Solidariteit nr3 van 2016 web

76
KOM ONS BOU! TWYFEL JY OOR DIE TOEKOMS IN SA? GEE DIT VLERKE! NOMMER 3 VAN 2016 www.solidariteit.co.za R16,95 (BTW ingesluit) Gratis aan lede SOL-TECH STUDENTE SÊ OOR MOEDERTAALONDERRIG + TWEE DOWES SKEP NOU SAAM HOOP IN DIE WERKPLEK #GEEREG-VELDTOG 60 000 POSTE IN DIE GEDRANG bladsy 28 HELPENDE HAND-DOKKIE WAARSKU OOR SKENKINGS bladsy 40 MAROELA MEDIA SPOG MET E-WINKEL AFRIFORUM REIK UIT NA SLAGOFFERS VAN GEWELD & TRAUMA WEN! BERNINA-MASJIEN OF GEREEDSKAPKIS Bou saam en wen! BEDRYFSNUUS

description

 

Transcript of Solidariteit nr3 van 2016 web

Page 1: Solidariteit nr3 van 2016 web

www.solidariteit.co.za1Issue 3 of 2016

KOM ONS BOU!TWYFEL JY OOR DIE TOEKOMS IN SA? GEE DIT VLERKE!

NOMMER 3 VAN 2016www.solidariteit.co.zaR16,95 (BTW ingesluit)

Gratis aan lede

SOL-TECHSTUDENTE SÊ OOR MOEDERTAALONDERRIG+TWEE DOWES SKEP NOU SAAM HOOP IN DIE WERKPLEK

#GEEREG-VELDTOG

60 000 POSTE IN DIE GEDRANG

bladsy 28

HELPENDE HAND-DOKKIEWAARSKU OOR SKENKINGS

bladsy 40

MAROELA MEDIASPOG MET E-WINKEL

AFRIFORUMREIK UIT NA SLAGOFFERS VAN GEWELD & TRAUMA

WEN!

BERNINA-MASJIEN OF GEREEDSKAPKIS

Bou saam en wen!

BEDRYFSNUUS

Page 2: Solidariteit nr3 van 2016 web
Page 3: Solidariteit nr3 van 2016 web
Page 4: Solidariteit nr3 van 2016 web

inhoudNOMMER 3 VAN 2016

10 Solidariteit neem die voortou in vakbondwese12 #OnsBou – Waarom en hoe jy saam kan bou14 Twyfel jy oor die toekoms? Bou dit!16 Veldtog een van grootstes tot nog toe17 Bou saam en wen groot pryse18 Eerste BCom (Ekonomie en Regte)-studente begin20 Niemand gaan ons bouplanne keer22 Sterre in die Gemeenskap: Gewone mense, buitengewone verskil24 Kwotas kry bloedneus in arbeidshof25 Studiefonds help talle om toekoms te bou26 Afrikaans: nie uit liefde nie, maar uit wysheid

28 Afleggingsbloedbad:60000posteafgelopejaaringedrang29 Netcare kondig sentraliseringsproses aan30 Lily-miners: No salary payment in sight yet31 Proposed Mining Charter sends shock waves through industry32 Lede vind baat by vrede tussen Sibanye Gold en Amcu34 Labourmarketreelinginfirstquarter35 Nkandla-hofuitspraak nie oplossing vir korrupsie36 Silikoseklasaksie: Hoe raak dit my?37 Vergoeding: Integrasie van wette beoog

40 Brood in die sweet van jou aangesig42 Sonder dié hulp gaan slaap kleuters honger44 AfriForum-toekomsboustrategie strek wyd46 AfriForumreikuitnaslagoffersvangeweld48 Wie is wie by Helpende Hand? Kantore en organiseerders50 Sol-Tech-studente sê oor moedertaalonderrig51 Almur laat die draaibanke sing51 David, Markus se unieke pad saam nog lank nie verby nie52 Jy en die reg: Jou regte met ‘n poligraaftoets53 Class action launched against pension fund 54 Ons bou, veral aan menseverhoudings55 Tandarts gaan saam met Solidariteit na die VN56 Ons is sterker as ooit en reg om te bou58 Só bou ons welvaart stukkie vir stukkie59 Spraaksaam, dog waaksaam op sosiale media62 Dinge wat tot ‘n gelukkige gesin kan bydra63 Jobs are as scarce as hen’s teeth64 Bucketsfullofbenefitsforourmembers66 Smul en lees lekker in Afrikaans @ Maroela Media67 Nuwe e-winkel: wys jou hart klop Afrikaans68 Nonnie – die ystervrou van Lichtenburg70 Solidariteit-dienskantore: Diens op jou voorstoep72 Vegkop: Dag van groot genade, redding73 In retrospek: Mamma se “gelekke moennidag”

NUUSWAARDIG

BEDRYFSNUUS

IN BEWEGING

spreekBuys“Ek kies eerder die onsekerheid van die sukses van

SELFDOEN, as die sekerheid van die mislukking van wat die ANC doen. Ons PLANNE word vandag al deur

meer as 350 000 gesinne ondersteun,” skryf Flip Buys.

12Ons mense kan tereg vra: “Is daar ’n TOEKOMS?” By Solidariteit laat ons nie toe dat die toekoms met ons gebeur nie – ons bou ’n toekoms.

Solidariteit het tydens sy nasionale kongres ’n REUSEVELDTOG van stapel gestuur om mense aan te moedig om sáám aan ’n toekoms te bou.

Die kerntema is: “As jy twyfel oor die toekoms, bou dit self”.

KOM ONS BOU DIE TOEKOMS!VRYE BURGERS PLEKS VAN SLAAFSE ONDERDANE

58

Page 5: Solidariteit nr3 van 2016 web
Page 6: Solidariteit nr3 van 2016 web

www.solidariteit.co.za6

“Ek het bietjie vir bietjie help bou aan ʼn toekoms in Suid-Afrika...” “Dít is die nalatenskap wat ek graag eendag vir my kinders wil

agterlaat...” “Hulle moet weet as jy nie self bou nie, gebeur die toekoms bloot met jou, in plaas daarvan dat jy self ʼn daadwerklike verskil aan die toekoms maak.”

Ons sê hierdie goed so maklik, maar hoe en waaraan wil jy bou? Die antwoord is eenvoudig: doen wat jy moet doen. As elkeen in sy gemeenskap sy of haar stukkie positiewe bydrae maak, lei dit tot iets groots wat die gemeenskap as ʼn geheel doen. Selfs die houding waarmee jy ʼn taak aanpak, kan die wêreld se verskil maak.

Buiten die maniere waarop jy persoonlik kan bou, maak Solidariteit dit maklik om in samewerking met die vakbond ook te bou aan ʼn toekoms. Lees op bladsy 12 hoe jy kan deel wees van die bouplan waarmee die Solidariteit Beweging besig is.

Soos dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, sê: “Solidariteit sien homself as deel van ’n moderne Helpmekaar-beweging. Ons put ons historiese energie uit die opstaantydperke ná die Anglo-Boereoorlog, die Rebellie van 1914 en die Depressie en armoede van die 1930’s. Elkeen het sy deel gedoen. Daar is koeksisters gebak, verkopings gehou, debatsaande aangebied, kollektelyste versprei. Al hierdie bydraes het tot ’n nuwe toekoms gelei.”

Ongelukkig sal daar altyd “afbrekers” in ʼn gemeenskap wees, want dis makliker om te breek as om te bou. Maar deur apaties te staan en voort te gaan met jou lewe sonder om aan jou eie toekoms te bou, maak jy jouself net so skuldig soos die “afbrekers”.

Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging, het in hierdie uitgawe ʼn uitstekende “resep” waarmee jy kan help bou. Lees die artikel op bladsy 20 om te sien wat die plan is waarmee dié doel bereik kan word.

Buiten die instellings van die Solidariteit Beweging wat help bou aan ʼn vry, veilige en voorspoedige toekoms, bou die vakbond aan ʼn gesonde werkomgewing deur steeds die kwotastelsel te beveg. Die arbeidshof het onlangs in die guns van Jan Pretorius beslis dat ʼn kwotastelsel in die werkplek onwettig is. Lees meer hieroor op bladsy 24.

Solidariteit veg selfs buite die landsgrense teen kwotas: die vakbond is genooi om later vanjaar die Verenigde Nasies in Genève, Switzerland, te besoek en hul saak oor rassekwotas daar te stel. Philip van Niekerk, ʼn Solidariteit-lid, is die gelukkige wenner van die Vlieg Saam-kompetisie, en gaan die publiek van Suid-Afrika verteenwoordig tydens Solidariteit se besoek aan die VN.

Tydens die vakbond se jaarkongres wat onlangs aangebied is, is daar oudergewoonte verskeie Sterre in die Gemeenskap-toeken-nings oorhandig aan gewone mense wat buitengewone bydraes in hul gemeenskappe lewer, en op dié manier ook help bou. Die Dienskantoor van die Jaar is ook tydens die kongres aangekondig.

Die inhoud van hierdie uitgawe van Solidariteit Tydskrif is ʼn bewys daarvan dat ons ʼn toekoms kan bou waar ons vry, veilig en voorspoedig sal kan lewe, as elkeen net doen wat hy of sy moet doen.

Winston Churchill het gesê jou houding maak ʼn groot verskil. As ons almal die regte houding inneem teenoor die bou van ʼn toekoms, sal die uitkoms ʼn sukses wees.

CILLESTE VAN DYK REDAKTEUR

Dís hoekom ek help bouSuid-Afrika het ʼn ryk geskiedenis waaraan elkeen van ons voorouers help bou het, maak nie saak wie jy is of hoe klein die bydrae was nie. Bietjies maak baie. Ons het baie om op trots te wees, want van “gaan lê” wil Afrikaners niks weet nie. Dis opstaan uit moeilike situasies en bou aan ʼn toekoms waarmee ons goed is.

Cilleste

Foto

’s: Re

int D

ykem

a &

isto

ckph

oto

.com

Redakteursbrief

Uitgawe 3 van 2016

Page 7: Solidariteit nr3 van 2016 web

www.solidariteit.co.za7Issue 3 of 2016

IS DAAR ’N VRY, VEILIGE EN VOORSPOEDIGE TOEKOMS VIR JOU IN SA? Ja, ek dink daar is ʼn toekoms hier vir my en my familie. Dis moeilik om positief te bly, maar ek wil graag hier bly. Nee, ek dink nie daar is ʼn toekoms in Suid-Afrika nie.

Seepkis Word deel van die gesprek by www.blog.solidariteit.co.za of op een van die sosiale netwerke. Of skryf aan: Seepkis, Posbus 11760, Centurion 0046; of stuur e-pos na [email protected]

SolidariteitSolidarity

SOLIDARITEIT-HOOFKANTOORSOLIDARITY HEAD OFFICEH.v. DF Malan- & Eendrachtstraat, KloofsigTel: 012 644 4300 0861 25 24 23 www.solidariteit.co.za

REDAKTEUR | EDITORCilleste van Dyk

WEBREDAKTEUR | ONLINE EDITORDaleen Gouws

ADVERTENSIES | ADVERTISEMENTSDenise Viljoen – tel: 082 352 [email protected]

ADVERTENSIE-ONTWERP | ADVERTISEMENT DESIGNMartie Maree

INTEKENARE | SUBSCRIPTIONSHeleen Nortjé

REKENINGE | ACCOUNTSElna Botes

MEDEWERKERS | CONTRIBUTORS

Devon Basson, Mariska Batt, Flip Buys, Leandré Buys, Chris Chameleon, Gideon du Plessis, Reint Dykema, dr. Dirk Hermann, Kallie Kriel, Piet le Roux, Susan Lombaard, Marietha Malan, Ilze Nieuwoudt, Appie Pienaar, Francois Redelinghuys, Inge Strydom, Juran van den Heever en Cilleste van Dyk.

UITLEG, ONTWERP, REDIGERING, REPRO |LAYOUT, DESIGN, EDITING, REPRODUCTION

Tel: 082 445 4513 | [email protected]

DRUKWERK | PRINTINGPaarl Media Gauteng

VERSPREIDING | DISTRIBUTIONProsort

Solidariteit Tydskrif is lid van die Ouditburo van Sirkulasie en word uitgegee deur die Solidariteit Beweging, Posbus 11760, Centurion, 0046. Geen deel van die inhoud mag sonder die toestemming van die redakteur elders gebruik word nie. Solidariteit of die tydskrif aanvaar geen verantwoordelikheid of aanspreeklikheid vir enige aansprake wat deur adverteerders gemaak word nie.

ONS BESKERM JOU WERKBELANGE DEUR DIK EN DUN!

Sluit maklik by Solidariteit aan deur ’n SMS te stuur. Soli dariteit se vriendelike diens sentrum agente sal jou terug-skakel en jou vinnig help aansluit. Al wat jy hoef te doen, is om die woord “Lid” na 34802 te stuur. SMS’e kos R2. Ons be skerm nie net jou werk nie, maar maak ’n daadwerklike verskil sodat ons lede en hul geliefdes vry, veilig en voorspoedig kan wees – net hier aan die suidpunt van Afrika! Verander jou adres by [email protected].

Kla ons onsself siek oor alles?

MENINGSPEILING

abc

Foto

’s: ist

ock

pho

to.co

m

Duimpie van Schalkwyk: Ja, volgens my is kla maar net ’n swak gewoonte om van jou frustrasies ontslae te raak. Heelwat van ons het nie eintlik ’n rede om te kla nie. Ons eet elke dag, slaap lekker warm elke aand en het nie eintlik gesondheidsprobleme wat die daaglikse lewe bemoeilik nie.

Johan du Toit: Mmm, gee my dan ’n land waaroor ek nie hoef oor te kla nie, so eenvoudig as dit. Nie een van ons sit regtig in ’n vry land met die nodige vryheid nie, doen ons? Ons sit almal op geleende tyd, nie waar nie? Hannes Grobler: Die probleem met kla is dat almal om ons afgebring word deur ons

gekla, terwyl daar ook niks konstruktief daaruit spruit nie. Dus word niks gedoen of voorgestel om die oorsaak van die klagtes te hanteer nie.

Joriet Kloppers: Wel, deesdae kan ’n mens nie anders nie, jy moet kla, want oral is swak dienslewering en standaarde wat power is.

Pieter Lerm: Kla is ’n lekker gespreksvorm wat sommiges se probleme hanteerbaar maak. Dit is soos om die probleem met ’n sielkundige te deel. Johan Moolman: Kla raak ’n gewoonte.

Mervyn Keown: Met ander woorde, hou op kla, staan op en doen iets.

SMS “Tydskrif A”, “Tydskrif B” of “Tydskrif C” na 34802. Of stem by www.tydskrif.solidariteit.co.za

Kla is nie net ’n irriterende gewoonte nie, maar ook ’n ongesonde en selfs gevaarlike een. Wanneer die meeste van ons kla, is die idee om stoom af te blaas. Ons dink dat ons beter sal voel as ons van ons emosies ontslae raak – of só redeneer ons. Besoek Solidariteit Wêreld om dié artikel verder te lees: https://welstand.solidariteit.co.za/ons-kla-onsself-siek/. Só sê ons Facebook-vriende:

SolidariteitBeweging

Page 8: Solidariteit nr3 van 2016 web

www.solidariteit.co.za8Uitgawe 3 van 2016

spreekBuys

My pa het ons altyd vermaan om “op te hou ginnegaap, en eerder vroeg op te staan en laat te gaan slaap”. Sy gunsteling storie was die een van ʼn oom

en sy vrou wat diep in die platteland, ver van die naaste dorp af, gebly het. Hulle het net ʼn donkie gehad om mee te ry. Daar was net een probleem: die donkie was steeks. Hy het viervoet vasgesteek as hy moes loop.

Een Saterdag moes die oom en tannie dorp toe vir ʼn dringende afspraak. Soos gewoonlik het die esel botweg vasgesteek. Hy wou nie roer nie. Maar hierdie keer was die oom reg met ʼn plan. Hy het opgeklim, die tannie agter op die donkie getel en ʼn botteltjie terpentyn uit sy sak gehaal.

Met ʼn ingenome glimlag op sy gesig het hy agtertoe geleun en ʼn stewige smeersel terpentyn onder die stomme dier se stert gesmeer. Die donkie het vir ʼn oomblik geskok verstar en toe met ʼn skielike sprong soos ʼn pyl uit ʼn boog weggespring. Met ʼn hoë gilletjie het die tannie halsoorkop agteroor getuimel en in die middel van die pad te lande gekom. Sy het die skielike resiesdonkie agterna gekyk en floutjies geskreeu: “Stop, wag vir my!”

Maar die oom het geweet hy gaan nie die donkie weer aan die gang kry as hy nóú stop nie. Hy gryp toe weer die botteltjie terpentyn, gooi dit oor sy skouer in die tannie se rigting en skreeu: “Ou vrou, smeer aan en kóm!”

Ons moes gereeld hierdie verhaaltjie hoor

as ons by Pa kom kla het oor iets wat “met” ons gebeur. “Smeer aan en kom,” het Pa dan gesê, bedoelende: dóén iets aan die saak en hou op kla.

Dit is presies hoe ek partykeer voel as ek hoor van mense wat in die pad sit en “stop, wag vir my!”-kritiek skree as ons iets aan die probleme in die land doen. Dis meestal mense wat sit met ʼn “wenslys” van alles wat die regering veronderstel is om te doen, eerder as ʼn “doenlys” van alles wat ons self kan doen. Dis soos toeskouers wat langs die rugbyveld sit en vir die spelers of skeidsregter skree wat om te doen. Die probleem is net, hulle het geen invloed op die spel nie. Die regering luister nie na raad nie, al is dit hoe goed bedoel.

My pa was ʼn haastige man wat vinnig besluite geneem en uitgevoer het. Hy het nie veel geduld gehad met mense wat gesit en wag het dat dinge vanself beter raak nie. Sy leuse was dié van die Vrystaatse Republiek se president Brand: “Alles sal regkom as elkeen sy plig doen”, skryf FLIP BUYS.

Smeer aan en kóm!Vrye burgers pleks van slaafse onderdane

Foto

’s: Re

int D

ykem

a &

isto

ckph

oto

.com

Page 9: Solidariteit nr3 van 2016 web

www.solidariteit.co.za9Issue 3 of 2016

FLIP BUYSis voorsitter van die

Solidariteit Beweging

SPREEKBUYS

“Regse rassiste”My storie oor mense wat soos die tannie in die stofpad sit en skree “wag vir my” in plaas daarvan om saam vorentoe te gaan, kom nou al ʼn lang pad. Dit het begin in die dae van die ou Mynwerkersunie, toe ons gewaarsku het dat die sogenaamde “Wet op Billike Indiensneming” nie oor gelykheid gaan nie, maar oor verteenwoordigendheid. Ons het ʼn navorsingsverslag gepubliseer waarin ʼn gerespekteerde statistikus bereken het ʼn paar honderdduisend witmense gaan as gevolg van “demografiese verteenwoordigendheid” uit die staatsdiens, openbare ondernemings en groot maatskappye gedruk word. Ons is toe op die brandstapels van die openbare mening verbrand as “regses”, “rassiste” en mense wat net negatief oor die nuwe demokrasie is. Geen ag is geslaan op ons goed deurdagte argumente nie. Ons navorsing is sommerso afgemaak as “regs”, sonder dat die kritici eers gewonder het of daar dalk iets in steek. En toe dit later geblyk het dat ons feitelik korrek was, het die beswaardes nie onthou dat ons reg was nie, maar net dat ons regs was.

Dieselfde beskuldigings is na ons toe geslinger toe ons gesê het bevrydingsbewegings soos die ANC is nie gerat om ʼn moderne land te regeer nie. Of toe ons gesê het die grondwetlike beskerming van individuele regte is nie genoeg om ons groepsregte soos gelykheid in die werkplek of Afrikaanse skole of universiteite te beskerm nie. Ons is uitgelag toe ons gewaarsku het dat die ANC by die grondwetlike onderhandelings net toegewings gemaak het om die mag te kry, maar dat hulle later die mag sou gebruik om hulle oorspronklike doelstellings deur te dryf. Ons is uitgekryt as regs en rassisties toe ons, na aanleiding van deeglike navorsing, Solidariteit Helpende Hand gestig het, omdat ons gesien het wit jongmense word op rassegronde van studiebeurse uitgesluit. Dieselfde het gebeur toe ons ʼn tegniese kollege stig omdat ons gesien het die tegniese opleidingstelsel is besig

om ten gronde te gaan en wit jongmense kry nie toegang tot dié opleiding nie. Met die stigting van AfriForum was dit weer dieselfde ou deuntjie: die “Seunse Weenkoor” het weereens hoog ingesit met ʼn geskimp en ʼn geskinder.

Werk met werklikhedeHierdie beledigings en beskuldigings het soms maar seergemaak, veral omdat daar baie was wat nie net teen ons planne was nie, maar dit aktief teengewerk het. Ons het egter vorentoe gekyk en volhard met ons resep om met werklikhede te werk, in plaas daarvan om te bly hoop ons wense word waar. Ons het deurlopend geweier om ons spoed aan te pas by diegene wat die stadigste was om agter te kom wat aangaan. My eie houding was deurgaans: “Smeer aan en kom!” Deur skeppende vernuwing gegrond op beproefde waardes, kon ons met die hulp van duisende lede uiteindelik ʼn groot helpmekaarbeweging opbou wat noodsaaklike besluite kon neem én self kon uitvoer.

Namate die werklikhede van ʼn ANC-regering wat weer ʼn nuwe rassebedeling in werking stel gaandeweg ingesink het, het baie van dié wat ons beskuldig het, ontnugter geraak deur dit wat besig is om te gebeur. Maar steeds is elke nuwe projek wat ons aangepak het met wantroue bekyk en neusoptrekkerig beruik vir ʼn sweempie van “regse” motiewe. Met Akademia se stigting is aanhoudend gevra of dit nou kamstig “uitsluitend” sal wees, wetende dat hulleself niks doen om te sorg dat Afrikaanse kinders ook by opleiding íngesluit word nie.

Intussen het die ou onverkwiklike verdelingslyne gelukkig vervaag, en is dit vervang met ʼn nuwe middelgrond. Ons projekte het oorweldigende steun begin kry, en die ANC het begin regkry wat geen Afrikanerleier nog kon nie: om eenheid onder Afrikaners te begin bewerk.

Die weerstand teen vernuwing het algaande in aktiewe steun vir ons projekte begin

verander. Terselfdertyd het ander groepe soos talle bruin Afrikaanssprekendes ook besef dat hulle nie swart genoeg is vir die nuwe bewindhebbers nie, en dat hulle in die naam van gelykheid ongelyk behandel word.

