ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING...2015/11/02  · 3.3 Hoekom lyk hy so kwaai? (1) _____ 3.4 Wat...

15
ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING AFRIKAANS HUISTAAL VRAESTEL 2 LEESBEGRIP/TAALSTRUKTURE EN -KONVENSIES NOVEMBER 2015 GRAAD 6 PUNTE: 60 TYDSDUUR: 1 UUR Hierdie vraestel bestaan uit 11 bladsye.

Transcript of ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING...2015/11/02  · 3.3 Hoekom lyk hy so kwaai? (1) _____ 3.4 Wat...

Page 1: ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING...2015/11/02  · 3.3 Hoekom lyk hy so kwaai? (1) _____ 3.4 Wat beteken dit om ‟n vak te druip? (2) AFRIKAANS HUISTAAL VRAESTEL 2 GRAAD 6 Bladsy 9

ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING

AFRIKAANS HUISTAAL

VRAESTEL 2

LEESBEGRIP/TAALSTRUKTURE EN -KONVENSIES

NOVEMBER 2015

GRAAD 6

PUNTE: 60

TYDSDUUR: 1 UUR

Hierdie vraestel bestaan uit 11 bladsye.

Page 2: ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING...2015/11/02  · 3.3 Hoekom lyk hy so kwaai? (1) _____ 3.4 Wat beteken dit om ‟n vak te druip? (2) AFRIKAANS HUISTAAL VRAESTEL 2 GRAAD 6 Bladsy 9

AFRIKAANS HUISTAAL VRAESTEL 2 GRAAD 6 NOVEMBER 2015

Bladsy 2 van 11

NAAM:______________________________________________________________

Hierdie vraestel bestaan uit TWEE AFDELINGS:

PUNTE

AFDELING A: LEESBEGRIP 37

AFDELING B: TAALSTRUKTURE EN KONVENSIES 23

TOTAAL 60

INSTRUKSIES

1. Beantwoord al die vrae op die vraestel.

2. Lees die instruksies by elke vraag noukeurig deur.

3. Skryf netjies en leesbaar.

Page 3: ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING...2015/11/02  · 3.3 Hoekom lyk hy so kwaai? (1) _____ 3.4 Wat beteken dit om ‟n vak te druip? (2) AFRIKAANS HUISTAAL VRAESTEL 2 GRAAD 6 Bladsy 9

AFRIKAANS HUISTAAL VRAESTEL 2 GRAAD 6 NOVEMBER 2015

Bladsy 3 van 11

AFDELING A: LEESBEGRIP

VRAAG 1

Lees die volgende storie en beantwoord die vrae wat daarop volg in VOLSINNE:

SPOKE !!!

1. Jaco is 11 jaar oud en woon in Beaufort- Wes. Jaco en sy Graad 6-maats besluit om een aand ʼn middernagfees te gaan hou in die verlate ou huis naby die dam. Tom het vertel dat daar ʼn man met ʼn afkop snags daar rondloop.

2. Die aand het al die seuns stilletjies by hul huise uitgesluip en by die verlate parkie ontmoet. Oppad na die ou huis toe kon Jaco sy eie hart in sy keel hoor klop. Hy sou egter liewer dood neerslaan voordat hy aan sy maats erken hoe bang hy is.

3. Die ou huis se deur het spokerig gekraak toe hulle dit oopmaak. Jaco het sy flits teen die muur geskyn, hulle het ʼn reuse spinnerak teen die dak sien hang. Baie versigtig het hulle ingestap en op die vloer gaan sit. Hulle het die kosmandjie uitgepak, maar niemand was eintlik honger nie.

4. Terwyl hulle besig was om aan die kos te peusel, het hulle skielik ʼn plank in die kamer langsaan hoor kraak. Almal het doodsbleek geword. Jaco het besluit dat hy eerder bangjan as dooiejan wil wees en het blitsvinnig opgespring en begin hardloop. Sy maats het kort in sy voetspore gevolg.

