NoordKaap 24 April 2013

24
Tel (053) 831 2331 Woensdag 24 April 2013 www.noordkaap.co.za GRATIS Die Diamantstad se koerant Interskole vind inslag Ruan Bruwer DIE Kimberley-interskolebyeen- koms het gekom om te bly. Die week het bo verwagting goed verloop en kan as ’n groot sukses vir ’n eerste poging beskou word. Alle belanghebbendes het Son- dag hul tevredenheid met die week uitgespreek. Binnekort sal reeds aan volgen- de jaar se gebeurtenis tussen die Hoërskool Noord-Kaap (HNK) en die Hoërskool Diamantveld (DHS) begin beplan word. Hulle was ver- lede week in sportsoorte soos swem, rugby, hokkie, netbal, gholf, tennis en krieket slaags. Dit was in verskeie opsigte suksesvol. Die bywoning was deurgaans baie goed en die kultuuraand het ’n vol saal getrek. Pieter van Niekerk, voorsitter van die DHS se beheerliggaam en een van die stigters van die Kim- berley-interskolebyeenkoms, sê hy is verheug hoe die week afgeloop het en hoe ’n brug tussen die skole begin bou is. “Dit het begin met ’n suksesvolle bymekaarkomgeleentheid vir die onderwysers en beheerliggaamsle- de waar op sosiale vlak met mekaar omgegaan is. “Ons sal nou gaan sit en ’n opna- me maak oor wat gewerk het en wat nie. Maar oor die algemeen is ons in die regte rigting op pad. Die pu- bliek se bywoning en ondersteu- ning was ook net so verblydend.” Oor die venyn wat nog baie on- langs ’n kenmerk in die verhou- ding tussen die twee skole was, meen hy dit is nie iets wat oornag gaan verander nie. “Die brug moet gebou word en daar moet ’n pad geloop word. Dit kan begin deur ’n goeie voorbeeld te stel. Dit is reg dat mense hulle agter ’n span skaar, solank dit or- dentlik en mededingend gebeur,” het hy gesê. Sy eweknie by Noord-Kaap, Frankel Engelbrecht, wat van die staanspoor by die beplanning van die week betrokke was, sê hy is bly die week het geslaag in sy aanvank- like doel waarvan die een was om iets besonders vir die leerlinge te skep. Hy sê hy is nie bewus van eni- ge ander interskolebyeenkoms in die land wat oor ’n hele week ver- loop of so omvangryk is nie. “Die kinders het dit geniet. Die gees waarin dit plaasgevind het, op en van die veld, was goed. Vir ’n eerste jaar het dit goed afgeloop. “Die terugvoering van die rugby- wedstryd tussen die oudleerlinge van die skole was wonderlik. Geen onderonsies of geniepsigheid nie en die spelers het ’n bietjie ná die wedstryd saamgekuier.” Oor die moontlike vooruitsig om die ouers meer te betrek sê Van Niekerk die ouers is outomaties be- trokke by die kind se deelname. Hy was bly om te sien hoe ouers van die twee skole gemeng het en met mekaar kon gesels en kuier. Henk Brand, skoolhoof van die HNK wat die gasheer was, sê sy skool se leerlinge het ingekoop in die konsep van die interskoleby- eenkoms en dit goed ondersteun. Mareth Hugo, die DHS-skool- hoof, sê ook sy dink dit was in ge- heel baie suksesvol. Sy sê daar is nou ’n platform waarop verbeter kan word wat die reëlings en aanbieding vir volgen- de jaar se byeenkoms tussen die twee skole betref. ALGAANDE nader aan mekaar. Die Kimberley-interskolebyeenkoms het gehelp om die Hoërskool Noord-Kaap en Diamantveld nader aan mekaar te bring. Die leerlinge het ’n erewag vir die eerste rugbyspanne gevorm. Foto: Ruan Bruwer Nog foto’s en video’s op web NOORDKAAP se kamera het verlede week oortyd gewerk om al die aksie van die Kimberley-interskolebyeen- koms vas te vang. Daar is ’n groot getal foto’s van die week se sport- en kultuurgebeure op ons webtuiste beskikbaar. Sien gerus ook die kort videogrepe van onderhoude wat ons ná afloop van die sport- en kultuurgebeure met die kapteins gevoer het. Daar is selfs een of twee bloo-pers. Gaan na www.noordkaap.co.za of voeg ons as vriend op Facebook by (Noordkaap Koerant) om die skakels na die videogrepe te vind. Sê sommer ook jou sê oor die Kim- berley-interskolebyeenkoms deur aan die meningspeiling op die webtuiste deel te neem.

description

NoordKaap 24 April 2013

Transcript of NoordKaap 24 April 2013

  • Tel (053) 831 2331 Woensdag 24 April 2013 www.noordkaap.co.za GRATIS

    Die Diamantstad se koerant

    Interskole vind inslag

    Ruan Bruwer

    DIE Kimberley-interskolebyeen-

    koms het gekom om te bly.

    Die week het bo verwagting goed

    verloop en kan as n groot sukses

    vir n eerste poging beskou word.

    Alle belanghebbendes het Son-

    dag hul tevredenheid met die week

    uitgespreek.

    Binnekort sal reeds aan volgen-

    de jaar se gebeurtenis tussen die

    Horskool Noord-Kaap (HNK) en

    die Horskool Diamantveld (DHS)

    begin beplan word. Hulle was ver-

    lede week in sportsoorte soos

    swem, rugby, hokkie, netbal, gholf,

    tennis en krieket slaags. Dit was in

    verskeie opsigte suksesvol.

    Die bywoning was deurgaans

    baie goed en die kultuuraand het n

    vol saal getrek.

    Pieter van Niekerk, voorsitter

    van die DHS se beheerliggaam en

    een van die stigters van die Kim-

    berley-interskolebyeenkoms, s hy

    is verheug hoe die week afgeloop

    het en hoe n brug tussen die skole

    begin bou is.

    Dit het begin met n suksesvolle

    bymekaarkomgeleentheid vir die

    onderwysers en beheerliggaamsle-

    dewaar op sosiale vlakmetmekaar

    omgegaan is.

    Ons sal nou gaan sit en n opna-

    memaakoorwat gewerkhet enwat

    nie. Maar oor die algemeen is ons

    in die regte rigting op pad. Die pu-

    bliek se bywoning en ondersteu-

    ning was ook net so verblydend.

    Oor die venyn wat nog baie on-

    langs n kenmerk in die verhou-

    ding tussen die twee skole was,

    meen hy dit is nie iets wat oornag

    gaan verander nie.

    Die brug moet gebou word en

    daar moet n pad geloop word. Dit

    kan begin deur n goeie voorbeeld

    te stel. Dit is reg dat mense hulle

    agter n span skaar, solank dit or-

    dentlik en mededingend gebeur,

    het hy ges.

    Sy eweknie by Noord-Kaap,

    Frankel Engelbrecht, wat van die

    staanspoor by die beplanning van

    die week betrokke was, s hy is bly

    dieweekhet geslaag in sy aanvank-

    like doel waarvan die een was om

    iets besonders vir die leerlinge te

    skep. Hy s hy is nie bewus van eni-

    ge ander interskolebyeenkoms in

    die land wat oor n hele week ver-

    loop of so omvangryk is nie.

    Die kinders het dit geniet. Die

    gees waarin dit plaasgevind het, op

    en van die veld, was goed. Vir n

    eerste jaar het dit goed afgeloop.

    Die terugvoering van die rugby-

    wedstryd tussen die oudleerlinge

    van die skole was wonderlik. Geen

    onderonsies of geniepsigheid nie

    en die spelers het n bietjie n die

    wedstryd saamgekuier.

    Oor die moontlike vooruitsig om

    die ouers meer te betrek s Van

    Niekerk die ouers is outomaties be-

    trokke by die kind se deelname.

    Hy was bly om te sien hoe ouers

    van die twee skole gemeng het en

    met mekaar kon gesels en kuier.

    Henk Brand, skoolhoof van die

    HNK wat die gasheer was, s sy

    skool se leerlinge het ingekoop in

    die konsep van die interskoleby-

    eenkoms en dit goed ondersteun.

    Mareth Hugo, die DHS-skool-

    hoof, s ook sy dink dit was in ge-

    heel baie suksesvol.

    Sy s daar is nou n platform

    waarop verbeter kan word wat die

    relings en aanbieding vir volgen-

    de jaar se byeenkoms tussen die

    twee skole betref.