SkaamkwaadDie afgelope jaar of wat is dit asof ʼn damwal van steun begin breek, en word ons oorval deur mense wat betrokke wil raak. Baie bekendes wat ons vroeër soos ʼn aansteeklike siekte vermy het, het skaamkwaad nader begin staan, aanvanklik net toe hulle self hulp nodig kry. Hulle sluk steeds swaar aan die moontlikheid dat ons dalk “reg” was, want dit sou beteken dat hulle verkeerd was. Dit wil niemand hoor nie – “regs” word moeilik “reg”. Maar ons hoor darem al minder hoe “regs” ons is, en al hoe meer hoe verkeerd die ANC is. Net ʼn klein groepie verbete vasbyters soos die Seunse Weenkoor bly steeds met hul voete stewig in die lug geplant staan. In hulle oë bly die verdediging van dieselfde grondwetlike regte wat hulle vroeër bepleit het regs. Hierdie vals koortjie bestaan uit ʼn klein groepie “kommentators”, joernaliste en enkele akademici wat ons steeds met die teerkwas probeer bykom, in die hoop dat hul nuutgevonde kritiek teen die ANC hulle nie “regs” sal laat lyk nie.

Burgers en onderdane Ons staan voor ʼn uitdagende, maar opwindende tyd, waar die meerderheid Afrikaners vandag vrye “burgers” eerder as slaafse onderdane wil wees.

Ek kies eerder die onsekerheid van die sukses van selfdoen, as die sekerheid van die mislukking van wat die ANC nou mee besig is. Ons planne word vandag al deur meer as 350 000 gesinne ondersteun. Ons moenie diegene wat nog nie op die wa geklim het, beveg of verwyt nie. Maar aan diegene wat steeds twyfel en weifel, mag ons maar vriendelik sê: “Smeer aan en kóm!” S

“Ek kies eerder die onsekerheid van die sukses van SELFDOEN, as die sekerheid van die mislukking van

wat die ANC nou doen. Ons PLANNE word vandag al deurmeeras350 000gesinneondersteun.”

Page 10: Solidariteit nr3 van 2016 web

www.solidariteit.co.za10Uitgawe 3 van 2016

NUUSWAARDIG

Terwyl Solidariteit feitlik daagliks die onreg van regstellende aksie en swart ekonomiese bemagtiging teenoor sy lede in Suid-Afrika se hoogste howe beveg, is die

vakbond ook op voetsoolvlak aktief betrokke om sy lede te beskerm en by te staan.

As daar op grond van ras teen ons lede gediskrimineer word, skroom Solidariteit nie om die regering tot in die konstitusionele hof te pak nie. Die vakbond het ook al ’n klag teen die Suid-Afrikaanse regering se kwotabeleid by die Verenigde Nasies ingedien. Solidariteit het reeds daarin geslaag om die Suid-Afrikaanse Polisiediens se regstellendeaksieplan onwettig te laat verklaar en het ook die departement van korrektiewe dienste tot in die konstitusionele hof oor die toepassing van rassediskriminasie in die werkplek gepak.

Solidariteit bereik gereeld skikkings namens sy lede wat, hetsy vanweë onbillike ontslag of

beserings aan diens, op vergoeding geregtig is. Hierdie skikkings kom neer op miljoene rande wat die vakbond namens sy lede beding. Solidariteit het ’n span organiseerders en regsgeleerdes wat oor die 400 000 werknavrae per jaar hanteer, terwyl daar op enige gegewe tydstip sowat 1 200 regsprosesse by Solidariteit hanteer word. Solidariteit wen boonop 87% van die regsgedinge wat hy aanpak.

In ’n gemiddelde jaar kry Solidariteit-lede gemiddeld R200 miljoen per jaar uit vergoeding vir beroepsbeserings en -siektes en in hofsake wat die vakbond namens sy lede beding. Solidariteit-lede ontvang ook begrafnisvoordele waarvan Solidariteit sowat R7,5 miljoen per jaar aan sy lede uitbetaal.

Benewens die arbeidsregtelike sake wat Solidariteit namens sy lede by die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) en in die arbeidshof behartig, is Solidariteit ook direk betrokke by loononderhandelings en -dispute,

terwyl die vakbond namens sy lede optree en aansienlike bystand tydens afleggings bied.

Solidariteit is terselfdertyd aktief in die werkplek betrokke om te verseker dat verskeie bedrywe nie weens swak of korrupte bestuur ten gronde gaan nie. Solidariteit sien ook toe dat werknemers nie deur hul werkgewers uitgebuit word nie en maak seker dat maatskappye wat óf werknemers se lewens óf hul heenkome in gevaar stel, aan die kaak gestel word.

Waar was ons onlangs betrokke?AuroraSolidariteit was direk betrokke by die aankla van die direkteure van Aurora Empowerment Systems (onder wie Zondwa Mandela en Khulubuse Zuma) vir onder meer die korrupte bestuur van twee voormalige Pamodzi-myne. Sowat 5 000 werkers het hul werk by dié myne verloor.

Gideon du Plessis, hoofsekretaris van

Solidariteit neem die voortou in vakbondweseHoewel Solidariteit as ’n vakbond bekendstaan, is dié organisasie – die oudste van sy soort in Suid-Afrika – ’n vakbond wat werklik vir sy lede omgee en wat, ondanks sy grootte, ver bo sy gewigsklas boks, skryf FRANCOIS REDELINGHUYS.

87%van die regsgedinge

wat hy aanpak, word

deur Solidariteit gewen.

Foto

: isto

ckph

oto

.com

Page 11: Solidariteit nr3 van 2016 web

NUUSWAARDIG

Solidariteit, het dit sy missie gemaak om te verseker dat die Aurora-skandaal die nodige media-aandag geniet en deel van die publieke diskoers uitmaak. Hy het ook met verbete vasberadenheid opgetree om te verseker dat diegene wat verantwoordelik was vir die verlies van duisende huishoudings se inkomste, aan die pen ry.

Lily-mynDie Lily-myn, wat op 5 Februarie 2016 ineengestort en sowat 100 werkers vasgekeer gelaat het, het wêreldwyd opspraak gewek. Drie van die werkers is nog steeds nie gevind nie. Die ramp het ook meegebring dat sowat 700 werkers hul werk by die myn, wat deur Vantage Goldfields besit word, kan verloor. Solidariteit het egter hier ook proaktief opgetree en was derhalwe die enigste vakbond wat deur die mynbestuur vir samesprekings genader is.

Highveld SteelDie sluiting van Highveld Steel, een van die grootste staalprodusente in Suid-Afrika, het

nie net ’n reuse-impak op Suid-Afrika se staalproduksie nie, maar gaan ook Witbank se ekonomie en gemeenskap baie swaar tref.

Highveld Steel het sowat 2 200 werknemers gehad wat summier huis toe gestuur is met die boodskap dat daar geen kapitaal beskikbaar is om hul salarisse vir die maand te betaal nie – en nog minder om vir pakkette te betaal.

Hoewel Marius Croucamp, Solidariteit se adjunk-hoofsekretaris vir die metaalbedryf, sy uiterste bes gedoen het om ’n gunstige uitkoms vir Highveld Steel te beding, het ’n voornemende koper van die aanleg op die laaste oomblik kop uitgetrek.

Solidariteit het egter in samewerking met Solidariteit Helpende Hand praktiese hulp aan sowat 300 lede en hul gesinne verleen deur reeds drie keer kos en kruideniersware – telkens genoeg om ʼn gesin van vier ʼn paar weke lank te onderhou – onder die mense uit te deel. Solidariteit het ook gehelp om die geaffekteerde werkers se CV’s by te werk sodat hulle dadelik vir ander werk kon aansoek doen.

ArcelorMittal en die staalbedryfDie staalbedryf oor die hele Suid-Afrika verkeer onder geweldige druk. Die volgende groot maatskappy wat geraak kan word, is die staalreus ArcelorMittal – meer bepaald sy Vanderbijlpark-aanleg.

ArcelorMittal Vanderbijlpark het sowat 5 000 vaste werknemers; indien hierdie aanleg sluit, sal dit ʼn ekonomiese ramp vir die Vaaldriehoek inhou. Marius Croucamp het hier die voortou geneem en dien in ’n spesiale taakspan wat die probleme in Suid-Afrika se staalbedryf ondersoek. Hy het reeds die International Trade Administration Commission (Itac) versoek om so gou moontlik met ’n oplossing vorendag te kom om die staalbedryf in Suid-Afrika daadwerklik te beskerm nadat Itac hierdie ondersoek tot Junie vanjaar wou uitstel.

Ons doen meer Solidariteit stop nie by vakbonddienste nie. Solida-riteit bou aan ʼn toekoms, skep hoop en veg vir jou en jou gesin sodat julle van ’n vry, veilige en voorspoedige toekoms verseker kan wees. S

Page 12: Solidariteit nr3 van 2016 web

www.solidariteit.co.za12Uitgawe 3 van 2016

NUUSWAARDIG

Ons mense is onder druk; hul gemoed is bedruk. Ons hoor van ras in die werkplek, ras op die sportveld, ras op universiteit – ras oral waar jy gaan. Ons

sien geweld en ontwrigting van die parlement tot op universiteitkampusse; woongebiede brand weens diensprotes.

Ons word aangeval bloot oor wie ons is. Ons geskiedenis word gekriminaliseer en ons monumente word gevandaliseer. Nie net apartheid nie, maar ook Jan van Riebeeck en Paul Kruger is uit die bose. Ons hoor van afleggings en ekonomiese druk, en werkonsekerheid is aan die orde van die dag.

Ons is bekommerd oor ons kinders, diskriminasie by opleidingsinstellings, druk op moedertaalonderrig en die toekenning van studiehulp op grond van ras. Ons mense kan tereg vra: “Is daar ’n toekoms?” By Solidariteit laat ons nie toe dat die toekoms met ons gebeur nie – ons bou ’n toekoms.

As ons mense in die werkplek geboelie word, bou ons die vakbond om sterker te wees en beskerm ons ons mense in die werkplek.

• Volgens die meningsopnamemaatskappy Gallup is die mens se grootste behoefte ’n betekenisvolle werk en dít is Solidariteit se kernbesigheid.

• Solidariteit het ’n span organiseerders en regsgeleerdes wat meer as 400 000 werknavrae per jaar hanteer.

• Op enige gegewe tydstip is 1 200 regs-prosesse aan die gang.

• Ons wen 87% van al die regsgedinge wat ons aanpak.

• In ’n gemiddelde jaar kry ons lede R200 miljoen se vergoeding vir beroepsbeserings, -siektes en regsake.

• R7,5 miljoen word jaarliks aan begrafnis-voordele uitbetaal.

• Omdat werk vir Solidariteit so belangrik is, belê ons miljoene rande in opleiding.

As ons universiteite aangeval word, sal ons veg om ons regte te beskerm, maar ons bou ook ’n nuwe, privaat Afrikaanse universiteit: Akademia.• R50 miljoen is al uit die Solidariteit Boufonds

en die Virseker Trust betaal om Akademia te bou.

• Ons gebruik die beste tegnologie.

• Solidariteit-lede kry 20%-korting vir studies aan Akademia en hulle kry voorkeurtoegang tot studiehulp.

As die staat se tegniese kolleges in duie stort, bou ons een van die voorste kolleges in Suid-Afrika: Sol-Tech.• Sol-Tech is teen ’n koste van meer as

R50 miljoen opgerig.• Ons gebruik slegs die beste toerusting en

tegnologie.• Sowat 1 000 jong, voornemende ambagslui

is tans in opleiding.

As daar teen ons kinders gediskrimineer word met die toekenning van studiehulp, bou ons saam met Solidariteit Helpende Hand ’n studiefonds.• Die Solidariteit Helpende Hand-studiefonds

is reeds R100 miljoen sterk, en Solidariteit is die grootste bydraer.

• Solidariteit Helpende Hand het die afgelope jaar studiehulp van sowat R30 miljoen aan 1 250 studente betaal.

• Oor die afgelope vyf jaar is studiehulp aan 5 210 studente verleen.

#OnsBou – Waarom, hoe jy saam bou

Foto

’s: ist

ock

pho

to.co

m

Deur Juran van den Heever

Page 13: Solidariteit nr3 van 2016 web

www.solidariteit.co.za13Issue 3 of 2016

NUUSWAARDIG

As daar op grond van ras teen ons mense gediskrimineer word, bou ons ’n regsfonds en vat ons die regering aan tot in die Konstitusionele Hof en by die Verenigde Nasies.• Solidariteit het Renate Barnard se saak oor

rassekwotas tot in die Konstitusionele Hof geveg.

• ’n Klag teen die regering se kwotabeleid is by die Verenigde Nasies ingedien.

• Die stryd van werknemers van die departement van korrektiewe dienste teen rassediskriminasie is ook tot in die Konstitusionele Hof gevoer.

• Die Suid-Afrikaanse Polisiediens se regstellendeaksieplan is deur die arbeidshof in geheel as onwettig verklaar.

• Ondersteuners van Solidariteit dra reeds R1 miljoen per maand vir ons stryd teen rassekwotas by.

As ons kultuur en erfenis aangeval word, help ons om Afrikaanse en Afrikaner-instellings te bou. • Ons help om die Federasie van Afrikaanse

Kultuurverenigings (FAK) uit te bou, wat onder meer ’n internetmuseum vir die Afrikanergeskiedenis, die Kultuur en Afrikaanse Ekspo en die N.P. van Wyk Louw-sentrum as projekte bedryf.

• Solidariteit is ’n aandeelhouer in Kraal Uitgewers.

• Solidariteit is ook lid van die Voortrekkermonument en die Erfenisstigting, en dra ook tot verskeie ander projekte by.

As die openbare media instrumente van die staat word, bou ons ’n nuwe mediahuis, Maroela Media, en help ons om gemeenskapsradiostasies soos Pretoria FM te bou. • Maroela Media het bykans ’n miljoen unieke

besoekers per maand en is die tweede grootste Afrikaanse webwerf in Suid-Afrika.

• Solidariteit help om Pretoria FM uit te bou tot die grootste onafhanklike radiostasie.

As die staat verswak, bou ons die Solidariteit Beweging wat ’n toekoms moet help skep waarbinne ons vry, veilig en voorspoedig kan wees. • Solidariteit het sowat 15 jaar gelede begin

om die Solidariteit Beweging te bou.• Daar is 18 instellings in die Beweging.• Die groter lede-instellings sluit AfriForum,

Solidariteit en Solidariteit Helpende Hand in. • Verder maak kultuurinstellings, media-

instellings, opleidingsinstellings en finansiële instellings deel uit van die Beweging.

• Die Solidariteit Beweging se vyfjaarbegroting beloop meer as R3,5 miljard.

Solidariteit sien homself as deel van ’n moderne Helpmekaar-beweging. Ons put ons historiese

energie uit die opstaantydperke ná die Anglo-Boereoorlog, die Rebellie van 1914 en die Depressie en armoede van die 1930’s. Elkeen het tóé sy deel gedoen. Daar is koeksisters gebak, verkopings gehou, debatsaande aangebied en kollektelyste versprei. Al hierdie bydraes het tot ’n nuwe toekoms gelei.

Binne Solidariteit bou ons al ons instellings met die klein bydraes van duisende mense. Elke Solidariteit-lid dra R10 per maand tot die Solidariteit Boufonds by. Met dié R10’e bou ons ’n universiteit en ’n tegniese kollege.

Danksy Solidariteit-ondersteuningslede se debietorderbydraes, wat al R1 miljoen per maand beloop, kon ons ’n fonds oprig waarmee ons regsake kan aanpak – van die arbeidshof tot in die Konstitusionele Hof en tot by die Verenigde Nasies. Elke Solidariteit-lid gee R5 per maand vir studiehulp wat aan behoeftige lede se kinders beskikbaar gestel word. Dié R5’e het al miljoene rande geword. Deur korttermynverskering en ander finansiële bronne mobiliseer ons miljoene rande waarmee ’n toekoms gebou word.

Al hierdie bydraes – die R5- en R10-bydraes, debietorders, versekeringspremies en ander bydraes – is die moderne weergawe van die koeksisters van ouds. Klein bydraes word groot en elke persoon se aansluiting by Solidariteit is nóg ’n bousteen waarmee ons aan ’n toekoms bou.• Bou saam met ons aan ’n toekoms en

ondersteun Solidariteit. SMS “OnsBou” na 34802 of besoek www.onsbou.co.za S

SMS “OnsBou” na 34802 of besoek www.onsbou.co.za*

Page 14: Solidariteit nr3 van 2016 web

www.solidariteit.co.za14Uitgawe 3 van 2016

NUUSWAARDIG

Afrikaanssprekendes is ’n verskeidenheid mense met verskillende identiteite en stories, maar verenig deur ’n pragtige taal. Ek vertel vandag een só ’n storie.

31 Mei 1902Die einde van ’n dramatiese oorlog waarin 33 000 vroue en kinders in konsentrasiekampe dood is; waarin 30 000 Boere as bannelinge weggestuur en 20 000 oorlogswesies nagelaat is; waarin honderde plase afgebrand is en die Boererepublieke ophou bestaan het. ’n Nuwe staatsorde is geskep. Die nuwe magshebbers wou Afrikaners ontbind en assimileer.

Afrikaners het voor ’n kruispad te staan gekom – die staat of die gemeenskap. ’n Sterk stroom het die gemeenskap gekies, weg van die staat. Instellings is deur die gemeenskap gestig, gedryf deur ’n eenvoudige geloofsbegrip van doen wat jy moet doen en glo in God se toekomsbelofte. Ná die Rebellie van 1914 het die Helpmekaar-beweging ontstaan. In die gees van helpmekaar is instellings soos Sanlam, Santam en Volkskas gestig – die krag van die gemeenskap.

Depressie van die 1930’sDie depressie van die 1930’s laat ’n derde van Afrikaners armlastig. In die krisistyd van akute armoede word kulturele instellings soos die ATKV, die Voortrekkers en die FAK gestig. Vertroue in wie jy is, is ’n voorvereiste vir opstaan uit ’n krisis, is daar geredeneer. Hierna het die Reddingsdaadbond,

Federale Volksbeleggings en die Afrikaanse Handelsinstituut gevolg.

1948 Die Nasionale Party het die verkiesing gewen, wat die pad van die staat ingelui het. Dit het op die groot Republiek van 1961 uitgeloop. Die smart van die oorlog en die onlangse armoede was nog vars in mense se geheue. “Nooit weer nie,” was ’n algemene uitroep.

Dit was ’n merkwaardige tydperk. Die modernisering van Afrikaners het binne een geslag plaasgevind en ’n moderne ekonomie is ontwikkel. Die Afrikaanse taal het binne dekades tot ’n hoëfunksietaal ontwikkel – ’n ongekende prestasie in die wêreld.

Dit was ’n tydperk van die groot staat, groot staatsleiers en gemeenskaporganisasies wat die stelsel stut. ’n Tydperk van ’n minderheid wat oor ’n groot land en baie mense regeer. Groot oplossings, verskuiwings en ’n statutêre raamwerk was nodig, want dit was te groot.

Die pad het begin om sy morele kompas byster te raak.

Die Afrikaner het ook ’n duur prys vir dié staatspad betaal – die krag van die gemeenskap het verlore geraak.

1994Die politieke orde het verander en Afrikaners sukkel om hul pad te kies. Afrikaners het gedink hulle is sterk, maar het ’n tragedie van onbewuste verlore krag beleef.

Byna die totale georganiseerde Afrikanerwêreld het ineengestort.

Meningsvormers het begin verwys na die ontbinding van Afrikaners. Weer is daar ’n kruispad bereik – ’n pad wat deur die staat loop of ’n pad wat deur die gemeenskap loop. Die Solidariteit Beweging het die krag van die gemeenskap, en nie die “mag” van die staat nie, gekies. ’n Minderheid, in ’n meerderheidsomgewing, se pad loop deur doeltreffende instellings waardeur daar sinvolle interaksie tussen staat en gemeenskap, en gemeenskappe tussen mekaar kan wees.

Die Solidariteit Beweging se pad beteken die bou van ’n nuwe werklikheid. Aan die een kant beskerm ons ons grondwetlike ruimtes, maar aan die ander kant bou ons. Solidariteit bou ’n groter vakbond, ’n nuwe privaat universiteit, Akademia, en ’n tegniese kollege, Sol-Tech. Solidariteit Helpende Hand bou ’n studiefonds wat al R100 miljoen sterk is. AfriForum bou kapasiteit in gemeenskappe. Ons help bou aan media-instellings soos Maroela Media en Pretoria FM en aan kultuurinstellings soos die FAK en Kraal Uitgewers. Ons bou verskeie finansiële instellings. Daar is nie groot staatsgeld nie. Elkeen doen sy deel, bietjie vir bietjie wat baie maak. Ons bou ’n moderne Helpmekaar- beweging wat bestaan uit 18 instellings met ’n vyfjaarbegroting van R3,5 miljard.

Ons doel is ’n toekoms waarin die Afrikaanse taalgemeenskap en die Afrikaner-kultuurgemeenskap vry, veilig en voorspoedig kan wees. Ons glo die pad van Afrikaans en Afrikaners, in die post-’94-werklikheid, loop veral deur die bou van lewenskragtige gemeenskapsinstellings.

Ons glo dat, wanneer jy oor die toekoms twyfel, jy dit moet bou! S

Twyfel jy oor die toekoms? Bou dit!Deur Dr Dirk Hermann

Foto

: isto

ckph

oto

.com

Page 15: Solidariteit nr3 van 2016 web
Page 16: Solidariteit nr3 van 2016 web

www.solidariteit.co.za16Uitgawe 3 van 2016

NUUSWAARDIG

Solidariteit het op 18 Mei tydens sy nasionale kongres ’n reuseveldtog van stapel gestuur om mense aan te moedig om sáám aan ’n toekoms te bou. Die kerntema van dié veldtog is:

“As jy twyfel oor die toekoms, bou dit self”.Suid-Afrikaners gaan eersdaags enorme

kennisgewingborde langs snelweë sien met die woorde “#OnsBou, bou saam”. Groot koerant- en radioadvertensies, TV-gesprekke en omvattende sosialemediaveldtogte gaan ingespan word om Suid-Afrikaners en spesifiek die Afrikaanse gemeenskap se gemoed in ’n positiewe rigting te stuur. Kunstenaars soos Steve Hofmeyr, Jac de Priester, Sorina (die Flooze) en Adam Tas verskyn onder meer in sommige van die advertensies. Die veldtog gaan ook na honderde werkplekke in Suid-Afrika geneem word.

“Ons is nie naïef met die veldtog oor die werklikhede in Suid-Afrika nie. Ons het ’n regering wat swak regeer, ’n president in wie almal hul vertroue verloor het, ’n ekonomie wat onder groot druk is en misdaad wat handuit ruk. Ons kan egter nie toelaat dat dié faktore ons totaal oorheers nie. Die veldtog gaan mense aanmoedig om die krag van die gemeenskap te ontdek, wat sterker kan wees as die mag van die staat,” sê dr Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit.

