ROOIKERK- EREDIENSTE N B Wrooikerk.co.za/wp-content/uploads/2018/02/Kandelaar-11...2018/02/11  ·...

12
1 NG Universitas-Wes Gemeenskapsentrum Die Kandelaar – 11 Februarie 2018 Telefoon en faks: 051 522 2547Finansies 051 522 8119 Bankbesonderhede: NG Gemeente Universitas-Wes Absa Bank, Reknr: 470580909, Bankkode: 334134 E-pos: [email protected]. WEBADRES: www.rooikerk.co.za / nguniversitaswes Kantoorure: Maandag, Dinsdag, Donderdag , Vrydag: 08:00 tot 13:00 Woensdag: 08:00 tot 10:00 en 12:00 tot 13:00 Sondae: Net ná die erediens tot 10:30 of tot die laaste persoon gehelp is ROOIKERK- EREDIENSTE Vandag 09:00 Carel Teks: Johannes 8:1-11. Tema:: Veilig sonder klippe! Deurkollekte: Fonds vir Teologiese Fakulteit UV 09:00 Baba-, Peuter- en Kinder- kerk 10:15 Junior- en Seniorjeug- Omgeegroepe 18:00 Carel Teks: Filippense 4:10-23 Tema: Dieperdelfdiens in die opbou van mense. Aswoensdagdiens 18:00 Volgende Sondag 09:00 Carel 18:00 Carel NUWE LIDMATE BAIE WELKOM AAN: Jacques Watson, wat oorgekom het vanaf NG Gem Onze Rust; en Abel Hermanus Oosthuizen en Martha Maria Blignaut, 084 500 1729, wat oorgekom vanaf NG Gemeente Suidkus. Besoekers en nuwe lidmate kom ontmoet die Nuwelidmatespan ná die erediens by die Inligtingstoonbank. Thania is met verlof vanaf 12-18 Februarie.

Transcript of ROOIKERK- EREDIENSTE N B Wrooikerk.co.za/wp-content/uploads/2018/02/Kandelaar-11...2018/02/11  ·...

  • 1 NG Universitas-Wes Gemeenskapsentrum

    Die

    Kan

    del

    aar –

    11

    Feb

    ruar

    ie 2

    01

    8

    Telefoon en faks: 051 522 2547Finansies 051 522 8119

    Bankbesonderhede: NG Gemeente Universitas-Wes Absa Bank, Reknr: 470580909, Bankkode: 334134

    E-pos: [email protected].

    WEBADRES: www.rooikerk.co.za / nguniversitaswes Kantoorure:

    Maandag, Dinsdag, Donderdag , Vrydag: 08:00 tot 13:00

    Woensdag: 08:00 tot 10:00 en 12:00 tot 13:00

    Sondae: Net ná die erediens tot 10:30 of tot die laaste persoon gehelp is

    ROOIKERK-EREDIENSTE

    Vandag

    09:00 Carel

    Teks: Johannes 8:1-11.

    Tema:: Veilig sonder klippe!

    Deurkollekte: Fonds vir Teologiese Fakulteit UV

    09:00 Baba-, Peuter- en Kinder-kerk

    10:15 Junior- en Seniorjeug-Omgeegroepe

    18:00 Carel

    Teks: Filippense 4:10-23

    Tema: Dieperdelfdiens in die opbou van mense.

    Aswoensdagdiens 18:00

    Volgende Sondag

    09:00 Carel

    18:00 Carel

    NUWE LIDMATE BAIE WELKOM AAN:

    Jacques Watson, wat oorgekom het vanaf NG

    Gem Onze Rust; en

    Abel Hermanus

    Oosthuizen en Martha

    Maria Blignaut, 084 500 1729, wat oorgekom

    vanaf NG Gemeente Suidkus.

    Besoekers en nuwe lidmate kom ontmoet die

    Nuwelidmatespan ná die erediens by die

    Inligtingstoonbank.

