.1 kan hul Klasroosters met groepindeling as volg verkry:

Ingenieurswese: Op die web: Skedules&Roosters/Moduleroosters (per module).

(Navrae: Ingenieurswese Hoofgebou Voorportaal / Mnr Minnaar Pienaar, 021-8084205.)

BA met Musiek: Konservatorium - tweede vloer kennisgewingbord.

(Navrae: Mej D Herbst, Konservatorium , kamer C207)

BSc Hout+HPK: Op die web: Skedules&Roosters/Moduleroosters (per module).

(Navrae: Dr Eduard Hoffman, Lombardi Gebou, kamer 3007)

BSc VGP: Mev Wilma Wagener (AI Perold Gebou, kamer 2012).

Arbeidsterapie: WebCT / Me Zenda Jansen (Admin A3008).

Spraak- Taal- en Gehoorterapie: Die Afdeling sal dit verskaf.

3. Eerstejaars word dringend versoek dat daar vir die hele jaar by die groepindelings gehou word, omdat dit gebaseer is op die getal sitplekke per lesinglokaal.

4. Indien daar studente is wat modulebotsings het, sal dit op hul roosters aangetoon word en kan hulle die betrokke botsings f kursusveranderinge vanaf Maandag 2 Februarie 2015 by die Fakulteitsekretarisse regstel.

5. Daar word versoek dat almal wat met eerstejaars inligting/navrae werk, van die volgende kennis neem en aan die studente meedeel:

Elke eerstejaarstudent moet verantwoordelikheid neem om vas te stel wat sy/haar groepindeling is voordat die klasse op Maandag 2 Februarie n aanvang neem.

By elke module sal die lesingtye en (so ver as moontlik) die lokaal waar die eerste lesing van daardie module plaasvind, verskyn.

Indien geen lesinglokaal by n module gespesifiseer is nie, sal die departement dit later bekend maak.

6. Lyste van die name van studente wat in elke groep ingedeel is, sal beskikbaar wees op die web (Personeel/Studente-Admin/Eerstejaars Indelings per Departement), vanaf Donderdag 29 Januarie 2015. Al die groepe van elke Departement is in een ler. Onder die skakel Eerstejaars Indelings sal die groepindeling van elke student afsonderlik beskikbaar wees.

7. Vir studente wat later registreer f hulle inskrywings wysig, sal daar daagliks opvolgindelings gedoen word vanaf 2 Februarie tot 13 Februarie, en selfs later. Hierdie indelings sal elke dag beskikbaar wees op die web, vir registrasies wat die vorige dag gedoen is. Na elke lopie sal die Eerstejaar Indelings per Departement op die web ook opgedateer word, sodat slegs die jongste inligting altyd beskikbaar is.

8. Navrae: Stefn Franken ( X 3022, e-pos [email protected]) of

Miriam Walters (X 3545, e-pos [email protected] )