Volgens Solidariteit gaan dié veldtog een van die grootstes van sy soort wees. Die doel is om ’n positiewe invloed op mense se gemoed te hê. “Ons is bekommerd dat mense nie net negatief is nie, maar selfs angstig is. Ons wil mense weer die gevoel gee dat hulle sélf beheer oor hul toekoms kan neem en dat hulle nie net slagoffers van omstandighede hoef te wees nie. Ons is van mening dat veral die Afrikaanse gemeenskap dit dringend nodig het,” gaan Hermann voort.

Volgens Hermann is nog ’n belangrike tema van die veldtog dat baie bietjies baie maak. As elkeen net doen wat hy moet doen, staan ’n mens dikwels verstom oor die groot uitkoms. Die veldtog doen ’n beroep op mense om prakties in die gemeenskap betrokke te raak.

“Ons vra mense om betrokke te raak by hul skool en by hul kerk. Gaan ry patrollie, ondersteun die plaaslike biblioteek, gaan koop ’n Afrikaanse CD of boek en gaan kyk na ’n Afrikaanse rolprent. Sluit aan by gemeenskapsinstellings. As elkeen ’n ekstra myl in sy of haar gemeenskap loop, word miljoene myle op pad na ’n nuwe toekoms afgelê.

“Solidariteit gaan nie toelaat dat die toekoms met ons gebeur nie; ons gaan dit bóú. As Afrikaans onder druk is en universiteite afgebrand word, bou ons ’n nuwe Afrikaanse privaat universiteit van wêreldgehalte, Akademia. As staatskolleges in duie stort, bou ons ’n nuwe tegniese kollege, Sol-Tech. As daar teen ons jongmense op grond van ras gediskrimineer word wanneer dit by die toekenning van studiehulp kom, bou ons saam met Solidariteit Helpende Hand ’n studiefonds wat reeds R100 miljoen sterk staan,” aldus Hermann.

Hermann sê verder dat die Solidariteit-bouprojekte honderde miljoene rande kos en dat dit gebou word deur elke Solidariteit-lid wat R10 per maand aan die projekte skenk. “Om ’n groot toekoms te bou, is dikwels baie kleiner

as wat ’n mens dink. Klein druppeltjies maak strome, strome word riviere en riviere vorm damme. Elkeen moet net sy deel doen. Indien jy dít besef, dan besef jy dat jy beheer het oor die toekoms. Ons toekoms is nie in die hande van ’n swak staat of president nie.”

Die veldtog gaan ook ’n beroep doen op mense om gemeenskapsinstellings te versterk. Ons glo die antwoord vir minderhede wat hulself in ’n meerderheidsomgewing bevind, lê in lewenskragtige instellings soos vakbonde en kultuur-, burgerregte-, opleidings, media- en finansiële instellings, en nog meer. Deur burgerlike instellings kan grondwetlike regte verwesenlik word. Goed georganiseerde burgerlike instellings help om doeltreffende interaksie met die staat te bewerkstellig.

Die veldtog gaan vier maande duur. S

Veldtog een van grootstes tot nog toe

“Ons wil mense weer die gevoel gee dat hulle sélf beheer oor hul TOEKOMS kan neem en dat

hulle nie net slagoffers van omstandighede hoef te wees nie. Ons is van mening dat veral die

Afrikaanse gemeenskap dit dringend nodig het.”

Deur Inge Strydom

Foto

: Rei

nt D

ykem

a

Page 17: Solidariteit nr3 van 2016 web

NUUSWAARDIG

Ons het ’n regering wat swak regeer, ’n president in wie almal hul vertroue verloor het, ’n ekonomie wat onder groot druk is en misdaad wat handuit

ruk. Ons kan egter nie toelaat dat dié faktore ons totaal oorheers nie.

Solidariteit is bekommerd dat mense nie net negatief is nie, maar dat hulle selfs angstig is. Volgens dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, “wil ons mense weer die gevoel gee dat hulle sélf beheer oor hul toekoms kan neem en dat hulle nie net slagoffers van omstandighede hoef te wees nie. Ons is van mening dat veral die Afrikaanse gemeenskap dit dringend nodig het”.

Solidariteit gaan nie toelaat dat die toekoms met ons gebeur nie – ons gaan dit bou. As Afrikaans onder druk is en universiteite word afgebrand, bou ons ’n nuwe privaat Afrikaanse universiteit van wêreldgehalte, Akademia. As staatskolleges in duie stort, bou ons ’n nuwe tegniese kollege, Sol-Tech. As daar teen ons jongmense op grond van ras gediskrimineer word wanneer dit kom by die toekenning van studiehulp, bou ons saam met Solidariteit Helpende Hand ’n studiefonds wat reeds R100 miljoen sterk staan. Jy kan óók help bou.

Raak betrokke by jou naaste skool of kerk. Gaan ry patrollie, ondersteun die plaaslike biblioteek, gaan koop ’n Afrikaanse CD of boek en gaan kyk na ’n Afrikaanse rolprent. Sluit aan by gemeenskapsinstellings. As elkeen ’n ekstra myl in sy of haar gemeenskap loop, word miljoene myle op pad na ’n nuwe toekoms afgelê.

Hoe help jy aan ‘n toekoms in Suid-Afrika bou? Antwoord hierdie vraag en staan die kans om ʼn groot prys te wen.

Hoe neem ek deel?Stuur ’n SMS met die woord “Tydskrif-kompetisie”, jou naam, van en jou antwoord aan 34802. SMS’e kos R2.

Wat is op die spel?Jy staan die kans om ’n Bernina London 3- naaldwerkmasjien, of ’n gereedskapkis met duursame gereedskap te wen.

SluitingsdatumDie sluitingsdatum is 15 Julie 2016. S

Bou saam en wen groot pryse

SolidariteitFinansiële Dienste

Issue 3 of 2016 www.solidariteit.co.za17

WEN!WEN!WEN!

Foto

’s: sl

egs t

eR il

lust

Rasie

Page 18: Solidariteit nr3 van 2016 web

www.solidariteit.co.za18Uitgawe 3 van 2016

NUUSWAARDIG

Akademia het vroeg in Mei met trots aangekondig dat die eerste studente vir die jongste Akademia-kwalifikasie, BCom (Ekonomie en Regte), in

April aanvaar is. Dié graad word vanaf 2017 aangebied en verdere aansoeke word ingewag.

Die BCom-graad in ekonomie en regte is Akademia se derde graadprogram. Dit volg op die instelling van BCom (Ondernemingsbestuur) in 2014 en BCom (Bestuursrekeningkunde) in 2015. Alle Akademia-kwalifikasies is behoorlik deur dieselfde akkreditasieproses geakkrediteer wat alle openbare universiteite se kwalifikasies beoordeel.

Die BCom-graad in ekonomie en regte is ’n graad wat studente vertroud maak met beginsels van ekonomie en regte, asook die toepassing daarvan in die sakewêreld. Dit lê ook die grondslag vir nagraadse spesialisering op beide dié terreine.

“Akademia se BCom in ekonomie en regte het enkele raakpunte met ander universiteite se BCom (Regte)-grade. Die wesenlike verskil in vergelyking met ander universiteite is dat ons kwalifikasie egter reeds ’n spesifieke fokus op ekonomie het,” verduidelik Elzette le Roux,

programbestuurder by Akademia. Le Roux sê: “Studente gaan dus ekonomie

(saam met die verskillende regsvakke) tot op derdejaarsvlak as hoofvak neem. Daarbenewens het ons kwalifikasie ten doel dat studente hulself nie net in die regsomgewing kan bekwaam en laat geld nie, maar ook krities en vergelykend met ekonomiese aspekte kan omgaan.”

’n Student het ook die keuse om nagraadse studie in ekonomie (honneurs) en/of ’n nagraadse regskwalifikasie soos LLB voort te sit. Studente wat hierdie kwalifikasie voltooi, behoort in staat te wees om aktuele sake vanuit ’n regs- en ekonomiese hoek te beoordeel en daarop kommentaar te lewer.

“Ons beoog ook om blootstelling vir die student aan ekonomiese beginsels en regsbeginsels en -praktyke te gee sodat die student ’n sin van verband vorm tussen ekonomiese aktiwiteite en die regsraamwerk waarbinne hierdie aktiwiteite, insluitende sakeondernemings, plaasvind,” voeg Le Roux by.

“Die student gaan toegerus word met analitiese vaardighede, probleem-oplossingsvaardighede, kritiese denke en regskennis. Dit bemagtig ’n

student om ’n suksesvolle loopbaan te betree en moontlike beroepe soos regsadviseur, maatskappysekretaris, ekonoom, navorser of konsultant te beoefen.

“Dit gee ook ’n student toegang tot verdere nagraadse studie in ekonomie of regte, byvoorbeeld ’n LLB. Met die LLB kan ’n student toegang kry tot beroepe soos prokureur of advokaat,” sê Le Roux.

Die koste per jaar beloop slegs R31 400, en sluit ’n tabletrekenaar en internettoegang by Akademia se studiesentrums in. Studente woon kontaksessies in enige van Akademia se sewe landwye studiesentrums by.

Klasse word na-ure en Saterdae aangebied sodat skoolverlaters tydens hul studie ’n inkomste kan verdien en werkervaring kan opdoen. Dit laat ook diegene toe wat reeds ’n werk het om sonder onderbreking van diens te kan studeer.

Akademia ontwikkel tans verdere grade en aankondigings oor nuwe akkreditasies sal later vanjaar gemaak word.• Vir besonderhede oor die program en

inskrywings, besoek http://akademia.ac.za/bcom-ekonomie-en-regte/ om die programblad op Akademia se webtuiste te lees. S

Eerste BCom (Ekonomie en Regte)-studente beginDeur Cilleste van Dyk

Foto

: isto

ckph

oto

.com

Page 19: Solidariteit nr3 van 2016 web

Ons bedank ons Kongresborge

Page 20: Solidariteit nr3 van 2016 web

www.solidariteit.co.za20Uitgawe 3 van 2016

NUUSWAARDIG

Een van ons staatmakervakbondverteen-woordigers by Lonmin op Marikana, Japie van Zyl, het onlangs ’n pakket aanvaar sodat ’n jonger kollega sy werk kon behou. Met hierdie edel

daad simboliseer Japie vir my die eerbaarheid, adel en offervaardigheid van ’n geslag ysterverteenwoordigers wat Solidariteit help opbou het tot dít wat dit vandag is.

Tydens ’n gesprek tussen my en Japie vra hy my toe die vraag wat ek deesdae die meeste onder ons lede hoor en dit is of daar nog ’n toekoms vir witmense in die land is. Hierdie vraag word té veel en té ernstig gevra om dit sommer af te maak omdat dit nie polities korrek klink nie.

Mense is bekommerd oor die inkomende gety van versmorende rassewette in die werkplek, besigheid en samelewing. Boonop hang die swaard van afleggings oor die koppe van duisende huisgesinne, terwyl die spook van ’n afgradering van die land se kredietstatus nog lank nie die wyk geneem het nie.

Die grootste en belangrikste besorgdheid hou verband met die toekoms van ons kinders. Die ál radikaler uitsprake oor Afrikaanse skole en universiteite; die ál strenger rassekwotas wat vir opleiding en indiensname geld; die geweldsmisdaad en die verval van soveel staatsinstellings weens die regering se ideologie – dit alles laat ons almal oor die toekoms twyfel.

Dit is seker die eerste keer in die geskiedenis dat só ’n groot en magtige meerderheid súlke streng wette maak om hulle teen só ’n klein en maglose minderheid te beskerm. Dit is nie ’n wonder nie dat mense soos Japie hulself begin afvra of regverdige werkgeleenthede nog moontlik is in ’n bedeling wat toenemend onregverdig raak.

Historiese krisisse en oplossingsLaat my terugkeer na Japie se vraag oor die toekoms. Daardie vraag is al baie in hierdie wye en droewe land (om Van Wyk Louw aan te haal) gevra. Die Nederlandse denker Bob Goudzwaard het immers gesê dat Afrikaners se geskiedenis nie een van ’n stryd om oorheersing was nie, maar ’n stryd om oorlewing.

Die Britse staatsman Winston Churchill het gereeld met die vraagstuk van ’n onseker toekoms geworstel. Die gevolgtrekking waartoe hy gekom het, is dat hoe verder jy in die toekoms wil insien, hoe verder moet jy in die

verlede terugkyk. Ons geskiedenis word deur ’n buitengewone verskynsel gekenmerk waarvoor daar nie ’n verklaring is nie, en dit is dat ons as jong volk rondom elke eeuwending in ’n bestaanskrisis gedompel is wat gelukkig telkens weer gedurende die eerste dekades van die daaropvolgende eeu opgelos is.

Die eerste krisis was rondom die jare 1700 tydens die swak regering van Willem Adriaan van der Stel, waar ene Hendrik Bibault in 1707 na aanleiding van die uitdagings wat die Kaapse owerheid destyds aan die jong volk gestel het, uitgeroep het: “Ik ben een Afrikaander!” Hierdie reaksie was eintlik die aankondiging van die geboorte van die Afrikaner as selfstandige volk, wat nou nie meer ’n blote aanhangsel van die Nederlanders was nie.

Ons tweede uitdaging het op ’n haar ná ’n eeu later gekom, naamlik in 1806 toe die Kaap vir die tweede keer deur Brittanje beset is. Die suksesvolle antwoord op daardie krisis was die Groot Trek – toe ’n klein groepie van net ongeveer 17 000 Afrikaners die binneland ingetrek het op soek na vryheid, veiligheid en voorspoed.

Die derde krisis was honderd jaar later aan die begin van die 20ste eeu, toe die Britte se verskroeideaardebeleid gedurende die Anglo-Boereoorlog die land verwoes het. Ons voorouers het die krisis oorkom deur die land met die stigting van sterk gemeenskapsorganisasies op elke terrein weer op te bou. Daardeur het hulle in werklikheid self bykans volle kulturele selfregering verwerf. Ons voorouers het in werklikheid deur ’n sterk netwerk van Helpmekaar-organisasies op kulturele, ekonomiese, maatskaplike, politieke en selfhelpgebied ’n Afrikanerstaat binne ’n staat geskep totdat dit naderhand tot ’n republiek uitgebou is.

Nou staan ons egter weer voor ’n dubbele bestaanskrisis van staatsverval en tweedeklasburgerskap, en die vraag is hoe ons dit hierdie keer te bowe gaan kom. Die krisis van staatsverval word uitstekend opgesom deur die Oxford-intellektueel R.W. Johnson, wat in sy boek How long will South Africa survive tot die gevolgtrekking kom dat die ANC nie in staat is om ’n moderne land te regeer nie.

Die DA-premier van die Wes-Kaap, Helen Zille, het die krisis van tweedeklasburgerskap treffend opgesom toe sy by die sestigste Liberal International-kongres in Meksiko in 2015 die

volgende gesê het: “Whites fulfil all the criteria for becoming a scapegoat for contemporary South Africa’s problems and policy failures – just as ‘the British’ remain the scapegoat for populist racial nationalism in Zimbabwe, 35 years after independence”.

Om die vraag te beantwoord oor hoe ons uit die huidige krisis gaan kom, word daar gekyk na wat ons doel is en hoe ons dit gaan bereik.

Wat is ons doel?Ons benodig ’n vierpuntplan vir “volksveelheid” om “volkseenheid” te bewerkstellig:1. Persoonlike verantwoordelikheid: Elkeen

moet verantwoordelikheid vir sy/haar eie en sy/haar gesin se welstand aanvaar.

2. Gemeenskapsverantwoordelikheid: Almal moet saam vir ons eie gemeenskap se welstand sorg.

3. Nasionale verantwoordelikheid: Ons moet tot voordeel van die welsyn van die land en al sy mense – swart en wit – werk.

4. Vierdens behoort die Solidariteit Beweging ook die Orania-projek te ondersteun, byna soos die Histadrut-vakbond gehelp het om Israel op die bou.

Wat is ons plan om ons doel te bereik?Natuurlik het die regering ’n plig en ’n verantwoordelikheid teenoor ál sy burgers. Daarom is Plan A om die regering demokraties verantwoordelik te hou om die werk te doen waarvoor hulle verkies, betaal en met ons belastinggeld gefinansier word, naamlik om die land goed en tot voordeel van al sy inwoners te regeer. Daarom streef ons altyd na goeie verhoudings met die regering, al huiwer ons nie om, wanneer nodig, sterk standpunt in te neem nie.

Ons toekoms is egter té belangrik om dit aan die ANC alleen oor te laat. Dit sal mos totaal onverantwoordelik wees om onsself permanent afhanklik van die gehalte van regering en die verdraagsaamheid van ’n onvriendelike regering te stel. Daarom is ons Plan B aanvullend tot en nie ter vervanging van Plan A nie. Maar ons kan tog nie net agteruitgang keer nie, ons moet ook aan vooruitgang bou! Ons geheime wapen is dat gemeenskapskrag sterker is as staatsmag. Gee my byvoorbeeld eerder flukse leerlinge, ywerige onderwysers en betrokke ouers, en ek waarborg jou beter onderwys onder ’n boom as in ’n luukse staatskool waar mense

Niemand gaan ons bouplanne keerDeur Flip Buys

Foto

: isto

ckph

oto

.com

Page 21: Solidariteit nr3 van 2016 web

www.solidariteit.co.za21Issue 3 of 2016

nie wil werk nie. Vandaar ons Helpmekaar 2020-bouplan waarvolgens ons sélf ook verantwoordelikheid vir ons toekoms neem.

Dit is vanjaar die eerste jaar van ons vyfjaarplan van hoop. Hierdie plan voer ons uit deur die sterk selfhelporganisasies van die Solidariteit Beweging wat elkeen op sy eie gebied aan oplossings werk. Die doel is om groeiende selfstandigheid op elke gebied te bou sodat ons die maksimum sê het oor sake wat ons raak, en al minder van ’n verswakkende staat afhanklik sal kan wees.

Daarom is ons Helpmekaar 2020-plan ’n bouplan in die ware sin van die woord omdat ons daardeur ’n toekoms wil bou. Solidariteit is ’n Helpmekaar-organisasie waar lede mekaar help om “steen vir steen” aan ’n toekoms te bou. Daardeur wil ons hoop skep en die draers van hoop wees in ’n land waar almal oor die toekoms bekommerd is.

Enkele hoogtepunte van ons bouplan• Ons het reeds die Solidariteit Beweging met

350 000 lede en 18 selfhelporganisasies gebou.

• Ons beskerm duisende lede se werk en veg vir gelyke geleenthede vir almal.

• Ons het reeds ’n tegniese kollege gebou en bou dit steeds verder uit.

• Ons het ’n universiteit gebou, en gaan dit uitbou tot ’n Afrikaanse Harvard.

• Helpende Hand se Skoleondersteuning-sentrum help al meer as 500 skole om aan ons kinders se toekoms te bou.

• Die Helpende Hand-studiefonds word uitgebou totdat dit sterk genoeg sal wees om elke jongmens te help wat vanweë diskriminasie nie andersins studiehulp kan kry nie.

• AfriForum stig buurtwagte in elke dorp en

stad sodat mense veilig kan slaap, en stig takstrukture om te sorg vir sowel munisipale dienste wat werk as ’n skoon omgewing.

• Ons bou ons taal uit deur Maroela Media, Pretoria FM en ander gemeenskaps-radiostasies.

• Die FAK bou aan ons taal, kultuur, erfenis en geskiedenis.

• Ons bou ook aan goeie rasseverhoudings en verhoudings met alle ander organisasies.

• Ons bou aan ’n suksesvolle land, want ons is lief vir Suid-Afrika, al verskil ons met die regering.

Mense het my al gevra wie aan ons die toestemming gaan gee vir ons bouplanne, maar kom ons vra eerder: Wie gaan ons keer? Ons het mos nie toestemming nodig om wettige planne uit te voer wat niemand benadeel nie. Daarom sal ons eerder ná die tyd om erkenning vra as wat ons voor die tyd vir goedkeuring vra.

Volkseenheid deur volksveelheidMy antwoord oor die toekoms aan mense soos Japie van Zyl is dat ons die toekoms gaan hê wat ons self bou. Hoe meer, groter en hoër ons bou, hoe meer, groter en hoër gaan die vrye ruimtes wees wat ons as ’n toekoms vir ons kinders sal kan nalaat. Daarom gaan kulturele vryheid nie oornag bereik word nie, maar dit gaan groei saam met die groei van die instellings wat ons bou. Natuurlik gaan dit onbeskryflik moeilik wees, maar ek kies eerder die onsekerheid van die sukses van selfdoen, as die sekerheid van die mislukking van wat die ANC nou doen.

Ons strategie is een van “volkseenheid deur volksveelheid”, waar ons voorsiening maak vir mense se ondersteuning vir onderskeidelik individuele regte, groepsregte en gebiedsregte.

Al wat ons vra is die demokratiese ver-draagsaamheid om saam te werk met dít waar-mee jy saamstem, en om nie dít waarmee jy nie saamstem nie teen te staan nie.

Ons plan moet groter as die probleem wees en vinniger uitgevoer word as wat dinge in die land verswak.

Elkeen van ons het êrens in ’n kas ’n resep of twee wat van geslag tot geslag oorgelewer is, of dit nou ’n resep vir koeksisters, pannekoek of mieliepap is. Dit is beproefde resepte wat werk. Daarom sluit ek af met ’n beproefde resep wat ons van ons voorouers ontvang het oor hoe hulle krisisse oorkom en ’n beter toekoms gebou het. Dit is my opsomming van ons voorouers se historiese suksesresep:

SUKSESRESEP

Neem een groot krisis. Meng dit met leierskap en visie. Gooi ’n paar stewige “skudde” wilskrag by. Versterk die mengsel met kinderlike geloof.Vermenigvuldig dit met Helpmekaar-energie.Klits hope harde werk by. En ’n knypie broedertwis na smaak.Versoet met ’n groot skep saamstaan, en bak dit vir sowat ’n dekade lank in ’n groot bak vol volharding en vasbyt. Dit behoort genoeg te wees om vir die toekoms van ’n hele nuwe geslag te kan sorg. S

Page 22: Solidariteit nr3 van 2016 web

www.solidariteit.co.za22Uitgawe 3 van 2016

NUUSWAARDIG

Die Sterre in die Gemeenskap-toekennings is al vir die afgelope ses jaar ʼn hoogtepunt by die jaarlikse Solidariteit-kongres. Elkeen van die mense wat genomineer is

vir ʼn toekenning, word nie net as individu vereer nie, maar staan ook in die plek van die honderd ander mense wat soortgelyke onbaatsugtige dade vir hul gemeenskap verrig, maar waarvoor Solidariteit nie ʼn toekenning kon gee nie.

