Maandag, Dinsdag, Donderdag , Vrydag: Woensdag...

13
1 NG Universitas-Wes Gemeenskapsentrum Die Kandelaar –5 November 2017 Telefoon en faks: 051 522 2547Finansies 051 522 8119 Bankbesonderhede: NG Gemeente Universitas-Wes Absa Bank, Reknr: 470580909, Bankkode: 334134 E-pos: [email protected]. WEBADRES: www.rooikerk.co.za / nguniversitaswes Kantoorure: Maandag, Dinsdag, Donderdag , Vrydag: 08:00 tot 13:00 Woensdag: 08:00 tot 10:00 en 12:00 tot 13:00 Sondae: Net ná die erediens tot 10:30 of tot die laaste persoon gehelp is ROOIKERK-EREDIENSTE Tema: Insluiting Vandag 09:00 Marius Louw Teks: 1 Tessalonisense 2:7-12 Tema: Soos pleegmoeder en pa: die karakter van ʼn gestuurde gemeente. Deurkollekte: Sinodale Pensioenfonds 09:00 Baba-, Peuter- en Kinderkerk 10:15 Junior- en Seniorjeug-Omgeegroepe 18:00 Sondag 12 November 09:00 Ds Barnard Steyn 18:00 Carel 19:15 Leiersraadvergadering

Transcript of Maandag, Dinsdag, Donderdag , Vrydag: Woensdag...

Page 1: Maandag, Dinsdag, Donderdag , Vrydag: Woensdag Sondaerooikerk.co.za/wp-content/uploads/2017/11/... · Op 10 Desember 2016 is die eerste Rooihartkersmark gehou en dit was 'n reusesukses.

1 NG Universitas-Wes Gemeenskapsentrum

Die

Kan

del

aar –5

No

vem

ber

20

17

Telefoon en faks: 051 522 2547Finansies 051 522 8119

Bankbesonderhede: NG Gemeente Universitas-Wes Absa Bank, Reknr: 470580909, Bankkode: 334134

E-pos: [email protected].

WEBADRES: www.rooikerk.co.za / nguniversitaswes Kantoorure:

Maandag, Dinsdag, Donderdag , Vrydag: 08:00 tot 13:00

Woensdag: 08:00 tot 10:00 en 12:00 tot 13:00

Sondae: Net ná die erediens tot 10:30 of tot die laaste persoon gehelp is

ROOIKERK-EREDIENSTE Tema: Insluiting

Vandag

09:00 Marius Louw

Teks: 1 Tessalonisense 2:7-12

Tema: Soos pleegmoeder en pa: die karakter van ʼn gestuurde gemeente.

Deurkollekte: Sinodale Pensioenfonds

09:00 Baba-, Peuter- en Kinderkerk

10:15 Junior- en Seniorjeug-Omgeegroepe

18:00

Sondag 12 November

09:00 Ds Barnard Steyn

18:00 Carel

19:15 Leiersraadvergadering

Page 2: Maandag, Dinsdag, Donderdag , Vrydag: Woensdag Sondaerooikerk.co.za/wp-content/uploads/2017/11/... · Op 10 Desember 2016 is die eerste Rooihartkersmark gehou en dit was 'n reusesukses.

2 NG Universitas-Wes Gemeenskapsentrum

SIEKES

Kom ons bid vir ons siek mense in die gemeente - vir dié op die lys asook vir die wat nie hier gelys is nie.

Ons dink veral baie aan Nic Schmidt, 072 209 3789 en gesin. Nic is tuis baie siek met kanker. Ons bid vir hulle vir wysheid en baie liefde vir hulle tyd saam as gesin.

Robert Crowther ontvang tans kankerbehandeling.

Dinah Crowther sterk tuis aan.

Martins Scholtz is in Medi-Clinic opgeneem. Hy het ook nou kanker in sy lewer.

Joze Ebing 083 259 7404 kry tans chemo. Kom ons bid ook vir haar.

Heidi Steyl is ook gediagnoseer met kanker.

Ben Groenewald het Maandag ʼn rugoperasie ondergaan.