    Thania is met verlof vanaf 12-18 Februarie.

    mailto:[email protected]:[email protected]://www.rooikerk.co.za/http://www.rooikerk.co.za/

  • 2 NG Universitas-Wes Gemeenskapsentrum

    VERJAARDAE (VERVOLG)

    14 Feb Sonet J v Vuren 0795331035 Diedlof v Rooyen0718860075 15 Feb James Lubbe 0837332515 16 Feb Nico Dreyer 0823716018 Retha Prinsloo 0829760783 Barend Steenkamp 0515222448 17 Feb Zeané Haywood 0514331407 Corné Huisamen 0725654727 Nicolene Liebenberg 0659089176 Trudie v Niekerk 0814297125

    VERJAARDAE

    Baie geluk aan elkeen wat in die volgende week verjaar.

    11 Feb Nico Kotzee 0726115158 Gerhard Naude 0726054620 Yolandé Steyn 0828774676 12 Feb Duan Booyens Jani Oelofse 0722505625 Johan Venter 0765227782 14 Feb Katelynn Blignaut Ilse de Kock 0828889653

    LIEF EN LEED Baie geluk aan Robert en Michelle Brown met die geboorte van baba RP.

    Kom ons bid vir ons siek mense in die gemeente – vir dié op die lys asook vir die wat nie hier gelys is nie. Ons vra voorbidding vir hulle en hulle families.

    Michael Waldak in Netcare-Hospitaal opereer vir ʼn aneurisme by die hart.

    Sea Scholtz is steeds in Optima.

    Dinah Crowther is in nou in Medi-Clinic nadat sy geval het.

    Robert Crowther het met bestraling begin by Rosepark-Hospitaal.

    Joze Ebing kry kankerbehandeling.

    Theo Ebing wat nou sukkel nadat iets in sy voet gesteek het.

    Heidi Steyl kry kankerbehandeling.

    Nicolene van der Merwe is met kanker gediagnoseer en word in April geopereer.

    Troy Jansen is in die intensiewe eenheid in Universitas-Hospitaal na ʼn keel-operasie.

    Elize de Wet is in Rosepark-Hospitaal vir ʼn knievervanging.

    Johan Henning is in Medi-Clinic opgeneem.

    Naas Bezuidenhout is in Rosepark-Hospitaal na ʼn rugoperasie.

    Heine Fourie is in Rosepark-Hospitaal nadat hy hartaanval gehad het.

    Ons dink aan die volgende mense wat geliefdes aan die dood afgestaan het:

    Hennie van Rooyen wie se suster oorlede is. Marie Buckley se broer wat oorlede is. Jurgens Jacobs se moeder is oorlede. Robert Crowther se broer en skoonsuster is beide die week oorlede.

    tel:+27%2079%20533%201035tel:+27%2071%20886%200075tel:+27%2083%20733%202515tel:+27%2082%20371%206018tel:+27%2082%20976%200783tel:+27%2072%20565%204727tel:+27%2081%20429%207125tel:+27%2072%20611%205158tel:+27%2072%20605%204620tel:+27%2082%20877%204676tel:+27%2072%20250%205625tel:+27%2076%20522%207782tel:+27%2082%20888%209653

  • 3 NG Universitas-Wes Gemeenskapsentrum

    Februarie se spesiale koevertinsameling gaan vir

    Ondersteuningsdienste.

    Gebruik die ekstra koevertjie by die deur, benewens jou normale

    dankoffer. Diensgroep vir Finansies

    ʼn PAAR PRAKTIESE REËLINGS:

    Kontak Conrad 0834438173 vir enige/alle TEGNIESE reëlings. Kontak Maretha 082 372 3442 vir enige/alle MUSIEKreëlings.

    Stuur asb insetsels vir die KANDELAAR nie later nie as Woensdag 17:00 na [email protected].

    is op 15 Februarie om 08:30 by Botaniese Tuin.