5. Toe hulle die volgende môre die kosmandjie gaan haal, het hulle uitgevind dat die „spook‟ al die tyd rondloper katte was wat hul in die ou huis tuisgemaak het.

6. Al die maats het saamgestem dat die volgende middernagfees maar liewer in Jaco se boomhuis gehou sal word.

Onbekend

VRAE

1.1 Hoe laat hou mens middernagfees? (1)

_________________________________________________________________

Page 4: ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING...2015/11/02  · 3.3 Hoekom lyk hy so kwaai? (1) _____ 3.4 Wat beteken dit om ‟n vak te druip? (2) AFRIKAANS HUISTAAL VRAESTEL 2 GRAAD 6 Bladsy 9

AFRIKAANS HUISTAAL VRAESTEL 2 GRAAD 6 NOVEMBER 2015

Bladsy 4 van 11

1.2 Wat dwaal glo by die ou huis rond? (1)

_________________________________________________________________

1.3 Voltooi die volgende sin deur die regte woorde in te vul. (3)

Jaco is in Graad 5 en is ________________ jaar oud. Hy en sy maats het besluit

om ʼn _________________________________ te hou naby die _____________.

1.4 Waar was die ou huis geleë? (1)

_______________________________________________________________

1.5 Wat beteken die uitdrukking “eerder bangjan as dooiejan”, in paragraaf 4 (1)

__________________________________________________________________

1.6 Waarom dink jy wou Jaco nie vir sy maats sê dat hy bang is nie? (1)

__________________________________________________________________

1.7 Waarom was die seuns nie juis honger nie? (1)

__________________________________________________________________

__________________________________________________________________

1.8 Verduidelik wat rondloper katte beteken: (1)

__________________________________________________________________

__________________________________________________________________

Page 5: ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING...2015/11/02  · 3.3 Hoekom lyk hy so kwaai? (1) _____ 3.4 Wat beteken dit om ‟n vak te druip? (2) AFRIKAANS HUISTAAL VRAESTEL 2 GRAAD 6 Bladsy 9

AFRIKAANS HUISTAAL VRAESTEL 2 GRAAD 6 NOVEMBER 2015

Bladsy 5 van 11

1.9 Pas die woord of stelling in KOLOM B by die regte woord in KOLOM A en skryf net die ooreenstemmende letter in kolom C, bv: 1. – H (5)

Kolom A Kolom B Kolom C

1. spinnerakke A. ʼn gees wat ronddwaal 1.

2. doodsbleek B. stil uitloop 2.

3. verlate C. baie vinnig 3.

4. uitgesluip D. wat spinnekoppe spin 4.

5. spook E. klein happies eet. 5.

F. wit in die gesig

G. eensaam.

(15)

Page 6: ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING...2015/11/02  · 3.3 Hoekom lyk hy so kwaai? (1) _____ 3.4 Wat beteken dit om ‟n vak te druip? (2) AFRIKAANS HUISTAAL VRAESTEL 2 GRAAD 6 Bladsy 9

AFRIKAANS HUISTAAL VRAESTEL 2 GRAAD 6 NOVEMBER 2015

Bladsy 6 van 11

VRAAG 2: POËSIE

Lees die gedig en beantwoord die vrae:

Die spook

1. Een aand, net na ete,

begin oom Fanie met sy streke.

Al het Mammie dit verbied,

weet hy

5. dat ons spookstories die meeste geniet.

“Daar onder by die watersloot

is ou Moos mos een nag dood.

Hy was ryk en vet en groot;

die mense sê: hy‟s in die water gestoot!

10. Daarom spook dit daar……..

Moos soek na sy modenaar!”

Later loop ek allenig deur die gang.

Skielik vat iets aan my wang.

ʼn Rilling trek deur my lyf

15. en my ledemate skrik stok-, stokstyf.

Nou krul dit stadig om my keel

en begin oor my wang te streel en streel …

Ek klap en skree en gryp en gil …

Toe bly ek ewe skielik stil …

20. Verslae staan ek met ʼn haarsliert in my hand.

Dit was die spokerige kalant!

