8 ht junie vraestel...  · Web viewwat in paragraaf 1 gebruik word, is nie die regte een nie. ......

20
Hoërskool Roodepoort Afrikaans HT Graad 8 Taak 6: Vraestel 2 Eksaminator: M Swanepoel Tyd: 2 uur Moderator: C van Niekerk Punte: 80/2=40 Datum: 14 Junie 2016 TAAK 6 : Begrip, Taal en Letterkunde 1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings: AFDELING A: LEESBEGRIP (VRAAG 1 EN 2) (20) AFDELING B: TAAL (VRAAG 3, 4 EN 5) (30) AFDELING C: LETTERKUNDE (VRAAG 6 EN 7) (30) 2. Beantwoord AL die vrae uit al DRIE afdelings. 3. Begin ELKE afdeling op ’n NUWE bladsy. 4. Trek ’n streep na elke afdeling. 5. Laat ’n reël oop na elke antwoord. 6. Skryf slegs in ’n blou pen. 7. Skryf netjies en leesbaar. 1

Transcript of 8 ht junie vraestel...  · Web viewwat in paragraaf 1 gebruik word, is nie die regte een nie. ......

Page 1: 8 ht junie vraestel...  · Web viewwat in paragraaf 1 gebruik word, is nie die regte een nie. ... 6.1.2Hoe sluit die volgorde van die versreëls by “aan die voet van Hlomisa”

Hoërskool RoodepoortAfrikaans HT

Graad 8Taak 6: Vraestel 2

Eksaminator: M Swanepoel Tyd: 2 uurModerator: C van Niekerk Punte: 80/2=40 Datum: 14 Junie 2016

TAAK 6 : Begrip, Taal en Letterkunde

1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings:

AFDELING A: LEESBEGRIP (VRAAG 1 EN 2) (20)

AFDELING B: TAAL (VRAAG 3, 4 EN 5) (30)

AFDELING C: LETTERKUNDE (VRAAG 6 EN 7) (30)

2. Beantwoord AL die vrae uit al DRIE afdelings.

3. Begin ELKE afdeling op ’n NUWE bladsy.

4. Trek ’n streep na elke afdeling.

5. Laat ’n reël oop na elke antwoord.

6. Skryf slegs in ’n blou pen.

7. Skryf netjies en leesbaar.

1

Page 2: 8 ht junie vraestel...  · Web viewwat in paragraaf 1 gebruik word, is nie die regte een nie. ... 6.1.2Hoe sluit die volgorde van die versreëls by “aan die voet van Hlomisa”

AFDELING A: LEESBEGRIP

VRAAG 1

Lees Aanhangsel A: Experi-maatjies pamflet (aparte folio) en beantwoord die volgende vrae.

VRAE:

1.1 Dui aan of die volgende stelling WAAR of ONWAAR is. Motiveer jou antwoord deur ‘n gedeelte uit die pamflet aan te haal.

Experi-Maatjies is ‘n wetenskapprogram wat deel van die skoolprogram is. [Vlak 3] (1)

1.2 Is die volgende uitspraak ‘n FEIT of ‘n MENING? Motiveer jou antwoord deur EEN woord uit die aangehaalde sin neer te skryf.

Ons poog om jou kind se eerste blootstelling aan wetenskap ‘n onvergeetlike leerervaringte maak. [Vlak 4] (1)

1.3 Watter TWEE items moet kinders in ‘n Experi-Maatjies klassie aanhê? [Vlak 1] (2)

1.4 Lees die volgende stelling en kies die opsie wat NIE pas NIE. Skryf slegs die vraagnommer (1.4) en korrekte opsie (A,B, C of D) neer.

Die “Experi-pakkie” kan bestaan uit:

A. ‘n briefieB. ‘n eenvoudige eksperimentC. ‘n veiligheidsbrilD. die eindproduk van ‘n eksperiment [Vlak 2] (1)

1.5 Die woord “nasorg” op die inskrywingsvorm is ‘n homoniem. As jy nasorg doen wanneerjy merk, beteken dit dat jy die regte antwoord in potlood langs jou verkeerde antwoord neerskryf. Verduidelik wat bedoel word met nasorg in die onderstaande sin.