    Skakel Carel asb (0828217600) vir besonderhede en

    registrasie.

    mailto:[email protected]

  • 4 NG Universitas-Wes Gemeenskapsentrum

    Rooikerk-Dagboek Februarie 2018 14 Februarie Aswoensdagerediens om 18:00

    15 Februarie 1-Dag Stilweesretraite (Sien bl 3)

    20 Februarie Diensgroepvergadering: Finansiesdiensgroep

    23 Februarie Diensgroepleiers – Verslae moet ingedien wees, asb.

    23-24 Februarie – Oefenkamp vir Musiek- en Liturgiediensgroep

    Rooikerk-Dagboek Maart 2018 11 Maart Leiersbyeenkoms

    24 Maart 1-Dag Stilweesretraite

    26-31 Maart Groot Lydensweek

  • 5 NG Universitas-Wes Gemeenskapsentrum

    Ek is dringend op soek na:

    * Nr.5-dogterskoolskoene * Nr 7- en 13-seunsskoolskoene * Enige ou selfone wat nog in 'n werkende toestand is

    Indien jy dalk kan help, gee dit asb. af by die Kerkkan-toor. Sal BAIE waardeer word.

    Ond

    ers

    teun

    ings

    die

    nste

    Tannie Mari Jacobs, wat vir baie jare omgesien het na ons Huisgebonde bejaardes (hulle het haar hul persoonlike engel genoem), het besluit om dit bietjie rustiger te neem en iemand anders die geleentheid te gee om hierdie groot liefdeswerk te organiseer. Baie dankie vir Tannie se liefde, aandag en besoeke wat so baie beteken het vir ons huisgebonde bejaardes.

    Ons is dus nou op soek na iemand om hierdie liefdesdiens te organiseer of dalk net iemand wat bereid is om een of dalk meer bejaardes gereeld te besoek.

    Ons almal loop die pad van ouer word. Hoe wonderlik sal dit nie wees as ons iemand op hierdie pad ontmoet wat bereid is om tyd en liefde aan ons te gee nie?

    Indien jy bereid is om hierdie liefdesdiens te verrig, kontak Linda 084 628 4042

  • 6 NG Universitas-Wes Gemeenskapsentrum

    Soos julle dalk al verneem het, wil ons graag ʼn koffietafelboek genaamd ROOKERKSTORIES uitbring.

    Die doel van die boek is om getuienis en stories te versamel vanuit die gemeente, maar ook om bietjie te kyk waar ons as gemeente vandaan kom.

    Hierdie is ‘n projek deur die gemeente vir die gemeente en ons het julle hulp nodig, deur die volgende vir ons te stuur of te doen:

    Staaltjies en gebeure van toeka tot nou

    Inspirerende stories

    Getuienis

    Foto’s:

    Ou foto’s

    Foto’s van toe die kerk gebou is

    Gebeure by die kerk

    Bekende mense wat dalk hier was

    Ou basaarfoto’s

    Ou kerkraadfoto’s, ens.

    Ou Kandelare

    Kerkbodes waarin ons gemeente genoem is

    Koerantberigte van ons gemeente of mense in ons gemeente

    Bouplanne

    Enigiets anders wat jy dink deel is van die kerk en ons uniek maak of wat jy graag wil hê mense moet oor 40 jaar nog onthou en nostalgies oor terugdink. Wat maak jou nostalgies en sentimenteel oor die Rooikerk?

    Geskiedenis van die gemeente

    Inligting rakende Striata en hul inskakeling by ons gemeente.

    Foto’s van Striata

    Basies enigiets van 1970 tot nou.

    Dalk ken jy mense wat in die gemeente was, maar getrek het, wat dalk inligting vir ons het. Gaan kuier by hulle!

    Gaan loer deur oupa en ouma se foto album of gaan gesels met die buurtannie wat jy weet al 47 jaar met die gemeente saamkom.

    Enige dokumente/foto’s ens kan by die kerkkantoor of inligtingstoonbank afgegee word.

    Rooikerkstorieboek

  • 7 NG Universitas-Wes Gemeenskapsentrum

    PLAAS ALLE ITEMS ASB IN ‘N KOEVERT EN MERK DIT “ROOIKERKSTORIES”.

    MAAK OOK ASB SEKER JOU NAAM, VAN EN KONTAKNOMMER VERSKYN OP DIE KOEVERT.

    Alles sal mooi bewaar word en weer aan eienaar terug besorg word.

    Alternatiewelik kan elektroniese dokumente/foto’s gestuur word aan : [email protected] . Maak ook asb seker dat jou naam en van in die epos verskyn.

    As jy wil deel word van hierdie projek, ʼn idee het om die projek te verbeter ens. of dalk ʼn kontak het in die druk-/uitgewerbedryf.

