Ons nuwe SDK - ngkhoeveld.co.za · Universiteit Stellenbosch, is vanjaar die wenner van ... •...

12
Nuusbrief #29 25 Okt 2018 Hier is die NG Sinode Hoëveld se nuwe Sinodale Dienskommissie, soos verkies by die afgelope Sinodesitting: Moderator Dr. AL (André) Bartlett Assessor Ds. JH (Hannes) Windell Aktuarius Dr. JS (Johan) Botha Skriba Prof. AS (Bertus) Koorts Portefeuljeleier Diensgetuienis (Diakonale Dienste) Ds. EJM (Evert) Bergh Portefeuljeleier Ekumeniese verhoudinge Dr GMH (Gys) Loubser Portefeuljeleier Jeug- en Gesinsbediening & Studentebediening Mnr. HO (Waldo) Niemandt Portefeuljeleier Ontwikkeling van ‘n Missionale Teologie en Praktyk Ds JJ (Jannie) McDuling Portefeuljeleier Predikantebegeleiding (Versorging en Bediening) Ds HS (Elise) Klut Portefeuljeleier Sinodale Hulpbronne Dr P (Pieter) Kruger Kerkraadslede Diak WD (Willie) de Klerk Oudl C (Stina) Buys Oudl A (Alta) Visser Baie sterkte aan elkeen met die groot werk wat voorlê in die nuwe termyn! Ons nuwe SDK

Transcript of Ons nuwe SDK - ngkhoeveld.co.za · Universiteit Stellenbosch, is vanjaar die wenner van ... •...

  • Nuusbrief #2925 Okt 2018

    1

    Hier is die NG Sinode Hoëveld se nuwe Sinodale Dienskommissie, soos verkies by die afgelope Sinodesitting:

    Moderator Dr. AL (André) BartlettAssessor Ds. JH (Hannes) WindellAktuarius Dr. JS (Johan) BothaSkriba Prof. AS (Bertus) Koorts

    Portefeuljeleier Diensgetuienis (Diakonale Dienste) Ds. EJM (Evert) BerghPortefeuljeleier Ekumeniese verhoudinge Dr GMH (Gys) LoubserPortefeuljeleier Jeug- en Gesinsbediening & Studentebediening Mnr. HO (Waldo) NiemandtPortefeuljeleier Ontwikkeling van ‘n Missionale Teologie en Praktyk Ds JJ (Jannie) McDulingPortefeuljeleier Predikantebegeleiding (Versorging en Bediening) Ds HS (Elise) KlutPortefeuljeleier Sinodale Hulpbronne Dr P (Pieter) Kruger

    Kerkraadslede Diak WD (Willie) de KlerkOudl C (Stina) BuysOudl A (Alta) Visser

    Baie sterkte aan elkeen met die groot werk wat voorlê in die nuwe termyn!

    Ons nuwe SDK

  • 2

    SINODE 2018 16 OKTOBER – 18 OKTOBER 2018AANBIEDINGE / VOORLEGGINGS

    U sal merk dat die aanbiedinge / voorleggings van die afgelope sitting op die Sinode se web beskikbaar is.

    Let asseblief daarop dat u eers as ʼn gebruiker moet registreer om toegang tot die dokumente te verkry. Kliek op die volgende skakel vir die dokumente.

    Jaarboek 2019

    Die volgende Jaarboek veran- deringe is op 24 Oktober 2018 aan

    elke gemeente gestuur.

    Kontroleer asseblief u inligting en stuur u wysiginge voor of op Vrydag, 9 November 2018

    terug.

    Jaarboek bestellings word direk by Bybel- Media geplaas by:

    Bybel-Media – Jaarboek Tel: 0860 26 33 42 Faks: 021 873 0832

    E-pos: [email protected]

    http://www.kerkweb.org/index.php/2014-04-23-09-21-53/vertroulik-en-belangrik/509-sinode-2018-amptelike-dokumente