Is u kind in die nasorg? [Vlak 3] (1)

1.6 Ouers moet op die inskrywingsvorm hulle taalvoorkeur aandui. Verduidelik kortliks hoekom Experi-Maatjies hierdie inligting nodig het. [Vlak 3] (1)

2

Page 3: 8 ht junie vraestel...  · Web viewwat in paragraaf 1 gebruik word, is nie die regte een nie. ... 6.1.2Hoe sluit die volgorde van die versreëls by “aan die voet van Hlomisa”

EN

Lees Aanhangsel B: Experi-maatjies pamflet (aparte folio) en beantwoord die volgende vrae.

VRAE:

1.7 Hoeveel is die registrasiefooi as jy wil registreer? [Vlak 1] (1)

1.8 Skryf in jou eie woorde wat jy verstaan onder die begrip “vooruitbetaalbaar”. [Vlak 3] (1)

1.9 Hoe gereeld kry die leerders ‘n “Experi-pakkie”? [Vlak 1] (1)

1.10 Verduidelik hoe eksperimente jou visuele geheue kan ontwikkel. [Vlak 3] (1)

1.11 Ondersoek die Experi-Maatjies logo. Lewer kommentaar oor die vertaling van die besigheid se naam. [Vlak 5] (1)

[12]

VRAAG 2

TEKS C: BOEKOMSLAG

Lees en kyk na die boekomslag van “Nina en die funky eksperiment” op die volgende bladsy en beantwoord die vrae.

VRAE:

2.1 Wat het hierdie avontuurverhaal en die Experi-Maatjies teks in gemeen? [Vlak 2] (1)

2.2 Daar het reeds twee boeke in die Nina-reeks verskyn. Watter boek het die ATKV-kinderboektoekenning gewen? Skryf slegs die boektitel neer. [Vlak 2] (1)

2.3 Wat is die facebook-groep se naam waar jy meer inligting kan kry oor boeke vir die jongklomp? [Vlak 1] (1)

2.4 Hierdie boek is ook verkrygbaar as e-boek. 2.4.1 Waarvoor staan die “e” in e-boek? Gee slegs EEN WOORD. [Vlak 3] (1)2.4.2 Verduidelik hoe ‘n e-boek gelees kan word. [Vlak 3] (1)

2.5 Wat dink jy is die doel van die agterbladteks? [Vlak 3] (1)

3

Page 4: 8 ht junie vraestel...  · Web viewwat in paragraaf 1 gebruik word, is nie die regte een nie. ... 6.1.2Hoe sluit die volgorde van die versreëls by “aan die voet van Hlomisa”

2.6 Die Nina-reeks is duidelik vir Afrikaanse kinders bedoel. Pla die gebruik van ‘n Engelse woord in die titel? Gee ‘n rede vir jou antwoord. [Vlak 5] (1)

2.7 Vergelyk die verhouding tussen die lettergrootte van die titel en die name van dieskrywer en illustreerder. Watter een is die belangrikste? Gee ‘n rede vir jou antwoord. [Vlak 5] (1)

[8]

TOTAAL VIR AFDELING A: 204

Page 5: 8 ht junie vraestel...  · Web viewwat in paragraaf 1 gebruik word, is nie die regte een nie. ... 6.1.2Hoe sluit die volgorde van die versreëls by “aan die voet van Hlomisa”

AFDELING B: TAAL

VRAAG 3

TEKS D: POSADVERTENSIE

Die taalvrae wat volg, is op die onderstaande gedeelte gebaseer. Die nommering in die advertensie verwys na die vraagnommer wat beantwoord moet word. Doelbewuste spelfoute kom voor.

