Slingervel April 2020Acker man (Kuruman), Chanté Viljoen (Bloempark), Chris topher Barnes...

20

Transcript of Slingervel April 2020Acker man (Kuruman), Chanté Viljoen (Bloempark), Chris topher Barnes...

  • 22 slingervel april 2020 slingervel april 2020

    SLINGERVEL, JAARGANG 61 Nommer 1017, April 2020

    in hierdie uitgawe ...in hierdie uitgawe ...3 Redakteursbrief4 Verjaardaghoekie8 Judas: Blokkiesraaisel10 Paulus se eerste Sendingreis11 Offers in die Ou Testament (4)12 Johannes 3: Woordsoek13 Die Rigters – 614 Die Mossie15 Paulus se eerste Sendingreis:

    oplossings16 Oplossings: Blokkiesraaisel en

    Woordsoek17 Wat kan ek lees?19 Op hierdie dag in AprilA

    s julle enige vrae het, iets wat jy nie verstaan nie, of

    oor iets wat in die Slingervel geskryf is, meer wil weet, is julle

    baie welkom om vir my 'n sms te stuur of te whatsapp na 084 551 2107, of 'n e-pos te stuur na [email protected], of 'n brief te stuur na Posbus 88, Bloemhof 2660

    REDAKTEURDr. Hennie van Wyk

    e-pos: [email protected]

    Tipografi e en uitlegJoey Fourie

    e-pos: [email protected]

    MEDEWERKERSMaryke CoetseeSusan LourensTannie TienieOom AbrahamOom Hamus

    Ruan Malherbe

    Eienaars en uitgewersDeputate vir Kerklike Tydskrifte

    Gereformeerde Kerke in Suid-AfrikaPosbus 20008, Noordbrug 2522

    DrukkersV & R Drukkery

    Tel. 012 333 [email protected]

    IntekeningAdministratiewe BuroAfdeling Publikasies

    Posbus 20008, Noordbrug 2522Tel: 018 297 3986

    IntekengeldR349,00 per jaar

    (posgeld en BTW ingesluit)R126,00 per jaar

    (elektroniese intekening)

    Die RedakteurBydraes en briewe

    Posbus 20008Noordbrug, 2522

    Jaargang 61, Nommer 1017

    April 2020

    ISSN 0037 685 X

    G G G

    Lees meer oor die mossie op bladsy 14

  • slingervel april 2020 slingervel april 2020 33

    Die redakteur skryf ...Die redakteur skryf ...Maats

    Verlede maand het oom A e ons gegroet. Ons gaan hom mis! Ons het gou iemand anders gekry wat vir ons gaan skryf oor die skepping: Hamus Bornman. Sy voorouers kom uit Duitsland. Iemand wat studeer in die wonderlike natuur wat die Here geskep het. Dankie Hamus!Met beurtkrag het ek al gewonder – wat doen mens as daar nie elektrisiteit is nie? Jy kan net jou foon of tablet gebruik tot sy ba ery pap is. Wat dan? ’n Paar jaar gelede het ek geskryf oor wat ons oupas en oumas gedoen het voor televisie, rekenaars en slimfone. Nou wonder ek: Wat het hulle in die Bybelse tyd gedoen? Ek kon twee plekke in die Bybel kry waar daar gepraat word van kinders wat speel:

    In Jesaja 11:8 word beskryf hoe kinders, as daar nie meer sonde op die aarde is nie, met slange kan speel.In Ma eus 11:16 en 17 word daar gepraat van kinders wat op markpleine speel. Ek wonder hoe hierdie speletjie was!? Dit lyk asof twee of meer groepe kinders ’n entjie uitmekaar gesit het. Een groep het dan ’n liedjie op ’n fl uit gespeel, en die ander moes reageer deur te dans as dit ’n vrolike lied was of te huil as dit ’n treurige lied was. Ek wonder as jy en jou maats dit moet speel – kan dit werk?

    Waar hulle opgrawings gedoen het van plekke wat bestaan het in die Bybelse tyd, het hulle die volgende speletjies gehad:

    Skaak! Glo dit of nie – lank voor die ballingskap het hulle dit al in Babilon gespeel. Nou nog is dit goeie oefening vir die brein.Dambord.Ludo. Hulle dobbelstene het nie soos ons sʼn gelyk nie, maar hulle het skywe gehad wat gedraai is. (Terloops: Het jy geweet dat as jy die teenoorgestelde kante van die dobbelsteen bymekaar tel, is dit altyd 7? – as dit reg gemaak is. Jy kan ook nie van 1 tot 6 kom deur elke keer die dobbelsteen net een keer te draai nie …)Poppe en pophuise.Dolosse en waentjies.

    Ken jy die speletjies? Dis heerlik – en ’n mens het nie elektrisiteit nodig nie. Hoeveel speletjies het julle in die huis wat julle kan speel as daar nie krag is nie?

    Nou ja maats – ek hoop dat julle iets goeds het om julle mee besig te hou.

    Groete! SV

  • 44 slingervel april 2020 slingervel april 2020

    verjaardaghoekieverjaardaghoekieApril het aangeland en ons is saam met ons verjaardagmaats sommer baie opgewonde oor die nuwe lewensjaar wat voorlê. Baie, baie geluk aan elkeen van julle wat in April verjaar. Mag jou 2020-verjaardag super besonders wees! Wanneer word roomys, droomys? Hmmm… Lees elders in Slingervel oor een van die wêreld se groot gunstelinge.

    As jy nog nie ingeskryf is as verjaardagmaat nie, stuur asb. vir my ʼn briefi e met jou besonderhede.

    Vonkpos: [email protected]: Posbus 1233, Noordheuwel, Krugersdorp, 1756

    Faks: 086 224 8748

    Groete, tannie Maryke Coetsee

    1 Antalya van Zyl (Wapadrant), Ayden Ken wor-thy (Centurion), Christine Visser (Krugers-dorp), Duhan Pelzer (Zeerust), Kobus van der Berg (Upington), Kristina Roodt (Laeveld), Surina Martinson (Rietvallei), Victor Helberg (Bronkhorst-spruit).

    2 Alise Venter (Stellenbosch), Amelia Jordaan (Centurion), Carla van Vuuren (Bloemhof), Cobus du Preez (Alberton-Wes), German Niemann (Potchefstroom-Oos), Juanien Loock (Kameeldrift), Louis van der Gryp (Laeveld), Margierite Snyman (Zeerust), Nico du Preez (Wapadrant), Ruan Scha-lekamp (Pretoria-Brooklyn).

    3 Andreas Muller (Wapadrant), Andries Aucamp (Wapadrant), Caro Reynecke (Rooihuiskraal),

    Cathy Schoeman (Klerksdorp), Esmarie Coetzee (Pre toria-Magalieskruin), Gerhardu Lourens (Frank fort), Hans Pretorius (Kameeldrift), Hanu du Preez (Pretoria-Magalieskruin), Kemieke Derwig (Mos sel baai), Mike van Niekerk (Koster), Reghard Byls ma (Kathu), Viviers Lavender (Ermelo), Zanél Venter (Stellenbosch), Zavier Stoltz (Bloempark), Zoe lien van Noordwyk (Kuruman).

