ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING · Howza sê dat opvoeding oor, en bewusmaking van, diabetis baie...

12
ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING LEWENSORIËNTERING EKSAMEN NOVEMBER 2015 GRAAD 7 Aantal bladsye: 7 PUNTE: 70 TYDSDUUR: 1½ UUR

Transcript of ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING · Howza sê dat opvoeding oor, en bewusmaking van, diabetis baie...

Page 1: ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING · Howza sê dat opvoeding oor, en bewusmaking van, diabetis baie belangrik is. Hy is eers met diabetis gediagnoseer toe sy suikervlakke gevaarlik hoog

ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING

LEWENSORIËNTERING

EKSAMEN

NOVEMBER 2015

GRAAD 7

Aantal bladsye: 7

PUNTE: 70

TYDSDUUR: 1½ UUR

Page 2: ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING · Howza sê dat opvoeding oor, en bewusmaking van, diabetis baie belangrik is. Hy is eers met diabetis gediagnoseer toe sy suikervlakke gevaarlik hoog

Lewensoriëntering Graad 7 Eksamen 2 November 2015

INSTRUKSIES:

x Skryf netjies en leesbaar.

x Nommer korrek.

x Hierdie vraestel bestaan uit DRIE (3) afdelings,i.e. Afdeling A, B en C

x Alle vrae in Afdeling A & B moet beantwoord word en slegs TWEE (2) in Afdeling

C.

Page 3: ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING · Howza sê dat opvoeding oor, en bewusmaking van, diabetis baie belangrik is. Hy is eers met diabetis gediagnoseer toe sy suikervlakke gevaarlik hoog

Lewensoriëntering Graad 7 Eksamen 3 November 2015

AFDELING A

VRAAG 1

Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is:

1.1. Om te lees en te studeer is belangrik. (1)

1.2. Goeie kommunikasie sluit nie goeie praatvaardighede in nie. (1)

1.3. Groepsdruk kan positief of negatief wees. (1)

1.4. Dieet het niks met kos te doen nie. (1)

1.5. ʼn Voedsame ete wat jou liggaam sterk en gesond hou. (1)

(5) VRAAG 2

Gebruik die woorde in die woordbank om die sinne te voltooi.

belangstellings, Handves van Menseregte, VIGS, strategieë, geloof, beroep

2.1 Die ________________ is deel van ons Grondwet. (1)

2.2. Die_________________ pandemie word as algemeen beskou. (1)

2.3. Dit wat jy geniet om te doen, word jou __________________ genoem. (1)

2.4. ________________ is „n stelsel van glo en aanbidding. (1)

2.5. Die benaderings wat ons gebruik om probleme op te los staan as

____________________ bekend.

(1)

(5) VRAAG 3

Pas die begrip in KOLOM A by die beskrywing in KOLOM B. Skryf slegs die

nommer en die korrekte letter van die alfabet neer, byv. 3.8.T

KOLOM A KOLOM B

3.1 Puberteit A Dit is „n toestand wat veroorsaak

word deur infeksie en agteruitgang

van gesondheid, eerder as „n

1

Page 4: ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING · Howza sê dat opvoeding oor, en bewusmaking van, diabetis baie belangrik is. Hy is eers met diabetis gediagnoseer toe sy suikervlakke gevaarlik hoog

Lewensoriëntering Graad 7 Eksamen 4 November 2015

ongeluk.

3.2 Tuberkulose B „n Beroep of reeks beroepe wat jy

gedurende jou lewe beklee, veral as

jy beter werksgeleenthede kry en

meer geld verdien daarmee.

1

3.3 Loopbaan C Val gewoonlik die longe aan. 1

3.4. Verslaafde D Tydperk wat liggaam van kind na

volwassene verander.

1

3.5 Siekte E Iemand wat te veel dwelms en

alkohol gebruik.

1

Skuifel F Loop stadig sonder om jou voete

behoorlik op te lig.

(5)

VRAAG 4

Vul die ontbrekende woord/ woorde in:

4.1 Om te lees vir _______________ , verbeter jou leesvermoë. (1)

4.2 Selfaanvaarding beteken jy ____________________________. (1)

4.3. „n Ondersteuningsnetwerk is waar ons _________________ kry. (1)

4.4 „n Universitiet is „n ________________ instelling. (1)

4.5 Die _____________ is die heilige geskrif van Christene. (1)

(5) VRAAG 5

Kies die korrekte antwoord tussen die hakies.

