PIERIE SPOGLEERDERS - Laerskool Pierneef...2019/10/28  · gom Graad 6 en 7: Stysel; rys,...

2
PIERIE SPOGLEERDERS Die week se spogleerders is: Ignus de Vos (RHM) Marenique Moolman (1BC) Ladoré Senekal (2VE) Hope Motau (3SS) Monica Steyn (4JJ) Tindal van der Merwe (5ML) Heinrich Coetzee (6SB) Nikita van Dyk (7SH) www.laerskoolpierneef.co.za PREFEKTEVERKIESING 2019 Die nominasies vir die 2020 prefekte is afgehandel en deur die Beheerliggaam goedgekeur. Daar is vandag vir die Prefekte van 2020 gestem. Die prefekte sal volgende Maandag die 4de November bekend gemaak word, waarna daar vir die hoofleiers gestem sal word. Die hoofleiers word die 27ste November tydens die Meriete -aand bekend gemaak. Omsendbrief 37/2019 28 Oktober 2019 ALGEMENE JAARVERGADERING Geagte ouers Tydens die vergadering wat gehou is op Donderdag 24 Oktober 2019 is die skool- gelde vir 2020 vasgestel. (15% kworum was teenwoordig). Die skoolgelde vir 2020 is as volg bepaal: Gr. RR en Gr. R - R1000-00 pm (oor 11 maande). Ouers moet daarop let dat geen aansoeke vir kwytskelding / vrystelling van toepassing is nie. Gr. 1 tot Gr. 7 - R1000-00 pm (oor 11 maande). Ouers mag aansoek doen vir kwytskelding / vrystelling van skoolgelde indien hulle daarvoor kwalifiseer. Vrystellingsaansoeke moet voor 31 Maart 2020 ingedien word. Indien die skoolgelde ten volle betaal word voor 31 Januarie 2020 kwalifiseer u vir 10% korng. Geen korng vir 3de en 4de leerders word toegestaan nie. n Beroep word op ouers gedoen om skool- gelde te vereffen vir 2019 teen 30 Novem- ber 2019. Om oorhandiging aan skuldinvor- deraars en die gepaardgaande invorderings onkostes te vermy moet alle uitstaande fooie betaal word. BLOEDSKENK VELDTOG Die SANBS besoek ons skool volgende week. Daar sal n tent op die rugbyveld opgeslaan wees en ons nooi alle ouers om deel te wees van hierdie belangrike veldtog deur te kom bloed skenk. Waar: Laerskool Pierneef Datum: Donderdag 31 Oktober 2019 Tyd: 12:00 tot 18:00

Transcript of PIERIE SPOGLEERDERS - Laerskool Pierneef...2019/10/28  · gom Graad 6 en 7: Stysel; rys,...

Page 1: PIERIE SPOGLEERDERS - Laerskool Pierneef...2019/10/28  · gom Graad 6 en 7: Stysel; rys, mieliemeel, cous-cous, pasta, uitveer en skerpmakers Dankie byvoorbaat dat ons kan staatmaak

PIERIE SPOGLEERDERS

Die week se spogleerders is:

Ignus de Vos (RHM) Marenique Moolman (1BC)

Ladoré Senekal (2VE) Hope Motau (3SS)

Monica Steyn (4JJ) Tindal van der Merwe (5ML)

Heinrich Coetzee (6SB) Nikita van Dyk (7SH)

www.laerskoolpierneef.co.za

PREFEKTEVERKIESING 2019

Die nominasies vir die 2020

prefekte is afgehandel en deur die

Beheerliggaam goedgekeur. Daar is

vandag vir die Prefekte van 2020

gestem. Die prefekte sal volgende

Maandag die 4de November

bekend gemaak word, waarna daar

vir die hoofleiers gestem sal word.

Die hoofleiers word die

27ste November tydens die Meriete

-aand bekend gemaak.

Omsendbrief 37/2019

28 Oktober 2019

ALGEMENE JAARVERGADERING

Geagte ouers

Tydens die vergadering wat gehou is op

Donderdag 24 Oktober 2019 is die skool-

gelde vir 2020 vasgestel. (15% kworum was

teenwoordig). Die skoolgelde vir 2020 is as

volg bepaal:

Gr. RR en Gr. R - R1000-00 pm (oor 11

maande). Ouers moet daarop let dat geen

aansoeke vir kwytskelding / vrystelling van

toepassing is nie.

Gr. 1 tot Gr. 7 - R1000-00 pm (oor 11

maande). Ouers mag aansoek doen vir

kwytskelding / vrystelling van skoolgelde

indien hulle daarvoor kwalifiseer.

Vrystellingsaansoeke moet voor 31 Maart

2020 ingedien word.

Indien die skoolgelde ten volle betaal word

voor 31 Januarie 2020 kwalifiseer u vir 10%

korting. Geen korting vir 3de en 4de leerders

word toegestaan nie.

‘n Beroep word op ouers gedoen om skool-

gelde te vereffen vir 2019 teen 30 Novem-

ber 2019. Om oorhandiging aan skuldinvor-

deraars en die gepaardgaande invorderings

onkostes te vermy moet alle uitstaande

fooie betaal word.

BLOEDSKENK VELDTOG

Die SANBS besoek ons skool volgende

week.

Daar sal ‘n tent op die rugbyveld

opgeslaan wees en ons nooi alle ouers

om deel te wees van hierdie belangrike

veldtog deur te kom bloed skenk.