    4 Aiden Dodd (Wapadrant), Alisa van der Walt (Rietvallei), Anusca van der Walt (Kameeldrift), Arno Steyn (Rietvallei), Bernard Maritz (Centurion), Blake Truter (Waterkloofrand), Cara Broodryk (Riet-vallei), Chris Mostert (Reitz), Danita van der Walt (Rietvallei), Henco de Jonge (Wapadrant), Jacques Jacobs (Wapadrant), Janina Schutte (Krugersdorp-Wes), JJ van den Berg (Messina), Johan Loots

  • slingervel april 2020 slingervel april 2020 55

    (Bloempark), Johmar Wolmarans (Pietersburg), Lia-ne van der Walt (Rietvallei), Loutjie Erasmus (Dui-ne veld), Milan Bakker (Pretoria-Brooklyn), Roe lof Taljaard (Magol), Rueben Beer (Pretoria-Ma ga lies-kruin).

    5 Amje Holtzhausen (Lydenburg), David Passet ti (Zeerust), Francois Buys (Oos-Moot), Gri zel da Janse van Rensburg (Potchefstroom-Oos), Hein-rich Keyser (Waterkloofrand), Hermien Conradie (Stellenbosch), Jacques van der Merwe (Magol), Llewellyn Brecher (Rooihuiskraal), Lourens Delaport (Duineveld), Luan Holtzhausen (Lydenburg), Luan van Niekerk (Centurion), Lucas van der Mescht (Rooihuiskraal), Marcelle van der Merwe (Kaapstad), Miné Aucamp (Bloemfontein-Noord), Nicolaas Oudts hoorn (Paarl), Olivia Michler (Paarl), Sorika van Jaarsveld (Rietvallei), Wilco Olivier (Centurion), Zandri Janse van Rensburg (Potchefstroom-Oos).

    6 Adriaan Venter (Pretoria-Brooklyn), Alida de Bruin (Rietvallei), Anecke Coetzer (Potchefstroom Die Bult), Charlien Gordon (Bloempark), Garrick Knoetze (Vaalpark), Gideon van Biljon (Centurion), Jan-Willem Silvis (Kaapstad), Jayden van Seventer (Centurion), Kato Jacobsz (Gobabis), Luan Fouché (Pretoria-Magalieskruin), Lourine van Essen (Meyers park), Marghite Vermooten (Wapadrant), Wan dre Holtzhausen (Rietvallei), Zaiden Williams (Berg bron).

    7 Adrianè Venter (Bultfontein), Alana van Helden (Brackenhof), Albert Jacobs (Centurion), Alexan der Swart (Windhoek-Suid), Anica van der Zwaard (Bloemfontein-Suid), Arista Engelbrecht (Wil ro park), Carli Janse van Rensburg (Frankfort), Daniël de Beer (Middelburg Mpumalanga), Hanru van Heyningen (Stellenbosch), Jana Erwee (Mes-sina), Jessica du Plessis (Krokodilrivier), Johannes Doman (Kuruman), JP van Niekerk (Potchefstroom-Oos), Kobus Cilliers (Paarl), Leah Malan (Wilropark), Leoné Maré (Wapadrant), Lize Steenkamp (Riet-vallei), Lize ’t Hart (Pretoria-Brooklyn), Michael Schut te (Rietvallei), Stephan Swanepoel (Wapad-rant), Werner Labuschagne (Warmbad).

    8 Ally van Dyk (Wapadrant), Daniel Pienaar (Vaal park), Eben Prinsloo (Wapadrant), Elri Enslin (Oos-Moot), Jacobus Grobbelaar (Upington), JD Steyn (Centurion), Louhan Smuts (Pretoria-Mon ta napoort), Marlè Burger (Windhoek-Suid), Niel du Plessis (Warmbad), Niel Terblanche (Wa pad-rant), Rene Nieuwoudt (Kuruman), Tané Maré (Ka-

    meeldrift), Tersius Esterhuizen (Rietvallei), Vaughn Cook (Lichtenburg).

    9 Daniël du Plessis (Rietvallei), Eliz-Marie Au-camp (Magol), Elzemari Ras (Lichtenburg), HT Pretorius (Postmasburg), Hugo Havinga (Wa-pad rant), Ian Meijer (Oos-Moot), Janka Ströh (Be-noni), Linè van Rooyen (Lyttelton), Marko Venter (Krugersdorp), Mia van Straaten (Lichtenburg), Rüardt Kok (Potchefstroom Die Bult), Scarlet Fair-banks (Rietvallei).

    10 Adriaan du Plessis (Laeveld), Adriaan Viljoen (Rietvallei), AJ Willemse (Wapadrant), Ankie Venter (Kathu), Anna Sophia Prinsloo (Centurion), Annemay Fogwill (Waterkloofrand), Bertus Myburgh (Rooihuiskraal), Carli Venter (Kuruman), Deidre Hechter (Vaalpark), Edrich Hutcheons (Bloempark), Heinrich Hutcheons (Bloempark), Isak van Biljon (Rietvallei), Katelynn Scholtz (Kathu), Kian Olivier (Vaalpark), Kristin Schutte (Krugersdorp), Lisa Huy-samen (Rietvallei), Lizaan van Heerden (Burgers-dorp), Maritz Grönum (Strand), Mia Poolman (Ka-thu), Nico Verhoef (Wapadrant), Prieur Otto (Bloem-fontein-Noord), Tinah van Tonder (Benoni).

    11 Aléna Troskie (Pretoria-Magalieskruin), Carel Albertyn (Wapadrant), Carmi van der Walt (Potchefstroom Die Bult), Dewald Willer (Veree-ni ging), FC Lourens (Frankfort), Francois Nel (Pie ters burg), George Harris (Benoni), Hanlie Mosca (Centurion), Hein du Preez (Pretoria-Mon-tanapoort), Hesti Gerber (Bellville), Jacobus Lou-rens (Bloempark), Jan-Hendrik van der Walt (Klerks-dorp), Katrien Maree (Lydenburg), Kyle Hefer (Wa padrant), Luze Barnard (Heilbron), Mia Steyn (Noordrand), Tiff any van Rooyen (Heilbron).

    12 Adelyn van den Berg (Rietvallei), Anroné Kru-ger (Hartbeespoort), Calista Theodorellis (Wa-padrant), Casper Fouché (Port Elizabeth), Eloise de Nysschen (Pietersburg), Hanri Hermann (Totiusdal), Hendrik Briel (Lyttelton), JJ Pretorius (Frankfort), Katryn Louw (Wapadrant), Lenize Cook (Lichtenburg), Lize-Mari van den Berg (Alberton-Wes), McKenzie Coetzee (Aliwal-Noord), Mia Pretorius (Pretoria-Brooklyn), Miané Coetzee (Kathu), Mieke-Marié Gro vé (Wapadrant), PW Lourens (Pietersburg), Ste phanie Steyn (Potchefstroom Die Bult), Zené van Wyk (Hartbeespoort).

