Vinkie VINKIE 03 MAART 2016 - lsfairland.files.wordpress.com · Marketstraat 145, Fairland 011...

14
Marketstraat 145, Fairland 011 678-4591/2 www.lsfairland.co.za Jaargang 23 nr 7 3 Maart 2016 Vinkie Laerskool Fairland UIT DIE HOOF SE KANTOOR Atletiek Baie geluk aan ons uitblink-atlete Chanté Botha, Euané Theart en Corné de Fouw wat aan die SA atletiekkampioenskap gaan deelneem op 10 - 12 Maart. Koorkamp Baie dankie aan Chrisné Ehlers en al die personeel wat die leerders vergesel het. Die 70 kinders het die kamp baie leersaam gevind. Van hul ouers het by hulle aangesluit en was dit sommer ‘n heerlike saamkuier ook. Personalia Ons betuig ons innige meegevoel met die Krause-gesin met die skielike afsterwe van hul eggenoot en pa, André. Ons dink in liefde aan Merie en gesin. Mag julle ryklike troos van ons liefdevolle Hemelse Vader ontvang. Baie geluk aan mnr. Servaas Nel met die geboorte van sy kleinseun, Sion, op Dinsdag 2 Maart. Ons weet sommer die kleinding het al klaar oupa se hart gesteel. Baie geluk aan mnr. Dean Benadie wat aangestel is op die bestuur van die Noordelike Bonde skeidsregtersvereniging, in die portefeulje: Ontwikkeling en Opleiding. ADVERTENSIEBORDE Die bord op die hoek van Marketstraat en 7de Laan is pas nuut oorgedoen. Die volgende opsies is beskikbaar: 9 spasies: 1.18m x 0.46m (Koste: R1600 per spasie jaarliks) (Die koste sluit die maak van die borde uit.) Kontakpersoon: Karén Reyneke ([email protected]) VERJAARSDAE Baie geluk aan mnr. Nicky Cronjé wat op 6 Maart verjaar. Ons glo en vertrou dat jou nuwe lewensjaar sommer baie voorspoedig en geseënd sal wees. BELANGRIKE DATUMS VAN DIE BEHEERLIGGAAM ENERGIEPROJEK: TENDERPROSES Tenders word aangevra en kan gestuur word aan [email protected]. Sluitingsdatum vir tenders is 05 April 2016 om 12:00. Indien u enige navrae het, kontak asb. vir Karén Reyneke by bogenoemde e-posadres BESKRYWING: VERSOEK VIR VOORSTELLE VAN KONSTRUKSIEKONTRAKTEURS VIR DIE IMPLEMENTERING VAN ‘N VOLLEDIGE FOTOVOLTAÏESE ENERGIE-OPLOSSING VIR LAERSKOOL FAIRLAND 1 KULTUUR SPORT ALGEMEEN 4 Mrt. LFK: rondte 1 Beeldende Kuns 9 Mrt. Rugby/Netbal: L/s Hennopspark (t) 4 Mrt. Medialeiers en Leesklub “sleepover” 7, 8 & 10 Mrt. ATKV-Redenaars: Intern 10 12 Mrt. Atletiek: SA- kampioenskap 08 Mrt. Boek Buddies 9 Apr. Juniorkoor: Werkswinkel 14 Mrt. Rugby & Netbal: L/s Kenmare (w) 11 Mrt. Gr. R-fietsiedag 11 13 Mrt. Pa en seun- en Ma en dogternaweek 21 Mei VVF-pretloop

Transcript of Vinkie VINKIE 03 MAART 2016 - lsfairland.files.wordpress.com · Marketstraat 145, Fairland 011...

Page 1: Vinkie VINKIE 03 MAART 2016 - lsfairland.files.wordpress.com · Marketstraat 145, Fairland 011 678-4591/2 Jaargang 23 nr 7 3 Maart 2016 Vinkie Laerskool Fairland UIT DIE HOOF SE KANTOOR

Marketstraat 145, Fairland 011 678-4591/2 www.lsfairland.co.za Jaargang 23 nr 7 3 Maart 2016

Vinkie Laerskool Fairland

UIT DIE HOOF SE KANTOORAtletiekBaie geluk aan ons uitblink-atlete Chanté Botha, Euané Theart en Corné de Fouw wat aan die SA atletiekkampioenskap gaan deelneem op 10 - 12 Maart.

KoorkampBaie dankie aan Chrisné Ehlers en al die personeel wat die leerders vergesel het. Die 70 kinders het die kamp baie leersaam gevind. Van hul ouers het by hulle aangesluit en was dit sommer ‘n heerlike saamkuier ook.PersonaliaOns betuig ons innige meegevoel met die Krause-gesin met die skielike afsterwe van hul eggenoot en pa, André. Ons dink in liefde aan Merie en gesin. Mag julle ryklike troos van ons liefdevolle Hemelse Vader ontvang.Baie geluk aan mnr. Servaas Nel met die geboorte van sy kleinseun, Sion, op Dinsdag 2 Maart. Ons weet sommer die kleinding het al klaar oupa se hart gesteel.Baie geluk aan mnr. Dean Benadie wat aangestel is op die bestuur van die Noordelike Bonde skeidsregtersvereniging, in die portefeulje: Ontwikkeling en Opleiding.

ADVERTENSIEBORDE Die bord op die hoek van Marketstraat en 7de Laan is pas nuut oorgedoen. Die volgende opsies is beskikbaar:9 spasies: 1.18m x 0.46m (Koste: R1600 per spasie jaarliks)(Die koste sluit die maak van die borde uit.)Kontakpersoon: Karén Reyneke ([email protected])

VERJAARSDAEBaie geluk aan mnr. Nicky Cronjé wat op 6 Maart verjaar. Ons glo en vertrou dat jou nuwe lewensjaar sommer baie voorspoedig en geseënd sal wees.

BELANGRIKE DATUMS

VAN DIE BEHEERLIGGAAMENERGIEPROJEK: TENDERPROSESTenders word aangevra en kan gestuur word aan [email protected]. Sluitingsdatum vir tenders is 05 April 2016 om 12:00. Indien u enige navrae het, kontak asb. vir Karén Reyneke by bogenoemde e-posadresBESKRYWING: VERSOEK VIR VOORSTELLE VAN KONSTRUKSIEKONTRAKTEURS VIR DIE IMPLEMENTERING VAN ‘N VOLLEDIGE FOTOVOLTAÏESE ENERGIE-OPLOSSING VIR LAERSKOOL FAIRLAND