    ALGAANDE nader aan mekaar. Die Kimberleyinterskolebyeenkoms het gehelp om die Horskool NoordKaap en Diamantveld nader aan

    mekaar te bring. Die leerlinge het n erewag vir die eerste rugbyspanne gevorm. Foto: Ruan Bruwer

    Nog fotos en

    videos opweb

    NOORDKAAP se kamera het verlede

    week oortyd gewerk om al die aksie

    van die Kimberley-interskolebyeen-

    koms vas te vang.

    Daar is n groot getal fotos van die

    week se sport- en kultuurgebeure op

    ons webtuiste beskikbaar.

    Sien gerus ook die kort videogrepe

    van onderhoude wat ons n afloop van

    die sport- en kultuurgebeure met die

    kapteins gevoer het.

    Daar is selfs een of twee bloo-pers.

    Gaan na www.noordkaap.co.za of

    voeg ons as vriend op Facebook by

    (Noordkaap Koerant) om die skakels

    na die videogrepe te vind.

    S sommer ook jou s oor die Kim-

    berley-interskolebyeenkoms deur aan

    die meningspeiling op die webtuiste

    deel te neem.

  • 2 NOORDKAAP, WOENSDAG 24 APRIL 2013

    Hlle

    wen

    DIE wenners

    van verlede

    week se dubbel-

    kaartjies na

    Griekwas se

    Vodacombeker-

    wedstryd teen

    die Pumas op

    GWK-park wat

    in Noordkaap

    weggegee is, is

    Andr Ros-

    souw, Tinus

    Grove, Grizelda

    Fredericks,

    Stokkies van

    Staden en

    Edwin Clarke.

    DIE Horskool NoordKaap se skaakspan het beter skuiwe gemaak en die skaaktrofee ontvang. Elke skool het drie

    spanne met vier lede elk gehad. Elke spanlid het drie wedstryde gespeel en sy of haar uitslae het tot die totaal uit

    12 bygedra. NoordKaap se leerlinge het sewe wedstryde teenoor Diamantveld se vyf gewen. NoordKaap se eerste

    span het ook koning gekraai met drie van sy vier spelers wat in die meerderheid van hul drie wedstryde gesevier

    het. Die spanlede was van links PJ van der Vyver, Kitso Maretela, Irfaan Kana (kaptein) en Albert Steenkamp.

    Foto: Ruan Bruwer

    Gholf

    ook op

    program

    DIE Horskool Noord-Kaap het

    ook koning op die gholfbaan ge-

    kraai.

    In die houespel het hulle met

    307 houe teenoor Diamantveld

    se 364 gesevier.

    In die individuele Stableford-

    kompetisie vir spelers met n

    voorgee het Willem Coetzee van

    Diamantveld (41 punte) die bes-

    te gevaar.

    In die houespel is die beste

    telling deur Noord-Kaapse Kee-

    nan Aysen (73) behaal wat ook

    die beste bruto-telling was.

    GERWIN HUMAN van die Horskool Diamantveld in die

    sandkuil. Fotos: Louis Botha Fotografie

    LYLE MILLS van die Horskool

    NoordKaap het n ronde van 76

    gespeel.

    DIE interskolegholf was nie net vir die seuns nie. Noord

    Kaap se Izandri Gouws het ook die gholfstokke geswaai.

    Maak die slimste skuiwe

  • NOORDKAAP, WOENSDAG 24 APRIL 2013 3

    Kultuur n groot

    sukses op interskole

    Ruan Bruwer

    EEN van die doelwitte van verlede

    week se Kimberley-Interskole tus-

    sen die Horskole Noord-Kaap

    (HNK) en Diamantveld (DHS) was

    om n gelyke platform vir sport so-

    wel as kultuur te gee.

    Daarmee is beslis geslaag, veral

    as in ag geneem word hoeveel van

    die twee skole se leerlinge opge-

    daag het om die kultuuraand te on-

    dersteun.

    Die aand het uit debat en vasvra

    vir juniors sowel as seniors be-

    staan. HNK het in al vier gesevier

    en ook die trofee as algehele wen-

    ner ontvang. Volgens Ann-Mari

    Kotz, kultuurorganiseerder van

    die gasheerskool, was hierdie aand

    se debattering baiemeer informeel

    as ATKV-debatskompetisies. Die

    klem was op genot. Hier was aan-

    sienlik meer toeskouers as wat jy

    by die ATKV-kompetisies sal aan-

    tref, het sy ges.

    Volgens haar is sy opnuut opge-

    wonde oor kultuur.

    Van die leerlinge het ges hulle

    het glad nie geweet debat is so inte-

    ressant en moeilik nie. Selfs van

    die rugbyseuns s dit was n baie

    suksesvolle aand en dat hulle nie

    weer so n geleentheid sal misloop

    nie. Die algemene gevoel is dat de-

    batdeelnemers baie respek ver-

    dien, want om so op jou voete te

    kan dink en dadelik sinvolle ant-

    woorde te kan gee, is beslis nie

    maklik nie.

    Die vasvra was met oomblikke

    spanningsvol. Die juniors moes

    vyf bykomende vrae beantwoord

    om die wenner te bepaal.

    Die seniors se tema wasDie sosi-

    alemedia is besig omdie tradisione-

    le media oor te neem. Spanne moes

    vir of teen die tema debatteer.

    ) In die vasvrakompetisie is veral

    die seniors met n paar moeilike

    vrae gepeper. Ongelukkig het twee

    foute vroer by die juniors se vrae

    die geloofwaardigheid van die

    vrae bevraagteken. Die seniors

    moes vrae beantwoord soos wie

    die woordvoerder van die Sol

    Plaatje-munisipaliteit is, wie die

    Britse eerste minister is, wie The

    Speargeskilderhet,wie dieNoord-

    Kaapse regterpresident is, wie as

    The IronLady bekendwas,watOs-

    car Pistorius se broer se naam is,

    wie die burgemeester van New

    York is en watter twee lande om die

    Ashes meeding. HNK het met die

    louere met nege korrekte antwoorde

    teenoor DHS se sewe weggestap.

    ) Die wenspanne was:

    HNK- junior debatspan: Chantelle

    Lamb, Rian Kotz en Cherie Bre-

    denkamp; HNK- senior debatspan:

    Peron du Preez, Bianca Faber en

    Eliz-Marie Havenga; HNK- junior

    vasvraspan: SJ Eastes, Simon Mul-

    ler en Matthew Wessels; HNK- seni-

    or vasvraspan: Michelle Kenny, Ir-

    faan Kana en Kurtis Mpisi.

    NOORDKAAP se senior vasvraspan wat met die louere weggestap het, is van

    links Irfaan Kana, Kurtis Mpisi (k) en Michelle Kenny. Fotos: Ruan Bruwer

    VAN links is Chantelle Lamb, Rian Kotz (k) en Cherie Bredenkamp,

    lede van die sevierende junior debatspan van die Horskool Noord

    Kaap.

    VIR Diamantveld se senior debatspan was van links Emrie Human, Hannah

    Schoombie en Karien van Zyl. Hulle het vir die tema gedebatteer.

    DIAMANTVELD se debatteerders kon op goeie ondersteuning van

    hul toeskouers staatmaak.

  • 4 NOORDKAAP, WOENSDAG 24 APRIL 2013

    Tel. 053 831 2331

    Faks 053 831 2330

    Johan Rossouw

    Ruan Bruwer

    Verkoopsbestuurder

    Redakteur

    Posbus 1583

    Kimberley 8300

    Die Diamantstad se koerant

    Interskole n

    reuse-sukses

    n OPREGTE poging met die eer-

    ste aanbieding van die Kimberley-

    interskolebyeenkoms het reeds

    vrugte afgewerp.

    Benewens sport het kultuur ook

    sy regmatige plek in die week ge-

    niet en is soveel geleenthede

    moontlik vir soveel leerlinge as

    moontlik geskep.

    Skolesport het ongelukkig in on-

    langse jare by n paar horskole in

    Kimberley aansienlik afgeneem

    wat die aanbieding en deelname be-

    tref. Die geleenthede wat dus met

    die interskole gebiedword, soos om

    opdie bestemoontlike geriewe soos

    die Diamant-ovaal, astro-baan en

    GWK-park te speel, is prysenswaar-

    dig.

    Die doel van die sportweek was

    tweeledig.

    Enersyds was dit n poging om n

    brug tussen die skole te bou waar-

    van die verhoudings in die onlang-

    se verlede,meestal tussen die ouers

    en ondersteuners, soms troebel

    was.

