222.1: 2..11:: .1: VoedselgroepeVoedselgroepeVoedselgroepe (bl. … · 2019-02-13 · Mense en...

16
Onderwerp 2: Voedingstowwe in kos en voeding GR6 NWT K1-O2 Opsommings 1 Kopiereg © www.summaries.co.za (DO NOT COPY) 2 2 2.1: .1: .1: .1: Voedselgroepe Voedselgroepe Voedselgroepe Voedselgroepe (bl. (bl. (bl. (bl. 12 12 12 12- - -2 2 20 0 0) ) ) ) Sleutelwoorde: Koolhidrate ‘n Voedselsoort wat energie aan lewende organismes gee Proteïne ‘n Voedselgroep wat benodig word vir groei en om die liggaam te herstel Vette en olies ‘n Voedselsoort wat groot hoeveelhede energie aan die liggaam voorsien Vitamiene en minerale Deel van kos wat benodig word om die liggaam reg te laat werk Voedselgroepe Die hoofsoorte kos Onderwerp 2: Voedingstowwe in kos en voeding GR6 NWT K1-O2 Opsommings 2 Kopiereg © www.summaries.co.za (DO NOT COPY) Immuunstelsel ‘n Stelsel in die liggaam wat dit beskerm teen kieme en siektes Natrium Sout Versadigde vette Kom hoofsaaklik in dierevette soos vleis en botter voor Dieet Die verskillende kosse wat ‘n mens of dier elke dag eet Vesel Kos wat nie verteer is nie, maar help om van die uitskot uit die verteringstelsel ontslae te raak Voedingstof Die belangrike deel van kos wat die liggaam nodig het vir energie en gesondheid

Transcript of 222.1: 2..11:: .1: VoedselgroepeVoedselgroepeVoedselgroepe (bl. … · 2019-02-13 · Mense en...

Onderwerp 2: Voedingstowwe in kos en voeding

GR6 NWT K1-O2 Opsommings 1

Kopiereg © www.summaries.co.za (DO NOT COPY)

2222.1: .1: .1: .1: VoedselgroepeVoedselgroepeVoedselgroepeVoedselgroepe (bl. (bl. (bl. (bl. 12121212----22220000) ) ) )

Sleutelwoorde:

Koolhidrate ‘n Voedselsoort wat energie aan

lewende organismes gee

Proteïne

‘n Voedselgroep wat benodig word

vir groei en om die liggaam te

herstel

Vette en olies

‘n Voedselsoort wat groot

hoeveelhede energie aan die

liggaam voorsien

Vitamiene en

minerale

Deel van kos wat benodig word om

die liggaam reg te laat werk

Voedselgroepe Die hoofsoorte kos

Onderwerp 2: Voedingstowwe in kos en voeding

GR6 NWT K1-O2 Opsommings 2

Kopiereg © www.summaries.co.za (DO NOT COPY)

Immuunstelsel ‘n Stelsel in die liggaam wat dit

beskerm teen kieme en siektes

Natrium Sout

Versadigde

vette

Kom hoofsaaklik in dierevette soos

vleis en botter voor

Dieet Die verskillende kosse wat ‘n mens

of dier elke dag eet

Vesel Kos wat nie verteer is nie, maar

help om van die uitskot uit die

verteringstelsel ontslae te raak

Voedingstof Die belangrike deel van kos wat die

liggaam nodig het vir energie en

gesondheid

Onderwerp 2: Voedingstowwe in kos en voeding

GR6 NWT K1-O2 Opsommings 3

Kopiereg © www.summaries.co.za (DO NOT COPY)

Die hoofvoedselgroepe en hulle funksiesDie hoofvoedselgroepe en hulle funksiesDie hoofvoedselgroepe en hulle funksiesDie hoofvoedselgroepe en hulle funksies

Lewende dinge moet almal eet om energie te kry om die sewe lewensprosesse

uit te voer – naamlik eet, asem te haal, te beweeg, groei, uit te skei, dinge waar

te neem en voort te plant.

Mense en diere kry hul energie van die kos wat hulle eet.

Alles wat jy eet, bevat voedingstowwe.

Voedingstowwe is die stowwe in kos wat jou liggaam gesond hou.

Kos word gegroepeer op grond van die funksies wat hulle in die liggaam vervul

en die hoofvoedingstowwe wat hulle voorsien.

Koolhidrate

Koolhidrate gee energie aan lewende

organismes.

Dit word deur die liggaam gebruik om

dit warm te hou en om al die energie te

voorsien om te groei en beweeg.

Sonder koolhidrate sal ons te moeg

wees om te loop, hardloop, dans of dink.

Die twee hoofkoolhidrate wat ons eet is

suiker en stysel.

Ons kry suiker in vrugte en produkte soos konfyt en koeldranke.

