DUBBELE STANDAARDE TEN OPSIGTE - Solidariteit Wêreld

27

Transcript of DUBBELE STANDAARDE TEN OPSIGTE - Solidariteit Wêreld

Page 1: DUBBELE STANDAARDE TEN OPSIGTE - Solidariteit Wêreld
Page 2: DUBBELE STANDAARDE TEN OPSIGTE - Solidariteit Wêreld

DUBBELE STANDAARDE TEN OPSIGTE VAN RASSISTIESE GEDRAG IN DIE SAPD

1. OORSIG

Annelise de Vries | SNI | November 2019

Hierdie verslag bevat die resultate van ʼn hoofsaaklik kwalitatiewe studie wat in Oktober 2019 deur die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI) onder lede van die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) onderneem is. Die studie is aangepak na aanleiding van ʼn mediakonferensie wat op 3 Oktober 2019 plaasgevind het waar Solidariteit aangekondig het dat hy bewus is van minstens 13 gevalle waar valse klagtes van beweerde rassisme teen wit polisielede ingedien is. Tydens hierdie konferensie het Solidariteit ʼn veldtog geloods wat ten doel het om diskriminasie bloot op grond van ras binne die SAPD te onthul.

Polisielede (lede en nielede van Solidariteit) is versoek om gevalle van valse klagtes van rassisme en dubbele standaarde ten opsigte van die hantering van rassisme in die SAPD aan te meld by wyse van ʼn vraelys op Solidariteit se webtuiste.

SAPD-lede is ʼn maand gegun om die vraelys in te vul, en 56 gevalle van beweerde rassisme en dubbele standaarde ten opsigte van rassisme is aan Solidariteit gerapporteer. In die meerderheid van hierdie gevalle word ʼn SAPD-lid wat in ʼn bestuursposisie is, geviktimiseer op grond van ras wanneer hy/sy dissipline op ondergeskiktes van ander rasse probeer toepas.

Volgens die SAPD se jaarverslag vir 2017/2018 is daar 2 021 (manlik en vroulik) wit lede in die SAPD wat geklassifiseer word as professioneel gekwalifiseerd met ʼn aantal jare ervaring. Daar is 159 wit lede in die SAPD op seniorbestuursvlak, terwyl een wit SAPD-lid op topbestuursvlak is.

Dít beteken daar is 2 181 wit lede in die SAPD tussen topbestuur en werkers wat professioneel gekwalifiseer is met ʼn aantal jare ervaring – dit is juis hierdie lede wat aan hierdie studie deelgeneem het, tesame met enkele deelnemers van ander minderheidsrasgroepe.

Die kwalitatiewe navorsing word as verteenwoordigend bestempel omdat die data ʼn punt van dataversadiging bereik het – met ander woorde, die verskillende respondente het presies dieselfde resultate voortgebring.

Dit is ook belangrik om kennis daarvan te neem dat daar gebruik gemaak is van onwaarskynlike steekproefneming waar lede van die SAPD op ʼn openbare platform kollektief genader is om hulle bydrae te lewer indien hulle geraak is deur valse klagtes van rassisme in die werkplek. Indien lede deur middel van ʼn kwantitatiewe opname genader is, sal die persentasies van SAPD-lede wat onregverdig deur rassisme in die werkplek geraak word, waarskynlik hoër wees en sal die prentjie waarskynlik donkerder lyk.

Die resultate van hierdie navorsing sal aan Solidariteit die strategiese kundigheid verleen om rasseboelies in die SAPD te ontbloot en seker te maak dat hulle die gevolge van hulle wangedrag dra en dat daardie gevolge afgedwing word.

Die bevindinge dui op ʼn patroon in die wyse waarop wit SAPD-lede hanteer word: Eerstens word daar griewe en valse beskuldigings van rassisme teen wit lede ingedien nadat hierdie lede ondergeskiktes gedissiplineer het of bloot oor die feit dat hulle wit is. Daar is ook bevind dat indien die beskuldigdes

Page 3: DUBBELE STANDAARDE TEN OPSIGTE - Solidariteit Wêreld

- 1 -

onskuldig verklaar word, diegene wat onwaarhede versprei het, nie aan die pen ry nie en die beskuldigdes dan uiters negatiewe fisiese en emosionele gevolge moet dra.

Die data het ook getoon dat die meerderheid van die respondente hierdie gevalle van rassisme aangemeld het, maar dat hulle nie tevrede is met die wyse waarop die SAPD hierdie valse klagtes teen hulle hanteer en ondersoek het nie. Verder is dit duidelik dat die respondente in hierdie studie etlike dekades al by die polisie werksaam is, en die werkomstandighede waarin hierdie lede moet funksioneer, dui op ʼn growwe vermorsing van menslike kapitaal.

Page 4: DUBBELE STANDAARDE TEN OPSIGTE - Solidariteit Wêreld

- 2 -

INHOUDSOPGAWE

Oorsig .................................................................................................................................................. - 0 -

Lys van tabelle ..................................................................................................................................... - 3 -

1. Inleiding ....................................................................................................................................... - 4 -

2. Navorsingsontwerp ..................................................................................................................... - 4 -

2.1 Navorsingsbenadering ........................................................................................................ - 4 -

2.2 Navorsingsmetode .............................................................................................................. - 4 -

3. Resultate ..................................................................................................................................... - 6 -

3.1 Kwantitatiewe resultate ...................................................................................................... - 6 -

3.1.1 Aard van die gevalle van rassisme ..................................................................................... - 6 -

3.1.2 Aanmelding van voorvalle van rassisme ............................................................................ - 6 -

3.1.3 Tevredenheid met die wyse waarop sake ondersoek is .................................................... - 7 -

3.2 Inhoudsontleding ................................................................................................................ - 8 -

3.3 Tematiese bespreking ....................................................................................................... - 10 -

3.3.1 Moeilike werksomstandighede ................................................................................. - 10 -

3.3.2 Hantering van klagtes/griewe ................................................................................... - 15 -

3.3.3 Gevolge van valse beskuldigings ............................................................................... - 19 -

3.3.4 Menslike kapitaal in die SAPD ................................................................................... - 21 -

4. Samevatting .............................................................................................................................. - 23 -

Bronnelys .......................................................................................................................................... - 25 -

Page 5: DUBBELE STANDAARDE TEN OPSIGTE - Solidariteit Wêreld

- 3 -

LYS VAN FIGURE

Figuur 1: Aard van die geval(le) van rassisme wat respondente ervaar het ...................................... - 6 -

Figuur 2: Hoeveelheid gevalle van rassisme aangemeld .................................................................... - 7 -

Figuur 3: Respondente se tevredenheid met die wyse waarop die saak wat hulle aangemeld,

ondersoek is ........................................................................................................................................ - 7 -

Figuur 4: Tematiese analise - Frekwensie van kodes .......................................................................... - 9 -

Figuur 5: Grafiese voorstelling van die tematiese analise van die tema "Moeilike werksomstandighede"

.......................................................................................................................................................... - 11 -

Figuur 6: Grafiese voorstelling van die tematiese analise van die tema "Hantering van klagtes/griewe"

.......................................................................................................................................................... - 16 -

Figuur 7: Grafiese voorstelling van die tematiese analise van die tema "Gevolge van valse

beskuldigings" ................................................................................................................................... - 19 -

LYS VAN TABELLE

Tabel 1: Temas en kodes met frekwensies van kodes ........................................................................ - 8 -

Page 6: DUBBELE STANDAARDE TEN OPSIGTE - Solidariteit Wêreld

- 4 -

1. INLEIDING

Solidariteit as vakbond kom al hoe meer gevalle teë van werknemers binne die SAPD wat ras as ʼn troefkaart probeer gebruik om ʼn kollega uit die organisasie te laat verwyder, dikwels juis omdat daardie kollega hulle verantwoordbaar probeer hou vir wangedrag of poog om hulle te dissiplineer wanneer hulle hulle plig versuim het (Barnard, 2019). Daar is ook al melding gemaak van talle gevalle waar die interne strukture van die SAPD nie in staat is om die korrekte prosedures te volg wanneer bewerings oor interne rassisme gemaak word nie.