  • 3

  • 4

    NG Gemeente Brakpan-Oos bied aan

    Kerssangdiens metCantare Jubiloso koor

    Datum: 18 November 2018

    Tyd: 9:00

    Waar: NG Gemeente Brakpan-Oos

    Hv Boundary en Lappingweg

    Toegang gratis - Vrywillige sagte deurkollekte vir die

    koor

    Veilige parkering met motor wagte

  • 5

    Tekslees met fokus op ekonomie

    29 en 30 Oktober 2018

    Die Noordelike Sinode se Taakspan vir Ekonomie bied in samewerking met Excelsus ‘n teksleesgeleentheid by Good Shepherd Retreat-sentrum naby Hartbeespoortdam aan. Dié geleentheid skop op Maandag 29 Oktober 2018 om 10:00 af en sluit op 30 Oktober 2018 om 12:00 af. Dit koste beloop R650 per persoon (Noordelike Sinode se predikante betaal slegs R500 - sinode subsidieer die res). Koste sluit jou eie en suite-kamer, verversings, middagete, aandete en ontbyt in. Bring jou eie handdoek, swem-broek en spesiale drinkgoed saam, asook (‘n) Bybel(s) van jou keuse. Ons oogmerk met die geleentheid is om saam te soek na ‘n verantwoordelike interpretasie van die Bybel ten opsigte van huidige ekonomiese uitdagings, sodat predikante, lidmate en gemeentes op ‘n etiese-verantwoordbare wyse hulle ekonomiese bedrywighede kan rig. Almal wat die geleentheid bywoon verdien 10 VBO-punte. Om in te skryf, voltooi die aangehegte inskrywingsvorm en stuur dit saam met die bewys van betaling na [email protected] voor of op 26 Oktober 2018.

    ***

    Kuratorium van die Ned. Geref. Kerk van TransvaalDie legitimasie van ons finalejaarstudente is ‘n hoogtepunt in ons jaarprogram.

    Dit vind plaas op Donderdag 8 November om 19:00 by Universiteitsoord.

    Enigeen is welkom om dit by te woon.

    Navrae kan gerig word aan Lizette van der Kooi 012 420 2892 [email protected]

  • Uitnodiging: Prof Jonker - bespreking van sy navorsing oor Kronieke

    Louis Jonker, professor in Ou Testament aan die Universiteit Stellenbosch, is vanjaar die wenner van die Andrew Murray-Desmond Tutuprys vir sy boek,

    Defining All-Israel in Chronicles.

    Oor die aktualiteit van Kronieke vir vandag sê prof Jonker die volgende: “As ’n mens iets wil weet van hoe die Here se volk in veranderde en veranderende sosio-politieke en sosio-godsdienstige omstandighede ’n nuwe identiteit as volk van God gesoek het, moet jy Kronieke lees! Eers was die brandende vraag: “Waarom het ons die beloofde land verloor?” en daarna ’n nuwe vraag: “Hoe kan ons nog volk van God wees te midde van die nuwe sosio-politieke en sosio-godsdienstige omstan-dighede waarin ’n diversiteit van volkere en godsdienste ook tuishoort?”

    Prof Jonker gaan DV Woensdag 31 Oktober en Donderdagoggend 1 November sy navorsing oor Kronieke bespreek by die NG Gemeente Elarduspark.

    Die koste is R200-00 per persoon vir beide dae en dit sluit ‘n middagete en verversings in.

    Kursusgangers verdien 9 VBO-punte.

    Die program is hierby aangeheg.

    Belangstellendes kan ‘n e-pos voor 30 Oktober 2018 stuur na [email protected].

    PROGRAM

    Woensdag 31 Oktober 2018

    08:30 – 09:00 Registrasie en verwelkoming09:00 – 10:00 Sessie 1: Waarom Kronieke? My eie verhaal met die boek / Struktuur en genre van die boek10:00 – 10:30 Tee en verversings10:30 – 11:30 Sessie 2: Inleiding tot Kronieke: Viervlakkige historiese agtergrond11:30 – 11:45 Breek11:45 – 12:45 Sessie 3: Inleiding tot Kronieke: Vroeëre en nuwer benaderings / Kronieke as identiteit sonder handeling13:00 – 14:00 Middagete14:00 – 15:00 Sessie 4: Kronieke en die Persiese imperium15:00 – 15:30 Koffie en verversings15:30 – 16:30 Sessie 5: Kronieke en die provinsiale saambestaan

    Donderdag 1 November 2018

    09:00 – 10:00 Sessie 6: Kronieke en die belange van twee stamme10:00 – 10:30 Tee en verversings10:30 – 11:30 Sessie 7: Kronieke en die Jerusalem tempelkultus11:30 – 11:45 Breek11:45 – 12:45 Sessie 8: Kronieke in ‘n veranderende wêreld: Identiteit en herinterpretasie

    6

  • 7

    NG KERK BRAKPAN-OOSKERSMARK

    Wanneer 30NOVEMBER2018Waar NGKERKBRAKPAN-OOS(H.v.LappingenBoundaryweg,Brakpan)Tyd 15:00tot20:00

    • Pannekoek • Koektafel • Boereworsrolle • Vlooimarkstalletjies • Kerrie-en-Rys • Tombola • Jaffels • Tuisgebak • Poeding • Hamburgers SANBS (South African National Blood Services) sal vanaf 15:00 beskikbaar wees vir mense wat wil bloed skenk. Kom ons gee so terug aan die groter gemeen-skap, baie bloed word benodig vir die vakansie seisoen .

