2016/17 Jaarverslag 2018.pdf · 2018. 3. 15. · 40 En die Koning sal hulle antwoord: ‘Dit...

24
MIEDERPARK GEMEENTE SENDING/GETUIENIS BEDIENING 2017/2018

Transcript of 2016/17 Jaarverslag 2018.pdf · 2018. 3. 15. · 40 En die Koning sal hulle antwoord: ‘Dit...

Page 1: 2016/17 Jaarverslag 2018.pdf · 2018. 3. 15. · 40 En die Koning sal hulle antwoord: ‘Dit verseker Ek julle: Vir sover julle dit aan een van die geringste van hierdie broers van

2016/17

MIEDERPARK GEMEENTE

SENDING/GETUIENIS

BEDIENING

2017/2018

Page 2: 2016/17 Jaarverslag 2018.pdf · 2018. 3. 15. · 40 En die Koning sal hulle antwoord: ‘Dit verseker Ek julle: Vir sover julle dit aan een van die geringste van hierdie broers van

INDEKS Voorwoord

Jerry Minny (Botswana) Bl. 1 - 2

Pieter Loots (Malawi) Bl. 3

Tim Van Aarde Bl. 4

Petro Zaayman (Hospitaalsending) Bl. 5

Ds. Dawie De Wet Bl. 6 - 7

MC Coetzee Bl. 8

Piet Terblanche (Gevangenisbediening) Bl. 9

Andrie De Beer (Plaassending) Bl. 10

Johan en Enna Dames Bl. 11

Stephan Van Staden Bl. 12

Potchefstroom Kerkleiers Bl. 13

Botswana Uitreik Bl. 14

Malawi Uitreik Bl. 15

Emmers vol Liefde Bl. 16

Ouerskap Bl. 17

Tshepisong Gemeente Bl. 18

Komberse en klere vir behoeftiges Bl. 19 - 20

Die uitnodiging is vir jou:

Jesus roep jou om Hom te volg en Sy getuie te word: “Moenie bang wees

nie, van nou af sal jy mense vang”, so het Jesus die geharde visserman

Simon aangemoedig. Daardie dag het Jakobus, Johannes en Simon dit

gewaag. Hulle het hul visserskuit net so gelos en volgelinge van Jesus

geword (Luk.5:11). Dis nou jou beurt. Jesus nooi jou! Kom elke

Sondagmiddag 17:30 (uitgesluit skoolvakansies) na Miederpark

(Aarbeilaan 22, Potch). Hier leer ons hoe om uitverkoop vir Jesus te lewe!

(Navrae: 082 340 7549) Kom beleef die vreugde van dissipel-wees.

Page 3: 2016/17 Jaarverslag 2018.pdf · 2018. 3. 15. · 40 En die Koning sal hulle antwoord: ‘Dit verseker Ek julle: Vir sover julle dit aan een van die geringste van hierdie broers van

Sendingbestuur

Voorsitter - Andrie De Beer 083 225 6485

Leraar - Ds. Willem Louw 082 340 7549

Kantoordame - Juanita Groenewald 082 330 8113

Lede:

Johan Stoop 084 660 1029

Ettienne Pretorius 083 360 4701

Fanie Van Niekerk 083 222 6676

Johan Weyers 082 898 7470

Ronel Du Toit 083 571 2817

Stephan Van Staden 073 126 3733

Louwtjie Van der Walt 082 859 9648

MC Coetzee 083 462 2224

Grobbie Grobler 082 966 3704

Tim Van Aarde 071 258 2621

Piet Terblanche 082 905 7894

Petro Zaayman 081 271 0754

Sannie Van Niekerk 082 075 2382

Miederpark strewe daarna om ʼn missionele kerk te wees. Dit beteken

sendingwerk is nie net die werk van ʼn kommissie of klein groepie uit die

gemeente nie. Daarom is ons dankbaar oor elkeen wat bid, gee, gaan of

getuig! Elke lidmaat moet besef hy of sy is ʼn gestuurde van die Here. Jou

gestuurdheid begin sommer net daar waar jy woon en werk! Ons is almal

saam deel van God se “Missio Dei.”

Die Vader het die Seun gestuur. Die Vader en Seun het die Gees gestuur.

Die drie-enige God het nou ons gestuur om Sy koninkryk op aarde te

vestig. Ons wil die hele evangelie (in al sy fasette) na alle mense neem.

Daarom is dit belangrik om binne ons konteks te luister en te onderskei

waar en hoe God ons as sy gestuurdes wil gebruik. God vra dat ons almal

sal liefhê en bedien. Dankie aan elkeen wat die afgelope jaar gehoorsaam

was aan God se roeping en op een of ander wyse betrokke was by God se

Missio Dei.

Page 4: 2016/17 Jaarverslag 2018.pdf · 2018. 3. 15. · 40 En die Koning sal hulle antwoord: ‘Dit verseker Ek julle: Vir sover julle dit aan een van die geringste van hierdie broers van

Jerry en Magda werk in die Noord Weste van Botswana, in die area genoem

“Ngamiland.” Ons kerkie is gevestig in die Village Rwee. Dit is 8km vanaf die Mohembo

grenspos na die Caprivi in Namibië. Die Village is geleë so 3 km Noord, buite die dorpie,

Shakawe. Dit is die basis vanwaar ons uitreik met die Evangelie aan mense in die

boendoes en na die meer afgeleë plekke soos: Rwee, Shakawe, Mohembo East.

Mohembo Grenspos, Samochima, Gani, Rokonga en omliggende areas. Ons woon in

die Village “Samochima so 10 km Suid van Shakawe op ‘n klein plasie wat behoort aan

Willemien Le Roux. Hier doen ons ook opleiding aan die mense by “Farming Gods Way,”

waarvan Willemien die leier is.

Die Here het ons so geseën die jaar, net soos die vorige jare. Alle eer aan die Here, dit is

God se akker en Sy eiendom. Ons is net die draers van die “Goeie Nuus Jesus Christus

Ons Verlosser en Here.” God red en God werk in mense se harte tot redding, net aan

die wat glo.