    Kontak asb vir Maatje by 073 666 8396 (Whatsapp ook welkom).

    Alle dokumentasie/foto’s en inligting moet teen 31 Jan 2018 by ons wees! (Dit gee julle die hele Desember om by die familie foto’s en inligting te kry J

    Vasberade om vas te hou aan Christus, ten spyte van die prys.”

    In 1983 as ʼn Islamitiese Republiek verklaar en sjaria (Islamitiese) wet-

    gewing is ingestel. ʼn Burgeroorlog het gevolg. In 2011, is die land in twee verdeel, Soedan en Suid-Soedan. Dit was die klimaks van ʼn lang geskiedenis van konflik tussen Arabiese Moslems in die Noorde, en Christen- en inheemse Afrikane in die Suide. Sedert onafhanklikheid het die situasie vir Christene versleg.

    Vervolging in die land is sistematies en dit herinner aan etniese reiniging. Onder die outoritêre regering van Omar al-Bashir en sy party is daar geen ware regsoewereini-teit in Soedan nie; vryheid van uitdrukking is byna heeltemal beperk. Die etnies-kulturele landskap is gekompliseerd en bring verdeeldheid: Arabiere teen Etniese Afrikane, Moslems teen Christene. Histories is Islam diep gewortel in Soedan se sa-melewing en die regering implementeer ʼn streng een-geloof, een-kultuur en een-taal beleid, wat lei tot die vervolging van Christene. Arrestasie, aanvalle en moorde teister alle Christengemeenskappe in die land, veral die wat in die streek van die Nubaberge woon.

    mailto:[email protected]

  • 8 NG Universitas-Wes Gemeenskapsentrum

    FEBC Radio Internasionaal Thailand

    So 11 – WEEKLIKSE OPSOMMING: Die Filippyne het tot in 1976 Thaise uitsen-

    dings, wat deur beide FEBC Thailand en ʼn tweede Thaise produksie-ateljee

    vervaardig is, gedoen. FEBC Thailand het goeie verhoudings met ander sen-dingorganisasies in Thailand. Hulle het ook baie betrokke geraak by nooduit-

    sendings en radio verspreiding ná die 2004-tsoenami en die Bangkok-vloede in 2011. Hulle is steeds besig om beradingsprogramme uit te saai na mense wat in

    hierdie rampgebiede woon. Bid asb. hierdie week vir FEBC Thailand.

    Ma 12 – FEBC Thailand vervaardig daaglikse programme in twee tale wat deur 22 plaaslike AM en FM stasies en nege gemeenskap-stasies in 27 provinsies

    regdeur Thailand uitgesaai word. Plus, een van hierdie AM-stasies word in 19 provinsies gehoor. Bid asb. vir die vervaardiging van al hierdie programme.

    Di 13 – Bid asb. vir FEBC Thailand wat ook verantwoordelik is vir kortgolfradio-

    uitsendings in 17 etniese tale wat in vyf Suidoos- Asiatiese lande gehoor word.

    Wo 14 – Radio speel ʼn integrale rol in kerkplant-bedieninge in Thailand, en ook

    in die bemoediging van gelowiges. Bid asb. vir die verspreiding van radio’s na afgeleë gebiede dwarsoor Thailand.

    Do 15 – Bid asb. vir die aanlynuitsendings wat op 12 webwerwe beskikbaar is. Hierdie programme word in die volgende tale uitgesaai: Mon, Mien, Lao,

    Hmong, Tai Lue, Lahu, Khmu, Akha, Taidam, Shan en Lisu.

    Vr 16 – Nuwe media word ook deur FEBC Thailand gebruik om die Thaise be-volking met die evangelie te bereik. Bid asb. vir meer innoverende idees.

    Sa 17 – Loof die Here vir die honderde luisteraars in Thailand wat verlede jaar tot bekering gekom het. FEBC Thailand het gereageer op hul dankbriewe deur

    ʼn opvolgprogram aan hierdie nuwe gelowiges te bied. FEBC het ook ʼn Bybel-

    studieprogram uitgesaai en inligtingsboekies aan die nuwe gelowiges gestuur.