VRAE:

3.1 Dui aan of woord dame ‘n simpleks of ‘n kompleks is. (1)

3.2 Die voorsetsel van wat in paragraaf 1 gebruik word, is nie die regte een nie.

Skryf die sin neer en onderstreep die korrekte voorsetsel wat jy neergeskryf het. (1)

3.3 Paragraaf 1 (3.3) verwys.

3.3.1 Is hierdie woord ‘n voorbeeld van ‘n samestelling of ‘n samestellende afleiding? (1)

3.3.2 Verduidelik jou antwoord in 3.3.1 (1)

3.4 Skryf die meervoudsvorm neer van krat. (1)

3.5 Die student sal die apparaat moet skoonmaak.

3.5.1 Dui die woordsoort aan van die woord wat onderstreep is. (1)

3.5.2 Herskryf die sin in die teenwoordige tyd. (1)5

ADMINISTRATIEWE PERSOON1 Ek benodig ‘n (3.1) dame wat van Maandae tot Vrydae kan werk. Die kantoor is (3.2) van my huis in Monumentpark. Studente en (3.3) skoolverlaters ook baie welkom om aansoek te doen.2 Pligte vir admin persoon:

Daaglikse voorbereiding en pak van (3.4) krat vir fasiliteerders vir die aanbied van klasse. (3.5) Skoonmaak van toerusting. Weeklikse voorbereiding en (3.6.1) verpakking van AL die (3.6.2) (inligting + brief) aan ouers. Data invoere op klaslyste, assistering by sommige klasse, liassering, beplanning van aankope. Algemene administratiewe pligte.

3 Kwaliteite: Liefde vir kinders, geduldig, goed (3.7) organiseer wees, kan inisiatief neem en onafhanklik werk.

4 Vereistes: Bestuurderslisensie (of vooruitsig om dit te bekom), (3.8.1) moet daagliks by die kantoor kan kom,

rekenaarvaardig, (3.8.2) Afrikaans en Engels magtig. 5 Algemeen:

Area: Monumentpark, PretoriaSalaris: R3 000, geen ondervinding nodig nie. Posisie is vanaf die (3.9) tiende April beskikbaar. Verlof tydens grootste deel van skoolvakansies. CV's kan gestuur word na: [email protected]

Page 6: 8 ht junie vraestel...  · Web viewwat in paragraaf 1 gebruik word, is nie die regte een nie. ... 6.1.2Hoe sluit die volgorde van die versreëls by “aan die voet van Hlomisa”

3.6 Die derde punt by paragraaf 2 verwys.

3.6.1 “verpakking” is ‘n afleiding. Dui die stam/basis van hierdie woord aan. (1)

3.6.2 Vorm ‘n samestelling van die woorde tussen hakies. Maak seker die woord pas binne die

konteks van die sin in. (2)

3.7 Paragraaf 3 verwys. “organiseer” is ‘n werkwoord. Maak gebruik van die nodige voor- en

agtervoegsels om die woord in ‘n beskrywende woord te verander wat in die konteks van die

sin sal pas. (1)

3.8 Paragraaf 4 verwys.

3.8.1 Kies die korrekte antwoord tussen hakies. Skryf slegs die regte woord neer.

Daagliks is ‘n bywoord van (wyse/tyd/plek). (1)

3.8.2 Skryf die afkorting van die vetgedrukte woord neer. Gee aandag aan leesteken

gebruik. (1)

3.9 Paragraaf 5 verwys. “tiende” is ‘n telwoord.

Dui aan of tiende ‘n hooftelwoord of ‘n rangtelwoord is. (1)

[14]

VRAAG 4

TEKS E: FOTO’S

Die taalvrae wat volg, is op die onderstaande gedeelte gebaseer.

6

Page 7: 8 ht junie vraestel...  · Web viewwat in paragraaf 1 gebruik word, is nie die regte een nie. ... 6.1.2Hoe sluit die volgorde van die versreëls by “aan die voet van Hlomisa”

VRAE:

4.1 Dui aan of die volgende sinne OORGANKLIK of ONOORGANKLIK is.

4.1.1 Flynn spuit skoene-in-‘n-blik aan sy voete. (1)

4.1.2 Hy lê nou ongelukkig op die vloer. (1)

4.2 Skryf die volgende sin in die VERLEDE TYD.

Flynn lê en huil, want die kinders spot hom. (2)

4.3 Kies die korrekte woord tussen hakies. Skryf slegs die korrekte antwoord neer.

4.3.1 Ek wil julle vandag van ‘n uitvindsel vertel. - is ‘n (uitroepsin/bevelsin/stelsin). (1)

4.3.2 Jy is darem ‘n dom, ou Flynn! - is ‘n (uitroepsin/bevelsin/stelsin). (1)

4.4 Verander die volgende sin na ‘n vraagsin.

Flynn lê en huil, want die kinders spot hom.

