IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUIDAFRIKA (NOORDKAAPSE … · Bpk v De Beer 1982(2) AA 603 waarin Viljoen...
Transcript of IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUIDAFRIKA (NOORDKAAPSE … · Bpk v De Beer 1982(2) AA 603 waarin Viljoen...
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUIDAFRIKA(NOORDKAAPSE AFDELING)
KIMBERLEYSAAK NO.: 331/03
DATUM: 14112003
In die saak tussen:
JOSEF JACOBUS BOTES Eerste ApplikantHILDA ALETTA BOTES Tweede Applikante
teen
BENEDICK BRAND Respondent
CORAM: C.C WILLIAMS R:
U I T S P R A A K
WILLIAMS R:
In hierdie saak het die Applikante aansoek gedoen vir ‘n bevel dat
Respondent, behoudens Applikante se tender om transport van die
onroerende eiendom, beskryf as Erf 272 Kakamas (“die eiendom”)
aan hom te passeer, onverwyld die bedrag van R320 000,00 aan
Applikante betaal plus rente op hierdie bedrag bereken vanaf 1 April
2003 tot datum van betaling, minus enige okkupasie huurgelde wat
Respondent aan Applikante betaal vanaf 1 April 2003, sowel as die
koste van hierdie aansoek.
Die Applikante wat buite gemeenskap van goed getroud is het op 23 Desember 2002 ‘n skriftelike koopkontrak aangegaan met die Respondent in terme waarvan die eiendom aan Respondent verkoop is vir ‘n bedrag van R320 000,00 onderhewig aan die terme van die kontrak en ‘n opskortende voorwaarde uiteengesit in die koopkontrak. Die opskortende voorwaarde verskyn in klousule 14 van die kontrak en lees as volg:
“Hierdie ooreenkoms is onderhewig aan die opskortende voorwaarde dat die Koper nie later as 14 dae na datum van ondertekening goedkeuring vir die toestaan van ‘n lening van nie minder as R320 000,00 (Drie Honderd en Twintig Duisend Rand) verkry.”
Daar moes dus aan die opskortende voorwaarde voldoen word voor
of op 6 Januarie 2003.
Voordat die kontrak deur die partye onderteken is en nadat die eiendom aan Respondent bekendgestel is deur die eiendomsagent Me Hooman, het Respondent aansoek gedoen om ‘n huislening te Eerste Nasionale Bank, Kakamas, (ENB).
Op 13 Januarie 2003 het die aktesbesorger Me Dykman van Daneel Prokureurs ‘n brief aan die Applikante gerig waarin sy hulle meegedeel het dat Respondent se aansoek om ‘n lening deur ENB goedgekeur is en dat die opskortende voorwaarde derhalwe vervul is.In terme van klousule 5.1 van die koopkontrak was Respondent geregtig om die eiendom te okkupeer vanaf 15 Januarie 2003. Ingevolge klousule 8 van die koopkontrak was die okkupasie huurgeld ‘n bedrag van R2000,00 per maand of eweredige deel daarvan vir enige gedeelte van ‘n maand.
Respondent het gedurende Januarie 2003 (15 Januarie op Respondent se weergawe en 24 Januarie op Applikante se weergawe) okkupasie van die eiendom geneem en daarna die
2
okkupasie huurgeld soos bepaal in die koopkontrak aan die Applikante betaal tot die einde van Maart 2003.
Op 5 Februarie 2003 het Me Hooman die transportdokumente aan Respondent voorgelê en het hy ook die verklaring deur koper en ‘n verklaring ten opsigte van solvensie en huwelikstatus onderteken. Daneel Prokureur se rekeningstaat ten opsigte van die transportkoste is ook aan Respondent voorgelê.
Op 24 Februarie 2003 het Respondent probleme ondervind met die waterverkoeler op die eiendom en is Applikante versoek om dit te herstel wat wel gedoen is.
Teen die einde van Februarie 2003 was Applikante deur Me Hooman meegedeel dat Respondent ongelukkig was met die feit dat die lening vanaf ENB nie ook die transportkoste gedek het nie.
Kort hierna het Applikante wat teen hierdie tyd begerig was dat die transport van die eiendom aan Respondent afgehandel word verneem vanaf Me Hooman dat die Respondent die houding ingeneem het dat die opskortende voorwaarde vervat in klousule 14 van die koopkontrak nie betyds vervul is nie en dat hy dus nie gebonde gehou kan word tot die koopkontrak nie.