    Andersins was die doel om so-

    veel leerlinge moontlik daarby te

    betrek en dit nie slegs tot rugby en

    netbal op die program te beperk

    soos in die verlede nie.

    Die interskolemodel is heelte-

    mal uniek in die land en is iets

    waarop die belanghebbendes be-

    slis trots kan wees.

    Gesamentlike deelname in n

    kooroptrede en sosiale tennis n

    afloop van die amptelike tennis-

    wedstryde sal alles daartoe bydra

    om die leerlinge nog nader aanme-

    kaar te bring.

    Die besluit om dit hierdie tyd

    van die jaar te hou was goed. Leer-

    linge, veral matrieks, kon dit ge-

    niet sonder om aan naderende

    eind-eksamen te dink.

    Die organiseerders verdien net

    lof vir die eerste, uiters suksesvol-

    le poging.

    GEBEURTENISSE op 24 April in die

    geskiedenis:

    1704 Die eerste gereelde koerant in

    die Verenigde State, die Boston News-Let-

    ter, word gepubliseer.

    1902 In die Anglo-Boereoorlog vind

    die eerste spesiale vergaderings met bur-

    gers in die veld plaas om afgevaardigdes

    na die voorgestelde vredeskonferensie te

    verkies.

    1929 Malcolm Campbell haal

    217,6 m.p.u. (350,12 km/h) opVerneukpan

    in nmotormet n enjinvan 22,3 F, nie vin-

    nig genoeg om sir Henry Segrave se w-

    reldrekord van 231,45 m.p.u. te klop nie.

    1930 Amy Johnson word die eerste

    vrou wat n solovlug van Brittanje na

    Australi voltooi.

    1980 William Ewart Gladstone

    (W.E.G.) Louw, wat beskou word as een

    vandie belangrikste digters inAfrikaans,

    sterf op 67-jarige ouderdom.

    1991 Die regering s hy sal kragtens

    n ooreenkomsmet die ANC alle politieke

    gevangenes teen 30 April 1991 vrylaat.

    1994 Sewe mense sterf en 14 is beseer

    toe n bom, geplant deur die AWB, in n

    motor in Johannesburg ontplof.

    1999 JamesWalton, wat beskou word

    as die grondlegger van kultuurgeskiede-

    nis en die vader van volksboukunde in

    Suid-Afrika, sterf op 88-jarige ouderdom.

    2012 Annake de Villiers (37), Suid-

    Afrikaanse violis, pleeg selfmoord.

    Geboortes op hierdie dag:

    1942 Barbra Streisand, Amerikaanse

    sangeres en aktrise.

    1953 Kallie Knoetze, Suid-Afrikaanse

    swaargewigbokser.

    1973 Sachin Tendulkar, legendariese

    Indiese krieketspeler.

    1976 BreytonPaulse, voormaligeBok-

    vleuel en deesdae rugby-omroeper.

    1982 Kelly Clarkson, eerste wenner

    van die Amerikaanse Idols-kompetisie.

    Staan by die waarheid vir altyd

    Ds. Hannes Noth

    VANOGGEND staan sy toemos nou

    met haar twee voete versprei oor die

    waarheid en die leuen. Letterlik. Dit

    is nou Kleinsus, die jongste in die

    pastorie. Sestien maande oud, so

    vanwaarheid en leuen onderskei, is

    daar nog nie veel kennis nie.

    Tog vertrap sy vanoggend die

    waarheid en die leuen om die beurt.

    Sy doen dit nogal laggend. Dit ge-

    beur dikwels dat sy met net een

    skoen loop. Die voet met die skoen

    staan en trap op waarheid. Die kaal-

    voet versprei oor die leuen. Uit haar

    pa se boekrak het sy n boekie van

    1931 uitgehaal getiteld Die stryd tus-

    sen waarheid en leuen.

    Dit is nou die letterlike waarheid

    wat sy so laggend vertrap. Ek moet

    haar seker keer om n boek so te ver-

    trap, ek is immers baie jammer vir

    my boeke, maar, ai, die vertrapping

    van waarheid en leuen hier om die

    beurt is virmy te treffend.Ekkrydit

    nie reg omvirhaar te s moenie die

    boek so trap nie. Ek s net: Hou op

    om die waarheid so te vertrap. Sy

    lag vir my, nie asof sy luister nie,

    maar dit is tog asof sy so n bietjie

    meeropdie leuenasopdiewaarheid

    staan.

    Dit help tog nie ek keer nou nie,

    die 1931-skutblad het klaar losge-

    kom en l los van die boek,maar dit

    het n voordeel: Ditmaak dat sy nou

    kan kies of sy op diewaarheid of die

    leuen gaan staan. Al twee voete is

    nou op die waarheid.

    Ek wonder nog of sy nou staan op

    die waarheid en of sy trap op die

    waarheid. Toe gee sy self die ant-

    woord. Voet-met-skoen staan dood-

    stil op waarheid en ander voet trap

    aspris lelik na die leuen (eintlik

    maar net omdat dit n los bladsy is

    watnoueenkant l). Inmyhartdink

    ek: Ja, dit is my gebed vir jou my

    kind, jou hele lewe lank, staan by

    die waarheid, vertrap die leuen.

    Mag jy altyd by die waarheid staan,

    soos jy nou daarop gestaan het. In-

    tussenmoet ek iemand soekwatmy

    ou boekie weer kan restoureer.

    BERIGTE oor Kimberley wat die

    afgelope week nuus gemaak het:

    ) n Sekuriteitswag het verlede week met

    brandwonde in die hospitaal beland

    nadat hy deur weerlig getref is.

    Andr Dosi (25), n sekuriteitswag van

    Mapogo, is in die storm op die stad se

    stortingsterrein deur die weerlig raakge-

    slaan. Hy het derdegraadse brandwonde

    opgedoen. Dat hy rubberstewels gedra

    het, het waarskynlik sy lewe gered.

    ) Die Federale Regskommissie van die

    DA het n voorlopige ondersoek na

    klagtes oor beweerde vals reis-eise teen

    Harold McGluwa, Noord-Kaapse DA-voor-

    sitter, gedoen en bevind daar is nie

    voldoende getuienis om die klagtes te

    bevestig nie. Geen tugstappe sal teen hom

    gedoen word nie.

    Dt nadat Gerda Moolman, DA-wetge-

    werlid, oor di klagtes, en dat geen

    verdere ondersoek gedoen gaan word

    nie, uit die wetgewer en die DA bedank

    het.

    ) n Laerskoolseun (13) het by sy skool

    in Colville aangery gekom in sy pa se

    Mercedes-Benz waarvan die ratte heelte-

    mal deurmekaar is en waarvan die deure

    nie lekker wou oop- en toemaak nie. Die

    jong mannetjie agter die stuurwiel het so

    ewe sy jonger boetie as passasier saamge-

    ry.

    Die pa is beboet omdat hy sy minderja-

    rige kind, wat nog nie eens n rybewys

    kan kry nie, die motor laat bestuur het.

    ) Sylvia Lucas neem op 30 April ampte-

    lik die leisels van die Noord-Kaapse

    regering oor wanneer sy as premier

    ingehuldig word.

    ) Hazel Jenkins, uittredende premier

    van die Noord-Kaap, het twee maande

    n haar beroerte die begripsvermo van

    n gr. 1-leerling gehad. Sedertdien het

    haar toestand heelwat verbeter, maar n

    lang pad na herstel l nog vir haar voor,

    het Zamani Saul, provinsiale sekretaris

    van die ANC, ges.

    ) n Diamanthandelaar van die stad en

    sy vrou l steeds in die hospitaal nadat

    hulle die naweek in n aanval in hul huis

    geskiet is. Trevor Pikwane, diamanthan-

    delaar en eienaar van Pikwane Dia-

    monds, en sy vrou, Johanna, is Saterdag-

    oggend vroeg in hul huis in Monument-

    hoogte aangeval.

    Die polisie se Valke het die ondersoek

    oorgeneem, omdat vermoed word die

    aanval kan met n sindikaat of georgani-

    seerde misdaad verband hou.

