'n Nuwe kykie na Voergraad Ureum - Cape Feed & Grain | CAPE...

3
‘n Nuwe kykie na Voergraad Ureum Alina Taute KK Animal Nutrition Herkouer diere het nie ureum nie, maar as gevolg van ‘n herkouer se unike vermoë om die stikstof afkomstig vanaf ureum om te skakel na hoë kwaliteit mikrobiese proteïene, kan ureum gebruik word as ‘n gedeeltelike vervanging van natuurlike proteïene in herkouer rantsoene. Inleiding Ureum is ‘n eenvoudige verbinding wat 46 % stikstof bevat. Ureum word in verskeie plante aangetref en is ook ‘n normale eindproduk van proteïen metabolisme in soogdiere. ‘n Gedeelte van die ureum in die diere liggaam word gehersirkuleer via die speeksel, terwyl die res as afval produk in die uriene uitgeskei word. Hoe word Ureum deur herkouers benut? Ureum, ‘n nie-proteïen-stikstof (NPN) verbinding, word deur die bakterieë in die rumen van beeste en skape benut. Ureum word deur die normale fermentasieproses in die rumen afgebreek na ammoniak. Mikro-organismes in die rumen gebruik die ammoniak saam met die produkte van koolhidraat metabolisme om aminosure en dus proteïene te vervaardig. Die proteïene wat gevorm word vanaf NPN verbindings, is soortgelyk in aminosuur samestelling as die proteïene wat beskikbaar is aan die dier wanneer die primêre bron van stikstof intakte proteïene is. Die bakterieë en protozoa en die proteïene wat hulle bevat, word verder af in die spysverteringskanaal van die herkouer verteer. Op hierdie manier kan die herkouer gebruik maak van sekere NPN bronne sonder dat hulle self die ensieme besit om dit af te breek. Proteïen aanvulling in die droë seisoen Vrugbaarheid van die koei is direk gekoppel aan die kondisie van die koei. Dit is alom bekend dat diere wat lae kwaliteit ruvoer (proteïen inhoud van minder as 6 %) bewei, kondisie verloor gedurende droë seisoen. Om die massaverlies van diere tot die minimum te beperk en te verseker dat diere in so ‘n goed moontlike kondisie is aan die einde van die droë seisoen, is dit nodig om diere van ‘n proteïen lek gedurende die winter te voorsien. Hoewel diere wat swak kwaliteit weiding bewei ‘n redelike hoë energie behoefte het gedurende die droë seisoen (as gevolg van die koue en winderige kondisies asook die aktiwiteit van rondbeweeg en wei) word energie nie aangevul nie, maar wel proteïene. Die rede hiervoor is, dat howel energie die voedingstof is wat diereprestasie beïnvloed, is proteïene die voedingstof wat energie inname en benutting beïnvloed. Bronne van proteïen Daar bestaan ‘n groot verskeidenheid roumateriale wat gebruik kan word om proteïene aan diere te verskaf. Die mees algemeenste bronne is die verskillende oliekoeke asook ureum. Wanneer ureum gebruik word as proteïen bron, is daar ‘n paar dinge wat in ag geneem moet word om ureum doeltreffend te benut. Bron van maklik beskikbare energie – Die belangrikste faktor wat die hoeveelheid ureum wat deur ‘n herkouer benut kan word, kan beïnvloed, is die verteerbare energie of totale

Transcript of 'n Nuwe kykie na Voergraad Ureum - Cape Feed & Grain | CAPE...

Page 1: 'n Nuwe kykie na Voergraad Ureum - Cape Feed & Grain | CAPE …capefeedgrain.co.za/resources/_n_Nuwe_kykie_na_Voergraad... · 2016-06-17 · Ureum is ‘n eenvoudige verbinding wat