In die lig hiervan het Solidariteit ʼn veldtog teen rassistiese praktyke in die SAPD van stapel gestuur. Volgens Barnard (2019) is die beweegrede vir die veldtog nie bloot die feit dat daar ʼn onaanvaarbare aantal valse aantygings van rassisme binne die SAPD waargeneem word nie, maar ook dat sulke aantygings jaarliks toeneem.

Hierdie verslag bevat bydraes van 56 werknemers van die SAPD wat ernstig deur dubbele standaarde ten opsigte van rassisme benadeel is.

2. NAVORSINGSONTWERP

2.1 NAVORSINGSBENADERING

Daar is gebruik gemaak van ʼn kwalitatiewe navorsingsmetode omdat die navorsing in ʼn natuurlike omgewing plaasgevind het en ten doel gehad het om omvattende beskrywings van werknemers in die SAPD wat deur valse klagtes van rassisme geraak is, te interpreteer en te kontekstualiseer. Daarmee saam is ʼn institusionele gevallestudienavorsingsontwerp gebruik omdat hierdie navorsing spesifiek in die SAPD as organisasie onderneem is en daarop gerig was om die volgende in die SAPD te evalueer:

• Evaluering van beleidsimplementering • Evaluering van praktyke met betrekking tot menslike hulpbronne. • Evaluering van organisatoriese bestuur en kultuur.

2.2 NAVORSINGSMETODE

Die navorsingspopulasie vir hierdie studie was beperk tot werknemers van die SAPD, in enige van die salarisskale en beroepe binne die SAPD. Die meerderheid van die deelnemers aan hierdie studie kan geklassifiseer word as professioneel gekwalifiseerd met ʼn aantal jare ervaring sowel as werknemers op bestuursvlak. Die meerderheid van die deelnemers is wit, terwyl enkele deelnemers van ander minderheidsrasse in Suid-Afrika ook aan die studie deelgeneem het.

Die enigste insluitingskriterium was dat die werknemers van die SAPD al geraak is (of tans geraak word) deur valse bewerings van rassisme in die werkplek en dubbele standaarde by die hantering van hierdie bewerings.

Die opname is gedoen deur ʼn oorwegend kwalitatiewe gerekenariseerde vraelys met vier kort kwantitatiewe vrae. Die vraelys was ongeveer een maand lank as ʼn vorm op Solidariteit se webtuiste beskikbaar en die meeste van die response is anoniem. Die vrae is as volg uiteengesit:

1. Ek was al/is tans ʼn slagoffer van rassisme in die SAPD.

Ja Nee

Page 7: DUBBELE STANDAARDE TEN OPSIGTE - Solidariteit Wêreld

- 5 -

2. Merk die opsie(s) wat jou geval(le) van rassisme die beste beskryf. Ek is vals beskuldig daarvan dat ek rassistiese uitlatings gemaak het. Ek is van ʼn bevorderingsgeleentheid ontneem op grond van my ras. Ek is geïntimideer of aangerand deur kollegas/ondergeskiktes as gevolg van my ras. Ek is daarvan beskuldig dat ek nie bevordering aan ondergeskiktes van ander rasse toegestaan het nie. Ek is daarvan beskuldig dat ek onnodige dissiplinêre stappe teen ondergeskiktes van ander rasse gedoen het.

3. Ek het die voorval van rassisme wat ek in die vorige vraag gemerk het, aangemeld.

Ja Nee

4. Ek is tevrede met die wyse waarop die voorval wat ek aangemeld het, ondersoek is.

Ja Nee

5. Beskryf asseblief die voorval van rassisme waarvan jy ʼn slagoffer was/is.

Data-ontleding is gedoen deur gebruik te maak van die sagteware Atlas.ti, en die data is deur refleksie en kodifisering verwerk.

Page 8: DUBBELE STANDAARDE TEN OPSIGTE - Solidariteit Wêreld

- 6 -

3. RESULTATE

Die resultate van sowel die kwantitatiewe as die kwalitatiewe data word vervolgens verskaf en bespreek.

3.1 KWANTITATIEWE RESULTATE

3.1.1 AARD VAN DIE GEVALLE VAN RASSISME

Soos in afdeling 2.2 aangedui is, is SAPD-lede gevra om die aard van die gevalle van rassisme wat hulle beleef het, te klassifiseer.

Uit Figuur 1 is dit duidelik dat sommige lede aangedui het dat hulle deurgeloop het onder meer as een tipe geval van rassisme en dubbele standaarde. Die meerderheid (25 gevalle) van die respondente het aangedui dat hulle vals daarvan beskuldig is dat hulle rassistiese uitlatings gemaak het. Daar is 17 gevalle gerapporteer waar lede geïntimideer of aangerand is deur kollegas of ondergeskiktes op grond van hulle ras. Voorts het 13 respondente aangedui dat hulle van bevorderingsgeleenthede ontneem is op grond van hulle ras en nege respondente het aangedui dat hulle daarvan beskuldig is dat hulle onnodige dissiplinêre stappe teen ondergeskiktes van ander rasse ingestel het.

3.1.2 AANMELDING VAN VOORVALLE VAN RASSISME

Daar is aan die respondente gevra of hulle die gevalle van rassisme en dubbele standaarde by die hantering van hierdie gevalle aangemeld het.

25

17

13

9

0 5 10 15 20 25 30

Ek is vals daarvan beskuldig dat ek rassistiese uitlatingsgemaak het. / I have been falsely accused of making

racist comments.

Ek is geïntimideer of aangerand deurkollegas/ondergeskiktes as gevolg van my ras / I have

been intimidated or assaulted by…

Ek het 'n bevorderingsgeleentheid verbeur op grondvan my ras. / I missed out on a promotion opportunity

because of my race.

Ek is daarvan beskuldig dat ek onnodige dissiplinêrestappe teen ondergeskiktes van ander rasse ingestelhet. / I have been accused of initiating unnecessary…

Merk die opsie(s) wat jou geval(le) van rassisme die beste te beskryf Please indicate the option(s) that best describe(s) your racism incident(s)

Figuur 1: Aard van die geval(le) van rassisme wat respondente ervaar het

Page 9: DUBBELE STANDAARDE TEN OPSIGTE - Solidariteit Wêreld

- 7 -

69,6% van die respondente het aangedui dat hulle wel die gevalle van rassisme en dubbele standaarde aangemeld het, terwyl 30,4% aangedui het dat hulle nie dié gevalle aangemeld het nie. Uit die kwalitatiewe data is dit duidelik dat die lede wat nie hierdie gevalle aangemeld het nie, dit nie gedoen het nie omdat hulle geen vertroue het in die wyse waarop die SAPD hierdie gevalle sal hanteer nie.

3.1.3 TEVREDENHEID MET DIE WYSE WAAROP SAKE ONDERSOEK IS

Die respondente wat aangedui het dat hulle die gevalle van rassisme en dubbele standaarde aangemeld het, het ʼn vraag beantwoord oor hulle tevredenheid oor hoe dié sake hanteer en ondersoek is.