Die situasie by die Lily-myn in Mpumalanga het vanjaar groot opspraak verwek. Drie toekennings is onderskeidelik aan Theo Botha, Flip Storm en Maryka Stezak gemaak. Botha was ondergronds ten tye van die instorting en baie mense het hom geprys vir die kalm manier waarop hy leiding en hulp verleen het. Storm het lang ure op die myn deurgebring om die reddingspoging te lei en het selfs tydelik op die perseel gewoon sodat hy 24 uur per dag daar kan wees. Stezak het die kos voorsien aan die reddingswerkers en alle helpers betrokke, asook aan die familie van die vermistes.

Brigadier Max Berg, wat 42 jaar lojale diens aan die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) gelewer het, het ʼn Sterre in die Gemeenskap-toekenning ontvang vir sy jare lange bydrae om die veiligheid van Suid-

Afrikaanse landsburgers te verseker. Prof. Danie Goosen is ook met

‘n toekenning vereer. Hy is lid van verskeie akademiese verenigings, waaronder die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns die belangrikste is. As navorser fokus hy veral op die geskiedenis- en politieke-filosofiese vrae van die moderne en postmoderne wêreld. Goosen is vanaf 2004 die voorsitter van die direksie van die Federasie van Afrikaanse Kultuurverenigings. Goosen het vroeër ook as lid van die Alumni-raad

van die Universiteit van Pretoria gedien.Cornelius van Leeuwen, organiseerder

van Solidariteit se metaal- en ingenieursbedryf, ontvang ʼn Sterre in die Gemeenskap-toekenning vir sy onbaatsugtige toewyding aan Solidariteit-lede wat deur die sluiting van Highveld Steel in Witbank geraak is. Cornelius bekend as iemand wat dag en nag daar is om ander te help.

’n Toekenning is aan prof. J.C. (Jaap) Steyn oorhandig om erkenning te gee aan die veelsydigheid en gehalte van sy bydraes as Afrikaanse kultuurhistorikus. Prof. Steyn word as die voorste kenner van Afrikaanse taalgeskiedenis beskou en gedurende sy loopbaan, wat oor bykans 50 jaar strek, het hy ’n onmisbare bydrae gelewer tot onder meer die Afrikaanse letterkunde, taalwetenskap, taalsosiologie, joernalistiek, geskiedenis en kultuurgeskiedenis.

Laaste maar vir seker nie die minste nie het dr. Anne Taylor, ʼn pediater verbonde aan die Zuid-Afrikaans Hospitaal in Pretoria, ook ʼn Sterre in die Gemeenskap-toekenning ontvang vir haar onbaatsugtige toewyding aan haar pasiënte en hul ouers en familie. Dr. Taylor is daarvoor bekend dat sy die ekstra myl vir haar kinderpasiënte en hul ouers loop. S

Sterre in die Gemeenskap-toekennings

Gewone mense, buitengewone verskilSolidariteit het oudergewoonte, tydens ʼn glansgeleentheid by sy jaarlikse kongres in die middel van Mei, gewone mense bedank wat ʼn buitengewone bydrae in hul gemeenskap gemaak het deur te help bou aan ʼn beter toekoms, skryf CILLESTE VAN DYK.

DIENSKANTOOR VAN DIE JAARSolidariteit het ook tydens dié geleentheid sy Dienskantoor van die Jaar aangekondig. Die beste dienskantoor vir die jaar is Solidariteit se Welkom-kantoor wat uitstekend gevaar het met die uitbou van Solidariteit se strategiese doelwitte: ledegroei, ledediens, ledebehoud en besparing. Dié kantoor se bruto werwing het met 7% toegeneem. Dit het gepaard gegaan met die streek se groei van 12%. Die kantoor het daarin geslaag om lede-afval te stabiliseer en het ’n puntetotaal van 86% in hul ledetevredenheidsoudit ontvang.

Page 23: Solidariteit nr3 van 2016 web
Page 24: Solidariteit nr3 van 2016 web

www.solidariteit.co.za24Uitgawe 3 van 2016

NUUSWAARDIG

Die arbeidshof in Johannesburg het in April bevind die gebruik van ’n kwotastelsel in die werkplek is onwettig. Dié uitspraak is gelewer na aanleiding van Solidariteit

se hofsaak oor onbillike diskriminasie teen die Tshwane Munisipaliteit. Kragtens die hofuitspraak moet die munisipaliteit mnr. Jan Pretorius, ’n water-ouditbeampte, bevorder en terugwerkend vergoed.

Die hof het onder meer bevind dat die munisipaliteit onbuigsaam opgetree het toe hy Pretorius telkens vir bevordering oor die hoof gesien het. Die hof het voorts gesê die munisipaliteit se aanstellingsbeleid, waarvolgens daar suiwer op grond van ras en geslag teen Pretorius gediskrimineer is, kom op ’n kwotastelsel neer, wat strydig is met die Wet op Diensbillikheid.

Dr Dirk Hermann, bedryfshoof van Solidariteit, sê die hof het in sy uitspraak daarop gewys dat die munisipaliteit se aanstellingsbeleid slegs op syfers sonder enige meetbare doelwitte berus. “Dit kom dus neer op die subjektiewe uitsluiting van individue van die nie-aangewese groep. Die uitspraak maak dit egter duidelik dat staatsdepartemente sonder regstellendeaksieplanne nie agter beleidsdokumente sonder behoorlike regstelteikens en meetbare doelwitte kan skuil nie,” het Hermann verduidelik.

Hy meen die hofuitspraak is enig in sy soort, aangesien dit die eerste keer is dat die hof bevind het daar is onbillik teen ʼn

wit man gediskrimineer deur middel van ʼn kwotastelsel. “Die hof het bevind dit is onwettig om poste net aan die hand van die nasionale rassedemografie te vul óf selfs vakant te laat ten koste van geskikte wit mans. Voorts het die hof bevind dat die munisipaliteit geen regsgronde gehad het om ʼn toepaslik gekwalifiseerde kandidaat uit die onderhoudproses te laat nie. Boonop het hulle ook nie in ag geneem dat die pos ʼn skaars vaardigheid vereis nie.”

Hermann het bygevoeg alle werkgewers word kragtens die uitspraak gedwing om voortaan ʼn genuanseerde benadering tot regstellende aksie te volg. “Die uitspraak het weereens bevestig dat numeriese teikens in regstelplanne of beleidsdokumente ʼn verskeidenheid faktore in ag moet neem. Hierdie uitspraak skep dus die nodige regsgronde vir toekomstige sake oor gevalle waarin daar op grond van kwotas onbillik teen individue van die nie-aangewese groep gediskrimineer word.”

Kragtens die hofbevel moes Pretorius op 1 Mei 2016 amptelik in die pos as voorman van ambagte, wat tans steeds vakant is, aangestel word. Die munisipaliteit moet ook terugwerkende vergoeding aan Pretorius betaal. Die vergoeding behels die verskil tussen sy huidige salaris en die salaris wat hy as voorman van ambagte gedurende die tydperk 8 Oktober 2013 tot 30 April 2016 sou verdien het.

Pretorius het kort ná die uitspraak sy dankbaarheid teenoor Solidariteit betuig. “Solidariteit het vir my geweldig baie

beteken gedurende die drie jaar wat hulle my saak hanteer het. Dit was vir my ʼn baie spanningsvolle tyd, soveel so dat my huis skade gely het. Solidariteit het egter vir my die nodige gemoedsrus gegee en ek het aanhou glo dat reg en geregtigheid sal geskied – en dit het ook.”

Wat gebeur hetPretorius, wat sedert 1999 vir die departement van water en sanitasie werk, is in Augustus 2012, en weer in Julie 2013, weens sy velkleur oor die hoof gesien toe hy vir die pos voorman: ambagte aansoek gedoen het. Dit is ten spyte van die feit dat hy deur ʼn paneel as die mees geskikte kandidaat vir die posisie aangewys is. Die munisipaliteit het boonop nie in hierdie tyd oor ’n goedgekeurde regstellendeaksieplan beskik nie.

Die pos waarvoor Pretorius aanvanklik in 2012 aansoek gedoen het, is weer in Julie 2013 geadverteer. Hy het vir ʼn tweede keer aansoek gedoen vir die pos, maar is hierdie keer nie vir ʼn onderhoud genooi nie en is ook nie op die kortlys geplaas nie. Nadat Pretorius ʼn grief hieroor by die munisipaliteit ingedien het, is hy in Oktober 2013 in kennis gestel dat geen wit persone vir die posisie oorweeg mag word nie.

Die Tshwane Munisipaliteit het in Mei 2013 ’n regstellendeaksieplan, terugwerkend vir die tydperk van 1 Julie 2012 tot 30 Junie 2017, aanvaar. Pretorius is glo op grond van hierdie plan nie in die pos waarvoor hy aansoek gedoen het, aangestel nie. Die plan bevat ʼn resolusie wat bepaal dat geen wit persoon in die genoemde posisie aangestel mag word nie. S

Kwotas kry bloedneus in arbeidshofDeur Inge Strydom

Foto

: isto

ckph

oto

.com

Page 25: Solidariteit nr3 van 2016 web

www.solidariteit.co.za25Issue 3 of 2016

NUUSWAARDIG

Solidariteit Helpende Hand se Studiefondssentrum (voorheen bekend as die Afrikaanse Beursinstituut) is in 2003 gestig om die behoefte van Solidariteit-lede en hul kinders aan

finansiële hulp vir tersiêre opleiding te help bevredig.

Solidariteit Helpende Hand bestee jaarliks miljoene rande om verdienstelike studente, wat andersins nie sou kon studeer nie, te help. Indien jy nog nie ’n lid van Solidariteit of ’n ondersteuner van Helpende Hand is nie, kan jy nou aansluit om ook in aanmerking te kom vir ’n rentevrye studielening.

Die Helpende Hand Studiefondssentrum het verlede jaar aan 1 430 studente die geleentheid gebied om te kan studeer. Die Studiefondssentrum het ongeveer R62 miljoen rentevry aan studente geleen.

Deur aan studente rentevrye studielenings te bied, gun dit daardie studente die geleentheid om te studeer en eers aan die einde van hul studies slegs die kapitaal wat geleen is, terug te betaal. Die Studiefondssentrum bestaan uit 162 unieke studiefondse wat elk aan studente die geleentheid bied om hul studies aan tersiêre instellings voort te sit.

Die idee agter die rentevrye studielenings is om ’n stelsel te ontwikkel waar ’n vorige student die volgende student weer op sy beurt help wanneer hy sy lening terugbetaal. Deur op so ’n manier kapitaal terug te ploeg, word ’n volhoubare sisteem daargestel wat deurgaans in die ontwikkeling van jongmense belê. Boonop bied dit aan studente ’n lening wat nie die hele tyd toeneem as gevolg van rente nie.

Die Studiefondssentrum beoog om binne die volgende paar jaar meer as R100 miljoen aan studente te leen, om sodoende aan hul toekoms te help bou. Die Studiefondssentrum is net nog ’n selfdoeninstelling waarmee die Solidariteit Beweging help om ’n vry, veilige en voorspoedige toekoms vir jou en jou kinders te verseker.• Kontak die Helpende Hand Studiefonds-

sentrum by tel: 012 644 4428 of stuur e-pos na [email protected] S

Studiefonds help talle om toekoms te bouDeur Francois Redelinghuys

Studiefondssentrumwww.studiefonds.co.za’n Inisiatief van Solidariteit Helpende Hand

SolidariteitHelpende Hand

®

sal binne die volgende paar jaar aan studente geleen word in die vorm van rentevrye studielenings.

Foto

: isto

ckph

oto

.com

Page 26: Solidariteit nr3 van 2016 web

www.solidariteit.co.za26Uitgawe 3 van 2016

NUUSWAARDIG

Een van die maatstawwe van gesag-hebbendheid onder universiteite is skenkings wat bekende skrywers, digters en dies meer van hul persoonlike versamelings aan dié instansies maak.

Akademia het hierdie mylpaal in Mei vanjaar bereik toe dr Daniel Hugo, ’n vooraanstaande digter, skrywer, letterkundige en radioman sy persoonlike literêre dokumente tydens ’n spesiale dinee aan Akademia geskenk het.

Dié versameling dek Hugo se betrokkenheid in die Afrikaanse literêre wêreld sedert die 1980’s. Dit bestaan onder meer uit privaat korrespondensie met Afrikaanse en Nederlandse skrywers wat oor dekades strek, manuskripte van Hugo en ander se werk, resensies, artikels, rubrieke, keurderverslae vir uitgewers, foto’s, skaars boeke, tydskrifte en klankopnames.

Piet le Roux, akademiese hoof van Akademia, sê Akademia spring met die ontvangs van dié versameling tot binne-in die Afrikaanse literêre wêreld. “Akademia wil ’n tuiste wees vir groot prestasies en groot denke uit die Afrikaanse taalwêreld, sodat opkomende geslagte op die skouers daarvan die geleentheid gebied word

om verdere bydraes tot ontwikkeling in en deur Afrikaans te kan maak,” sê Le Roux.

In die lig van Hugo se doen en late oor dekades heen, spreek die betekenisvolheid van hierdie versameling vanself. Hy het onlangs die Van Ewijck-prestasiebeurs vir die vertaling binne vyf jaar van 50 Nederlandse en Vlaamse boeke in Afrikaans ontvang. Ander toekennings sluit in ’n vertaalprys in 2014 deur die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns. Hy is die skrywer van 15 digbundels en is deur die dekades meermale vir sy radiowerk bekroon.

Hugo sê dat hy met dié skenking sy vertroue in Akademia as Afrikaanse hoëronderriginstelling betuig. “Ek bemaak dit aan Akademia omdat hulle in moedertaalonderwys ook op tersiêre vlak glo. As professionele mense soos onderwysers, prokureurs, predikante, mediese dokters, ingenieurs, akteurs, vertalers, joernaliste en omroepers nie meer in Afrikaans opgelei word nie, verloor die taal sy hoër funksies en kan dit nie meer as ’n volwaardige kultuurtaal gereken word nie. Dan sal dít wat oor ’n tydperk van honderd jaar opgebou is binne een generasie verdwyn. Afrikaans sal weer die status van straat- en kombuistaal kry, terwyl dit nou

’n hoogs gesofistikeerde wetenskap- en literêre taal is.”

Le Roux het tydens die geleentheid bekend gemaak dat Akademia beoog om sy reeks versamelings mettertyd uit te brei. “In soverre dit binne ons vermoë is, sal ons graag méér sulke betekenisvolle versamelings wil huisves. Ons tree graag met belangstellende skrywers en ander kunstenaars hieroor in gesprek. Tog spreek ons terselfdertyd die hoop uit dat ander tradisioneel Afrikaanse hoëronderwys- en kultuurinstellings hierdie taak saam met ons sal bly verrig,” het hy gesê.

“Mag dit só wees dat Akademia en andere in die Afrikaanse gemeenskap versamelings soos dr Daniel Hugo s’n bewaar. Nie uit liefde nie – en watter twyfelagtige vriende is diegene by wie dit nie verder as gereelde liefdesverklarings vir die taal strek nie – maar uit wysheid. Wysheid: die besef dat ’n gemeenskap geestelike aanknopingspunte in elke tydvak nodig het wat ons situasie, ons kennis en ons uitdagings kontekstualiseer en wat ons help om ons posisie in die wêreld te verstaan sodat ons ’n tuiste kan hê en op intellektuele reise kan gaan.” S

Afrikaans: nie uit liefde nie, maar uit wysheid

Dr Daniel Hugo, ’n vooraanstaande digter, skrywer, letterkundige en radioman, oorhandig sy persoonlike literêre dokumente tydens ’n spesiale dinee aan Akademia se akademiese hoof, Piet le Roux.

Page 27: Solidariteit nr3 van 2016 web

www.solidariteit.co.za27Issue 3 of 2016

Page 28: Solidariteit nr3 van 2016 web

www.solidariteit.co.za28Uitgawe 3 van 2016

Nuus oor al die bedrywe waarin die vakbond Solidariteit funksioneer asook kwessies wat jou in die wêreld van werk regstreeks raak.Bedryfsnuus

Nagenoeg 60 000 werknemers in verskeie bedrywe oor die land heen se poste was die afgelope jaar weens grootskaalse afleggingsprosesse in die gedrang.

Dít is volgens nuwe syfers wat Solidariteit in April bekendgemaak het.

Solidariteit het bevind dat werknemers in die mynboubedryf die swaarste getref word met 36 maatskappye wat die afgelope jaar met afleggings besig is en 29 261 werknemers in die bedryf wat afleggings in die gesig staar. Die informasie- en kommunikasietegnologiebedryf word die tweede swaarste getref, met 8 141 werknemers by ses maatskappye wat deur afleggings geraak is.

Daarbenewens het 24 maatskappye in die metaal- en ingenieursbedryf sedert April 2015 afleggingsprosesse aangekondig wat nagenoeg 7 918 werknemers geraak het, terwyl ses maatskappye en 835 werknemers in die chemiese bedryf deur afleggings geraak is.

Gideon du Plessis, hoofsekretaris van Solidariteit, het tydens die konferensie gesê dat die aantal werkers wat uiteindelik afgelê word, ’n druppel aan die emmer is in vergelyking met die aantal werkgeleenthede wat ná afloop van ’n formele afleggingsproses verlore gaan.

“In die mynbousektor word daar byvoorbeeld 1,7 werkgeleenthede vir elke permanente aanstelling geskep. Dus beteken dit dat 1,7 poste verlore gaan wanneer ’n persoon afgelê word. Die situasie in die vervaardigingsektor is egter veel erger aangesien vier eksterne poste – insluitend by diensverskaffers, kontrakteurs en ondersteuningsdienste – verlore gaan vir elke permanente pos wat afgeskaf word.

“Die toename in werknemers wat vrywillige pakkette aanvaar, neem boonop drasties toe aangesien baie werknemers ’n versadigingspunt bereik het te midde van die onsekerheid waarin hulle moet werk,” sê Du Plessis.

Dr Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, het gewaarsku dat Suid-Afrika midde-in ’n bykans perfekte storm is wat poste vernietig. Daar is boonop nog geen teken dat dit gaan opklaar nie.

“Die groot faktore wat die storm voed, sluit in onstabiele globale toestande, Chinese oorskotte, swakker plaaslike groeivooruitsigte,

die veranderde struktuur van die arbeidsmark en swak kommoditeitspryse. Wat verder daartoe bydra is die politieke onsekerheid wat deur die Nene-debakel en politieke uitsprake veroorsaak is, asook sistemiese korrupsie en beleggersvertroue wat verswak. Om alles te kroon, is nuwe bemagtigingskodes in die reeds beleërde mynbedryf eensydig afgekondig met totaal onrealistiese teikens,” sê Hermann.

Hermann voeg by dat die enkele grootste ingryp van die regering in só ’n krisis is om ’n klimaat vir beleggers- en sakevertroue te skep. “Suid-Afrika se dilemma is dat pres. Jacob Zuma self ’n simbool van ’n gebrek aan vertroue geword het. Dit maak dit bykans onmoontlik vir die regering om die enkele belangrikste ding te doen om die storm te kalmeer, naamlik om vertroue te skep,” sê Hermann.

Solidariteit se afleggingsnoodplanSolidariteit het ’n afleggingsnoodplan geïmplementeer om lede by te staan wat

deur afleggings geraak word. Met dié plan poog Solidariteit enersyds om afleggings te verhinder en andersyds om toe te sien dat maatskappye wat werknemers aflê die regte prosedure ingevolge artikel 189 van die Wet op Arbeidsverhoudinge, 1995 (Wet No 66 van 1995) tydens afleggingsprosesse volg.

Daarby bied Solidariteit aan sy lede finansiële en emosionele hulp tydens afleggingsprosesse en onderhandel hy met werkgewers om ander alternatiewe naas afleggings te probeer vind. Dit behels byvoorbeeld om werknemers wat afgelê is elders in die maatskappy te akkommodeer. Solidariteit probeer ook waar moontlik om sy lede wat afgelê word met ander potensiële werkgewers in verbinding te bring. • Solidariteit se syfers is op berigte en afleggings-

kennisgewings gebaseer wat sedert April 2015 deur maatskappye uitgereik is waar die vakbond lede verteenwoordig. Die meeste van die prosesse wat hierbo genoem word, is nog onderweg, terwyl van die prosesse reeds afgehandel is. S

Afleggingsbloedbad

60 000 poste die afgelope jaar in gedrang“Suid-Afrika is midde-in ’n bykans perfekte storm wat poste vernietig. Daar is boonop nog geen teken dat dit gaan opklaar nie.”

Foto

: isto

ckph

oto

.com

Page 29: Solidariteit nr3 van 2016 web

BEDRYFSNUUS

Die Netcare-hospitaalgroep het in ʼn onlangse skrywe aan die vakbond Solidariteit bekendgemaak dat hy met ʼn grootskaalse sentraliserings-proses in sy kredietkontrole-afdeling

sal begin. Die maatskappy het aangedui dat die sentralisering in verskeie fases geïmplementeer sal word. Daar word beoog om die projek teen Junie 2017 te finaliseer. Gedurende die eerste fase sal die kredietbeheerafdelings van ses Netcare-hospi-tale, naamlik Netcare Garden City, Pretoria-Oos, Olivedale, Pinehaven, Rosebank en Waterfall City na die gespesifiseerde area in Gauteng verskuif word. Aangesien die proses nog in die beginsta- dium is, is dit nog nie duidelik hoeveel werknemers deur die sentralisering geraak word nie.

Johan Botha, adjunkhoofsekretaris van die professionele bedryf by Solidariteit, sê Netcare het in die skrywe aan vakbonde onder meer die heersende ekonomiese klimaat as rede vir die sentralisering aangevoer. “Die maatskappy het voorts aangedui dat hy sy administratiewe en ondersteuningspersoneelstruktuur wil hersien

om sodoende die duplisering van funksies uit te skakel. Dit sluit onder meer die moontlikheid van die uitbesteding van nie-kernfunksies in. Daarby het die maatskappy aangedui dat hy die aanstelling van nie-verpleegposisies onder die C3-band vir tyd en wyl wil vries,” sê Botha.

Volgens Botha volg die jongste sentralise- ringsplanne kort op die hakke van die onlangse sentralisering van Netcare se drie ondersteu- ningskantore in Aucklandpark, Centurion en Sandton na een kantoor.

“Solidariteit en drie ander vakbonde, Hospersa, Denosa en Nehawu, het reeds eenparig besluit dat hulle die jongste sentraliseringsproses sal teenstaan. As vakbond is ons veral bekommerd dat die sen-tralisering van die kredietkontrole-afdeling later ook na ander afdelings sal oorspoel,” het Botha gesê.