Suiker gee ons liggame vinnige energie.

Ons het nie nodig om baie suikkerryke kosse te eet nie – dit het nie al die

belangrike voedingstowwe wat ons liggame nodig het nie.

Ons kry stysel in kos soos mieliepap, aartappels, rys, en party vrugte.

Stysel gee jou stadige energie sodat dit langer hou.

Stysel is die mees algemene soort koolhidraat in ons dieet.

Omtrent 60% van ons kos is koolhidrate.

Groen plante maak kos in die vorm van stysel deur fotosintese.

Stysel is ‘n voedselsoort wat plante soos aartappels in hulle sade en wortels

stoor.

Onderwerp 2: Voedingstowwe in kos en voeding

GR6 NWT K1-O2 Opsommings 4

Kopiereg © www.summaries.co.za (DO NOT COPY)

Proteïne

Lewende organismes

benodig proteïne om

hulle liggame te bou

en te herstel vir

groei.

Dit help ook lewende

dinge om siektes te

beveg.

Dit help jou

immuunstelsel om

infeksies te beveg.

Jou immuunstelsel beskerm jou liggaam teen siektes en help jou om te herstel

as jy siek was.

Dit vorm deel van rooibloedselle uit wat die suurstof van jou longe na die res

van jou liggaam toe neem.

Die voedingstowwe in die proteïngroep help kinders om te groei.

Spiere en organe bestaan hoofsaaklik uit proteïne.

Proteïne is deel van alles in ons liggame, soos bene, hare, vel en naels.

Dit is belangrik om proteïne van ‘n verskeidenheid kosse, soos vleis, vis, eiers,

neute en boontjies te kry.

Proteïne gee die liggaam krag en is belangrik vir die ontwikkeling van spiere.

Onderwerp 2: Voedingstowwe in kos en voeding

GR6 NWT K1-O2 Opsommings 5

Kopiereg © www.summaries.co.za (DO NOT COPY)

Vette en olies

Vette en olies gee energie

aan lewende organismes.

Dit gee meer energie as

enige ander

voedselsoort.

Hulle stoor enegie in die

vorm van liggaamsvet.

Die liggaamsvette vorm

die beskermende lagies

binne in die liggaam om die organe te beskerm en om sekere diere warm te

hou.

Kos soos neute, avokadopere, sardiens en margarien bevat almal gesonde

vette.

Olies is vloeibare vette wat van plante en vis gemaak is en voorsien belangrike

voedingstowwe.

Vleis, sjokolade, koek en kookvet bevat versadigde vette wat nie ‘n gesonde

soort vet is nie.

Dit is gesonder om vette en olies van plante en vis te eet.

Ons kan toets of kos vette of olies bevat, deur van die kos op bruin papier te

vryf, en te sien of die deursigtige vlek op die papier later verdwyn of nie.

Onderwerp 2: Voedingstowwe in kos en voeding

GR6 NWT K1-O2 Opsommings 6

Kopiereg © www.summaries.co.za (DO NOT COPY)

Vitamiene en minerale

Vitamiene en minerale is ander belangrike stowwe wat ons kry van die kos wat

ons eet.

Dit werk saam met koolhidrate, proteïne en vette om ons liggame te help om

normaal te ontwikkel.

Ons liggame benodig vitamiene en minerale om sterk tande en bene te bou,

om goeie sig te ontwikkel en om ‘n gesonde immuunstelsel te hê.

Die immuunstelsel beveg kieme en keer dat ons siek word.

Vita-

mien

Funksie Voedsel wat die vitamien

bevat

A Help jou om in die nag te sien;

Help jou liggaam om infeksies te beveg

Wortels, pampoen, botter,

lewer

B Gee energie, proteïne en

rooibloedselle en baie ander funksies

Graankosse, bruinrys, vleis,

groente

C Help om infeksies te beveg Groen groente, lemoene,

koejawels

D Help om bene sterk te maak Margarien, eiers, ons liggame

maak dit in sonlig

E Beskerm die vel Spinasie en ander groen

blaargroentes, wortels,

avokadopere, botter

K Help om bloeding te stop Spinasie, brokkolie en ander

donkergroen groente

Mineraal Funksie Voedsel wat die mineraal bevat

Kalsium Maak tande en bene sterk Suiwelprodukte soos melk,

jogurt en kaas, groen

blaargroentes

Yster Help om rooibloedselle te maak

wat suurstof in die liggaam

vervoer en gee jou energie

Rooi vleis, lewer, groen

blaargroente, boontjies

Sink Help jou groei Vleis, vis en pluimvee (hoender

en ander voëls)

Onderwerp 2: Voedingstowwe in kos en voeding

GR6 NWT K1-O2 Opsommings 7

Kopiereg © www.summaries.co.za (DO NOT COPY)

Marog

Marog is ‘n dis wat van die blare van

‘n groep inheemse groente wat in

verskillende dele van Suid-Afrika

groei, gemaak word.