Figuur 3: Respondente se tevredenheid met die wyse waarop die saak wat hulle aangemeld het, ondersoek is

69.6

30.4

Ek het die voorval van rassisme wat ek in die vorige vraag gemerk het, aangemeldI reported the incident of racism that I indicated in the previous question.

Ja / Yes Nee / No

2.1

97.9

Ek is tevrede met die wyse waarop die saak wat ek aangemeld het, ondersoek is.I am satisfied with the investigation into the incident that I had reported.

Ja / Yes Nee / No

Figuur 2: Aantal gevalle van rassisme aangemeld

Page 10: DUBBELE STANDAARDE TEN OPSIGTE - Solidariteit Wêreld

- 8 -

97,9% van die respondente het aangedui dat hulle glad nie tevrede is met die wyse waarop die sake hanteer en ondersoek is nie (vgl. 3.3.2.3 en 3.3.2.4), terwyl slegs 2,1% aangedui het dat hulle wel tevrede is.

3.2 INHOUDSONTLEDING

Vanuit die data kan daar vier verskillende temas geïdentifiseer word. Dié temas (tekstuele vlak van analise) sowel as relevante kodes wat onder elke tema val (konseptuele vlak van analise) word in Tabel 1 uiteengesit.

Tabel 1: Temas en kodes met frekwensies van kodes

Tema Kodes

Moeilike werkomstandighede

(61 vermeldings)

1. Griewe en beskuldigings t.o.v. ras (22)

2. Dissipline versus ras (19)

3. Lid is geteister deur ondergeskiktes (9)

4. Geen bevordering (7)

5. Lid is anders hanteer a.g.v. ras (2)

6. Dreigemente dat lid sy werk sal verloor (2)

Hantering van klagtes/griewe

(47 vermeldings)

1. SAPD vervolg nie lede wat valse beskuldigings maak nie (18)

2. Lid is onskuldig verklaar (15)

3. Popcru-betrokkenheid (12)

4. Korrekte prosedures t.o.v. griewe/beskuldigings is nie gevolg nie (2)

Gevolge van valse beskuldigings

(26 vermeldings)

1. Fisiese gevolge van valse beskuldigings (15)

2. Emosionele gevolge van valse beskuldigings (11)

Menslike kapitaal in die SAPD

(15 vermeldings)

1. Jare in diens van die SAPD (15)

Die navorser het die temas wat herhaaldelik in die kwalitatiewe data voorgekom het (kodes), geïdentifiseer en hierdie kodes in bepaalde groepe geklassifiseer (temas). Altesaam 13 kodes is geïdentifiseer wat deurlopend in die kwalitatiewe data voorgekom het. Hierdie kodes kan beskou word as ʼn uiteensetting van die grootste uitdagings wat SAPD-lede van ʼn sekere ras ervaar.

Page 11: DUBBELE STANDAARDE TEN OPSIGTE - Solidariteit Wêreld

- 9 -

Die onderstaande tabel is ʼn grafiese uiteensetting van die kodes en die frekwensie daarvan.

Die aantal kere dat ʼn sekere kode in die kwalitatiewe data voorkom (frekwensie), bied inligting oor die grootste uitdagings ten opsigte van ras en dubbele standaarde wat tans in die SAPD voorkom.

Altesaam 22 respondente het hulle stories vertel oor beskuldigings wat teen hulle gemaak is en griewe wat teen hulle ingestel is bloot op grond van hulle ras (vgl. 3.3.1.4). Van die respondente het 19 aangedui dat hulle as deel van hulle verpligtinge in hulle pos dissipline moes toepas en dat dit in ʼn rassevoorval ontaard het (vgl. 3.3.1.6).

Daar was voorts 15 respondente wat melding gemaak van die fisiese gevolge wat hulle in die gesig moes staar omdat daar op grond van ras teen hulle gediskrimineer is (vgl. 3.3.3.2). ʼn Aantal respondente het ook pertinent genoem hoeveel jaar hulle in diens van die SAPD is/was (vgl. 3.3.4.1).

22

19

18

15

15

15

12

12

11

9

7

2

2

2

0 5 10 15 20 25

Griewe en beskuldigings t.o.v. ras / Grievances and accusations on thegrounds of race

Dissipline versus ras /Discipline versus race

SAPD vervolg nie lede wat valse beskuldigings maak nie / SAPS does notprosecute members who make false accusations

Fisiese gevolge van valse beskuldigings / Physical consequences of falseaccusations

Jare diens in SAPD / Years of service at SAPS

Lid is onskuldig verklaar / Member was declared innocent

Korrekte prosedures nie gevolg t.o.v. griewe/beskuldigings / Properprocedures not followed for grievances / accusations

Popcru-betrokkenheid / Popcru's involvement

Emosionele gevolge van valse beskuldigings / Emotional consequencesof false accusations

Lid is geteister deur ondergeskiktes / Member was harassed bysubordinates

Geen bevordering / No promotion

Betrokkenes by die hantering van griewe/beskuldigings / Peopleinvolved in dealing with grievances/accusations

Dreigemente dat lid werk sal verloor / Threats that member will losehis/her job

Lid anders hanteer a.g.v. ras / Member treated differently on thegrounds of race

Frekwensie van kodesFrequency of codes

Figuur 4: Tematiese analise – Frekwensie van kodes

Page 12: DUBBELE STANDAARDE TEN OPSIGTE - Solidariteit Wêreld

- 10 -

Van die respondente het 15 aangedui dat daar beslis is dat die klagtes teen hulle ongegrond was en dat hulle onskuldig verklaar is (vgl. 3.3.2.5). Respondente het ook talle gevalle vermeld waar die korrekte prosedures tydens ʼn ondersoek van beweerde rassisme teen hulle nie gevolg is nie (vgl. 3.3.2.3). Laasgenoemde kode strook met die kwantitatiewe vraag wat handel oor respondente se tevredenheid met die hantering en ondersoek van sake van rassisme wat teen hulle aanhangig gemaak is (vgl. 3.1.1.3).

ʼn Kode wat prominent na vore gekom het, is die respondente se vermeldings dat die vakbond Popcru deurgaans betrokke was/is waar valse klagtes van rassisme teen SAPD-lede ingedien word (vgl. 3.3.2.2). Altesaam 11 respondente het geskryf dat hulle emosionele skade opgedoen het as gevolg van die trauma van valse klagtes van rassisme wat teen hulle ingedien is (vgl. 3.3.3.1).

Respondente het verder verwys na herhaaldelike gevalle van teistering op grond van hulle ras (vgl. 3.3.1.3) en die feit dat hulle om dieselfde rede ontneem is van bevorderingsgeleenthede (vgl. 3.3.1.1).

Laastens het respondente verwys na die aantal mense wat betrokke is by die gevalle waar valse klagtes van rassisme teen hulle aanhangig gemaak is, dat hulle gedreig is dat hulle hulle werk sal verloor op grond van hulle ras en dat hulle om dieselfde redes anders hanteer is deur kollegas en ondergeskiktes.

Tematiese besprekingDie navorser het Tesch (1990) se stappe met betrekking tot kodering gebruik om die vier verskillende temas en kodes wat onder elke tema ressorteer (soos uiteengesit in Tabel 1), te identifiseer. Vervolgens sal die kwalitatiewe bevindinge tematies bespreek word en verder toegelig word met verbatim aanhalings1 uit die kwalitatiewe data.

3.2.1 MOEILIKE WERKOMSTANDIGHEDE

Die tema MOEILIKE WERKOMSTANDIGHEDE is saamgestel uit verskeie kodes, soos in Figuur 5 uiteengesit.