    13 Almé Marx (Burgersdorp), Amarey Ströh (Vaal-park), Angelique Venter (Hermanus), Anja

  • 66 slingervel april 2020 slingervel april 2020

    Lamprecht (Frankfort), Christiaan de Waal (Bellville), Danique Taljaard (Gobabis (Ghanzi)), Debora Daling (Bellville), Esias Cronje (Frankfort), Gerrit Born (Strand), Hanco Hertzog (Pretoria-Montanapoort), Helene van Heerden (Lyttelton), Jarco Erasmus (Hart beespoort), Kara Breytenbach (Wapadrant), Karli du Plessis (Nylstroom), Lericia Erasmus (Hart-beespoort), Neil Vermaak (Wapadrant), Rubè Berry (Rietvallei), Ruby Rossouw (Nylstroom), SJ Verhoef (Wapadrant), Sumarie van der Merwe (Wapadrant), Stiaan Uys (Lyttelton).

    14 Anna-Marie van der Dussen (Centurion), Ben-Phillip Holtzhausen (Rietvallei), Carl Acker man (Kuruman), Chanté Viljoen (Bloempark), Chris topher Barnes (Laeveld), CJ Pretorius (Na-boom spruit), Esmiralda Viljoen (Middelburg Mpu-ma langa), Juantes Fourie (Welkom), Konia van der Walt (Potchefstroom Die Bult), Leia Venter (Her manus), Luke Temple (Wapadrant), Mannes Nije boer (Bellville), Migael Pienaar (Wapadrant), Sebastian Kritzinger (Hartbeespoort), Xander Maré (Pietersburg).

    15 Amé van Wyk (Centurion), Anne-Lee Wood (Oos-Moot), Bertus Willering (Oos-Moot), Car-lien van Krieken (Boksburg), CJ Muller (Wapad-rant), Franco du Plessis (Rietvallei), Hanri Styger (Wapadrant), Jaco Groothof (Nylstroom), Jan-Hen-drik Koch (Centurion), Janemé Jordaan (Vaalpark), Jeanetta van der Walt (Bloemfontein-Suid), Linelldi Minnie (Welkom), Melandri de Beer (Rustenburg), Nina Kleynhans (Rietvallei), Simoné Kotze (Frank-fort), Stefan le Roux (Waterkloofrand), Xander Aden-dorff (Middelburg Mpumalanga).

    16 Anneline Snyman (Pretoria-Brooklyn), Devoux Kruger (Kameeldrift), George Steenkamp (Pretoria-Brooklyn), Ivan van Zyl (Wolmaransstad), Jacobus Schieke (Lyttelton), Jack Enslin (Bronkhorst-spruit), Jeanné de Jager (Klerksdorp), Ludwig Fasen (Krugersdorp), Nuschka Pretorius (Vereeniging), Renschie Engelbrecht (Laeveld), Schalk de Vos (Pot chefstroom-Oos), Stiaan Troskie (Pretoria-Ma-ga lies kruin), Wiandi Rheeders (Centurion), Wihan Jacobsz (Laeveld).

    17 Aidan Furter (Pretoria-Brooklyn), Bernard van der Berg (Upington), Ciyanka de Wit (Klerks-dorp), Divan van Rooy (Wapadrant), Edmar Andrew (Hermanus), Emma le Roux (Lydenburg), IW Ferreira (Wapadrant), Karel Aucamp (Wapadrant), Lané Janse van Rensburg (Bellville), Lara Labuschagne (Lyttelton), Liam van der Walt (Frankfort), Liané Ven-

    ter (Pietersburg), Mia Janse van Vuuren (Pretoria-Magalieskruin), Mieke Crossberg (Messina), Mieke Opperman (Rietvallei), Miné Lourens (Windhoek-Suid), Nina van der Walt (Waterkloofrand).

    18 Adriaan Douglas (Mosselbaai), Anke Meyer (Frankfort), HW Breedt (Wapadrant), Izak Pretorius (Lichtenburg), Johadrie Steenkamp (Wind-hoek-Suid), Johan van Jaarsveld (Potchefstroom-Oos), Kaylee Stonestreet (Kathu), Lily Andrews (Pre toria-Magalieskruin), Marco Prins (Noordrand), Regardt Snyman (Naboomspruit), René Breytenbach (Wapadrant), Robbie Erasmus (Duineveld), Rykers van Rooyen (Lyttelton), Xander du Plessis (Lae-veld).

    19 Adriaan de Beer (Rustenburg), Anke Nijeboer (Bellville), Annabella Venter (Pretoria-Brook-lyn), Annemie Zylstra (George), Annerie Kruger (Potchefstroom Die Bult), Danielle Olivier (Strand), Heinrich Temmerman (Wapadrant), Isabelle Naude (Rietvallei), Jacobus Roelofse (Olifantshoek), Janke Kruger (Potchefstroom Die Bult), Johan Kotze (Bultfontein), Lianke Heystek (Hartbeespoort), Lize-Marie Nel (Reddersburg), Mia Peens (Oos-Moot), Mia Watson (Mosselbaai), Mieke de Beer (Na-boomspruit), MJ Scholtemeyer (Bloemhof), Owen le Grand (Totiusdal), Schalk Heymans (Water kloof-rand), Sheniqué Erasmus (Lydenburg), Zoë van Kaam (Benoni).

    20 Chanell Retief (Nylstroom), Christoff Klopper (Centurion), DJ Venter (Wapadrant), Esri de Beer (Wapadrant), Gerhard van Wyk (Rustenburg), Isabella de Wet (Totiusdal), Jana van der Walt (Ka-meeldrift), Jandré de Nysschen (Pietersburg), Karla Ligthelm (Port Elizabeth), Liané de Klerk (Wil ro-park), Max Baresel-Bofi nger (Kaapstad), Ruan de Souza (Centurion), Ruan van der Molen (Krugers-dorp), Stefan Marx (Nylstroom), Suzanne de Beer (Stel lenbosch).

    21 Annené van Zyl (Benoni), Hanno Venter (Pot-chefstroom Die Bult), Ilze van Heerden (Bur-gersdorp), Kyla de Waal (Frankfort), Lieze Venter (Rooihuiskraal), Nelia Myburg (Bloemfontein-Suid), Samuel van Leeuwen (Durban-Noord), Taylin Rey-necke (Rooihuiskraal).

    22 Adéle Smith (Waterkloofrand), AJ van der Walt (Rustenburg), Bella Furter (Pretoria-Brooklyn), Carla Prinsloo (Wapadrant), CJ Viljoen (Wapadrant), Helena Seidel (Middelburg Mpumalanga), Josua Steyn (Pretoria-Brooklyn), Kevin Jansen van Vuuren

  • slingervel april 2020 slingervel april 2020 77

    (Hartbeespoort), Leo Engelbrecht (Heilbron), Lisa van Straaten (Lichtenburg), Lize Ras (Lichtenburg), Lize-Mari Joubert (Krugersdorp), Lumé Smith (Wa-padrant), Magdaleen Cronjé (Hermanus), Shanré Fouché (Hartbeespoort).

