Preekriglyne – vir eredienste · Web viewOns is nie net bang vir die nuwe nie, maar ook oortuig...

38
Handelinge 10:34-43 – Eerste Sondag ná Epifanie – 12 Januarie 2020 1 Oorsig..........................................................1 1.1 Ander tekste................................................2 1.2 Fokusteks: Handelinge 10:34-43..............................4 1.3 Eksegetiese opmerkings......................................6 1.4 Vorige stof.................................................6 1.4.1 Die preekvoorstel uit 2001:...............................6 1.4.2 Die preekvoorstel uit 2005:...............................9 1.4.3 Die preekvoorstel uit 2010:..............................11 1.4.4 Die preekvoorstel uit 2014:..............................14 2 Erediens.......................................................18 2.1 Tema.......................................................18 2.2 PowerPoint agtergrond......................................18 2.3 Liturgie...................................................18 3 God nooi ons uit en ons kom tot rus............................19 3.1 Rus........................................................19 3.2 Liedere....................................................20 4 God praat met ons en ons luister...............................22 4.1 Familie-oomblik............................................22 4.2 Preekriglyn................................................23 5 God stuur ons om te leef.......................................27 6 Volgende erediens..............................................27 1

Transcript of Preekriglyne – vir eredienste · Web viewOns is nie net bang vir die nuwe nie, maar ook oortuig...

Page 1: Preekriglyne – vir eredienste · Web viewOns is nie net bang vir die nuwe nie, maar ook oortuig dat ons nie werklik kan verander nie. Daarom sê ons ook: jakkals verander van hare,

Handelinge 10:34-43 – Eerste Sondag ná Epifanie – 12 Januarie 20201 Oorsig............................................................................................................................................1

1.1 Ander tekste..........................................................................................................................2

1.2 Fokusteks: Handelinge 10:34-43...........................................................................................4

1.3 Eksegetiese opmerkings........................................................................................................6

1.4 Vorige stof.............................................................................................................................6

1.4.1 Die preekvoorstel uit 2001:...............................................................................................6

1.4.2 Die preekvoorstel uit 2005:...............................................................................................9

1.4.3 Die preekvoorstel uit 2010:.............................................................................................11

1.4.4 Die preekvoorstel uit 2014:.............................................................................................14

2 Erediens.......................................................................................................................................18

2.1 Tema...................................................................................................................................18

2.2 PowerPoint agtergrond.......................................................................................................18

2.3 Liturgie................................................................................................................................18

3 God nooi ons uit en ons kom tot rus............................................................................................19

3.1 Rus......................................................................................................................................19

3.2 Liedere................................................................................................................................20

4 God praat met ons en ons luister.................................................................................................22

4.1 Familie-oomblik...................................................................................................................22

4.2 Preekriglyn..........................................................................................................................23

5 God stuur ons om te leef.............................................................................................................27

6 Volgende erediens.......................................................................................................................27

1 OorsigOp die eerste Sondag ná Epifianie is die Evangelielesing altyd die verhaal van Jesus se doop. Om dié rede is 'n doopviering of doopherinnering gepas. Terwyl Matteus 3 die verhaal van Jesus se doop vertel, vertel Handelinge 10, die sleutelteks vir vandag, die verhaal van Petrus se toespraak by Kornelius se huis. In aansluiting by die Evangelielesing, lees ook Handelinge 10:44-48 waar Petrus vir Kornelius en sy huisgesin doop. Die preekstudie lig die ooreenskomste tussen hierdie twee doopgeleenthede uit en verbind dit ook met ons eie doop. Jesaja 42 vertel van die dienaar van die

1

Page 2: Preekriglyne – vir eredienste · Web viewOns is nie net bang vir die nuwe nie, maar ook oortuig dat ons nie werklik kan verander nie. Daarom sê ons ook: jakkals verander van hare,

Here. Soos met albei die vorige teksgedeeltes, lees ons ook hier dat die Gees van die Here op hom kom. Psalm 29 is 'n lofpsalm en besing die stem van die Here wat magtige dinge doen. Dit is dieselfde stem wat met Jesus se doop bevestig dat Hy God se geliefde Seun is. Daar is baie stemme in vandag se teksgedeeltes en daarom ook in die liturgiese voorstel. Nooi die kinders gerus om te luister of dalk op 'n kontrolelys af te merk elke keer as hulle iets van 'n stem/stemme hoor.

1.1 Ander teksteJesaja 42:1-9

Hier is my dienaar, Ek stel hom aan.Ek het hom uitverkies,hy geniet my guns.Ek laat my Gees op hom kom,hy sal my wil aan die nasies

bekend maak.2Hy sal nie roep nie,

hy sal nie hard skree nie,hy sal nie sy stem op straat

laat hoor nie.3’n Geknakte riet sal hy nie afbreek nie,’n lamppit wat dof brand,

sal hy nie uitdoof nie.Hy sal my wil bekend maak soos dit is.4Self sal hy ook nie uitgedoof

of geknak word nietotdat hy my wil op aarde gevestig het.die eilande wag op wat hy hulle sal leer.5So sê God, die Here,Hy wat die hemelkoepel geskep

en dit oopgespan het,Hy wat die aarde gevorm het

en alles wat dit oplewer,Hy wat aan al die mense op aarde

die asem gee,die lewe aan alles

wat op die aarde beweeg:6Ek is die Here.Omdat Ek getrou is aan my verbond,

het Ek jou geroep.Ek hou jou vas,Ek beskerm jouen Ek maak jou my verbond

met my volk,my lig vir die nasies. 7Jy sal blindes laat sien,jy sal gevangenes uit die tronk bevry;wie in die donkerte

2

Page 3: Preekriglyne – vir eredienste · Web viewOns is nie net bang vir die nuwe nie, maar ook oortuig dat ons nie werklik kan verander nie. Daarom sê ons ook: jakkals verander van hare,

van die gevangenis sit,sal jy laat uitgaan.8Ek is die Here, dit is my Naam,die eer wat My toekom,

gee Ek aan geen ander nie,die lof wat My toekom,

gee Ek nie aan gesnede beelde nie.9Wat Ek vroeër aangekondig het,

het plaasgevind.Ek kondig nuwe dinge aan.Voor dit begin gebeur,

laat Ek julle al daarvan hoor.

Psalm 29

29 ’n Psalm van Dawid.

Prys die Here, julle hemelinge!Prys die Here om sy eer en mag!2Prys die Here

om die eer van sy Naam!Buig voor die Here

by sy heilige verskyning!3Die stem van die Here weerklink

oor die waters.Dit is die magtige God

wat die weer laat dreun;die Here self is op die groot waters!4Die stem van die Here is magtig,die stem van die Here is vol majesteit.5Die stem van die Here

kloof die seders van die Libanon oop.6Hy laat die Libanon

bokspring soos ’n kalfen die Sirjon soos ’n jong bees.

7Die stem van die Herelaat weerlig uitslaan.

8Die stem van die Herelaat die woestyn bewe.

Die Here laat die Kadeswoestynbewe.

9Die stem van die Herelaat die wildsbokke ruk van skrik;

dit stroop die bosse kaal.In sy paleis roep almal uit:

“Hoe geweldig!”10Die Here heers oor die watermassas,

3

Page 4: Preekriglyne – vir eredienste · Web viewOns is nie net bang vir die nuwe nie, maar ook oortuig dat ons nie werklik kan verander nie. Daarom sê ons ook: jakkals verander van hare,

Hy heers vir altyd as koning.11Die Here gee krag aan sy volk;die Here seën sy volk met oorvloed.

Matteus 3:13-17

13In daardie tyd het Jesus van Galilea af na Johannes toe by die Jordaan gekom om deur hom gedoop te word. 14Maar Johannes het dit probeer verhinder deur te sê: “Ek moet eintlik deur U gedoop word en U kom na my toe?”

15Jesus het hom geantwoord: “Nogtans moet jy dit nou doen, want op hierdie manier moet ons aan die wil van God voldoen.”

Daarna het Johannes ingestem. 16Jesus is toe gedoop en het dadelik daarna uit die water gekom. Meteens het die hemel bokant Hom oopgegaan, en Hy het die Gees van God soos ’n duif sien neerdaal en op Hom kom. 17Daar was ook ’n stem uit die hemel wat gesê het: “Dit is my geliefde Seun. Oor Hom verheug Ek My.”

1.2 Fokusteks: Handelinge 10:34-43Petrus en Kornelius

10 In Sesarea was daar 'n man met die naam Kornelius, 'n kaptein in die sogenaamde Italiaanse regiment. 2Hy was godsdienstig en godvresend, hy en sy hele huisgesin. Hy het baie gedoen om die armes onder die Joodse volk te help en het gereeld tot God gebid.3Een middag teen drie-uur het hy in 'n gesig duidelik 'n engel van God na hom toe sien kom wat na hom roep: "Kornelius!"4Kornelius het hom verskrik aangekyk en gevra: "Wat is dit, Meneer?"

Die engel sê toe vir hom: "God het gelet op jou gebede en op wat jy vir die armes doen, en Hy het aan jou gedink. 5Stuur nou dadelik mense na Joppe toe en laat daar 'n sekere Simon haal wat ook Petrus genoem word. 6Hy is tuis by 'n ander Simon, 'n leerlooier, wat by die see woon."7Nadat die engel wat met hom gepraat het, weggegaan het, het Kornelius twee van sy huisbediendes en een van sy lyfwagte, 'n godsdienstige soldaat, geroep. 8Hy het hulle alles vertel en hulle na Joppe toe gestuur. 9Die volgende dag teen twaalfuur die middag, toe hulle op hulle reis al naby die dorp was, het Petrus opgegaan na die dakstoep van die huis om te bid. 10Hy het later honger geword en hy wou iets hê om te eet. Terwyl die mense die ete klaargemaak het, het hy in geesvervoering geraak. 11Hy het die hemel oop gesien en iets soos 'n groot doek wat aan sy vier punte neergelaat word, sien afkom grond toe. 12Daarin was van al die viervoetige en die kruipende diere van die aarde en van al die wilde voëls. 13Hy hoor toe 'n stem vir hom sê: "Kom, Petrus, slag en eet."14Maar Petrus sê: "Nooit nie, Here! Ek het nog nooit iets geëet wat onheilig of onrein is nie."15Hy hoor die stem toe weer, die tweede keer, vir hom sê: "Wat God rein verklaar het, mag jy nie onrein ag nie."16Dit het drie keer gebeur, en daarna is die doek weer in die hemel opgetrek.17Terwyl Petrus nog wonder oor die betekenis van die gesig wat hy gesien het, kom die mans wat deur Kornelius gestuur is, by die voordeur aan. Hulle was op soek na die huis van Simon 18en doen toe navraag of Simon wat ook Petrus genoem word, daar tuis is. 19Terwyl Petrus nog nadink oor die

4

Page 5: Preekriglyne – vir eredienste · Web viewOns is nie net bang vir die nuwe nie, maar ook oortuig dat ons nie werklik kan verander nie. Daarom sê ons ook: jakkals verander van hare,

gesig, sê die Gees vir hom: "Daar is drie mans wat jou soek. 20Kom, gaan ondertoe en moenie aarsel om saam met hulle te gaan nie, want Ek het hulle gestuur."21Petrus het ondertoe gegaan en vir die mans gesê: "Hier is ek. Dis vir my wat julle soek. Waarom is julle hier?"22Hulle antwoord: "Kaptein Kornelius, 'n opregte en godvresende man vir wie die hele Joodse volk hoë agting het, het 'n openbaring deur 'n heilige engel gekry dat hy u na sy huis toe moet laat haal om te hoor wat u te sê het."23Petrus nooi hulle toe in en gee vir hulle huisvesting.