(Uit: Oe-la-la deur Bernie Visser)

Page 7: ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING...2015/11/02  · 3.3 Hoekom lyk hy so kwaai? (1) _____ 3.4 Wat beteken dit om ‟n vak te druip? (2) AFRIKAANS HUISTAAL VRAESTEL 2 GRAAD 6 Bladsy 9

AFRIKAANS HUISTAAL VRAESTEL 2 GRAAD 6 NOVEMBER 2015

Bladsy 7 van 11

2.1 Onderstreep die korrekte antwoord

Die persoon wat in die gedig praat is (ʼn seun , ʼn meisie of ʼn grootmens) (1)

2.2 Waarom wil Mammie nie hê oom Fanie moet spookstories vertel nie?

_______________________________________________________________ (1)

2.3 Wanneer het oom Fanie met sy streke begin? (2)

________________________________________________________________

2.4

2.4.1 In watter reëls word die spookstorie vertel? ________________ (1)

2.4.2 Watter leestekens sê dit vir ons? _____________________(1)

2.5 Sê in jou eie woorde hoe die person voel nadat sy die storie gehoor het.

(reëls 12 -18)

__________________________________________________________________

________________________________________________________________(2)

2.6 Die drie kolletjies wat dikwels in die gedig gebruik word, noem ons

____________________________ (1)

2.7 Stokstyf is ʼn intensiewe vorm – dit sê dat die meisie se ledemate baie styf was.

Wat is die intensiewe vorme van: (2)

2.7.1 oud _________________2.7.2 groen ______________________

2.8 Wie is die skrywer van die gedig? (1)

____________________________________

(12)

Page 8: ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING...2015/11/02  · 3.3 Hoekom lyk hy so kwaai? (1) _____ 3.4 Wat beteken dit om ‟n vak te druip? (2) AFRIKAANS HUISTAAL VRAESTEL 2 GRAAD 6 Bladsy 9

AFRIKAANS HUISTAAL VRAESTEL 2 GRAAD 6 NOVEMBER 2015

Bladsy 8 van 11

VRAAG 3: VISUELE TEKS

Bestudeer die volgende strokiesprent en beantwoord die vrae wat daarop volg:

LAERSKOOL SUKKEL

3.1 Wie dink jy is die man in die eerste prentjie? (1) _______________________________________________________________

3.2 Kies en onderstreep die korrekte antwoord tussen hakies. (2)

3.2.1 Die ruimte waarin hierdie storie afspeel is (in die klas; by die huis; in sy kamer).

3.2.2 Die woord SUKKEL in die titel sê vir ons dat die kinders in hierdie skool (baie goed presteer; nie te goed presteer nie.)

3.3 Hoekom lyk hy so kwaai? (1)

_______________________________________________________________

3.4 Wat beteken dit om ‟n vak te druip? (2) ______________________________________________________________

______________________________________________________________

Page 9: ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING...2015/11/02  · 3.3 Hoekom lyk hy so kwaai? (1) _____ 3.4 Wat beteken dit om ‟n vak te druip? (2) AFRIKAANS HUISTAAL VRAESTEL 2 GRAAD 6 Bladsy 9

AFRIKAANS HUISTAAL VRAESTEL 2 GRAAD 6 NOVEMBER 2015

Bladsy 9 van 11

3.5 Dink jy die seun hou van Wiskunde? Verduidelik hoekom jy so dink. (2)

______________________________________________________________

3.6 Is die karakter se houding vir jou aanvaarbaar? Wat dink sal die gevolg wees indien hierdie seun aanhou met die houding wat hy

tans inneem teenoor die vak? (2)

_______________________________________________________________

_______________________________________________________________

(10) TOTAAL AFDELING A: 37

AFDELING B: TAALSTRUKTURE EN –KONVENSIES

VRAAG 4

4.1 Gebruik die VOEGWOORD tussen hakies om een saamgestelde sin te maak. (2)

Baie versigtig het hulle ingestap. Hulle het op die vloer gaan sit. (en)