Marog is baie dieselfde as spinasie.

Die plante waarvan marog gemaak

word, groei maklik op plekke waar

ander groente sukkel om te groei.

Marogplante het baie min water of

kunsmis nodig.

Die blare voorsien waardevolle proteïne en vitamiene A.

Hulle bevat ook baie minerale soos yster en kalsium.

Onderwerp 2: Voedingstowwe in kos en voeding

GR6 NWT K1-O2 Opsommings 8

Kopiereg © www.summaries.co.za (DO NOT COPY)

Die voedingswaarde van kos

Die meeste natuurlike kos bevat ‘n mengsel van meer as een voedingstofgroep.

Geen enkele kossoort voorsien al die voedingstowwe wat ons vir ‘n gesonde

lewe nodig het nie.

Dit is beter om elke dag ‘n mengsel van kosse te eet wat ryk is aan

voedingstowwe.

Voedingryke kos is kos wat baie voedingstowwe het, maar min kalorieë het.

Kalorieë vertel jou hoeveel energie jy inkry van een porsie kos.

As ons nie die energie opgebruik nie, word dit as vet in ons liggame geberg.

Kos wat in pakkies, blikkies en houers verkoop word, het voedingsfeite-etikette

op, wat jou meer van die voedingswaarde van daardie kos vertel.

Onderwerp 2: Voedingstowwe in kos en voeding

GR6 NWT K1-O2 Opsommings 9

Kopiereg © www.summaries.co.za (DO NOT COPY)

Die voedingswaarde van geprosesseerde kos

Rou kosmateriaal van plase of die see af kan geprosesseer word om kos te

maak wat langer hou.

Geprosesseerde kos bevat gewoonlik meer natrium (sout), vet en suiker.

Te veel sout, vet en suiker kan sleg wees vir jou liggaam.

Geprosesseerde kos bevat ook dikwels kunsmatige geurmiddels en kleursel.

Onderwerp 2: Voedingstowwe in kos en voeding

GR6 NWT K1-O2 Opsommings 10

Kopiereg © www.summaries.co.za (DO NOT COPY)

2.2.2.2.2222: : : : ‘n ‘n ‘n ‘n Gebalanseerde dieetGebalanseerde dieetGebalanseerde dieetGebalanseerde dieet (bl. 2(bl. 2(bl. 2(bl. 21111----26262626) ) ) )

Sleutelwoorde:

Siekte ‘n Ongesteldheid wat ons liggame

keer om reg te werk

Ragitis ‘n Siekte by kinders wat

veroorsaak word deur ‘n gebrek

aan vitamiene D

Tandbederf Verrottende tande lei tot gate in

tande

Infeksie Kieme wat jou liggaam binnedring

en probleme veroorsaak

Diabetes ‘n Siekte wat veroorsaak word

deur hoë suikervlakke in die bloed

Hardlywigheid Probleem om soliede afval uit die

liggaam uit te skei

Onderwerp 2: Voedingstowwe in kos en voeding

GR6 NWT K1-O2 Opsommings 11

Kopiereg © www.summaries.co.za (DO NOT COPY)

Die woord dieet beskryf die verskeidenheid van verskillende kos wat ‘n

persoon of dier elke dag eet.

‘n Gesonde, gebalanseerde dieet bevat net die regte aantal voedingstowwe om

jou liggaam gesond te hou.

Ons moet die regte hoeveelheid koolhidrate, proteïne, vette, vitamiene en

minerale eet.

Water

Jou liggaam benodig 6-8

glase water per dag.

Ons brein kan nie so

goed funksioneer as ons

nie genoeg water drink

nie.

Water is nodig as ons energiek wil wees.

Sonder genoeg water kan ons gewig aansit en aan hardlywigheid ly.

Water hou ons bloedvate

gesond.

Vesel

Jou liggaam benodig genoeg

vesel.

Ons tref vesel aan in plante

soos vrugte, groente en graan.

Ons liggame kan nie vesel

verteer nie, daarom beweeg

vesel deur die verteringstelsel en help om ons binnekant gesond te hou.

Dit verhoed dat ons aan hardlywigheid ly en beskerm ons teen siektes soos

diabetes en hartkwale.

Onderwerp 2: Voedingstowwe in kos en voeding

GR6 NWT K1-O2 Opsommings 12

Kopiereg © www.summaries.co.za (DO NOT COPY)

Ons kan kos in vyf hoofgroepe verdeel:

Vrugte- en groentegroep

o Verskaf

belangrike

vitamiene wat

help om

infeksies te

beveg en ons

liggame

gesond te

maak.

o Dit bevat vesel

Graangroep

o Verskaf

koolhidrate

wat vir ons

liggame

energie gee.

o Stysel is die

hoofkoolhidraat wat in pasta, graankos, brood en rys gevind word.