Deur die Here se genade met die hulp van Miederpark gemeente, (ons stuurende

gemeente) as ook, Duet en AGS Wolmaransstad gemeente en ons betroubare

individuele finansiële en gebedsondersteuners kon ons bydra tot die uitbreiding van

God se koninkryk in Botswana. Almal in vennootskap tot God se opdrag

Matt. 28:19-22. Sonder elkeen se bydrae is dit menslik onmoontlik om hierdie

opdrag uit te voer.

1.

Ons nuwe kerk in

Botswana!

Page 5: 2016/17 Jaarverslag 2018.pdf · 2018. 3. 15. · 40 En die Koning sal hulle antwoord: ‘Dit verseker Ek julle: Vir sover julle dit aan een van die geringste van hierdie broers van

Ons is geseën met die bou en in trek van ons Kerk geboutjie en ons Sondagskool

lokaaltjie. Dankie vir elkeen se bydraes, veral die wat kom bou het. Om almal se name

te noem gaan my beperkte spasie opneem. Maar onthou God het elkeen se naam in Sy

boek van die lewe.

Die kerk bywoning groei aansienlik, ons kon skole besoek wat nooit voorheen oop was

vir die Evangelie nie, die grenspos bediening op Mohembo bly ‘n hoogtepunt. Rogonga,

‘n veepos in die boendoes word gereeld besoek, en evangelisasie is ‘n groot eer. Die jaar

het ons ook verskeie opleiding kon doen, waarvan een dissipelskap was.

Die Here is so goed vir ons en seën Sy bediening tot eer van Sy naam. Ons is gesond

en nadat Magda behandel is teen kanker, het die Here haar volkome genees. Alle eer

aan God. Dankie vir julle wat finansieël bydra. Deur julle bydrae kon ons baie projekte

afhandel, brandstof ingooi, en behoeftiges help. Nog nooit het ons honger gaan slaap of

sonder ‘n dak oor ons kop gewees nie. Daar is ander werkers van die Here wat nie

altyd so bevoorreg is nie.

Gebed: “Here dankie vir genade, beskerming, voorsiening, blessings, kos, huis, ‘n kar,

‘n geldjie en vir liefdevolle vriende, familie en ondersteuners tot U eer. Mag net U naam

hierdeur verheerlik word. Amen.”

2.

Page 6: 2016/17 Jaarverslag 2018.pdf · 2018. 3. 15. · 40 En die Koning sal hulle antwoord: ‘Dit verseker Ek julle: Vir sover julle dit aan een van die geringste van hierdie broers van

Die jaar 2017 het sy gebruiklike hoogte – en laagte punte opgelewer. Die mense van die

ander geloof onder die Yao’s het die mag van die gesagstruktuur om bekeerlinge se lewe

feitlik onmoontlik te maak deur hulle te verwerp en uit te skop. Die evangelisering is al

vir 17 jaar aaneenlopend aan die gang met baie weerstand, maar met groot dapperheid

van Pieter met die genade en krag van ons Hemelse Vader. Hy beleef erge aanslae van

die satan en dit is ‘n groot geestelike oorlogvoering. Na 17 jaar sukkel hy nog steeds om

‘n werkspermit te kry en werk met ‘n besoekerspermit waar hy elke drie maande die

land moet verlaat en dan weer vir drie maande terugkeer.

Die oes van die 2016/2017 oesjaar was baie goed. Die huidige plantseisoen is so ver

gekenmerk deur vroeë reën wat in Desember in ‘n droogte verander het. Verspreide

reën het veroorsaak dat daar misoeste op sekere plekke is met ander wat weer

uitstekende oeste op die land het. Die sukses wat behaal word met die plant van

mielies op die “Farming God’s Way” het veroorsaak dat verskeie mense versoek het dat

hulle ook die metode aanleer.

Die groentetuin doen goed en die kinders het gereeld iets om huis toe te vat of te

verkoop. Die groentetuin word gebruik om geestelike waardes tuis te bring.

Pieter het sy been en voet erg beseer in ‘n motorfiets ongeluk. Hy het vir langer as ‘n

maand gesukkel om na behore te beweeg. Hy het dit as deel van die geestelike oorlog

ervaar.

Evangelisasie werk word in verskeie “villages” gedoen. Sy eie “village” is Mpalume en

ander waar daar byeenkomste gehou word sluit Makumba, Mpumbe, Che Chingo en

Lijika in.

Pieter was betrokke by die vertaling van die bybel en ander boeke en is tans weer besig

met ‘n boek. Die boeke word deur OM gedruk en versprei.

Die radio stasie in Mangochi is tans sterk op dreef. Die bestuurder en omroepers is

onder geweldige druk. Daar word druk deur die ander gelowiges uitgeoefen om ook

hulle programme en liefde uit te saai.

Pieter vertel dat hy onlangs een middag saam met kinders tussen die mielies gaan bid

het vir reen, Die aand ses uur het dit begin reen en 70 mm is aangeteken.

3.

Page 7: 2016/17 Jaarverslag 2018.pdf · 2018. 3. 15. · 40 En die Koning sal hulle antwoord: ‘Dit verseker Ek julle: Vir sover julle dit aan een van die geringste van hierdie broers van

4.

Met die ondersteuning van verskeie gemeentes was Tim en Jeanette vir 5 jaar

Miederpark se Sendelingpaar in Burundi. Daar het hy met groot onderskeiding

gekonsentreer op die toerusting van “bospredikers” om skrifgebaseerde leierskap aan

hul volgelinge te bied. Hierdie agtergrond het hom by uitstek toegerus om by sy

terugkeer na RSA die Veritas benadering plaaslik te volg om kerkleiers toe te rus met

teoretiese en praktiese vaardighede om hul gemeentes effektief te lei.

Die Veritas opleiding is in Australië geakrediteer as kurrikulim vir Universiteite

teneinde Teologiese studies tot by doktoraal vlak te vorder. Hoewel dit akademies van

aard is, is dit besonder geskik vir opleiding in sendingwerk.

Tim het ‘n aantal plaaslike kerkleiers toegerus sodat ‘n groep van 15 mans en vroue

onlangs hul gradeplegtigheid by Miederpark kerk kon beleef. Hierdie studente is tans

besig om die kursus verder te volg teneinde die M Div graad te verwerf. Ook ‘n verdere

groep leiers is reeds besig met hul tweedejaar studies en Tim oorhandig die taak nou

aan ‘n nuwe lektor.