Phillip Strauss is in Netcare-Hospitaal. Hy moet ʼn baie delikate operasie ondergaan

Braam Fourie het die afgelope twee weke twee oogoperasies ondergaan.

NUWE LIDMATE - BAIE WELKOM!

Besoekers en nuwe lidmate, kom ontmoet die Nuwelidmatespan ná

die erediens by die Inligtingsentrum.

SIEKES

Oom Naas en tannie Lettie Bezuidenhout se kleinseun Ignus moes weer verskeie

operasies ondergaan.

Met medelye

Frikkie Potgieter se suster is oorlede. Sy was in die Kaap woonagtig.

Willem van Every se ma is oorlede.

VERJAARDAE

Baie geluk aan oom Fanie Mathee 0795438483wat Maandag 83 jaar oud word.

Baie geluk aan elkeen wat hierdie komende week verjaar. Mag die Here julle ryklik

seën:.

5 Nov Albertus Calitz 0515228897 6 Nov Wynand Buurman 0728307808 Elsie Greyling 0834800708 Ilse Nel 0767597302 Ansie Papgis 0824753292 Maretha Steyn 0823723442 7 Nov Beryl Matthys Riaan Matthys Alana Stroebel 0834117398 Alánie van Biljon Alida Viviers 0844522766 8 Nov Erna Basson 0823741514 Herman Groenewald 0718811100 9 Nov Annelie Litthauer 0725802365 10 Nov Danie Botha 0727133267 Jan Olivier 0833822773 Tiaan Pienaar 11 Nov Narette Botha 0828377987 Kayla Lötter Dries van Eden 0836589001 Emil van Zyl 0795271593

Page 3: Maandag, Dinsdag, Donderdag , Vrydag: Woensdag Sondaerooikerk.co.za/wp-content/uploads/2017/11/... · Op 10 Desember 2016 is die eerste Rooihartkersmark gehou en dit was 'n reusesukses.

3 NG Universitas-Wes Gemeenskapsentrum

Liewe gemeente in Jesus Christus,

Hierdie tyd van die jaar is dit weer tyd vir die insameling van die 10de-maanddankoffers. Ons bedink in hierdie tyd die volgende oor God:

1. God gee ons alles en alles is eintlik dus God s’n – ook dit wat ek verdien en ontvang.

Psalm 24 stel dit mos duidelik: Die aarde en alles daarop behoort aan die Here. Dis mos Hy wat my die energie gee om te werk en wat my vertrou met wat Hy my gee.

2. In die Ou Testament was daar die offers van die eerstelinge en die tiendes. Daarmee het die Here dus dit aan ons duidelik gemaak dat die eerste en die laaste een van alles die bewys is dat ek alles van Hom af ontvang: Syne is nr 1..2..3……8..9..10.

3. As Hy dus van ons ʼn tiende deel vra, is dit eintlik ‘n geloofsoffer wat Hy vra waarmee ons in geloof gee en Hom dus ten volle vir alles vertrou.

Maar ons offertyd in Oktober vertel ook iets oor ons:

1. God vertrou ons met Sy besittings en stel ons aan as rentmeesters en bestuurders. As ʼn sakeman sien dat sy bestuurder nie goed werk met wat hy aan die bestuurder toevertrou nie, is daar selfs ʼn kans dat hy aan die bestuurder minder sal gee waarmee hy hom kan vertrou.

2. ʼn Dankoffer is dus ʼn manier hoe dat ek God vertrou omdat Hy my vertrou.

3. Om vir God met my hele hart, my hele siel en my hele verstand lief te hê (Matteus 22), sluit letterlik alles in.

Maar offertyd laat ons ook weer luister na die konteks waarbinne ons lewe:

1. Natuurlik word ons almal geraak deur laer rentekoerse (vir hulle wat op hulle rente staatmaak vir inkomste en tot voordeel van hulle wat skuld het!!) en hoër brandstofpryse.

Dit raak natuurlik die gemeente ook.

2. Verder raak die nood as gevolg van bogenoemde natuurlik al hoe groter. En omdat kerk-wees in die wêreld geleef word en die groei van die kerk in die wêreld lê, kan ons nie die konteks bedien en ʼn verskil maak aan mense se lewens as daar nie ook maar die nodige fondse is nie.