  • 9 NG Universitas-Wes Gemeenskapsentrum

    Gegroet uit 'n ysige Kobe, deesdae gereeld getooi in spierwit sneeu. Die werk-jaar is (by ons) al sedert 5 Januarie volstoom aan die gang, en ons is dankbaar vir goeie gesondheid en 'n sinvolle ritme, dag-vir-dag. Ek deel graag nuus oor dinge wat vanjaar voorlê, en iets van die afgelope tyd

    Opwindende nuwe projek vir 2018

    Al ooit gewonder hoe jy julle gemeente se betrokkenheid in Ja-pan kan verdiep?KIX (Kinders in Christus) het, in vennootskap met Missie Japan, 'n opwindende nuwe projek om jou uit die blokke te loods! Dit sluit in: 'n volledige projekles (in PDF en Powerpoint-formaat) met kreatiewe idees vir die hele jaar; video's, musieksnitte en veel meer. Ons is regtig opgewonde die nuwe geleentheid om kinders se harte te laat vlamvat vir God se Koninkryk in Japan.

    Laai alle materiaal af deur hier te kliek. Pauline Matthee (KIX Voorsit-ter) en Elrika Esterhuizen (medewerker) verdien groot krediet vir die ma-teriaal, waarvoor ons baie dankbaar is

    Nuwe sendeling aansoeke

    Vandag (31 Jan.) is die sluitingsdatum vir aansoekers wat as sendelinge na Japan wil kom via Missie Japan. Bid asb. saam met ons, dat die be-stuurspan wat die aansoeke moet hanteer, die nodige wysheid sal ont-vang. En verál dat die keuringsproses van geskikte kandidate onder leiding van die Heilige Gees, goed sal verloop.

    Gesellige en vol tyd agter die rug

    Ons het die voorreg gehad om sedert middel Desember baie gaste, uit verskillende oorde, aan huis te ontvang. Gasvryheid en diep gemeenskap is (letterlik) van huis uit, deel van ons roeping hier in Kobe. Ons is dankbaar vir vele verrykende interaksies, veral ook vir ons kinders. Die foto's hieronder vertel iets dáárvan en meer.

    Gebedsversoeke en ons program vir Februarie volg heel onder

    Bid asb. ook saam met en vir ons. Ons bid spesifiek saam vir die voort-gaande droogte krisis in talle streke van Suid-Afrika, en vertrou vir tydige uitkoms.

    Baie dankie vir jou belangstelling en ondersteuning. Ons is dankbaar om vanjaar weer saam te kan aanpak!

    Vrede en vreugde, in Christus.

    Stéphan, Carina, Annlie, Cornelius, Lodewyk en Stephan (jnr.)

    https://missiejapan.us9.list-manage.com/track/click?u=9b10d83ca785b2b1228254310&id=27efe274fd&e=e23891307f

  • 10 NG Universitas-Wes Gemeenskapsentrum

  • 11 NG Universitas-Wes Gemeenskapsentrum

    Ons skep veilige ruimtes van vertroue vir mekaar

    en vir ander.

    NAGMAAL SONDAG

    11 FEBRUARIE

    Erediens gelei deur Roelf. Om mekaar op te bou, 'n Godsgeskenk van groot waarde.

    Filippense 4:17

    DINSDAG 13 FEBRUARIE

    Saalbybelstudie om 10:00 Filippense 1:12-14

    SONDAG 18 FEBRUARIE

    Ons erediens word gelei deur Roelf.

  • 12 NG Universitas-Wes Gemeenskapsentrum

    Ons verjaarsdae

    Sondag 11 Februarie Helna Groenewald NW4 Dinsdag 13 Februarie Grieta Smit H127 Donderdag 15 Februarie Magda Crous H175 Vrydag 16 Februarie Emmie Burger H27

    Saterdag 17 Februarie Ben vd Berg VE

    Alta Kruger van H80 se been is ge-amputeer. Sy is tans in MediClinic. Bossie Knoetze van H13 en Tina

    Goosen van AV8 verswak baie. Stiena Swanepoel van H106 het 'n velkanker aan die arm. Ella Marais

    van H5 is steeds siek.