Talig · 2018-11-12 · (die skakelwoorde wat in skoolhandboeke as “groep 2” bekend staan) moet...

8
Nuusbrief van die ATKV se Taal-en-kultuurafdeling | Oktober 2018 | #25 Talig

Transcript of Talig · 2018-11-12 · (die skakelwoorde wat in skoolhandboeke as “groep 2” bekend staan) moet...

Page 1: Talig · 2018-11-12 · (die skakelwoorde wat in skoolhandboeke as “groep 2” bekend staan) moet ʼn komma wees, nie ʼn kommapunt nie. Die reël vir die kommapunt (AWS 13.45) is

Nuusbrief van die ATKV se Taal-en-kultuurafdeling | Oktober 2018 | #25

Talig

Page 2: Talig · 2018-11-12 · (die skakelwoorde wat in skoolhandboeke as “groep 2” bekend staan) moet ʼn komma wees, nie ʼn kommapunt nie. Die reël vir die kommapunt (AWS 13.45) is

Ek lees onlangs in ’n dokument (Cultuur in een open samenleving) van die Nederlandse Ministerie van

Onderwijs, Cultuur en Wetenschap dat nege uit tien Nederlandse kinders van ses en ouer ten minste een kulturele geleentheid of instelling per jaar besoek. Meer as ses uit tien Nederlanders van twaalf jaar en ouer beoefen kultuuraktiwiteite in hulle vrye tyd. Byna ’n derde van die Nederlandse bevolking ondersteun kultuur as vrywilliger, vriend of donateur. Die aanslag van hierdie ministerie is dat dit positief is om oor jou kultuur en ander s’n te leer en vandaar “Cultuur maakt nieuwsgierig”.

In onseker ekonomiese omstandighede vra mense hulleself af of kultuur- en taalaktiwiteit belangrik is. Miskien is dit juis dan dat kultuur belangrik is. “Als het land dreigt in te dutten, schudden

kunstenaars het weer wakker.” Die ATKV se taal-en-kultuurafdeling gaan daarom onverpoosd voort om groeigeleenthede vir ons klein en groot “agies” te skep. Dit strek van Spelathon, Redenaars en Debat tot Tienertoneel. Die ATKV-Woordveertjies het vanjaar weer erkenning verleen aan die skrywers wat wêrelde vir “agies” oopskryf. Dankie aan elke skrywer en leser wat van ons wêreld ’n beter plek maak.

Die Nederlandse en Vlaamse studente van die Jongerenprojek het ook ’n smakie hiervan gekry tydens hulle besoek aan die ATKV se Afrikaans-in-Sowetoprojek en die Redenaarsfinaal op Buffelspoort. Francine Maessen vertel in hierdie uitgawe meer oor hulle besoek aan Suid-Afrika.

Kom ons bly nuuskierig oor al ons kulture en maak ander nuuskierig oor ons Afrikaanse kulture. Net miskien mag ons mekaar ’n bietjie beter verstaan.

Karien Brits Taalliefhebber en toevallig ook die redakteur

“CULTUUR MAAKT NIEUWSGIERIG”

Page 3: Talig · 2018-11-12 · (die skakelwoorde wat in skoolhandboeke as “groep 2” bekend staan) moet ʼn komma wees, nie ʼn kommapunt nie. Die reël vir die kommapunt (AWS 13.45) is

SpelwenkeKOMMA HIER – ENKELE GEDAGTES OOR DIE REËLS VIR DIE KOMMA

Met die publikasie van die eeufeesuitgawe van die Afrikaanse woordelys en spelreëls in 2017 is die reëls vir die gebruik van leestekens in Afrikaans vir die eerste keer

amptelik gestandaardiseer. Dit beteken natuurlik nie dat daar geen reëls voor Augustus 2017 was nie en dat die ganse taalgemeenskap gemaak het net wat hulle wou nie. Maar die feit dat die reëls nêrens behoorlik opgeteken is nie, het veroorsaak dat daar ʼn klomp verkeerde voorskrifte ontstaan het wat veral in skole voorgehou word as Die Waarheid. Sedert Augustus 2017 werk die Taalkommissie (die staande kommissie van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns wat opdrag het om spelling en skryfwyse te standaardiseer) en VivA hard daaraan om hierdie “skoolreëls” uit te wys, en dit blyk nogal ʼn omvattende taak te wees.