______________________________________________________________

4.2 Gee die korrekte vorm van die DEELWOORDE tussen hakies. (2)

4.2.1 Jaco loop met ʼn (klop) __________________ hart na die spookhuis toe.

4.2.2 Hulle loop saggies tot by die (toemaak) ________________ deur.

4.3 Soek die korrekte SINONIEME in die storie vir die volgende woorde: (2)

4.3.1 eensame (paragraaf 1) - ___________________

4.3.2 saggies (paragraaf 2) - ___________________

Page 10: ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING...2015/11/02  · 3.3 Hoekom lyk hy so kwaai? (1) _____ 3.4 Wat beteken dit om ‟n vak te druip? (2) AFRIKAANS HUISTAAL VRAESTEL 2 GRAAD 6 Bladsy 9

AFRIKAANS HUISTAAL VRAESTEL 2 GRAAD 6 NOVEMBER 2015

Bladsy 10 van 11

4.4 Brei die volgende enkelvoudige sin uit deur BYVOEGLIKE NAAMWOORDE te gebruik. (2)

Die seun is baie bang vir die spoke.

_______________________________________________________________

4.5 Skryf TWEE SELFSTANDIGE NAAMWOORDE – EIENAME - uit die

gedig neer. (2)

________________________ ____________________________

4.6 Verduidelik waarom die volgende sin Dubbelsinnig kan wees. (2)

Geen ore aan jou kop hê nie.

______________________________________________________________

______________________________________________________________

4.7 Skryf die sin oor in die DIREKTE REDE. (2)

Jaco sê dat hulle nie weer in die nag moet uitgaan nie.

__________________________________________________________________

4.8 Skryf die volgende sin oor in die ONTKENNENDE VORM. (2)

Almal het geskrik vir die geraas.

__________________________________________________________________

4.9 Verduidelik waarom die onderstaande sin ʼn SAAMGESTELDE SIN is: (1)

Tom vertel dat daar ʼn man met ʼn afkop snags daar rondloop.

__________________________________________________________________

Page 11: ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING...2015/11/02  · 3.3 Hoekom lyk hy so kwaai? (1) _____ 3.4 Wat beteken dit om ‟n vak te druip? (2) AFRIKAANS HUISTAAL VRAESTEL 2 GRAAD 6 Bladsy 9

AFRIKAANS HUISTAAL VRAESTEL 2 GRAAD 6 NOVEMBER 2015

Bladsy 11 van 11

4.10 Skryf die volgende sin oor en vul die regte LEESTEKENS in. (2)

pasop daar kom die spook.

__________________________________________________________________

4.11 Soek die ANTONIEME in die storie vir die volgende woorde: (2)

4.11.1 ver (paragraaf 1) - _______________________

4.11.2 iemand (paragraaf 3) - _______________________

4.12 Die seuns het by hul huise uitgesluip. (2)

4.12.1 Skryf die HULPWERKWOORD neer uit die bostaande sin:

_________________

4.12.2 Skryf die HOOFWERKWOORD neer uit die bostaande sin:

_________________

TOTAAL AFDELING B: 23

GROOTTOTAAL 60

Page 12: ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING...2015/11/02  · 3.3 Hoekom lyk hy so kwaai? (1) _____ 3.4 Wat beteken dit om ‟n vak te druip? (2) AFRIKAANS HUISTAAL VRAESTEL 2 GRAAD 6 Bladsy 9

ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING

AFRIKAANS HUISTAAL

VRAESTEL 2

MEMORANDUM

NOVEMBER 2015

GRAAD 6

PUNTE: 60

Hierdie memorandum bestaan uit 4 bladsye

Page 13: ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING...2015/11/02  · 3.3 Hoekom lyk hy so kwaai? (1) _____ 3.4 Wat beteken dit om ‟n vak te druip? (2) AFRIKAANS HUISTAAL VRAESTEL 2 GRAAD 6 Bladsy 9