    SKETS: Danie Cronj

  • NOORDKAAP, WOENSDAG 24 APRIL 2013 5

  • 6 NOORDKAAP, WOENSDAG 24 APRIL 2013

    Alwaysthereforyou

    Pick n Pay endeavours to m

    eet the demand for these pr

    omotional items, but stocks

    are limited. Somestoresma

    ynotstocksomeofthese

    products. Please check ava

    ilability: 0800 11 22 88 (to

    ll free landline only. Cellphon

    e rates apply). We strive to

    ensure all printed informatio

    n is correct, but will not be l

    iable for any print errors tha

    t

    may occur. Advertised price

    s are inclusive of VAT where

    applicable. We reserve the r

    ight to limit quantities. sma

    rtshoppertermsandcond

    itionsapply. Certain produc

    ts are excluded from the sm

    art shopper programme, ple

    ase see in store or go online

    for more details.

    1177104B_E

    PleaseRecycle

    www.picknpay.co.za

    TOLL FREE: 08001122 88

    (LANDLINE ONLY. CELLPHONE RATES APPLY)

    CUSTOMERCARE

    P

    L

    U

    S

    E

    A

    R

    N

    P

    O

    I

    N

    T

    S

    P

    E

    P

    PRICESVALID23-28APRIL2013ATALLPICKNPAY

    SUPERMARKETS, FAMILYSTORES,MINIMARKETSANDHYPERS

    IN GAUTENG, FREE STATE, NORTHWEST, MPUMALANGA, LIMPOPO, UPINGTON, KIMBERLEY, KURUMAN AND VRYBURG.

    EXCLUDING BOTSWANA, NAMIBIA, SWAZILAND, LESOTHO AND EXPRESS STORES.

    smart shopper points will still apply in Express and Daily Stores.

    Product has been styled for photography

    38

    99

    Twinsaver

    1 Ply Toilet Tissue

    15s

    25

    99

    Kelloggs Corn

    Flakes 750g

    Each

    32

    49

    PnP no name

    TM

    Frozen

    Chicken Braaipak 2kg

    74

    99

    Harrier Whisky

    750ml

    17

    99

    Tastic Parboiled

    Rice 2kg

    19

    89

    First Choice Salted

    Butter 500g

    Each

    44

    99

    Bulk Beef Mince

    per kg

    94

    99

    Captain Morgan

    Spiced Gold 750ml

    Cuddlers Disposable

    Nappies Bulk Pack

    Midi 52s, Maxi 50s,

    Maxi Plus 48s or

    Junior 44s

    95

    00

    SAVE20.00

    NOWONLY

    per pack

    WINNERS

    THIS

    WEEKS

    Alcohol Not for Sale to Persons Under the Age of 18. Drink Responsibly.

  • NOORDKAAP, WOENSDAG 24 APRIL 2013 7

    Magnesium can change your life

    OVER 85% of those with hyperten-

    sion can normalise their blood

    pressure through lifestyle modifi-

    cations andmaking sure youre get-

    ting enoughmagnesiumwould be a

    good start.

    Why magnesium is important

    for healthy blood pressure and

    heart function

    If you decide to supplement with

    magnesium it is important to un-

    derstand that its complementary

    partner is calcium. So you should

    use both.

    Typically you would use twice as

    much elemental magnesium relati-

    ve to the elemental calcium. That

    ratio works quite well for most.

    The above study found signifi-

    cant decreases in both systolic and

    diastolic blood pressure amongst

    people with hypertension after ta-

    king a magnesium supplement for

    just 12 weeks.

    This lends further support to the

    immense role this mineral plays in

    your health. In fact, magnesium is

    the fourth most abundant mineral

    in your body and is responsible for

    the function of over 350 ensymes in

    your body, including the:

    ) creation of ATP (adenosine tri-

    phospate), the energy molecules of

    your body;

    ) action of your heart muscle;

    ) proper formation of bones and

    teeth;

    ) relaxation of blood vessels;

    ) promotion of proper bowel func-

    tion; and

    ) regulation of blood sugar levels.

    In your heart, magnesium is par-

    ticularly important and doctors ha-

    ve been prescribingmagnesium for

    heart disease since the 1930s.

    A review of seven major clinical

    studies showed that IV magnesium

    reduced the odds of death by more

    than half in patients suffering from

    a heart attack.

    One study, LIMIT-2, developed a

    protocol for giving magnesium as

    soon as possible after onset of the

    heart attack and before any other

    drugs. If those criteria were follo-

    wed, heart muscle damage was

    greatly reduced and neither hyper-

    tension nor arrhythmia (abnormal

    heartbeat) developed.

    Magnesiummayoffer these bene-

    fits because in your heart it helps

    to:

    ) dilate blood vessels;

    ) prevent spasms in your heart

    muscle and blood vessel walls;

    ) counteract the action of calcium,

    which increases spasms;

    ) dissolve blood clots;

    ) dramatically lessens the site of

    injury and prevents arrhythmia;

    and

    ) acts asanantioxidantagainst the

    free radicals forming at the site of

    injury.

    Signs you may not be getting

    enough magnesium

    It has been estimated that up to

    80%of the population is deficient in

    this important mineral, according

    to Carolyn Dean, author of The Mi-

    racle of Magnesium.

    Further therehasbeenno lab test

    that will give an accurate reading

    of themagnesiumstatus inyour tis-

    sues. Only 1% of magnesium in

    your body is distributed in your

    blood, making a simple sample of

    magnesium from a blood test often

    highly inaccurate.

    Thatswhymostdoctorswhorely

    on blood tests for magnesium and

    not magnesium deficiency signs

    and symptoms and realisation that

    up to 80% of the population is defi-

    cient will miss an important dia-

    gnosis.

    With that in mind, some early

    signs of magnesium deficiency to

    keep an eye out for include:

    ) loss of appetite;

    ) nausea and vomiting; and

    ) fatigue and weakness.

    An on-going magnesium defi-

    ciency can lead to:

    ) numbness and tingling;

    )muscle contractions and cramps;

    ) seizures;

    ) personality changes;

    ) abnormal heart rhythms; and

    ) voronary spasms.

    The most common cause of

    high blood pressure

    Magnesium deficiency may con-

    tribute to high blood pressure, but

    themost commonunderlying cause

    is typically related to your body

    producing too much insulin. As

    your insulin levels rise, it causes

    your blood pressure to increase.

    Research published in 1998 in the

    journalDiabetes reported thatnear-

    ly two-thirds of the test subjects

    whowere insulin resistant also had

    high blood pressure.

    Other possible mechanisms of

    magnesium action are anti-inflam-

    mation, antioxidion and modula-

    tion of cell growth properties. In

    fact, the production of reactive ox-

    ygen species is usually increased in

    the vasculature of hypertensive pa-

    tients, and the involvement of mag-

    nesium could occur through the re-

    duction of inflammation and oxida-

    tive stress. Magnesium has

    antioxidant properties that could

    attenuate detrimental effects of ox-

    idative stress on the vasculature,

    thereby preventing increased vas-

    cular tone and contractility.

    All-in-onemagnesium

    MOST people are severely magne-

    sium deficient and are blissfully

    unaware of the health complicati-

    ons associatedwithmagnesiumde-

    ficiency. Magnesium is the most

    important mineral and is involved

    in more than 350 enzymatic bodily

    processes.

    The typical western diet does not

    supply sufficient magnesium. So-

    memedicinesmay result inmagne-

    siumdeficiency suchaswater pills,

    blood pressure and antibiotics. The

    bio-availability (absorption) and

    the amount of actual available ele-

    mental magnesium are of para-

    mount importance.

    Miracle Magnesium Oil derived

    straight from the Dead Sea is the

    best type of magnesium for intesti-

    nal absorption due to its liquid

    form. A scientific test done by Dr

    Norman Shealy has shown that the

    magnesium inMiracleMagnesium

    Blue Spray which is derived from

    theDeadSea is best absorbed trans-

    dermally and it increases magnesi-

    um blood serum levels.

    ADVERTORIAL

    Leerlinge positief oor interhor

    Ruan Bruwer

    n PAAR leerlinge

    van die Horskool

    Noord-Kaap het hul

    mening oor die Kim-

    berley-interskoleby-

    eenkom gelug:

    Melissa Carney,

    gr. 8: Dit was baie

    lekker. Ons het baie

    hard aan die gees ge-

    werk en elke dag ver-

    lede week n gees-

    bousessie gehad. Ek

    het aan netbal en

    swem deelgeneem.

    Marli Vermeu-

    len, gr. 12: Ek het

    as koorlid ook deel

    van die interskole

    gevoel. Dit was n

    goeie idee om die ko-

    re te laat saamsing.

    Dit het n eenheid

    tussen die twee skole

    bewerkstellig. Ek

    dink daar is vanjaar

    meer moeite gedoen

    as enige ander jaar

    om die skole nader

    aan mekaar te bring.