Hierdie is die feite wat nie in geskil is tussen die partye nie. Wat wel in dispuut is, is eerstens of die opskortende voorwaarde vervat in klousule 14 vervul is in terme van die koopkontrak en tweedens tot ‘n mindere mate of dit ‘n term van die ooreenkoms tussen die partye was dat die huislening wat Respondent moes bekom ook die transportkostes moes insluit.
Wat die eerste geskilpunt betref betoog Mnr. Olivier wat namens die Applikante optree dat die Respondent se handelinge, in besonder die feit dat hy okkupasie geneem het van die eiendom op 15 Januarie 2003 in terme van die koopkontrak en Respondent se versuim om enige getuienis voor te lê dat die lening eers na 6 Januarie 2003 goedgekeur is, ‘n feit waarvan Respondent besondere kennis sou hê, redelikerwys die afleiding regverdig dat Respondent tevrede was dat die lening deur ENB ooreenkomstig die koopkontrak goedgekeur
3
was.
In die alternatief betoog Applikante dat sou die Hof nie vind dat
Applikante op ‘n oorwig van waarskynlikhede getoon het dat die
opskortende voorwaarde in terme van die koopkontrak vervul is nie,
dat Respondent deur sy handelinge en stilswye voorgestel het dat die
lening betyds goedgekeur is, wat tot gevolg gehad het dat Applikante
tot hulle nadeel gehandel het. Applikante beroep hul dus in die
alternatief daarop dat Respondent onder estoppel is om te ontken dat
die opskortende voorwaarde vervul is. Die Applikante maak nêrens
die pertinente bewering dat die opskortende voorwaarde vervul is
voor op op 6 Januarie 2003 nie maar maak staat op Respondent se
handelinge soos hierbo vermeld asook sy versuim om hulle voor
einde Februarie 2003 in kennis te stel dat die opskortende
voorwaarde nie betyds vervul is nie.
4
Dit word namens Applikante aangevoer dat dit onwaarskynlik is dat
die huislening eers na 6 Januarie 2003 goedgekeur is aangesien
Respondent, ‘n munisipale bestuurder van amp, en dus nie ‘n
oningeligte persoon nie, sou weet dat die opskortende voorwaarde
nie betyds vervul is nie en sou hy ook nie op 15 Januarie 2003
okkupasie van die eiendom geneem het in terme van die koopkontrak
nie of nog verder dokumente onderteken het vir die oordrag van die
eiendom nie. Daar word verder deur die Applikante beweer dat
Respondent wel deeglik bewus is van die regswerking van ‘n
opskortende voorwaarde aangesien Me Hooman kennis het (wat sy
bevestig) van ‘n vroeëre koopkontrak tussen Respondent en ‘n derde
party waar sy ook opgetree het as eiendomsagent, en die
koopkontrak verval het as gevolg daarvan dat die opskortende
voorwaarde daarin vervat nie vervul is nie.
Mnr Olivier voer ook aan dat die datum waarop die huislening
goedgekeur is binne die besondere kennis is van Respondent en dat
Respondent nagelaat het om die presiese datum van die goedkeuring
van die lening voor die hof te plaas. Respondent se versuim om die
getuienis van die bankamptenaar betrokke by die toestaan van die
lening voor die hof te plaas is verder aanduidend daarvan dat die
bankamptenaar die Respondent moontlik in hierdie verband sou
weerspreek het.
5
Dit word betoog dat die mees voordiehandliggende en aanvaarbare
afleiding wat die Hof uit hierdie omringende feite moet maak is dat die
huislening wel voor 6 Januarie 2003 goedgekeur is.
Respondent aan die ander kant, in sy antwoordende verklaring, erken
dat hy gehandel het soos deur Applikante beweer, maar betwis dat
die huislening voor 6 Januarie 2003 deur ENB goedgekeur is.
Respondent se weergawe is dat volgens sy kennis die huislening nie
goedgekeur is voor 13 Januarie 2003 nie toe hy daarvan in kennis
gestel is deur ‘n amptenaar van ENB. Die Respondent voer verder
aan dat hy nie die regswerking van ‘n opskortende voorwaarde
verstaan het nie en dit is eers teen einde Februarie 2003 dat hy
bewus geword het van die regswerking van ‘n opskortende
voorwaarde toe sy prokureur hom daaroor ingelig het. Wat die
vroeëre koopkontrak tussen hom en die derde party betref stel
Respondent dit dat Me Hooman die spesifieke eiendom aan hom
probeer afsmeer het en hy nie daarin belanggestel het nie. Hy het
toe nie aansoek gedoen vir ‘n huislening nie en was nie bewus
daarvan dat die kontrak verval het weens nienakoming van die
opskortende voorwaarde nie aangesien hy nooit weer deur die
verkoper gekontak was nie.