Dis veral die reëls oor die komma wat hoofbrekens veroorsaak. En dis veral die volgende gevalle wat mense soms warm onder die kraag het:

SOMS MOET DAAR ’N KOMMA VOOR “EN” WEES.Die ou “skoolreël” dat daar nie ʼn komma voor “en” mag wees nie, was nog altyd verkeerd. Selfs voor die 2017-uitgawe van die AWS sou ʼn mens ʼn komma voor “en” gebruik waar dit die eerste woord van ʼn parentese is:l Hy raas, en ons weet mos nou hoe hy kan raas, oor die vermorsing van geld.

Ingevolge AWS 13.41 moet daar nou ʼn komma voor “en” wees waar “en” twee onafhanklike hoofsinne verbind. Hier gebruik ons die komma dus net soos wat ons dit voor “want”, “maar” en “of” gebruik wat as voegwoorde tussen neweskikkende hoofsinne optree:l Hy oefen, en hy leer vir die eksamen. l Hy oefen, want hy leer vir die eksamen.l Hy oefen, maar hy leer vir die eksamen.l Hy oefen, of hy leer vir die eksamen.

DIE LEESTEKEN VOOR KONJUNKTIEWE BYWOORDE (die skakelwoorde wat in skoolhandboeke as “groep 2” bekend staan) moet ʼn komma wees, nie ʼn kommapunt

nie. Die reël vir die kommapunt (AWS 13.45) is dat dit tussen neweskikkende hoofsinne gebruik word, dikwels in die plek van die neweskikkende voegwoord. Die volgende voorbeelde is dus korrek:l Hy’s dikbek; iemand het sy kos geëet. (Kommapunt, want “want” ontbreek.)l Hy is siek, daarom is hy nie in die klas nie. (komma)l Die nuwe reëls het van krag geword, derhalwe moet ons daarby aanpas. (komma)

GEEN KOMMA (OF ENIGE ANDER LEESTEKEN) NÁ DIE AANHEF OF GROET aan die einde van ʼn brief nie. Dit geld formele en informele briewe wat in die konvensionele formaat geskryf word. Hierdie reël geld nie e-posse wat op een reël geskryf word nie. l Liewe Ouma XXXX Liefdegroete Henry

l (E-pos) Beste Daniël, sal jy vir ons die vergadering lei? Groete, Jana.

GEEN KOMMA TUSSEN IDENTIESE VOORNAAMWOORDE WAT TOT DIESELFDE SINSDEEL BEHOORT NIE.l Hoekom dink jy jy gaan druip?l Waar moet hulle hulle werkstukke ingee? TEENOORl Hoor nou vir hulle, hulle spog al weer met hulle oulike kinders!

Slaan hierdie nuwighede jou dronk? VivA bied werkwinkels op versoek aan waar ons ʼn oggend lank saam met jou sit en deur die nuwe AWS werk. Jy kan ook navrae aan ons taaladviseur rig as jy kleitrap oor die nuwe reëls of die toepassing daarvan. Onthou ook van ons app (VivA-app (Aanlyn)) waardeur jy gratis toegang tot meer as 50 woordeboeke en woordelyste het. Besoek ons webwerf by www.viva-afrikaans.org of skakel met ons taaladviseur, Sophia Kapp, by [email protected] vir meer besonderhede.

Page 4: Talig · 2018-11-12 · (die skakelwoorde wat in skoolhandboeke as “groep 2” bekend staan) moet ʼn komma wees, nie ʼn kommapunt nie. Die reël vir die kommapunt (AWS 13.45) is

Verslag... V

an 21 juli tot 18 augustus was ik deel van een groep jongeren uit Nederland en België die op studiereis naar Namibië en Zuid-Afrika zijn gegaan. Deze uitgebreide reis

wordt elke twee jaar georganiseerd door een commissie van de Stichting Zuid-Afrikahuis in Nederland en het Jongerenprojek Netwerk in Zuid-Afrika; de andere jaren komen studenten uit Zuid-Afrika en Namibië naar de lage landen toe. Ik ben een student literatuurwetenschap van de universiteit van Leiden en sinds ik een jaar geleden een keuzevak Zuid-Afrikaanse literatuur heb gevolgd, heb ik besloten mij te specialiseren in Afrikaanse literatuur – vooral poëzie. Om deze reden volg ik nu sinds een jaar lessen Afrikaans bij het Zuid-Afrikahuis in Amsterdam en kwam deze studiereis mij perfect uit: ik zou eindelijk de kans krijgen het land te leren kennen waar ik tot nu toe alleen maar over had kunnen lezen.