    Daar was n won-

    derlike gees by die

    kultuuraand aanwe-

    sig en ons hele kos-

    huis het dit onder-

    steun en tussendeur

    liedjies gesing. Men-

    se kon nou sien ons

    is nie net n sport-

    skool nie.

    Joy Morkel,

    gr. 11: Dit was

    great en baie oulik.

    Ek het netbal ge-

    speel, maar ook al

    die ander sporte on-

    dersteun wat ek kon.

    Ek sien al uit na vol-

    gende jaar.

    Dillon Plaatjies,

    gr. 8: Wat die week

    lekker gemaak het,

    was die baie verskil-

    lende sportsoorte

    waarin jy kon deel-

    neem.

    Ek het rugby ge-

    speel en al die ander

    goed bygewoon.

    Ek dink ook dit

    was n goeie idee om

    die rugby op GWK-

    park te speel. Die

    week was goed geor-

    ganiseer.

    Thozama Bos-

    man gr. 12: Die in-

    terskole was genot-

    vol. Ek sou graag net

    meer kulturele akti-

    witeite op die pro-

    gram wou sien. Mis-

    kien iets soos n

    skryfkompetisie of

    openbare redevoe-

    ring.Dis ook jammer

    die Engelse kinders

    soos ek kon nie aan

    die debat deelneem

    nie omdat dit net

    Afrikaans is.

    Ruan Bruwer

    n PAAR van die

    Horskool Diamant-

    veld se leerlinge het

    hul indruk van die

    Kimberley-Intersko-

    le gedeel:

    Mari Breyten-

    bach, gr. 10: Dit

    was n baie goeie idee

    om soveel verskillen-

    de sportsoorte te be-

    trek.Eksougraagnet

    wou sien dat die me-

    dedinging in die rug-

    by en netbal nie so in-

    tens moet wees nie.

    Ditplaasbaiedrukop

    die spelers. Die genot

    moet belangriker as

    die oorwinning wees.

    Andersins dink

    ek hulle het hier n

    wenresep beet. Dit

    was heerlik om voor

    soveel mense hokkie

    te speel. Ons ken dit

    nie.

    Louis Fourie,

    gr. 9: Dit was baie

    lekker. Dit is goed dit

    hetuitmeerasnetdie

    rugby en netbal be-

    staan.

    Alwina Malher-

    be, gr. 12: Die week

    sou gehelp het om

    verhoudinge tussen

    die twee skole te ver-

    beter. Ons het ver-

    wag daar sou n biet-

    jie krapperigheid tus-

    sen sommige

    leerlinge wees, maar

    daar was nie. Ek is

    bly van die kleiner

    sportsoorte is betrek.

    Hulle kan dit volgen-

    de jaar in dieselfde

    formaat aanbied.

    Wilmo Vermeu-

    len, gr. 11: Daar

    was baie meer mense

    by die hokkie as ge-

    woonlik. Ek is dank-

    baar om deel van die

    interskole te kon

    wees.

    Annarike Pie-

    naar, gr. 12: Ek het

    dit ongelooflik baie

    geniet. Die interaksie

    tussen die skole was

    aangenaam. Dit was

    n goeie idee om dit

    oor n hele week te

    hou en dit di tyd van

    die jaar aan te bied.

    Dieweer isbeteras in

    Augustus en daardie

    tyd het matrieks

    meerdrukmetdie ek-

    samen om die draai.

    Ons skool het

    moeite gedoen om el-

    kedagdie spannewat

    deelgeneem het, aan

    die skool voor te stel.

    Vervoer is na al die

    geleenthede gerel en

    dieweekwas goed ge-

    organiseer.

  • 8 NOORDKAAP, WOENSDAG 24 APRIL 2013

    ANKE VAN DER WESTHUIZEN (Diamant

    veld). Fotos: Ruan Bruwer HANRO NELSON (NoordKaap).

    Noord-Kaapwen naelbyt-tennisstryd

    DIE tennis was n naelbyt-

    stryd met die Horskool

    Noord-Kaap wat as oorwin-

    naar uit die stryd getree

    het.

    Die wedstryde was ge-

    lykop ses elk, waarna

    die potte in berekening ge-

    bring is om die wenner te

    bepaal.

    Hierin het die wenskool

    met 54-47 gewen.

  • NOORDKAAP, WOENSDAG 24 APRIL 2013 9

    Promosie

    Gee jou huis n nuwe voorkomsmet lagie vars verf

    OM jou huis n nuwe voorkoms te

    gee hoef nie jou sak te ruk nie. n

    Laag vars verf kan n vertrek

    nuwe lewe gee. Maar as jy nie

    bedrewe met die kwas is nie, kan

    jy gerus Inspired Interior Design

    Studio se verfwenke en basiese

    beginsels volg voordat jy begin.

    Gebruik net gehalte-verf in en

    om jou huis en moenie toege-

    wings maak nie. Maak seker dat

    jy die regte soort verf vir die

    soort werk gebruik, veral in

    plekke soos badkamers en die

    kombuis.

    ) Berei die vertrek voor: Moenie

    probeer om alles in een dag te

    doen nie, want die gehalte van die

    voorbereiding bepaal die sukses

    van jou eindproduk. Soms verg

    die voorbereiding meer werk as

    die verfwerk self. Verwyder alle

    meubels en bykomstighede sover

    as moontlik, gooi dit wat oorbly

    met lappe toe. Plak maskeerband

    om die lyste, deure en vensters.

    Maak alle krake en gate met

    stopverf toe.

    )Kry die regte toerusting: Daar

    is baie produkte op die mark om

    verfwerk maklik te maak. Maak

    n werkstasie in die middel van

    die vertrek wat jy gaan verf.

    )Hoeveel verf gaan jy nodig h:

    Beplan altesaam drie lae. Een

    laag onderlaag en twee lae verf.

    Laat die onderlaag kleur sodat dit

    by jou verfkleur pas, dan is die

    tweede laag verf dalk nie nodig

    nie. Gebruik altyd n onderlaag op

    ongeverfde oppervlakke. Meet die

    oppervlak wat jy gaan verf sodat

    jy kan uitwerk hoeveel verf jy

    gaan nodig h, neem die mate

    saam as jy die verf gaan koop.

    Lees die etiket op die blik, dit

    behoort vir jou te s wat die

    strekvermo van die verf is.

    ) Berei die mure voor: Onthou as

    die mure voorheen geverf is, moet

    jy dit met n matige huishoudeli-

    ke reiniger afwas. Spoel al die

    seep goed af. Skuur of skraap verf

    wat afgedop het met skuurpapier

    of n verfskraper af. Vee die stof

    af.

    )Kies die regte gereedskap:

    Verfkwaste en -rollers met hare

    van natuurlike vesel (perdehare

    of skaapwol) is bedoel vir verf

    met n oliebasis. Sintetiese hare of

    rollers is ontwerp vir verf met n

    waterbasis of lateksverf, want

    natuurlike hare is geneig om die

    water in lateksverf te absorbeer.

    Nuttige wenke:

    )Maak die blikke toe wanneer

    dit nie gebruik word nie. Verf is

    geneig om uit te droog. Dit geld

    veral verf met n waterbasis.

    )As jy lateksverf gebruik het,

    week jou kwas of roller omtrent

    10 minute lank in n oplossing

    van water en materiaalversagmid-

    del.

    )As jy verf met n oliebasis

    gebruik het, week die kwaste in

    terpentyn. Moenie die oplosmiddel

    in die afvoerpyp afgooi nie.

    )Vul gapings rondom venster- en

    deurrame, asook groot krake, met

    akrielvuller voordat jy verf.

    )Moenie oor probleemgedeeltes

    verf nie, behandel eers die

    oorsaak.

  • 10 NOORDKAAP, WOENSDAG 24 APRIL 2013

    WIL jy graag n sjef word of in die hotelbedryf werk? Dan moet jy by die Savoy Community Hotel School aanklop om jou opleiding

    te ontvang en jou loopbaan n hupstoot te gee. Stuur jou CV na [email protected].

    DIE Savoykonferensiesentrum het nou n spesiale

    aanbieding vir die hou van konferensies. Om meer

    hieroor uit te vind gaan na reservations@savoyho

    tels.co.za of besoek www.savoyhotels.co.za.

    Fokus op Savoy

    Savoy-skool jou antwoord

  • NOORDKAAP, WOENSDAG 24 APRIL 2013 11

    HOEKOM misluk die meeste

    nuwe ondernemings binne die

    eerste twee jaar?