Botha sê dit blyk egter uit Netcare se jongste halfjaarresultate dat die maatskappy nie in ʼn geld-knyp verkeer nie. “Daarom sal ons dit tydens die onderhandelings ons eerste prioriteit maak om te verhinder dat enige van ons lede afgelê word,” het Botha gesê. S

Netcare kondig sentraliseringsproses aan

Foto

: isto

ckph

oto

.com

Page 30: Solidariteit nr3 van 2016 web

www.solidariteit.co.za30Uitgawe 3 van 2016

INDUSTRY NEWS

The Lily Mine’s business rescue practitioner informed workers at the mine that they may begin to apply for voluntary severance packages due to operational

reasons and a lack of funding.According to Gideon du Plessis, Solidarity’s

General Secretary, the necessary funding to pay the workers’ salaries for April and May, or any of their outstanding overtime and allowances, has not yet been secured. “The result is that the workers applying for voluntary packages do so on condition that they will only receive their outstanding salaries once the necessary funding has been obtained. However, the payment of the retrenchment package might only take place in a year’s time when the mine is back in production,” Du Plessis explained.

“The uncertainty, frustration and grave financial hardship have contributed to the fact that many workers are now applying for voluntary severance packages in order to get access to unemployment allowances and their pension money,” Du Plessis said.

According to Du Plessis, this is the only way that the workers can get some certainty about their future. “Ever since the mining accident on 5 February this year, workers had to listen to the false promises made by management and politicians, none of which realised. This is especially true of the top management of Lily Mine, who created false hope, while Solidarity Helping Hand had to supply food parcels to the workers so that they could survive,” Du Plessis said.

Previously, Solidarity said that although the main priority and focus of the Lily Mine’s business rescue practitioners and management should be to find the bodies of the three missing miners, it is also as important to provide job security to hundreds of miners who stand to lose their jobs if an alternative stream of revenue or financing cannot be found.

“Despite the understanding that the bodies have to be found to give the families and the community the opportunity to say goodbye to Yvonne Mnisi, Pretty Mabuza and Solomon Nyarenda in a dignified way, 650 workers and 250 contractors are facing a retrenchment process,” Du Plessis added.

According to Du Plessis, the retrenchment process can be averted if funding can be found for three major projects. “The neighbouring Barbrook Mine, part of the same group that owns the Lily Mine, submitted an application

to the Industrial Development Corporation (IDC) for further development at the Barbrook Mine, thereby increasing gold production, which would offer 200 job opportunities to workers of the Lily Mine,” he said.

“The Lily Mine has recently also submitted a second funding application to the IDC to sink a shaft to gain access to the shipping container in which the missing employees are believed to be trapped. This process will create a further 200 job opportunities for the Lily Mine’s employees,” he added.

According to Du Plessis, the ideal would also be to obtain additional funding so that the rest of the other 250 workers may be utilised to resume production in the safe section of the Lily Mine. “In this way, the mine will once again be able to generate an income to pay salaries and to limit borrowing to a bare minimum.”

“Solidarity has called on the IDC and Government to appropriate the necessary funds to finance these three projects. In addition to the three bodies still to be found, the Job Savings 10-point plan signed in August last year

by all stakeholders in the mining industry, on the one hand to prevent retrenchments in the mining sector and on the other hand to create jobs as well, must also be complied with,” Du Plessis warned.

According to him, the consequences of the mining accident will be even more tragic if the 900 workers, each with an average of six to ten dependents, are plunged into poverty due to layoffs. “If everything now comes to a halt so that exclusive funding could be found to recover the bodies, and no further funding and support is available to create an alternative flow of income and to protect jobs, 650 permanent employees and about 250 contractors will lose their jobs,” Du Plessis said.

He furthermore said that the investigation into the mining accident should also commence immediately so that mining production will not be delayed at a later stage when the bodies have been found. “Meanwhile, 650 workers are waiting in suspense to hear whether or not they will be paid their salaries,” Du Plessis concluded. S

Lily-miners: No salary payment in sight yetBy Francois Redelinghuys

pho

tog

Raph

s: g

iDeo

n D

u p

less

is

Page 31: Solidariteit nr3 van 2016 web

Issue 3 of 2016 www.solidariteit.co.za31www.solidariteit.co.za • ISSUE 4 OF 2014 37

BEDRYFSNUUS

olidariteit het onlangsná drie rondesonderhandelings byonderskeidelikMediclinic Paarl en

Mediclinic Emfuleni ’n loonoor -eenkoms van tussen 7,1 en 7,5%vir sy lede daar bereik. Solidariteitverteenwoordig 122 lede byMediclinic Paarl en 116 lede byMediclinic Emfuleni. Die oor -eenkoms, wat vroeg in Julie bereikis, behels die volgende:• ’n Gemiddelde verhoging van

7,5% vir verpleegpersoneel.• ’n Gemiddelde verhoging van 7,1% vir administratiewe personeel.• ’n Verhoging van 9,4% vir die aankoop van uniforms. Die nuwe

toelaag is R1 630 om sodoende ook vir die aankoop van skoenevoorsiening te maak.

• Die werkgewer se mediesefondsbydrae het met 9% verhoog, watreeds geïmplementeer is.

• ’n Totaal van 12 studieverlofdae (18 skofte) sal toegestaan wordaan werknemers wat deeltyds studeer om voor te berei vireksamens, take of projekte.

• Verskeie forums is gestig waar lede se besware en enige anderkwessies bespreek kan word. S

Gesonde verhogingby Mediclinic beding

SDeur Inge Strydom

Werkplekforum by ATNS eerste van soortie bestuur van Air Travel andNavigation Systems (ATNS) hetonlangs ingewillig om ’n werkplek -

forum vir werknemers by die maatskappy testig. Die doel van die forum is om werkne -mers ’n stem in die werkplek te bied engroter deursigtigheid rakende werkaange -leenthede en werkkwessies te verseker.

Volgens Derek Mans, organiseerder indie lugvaartbedryf by Solidariteit, is die forum anders as normalewerkgewer- en vakbondkomitees.“Die doel van die forum is omdie werkgewer te dwing om beleide en praktyke te oorweeg inoorleg met die forumlede, waarvan Solidariteit een is. Waarbeleide, soos dié oor diensbillikheid, in die verlede bloot deur diebestuur van die maatskappy geïmplementeer is, mag Solidariteitnou insae daarin hê voordat dit in werking tree.”

Die forum, waaroor daar in Junie 2014 ooreengekom is, salnasionaal by al die takke van die maatskappy ingestel word.Solidariteit verteenwoordig meer as 1 000 werknemers by diemaatskappy. S

D

FOTO

’S: IS

TOC

KPH

OTO

.CO

M

2014 Uitgawe4 p27-50:Layout 1 8/7/14 4:18 PM Page 37

INDUSTRY NEWS

Proposed Mining Charter sends shock waves through industry

By Inge Strydom

A new proposed Mining Charter on black economic empowerment (BEE), which was unilaterally published in the Government Gazette in April, sent shock waves through the mining industry. Solidarity believes the proposed Charter could have devastating consequences for the already ailing industry.

Gideon du Plessis, Solidarity’s General Secretary, believes that the timing of the new proposed Charter is most worrying in the wake of the retrenchment bloodbath that currently prevails in the mining industry. “The Department of Mineral Resources (DMR) is attempting to enforce the Charter while trade unions and other players struggle to save thousands of jobs in the industry. The DMR should rather now make an effort to create a more favourable investment environment than trying to push through a draft Charter that will have the opposite effect,” Du Plessis said.

Du Plessis said that the provision in the new Charter in terms of which proposed black representation levels have to be as high as 88% is extremely inflexible and unrealistic. “Although the principle of empowerment is understandable, those unrealistic targets would in reality be to the detriment of the entire mining industry. Moreover, companies would have to poach employees and managers from each other as the demand for skilled workers exceeds what the training system can produce.”

Solidarity is of the opinion that the provision in the Charter in terms of which mines may lose their mining licences if they not adhere to the Charter, is of particular concern. “The mines are already locked in a struggle for survival,” Du Plessis said. “The fact that they now risk losing their mining licences due to non-compliance with the Charter will mean that international and local investors will no longer fund capital projects. Mines will be reluctant to embark on any new development and exploration projects. This will prevent the creation of new jobs, whereas existing jobs could be lost.”

He furthermore warned that the Charter in its present form creates the potential for numerous court actions due to unconstitutional, illegal and unfair clauses. “The only sensible way forward is that the Charter, as in the case of the previous Charter, should be rewritten through comprehensive consultations between stakeholders in order to avoid litigation. The DMR invited Solidarity to share its concerns regarding the proposed Charter with the department as soon as possible. Solidarity has accepted this offer and is busy finalising its presentation to the DMR in this regard,” Du Plessis added.

The amended Mining Charter was also met with dismay by several other role-players in the mining industry. Neal Froneman, CEO of SA’s biggest gold-mining company, Sibanye Gold, for example criticised the department openly for not consulting with the industry before releasing the draft.

Key elements of proposed Mining Charter• Stakeholders must achieve a minimum target of 26% ownership per

mining right to enable meaningful economic participation of black people, taking into account the provisions of section 37(2) of the Companies Act, 2008 (Act No 71 of 2008);

• A mining rights holder must procure a minimum of 60% locally-manu-factured capital goods from BEE-compliant manufacturing companies, 70% of locally-manufactured consumables from BEE-compliant manufacturing companies, and a minimum of 80% services from BEE-compliant and locally based companies;

• Every mining company must consist of a minimum of 60% black employees in senior management positions, 75% in middle management and 88% in junior management positions. S

Page 32: Solidariteit nr3 van 2016 web

www.solidariteit.co.za32Uitgawe 3 van 2016

BEDRYFSNUUS

Die goudreus Sibanye Gold het in April vanjaar ’n vredesooreenkoms met die Association of Mineworkers and Construction Union (Amcu)

gesluit in ’n poging om ’n dreigende staking af te weer. Hoewel dié ooreenkoms bykomende vergoeding van slegs R25 per maand vir werknemers in posvlakke 4 tot 8 behels, het Solidariteit en ander vakbonde hierdie besluit deur Sibanye Gold skerp gekritiseer.

Amcu het op 8 April ’n 48 uur-stakingskennisgewing aan Sibanye Gold oorhandig nadat die maatskappy aanvanklik nie gehoor wou gee aan die vakbond se eis vir hoër lone vir sy lede nie. Sibanye Gold, wat tot Amcu se eise ingestem het, het met dié stap sy woord verbreek aangesien hy tydens verlede jaar se ooreenkoms met Solidariteit, die National Union of Mineworkers (NUM) en UASA dié vakbonde verseker het dat hy geen verdere onderhandelings en toegewings aan Amcu sal maak word nie.

Gideon du Plessis, hoofsekretaris van Solidariteit, het ná die bereiking van die vredesooreenkoms gewaarsku dat Sibanye Gold ’n gevaarlike presedent skep. “Die bereiking van die ooreenkoms het aanvanklik die indruk geskep dat militante vakbonde soos Amcu deur middel van geweld en intimidasie hul sin kan kry. Die besluit kan ook moontlik negatiewe gevolge vir Sibanye Gold by ander onderhandelings inhou, soos die opkomende platinumloononderhandelings,” het Du Plessis gewaarsku.

Die NUM het ook sy misnoeë oor die

vredesooreenkoms tussen Amcu en Sibanye Gold laat hoor. Livhuwani Mammburu, die NUM se woordvoerder, het vroeër gesê dat hul lede “woedend” is oor die ooreenkoms. “Die vredesooreenkoms tussen Amcu en Sibanye Gold ondermyn die ooreenkoms wat die maatskappy verlede jaar met ons, Solidariteit en UASA bereik het,” het Mammburu aan Mineweb gesê. Hy het bygevoeg dat hulle die kwessie verder met die Kamer van Mynwese sou opneem.

Nadat Solidariteit samesprekings met die bestuur van Sibanye Gold gevoer het, is die vredesooreenkom egter op 18 April ook na vaardige werkers uitgebrei, waarvan heelwat lede van Solidariteit is. Kragtens dié ooreenkoms kwalifiseer werknemers op die vlak van myner, ambagsman en amptenaar nou ook vir die bykomende vergoeding van R25 per maand, terugwerkend tot en met Julie 2015.

Du Plessis meen dat die toegewing deur die bestuur van Sibanye Gold ’n oorwinning is vir kollektiewe bedinging. “Die gesprekke tussen Solidariteit en Sibanye Gold is ’n bewys dat vreedsame en konstruktiewe gesprekke rondom die onderhandelingstafel – eerder as geweld en dreigemente – op ’n gunstige ooreenkoms kan uitloop,” sê Du Plessis.

Du Plessis het voorts ’n beroep gedoen op alle partye in die kollektiewe goudbedingingstrukture om hard aan die verhouding te werk sodat vertroue tussen die partye herstel kan word. “Die volhoubaarheid en stabiliteit van die mynbedryf behoort nou almal se prioriteit te wees,” sê Du Plessis. S

Lede vind baat by vrede tussen Sibanye Gold, Amcu

Deur Inge Strydom

Minimum loon hou groot werkverlies in

’n Verslag van die Universiteit van Kaapstad voorspel dat minstens 1,6 miljoen werkers moontlik hul

werk weens die komende voorgestelde minimum loon kan verloor.

Volgens die verslag sal werkloosheid steeds ’n werklikheid wees selfs al word die minimum loon op die laagste kerf van R1 492 per maand ingestel. ’n Tweede omstrede verslag wat deur die departement van arbeid opgestel is, toon dat ’n minimum loon van R2 447 per maand sowat 100 000 tot 450 000 mense hul werk sal kos.

Die verslag deur die Universiteit van Kaapstad skets egter ’n baie meer verdoemende prentjie oor die voorgestelde minimum loon en die invloed wat dit moontlik op die ekonomie kan hê.

Steel production falls to 539 000 tonnes in April

Steel production in South Africa has fallen to 539 000 tonnes for the month of April – a 7,18% decline

from the total production a year ago.In the first four months of 2016, steel

production in South African was down 14,2% on a year to year basis.

It has been reported that this poor demand was in part due to Government’s multibillion rand infrastructure investment plans that failed to gain traction, as investment in steel-intensive railway corridors – such as links to Swaziland and the Waterberg coalfields – remains in a planning phase and never develops into projects.

The struggling steel industry has been rocked further in 2016 by the closure of Highveld Steel in Witbank, one of South Africa’s largest steel manufacturers. S

Foto

’s: ist

ock

pho

to.co

m

Page 33: Solidariteit nr3 van 2016 web
Page 34: Solidariteit nr3 van 2016 web

www.solidariteit.co.za34Uitgawe 3 van 2016

The quarterly Solidarity-ETM Labour Market Index (LMI) indicates that job and wage security in South Africa has dropped sharply in the first quarter of 2016 to its lowest

level since 2009.The LMI, an index of employee confidence,

labour affordability and the ETM Business Cycle Index, dropped sharply from a downwardly re-vised 44,6 in the fourth quarter of 2015 to 38,6 in the first quarter of 2016 – a new low since the 2008/2009 financial crisis. In terms of the LMI, 50 is the break-even level between rising and falling job and wage security.

According to Gerhard van Onselen, eco-nomic researcher at the Solidarity Research Institute (SRI), the decline in the index is an

indication of a deteriorating labour environment with slow wage growth, weak net employment and retrenchments in most sectors.

“Given the weakening of the index, the latest weak labour market figures released by Statistics South Africa this week did not come as a surprise,” Van Onselen said.

Van Onselen added that the lower levels of job and wage security in the first quarter of 2016 could probably be attributed to the sharp depreciation of the rand from December to February, the looming threat of a credit rating downgrade and major political scandals within the context of weak growth, rising costs and overall uncertainty in the business sector.

“Although the first quarter ended slightly better with the rand having recovered some-

what and the Constitutional Court judgment against President Zuma, it seems that the struggling labour market will be suffering from difficult economic conditions for a long time to come,” Van Onselen added.

Please note: The index forms part of the latest edition of the South African Labour Market Report. In this edition, other topics under scrutiny include the actual number of tax payers, macroeconomic frameworks after 1994, how to create real economic prosperity and the local elections of 2016. To view the Labour Market Index and Report visit https://solidariteit.co.za/wp-content/uploads/2016/05/Solidarity-ETM-SA-Labour-Market-Report-2016Q2_Eng.pdf.• Compiled in collaboration with ETM Analytics. S

Labour market reeling in first quarter By Inge Strydom

INDUSTRY NEWS

pho

tog

Raph

: isto

ckph

oto

.com

Job and wage security in South Africa has dropped

sharplyinthefirstquarterof2016 to its lowest level since

Page 35: Solidariteit nr3 van 2016 web

BEDRYFSNUUS

Hoewel pres. Jacob Zuma spreek-woordelik in tamatiestraat is, sal sy onlangse verleentheid ná aanleiding van die uitspraak in die Konstitusionele Hof nie die finale

spyker in die ANC se doodskis wees nie.Dít is die mening van dr. Llewellyn Curlewis

wat in April as spreker by die Vereniging van Regslui vir Afrikaans (VRA) se blitsseminaar oor die veelbesproke Nkandla-uitspraak opgetree het. Curlewis, president van die Prokureursorde van die Noordelike Provinsies, het by die geleentheid verder gesê indien die bewoording van die ampseed van die president nagegaan word, het Zuma sy ampseed versuim, hoewel die hofuitspraak dit nie uitdruklik gestel het nie.

Volgens Curlewis is die vraag of die Suid-Afrikaanse howe bevoeg is om die geldigheid

te bevraagteken van onbillike of immorele optrede van veral politici wat oor enorme mag beskik, met reg reeds voor die uitspraak van die Konstitusionele Hof se beslissing geopper.

Prof. Koos Malan, hoofleraar in staatsreg aan die Universiteit van Pretoria en ook ʼn spreker by die beraad, het uitgevaar teen die Nasionale Vergadering se rol in die Nkandla-debakel. Volgens Malan was die Nasionale Vergadering besonder skreiend in die bystand wat dit aan die president verleen het om aanspreeklikheid vry te spring om enige geld wat onregmatig aan die president se privaat woning bestee is, terug te betaal.

“Die feit dat die Nasionale Vergadering ʼn ad hoc-komitee aangestel het om die openbare beskermer (OB) se bevinding te oorweeg en toe op aanbeveling van die komitee bevind

het dat die president nie aanspreeklik was nie, beteken dat die Nasionale Vergadering in werklikheid vir homself die bevoegdhede van ʼn geregshof aangematig het.

“In die lig van die feit dat die parlement self oor regsadviseurs beskik, wat hom oor regs- en grondwetlike kwessies van raad moet bedien, is dié optrede nie net ʼn klad op die Nasionale Vergadering se naam nie, maar werp dit ook ʼn donker skadu oor die gehalte van die regsadvies waarop hy hom verlaat,” het Malan verduidelik.

Malan het bygevoeg dit is egter van groot belang om te begryp dat die uitspraak nouliks enige uitwerking kan hê op die ernstige toestand van swak regering, plundering van die staatskas en korrupsie wat die land in toenemende mate teister. S

Nkandla-hofuitspraak nie oplossing vir korrupsieDeur Francois Redelinghuys

Page 36: Solidariteit nr3 van 2016 web

www.solidariteit.co.za36Uitgawe 3 van 2016

BEDRYFSNUUS

Op 13 Mei 2016 het die hooggeregshof in Suid-Gauteng ’n waterskeidingsuitspraak in die grootste klasgeding in Suid-Afrika se regsgeskiedenis

gelewer: Die hof het die klasaksie van silikose- en tuberkuloselyers erken wat hierdie siektes sedert 12 Maart 1965 in werkverband by spesifieke goudmyne opgedoen het.

Silikose is ’n ongeneeslike en onomkeerbare siekte wat opgedoen word wanneer mens aan silikastofdeeltjies blootgestel word wat in die atmosfeer vrygestel word wanneer byvoorbeeld rots gebreek word. Dié stofdeeltjies tas die longweefsel aan wanneer dit ingeasem word. Tuberkulose is ’n bakteriële en aansteeklike siekte wat die longe aantas, veral wanneer silikose reeds teenwoordig is.

Die hooggeregshof het twee klasse van eisers erken, naamlik:• Die silikoseklas: huidige en voormalige

ondergrondse mynwerkers wat silikose opgedoen het, en die afhanklikes van ondergrondse mynwerkers wat oorlede is as gevolg van silikose (ongeag of enige ander siekte ook ’n bydraende faktor was) indien die mynwerker ná 12 Maart 1965 op een of meer van die genoemde goudmyne gewerk het en indien die eiser nie ook deel is van die klasgeding van Blom and Another v. Anglo American South Africa Limited of die silikose-klasaksie van United Kingdom against Anglo American South Africa Limited (met die saaknommers HQ11X03245, HQ11X03246, HQ12X02667 en HQ12X05544) nie.

• Die Tuberkuloseklas: huidige en voormalige ondergrondse mynwerkers wat pulmonêre tuberkulose opgedoen het en die afhanklikes van ondergrondse mynwerkers wat oorlede is as gevolg van pulmonêre tuberkulose (uitgesluit siliko-tuberkulose) indien die mynwerker ná 12 Maart 1965 vir ten minste twee jaar by een of meer van die genoemde goudmyne gewerk het.

Die hof het drie prokureursfirmas erken om namens die klas van silikoselyers op te tree en slegs een om namens die klas van tuberkuloselyers op te tree. Voornemende eisers het nou 180 dae tyd om te reageer. Alle lede van elke klas sal gebonde wees aan die hof se beslissing(s) in die eerste stadium van die klasgeding, tensy die persoon voor of op

31 Januarie 2017 skriftelike kennis aan enige van die betrokke prokureursfirmas gee dat hulle van enige klasgeding teen enige van die betrokke mynmaatskappye uitgesluit wil wees.

Vir die tweede stadium van die klasgeding moet voornemende eisers een van die prokureursfirmas skriftelik in kennis stel dat hul ingesluit wil wees en teen watter van die mynmaatskappye hulle die eis wil insluit. Die afsnydatum vir dié kennisgewing moet egter nog deur die hof bepaal word. In dié stadium van die eisprosedure sal daar ook van die diagnose van die siekte bewys gelewer moet word.

Besoek die webtuiste www.solidariteit.co.za en gebruik die soekwoord “silikose-klasaksie”

om te sien watter myne en mynmaatskappye geraak word.