3. Ja, ons is mos ʼn gestuurde gemeente met ʼn koninkryksvisie!!!

Baie dankie vir julle offervaardigheid. Mag die Here jou seën sodat jy ander kan seën. Die Here is getrou om ons te versorg. Ons eer Hom daarvoor.

Namens die leraars en leiersraad.

Universitas-Wes

Nota: 10de-maanddankoffers word opgeneem tot einde van

die jaar.

Page 4: Maandag, Dinsdag, Donderdag , Vrydag: Woensdag Sondaerooikerk.co.za/wp-content/uploads/2017/11/... · Op 10 Desember 2016 is die eerste Rooihartkersmark gehou en dit was 'n reusesukses.

4 NG Universitas-Wes Gemeenskapsentrum

NG KERK UNIVERSITAS-WES ROOIHARTMARK

Op 10 Desember 2016 is die eerste Rooihartkersmark gehou en dit was 'n reusesukses. Op Sondag, 5 Maart 2017, het die Leiersraad toestemming gegee dat die Rooihartkersmark 'n jaarlikse instelling mag word. Die doel van die Rooihartmark bly liefdadigheid - spesifiek vir lede van die gemeente wat 'n helpende hand nodig het.

Die Mark word gehou op Saterdag, 9 Desember 2017. Moet asseblief nie huiwer om my te kontak nie sou u enige vrae het of enige verdere inligting benodig.

Lizelle de Reuck ([email protected]/ 082 974 1550).

Page 5: Maandag, Dinsdag, Donderdag , Vrydag: Woensdag Sondaerooikerk.co.za/wp-content/uploads/2017/11/... · Op 10 Desember 2016 is die eerste Rooihartkersmark gehou en dit was 'n reusesukses.

5 NG Universitas-Wes Gemeenskapsentrum

Rooikerk-Dagboek vir November

12 November Leiersraadvergadering om 19:15 .

16 November 1 Dag-Stilwees-retraite

19 November 09:00 Roepingsfees 18:00 Kerssangfees

26 November Leiersbevestiging.

Die verkoop 250g kleinkoekies na

afloop van die eredienste.

Julle kan hulle verder help deur die volgende te doen:

Bestanddele of kontant te gee of aan te bied om te help bak..

Kontak Gerty 0836098007 asb.

Vanaf 1 November word hier by die kerk ekstra wiskundeklasse (Graad 1-9) en middagstudie aangebied. Dit geskied elke middag vanaf 17:00.

Vir verdere navrae, skakel Surika 0827305472.

Ons ontmoet mekaar 08:30 by Botaniese tuin se hek. Dit duur tot

± 16:00. Bring jou Bybel, nota-boek, kospakkie en geld vir toe-gang en koffie. Bevestig asb by

Carel 0828217600 as jy saamkom.

Page 6: Maandag, Dinsdag, Donderdag , Vrydag: Woensdag Sondaerooikerk.co.za/wp-content/uploads/2017/11/... · Op 10 Desember 2016 is die eerste Rooihartkersmark gehou en dit was 'n reusesukses.

6 NG Universitas-Wes Gemeenskapsentrum

September, Oktober en November se spesiale koevertinsameling gaan

vir

Tiendemaanddankoffers - vir ons drie Gestuurde

Uitdagings.

Gebruik die ekstra koevertjie by die deur, benewens jou normale

dankoffer.

Diensgroep vir Finansies Ons is steeds op soek na ʼn

suurstofmasjien. Kontak Carel indien jy kan

help.

Daar word dringend gesoek na verblyf, enkelwoonstel of

bachelorwoonstel, vir ʼn enkeldame vir plus minus

R2000 per maand. Kontak asb vir Carel as u weet van so

iets

Page 7: Maandag, Dinsdag, Donderdag , Vrydag: Woensdag Sondaerooikerk.co.za/wp-content/uploads/2017/11/... · Op 10 Desember 2016 is die eerste Rooihartkersmark gehou en dit was 'n reusesukses.

