Lêer verw/ - Swartland Municipality Opheff Vergun Afwyk …  · Web view'n Afskrif van die...

5
Lêer verw/ 15/3/5-8/Erf_1602 Navrae/Enquiries: File ref: 15/3/10-8/Erf_1602 Mnr AJ Burger 15/3/4-8/Erf_1602 15 Junie 2016 CK Rumboll & Vennote Posbus 211 MALMESBURY 7300 Per Geregistreerde Pos Meneer/Dame VOORGESTELDE OPHEFFING VAN TITELAKTE BEPERKINGS, VERGUNNINGSGEBRUIK EN AFWYKING OP ERF 1602, MALMESBURY U aansoek gedateer 18 April 2016 met verwysing #9615/MAL/IJ, rakende die onderwerp het betrekking. A Uit hoofde van die bevoegdheid wat ingevolge Raadsbesluit 7.25 gedateer 13 Mei 2015 aan die Direkteur: Ontwikkelingsdienste gedelegeer is, soos bepaal deur artikel 69(1) van Swartland Munisipaliteit se Verordening insake Grondgebruiksbeplanning (PG 7420 van 3 Julie 2015) word die aansoek vir die opheffing van titelakte voorwaardes C(b) en C(c) van Titelakte no T57904/2002, ingevolge artikel 60 van die bogenoemde Verordening goedgekeur, onderhewig aan die volgende proses: a) Die aansoeker/eienaar moet aansoek doen by die aktekantoor om die titelakte te wysig ten einde die opheffing van beperkende voorwaarde aan te toon (Die volgende minimum inligting moet aan die aktekantoor voorsien word ten einde die aansoek te oorweeg, naamlik: - afskrif van die goedkeuring van Swartland Munisipaliteit, - oorspronklike titelakte, en - 'n afskrif van die kennisgewing wat deur Swartland Munisipaliteit in die Provinsiale Koerant geplaas was); b) 'n Afskrif van die gewysigde titelakte moet aan Swartland Munisipaliteit vir rekorddoeleindes voorsien word, alvorens die bouplan finaal vir goedkeuring oorweeg kan word. B Uit hoofde van die bevoegdheid wat ingevolge Raadsbesluit 7.25 gedateer 13 Mei 2015 aan die Direkteur: Ontwikkelingsdienste

Transcript of Lêer verw/ - Swartland Municipality Opheff Vergun Afwyk …  · Web view'n Afskrif van die...

Page 1: Lêer verw/ - Swartland Municipality Opheff Vergun Afwyk …  · Web view'n Afskrif van die gewysigde titelakte moet aan Swartland Munisipaliteit vir rekorddoeleindes voorsien word,

Lêer verw/ 15/3/5-8/Erf_1602 Navrae/Enquiries: File ref: 15/3/10-8/Erf_1602 Mnr AJ Burger

15/3/4-8/Erf_1602

15 Junie 2016

CK Rumboll & VennotePosbus 211MALMESBURY7300

Per Geregistreerde Pos

Meneer/Dame

VOORGESTELDE OPHEFFING VAN TITELAKTE BEPERKINGS, VERGUNNINGSGEBRUIK EN AFWYKING OP ERF 1602, MALMESBURY

U aansoek gedateer 18 April 2016 met verwysing #9615/MAL/IJ, rakende die onderwerp het betrekking.

A Uit hoofde van die bevoegdheid wat ingevolge Raadsbesluit 7.25 gedateer 13 Mei 2015 aan die Direkteur: Ontwikkelingsdienste gedelegeer is, soos bepaal deur artikel 69(1) van Swartland Munisipaliteit se Verordening insake Grondgebruiksbeplanning (PG 7420 van 3 Julie 2015) word die aansoek vir die opheffing van titelakte voorwaardes C(b) en C(c) van Titelakte no T57904/2002, ingevolge artikel 60 van die bogenoemde Verordening goedgekeur, onderhewig aan die volgende proses:

a) Die aansoeker/eienaar moet aansoek doen by die aktekantoor om die titelakte te wysig ten einde die opheffing van beperkende voorwaarde aan te toon (Die volgende minimum inligting moet aan die aktekantoor voorsien word ten einde die aansoek te oorweeg, naamlik:- afskrif van die goedkeuring van Swartland Munisipaliteit, - oorspronklike titelakte, en - 'n afskrif van die kennisgewing wat deur Swartland Munisipaliteit in die Provinsiale

Koerant geplaas was);b) 'n Afskrif van die gewysigde titelakte moet aan Swartland Munisipaliteit vir

rekorddoeleindes voorsien word, alvorens die bouplan finaal vir goedkeuring oorweeg kan word.