Met Tim se akademiese en praktiese agtergrond was hy die ideale kandidaat om deur

Veritas Australië benut te word vir opleiding van kerkleiers, veral in die onbereikte

lande rondom die Midde-Ooste. Hoewel hy gebaseer gaan wees by ‘n plaaslike

gemeente naby Perth in Australië as hulle leraar, veral om “afgedwaalde” lidmate

terug te win – dus ‘n ware sending taak, gaan hy deur hulle kort periodes gegun

word vir uitreikwerk.

Ons gemeente het hom dus formeel uitgestuur om hierdie besondere werk vir die

Koninkryk te gaan doen, maar hy beplan om sy bande met Suid Afrika en ons

gemeente te behou. Ons bid hulle besondere seën toe vir hierdie taak.

Page 8: 2016/17 Jaarverslag 2018.pdf · 2018. 3. 15. · 40 En die Koning sal hulle antwoord: ‘Dit verseker Ek julle: Vir sover julle dit aan een van die geringste van hierdie broers van

OORSIG 2017 Alle eer aan die Here vir al die mense wat bereik kon word en vir die vrug wat daar was. Daar is met heelwat mense in die hospitaal gepraat en voor gebid wat Jesus Christus aangeneem het. Baie beraad en ’n pad mee gestap. Behalwe die uitdeel van die normale toiletware, lekkers, Bybels, geestelike lektuur en benodighede, het ek ook persone gehelp om ’n plakboek met bemoedigende stukkies en Bybelverse te maak. Die nodige is gefotostateer, aan hulle gegee om in te plak en hulle geleer om daaroor te mediteer. Wol is gekoop en een Saterdagoggend is dames wat onderskeidelik agt en vyf maande in die hospitaal was geleer en gehelp om “beanies” te hekel, wat aan Hospitaal personeel verkoop is.

WAAROM HOSPITAALWERK : Sodat God geëer en verheerlik word. Hoe meer genesings, hoe meer lof, eer en aanbidding kan tot God opgaan. Ek bedien mense omdat ek God leer ken het, en uit dankbaarheid vir Sy liefde en genade ‘n lewe van diensbaarheid en beskikbaarheid wil leef. Ek het geleer om na mense deur Jesus Christus se oë te kyk. Ek sien mense soos Jesus hulle sien...... Kosbaar vir God. Ook omdat die Woord van God my leer om nie net vir mense te bid nie Mat 24:39-40 39 Wanneer het ons U siek gesien of in die tronk en U besoek?’ 40 En die Koning sal hulle antwoord: ‘Dit verseker Ek julle: Vir sover julle dit aan een van die geringste van hierdie broers van My gedoen het, het julle dit aan My gedoen.’ Maar ook uit die Woord te bedien want dit is Koninkrykswerk : Mark. 16;15 “Gaan uit, die hele wêreld in, en verkondig die evangelie aan die hele mensdom” Ps.67;3 ….sodat sy dade oor die wêreld heen bekend mag word, sy reddende krag onder die nasies… Wie mag gaan: Elkeen wat die absolute sekerheid het dat hy deur Christus se verdienste, eiendom van die Lewende God geword het. Hy sal begryp dat die roeping en opdrag van die kind van God is, om hierdie kennis te deel, te bemoedig, te onderrig, te waarsku en uit te nooi. Ons opdrag is om te bid, bemoedig en te glo. Dit is God se werk om harte te verander en te genees. DROOM VIR 2018: Die Woord wat ek vir 2018 ontvang het was Protect (Guard) your heart.

Ek het geweet dit is nie net vir myself bedoel nie. Ek moet ander mense daarvan bewus maak en hulle daarin skool. Pred 4:23 Wees veral versigtig met wat in jou hart omgaan, want dit bepaal jou hele lewe. Eccl: 4:23 Above all else, guard your heart, for it is the wellspring of life. Gebroke Harte : Bring dikwels bitterheid voort en dit is waarteen ons, ons harte moet beskerm. Genesing : of dit fisies of emosioneel is, bly ’n proses. Daar is geen kits oplossing nie. Aanvaar jou pynsituasie, kyk dit in die oë maar moet dit ook nie vashou nie. Ons negatiewe emosies en pyngevoelens word deur Satan gebruik om ons verhouding met God

skade aan te doen en wil ons laat twyfel aan God se troue sorg en liefde. Moenie vir Satan ’n vatkans gee nie, vertel ons troue Vader met jou pyn en vra dat Hy jou moet genees.

5.

Page 9: 2016/17 Jaarverslag 2018.pdf · 2018. 3. 15. · 40 En die Koning sal hulle antwoord: ‘Dit verseker Ek julle: Vir sover julle dit aan een van die geringste van hierdie broers van

Veritas-opleiding in die Franssprekende wêreld 2017

Liewe Gemeente van Miederpark,

Die hoogtepunte van ons bediening die afgelope jaar was die volgende:

Frankryk

Vir die eerste keer lyk dit asof die opleiding in Frankryk van die grond af gekom het.

Verlede jaar was ek twee keer daar: die eertse keer in Januarie toe ek in ons

vakansiebesoek aan ons kinders in Engeland (wat hulle ook geborg het) verleng het om

ook ‘n paar dae by Johan Bloemhof in Parys te spandeer. Daar het ons ook opleiding

vir moontlike fasiliteerders vir Module 1 gegee. Daarna het ek weer in September gaan

opleiding gee. Hulle kon toe met ‘n groep van 20 deelnemers begin en hulle vorder

goed.

Johan Bloemhof bied Mod 1 in Parys, Frankryk aan. Dit is ‘n heel multikulturele gemeente.