Die volgende dag het hy en 'n paar van die gelowiges in Joppe saam met hulle gegaan 24en 'n dag later in Sesarea aangekom. Kornelius het hulle al verwag en het sy familie en huisvriende reeds bymekaar geroep. 25Toe Petrus daar kom, het Kornelius hom tegemoet gegaan en eerbiedig voor hom gekniel. 26Maar Petrus het hom laat opstaan en gesê: "Staan op! Ek is self ook maar net 'n mens."27Terwyl Petrus met Kornelius praat, gaan hy die huis binne, waar hy baie mense bymekaar aantref, 28en hy sê vir hulle: "Julle weet dat 'n Jood nie met iemand van 'n ander volk mag omgaan of by hom in die huis mag kom nie, maar God het vir my gewys dat ek geen mens as onheilig of onrein mag beskou nie. 29Daarom het ek sonder om teë te stribbel, gekom toe julle my laat haal het. Sê nou vir my waarom julle my laat haal het."30Kornelius antwoord: "Vier dae gelede so teen drie-uur die middag was ek in my huis besig om te bid. Toe staan daar skielik 'n man met blink klere voor my, 31en hy sê: 'Kornelius, God het jou gebed verhoor en gelet op wat jy vir die armes doen. 32Stuur iemand na Joppe toe en laat vir Simon, wat ook Petrus genoem word, daar haal. Hy is tuis by 'n ander Simon, 'n leerlooier, wat by die see woon.'33Ek het dadelik mense na u toe gestuur, en u was so goed om te kom. Ons is nou almal hier in die teenwoordigheid van God om te hoor wat die Here alles aan u opgedra het."

Petrus se toespraak by Kornelius

34Toe het Petrus aan die woord gekom en gesê: "Waarlik, ek begryp nou eers dat God nie onderskeid maak nie, 35maar in enige volk die mense aanneem wat Hom vereer en doen wat reg is. 36Julle weet dat God aan Israel sy woord gestuur het, naamlik die evangelie van vrede wat Jesus Christus gebring het. Hierdie Jesus is Here van almal. 37Julle weet ook van die gebeurtenisse dwarsdeur die hele Joodse land. Dit het in Galilea begin ná die doop wat Johannes verkondig het. 38Julle weet van Jesus van Nasaret, dat God Hom met die Heilige Gees gesalf en met krag toegerus het. Hy het rondgegaan, oral goeie werke gedoen en almal gesond gemaak wat in die mag van die duiwel was, want God was by Hom.39"En ons is getuies van alles wat Hy in die Joodse land en in Jerusalem gedoen het. Hulle het Hom doodgemaak deur Hom aan die kruis te hang. 40Maar God het Hom op die derde dag uit die dood opgewek en Hom laat verskyn, 41nie aan die hele volk nie, maar net aan ons vir wie God reeds gekies het om getuies daarvan te wees, ons wat ná sy opstanding uit die dood saam met Hom geëet en gedrink het. 42Hy het ons opdrag gegee om aan die volk te verkondig en te bevestig dat dit Hy is wat deur God aangestel is as Regter oor lewendes en dooies. 43Van Hom getuig al die profete dat elkeen wat in Hom glo, vergewing van sondes deur sy Naam ontvang."

Mense wat nie Jode is nie, ontvang die Heilige Gees

5

Page 6: Preekriglyne – vir eredienste · Web viewOns is nie net bang vir die nuwe nie, maar ook oortuig dat ons nie werklik kan verander nie. Daarom sê ons ook: jakkals verander van hare,

44Terwyl Petrus nog praat, het die Heilige Gees op almal gekom wat na die woord geluister het. 45–

46Toe die Joodse gelowiges wat saam met Petrus gekom het, hoor hoe die mense ongewone tale of klanke gebruik en God prys, was hulle baie verbaas dat die Heilige Gees as gawe uitgestort is ook op mense wat nie Jode is nie. En Petrus sê: 47"Hierdie mense het net soos ons die Heilige Gees ontvang. Wat kan dan verhinder dat hulle nou met water gedoop word?"48Toe het hy beveel dat hulle in die Naam van Jesus Christus gedoop moet word. Daarna het hulle hom gevra om 'n paar dae by hulle te bly.

1.3 Eksegetiese opmerkingsRaadpleeg gerus Woord en Fees vir bykomende agtergrond oor die teks en konteks. Dit is beskikbaar by www.bmedia.co.za.

1.4 Vorige stofDaar is talle kere tevore uit hierdie gedeelte preekriglyne gepubliseer.

Handelinge 10_34-43 tweede weergawe.htm (2001)

Handelinge 10_34-43.doc (2005)

Handelinge 10_34-43a.doc (2010)

Handelinge 10_34-43a.ppt

Handelinge 10_34-43b.doc (2014)

Handelinge 10_34-43b.ppt

1.4.1 Die preekvoorstel uit 2001:Noordmans sê tereg dat Paasfees die grootste fees is wat ons kan vier. Dit is die groot Sondag waaraan al die ander Sondae hul betekenis ontleen. Dit is die dag van die Here in die volste sin van die woord. Hy sê die Paasevangelie is die samevatting van die hele evangelie: "Die Heer het waarlik opgestaan!" Paasfees moet gevier word. Paasfees is dramaties! Paasfees is die fees van die nuwe begin! Paasfees maak ons opgewek oor nuwe moontlikhede.

Maar om Paasfees te vier, beteken ook om nuut na die Here se Woord te luister. Vanoggend kan ons dit wat ons in Handelinge 10 saamgelees het, soos volg saamvat : Jesus se opstanding bring nuwe insigte en open nuwe lewensmoontlikhede met ingrypende implikasies vir sy gemeente met die oog op die wêreld.

Dit alles is die gevolg daarvan dat God met ons 'n nuwe begin gemaak het – 'n dramatiese begin. Ons kan begryp dat die insig waartoe die Here vir Petrus en die gemeente in Jerusalem gebring het, vir hulle 'n nuwe denk- en bestaansrigting moes gewees het. Hulle het sekerlik nooit kon droom dat die dag sou aanbreek dat ook nie-Jode ingesluit sou word in die volk van God nie. Vir eeue was die Jode al daaraan gewoond dat net hulle die Here se volk was. Nou binne die leeftyd van een geslag tree daar dramatiese gebeure vorendag. Jesus word in Nasaret gebore as die Seun van God. Jesus word nie lank gespaar nie en deur mense om die lewe gebring deur Hom aan 'n kruis te hang. Maar na 'n paar dae staan Hy op uit die dood. Die Heilige Gees word uitgestort op Pinksterdag. En dan skielik moes hulle hoor dat die kerk nou oop was vir alle mense wat die Here in waarheid wil aanbid.

Daarom kan ons ook verstaan dat dit vir Petrus verskriklik moeilik moes wees om van Joppe af na Sesarea te gaan om vir Kornelius te gaan sê dat God uit enige volk mense aanneem. Hy moes

6

Page 7: Preekriglyne – vir eredienste · Web viewOns is nie net bang vir die nuwe nie, maar ook oortuig dat ons nie werklik kan verander nie. Daarom sê ons ook: jakkals verander van hare,

teenoor Kornelius, 'n Romeinse soldaat, gaan sê dat hy dit voorheen nie geweet het nie. En dit moes 'n dramatiese ingrype in sy lewe wees, maar toe hy dit eers begryp, was dit asof die hele evangelie voor hom oopgegaan het en hy dit in 'n neutedop kon saamvat in sy toespraak by Kornelius.

Ons weet nie hoe lank dit vir Petrus geneem het om te verstaan wat die Gees vir Hom wou sê nie. Ons word ook nie vertel watter sieleworsteling dit by Petrus moes veroorsaak het nie. Dit is ook nie so belangrik om dit alles te weet nie. Wat belangrik is om te weet, is dat die Here ons van geloofswaarhede en van nuwe moontlikhede kan oortuig wat teen ons natuurlike en geestelike lewenspatrone ingaan.

Die opstanding van Jesus wil steeds nuwe moontlikhede vir die kerk en vir die gemeente oopmaak. Die kerk is nie volmaak nie – ook nie wat sy kennis aangaande die dinge van God betref nie. Hoe onmoontlik dit vir ons mag klink, maar daar is dinge wat die Here wil hê dat ons moet doen wat vir ons op die oomblik moeilik voor te stel is. Daar breek dan skielik vir ons 'n lig deur sodat ons ons sê: "Waarlik, ek begryp nou eers …"

Wat sê Petrus vir Kornelius? Hy noem eintlik net 'n paar feite aangaande Jesus – meeste daarvan was aan Kornelius bekend. Hy bevestig daarmee net die evangelie aan Kornelius.

Vandag, op Paasfees hoor ons niks nuuts oor Jesus nie. Miskien begryp ons net vir die eerste keer Wie Hy is en wat Hy vir ons kom doen het en wat die implikasies daarvan vir ons kerkwees, ons opdrag, in die wêreld is.

Petrus sê vir Kornelius dat Kornelius-hulle tog weet dat God aan Israel sy woord gestuur het, naamlik die evangelie van vrede wat Jesus Christus gebring het. God het die woord, die evangelie, eers na die volk Israel gestuur. Die woord was 'n blye boodskap van vrede. Dit was die vrede van die Messias, die vrede tussen God en mense, maar dit het ook die vrede tussen mense onderling ingesluit. En dit was deur Jesus Christus dat God dit aan die Jode verkondig het. Maar dit sou ook aan alle ander volke verkondig word, want Jesus is die Here van almal. Jesus is deur en sedert sy opstanding Here van alle mense. Hy heers oor alle mense. En hierdie heerskappy is deur sy woord. Daarom moet sy woord aan alle mense verkondig word, ook aan die nie-Jode. Almal moet hoor dat Jesus die Here is!

Petrus bring dit alles vir Kornelius mooi in die prentjie, want Kornelius weet tog wat alles in die laaste tyd in die Joodse land gebeur het. Hy weet van die optrede van Jesus Christus en alles wat met Hom gebeur het tot waar die Jode Jesus in Jerusalem om die lewe gebring het deur Hom aan 'n kruis te hang.

Klaarblyklik het Kornelius nog nie van Jesus se opstanding gehoor nie. Dit is die nuwe boodskap wat Kornelius moes hoor en daarom praat Petrus uitvoeriger oor die opstanding. God het bepaalde apostels gekies as getuies wat die opstanding moet verkondig.