De rondreis zal ons voornamelijk langs universiteitssteden in Afrikaanstalig gebied leiden. We begonnen in Namibië, waar we naast een bezoek aan de universiteit in Windhoek vooral op de natuur hebben gefocust. Vervolgens hebben we meer dan drie weken in Zuid-Afrika rondgereisd, langs Potchefstroom, Bloemfontein, Stellenbosch, Kaapstad, Johannesburg en Pretoria. Het programma varieerde van academische lezingen op de universiteiten tot toeristische uitjes naar bekende bezienswaardigheden en een verkenning van het sociale leven met de studenten en gastouders die reis hielpen mogelijk maken.

Dit jaar waren wij vanuit Europa met een kleine delegatie: vijf reizigers en twee begeleiders. De beide begeleiders waren al langer bekend met Zuid-Afrika en spreken de taal ook al goed, van de reizigers was ik de enige die al lessen Afrikaans had gevolgd – maar afgezien van mijn sporadische lessen had ik ook nog steeds weinig spreek- en luisterervaring, dus de taal zal ook voor mij een uitdaging blijven. In het begin was dat zeker even wennen. Vooral de snellere sprekers waren soms moeilijk om te volgen en soms blijf je woorden tegenkomen waarvan je de betekenis toch niet helemaal uit de context op kan maken – wat betekent snaaks nou precies? Toch pikten we het door de nabijheid van de talen allemaal redelijk vlot op en zelfs wie moeite hield met het spreken, kon in elk geval wel het Afrikaans goed verstaan, en gelukkig konden de Afrikaanssprekenden om ons heen ons Nederlands ook redelijk volgen. Waar ik aan het begon van de reis nog vreesde dat ik enkel het Afrikaans van mijn docent in Nederland kon verstaan, heb ik inmiddels het idee dat Afrikaans een stabiele derde taal voor mij is geworden na Nederlands en Engels. Gelukkig heb ik tijdens de reis veel Afrikaanstalige boeken kunnen kopen (voornamelijk poëzie van Breytenbach) waardoor ik mijn leesvaardigheid nu makkelijker op peil kan houden, maar vooral heb ik vrienden kunnen maken met wie ik nu in het Afrikaans kan schrijven, waardoor mijn actieve taalbeheersing met sprongen vooruit gaat. Sommige fouten blijven wel hardnekkig: zo deed ik er de hele reis over om “gedoen” in plaats van “gedaan” te gaan zeggen, en is de volgende stap om “het gehad” in plaats van “het gehê” te gaan zeggen (ik vermoed dat ik die fout maak naar analogie van “het gesê”).

De verwantschap van onze talen hebben mij een beeld van Zuid-Afrika kunnen geven wat ik denk ik niet zo had kunnen krijgen als mijn moedertaal Engels of Duits was geweest. Doordat er bijna geen taalbarrière is neem je op een andere manier deel aan de samenleving. In mijn ervaring maakte dit het bijvoorbeeld veel makkelijker om mee te praten in lokale discussies. Zo hebben we veel gesproken over de nasleep van apartheid, en over de talenkwesties in het onderwijs. Door hier in de lokale taal over te spreken is er een jargon voor, waardoor er veel beter over te spreken valt. Het gebruik van Afrikaans was voor mij denk ik de meest waardevolle ervaring van deze reis en het heeft de taal de kans gegeven om zich definitief in mij te nestelen.