    As u ‘n flooimarkstalletjie wil bespreek kontak Alta by: 083 396 7591 vir meer inligting.

    Baie vlooimarkstalletjies stal uit…..Ons het nog plek beskikbaar.Kom kuier saam- FEESTELIKE ATMOSFEER!!

    Veilige parkering met motorwagte .

    TOEGANGGRATIS!!!

  • Lees in die November-uitgawe van LiG …

    waar Tanya van Graan vertel dat haar roeping is om te dien.

    Ons gesels ook met Survivor-predikant, Werner Joubert oor sy geloof en sy gesin.

    ‘n Dominee van Port Elizabeth vertel hoe hy die Goeie Nuus aan seemanne bring. En ‘n gesin wat in vyf verskillende lande woon, gee raad wan-neer jou geliefdes ver is.

    Ons gee wenke vir ouers oor hoe om ‘n visser(t-jie) van mense groot te maak, en hoe jou kind met sy kop én sy hart kan leer.

    Kry inspirasie om die storms in jou lewe te trot-seer en hoe om jou drome vandag nog uit te leef.

    LiG – vir jou en jou mense.

    Om nog van LiG se puik Christelike inhoud te lees, besoek www.lig.co.za

    MARKUS 1-8

    PRYS: R120.00

    Markus se Evangelie is ʼn antwoord aan gelowiges op dié vrae wat ont-staan wanneer ons ly, swaarkry en vervolg word.

    Op ʼn meesterlike manier maak Markus ons, sy lesers, toeskouers op die pad wat Jesus na die kruis geloop het. Ons weet natuurlik reeds van Jesus se opstanding uit die dood, maar Markus neem ons hier op ʼn pad waarop ons kan ontdek hoe bevrydend Jesus se lyding is.

    Markus se doel is dat ons duidelik sal sien en goed sal verstaan dat Jesus God is, dat Hy ons beste belange op die hart dra, dat Hy vir ons omgee en dat Hy vir ons lief is. Hy laat ons die vreugde ontdek om onsself te verloën, ons kruis op te neem en agter Jesus aan te volg.

    SKRYWERS Kobus Myburgh het hierdie Bybelstudie oorspronklik in die NG gemeente Wierdapark in Centurion aangebied en Annene Mullins het dit verwerk en

    verwoord in ʼn Bybelstudieboek.Johannes Mouton (wat die gespreksvrae opgestel het) is leraar van die NG Kerk Table View, Kaap-stad.

    8

  • 9

    Reformation 500 – Some South African Perspectives

    Gedurende 2017 is die vyfhonderdste herdenking van die Hervorming op ses kontinente gevier. Toe Martin Luther sy 95 stellinge teen die kerkdeur in Wittenberg gespyker het, het hy ‘n proses in werking gestel wat die Christelike gemeenskap oor eeue heen sou beïnvloed.

    In hierdie baie tydige publikasie dink ‘n aantal geleerdes en kerkleiers na oor die

    impak van die Hervorming op Suid-Afrika ̶ nie net op die kerke en op die ekumeniese verhoudings nie, maar ook op die invloed van die Hervorming in die breër gemeenskap, sowel in die onderwys as in die politiek.

    Skrywers uit ‘n wye verskeidenheid tradisies het bygedra tot die boek, nie net van die Gere-formeerde en Lutherse tradisies nie, maar uit baie ander kerke, insluitende die Rooms-Katolieke Kerk, die Pinkster-gemeenskap en die Afrika-ingestelde kerke. Reformation 500 – Some South African Perspectives is ‘n belangrike publikasie wat ge-lees en bespreek moet word vir jare om te kom.

    Reformation 500 – Some South African Perspec-tives is beskikbaar by CLF vir slegs R222.00. Kontak ons by +2721 873 6964, e-pos [email protected] of koop dit aanlyn by https://clf.co.za/product/reformation-500/

  • datumlys

    aflospredikante

    n Volledige datumlys, met die portefeuljeleiers se beplanning en belangrike sperdatums, is hier beskikbaar.