Die groot winspunt vir my is dat Martin de Lange ook een van die fasiliteerders is wat

vir Johan Bloemhof help met die opleiding. Martin en sy vrou Petro is sendelinge wat

in 1993 in Turkye met sendingwerk begin het. Terwyl hulle in 2006 met verlof in SA

was, is van hulle medewerkers wreed vermoor deur fanatieke Moslems, en hulle is

verbied om terug te gaan. Na ‘n tydjie in Suid-Afrika het hulle gehoor van die sowat

800 000 Turke in Frankryk. Hulle moes toe Frans leer om in die land te oorleef, maar

hulle kon hul bediening in Turks voortsit. Martin het intussen huisgemeentes in ses

stede gevestig en die werk groei vinnig. Nou het twee van die gemeenteleiers in Parys

ook by hierdie opleiding ingeskakel. Ons is dus ook betroke by die uitreik na onbereikte

Turke in Frankryk.

6.

Page 10: 2016/17 Jaarverslag 2018.pdf · 2018. 3. 15. · 40 En die Koning sal hulle antwoord: ‘Dit verseker Ek julle: Vir sover julle dit aan een van die geringste van hierdie broers van

Bid asseblief vir die opleiding in Frankryk en spesifiek vir die toerusting van Turke om

die Goeie Nuus van Jesus se verlossingswerk na hulle eie mense te kan versprei.

Die Kongo

Die werk in veral die Brazzaville Kongo het die afgelope jaar sterk gegroei, direk as

gevolg van die besoek wat Jean-Blaise Mougani, ons medewerker in die Kaap, aan

Pointe Noire, waar hy by verskeie kerke Module 1 en 2 aangebied het. Die nood is baie

groot daar, en Jean-Blaise het die voorsprong dat hy die vier belangrike tale van die

land baie goed praat – want hy het daar grootgeword.

Ons wil graag hê dat hierdie werk moet voortgaan en die ideaal is dat Jean-Blaise en sy

vrou permanent na hulle geboorteland sal teruggaan om hierdie opleiding verder te

neem. Bid daarom vir gemeentes in Suid-Afrika wat dit as Sendingprojek sal neem om

hulle vir ‘n paar jaar daar te ondersteun.

Ander interessanthede van 2017 en wat 2018 inhou

Die afgelope jaar het ook heelwat interessanthede opgelewer. Behalwe vir gereelde

opleiding in die Strand, Khayelitsha en die Kaap, was daar ook hulp met opleiding aan

die Vrystaat en was ek in Vrede vir ‘n week, waar ek met opleiding van Zoeloe

kerkleiers gehelp het. Dan het ons in April ‘n weeklange konferensie vir al die lande

Suid van die Sahara waar Veritas aangebied word, in Zambië gehad. Daar was

verteenwoordigers van agt lande en ek moes ‘n Bybelstudie oor versoening lei. Dit was

‘n belewenis om met hierdie uiteenlopende groep gemeenteleiers saam in die Woord te

delf en eenvouding stom van verbasing te word as die Woord mense se harte

aanspreek.

Verder is daar ook vertaalprojekte met die opdatering van Moule 1 en 2 en die vertaling

van die handboek “How to interpret the Bible” wat geweldig tydrowend is.

2018 is ‘n totaal ander opset. Ek het ‘n beurs van Veritas vir al die klasgelde om hierdie

jaar die graad D. Min. (‘n praktykgerigte doktoraal) te voltooi en dit hou my reeds baie

besig. Die gevolg is dat ek die meeste ander werk vir ‘n jaar op ys moet sit. Dis egter nie

moontlik om alles te los nie, en dit vereis streng beplanning. Bid asb daarvoor!

Ten Slotte

Baie dankie vir julle voorbidding vir ons werk die afgelope jaar en dankie dat julle

steeds vir ons bid!

Seëngroete,

Dawie en Naomi de Wet

7.

Page 11: 2016/17 Jaarverslag 2018.pdf · 2018. 3. 15. · 40 En die Koning sal hulle antwoord: ‘Dit verseker Ek julle: Vir sover julle dit aan een van die geringste van hierdie broers van

8.

Lesotho Uitreik

Die Lesotho uitreik is daar klomp bediening wat gelyktydig plaas vind.

Daar was n perde bediening, Evangelisasie bediening, Jesus Film bediening &

bergfiets bediening.

Ons bediening bestaan uit verskillende bedieninge wat saam een bediening behels.

In elke bediening is daar mense (Champions) wat daardie bediening behartig en

sodoende vorm ons ‘n groot span.

Sending uitreike:

Lesotho

Swaziland

Botswana

Plaaslike gemeenskap

projekte:

Gevangenis bediening

Abraham Kriel

kinderhuis

Voedingsprojek

(Parys en Potch)

Gevangenis bediening:

Ons is betrokke by die

mans sowel as by die

vroue afdeling.

Daar word by die vroue

afdeling weeklikse

bybelstudie gehou as

ook weekliks word daar

kuns klasse aan gebied.

Abraham Kriel

Kinderhuis

Ons kinderhuis

bediening het gegroei van

1 huis na 3 huise.

Voedings Projek – Parys

Voedingsprojek saam

met Befenyi – Potch

Sending Uitreike

Botswana

Ons het uitgereik na

Jerry in Botswana.

Dit was saam met

studente en het n goeie

tyd saam met Jerry

gehad.

Page 12: 2016/17 Jaarverslag 2018.pdf · 2018. 3. 15. · 40 En die Koning sal hulle antwoord: ‘Dit verseker Ek julle: Vir sover julle dit aan een van die geringste van hierdie broers van

Miederpark Gemeente is besonder bevoorreg om te kan meemaak aan die geestelike

werk by die Potchefstroomse Gevangenis. Hierdie werk word gedoen deur ‘n aantal

kerke uit die gemeenskap en sluit onder meer in die plaaslike Imam wat die Moslem

gevangenis [mans] bedien. Die samewerking tussen die geestelike werkers is besonder

goed en daar was reeds ‘n byeenkoms, deur die Gevangenis personeel gereël, om

gemeenskaplike sake te bespreek.

Miederpark se span [2 mans en 2 vroue] konsentreer op verhoor-afwagtendes, en

hoewel die toehoorders baie wissel soos hul sake afgehandel word, of nuwes bykom, is

hulle besonder ontvanklik vir opbouende inligting wat nie net Bybelstudie is nie maar

ook konsentreer op lewensvaardighede. Die oogmerk daarvan is om hulle reg ingestel te

kry vir wanneer hulle terugkeer in die samelewing.