Melkgroep

o Bevat die mineraal kalsium wat ons bene en tande sterk hou.

Vette en olies

o Hou ‘n mens warm en verskaf energie

Vleis, vis en bone

o Bevat proteïne wat die liggaam bou en herstel

Onderwerp 2: Voedingstowwe in kos en voeding

GR6 NWT K1-O2 Opsommings 13

Kopiereg © www.summaries.co.za (DO NOT COPY)

Hoeveel behoort jy te eet?

Voorbeeld van ‘n gebalanseerde dieet vir ‘n Graad 6-leerder:

Voedselgroepe Voorbeelde van kosse ‘n Porsie

Graangroep Brood

Broodrolletjies

Rys

Graankos

Pasta (macaroni, spaghetti)

2 snye

1 rolletjie

1 koppie

1 koppie

1 koppie

Suiwelgroep Melk

Johurt

Kaas

1 koppie

1 klein bakkie

1 groot sny

Vleis, vis en

bone

Bees, hoender, vis

Eier

Grondboontjiebotter

Sousbone

Visvingers

80-100 g (so groot soos

jou handpalm)

1 eier

1 eetlepel (3 teelepels)

Halwe koppie

Twee

Vette en olies Margarien, botter, kookolie

Grondbootjies

1 teelepel (5g)

10 (5g vet)

Groente en

vrugte

Wortels, koring, blomkool, ertjies,

pampoen, spinasie, kool

Groen slaai

Appel, lemoen, piesang, peer, perske

Vrugtesap

Halwe koppie

1 koppie

1 vrug

1 klein glasie (150 ml)

Onderwerp 2: Voedingstowwe in kos en voeding

GR6 NWT K1-O2 Opsommings 14

Kopiereg © www.summaries.co.za (DO NOT COPY)

‘n Swak dieet kan tot siektes lei

Wanneer kinders nie ‘n gebalanseerde dieet volg nie, kan hulle siek word.

Siektes

Ragitis

‘n Siekte wat kinders se beendere aantas.

Word veroorsaak deur ‘n tekort aan

vitamiene D in die dieet.

Kan veroorsaak dat kinders se bene sag

word.

Sagte bene veroorsaak dat bene buig of krom word sodat dit nie reg werk nie.

Vitamine D kan in vis soos tuna en sardiens gevind word.

Eiers bevat ook vitamiene D.

Sonlig is ook ‘n bron van vitamine D.

Dit is baie gesond om buite in die sonlig te

speel.

Tandbederf

Te veel suiker veroorsaak tandbederf.

Jou tande kan gaatjies kry.

As jou tande nie behandel word nie kan ‘n infeksie begin.

Tandbederf kan voorkom word deur gesond te eet en tande gereeld te borsel.

Hardlywigheid

Word veroorsaak deur te min vesel in jou dieet.

Dit beteken dat jy nie so gereeld toilet toe kan

gaan as wat jy moet om jou verteringstelsel

skoon te maak nie.

Vesel kom voor in vrugte, groente, en graansoorte.

‘n Hoëveseldieet sal help om jou verteringstelsel gesond te hou.

‘n Swak dieet en te min oefening kan veroorsaak dat kinders vet word.

Onderwerp 2: Voedingstowwe in kos en voeding

GR6 NWT K1-O2 Opsommings 15

Kopiereg © www.summaries.co.za (DO NOT COPY)

Diabetes

Kinders speel deesdae nie meer genoeg buite nie.

Hulle spandeer te veel tyd voor die televisie en eet te veel suiker en vetterige

kos.

Diabetes is ‘n siekte wat deur ‘n ongesonde dieet veroorsaak word.

As kinders oorgewig is en te min oefen, kan hulle liggame nie die suiker afbreek

wat hulle eet nie.

Hulle bloed het hoë suikervlakke wat tot diabetes kan lei.

Diabetes word veroorsaak wanneer die liggaam nie die regte vlakke van suiker

in die bloed kan handhaaf nie.

Mense met diabetes benodig inspuitings of pille of hul bloedsuiker te beheer.

Onderwerp 2: Voedingstowwe in kos en voeding

GR6 NWT K1-O2 Opsommings 16

Kopiereg © www.summaries.co.za (DO NOT COPY)

Aktiwiteit 1: Dink na oor gesonde kos (Bl 11)

1. Gee een rede hoekom kos belangrik is vir alle lewende dinge.

Voedsel is belangrik vir energie om te beweeg en te groei en om beskadigde

liggaamsdele te herstel.

2. Dink jy dat die kos wat ons vandag eet, net so gesond (voedsaam) is as die kos

wat ons voorvaders, lank gelede geëet het? Gee ‘n rede vir jou antwoord.