    Die grootste rede vir die

    mislukking van nuwe onderne-

    mings is kontantvloeiprobleme.

    Die eienaar en personeellede

    kan hard werk en goeie diens

    lewer, maar as die onderne-

    ming nie genoeg bedryfskapi-

    taal het nie, droog die kontant-

    vloei op. Sodra die onderne-

    ming kontantvloeiprobleme

    ondervind, is die bank nie lus

    om finansiering te gee nie en

    die volgende stap is om die

    onderneming te sluit.

    Die hoofrede vir kontant-

    vloeiprobleme is eenvoudig

    jou klinte betaal eers 30, 60 of

    selfs 90 dae van die faktuurda-

    tum af, terwyl jy jou verskaf-

    fers dadelik moet betaal.

    As n nuwe onderneming

    sonder enige rekord is jy dus

    vasgevang in die middel,

    tussen jou klinte en jou

    verskaffers, sonder enige

    bedingingsmag.

    Op die manier word al die

    onderneming se werkkapitaal

    deur debiteure opgeslurp jou

    debiteure word al hoe meer en

    jou kontant al hoe minder. In

    werklikheid gebruik jou

    klinte jou geld vir hul eie

    bedryfskapitaalbehoeftes,

    terwyl jy nie die las kan

    verplaas na jou verskaffers

    nie. Die gevolg is dat jy baie

    meer bedryfskapitaal nodig het

    om al jou uitgawes te dek.

    Dink byvoorbeeld aan enige

    onderneming wat gereeld n

    produk of diens aan n groot

    klint op kredietterme van 30

    dae n staat verskaf.

    Die onderneming lewer sy

    faktuur op die laaste dag van

    die maand en ontvang eers

    betaling aan die einde van die

    volgende maand, dit terwyl die

    onderneming sy uitgawes vir

    tot 60 dae self moet dra.

    Terwyl debiteure meer word

    en beskikbare kontant al hoe

    minder, vergeet sommige

    eienaars van ondernemings dat

    debiteure wel n waardevolle

    bate is en dadelik in kontant

    omskep kan word deur die

    debiteure aan n finansierder

    te verkoop.

    Sodra die klint n faktuur

    afgeteken het (dit wil s die

    klint bevestig dat hy tevrede

    met die produk of diens is),

    kan die onderneming daardie

    faktuur verkoop (discount) aan

    n finansierder wat hierin

    spesialiseer. Die onderneming

    ontvang dadelik die faktuur-

    bedrag, minus die verdiskonte-

    ringskoste, terwyl die finan-

    sierder die volle faktuurbedrag

    van die klint af op die

    normale betaaldatum ontvang.

    Hier is n voorbeeld hoe dit

    in die praktyk sal werk:

    ) Faktuur gelewer op 30 April

    2013: R100 000

    ) Verdiskonteringskoste vir 30

    dae: R4 000

    ) Administrasiegeld: R250

    ) Betaling aan onderneming

    op 30 April: R95 750

    ) Debiteur betaal die volle

    faktuur van R100 000 op 31 Mei

    aan die finansierder.

    Die resultaat is dat die

    eienaar sy debiteure in

    kontant omskep het sodat hy

    daarop kan fokus om sy

    onderneming uit te brei eerder

    as om hom gedurig oor sy

    kontantvloei te bekommer.

    Die finansierder neem die

    kredietrekord van die debiteur

    in ag (dit wil s die maatskap-

    py wat die faktuur betaal)

    voordat enige fakture verdis-

    konteer word.

    Die debiteur moet ook

    onderneem om die finansierder

    op die betaaldatum van die

    faktuur te betaal.

    Om aansoek te doen is n

    eenvoudige proses met min

    papierwerk.

    Die eerste aansoek kan

    binne n dag of twee goedge-

    keur word waarna toekomstige

    fakture binne n paar uur

    uitbetaal word.

    Jy kan ook kies watter

    debiteure en watter fakture jy

    wil verdiskonteer jy hoef nie

    alles te gebruik nie.

    In n neutedop: Deur jou

    debiteure in kontant te omskep

    kan jy jou onderneming van n

    ramp red en die finansile

    grondslag vir gesonde groei

    voorsien.

    Bel Gerhard Greeff van CapX

    by 021-979-1960 vir inligting.

    Gebruik debiteure en

    red onderneming

    Prestige-kompetisie

    goed op dreef

    Redaksie

    VOLKS-

    BLAD,

    Noordkaap

    se moeder-

    koerant, en

    Kumba Iron

    Ore se

    kompetisie

    vir die

    Noord-Kape-

    naar van die

    Jaar en die

    Noord-Kaap-

    se Instansie

    van die Jaar

    is goed op

    dreef. Kumba Iron Ore is vanjaar

    weer die hoofborg van di

    prestige-kompetisie. Benoemings

    om uitblinker-inwoners van die

    Noord-Kaap te vereer word nou

    ontvang. Di projek, ook in

    samewerking met GWK as een

    van die borge, bereik op 28 Mei

    n hoogtepunt op n glansgesellig-

    heid in die Horseshoe-motel in

    Kimberley.

    Die doel van die kompetisie is

    om individue en instansies wat

    n verskil maak te vereer.

    Danksy die groot belangstelling

    word die basiese rels en

    kriteria weer verskaf. Wat betref

    benoemdes as Noord-Kapenaar

    van die Jaar geld die volgende

    riglyne:

    Die benoemde moet n Noord-

    Kapenaar of iemand met beson-

    der sterk bande met die Noord-

    Kaap wees. Die benoemde word

    vereer vir besondere diens aan

    die mense of natuurlike omge-

    wing van die Noord-Kaap. Die

    diens wat verrig word, mag deel

    wees van die benoemde se werk,

    maar moet dan verband hou met

    besondere toewyding en presta-

    sie waarby die provinsie gebaat

    het.

    Politici mag nie benoem word

    nie en benoemings wat gaan oor

    die werk wat mense uit die

    hoofde van n politieke amp

    verrig het, sal nie aanvaar word

    nie. Mense wat voorheen benoem

    is, mag weer benoem word.

    Niemand mag hom-/haarself

    benoem nie. Werknemers van

    die borge mag nie benoem word

    nie.

    Die volgende riglyne geld die

    kategorie Instansie van die Jaar:

    Enige verdienstelike Noord-

    Kaapse instansie wat nie n

    winsmotief het nie, mag benoem

    word.

    Instansies met n sterk politie-

    ke verbintenis mag nie benoem

    word nie. Weer moet die werk

    wat gedoen word, n positiewe

    impak h op die mense of

    natuurlike omgewing van die

    provinsie. Die beoordelaars sal

    in di kategorie veral kyk na die

    impak wat die organisasie in die

    gemeenskap maak.

    ) Om n individu of instansie te

    benoem stuur n motivering

    (sowat 300 woorde) vir jou

    kandidaat aan lecre-

    [email protected].

    Verstrek ook jou naam en

    telefoonnommer, asook die

    benoemde se naam en telefoon-

    nommer.

    Die sluitingsdatum is 10 Mei

    om 17:00.

    Fokus op CapX Finance

  • 12 NOORDKAAP, WOENSDAG 24 APRIL 2013

  • NOORDKAAP, WOENSDAG 24 APRIL 2013 13

  • 14 NOORDKAAP, WOENSDAG 24 APRIL 2013

    Fokus op Trappers Traders

    Winkel groter, geriefliker vir klantediens

    BAIE goeie nuus Trappers

    Trading het pas na n groter en

    beter perseel verskuif en het

    Maandagoggend in sy nuwe

    ligging in die Diamond Pavilion

    Shopping Mall geopen.

    Die verskuiwing is vanwe die

    uitbreiding van die onderneming

    om n beter diens aan getroue

    klante te lewer. Die verskuiwing

    is slegs van die een perseel in

    die winkelsentrum na die nuwe

    perseel met sy beter ligging reg

    by die ingang aan die suidekant

    op die grondvlak: n beter ligging

    en beter toeganklikheid tot die

    winkel, spesiaal vir die gerief

    van Trappers se klante.

    S lui n verklaring van

    Trappers, deel van die Trappers-

    franchisegroep, wat agt jaar

    gelede in Kimberley gevestig is

    om n leemte in die mark te vul.