Maar saam met die getuienis aangaande sy opstanding het Christus ook 'n bepaalde opdrag gegee, naamlik om aan die volk te verkondig en te bevestig dat dit Hy is wat deur God aangestel is as Regter oor lewendes en dooies. Niemand is voor God verontskuldig nie en aan die oordeel van Christus blootgestel. Dit moet mense na Christus as Verlosser uitdryf. Almal val onder hierdie oordeel van hierdie Regter wat opgewek is, ook om te oordeel. Aan Hom is alle mag in hemel en op aarde gegee.

Dit is immers die woord soos die profete voorspel het. Húlle het al verkondig dat Jesus vergewing van sondes gaan bring. Alleen in sy Naam word mense se sondes vergewe. Húlle het al gesê dat

7

Page 8: Preekriglyne – vir eredienste · Web viewOns is nie net bang vir die nuwe nie, maar ook oortuig dat ons nie werklik kan verander nie. Daarom sê ons ook: jakkals verander van hare,

vergifnis is vir almal wat in Hom glo. Petrus besef dit nou eers: ook Kornelius is ingesluit; nie-Jode is ingesluit; almal wat in Christus glo.

Daarom vier ons vandag Paasfees. Die grootste fees wat 'n mens kan vier. Ons is opgewonde wat die Here deur sy opstandingskrag in ons en deur ons wil doen – wat die implikasies vir ons ook al mag wees.

I L de Villiers skryf in sy bundel Manna oor die duine 'n 'Gebed vir Paasmôre' wat vir ons iets van hierdie vreugde en opgewondenheid voortdra:

Verrese Heiland

die kerkklokke lui vanoggend anders.

Hulle is Paasklokke.

Hulle lui oor die vallei.

Hulle lui oor die stad.

Hulle lui oor die wêreld.

Die Here het opgestaan!

Ja, Hy het waarlik opgestaan!

Saam met Christene oor die wêreld, al u kinders,

wil ek aanbid, Oorwinnaar!

Saam met die klokke wil ek juig

oor die wonder van 'n graf in 'n tuin

wat oopgegaan het om nooit weer toe te gaan nie.

Daar's 'n pad getrap deur die dal van die dood.

U het dit uitgetrap.

U het bloedspore getrap.

Die pad gaan deur die dood

na die ewige lewe.

Ek gaan dié pad volg as U my roep.

Ek het saam met U opgestaan, Here Jesus.

Hierbinne in my hart is dit al anders.

Ek was met U in aanraking.

U het my aangeraak.

Ek sal nooit sterf nie.

8

Page 9: Preekriglyne – vir eredienste · Web viewOns is nie net bang vir die nuwe nie, maar ook oortuig dat ons nie werklik kan verander nie. Daarom sê ons ook: jakkals verander van hare,

Want U leef!

U leef!

Ek juig oor U, Here Jesus.

Ek juig saam met die Paasklokke.

Ek juig in die môre,

oor 'n nuwe môre

wanneer die klokke nie sal ophou nie,

wat sal môre bly

en nooit aand word nie.

Amen.

1.4.2 Die preekvoorstel uit 2005:1. Dit is vir ons byna natuurlik om te bely dat Jesus uit die dood opgestaan het. Dit is deel van die geloofsbelydenis wat ons Sondag na Sondag herhaal. Jaar na jaar, dekade na dekade, eeu na eeu sê mense vir mekaar: Die Heer het opgestaan. Vir mense wat na die vroeë Christene geluister het, was hierdie boodskap egter bitter vreemd. Ons lees dat Paulus met mense te doen het wat die opstanding van die dooies ontken het. Na Paulus se Areopagus-rede (Hand 17) lag party hom uit toe hulle van die opstanding hoor. Vir Paulus tas hierdie ontkenning die hart van die evangelie aan (1 Kor 15:14-19). Emil Brunner skryf: "Almal moet eenmaal doodgaan, elke rekening sluit met dieselfde saldo: nul. As alles met die dood klaar was, is daar werklik rede tot wanhoop. Dan is daar geen doel, geen uitweg nie, want alles is dan een groot nulpunt, 'n groot put waar alles moet ingaan – die mooie en lelike, die goeie en die slegte, die mees waardevolle en mees waardelose." Hans Küng skryf: "Sonder Pase – die belydenis van Christus se oorwinning oor die dood – is daar geen evangelie, geen Bybel, geen kerk nie." Die opstanding is inderdaad lewensnoodsaaklik. Ons kan egter eelte op ons siel begin ontwikkel wanneer dit oor die opstanding gaan. Ons kan dit afmaak as "ou nuus" en daarom in die algemeen daaroor praat. Lukas het egter die boodskap van Petrus hier opgeteken om iets aan ons deur te gee. Hoekom is dit só opgeteken? Wat is uniek aan hierdie toespraak oor Jesus en sy opstanding?

2. Petrus kyk met 'n bepaalde perspektief na hierdie opstandingsevangelie. Wat is dit? Dit is opvallend hoe Petrus in sy toespraak benadruk dat Jesus van Nasaret, die mens, van die begin af sy bediening met die "goedkeuring" van God uitgevoer het. Die gedagte dat die salwing met die Heilige Gees deur God ook God se verbintenis tot die gesalfde uitdruk, kan hier benadruk word (sien opmerkings onder die konteks). Dat God Hom aan Jesus en sy bediening verbind het, staan in skrille kontras met die mense se gesindheid teenoor Jesus. Ten spyte van Jesus se bediening van goeie werke en genesing het mense Hom doodgemaak. Die bose en God was inderdaad in die bediening en lewe van Jesus in 'n stryd gewikkel. Theron skryf: "Die veldslag het op die koppie by Golgota plaasgevind. Dit het gelyk of die Bose oorwin het, maar Jesus in die graf was God se tydbom in die dood. En op Paassondag is dood en hel die lug in geblaas." Anders gestel: Op Paassondag het God "nee" gesê aan die teengoddelike magte en "ja" gesê vir die Heer – Jesus se hele bediening (10:40). Petrus benadruk dat Gód Jesus op die derde dag opgewek het. God het Hom as regter oor die dooies

9

Page 10: Preekriglyne – vir eredienste · Web viewOns is nie net bang vir die nuwe nie, maar ook oortuig dat ons nie werklik kan verander nie. Daarom sê ons ook: jakkals verander van hare,

en lewendes aangestel (10:42). God se woord het nog altyd benadruk dat geloof hierdie Jesus vergewing van sondes bring (10:43). Hierdie boodskap moes nie doodloop nie. God het selfs daarvoor verantwoordelikheid geneem. Hy het ook mense gekies wat getuies van hierdie boodskap moes word (10:41). Alles was God se bedoeling.

3. Wat is hierdie boodskap wat nie moes doodloop nie? Dit is baie eenvoudig. Jesus is God se vredesbrief aan die mens (10:36). Wat is hierdie vredesbrief se inhoud? (i) Die oertoestand van vrede tussen God en mens is deur Jesus se dood en opstanding herstel. Deur geloof in Jesus se Naam ontvang die mens totale vergifnis (10:43). Elkeen wat sy heerskappy erken, ontvang daardeur die vredestoesegging van God; (ii) Vrede is nie net 'n persoonlike saak nie. Deur Jesus se bediening van "goeie werke en genesing" het die evangelie van vrede gestalte gekry. Die vrede wat Jesus gebring het, sluit in dat sy hele bediening 'n verset teen die lewensbedreigende, lewensvreemde magte was. Indien Jesus sou sterf en nie weer sou opstaan nie, sou sy heling van mense blote wonderverhale bly.

Deur die opstanding van Christus is sy bediening van weerstand teen die magte wat alles bedreig en onvrede bring met krag bevestig. Nie die magte nie, maar Christus die Heer het die finale sê oor lewendes en dooies. Daardeur het die salwing van die Gees sy hoogtepunt bereik. God het Hom so aan Jesus se bediening verbind dat Hy Hom Heer oor die almal gemaak het. Die Heer oor almal het vir almal vrede, vergifnis, heling en oorwinning gebring. Die opstanding van Christus, soos Petrus daaroor preek, sê dat die wêreld nie in 'n doodloopstraat is nie. Jesus het die stryd teen die pyn van die wêreld aangeknoop en gewen. Daarom is die wêreld nie sonder hoop nie. Die wêreld het 'n Heer. Karl Barth skryf: "Paasfees kondig die oorwinning oor die bose magte aan. Die oorlog is verby al is daar nog hier en daar soldate wat skiet omdat hulle nog nie van die oorwinning gehoor het nie. Die skaakspel is gewen al kan die speler nog 'n paar skuiwe maak. Eintlik is hy reeds in skaakmat. Die horlosie is afgeloop, al swaai die pendulum nog 'n paar keer heen en weer. Ons vyande (sonde en dood) is oorwin al tree hulle nog op asof die geveg nie reeds beslis is nie. Daarom moet ons steeds met hulle rekening hou, maar hoef ons nie meer vir hulle bang te wees nie."

4. Op hierdie boodskap van Petrus sal die meeste van ons "amen" sê. Die vraag is egter hoe jy hierdie verhaal interpreteer. Soms gebeur dit dat 'n mens oor en oor dieselfde verhaal hoor of vertel, sonder dat dit enige indruk op jou maak. Soms gebeur dit egter dat iets jou skielik tref en jou lewe verander. Dan hoor of vertel jy die verhaal heeltemal anders. Petrus het voorheen hierdie boodskap gepreek, maar nou sien Hy iets anders in hierdie verhaal raak. Jare gelede het 'n aangrypende "brief" van 'n skoolseun in 'n dagblad verskyn. Dit het gehandel oor die manier waarop hy altyd na mense van ander bevolkingsgroepe as sy eie gekyk het. Uiteraard is hy deur mense beïnvloed. Uiteindelik het iets gebeur wat sy hele denkpatroon, sy hele lewe verander het. 'n Swart seun het gebloei nadat hy homself beseer het. Tot sy skok het die wit seun gesien dat die bloed van die swart seun ook rooi is. Skielik het hy besef dat sy swart medemens werklik 'n mens is – anders as wat hy geleer is.

Petrus was in dieselfde bootjie. Sy toespraak begin met die woorde: "Waarlik, ek begryp nou eers dat God nie onderskeid maak nie ...", sê Petrus. Hou in gedagte wie Petrus was. Hy was 'n Jood. In die vroeë Christelike gemeenskap is daar onderskeid getref tussen Jode/Grieke, slaaf/vry, besny/onbesny, beskaaf/onbeskaaf. Loubser skryf: "Al was hierdie mense Christene, kon hulle nie hulle aggressiewe gesindhede en geweldmentaliteit bedwing nie. Hulle het die gemeente self in groepe verdeel. Veral die Joodse Christene, wat gedink het hulle is bietjie beter as die ander, het hierin die leiding geneem." So was dit ook met Petrus. Jode was Jode omdat hulle anders was as die ander volke: hulle was rein. Ander volke was onrein. Hulle was God se uitverkore mense. Ander was

10

Page 11: Preekriglyne – vir eredienste · Web viewOns is nie net bang vir die nuwe nie, maar ook oortuig dat ons nie werklik kan verander nie. Daarom sê ons ook: jakkals verander van hare,

buitestanders. Dit was sy tradisie, sy godsdiens. So het sy "kerk" hom geleer. God bring verlossing vir Jode. Hy is die God van die Jode.