    Klik hier vir ʼn lys van aflospredikante.

    pastorale beraders

    Ons kry navrae vir Pastorale Beraders.

    Indien u wel ‘n Pastorale Berader is, kan u asseblief vir my u kontakbesonderhede stuur. As u nie is nie, maar weet van iemand, stuur dan vir my die kontakbesonderhede en ek sal direk met hul kontak maak.

    Ons wil graag ‘n databasis skep om sodoende ‘n addisionele diens te verskaf.

    Stuur u besonderhede aan Natassja Marais [[email protected]].

    Kliek hier vir ‘n lys van Pastorale Beraders.

    vakaturesKlik hier vir Kerkbode se lys van vakatures vir predikante, ander kerklike amptenare en verwante kerklike instansies.

    Organisasie / Instansie Vakante pos SluitingsdatumSinode van Wes-Kaapland Kommunikasiebestuurder 8 November 2018

    Vir meer inligting oor die bogenoemde vakatures, klik hier.

    10

    brugpredikante

    Kliek hier vir ʼn lys van brugpredikante.

    http://www.kerkweb.org/index.php/kalenderhttp://www.kerkweb.org/index.php/2014-04-23-09-29-15/aflospredikantehttp://www.kerkweb.org/index.php/2014-04-23-09-29-15/pastorale-beradershttp://kerkbode.christians.co.za/category/vakatures/http://www.kerkweb.org/index.php/blog/vakatureshttp://www.kerkweb.org/index.php/2014-04-23-09-29-15/brugpredikante

  • GEBEUREIn ‘n neutedop...

    OKTOBER

    27 Basaar - It’s Game TimeNG Standerton-Wes

    31-1 Nov

    Prof. Jonker - Bespreking van sy navorsing oor KroniekeExcelsus

    29-30 Tekslees met fokus op ekonomieExcelsus

    NOVEMBER

    2 NagmarkNG Lindenpark

    18 Cantare Jubiloso Koor optredeNG Brakpan-Oos

    2 Joe NiemandNG Kempton-Krag

    22 GholfdagNG Dalview

    18 Jan de WetNG Primrose-Oos

    30 KersmarkNG Brakpan-Oos

    11

  • VRYWARING

    Die inligting wat voorsien word en standpunte wat gehuldig word in die NUUS VANAF HOËVELD SINODE, het geen verifiëring van bevindinge, gevolgtrekkings en opinies deur die NG Kerk van Suid-Transvaal [NG Sinode Hoëveld] nie. Dus weerspieël die inligting en standpunte wat in die NUUS VANAF HOËVELD SINODE gehuldig word nie noodwendig die van die NG Sinode Hoëveld of sy personeel en lede nie. Menings, afleidings en ander inligting in hierdie boodskap wat nie verband hou met die amptelike werksaamhede van die NG Sinode Hoëveld nie, verteenwoordig nie die amptelike standpunt(e) van die NG Sinode Hoëveld nie.

    NUUS VANAF HOËVELD SINODE plaas slegs nuus en inligting vanaf die sinodale, rings- of gemeentelike verband.

    Die NG Sinode Hoëveld aanvaar geen verantwoordelikheid vir enige benadeling en/of skade aan persone of eiendom as gevolg van pro-duk-aanspreeklikheid, oortreding van die Outeursreg Wet 98 van 1978 soos gewysig, waninligting verskaf, nalatigheid of die gebruik van enige metodes, produkte, instruksies of idees wat vervat is in die materiaal soos opgeneem in die NUUS VANAF HOËVELD SINODE nie. Die inligting en advies is beskikbaar gestel in goeder trou en is afgelei van die inligting verskaf deur die betrokke organisasie/persoon en word voorgehou as betroubaar en akkuraat ten tye van die bekendstelling daarvan. Dit is die verantwoordelikheid van die gebruiker om sy of haar eie besluite te neem oor die akkuraatheid, geldigheid, betroubaarheid en korrektheid van die inligting. Dit beteken dat die instansie en/of die betrokke persoon wat die plasing in die NUUS VANAF HOËVELD SINODE versoek, dan volle verantwoordelikheid vir die gebeure of inligting aanvaar.

    Vir enige navrae in verband met hierdie Nuusbrief skakel gerus me N Marais by 011- 975 8220.

    12