JONGERENPROJECT 2018

Page 5: Talig · 2018-11-12 · (die skakelwoorde wat in skoolhandboeke as “groep 2” bekend staan) moet ʼn komma wees, nie ʼn kommapunt nie. Die reël vir die kommapunt (AWS 13.45) is

Vars uit die oond van die WAT maar nog nie op die winkelrak nie ...

slaaibek [slaai-bek] s.nw., slaaibekke. (geselstaal; skertsend; verouderd) Iem. wat vinnig en goed kan praat, of iem. wat geneig is om te babbel en soms dinge uit te lap: ``Mistig Groenewald, ek … kom verlof vra om op u plaas te prospekteer na oker.’’ ``Ek ken nie prospekteer en oker nie, maar ons kan altyd ’n plan maak.’’ Mnr. Badenhorst is ’n slaaibek van sy amp, maar oom Elie wil die okergedoente eers terdeë visenteer (C.G.S. de Villiers: Medereisigers, s.j., 87). (Ook opgeteken in Belfast, Kroonstad, Malmesbury, Stellenbosch en Wellington).

slaaikrapper [slaai-krap-per] s.nw., slaaikrappers. (geselstaal) Iem. wat tot ’n ander se nadeel in sy of haar liefdesake inmeng: Jaloesie is nie ouderdomsgebonde nie. ’n Terloopse verwysing na die lank vergete rooikop in jou verlede bring genoeg herinneringe van hierdie slaaikrapper terug om die romantiek uit jul kerslig-ete te haal (Burg., 1 Mei 2010, 7).

snoesel [snoe-sel] I ww., het gesnoesel; byv. en byw. snoeselende, snoeselend. 1 Jou snoesig posisioneer: Die hond, kat snoesel in die waai van haar bene. ≈ Ek snoesel my neus in haar hare tot sy glimlag (M.Cloete in Sarie, 24 Aug. 1988, 55). Hy (Max) snoesel dieper in die kussings en maak sy oë toe (A.P. Brink: Swerfling, 1966, 171). ▪ Ook t.o.v. nielewende voorwerpe: Die vuur … (snoesel) nou laag genoeglik in die kole (A.P. Brink: Lobola, 1962, 94). Vgl. nestel 1 b. 2 Op ’n liefkosende of sensuele manier aanraak of vashou: Soos by vroue, hou ’n man ook daarvan

Wat gaan vir

WAT

snoesel

om gesnoesel te word … en te hoor dat jy lief is vir hom (Sarie, 15 Sept. 1993, 71). By die syvenster se toonbank snoesel ’n paartjie liefkosend (F. Loots: Nagvoëls,2001, 73).

Dr. W.F. BothaHoofredakteur en Uitvoerende Direkteur Woordeboek van die Afrikaanse Taal Stellenbosch

Page 6: Talig · 2018-11-12 · (die skakelwoorde wat in skoolhandboeke as “groep 2” bekend staan) moet ʼn komma wees, nie ʼn kommapunt nie. Die reël vir die kommapunt (AWS 13.45) is

ATKV-WOORDVEERTJIES vereer talentvolle skrywers ’n

Boek is vir die siel soos wat ’n slypsteen vir ’n swaard is, en met die gehalte-

Afrikaanse letterkunde wat elke jaar gepubliseer word, is dit vir die ATKV ’n reusevoorreg om talentvolle skrywers te vereer.

By vanjaar se ATKV-Woordveertjies is daar onder meer vir die beste skrywers, digters en dramaturge ’n klop op die skouer gegee vir hul enorme bydrae tot die letterkunde-landskap.

Dié geleentheid is op Vrydag 31 Augustus by die H.B. Thom-teater in Stellenbosch gehou. Dit is vanjaar die 11de keer wat die ATKV-Woordveertjies aangebied word.

“Ons wil uitnemendheid en kreatiwiteit rondom die Afrikaanse woord bekroon,” sê Nita Cronjé, bestuurder: kunste en produksies by die ATKV.

“Ons vereer bydraes oor ’n breë spektrum. Van woordeboeke tot prosawerke.”

Sy sê die hoofdoel van die toekennings is om ’n liefde en passie vir lees by mense te kweek. “Dit moet vir skrywers bemoedigend wees om werk te kan skep en mense aan die lees te kry. Dit is ook wonderlik om te sien hoe baie werk verlede jaar die lig gesien het.”