    23 Alex Klopper (Bloemfontein-Noord), Annabelle Groenewald (Centurion), Conrad Ehlers (Wa-padrant), Davin Mitchell (Vaalpark), Elbert Ester-huizen (Kuruman), Gert Esterhuizen (Kuruman), JP Muller (Messina), June Esterhuizen (Kuruman), Kayla van Schalkwyk (Rietvallei), Kobus Cronje (Stellenbosch), Leah de Wet (Krokodilrivier), Lisa Bester (Noordrand), Mekayla Grobler (Krokodilrivier), Mieckè Jansen van Rensburg (Rooihuiskraal), Ni-cole Marais (Pretoria-Magalieskruin), Petronel Cron-jé (Hermanus), Stephan Klopper (Wilropark).

    24 Aiden Rheeder (Rietvallei), Anje-Mart Goe-de (Pretoria-Magalieskruin), Clarissa Weltha-gen (Wapadrant), Dave Harman (Zeerust), De Wet Hoogendyk (Pietersburg), Denise Heyns (Bloem-fontein-Suid), Eune Pohl (Laeveld), Heinrich Venter (Potchefstroom Die Bult), Hendré Ehlers (Rietvallei), Henrico Silvis (Centurion), Irma Ungerer (Vaalpark), Isabella Aucamp (Lydenburg), Kailah du Plessis (Pretoria-Brooklyn), Leah Vermaak (Wapadrant), Lia-Tüné Kok (Potchefstroom Die Bult), Limari Immelman (Bloempark), Nicoleen Moatshe (Warmbad), Pieter Viljoen (Lichtenburg), Timothy de Vries (Pretoria-Ma galieskruin), Wilme Booysen (Gobabis), Zelmari Swanepoel (Magol).

    25 Adriaan du Toit (Lichtenburg), Christiaan van den Heever (Gobabis), Hendrik Venter (Bloem park), Izanne Roos (Wapadrant), Janco Aucamp (Bloemfontein-Noord), Jacques van Niekerk (Wapadrant), Janlu van der Merwe (Olifantshoek), Johané van Zyl (Koster), Logan Schutte (Kathu), Maryna du Toit (Lichtenburg), Mechiel du Toit (Lich-tenburg), Minette Labuschagne (Pretoria-Maga-lieskruin), Neil Diedericks (Kuruman), Nica de Beer (Bloemfontein-Noord), Pierre Holtzhausen (Heil-bron), Rochelle Volschenk (Laeveld), Rupert Eras-mus (Strand), Sion Pretorius (Centurion).

    26 Denieke Pretorius (Vaalpark), Edith van der Walt (Wapadrant), Ferdinand Vermooten (Wa pad rant), GW Erasmus (Reddersburg), Ineke Breedt (Ermelo), Iné de Wet (Wapadrant), Iné Duve-nage (Wapadrant), Liané Verhoef (Oos-Moot), Mari van Reenen (Oos-Moot), Meyer-André Klopper (Potchefstroom Die Bult), Mias Vosloo (Bergbron), Nina Bron (Oos-Moot), Nina-Marí Rossouw

    (Bracken hof), Ruan Taljaard (Magol), SJ Williams (Bergbron), Tyla Ann Wasmuth (Welkom), Zanne Buys (Hermanus).

    27 Bernu Olivier (Wilropark), Daniël Muller (Riet-vallei), Francois du Toit (Krugersdorp), Gerald Smit (Vaalpark), Hanna van der Merwe (Lyttelton), Johannes Bergh (Gobabis), Madelein Pretorius (Rus tenburg).

    28 Kate Pike (Rietvallei), Larisa du Preez (Kos-ter), Liané Voogt (Lyttelton), Niek Labuschag-ne (Pretoria-Magalieskruin), Noah Rhodes (Warm-bad), Philip Kruger (Wapadrant), Pieter Kruger (Bloem fontein-Suid), Zandre Vorster (Bloempark).

    29 Chrizette Coetzer (Wapadrant), Delaney Fer-reira (Warmbad), Emma du Plooy (Pot chef-stroom-Oos), Emmerie Coetzer (Wapadrant), Estiaan Herholdt (Lydenburg), Karli Kruger (Wapadrant), Kobus Strauss (Vryheid), Lanelle Fouché (Port Eliza-beth), Leah Ackerman (Kuruman), Leben Marais (Pretoria-Montanapoort), Marli de Beer (Rietvallei), Mia Roos (Upington), Niek Badenhorst (Kathu), Re-naldo du Plessis (Bronkhorstspruit), Suzanne van der Linde (Warmbad).

    30 Adelia Schonken (Laeveld), Andreas Swa-ne poel (Christiana), Annique van Wijk (Pre-toria-Magalieskruin), Cameron Kotze (Welkom), Edine Grimbeek (Hartbeespoort), Ethan Rossouw (Bethal), Gideon Markram (Lyttelton), Hannes Loots (Bellville), Jacobus Pohl (Lyttelton), Janko du Plessis (Hartbeespoort), Joané van der Linde (Lyden burg), Josua Markram (Lyttelton), Louis van Wyk (Wapadrant), Marko Moraal (Wapadrant), Mar lionet Fourie (Krokodilrivier), Noah Diedericks (Kuruman), Sebastian Roux (Wapadrant), TG van Wyk (Wapadrant).

  • 88 slingervel april 2020 slingervel april 2020

    JUDAS: blokkiesraaiselMaatsHierdie is die tweedelaaste boek van die Bybel. Het jy al die boek Judas gelees? Dis miskien bietjie moeilik, maar dis vol leersame dinge.

    oplossing op bladsy 16

  • slingervel april 2020 slingervel april 2020 99

    AFMigael het met hom gestry oor die 1. liggaam van Moses. (6)Judas se bede dat dit aan sy leser in 2. oorvloed geskenk word. (14)Dit behoort aan ons Here Jesus 3. Christus. (9)Hy was die sewende geslag na 4. Adam. (5)Dit behoort aan ons Here Jesus 5. Christus. (4)Migael se posisie. (10)6. Hy het in opstand gekom. (5)8. Hierdie stad het onsedelike dade 11. gepleeg. (7)Mense sien dít en dan bevlek hulle 13. hul eie liggame. (12)So lank brand die vuur van straf. (4)16. Judas se bede dat dit aan sy leser in 17. oorvloed geskenk word. (6)Die ongelowiges doen dit met die 18. genade van God. (8)Goddelose mense sê sulke dinge om 20. vir hulleself voordeel te kry. (8)Bid om hierdie geloof te bou. (14)21. Judas was van plan om hieroor te 22. skryf. (10)Dit behoort aan ons Here Jesus 24. Christus. (3)Die Here het sy volk uit hierdie land 26. verlos. (6)Doen dit met mense wat twyfel. (7)27. Hulle het geleer dat daar goddelose 29. mense sal kom. (8)Judas spoor hulle aan om hiervoor te 30. stry. (6)Red mense deur hulle hieruit te ruk. 31. (4)