1

VINKIE 03 MAART 2016

UIT DIE HOOF SE KANTOOR Atletiek Baie geluk aan ons uitblink-atlete Chanté Botha, Euané Theart en Corné de Fouw wat aan die SA atletiekkampioenskap gaan deelneem op 10 - 12 Maart. Koorkamp Baie dankie aan Chrisné Ehlers en al die personeel wat die leerders vergesel het. Die 70 kinders het die kamp baie leersaam gevind. Van hul ouers het by hulle aangesluit en was dit sommer „n heerlike saamkuier ook. Personalia Ons betuig ons innige meegevoel met die Krause-gesin met die skielike afsterwe van hul eggenoot en pa, André. Ons dink in liefde aan Merie en gesin. Mag julle ryklike troos van ons liefdevolle Hemelse Vader ontvang. Baie geluk aan mnr. Servaas Nel met die geboorte van sy kleinseun, Sion, op Dinsdag 2 Maart. Ons weet sommer die kleinding het al klaar oupa se hart gesteel. Baie geluk aan mnr. Dean Benadie wat aangestel is op die bestuur van die Noordelike Bonde skeidsregtersvereniging, in die portefeulje: Ontwikkeling en Opleiding. ADVERTENSIEBORDE Die bord op die hoek van Marketstraat en 7de Laan is pas nuut oorgedoen. Die volgende opsies is beskikbaar: 9 spasies: 1.18m x 0.46m (Koste: R1600 per spasie jaarliks) (Die koste sluit die maak van die borde uit.) Kontakpersoon: Karén Reyneke ([email protected])

VERJAARSDAE

Baie geluk aan mnr. Nicky Cronjé wat op 6 Maart verjaar. Ons glo en vertrou dat jou nuwe lewensjaar sommer baie voorspoedig en geseënd sal wees.

BELANGRIKE DATUMS KULTUUR SPORT ALGEMEEN

4 Mrt. LFK: rondte 1 Beeldende Kuns

9 Mrt. Rugby/Netbal: L/s Hennopspark (t)

4 Mrt. Medialeiers en Leesklub “sleepover”

7, 8 & 10 Mrt.

ATKV-Redenaars: Intern

10 – 12 Mrt. Atletiek: SA-kampioenskap

08 Mrt. Boek Buddies

9 Apr. Juniorkoor: Werkswinkel

14 Mrt. Rugby & Netbal: L/s Kenmare (w)

11 Mrt. Gr. R-fietsiedag

11 – 13 Mrt. Pa en seun- en Ma en dogternaweek

21 Mei VVF-pretloop

Page 2: Vinkie VINKIE 03 MAART 2016 - lsfairland.files.wordpress.com · Marketstraat 145, Fairland 011 678-4591/2 Jaargang 23 nr 7 3 Maart 2016 Vinkie Laerskool Fairland UIT DIE HOOF SE KANTOOR

2

1. DOELWITTE VAN DIE VERSOEK VIR VOORSTELLE Die versoek beoog die aanstelling van ‘n kontrakteur om ‘n fotovoltaiese oplossing vir Laerskool Fairland te ontwerp, aan te koop, te installeer, in werking te stel en te oorhandig.2. OMVANG VAN DIE WERKDie omvang van die werk sluit in die ontwerp, ingenieurswese, arbeid, materiaal, verskeping en afleweringlokaal, installering, toetsing en in werking stelling van die toerusting, aanvaardigingstoetsing en foutvinding, om die gespesifiseerde ontwerp te realiseer en ‘n ten volle werkende PV-stelsel in plek te stel.Daar word aanvaar dat die kontrakteur enige item wat nie spesifiek in die versoek genoem word nie, maar wat nodig is om die PV-stelsel in plek te stel, sal insluit. Geen addisionele koste sal toegelaat word vir items wat nie deur die kontrakteur in ag geneem is nie, maar wat nodig is om die stelsel behoorlik te realiseer.a) Meganiese werke i. Montering van die PV-modules; ii. Waterdigting en roeswering benodig as gevolg van enige van die werke.b) Elektriese toerusting i. PV-modules, omsetters, kombineerders met sekeringe, skakeltoerusting en beskermingstoerusting. ii. Gelykstroomkabels, laagspanningkabels (400V) en kommunikasiekabels soos van toepassing; iii. Interkonneksie met die munisipale elektrisiteitskonneksiepunt met al die benodigde skakeltoerusting, kabels, beskerming en beheer.c) Beheerinstrumentasie i. Moniteringstoerusting om die stelsel en werksverrigting te moniteer vanaf enige punt ii. Alle benodigde beheerinstrumentasie vir die veilige, betroubare werking van die stelsel.3. KONTRAKTEUR SE VERANTWOORDELIKHEDEDie kontrakteur is verantwoordelik vir die lewering van ‘n totale oplossing, insluitende maar nie beperk tot die volgende:a) Die totale ontwerp van die PV-stelsel;b) Die aankoop, inspeksie en aflewering van al die toerusting wat nodig is om die werk te doen;c) Alle konstruksie nodig om die werk te doen. Konstruksie sal van sodanige kwaliteit wees sodat dit

ooreenstem met die leeftyd van die PV-Stelsel;d) Alle toerusting, dienste en personeel om die stelsel te toets en in werking te stel;e) Verantwoordelik vir die nakoming van alle veiligheids- en gesondheidsreëls (HSE).f) Die kontrakteur sal spesifieke stappe neem om die veiligheid van leerders en personeel tydens konstruksie

te verseker.4. TEGNIESE VEREISTESDie afdeling beskryf die tegniese vereistes vir die voorgestelde stelsel. Die volgende vereistes is verpligtend:a) Die voorgestelde grootte van die stelsel is 30kWp, netwerk gekonnekteer sonder enige rugsteun. Dit

mag dalk in twee fases van 15kWp geïnstalleer word, gevolglik moet die voorstel beide die volledige installering sowel as die installering oor twee fases afsonderlik hanteer.

b) Installasie is op ‘n sinkdak met hout-substruktuur.c) PV-modules met ‘n minimum piek-uitset van 260W (teen STC) moet gebruik word;d) PV-modules moet deur ‘n vlak 1-verskaffer verskaf word;e) 3-Fase PV-omsetter(s) moet gebruik word, korrek gespesifiseer vir die PV-modules;f) Toerusting moet in plek gesit word om te verhoed dat die PV-stelsel enige elektrisiteit na die munisipale

netwerk terugvoer.g) Die PV-stelsel moet van so ‘n aard wees dat, in geval die munisipale netwerk nie beskikbaar is nie, die

PV-stelsel sal afskakel en slegs weer aanskakel nadat die munisipale netwerk weer aangeskakel het.h) Die omsetter moet in staat wees om gemoniteer te word vanaf enige plek waar ‘n internetkonneksie

beskikbaar is.i) Die stelselontwerp en seleksie van toerusting moet die volgende in ag neem:i. PV-Stelsel moet ontwerp word om 25 jaar te werk onderhewig aan voldoening aan die vervaardigers se

voorwaardes in terme van operasie en onderhoud, en in ag geneem normale degradering;ii. Ontwerp vir hoë beskikbaarheid en betroubaarheid;

Page 3: Vinkie VINKIE 03 MAART 2016 - lsfairland.files.wordpress.com · Marketstraat 145, Fairland 011 678-4591/2 Jaargang 23 nr 7 3 Maart 2016 Vinkie Laerskool Fairland UIT DIE HOOF SE KANTOOR