Nou vertel Petrus die verhaal anders. Petrus sê dat hierdie skema in sy lewe deurbreek is. Die woord wat aan Israel gestuur is, is nie net vir Israel bedoel nie. Hierdie "ou" evangelie van vrede, vergifnis, heling en oorwinning is vir almal, want God kyk nie soos mense nie. Die ou "kwalifikasies" word geheel en al gerelativeer. Die kriteria is nie nasionaliteit, afkoms of bloed nie, maar om in dankbaarheid te reageer op die evangelie. Jesus is die Heer van almal. Elkeen wat Hom dien en geregtigheid doen, wat glo in sy Naam (10:35, 43), is deel van sy mense.

5. Dirkie Smit vertel die verhaal van die teoloog Dorothee Sölle wat op 'n perskonferensie met groot entoesiasme gepraat het oor die opstandingsevangelie en oor die hoop dat God by magte is om mense en doodsituasies te vernuwe. Toe onderbreek 'n joernalis haar met die vraag: "Glo u regtig dat mense kan verander?" Sölle het glo geantwoord: "Dit is die mees ateïstiese vraag wat ek nog ooit gehoor het ..."

Hoffer skryf dat ons 'n ingeboude weerstand teen verandering het. Ons is nie net bang vir die nuwe nie, maar ook oortuig dat ons nie werklik kan verander nie. Daarom sê ons ook: jakkals verander van hare, maar nie van snare.

6. Die prediker kan ten slotte fokus op sy of haar eie konteks. As ons vandag in Petrus se skoene sou staan en ons toespraak oor Jesus se lewe, dood en opstanding sou begin met die woorde: "Waarlik, ek begryp nou eers ...", wat sou volg? Tot watter insigte sou hierdie evangelie ons bring? As dit so is dat God nie onderskeid maak nie, maar sy evangelie van vrede aan almal bied, hoe verander dit ons gesindhede? As die belydenis van Belhar dalk een so 'n nuwe "insigpunt" in die geskiedenis van die kerk in Suider-Afrika is en eenheid, versoening en geregtigheid waardes is wat onder andere ook God se onpartydigheid benadruk, hoe kan hierdie nuwe gesindheid posvat in ons gemeenskappe? Die boodskap van die opstanding en boodskappers daarvan kyk tog soos God kyk! Hulle leef onder die heerskappy van die opgestane Here. As God sy stempel van goedkeuring op ons Heer se bediening geplaas het, is boodskappers van hierdie evangelie van vrede mense wat hulle verset teen alle lewensbedreigende magte wat verdeel, seermaak en dood. Ons buig by hulle wat stukkend geword het as gevolg van die teengoddelike magte. Hoe kan ons daarom die boodskap van vrede verkondig en sê dat dit ons nuut laat dink oor ander se posisie voor God en hulle Christelike verwantskap met ons, sonder om deel te wees van die stryd teen onreg en ongeregtigheid?

Sölle skryf: "Wanneer ons mekaar toeroep: Christus het opgestaan, hy het waarlik opgestaan, roep ons bevryding en identifiseer ons ons met mense wat stukkend is, die armes. Ons sê en bedoel: ons word versadig, ons het ons moeder, die aarde lief. Ons bou met ons hele lewe aan vrede. Ons maak van swaarde ploegskare. Die krag wat opstanding heet, moet in ons lewe sigbaar wees."

Ja, nuwe insigte kom moeilik. Smit sê: "Ons sien hoe swaar mense van oortuiging verander oor fundamentele sake ... As mense eers 'n sekere weg ingeslaan het, sekere idees begin verkondig het, sekere goed begin doen het, verander hulle moeilik. Argumente, hoe logies ook al; bewyse, hoe duidelik ook al, maak mense dikwels net meer halsstarrig, selfversekerd en onveranderlik eerder as om berou te toon en te verander. Berou en verandering kom klaarblyklik swaar." Maar dit gebeur.

1.4.3 Die preekvoorstel uit 2010:Groot dele van ons land is onlangs deur ernstige veldbrande geteister. 'n Getraumatiseerde plaaswerker uit die Langkloof het op TV-Nuus vertel hoe die vlamme vrugteboorde letterlik

11

Page 12: Preekriglyne – vir eredienste · Web viewOns is nie net bang vir die nuwe nie, maar ook oortuig dat ons nie werklik kan verander nie. Daarom sê ons ook: jakkals verander van hare,

oorrompel en vernietig het. "Die vuur het nie respek vir brandpaaie, gewone paaie, of ander natuurlike grense nie," het hy stotterend en duidelik geskok verduidelik. "Vlamme het oor paaie gespring, en ons kon dit nie keer nie - al het ons hoe hard probeer."

God laat God nog minder keer. Die evangelie respekteer nie mensgemaakte grense of beperkinge nie. Die koninkryk verras jou met waar dit deurbreek. Petrus, die onwillige getuie aan huis van die nie-Joodse Kornelius, ontdek: "Waarlik, ek begryp nou eers dat God nie onderskeid maak nie, maar in enige volk mense aanneem wat Hom vereer en doen wat reg is."

Uit sy toespraak by Kornelius blyk hoedat die evangelie van Jesus Christus grense oorsteek en oorrompel:

God het die evangelie van vrede deur Jesus gebring, die Here van almal (10:36);

Hy het oral goeie werke gedoen en almal gesond gemaak wat in die mag van die duiwel was (10:38);

Jesus is doodgemaak om Hom stil te kry, maar God het die dood vernietig en Jesus uit die dood laat opstaan (10:39-40);

God het deur Jesus getuies gekies om aan almal te vertel dat Jesus die Here is (10:42);

Oor Hom getuig die profete dat elkeen wat glo vergewing van sondes deur sy Naam ontvang (10:43)

Die evangelie steek altyd grense oor. Hierdie altyd-grens-oorstekende-evangelie het belangrike implikasies vir ons:

Die evangelie openbaar die krag van God

Dit is vandag Paassondag. Jesus, die Seun van God, is op wonderbaarlike wyse as mens gebore. Hy het gely en gesterwe, maar die dood kon Hom nie keer nie. God laat die lewe verrassend deurbreek deur die kragtige werking van sy mag.

Petrus getuig oor die krag van Jesus se bediening. En toe Hy doodgemaak is, wek God Hom op. Niks kan God keer nie. Die krag van die grens-oorstekende evangelie is groter as dié van 'n verwoestende veldbrand. Dit is die krag van die Bron en Gewer van die lewe self.

Die uitnodiging van ons teks, om te begryp dat God nie onderskeid maak nie, probeer ons nie bloot van opinie laat verander, of 'n mooi gedagte oordra nie. Dit wil ons inprop op die kragtige werking van God se mag wat die genade wêreldwyd, oor alle grense heen, laat uitbars. Dit nooi ons uit om daaraan deel te neem, om in hierdie beweging opgeneem te word.

Die evangelie is vir almal bedoel

Die Jode van Jesus se tyd het 'n streng opvatting oor reinheid gehad. Reinheid het beteken dat grense gerespekteer moet word: 'n Jood meng nie met 'n nie-Jood nie. Besoekers aan Israel vertel tot vandag toe hoe ortodokse Jode hulself steeds afsonder van nie-Joodse toeriste. Selfs net om te raak aan 'n nie-Jood bring onreinheid mee.

Vandaar die groot ontdekking vir Petrus: God maak nie onderskeid nie. Almal wat glo word ingesluit in sy genade. In die Ou Testament was daar wel 'n verskil tussen Israel en die volke in die sin dat God Israel spesifiek gekies het om sy genade te beliggaam. God se bedoeling was egter nooit dat sy liefde moet stop by die grense van die Jodendom nie. Reeds in Abraham se roepingsverhaal sê die Here vir

12

Page 13: Preekriglyne – vir eredienste · Web viewOns is nie net bang vir die nuwe nie, maar ook oortuig dat ons nie werklik kan verander nie. Daarom sê ons ook: jakkals verander van hare,

hom: "ek sal jou seën .. en jy moet tot 'n seën wees. In jou sal al die volke van die aarde geseën wees" (Gen 12:2-3). Israel moes die seën en teenwoordigheid van die Here so beliggaam dat ander volke sou vra: Help ons, ons wil ook julle God aanbid, soos Sagaria 8:23 sê.

Vroeër in Handelinge 10 lees ons hoe die Here in 'n gesig aan Petrus verskyn en hom leer: "Wat God rein verklaar het, mag jy nie onrein ag nie" (10:15). Hierdie openbaring maak dit vir Petrus moontlik om die uitnodiging na Kornelius se huis te aanvaar. Hy hoor dat God vir Kornelius opdrag gegee het om hom te nooi, waarop hy sê: "Waarlik, ek begryp nou eers dat God nie onderskeid maak nie, maar in enige volk die mense aanneem wat Hom vereer en doen wat reg is"(10:35).

Die vuur het ook na ons gespring

Ook ons is nie Jode nie. In Handelinge 10 spring die vlamme van die evangelie óók oor die grens na ons toe, ons wat vandag in hierdie kerkgebou sit. Min, indien enige, van ons is geneties Jode. Ons was vroeër deur Israel uitgesluit, maar God respekteer nie grense nie. Die evangelie kom ook tot by ons. Elkeen wat in Hom glo, ook ons, ontvang vergewing van sondes deur sy Naam.

Die Heilige Gees skep tot vandag toe deur die Woord 'n heilige disrespek vir grense in die Here se kerk. Waarlik, Hy maak nie onderskeid nie! Sal ons dit dan waag om beperkings aan die evangelie op te lê?

Mense, soos ons, wat die vuur van geloof deur die oorskryding van grense ontvang het, behoort gewilliglik deel te neem aan die oorsteek van grense met die evangelie. As ons die genade daarvan verstaan dat God nie onderskeid maak nie, maar ons insluit, durf ons nie beletsels aan die evangelie oplê, of 'n oortuiging handhaaf dat God witbroodjies het. Die God van een groep bo 'n ander, of 'n soort Partygod is nie. Ons moet onsself gee vir die beweging van die evangelie.

God maak ons verantwoordelik vir die oorsteek van die grense

Merkwaardig genoeg steek die opgestane Here Jesus volgens Handelinge nie self die grense oor nie. Hy verskyn nie aan die Joodse Raad, en lei hulle eensklaps tot bekering nie. Hy gaan Pilatus nie spreek om hom op sy verkeerde weë te wys nie. Hy maak nie 'n draai in Rome om die keiser, wat meen dat hy 'n god is wat aanbid moet word, op sy plek te sit nie.

Die Here Jesus verskyn aan sy volgelinge, die reisgeselskap wat Hy sorgvuldig geskep het in sy bediening op aarde. Hierdie gelowiges kry die opdrag om die evangelie uit te dra. Hulle is die getuies. Soms sleep hulle voete, en moet deur gesigte aangepor word, soos Petrus. Maar die verantwoordelikheid skuif nooit: "Júlle is my getuies..."