Die vroue groep wissel tussen 8 en 10 en die mans tussen 13 en 18 gevangenis.

Huidiglik bied die vroue werkers die Nuwe Testament geskiedenis aan terwyl die mans

ingelei word in die Ou Testament.

Deelname aan besprekings wissel van dag tot dag, van spontaan tot passief. Hoewel

geskrewe materiaal beskikbaar gestel is, word geensins voorbereiding gedoen vir lesse

nie. Ook Bybels is versprei en word gebruik tydens die lesse. Daar word tog van tyd tot

tyd persoonlike probleme voorgelê en bespreek en toehoorder deelname daaraan is heel

positief.

Lesse op Maandae bly ‘n probleem met slegs een Geestelike Ko-ordineerder om toegang

tot die mans te kry aangesien elke tweede Maandag ‘n afdag is en geen ander begeleier

beskikbaar is nie.

Toestemming is verkry om die gemeente toe te spreek teneinde werwing te doen sodat

die opleiding op aflos basis gedoen kan word.

Dit sal geskied wanneer die oggend erediens

program nie te vol is nie.

Intussen word gemeentelede versoek om die

bediening in te sluit in hul gebede – vir die

geestelike lewens van gevangenis, die werk self

en die beskikbaarheid van nuwe werkers.

Skakel Piet Terblanche by

082 905 7894 indien jy wil betrokke

raak. 9.

Page 13: 2016/17 Jaarverslag 2018.pdf · 2018. 3. 15. · 40 En die Koning sal hulle antwoord: ‘Dit verseker Ek julle: Vir sover julle dit aan een van die geringste van hierdie broers van

2017 was vir ons ‘n baie vol, besige en geseënde jaar gewees!

Sannie Van Niekerk het elke week vir ons Sondagskoollesse uitgewerk en ons vier

evangeliste het die lesse met ywer aangebied. Die Jesus film is by twee geleenthede

gewys en die kinders wil elke Sondag net weet wanneer die film weer gewys gaan word.

Die jeug van Miederpark gemeente het ons een Sondagoggend kom besoek en al die

kinders het dit baie geniet. Daar is ook einde verlede jaar vir die kinders ‘n

Sondagskool piekniek gehou by Miederpark gemeente. Die kinders is met vragmotors

van die plase af vervoer en dit was vir hulle een groot avontuur. Kinders van die

Tshepisong gemeente het ook die dag saam met ons kom kuier. Daar was

springkastele gewees vir die kinders en Ds. Okkie en van sy jeugleiers het water

speletjies kom aanbied vir die kinders. Die piekniek was weereens ‘n groot sukses

gewees en ons wil vir Johan, Nielen en Grobbie bedank vir hulle bydraes. Ons wil ook

baie dankie sê aan almal wat betrokke was by die piekniek.

Wat is ons vooruitsig vir die nuwe jaar:

Ons moet mense kry wat kan help met die aanbied van lesse. Ons sal graag skofte

wil werk as daar genoeg helpers is.

Ons wil Miederpark se jeug meer betrokke kry by die plaassending. Die

plaaskinders geniet dit baie as die jeug hulle kom besoek.

Ons wil Miederpark se filmspan meer gebruik vir film vertonings.

Ons beoog om Ikageng se gemeente te besoek en ons wil hulle ook nooi om by ons

op die plase te kom kuier.

Ons wil ook graag hierdie jaar winterklere

uitdeel op die plase.

En natuurlik ons groot hoogtepunt….die

Sondagskool piekniek aan die einde van die

jaar.

Ons vra almal se voorbidding vir die werk op die

plase. Indien julle op een of ander manier

betrokke wil raak, kan julle my (Andrie De Beer)

gerus kontak by 083 225 6485. 10.

Page 14: 2016/17 Jaarverslag 2018.pdf · 2018. 3. 15. · 40 En die Koning sal hulle antwoord: ‘Dit verseker Ek julle: Vir sover julle dit aan een van die geringste van hierdie broers van

Ons verwelkom Johan en Enna Dames!

Ons is opgewonde oor die nuwe sendelingpaar , Johan en Enna Dames wat

op 18 Maart 2018 Miederpark besoek. Gedurende Julie 2017 het

Andrie de Beer en ds Willem, saam met Pieter Loots verskillende

sendelinge in die Noorde van Mosambiek besoek. Na hul terugkeer het die

sendingbestuur besluit om hulle as sendingpaar te nooi, met die oog op

moontlike toekomstige ondersteuning.

Johan en Enna Dames werk onder die Namau volk, in Mosambiek, net

Noord van Pemba . Die bediening word deur verskeie gemeentes en

vennote ondersteun en die koördineerder van die bediening, is Alta

Coetzee. Miederpark sal as die jongste ondersteunende gemeente ook graag

by die bestaande span wil inskakel . Wille Jacobs sal in ons gemeente as

gebedskoördineerder vir Johan en Enna optree en hul by die

sendingbestuur verteenwoordig. As u deel van hul gebedspan wil word,

skakel asb. vir Willie by 082 376 6129

11.

Dorpie Namau waar Johan en Enna

Page 15: 2016/17 Jaarverslag 2018.pdf · 2018. 3. 15. · 40 En die Koning sal hulle antwoord: ‘Dit verseker Ek julle: Vir sover julle dit aan een van die geringste van hierdie broers van

12.

Wat maak jy met God se roeping?

Stephan van Staden is ʼn lidmaat van Miederpark wat bewus geword het

van God se roeping in sy lewe. Hy het aangemeld by die sendingbediening

en die keuring geslaag om as evangelis opgelei te word. Die sendingbestuur

gebruik jaarliks ʼn deeltjie van die sendinggeloofsoffer om nuwe lande te

ploeg. Onder toesig van ds. Willem, ontvang Stephan nou geleidelik

blootstelling en indiensopleiding met die doel om hom toe te rus as

volwaardige evangelis.

Hy deurloop tans verskeie kursusse, waarin hy deeglik geëvalueer word en

na suksesvolle voltooiing daarvan, ook ʼn sertifikaat ontvang. Deel van sy

blootstelling vanjaar is praktiese werk in die gevangenis, op plase, in

Ikageng, asook uitreike na Malawi en Botswana. Daar lê nog ʼn lang pad

voor, maar die uiteindelike doelwit is om Stephan eendag as volwaardige

evangelis uit te stuur na ʼn gebied waar die nood groot is.

