En nou is dit totsiens en sterkte! ONTHOU!!! · 2018-02-06 · verskuif die Besigheidstudies van...

4
Verjaardae hierdie week Saterdag Brendon Welsh 12B Nina Woithe 10A Sondag Leanrey Slater 9G Rochelle Van Niekerk 9G Maandag Christiaan Vermaak 10D Dinsdag Hugh Moffat 8A Woensdag Monique Gerber 11F Keanan Hammond 12D Mecyla Hitge 11B Alyssa Moran 12G Donderdag Abigail Barkhuizen 8C Ulrich Koch 12B Shelvira Majola 8A David Smith 10B Vrydag Martin Bosch 8A Chenique Enslin 12B Imke Rautenbach 11C Luané Van Vuuren 12F Vandag is die laaste amptelike skooldag vir ons matrieks. Van Maandag af skryf hulle eksamen en word daar ernstig “geblok”. In menige huise sal die spanningsvlakke merkbaar toeneem en gaan ouers en gesinslede se geduld, liefde en ondersteuning tot die uiterste beproef word. Al is dit ‘n uiters beproewende tydjie wat voorlê, is dit tog ook die grootste geleentheid wat elkeen van hierdie leerders het om te wys van watter stoffasie hy of sy gemaak is. Selfs vir hulle wat nou dalk hul hare uit hul kop kan trek oor verspeelde geleenthede om die werk baas te raak, is dit nou die tyd om te wys jy kan! Dit was goed om julle te kon ken die afgelope vyf jaar. Daar lê soveel talent en potensiaal in julle geledere opgesluit, en ons sien uit daarna om jul suksesverhale te hoor. Wat jou bydrae ook al was, hierdie skool is ryker omdat jy hier was. Miskien is hierdie eksamen die geleentheid om te wys hoeveel ryker jy is omdat jy in Framesby was! Baie sterkte. Wees verseker dat jy nie hierdie pad alleen hoef te loop nie. Jy is omring van liefde en hoef nooit te twyfel aan jou groot Bron van Krag nie! ONTHOU!!! ALGEMENE OUERVERGADERING BEGROTING 2018 23 NOVEMBER 2017 in die Skoolsaal Diplomaplegtigheid (Dinsdagaand) Prysuitdeling (Donderdagaand) Eksamenroosters gewysig + algemene reelings Soos dit maar gaan met eksamens, is daar maar altyd iets wat dinge so bietjie deurmekaarkrap. Dan is almal nie tevrede met die rooster nie, dan onthou almal skielik van ‘n rede waarom daar nie op ‘n bepaalde dag geskryf kan word nie, of sommer net. Dit was dan ook die geval met die eindeksamenroosters vir die Graad 10 en 11’s. Die Departement het skole verlede week in kennis gestel dat die Graad 11 Engels Vraestel 3 verskuif van Vrydag 3 November (middag) na Donderdag 26 Oktober (oggend). By die Graad 10’s word die Besigheidstudies-vraestel nou deur die Departement verskaf en op ons rooster verskuif die Besigheidstudies van Donderdag 23 November na Vrydag 10 November (middag). Op daardie dag skryf die Graad 10’s dus Fisiese Wetenskappe in die oggend en Besigheidstudies in die middag. ‘n Ander nuutjie is dat die skryftyd vir alle senior grade nou om 09:00 in die oggend en 14:00 in die middag begin. Die skryftyd word bepaal deur die tydsduur van die vraestel. Graad12 leerders meld soggens om 08:30 by die eksamenlokaal aan wanneer hulle skryf, terwyl alle ander leerders om 07:40 aanmeld. Leerders sal dan ‘n kort studiesessie gegun word waarna hulle om 08:45 met die skryfsessie sal begin. Vir die middagsessie meld almal wat skryf om 13:30 aan. Indien ‘n leerder laat opdaag sal hy/sy geen addisionele skryftyd ontvang nie. Niemand word tot ‘n eksamenlokaal toegelaat nadat ‘n uur van die skryftyd verstryk het nie. Alle leerders sal in die loop van volgende week die volledige finale eksamenrooster ontvang. Die Graad 8 en 9-leerders gaan normaal voort met onderrig tot Vrydag 3 November. Vanaf Maandag 23 Oktober tot Vrydag 3 November sal die skooldag egter net tot 13:00 duur. Reëlings in hierdie verband word met Algoa- busdiens getref en ouers moet asseblief kennis neem sodat reisreëlings getref kan word. Weeklikse nuusflitse vir ‘n ingeligte Framesby-familie! Uitgawe 134: 13 Oktober 2017 Kontakbesonderhede: [email protected] En nou is dit totsiens en sterkte!