Dit beklee ons inderdaad met geweldige verantwoordelikheid. Die kerk kan die kruis kelder. Die geloofsgemeenskap kan 'n gat vir die leë graf grawe. Ons kan die vuur van die evangelie probeer blus, of mak maak, aan ons eie motiewe en behoeftes ondergeskik maak.

Oorsteek van grense bring pyn en destabiliseer

Die oorsteek van grense is nie maklik nie. Die gasvrye verwelkoming van hulle wat ons anderkant die grense ontmoet, is onhutsend. Ons hou van stabiliteit. Dit is aangenaam as die evangelie in bekende kanale vloei wat by ons lewenstyl inpas en vir ons voorspelbaar is. Die Nuwe Testamentikus Scot McKnight waarsku dit is 'n versoeking vir die kerk om 'n soort evangelie te verkondig wat die kerk se status quo handhaaf. Die status quo, ons gemaksone, sê hy, vorm dikwels die soort evangelie wat ons bereid is om te verkondig.

13

Page 14: Preekriglyne – vir eredienste · Web viewOns is nie net bang vir die nuwe nie, maar ook oortuig dat ons nie werklik kan verander nie. Daarom sê ons ook: jakkals verander van hare,

God laat Hom nie keer nie. Sodra ons God se evangelie in ons gemaksones inpas, verwater ons die evangelie en verduister Jesus in en vir die wêreld.

So was dit in Petrus se tyd. As ons verder lees wat die Christene in Jerusalem se reaksie op die eerste bekerings in die heidenwêreld was, is ons verbaas om te sien dat hulle erg ontsteld was. Hierdie eerste stap in wêreldsending behoort met dankbaarheid begroet te word, maar Petrus word in sy tuisgemeente verwyt. Paulus kry nog meer probleme met "gelowiges" wie se eie volksgewoontes en grense belangriker is as dié van die Here.

Hoe kon dit gebeur dat, met so 'n koue begin, die kerk van die Here deur die jare kon groei en nie gesterf het nie? Dit is net die genade van God, wat nie net wonderwerke laat gebeur het om ons verlossing te bewerkstellig nie, maar nog steeds wonderwerke laat gebeur om sy kerk te laat groei en die evangelie te laat versprei, ten spyte van die kerk se powere pogings om sy stem te gehoorsaam.

Toepassing

As indiwiduele gelowiges, maar veral as gemeente, is ons geroep om na te dink oor praktiese maniere hoe ons God oor grense kan volg. Wanneer ons by die kerkgebou uitstap, begin die erediens van die lewe. Dan is die vraag hoe ons reageer teenoor die buitestanders, dikwels die onrein mense wat oor ons pad kom?

Wie is daar by jou werk, of in die woonbuurt, oorkant die straat, of selfs in jou huis na wie moet uitreik? Wie druk die Here op jou hart? Wie trek jou aandag? Wat sou jy vir daardie persoon kon sê of doen? Hoe gaan jy jou getuies oor Jesus Christus met woorde of dade beliggaam vir daardie persoon?

Watter aksies moet ons as gemeente neem om 'n impak te maak op julle omgewing. Ken mense rondom ons die Here? Het hulle toegang toe ons geloofsgemeenskap? Hoe sou ons moes verander om hulle in ons midde welkom te heet?

Is die Here dalk al reeds besig om grense met ons oor te steek. Watter gesigte laat Hy ons sien om ons oor allerlei mensgemaakte grense te help?

Mag die vuur en die krag van die evangelie ons dryf én die pad voor ons oopmaak! Mag die krag van Paasfees in ons wêreld herhaal word.

1.4.4 Die preekvoorstel uit 2014:Ons teks speel af aan huis van die heidense offisier, Kornelius. Petrus getuig oor al die groot dinge wat God deur Jesus in die Joodse land en in Jerusalem gedoen het: Jesus van Nasaret, deur God met die Heilige Gees gesalf en met krag toegerus, het rondgegaan, goeie werke gedoen en almal gesond gemaak, want God was by Hom.

Hierdie Jesus, getuig Petrus, is in Jerusalem doodgemaak deurdat hulle Hom aan 'n kruis gehang het. Maar God het Hom op die derde dag uit die dood opgewek, en Hom laat verskyn aan getuies. Aan hierdie getuies het die Here opdrag gegee om teenoor van Hom te getuig. Elkeen wat in Hom glo, sê Petrus, ontvang die vergewing van sonder deur sy Naam. Hy, wat aangestel is as Regter oor lewendes en dooies, is self die weg tot lewe vir diegene wat in Hom glo.

Grafika: Cross over Mt. Helix, eiendom van Martin LaBar, foto geneem op 17 Januarie 2006.

Kopiereg word gereël deur Creative Commons en laat plasing en redigering toe. Dit is hier beskikbaar.

14

Page 15: Preekriglyne – vir eredienste · Web viewOns is nie net bang vir die nuwe nie, maar ook oortuig dat ons nie werklik kan verander nie. Daarom sê ons ook: jakkals verander van hare,

Paassondag

Ons vier vandag die inhoud van Petrus se getuienis. Eergister was dit Goeie Vrydag, die dag waarop ons Jesus se kruisiging gedenk het. Vandag is Paassondag. Soos belowe, het God Jesus op die derde dag uit die dood opgewek. Die dood kon Hom nie hou nie. Hy is anderkant die dood opgewek in 'n nuwe lewe. Sy lewe is die nuwe skepping van God, waaroor die dood nie meer mag het nie. In Sy nuwe lewe, sien ons die eerste teken van die nuwe lewe wat God vir God se hele skepping beplan.

Ja, ons vier vandag die aardskuddende inhoud van die goeie nuus van Jesus Christus. Sy dood het deur God se trou geëindig in die lewe. Hy bring vir ons vergifnis van sonde, en sluit ons so in by die nuwe lewe wat God ook vir ons weggelê het.

Egte historiese feite

In sy preek beklemtoon Petrus dat die gebeure rondom Jesus egte geskiedkundige feite is:

Jesus het in die Joodse land, Israel, geleef en gewerk.

God het in die dorpe, stede en strate van hierdie wêreld deur Hom gewerk.

Jesus se werk het in Galilea, die noordelike provinsie van Israel begin.

Hy het oral deur Israel, en ook in die naburige streke, rondgegaan en mense genees..

Dit het gevolg nadat Hy deur Johannes in die Jordaan in Galilea gedoop is.

Na al die wonderlike dinge wat Jesus in Israel gedoen het, is Hy in Jerusalem gevange geneem en gekruisig. Hy het aan 'n kruis gesterf. Dit was op 'n Vrydag. Daarna het God Hom op die derde dag, 'n Sondag, uit die dood opgewek.

Die lewende Here Jesus het aan baie getuies verskyn. Dit was spesifieke mense, op spesifieke plekke. Baie van hulle name is aan ons bekend. Hierdie mense is die getuies dat Jesus werklik lewend is en opgestaan het uit die dood. Petrus vertel dat hulle saam met Jesus geëet en gedrink het.

Dit beteken dat Jesus se opstanding spesifiek vir hierdie konkrete wêreld waarin ons leef, iets te sê het. Jesus se opstanding is nie 'n sprokie, mite, feëverhaal of legende wat ons wegvoer na 'n droomwêreld, of na 'n tyd, eendag, lank, lank gelede nie.

Dit gaan oor konkrete feite wat vir 'n konkrete wêreld iets te sê het. Al die genesingswonders, die herstel, die versoening van sonde en die nuwe lewe anderkant die dood het met hierdie wêreld te doen.

Die opstanding verkondig konkrete, feitelike hoop vir mense van hierdie wêreld. Die opstanding sê niks is so dood dat God dit nie lewend kan maak nie. Niks is so gebroke dat God dit nie kan herstel nie. Niemand is so verlore dat God hulle nie kan red nie. Die toekoms is nie so donker dat God dit nie kan deurbreek nie.

Om die waarheid te sê: God het reeds die toekoms deurbreek. God het Jesus uit die dood laat opstaan, en so gedemonstreer wat die toekoms van diegene is wat in Jesus vergifnis van sonde en herstel van die verhouding met God ontvang het. God het uit Jesus se dooie liggaam 'n nuwe skepping voortgebring. In Jesus is dit die bestemming van God se pad met mense.

Die verlossing is bedoel vir hierdie wêreld. Dit open die weg vir hierdie wêreld na God se nuwe wêreld. Dit gebeur eerstens omdat Jesus die verhouding tussen wêreld en God herstel.

15

Page 16: Preekriglyne – vir eredienste · Web viewOns is nie net bang vir die nuwe nie, maar ook oortuig dat ons nie werklik kan verander nie. Daarom sê ons ook: jakkals verander van hare,

Herstel van die verhouding met God

Hoe werk die herstel van die verhouding met God wat deur Jesus moontlik is?

Petrus praat in sy toespraak daar by Kornelius van die evangelie (goeie nuus) van vrede wat Jesus gebring het (36). Die aspekte van die goeie nuus is:

Hierdie Jesus is Here van almal (36): dit is deur die buig voor Jesus, die dien van Jesus, die navolging van Jesus, die bly in sy liefde, die geloof in Jesus dat die herstel van verhoudinge, spesifiek met God, moontlik word

Jesus se bediening begin na die doop van Johannes (37): Johannes se doop was 'n doop van berou oor die sonde en bekering van die sonde – waarmee Jesus sy skouer onder ons sonde en gebrokenheid ingesit sit, om dit te dra en weg te neem. Jesus neem die skeiding tussen ons en God weg wat die sonde gebring het

Jesus het goeie werke gedoen en almal gesond gemaak wat in die mag van die duiwel was (38): Jesus demonstreer dat sy koningskap bevryding en genesing bring

Jesus is gekruisig en deur God uit die dood opgewek (39-40): aan die kruis is die oorwinning oor sonde bereik, en hierdie offer is deur die Vader aanvaar, wat die oorwinning bevestig deur Jesus uit die dood op te wek

Hierdie Jesus is Regter oor lewendes en dooies (42): Hy sê die finale woord oor mense se lewens, ons toekoms as vrygespreekte mense is seker en staan vas.

Jesus is die Waarheid, en die hart van die Christelike geloof is dat die gekruisigde en opgestane Here Jesus die weg tot die lewe is.

Herstel van die verhouding tot mekaar

'n Sentrale tema in hierdie gedeelte – dié sentrale tema – het te doen met die plek waar Petrus hierdie woorde uitspreek. Dit geskied aan huis van die heidense offisier Kornelius, in die Romeinse hoofstad van Israel, Sesarea.

Petrus se toespraak is die hoogtepunt van 'n lang reeks gebeure waarin die Here hom oortuig het om na die onrein huis van 'n heiden te gaan. Geen goeie Jood sou homself onrein maak deur dit te doen nie. Petrus was 'n goeie Jood. Daarom laat die Here hom 'n gesig sien van rein en onrein kos, en verklaar dat wat God rein verklaar het niemand onrein mag ag nie.