3

iii. Ontwerp vir die spesifieke klimaat van die gebied waar dit geïnstalleer word;iv. Ontwerp om te voldoen aan al die toepaslike voorwaardes en standaarde in Suid-Afrika en Johannesburg;v. Materiaal en toerusting moet nuut en ongebruik wees;vi. Materiaal en toerusting moet deur betroubare vervaardigers vervaardig word;j) Die PV-stelsel moet by ‘n geskikte DB gekonnekteer word. Die kontrakteur moet verseker dat die kabels

dik genoeg is om die las te dra;k) Die kontrakteur moet alle etikette, naamplate, instruksies en waarskuwings wat nodig is vir die identifikasie

en veilige werking van die stelsel, verskaf en installeer. Dit moet gedoen word voor inwerkingstelling.5. Verpligte tendervoorwaardesDie kontrakteur moet die volgende saam met sy tender indien:a) Besonderhede en spesifikasies van die belangrikste komponente (PV-panele, omsetter(s), strukture,

monitor - en -beheersagteware);b) Besonderhede van die voorgestelde ontwerp en ook ‘n aanduiding van hoeveel energie die stelsel kan

produseer op ‘n jaarlikse basis, tesame met al die toepaslike berekeninge; c) ‘n Voorgestelde tydlyn vanaf toekenning van die tender tot finale oorhandiging;d) Gedetailleerde prysskedule in Suid-Afrikaanse Rand en geldig vir ‘n periode van 60 dae;e) Indiening van ‘n oorspronklike en geldige belastingklaringsertifikaat; f) Die tender moet ingedien word voor of op 05 April 2016 om 12:00.g) Tender moet per e-pos aan [email protected] gestuur word.

FINANSIESLet asb. daarop dat aansoeke vir vermindering van skoolgeld op 29 Februarie 2016 gesluit het.

REDAKSIEVoorkoms kan misleidend wees. Hoeveel van ons het nie al ‘n produk gekoop omdat ons deur ‘n goedbeplande advertensieveldtog oorrompel is nie? In elke huis se gangkas of garagedak hang daar een of ander “gadget” wat op ‘n tydstip na die beste ding in die wêreld gelyk het, maar by nadere ondersoek glad nie voldoen het aan verwagtinge nie.Mense is baie dieselfde. Ons is soms so naïef, kyk so vlak, dat ons verblind word deur die uiterlike. Ons word geflous deur die mooi verpakking en doen nie verder moeite om uit te vind oor dit wat binne-in versteek is nie. Op die manier verloor ons dikwels die geleentheid om ‘n fenomenale mens te leer ken, of ons beland emosioneel in die sop, want ons maak staat op iemand wat niks meer as ‘n leë belofte is nie.Van die beste mense is soos Ferrero Rocher sjokolades: effens grof aan die buitekant, maar as jy jou tyd vat, sal jy meer oor hulle uitvind. Jy moet onthou om verby die onaantreklike gebreekte stukkies te kyk, om die sjokoladeballetjie tussen jou tande rond te rol en te voel hoe jy versmelt saam met lagie op lagie lekkerte wat jy stadigaan ontdek. Die ontdekkingstog laat jou kort-kort sug van genot en los jou met ‘n onvergeetlike nasmakie wat jou onmiddelik lus maak vir meer.Moenie gekul word deur goue versierings en “window dressing” nie. Die skat lê altyd dieper versteek as wat jy dink en word gevind wanneer jy dit die minste verwag op die onmoontlikste plek. Al wat jy hoef te doen, is om jou tyd te vat met elke moontlikheid en te soek tot jy die sagte kern ontdek.Erika

AKADEMIE TOETSROOSTER 2016 KWARTAAL 1

Eerste Kwartaal Graad 4 Graad 5 Graad 6 Graad 7

Vr. 4 Maart SW SW SW SW

Page 4: Vinkie VINKIE 03 MAART 2016 - lsfairland.files.wordpress.com · Marketstraat 145, Fairland 011 678-4591/2 Jaargang 23 nr 7 3 Maart 2016 Vinkie Laerskool Fairland UIT DIE HOOF SE KANTOOR

4

GRONDSLAGFASEWagklas vir gr. 1 en gr. 2Op Maandae en Donderdae is daar wagklas vanaf 13:30-14:00 en op Dinsdae en Woensdae vanaf 13:00-13:30. Op Vrydae is daar geen wagklas nie, omrede die hele skool om 13:00 verdaag.Die wagklas dien as toesig vir die gr. 1- en gr.2-leerders wat vir hul ouer boeties en sussies wag. Ons vra asb. dat alle wagklasleerders in die wagklas by hul juffrou sal bly. Geen leerder mag dan in die parkie speel of op die stoepe rondloop en gesels nie.Marilet Vosloo

KULTUURDANS EN DRAMAOefentye:

Laerskool Fairland Kunswedstryd – Visuele Kuns Rondte 1Ons is opgewonde om met u te deel dat die Visuele Kunskompetisie plaasvind op Vrydag 4 Maart vanaf 13:30-15:30 in die saal. Die kompetisie strek oor drie kwartale en ons skop af met die kunsvorm: 3D-kuns oftewel modellering. Inskrywingsvorms kan by juf. Liezel van Niekerk (gr. 3/28) ingehandig word.Inskrywings het nou gesluit. Let asb. daarop dat leerders al hulle benodighede self moet saambring. Daar sal lang tafels wees waarop die modelle gebou kan word. Elke leerder moet sy werkspasie silwerskoon maak voor beoordeling! ‘n Repliekvorm met die leerder se persentasie verwerf, sal op die dag van deelname uitgedeel word. Alle sertifikate vir Afd. 1 (Gr. R-3), sal volgende kwartaal tydens ‘n saalbyeenkoms uitgedeel word. Afd. 2 & 3 (Gr. 4&5 en gr. 6&7) sal aan die einde van die jaar by die kultuurtoekenningsaand uitgedeel word. Onthou dat die kompetisie oor 3 rondtes strek en eers aan die einde van die 3de rondte voltooi sal wees.

SENIORKOORKAMPVrydagmiddag 26 Februarie het die koor vertrek na die Kadesh Barnea kampterrein in Skeerpoort vir ‘n naweek van sing, speel en lag. Daar het groot opgewondenheid geheers. Ons het Vrydagaand na die eerste oefening lekker geswem en die voortrekkers het verskeie ysbreker-speletjies met die koorlede gespeel. Ons was geseën met ‘n lekker reënbui Vrydagaand en toe bederf die voortrekkers, wat as ons kosspan opgetree het, ons met warm sjokolade. Saterdag het ons hard gewerk en gesing saam met Johan Bester en dit het soveel waarde tot ons repertorium bygevoeg. Daar was altyd ook tyd vir speel, swem en hindernisbane doen. Ons het ons eie kampkonsert gehou waar ‘n verskeidenheid talente ten toon gestel is. Ons het dit baie geniet. Dankie vir elke leerder wat saam gekamp het en wat so lekker saam met ons gewerk het. Dankie vir elke personeellid, juff. Melissa, Leanie, Marzaan en Klarike wat hul naweek afgestaan het om te kom help en ook te deel in die pret. Dankie aan die voortrekkers wat soveel pret en geurige kos vir die naweek verskaf het. Baie dankie aan elke ouer wat Sondagoggend kom deel het in ons kampvreugde deur die erediens en piekniek by te woon. Dit was ‘n voorreg om almal daar te ontvang. Mag dit die afskop van ‘n heerlike, suksesvolle koorjaar wees.KoorgroeteJuf. Chrisné

JUNIORKOOROns sien BAIE uit na die oefening met Johan Bester op 3 Maart! Hou asb. Saterdag 9 April oop vir ons werkswinkel. Verdere inligting sal later volg.