    Ons is trots om te s dit (die

    skuif) was die beste besluit tot

    voordeel van ons klante. Nou is

    daar n gevestigde onderneming

    wat uitstekende produkte aanhou

    en uitstekende diens lewer,

    gerugsteun deur die landwye

    groep van 25 franchise-winkels.

    n Behoefte vir buitelugtoe-

    rusting wat aan ho standaarde

    voldoen, word nou vervul, en n

    reeks gehalteklere soos die van

    Jeep word vir die gesofistikeerde

    klante en First Ascent vir

    tegniese uitrustings vir die

    buitelug-entoesias aangebied.

    Fox is vir ons jonger klante.

    n Groot reeks skoene en stewels

    van die beste verskaffers soos

    Merrell, CAT, Salomon en Hi-Tec,

    maar ook Tsonga, Fitflop en

    Crocs, rond die klerereekse af,

    lui die verklaring.

    Volgens n onlangse media-on-

    dersoek en kompetisie is Trap-

    pers Trading deur die publiek as

    die beste buitelugverskaffer in

    die Noord-Kaap aangewys.

    Ons is trots op sulke eerbewy-

    se en dit inspireer ons as bestuur

    en personeellede om nog beter

    diens aan ons klante te lewer.

    Baie spesiale aanbiedings

    word ter viering van die herope-

    ning aangebied. Dit is ons

    manier om dankie te s aan

    Kimberley en omgewing se

    mense vir jare se goeie onder-

    steuning. Ons wil daarop

    verbeter en nooi u om ons nuwe

    winkel te kom besoek.

    DIEnuwevoorkomsvanTrappers gele aandie suidekant vandieDiamond

    Pavilion Shopping Mall waar die badkamers vroer was. Fotos: Verskaf

    n WYE reeks produkte word in Trappers aangetref.

  • NOORDKAAP, WOENSDAG 24 APRIL 2013 15

  • 16 NOORDKAAP, WOENSDAG 24 APRIL 2013

    Crazy specials at

    openingweek

    THIRTEEN years ago Baby

    Boom opened its first store in

    Kimberley in what was then cal-

    led the Game Centre.

    Today Baby Boom is a house-

    hold name in the Northern Ca-

    pe.

    Due to its exceptional growth,

    Baby Boom Kimberley is mo-

    ving their store in the New Park

    Centre to bigger premises in the

    Diamond Pavilion.

    This is also a big vote of confi-

    dence in the local economy of

    Kimberley.

    The new-look Baby Boom sto-

    re will have all the latest baby

    products and will have the lar-

    gest selection of baby products

    in the Northern Cape.

    Baby Boom in Kimberley is

    part of the larger Baby Boom

    group, which is one of the count-

    rys largest speciality discount

    baby product retailers.

    With more than 30 stores

    countrywide, in 8 of our 9 pro-

    vinces Baby Booms purchasing

    power ensures its customers

    everyday low-price specials on

    its range of more than 2 000 baby

    specific products.

    Come and have a look at the

    crazy below-cost specials that

    Baby Boom is running in its ope-

    ning week.

    These specials include excel-

    lent prices on Pampers and Hug-

    gies nappies, and for the moms

    to be unbelievable specials on

    household names such as Graco

    and Chelino prams.

    Apart from these discount pri-

    ces Baby Booms loyalty pro-

    gramme, the Boepie Club, has

    been a major driving force in its

    growth and success and was re-

    cently featured in the Afrikaans

    movie Pretville.

    Members of Baby Booms Boe-

    pie Club share in significant be-

    nefits including:

    ) A return policy on items pur-

    chased from other retailers

    when a new moms stork party

    is set out with Baby Boom.

    ) Special offers exclusive to

    club members.

    ) A rebate in the form of Dum-

    my Dollars which can be used

    for other purchases once the ba-

    by has been born.

    Fokus op Noord-Kaap-Paneelkloppers

    Klante geniet

    hier voorkeur

    DAWIE MEADES is

    die alleeneienaar

    van die gesinsonder-

    neming Noord-Kaap-

    Paneelkloppers wat

    in 1972 deur Dawie

    en sy vrou, Shirley,

    gestig is. Dawie en sy

    seun, Louis, albei ge-

    kwalifiseerde am-

    bagsmanne, bestuur

    die onderneming.

    Saam het hulle meer

    as 60 jaar ondervin-

    ding op die gebied en

    kan die nodige raad

    en hulp bied.

    Hier werk 75 per-

    soneellede by die on-

    derneming van wie 7

    kantoorpersoneelle-

    de, 6 gekwalifiseerde

    ambagsmanne en 2

    gekwalifiseerde

    spuitverwers is.

    Die geboue en toe-

    rusting is onlangs

    opgeknap om gehal-

    te-diens aan klinte

    te verseker en in pas

    met die nuutste teg-

    nologie te wees. Die

    onderneming ge-

    bruik Glasurit en

    spesialiseer ook nou

    in waterbasisverwe.

    InKimberley is die

    onderneming die

    enigste fabrikaat-

    goedgekeurde her-

    steller vir Renault,

    Ford en Mazda.

    Hy is ook n goed-

    gekeurde hersteller

    vir Toyota, Nissan,

    Kia, Hyundai, GM,

    Opel, Chev, Saab, Ta-

    ta, Hummer en Isu-

    zu.

    Noord-Kaap Pa-

    neelkloppers eerbie-

    dig die driejaar-

    waarborg wat hy vir

    herstelwerk bied en

    sal te alle tye klinte-

    navrae en -probleme

    op n professionele

    wyse hanteer en op-

    los.

    Om verhoudings

    tussen belangheb-

    bendes te verbeter

    werk hy nou saam

    met klinte, verseke-

    ringsmaatskappy,

    makelaars, assessors

    en motoragente.

    Kontak die onder-

    neming gerus vir

    goedkeuring vir die

    gebruik van n hof-

    liksheidsvoertuig ty-

    dens die herstelwerk

    aan n voertuig. Hy

    beskik oor drie hof-

    likheidsvoertuie,

    maar voorwaardes

    geld die uitleen daar-

    van.

    Graag bedank

    Noord-Kaap Paneel-

    kloppers alle klinte

    vir hul lojale onder-

    steuning die afgelope

    41 jaar en nooi al sy

    ou en nuwe klinte

    om hom vir gratis

    kwotasies en profes-

    sionele raad te be-

    soek.

    Kry inligting oor

    Noord-Kaap Paneel-

    kloppers op sy web-

    tuiste, www.ncpa-

    nelbeat.co.za.

    NOORDKAAPPANEELKLOPPERS is in Cecil Susmanstraat gele. Foto: Verskaf

    Focus on Baby Boom

  • NOORDKAAP, WOENSDAG 24 APRIL 2013 17

    Sanger

    sing by

    skool

    DIE gewilde Afri-

    kaanse sanger

    Snotkop, veral

    bekend om sy

    kletsrymstyl,

    tree hierdie Vry-

    dag in Kimberley

    op.

    Die konsert

    vind van 17:30 af

    op die Horskool

    Adamantia se

    hokkieveld

    plaas.

    Dit is gele oor-

    kant die skool se

    ingang in Black-

    straat.

    Kaartjies kos

    R80 per persoon.

  • 18 NOORDKAAP, WOENSDAG 24 APRIL 2013

  • NOORDKAAP, WOENSDAG 24 APRIL 2013 19

    Weer op die troon

    DIE volledige netbaltellings is:

    o.19A: DHS wen 24-16; o.19B:

    DHS wen 20-7; HNK o.16A t.

    DHS o.19C: HNK wen 19-4;

    o.19D: HNK wen 12-8; HNK

    o.16C t. DHS o.14B: DHS wen

    22-1; o.15A: DHS wen 20-10;

    o.14A: DHS wen 21-7.

    WEER nommer een in die geweste. Die eerste netbalspan van die Horskool Diamantveld se vreugde ken geen

    perke n sy sege van 2416 oor die Horskool NoordKaap nie. Die spanlede is van links, voor: Johan Janse

    van Rensburg, Adr Badenhorst (k), Lizaan Watts (afrigter) en Lindy Basson (hulpafrigter); agter: Lian Bann

    (spanbestuurder), Annarike Pienaar, JoMar Venter, Jana Kirsten, Marmari Pienaar, Mariska du Raan, Tuan

    Gouws, Bethenie du Raan en Anchen Strauss. Fotos: Louis Botha Fotografie

    SENTER teen senter. Die spanne se twee senters Marmari Pienaar (links)

    en Jomari Myburgh was in n hewige stryd teen mekaar gewikkel. Regs

    agter hou Jessica du Plessis sake fyn dop.