Transcript of En nou is dit totsiens en sterkte! ONTHOU!!! · 2018-02-06 · verskuif die Besigheidstudies van...

Page 1: En nou is dit totsiens en sterkte! ONTHOU!!! · 2018-02-06 · verskuif die Besigheidstudies van Donderdag 23 November na Vrydag 10 November (middag). Op daardie dag skryf die Graad

Verjaardae hierdie week

Saterdag Brendon Welsh 12B

Nina Woithe 10A

Sondag Leanrey Slater 9G

Rochelle Van Niekerk 9G

Maandag Christiaan Vermaak 10D

Dinsdag

Hugh Moffat 8A

Woensdag Monique Gerber 11F

Keanan Hammond 12D Mecyla Hitge 11B Alyssa Moran 12G

Donderdag

Abigail Barkhuizen 8C Ulrich Koch 12B

Shelvira Majola 8A David Smith 10B

Vrydag

Martin Bosch 8A Chenique Enslin 12B

Imke Rautenbach 11C Luané Van Vuuren 12F

Vandag is die laaste amptelike skooldag vir ons matrieks. Van Maandag af skryf hulle eksamen en word daar ernstig “geblok”. In menige huise sal die spanningsvlakke merkbaar toeneem en gaan ouers en gesinslede se geduld, liefde en ondersteuning tot die uiterste beproef word. Al is dit ‘n uiters beproewende tydjie wat voorlê, is dit tog ook die grootste geleentheid wat elkeen van hierdie leerders het om te wys van watter stoffasie hy of sy gemaak is. Selfs vir hulle wat nou dalk hul hare uit hul kop kan trek oor verspeelde geleenthede om die werk baas te raak, is dit nou die tyd om te wys jy kan!

Dit was goed om julle te kon ken die afgelope vyf jaar. Daar lê soveel talent en potensiaal in julle geledere opgesluit, en ons sien uit daarna om jul suksesverhale te hoor. Wat jou bydrae ook al was, hierdie skool is ryker omdat jy hier was. Miskien is hierdie eksamen die geleentheid om te wys hoeveel ryker jy is omdat jy in Framesby was!

Baie sterkte. Wees verseker dat jy nie hierdie pad alleen hoef te loop nie. Jy is omring van liefde en hoef nooit te twyfel aan jou groot Bron van Krag nie!

ONTHOU!!!

ALGEMENE

OUERVERGADERING

BEGROTING 2018

23 NOVEMBER 2017 in

die Skoolsaal

Diplomaplegtigheid

(Dinsdagaand)

Prysuitdeling

(Donderdagaand)

Eksamenroosters gewysig + algemene reelings

Soos dit maar gaan met eksamens, is daar maar altyd iets wat dinge so bietjie deurmekaarkrap. Dan is almal nie tevrede met die rooster nie, dan onthou almal skielik van ‘n rede waarom daar nie op ‘n bepaalde dag geskryf kan word nie, of sommer net. Dit was dan ook die geval met die eindeksamenroosters vir die Graad 10 en 11’s. Die Departement het skole verlede week in kennis gestel dat die Graad 11 Engels Vraestel 3 verskuif van Vrydag 3 November (middag) na Donderdag 26 Oktober (oggend). By die Graad 10’s word die Besigheidstudies-vraestel nou deur die Departement verskaf en op ons rooster verskuif die Besigheidstudies van Donderdag 23 November na Vrydag 10 November (middag). Op daardie dag skryf die Graad 10’s dus Fisiese Wetenskappe in die oggend en Besigheidstudies in die middag.

‘n Ander nuutjie is dat die skryftyd vir alle senior grade nou om 09:00 in die oggend en 14:00 in die middag begin. Die skryftyd word bepaal deur die tydsduur van die vraestel. Graad12 leerders meld soggens om 08:30 by die eksamenlokaal aan wanneer hulle skryf, terwyl alle ander leerders om 07:40 aanmeld. Leerders sal dan ‘n kort studiesessie gegun word waarna hulle om 08:45 met die skryfsessie sal begin. Vir die middagsessie meld almal wat skryf om 13:30 aan. Indien ‘n leerder laat opdaag sal hy/sy geen addisionele skryftyd ontvang nie. Niemand word tot ‘n eksamenlokaal toegelaat nadat ‘n uur van die skryftyd verstryk het nie. Alle leerders sal in die loop van volgende week die volledige finale eksamenrooster ontvang.