KULTUUR Vanaf 2016 geld die volgende in terme van Laerskool Fairland se kultuurbeleid en norm:

Daar sal in Augustus van elke jaar „n gratis interne kunswedstryd gehou word, waartydens leerders in dans, drama, musiek en kuns kan kompeteer. Beoordeling sal deur „n paneel van onafhanklike kundiges geskied. Leerders se prestasies by die kunswedstryd word gemeet aan die kultuurnorm (beskikbaar op die webtuiste ter insae) en toekennings sal in lyn hiermee geskied.

Gratis klasse in dans en drama sal een/twee keer per week deur die skool aangebied word as deel van ons kultuurontwikkelingsprogram. Leerders word steeds aangemoedig om by hul privaatateljees klas te neem en spesialis onderrig te ontvang. Die hoofdoel van die skool se dans- en dramaklasse is blootstelling en ontwikkeling vir veral die leerders wat nog nooit sulke geleenthede gehad het nie, of a.g.v. omstandighede nooit sal hȇ nie. Dit beteken natuurlik nie dat ons hiermee iemand wil uitsluit nie, inteendeel. Ons poog juis om meer leerders se belangstelling in kultuuraktiwiteite te prikkel.

Klasse het alreeds op Maandag 1 Februarie begin. Ons is daarvan oortuig dat baie talent verlore gaan omdat leerders nie geleenthede het om dit te

ontwikkel nie. Met hierdie nuwe beleid hoop ons om die gaping kleiner te maak. Op hierdie jong ouderdom, is dit belangrik dat hulle nuwe areas moet ondersoek om vas te stel waar hulle belangstelling en passie lȇ .

Ons skool se beleid was nog altyd die opvoeding van leerders in hulle totaliteit. Dit sluit akademie, sport en kultuur in.

Wat prestasies in buite-kultuur betref, sal ons nie voortaan interne toekennings in terme van die norm maak nie. Ons sal egter steeds sogenaamde prestasies tydens Maandae se saalbyeenkomste uitlees, asook die hoogste/beste buitekultuur prestasie op die jaarlikse kultuurtoekenningsaand uitlees. LET ASB. DAAROP DAT LEERDERS NIE ONDER LAERSKOOL FAIRLAND SE NAAM HOEF IN TE SKRYF VIR ENIGE BUITEKULTUUR KUNSWEDSTRYD (BV. NEA) NIE. DIE KULTUURNORM IS SODANIG AANGEPAS.

Buitengewone prestasies (buitekultuur) sal deur die normkomitee bestudeer word en na hul diskresie oorweeg word vir erkenning van enige aard. Aktiwiteite wat onder andere nou as buitekultuur geklassifiseer word, is deelname aan NEA, SATCH, Radikale Redenaars, Unisa eksamens, Florida Musieksentrum, WOW-spelfees, ens.

Ons moedig ouers nog steeds aan om aan hierdie organisasies se kompetisies deel te neem, veral met die oog op blootstelling, afronding en vordering. Neem in ag dat geen optrede betekenisloos is nie en dat sulke geleenthede u kind skerper maak in die spesifieke aktiwiteit. Net so, het privaatateljees „n groot rol te speel in die verfyning van talente, want hulle kan kwaliteit individuele aandag aan die kind gee. Hou in gedagte dat die skool se klasse in groepverband geskied en dat die neem van hierdie klasse op geen manier gekoppel is aan die kunswedstryd nie.

Enige leerder kan inskryf vir die Laerskool Fairland Kunswedstryd, ongeag waar hulle afgerig word en/of hulle afgerig word. Ons hoop en vertrou dat ons julle volle ondersteuning sal hȇ vir die nuwe kunswedstryd en dat ons skool se kultuur net sal groei! Die oefentye is soos volg:

DRAMA

Ma. 14:30-15:30 gr.1 en gr. 2 15:30-16:30 gr. 3 16:30-17:30 gr.4 en gr. 5

Wo. 15:30-16:30 Solo-afrigting 16:30-17:30 gr. 6 en gr. 7

DANS

Di. 14:00-15:00 gr. 5 tot gr. 7 15:00-15:30 gr. 1 en gr. 2 15:30-16:00 gr. 3 en gr. 4

Do. 14:00-15:00 gr. 5 tot gr. 7 15:00-15:30 gr. 1 en gr. 2 15:30-16:00 gr. 3 en gr. 4

Page 5: Vinkie VINKIE 03 MAART 2016 - lsfairland.files.wordpress.com · Marketstraat 145, Fairland 011 678-4591/2 Jaargang 23 nr 7 3 Maart 2016 Vinkie Laerskool Fairland UIT DIE HOOF SE KANTOOR

5

ATKV- REDENAARSDit is weer tyd vir die interne redenaarskompetisie. Ons Afrikaanse personeel het reeds ons sprekers uitgedun vir die geleentheid. Die datums wat vir die interne redenaars geskeduleer is, is soos volg:Maandag 7 Maart Gr. 1 – 3 vanaf 15:00Dinsdag 8 Maart Gr. 4 – 5 vanaf 15:00Donderdag 10 Maart Gr. 6 – 7 vanaf 15:00 (Voorbereid en onvoorbereid)Briefies met die nodige reëlings sal aan die deelnemende sprekers uitgedeel word. Sterkte met die voorbereiding. Ons sien daarna uit om na julle te luister.

NEA-SERTIFIKATE (Gr. 1 – 7)Alle NEA-sertifikate moet in die boks in die kantoor geplaas word sodat uitslae tydens ‘n saalbyeenkoms afgelees kan word. Uitslae sal eers afgelees word as ‘n hele aantal sertifikate ontvang is om sodoende die saalprogram te akkommodeer.Kultuur PitkosNegative people need drama like oxygen.Stay positive. It will take their breath away!Erika Joubert

SPORTALETIEKBaie geluk aan al ons atlete wat so puik gevaar het gedurende die afgelope Gauteng-kampioenskap. Vir die atlete wat deurgedring het na die SA-kampioenskap, baie sterkte! Nicky Cronjé

NETBALBelangrike datumso/10 – o/13 - 15 en 16 April (A- tot D-spanne) KonkaOefentye:

SPORT

ATLETIEK

Sterkte aan die atlete wat komende Saterdag deelneem by die D10 kampioenskap by Ruimsig atletiekstadion.

Nicky Cronjé HOKKIE Dogters D10-hokkieproewe (dogters) Simone van Belkum is opgeneem in die D10 hokkie-oefengroep. Baie geluk!