Hoewel die mynmaatskappye en die betrok-ke prokureursfirmas onderhandel om ’n moont-like skikking te bereik, sal dié skikking slegs afdwingbaar wees indien die hof dit goedkeur. Die hof het ook baie duidelik beveel dat enige skikking slegs geldig en afdwingbaar sal wees nadat en indien die hof bevind dat die skikking billik, redelik en voldoende is en die belange van die klas beskerm.• Kontak gerus Solidariteit se Beroepsgesondheid

en -veiligheidspan by 0861 25 24 23 in die geval van enige navrae of hulp. Alternatiewelik kan jy ’n e-pos aan adv. Hanlie van Vuuren by [email protected] stuur. S

Deur adv. Hanlie van Vuuren

Silikose-klasaksie: Hoe raak dit my?

Silikose is ’n ongeneeslike en onomkeerbare siekte wat opgedoen word wanneer mens aan silikastofdeeltjies blootgestel word wat in die atmosfeer vrygestel word wanneer byvoorbeeld rots gebreek word.

Foto

: isto

ckph

oto

.com

Page 37: Solidariteit nr3 van 2016 web

www.solidariteit.co.za37Issue 3 of 2016

BEDRYFSNUUS

Suid-Afrika het twee wette wat vergoeding beheer wat beroepsbeserings en -siektes betref. Longsiektes in die mynbedryf word histories afsonderlik hanteer en vergoed weens die unieke aard van die mynbedryf

en die gesondheidsgevare wat met mynbou gepaardgaan.

Die Wet op Vergoeding vir Beroeps-beserings en -siektes (130 van 1993) [of ook bekend as COIDA], reël vergoeding vir alle beroepsbeserings en -siektes in alle sektore van die ekonomie buiten beheerde myne en bedrywe. In beheerde myne en bedrywe word longsiektes spesifiek deur die Wet op Beroepsiektes in Myne en Bedrywe (78 van 1973) [ook bekend as ODMWA] gereguleer.

Die Konstitusionele Hof het die unieke aard van gesondheidsgevare in die mynbedryf in die saak van Mankayi v Anglogold Ashanti Ltd 2011 32 ILJ 545 (CC) erken en die reg om die werkgewer te dagvaar, daarmee saam bevestig. Die silikose-klasgeding (sien artikel op die bladsy hiernaas) is moontlik gemaak deur hierdie uitspraak. Een van die redes wat die Konstitusionele Hof gegee het vir die reg om die werkgewer te dagvaar, was die uiters swak vergoeding ingevolge ODMWA.

Reeds sedert ongeveer 1983 was daar verskeie onsuksesvolle pogings van regeringskant om die twee wette te integreer, en dus is daar steeds twee afsonderlike wette onder verskillende staatsdepartemente. Daar is

gevolglik ’n gefragmenteerde vergoedingstelsel wat baie verwarring en ongelukkigheid onder veral oud-mynwerkers veroorsaak.

Integrasie van die twee wetteTans word daar weer pogings aangewend om die twee wette te integreer onder leiding van veral die minister van gesondheid wat ODMWA administreer. Die adjunkminister van minerale hulpbronne, Godfrey Oliphant is namens sy departement getaak om die projek voor 2017 af te handel en Nkosi Phathekile Holomisa hanteer die proses as adjunkminister van departement arbeid, wat COIDA administreer. Aangesien die vergoedingstruktuur in COIDA beter is as in ODMWA, word die integrasie van ODMWA in COIDA in die vooruitsig gestel. Nie alle oud-mynwerkers sal na COIDA oorgeplaas kan word nie en diegene wat reeds kragtens ODMWA gesertifiseer is met ’n vergoedbare siekte, sal steeds binne die ODMWA-struktuur bly totdat laasgenoemde wet uitgefaseer kan word in ’n latere stadium.

Soos te wagte is daar baie onduidelikhede en is dit ’n groot taak wat in fases aangepak word en gekenmerk word deur onderhandelings. Een van die beginsels waaroor saamgestem word, is dat die huidige vergoedingstelsel uitgefaseer sal moet word in belang van veral werknemers wat daardeur geraak word.

’n Verdere baie belangrike aspek is dat

werknemers nie ná afhandeling van so ’n proses slegter daaraan toe mag wees nie; trouens, ons vakbondverteenwoordigers in die onderhandelingsproses is gesteld daarop dat geen reg of voordeel wat tans kragtens ODMWA beskikbaar is, weggeneem mag word in die toekoms nie.

Sommige van die voordele waarop tans, ingevolge ODMWA, aanspraak gemaak kan word maar waarvoor COIDA nie voorsiening maak nie, is mediese ondersoeke ná aftrede, post-mortem ondersoeke waar die longe nadoods sonder kostes vir die afhanklikes ondersoek word, vergoeding wat nadoods toegeken en betaal word ongeag of die persoon as gevolg van die longsiekte gesterf het en die reg om die werkgewer te dagvaar.

’n Beraad is op 19 en 20 Mei vanjaar gehou met die betrokke staatsdepartemente asook verteenwoordigers van die regerings van Lesotho, Swaziland en Mosambiek asook die Wêreldbank en die Wêreldgesondheidsorganisasie. Die projek gaan voort, want sekere wysigings moet aan die betrokke wette aangebring word om die integrasie moontlik te maak.

Word jy hierdeur geraak?Ons wil graag van Solidariteit se lede hoor wat deur hierdie moontlike wetswysiging geraak word. Wat is jou mening? Stuur gerus ʼn e-pos na [email protected]. S

Vergoeding: Integrasie van wette beoogDeur adv. Hanlie van Vuuren

Foto

’s: ist

ock

pho

to.co

m

Page 38: Solidariteit nr3 van 2016 web

www.solidariteit.co.za38Uitgawe 3 van 2016

PROMOSIEARTIKEL

Page 39: Solidariteit nr3 van 2016 web
Page 40: Solidariteit nr3 van 2016 web

www.solidariteit.co.za40Uitgawe 3 van 2016

in Beweging Nuus oor al die organisasies wat deel van die Solidariteit Beweging vorm.

Hoe gereeld gee jy kleingeld aan die bedelaar langs die pad of by ’n verkeerslig? Doen jy dit om hom of haar te help, jou eie gewete te sus of om bloot van die persoon

ontslae te raak? ’n Nuwe dokumentêre rolprent deur Solidariteit Helpende Hand sal jou siening verander oor onnadenkende skenkings aan bedelaars en skenkings om verkeerde redes. Die dokumentêr, Bedwelmd, wat hand-aan-hand met die #geeREG-veldtog loop, is op 21 April by die Atterbury Teater in Pretoria bekendgestel.

Bedwelmd belig die verskriklike wêreld van dwelms en die verwoesting wat dwelmverslawing saai. Die rolprent is saamgestel uit gesprekke met gerehabiliteerde dwelmverslaafdes en hul geliefdes en bring dié tragedie tot in die kyker se sitkamer. Bedwelmd is daarop gemik om mense bewus te maak van die gevare wat onnadenkende liefdadigheid vir bedelaars op straat inhou. Die kyker moet hom- of haarself deurentyd afvra: “Gee ons reg?”

Die joernalis De Wet Potgieter het die kameraspan na die donker onderwêreld geneem waarin bedelaars leef. Die kyker kan sien hoe die lewe op straat lyk en hoe sommige

van die mense uit die bose kringloop van verslawing ontsnap het.

Volgens Michael Krige, ’n eksverslaafde en hoof van die House Regeneration Rehabilitation Centre verloop dwelmverslawing volgens ’n verwoestende siklus. Eers is daar gebruikers, dan is daar heelwat meer gebruikers en later selfs nóg meer verslaafdes. Verskeie verslaafdes het op ’n vroeë ouderdom al met dwelms begin eksperimenteer en kon nie weer daarvan ontsnap nie. Die onderskeie verslaafdes met wie daar onderhoude gevoer is, was tussen 12 en 16 jaar oud toe hulle met dwelms begin eksperimenteer het. In baie gevalle was dagga die eerste dwelm wat hulle gebruik het. Die oorsake is gewoonlik ’n verkeerde vriendekring, moeilike sosiale omstandighede of bloot omdat dwelms aanvanklik cool lyk.

Jacques Papenfus, ook ’n eksverslaafde van die Moeggesukkel-rehabilitasiesentrum, sê dat hierdie kinders absoluut enigiets sal doen om hul daaglikse fix te kry. Sodra hulle eers die naald gevoel het, is die koeël deur die kerk. Sommige verslaafdes spandeer tot soveel as R900 per dag aan dwelms. Omdat hulle later nie meer weet waar om geld vandaan te kry nie, gaan bedel hulle by verkeersligte en skryf enige ding op hul bedelborde om verbygangers

se aandag te trek.Die dokumentêr verwys ook na

dwelmnetwerke in Suid-Afrika, waarvan sommige selfs op die drumpel van ons eie gemeenskappe bedrywig is. Een van die grootste netwerke in Suid-Afrika is in Centurion gesetel en dwelms is maklik in en rondom skole beskikbaar. Dit is glo geen probleem om dwelms in die hande te kry nie – dit is letterlik orals.

Die dwelmgebruik in Suid-Afrika beloop R20 miljard per jaar. Volgens Henry en Sean, huidige verslaafdes, maak hul handelaar hulle elke oggend wakker met hul oggend-fix. Dié twee leef in ’n afgeleë huis en worstel om uit die verslawing te kom. Hul families het hulle al verwerp en hulle bedel by verkeersligte om hul verslawing te voed. “Ons is hier in, ons moet hier uit.”

Volgens Debbie, nog ’n eksverslaafde, is alle dwelmhandelaars in Suid-Afrika op die een of ander manier met mekaar in verbinding. Hulle gebruik veral jong meisies om as koeriers vir sindikate op te tree. As jy byvoorbeeld van Pretoria na Klerksdorp reis, sal daar iemand in Klerksdorp wees wat met dwelms regstaan. Volgens haar neem dwelms jou net dieper en dieper die donker in.

Sulana is een van die eksverslaafdes met wie

Brood in die sweet van jou aangesigDeur Juran van den Heever

Aangrypende dokumentêr oor dwelms, bedelaars

Page 41: Solidariteit nr3 van 2016 web

www.solidariteit.co.za41Issue 3 of 2016

daar ’n onderhoud gevoer is. Volgens haar is dwelms niks anders as destruktief nie. Dit breek gesinne op, vergiftig jou liggaam en vervreem jou van jouself. Sy is al twee jaar skoon en voel soos ’n nuwe mens. Sy wil nooit weer na haar ou leefstyl toe terugkeer nie. Sulana was 11 jaar lank aan dwelms verslaaf en dit het alle dwelms ingesluit. “Jy het nie ’n gewete nie, jy leef met selfverwyt en loop met haat en pyn rond. As jy nugter is, moet jy jouself face en soms is dit té erg. As jy probeer ophou, is die onttrekkingsimptome te pynlik om te hanteer – hulle verwys daarna as cold turkey – dat jy geen ander keuse het as om weer dwelms te gebruik nie.”

In ’n kwalitatiewe studie wat deur Nicolien Welthagen, senior navorser van die Solidariteit Navorsingsinstituut, onderneem is, het respondente beweer dat tot 90% van wit bedelaars aan dwelms verslaaf is. Dié studie toon ook aan dat die beduidende meerderheid verslaafdes hulp wil hê om hul verslawing te beëindig, maar dat hulle gespesialiseerde hulp nodig het. “Dit is ’n komplekse sameloop van omstandighede. Die verbygangers sien die persoon en nie die probleem nie raak. Die probleem strek soms so ver as kindertrauma,” sê Welthagen.

Vir Nicolien was dit self ook ’n wekroep. “Dit kan met enigeen van ons of ons kinders gebeur. Dit gaan gepaard met emosionele pyn wat nooit deur die regte ondersteuning genees is nie.”

Die #geeREG-veldtog het momentum aan die dokumentêr gegee. Sowat 250 van Solidariteit Helpende Hand se personeel, vrywilligers en ondersteuners het landwyd op straathoeke en by verkeersligte gaan staan en bedel. Helpende Hand wys die publiek dat verbygangers steeds geld aan bedelaars gee in weerwil van die onkonvensionele boodskappe op kartonborde soos “Jou geld voer my dwelmverslawing” en “Gee my geld om dwelms

te koop asseblief”.Volgens dr Danie Brink, uitvoerende hoof

van Helpende Hand, is die organisasie nie een wat hulp en geld net links en regs uitdeel nie. “As ons iets vir iemand gee of doen wat die mens self in staat is om te doen, is ons besig met toksiese hulp. Ons doen dit gewoonlik vir jongmense wat by ’n verkeerslig staan en bedel. Hierdie jongmense is gewoonlik heeltemal in staat om ‘in die sweet van hul aangesig hul brood te verdien’, maar ons gee vir hulle geld of goed en maak asof hulle nie daartoe in staat is om iets vir hulself te kan doen nie.” Die grafiese tonele in Bedwelmd is daarop gemik om die harde werklikheid van dwelmverslawing bloot te lê, sê Brink.

“Wanneer mense aan bedelaars op straat geld gee, verkeer hulle onder die wanindruk dat die geld vir lewensmiddele soos voedsel en kleding gebruik gaan word. Min mense besef egter watter skade hulle aanrig deur geld vir bedelaars te gee,” sê Lizelle Joubert, projekorganiseerder by Helpende Hand.

Die organisasie ontmoedig mense om geld aan bedelaars by verkeersligte te gee, aangesien die geld bloot hul verslawing voer.

Volgens Anton Smit, voorsitter van Helpende Hand se tak in Centurion, het hulle ’n koeponstelsel ingestel. Mense kan koepons by skole en kerke in Centurion koop en die geld word dan aan die Moeggesukkel-rehabilitasiesentrum gegee. Die koepons kan aan bedelaars of verslaafdes gegee word. Hulle kan dan na een van vier mobiele sentrums gaan waar hulle ’n bord kos kan kry. Dit gaan egter nie net oor die bord kos nie. Sodra die mense met hul koepons daar aankom, neem rehabiliteerders en beraders kennis van hulle en kan hulle dan makliker by die program betrek word en berading ontvang.

Brink moedig mense aan om nie op te hou gee nie; inteendeel, ons moet méér gee. Maar ons moet rég gee. Gee nadenkend; gee reg! S

Kyk gerus na Bedwelmd op YouTube. Vir meer inligting oor die #geeREG-veldtog, kontak Lizelle Joubert, projekorganiseerder by Helpende Hand, by 012 644 4390 of stuur ’n e-pos na [email protected]. Helpende Hand het ’n lys van moontlike dwelmrehabilitasiesentrums regoor die land heen saamgestel. Besoek www.geereg.co.za vir meer inligting.

IN BEWEGING

15%van Suid-Afrikaners misbruik dwelms

1 uit elke 2

kinders in Suid-Afrika eksperimenteer

met dwelms

R1 uit elke R4in omloop in Suid-Afrika is aan dwelms bestee

Suid-Afrika het die tweede meeste sterftes weens ’n DWELMOORDOSIS

Page 42: Solidariteit nr3 van 2016 web

www.solidariteit.co.za42Uitgawe 3 van 2016

IN BEWEGING

SolidariteitHelpende Hand

Die waarde van Helpende Hand se Kosblikkieprojek – wat daarop gemik is om gesonde voeding aan behoeftige kleuters tydens skooltyd te voorsien – het weer

aan die lig gekom nadat ’n studie gedoen is onder kinders wat oor die Kerstyd minder kos ontvang as wat hulle op ’n skooldag by die Kosblikkievoedingsprogram ontvang. Nie net het hierdie kleuters glad nie gegroei nie, maar hulle het ook merkbaar gewig verloor.

Helpende Hand het in Desember 2015 die mates geneem van kleuters wat deel is van die Kosblikkieprojek. Die kleuterskole is tydens Desember gesluit en kleuters het dus nie kos van die Kosblikkieprojek ontvang nie. Dieselfde kleuters se mates is weer in Januarie geneem om te sien hoeveel hulle gegroei het om te bepaal of hulle gedurende dié tydperk voldoende voeding ontvang het.

“In die ergste geval het ’n driejarige seuntjie 5% van sy liggaamsmassa oor die Desembervakansie verloor,” sê Margolé Riekert, projekorganiseerder by Helpende Hand. “’n Verlies van 5% in liggaamsmassa is baie vir ’n kind van drie.”

Volgens die studie het ’n gemiddelde verlies van 2% (of 300 g) ná die vakansie by die kleuters voorgekom. Slegs 7% van die kleuters het normale groei getoon, terwyl bykans 93% van kleuters ’n abnormale gewigsverlies getoon het.

Volgens Adel Rens, ’n dieetkundige, help

optimale voeding kinders nie net om fisies te groei nie, maar ook om kognitief te ontwikkel. “Sonder optimale voeding kan kinders ’n lewenslange agterstand ervaar – veral in terme van akademiese prestasie. Die lewensfase waarin die kleuters hulself bevind, is die heel belangrikste fase vir optimale ontwikkeling – fisies, emosioneel, sosiaal en veral kognitief. Die waarde van ’n program soos Helpende Hand wat voeding aan kinders in hierdie belangrike vormingsjare verskaf, kan dus nie oorbeklemtoon word nie,” sê Rens.

“Ons weet uit vorige studies dat hierdie ete vir 3 uit 10 kleuters ook die enigste is wat hulle die dag gaan kry.”

Hoe Helpende Hand kleuters help“Helpende Hand is baie bekommerd oor die verlies van gewig onder die kleuters en het daarom besluit om die kleuters weer in Maart te meet,” sê Riekert. “Gelukkig het ons die seuntjie se gewigsverlies gedurende die ondersoek opgemerk en het hy teen einde Maart weer 4,6% van die massa danksy die voedingsprogram teruggekry.”

Om seker te maak dat wanvoeding en ondervoeding reeds vroeg geïdentifiseer word, sal Helpende Hand voortaan vir elke kleuterskool wat deel is van die Kosblikkieprojek ’n MUAC-maatband en ’n -groeikaart verskaf om vroegtydig op te merk wanneer kinders

ondervoed is. Die MUAC-maatband word deur die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) versprei en dui die gewig en lengte vir seuns en dogters tussen die ouderdomme van twee en vyf jaar aan.

Omdat kinders aanhoudend groei en hul liggame bene, tande en spiere ontwikkel asook bloed vervaardig, benodig hulle meer voedingsryke voedsel. ’n Kind wat gesond en goed gevoed is, het genoeg energie om op stimuli in sy of haar omgewing te reageer en daaruit te leer.

Volgens dr Danie Brink, uitvoerende direkteur van Helpende Hand, glo die organisasie vas dat daar deur opvoeding ’n einde aan armoede gemaak kan word. Daarom is die Kosblikkieprojek in die lewe geroep om seker te maak dat arm kleuters die nodige voeding kry om suksesvol te ontwikkel en te kan leer. Die projek gee daagliks kos aan meer as 4 500 kleuters.

Die projek word voortdurend gemonitor om seker te maak dat daar optimaal in kinders se behoeftes voorsien word. Helpende Hand moedig die publiek aan om die projek te ondersteun. SMS die woord “Bord” na 38969 om R10 te skenk en ’n bydrae tot ’n gesonde bord kos vir ’n kleuter te maak.• Kontak gerus vir Margolé Riekert, projek-

organiseerder van Solidariteit Helpende Hand, by 012 644 4390 vir meer inligting. S

Sonder dié hulp gaan slaap kleuters honger

1 uit 10KLEUTERS EET SLEGS EEN MAAL

PER DAG

Deur Marlien van der Westhuizen

Page 43: Solidariteit nr3 van 2016 web
Page 44: Solidariteit nr3 van 2016 web

44Uitgawe 3 van 2016 www.solidariteit.co.za

IN BEWEGING

AfriForum

Die vandalisme en ontwrigtingswerk van ʼn groep radikale studente op Suid-Afrikaanse universiteitskampusse die afgelope tyd, is ʼn aanduiding dat daar

steeds individue is wat hul ideale wil bereik deur af te breek en te vernietig. Dit is immers makliker om af te breek as om te bou. ʼn Toekoms wat uit vernietigingswerk gebore word, is egter ʼn toekoms van agteruitgang en verval, wat geen blywende oplossing bied nie.

Dit is waarom AfriForum, en die Solidariteit Beweging waarvan die organisasie trots deel is, gekies het om eerder bouers te wees, wat onverpoosd aan ʼn beter toekoms bou. Dit vereis harde werk en bied groot uitdagings, maar die resultaat is soveel beter, naamlik ’n toekoms waar Afrikaners en ander gemeenskappe blywend vry, veilig en voorspoedig aan die suidpunt van Afrika kan voortbestaan.

Om ʼn beter toekoms te bou, is sterk burgerlike instellings soos AfriForum ʼn onontbeerlike gereedskapstuk in die hande van ons gemeenskap. Sonder sterk instellings is ons almal losstaande individue wat nie in staat sal wees om saam te bou aan die groter toekomsprojek nie.

In die eerste 10 jaar van AfriForum se bestaan, wat tans gevier word, het die organisasie homself juis doelgerig uitgebou om as instrument in ʼn toekomsbouprojek te dien. ʼn Publikasie wat oor AfriForum se ontstaan en groei die afgelope 10 jaar handel, is onlangs uitgegee en is op aanvraag by AfriForum beskikbaar. Dié publikasie gee ʼn uiteensetting van die welslae wat met genade van Bo, harde werk en deursettingsvermoë bereik is.

AfriForum se lede kan met reg trots wees op die organisasie, aangesien die burgerregte-waghond se sukses by uitstek die toedoen van sy lede se steun is. AfriForum se krag is dus direk in sy lede gesetel. Elke lid is ʼn onontbeerlike baksteen in die bou van ʼn sterk AfriForum met meer as 165 000 lede. In omstandighede waar groot maatskappye nie kans sien om swaarde met die regering te kruis of AfriForum se veldtogte teen die ANC-regering se wanbestuur te help finansier nie, is die duisende AfriForum-lede wat elk ʼn bydrae tot AfriForum se veldtogte lewer, die sleutel tot sukses. Duisende bydraes het saam tot gevolg dat AfriForum die beste regspanne in hofsake

kan gebruik, kundige personeel kan betrek en professionele en omvattende veldtogte op ʼn wye verskeidenheid van terreine kan voer... en natuurlik groot suksesse kan behaal.

Hoewel dit van kritieke belang is om AfriForum sterk te maak, moet die bou van ʼn sterk AfriForum nie opsigself ʼn doel word nie. Dit bly ʼn middel tot ʼn doel. Ons moet onthou dat ons AfriForum slegs om een rede uitbou: dit stel ons in staat om ʼn beter toekoms te bou.

AfriForum se bouwerk aan ʼn beter toekoms strek oor tientalle terreine. Op al hierdie terreine word ʼn tweeledige toekomsboustrategie gevolg.