Begin jou sin met: Waarom (2)

[8]VRAAG 5

TEKS F: RESENSIE

Die taalvrae wat volg, is op die onderstaande gedeelte gebaseer.

7

Page 8: 8 ht junie vraestel...  · Web viewwat in paragraaf 1 gebruik word, is nie die regte een nie. ... 6.1.2Hoe sluit die volgorde van die versreëls by “aan die voet van Hlomisa”

VRAE:

5.1 Die volgende sin ‘n voorbeeld van ‘n enkelvoudige sin.

Mirkia drink heeltyd ‘n energiedrankie.

5.1.1 Wat is die ONDERWERP van die sin? (1)

5.1.2 Wat is die GESEGDE van die sin? (1)

5.2 Skryf die sin oor en begin met die woorde in vetdruk.

Nina kan nie wag vir Laerskool Tierkop se atletiekbyeenkoms nie.

Begin die sin met: Vir Laerskool Tierkop se atletiekbyeenkoms …. (2)

5.3 Dui die klankbou van die volgende woorde aan deur die volgende tekens te gebruik:

K = konsonante V = vokale D = diftonge

5.3.1 Jessie (1)

3.5.2 heeltyd (1)

5.4 Verbind die volgende sinne met die voegwoord in hakies.

5.4.1 Mirkia drink heeltyd energiedrankies. Sy is goed met hoogspring. (daarom) (1)

5.4.2 Nina sit haar speuderpet op haar kop. Sy gaan die saak ondersoek. (omdat) (1)

[8] TOTAAL VIR AFDELING B: 30

8

Page 9: 8 ht junie vraestel...  · Web viewwat in paragraaf 1 gebruik word, is nie die regte een nie. ... 6.1.2Hoe sluit die volgorde van die versreëls by “aan die voet van Hlomisa”

AFDELING C: LETTERKUNDE

VRAAG 6

BEANTWOORD DIE VRAE OOR ALBEI GEDIGTE.

Lees die gedig hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

VRAE:

6.1 Sefapano is ‘n voorbeeld van ‘n vormgedig

6.1.1 In watter volgorde moet die versreëls gelees word? [Vlak 2] (1)

6.1.2 Hoe sluit die volgorde van die versreëls by “aan die voet van Hlomisa” aan? [Vlak 3] (2)

6.2 Haal EEN woord aan wat aandui dat die veld baie droog is. [Vlak 2] (1)

9

Page 10: 8 ht junie vraestel...  · Web viewwat in paragraaf 1 gebruik word, is nie die regte een nie. ... 6.1.2Hoe sluit die volgorde van die versreëls by “aan die voet van Hlomisa”

6.3 Die volgende versreëls kan as ‘n intertekstuele verwysings gesien word.

“op die berg waarheen ons ons oë opslaan na die kruis”6.3.1 In watter boek kry ons hierdie intertekstuele verwysing? [Vlak 3] (1)

6.3.2 Hoekom klim die mense die berg? [Vlak 1] (1)

6.4 Wat beteken die titel Sefapano (Sotho) in Afrikaans? [Vlak 3] (1)

6.5 Watter woord in die gedig dink jy is die belangrikste? Motiveer jou antwoord. [Vlak 4] (2)

6.6 Wat het jy die meeste van hierdie vormgedig geniet?

Gee EEN rede vir jou antwoord. [Vlak 5] (1)

EN

Lees die gedig hieronder deur en beantwoord die vrae wat volg.