Seuns D10-hokkieproewe (seuns)

Juan Schoeman en Steven de Jongh is opgeneem in die D10 hokkie-oefengroep. Baie geluk! Hulle finale proewe vind Saterdag 20 Februarie plaas.

KRIEKET Baie geluk aan die volgende seuns wat almal die onderskeie Johanneburg Noord-wes spanne behaal het:

o/9: Jean du Toit, Jean Taljaard, Christiaan Liebenberg, Franco Roos, Francois Groenwald, Rico Vosloo, Luan Espach. o/10: Malan Graham, Tiaan le Roux, Michael Holmes, JP Reichel, Gabriel vd Westhuizen, Chad Tintinger. o/11: Deon Muller, Cor Muller, Ethan Ceronio, Jayden Bezuidenhout, Manie Groenewald. o/12: Reuben du Toit, Juan Neveling, Ruben Aucamp, Ulli Bronkhorst. o/13: Aiden vd Berg, Werno van Wyk, Johan Bredenkamp. NETBAL Belangrike datums

o/10 – o/13 - 15 en 16 April (A- tot D-spanne) Konka

Netbalkliniek: 22 Februarie 14:10 – 16:30

Netbaloefeninge begin op 29 Februarie Oefentye: 1ste Sessie: Maandag: 14:15-15:30

Dinsdag en Woensdag: 13:50-15:05 Baan 1 Baan 2 Baan 3 Baan 4 Baan 5 Teerbaan

o/13A&B o/10A&B o/10C&D o/9A&B o/9C&D o/9E&F 2de Sessie: Maandag: 15:30 - 16:45

Dinsdag en Woensdag: 15:05 - 16:20 Baan 1 Baan 2 Baan 3 Baan 4 Baan 5 Teerbaan

o/12A&B o/12C&D o/11A&B o/11C&D o/13C&D Geen

Page 6: Vinkie VINKIE 03 MAART 2016 - lsfairland.files.wordpress.com · Marketstraat 145, Fairland 011 678-4591/2 Jaargang 23 nr 7 3 Maart 2016 Vinkie Laerskool Fairland UIT DIE HOOF SE KANTOOR

6

MINI-NETBALOefentye:Begin Maandag 7 Maarto/6-dogters: Maandae, Dinsdae en Woensdae: 13:10 – 13.50o/7- en o/8-dogters:Maandae : 13:35 - 14:10Dinsdae en Woensdae : 13:05 - 13:50

RUGBYBelangrike datumso/9A - 14 – 16 Maart 2016o/10A - 17 – 19 Maart 2016o/11A - 29 Maart – 01 April 2016o/13A - 21 Maart – 24 Maart 2016

Rugby-oefentye:

TENNISSENIORDOGTERSSeniordogters A wen 12 – 5 teen Fontainebleau

SENIORSEUNSSeniorseuns A teen De la Salle gekanselleer agv reën Seniorseuns B teen Louw Geldenhuys gekanselleer agv reën

LigawedstrydeNeem asb. kennis dat hierdie datums voorlopig is en kan verander. Spelers sal briewe met regte inligting weekliks ontvang.

RUGBY

Belangrike datums

o/9A - 14 – 16 Maart 2016 o/10A - 17 – 19 Maart 2016 o/11A - 29 Maart – 01 April 2016 o/13A - 21 Maart – 24 Maart 2016

Rugbykliniek: 14:00 – 16:00 15 Februarie

Inligtingsessie met ouers en afrigters: 15 Februarie om 17:00 – 18:00 in die saal

Braai: 15 Februarie om 18:00 by die Lapa

Rugbyproewe: 16 & 17 Februarie Dinsdag: 13:45 – 14:45 A-veld o/10 B-veld o/9 14:50 – 15:50 B-veld o/11 14:50 – 16:30 A-veld o/12 en o/13 Woensdag: 13:45 – 14:45 A-veld o/10 B-veld o/9

14:50 – 15:50 B-veld o/11 14:50 – 16:30 A-veld o/12 en o/13 Rugby-oefentye 22 Februarie (TAU-rugbyoefening begin op 16 Februarie)

MAANDAG o/7 o/8 o/9A&B

o/8A o/10 A&B

3de, 4de o/11A&B

1e, 2de

13:35 - 14:10 B-veld A-veld 14:10 – 15:10 B-veld A-veld 15:10 – 16:10 A/B-veld 16:10 – 17:10 A/B-veld

DINSDAG o/7 o/8 o/9A&B

o/8A o/10 A&B

3de, 4de o/11A&B

1e, 2de

13:10 – 13:40 B-veld A-veld 13:45 – 14:45 B-veld A-veld 14:45 – 15:45 A/B-veld 15:45 – 16:45 A/B-veld

WOENSDAG o/7 o/8 o/9A&B

o/8A o/10 A&B

3de, 4de o/11A&B

1e, 2de

13:10 – 13:40 B-veld A-veld 13:45 – 14:45 B-veld A-veld 14:45 – 15:45 A/B-veld 15:45 – 16:45 A/B-veld

TENNIS

SENIORDOGTERS Senior dogters verloor 55-28 teen Laerskool Louw Geldenhuys

SENIORSEUNS

Senior seuns A wen 50-31 teen Herronbridge Senior seuns B wen 37-23 teen De La Salle

Page 7: Vinkie VINKIE 03 MAART 2016 - lsfairland.files.wordpress.com · Marketstraat 145, Fairland 011 678-4591/2 Jaargang 23 nr 7 3 Maart 2016 Vinkie Laerskool Fairland UIT DIE HOOF SE KANTOOR

7

Dogters A - 09 Maart - Curro Aurora - tuisSeuns A - 03 Maart - Louw Geldenhuys - tuis 10 Maart - TrinityHouse Randpark - wegSeuns B - 03 Maart - BYE 10 Maart - Unika - weg

SKAAKOefentye (1ste, 2de en 3de kwartaal)

TYE DONDERDAE

Gr. 1(beginners) K.27 13:35 - 14:20

Gr. 2 - gr. 3 (o/9) K.22 13:50 - 14:50

Gr. 4 - gr. 5 (o/11) K.22 14:00 – 15:30

Gr. 6 - gr. 7 (o/13) K.31 14:00 – 15:30Skaak: Wagklas-oefentyeMaandae en Donderdae 13:30 – 14:00Dinsdae en Woensdae 13:00 – 13:30

INLIGTINGSENTRUMMEDIALEIER- EN LEESKLUB- “SLEEP OVER” 4 MaartBriewe is uitgedeel in dié verband. Die opwinding is tasbaar en die afwagting behoorlik voelbaar. Al wat ek kan sê, is: “WEES DAAR!” Dit is ‘n groot hoogtepunt in jou medialeier-/leesklubjaar!

BOEK BUDDIES: Dinsdag 8 MaartDie bekende toneelgroepie voer tonele uit bekende boeke op om die lagspiere te prikkel en jou opgewonde te maak om die boek te lees. Die lys boeke wat voorgestel sal word, is in verlede week se Vinkie gepubliseer.