Dankie vir u bydraes aan die sendinggeloofsoffer fonds wat hierdie

opleiding moontlik maak. Hou asseblief ook vir Stephan in u gebede.

Page 16: 2016/17 Jaarverslag 2018.pdf · 2018. 3. 15. · 40 En die Koning sal hulle antwoord: ‘Dit verseker Ek julle: Vir sover julle dit aan een van die geringste van hierdie broers van

Die sendingkantoor het aangebied om die

administratiewe hoofkantoor vir die Potchefstroom

kerkleier (PCL) forum te wees. Die

sendingbediening beskou dit as ʼn voorreg om op

hierdie wyse ʼn verskil in die stad te help maak.

PCL het in 2017 ontstaan, na ʼn roeping wat ds

Willem op 24 April 2017 in sy binnekamer van die

Here ontvang het om die stad se kerkleiers byeen te

bring. Vanuit hierdie moment het ʼn spontane

beweging onder kerkleiers regoor die stad plaasgevind wat op 17 September 2017

uitgeloop het op ʼn gesamentlike biddag in die Olënpark Stadion. Hierdie biddag is

georganiseer deur “Its Time Potch”, wat uit verskeie rolspelers bestaan het, bv. die

Potch/Tlokwe sakekamer, gemeenskapsleiers, stadsraad, NWU, SAPS, SADF, PCL en

verskeie radiostasies en koerante in die omgewing.

PCL is ‘n forum wat inklusief ‘n tuiste bied vir alle Christelike kerkleiers/ kerke in

Potchefstroom. Om koste te spaar word die administrasie van hierdie forum vanuit die

sendingkantoor gedoen. Ds Willem tree tans op as die voorsitter en koördineerder van

PCL en help om die forum te vestig.

Die sendingkantoor help om ʼn deeglike administrasie en kommunikasie stelsel vir PCL

op te rig. Die Forum het hul eie facebook blad en is ook in proses om hul eie webblad te

skep.

Vanuit hierdie nuwe Forum kan kerkleiers formeel skakel met alle belange groepe wat

wil saamwerk om behoeftes in die stad aan te spreek. Die forum het ook sy eie

gebedsnetwerk.

Die afgelope tyd word ervaar hoe die Here nuwe deure vir PCL oopmaak en hoe

Christen leiers oor grense heen

saamwerk om die Koninkryk van

God te dien. Dit is vir die

sendingkantoor ʼn geweldige

voorreg om administratiewe

ondersteuning aan PCL te verleen.

Ons glo dat ons met hierdie skuif

binne die wil van die Here beweeg

en op die wyse kan meewerk om

die Koninkryk van God plaaslik te

dien.

Ds Willem

13.

Page 17: 2016/17 Jaarverslag 2018.pdf · 2018. 3. 15. · 40 En die Koning sal hulle antwoord: ‘Dit verseker Ek julle: Vir sover julle dit aan een van die geringste van hierdie broers van

14. SONDAGSKOOL LOKAAL

Botswana uitreike is een van die oudste aksies in die Sending bediening.

Oorspronklik het dit ontstaan as Jesus film uitreike in die vroeë negentigs.

Na Miederpark ‘n sendeling uitgestuur het na Botswana wat voltyds daar

werk het die Botswana uitreike ontstaan apart van die Jesus film uitreike

en Botswana sending.

Die doel van Botswana sending uitreike is om die sendeling in Botswana

te ondersteun in sy behoeftes in sy werk en sy persoonlike behoeftes om

die Here se opdrag om Dissippels te maak, te gehoorsaam en uit te voer.

Matteus 28:19-22.

Uitreike word gereël volgens wat die onmiddelike behoefte van die

sendeling is. Daar word byvoorbeeld vir die sendeling gehelp om die nodige

geestelike materiaal te bekom, bou materiaal indien nodig, finansies,

asook bygestaan deur morele ondersteuning, ens.

Met die 2016 uitreik het die groep die kerkie se dak kom opsit. Met die

laaste uitreik in 2017 het die groep gaan help om die Sondagskoollokaal se

dak op te sit en saam die sendeling geestelik te verkeer. Die groep het

bestaan uit: Louwtjie en Eljo vd Walt, Olaf Straus, sy vrou Laurette, en

kinders: Cobe, Isabel, Laurette, Crowley. Francois Haarhoff en Grobbie

Grobler.

Louwtjie vd Walt en Louwrens Scheepers is in beheer met die reëlings van die uitreike wat gewoonlik met die Oktober vakansie plaasvind.

Page 18: 2016/17 Jaarverslag 2018.pdf · 2018. 3. 15. · 40 En die Koning sal hulle antwoord: ‘Dit verseker Ek julle: Vir sover julle dit aan een van die geringste van hierdie broers van

ʼn Verkennings ekspedisie…

Die laaste uitreik na Pieter in Malawi (Julie 2017), was baie meer as bloot ʼn

tradisionele uitreik. Die doel van die drie weke uitreik was om Pieter (ons

sendeling in Malawi) te besoek en hom dan saam te neem op reis na die

noordelike dele van Mosambiek. Sodoende kon ons spreekwoordelik twee vlieë

met een klap slaan. Die lang reis sou meebring dat ds Willem en Andre

(sendingbestuur) vele sake rustig met Pieter kon bespreek. Terselfdertyd sou die

ekspedisie kon vasstel hoe die uitdra van die evangelie in die noordelike deel van

Mosambiek vorder. Al die sendelinge sou opgesoek word. Baie van hierdie

sendelinge is ou vriende wat Pieter destyds mee oor die radio gesels het, maar

weens moeilike paaie, kon hy nie daar uitkom nie. Pieter het uitgesien na hul

ontmoeting. Hy sou ook kennis kon opdoen van daardie sendelinge se

sendingmetodiek)

Die uitreik is terselfdertyd gebruik om vas te stel waar ondersteuning nodig is en

of ons hulpbronne kan aanbied. Een van die sending akkers wat spesifiek

ondersoek sou word, was die van Johan en Enna Dames wat ʼn bediening gehad

het onder die Mwani en Makua volk, Noord van Pemba by Namau en Shogo.