    DWARSDie Here kom met soveel engele en 1. Hy sal oordeel. (8)Hy het bedrog vir geld gepleeg. (6)2. Dit behoort aan ons Here Jesus 7. Christus. (11)Hierdie stad het onsedelike dade 9. gepleeg. (5)Hulle het hulle nie gehou in die 10. magsgebied nie. (6)Hy het die verkeerde pad geloop. (4)12. Judas se bede dat dit aan sy leser in 14. oorvloed geskenk word. (5)Soos hierdie diere is mense met 15. natuurlike drange. (12)God is mag g om julle hiervan te 19. bewaar. (11)Dit word besoedel deur mense se 23. skaamtelose uitspa ghede. (14)Judas se verhouding met Jesus. (7)25. Dit het gebeur met die Israeliete wat 27. nie in die Here geglo het nie. (5)Hieroor is die goddelose mense 28. ontevrede. (3)Die goddelose doen dit met ons 31. Meester. (7)God bind die ongehoorsame engele 32. met hierdie ke ng. (11)Jakobus se broer. (5)33. Só het sekere mense in die 34. gemeente ingesluip. (8)So praat die mense oor dinge 35. waarvan hulle niks weet nie. (9)

    “Julle, geliefdes, moet egter voortgaan om julle lewe te bou op julle allerheiligste geloof. Bid altyd deur die krag van die Heilige Gees. Bly in die liefde van God. Vestig steeds julle verwagting op die barmhartigheid van ons Here Jesus Christus wat die ewige lewe aan julle sal gee.”

    – Judas:20, 21

  • 1010 slingervel april 2020 slingervel april 2020

    Paulus se eerste Sendingreis Paulus se eerste sendingreis word beskryf in Handelinge 13 en 14. Hy is deur Barnabas vergesel. Ons reis saam met hulle tot by Derbe. (Die oplossings is op bladsy 15.)

  • slingervel april 2020 slingervel april 2020 1111

    Oom Abraham

    Offers in die Ou Testament (4)

    Die MaaltydofferDie Maaltydoff er is die derde off er waarvan ons in Levitikus lees (Lev. 3). Dit was die off er wat die Israeliete die meeste gebring het.

    Jy kon die off er bring as jy vir die Here wil dankie sê (Lev. 7:12-15) vir goeie dinge wat Hy in jou lewe laat gebeur het. Dan is dit ’n dankoff er genoem en jy moet al die off ervleis op dieselfde dag opeet. Daar mag niks oorbly tot die volgende dag nie (Lev. 7:15). Ook as jy ’n gelofte nakom (Lev. 7:16) kon jy ’n Maaltydoff er aan die Here bring. Dan word dit ’n gelofte-off er genoem. Jy mag nog die dag ná die off er van die vleis eet, maar dan moet dit wat oorbly, verbrand word (Lev. 7:17).

    Die Maaltydoff er was ’n vrywillige off er. Jy kon self besluit wanneer en waarvoor jy die off er aan die Here wil bring.

    Wat is geoff er?Die Israeliete kon ’n bul of ’n koei en ’n ram of ’n ooi off er – dis nou ’n skaapram of skaapooi of ook ’n bokram of bokooi. Maar die dier wat geoff er word, mag nie gebreklik wees nie. Mens gee mos die beste wat jy het vir die Here!

    Die een wat die off er bring, moes die dier na die ingang van die tent van ontmoeting bring, sy hand op die dier se kop sit en dit daar slag. Die priester vang die bloed op en gooi dit onder teen die altaar uit.

    Wat word met die off erdier gedoen?Die een wat die off er bring, mag die grootste deel van die off erdier vir homself vat! Maar hy moet dit daar by die tent van ontmoeting opeet. Hy mag niks huis toe vat nie. Hy moet ook sy kinders en familie en die Leviete nooi om saam te eet. Eers moet hy die Here se deel van die Maaltydoff er afsny en vir die priester gee. Die Here se deel is al die vet aan die binnegoed, die niere met hulle

    vet en die punt van die lewer. Die priester vat die Here se deel en sit dit bo op die brandoff er – op die brandoff eraltaar. Dit moet daar verbrand word! Dit word genoem: ’n vuuroff er wat lekker ruik vir die Here.

    Maar die hoëpriester moet ook ’n deel van die off er kry! Die man wat die off er bring, moet die vet van die bors saam met die bors afsny en dit na die altaar toe bring. Daar moet hy dit heen en weer beweeg. Dit word ’n beweegoff er genoem (Lev. 7:30-31). Die vet word weer op die altaar verbrand, maar die bors moet vir die hoëpriester gegee word.

    Die ander priesters moes ook ’n deel van die off erdier kry. Die man wat die off er bring, moes die regterboud van die off erdier afsny en dit vir die priester gee wat die vet op die altaar verbrand het (Lev. 7:32-33).

    Wat beteken die Maaltydoff er?’n Ander naam vir die Maaltydoff er is ’n Vrede-off er. En dit sê wat die off er beteken het.

    Wanneer ’n Israeliet die off er bring, het hy daarmee gesê dat daar vrede tussen hom en die Here is. Hy het nie die off er gebring om vrede met die Here te maak nie. Hy het die off er gebring omdat daar reeds vrede tussen hom en die Here is. Daarom het hy eintlik net vir die Here kom dankie sê omdat die Here hom nie straf nie!

    Ons bring nie meer Maaltydoff ers nie, maats. Ons Here Jesus is ons Maaltydoff er, want Hy het vir altyd vrede tussen ons en God (Rom. 5:1) gebring. Daarvoor is Hy aan die kruis “geslag”. Daarom moet ons met ons hele lewe vir Hom dankie sê vir al die goeie dinge wat hy vir ons gee!

    Tot volgende keer, maats. Dan praat ons oor die Sondeoff er. SV

  • 1212 slingervel april 2020 slingervel april 2020

    Johannes 3: Woordsoek

    oplossing op bladsy 16

    AARDSEDISSIPELS

    DUISTERNISGEES

    GETUIENISHEMELISRAELJESUS

    JOHANNESJUDEA

    KONINKRYKLEERMEESTER

    LIEFGEHADNIKODEMUS

    SALIMSEUN

    SKEIDINGSLANG

    VERLOREVEROORDEEL

    WAARHEIDWOESTYN

    WÊRELD

    Soek die woorde wat horisontaal, ver kaal en skuins versteek is – hulle kan ook van agter geskryf wees! Wanneer jy al 23 gevind het, skryf die ongebruikte le ers in die spasies hieronder. Dit sal 'n boodskap uit Johannes 3 onthul.