WêRELD HARDOPLEES-DAG: 24 FebruarieAangesien die waarde van hardoplees onskatbaar is en dwarsoor die wêreld gevier is op 24 Februarie, het die leesklub besluit om dié week leerders te vermaak met voorlesings en opvoerings gedurende die tweede pouses. Storietyd in die klaskamer en by die huis, is vir leerders van kritiese belang en moet nie afgeskeep word nie. Hier word liefde vir lees aangewakker en help dit met ouer leerders se latere leerproses. Geniet dit saam met die kinders! Besoek gerus Lapa se webtuiste vir die jongste Afrikaanse boeke.Lekker leesgroete!Leanie Taljaard

ALGEMEENVERE-KASVere-kastye:

MAANDAG DINSDAG WOENSDAG DONDERDAG VRYDAG

Oggend 07:10-07:40 07:10-07:40 07:10-07:40 07:10-07:40 07:10-07:40

Middag 13:30-14:00 13:00-13:30 13:00-13:30 13:30-14:00 GesluitOns sien daarna uit om al die ou en nuwe gesiggies by die Vere-kas te sien!Vere-kasgroeteLillian Ankersmit - 082 324-5034

ANTI-ROMMELSTROOIPROJEKOp Maandag 1 Februarie het ons die skool se anti-rommelstrooiprojek aan die leerders bekend gestel. Ons moedig werklik ons leerders aan om al die papiere wat hul sien rondlê in die asblikke te gooi en om almal te help om ons pragtige terrein skoon en netjies te hou!

Page 8: Vinkie VINKIE 03 MAART 2016 - lsfairland.files.wordpress.com · Marketstraat 145, Fairland 011 678-4591/2 Jaargang 23 nr 7 3 Maart 2016 Vinkie Laerskool Fairland UIT DIE HOOF SE KANTOOR

8

Polla Pou is ook aan die leerders voorgestel en sy sê: "Gooi nou in! Gou!"Indien die leerders verlore goedere sien wat op die terrein rondlê, word hul versoek om dit in die houers vir VERLORE GOEDERE voor die Vere-kas te gaan plaas.

KAMP! KAMP! KAMP! PA EN SEUN-NAWEEK 11 – 13 MAART 2016Die pa en seun-kamp se beplanning vir 2016 is in wording. Hou solank hierdie naweek oop!!Ek soek idees vir aktiwiteite wat die seuns gedurende hierdie naweek wil aanpak. Komaan seuns, maak voorstelle! Dit moet gebeur voor 5 Februarie 2016. Die beste 3 voorstelle sal elkeen ‘n prys ontvang.So ‘n paar riglyne hieroor:- Die idee is dat pa’s en seuns dit saam moet kan doen- Dit moet veilig wees en nie enige ernstige beserings veroorsaak nieEk sien uit na al julle terugvoer en deelname!Indien daar enige ander pa’s is wat hulp wil aanbied met die reëlings vir die naweek, hoor ek graag van julle!!Jaco Fourie S: 083 6333 944E: [email protected]

MA EN DOGTER-NAWEEKGraag herinner ons alle mammas en dogters aan ons ma en dogter-naweek wat plaasvind op 11 – 13 Maart 2016, te ATKV Buffelspoort.Akkommodasie besprekingsBesprekings word direk by Buffelspoort gemaak.

Pret-aktiwiteiteDie koste beloop R50 per kind en R50 per volwassene wat die kamp bywoon. Die bedrag is betaalbaar by Selomie van der Straaten in die finansiële kantoor by die skool, nie later as 19 Februarie 2016.

InternetbetalingsIndien u sou verkies om van internetoorplasing gebruik te maak (R50.00’e), kan u die volgende bankbesonderhede gebruik:FNB Cresta Rekeningnommer: 6200 749 6228. Takkode: 254 905 (Rekeningnaam: Laerskool Fairland)Verwyssing: Ma en dogter-naweek 2016 gevolg deur u kind se naam en van.E-pos asb. die bewys van betaling aan Selomie by [email protected]. Dit is belangrik om tred te hou met die getalle ter voorbereiding vir die naweek.Juf. Karen Nel

GR. R: UITBLINKER VAN DIE WEEKDie maatjies in elke graad R-klas wat werklik tydens die week uitgeblink het, se naam verskyn weekliks in die Vinkie. Dié maatjies kry ‘n pragtige sertifikaat, dra die goeiegedrag-knopie en mag ‘n draai by mnr. Willie in sy kantoor maak.Gr. R/07 : Bernard Judels Gr. R/08 : Jayden SwanepoelGr. R/09 : Cecilia Liebenberg Gr. R/10 : Tiffany PienaarGr. R/11 : Ian Gow Gr. R/11A : Megan Stahmer

STERRE VAN DIE WEEK Gr. 1/18 : Zanelle Balt Gr. 1/22 : Chanel Calitz Gr. 1/24 : Ruben Bredenkamp Gr. 1/25 : Duané CoetzeeGr. 1/26 : Channah Smith Gr. 1/27 : Alexis MienieGr. 2/14 : Danyella du Preez Gr. 215 : Jayden ViglienoGr. 2/16 : Chemené Mentz Gr. 2/17 : Marlené van Niekerk Gr. 2/21 : Cara Kilian Gr. 2/23 : Chané LiebenbergGr. 3/12 : Xander Calitz Gr. 3/13 : Kiara Kok Gr. 2/28 : Francois Britz Gr. 2/29 : Ariëlle van der GugtenGr. 3/45 : Adriaan Morrow Gr. 3/46 : Michael Payne

Page 9: Vinkie VINKIE 03 MAART 2016 - lsfairland.files.wordpress.com · Marketstraat 145, Fairland 011 678-4591/2 Jaargang 23 nr 7 3 Maart 2016 Vinkie Laerskool Fairland UIT DIE HOOF SE KANTOOR

9

GOEIEGEDRAG-KNOPIESGr. 1/25 : Stephan Nel en Ilse van NiekerkGr. 3/28 : Leam van der SluysGr. 4/47 : Shamiska Kelley en Dawid WiggettGr. 4/49 : Jana Theron en Abigail Moorcroft

ALLERGIEëOns doen ‘n dringende beroep op ouers om asb die kantoor in kennis te stel indien u kind ‘n ernstige allergie het en stuur asb die epipen of medikasie, duidelik gemerk met u kind se naam en nood-kontaknommer ook kantoor toe indien nodig.

SNOEPIEDie snoepie verskaf nie alleen heerlike eetgoed aan die kinders nie, maar lewer ook ʼn ander diens. Verskeie “platters” kan bestel word. Sien op die School Communicator onder Bronne/Algemeen die wye verskeidenheid van disse wat beskikbaar is.

BEWYS VAN BETALINGNeem asb kennis dat die skool nie langer van ‘n faksmasjien gebruik maak nie. E-pos asb. bewys van betaling aan Verna by [email protected] of [email protected]

LAPELWAPENSLet asb. op die beleid in terme van die dra van lapelwapens op die skool se kleurbaadjies. SLEGS lapelwapens wat deur die skool toegeken word, bv. Toppresteerder, Medialeier, Voorsitter, ens. mag op die baadjie gedra word. Geen toekennings van eksterne organisasies word toegelaat nie.