AFRIKAANS HUISTAAL MEMORANDUM GRAAD 6 NOVEMBER 2015

Bladsy 2 van 4

AFDELING A PUNTE

VRAAG 1 : LEESBEGRIP

1.1 „n Mens hou middernagfees om twaalf-uur in die nag. D 1

1.2 ‘n Man met ‘n afkop dwaal glo by die ou huis rond. D 1

1.3 elf, D middernagfees, D dam.D 3

1.4 Die ou huis was naby die dam geleë. D 1

1.5 Ek is eerder bang en hardloop weg as wat my lewe bedreig word.D (Enige soortgelyke antwoord)

1

1.6 Omdat hulle vir hom gaan lag / spot. D 1

1.7 Die seuns was te bang om honger te wees. D 1

1.8 Katte wat nie base of huise het nie. (Enige soortgelyke antwoord) D 1

1.9 1 - DD 2 - FD 3 - GD 4 - BD 5 - AD 5

(15)

VRAAG 2: POËSIE

2.1 meisieD 1

2.2 Dit maak die kinders bang.D 1

2.3 Een aand Dna ete D 2

2.4 2.4.1 reël 6 - 11D 2.4.2 aanhalingstekenD 2

2.5 bang,D skrikkerig,D versigtig (Enige sootgelyke antwoord in ‘n sin) 2

2.6 beletselteken / stippelsD 1

2.7 2.7.1 stokoudD 2.7.2 grasgroenD 2

2.8 Bernie VisserD 1

(12)

Page 14: ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING...2015/11/02  · 3.3 Hoekom lyk hy so kwaai? (1) _____ 3.4 Wat beteken dit om ‟n vak te druip? (2) AFRIKAANS HUISTAAL VRAESTEL 2 GRAAD 6 Bladsy 9

AFRIKAANS HUISTAAL MEMORANDUM GRAAD 6 NOVEMBER 2015

Bladsy 3 van 4

VRAAG 3 VISUELE TEKS

3.1 Die man is die Wiskunde-onderwyser. D 1

3.2 3.2.1 Die ruimte waarin hierdie storie afspeel is (in die klas; D 3.2.2 Die woord SUKKEL in die titel sê vir ons dat die kinders in hierdie skool; nie te goed presteer nie.) D

2

3.3 Hy is kwaad omdat die seun so swak vaar in Wiskunde. D 1

3.4 Jy het nie genoeg punte gekry om te slaag nie DD 2

3.5 Ja, D hy sê hy het nie ‟n probleem daarmee nie. .D 2

3.6 Moontlike antwoord: Nee.D Hy sal aanhou swak vaar en uiteindelik nooit die vak slag nie. D 2

(10)

TOTAAL AFDELING A: 37

Page 15: ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING...2015/11/02  · 3.3 Hoekom lyk hy so kwaai? (1) _____ 3.4 Wat beteken dit om ‟n vak te druip? (2) AFRIKAANS HUISTAAL VRAESTEL 2 GRAAD 6 Bladsy 9

AFRIKAANS HUISTAAL MEMORANDUM GRAAD 6 NOVEMBER 2015

Bladsy 4 van 4

AFDELING B: TAALSTRUKTURE EN –KONVENSIES

VRAAG 4

4.1 Baie versigtig het hulle ingestap en Dop die vloer gaan sit. D 2

4.2 4.2.1 kloppendeD 4.2.2 toegemaakteD 2

4.3 4.3.1 verlateD 4.3.2 stilletjiesD 2

4.4 Die groot seun is baie bang vir die bose spoke.�D (Enige toepaslike

beskrywing van die s.nw) 2

4.5 FanieD MoosD 2

4.6 Jy luister nie as daar met jou gepraat word nie.�D

Jou ore is van jou kop verwyder (afgesny).�D 2

4.7 Jaco sê: “Ons gaan nie weer in die nag uit nie.”�D 2

4.8 GeeneenD het geskrik vir die geraas nie.�D 2

4.9 Die sin het twee gesegdes.�D 1

4.10 Daar kom die spook.�D Pasop! D 2

4.11 4.11.1 nabyD 4.1.2 niemandD 2

4.12 4.12.1 hetD 4.12.2 uitgesluipD 2

(23)

TOTAAL AFDELING B: 23

GROOTTOTAAL 60