    __ __ __ __ __ __ __ __ __ __ __ __ __ __ __ __ __ __ __ __ __ __ __ __ __ __

    __ __ __ __ __ __ __ __ __ __ __ __ __ __ __ __ __ __ __ __ __ __ __

    __ __ __, __ __ __ __ __ __ __ __ __ __ __ __ __ __ __ __ __ __ __,

    __ __ __ __ __ __ __ __ __ __ __ __ __ __ __ __ __ __ __ __ __ __ __ __

    __ __ __ __ __ __ __ __ __ __ __ __ __ __ __ __ __

    Ruan Malherbe

  • slingervel april 2020 slingervel april 2020 1313

    Rigters 6 Tannie Tienie Lew

    is M

    aats adat Josua die volk in die Beloofde Land ingelei het, is die land verdeel tussen die 12 stamm

    e. Wanneer alles afgehandel is, praat Josua m

    et die volk en vertel hulle dat die regte ding om

    te doen, is om die Here te dien. Die Here stel nie ’n nuw

    e leier of koning aan nie. Die stam van Levi m

    oet aan die volk vertel hoe hulle die Here m

    oet dien. Dit het nie gebeur nie – en so kry ons in die boek Rigters die volgende patroon: Vandag kyk ons na Jefta

    JJefta Rigters 10-12

    N Die volk is ongehoorsaam

    Die Here stuur ’n verdrukker en die volk kry

    swaar

    Die rigter

    gverlos

    Volk vra die Here se hulp

    Die Here

    stuur ’n rigter

    Vrede

    Die volk is ongehoorsaam

    . Hulle aanbid

    die Baäls, Astartes en

    gode van Sidon, M

    oab, Am

    mon en die

    Filistyne Die Here gee die

    volk oor in die mag

    van die Amoriete,

    Amm

    oniete en Filistyne. Hulle w

    ord 18 jaar verdruk

    Jefta onderhandel met die Am

    moniete

    om w

    eg te trek en beroep hom op God

    om hulle te help en onderhandel ook

    met God dat as hulle die oorlog w

    en, die eerste persoon w

    at hom ná sy

    terugkeer by die huis hom tegem

    oet loop, aan God geoffer sal w

    ord. Hy het onnodig m

    et God onderhandel, want

    God sou dat die Israeliete die Am

    moniete oorw

    in. Met sy terugkeer

    kom sy enigste dogter hom

    tegemoet.

    Hy moet sy belofte aan God nakom

    , m

    aar sy dogter versoek hom en vra

    grasie vir twee m

    aande. Sy trou nooit.a it.

    Volk vra die Here se hulp

    Die Here stuur Jefta, seun van Gilead, en sy m

    a was ’n

    prostituut. Sy familie

    verwerp hom

    en hy mag

    nie erf nie. Hy is ’n goeie soldaat. Hy rig vir 6 jaar.

    Vrede

  • 1414 slingervel april 2020 slingervel april 2020

    (Met erkenning aan dr. Werner Gi : Wenn Tiere reden könnten)

    Maats

    My naam is Mossie. Ek is maar ’n ou vaal voëltjie, maar ek is belangrik genoeg dat ek genoem word in Psalm 84. Ek is geskep om te vlieg, vlieg en vlieg!

    Nou hoor ek nou die dag iemand sê dat ons voëls van di nosourusse afstam. Maar ek verstaan dit glad nie! Hulle was sulke groot en swaar diere! Hulle sê ons voëls is familie van die rep ele! Dink jy ek en die krokodil kan neefs wees? Ek dink nie so nie. Kom ek vertel jou hoekom ek so sê:

    In die eerste plek is my geraamte hol. Ja, geen murg in my pype nie – want murg is swaar. Vra maar vir Krokodil. My geraamte moet lig wees, anders kan ek nie vlieg nie. Kyk na my mates: as my vlerke uitgesprei is, is dit 20 cm van punt tot punt, en van my snawel tot die punt van my stert is ek 15 cm. En wat weeg ek? 12 gram. Weet jy hoe swaar is dit? Bietjie meer as 2 teelepeltjies suiker! My vere weeg dan meer as my geraamte!

    Nog ’n ding. Ek het ’n gaatjie deur my bo-arm, met ’n spier tjie daardeur – sodat ek my vlerke kan oplig om te vlieg. Nie ’n enkele rep el het so iets nie! Nou wonder ek wie het die gaatjie deurgeboor? Nee, ek kan nie van ’n dinosourus afstam nie – ek is so geskep!

    Weet jy hoe groot is my hartjie? Kleiner as jou vingerpunt! Jou hart klop so 80 keer ’n minuut – myne? As ek skrik en wegvlieg, oor die 700 keer per minuut! Geen mens of rep el se hart kan dit hou nie! Ons voëls s’n kan!

    Weet jy hoe goed het God ons ogies gemaak? As ek ’n klein goggatjie van die telefoondraad af kan raaksien, is dit selfde of jy ’n muis aan die anderkant van ’n rugby-veld kan raaksien. My ogies moet so goed kan sien – waar gaan ek anders kossies kry?

    O ja, en ek het nie ’n blaas nie. Water in ’n blaas sou te swaar wees vir my om te kan opstyg as ek moet vlieg. Die Here het my so geskep dat dit saam met die mis uit-kom. Kyk maar na die wit deeltjie in ons bolletjies.

    Ai, en my beentjies en voete is net so wonderlik geskep! My toontjies maak dat ek op ’n dun takkie kan sit, en as ek hurk, maak die toontjies self toe! Dit maak dat ek kan slaap sonder om af te val. As ek opstaan, is ek dan sommer reg om te vlieg – dit skiet my as’t ware in die lug op – nogal handig as iets my wil vang!

    Ek is ook baie akroba es. Ek het nie handjies soos jy om my mee te was en te krap waar dit jeuk nie, maar ek kan met my snawel lekker my ruggie krap. Jy kan dit nie doen nie! Staan bietjie op jou een beentjie en krap jou rug met jou neus …

    Het jy al ooit gewonder waarom voëls eiers lê? Dis een van die Skepper se geniale idees! Dit werk so: as die eier-tjie in die mamma-mossie ontwikkel, is dit nogal swaar vir haar lyfi e. Sy sou nie kon vlieg met daardie gewig nie. Sy lê die eiertjie in die nessie, en dan eers ontwikkel die tweede eiertjie. Die volgende dag lê sy eiertjie nommer 2. Nog ’n dag, dan eiertjie nommer 3. Sommige voëltjies lê nog ’n vierde eiertjie. Dan die wonderwerk! Binne in elke eiertjie het die Here ’n klein tydskakelaartjie inge-bou! Mamma-mossie broei die eiertjies uit, en eiertjie nommer 1 broei op presies dieselfde uur uit as eiertjie 2, 3 en 4! Die rede is logies: almal kry ewe veel kossies wat pappa en mamma mossie aandra, en groei ewe vinnig. Waar julle kindertjies tot 18 jaar vat om julle nessies te verlaat, is ons mossies so binne ’n maand groot en uit die huis uit.

    As jy my weer op die stoep of in die parkie sien – kyk mooi. Ek is nie ’n akkedis of slang of klein krokodilletjie nie – nee, op die vyfde skeppingsdag het God gesê: “Laat daar voëls wees!” en duisende van ons was in ’n oomblik daar om ons werk op die aarde vir Hom te doen! SV

    Hamus Bornman

    God is die Skepper!