Ons grootouers het oor die algemeen gesonder kos as ons geëet. Vandag het

ons kitskos, kos wat met kunsmatige stowwe gepreserveer, gegeur en gekleur

word, kos met te veel suiker en bruisdrankies.

3. Vandag het ons yskaste wat ons kos vars hou. Beskryf twee maniere waarop

kos omtrent 300 jaar gelede vars gehou is.

Mense het kos in kleinpotte (wat vandag nog in landelike gebiede gebruik

word) en in koskluise in goed geventileerde plekke vars gehou. Mense het ook

hulle vleis gesout en drooggemaak, bv. Biltong en bokkoms. Kos soos vrugte is

ook gedroog.

4. Gee twee redes waarom dit belangrik is om elke dag water te drink.

Ons moet elke dag water drink dat ons nie dehidreer nie, aangesien ons

liggame hoofsaaklik uit water bestaan. Ons liggaamfunkies, soos

spysvertering en die Vervoer van kos deur ons liggame het water nodig.

Onderwerp 2: Voedingstowwe in kos en voeding

GR6 NWT K1-O2 Opsommings 17

Kopiereg © www.summaries.co.za (DO NOT COPY)

Aktiwiteit 2: Beantwoord vrae oor stysel (Bl 13)

1. Hoekom is dit nuttig om te weet watter kos stysel bevat?

As ons weet watter kosse stysel bevat, stel dit ons in staat om goeie besluite

te neem oor hoeveel stysel ons eet. Ons moet ook stysel “verbrand/gebruik”

om te verhoed dat dit as vet in ons liggame geberg word.

2. Noem een voorbeeld wat dit inhou om kos te eet wat stysel bevat.

Stysel verskaf energie vir groei en beweging en hou ons liggame warm.

3. Bevat brood stysel? Noem een rede hoekom jy so dink.

Ja. Die jodiumtoets bewys dit, aangesien die joduim swart word wanneer dit

aan brood raak.

4. Watter stof bevat die botteltjie in die foto?

Jodium

5. Hoekom word die stof in hierdie ondersoek gebruik?

Jodium verander van donkergeel na swart wanneer dit aan stysel raak. Dit

maak dit vir ons makliker om die kleurverandering waar te neem en ‘n

makliker besluit te neem, op grond van die jodium wat na swart verander.

Onderwerp 2: Voedingstowwe in kos en voeding

GR6 NWT K1-O2 Opsommings 18

Kopiereg © www.summaries.co.za (DO NOT COPY)

Aktiwiteit 3 : Sorteer koolhidrate en proteine (Bl 14)

1. Sorteer die volgende kos in die regte voedselgroep : Koolhidrate of proteïne.

Koolhidrate Proteïne

Brood

Koeldrank

Mieliepap

Aartappels

Bone

Neute

Onderwerp 2: Voedingstowwe in kos en voeding

GR6 NWT K1-O2 Opsommings 19

Kopiereg © www.summaries.co.za (DO NOT COPY)

Aktiwiteit 4: Toets vir vette en olies (Bl 15)

1. Bespreek met jou maat of daar vette in die volgende kos is of nie. Sal die kos

‘n permanente vetkol op bruinpapier laat, soos die geval met die botter was,

of nie.

Grondboontjiebotter

Hamburgervleis

Gebraaide tjips

Geel Kaas

Sjokolade

Ondersoek dit by die huis op jou eie tyd en kyk of jou antwoorde reg was. Al wat

jy nodig het, is bruinpapier, soos die soort wat jy gebruik om skoolboeke mee

oor te trek, en verskillende soorte kos.

Soort kos Bevat vet

Gekookte rys Nee

Hamburgervleis Ja

Gebraaide tjips Ja

Geel kaas Ja

Stukkie wortel Nee

Onderwerp 2: Voedingstowwe in kos en voeding

GR6 NWT K1-O2 Opsommings 20

Kopiereg © www.summaries.co.za (DO NOT COPY)

Aktiwiteit 5: Beantwoord vrae oor marog (Bl 17)

1. Verduidelik hoekom dit maklik is om marog in Suid-Afrika te kweek.

Marog groei goed in gebiede waar ander groentes sukkel, omdat dit baie min

water of kunsmis nodig het.

2. Identifiseer die voedselgroep wat marog bevat.

Proteïne en vitamiene en minerale

3. A) Noem die hoofvitamien wat marog bevat.

Hoekom is hierdie vitamien belangrik?

B)Noem nog ‘n vitamien wat groen plante bevat. Hoekom is hierdie vitamien

belangrik?

A) Vitamien A – help ons om snags te sien en help die liggaam om

infeksies te beveg.