Die Graad 8 en 9-leerders gaan normaal voort met onderrig tot Vrydag 3 November. Vanaf Maandag 23 Oktober tot Vrydag 3 November sal die skooldag egter net tot 13:00 duur. Reëlings in hierdie verband word met Algoa-busdiens getref en ouers moet asseblief kennis neem sodat reisreëlings getref kan word.

Weeklikse nuusflitse vir ‘n ingeligte Framesby-familie!

U i t g a w e 1 3 4 : 1 3 O k t o b e r 2 0 1 7 Kontakbesonderhede: [email protected]

En nou is dit totsiens en sterkte!

Page 2: En nou is dit totsiens en sterkte! ONTHOU!!! · 2018-02-06 · verskuif die Besigheidstudies van Donderdag 23 November na Vrydag 10 November (middag). Op daardie dag skryf die Graad

Framesby is trots op ...

Program vir die week 14 tot 20 oktober

Ons eerste krieketspan het die 2017/18-seisoen soos ‘n veldbrand begin deur alle teenstand voor hulle uit die pad te vee! Hulle het eers aan die plaaslike Pearson-toernooi deelgeneem en daarna op Mosselbaai by Hoërskool Punt se toernooi hul staal gewys.

In hul wedstryd teen St. Dominic’s tree hulle as oorwinnaars uit die stryd met 6 paaltjies. Wiehan Strydom het 28 lopies behaal en is as Speler van die Wedstryd aangewys. In hul volgende wedstryd teen Hudson Park van Oos-Londen was dit meer van dieselfde medisyne. Framesby wen met 5 paaltjies, met Janré Viljoen skitterend op dreef met ‘n kolfbeurt van 75 lopies! Hierna was dit Muir College se beurt om deur te loop en hierdie keer was Divan Meyer vuurwarm met ‘n manjefieke honderdtal. Framesby het 227 lopies in 60 beurte opgestapel en Muir is daarna vir 76 lopies uitgeboul, met Corné Gerber en Nico Meyer wat elk 2 paaltjies neem. Framesby wen met 151 lopies.

In hul volgende wedstryd teen Graeme College is daar tydkrieket gespeel en alhoewel die wedstryd tegnies onbeslis geëindig het, is Framesby as wenner aangewys op grond van ‘n beter eerste beurt. Hier het Janré weer uitgeblink met ‘n skitterende 123 lopies, terwyl Divan de Villiers ‘n skaflike 42 aangeteken het. Hierna is Daniel Pienaar getakel en die Tiere kon nie kers vashou by die Framesby-manne nie. Ons wen die wedstryd met 5 paaltjies.

Die toernooi op Mosselbaai was uiteindelik een groot hoogtepunt. In die eerste wedstryd haal hulle Paarl Gim in 33 boulbeurte uit vir ‘n skamele 77 lopies, waarna ons 78 lopies vir 4 aanteken in 25 boulbeurte. Ons wen dus met 6 paaltjies. Hierna is Hoërskool Strand gepak, en weer eens was ons manne te veel vir die teenstand. Strand is beperk tot 170 lopies vir 9 paaltjies. Ons kolwers was weer op stryk en ons behaal 171 lopies vir 5 paaltjies in 27 beurte. Janré was weer op dreef met 46 lopies. Hierna was dit weer ons en Paarl Gim. Ons boul eerste en haal Gim uit vir 125 lopies. In ons kolfbeurt slaan ons 126 lopies in 37 boulbeurte en wen die wedstryd met 4 paaltjies. In die laaste wedstryd moes die Hoërskool Stellenberg dit ontgeld. Ons kolf eerste en danksy ‘n pragtige 44 deu Ruan de Ridder en 40 deur Divan Meyer behaal ons 148 lopies. Goeie boulwerk deur Gideon Coertzen (4 – 21 – 9) en Tiaan Smith (3 – 34 – 9) dra daartoe by dat Stellenberg net 141 lopies kon aanteken. Framesby wen die wedstryd met 8 lopies! Skitterend manne!! Ons sien uit na ‘n seisoen vol hoogtepunte! ‘n Paar foto’s verskyn op die laaste bladsy.