In die onderstaande subafdelings word aanhalings van kodes vermeld wat onder hierdie tema ressorteer.

1 Verbatim aanhalings soos deur die respondente voorsien. Aanstootlike terme word met asteriske aangedui.

Page 13: DUBBELE STANDAARDE TEN OPSIGTE - Solidariteit Wêreld

- 11 -

3.2.1.1 GEEN BEVORDERDING

• [Respondent 7] 26 twintig jaar in my rang as ʼn adjudant offisier. • [Respondent 13] Ek het al basiese vereistes van die betrokke geadverteerde pos plus nog meer

asook 16 jaar ondervinding by gehad. Ek is toe gekortlys en genooi na die onderhoud vir bevordering na kaptein toe. Tydens die onderhoud is die vrae wat gevra 100% m.b.t. opleiding asook die vereistes en verwagtinge gedurende opleiding sessies. Ons was vier kandidate teenwoordig (1 SM, 1 IM ,myself WM en 1 SV) , drie van ons was gekwalifiseerde opleiers waarvan ek die meeste ervaring asook kursusse agter my naam asook ʼn diploma in ODE-TDP. Die vierde lid teenwoordig , ʼn swartvrou, wat deel van die kortlys teenwoordig was, is egter van forensiese afdeling as ʼn apteker in Potch met GEEN opleidingsagtergrond, asook sy was nog glad nie teenwoordig in ʼn klas as opleidingsbeampte nie. Sy is aangestel lateraal in die SAPD in 2015 volgens haar rekord. [...] Nodeloos om te sê sy het die bevordering gekry na Kaptein.

• [Respondent 19] Ek was gekortlys vir 'n Kolonelspos by VISPOL en het die onderhoud geslaag met 91%. Die persoon naaste aan my het heelwat minder as ek op die onderhoud gekry. Die aanbeveling van die paneel het soos volg gelees: "Although Lt Colonel M obtained the highest score during the interview, the panel recommended Lt Colonel X 2due to employement equity." Ek het die saak aangemeld en was by CCMA maar omdat ek meer verdien as hulle threshold

2 Verbatim is vervang met ʼn skuilnaam.

Figuur 5: Grafiese voorstelling van die tematiese analise van die tema "Moeilike werkomstandighede"

Page 14: DUBBELE STANDAARDE TEN OPSIGTE - Solidariteit Wêreld

- 12 -

was ek weggewys en is daar niks wat gedoen is nie. [...] Ek is benadeel omdat ek wit van kleur is.

• [Respondent 21] Ek het in 2009 aansoek gedoen vir ʼn bevorderingspos na Lt. Kolonel. Ek het die kortlys gehaal en is genooi vir ʼn onderhoud. Volgens inligting wat ek na die tyd ontvang het was ek die beste kandidaat en my bevordering was aanbeveel deur ons provinsiale kommissaris, maar by die divisie kommissaris is my bevorderings laat vaar en is ʼn kleurlingvrou aangestel. Die pos was blykbaar bestem vir ʼn vrou.

• [Respondent 28] Hierdie voorval het veroorsaak dat ek nou 12 jaar in die rang van lt. Kolonel gebly het nooit in aanmerking gekom het vir bevordering nie en swart juniors bevorder is wat nie naasteby my kwalifikasies het nie en waar ek drie maal as die beste kandidaat op die kortlys was.

• [Respondent 42] Sit al 21 jaar in my rang. Kry nie bevordering nie.

3.2.1.2 LID IS ANDERS HANTEER A.G.V. RAS

• [Respondent 18] Ek is die landelike-beveiligingskoördineerder en was gedurende Januarie 2019 in 'n skietvoorval betrokke waartydens 2 boere en 'n polisieman doodgeskiet is en nog 'n polisieman ernstig in die gesig gewond was. Ek is vir PTSD opgeneem en was vir 3 weke gehospitaliseer. Ek het gehoor hoe die maatskaplike en sielkundige werkers (EHW) die ander lede wat op die toneel was besoek het. Daar is vir hulle berading gegee. Nadat ek reeds 4 maande afsiek was het my stasiebevelvoerder my vir die eerste keer besoek. Die maatskaplike en sielkundige werkers het gesê die polisiestasie het hulle nooit ingelig dat ek ook op die toneel was nie. Ek voel (en wéét) dat omdat ek wit is, is ek net geïgnoreer. Die hele polisie stasie (burgerlike inkluis) het geweet ek was betrokke in die skietvoorval. Dit terwyl ek in bevel was daardie aand en die een boer wie ek gebel het om te waarsku van gevaar geskiet is terwyl ek nog met hom gepraat het.

3.2.1.3 LID IS DEUR ONDERGESKIKTES GETEISTER

• [Respondent 4] Ek is dissiplinêr vervolg nadat ek deur 'n junior staatsdienspersoneellid herhaaldelik in kantoor geteister is.

• [Respondent 9] ʼn Medekollega het jare gelede nadat ek hom ʼn opdrag gegee het hom vererg en ʼn mes uitgepluk en vir my gesê: “I will f****n kill you, your white b*****d.

• [Respondent 11] Dieselfde lid het my indirek gedreig dat hy al so kwaad was vir my, dat as die unie nie daar was tydens die onderhoud nie, hy dit dalk kon verloor het en my kon geskiet het.

• [Respondent 24] Ek het gedurende April 2019 ʼn saak teen ʼn offisier gemaak van bedrog aangesien hy met vervalste nommerplate gery het. Die offisier was toegesluit vir bedrog en vrygelaat op borgtog dieselfde dag. Hy was nie onmiddellik geskors alhoewel hy ʼn kriminele klag teen hom gehad het. Met die verskyning in die hof was sy saakdossier uitgegooi as onvolledig en volgens my medewete was al die nodige dokumente in die saakdossier. Hy was ook dissiplinêr aangekla maar daar het niks van gekom nie. Nou word ek geïntimideer en daar word stories versprei oor goed wat glad nie eens waar is nie.

• [Respondent 31] Dit het egter spoedig handuit geruk toe hulle vroeg in Januarie 2016 my fisies aangerand het deur my rond te ruk en te pluk terwyl ons aan diens was... Tot die groot bom vroeg in Maart 2016 (Vrydag) gebars het... Die oggend is ek wreed fisies en ernstig deur 2 van hulle aangerand. Ek was rondgestamp, met vuiste geslaan, met skouers gestamp en met ʼn

Page 15: DUBBELE STANDAARDE TEN OPSIGTE - Solidariteit Wêreld

- 13 -

pen in die nek gesteek. En dit ten aanskoue van verskeie ander mense. Ek het vir mediese behandeling gegaan.

• [Respondent 50] Laasgenoemde het Luitenant Kolonel D gedreig met aanranding en aangedui dat sy haar sal skiet.

3.2.1.4 GRIEWE EN BESKULDIGINGS T.O.V. RAS

• [Respondent 14] Sersant X 3is die eenheid se Popcru-verteenwoordiger en hy het ook soos gebruiklik 'n spreukbeurt gekry. Hy het my baie teleurgestel, deurdat hy openlik voor almal Kol B as 'n rassis genoem het.

• [Respondent 15] Ek het verby ʼn offisier geloop toe hy vir my sê: “I am like Malema, I hate you whites”, dit was voor twee ander beamptes. Ek’t net aanhou loop en toe het hy my teruggeroep en gesê: “Did you hear me”. Ek’t net gesê “yes” en aanhou loop omdat ek alreeds begin huil het.