Uiteindelik gaan Petrus en steek daarmee een van die grootste grense van sy wêreld oor. Nadat hy die woorde van ons teks uitgespreek het, kom die Heilige Gees ook oor die heidene.

Hiermee is die skeidsmuur tussen Jood en nie-Jood afgebreek. Die damwal het gebars. Die brug oor die rivier is geopen. Die gapende kloof is oorgesteek. God verenig in Jesus mense wat vir eeue mekaar se vyande was.

Die oorwinning van die dood, soos behaal aan die kruis en in die leë graf, laat geen anders doodsheid onaangeraak nie. Die oorwinning laat doodsheid verbrokkel – ook tussen mense.

Ons kan nie Paassondag vier en tevrede wees met soveel gebrokenheid en vyandigheid tussen mense nie.

Elkeen van ons moet vandag nog 'n Paasagenda opstel, 'n oudit doen van die gebroke verhoudinge in en om ons. En vanuit hierdie Paasagenda begin bid en streef na herstel. Soos Petrus, sal dit ons na

16

Page 17: Preekriglyne – vir eredienste · Web viewOns is nie net bang vir die nuwe nie, maar ook oortuig dat ons nie werklik kan verander nie. Daarom sê ons ook: jakkals verander van hare,

plekke neem waar ons nie wou gaan nie. Ons gaan die hulp van ander nodig hê, en dalk gesigte en drome ook. Ons sal nodig hê om op God te wag en aandag te gee aan die plekke en geleenthede waar God die deurbrake gee. Soos hier met Petrus en Kornelius gebeur. Die herstel wat God bring, is effektief, akkuraat en lewensveranderend. Dit is 'n verrassing wat die wat na God se wil soek dikwels onkant betrap.

'n Paasagenda van getuienis

Deel van ons Paasagenda is ons getuienis. Getuienis is om die feite en verhaal van God se werk deur Jesus van Nasaret lewend te hou in die wêreld van vandag.

Petrus sê Jesus het na sy opwekking uit die dood verskyn aan diegene wat God gekies het om getuies te wees daarvan. Dit is die hart van om gekies te wees deur God: Jy is gekies om 'n getuie te wees. Ons het die getuienis oor Jesus deur oorlewering van die eerste getuies ontvang, en ons dra dit verder deur self daaroor te praat. Om deur God gekies te wees, is nie 'n posisie van bevoorregting nie, maar van diens. Jy is gekies, sodat jy ander kan vertel. God kies enkeles, sodat almal kan hoor.

Wanneer mens vertel, soos Petrus hier in Kornelius se huis, is jy verstom om te sien hoe God werk: die getuienis is effektief, ander mense begin te glo, en word so die wat gekies is om weer verder te gaan getuig.

Hoor hoe helder sê Petrus dit:

Hy het ons opdrag gegee om aan die volk te verkondig en te bevestig dat dit Hy is wat deur God aangestel is as Regter oor lewendes en dooies. Van Hom getuig al die profete dat elkeen wat in Hom glo, vergewing van sondes deur sy Naam ontvang. (42-43)

Liefde en belangstelling van God

Vir Kornelius en sy gesin was Petrus se woorde revolusionêr. Hy was 'n godvresende, wat beteken hy en sy mense het geweet van die God van Israel.

Tog is hulle opgevoed in die Grieks-Romeinse wêreld, wat baie gode geken het. Hierdie gode was almal daarop uit om mense vir hulle eie gewin uit te buit en te benut. Die gode was 'n dreigende mag wat jy ten alle koste tevrede moes hou. As die gode nie gepaai is nie, kon dit katastrofies wees. Daarom het die Romeinse staat godsdiens geïnstitusionaliseer en moes alle goeie burgers deelneem aan godsdienstige feeste. Anders kon daar onheil oor die stad of staat kom.

Hierdie gode het allerhande aansprake gehad. Die keiser het gesê hy is die seun van die Romeinse hoofgod. Daar was allerhande aansprake oor opstanding uit die dood, en dies meer. Tog het niemand in die Grieks-Romeinse wêreld ooit lewe na die dood gesien, en met hulle hande daaraan kon vat nie. Niemand kon verwys na 'n God wat op die wêreld aanland, wonders doen, die dood oorwin en dan met sy dissipels eet en drink nie.

Niemand in die Grieks-Romeinse wêreld het 'n God geken wat mense liefhet, en neerdaal om hulle te dien, te genees, hulle sonde te vergewe en die pad na die ewige lewe vir hulle oop te breek nie.

Petrus getuig van so 'n God. Dis revolusionêre nuus. Dis nuus wat soos 'n vloedgolf deur die Romeinse wêreld sou versprei. Na hierdie eerste grensoorskryding, breek die damwal en verower die goeie nuus van God die bekende wêreld van daardie tyd binne 'n paar eeue.

Vir Kornelius en sy gesin word God se liefde konkreet. Hulle ervaar dit liggaamlik. Net na Petrus se getuienis word die Heilige Gees op hulle uitgestort en ervaar hulle dit.

17

Page 18: Preekriglyne – vir eredienste · Web viewOns is nie net bang vir die nuwe nie, maar ook oortuig dat ons nie werklik kan verander nie. Daarom sê ons ook: jakkals verander van hare,

Op hierdie wonderlike dag beleef hulle die teenwoordigheid van God op 'n manier wat nooit tevore moontlik was nie. God is lewend, stel in mense belang, trek mense in 'n genesende verhouding met Hom in, en werk in en deur hulle. Hulle ervaar die liefde en belangstelling van God.

Die leë graf van Paassondag was die stil voorspel tot die uitstorting van God se revolusionêre liefde oor die hele wêreld.

Kies om deel te neem

Jesus se opdrag om te getuig is 'n uitnodiging om deel te neem aan God se lewensveranderende liefde. Mens doen dit deur lewensveranderende woord en dade. Jy doen dit oral, met almal wat God op jou pad plaas.

God maak, in die uitstorting van sy liefde, nie onderskeid tussen mense nie.

2 Erediens

2.1 Tema

2.2 PowerPoint agtergrondGrafika bekom met Googled Advanced Search, geen kopiereg. Waar geredigeer is Picasa III gebruik. Dit is beskikbaar by

Frigate passing Eddystone lighthouse…

https://www.google.com/search?lr=&biw=1920&bih=920&tbm=isch&sxsrf=ACYBGNQ7EOqt4Q0uJiQnWPEKWM6gsFVBRA%3A1576731862571&sa=1&ei=1gT7Xe3BIoj3gAaHsqfIDw&q=lighthouse+and+frigate&oq=lighthouse+and+frigate&gs_l=img.3...263132.267103..267546...0.0..1.419.6563.2-19j3j1......0....1..gws-wiz-img.......35i39j0j0i67j0i30j0i8i30j0i24.zli1N6VxLus&ved=0ahUKEwjthMz098DmAhWIO8AKHQfZCfkQ4dUDCAc&uact=5#imgrc=MDTOwAM_VRip0M:

Path to greatness…

https://www.google.com/search?lr=&biw=1920&bih=920&tbm=isch&sxsrf=ACYBGNQ-URRXZkrOJx7dNhwf8CobeCH8tw%3A1576732131380&sa=1&ei=4wX7XcbrFs6ChbIPr8m-gAQ&q=choices&oq=choices&gs_l=img.3..0l10.189808.191409..191651...0.0..0.274.1883.2-7......0....1..gws-wiz-img.......35i39j0i131j0i67.Z3AdlAr-_mk&ved=0ahUKEwiG6eL0-MDmAhVOQUEAHa-kD0AQ4dUDCAc&uact=5#imgrc=zGEQGKRScGYJTM:

2.3 LiturgieRUSToetrede Lied 154 Kom nou tesaam, laat ons vergaderVotum Psalm 29:1-2SeëngroetLofsang Psalm 29 of Flam 210 Verootmoediging – doopviering (uit Bybel-Media se Woord en Fees 2019-2020)

18

Page 19: Preekriglyne – vir eredienste · Web viewOns is nie net bang vir die nuwe nie, maar ook oortuig dat ons nie werklik kan verander nie. Daarom sê ons ook: jakkals verander van hare,

Geloofsbelydenis Lied 290 Toewyding – doopviering (uit Bybel-Media se Woord en Fees 2019-2020)HOORGebedSkriflesing Handelinge 10:34-43Familie-oomblikPreekLEEFGebedDankofferSlotsang Flam 92 of VONKK 272 of Lied 305 of Lied 523 Seën (uit Bybel-Media se Woord en Fees 2019-2020)

3 God nooi ons uit en ons kom tot rus

3.1 RusToetredeLied 154 Kom nou tesaam, laat ons vergader

VotumPsalm 29:1-2Prys die Here, julle hemelinge!Prys die Here om sy eer en mag!2Prys die Hereom die eer van sy Naam!Buig voor die Hereby sy heilige verskyning!

Seëngroet

LofsangPsalm 29 ofFlam 210 Erken nou die Heer (nav Ps 29) http://flam.kerkmusiek.co.za/product/f210/

Verootmoediging (uit Bybel-Media se Woord en Fees 2019-2020)Doopviering (terwyl liturgy by doopvont staan)Voorganger: Die doop bevestig dat die Here ons in sy verbond insluit en ons tot sy kinders aanneem.Gemeente: Ons is God se kinders.Voorganger: Die doop bevestig dat ons sonde in Christus vergewe is en ons ou sondige mens saam met Jesus Christus in die dood begrawe is.Gemeente: Ons sonde is vergewe.Voorganger: Die doop is die seël van ons inlywing in die kerk van Jesus en ons word geroep om as lewende lidmate te leef.Gemeente: Ons dien die Here uit dankbaarheid met ons hele wese.Voorganger: Die doop verseker ons dat die Heilige Gees in ons woon en ons lewe daagliks so regeer dat ons hoe langer hoe meer sy beeld vertoon.Gemeente: Die Heilige Gees maak ons beelddraers van God.

19

Page 20: Preekriglyne – vir eredienste · Web viewOns is nie net bang vir die nuwe nie, maar ook oortuig dat ons nie werklik kan verander nie. Daarom sê ons ook: jakkals verander van hare,

Geloofsbelydenis Lied 290 Dit is my troos dat ek gedoop is

Toewyding (uit Bybel-Media se Woord en Fees 2019-2020)

Die gemeente word vorentoe genooi om kerse aan te steek of met water uit die doopvont ’n kruis op hulle voorkoppe of hande te maak. Dit is ’n viering van hulle doop en daarom ’n toewyding om as gedooptes ook ligdraers te wees, mense wat oor alle grense heen God se versoeningswerk in Christus verkondig en leef.

3.2 LiedereF210. Erken nou die Heer(RUBRIEK: Flam – Lof / Verwondering) Oorspronklike titel: Erken Nu De Heer Teks en musiek: Frank van EssenAfrikaanse vertaling: Faani Engelbrecht © Unisong Music Publishers geadministreer deur Small Stone Media South Africa (Ps 29, 96)

1. Erken nou die Heer volke van die aarde,erken nou sy Majesteit.Kniel voor Hom neer want Hy is waardigvol mag en heerlikheid.