Die Applikante dra natuurlik die bewyslas om te toon dat die
opskortende voorwaarde ooreenkomstig die koopkontrak vervul is.
Sien in hierdie verband Resisto Dairy v Auto Protection Insurance Co
6
1963(1) 632 AD op 644 GH waar Hoexter AR die volgende sê:
“In our law the fulfillment of a true suspensive condition must be pleaded and proved by the person who is relying on the contract . . . “
Mnr. Olivier het die Hof ten opsigte van die bewyslas wat daar op die
Applikante rus verwys na die saak van AA Onderlinge Assuransie
Bpk v De Beer 1982(2) AA 603 waarin Viljoen AR te 614H die
volgende meld.:
“Dit is, na my oordeel, nie nodig dat ‘n eiser wat hom op omstandigheidsgetuienis in ‘n siviele saak beroep, moet bewys dat die afleiding wat hy die Hof vra om te maak die enigste redelike afleiding moet wees nie. Hy sal die bewyslas wat op hom rus kwyt indien hy die Hof kan oortuig dat die afleiding wat hy voorstaan die mees voordiehandliggende en aanvaarbare afleiding is van ‘n aantal moontlike afleidings.”
Dit volg natuurlik dat die Hof ‘n saak op omstandigheidsgetuienis kan beslis indien daar geen of geen aanvaarbare direkte getuienis is nie. Mnr. Olivier betoog dat die getuienis omtrent die datum van vervulling van die opskortende voorwaarde binne die besondere kennis van Respondent val en dat daar ‘n negatiewe afleiding gemaak moet word van Respondent se versuim om hierdie inligting voor die Hof te plaas.
In Gericke v Sack 1978(1) AD 821 te 827 EF sê Diemont AR die
volgende omtrent besondere kennis van een gedingsparty.
“It is a difficulty which faces litigants in a variety of cases and may cause hardship but hard cases, notoriously, do not make good law. It is not a principle of our law that the onus of proof of a fact lies on the party who has peculiar or intimate knowledge or means of knowledge of that fact. The incidence of the burden of proof cannot be altered merely because the facts happen to be within the knowledge of the other party. See R. v Cohen, 1933 T.P.D. 128. However, the Courts take cognizance of the handicap under which a
7
litigant may labour where facts are within the exclusive knowledge of his opponent and they have in consequence held, as was pointed out by INNES, J., in Union Government (Minister of Railways) v Sykes, 1913 AD 156 at p. 173, that
"less evidence will suffice to establish a prima facie case where the matter is peculiarly within the knowledge of the opposite party than would under other circumstances be required."
But the fact that less evidence may suffice does not alter the onus which rests on the respondent in this case.”
Of daar in casu gesê kan word dat die datum van goedkeuring van
die huislening binne die besondere kennis van Respondent val is na
my mening hoogs debatteerbaar. Behalwe te meld in paragraaf 36
van die funderende eedsverklaring dat “Ek en Tweede Applikante het
op sterkte van Respondent se handelinge op optrede . . . aanvaar dat
die opskortende voorwaarde inderdaad vervul was, waarvan
Respondent uiteraard spesifieke kennis sou gehad het.”, is daar geen
bewerings gemaak deur die Applikante dat hulle pogings aangewend
het, maar nie die inligting kon bekom vanaf ENB nie. So ook is daar
geen verduideliking vanaf Me Dykman oor wanneer sy die inligting
sou kry vanaf ENB nie, of om watter rede sy in haar brief aan
Applikante sou meld dat die opskortende voorwaarde verval is nie.
Me Dykman se tweede eedsverklaring aangeheg tot Applikante se
repliserende eedsverklaring meld te paragraaf 4.3 slegs;
Ek het nooit oor enige feite beskik ten opsigte van presies welke datum ENB die lening aan Respondent goedgekeur het nie.”
8
Mnr. Van Rhyn wat namens die Respondent optree betoog, en na my mening met reg dat veral Me Dykman as oordraggewende prokureur hierdie informasie geredelik sou kon bekom of ten minste getuienis kon voorlê van pogings wat aangewend is om die inligting te bekom.