• [Respondent 20] Ek is verantwoordelik vir SCM by my kantoor waar ek ook Procurement authority moet gee. Ek het op ʼn paar lêers vrae gevra en nie die procurement authority gegee nie. Tydens 'n management meeting is ek beskuldig dat ek nie die lêers goedkeur nie omdat die aansoeker swart is en ek dan basis op ras besluit wie se lêers ek goedkeur. Die persoon wat die opmerkings gemaak het is dieselfde rang as ek en is 'n eenheidsbevelvoerder.

• [Respondent 23] Ek was op ʼn VCI- kursus by Hamanskraal gedurende 2017. Ek was al blanke man op die kursus. Ek het die beste punte in die klas behaal en na 2 weke is ek beskuldig dat ek die K-woord gebruik het teenoor die majoor wat klas gegee het. Ek is dadelik aangesê om Hamanskraal-opleiding sentrum te verlaat.

• [Respondent 26] Ek het ʼn lid aangekla vir seksuele teistering in September 2018. Daar was ʼn doelbewuste poging gewees om my te verwyder van die saak deur die verdediging, gebaseer op die feit dat daar vals aantygings van rassisme en aanranding gemaak is teen my.

• [Respondent 28] Ek is die bevelvoerder van 'n koverte eenheid binne Misdaad Intelligensie. Ek het aansoek gedoen vir 'n nuwe voertuig(D/Kajuit bakkie). Ek het op daardie stadium en steeds nog met 'n ou voertuig gery wat tydelik aan my geleen is. Wanneer my nuwe bakkie aangekoop is, het ek dadelik begin met die registrasie van die voertuig. ʼn Adjudant offisier (swart) het +- 'n maand voor my nuwe voertuig gearriveer het by my eenheid begin werk en ek het ook vir hom aansoek gedoen vir 'n nuwe voertuig. Die nuwe bakkie wat vir my aangekoop is, volgens my behoeftes en motivering is toe vir die adjudant offisier gegee deur die provinsiale hoof MI en ek is uitgemaak as 'n rassis omdat skynbaar nie vir hom die nuwe voertuig wou gee nie. Die adjudant offisier het toe wel die nuwe bakkie ontvang en ek ry na 5jaar steeds die "geleende" ou motor. Die provinsiale hoof, MI het hierna 'n e-pos gestuur aan al die eenhede van MI waarin hy my uitkryt as 'n rassis en dat hy dit nie sal duld nie.

• [Respondent 32] I was a Warrent officer in the SAPS [...]. On 2017-09-29 at about 07:25 I was on duty. I instructed a member, Sergeant X4, also stationed with me, to remove the vehicle he just parked in front of the workshop as he was blocking the entrance and I was working in said workshop. He started to argue and said I mustn't shout at him and must talk nicely to him. I

3 Verbatim is vervang met ʼn skuilnaam. 4 Verbatim is vervang met ʼn skuilnaam.

Page 16: DUBBELE STANDAARDE TEN OPSIGTE - Solidariteit Wêreld

- 14 -

didn't shout and was neither rude in any way and I said to him that I didn't shout and that he must just remove the vehicle. I turned around and walked away to avoid further confrontation, but he kept on arguing and when I turned around he said to me: "Come b*****m me I know you want to b*****m me". I walked over to him, obviously angry but under control, and told him to stop his nonsense and remove the vehicle, which he then did. The member then went to the police station and made a statement, stating I called him a k****r, assaulted him by grabbing him by his clothes to try and get him out of the vehicle and when I couldn't get him out went for my fire-arm in its holster and threatened to shoot him. According to him he managed to hold down my hand to prevent me from drawing my firearm and then pushed me away and drove off.

• [Respondent 49] Hy het vier ondergeskikte adminwerkers aangespreek gedurende Februarie 2018 vir wangedrag en versuim om wettige opdrag na te kom. Die adminwerkers het hul Popcru-verteenwoordiger gekontak en laasgenoemde, sersant X5 het die brigadier voor die adminpersoneel gekonfronteer. Hy het tydens die gesprek beweer dat die Brigadier hom gewurg het en ook as k****r aangespreek het.

• [Respondent 50] Die uitslag van die grief word afgewag. Daar is vasgestel dat kaptein X6 twee maande na die voorval ʼn kriminele klag van crimen injuria teen Luitenant Kolonel D geopen. In haar beëdigde verklaring beweer sy dat Kolonel D haar ʼn stubborn k****r genoem het.

3.2.1.5 DREIGEMENTE DAT LID WERK SAL VERLOOR

• [Respondent 10] Is gedreig dat ek met ʼn slegte rekord uit SAPD gekry sal word met klap van vinger, dat ek net ʼn uniform is niks anders onder dit nie.

• [Respondent 47] Op 2014-07-02 het twee ondergeskiktes Kolonel Z gedreig deur te sê dat hulle van haar ontslae sal raak op die stasie.

3.2.1.6 DISSIPLINE VERSUS RAS

• [Respondent 2] I must mention that I am the only white member. There is no PSA or Police ACT member in my race, therefore making life a bit difficult when coming to discipline.

• [Respondent 12] Ek is tans ook besig om te wag vir ʼn groepsgrief wat deur Popcru teen my ingestel word na ek twee lede aangespreek het oor hulle nie werk wou doen nie. Soda ek enigsins die lede aanspreek oor dissiplinêre aangeleenthede, hardloop hulle unies toe met bewerings teen my dat ek iets persoonlik teen hulle het, dat ek nie kan manage nie ens. By vorige geleenthede het die Unie verteenwoordiger sover gegaan as om my te beskuldig dat ek verlief is op die lid en wat gaan my man daarvan sê as hy daarvan te hoor kom. Was ook by ʼn ander geleentheid deur Unie verteenwoordiger gedreig dat gevra sal word dat ek verplaas moet word omdat ek lid aangespreek het oor hy nie opdaag vir werk nie.

• [Respondent 22] Valslik beskuldig van rassisme toe ek dissipline begin aanspreek op aandrang van Provinsiale PES bevelvoerder.

• [Respondent 29] Ek het mondeling 'n datatikker aangespreek omdat hy na twee ure nie dossiere geregistreer het nie. Hy het daarna gegaan en 'n kriminele klag aanhangig gemaak

5 Verbatim is vervang met ʼn skuilnaam. 6 Verbatim is vervang met ʼn skuilnaam.

Page 17: DUBBELE STANDAARDE TEN OPSIGTE - Solidariteit Wêreld

- 15 -

dat ek hom 'n k****r genoem het... Ek is ook voorheen van rassisme beskuldig nadat ek 'n skofbevel aangespreek het omdat hy in sy voertuig gelê en slaap het terwyl hy aan diens was.

• [Respondent 31] Gedurende 2015 is my wêreld onder my uitgeruk toe 3 lede (jong swart konstabels) onder my beheer as stasiebevelvoerder (Kaptein) net nie onder my beheer wou werk nie. Hulle het net eenvoudig alle instruksies verontagsaam en onbeheerbaar geraak. Ek het dissiplinêre stappe geïnisieer, maar dit het so gesloer by die "Cluster" kantore en die Oos-Kaap Provinsiale kantore. Daar was ook heelparty aantygings teen my oor die gebruik van die k-woord, rassisme asook viktimisering.

• [Respondent 33] Ek was op parade toe ek ʼn AO aangespreek het oor sy gedrag en toe begin skree op my en sê toe ek moet hom nie ʼn K****r noem nie.

• [Respondent 37] I reported a SAPS member for parking on a disabled parking and he turned around and made a case of crimen injura against me claiming I used the k-word.

• [Respondent 39] Ek het ʼn kollega vir dronk bestuur toe gesluit toe maak hy ʼn crimen injuria saak teen my dat ek hom die k-woord genoem het.