Volgens Nita het 12 digbundels vanjaar ingeskryf. “Dit is verblydend om agter te kom dat so baie

skrywers woeker met hul woorde as jy ook kyk na die 23 nuutgeskepte dramatekste wat ingeskryf het. Die ATKV-Woordveertjies moet skrywers motiveer om aan te hou om tot die Afrikaanse letterkunde-omgewing by te dra.”

Die ATKV-Woordveertjie vir Leesbevordering is ’n inspirerende kategorie wat bewys watter verskil ’n unieke leesprogram kan maak in die lewens van kinders en bejaardes. Met PAT Suid-Afrika se Lees-Ukufunda-Read-program word honde spesifiek ingespan om ondersteuning te bied aan kinders wat sukkel om te lees. Kinders wat sukkel om te lees, lees hardop vir opgeleide honde voor en verbeter so hul lees- en kommunikasievaardighede. Die

honde praat nie terug nie, raas nie met die kinders nie en lag ook nie as woorde verkeerd uitgespreek word nie.

Volgens Nita word hierdie unieke metode om ’n liefde vir lees en boeke te bewerkstellig met sukses in ’n aantal skole aangewend, en met hierdie toekenning sal die kollig hopelik opnuut op die werksaamhede van hierdie wonderlike organisasie val.

Die ATKV het ook vanjaar besluit om vier baie besondere rolspelers in die Afrikaanse uitgewersbedryf te vereer vir hul uitsonderlike bydrae tot die Afrikaanse boekbedryf. Hulle is Marietjie Coetzee, Cecilia Britz, Alida Potgieter en Hettie Scholtz.

Page 7: Talig · 2018-11-12 · (die skakelwoorde wat in skoolhandboeke as “groep 2” bekend staan) moet ʼn komma wees, nie ʼn kommapunt nie. Die reël vir die kommapunt (AWS 13.45) is

Die wenners van die ATKV-Woordveertjies 2018 is soos volg:ATKV-ProsaprysDie wêreld van Charlie Oeng – Etienne van Heerden (Tafelberg) Resensie: https://www.litnet.co.za/die-wereld-van-charlie-oeng-n-resensie/

Prys vir LiefdesromanMentje, kind van Pas-Opkamp – Irma Joubert (LAPA Uitgewers)Resensie: http://lapa.bookslive.co.za/blog/2017/10/09/mentje-kind-van-pas-opkamp-%E2%80%99n-nuwe-oorlogsroman-uit-die-pen-van-irma-joubert/Prys vir PoësieUittogboek – Johan Myburg (Protea Boekhuis) Resensie https://www.litnet.co.za/uittogboek-deur-johan-myburg-n-resensie/

Prys vir RomansesAlles is perfek – Dina Botha (Romanza)

Prys vir SpanningslektuurKamikaze – Rudie van Rensburg (Queillerie)Resensie: https://www.litnet.co.za/kamikaze-deur-rudie-van-rensburg-n-resensie/

Prys vir DramateksDEURnis – Henque Heymans, Corné Joubert, Johann Smith, Shareen Swart & Braam van der VyverResensie: https://www.litnet.co.za/aardklop-2017-n-onderhoud-met-henque-heymans-oor-deurnis/

Prys vir NiefiksieSpertyd – Elsa Joubert (Tafelberg)Resensie: https://www.litnet.co.za/spertyd-deur-elsa-joubert-n-resensie/

Woordwystoekenning vir woordeboeke en taalgidseVerklarende Politieke Woordeboek/Explanatory Dictionary of Politics (2017)Samestellers: Albert Venter, Susan Botha, Louis du Plessis en Mariëtta Alberts. Uitgegee deur Juta.Resensie: https://viva-afrikaans.org/lees-luister/blog/itemlist/tag/woordeboek

Toekenning vir LeesbevorderingPets as Therapy: Lees-Ukufunda-READ-program

ATKV-KinderboektoekenningsDie wenners in die ATKV-Kinderboektoekennings het ook hul pryse tydens die ATKV-Woordveertjies ontvang. Dié kompetisie word jaarliks aangebied om die gewildste Afrikaanse kinderboeke te bekroon wat gedurende die voorafgaande kalenderjaar verskyn het. Die boeke wat vir hierdie toekennings in aanmerking kom, word deur die kinders self beoordeel.