Brug:Hoor sy stem bo-oor die water en hoor die donder, weerlig soos vuur.Ontsagwekkend is sy magtige stem,luister goed hierdie heilig’ uur.

Refrein:Alle lof nou aan die ewige Heer,alle heerlikheid en eer.Kom verhoog sy Naamen buig voor Hom neer.Hy is Koning vir altyd.

2. Verhef dan jul stem, volk van die Here.Verheug jul en juig voor Hom.Sy Gees gee jul krag.Hy seën met vredenuwe lewe is in Hom.

F92. Seën ons Here God, Seën Afrika (Seëngebed)(RUBRIEK: Flam – Gebed Oorspronlike titel: Nkosi Sikelel'i Afrika Teks en musiek: Enoch Sontonga; verwerk deur Jan HoogendykAfrikaanse vertaling: Onbekend © Publieke Domein

Seën ons, Here God, seën Afrika.Laat haar klag tot in die hemel reik.Hoor ons as ons in gebede vra,seën ons in Afrika,

20

Page 21: Preekriglyne – vir eredienste · Web viewOns is nie net bang vir die nuwe nie, maar ook oortuig dat ons nie werklik kan verander nie. Daarom sê ons ook: jakkals verander van hare,

kinders van Afrika.

Hou u hand, o Heer, oor Afrika.Lei ons tot by eenheid en begrip.Hoor ons as ons U om vrede vra,seën ons in Afrika,kinders van Afrika.

Daal neer, o Gees, Heilige Gees.Daal neer, o Gees, Heilige Gees.Kom woon in ons,lei ons, O Heilige Gees.

Seën ons, Here God, seën Afrika.Neem dan nou die boosheid van ons weg.Maak ons van ons sonde ewig vry,seën ons in Afrika,kinders van Afrika.

Daal neer, o Gees, Heilige Gees.Daal neer, o Gees, Heilige Gees.Kom woon in ons,lei ons, O Heilige Gees.

VONKK 272 Heer, ons bid as reënboognasieTeks: Jacques Louw 2013 © Musiek: BLAENWERN – William Rowlands 1905 © Teks: 2013 VONKK-Uitgewers (admin Bybel-Media)© Musiek: Openbare besit RUBRIEK: Klassiek – Gebede

1. Heer, ons bid as reënboognasievir ons mooi en dierbaar land.Ons kom lê ons land en mensein u troue Vaderhand. Mag u kinders wat hier saamwoonna u wil soek en U eer.Leer ons om met woord en dadete bely: U is die Heer.

2. Heer, ons bid as reënboognasievir ons leiers wat regeer.Mag hul ook u Woord gehoorsaam;U erken as God en Heer.Leer ons om met ons verskillesteeds mekaar te respekteer.Laat ons voorbeeld ander aanraak,laat u liefde ons regeer.

21

Page 22: Preekriglyne – vir eredienste · Web viewOns is nie net bang vir die nuwe nie, maar ook oortuig dat ons nie werklik kan verander nie. Daarom sê ons ook: jakkals verander van hare,

3. Heer, ons bid as reënboognasie: Laat u vrede oor ons heers.Al die seer uit ons verledekan net U, o Heer, genees.Op u almag vas vertrouendwil ons saam ‘n toekoms bou.In geloof ons land en mensein u hande toevertrou.

4. Kom, o Gees, wees U ons Leidsman,wys die weg en rigting aan.Laat ons koers hou deur die chaoswaardeur ons ook hier mag gaan.Vader, hoor tog ons versugting as ons in gebed kom vra:Seën ons land en seën sy mense –Vader, seën Suid-Afrika!

4 God praat met ons en ons luisterGebed

SkriflesingHandelinge 10:34-43

Familie-oomblik

Preek

4.1 Familie-oomblikIn Bybel-Media se Woord en Fees 2019-2020 word die volgende voorgestel:

Dit is die Sondag voordat die skool begin. Gesels met die kinders oor die jaar wat voorlê. Vertel die verhaal van Petrus en Kornelius. Petrus het nie gereed gevoel om te gaan waarheen God hom gestuur het nie, maar God het hom gehelp. Die Heilige Gees was nie net in Petrus aan die werk nie, maar ook reeds in Kornelius. Die Heilige Gees is ook reeds by die skool. Moedig die kinders aan om in alle mense, juis ook in mense van ander kulture en agtergronde, vir God raak te sien.

Die kindertyd sou ook as deel van die doop(viering) gedoen kon word. Daar sou 'n mens verder kon gesels oor ons identiteit as God se kinders en ons roeping om as kinders van God te leef. Carolyn C Brown gee goeie uitgebreide voorstelle vir kindertyd met die fokus op vandag se tekste. Besoek

http://worshipingwithchildren.blogspot.com/2013/12/year-the-baptism-of-lord-january-12-2014.html

Brown stel bv voor dat die storie van “The Sneetches” vertel word – hier is ‘n video daarvan. Max Lucado se boek “As ek maar ‘n groen neus gehad het”, sal ook goed werk. Die boek is in Afrikaans beskikbaar en behoort geredelik by enige Christelike boekwinkel verkrygbaar te wees. Hier is ‘n halfuur lange fliek oor die boek.

22

Page 23: Preekriglyne – vir eredienste · Web viewOns is nie net bang vir die nuwe nie, maar ook oortuig dat ons nie werklik kan verander nie. Daarom sê ons ook: jakkals verander van hare,

Die heel belangrikste is natuurlik dat kinders die Bybel self hoor en leer ken. Veral die narratiewe tekste werk goed. Hierdie Sondag kan jy die verhaal van Petrus se ontmoeting meet Kornelius vertel, wat die agtergrond bied vir Petrus se ommekeer en insig. Dit sal ook die grootmense help! Die YouVersion Bybel App vir Kinders gaan jou wonderlik hiermee help! Dit is in Afrikaans beskikbaar. Laai die verhaal van Handelinge 10 af en lees dit saam met die kinders. Laat hulle op die prent klik om die bewegings en insigte oop te maak – dan is dit ‘n lekker inter-aktiewe saam-lees. As dit nie in jou konteks kan werk nie, gebruik hierdie video van die Engelse weergawe daarvan. Hier is ‘n inkleurprent van die verhaal.

4.2 PreekriglynTwee oorlogskepe was besig met maneuvers in swaar weer. Die sig was besonder swak weens die mis en die kaptein het by die uitkykpos gebly om 'n ogie te hou.

Kort na skemer laat weet die wag aan die bakboord dat hy 'n lig waarneem wat blykbaar stilstaan. Die kaptein besef dadelik dat die twee skepe op 'n botsing afstuur en laat weet vir die seiner om die ander skip in kennis te stel dat hulle 'n 20-grade aanpassing moet maak. Die boodskap kom terug: "Ek beveel jóú om 20 grade aan te pas."

Die kaptein laat nie op hom wag nie: "Dit is die kaptein wat praat. Verander rigting met 20 grade!" Die antwoord kom terug: "Dit is die tweedeklas-seeman wat hier praat. Dit is beter dat jy jou koers wysig met 20 grade." Woedend laat die kaptein weet: "Ek is 'n oorlogskip. Pas jou koers onmiddellik met 20 grade aan!" Die stem aan die ander kant antwoord: "Ek ... is 'n vuurtoring."

Aanpassing

Op komiese wyse illustreer hierdie verhaaltjie van Stephen Covey dat omstandighede ons dikwels dwing om 'n aanpassing in ons denke te maak, anders kan die werklikheid ons dalk duur te staan kom. Sommige noem hierdie tipe van aanpassings in ons lewens 'n verskuiwing in paradigma. So 'n paradigma-verskuiwing funksioneer soos 'n nuwe lens waardeur alles nuut beskou word. Dit impliseer ook nuwe gedrag.

Petrus se uitroep "Waarlik, ek begryp nou eers…." (vers 34) dui vir ons daarop dat daar by hom so 'n paradigma-verskuiwing plaasgevind het. Dit was 'n kragtige bekering.

Bekering is 'n helder paradigmaskuif. Die manier hoe dinge tot nou vir jou sin gemaak het, geld nie langer nie. Dit gebeur met jou eerste bekering, maar die groot aanpassings of paradigmaskuiwe vind óók by jou plaas soos voortgaande bekering in jou lewe gebeur.

Petrus se bekeringservaring was 'n proses met 'n lang aanloop. Die visioen wat Petrus ontvang het (verse 9-16), het reeds sy denkprosesse aan die gang gesit. Die doek met die onrein diere moes vir hierdie Jood 'n eienaardige ervaring gewees het. Maar daardeur het God die saadjie gesaai.

Kennisverandering

Petrus het dus 'n kennisverandering ondergaan deurdat God vir hom tot nuwe insigte gebring het: "Wat God rein verklaar het, mag jy nie onrein ag nie."

Die bekeringsproses het in aanvang geneem. Die mate waartoe hierdie kennisverandering by hom geskied het, word nog duideliker later in die verhaal. In Hand 10:28, wanneer Petrus in Kornelius se huis aan die woord is, getuig hy soos volg: "Julle weet dat 'n Jood nie met iemand van 'n ander volk

23

Page 24: Preekriglyne – vir eredienste · Web viewOns is nie net bang vir die nuwe nie, maar ook oortuig dat ons nie werklik kan verander nie. Daarom sê ons ook: jakkals verander van hare,

mag omgaan of by hom in die huis mag kom nie, maar God het vir my gewys dat ek geen mens as onheilig of onrein mag beskou nie."

Gesindheidsverandering

Maar nuwe insigte, feite en kennis is nie genoegsaam vir bekering in die Bybelse sin van die woord nie. Dit moet ook gepaard gaan met 'n gesindheidsverandering.

Dit sien ons wanneer Petrus die drie gaste wat Kornelius gestuur het in sy huis innooi en aan hulle huisvesting gee vir die nag (vers 23). Die belangrike oortuigingswerk deur die Heilige Gees in Petrus se lewe, kan in dié verband nie onderskat word nie.

Gedragsverandering

Wanneer 'n kennis- en gesindheidsverandering egter nie gepaard gaan met 'n gedragsverandering nie, is die bekeringsproses nog nie volledig nie.

Petrus se optrede getuig daarvan dat die Gees nie net 'n verandering in sy denke en gesindheid teweeg gebring het nie, maar dat hy ook gereed is om oor te gaan tot dade. Ons lees in vers 23 dat Petrus die volgende dag saam met sy gaste vertrek na Seserea, gereed om sy oortuigings in dade om te sit.

Dit bring ons by ons preekgedeelte waar Petrus se bekeringservaring tot voltooiing kom. In Kornelius se huis bely hy met oortuiging: "Waarlik, ek begryp nou eers dat God nie onderskeid maak nie, maar uit enige volk die mense aanneem wat Hom vereer en doen wat reg is… " (verse 34-35). Hy vat dit saam as hy in vers 36 sê: "Hierdie Jesus is Here van almal."

Daarmee erken hy onomwonde, in teenstelling met dit wat hy so lank geglo het, dat God nie die God van 'n groep is nie, dat God nie witbroodjies het nie, dat Hy vir niemand partydig is nie.