10

Page 11: 8 ht junie vraestel...  · Web viewwat in paragraaf 1 gebruik word, is nie die regte een nie. ... 6.1.2Hoe sluit die volgorde van die versreëls by “aan die voet van Hlomisa”

VRAE:

6.6 Wat is die tema van hierdie gedig? [Vlak 3] (1)

6.7 Selfportret is ‘n voorbeeld van ‘n metateks. Verduidelik hoekom. [Vlak 3] (1)

6.8 Haal EEN woord in strofe 2 aan wat vir jou sê dat die seun daarvan hou om

mense te help. [Vlak 1] (1)

6.9 Watter woord in strofe 4 beteken: om diep na te dink? [Vlak 1] (1)

6.10 Lewer kommentaar oor die gebruik van die wit spasies aan die begin van

versreëls 6, 8 en 10. [Vlak 4] (1)

11

123456789

1011

12131415

1617181920

212223

Page 12: 8 ht junie vraestel...  · Web viewwat in paragraaf 1 gebruik word, is nie die regte een nie. ... 6.1.2Hoe sluit die volgorde van die versreëls by “aan die voet van Hlomisa”

[15]

EN

VRAAG 7

BEANTWOORD DIE VRAE OOR DIE LOSPRYS.

Lees die uittreksels hieronder en beantwoord die vrae wat daarop volg.

7.1.1 Wie sê hierdie woorde? [Vlak 1] (1)

7.1.2 Hoekom is hierdie woorde ironies? [Vlak 3] (1)

7.2 By wie gaan hierdie twee karakters vyfhonderdduisend rand kry? [Vlak 1] (1)

7.3 Coert is die baasbrein in hierdie span.

Is hierdie stelling WAAR of ONWAAR? Motiveer jou antwoord. [Vlak 3] (1)

7.4

7.5.1 Coert het vergeet om twee dinge te doen. Noem die TWEE dinge. [Vlak 2] (2)

7.5.2 Verduidelik in jou eie woorde watter EEN van die twee dinge waarskynlik Coert

se lewe gered het. [Vlak 3] (2)

12

En dink jy ék het dit so easy? Dink jy dit is lékker om in die kar te bly sit om ‘n vroumens op te pas?

Freek: Hier is nie sneeu nie. En weet jy wat gaat hier ôk nie wees nie? Ek sal jou sê:

vyfhonderdduisend bucks! Dis wat!

Coert: Maar…

Freek: Jy is useless. Useless!

Coert: Volgende keer sal ek onthou, belowe.

Freek: Volgende keer sal te laat wees!

Page 13: 8 ht junie vraestel...  · Web viewwat in paragraaf 1 gebruik word, is nie die regte een nie. ... 6.1.2Hoe sluit die volgorde van die versreëls by “aan die voet van Hlomisa”

7.6 ‘n Drama se storielyn bestaan uit ses fases. Die volgende vraag handel oor die

ontwikkelingsfases.

Coert en Freek het ‘n leë bagasiebak gehad. Hulle het ‘n plan gemaak.

7.6.1 Wat het hulle gedoen? (poging) [Vlak 1] (1)

7.6.2 Wat was die komplikasie in hierdie plan? [Vlak 1] (1)

7.7 Coert is vriende met die blou manne in die geel waens.

Is hierdie stelling WAAR of ONWAAR? Motiveer jou antwoord. [Vlak 3] (1)

7.8 Tree Thandi soos ‘n regte slagoffer van ‘n ontvoering op?

Motiveer jou antwoord. [Vlak 3] (1)

7.9 Dit is ‘n misdaad om iemand te ontvoer. Freek en Coert ontvoer twee verskillende

vroue. Verduidelik kortliks waarom Die Losprys as ‘n komedie beskou word. [Vlak 4] (2)

7.10 Het jy meer gehou van Die Losprys as RSG-radiodrama of as dramateks in die handboek?

Verduidelik jou antwoord. [Vlak 5] (1)

[15]

TOTAAL VIR AFDELING C: 30

G R O O T T O T A A L: 80

13

Freek: Ag vrek man, Coert. Jy moes haar sommer net gelos het. Nou gaat dit nie meer

werk nie.

Thandi: O, nou net omdat ek swart is, is ek nie goed genoeg nie. Dis diskriminasie. I have

my rights, you know.