• [Respondent 53] In 'n kollektiewe grief gedateer 15 Sept. 2016, ondergeskiktes van luitenant kolonel W sonder stof beskuldig die beampte van rassistiese gedrag. Die ware motivering was dat hy die dissipline afgedwing het en daarop aangedring het op professionele gedrag en dienslewering.

3.2.2 HANTERING VAN KLAGTES/GRIEWE

Die tema HANTERING VAN KLAGTES/GRIEWE is saamgestel uit verskeie kodes, soos in Figuur 6 uiteengesit.

In die onderstaande subafdelings word aanhalings van kodes vermeld wat onder hierdie tema ressorteer.

Page 18: DUBBELE STANDAARDE TEN OPSIGTE - Solidariteit Wêreld

- 16 -

3.2.2.1 BETROKKENES BY DIE HANTERING VAN GRIEWE/BESKULDIGINGS

• [Respondent 2] The Support Head came to Bethanie 5 weeks later to address the issue. During the procedure the SC, Detective, Commander, Vispol Commander, Support Head, Grievant, Popcru member and myself was called to attend.

• [Respondent 31] Van daar af was dit dagvaar, uitstel vir tegniese punte, verandering van verhooroffisiere, verandering van employer rep...

3.3.2.2 POPCRU-BETROKKENHEID

• [Respondent 26] ... en daar ʼn Popcru-versoek aan die Divcom gestuur met ongelooflike vieslike aantygings en ongegronde persoonlike aanval op my wat blatante naamskending is.

• [Respondent 33] Wat teleurstellend was, was die feit hy ʼn Popcru shop steward was en ek is ook ʼn Popcru lid en toe ek hulle nader vir hulp het hulle my afgejak en was van geen hulp.

• [Respondent 47] Popcru was ook primêr betrokke by die instel van die ondersoeke en het ook verskeie berigte in die media geplaas waarin kolonel Z as ʼn rassis uitgebeeld was.

• [Respondent 48] Ene mnr X7 (hy is ook die Popcru-verteenwoordiger op die stasie), wat as 'n adminwerker in die SAPD aangestel is, het die volgende kommentaar met betrekking tot die stasiebevelvoerder die Brigadier gemaak: "Sy (die Brigadier) het nie menseverhoudinge nie. Julle moet haar na die Hondeskool stuur -miskien kan hulle haar menseverhoudinge aanleer”.

• [Respondent 52] 56 lede van sy personeel (almal lede van Popcru en almal swart persone) het ʼn grief teen hom ingestel gedurende Maart 2019.

• [Respondent 54] Die klagtes teen Kaptein DB is egter deel van 'n georkestreerde aksie deur Popcru.

7 Verbatim is vervang met ʼn skuilnaam.

Figuur 6: Grafiese voorstelling van die tematiese analise van die tema "Hantering van klagtes/griewe"

Page 19: DUBBELE STANDAARDE TEN OPSIGTE - Solidariteit Wêreld

- 17 -

3.3.2.3 KORREKTE PROSEDURES NIE GEVOLG T.O.V. GRIEWE/BESKULDIGINGS

• [Respondent 9] Dis aangemeld en die saak is soos stof onder die mat gevee.... • [Respondent 16] Die dissiplinêre stappe het egter doodgeloop, en geen stappe is teen die lid

geneem nie. • [Respondent 23] ʼn Kriminele saak is teen my gemaak en later teruggetrek. Geen

departementele saak is ooit teen my ondersoek nie. • [Respondent 26] [...] Inteendeel ek was opdrag gegee dat met geen persoon van die

dissiplinêre seksie mag skakel nie, insluitende die persoon wat ek mee moet skakel in terme van die kennisgewing. So ʼn bose kringloop het ontaard waar ek geen antwoorde oor my ondersoek kry nie.

• [Respondent 31] Weereens het daar ʼn lang tyd verloop en toe ek weer navraag doen, toe moes ek hoor dat die klagtes teen die lede teruggetrek is as gevolg van die feit dat hulle verteenwoordigers vir die verhooroffisier gesê het dat die staat aanmekaar uitstelle gevra het... Dit was ʼn leuen van hulle kant af... Die saak was elke keer op hulle versoek uitgestel en nie ons versoek nie.

• [Respondent 32] I also was never given the chance to make a statement during the departmental investigation even though I indicated to the investigation officer that I would give a statement after he completed his investigation and handed me copies of all the statements. He reported that I wasn't willing to make a statement. I was also informed by a source, before my trial started, that even though there is no case I will be convicted and dismissed due to the fact that the presiding officer will come with a mandate to convict and dismiss me. I didn't believe it but exactly that happened...

• [Respondent 40] Toe ek aansoek doen vir reghulp is dit afgekeer, gesê ek moet eie regshulp kry as ek onskuldig bewys word, wat die geval was, R26000.00 se regskoste. My eis ingesit, wag nou 7 jaar. Ek voel dit is omdat ek wit is word my eis geïgnoreer.

• [Respondent 43] Ek is 'n paar maande gelede voor 30-40 offisiere v NK bestuur in die boardroom geparadeer, sonder dat ek vooraf in kennis gestel is, sonder 'n regsverteenwoordiger of unierep by my!!!!!!

3.3.2.4 SAPD VERVOLG NIE LEDE WAT VALSE BESKULDIGINGS MAAK NIE

• [Respondent 3] SAPD weier om die werknemers aan te kla en te vervolg vir statutêre meineed, al het ek kriminele klagtes ingedien.

• [Respondent 24] Die offisier is nog steeds in diens van SAPD en hy beplan om volgende jaar op vervroegde pensioen te gaan. Daar is so baie ander polisielede/klerke wat oor hom kla maar niemand wil dit hoor nie.

• [Respondent 31] Die "Cluster" het die lede op verpligte rusdae geplaas terwyl die saak ondersoek word. En tot my groot skok en verbasing het die PK gesê dat die Cluster verkeerd opgetree het en nie die lede op verpligte rusdae kon plaas nie. Hulle is instruksie gegee om terug te keer... Van daar af het dinge net al hoe erger en erger geraak.. Maak nie saak hoeveel ek gesmeek het vir intervensie van ʼn hoër gesag nie, daar het net niks gekom nie... Die pakke en pakke dissiplinêre klagtes was opgestel en aangestuur, sonder enige terugvoer of hulp. Op hierdie stadium was die 3 heeltemal onaantasbaar. Ek kon geheel en al niks met hulle uitgerig het nie...

Page 20: DUBBELE STANDAARDE TEN OPSIGTE - Solidariteit Wêreld

- 18 -

• [Respondent 32] SAPS to open a case of perjury and defeating of justice against Sergeant X8. The next day I went to inquire about the case number only to find the docket wasn't registered but with management for "decision". I followed the channels up to second in command at our Cluster office. I heard excuses from no defeating of justice was committed to only a prosecutor can open a perjury case. Eventually the case was registered, only for defeating of justice. […] After about three months, after visiting the Detective branch a few times trying to get hold of the investigation officer, I phoned him. He didn't even know about the case although it was booked to him. I then discovered from one of the admin personnel that the case was closed and filed…

• [Respondent 41] Hy het ook amptelike dokumente in munisipale asdrom (groot dumpsters) op perseel gegooi sonder om dit te laat snipper, net sodat hy dit nie hoef te liasseer nie. Ek het verslag na verslag aan bevelvoerder gegee, NIKS het met hom gebeur nie!!!!