Aan die een kant werk AfriForum om die bestaande werklikhede waarbinne ons lede hulle bevind, te verbeter. Dit word gedoen deur regsaksies, die mobilisering van internasionale steun, vreedsame protesaksies en bedinging met die owerhede.

Aangesien ons ʼn beter toekoms wil bou as die een waar ons vir altyd volledig uitgelewer sal wees aan die werklikhede wat die owerheid skep, fokus AfriForum ook daarop om ʼn toekoms te bou deur selfstandigheidsaksies waarmee ons gemeenskappe self beheer oor hul toekoms kan neem. AfriForum pak reeds talle selfdoenaksies met sukses aan. ʼn Goeie voorbeeld hiervan is die talle gemeenskapsveiligheidsinisiatiewe wat AfriForum reeds landwyd binne die raamwerk

van die wet tot stand gebring het.Toekomsbou is egter ʼn grootse taak

waarvoor sommige dalk nie kans sien nie. Gelukkig is dit deel van AfriForum-ondersteuners se DNS om toekomsbouers te wees. Uit ons geskiedenis is daar talle voorbeelde van waar gewone Afrikaners in moeilike omstandighede, buitengewone dinge kon regkry weens hul vasberadenheid om ʼn beter toekoms te bou.

Een van my gunstelingaanhalings wat hierdie vasberadenheid om ʼn beter toekoms te bou, illustreer, is afkomstig uit ʼn brief wat ʼn onbekende vrou op 4 Augustus 1902 aan die einde van die Tweede Vryheidsoorlog geskryf het. Sy skryf:

“Daar is nou vrede in die land, maar nie soos ons verwag het nie. Die twee klein Republieke bestaan nie meer nie. Almal van ons het ons wapens afgegee. Maar ons moenie treur soos een wat geen hoop het nie. Ons moet glo en hoop en vertrou. Ons besit op die oomblik vier perde, twee muile en ʼn paar skape. Gister het ek ʼn emmer koring gesaai. Sodra ek kan, sal ek nog saai en plant. As Pa van Ceylon af terugkom, sal ons spoedig weer ʼn boerdery op die been kan bring.”

Kom ons put inspirasie uit hierdie en ander voorbeelde van hoe ons voorgeslagte aan ʼn toekoms gebou het. Ons kan dit weer doen!• Kallie Kriel is uitvoerende hoof van AfriForum. S

AfriForum-toekomsboustrategie strek wydDeur Kallie Kriel

Foto

: Rei

nt D

ykem

a

Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, en dr Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, tydens die Solidariteit-kongres wat in Mei plaasgevind het.

Page 45: Solidariteit nr3 van 2016 web

KRAG VAN DIE WET KRY VANDAG NOG ’N PROKUREUR AAN JOU KANT!

SolidariteitFinansiële Dienste

SolidariteitBeweging

Solidariteit Finansiële Dienste is ’n gemagtigde verskaffer van finansiële dienste FSP-nommer: 15556. Onderskryf deur Guardrisk Versekeringsmaatskappy Beperk,

‘n filiaal van MMI Holdings

SolidariteitFinansiële Dienste

Kry die KRAG van die WET aan jou kant!

Legal X is ’n gemagtigde verskaffer van finansiële dienste • FSP-nommer: 5277

SolidariteitBeweging

Skakel ons vandag nog by

0861 10 10 05

REGSHULPVERSEKERING

Solidariteit Finansiële Dienste is ’n gemagtigde verskaffervan finansiële dienste • FSP-nommer: 15556

Daarom bied Solidariteit Finansiële Diensteregshulpversekering in samewerking metLegal X om jou te help om die krag van die wetaan jou kant te kry. Kry vandag nog ’n prokureurin jou diens teen slegs R82 per maand.*

• Telefoniese regshulp – 24 uur per dag.• Regsverteenwoordiging ter waarde

van R45 000 per jaar.• Onbeperkte toegang tot regsdokumentasie.• Afslagtariewe op eiendomsoordragte.

• Skakel 0861 765 734 of besoek www.legalx.co.za

* Bepalings en voorwaardes geld

SFD_LegalXBW:Layout 1 7/24/13 11:01 AM Page 1

Legal X is ’n gemagtigde verskaffer vanfinansiële dienste • FSP-nommer: 5277

REGSHULPVERSEKERING

Solidariteit Finansiële Dienste bied regshulpversekering in samewerking met Legal X.

Kry vandag nog ’n prokureur in jou diens teen

slegs R105 per maand.*

Telefoniese regshulp –

24 uur per dag

Regsverteenwoordiging ter waarde van

R45 000 per jaar

Onbeperkte toegang tot

regsdokumentasie

Afslag op eiendomsoordragte

3

4

1

2

* Bepalings en voorwaardes geld

0861 765 734www.legalex.co.za

Page 46: Solidariteit nr3 van 2016 web

IN BEWEGING

Sedert die stigting van AfriForum Trauma, AfriForum se beradings-eenheid, aan die einde van 2015, het oudspeurder Nantes Kelder, berader en hoof van die eenheid, en

Antoinette Steyn, berader, reeds talle slagoffers van geweldsmisdaad, insluitend huisrowe en plaasaanvalle, bygestaan. Die eenheid maak ook binnekort die deure van sy nuwe kantoor in Centurion, wat loopafstand van AfriForum se hoofkantoor geleë is, oop.

Dié eenheid fokus onder meer op slagoffer-ondersteuning soos hulp met die aflê van polisieverklarings en die voorbereiding en bystand van slagoffers tydens hofsake. Traumaberading en emosionele ondersteuning word ook gebied. Die beraders ry ook self na misdaadtonele uit sodra hulle oor ’n voorval ingelig word.

“Die oomblik wanneer iemand deur die tipe trauma gaan waarmee ons elke dag werk, is dit asof só ʼn slagoffer se wêreld meteens baie kleiner word en hulle grotendeels deur vrees, woede en hartseer oorheers word. Dit is juis dán wanneer hulle iemand nodig het om daardie wêreld weer op te bou,” sê Steyn.

Steyn meen dat mense die waarde van “daar wees” onderskat en dat dit grootliks tot die genesingsproses kan bydra.

Volgens Kelder is die beradingseenheid ook daarop gemik om die werk van die polisie te vergemaklik, omdat almal uiteindelik na geregtigheid strewe.

Hy verduidelik dat die polisie nie altyd die tyd of mannekrag het om vir ure lank by slagoffers te sit en verklarings af te neem nie, en dat slagoffers ook nie dadelik gereed is om verklarings af te lê ná ʼn traumatiese voorval nie. Wanneer slagoffers verkies om hul verklarings

in Afrikaans af te lê, laat die beradingseenheid dit vertaal, sodat die polisie ʼn afskrif daarvan in Engels kan kry, en sodoende word die polisie sowel as die slagoffer bygestaan.

AfriForum beplan om later vanjaar nóg beraders op te lei en volgens Kelder word ʼn slagofferkonferensie, wat op traumaontlonting gaan fokus, ook in die vooruitsig gestel.

Slagoffers deel hul ervaringsLandsburgers gaan gereeld gebuk onder geweldsmisdaad – van huisrowe tot plaasaanvalle. AfriForum Trauma het sedert die begin van die jaar reeds 25 beradingsessies met slagoffers gehad. Twee van hierdie gesinne het van hul ervarings vertel: Pieter, Anneleen, Elisna, Esmarie en Mariné SwanepoelAnneleen Swanepoel (44) beskryf Nantes Kelder en Antoinette Steyn as “engele uit die hemel”. Sy sê die diens en ondersteuning wat hulle sedert ’n gewelddadige huisbraak vroeër vanjaar van die eenheid ontvang het, was “puik”.

ʼn Rower het op 16 en 18 Januarie twee keer by die Swanepoel-gesin se huis op Naboomspruit (Mookgophong) ingebreek. Dié inbreker, wat tydens die eerste inbraak ʼn vuurwapen wat aan Anneleen behoort, gesteel het, het tydens die tweede voorval op haar en haar man, Pieter (49), losgebrand en Pieter in die hand geskiet. Pieter, wat ook ʼn vuurwapen besit, het die aanvaller ook in die skietery gewond.

Die egpaar se kinders, Elisna (20) en Mariné (15), asook Mariné se vriend, Duard Breet (18), was ook tydens die voorval tuis. Die Swanepoels het nog ʼn dogter, Esmarie (18).

Nadat die egpaar nie die polisie in die hande

kon kry nie, het hulle vir Gerhard (Vossie) Vosloo van die Spoorsnyers gebel. Hy het homself na die toneel gehaas waarna hy die polisie van die voorval in kennis gestel het. Pieter is na die Unitas-hospitaal in Centurion geneem. Vosloo het Kelder omstreeks 04:30 oor die voorval ingelig, waarna Kelder en Steyn hulle na die gesin se huis gehaas het om hul kinders te besoek en by te staan.

Kelder is later ook hospitaal toe om die egpaar te besoek. Die beradingseenheid het die gesin gehelp om verklarings af te lê en dit by die polisie ingedien, en is sedert die voorval deurlopend by hulle betrokke.

“Hulle het nie net vir ons nie, maar veral vir ons dogters, wat nagmerries kry, baie emosionele bystand gebied. Hulle het ons so mooi gehelp en ondersteun ons deurentyd en gee raad,” sê Anneleen.

Die verdagte is steeds in die hospitaal in Pietersburg (Polokwane) waar hy onder polisiebewaking aansterk.

Nico en Annatjie MullerNico (68) en Annatjie Muller (66) is op 10 Januarie vanjaar op hul plaas buite Naboomspruit (Mookgophong) deur drie aanvallers oorval. Die aanvallers het Nico in die kombuis vasgebind en Annatjie is erg aangerand. Sy is onder meer in die gesig geslaan. Die rowers het geld geëis en Annatjie aan haar hare deur die huis gesleep, waarna hulle gevlug het.

Drie verdagtes is kort ná die voorval deur die Spoorsnyers en boere in die omgewing vasgetrek en gearresteer.

Die beradingseenheid het die egpaar ʼn paar dae later besoek nadat Annatjie uit die hospitaal ontslaan is. Hulle is gehelp met die vertaling van hul verklarings en AfriForum Trauma is steeds by die slagoffers betrokke en bied deurlopend traumaberading. Kelder en Steyn ondersteun die slagoffers ook in die hofsaak wat voortduur.

Volgens Nico is dit hul eerste ervaring met die hof, en sou dit vir hulle baie moeilik gewees het om dit sonder leiding aan te pak. Nico en Annatjie is dit eens dat dit wonderlik was om mense daar te hê wat omgee en ook kennis oor die situasie het waarin hulle hulself bevind.

“AfriForum, hoe kan ek genoeg dankie sê? Julle was daar toe ek iemand nodig gehad het – in ʼn tyd wat my lewe deurmekaar was en omvergegooi is. Julle het gekom en oorgeneem en my siel kon tot ruste kom. Daar was iemand wat my taal deel en wat verstaan en omgee,” het Annatjie gesê. S

AfriForum reik uit na slagoffers van geweldDeur Mariska Batt

www.solidariteit.co.za46Uitgawe 3 van 2016

Foto

: isto

ckph

oto

.com

Page 47: Solidariteit nr3 van 2016 web
Page 48: Solidariteit nr3 van 2016 web

www.solidariteit.co.za48Uitgawe 3 van 2016

IN BEWEGING

MARIANA KRIELStreekorganiseerder

Tel: 084 952 [email protected]

MEDEE DAVELadministratiewe [email protected]

TAKKE• Akasia• Andeon• Broederstroom• Centurion• Erasmuskloof• Roodeplaat• Moot-Oos• Moot-Wes• Moreletapark•Motorfietstak• Pretoria-Noord• Pretoria Tuine• Silverton• Toekomstak• Vissershoek• Wilgers• Wonderboom

SKENKINGSKANTORE

CENTURIONBothalaan 86, tel: 012 644 0162Louis Eksteen – tel: 082 333 7959 Angeline Wepener – tel: 072 806 6202 [email protected]

MOOT-OOS Ben Swartstraat 961, Villieria Lidia Tou – tel: 061 788 3104 [email protected]

PRETORIA-WES VanderHoffweg272,Winkel5Marthinus Terblanche – tel: 083 411 3848 [email protected]

ADELE KRUGERStreekorganiseerder

Tel: 079 881 [email protected]

MARIËTTE VAN WERKENadministratiewe [email protected]

TAKKE• Alberton• Benoni• Boksburg• Brakpan• Elsburg• Germiston• Goudrif• Heidelberg• Kempton Park• Krugersdorp• Lambton• Meyerton• Paulshof• Primrose• Randburg• Roodepoort• Vereeniging-Wes

SKENKINGSKANTORE

BOKSBURG Oos-Rand Mediesesentrum, Mainstraat 45 J.L. Reed – tel: 079 881 [email protected]

LINDHAVEN Roskon Heights 4, GoldmanstraatFlorida, RoodepoortChristopher van der Werken –tel: 081 543 3000 [email protected]

MARIËTTE VAN HEERDEN

StreekorganiseerderTel: 084 411 7806

[email protected]

TAKKE• Amanzimtoti• Dundee• Durban-Noord• Ladysmith• Newcastle• Pietermaritzburg• Queensburgh• Pongola• Port Natal• Port Shepstone• Richardsbaai• Vryheid

MARIANTHIE VAN DER WALT

StreekorganiseerderTel: 082 741 7858

[email protected]

ARLENE LOURENSadministratiewe beampteTel: 076 824 1611

TAKKE• Brits• Dendron• Ellisras• Groblersdal• Hartbeespoort• Letsitele• Naboomspruit• Northam• Nylstroom• Phalaborwa• Pietersburg• Potgietersrus• Rustenburg• Thabazimbi• Tzaneen• Vaalwater• Warmbad

SKENKINGSKANTOOR

HARTBEESPOORTDAM Winkel 52, Village Mall Winkelsentrum Kobus van der Merwe – tel: 071 188 7620 [email protected]

ALISHA DE LANGEStreekorganiseerder

Tel: 082 923 [email protected]

TAKKE• Baberton• Belfast• Bethal• Bronkhorstspruit• Cappuccino’s• Delmas• Ermelo• Komatipoort• Kriel• Middelburg• Nelspruit• Rayton• Secunda• Sabie• Standerton• Witbank• Witrivier

DAPHNE KLEYNHANSadministratiewe beampteTel: 012 644 4390

SKENKINGSKANTORE

POTCHEFSTROOM James Morokastraat 21 Corné Yssel – tel: 082 923 9084 [email protected]

KLERKSDORP h/v Anderson en Johanna vd Merwe-straatRonel Ruthven – tel: 072 585 [email protected]

FANIE BUYSStreekorganiseerder

Tel: 082 645 [email protected]

SUNET VAN DER MERWEadministratiewe beampteTel: 071 870 8946

TAKKE• Bothaville• Coligny• Dominionville• Groot Marico• Klerksdorp• Koster• Leeudoringstad• Lichtenburg• Orkney• Parys• Potchefstroom• Sannieshof• Stilfontein• Vierfontein• Kimberley• Jacobsdal• Vredefort• Hartswater• Jan Kempdorp• Kathu• Kuruman• Lime Acres• Postmasburg• Stella

“Die doel van gebed is nie om God in te lig oor ons benodigdhede nie, maar om Hom te nooi om ons te wys waar Hy ons nodig het.” Kardinaal Baumann

SolidariteitHelpende Hand

Page 49: Solidariteit nr3 van 2016 web

49Issue 3 of 2016

IN BEWEGING

ADELE WRIGHTadministratiewe beampte:Suid-KaapTel: 072 970 1112

MARLENE VELDTMANadministratiewe beampte:Oos-KaapTel: 083 501 3166

TAKKESUID-KAAP• Beaufort-Wes• George• Mosselbaai• Oudtshoorn• Plettenbergbaai• Riversdal• Uniondale• Swellendam

OOS-KAAP• Cradock• Despatch•Graaff-Reinet• Grahamstad• Humansdorp• Jansenville•Jeffreysbaai• Middelburg• Oos-Londen• Patensie• Port Elizabeth• Somerset• Uitenhage

SKENKINGSKANTORE

BEAUFORT-WES Colin Fraserstraat 17 Ursula Stassen – tel: 083 724 7240 [email protected] DESPATCH Hoofstraat 35a Marie du Preez – tel: 083 681 6428 [email protected]

JEFFREYSBAAI Winkel3,Jeffreystraat32Marcelle van Schalkwyk – tel: 083 650 8589 [email protected]

OUDTSHOORN Kerkstraat 17 Jeanette Kotzé – tel: 073 140 9300

SWELLENDAMTen Damme Mall, Winkel 11, Voortrekkerstraat 27Susan Booysen – tel: 082 355 4809 [email protected]

KOBUS VENTERStreekorganiseerder

Tel: 079 488 [email protected]

CHARLÉ MARAISadministratiewe beampteTel: 051 430 6153

TAKKE• Aliwal-Noord• Bethlehem• Bloemfontein Via• Brandfort• Harrismith• Hennenman• Hobhouse• Impact Riders• Kroonstad• Ladybrand• Orania• Reddersburg

SKENKINGSKANTOOR

BLOEMFONTEIN Dennis Pooleystraat 2, Nuwe Oos-Einde Adriaan Briel – tel: 082 490 4998

WILINDA FORDStreekorganiseerder

Tel: 073 981 [email protected]

HILDA CABANOadministratiewe beampteTel: 021 946 4440

TAKKE• Brackenfell• Ceres• Durbanville• Gansbaai• Helderberg• Hermanus• Kraaifontein• Melkbosstrand• Paarl• Robertson• Senior Sorg• St Helenabaai• Tygerberg• Wellington • Wes-Kaap• Wes-Kaap-jeug• Weskus

SKENKINGSKANTORE

GEORGE Marxstraat 42 Juliut Blom – tel: 084 250 8427 [email protected]

KRAAIFONTEIN Brightonweg 24 Hennie Rossouw – 073 826 2594 [email protected]

PAARL h.v. Hoof- en Langstraat, Noorder-Paarl Waldy Bartie – tel: 082 455 6932 [email protected]

PLETTENBERGBAAI Marine-gebou h.v. Hoof- en Crescentstraat Salome Janse van Vuuren – tel: 083 299 2233 [email protected]

RIVERSDAL Kerkstraat Barbara Erasmus – tel: 071 672 4781 [email protected]

www.solidariteit.co.za

Wie is wie?SolidariteitHelpende Hand

Streekorganiseerders, takke & skenkingskantore landwyd

DR. DANIE BRINKUitvoerende hoofTel: 012 644 4390

[email protected]

RIAAN DU PLOOYAdjunk uitvoerende hoof:

Nasionale struktureTel: 012 644 4390

[email protected]

www.helpendehand.co.za

0861 25 24 23

Page 50: Solidariteit nr3 van 2016 web

Sol-Tech

IN BEWEGING

Uitgawe 3 van 2016 50 www.solidariteit.co.za

Moedertaalonderrig bly ʼn saak na aan die hart. Nie net is dit te sien by universiteite wat vuiste swaai daaroor nie, maar ook by gesprekke om die braaivleisvuur

waar daar bespreek word wat die beste is – ʼn algemene opleidingstaal of in jou moedertaal.

Prof. Theuns Eloff, voormalige visekanselier van die Noordwes-Universiteit (NWU), sê daar is ʼn direkte verband tussen moedertaalonderrig en akademiese prestasie. Hy noem ook dat ouers dikwels dink hulle kinders is verseker van ʼn beter toekoms as hulle hul skoolopleiding in Engels ontvang of in Engels studeer. “Maar om ʼn kind van die platteland te vat en te verwag dat hy ewe skielik Engels moet verstaan, is gek,” sê hy.

“Ons sien eerstehands die voordeel wat studente ervaar as hulle in hul moedertaal (by ons is dit Afrikaans) onderrig word, daarom veg Solidariteit en AfriForum saam met ons hiervoor.

“Dit is eenvoudig logies dat die beste gehalte onderrig kan plaasvind in die taal wat jy die beste verstaan,” sê Paul van Deventer, besturende direkteur van Sol-Tech.

Solidariteit Tydskrif het gaan uitvind wat Sol-Tech se studente dink oor die voorreg om in Afrikaans opgelei te word.

Wat beteken dit vir jou om in jou moedertaal onderrig te ontvang?Henko van den Berg (Griekwastad): “Almal moenie in een hok geforseer word nie. Ons kulture en tale is uniek. Daar moet strukture gebou word vir opleiding in ander tale as Engels. Ek weet Engels is die taal van die wêreld, maar ons wil opgelei word in ons moedertaal.”

Heduard van der Westhuizen (Richardsbaai): “Dis ʼn groot voorreg om in Afrikaans opleiding te ontvang. Dit was vir my vreemd om so baie Afrikaans by Sol-Tech te hoor die eerste ruk.”

Marius Bruyns (Pretoria): “Niemand word gedwing om ʼn Afrikaanse opleidingsinstansie by te woon nie, daar is ander opsies. Die druk wat Afrikaans ervaar, dwing ons om uit te brei.”

Wat is die voordeel daarvan om in jou moedertaal opgelei te word? HJ Prinsloo (Harrismith): “Ek dink ʼn mens verstaan die werk net soveel beter as jy opleiding in jou moedertaal ontvang.”

Fouche Barnardt (Pretoria): “Die klasse by Sol-Tech is Afrikaans, maar die terminologie word steeds in Engels gebruik, wat baie help wanneer jy eendag gaan werk.”

Dink jy moedertaalonderrig sal jou eendag in die bedryf help en hoekom dink jy so? Diederik McDonald (Centurion): “Om alles in suiwer Afrikaans te doen, gaan dit moeilik maak om reg te kom in die bedryf. Maar as die terminologie in Engels gebruik word en in Afrikaans verduidelik word, los dit die probleem op.”

HJ Prinsloo (Harrismith): “Ek weet dit sal my help in die bedryf, want werkgewers is baie positief as jy noem dat jy van Sol-Tech is. Hulle weet die studente het kwaliteitkennis van hul ambag.” S

Sol-Tech-studente sê oor moedertaalonderrigDeur Cilleste van Dyk

Foto

’s: m

oRn

é pRi

nsl

oo

Heduard van der Westhuizen

Henko van den Berg

Fouche Barnardt

Page 51: Solidariteit nr3 van 2016 web

www.solidariteit.co.za51Issue 3 of 2016

IN BEWEGING

David Nkosi (25) en Markus Maartens (24) het sedert die vorige uitgawe van Solidariteit Tydskrif verdere bande gesmee met ʼn unieke geleentheid wat

oor hul pad gekom het. Hierdie twee Sol-Tech-studente het opspraak gemaak met hul kameraadskap. Albei is doof en deur mekaar te help, kon hulle ʼn kursus aanpak om as elektrisiëns te kwalifiseer.