B Uit hoofde van die bevoegdheid wat ingevolge Raadsbesluit 7.25 gedateer 13 Mei 2015 aan die Direkteur: Ontwikkelingsdienste gedelegeer is, soos bepaal deur artikel 69(1) van die Verordening word die aansoek vir ‘n vergunningsgebruik vir ‘n plek van onderrig (bewaarskool), ingevolge artikel 60 van die bogenoemde Verordening, goedgekeur onderhewig van die volgende voorwaardes:

B1. STADSBEPLANNING EN BOUBEHEER

(a) Bouplanne vir die omskepping van die gastehuis na ‘n bewaarskool aan die Direkteur: Ontwikkelingsdienste vir oorweging en goedkeuring voorgelê word;

(b) Nie meer as 65 kinders ten enige tyd by die bewaarskool ingeskryf mag wees nie;(c) ‘n Minimum binneshuise speelarea van 1,8m² per kind, waarvan nie meer as een

derde toegemaakte stoepspasie mag wees nie, voorsien word;(d) ‘n Minimum buitenshuise speelarea van 4,5m² per kind, wat afgeskerm is van enige

openbare straat, voorsien word;

Page 2: Lêer verw/ - Swartland Municipality Opheff Vergun Afwyk …  · Web view'n Afskrif van die gewysigde titelakte moet aan Swartland Munisipaliteit vir rekorddoeleindes voorsien word,

(e) Die bedryfstye van die bewaarskool beperk word van Maandae tot Vrydae vanaf 7H00 tot 17H15, en sal gesluit wees oor naweke en vakansiedae soos voorgehou in hierdie aansoek;

(f) Die nodige aansoek vir die oprigting van advertensietekens by die Direkteur: Ontwikkelingsdienste vir oorweging en goedkeuring voorgelê word;

(g) Minstens 7 op-perseel parkeerplekke met ‘n permanente stofvrye oppervlakte hetsy teer, beton of plaveisel of ‘n materiaal vooraf goedgekeur deur Swartland Munisipaliteit voorsien word en dat die parkeerplekke duidelik gemerk word;

(h) Die op-en aflaai van kinders beperk word tot op die perseel;(i) Aansoek gedoen word by die Weskus Distrikmunisipaliteit vir ‘n geskiktheidsertifikaat;(j) Die bewaarskool moet voldoen aan die vereistes van Departement van Maatskaplike

Dienste en by die Departement registreer word;

B2. WATER

(a) Daar van die bestaande wateraansluiting gebruik gemaak moet word en dat geen addisionele aansluitings voorsien sal word nie;

B3. RIOOL

(a) Daar van die bestaande riool aansluiting gebruik gemaak moet word en dat geen addisionele aansluitings voorsien sal word nie;

B4. VULLISVERWYDERING

(a) Die basiese vullisverwyderingstarief gehef word vir die wooneenheid en besigheid, maar in die geval van die besighede sal die tarief aangepas word volgens die hoeveelheid vullis verwyder;

(b) vullis moet in vullissakke op die naaste munisipale sypaadjie op die oggend van verwydering geplaas word.

B5. WESKUS DISTRIKMUNISIPALITEIT

(a) Die kinderversorgingsfasiliteit/bewaarskool moet voldoen aan die vereistes van Artikels 15 & 16 van Hoofstuk 5 van die Gesondheidsverordeninge van (9 September 2008) van die Weskus Distriksmunisipaliteit;

(b) Indien voedsel op die perseel voorberei gaan word, moet die bereidingsarea voldoen aan die vereistes van Regulasie 962 van 23 November 2012 - Regulasies met betrekking tot die algemene higiënise vereistes vir voedselpersele en die vervoer van voedsel;

(c) Aansoek vir die uitreiking van geskiktheidsertifikate moet by die afdeling ingedien en goedgekeur word. Alle gesondheidsvereistes moet nagekom word;

(d) Ander gesondheidsvereistes kan van tyd tot tyd gestel word.

C Uit hoofde van die bevoegdheid wat ingevolge Raadsbesluit 7.25 gedateer 13 Mei 2015 aan die Direkteur: Ontwikkelingsdienste gedelegeer is, soos bepaal deur artikel 69(1) die Verordening word die aansoek vir die afwyking van die 5m syboulyn (suidelike grens) na ±1,9m ten einde die bestaande geboue te akkommodeer, ingevolge artikel 60 van die bogenoemde Verordening, goedgekeur.

Die uwe

MUNISIPALE BESTUURDERper Departement Ontwikkelingsdienste

AJB/ds

Page 3: Lêer verw/ - Swartland Municipality Opheff Vergun Afwyk …  · Web view'n Afskrif van die gewysigde titelakte moet aan Swartland Munisipaliteit vir rekorddoeleindes voorsien word,

Afskrif : Boubeheerbeampte

Direkteur : Siviele Ingenieursdienste

Direkteur : Finansiële Dienste

Page 4: Lêer verw/ - Swartland Municipality Opheff Vergun Afwyk …  · Web view'n Afskrif van die gewysigde titelakte moet aan Swartland Munisipaliteit vir rekorddoeleindes voorsien word,

Redes vir die goedkeuring:

1. Die aansoek is versoenbaar met die ruimtelike beplanning van Malmesbury.2. Die ontwikkelings sal ook lei tot die optimale gebruik van die eiendom.3. Geen besware is ontvang vanaf omliggende affekteerde eienaars nie.4. Die voorgestelde beswaarskool voldoen aan die parameters van die soneringskema

regulasies.