• [Respondent 41] Ek is 2 dae na die bediening van die beskermingsbevel op die AK, na 10111 verplaas!!!!! Daar is gesê dat die AK ook verplaas gaan word, maar is liewer later na A/O bevorder!!!!! Die verklaring waarin ek gevra het dat die AK dissiplinêr vervolg word, het op dowe ore geval.

• [Respondent 43] Daar is bewys dat die klaers asook getuies meineed gepleeg het, maar geen stappe is ooit teen hulle geneem nie.

• [Respondent 46] Tot op datum is daar geen departementele stappe teen die twee lede ingestel vir die valse bewering van rassisme teen Kolonel O nie.

• [Respondent 47] Ten spyte van die feit dat sy formele klagtes teen die lede aanhangig gemaak het vir die valse beweringe van rassisme teen haar, het die SAPD tot op datum geen stappe teen die twee onder-offisiere ingestel nie.

• [Respondent 51] Tydens die konsiliasie het die polisie weereens te kenne gegee dat hulle X9 se optrede as geringe wangedrag beskou en dat hulle die saak nie verder gaan voer nie

3.3.2.5 LID IS ONSKULDIG VERKLAAR

• [Respondent 3] Ek het my interne verhoor van rassisme gewen teen die SAPD in 2018. • [Respondent 4] Weens die feit dat ek dit wel gedoen het en 'n 5 jr. beskermingsbevel

toegestaan is, is ek SUMMIER verplaas en is daar dissiplinêr teen my opgetree, maar ek onskuldig aan 6 aanklagte gekom.

• [Respondent 22] Verhoor Aug. 2017 uiteindelik klaar en ek onskuldig bevind. Voorsitter het bevind dat klagtes teen my malicious was en lede gelieg het.

• [Respondent 29] Departementele ondersoek is afgehandel en ek is nie vervolg departementeel nie.

• [Respondent 31] hoewel ek op die meeste klagtes onskuldig bevind is, het hy my op ʼn klagte dat ek die SAPD se beeld in oneer gebring het, skuldig bevind.

• [Respondent 32] On 2018-10-26 I was acquitted on all criminal charges. My SSSBC-case was finalised but I still haven't received the verdict. According to my advocate the verdict was available five weeks ago but there was something wrong with the format or margins and he was refused the verdict and it had to be send back to the Commissioner to be rectified.

8 Verbatim is vervang met ʼn skuilnaam. 9 Verbatim is vervang met ʼn skuilnaam.

Page 21: DUBBELE STANDAARDE TEN OPSIGTE - Solidariteit Wêreld

- 19 -

• [Respondent 33] Ek het nooit daai woord gebruik nie en sal ook nie daai woord gebruik nie. Gelukkig het ek baie getuies gehad en almal het saam gestaan en gesê hy het gejok. Hulle het statements gegee en dit het dood geloop

• [Respondent 43] Daar was elke keer bevind dat daar geen gronde of bewyse was nie, maar ek was nog steeds daarna departementeel aangekla en verhoor. Waarna ek onskuldig bevind is.

• [Respondent 47] In beide die departementele ondersoeke was bevind dat daar geen prima facie saak van wangedrag teen Kolonel Z bestaan nie.

• [Respondent 48] Die Brigadier was wel op ʼn latere stadium in kennis gestel dat die departementele saak teen haar teruggetrek is, omrede die aanvanklike klaers (die klerk en die twee onder offisiere) nie hul bewerings onder eed wou bevestig nie.

• [Respondent 53] Die kollektiewe grief is deeglik ondersoek en die bevinding was dat daar geen stof in die bewering van rassistiese gedrag deur luitenant kolonel W is nie.

3.2.3 GEVOLGE VAN VALSE BESKULDIGINGS

Die tema GEVOLGE VAN VALSE BESKULDIGINGS is saamgestel uit verskeie kodes, soos in Figuur 7 uiteengesit.

In die onderstaande subafdelings word aanhalings van kodes vermeld en bespreek wat onder hierdie tema ressorteer.

3.2.3.1 EMOSIONELE GEVOLGE VAN VALSE BESKULDIGINGS

• [Respondent 2] This is hurtfull and makes life difficult to fullfill in your daily duties as members is [sic] reluctant not to want to take any instruction given.

• [Respondent 10] Tans is ek gedwing om van siekverlof terug te kom - af weens PTSD. My salaris en medies was gestaak sonder dat voorgeskrewe regulasies gevolg was. My trauma is ondraaglik ek het heeltemal selfvertroue verloor.

Figuur 7: Grafiese voorstelling van die tematiese analise van die tema "Gevolge van valse beskuldigings"

Page 22: DUBBELE STANDAARDE TEN OPSIGTE - Solidariteit Wêreld

- 20 -

• [Respondent 22] Ek wou net met lewe aangaan maar die opinie oor my het nooit verander nie en in Okt. 2018 totale senuwee-instorting gehad. Selfmoord was amper al opsie maar is in hospitaal opgeneem en vandaar nooit weer aan diens en Mei 2019 aansoek vir mediese board ingedien. My lewenskwaliteit is absoluut geruïneer en elke dag is ʼn stryd om net uit bed te kan opstaan en slegs my geloof in God verhoed my om ʼn einde aan my lewe te maak wat na 30 jaar diens absoluut betekenisloos geword het.

• [Respondent 23] Ek het nooit weer op enige kursus gegaan nie. Dit was baie vernederend om vals beskuldig te word.

• [Respondent 31] Hy het my ʼn sanksie gegee dat ek vir Anger Management klasse moet gaan by Social Services... Net nog ʼn klap in my gesig. [...] In die hof onder kruisondervraging, is ek weereens verkleineer en beskuldig van die aller lelikste goed... Van rassis tot viktimiseerder tot ʼn wit buffel wat nie weet hoe om met ander mense te werk nie. [...] Omrede ek nie meer met die leuen kon saamleef nie, het ek vroeër hierdie jaar besluit om liewer te bedank. Ek kon nie meer myself vereenselwig met die manier hoe die SAPD hul bevelvoerders (veral wittes) behandel nie. [...] Ek het nie meer kans gesien om te probeer om ʼn effektiewe diens aan die gemeenskap te lewer met die wete dat dit 'n onbegonne taak is met die kaliber ongedissiplineerd lede waarmee ons moes werk.

• [Respondent 41] Ek is vir "acute stress reaction - work related issue - not home bound" afgeboek. Maandagoggend is ek na kol. X10 om te gaan verduidelik en om my siekbrief te gaan wys. Hy het die siekbrief geweier en gesê dat ek alreeds met vakansie op pad was en dat hy nie die siekbrief gaan aanvaar nie.

• [Respondent 44] Dis vir my duidelik dat hierdie Kaptein nie sal skroom om rassistiese, vernederende, aggressiewe aanmerkings te maak nie. Ek probeer hom so ver as moontlik vermy want hy veroorsaak dat ek in vrees werk.

3.2.3.2 FISIESE GEVOLGE VAN VALSE BESKULDIGINGS

• [Respondent 2] Because of this stigma of me being identified as a racist and treating members badly, this reflects badly towards me in front of my Commanders. At the end I feel that I'm getting fire easily although it’s not necessary.

• [Respondent 4] Ek is van 3 jr. se jaarlikse bevordering ontneem, deurdat die teisteraar geweier het om die take waarvoor hy 'n bevorderingspos gekry het, te verrig. [...] Ek is vd eenheid af weggewerk, omdat ek saamgestem het dat daar niks verkeerd was met die manier waarop die vorige bevelvoerder sy inspeksies van registers op die eenheid gedoen het nie.

• [Respondent 22] Is dissiplinêr aangekla en voor verhoor verpligtend uit my pos weggejaag en verplaas.