Hierdie was beslis nie ʼn uitreik vir beginners nie. Ons het met ʼn 4x4

dubbelkajuit bakkie met ʼn tawwe “offroad” sleepwa en ʼn National Luna vrieskas

met battery laai stelsel. Die pad aangedurf. Die paaie was in sekere gedeeltes

uiters swak. (ʼn gedeelte van ʼn pad is vanaf die destydse oorlog in Mosambiek net

in die bos oop gery en het nog nooit ʼn skraper gesien nie!) Soms het ons ʼn

daglank aan 300km gery. Ons het bykans elke aand tent opgeslaan en in die

oggend weer kamp afgebreek. Wanneer ons by ʼn sendeling kon oornag, was dit

heerlik om nie tent op te slaan nie! Ons het tot teen die Tanzaniese grens

beweeg. Die veld was ons leefwêreld. Sommige dele was so afgesonderd dat ons

bly was as om lewe sien. In stedelike gebiede was dit weer uiters gevaarlik. Die

Here het ons daagliks versorg! Die uitkoms van die verkennende reis is dat na

vele gebede en gesprekke, die sendingbediening besluit het om voortaan vir

Johan en Enna Dames as sendelinge te ondersteun. In Maart 2018 sal die

gemeente hul DV amptelik ontmoet.

15.

Page 19: 2016/17 Jaarverslag 2018.pdf · 2018. 3. 15. · 40 En die Koning sal hulle antwoord: ‘Dit verseker Ek julle: Vir sover julle dit aan een van die geringste van hierdie broers van

16.

Reeds vanaf November 2017 het die NG Miedepark gemeentelede

geleentheid gehad om emmers vol te maak met bederfgoed vir die Sending

Aksie se jaarlikse “Emmers vol Liefde” projek.

20 Emmers is na VGK geneem om uitgedeel te word aan wie dit die

nodigste het, terwyl ons gemeente se eie Noodbankers met 30 emmers vol

verrassings bederf is op Woensdag, 6 Desember 2017 tydens ‘n hul

jaarlikse kuieroggend waartydens hulle by keurig gedekte tafels aangesit

het vir ‘n heerlike ete, aangebied deur die Noodbank helpers.

Aan die einde van die oggend se verrigtinge is die emmers, wat voor in die

lokaal opgestapel was om ‘n moderne “kersboom” voor te stel, uitgedeel.

Die Emmers vol Liefde is elke jaar ‘n hoogtepunt in ons noodbankers se

jaar, en daar word met groot opgewondenheid uitgesien na hierdie

omgee-geskenke.

As barmhartigheidsdiaken wil ek namens my span helpers baie dankie sê

en u verseker dat hierdie projek van die Sending Aksie veel bydra tot ons

minderbevoorregtes in die gemeente se kersvreugde.

Page 20: 2016/17 Jaarverslag 2018.pdf · 2018. 3. 15. · 40 En die Koning sal hulle antwoord: ‘Dit verseker Ek julle: Vir sover julle dit aan een van die geringste van hierdie broers van

Elke jaar ontvang manne die geleentheid om ʼn kursus oor Vaderskap in

Miederpark by te woon. Hier deel ons met mekaar alles wat ʼn pa moet weet oor

die opvoeding van sy kinders. Ons begin by die wonde wat ons as manne

moontlik self in ons verlede opgedoen het en kry geleentheid om eers daarvan

bevry te word. Daarna begin ons werk om die vader figuur te word wat ons

behoort vir ons huisgesin behoort te wees.

Statistiek toon dat afwesige pa’s ʼn geweldige invloed op hul kinders het. 63% van

selfmoord gevalle kom uit vaderlose huise. 80% van verkragters kom uit

vaderlose huise. 70% van jong gevangenes kom uit vaderlose huise. 85% van

kinders met gedragsprobleme kom uit vaderlose huise en 90% van straatkinders

kom uit vaderlose huise. Iemand het gesê dis maklik om ʼn man te wees maar

om ʼn goeie pa te wees verg harde werk en toewyding. Dit is om hierdie rede dat

ons sending/ getuienisbediening graag manne wil bemagtig om goeie pa’s vir hul

kinders te wees.

Die versoek het egter vanjaar gekom dat die kursus vir beide pappas en

mammas tegelyk aangebied moet word. So het ds. Willem dan vanjaar die

bediening se eerste ouerskap-kursus oor ses opeenvolgende Dinsdagaande

aangebied. Elke persoon wat hierdie kursus bywoon, word bemagtig om sy

verantwoordelikheid as ouer beter te verstaan en sy opvoedkundige rol meer

effektief te vervul.

Vrouebediening: Sannie van Niekerk het tot onlangs ʼn baie mooi bediening vir

vroue aangebied. Behalwe die bybelstudies wat sy hanteer het, was daar ook

geleentheid vir vroue om op gereelde basis Woord in Aksie vrouekampe in

Pretoria by te woon. Die vervoerkoste na en van die kampe is dan deur

Miederpark se getuienisbediening gedra om die

kampe goedkoop aan te bied. Sannie het nou

weens gesondheidsprobleme die bediening

gestaak.

Ons is tans opsoek na manne of vroue wat

bereid is om ons te kom help met die

bediening van manne, vroue/ enkelouers.

Statistiek sê dat daar vandag vir elke een

gesonde huisgesin: 6 enkelouer gesinne, 3

disfunksionele gesinne, en 2 wees kinders is.

Die nood is groot! Skakel asb. ons kantoor as

u belangstel om te help met hierdie kosbare

bediening. 17.

Page 21: 2016/17 Jaarverslag 2018.pdf · 2018. 3. 15. · 40 En die Koning sal hulle antwoord: ‘Dit verseker Ek julle: Vir sover julle dit aan een van die geringste van hierdie broers van

Tshepisong gemeente wil rotsvaste getuies vir God wees.