‘n Nuwe kykie na Voergraad Ureum

Alina Taute KK Animal Nutrition

Herkouer diere het nie ureum nie, maar as gevolg van ‘n herkouer se unike vermoë om die stikstof afkomstig vanaf ureum om te skakel na hoë kwaliteit mikrobiese proteïene, kan ureum gebruik word as ‘n gedeeltelike vervanging van natuurlike proteïene in herkouer rantsoene. Inleiding Ureum is ‘n eenvoudige verbinding wat 46 % stikstof bevat. Ureum word in verskeie plante aangetref en is ook ‘n normale eindproduk van proteïen metabolisme in soogdiere. ‘n Gedeelte van die ureum in die diere liggaam word gehersirkuleer via die speeksel, terwyl die res as afval produk in die uriene uitgeskei word. Hoe word Ureum deur herkouers benut? Ureum, ‘n nie-proteïen-stikstof (NPN) verbinding, word deur die bakterieë in die rumen van beeste en skape benut. Ureum word deur die normale fermentasieproses in die rumen afgebreek na ammoniak. Mikro-organismes in die rumen gebruik die ammoniak saam met die produkte van koolhidraat metabolisme om aminosure en dus proteïene te vervaardig. Die proteïene wat gevorm word vanaf NPN verbindings, is soortgelyk in aminosuur samestelling as die proteïene wat beskikbaar is aan die dier wanneer die primêre bron van stikstof intakte proteïene is. Die bakterieë en protozoa en die proteïene wat hulle bevat, word verder af in die spysverteringskanaal van die herkouer verteer. Op hierdie manier kan die herkouer gebruik maak van sekere NPN bronne sonder dat hulle self die ensieme besit om dit af te breek. Proteïen aanvulling in die droë seisoen Vrugbaarheid van die koei is direk gekoppel aan die kondisie van die koei. Dit is alom bekend dat diere wat lae kwaliteit ruvoer (proteïen inhoud van minder as 6 %) bewei, kondisie verloor gedurende droë seisoen. Om die massaverlies van diere tot die minimum te beperk en te verseker dat diere in so ‘n goed moontlike kondisie is aan die einde van die droë seisoen, is dit nodig om diere van ‘n proteïen lek gedurende die winter te voorsien. Hoewel diere wat swak kwaliteit weiding bewei ‘n redelike hoë energie behoefte het gedurende die droë seisoen (as gevolg van die koue en winderige kondisies asook die aktiwiteit van rondbeweeg en wei) word energie nie aangevul nie, maar wel proteïene. Die rede hiervoor is, dat howel energie die voedingstof is wat diereprestasie beïnvloed, is proteïene die voedingstof wat energie inname en benutting beïnvloed. Bronne van proteïen Daar bestaan ‘n groot verskeidenheid roumateriale wat gebruik kan word om proteïene aan diere te verskaf. Die mees algemeenste bronne is die verskillende oliekoeke asook ureum. Wanneer ureum gebruik word as proteïen bron, is daar ‘n paar dinge wat in ag geneem moet word om ureum doeltreffend te benut. Bron van maklik beskikbare energie – Die belangrikste faktor wat die hoeveelheid ureum wat deur ‘n herkouer benut kan word, kan beïnvloed, is die verteerbare energie of totale

Page 2: 'n Nuwe kykie na Voergraad Ureum - Cape Feed & Grain | CAPE …capefeedgrain.co.za/resources/_n_Nuwe_kykie_na_Voergraad... · 2016-06-17 · Ureum is ‘n eenvoudige verbinding wat

verteerbare voedingstof (TVV) inhoud van ‘n rantsoen. Rantsoene wat hoog is in verteerbare energie soos hoë graan rantsoene, lei tot goeie benutting van ureum, waar rantsoene wat laag is in verteerbare energie soos ruvoer gebaseerde rantsoene, lei tot ‘n laer benutting van ureum. Die byvoeging van grane of melasse produkte by lekke wanneer diere lae kwaliteit ruvoer bewei, lei dus tot beter benutting van ureum. Frekwensie van voeding – ‘n Daaglikse inname van ureum lei tot ‘n konstante en onafgebroke inname van ureum en sal die benutting van ureum verbeter teenoor onderbroke of periodise innames van ureum. Vlak van ureum – Lae vlakke van ureum word beter benut met minder probleme as hoë vlakke van ureum. Voldoene aanvulling van fosfaat, swael en spoorminerale – Wanneer natuurlike proteïene vervang word met ureum, verander die kwaliteit en hoeveelheid minerale wat beskikbaar is aan die rumen microbes drasties. Hoewel hierdie elemente slegs in klein hoeveelhede nodig is, is dit belangrike boustene van mikrobiese proteïen sintese. DIt is dus belangrik om addisionele fosfate, swael en spoorminerale in ‘n lek aan te vul. Met al bogenoemde in aggenomme, kan die volgende ureum bevattende lekke op die plaas gemeng word. Die lekke bevat ‘n veilige hoeveelheid ureum asook al die nodige energie, minerale en spoorminerale (teenwoordig in Kimtrafos 12 Grande) vir die optimale benutting van ureum om die nodige proteïene aan diere te verskaf. Deur dit te doen, word massaverlies tot die minimum beperk sodat die diere in ‘n goeie kondisie kan wees aan die einde van die winter. Tabel 1 Winter onderhoudslekke wat ureum bevat

Roumateriale

Sonder oliekoek Vroeë droë seisoen

Met oliekoek Vroeë droë seisoen

Met oliekoek Laat droë seisoen

Mieliemeel 250 250 300 Oliekoek - 150 300 Voergraad Ureum 150 100 100 Kimtrafos 12 Grande 150 100 75 Kalori 3000 of Melassemeel 50/80 50/80 25/40 Voergraad Swael 7 5 5 Sout 350 350 300

Totaal 957 1005 1105

Inname (g/bees/dag) 350 - 500 350 - 500 500 – 600

Inname (g/skaap/dag) Nie geskik vir

skape 80 - 120 150 - 170

Page 3: 'n Nuwe kykie na Voergraad Ureum - Cape Feed & Grain | CAPE …capefeedgrain.co.za/resources/_n_Nuwe_kykie_na_Voergraad... · 2016-06-17 · Ureum is ‘n eenvoudige verbinding wat

Vir verdere inligting kontak Alina Taute by 082 322 0333 of e-pos [email protected]. Besoek ook ons webwerf by www.kkan.com.