KOORD VIR BAADJIES EN SPESIALE SKOOLWAPENKoord vir half-erekleure en erekleure beskikbaar by juf. Leanie teen R15/meter. Spesiale skoolwapen wat op skoolbaadjie vasgewerk kan word indien leerder erekleure verwerf het, ook by juf. Leanie beskikbaar teen R30/wapen.

BIDGROEPIEKom bid lekker informeel en vinnig saam as jy klaar kinders afgelaai het op ‘n Woensdagoggend. (7:30 -8:00). Ons wil graag in die lapa vir ons skool, die kinders, personeel en werkers bid.Vir enige inligting sms Kirsti 083 463-6600.

JG OOSTHUIZEN-FONDS (Beseerde Hoërskool Lindenseun)Vrywillige bydraes kan gemaak word aan:JG OosthuizenFNB Fluid SpaarrekeningRekeningnommer: 623 969 813 60Tak: Hyde ParkTakkode: 255 805

TOUCH RUGBYSondagmiddag touch rugby vanaf 15:30 op Laerskool Fairland se sportvelde. Alle pappas en seuns welkom.

VRIENDE VAN FAIRLAND SE SPENSGedurende 2011 het Vriende van Fairland ’n spens begin om die skool se behoeftige families te help met hul maandelikse kruideniersware.Die spens was verlede jaar na ‘n baie suksevolle omgeeweek waar leerders en hul ouers vrywillig kruideniersware gebring het, stampvol. Verlede Desember is die laaste kruideniersware uit ons spens uitgedeel en dus is daar tans geen kruideniersware oor nie.Help ons asseblief weer om gedurende 1 Maart tot 4 Maart ‘n omgeeweek by die skool te hou, deur van die volgende items skool toe te bring en sodoende ons spens te vul vir die behoeftes van 2016.Die lys van behoeftes is in klasverband verdeel om hoeveelhede beter te reguleer. Indien u egter verkies om produkte te bring wat onder ‘n ander graad gelys is, is u baie welkom. Leerders kan alle skenkings na hulle register-klasse neem en dan sal dit alles aan die einde van die week na die spens gestuur word.‘n Groot dankie aan al die ma’s wat so getrou elke maand ook kruidenierskenkings maak. Julle help dat ons begroting elke maand klop! As daar dalk nog iemand is wat op ‘n maandelikse basis betrokke wil raak, kan jul my kontak.

Page 10: Vinkie VINKIE 03 MAART 2016 - lsfairland.files.wordpress.com · Marketstraat 145, Fairland 011 678-4591/2 Jaargang 23 nr 7 3 Maart 2016 Vinkie Laerskool Fairland UIT DIE HOOF SE KANTOOR

10

By voorbaat baie dankie.Irene Aucamp0836517230(Spens-koördineerder)Gr. R/07 koffie Gr. R/08 suikerGr. R/09 tee (gewoon of rooibos) Gr. R/10 langlewe melk Gr. R/11 poeiermelk of cremora Gr. R/11A ontbytgraan (nie oats nie)Gr. 1/18 marmite of bovril Gr. 1/22 grondboontjiebotterGr. 1/24 konfyt Gr. 1/25 stroopGr. 1/26 blikkies vis Gr. 1/27 blikkies vleisGr. 2/14 blikkies groente Gr. 2/15 ingemaakte slaai (boksies)Gr. 2/16 ingemaakte vrugte Gr. 2/17 soja maalvleis (toppers)Gr. 2/21 ingemaakte groente Gr. 2/23 cup a soup of pakkies sopGr. 3/12 blikkies sop Gr. 3/13 oatsGr. 3/28 ontbytgraan (enige behalwe oats) Gr. 3/29 mieliemeel 1kgGr. 3/45 rys Gr. 3/46 enige pasta (nie 2min noodles nie)Gr. 4/47 koekmeel 1kg Gr. 4/48 two min noodlesGr. 4/49 blatjang Gr. 4/50 mayonaiseGr. 4/51 olie Gr. 4/52 tamatiesousGr. 5/02 jellie Gr. 5/03 koekies (soet)Gr. 5/05 aanmaak koeldrank Gr. 5/39 ouma beskuitGr. 5/41 provitas Gr. 5/43 blikkies groenteGr. 6/04 langlewe melk Gr. 6/32 skottelgoedseepGr. 6/34 waspoeier Gr. 6/37 deodorant vrouensGr. 6/40 langlewe melk Gr. 6/44 ontbytgraan (nie oats nie)Gr. 7/01 blikkies vleis (worsies, bully beef) Gr .7/06 waspoeier Gr. 7/30 blikkies vleis Gr. 7/31 blikkies groente Gr. 7/33 blikkies vis

AKTIWITEITE BUITE SKOOLVERBANDSWEMFairland eindig algeheel eerste by Ranpark Primary se swemgala.11 Maart - Moontlike Inter-skool swemgala (plek sal nog bekend gemaak word indien ons verder gevorder het)

TENNISWe are celebrating our fifth year as tennis academy and would like to thank you as our valued client for your unwavering support throughout the years. We have had many changes to optimize and improve our programs. In 2015 we launched the Kinetik Squad Programs that has been a major success for us an academy. We have received good feedback over the last year and look to improve and innovate further this year.As part of our appreciation we have created a few value service offerings for you:• FREE FRIDAY COACHING !!WE INVITE ALL OUR PLAYERS IN THE KINETIK PERFORMANCE, KINETIK KIDZ PERFORMANCE AND KINETIK KIDZ PLAY N STAY SQUAD PROGRAMS TO JOIN OUR FRIDAY SQUADS FROM 245-415PM @ FAIRLAND TENNIS CLUB UP UNTIL THE END OF THE PUBLIC SCHOOL SEMESTER. - FREE COACHING VALUE R 990.00- DATES: MARCH 4, 11 & 18- BOOKING ESSENTIAL (For planning) : Book through Sarie in our office• DISCOUNTED COACHING !

Page 11: Vinkie VINKIE 03 MAART 2016 - lsfairland.files.wordpress.com · Marketstraat 145, Fairland 011 678-4591/2 Jaargang 23 nr 7 3 Maart 2016 Vinkie Laerskool Fairland UIT DIE HOOF SE KANTOOR

11

1. WE INVITE YOU TO BRING TENNIS FRIENDS WITH YOU TO ANY OF OUR SQUADS THAT YOU PARTICIPATE IN FOR A DURATON OF A WEEK AT NO CHARGE. FREE TO TRY OUT!!