B) Enige van die volgende :

Vitamien C – Help infeksies beveg.

Vitamien E – Beskerm die vel.

Vitamien K – Help om bloeding te stop.

4. Noem twee minerale wat in marog gevind word.

Hoekom is hierdie vitamien belangrik?

Yster – Nodig vir gesonde rooibloedselle.

Kalsium – Nodig vir sterk bene en tande.

Onderwerp 2: Voedingstowwe in kos en voeding

GR6 NWT K1-O2 Opsommings 21

Kopiereg © www.summaries.co.za (DO NOT COPY)

Aktiwiteit 6: Sorteer en tabelleer die voedselgroepe (Bl 17)

1. Kyk na die verskillende kos in figuur 9.

2. Verdeel die verskillende kosse in hulle voedselgroepe. Party kosse mag meer

as een voedelgroep bevat

3. Teken die tabel in jou boek oor en voltooi dit.

Voedselgroep Voedsel Hoof funksie

Koolhidrate Aartappel Verskaf energie aan die liggaam.

Proteïene Hoender, eier, neute Groei en herstel.

Vette Hoender, eier, neute Stoor energie.

Vitamiene Piesang Hou die liggaam Gesond.

Onderwerp 2: Voedingstowwe in kos en voeding

GR6 NWT K1-O2 Opsommings 22

Kopiereg © www.summaries.co.za (DO NOT COPY)

Aktiwiteit 7: Vergelyking tussen die voedingswaarde van ‘n appel

en ‘n wortel (Bl 18)

DW – Daaglikse waarde – Wys persentasie van wat jy per dag behoort in te

neem.

4. Noem die drie voedselgroepe wat in die tabel verteenwoordig word.

Koolhidrate; Proteïene; Vitamiene; Vette (enige drie)

5. Watter kos het meer kalorieë?

Appel

6. Vergelyk die koolhidraatwaarde van elk. Watter een is die hoogste?

Wortels

7. Verwys na die voedingsetiketdigram in Aktiwiteit 8. Verduidelik waaroor die

letters DW in hierdie tabel staan.

Daaglikse waarde – die hoeveelheid van daardie nutriënt in een porsie, word

aangetoon as ‘n persentasie van hoeveel van daardie nutriënt geëet moet

word per dag.

8. Wat doen vitamiene vir ons liggame?

Help om tande en bene sterk en gesond te hou, belangrik vir goeie sig en om

die immuunstelsel gesond te hou. Dit verseker dat ons liggame normaal groei.

Onderwerp 2: Voedingstowwe in kos en voeding

GR6 NWT K1-O2 Opsommings 23

Kopiereg © www.summaries.co.za (DO NOT COPY)

Aktiwiteit 8: Lees Kosetikette (Bl 19)

Kyk na die voedingsfeite-etiket (Figuur 10) en beantwoord die volgende vrae.

1. Hierdie etiket bewys dat die kos ‘n mengsel van die hoofvoedingsgroepe

bevat. Watter hoofvoedingstowwe bevat dit nie?

Vette

2. Hoekom moet ons dophou hoeveel kalorieë ons inneem?

Ons moet die kalorieë opgebruik wat ons inneem, anders sal die ekstra

kaloieë as vet in ons liggame geberg word.

3. Vergelyk die daaglikse waarde van die koolhidrate en die proteïne op hierdie

etiket. Watter een is die hoogste?

Koolhidraat

4. Gee een rede hoekom dit belangrik is om die voedingsetiket te lees.

As jy die voedingswaarde van die kos ken, sal dit jou help om goeie besluite

te neem, sodat jy so gesond as moontlik kan eet.

Onderwerp 2: Voedingstowwe in kos en voeding

GR6 NWT K1-O2 Opsommings 24

Kopiereg © www.summaries.co.za (DO NOT COPY)

Aktiwiteit 9: Vergelyk twee voedingsfeite-etikette (Bl 20)

1. Bespreek die voedingswaarde en -swakhede in die twee etikette. Beskryf een

gesonde voedingsfeit in elke etiket.

‘n Biefburger het ‘n baie hoë vetinhoud wat nie ‘n gesonde keuse is nie. Die

hoenderburger se vetinhoud is heelwat laer. Versadigde vette moet sover

moontlik vermy word, dus is die biefburger ‘n swak keuse. Een gesonde

voedingstof in albei is die proteïne-inhoud.

2. Bespreek die natriuminhoud van elke burger.

Hoekom moet ons op die hoeveelheid natruim in kos let?

Die natriumvlakke in die hoender burger is baie hoog, wat nie goed is vir

bloeddruk nie.

3. Watter burger is die gesondste opsie? Gee twee redes vir jou antwoord.

Die hoenderburger is ‘n beter keuse, aangesien dit minder vet en minder

kalorieë bevat en ‘n effens hoër proteïne-inhoud het.