7 NG Universitas-Wes Gemeenskapsentrum

Dié Diensgroepe benodig die volgende leiers:

1. Ondersteuningsdiensgroep. 2. Diensgroepleiers: Kuns- en Dramadiensgroep.

3. Luisterspan

4. Persone wat instrumente kan bespeel.

5. Hospitaalspan.

6. Omgewingdiensgroep

Wil jy nie asseblief hieroor gaan bid en as die Here dit op jou hart lê, vir Carel (0828217600) of Riana in die kerkkantoor

(0515222547) skakel nie?

Die Kommunikasie- en Bemarkingsdiensgroep is dringend op

soek na mense met 'n passie vir tegnologie en sosiale media om deel te word van ons dinamiese span. (Veral "content management" vir die website.)

Opleiding word voorsien!!!! Gee jou naam op na die diens by die inligtingstoonbank of stuur jou besonderhede aan [email protected].

Page 8: Maandag, Dinsdag, Donderdag , Vrydag: Woensdag Sondaerooikerk.co.za/wp-content/uploads/2017/11/... · Op 10 Desember 2016 is die eerste Rooihartkersmark gehou en dit was 'n reusesukses.

8 NG Universitas-Wes Gemeenskapsentrum

Gebedsbediening “Handevattend met die wêreld en gegryp in

die hart voor God, is die kerk ʼn sigbare de-monstrasie van hoop in ʼn veranderende wê-reld.” Hoe lees ons die Bybel? - Jan van der Watt en ander.

Hilda 083 732 1025

Die volgende word dringend benodig vir persone in nood. Indien jy kan help, sal dit baie waardeer word en kan dit by die kerkkantoor afgegee word:

* handdoeke * dubbelbed lakens * enige klere vir 'n skraal 9-jarige seuntjie * Medium

Die volgende word dringend benodig vir persone in nood. Indien jy kan help, sal dit baie waardeer word en kan dit by die kerkkantoor afgegee word:

********

ONDERSTEUNINGSDIENSGROEP benodig dames [en manne] wat weer sal help met die brei/hekelprojekte vir 2018. Skenkings van enige oorskietwol hiervoor sal ook waardeer word. Kontak Marie 084 500 1729 vir enige verdere inligting. O

nd

erst

eun

ing

sdie

nst

e

CHOC-huis het u hulp nodig. Hulle benodig ongeveer 25 kg margarine en 75 liter langlewemelk. Hulle gebruik dit vir kospakkies as die kinders hospitaal toe gaan vir behandeling, chemo of bestraling, met die vervoer van die kinders na 'n ander hospitaal en met die lang reis huis toe. Dan is daar altyd ietsie om te eet vir middagete.

Wil jy nie graag 'n onderneming maak om iets van bogenoemde maandeliks saam met jou kruideniersware vir die kinders te kry en kerk toe te bring nie?

Kontak asseblief die Kerkkantoor vir meer inligting.

Persone moet asseblief die volgende vermeld:

Telefoonnr – vir maandelikse herinnering en dalk 'n inligtingsbrokkie van CHOC-huis.

Wat en hoeveel gaan die persoon elke maand by Kerkkantoor of inligtingstoonbank besorg voor die eerste van elke maand.

Page 9: Maandag, Dinsdag, Donderdag , Vrydag: Woensdag Sondaerooikerk.co.za/wp-content/uploads/2017/11/... · Op 10 Desember 2016 is die eerste Rooihartkersmark gehou en dit was 'n reusesukses.

9 NG Universitas-Wes Gemeenskapsentrum

Bid saam vir die #39 land op die Geopende Deure se Wêreldwaarnemingslys –

Mexiko Met meer as 128,6 miljoen inwoners (volgens die VN getal in 2016),

het Mexiko die grootste bevolking in die Spaanssprekende wêreld.

Mexiko het ook die grootste ekonomie in Latyns-Amerika (naas

Brasilië). Mexiko is een van die mees gewelddadige lande ter wêreld.