- Contact Jean de Lange to book (076 181 2094 or [email protected])2. INTRODUCE A NEW PLAYER TO ANY OF THE SQUAD PROGRAMS THAT SIGNS UP (PERFORMANCE

/ KINETIK KIDZ / KINETIK KIDZ PLAY N STAY) AND RECEIVE DISCOUNT ON YOUR NEXT BILL FOR THE DURATION THAT THEY HAVE SIGNED UP

- Contact Jean de Lange (0761812094 or [email protected])Once again thank you for your support. We appreciate and value it!Regards / GroeteJean de LangeDIRECTOR OF TENNIS : JOHANNESBURG

ADVERTENSIESSK8 "SKATE"KOM ROLSKAATS OF ROLLERBLADE IN DIE SKOOLVAKANSIE - 1 & 2 APRILPlek: Fontainebleau Gemeenskapskerk, Grootsaal Tyd: 18:00 tot 21:00 Tema: Neon Bring: Eie Rolskaatse, “rollerblades” of “heel blades” asook "helmet, knee guards” vir jou veiligheid.Koste: R80 per uur, R100 vir 2 ure en R120 vir al 3 ure (Slegs kontant)E-pos om te registreer of vir meer info: [email protected]

HUISHULP SOEK WERKMy betroubare Maria soek werk, verkieslik inwoon (kamer). Vir verwysing en meer inligting sakel Anneke Marx by 072 1925 194

RESONANZE PROJECT MUSIEKSKOOLBegin 2016 op sy beste - skryf in vir MUSIEKLESSE!! Resonanze Project Musiekskool bied lesse aan in klavier, dromme, kitaar, viool, sang en musiektegnologie. Kontak Anthea, 081 351-7491 of [email protected] Berario Ontspanningsentrum.

FISIOTERAPEUT IN FAIRLANDFisioterapeut in Agtstelaan, Fairland. Ek fokus op rug- en nekprobleme; sportbeserings; posturale rehabilitasie en longfisioterapie. Privaat- en groeppilatesklasse. Kontak Terri-Anne Boers 0725398386 of [email protected].

KAMER TE HUUREk het ʼn kamer beskikbaar om te verhuur, verkieslik aan ‘n Afrikaanssprekende man. Dit is geleë in ʼn moderne meenthuis met goeie sekuriteit, naby gym, winkelsentrums ens. Die huur is R3000 per maand en sluit die volgende in: gebruik van elektrisiteit/water en WIFI (uncapped); wasgoed word 1 keer per week gedoen; onderdak motorparkering met sekuriteit; gebruik van swembad; ontbyt/aandete. Vir meer info, kontak Christo by 082-327-6575.

WEES ‘n MA MET JOU EIE INKOMSTEEk help ma's om geld van die huis af te verdien en kosbare tyd saam met hulle kinders te geniet.Vir meer inligting - skakel of sms Antoinette by 082 659-2240.

MAAK ‘N VERSKIL: ITHEMBA OPLEIDING 2016+7 maande kontrak werksgeleentheid vir iemand wat passievol is oor opleiding en met goeie ondervinding. Kursus: Ithemba: Bestuursvakke/modules en werksgereedheidsvaardighede.Daagliks 8:00 - 14:00 by Mosaïek. (Maart - September)Leerders: 150 (hul het reeds kwalifikasies - BCom/Nasionale Diplomas)Stuur CV’s na: [email protected] of kontak 074 868 3556 sien ook www.futurecreation.co.za / Salaris: +/- R22 000.00

Page 12: Vinkie VINKIE 03 MAART 2016 - lsfairland.files.wordpress.com · Marketstraat 145, Fairland 011 678-4591/2 Jaargang 23 nr 7 3 Maart 2016 Vinkie Laerskool Fairland UIT DIE HOOF SE KANTOOR

12

DOG HEAVEN / HONDEHEMELPET OWNERS:LOVING AND CARING PET SITTERI am a senior citizen who is able to look after your pets while you are away.I am located in the WELTEVREDEN PARK AREA.Please contact me:Ester Louw 0843312681.

TE KOOPBaie goeie toestand - min gebruik. R2 700.00. Kontak Johan Kamper (011) 678-4591/2

TE KOOP Baie goeie toestand - min gebruik. R2 700.00. Kontak Johan Kamper (011) 678-4591/2

Page 13: Vinkie VINKIE 03 MAART 2016 - lsfairland.files.wordpress.com · Marketstraat 145, Fairland 011 678-4591/2 Jaargang 23 nr 7 3 Maart 2016 Vinkie Laerskool Fairland UIT DIE HOOF SE KANTOOR

13

AKTIWITEITE BUITE SKOOLVERBAND SWEM Fairland eindig algeheel eerste by Ranpark Primary se swemgala. 11 Maart - Moontlike Inter-skool swemgala (plek sal nog bekend gemaak word indien ons verder

gevorder het)

TENNIS We are celebrating our fifth year as tennis academy and would like to thank you as our valued client for your unwavering support throughout the years. We have had many changes to optimize and improve our programs. In 2015 we launched the Kinetik Squad Programs that has been a major success for us an academy. We have received good feedback over the last year and look to improve and innovate further this year. As part of our appreciation we have created a few value service offerings for you:

· FREE FRIDAY COACHING !! WE INVITE ALL OUR PLAYERS IN THE KINETIK PERFORMANCE, KINETIK KIDZ PERFORMANCE AND KINETIK KIDZ PLAY N STAY SQUAD PROGRAMS TO JOIN OUR FRIDAY SQUADS FROM 245-415PM @ FAIRLAND TENNIS CLUB UP UNTIL THE END OF THE PUBLIC SCHOOL SEMESTER. - FREE COACHING VALUE R 990.00 - DATES: MARCH 4, 11 & 18 - BOOKING ESSENTIAL (For planning) : Book through Sarie in our office

MAAK „N VERSKIL: ITHEMBA OPLEIDING 2016 +7 maande kontrak werksgeleentheid vir iemand wat passievol is oor opleiding en met goeie ondervinding. Kursus: Ithemba: Bestuursvakke/modules en werksgereedheidsvaardighede. Daagliks 8:00 - 14:00 by Mosaïek. (Maart - September) Leerders: 150 (hul het reeds kwalifikasies - BCom/Nasionale Diplomas) Stuur CV‟s na: [email protected] of kontak 074 868 3556 sien ook www.futurecreation.co.za / Salaris: +/- R22 000.00 DOG HEAVEN / HONDEHEMEL PET OWNERS:LOVING AND CARING PET SITTER I am a senior citizen who is able to look after your pets while you are away.I am located in the WELTEVREDEN PARK AREA. Please contact me:Ester Louw 0843312681.

Page 14: Vinkie VINKIE 03 MAART 2016 - lsfairland.files.wordpress.com · Marketstraat 145, Fairland 011 678-4591/2 Jaargang 23 nr 7 3 Maart 2016 Vinkie Laerskool Fairland UIT DIE HOOF SE KANTOOR

14

ADVERTENSIES HOU ASB. DIESELFDE GROOTTE SHEREE!

KOM ROLSKAATS OF ROLLERBLADE IN SKOOLVAKANSIE 1 & 2 APRIL Plek: Fontainebleau Gemeenskapskerk, Grootsaal Tyd: 18:00 tot 21:00 Tema: Neon Bring: Eie Rolskaatse, Rollerblades of Heel blades Koste: R80 per uur, R100 vir 2 ure en R120 vir al 3 ure (Slegs kontant) E-pos ons om te registreer of vir meer inligting: [email protected]