Voorleeskategorie: Graad RR – 1Skrywer: Louise Smit (Human & Rousseau) – Bennie Boekwurm se tonnelhuisieIllustreerder: Johann Strauss (Human & Rousseau) – Bennie Boekwurm se tonnelhuisieResensie: https://www.pressreader.com /south-africa/beeld/20171212/ 282067687277561

Selfleeskategorie: Graad 2 – 3Skrywer: Jaco Jacobs (LAPA Uitgewers) – Professor Fungus en die monsterformuleIllustreerder: Johann Strauss (LAPA Uitgewers) – Professor Fungus en die monsterformuleResensie: https://www.booksagain.co.za/fiction/professor-fungus-en-die-monsterformule.html

Selfleeskategorie: Graad 4 – 5Skrywer: Jaco Jacobs (LAPA Uitgewers) – Zackie Mostert en die super-stinkbomIllustreerder: Elsbeth Eksteen (LAPA Uitgewers) – La di da, LuluResensie: http://www.thebookbox.co.za/storybooks-storieboeke/878-la-di-da-lulu-deur-fanie-viljoen.html

Selfleeskategorie: Graad 6 – 7Skrywer: Cecilia Steyn (Human & Rousseau) – #PresiesAnders: Eksperimente en eerste soeneResensie: http://www.ceciliasteyn.co.za/eksperimente-en-eerste-soene/

Selfleeskategorie: Graad 8 – 10Skrywer: Marion Erskine (Human & Rousseau) – Vlerke vir almalResensie: https://www.litnet.co.za/vlerke-vir-almal-deur-marion-erskine-n-resensie/

Page 8: Talig · 2018-11-12 · (die skakelwoorde wat in skoolhandboeke as “groep 2” bekend staan) moet ʼn komma wees, nie ʼn kommapunt nie. Die reël vir die kommapunt (AWS 13.45) is

PERSVERKLARINGVIR ONMIDDELLIKE VRYSTELLINGUITGEREIK DEUR: SOPHIA KAPP___________________________________________________________________

Afrikaansegrammatikawerkswinkel

VivA bied elke twee jaar ʼn grammatikawerkwinkel aan waar navorsers en taalwerkers die geleentheid het om van nuwe navorsing oor en insigte in Afrikaans se grammatika kennis te neem.

Die vorige geleentheid het in Johannesburg plaasgevind, maar hierdie jaar se werkwinkel word aangebied om saam te val met die Gentse Kollokwium wat jaarliks deur die Universiteit Gent aangebied word. Navorsing oor en in Afrikaans word sodoende deel van die internasionale gesprek, en akademici van dwarsoor Europa kry die geleentheid om kennis te neem van nuwe verwikkelinge wat hier oor ʼn Dietse taal onderneem word.

Bekende Afrikaanse akademici soos Bertus van Rooy, Wannie Carstens, Gerhard van Huyssteen, Daan Wissing, Jac Conradie, Donovan Lawrence, Ernst Kotzé en Adri Breed sal by die geleentheid optree, terwyl verskeie jonger deelnemers ook die geleentheid sal hê om hulle navorsing internasionaal bekend te stel. Buitelandse aanbieders sluit in Cora Pots (KU Leuven), Ton van der Wouden (Meertens Instituut, Amsterdam), Jacquelinevan Kampen (Utrecht Universiteit) en Dario Rens (Universiteit Gent).

Onderwerpe wat ter sprake sal kom, sluit in registerwisseling, grammatikale veranderinge in Tienerafrikaans, nasalering in sekere variëteite van Afrikaans, uitdagings wat vertaling van Nederlandse digkuns aan Afrikaansvertalers stel, intensiewe vorme in Afrikaans, Nederlands en Duits, en die kwessie van "aaklige woorde" wat nooit hulle gehate status moes gehad het nie.

Die kongres vind plaas op 5 en 6 Oktober en ʼn volledige program van die voordragte is hier beskikbaar: https://www.viva-afrikaans.org/portale/inligtingsportaal-reg/afrikaansewerkswinkel.

Gebruikers wat meer oor VivA te wete wil kom, kan aanteken by www.viva-afrikaans.org of met ons bestuurshoof, Marlie Coetzee, skakel by 072 749 2431 of by [email protected].