5.1. (Geslag/ Sag) verwys o.a. na hoe jy lyk en optree. (1)

5.2. (Regverdige / rowwe) spel is om ander spelers gedurende „n wedstryd

te respekteer.

(1)

5.3. (Dronk / Sober) mense is dikwels aggressief. (1)

5.4. (Depressie / Waardevermindering) is „n toestand van ongelukkigheid

sonder hoop vir die toekoms.

(1)

Page 5: ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING · Howza sê dat opvoeding oor, en bewusmaking van, diabetis baie belangrik is. Hy is eers met diabetis gediagnoseer toe sy suikervlakke gevaarlik hoog

Lewensoriëntering Graad 7 Eksamen 5 November 2015

5.5. Die gebruik van dagga is (onwettig / wettig). (1)

(5) TOTAAL AFDELING A: 25

AFDELING B

VRAAG 6

6.1 Verskaf (VYF) 5 redes waarom mense swig onder groepsdruk. (5)

6.2. Skryf (VYF) 5 vorme van mishandeling neer. (5)

(10) VRAAG 7

Lees die gevallestudie en beantwoord dan die vrae wat volg:

Ek kies om te lewe

Kwaito ster, liedjieskrywer en akteur Howza (Tshepo Mosese) het besluit om „n

jeugambassadeur vir diabetes te wees Hy doen dit met behulp van sy musiek. Sy

liedjie, „I choose to live‟ verwys na die belangrikheid van voorkoming van diabetis.

Howza sê dat opvoeding oor, en bewusmaking van, diabetis baie belangrik is. Hy is

eers met diabetis gediagnoseer toe sy suikervlakke gevaarlik hoog was. Hy het nie

gedink dat dit met hom kan gebeur nie en dat dit slegs ouer mense affekteer

Howza is gediagnoseer met tipe een diabetis en moes groot aanpassings in sy lewe

maak. Hy moes dadelik ophou om alkohol te gebruik. Hy was ook skaam om

homself in die openbaar met insulien in te spuit, maar het besluit dit gaan oor die

publiek en nie homself nie. Sy hoofdoel is om mense in te lig oor diabetis, wat een

van die grootste oorsake van sterftes in die wêreld is.

Aangepas uit Via Afrika: Life Orientation, Grade 7 TG

7.1. Waarom het Howza besluit om „n jeugambassadeur vir diabetis te word? (2)

7.2. Waarom is opvoeding oor en bewusmaking van diabetis so belangrik? (2)

7.3. Watter TWEE (2) veranderinge moes Howza in sy leefstyl aanbring? (2)

7.4 Skryf VIER (4) strategieë neer om ʼn gesonde lewe te lei, al jy ʼn diabeet. (4)

(10)

Page 6: ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING · Howza sê dat opvoeding oor, en bewusmaking van, diabetis baie belangrik is. Hy is eers met diabetis gediagnoseer toe sy suikervlakke gevaarlik hoog

Lewensoriëntering Graad 7 Eksamen 6 November 2015

QUESTION 8

Beskryf LOOPBANE onder die volgende opskrifte:

8.1. Kleredrag vir die beroep van jou keuse. (1)

8.2. Gereedskap vir of werksomstandighede van die beroep van jou keuse. (1)

8.3. Aktiwiteite met betrekking tot die werksomgewing van ʼn beroep van jou

keuse.

(1)

8.4. Plek of instansie waar werksgeleenthede vir die beroep van jou keuse

is.

(1)

8.5. Wat is die vereistes om die beroep van jou keuse te kan beoefen? (1)

(5) TOTAAL AFDELING B: 25

AFDELING C

Beantwoord slegs TWEE (2) van die drie vrae.

VRAAG 9

“Ek wil nie groente eet nie, ek wil roomys hê.”