• [Respondent 26] Sameloop tot dit is ek herontplooi binne HRM weg van die dissiplinêre seksie af. Die verduideliking was dat die persoon in Desember ʼn verplasing ingesit het na die seksie wat dan vir my oorbodig gemaak het. Ek is sedertdien drie keer in MHB.

• [Respondent 31] Ek is toe die Maandag na die Cluster Commander se kantoor ontbied waar ek in kennis gestel is dat ek met onmiddellike effek verplaas is! My lewe het daar gaan stil

10 Verbatim is vervang met ʼn skuilnaam.

Page 23: DUBBELE STANDAARDE TEN OPSIGTE - Solidariteit Wêreld

- 21 -

staan. [...] By my nuwe standplaas, was ek by die werk, sowel as in die gemeenskap as n rassis uitgekryt.

• [Respondent 32] During the departmental trial the member made further contradicting statements but even after this and no evidence to proof his case I was convicted and dismissed during March 2017. I was dismissed by e-mail.

• [Respondent 49] Hy is met onmiddellike effek oneervol uit die SAPD se diens ontslaan en is sedert Augustus 2018 sonder enige inkomste gelaat.

3.2.4 MENSLIKE KAPITAAL IN DIE SAPD

Die tema MENSLIKE KAPITAAL IN DIE SAPD is saamgestel uit slegs een kode, soos in Figuur 8 uiteengesit.

In die onderstaande subafdeling word aanhalings van die kode vermeld wat onder hierdie tema ressorteer.

3.3.4.1 JARE DIENS IN SAPD

• [Respondent 5] Had in my 29-year career never had any form of discipline taken against me. • [Respondent 6] Ek het 28-jaar diens waarvan 26 in die honde-eenheid. • [Respondent 7] 26-twintig jaar in my rang as ʼn adjudant offisier. • [Respondent 13] Adjudant Offisier vanaf 2000.

Figuur 8: Grafiese voorstelling van die tematiese analise van die tema "Menslike kapitaal in die SAPD"

Page 24: DUBBELE STANDAARDE TEN OPSIGTE - Solidariteit Wêreld

- 22 -

• [Respondent 22] 30 jaar diens. • [Respondent 28] 12 jaar in die rang van lt. Kolonel. • [Respondent 30] Na 11 jaar in my pos en in diens van die SAPD. • [Respondent 42] Sit al 21 jaar in my rang. • [Respondent 44] 25 jaar lank hard gewerk vir my Adjudant rang. • [Respondent 46] Toegewyde offisier in die SAPD met ongeveer 30-jaar diens. • [Respondent 47] ʼn Ervare polisie offisier met ongeveer 30-jaar diens. • [Respondent 48] Senior offisier in die SAPD met meer as 35-jaar diens. • [Respondent 49] Hy het 27-jaar diens in die SAPD gehad ten tye van die voorval. • [Respondent 52] Hy is ʼn ervare grenspolisieringsbeampte met ongeveer 30-jaar diens in die

SAPD. • [Respondent 54] 30-jaar diens in die SAPD.

Page 25: DUBBELE STANDAARDE TEN OPSIGTE - Solidariteit Wêreld

- 23 -

4. SAMEVATTING

Uit hierdie verslag is dit duidelik dat daar lede van sekere rasse in die SAPD is wat in ondraaglike

omstandighede werk. Hierdie lede word blootgestel aan ernstige aantygings en griewe teen hulle

bloot op grond van hulle ras. Indien hierdie lede dissipline probeer toepas, word hulle vals beskuldig

van rassisme en ander dergelike wangedragbeskuldigings. Die data het ook getoon dat hierdie lede

dikwels deur ondergeskiktes en kollegas bloot op grond van hulle ras geteister word, geen bevordering

kry nie en gedreig word dat hulle hul werk sal verloor.

Verder is daar 47 vermeldings gemaak van die respondente se ontevredenheid in die wyse waarop

klagtes en griewe teen hulle hanteer is. Respondente het talle voorbeelde verskaf van gevalle waar

hulle onskuldig verklaar is, maar die lede wat hulle beskuldig het, is geensins vervolg of het die gevolge

van die valse beskuldigings gedra nie. Indien vervolging wel plaasgevind het, het respondente vermeld

dat die korrekte prosedures ten opsigte van griewe of beskuldigings nie gevolg is nie. Die data toon

ook dat die vakbond Popcru sy lede aanhits om valse beskuldigings teen wit lede in die SAPD te maak.

Nog ʼn tema wat deur die navorser geïdentifiseer is, is die gevolge van die valse beskuldigings. Altesaam

26 respondente het die fisiese en emosionele gevolge vermeld wat hulle moes dra as gevolg van valse

beskuldigings teen hulle.

Laastens het die navorser opgemerk dat die SAPD tans oor ʼn enorme hoeveelheid menslike kapitaal

beskik. Van die respondente het 15 vermeld dat hulle al dekades lank in diens van die SAPD is. Hierdie

institusionele kennis sal verlore gaan indien daar nie drastiese veranderinge in die personeelbeleide

en praktyke van die SAPD aangebring word nie.

In ʼn mediaverklaring voer Barnard (2019) aan dat al manier hoe hierdie verskynsel in die SAPD beveg

kan word, is deur seker te maak dat daar gevolge is vir leuens – veral wanneer leuens verband hou

met ernstige aangeleenthede soos rassistiese uitlatings. “Bloot deur so ʼn aantyging teenoor iemand

te maak, kan onherroeplike skade vir daardie persoon se loopbaan en persoonlike lewe inhou. Dit

behoort as ʼn ernstige misdryf binne die organisasie hanteer word.”

Ter afsluiting, 56 SAPD-lede het as respondente vrywillig en anoniem aan hierdie studie deelgeneem.

Die gevalle wat in hierdie verslag vermeld word, is die gevalle wat in Oktober 2019 by Solidariteit

aangemeld is. Die institusionele gevallestudienavorsingsontwerp en -data wys uit dat daar (1)

Page 26: DUBBELE STANDAARDE TEN OPSIGTE - Solidariteit Wêreld

- 24 -

sistemiese probleme betreffende beleidsimplementering, menslike hulpbronne en die organisatoriese

bestuur en kultuur binne die SAPD bestaan (vgl. 2.1) én (2) dat daar teen SAPD-lede van

minderheidsrasse gediskrimineer word. Hoewel die data uitwys dat daar grotendeels teen wit SAPD-

lede gediskrimineer word, het die navorser enkele gevalle opgemerk waar daar teen bruin en Indiër

SAPD-lede op grond van hulle ras gediskrimineer word. Laasgenoemde behoort verder ondersoek te

word.

Page 27: DUBBELE STANDAARDE TEN OPSIGTE - Solidariteit Wêreld

- 25 -

5. BRONNELYS Dowling, M. 2008. Atlas.ti (software). In Given, L.M. ed. 2008. The SAGE encyclopedia of qualitative research methods. USA: Sage Publications. p. 85-88.

Solidariteit. 2019. Solidariteit pak vals klagtes van rassisme in die SAPD. [Mediaverklaring, 3 Oktober 2019.]. Beskikbaar by https://solidariteit.co.za/solidariteit-pak-vals-klagtes-van-rassisme-in-sapd/

South African Police Service (SAPS) Strategic Management. 2018. Annual Report of the Department of Police for the period 1 April 2017 to 31 March 2018. ISBN Number: 978-0-621-46664-5

Tesch. 1990. (In Creswell, J. W., ed. 1994. Research design: qualitative and quantitativeapproaches. London: Sage Publications.).