Waar: Laerskool Pierneef

Datum: Donderdag 31 Oktober

2019

Tyd: 12:00 tot 18:00

Page 2: PIERIE SPOGLEERDERS - Laerskool Pierneef...2019/10/28  · gom Graad 6 en 7: Stysel; rys, mieliemeel, cous-cous, pasta, uitveer en skerpmakers Dankie byvoorbaat dat ons kan staatmaak

INTERHUIS ATLETIEK 2019

Alle atletiek uitdunne is nou afgehandel en alle leerders wat aan die Interhuisbyeenkoms

gaan deelneem op die 8ste November het ‘n oefenbrief ontvang waarop sy/haar items

afgemerk is. Indien u kind nie by die uitdunne was nie weens siekte, ‘n besering opge-

doen het of enige ander persoonlike redes, sorg asseblief dat u kind sy naam kom opgee

by Me. C. Janse van Rensburg, sodat hy/sy wel ‘n kans kan kry vir die uitdun van die ver-

skillende items. Ons wil graag elke Pierie ‘n regverdige kans gee om uit te dun. Indien u

kind ‘n brief ontvang het, is dit baie belangrik dat u kind opdaag vir oefening, sodat ons ‘n

sukses kan maak van die atletiekseisoen wat voorlê. Daar word tegnieke vir leerders

aangeleer, sodat elkeen ‘n kans het om te kan presteer.

PIERIES GEE OM Hier by Laerskool Pierneef het ons al keer op keer bewys dat ons leerders en ouers omgee-harte het. Die Desember vakansie is baie lank en ons wil sorg dat elke behoeftige Pierie-gesin genoegsame voorraad het in hierdie tyd, daarom wil ons een van die grootste uitreik-kompetisie loots en ons daag elke Pierie uit om deel te neem. Die kompetisie werk as volg:

Elke graad kry ‘n lys van items wat in-gesamel moet word.

Die leerders het tyd tot die 8ste Novem-ber om die items op hul graadlys skool toe te bring.

Die klas in die graad wat die meeste items ingesamel het is die wenners en kry ‘n beloning.

Daar word ook skryfbehoeftes in-

gesamel wat in Januarie aan die be-hoeftige leerders uitgedeel sal word.

Die indeling is as volg:

Graad RR, R en 1: Vleisblikkies, tuna, vis,

soya mince, grys HB potlode, kleurpot-

lode

Graad 2 en 3: Groente blikkies, droë sop/

souse, vars groente, bloupenne en skêr

Graad 4 en 5: Tee, koffie, suiker, melk,

aanmaak koeldrank, ontbytpap, liniale en

gom

Graad 6 en 7: Stysel; rys, mieliemeel,

cous-cous, pasta, uitveer en skerpmakers

Dankie byvoorbaat dat ons kan

staatmaak op elke Pierie!

TROFEES

Alle trofees van die

meriete aand moet

voor of op 8 November

terug wees by die skool.

Dit is baie belangrik dat

ons dit betyds moet kry

voor die meriete aand

asseblief.

SWEM

Donderdag 31 Oktober is die Interskole gala by

Hillcrest. Die gala begin amptelik om 13:00, die bus

vertrek om 11:30. Al die swemmers wat betrokke is by die gala

het reeds verlede week hulle briewe ontvang. Daar is nog enkele

vrywaringvorms uitstaande. Stuur asseblief so gou moontlik vir

Juf. Elkerine. Swemmers wat bus ry moet onthou om R20 te

betaal by Juf. Elkerine. Alle swemmers moet asseblief Dinsdag

kom oefen - ons wil graag deur die aflosse werk. Oefening vir die

week is Maandag en Dinsdag van 14:00 tot 14:45.

Sterkte aan al ons swemmers.

Dinsdag 29 Oktober 2019 Woensdag 30 Oktober 2019

Ouderdom Item Ouderdom Item

0/7-0/9 Naellope 0/7-0/9 Naellope

0/10 Verspring 0/10 Gewigstoot

0/11 Gewigstoot 0/11 Hoogspring

0/12 Hoogspring 0/12 Naellope

0/13 Naellope 0/13 Verspring

0/10 – 0/13 Indien jou betrokke velditem nie oefen vanmiddag nie en jy is

betrokke by middelafstande, moet jy middelafstande gaan

oefen.

Donderdag 31 Oktober 2019

Ouderdom Item

0/7 – 0/9 Naellope

0/10 Hoogspring

0/11 Naellope

0/12 Verspring

0/13 Gewigstoot

0/10 – 0/13 Indien jou betrokke velditem nie oefen vanmiddag nie en jy is

betrokke by middelafstande, moet jy middelafstande gaan

oefen.

As gevolg van die hittegolf sal daar vanmiddag geen oefening wees nie. Vanaf Dinsdag 29

Oktober sal oefeninge tydens aktiwiteitsperiode plaasvind. Leerders moet hul oefen klere

saambring. Die oefenprogram vir die 29ste – 31ste Okt is as volg:

Atlete wat in hul Bokspan gaan deelneem sal Maandag 28 Oktober 2019, ‘n brief ontvang

waarop hul items aangedui word. ‘n Interhuisprogram sal aan die atleetbrief geheg word

waarop alle reëlings deurgegee word ten opsigte van die byeenkoms.

Daar word versoek dat alle leerders wat trofees ontvang het vir die atletiek in 2018, dit

asseblief sal terug stuur voor of op 28 Oktober 2019. Dit word weer benodig vir die Interhuis-

byeenkoms. Baie dankie vir julle samewerking.