Verskaf VYF (5) redes waarom jy gesonde voedsel moet eet. (10)

OF

VRAAG 10

Gary het Tuberkulose(TB). Gee DRIE (3) verskillende brokkies raad oor die

behandeling van TB en hulpbronne vir gesondheidsinligting en VIER (4) strategieë

om met TB saam te leef:

10.1. Behandelingsopsies (3)

10.2. Strategieë om met TB te leef. (4)

10.3. Hulpbronne vir inligting oor gesondheid. (3)

(10)

Page 7: ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING · Howza sê dat opvoeding oor, en bewusmaking van, diabetis baie belangrik is. Hy is eers met diabetis gediagnoseer toe sy suikervlakke gevaarlik hoog

Lewensoriëntering Graad 7 Eksamen 7 November 2015

OF

VRAAG 11

Skryf „n paragraaf om die rol van mondelinge oorlewering van tradisies in die

belangrikste gelowe in Suid-Afrika te verduidelik. Verwys na ten minste DRIE (3)

gelowe in jou paragraaf.

(10)

TOTAAL AFDELING C: 20

GROOTTOTAAL 70

Page 8: ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING · Howza sê dat opvoeding oor, en bewusmaking van, diabetis baie belangrik is. Hy is eers met diabetis gediagnoseer toe sy suikervlakke gevaarlik hoog

ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING

LEWENSORIËNTERING

MEMORANDUM

NOVEMBER 2015

GRAAD 7

Aantal bladsye: 5

PUNTE: 70

Page 9: ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING · Howza sê dat opvoeding oor, en bewusmaking van, diabetis baie belangrik is. Hy is eers met diabetis gediagnoseer toe sy suikervlakke gevaarlik hoog

Graad 7 Lewensoriëntering Memorandum 2 November 2015

AFDELING A

VRAAG 1

1.1 . Waar√ 1.2 . Onwaar√ 1.3 . Waar√ 1.4 . Onwaar√ 1.5 . Waar√ (5)

VRAAG 2

2.1. Handves van Menseregte√

2.2. MIV√

2.3. Belangstellings√

2.4. Geloof√

2.5. Strategieë√

(5) VRAAG 3 3.1. D√ 3.2. C√ 3.3. B√ 3.4. E√ 3.5. A√ (5) VRAAG 4 4.1. Ontspanning √ 4.2. Ken jou sterk en swakpunte√ 4.3. Hulp en advies√ 4.4. Tersiere / Hoër√ 4.5. Bybel√

Page 10: ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING · Howza sê dat opvoeding oor, en bewusmaking van, diabetis baie belangrik is. Hy is eers met diabetis gediagnoseer toe sy suikervlakke gevaarlik hoog

Graad 7 Lewensoriëntering Memorandum 3 November 2015

(5) VRAAG 5 5.1. Geslag√ 5.2. Regverdige√ 5.3. Dronk√ 5.4. Depressie√ 5.5. Onwettig√ (5) AFDELING B VRAAG 6 6.1 (a) Bang vir verwerping√ (b) Wil aanvaar word, wil nie „n vriend verloor nie√ (c) Wil volwasse en “cool” voorkom√ (d) Wil nie voor gelag word nie√ (e) Wil nie iemand anders se gevoelens seermaak nie√ (f) Weet nie wat iemand regtig wil hê of verwag nie (g) Weet nie hoe om van die situasie te ontvlug nie. 6.2 (a) Liggaamlike/ Fisieke mishandeling – sigbare beserings aan die liggaam√ (b) Seksuele mishandeling (molestering)- seksuele kontak tussen volwassene en kind√ (c) Verbale mishandeling- beledig, verskree en noem iemand slegte name√ (d) Emosionele mishandeling- Wanneer verbale mishandeling oor „n lang tyd plaasvind√ (e) Verwaarlosing- wanneer „n kind nie kos, skuiling, klere, beskerming of mediese sorg ontvang nie.√ (10) VRAAG 7 7.1. Hy het diabetis (suikersiekte) en dink dat opvoeding en bewusmaking

aangaande diabetis baie belangrik is. √√ 7.2. Ons moet bewus wees van die gevare verbonde aan diabetis en indien

jy dit het moet jy behandeling ontvang en drastiese veranderinge aan jou leefstyl aanbring√√

7.3. Hy moes ophou om alkohol te gebruik√ Hy moes homself met insulien spuit√ 7.4.1. Volg „n gebalanseerde dieet√ 7.4.2. Dra „n mediese armband/hangertjie (medic alert)√