Saterdag 14 Oktober

Sondag 15 Oktober

Maandag 16 Oktober

Dinsdag 17 Oktober

Woensdag 18 Oktober

Donderdag 19 Oktober

Vrydag 20 Oktober

Krieket vs

Despatch Atletiek:

Cradock-byeenkoms

Dag 1 Bloedskenk Beheerliggaam:

Sport & Kultuur-komitee

Dag 2 Diplomapleg-tigheid

Dag 3 Beheerliggaam:

Sport & Kultuur-komitee

Dag 4 Akademiese Prysuitdeling

Dag 5

Eerste krieketspan skitterrend tydens vakansie

Jong wetenskaplikes blink in bio-science Altesaam 47 van ons Graad 8 en -9 leerders het vanjaar aan die jaarlikse Bio-Science Global Olimpiade deelgeneem.

Die groep het uitstekend gevaar deurdat 19 van hulle brons serti-fikate verwerf het, terwyl ‘n verdere 10 leerders silwer sertifikate ontvang het. Asof dit nie goed genoeg was nie, is vier van die leerders beloon met ‘n goue sertifikaat. Ons is ongelooflik trots op hierdie pragtige prestasie en baie opgewonde oor die groot belangstelling in die wetenskappe!

Die vier leerders op die foto het goud verwerf. Hulle is Tenique Bekker, Leonè van Staden, Tiaan Bouwer en Anke Kruger. Baie geluk aan al hierdie leerders!

Page 3: En nou is dit totsiens en sterkte! ONTHOU!!! · 2018-02-06 · verskuif die Besigheidstudies van Donderdag 23 November na Vrydag 10 November (middag). Op daardie dag skryf die Graad

Framesby-fakkel vonkel in mosselbaai!

o/15-krieketspan kook: outeniqua t20-kampioene Ons O/15-krieketspan het tydens die vakansie aan die Outeniqua T20-toernooi deelgeneem en as die kampioenspan uit die stryd getree. Dit voorspel net goeie dinge vir ons krieket en ons glo die manne gaan op hierdie prestasie voortbou en ‘n reuse-seisoen beleef!

In die eerste wedstryd het ons Curro Durbanville met 84 lopies geklop. JP Snyman was goed op dreef met ‘n pragtige 51 lopies. In ons volgende wedstryd het ons te staan gekom teen die manne van Boland Landbou, maar hulle moes ook die knie buig voor die Framesby-manne. Corné Gerber het 2 paaltjies vir 13 geneem en Ian de Reuck het 46 lopies aangeteken. Ons wen die wedstryd met 5 paaltjies. In ons derde wedstryd het ons teen die SWD HUB-span gespeel en weer baie goed gedoen. Nadat ons 102 vir 8 aangeteken het is die SWD-span uitgehaal vir 46. Ons wen met 56 lopies. Volgende moes ons Outeniqua pak en moes ons ongelukkig die knie buig voor die tuisspan. Nadat ons slegs 84 kon behaal, het Outeniqua ons telling verbygesteek met nog 3 paaltjies staande. Ons span het egter sterk teruggekom en Brandwag moes dit in die volgende wedstryd ontgeld. Nadat hulle slegs 69 lopies kon aanteken, het ons 72 vir 3 aangeteken en die wedtryd met 7 paaltjies gewen. Corné Gerber het 43 lopies aangeteken. Hierna moes ons Daniel Pienaar in die finaaal aandurf. Ons behaal 95 lopies vir 7 paaltjies en beperk Daniel Pienaar tot 93 vir 7 paaltjies. Ons wen die wedstryd met 2 lopies! Skitterend manne!! (Foto op die laaste bladsy)

Die Framesby-atletiekspan het tydens die vakansie met 46 atlete na Mosselbaai getoer om vir die derde jaar aan die Top Tien- atletiekbyeenkoms wat daar aangebied word, deel te neem. Ons atlete het werklik skitterend presteer en ons naam baie wyd uitgedra!

Framesby het vanjaar altesaam 19 medaljes verower en sodoende ons oes aan medaljes oor die afgelope 3 jaar verdriedubbel. Lara de Bloe het 2 goue medaljes in die 1500 en 3000 m vir dogters O/16 verower. Sy het ook ‘n rekord van 11;30,2 in die 3000 m opgestel, en so die bestaande rekord met 70 sekondes verbeter. Haar spanmaat, Lize-mé Otto, was 2de in die 3000 m vir dogters O/17, en het ook die bestaande rekord verbeter. Abigail Appelgryn het die bestaande rekord van 1,55 m in die dogters O/17-hoogspring geëwenaar. Johan van Biljon het tweede beste prestasie van alle seuns behaal toe hy in die diskus vir seuns O/15 ‘n afstand van 57,21 m opgestel het. Alhoewel hy tweede geëindig het, het hy en die Kemptonpark-atleet, Juan Oosthuizen, albei die diskusrekord verbeter. Oosthuizen het die beste prestasie van alle atlete opgestel met sy afstand van 59,57 m in diskus (Seuns O/15). Verskeie atlete het meer as een medalje verower. Moneeb Jeftha verower 3 medaljes: goud in die 400, silwer in die 200 m en brons in die 100 m (Seuns O/15). Vicky Oelofse verower 2 medaljes: goud in die 800 m en brons in die 400 m (Dogters O/17). Anja Webber verower 2 medaljes: silwer in beide die 800 m en 1500 m.