    Die mossie

  • slingervel april 2020 slingervel april 2020 1515

    Paulus se eerste Sendingreis: oplossings Paulus se eerste sendingreis word beskryf in Handelinge 13 en 14. Hy is deur Barnabas vergesel. Ons reis saam met hulle tot by Derbe.

  • 1616 slingervel april 2020 slingervel april 2020

    G O D H E T D I E W Ê R E L D S O L I E F G E H A D

    D A T H Y S Y E N I G S T E S E U N G E G E E

    H E T, S O D A T D I É W A T I N H O M G L O,

    N I E V E R L O R E S A L G A A N N I E M A A R

    D I E E W I G E L E W E S A L H Ê

    oplossing: blokkiesraaisel Judas

    oplossing: woordsoek

    Johannes 3

    verst kte boodskap

  • slingervel april 2020 slingervel april 2020 1717

    Tannie Susan

    Wat kan ek l s?Dr. Seuss (ook illus.). 2019. Kan ek vir my ’n troeteldier kry? Uit Engels vertaal deur Phi lip de Vos. Pretoria: Protea Boekhuis. Prys: R150,00. ISBN: 978-1-4853-1076-1.

    Len en haar boetie het toe stemming om vir hulle ’n troe teldier by die troeteldierwinkel te gaan

    koop – maar net één! En dit is ’n geweldige probleem! Hoe kan ’n mens ’n keuse maak uit so ’n kosbare versameling troeteldiere?

    Indien die tweetjies hulle sin kon kry, sou hulle graag klomp diere wou kies: ’n hond, ’n katjie, ’n voël en ’n hasie. Maar wat dan van ’n vissie of ’n an der dierasie – of dalk ’n harige Jent!

    Hierdie kostelike boek in rymverse met dr. Seuss se humoristiese illustrasies, sal kinderharte op ge-wonde maak en ouers met heimwee laat terugdink aan hulle eie troeteldiere.

    Wat het Len en haar boetie toe gekies? Dit blyk ’n baie goed bewaarde geheim te wees!

    De Vos, Philip. 2019. Karnaval van die diere. 2e uitgawe. Illustrasies deur Piet Grobler. Pretoria: Protea Boekhuis. Prys: R180,00. ISBN: 978-1-4853-0850-8.

    Op die agterblad van hier die kosbare verse boek staan die vol gende: “Maak jou reg vir die kar naval // met versies wat sing // en prentjies wat dans // en als op die maat // van musiek van Saint-Saëns.”

    Die prettige rympies en illustrasies in hierdie boek is deur Camille Saint-Saëns se “Karnaval van die diere” geïnspireer. Verse en illustrasies vul mekaar pragtig aan. Die verse is vol humor, getuig van skerp waarneming en is speels maar keurig – daarom sal dit by oud en jonk aanklank vind.

    Die vloeiende beweging van die verse vind weer-

    klank in die illustrasies wat ook die musiek se gol-wende lyne en pieke subtiel uitbeeld. Kinders sal die verse en illustrasies oor olifante, kangaroes, visse, donkies, leeus, skilpaaie en ander diere prettig vind en dit baie geniet.

    By die lees van hierdie pragtige verseboekie, voel ’n mens ’n dringendheid om gelyktydig ook na die musiek te luister vir ’n heerlike, bevredigende sin-tuiglike ervaring.

    Die eerste uitgawe van hierdie verseboek is in En gels, Duits, Italiaans en Nederlands vertaal.

    Cowell, Cressida (ook illus.). 2019. Die towenaars van toeka: Twee teen twee. Uit Engels vertaal deur Kobus Geldenhuys. Pretoria: Protea Boekhuis. 392 p. Prys: R250,00. ISBN: 978-1-4853-0880-5. (Towenaars van Toeka, 2).

    In die tweede boek in hierdie trilogie is Xar deur die droods toe-ge sluit in ’n tronk op Goor manskrans en Wens is ’n ge vangene in haar ma se Ysterkrygerfort. Nie een van die twee kinders was gelukkig met hulle om stan dighede nie.

    Xar het op ’n ongeloofl ike manier ontsnap – dit was uitsonderlik briljant, want nog nooit tevore kon iemand daarin slaag om daaruit te ontsnap nie. Hy het sy pa belowe hy sal van al die hekse ontslae raak – al het sy pa gesê dit sal te moeilik wees. Hy het by die Ysterkrygerfort ingebreek om vir Wens te gaan haal.

    Saam met al hulle lojale metgeselle soos Piep, Kaliburn, Fladdervlerk, Soetsappig en nog ander, het hulle weggevlug.

    Hulle het met die Soetpad oor die gevaarlike Sloe-gergebied gegaan tot by die kranse van Ewigheid. Daar moes hulle die reus se laaste asem opvang as noodsaaklike bestanddeel van die doepa wat hulle moes maak om die hekse te oorwin.

  • 1818 slingervel april 2020 slingervel april 2020

    Lesers sal op die punte van hulle stoele sit en nie hierdie spannende avontuur kan neersit nie. Sal die vriende daarin slaag om die reus se laaste asem op te vang, en dan hulle ouers te oortuig dat hulle nie teen mekaar moet baklei nie, maar die verlede se vyandskap moet vergeet en vergewe? Hulle moet saam staan om die hekse te verjaag.

    Lees hierdie spannende boek en geniet die humor wat soos ligfl itse tussen die spanning deurbreek. Hierdie is voorwaar ’n stryd van twee teen twee – twee kinders teen hulle twee ouers, om daardeur die wêreld te probeer red!

    Hergé (ook illus.). 2019. Die geheimsinnige ster. 2e Afr. dr. Uit Frans vertaal deur Sonya van Schalkwyk-Barrois. Pretoria: Protea Boekhuis. 62 p. Prys: R130:00. ISBN: 978-1-4853-0994-9.

    Toe Kuifi e die vreemde helder en groterwordende ster opgemerk het, het hy dadelik by die

    Ster re wag gaan navraag doen. Prof. Hippolyte Katalis het dit as ’n vallende meteo-

    riet geïdentifi seer. Dit het ook ’n nuwe onbekende metaal bevat. Die meteoriet het êrens in die Poolsee geval.

    Die Sterrewag het dadelik ’n ekspedisie saamgestel om die meteoriet te gaan opspoor. Hulle sou met die ekspedisieskip, die Aurora, met kaptein Sardijn aan die stuur, dadelik vertrek. Kuifi e was ook deel van die bemanning.

    Terselfdertyd het die poolskip Peary ook uit Sao Rico vertrek met dieselfde missie. Dit het nou ’n wed loop teen tyd geword om eerste die meteoriet op te spoor.

    Die Peary het egter in opdrag van sy bevelvoerders begin vuil speel in hulle poging om die meteoriet die eerste op te spoor. Kuifi e en sy bemanning het dus allerhande noue ontkomings en ontberings asook seestorms beleef. Op die ou einde was albei groepe amper gelyk by die meteoriet.