Page 11: ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING · Howza sê dat opvoeding oor, en bewusmaking van, diabetis baie belangrik is. Hy is eers met diabetis gediagnoseer toe sy suikervlakke gevaarlik hoog

Graad 7 Lewensoriëntering Memorandum 4 November 2015

7.4.3. Oefen gereeld en kry genoeg slaap√ 7.4.4. Drink genoeg water√, moenie te veel eet nie. (Enige relevante

antwoord) (10) VRAAG 8 (Afhangende van beroep, byvoorbeeld: 8.1 Skouer epoulette, spesifieke kleredrag (kleur en snit).√ 8.2 Inspuitings en verbande.√ 8.3 Diagnose /versorg pasiënte/ behandel wonde.√ 8.4 Hospitale en staat, privaat instansies.√ 8.5 Graad 12 met Lewenswetenskappe as vak.√ (5) AFDELING C VRAAG 9 9.1. Dit reguleer gewig.√√ 9.2. Voorkom wanvoeding.√√ 9.3. Hou die verstand helder en skerp.√√ 9.4. Verskaf energie.√√ 9.5. Beskerm die liggaam.√√ 9.6. Voorsien die liggaam van voedingstowwe. (10) VRAAG 10 10.1 Behandelingsopsies/keuses. Gebruik medikasie vir 6 maande. Jy kan nie gesond word sonder medikasie nie, selfs as jy beter begin voel kan jy nie die medikasie los voor 6 maande verby is of die kliniek aandui dat jy genees is nie. 10.2 Strategieë om te leef met TB. Voer „n normale lewe, kry genoeg rus en slaap. Bly warm, kry genoeg vars lug. Eet gebalanseerde maaltye. Sluit aan by „n ondersteuningsgroep. Rapporteer enige insidente van stigmatisering en diskriminasie. 10.3 Mediese hulpbronne/ inligtingsentrums. SANTA√ TB kliniek√ Departement van Gesondheid√

Page 12: ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING · Howza sê dat opvoeding oor, en bewusmaking van, diabetis baie belangrik is. Hy is eers met diabetis gediagnoseer toe sy suikervlakke gevaarlik hoog

Graad 7 Lewensoriëntering Memorandum 5 November 2015

(10) VRAAG 11

x Die meeste gelowe is oorgedra deur middel van oorleweringe want dit het ontstaan voor die ontwikkeling van skrif.

x Afrika Tradisionele Gelowe: Die eerste generasie het wette neergelê en toe voorvaders geword. ATG word deur oorlewering, stories en rituele oorgedra.

x Boeddhisme. Leerstellinge is geresiteer (opgesê) en bespreek deur 500 monikke na sy dood. Die finale weergawes is gememoriseer en het bly bestaan as mondelinge tradisie.

x Christendom. Die Ou Testament word beskou as die Woord van God wat mondeling oorgelewer is deur geslagte. Die Nuwe Testament vertel die verhaal van Jesus wat ook mondeling oorvertel is totdat dit neergeskryf is as die Evangelie deur die Apostels tussen 30 en 70 jaar na Jesus se kruisiging.

x Hindoeisme. Deur profete en geestelikes gevestig wat die woord van God (Vedas) ontvang het tydens meditasie. Die Vedas bevat gesange,dreunsang en rituele vanuit die Antieke Indië. Die oudste is 1500 vC gekomponeer

x Islam/ Moslems glo dat God boodskappe aan profete op aarde gegee het wat dit mondeling oorgedra het. Mohammed was een van hierdie profete. Sy boodskappe is neergeskryf en het die Koran geword. Die meeste van die Islamietiese praktyke is geskoei op mondelinge oorlewering.

x Judaisme. Dit is aanvanklik deur mondelinge oorlewering versprei. Die Jode glo dat God met Moses gepraat het en aan hom die 613 wette gegee het wat hulle lewens bestuur. Hierdie wette is na „n duisend jaar neergeskryf en word die Torah genoem. Verduidelikings van die Torah en leëringe van ander geestelikes is in die Talmoed neergeskryf.

(10)

TOTAAL AFDELING C: 20

GROOTTOTAAL 70