Die aantal ontwortelde mense in dié land het met 35 in ses jaar

vermenigvuldig. In 2008 was daar “slegs” 8 000 ontwortelde mense en

in 2014, 281 418 mense.

https://www.opendoors.org.za/afr/vervolgde_christene/wereldwaarnemingslys

GEMEENTEKAMP – 9-11 FEBRUARIE

Hier is solank die tariewe vir die gemeentekamp.

Opsommend is daar verskeie opsies:

Luimensopsie – R500 per persoon vir die naweek ('Backpackers',

kommune- of stalverblyf, kos en zip-wire-aktiwiteit ingesluit)

Veldmensopsie - R400 per persoon vir die naweek (kampverblyf, kos en

zip-wire-aktiwiteit ingesluit).

Armmensopsie – R100 per persoon vir die naweek (kampverblyf

ingesluit)

Alternatiewelik kan elkeen self bespreek en ʼn opsie kies wat by jou

leefstylbehoeftes pas.

Enige terugvoer of vra is welkom.

Groete

Shaun

Page 10: Maandag, Dinsdag, Donderdag , Vrydag: Woensdag Sondaerooikerk.co.za/wp-content/uploads/2017/11/... · Op 10 Desember 2016 is die eerste Rooihartkersmark gehou en dit was 'n reusesukses.

10 NG Universitas-Wes Gemeenskapsentrum

Soos julle dalk al verneem het, wil ons graag ʼn koffietafelboek genaamd ROOKERKSTORIES uitbring.

Die doel van die boek is om getuienis en stories te versamel vanuit die gemeente, maar ook om bietjie te kyk waar ons as gemeente vandaan kom.

Hierdie is ‘n projek deur die gemeente vir die gemeente en ons het julle hulp nodig, deur die volgende vir ons te stuur of te doen:

Staaltjies en gebeure van toeka tot nou

Inspirerende stories

Getuienis

Fotos:

Ou foto’s

Foto’s van toe die kerk gebou is

Gebeure by die kerk

Bekende mense wat dalk hier was

Ou basaarfoto’s

Ou kerkraadfoto’s, ens.

Ou Kandelare

Kerkbodes waarin ons gemeente genoem is

Koerantberigte van ons gemeente of mense in ons gemeente

Bouplanne

Enigiets anders wat jy dink deel is van die kerk en ons uniek maak of wat jy graag wil hê mense moet oor 40 jaar nog onthou en nostalgies oor terugdink. Wat maak jou nostalgies en sentimenteel oor die Rooikerk?

Geskiedenis van die gemeente

Inligting rakende Striata en hul inskakeling by ons gemeente.

Foto’s van Striata

Basies enigiets van 1970 tot nou.

Rooikerkstorieboek

Page 11: Maandag, Dinsdag, Donderdag , Vrydag: Woensdag Sondaerooikerk.co.za/wp-content/uploads/2017/11/... · Op 10 Desember 2016 is die eerste Rooihartkersmark gehou en dit was 'n reusesukses.

11 NG Universitas-Wes Gemeenskapsentrum

Die Vineyard-gemeente in Rocklands wil met ʼn sopkombuis begin om armoede en hongersnood te verlig.

Ons sou kon hulp verleen in die vorm van bestanddele, groot kastrolle, lepels, sopbakkies, stoele om by die tafels te sit, ens. Die nood is ook groot vir klere en ook om mense te help klere maak. Materiaal, wol en ander benodigdhede is meer as welkom.

As jy ook iets kan bydra vir die vestiging van ʼn crèche (soos bv. speelgoed of enigiets wat in ʼn crèche gebruik kan word).

Skakel die kerkkantoor (0515222547) as jy dalk op ‘n manier kan help. Baie dankie.

Dalk ken jy mense wat in die gemeente was, maar getrek het, wat dalk inligting vir ons het. Gaan kuier by hulle!

Gaan loer deur oupa en ouma se foto album of gaan gesels met die buurtannie wat jy weet al 47 jaar met die gemeente saamkom.

Enige dokumente/foto’s ens kan by die kerkkantoor of inligtingstoonbank afgegee word.

PLAAS ALLE ITEMS ASB IN ‘N KOEVERT EN MERK DIT “ROOIKERKSTORIES”.