Onderwerp 2: Voedingstowwe in kos en voeding

GR6 NWT K1-O2 Opsommings 25

Kopiereg © www.summaries.co.za (DO NOT COPY)

Aktiwiteit 10: Ondersoek verpakte kos se etikette (Bl 20)

Kyk by die huis of in die winkels na die etikette op hierdie kos; Karton

graanvlokkies; Blikkies gebakte bone; ‘n Brood; ‘n Bottel grondboontjiebotter;

Blikkie sardiens.

1. Kyk of dit (a) natrium (sout) (b) suiker (c) versadige vette bevat.

2. Teken jou bevindings in ‘n tabek soos die een hieronder aan. Maak ‘n

regmerkie in die kolom as die kos die bymiddel bevat.

Verpakte kos Sout Suiker Versadige vette

Boks graan-

vlokkies

Blikkie gebakte

Boontjies

‘n Brood

Fles grond-

boontjiebotter

Blikkie sardyne

Onderwerp 2: Voedingstowwe in kos en voeding

GR6 NWT K1-O2 Opsommings 26

Kopiereg © www.summaries.co.za (DO NOT COPY)

Aktiwiteit 11 : Skryf oor vesel in diëte (Bl 21)

Hieronder is ‘n beskrywing van ‘n gesonde daaglikse veseldieet.

2 porsies vrugte (4,8g vesel)

3 porsies groente (6g vesel)

1 porsie hoëvesel-ontbytgraan (2,4g vesel)

3 snytjies volgraanbrood (6g vesel)

60g gebakte bone (4,5g vesel)

100g aartappel (1,5g vesel)

1. Maak ‘n lys van veselryke kos wat jy gemiddel elke dag eet in jou werkboek.

Eie antwoord. Moet voedsel soos vrugte, groente, veselgraankos, brood en

boontjies insluit

2. Vergelyk jou veseldieët met die aanbevole een.

Die leerders moet wys dat hulle verstaan wat in ‘n aanbevole veseldieet

benodig word en moet kan uitwys waar hulle individuele veseldiëte nie

voldoende is nie. Leerders moet die onbrekende kossoorte of waarvan nie

genieg ingeneem word in hulle veseldiëte nie, kan identifiseer.

3. Skryf twee sinne oor jou bevindings.

Voorbeeld van ‘n antwoord. My veseldiët is gesond en bevat baie kosse wat

hoog in vesel is. Ek kan my veseldieet verbeter deur meer vrugte en groente

te eet.

Onderwerp 2: Voedingstowwe in kos en voeding

GR6 NWT K1-O2 Opsommings 27

Kopiereg © www.summaries.co.za (DO NOT COPY)

Aktiwiteit 12: Ontleet ‘n dieet (Bl 23)

1. Hoeveel porsies van hierdie kos het Nadiema gehad?

a. Graangroep

b. Suiwelgroep

c. Vleis, vis, boontjies

d. Groente, vrugte

e. Vette en olies

a. Graangroep – 4 porsies

b. Suiwelgroep – 1 ½ porsies

c. Vleis, vis, boontjies – 3 porsies

d. Groente, vrugte – 5 porsies

e. Vette en olies – 6 porsies

2. Was Nadiema se dieet gebalanseerd?

Gee redes vir jou antwoord

Nabiema se dieet vir die dag was nie

gebalanseerd nie. Sy het nie die regte

aantal porsies uit elke groep geëet nie.

3. Maak ‘n lys van kos waarvan sy

a. Meer moet eet

Graansoorte, suiwel

b. Minder moet eet

Vleis, vis en boontjies, en vette en olies.

Onderwerp 2: Voedingstowwe in kos en voeding

GR6 NWT K1-O2 Opsommings 28

Kopiereg © www.summaries.co.za (DO NOT COPY)

Hersiening van Onderwerp 2 (BL 26)

Pas die woorde in kolom A by die regte betekenis in kolom B.

A B

1. Siektes a. Voedingstowwe wat die liggaam warm hou en

energie verskaf.

2. Vette b. Ongesteldhede wat die liggaam keer om reg te

werk.

3. Dieet c. Voedingstowwe wat energie verskaf.

4. Proteïene d. Voedingstowwe wat die liggaam opbou en

herstel.

5. Koolhidrate e. Kos wat daagliks geëet word,

1. Dink aan ‘n gesonde gebalanseerde ontbyt wat jy dink mense sal geniet.

a. Maak ‘n lys van al die bestanddele wat jy sal gebruik.

b. Verduidelik in een paragraaf waarom die maaltyd gesond is.

(6)

(3)

Onderwerp 2: Voedingstowwe in kos en voeding

GR6 NWT K1-O2 Opsommings 29

Kopiereg © www.summaries.co.za (DO NOT COPY)

2. Het alle soorte kos dieselfde hoeveelheid energie in hulle? Verduidelik

jou antwoord.