Vir Jason Crous was dit ‘n besondere geleentheid toe hy in die hoogspring vir Seuns O/17 ‘n 2de plek behaal het ná die huidige wêreldkampioen Breyten Poole. Dis ‘n wonderlike begin vir die seisoen! Baie geluk aan al ons atlete.

Page 4: En nou is dit totsiens en sterkte! ONTHOU!!! · 2018-02-06 · verskuif die Besigheidstudies van Donderdag 23 November na Vrydag 10 November (middag). Op daardie dag skryf die Graad

Die morele aspek Krieket-ysters! Daar bestaan ’n wydverbreide aanname dat dit in politieke en ekonomiese sake om die persoonlike belange gaan van diegene wat daarby betrokke is, en dat hulle dus onbeskaamd en onbekommerd hulle selfbelang as die hoogste norm op hierdie terreine mag laat geld. Die logika daaragter is dat politiek en ekonomie harde terreine is waarop elkeen van nature na sy eie belange omsien en daarvoor veg. Daar word geen genade gevra of gegee nie. Elkeen gebruik die mag tot sy beskikking om sy eie belange te dien en sy eie saak te bevorder. En dit is ook reg so. As almal volgens hulle welbegrepe eiebelang sou handel, dan sou, volgens hierdie opvatting, almal se belange ook die beste gedien word. Die vraag wat hier egter gestel moet word, is of so ’n soort redenasie vir Christene hoegenaamd aanvaarbaar kan wees. Is dit denkbaar dat Christene hulle selfbelang op enige terrein van hulle lewe as norm mag aanvaar? Wat beteken die Christelike liefdesgebod in hierdie soort redenasie? Word dit opgeskort op die harde terreine van die politiek en die ekonomie en slegs van toepassing gemaak op die verhouding tot die individu? Of het dit hoogstens ’n sekere betekenis vir ’n mens se verhouding tot jou eie groepsgenote, maar geen betekenis as dit om jou opponente of om vreemdes of mense van ander volksgroepe gaan nie? Anders gestel: Is daar ’n morele faktor aanwesig in ons omgang met politiek en ekonomie, of word alles op hierdie terreine bepaal deur selfbelang en die magspel waarin ons hoogstens bereid is om kompromieë te maak op ons swakker punte, ten einde te verseker dat ons belange in die dinge wat vir ons die kosbaarste is, so goed as moontlik beskerm word? Of ook: Moet ons deur die magspel en die bedreiging van ons eie belange tot veranderinge gedwing word, of is ons om morele redes bereid om dinge reg te maak wat verkeerd is, sodat ons ook in die politiek en ekonomie kan handel vanuit die oortuiging dat reg en liefde van ons vra om eerlik die beste belange van alle mense in ons land te dien? Die Bybel werk nie met die model dat elkeen sy eie belang moet soek en dat alles dan sal regkom nie, maar met die opdrag dat ons mekaar se belange moet soek (Filippense 2:4). Dit sal altyd iets van selfkruisiging beteken, soos die geval Jesus ons leer, maar dit is Gods weg na oorwinning en vrede. Of sou God darem te onprakties wees as dit op die terreine van politiek en ekonomie kom? Dit sou baie jammer wees as ons in ’n tyd van verandering en oorgang niks beters het om ons aan te oriënteer as die eise van ons selfbelang nie. As Christene sou dit vir ons benede die maat wees. Maar ons mag ook vind dat veranderinge wat ons nie uit morele oortuiging aanbring nie, maar as toegewings uit welbegrepe eiebelang, baie maklik in ons mond bitter kan word as dit blyk dat ons belange tog nie so goed daardeur gedien word, as wat ons gehoop het nie. (Uit Die Burger, 24 Maart 1990)

Matriek-ysters: Michael Steenkamp, Gideon Coertzen en Janré Viljoen

Ons O/15-Kampioene!

Mnr. Konrad de Villiers en Janré Viljoen