    Sou Kuifi e slim, dapper en vernuftig genoeg wees om die Aurora se vlag eerste te plant? Watter

    vreem de uitwerking het die metaal van die meteoriet op die plantegroei gehad? Sou Kuifi e en Spokie dit alles kon oorleef?

    Volwasse Kuifi e-liefhebbers en al die jong Kuifi e-lesertjies sal hierdie strokiesverhaal baie geniet. Daar is genoeg spanning om die lesers aan te spoor om die verhaal enduit te lees.

    Die humor in die teks en illustrasies help ook om die spanning te verlig en heerlike pret te verseker.

    Die Belgiese skrywer en illustreerder Georges Prosper Remi (ook bekend as Hergé), staan bekend as die vader van die moderne strokiesprent.

    Die Kui fi e-boekreeks is baie gewild. Dit het in 1929 vir die eerste keer verskyn en is al in 60 verskillende tale vertaal. Genotvolle leesstof vir oud en jonk.

    Watt, Fiona. 2019. Klein plakpoppies: Katjies. Illus. deur Lizzie MacKay en ontwerp deur Antonia Müller. In Afrikaans vertaal deur Rentia Bartlett-Möhl. Pretoria: Protea Boekhuis. 24 [+10] p. Prys: R120,00. ISBN: 978-1-4853-1112-6.

    In hierdie “anderster” prenteboek is 12 verskil-lende storie-scenario’s met 10 plakkerbladsye wat lesertjies se tone van lek kerkry sal laat omkrul! Die boekie is geskik vir 3-jariges en ouer.

    Lesertjies kan na hartelus die karaktertjies aan- en uittrek en die katjies en ander bykomstighede sodanig plak dat dit telkens ’n ander toneeltjie uitbeeld.

    Die toneeltjies is byvoorbeeld waar karaktertjies buite of binne met die katjies speel, ’n troeteldierwinkel of die veearts besoek, etenstyd, skoonmaaktyd vir die katjies, slaaptyd en nog vele meer.

    Die agterfl ap van die boek vou uit en daarop kan van die plakkers geplak word om weer later om te ruil en te gebruik.

    Die plakkers kan oor en oor op die spesiale gladde blaaie gebruik word.

    Hierdie kostelike boekie sal sorg vir baie pret – selfs lesertjies wat nie ’n eie katjie het nie, maar graag enetjie (of meer!) sal wil hê, kan die vreugde er vaar om ’n “kamma”-katjie te besit en mee te speel. SV

  • slingervel april 2020 slingervel april 2020 1919

    Op hierdie dag in April

    Tannie Maryke

    Die roomys-sundaeTot vandag toe nog is daar ’n groot gestryery oor wie die eerste roomys-sundae geskep het. ’n Sundae is roomys wat ge woonlik met vrugte, neute, stroop en styfgeklopte room be-dien word in ’n spesiale room-ys-glas, en afgerond word met ’n kersie bo-op die hele trapsel.

    Die eerste roomys-sundae is glo op 3 April 1892 in die stad Ithaca, New York, bedien – 128 jaar gelede! Elke Sondag, ná die erediens in die Unitarian-kerk, het ds. John M Scott die Platt & Colt-apteek (ja, in daardie dae kon mens roomys en ander nageregte in apteke bestel) in die middestad van Ithaca vir sy Sondag-bederf van vanieljeroomys besoek. Op hierdie dag in April het hy egter die geskiedenis van roomys-nageregte vir altyd verander. In plaas van gewone vanieljeroomys skep Chester Platt ’n bol yskoue roomys in ’n sjampanjeglas, gooi kersiestroop bo-oor en rond dit af met ’n versuikerde kersie!

    Terwyl die twee mans nadink oor wat hulle dié fantastiese nuwe konkoksie sou noem, het ds. Scott voorgestel dat dit vernoem word na die dag waarop dit uitgevind is: Kersie-Sondag, oftewel Cherry Sunday! (Die spelling van sundae [die nagereg] in plaas van Sunday

    [Sondag] is nie duidelik nie, maar daar word gesê dat die verkope van die nagereg later op Maandae voortgesit is, en daarom is daar besluit om die spelling van die naam na “sundae” te verander.)

    Alhoewel Ithaca algemeen aanvaar word as die geboorteplek van die sundae, sal nie almal saam stem nie. Two Rivers, Wisconsin, noem Edward C Berners, eienaar van ’n roomysstalletjie, as die uitvinder van die sundae, en die nabygeleë stad Manitowoc beweer George Giff ey as hulle eie plaaslike held.

    Die legendariese tuisdorp in Buff alo, New York, verwys terug na die Stoddard-broers, die eienaars van die eerste apteek wat gaskoeldrank in Buff alo verkoop het, en ook gaskoeldrank met roomys bedien het. Tot op ’n dag toe hulle al hulle gaskoeldrank uitverkoop het en oom Charley Stoddard haastig ’n nuwe nagereg moes uitdink. Hy het sy werkers opdrag gegee om roomys met vrugtestroop te bedien.

    Norfolk, Virginia, is egter seker dat hulle die eerste uitvinders is. ’n Stadswet het destyds die gebruik van alkolhol verbied en ook wette teen die bedien van gaskoeldrank met roomys op Sondae ingebring. Om

  • 2020 slingervel april 2020 slingervel april 2020

    teken in op Slingervel!teken in op Slingervel!Individuele intekeningR349.00 – 10 uitgawes [posgeld + BTW ingesluit]

    Elektroniese intekeningR126.00 – 10 uitgawes

    Om in te teken: Kontak Angie Mokobi by [email protected] of tel. 018 297 3986

    dié wet te omseil, word gesê dat ’n plaaslike gas koel drankverkoper ’n paar bessies, vrugte-stroop en roomys in ’n sundae-glas bedien het, sonder enige gaskoeldrank.

    Sy “droë” nagereg het dus volgens hulle die eerste sundae geword.

    Die verhaal in Plainfi eld, Illinois, is dat ’n apteker met die naam van Sonntag roomysnageregte met stroop bedien het, en aangesien “Sonntag” in Duits vertaal word as “Sunday”, hy die krediet daarvoor moet kry.

    Daar is dus al so baie verhale oor-en-weer vertel dat mens nie meer seker is wie en wat om te glo nie. ’n Paar van die plekke vertel vandag nog hulle stories, en die waarheid agter al die sundae-kluitjies kon nog nooit gevind word nie.

    Wat wel seker is, is dat Ithaca, New York, die vroegste dokumentasie besit om sy eis as die geboorteplek van hierdie nagereg te bewys, naamlik ’n koerantadvertensie wat op 5 April 1892 deur Chester Platt in die Ithaca Daily Journal geplaas is.

    Soms het mens nie ’n besondere geldige verskoning nodig om te vra of jou pa, ma, ouma of wie ook al jou vir so ’n lekker roomys kan uitneem nie … die eerste dag van herfs, die feit dat jy self onthou het om agter jou ore te was, of selfs jou troetel-duisendpoot se

    verjaardag is sommer genoeg rede! SV(Aangepas en vertaal vanaf: www.icecreamsundae.com)