3. Kyk na Andiswa se dieet regs.

a. Is Andiswa se dieet gebalanseerd of

nie? Gee redes vir jou antwoord.

b. Stel twee veranderinge voor om Andiswa se dieet te verbeter.

(2)

(2)

(2)

Onderwerp 2: Voedingstowwe in kos en voeding

GR6 NWT K1-O2 Opsommings 30

Kopiereg © www.summaries.co.za (DO NOT COPY)

c. Drink Andiswa genoeg water? Gee ‘n rede vir jou antwoord.

4. Gee redes hoe ‘n kind se dieet die volgende siektes kan veroorsaak.

a. Ragitis

b. Tandbederf

c. Diabetes

Totaal: 20

(2)

(3)

Onderwerp 2: Voedingstowwe in kos en voeding

GR6 NWT K1-O2 Opsommings 31

Kopiereg © www.summaries.co.za (DO NOT COPY)

Hersiening van Onderwerp 2 (BL 26) (MEMO)

Pas die woorde in kolom A by die regte betekenis in kolom B.

A B

1. Siektes a. Voedingstowwe wat die liggaam warm hou en

energie verskaf.

2. Vette b. Ongesteldhede wat die liggaam keer om reg te

werk.

3. Dieet c. Voedingstowwe wat energie verskaf.

4. Proteïene d. Voedingstowwe wat die liggaam opbou en

herstel.

5. Koolhidrate e. Kos wat daagliks geëet word,

1. Dink aan ‘n gesonde gebalanseerde ontbyt wat jy dink mense sal geniet.

a. Maak ‘n lys van al die bestanddele wat jy sal gebruik.

Aanvaar enige regte antwoord, solank dit ‘n gesonde dieet is. BV.

Hawermoutpap (met water gekook) met gekookte pruimedante en

appel, ‘n klein bietjie gesmelte botter en ongegeurde jogurt, ‘n glas

vars lemoensap

b. Verduidelik in een paragraaf waarom die maaltyd gesond is.

‘n Gesonde maaltyd moet proteïene, koolhidrate en vette, vitamine

en minerale bevat. Leerders moet sê watter kossoorte in elke groep

val, byvoorbeeld: Hierdie maaltyd is gesond, omdat dit hawemout

bevat. Hawermout is ‘n koolhidraat wat ook vesel bevat en word

stadig geabsorbeer. Hawermoout bewat kalsium vir sterk bene en

tande. Die gekookte vrugte verskaf meer vesel en meer vitamiene

en minerale. Die botter en ongegeurde jogurt bevat proteïene en

vette omdat die jogurt ongegeurd is, is daar geen suiker bygevoeg

nie. Die lemoensap bevat vitamiene soos vitamien C wat help om

die immuunstelsel op te bou.

(3)

(6)

Onderwerp 2: Voedingstowwe in kos en voeding

GR6 NWT K1-O2 Opsommings 32

Kopiereg © www.summaries.co.za (DO NOT COPY)

2. Het alle soorte kos dieselfde hoeveelheid energie in hulle? Verduidelik

jou antwoord.

Nee. Sommige kosse, soos die met ‘n hoë suikerinhoud, bevat meer

energie as ander kosse soos vleis en eiers.

3. Kyk na Andiswa se dieet regs.

a. Is Andiswa se dieet gebalanseerd of nie? Gee redes vir jou antwoord.

Nee, dit is nie. Sy eet te veel gebraaide kosse wat te veel vet bevat;

byvoorbeeld, in die gebakte eier, grondboontjiebotter en warm tjips.

Daar is geen groente of vrugte in haar maaltyd nie. Daar is te veel

suiker in gaskoeldranke en te veel verfynde koolhidrate, soos

witbrood en witrys by aandete.

b. Stel twee veranderinge voor om Andiswa se dieet te verbeter.

Aanvaar enige korrekte antwoord, byvoorbeeld om die witbrood na

bruinbrood te verander, om groente saam met die hoender en rys

vir aandete te bedien; om eerder aan vrugte as aan warm tjips te

peusel; om die gaskoeldrank met water te vervang.

c. Drink Andiswa genoeg water? Gee ‘n rede vir jou antwoord.

Nee, sy drink net een glas per dag; sy behoort omtrent sewe glase

te drink en minder gaskoeldrank te drink.

4. Gee redes hoe ‘n kind se dieet die volgende siektes kan veroorsaak.

a. Ragitis – nie genoeg vis of eier nie (kosse ryk aan vit D)

b. Tandbederf – Te veel suiker

c. Diabetes - Te veel suiker en verfynde koolhidrate

Totaal: 20

(2)

(2)

(2)

(2)