Aangesien Respondent ontken dat die huislening voor 6 Januarie 2003 goedgekeur is en beweer dat dit na sy kennis nie voor 13 Januarie 2003 goedgekeur is toe hy self daarvan in kennis gestel is deur ‘n amptenaar van ENB nie, het ons dus nie hier te doen met ‘n versuim om inligting voor die Hof te plaas of slegs ‘n blote ontkenning dat die lening voor 6 Januarie 2003 goedgekeur is nie. Daar was na my mening geen plig op die Respondent om feite voor die Hof te plaas om die Applikant se saak aan te sterk, waar die Applikant geen grondige rede aanvoer vir sy eie versuim om dit te doen nie.
In die woorde van Berman WnR (soos hy toe was) “It is proof, not
suspicion or disapproval of a litigant’s conduct, which is required to
make out a case, and a measure of proof which falls short of the
standard required to make out a prima facie case cannot be brought
up to standard by any lack of cooperation of one of the parties to the
litigation who has the advantage of exclusive knowledge of the facts”
Sien Enyati Resources Ltd and Another v Thorne NO 1984(2) 551 CPD te 563H654A.
Ek is in hierdie omstandighede nie bereid om ‘n bevinding te maak op omstandigheidsgetuienis wat in elk geval nie aanduidend is van enige kennis wat Respondent sou gehad het voor 6 Januarie 2003, die datum waarop die opskortende voorwaarde vervul moes word.
Applikante het na my mening hul dus nie gekwyt van die bewyslas dat die opskortende voorwaarde voor of op 6 Januarie 2003 vervul was nie.Die volgende been van die Applikante se argument indien die Hof
bevind dat hulle nie geslaag het om hulle van die bewyslas te kwyt
9
dat die opskortende voorwaarde betyds vervul is nie, is dat die
Respondent deur sy handelinge en stilswye onder estoppel is om te
ontken dat die opskortende voorwaarde betyds vervul is. Hiervoor
maak die Applikante staat op die Respondent se gedrag na die
datum vir vervulling van die opskortende voorwaarde.
By die nievervulling van ‘n opskortende voorwaarde val die kontrak
tussen die partye weg. Die kontrak is nietig en dus onafdwingbaar.
Geen handeling verrig deur enige party kan die kontrak in die lewe
roep nie. (Sien Basson v Remini and Another 1992(2) SA 322 NPD
te 327 BD.)
Die algemene reël wat betref estoppel versus onafdwingbare kontrakte word soos volg uiteengesit in Christie, Law of Contracts 4de uitgawe bl.455.
Not surprisingly, the general rule in these circumstances is that the plaintiff is not entitled to rely on estoppel because to do so would result in enforcing the unenforceable contract. In the conflict of principles, the principles of public policy which led the legislature or the common law to declare the contract unenforceable must prevail over those on which the doctrine of estoppel is founded, and the same applies to any other equitable defence similar to the now defunct exceptio doli. The defendant cannot be prevented from relying on the illegality or unenforceability as a defence, no matter how unfair that may be to the plaintiff.”
Uitsonderings op hierdie algemene reël sou geld waar dit teen die openbare belang is om ‘n party ‘n beroep op estoppel te ontsê. Daar is geen sprake hiervan in hierdie saak nie.
Die twee sake waarop Mnr. Olivier hom beroep ter ondersteuning van
10
sy betoog ten gunste van estoppel verskil van die omstandighede van
die saak in casu. In the sake Trust Bank of Africa Ltd v Appletime
Engineering 1981(1) SA 374 (DR CLD) sowel as Sonday v Surrey
Estate Meat Market 1983(2) 521(CPD), is beroepe op estoppel nie
uitgesluit nie, in gevalle waar die eis nie ontstaan het vanuit die
ongeldige of nietige kontrakte nie, maar uit borgstellings wat geldiglik
aangegaan is en onderteken is deur die teenparty.
Na my mening kan die Applikante hulle in die omstandighede van hierdie aangeleentheid nie beroep op estoppel nie.
Aangesien ek bevind het dat die Applikante nie op ‘n oorwig van waarskynlikhede bewys het dat die opskortende voorwaarde betyds vervul is nie, en ook nie suksesvol was met hul beroep op estoppel nie vind ek dit nie nodig om my uit te spreek oor die kwessie van rektifikasie van die kontrak (wat in elk geval in die alternatief aangevoer is deur Respondent) en die daarmee gepaardgaande feitegeskille wat dan moontlik bestaan nie.
In die omstandighede word die aansoek van die hand gewys met koste.
________________________
C.C WILLIAMS REGTER
11
Nms. Applikante : Adv. J W Olivier i.o.v. Engelsman, Benade & Van der Walt
Nms. Respondent: Adv. A J R Van Rhyn
i.o.v Haaroffs
Datum van verhoor: 20/062003
Datum van uitspraak: 14/11/2002
12