Groepsverandering

Petrus se gedragsverandering lei daartoe dat hy ook wil sien dat die groep waaraan hy behoort, se gedrag moet verander. Omdat Jesus waarlik die Heer van almal is, moes sy Joodse volgelinge ook tot bekering kom om "almal" raak te sien , na hulle uit te reik en in te sluit.

Die gedragsverandering van die groep word duidelik wanneer ons, in die verse wat volg op die preek-perikoop, lees hoedat die Joodse gelowiges met verbasing die kragtige werking van die Heilige Gees waarneem.

Boodskap vandag

Dit is duidelik dat Petrus se toespraak uiters aktueel is in die konkrete situasie waarin ons onsself in Suid-Afrika bevind. In 'n land met chroniese en akute verdeeldheid volgens rasse-, kulturele, politieke, ekonomiese, kerklike en ander groeperings kan sy insig kwalik oorbeklemtoon word. Die perspektief dat God nie 'n groeps-, stam- of partygodheid is nie is die manier waarop God sy kerk roep om Hom in vertroue en hoop hierin na te volg.

Dat dit in sommige gemeenskappe en gemeentes 'n pynlike en selfs teësinnige bekering is, kan egter nie ontken word nie. Uit Petrus se verhaal word dit duidelik dat die oorsteek van groepsgrense aanvanklik nie as goeie nuus ervaar is nie. Hy was gewis gewoond aan groepsdenke wat nie getwyfel het oor die feit dat sy mense God se voorkeurkinders is nie.

Bedreig

24

Page 25: Preekriglyne – vir eredienste · Web viewOns is nie net bang vir die nuwe nie, maar ook oortuig dat ons nie werklik kan verander nie. Daarom sê ons ook: jakkals verander van hare,

Dit word natuurlik nog verder bemoeilik as mense hulself sien as 'n bedreigde minderheidsgroep wat moet veg om oorlewing en behoud van identiteit.

In Petrus se omstandighede was tafelgemeenskap met die heidene 'n taamlike tameletjie. Hulle reinheid was een van die pilare van die Joodse groepsidentiteit wat tot elke prys gehandhaaf moes word. Petrus beleef hoe hierdie hoekpilare van sy bekende wêreld inmekaartuimel. Tog gaan hy gehoorsaam saam op weg met die lewende God wat in Jesus die Heer van almal is.

Wat help bekering aan?

Ons sou wou vra wat was daar wat Petrus se "bekeringsproses" aangehelp het? Wat was dit wat dit vir hom moontlik gemaak het om tot hierdie nuwe insig te kom? In terme van die beeld wat ons aan die begin gebruik het: Wat het daartoe aanleiding gegee dat Petrus besef het dat die aankomende lig nie 'n skip was nie, maar 'n vuurtoring?

Een: Blootstelling

Eerstens is dit duidelik uit die verhaal dat Petrus en Kornelius mekaar nodig gehad het en dat albei se bekering moontlik gemaak is deur hul blootstelling aan mekaar.

Die rol wat die Heilige Gees in dié verband speel, moet weereens beklemtoon word. Elkeen van ons het waarskynlik uit eie ervaring iets om met die gemeente in dié verband te deel. Ons het almal 'n sekere gebeurtenis, ontmoeting, ervaring wat 'n lig laat opgaan het.

Maar nou is dit belangrik om te besef dat blootstelling op sigself nog nie 'n bekering waarborg nie. Trouens dit kan selfs lei tot die verdieping van verskille en die bevestiging van vooroordele en wanpersepsies.

Dit is eers binne geloofsperspektief, met oë wat deur die Heilige Gees geopen is en wat lei tot geloof in God as die lewende Here van almal, dat hierdie blootstelling nuwe horisonne oopmaak. Waar dit gebeur word dit vir ons as kerk en gemeente van die Here moontlik om 'n hoopvolle bydrae te maak. En maak die krag van God se Gees dit moontlik om Hom vertrouend en gehoorsaam oor grense heen te volg. So word gesprek en blootstelling aan mekaar die weg waarlangs die Here sy werk doen.

Twee: In 'n krisis

Tweedens wys ondervinding, bevestig deur die verhaal aan die begin van die preek, dat bekering as 'n nuwe begin, gewoonlik eers 'n werklikheid word as reaksie op 'n krisis. Eers wanneer dit tot ons deurdring dat die lig wat ons waarneem gewis nie 'n skip is wat gaan wegdraai nie, maar 'n vuurtoring wat gaan bly staan, bring dit ons dikwels in beweging om aanpassings te maak.

Maar nou kan ons reaksie op so 'n krisis op twee maniere geskied.

Ons kan eerstens poog om die motore van die skip af te skakel, in 'n groep te versamel en te hoop en bid dat ons betyds tot stilstand gaan kom. Op dié wyse maak ons as't ware ons oë toe vir die krisis wat aan die kom is, vlug ons weg, vind ons sekuriteit in die veiligheid van die groep.

'n Tweede reaksie sou wees om die krisis as 'n positiewe moontlikheid te sien. Om dit te benader as 'n hoopvolle geleentheid en elkeen aan die werk te spring om die nodige koerswysiging te bewerkstellig. Dit beteken dat die krisis gelaai is met nuwe, bevrydende en hoopvolle moontlikhede. Die boodskap van Jesus se koms na die aarde, wat 'n week of wat

25

Page 26: Preekriglyne – vir eredienste · Web viewOns is nie net bang vir die nuwe nie, maar ook oortuig dat ons nie werklik kan verander nie. Daarom sê ons ook: jakkals verander van hare,

gelede feesvierend herdenk is, gee juis vir ons die energie wat nodig is aan die begin van 'n nuwe jaar.

Oorgangstye skep Christelike identiteit

Elna Mouton wys in 'n artikel uit hoedat hierdie oorgangstye of drumpel-ervarings diep vrae oor identiteit na die oppervlak laat kom. Haar opmerkings kan ons help om Petrus (en die kerk) se bekering in die preek verder prakties te maak:

Oorgangstye is gewoonlik ontwrigtend en pynlik, omdat dit gepaard gaan met afskeid, losmaak en risiko's. Met noodwendige aanpassings, met die herbeskrywing van rolle. Maar juis omdat drumpeltye reeds die belofte van die nuwe lewe in sigself dra; kan dit 'n mens ook ánders laat kyk, nuwe kante van die werklikheid laat sien, jou verbeelding nuut aangryp. En só vir God, jouself en ander laat herontdek!

Identiteit het uiteraard baie kante, wat mettertyd ontwikkel omdat dit grootliks met perspektief te make het. Ons identiteit as Christene in Suid-Afrika – die somtotaal van wie ons is en graag wil wees – is onlosmaaklik verweef met die lief en leed van ons lewensverhale.

Ons stories verteenwoordig 'n netwerk van verhoudinge, gebeure en keuses sedert ons kinderjare.

Dit alles tesame met die omgewing waar ons grootgeword het – die morele wêreld waarmee ons ons leer assosieer het; die waardes, deugdes en slagspreuke wat daarin geld. Ons het nie net individuele stories nie, maar ook groepsverhale wat ons groepsidentiteit stempel.

Só is ons ganse mens-wees – ons karakter, voorkeure en vooroordele, selfs ons humorsin en emosies – beslissend deur ons stories gevorm. Uiteindelik werk ons stories soos 'n filter waardeur ons oor God nadink, en die Bybel verstaan.

God se verhaal

Natuurlik kan dit ook andersom werk! Naamlik dat God se verhaal, die Christelike verhaal, die geskiedenis van God se werk op aarde, die lens word waardeur ons nuut na óns stories kyk.

Die verhaal van die Bybel is juis bedoel om al ons biografieë, ons kulture, herinneringe, vrese en drome op te neem in 'n splinternuwe verhaal, die betroubare verhaal van 'n nuwe mensheid in geloofsverbondenheid aan die drie-enige God.

Waar ons bewustelik kies om ons eie geskiedenisse vanuit die gesigspunt van 'n almagtige God se helende liefde te vertolk, word God se verhaal óns verhaal, ons diepste identiteit. Wie ons is, het dan alles te make met wie Gód is, en dat ons aan dié wonderbare God behoort. Dan word die vreemde verhaal van 'n magtige koning wat heers deur te dien, van 'n skande-kruis, 'n oop graf en 'n oop hemel die kern van ons selfverstaan.

Petrus moes sy Joodse verhaal laat opgaan in God se groter verhaal. Ons word deurgaans genooi om dit te doen. Dit is bekering: nie langer wat ek of ons wil nie, maar wat God wil doen.

Die vraag is dus: Wát sien ons, wáár fokus ons in die drumpeltyd?

Bekering beteken dus om nuut te begin, nuut te dink en te kyk as gevolg van die nuwe insig. Die vraag is: sien ons? Besef ons dat "die Here my God" niemand anders is nie as "die Here van almal"?

Saam is ons beter

26

Page 27: Preekriglyne – vir eredienste · Web viewOns is nie net bang vir die nuwe nie, maar ook oortuig dat ons nie werklik kan verander nie. Daarom sê ons ook: jakkals verander van hare,

Met die Rugby Wêreldbeker het Suid-Afrikaners besef hoe kragtig dit is wanneer ons kragte saamsnoer. Saam is ons beter.

Dit is ook waar vir kerk en geloof. Wanneer ons as Christene oor watter grense heen saamstaan en saamwerk, kan ons 'n geweldige verskil maak. Christus het ons een gemaak. Laat ons dan een wees.

Dit gaan beteken dat ons ons eie grense moet oorsteek. Dit gaan verg dat ons nuut dink oor mekaar en Christen-vriende maak sover ons gaan.

5 God stuur ons om te leefGebed

Dankoffer

SlotsangFlam 92 Seën ons Here God, Seën Afrika (Seëngebed) [bekend] http://flam.kerkmusiek.co.za/product/f092/ ofVONKK 272 Heer, ons bid as reënboognasie http://vonkk.kerkmusiek.co.za/product/0272/ ofLied 305 Aanbiddelike God, drie-enig ofLied 523 Goddelike liefdebande

Seën (uit Bybel-Media se Woord en Fees 2019-2020)Voorganger: Die wêreld waarin ons leef, is ’n wêreld wat gevul is met uitdagings, krisisse, pyn en teleurstelling. Julle gaan die wêreld in as mense wat intieme kennis het hiervan, want julle het dit al gevoel, ervaar en daarteen opgestaan. Gaan nou as mense wat nie net die wêreld sien vir wat dit is nie, maar ook vir wat dit kan wees, deur God se herskeppende liefde wat ook in en deur ons aan die werk is. Mag julle hande, harte en stemme gewillige instrumente in God se hand wees. Soos die Vader vir Jesus gestuur het, stuur Hy julle ook. Vrede vir julle!Gemeente: Amen

6 Volgende erediens1 Korintiërs 1:1-9

Liturgie en familie-oomblik: Rethie van Niekerk

Powerpoint: Wicus Wait

Preekriglyn: Danie Mouton

Prosesbestuur en ekstra stof: Chris van Wyk

27