  • 20 NOORDKAAP, WOENSDAG 24 APRIL 2013

    BLYDSKAP, verligting n teleurstelling alles Saterdag in een oomblik saamgevang. Dit was pas nadat Thulani Njenje die wendrie vir die Horskool NoordKaap gedruk het. Terwyl hy

    en van sy spanmaats vol vreugde is, vertel die prentjie van die NoordKaap en Diamantveldspeler op die grond met hul hande teen die kop n verhaal van onderskeidelik verligting

    en teleurstelling. Di drie en doelskop het NoordKaap met 2719 laat sevier. Foto: Gallo Images

    TE laat. JD Swanepoel, linkervleuel van Diamantveld, klop sy direkte teenstander, die regter

    vleuel Henry van Zyl, aan sy buitekant. Hy is egter kort daarna platgetrek.

    Foto: Louis Botha-Fotografie

    Glorie vir NoordKaap

  • NOORDKAAP, WOENSDAG 24 APRIL 2013 21

    Swem ander onder die stof

    DIE Horskool Noord-Kaap

    se groter leerlingtal het dui-

    delik in verlede Woensdag se

    swem gewys.

    Noord-Kaap se puntetotaal

    was 854 teenoor Diamantveld

    se 412.

    Diemeisieswasmeer gelyk

    (330 punte teenoor 217) as die

    seunswemmers waar Noord-

    Kaap met 514 punte teenoor

    195 uitgestyg het.

    DEVON STEYN van die

    wenspan in die rugslag

    nommer.

    Foto: Louis Botha Fotografie

    DIE Horskool NoordKaap se Sasha Coetzee en Juan du Plooy, kap

    teins van hul skool se swemspan, met hul trofee as wenners.

    Foto: Ruan Bruwer

    Deel van

    wenspan

    Lig trofee omhoog

  • 22 NOORDKAAP, WOENSDAG 24 APRIL 2013

    GESOEK: WIT BUDGIE

    met die naam Pietie. Verlo-

    re geraak op 08/04/2013 in

    Croninweg, Hadisonpark-

    omgewing. Baie mak, hand-

    grootgemaak. Enige inlig-

    ting sal waardeer word.

    Kontak asb vir Jan Bergh by

    082 465 5451 of Malandi

    Bergh by 082 339 6446.

    PLAFONISOLERING:

    THERMGUARD LITE NK

    Koel in somer, warm in win-

    ter. SABS. Gratis kwotasies.

    082 388 0307 of 053 832 9194.

    UTILITY RUBBER

    STAMPS: SAME-DAY

    SERVICE. TEL./FAKS

    053 832 1951

    DEBT CONSOLIDATION:

    Blacklisted? Earning more

    than R3 000? Phone

    Mogotsi 071 947 4578.

    HARTENBOS: Netjiese ak-

    kommodasie. Heeljaar be-

    skikbaar. Lae tariewe buite

    seisoen. Ook eiendom te

    koop. Skakel 083 236 1294 of

    044 695 0682

    NOORD-KAAP: CALVI-

    NIA. Digte bossieveld, ge-

    deelte spaarbos met

    sonkrag. Grootte 2721 - 1708.

    R850 per hektaar. 7 kampe

    van 20 hektaar. Ploeggrond,

    gedeelte Botterkloof. Grootte

    820 - 9521. R1 000 per hek-

    taar. 3 kampe, 10 beeste, 100

    ooie. Met water. Tel.

    021 218 1364. Skakel tussen

    214:00 en 16:00.

    EASY MONEY

    GUARANTEED.

    Its as easy as a, b, c to earn

    money. No experience or

    qualifications needed. Just a

    few hours of your time. SMS

    name and address for a full

    info brochure to 074 477 8441.

    Market Square 35

    Kimberley

    BRIDGING CASH

    while waiting for

    PENSION/

    PACKAGE

    payout

    (lump sum only)

    086 1101 388

    083 6700 788

    Cash same day

    SOEK, KOOP, VERKOOP

  • NOORDKAAP, WOENSDAG 24 APRIL 2013 23

    DIE hokkie-uit-

    slae was:

    Meisies:

    o.19A: HNK

    wen 1-0

    o.19B: gelykop

    0-0

    o.16A: HNK

    wen 4-0

    o.14A:DHSwen

    1-0

    Seuns:

    o.19A: HNK

    wen 4-1

    o.16A: HNK

    wen 8-0

    KRISTEN ABRAHAMS van die Horskool NoordKaap verlede

    Dinsdag in aksie. Links pas Diamantveld se Carli Groenewald druk

    toe. Fotos: Ruan Bruwer

    MICHAELINE TRICAM word deur haar spanmaats geluk gewens met haar doel, die enigste

    doel in die wedstryd tussen die meisies se eerste spanne.

    S lyk

    die

    uitslae

    Speel hard vir enigste doel in hokkiewedstryd tussen eerste spanne

  • 24 NOORDKAAP, WOENSDAG 24 APRIL 2013

    Sport

    Sport

    Die Diamantstad se koerant

    HNKbo in taai stryd

    Ruan Bruwer

    ONGEAG n moedige

    poging kon die Hor-

    skool Diamantveld

    (DHS) se eerste rug-

    byspan Saterdag nie

    span van die Hor-

    skool Noord-Kaap

    (HNK) n sesde agter-

    eenvolgende inter-

    skolesege onts nie.

    Die HNK was met

    27-19 baas in n op-

    windende wedstryd

    van goeie gehalte.

    Die wedstryd was

    met die laaste bewe-

    ging nog in die weeg-

    skaal met HNK net-

    net voor met 20-19

    voor n drie deur die

    slot Thulani Njenje.

    Die Northerns

    moes diep delf om n

    agterstand van 10-16

    uit te wis. Hul taak is

    bemoeilik met Dimi-

    trio Tieties wat in

    daardie stadium

    reeds tien potensile

    punte pale toemis ge-

    korrel het. n Goeie

    dryfmaal van n lyn-

    staan af het die terug-

    vegpoging ingelui.

    Hilford Clarke (lin-

    kervleuel) het afge-

    rond.

    Die keerpunt was

    toe Diamantveld nog-

    maals n vaskop in sy

    eie gebied in die

    skrum afgestaan het.

    Clarke is in besit ge-

    stel en het twee ver-

    dedigers geklop om

    skouspelagtig in die

    hoekie oor te duik.

    Deon van Zyl het die

    punteverskil vir die

    DHS na een (19-20)

    verminder, maar die

    span kon nie weer in

    n aanvallende posi-

    sie kom om die wen-

    punte aan te teken

    nie. n Hanteerfout

    het die HNK in besit

    geplaas wat tot Njen-

    je se wendrie gelei

    het.

    Dit het aanvanklik

    gelyk asof Diamant-

    veld n moeilike taak

    gaan h, want hy is

    heeltemal in die

    skrums oorheers.

    Die skeidsregter

    moes die HNK her-

    haaldelik versoek om

    nie verder as 1,5 m te

    skrum nie (volgens

    die rel vir skolerug-

    by). DieHNK se twee-

    de drie het gekom toe

    dieDHSvansyeiebal

    geskrum is wat tot n

    maklike drie vir Ger-

    hard Holtzhausen

    (agtsteman) gelei het.

    Die HNK kon di

    oorheersing nie ten

    volle benut nie, aan-

    gesien sy loskopstut,

    Lux Khoza, telkens

    vir onwettige skrum-

    werk gestraf is.

    Die Diamonds het

    getoon waartoe n

    span wat met hart en

    passie speel in staat

    is ondanks sy tekort-

    kominge elders en n

    gebrek aan gehalte-

    balbesit.Diehakeren

    kaptein, Danil van

    Zyl, het die voorbeeld

    gestel en nie ge-

    skroom om onder die

    Noord-Kaapse bal-

    draers in te klim nie.

    Eindelik was dit dui-

    delik dieDHS se oemf

    was uit.

    ) Die res vandie rug-

    by-uitslae is: o.19B:

    HNK wen met 65-5;

    o.19C: 21 elk; o.16A:

    DHS wen met 36-17;

    o.15A: HNK wen met

    22-0; o.14A: DHS wen

    met 24-12.

    KEERPUNT. Die linker

    vleuel Hilford Clarke klop

    vir Jacques van Zyl op pad

    na sy tweede drie wat die

    wind uit die seile van Dia

    mantveld gehaal het. Dit

    het gekom toe Diamant

    veld nie sy eie bal in die

    skrum kon wen nie.

    Foto: Emile Hendricks