Miederpark stap nou al ʼn lang pad saam met die VGK gemeente in

Tshepisong (uitbreiding 6). In die negentiger jare toe die gebied net uit

informele sink huisies bestaan het, het ds. Willem met behulp van die

Potch Nuwe Begin Sentrum, hierdie kerkgeboutjie kontant gebou en toe

aan die Verenigende Gereformeerde kerk geskenk. Die NG gemeentes in

Potch het baie jare later die geboutjie help vergroot. Die kerkgebou was tot

nou slegs ʼn tweede bedieningspunt van die bestaande VGK gemeente in

uitbreiding 7 van Ikageng.

Soos die tyd aanstap het die Tshepisong gemeente beleef dat die bediening

by hulle afgeskeep word. Hulle wou graag hul eie gemeente hê. Die

spanning het later tussen uitbreiding 6 en 7 vergroot. Die lidmate van

uitbreiding 6 het aansoek gedoen by die VGK ring om onafhanklik te word.

Die VGK ring het hulle voor n toets geplaas om eers R50 000 binne ‘n jaar

in te samel. Dit het die lidmate gemotiveer. Hulle het binne ʼn jaar R70 000

ingesamel. Dit was iets wat niemand gedink het moontlik was nie! Hoewel

dit steeds te min is om hul eie leraar te bekostig, het die ring afstigting

goedgekeur. Die afstigting vind DV op Saterdag 14 April 2018 plaas.

Die gemeente wil hul naam graag verander na “Rots” (Lehika)

Miederpark ontferm hulle steeds oor Tshepisong gemeente. Ons help die

kerkraad met opleiding, die borg van kategese-materiaal, en verleen hulp

waar ons kan. Ons help hulle ook jaarliks met die grafiese ontwerp en

druk van hul jaarkalender. Fanie van Niekerk is tans die skakelpersoon op

ons sendingbediening, met die gemeente van Tshepisong (Lehika). Bid asb

vir hierdie gemeente. 18.

Ons gemeente se jeugbediening besoek VGK Tshepisong gemeente

Page 22: 2016/17 Jaarverslag 2018.pdf · 2018. 3. 15. · 40 En die Koning sal hulle antwoord: ‘Dit verseker Ek julle: Vir sover julle dit aan een van die geringste van hierdie broers van

Elke jaar gedurende die Herfs, begin ons klere en komberse insamel om

gedurende die Winter maande die armste onder die armes te ondersteun.

Ons insameling word jaarliks geloods onder die slagspreuk “Komberse en

klere met liefde”.

Die begin van die 2017 seisoen het ʼn onverwagse wending geneem met die

Knysna brande. As gevolg van die geweldige nood in die Knysna omgewing

het ons besluit om ons energie en krag by die nasionale poging in te ploeg.

Die gevolg was dat Miederpark se gebouekompleks die versamel punt vir

voorrade uit Klerksdorp en Potchefstroom en omliggende dorpies geword

het. Ds Willem was een van die projekleiers en het as koördineerder van

die verpakkingsafdeling opgetree. Ons is dankbaar oor talle vrywilligers

wat uit die gemeenskap hulpverleen het. DHL het met die aanry van

voorrade na Miederpark gehelp.

19.

Page 23: 2016/17 Jaarverslag 2018.pdf · 2018. 3. 15. · 40 En die Koning sal hulle antwoord: ‘Dit verseker Ek julle: Vir sover julle dit aan een van die geringste van hierdie broers van

Verskillende sleutel rolspelers in die gemeenskap het saamgewerk en voorrade

na ons kerksaal gebring. Hier is tonne voorrade klere ontvang en weer herverpak

in kategorieë vir mans en dames met subkategorieë: bv. babaklere, kinderklere,

tienerklere, klere vir volwassenes ens. Tonne voorrade komberse, nie bederfbare

voedsel, seep, tandepasta, gebottelde water, ens. is gesorteer en herverpak. Wat

ons opgeval het, is dat baie klere en komberse splinternuut aangekoop was en

geskenk is! Dit was ʼn aangrypende gesig om te sien hoe ʼn hele gemeenskap hul

hart oopmaak vir mense in nood!

Kartonhouers is deeglik gemerk met ʼn aanduiding van die inhoud en dan

verseël. Hoë sekuriteitsmaatreëls is gehandhaaf terwyl voorrade geberg en

hanteer is. Talle maatskappye het verpakkingsmateriaal geskenk en werkers

gestuur om die voorrade te help hanteer. Tot studente het kom help! Uiteindelik

was dit een van die grootste noodhulpprojekte uit die hele gemeenskap van

Noordwes, wat binne een week afgehandel is. Leon van Vuuren het ʼn interlink-

vragmotor geborg wat 36 ton voorraad gelaai het en gratis tot by die rampgebied

geneem het.

Agterna kon ons met nog voorrade wat uit die gemeente gekom het, steeds ons

jaarlikse hulp verleen aan plaaslike behoeftige mense. Nogmaals dankie vir u

liefde en omgee vir u medemens.

Baie dankie aan elkeen wat jaarliks hulpverleen. Dankie dat u bereid is om u

hart wyd oop te maak en al u ou klere en komberse vir ons te skenk. Ons

probeer altyd eers ons noodbank-voorrade

vir ons gemeente se behoeftiges aanvul,

waarna ons ook behoeftiges in die

gemeenskap ondersteun. Ons gaan

vanjaar weer klere en komberse insamel.

Wees verseker dat u hulpverlening baie

mense wat niks het nie, aan die lewe hou.

20.

Page 24: 2016/17 Jaarverslag 2018.pdf · 2018. 3. 15. · 40 En die Koning sal hulle antwoord: ‘Dit verseker Ek julle: Vir sover julle dit aan een van die geringste van hierdie broers van

Bankbesonderhede

Sending Geloofsoffer

ABSA

Rek: 405 041 9146

Tak: 632 005

Ondersteun die

sendinggeloofsoffer deur ‘n

maandelikse debietorder te teken. Deur

middel van u bydrae, kan ons God se

Woord verder verkondig.

Kontak besonderhede:

(018) 294 6900

071 569 2086

Epos: [email protected]

Facebook: NG Miederpark Sending

Die finansiële verslae word maandeliks aan die

sendingbestuur voorgelê en is ter insae by die

sendingkantoor beskikbaar.