MAAK OOK ASB SEKER JOU NAAM, VAN EN KONTAKNOMMER VERSKYN OP DIE KOEVERT.

Alles sal mooi bewaar word en weer aan eienaar terug besorg word.

Alternatiewelik kan elektroniese dokumente/foto’s gestuur word aan : [email protected] . Maak ook asb seker dat jou naam en van in die epos verskyn.

As jy wil deel word van hierdie projek, ʼn idee het om die projek te verbeter ens. of dalk ʼn kontak het in die druk-/uitgewerbedryf.

Kontak asb vir Maatje by 073 666 8396 (Whatsapp ook welkom).

Alle dokumentasie/foto’s en inligting moet teen 31 Jan 2018 by ons wees! (Dit gee julle die hele Desember om by die familie foto’s en inligting te kry J

Page 12: Maandag, Dinsdag, Donderdag , Vrydag: Woensdag Sondaerooikerk.co.za/wp-content/uploads/2017/11/... · Op 10 Desember 2016 is die eerste Rooihartkersmark gehou en dit was 'n reusesukses.

12 NG Universitas-Wes Gemeenskapsentrum

Program van die week Sondag 5 November. Erediens. Dr Carel van der Merwe. Skrifgedeelte: 1 Korintiërs 10: 23-11:1. Tema: Is dit reg ...?

Dinsdag 7 November. Saalbybelstudie. 10:00. Tema: Die ver-vulling van die wet/Die ware betekenis van die wet in Matteus 5: 17-20.

Donderdag 9 November. Wyksbyeenkoms van wyk 14 aan huis van wyksleier Maxie Oosthuizen {H26}

Sondag 12 November. Erediens. Roelf

REFORMASIE 500 In ons viering van Reformasie 500 [Hervormingsfees-maand in Oktober] het ons onder andere 3 dinge geleer:

(1) Met 'n oop Bybel en 'n biddende geloofsverwagting dat die Heilige Gees self vir ons onderskeidingsvermoë gee om die wil van God te verstaan, hoef ons nie afhanklik te wees van mense wat beweer dat húlle God verteenwoordig nie.

(2) 'n Gemeente staan sáám voor God en net deur persoonlike gebed en soeke na God se eer/wil, en in gemeenskap met mekaar in die erediens en ander groeperings van gelowiges as deel van die liggaam van Christus, benut ons die potensiaal van die kerk om geestelik te groei en te dien.

(3) 'n Geestelik-gesonde kerk wat met opregtheid God se eer alleen nastreef, is 'n hervormende kerk wat met 'n voorskoot van diensbaarheid in gehoorsaamheid en nederigheid op God se pad loop.

Page 13: Maandag, Dinsdag, Donderdag , Vrydag: Woensdag Sondaerooikerk.co.za/wp-content/uploads/2017/11/... · Op 10 Desember 2016 is die eerste Rooihartkersmark gehou en dit was 'n reusesukses.

13 NG Universitas-Wes Gemeenskapsentrum

Ons verjaarsdae, baie geluk!

Maandag 6 November Stella vd Berg H168

Dinsdag 7 November Genie Groenewald H151

Donderdag 9 November Eric Kleynhans H11

Vrydag 10 November Tina v Schalkwyk H122

Saterdag 11 November Pauli Redelinghuys NW8

Saterdag 11 November Petru Vermeulen NW39

Saterdag 11 November Cora vd Walt H134

Siekes vir wie ons kan bid Amanda Gous van NW18 is baie siek met kanker in Medi-Clinic.

Rina Stannard van NW36 is in Care Cure vir rehabilitasie.

Rina le Roux van H97 vorder baie goed na 'n noodoperasie in Rosepark-Hospitaal.

Ons versorgingseenheid dien met die toewyding van liefde, kennis, kundigheid en vaardigheid almal wat aan hulle sorg toevertrou is. Bid vir elkeen wat daar 'n diens lewer, vir dié wat daar versorg word en hulle geliefdes wat omgee,

maar steeds nog 'n eie lewe het wat aandag vra.