Markus het in daardie onderhoud genoem dat hy en David hoop om ná afloop van hul studies by Sol-Tech deur dieselfde werkgewer in diens geneem te word. Hulle kan nie voorsien wat in die toekoms gaan gebeur nie, maar dit sal uiteraard vir hulle ideaal wees om by dieselfde werkgewer te werk sodat hulle kan aanhou om mekaar te help.

Die jongste nuus oor die twee se paadjie saam is dat hulle wel by dieselfde werkgewer geplaas is vir indiensopleiding. Ajani, wat Sol-Tech-studente plaas, kon met hul unieke diens dit regkry om ʼn werkgewer te vind wat albei studente gaan inneem vir hul praktiese fase. Dus is nog ʼn droom van die twee bewaarheid.

Markus, wat op ʼn jong ouderdom doof geword het, kan liplees. David, wat doof gebore is en wie se ouers albei doof is, kan egter nie liplees nie. Markus tolk dus alles wat in die klas gesê word vir David. David is egter akademies sterker as Markus en staan hom daarom met sy studies by.

Die twee studente se paadjies het in 2001 vir die eerste keer gekruis toe hulle albei begin

skoolgaan het by die Transoranje Skool vir Dowes in Pretoria. Hoewel hul paadjies ná skool vir ʼn jaar of wat geskei het, het hulle mekaar weer by Sol-Tech raakgeloop waar hulle albei tans die kollege se elektrisiënkursus volg. Soos wat hul vriendskap oor die jare heen ontwikkel het, het die twee studente begin om mekaar te ondersteun en aan te vul.

Paul van Deventer, besturende direkteur van Sol-Tech, verduidelik dat die twee studente feitlik onafskeidbaar is. Dit het veral duidelik geword toe David en Markus vir ʼn ruk lank geskei is; David na die praktiese deel van hul kursus in die werkswinkels gevorder het en Markus moes agtergebly omdat hy met ʼn paar vakke vasgeval het.

“Ons het agtergekom dat die twee studente nie sonder mekaar se ondersteuning kon klaarkom nie. Sol-Tech het daarom ʼn spesiale reëling getref dat beide Markus en David na die werkswinkelfase kon vorder en dat Markus sy N-kursus later kon voltooi. Hulle albei floreer nou in die werkswinkels,” sê Van Deventer.

Wat Markus en David se verhaal verder besonders maak, is die feit dat hulle albei in relatief moeilike omstandighede grootgeword het. Markus se ma is oorlede toe hy nog baie jonk was. Hoewel sy pa nog leef, is hy nie in staat om Markus finansieel te ondersteun nie. Markus bly nou by sy meisie se ouers en studeer met behulp van ʼn rentevrye studielening van Solidariteit Helpende Hand. David, wat reeds getroud is, studeer ook met behulp van ʼn rentevrye studielening. S

David, Markus se unieke pad saam nog lank nie verby nie

Deur Cilleste van Dyk en Inge Strydom

Almur laat die draaibanke sing

Almur Marais, ʼn trotse Sol-Tech-student van Stilfontein, het aanvanklik Pretoria toe gekom

om as passer en draaier te kwalifiseer. Daarbenewens het hy homself ook vergewis van alles wat met musiek te doen het en dit is hoe hy sy volgende groot droom bewaarheid het.

The Voice South Africa is vir die eerste keer vanjaar in Suid-Afrika aangebied en Almur het besluit dat dit sy kans is om sy musiekloopbaan na hoër hoogtes te neem. Karen Zoid, die beoordelaar wat hom gekies het om deur te dring na die volgende rondte, het sy talent onmiddellik raakgesien (of gehoor) toe hy George Ezra se “Budapest” gesing het daardie eerste dag, en die res is geskiedenis.

Die soms moeilike lewe van ʼn musikant is nie iets nuuts vir Almur nie, omdat hy reeds vir ʼn jaar sy droom om as musikant op te tree gevolg het voor hy besluit het om by Sol-Tech te kwalifiseer. Hoewel Almur absoluut alles in die kompetisie aangegryp en eindelik in die topvier geëindig het, het hy besluit om steeds sy kwalifikasie te voltooi terwyl hy sy nuutgevonde musiekloopbaan nastreef.

“Wel, ek het tegnies die kursus voltooi gedurende die kompetisie, maar het besluit om nie dadelik my indiensopleiding (praktiese werkplekervaring) te doen nie en eers te fokus op my musiekloopbaan. Ek sal myself nooit vergewe as ek nie ten minste net die water toets nie.

“Ek gaan in Junie by Karin (Zoid) kuier om te besluit hoe ek hierdie geleentheid na die beste van my vermoë kan benut. Sy is waarlik ʼn groot mentor vir my. As alles goed verloop, wil ek graag deur die hele Suid-Afrika reis en sing waar ek ook al kan. ʼn Groot pluimpie vir my is dat Karin my genooi het om te verskyn in ʼn episode van Zoid Afrika. Net ʼn paar maande gelede het ek in verwondering na al die kunstenaars op hierdie program opgekyk.

“My pa het van kindsbeen af vir ons gesing om aan die slaap te raak in die aand; musiek is deel van ons gesin. Ek het my eerste kitaar op 16 gekry. Dit was eers ʼn jaar later wat ek musiek en om te sing meer ernstig opgeneem het. Musiek het my al deur baie gehelp. Ek sal nie regkom sonder musiek nie.” S

Page 52: Solidariteit nr3 van 2016 web

www.solidariteit.co.za52Uitgawe 3 van 2016

Stuur jou regsvrae na: Jy & die reg, Posbus 11760, Centurion, 0046;stuur ‘n e-pos na [email protected]; of faks na 012 664 1102.jy & die Reg

Niemand mag verplig word om ʼn poligraaftoets te ondergaan nie – dit is strydig met die Grondwet. Onthou dus, heel eerste, dat niemand jou mag dwing om ʼn

poligraaftoets te ondergaan sonder dat jy jou skriftelike toestemming gegee het nie.

Voorts moet jy bewus wees van die prosedure wat tydens die afneem van ʼn poligraaftoets gevolg moet word:• Jy moet in kennis gestel word dat die

ondervraging vrywillig is;• Slegs vrae wat voor die ondervraging gevra

is, mag gedurende die ondervraging gebruik word;

• Jy het die reg op ʼn tolk, indien nodig; en• Indien jy dit verkies, moet ʼn ander

persoon teenwoordig wees ten tye van die ondervraging, met dien verstande dat die persoon nie sal inmeng met die verrigtinge nie.

Die uitslae van ʼn poligraaftoets mag net aan gemagtigde persone bekendgemaak word. Daar is enkele gevalle waar poligrafiste wel toegelaat is as spesialisgetuies voor die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA). Die kommissaris beskik oor die jurisdiksie en verantwoordelikheid om te besluit of die bepaalde getuies toelaatbaar en betroubaar is al dan nie.

ʼn Poligraaftoets mag ook nie só geïnterpreteer word dat skuld geïmpliseer word nie. Dit kan wel as verswarende omstandighede dien, veral as daar ook ander bewyse van wangedrag is; met ander woorde, dit kan gebruik word om bestaande bewyse te ondersteun.

Werkgewers moet versigtig wees wanneer dit kom by die afneem van poligraaftoetse, aangesien die uitslag van die toetse normaalweg niks anders as hoorsê-getuienis is nie.

Wat is poligraaftoets?ʼn Poligraaftoets, algemeen bekend as ʼn “leuenverklikkertoets”, is ʼn toestel wat basiese tipes sielkundige data meet – gewoonlik differensiële bloeddruk, hartklop, asemhaling en velgeleiding. ʼn Skuldige persoon wat ondersoek word deur die gebruik van hierdie toestel, sal

bang wees om uitgevang te word, en sy liggaam se fisiologiese reaksie sal dié vrees weerspieël. Sulke onwillekeurige reaksies word dan deur die poligraaftoets gemeet.

Kan die uitslag van ʼn poligraaftoets gronde vir ontslag wees? Die omstredenheid gekoppel aan poligraaftoetsing in die konteks van arbeidswetgewing bly ʼn kwessie wat die KVBA en arbeidshowe laat kopkrap oor wanneer om die gebruik van hierdie toets in die werkplek te aanvaar, sonder om uitsluitlik staat te maak op die toetsresultate om die ontslag van ʼn werknemer te regverdig.

In die praktyk kan ʼn poligraaftoets nie dien as bewys dat iemand jok nie, aangesien die vrae dikwels te breed is om dit wat nie bedoel is of gesoek word nie, uit te sluit. Dit bewys definitief ook nie dat iemand skuldig is nie. Dit is bloot ʼn aanduiding van misleiding of bedrog. Ons howe aanvaar dat poligraaftoetsing nie meer

kan doen as om die bestaan of afwesigheid van misleiding te kan bewys nie en dus nie kan bewys dat ʼn persoon skuldig is aan ʼn misdaad nie. Versuim deur ʼn werkgewer om te voldoen aan die reëls met betrekking tot die gebruik van poligraaftoetse, mag die saak van ʼn werkgewer benadeel en veroorsaak dat die saak gesien word as onbetroubaar indien die poligraaftoets die basis van die saak teen ʼn werknemer vorm. Ten einde poligrafiese bewyse as relevant in ʼn verhoor te kan aanvaar, moet sulke toetse ten minste ondersteun word deur ander bewyse.

ʼn Poligraaftoets op sy eie kan nie sonder ander ondersteunende bewyse voldoende gronde vir ontslag wees nie. Op sy beste kan net ʼn afleiding gemaak word uit die dop van die toets. In die afwesigheid van deskundige getuienis deur ʼn poligrafis om te verduidelik wat hierdie afleiding is, is die gebruik van die toets as bewysstuk ook beperk. S

Jou regte met ʼn poligraaftoetsDeur Devon Basson

Foto

: isto

ckph

oto

.com

Page 53: Solidariteit nr3 van 2016 web

Issue 3 of 2016 www.solidariteit.co.za53

IN BEWEGING

The trade union Solidarity recently announced that it served court papers on the Government Employees Pension Fund (GEPF) at the High Court. This comes after the GEPF had unlawfully and without consultation amended the formula in terms of which officials’ actuarial interest at the time of

resignation are calculated.According to Johan Kruger, Solidarity’s Deputy Chief Executive, those

civil servants who intend to or who have already resigned after the unilateral amendment of the formula took effect will lose or have lost benefits worth thousands.

Solidarity also registered a class action on behalf of more than 1,2 million civil servants and will consequently hold the GEPF liable for the unilateral amendments made to the formula. “The GEPF application that Solidarity is bringing before the Court is a major lawsuit and is probably the first of its kind. We contend that the GEPF has not followed a proper consultation process as required under the rules of the fund. Solidarity’s lawsuit against the GEPF would be to the benefit of all civil servants,” Kruger said.

“In addition, Solidarity demands that persons who have resigned since the unilateral amendment should be compensated as if the previous formula has still applied and that moratory interest be payable on these amounts,” Kruger said.

Solidarity also demands that the GEPF review the changes which have been made to the formula by which civil servants’ pension benefit is calculated. S

Class action launchedagainst pension fund

By Francois Redelinghuys

pho

tog

Raph

: isto

ckph

oto

.com

Page 54: Solidariteit nr3 van 2016 web

www.solidariteit.co.za54Uitgawe 3 van 2016

IN BEWEGING

Ons bou, veral aan menseverhoudings

Posduif

Foto

: isto

ckph

oto

.com

“Ons bou”: ’n mooi tema vir vandeesmaand. Ook ’n baie nood-saaklike tema in die konteks van

hedendaagse Suid-Afrika. Daar is baie om te bou: paaie, brûe, fabrieke… Maar die bouwerk wat die dringendste is, is waarskynlik dié aan menseverhoudings.

Ek het in my 45 jaar nog nooit slegter menseverhoudings in hierdie land beleef as deesdae nie. Goed, ek was maar ’n vyfjarige tjokkertjie met die Soweto-opstande en kon waarskynlik in daardie stadium nie veel verstaan van alles wat gebeur nie. Ek moet dalk gaan kers opsteek by diegene wat ek as “oom” of “tannie” sou aanspreek. Maar vandat ek êrens in die middel 80’s bewus geword het van die verskille tussen my en ander mense, het ek dit nog nooit só negatief ervaar soos tans nie.

Sosiale media, vir al sy deugde van bemagtiging en stemgewing, is ook maar ’n euwel in soverre dit elke persoon ’n seepkissie gee om afbrekende, negatiewe dinge kwyt te raak en die wolwe op ʼn ander se spoor te sit. En nou weet ek nie of ek net op die verkeerde plekke kyk nie, maar dit lyk vir my asof die slegte baie meer aandag geniet as die goeie in mense se omgang op sosiale media.

Wat is dit dan? Hierdie geweldige neiging om af te breek? Ek kan so ʼn effense filosofiese raaiskoot waag: Ons Aarde, die ander planete in ons sonnestelsel, die meer as honderd miljard sterre in ons melkwegstelsel en die honderd miljard sterrestelsels tot dusver aan ons bekend, het almal iets in gemeen, naamlik entropie. Daar is baie maniere om entropie te verduidelik, maar een van die maniere om daarna te kyk, is dat dit gaan om die geleidelike afbreek van alle dinge. Stof tot stof en as tot as, berge wat tot vlaktes erodeer, sterre wat uitbrand… Dis die tendens van die heelal vir sover ons dit kan bereken met die vermoëns tot ons beskikking. En in hierdie enorme heelal is daar maar een ding wat hierdie tendens kan teëgaan, naamlik die lewe.

Dit is ’n besondere gawe van die lewe dat ons kan bou, dat ons as’t ware teen daardie kernreël van die ganse heelal kan ingaan en bou.

Maar maklik is dit nie. As die ganse heelal om jou neig tot vernietiging, afbreking, uitbranding, dan is die druk groot om dit ook te doen. Nie net is die druk groot nie, dit is ook

veel makliker, omdat die heelal volgens daardie reël funksioneer en gerangskik is. Dis waarom daardie venster wat ek in 1983 binne een sekonde met my kettie uitgeskiet het, my weke en weke se sakgeld gekos het om te herstel. Dit is nou maar eenmaal makliker, vinniger, eenvoudiger om te breek. ’n Lui mens kan met baie meer sukses breek as wat ’n flukse mens kan bou.

Watter kans het ’n bou-mens dan? Dis hier waar die goeie nuus begin. Eerstens kan daar nie gebreek word as daar niks is om te breek nie. Die brekers is dus altyd afhanklik van die bouers. Die bouers het die brekers nie nodig nie. En dit beteken dat die versekering van die bouer se bestaan in beginsel altyd bo dié van die afbreker staan. Daarin lê ’n sekere, stille krag. Dis ’n kruis waaraan jy swaar dra, maar ’n kruis wat ook ’n kruis van verlossing is.

’n Tweede brokkie goeie nuus is dat bouers mekaar bou, maar dat brekers nie net bouers breek nie, maar ook hul mede-brekers. Bouers is, in teenstelling met brekers, nie hul eie vyande nie. Dit is die bose drang wat uiteindelik die bose sal vernietig.

Ek het nou lekker gesit en filosofeer met my biertjie hier langs my, maar wat help dit as ek nie die einde van die heelal en die laaste brekers gaan sien nie; as my lewe net ’n verhaal word van stryd teen die brekers? Waar sal my troos vandaan kom? Wel, buiten die troos van God, wat nie iets is wat ek op enigiemand sal afdwing of opdring nie, is daar nog dít: genot. Nie die smaad of leedvermaak van die breker wat in sy vertoon baie na genot lyk terwyl dit niks anders as ’n leë, onopgeloste hunkering is nie, maar die ware genot van vervulling wat net te kry is wanneer ons bou. S

CHRIS CHAMELEON

Dit is nou maar eenmaal makliker, vinniger, eenvoudiger om te breek.

’n Lui mens kan met baie meer sukses breek as wat ’n flukse mens kan bou. 

Page 55: Solidariteit nr3 van 2016 web

www.solidariteit.co.za55Issue 3 of 2016

ʼn Tandarts van Kaapstad sal die publiek verteenwoordig wanneer Solidariteit in Augustus vanjaar sy stryd teen diskriminasie by die Verenigde Nasies

(VN) in Genève, Switserland voortsit. Solidariteit het in September verlede

jaar sy klag ingevolge die internasionale konvensie vir die uitskakeling van alle vorms van rassediskriminasie ingedien. In Augustus kry die vakbond die geleentheid om dié klag aan die relevante komitee voor te lê. Hierdie besoek word afgelê met ʼn ambassadeur, Philip van Niekerk (31), wat die publiek van Suid-Afrika gaan verteenwoordig. Van Niekerk is uit honderde aansoekers gekies as die kandidaat wat die publiek tydens die besoek aan die VN sal verteenwoordig. Die tien aansoeke wat die beste gemotiveer was, is uit al die aansoeke gekies, en uit dié tien is Van Niekerk uiteindelik as die geskikte kandidaat aangewys.

“Ek het nege kandidate beter as ek self gesien toe ek die toptien sien wat deurgedring het vir die finale ronde van die Vlieg saam-kompetisie,” het Van Niekerk gesê toe Solidariteit Tydskrif hom vra hoe die ander kandidate se motiverings vir hom gelyk het. “Ek wou lankal meer betrokke raak by Solidariteit, en hierdie kompetisie was ʼn gulde geleentheid daarvoor.”

Dit het Van Niekerk, wat tans ʼn vierdejaar- mediese student aan die Universiteit van Kaapstad is, ʼn dekade en twee grade (tandarts [BChD UWC] en ʼn BSc graad [Stell]) geneem om keuring te kry vir sy mediese loopbaan, ten spyte van sy hoë akademiese gemiddeld.

“Kwotas het my direk geraak: dit het my tien jaar geneem om vir mediese studies gekeur te word. Ek het die feit dat ek aanvanklik nie keuring gekry het nie, toegeskryf aan my eie tekortkominge, maar toe ek uiteindelik op 29 keuring kry, het ek agtergekom dis nie omdat ek nie goed genoeg was nie – dit was oor die beheptheid met kwotas,” sê hy.

Waaroor gaan die VN-besoek?In die stryd teen onbillike diskriminasie het die vakbond Solidariteit in September verlede jaar ʼn klag ingevolge die internasionale konvensie vir die uitskakeling van alle vorme van rassediskriminasie by die VN in Genève ingedien. Suid-Afrika is ʼn ondertekenaar en lidland van die konvensie en moet elke twee jaar oor die land se voldoening aan die konvensie verslag doen.

Burgerlike organisasies kan ʼn skaduverslag

in reaksie op ’n regering se verslag indien. Die waghondkomitee in die konvensie kan dan aanbevelings aan die lidland doen. Dié aanbevelings moet geïmplementeer word en die betrokke land moet oor die implementering verslag doen. Solidariteit se klag neem die vorm van ʼn skaduverslag aan, na aanleiding van die regering se verslag wat in Desember 2014 ingedien is. Die regering het sy verslag agt jaar laat ingedien.

Dr Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, verduidelik dat Solidariteit as deel

van die klagteprosedure sy skaduverslag aan die genoemde komitee van die VN gedurende die komitee se sitting in Augustus vanjaar sal voorlê.

Die klag volg onder meer op Renate Barnard se nege jaar lange stryd teen rassekwotas in die Suid-Afrikaanse Polisiediens wat sy uiteindelik in die Konstitusionele Hof verloor het. Die Solidariteit-klag fokus egter ook op die regering se gebruik van rassekwotas wat op grond van die land se nasionale rassedemografie gemeet word. S

Tandarts gaan saam met Solidariteit na VNDeur Cilleste van Dyk

Steve Scott, president van Solidariteit; Philip van Niekerk; en dr Dirk Hermann,

bestuurshoof van Solidariteit.

IN BEWEGING

Foto

’s: Re

int D

ykem

a; ist

ock

pho

to.co

m

Page 56: Solidariteit nr3 van 2016 web

www.solidariteit.co.za56Uitgawe 3 van 2016

IN BEWEGING

Die Solidariteit Beweging se geskiedenis strek ver terug tot net ná die Anglo-Boereoorlog toe dit as die Transvaal Miners’ Association gestig is en later die

Mynwerkersunie geword het. Dié unie het uiteindelik die Solidariteit Beweging geword. Soos prof. Wessel Visser, bekende arbeidshistorikus, tereg opgemerk het, is dit ʼn merkwaardige prestasie vir ’n organisasie om vir meer as ’n eeu lank te oorleef – méér nog: om ná ʼn honderd en veertien jaar sterker as ooit te wees!

Wie is Dirk Hermann wanneer hy sy kantoordeur toetrek? Ek is ’n pa met ’n wonderlike vrou en vier pragtige dogters. Ons moet ons gesinne oppas. In vandag se gejaagde lewe kan ’n mens so maklik ons gesinne, die boublokke van die gemeenskap, afskeep.

Wat behels jou werk as bestuurshoof van Solidariteit?Om ’n toekoms te skep waarbinne die Afrikanerkultuurgemeenskap en die Afrikaanse taalgemeenskap vry, veilig en voorspoedig is. Ons het reeds in 1997 besef die antwoord

vir minderhede lê in sterk, lewenskragtige instellings. Vandag is dit nog méér waar. Hoe swakker die staat word, hoe belangriker is burgerlike instellings.

Hoe het jou pad tot hier geloop?Die pad het met my hierheen geloop. Ek het nooit gedink ek sal by ’n vakbond werk nie. Vakbonde is oor die algemeen mos vreemd vir Afrikaners. Ek het vir Flip Buys in 1997 oor die internet ontmoet terwyl ek ’n internskap in Texas gedoen het. Hy het my só geïnspireer met sy visie dat ek my planne om akademie toe te gaan, laat vaar het en by die vakbond as organiseerder begin het.

Wat sien jy as die kernbesigheid van Solidariteit?Ons is in die besigheid van hoop. Daar is talle hoopdiewe in Suid-Afrika. Ons besigheid is om hulle te beveg en hoopskeppers te wees.

Hoe sien jy die rol van ’n Christelike vakbond soos Solidariteit in Suid-Afrika?Daar is twee tipes vakbonde in die wêreld. Die eerste is die sosialistiese vakbonde. Dit

is tipies Cosatu soos ons dit vandag ken. Die tweede is die Christelike vakbonde. Solidariteit is in die Christelike tradisie, wat daarin glo dat sy lede en die gemeenskap toegerus moet word om hul roepings uit te leef. Ons glo aan selfverantwoordelikheid en harde werk. Dit is alles waardes wat Suid-Afrika nou nodig het. Die hele Solidariteit Beweging is uit ons Christelike waardestelsel gebore.

Vertel ons meer van die Solidariteit Beweging.Die Solidariteit Beweging is uit Solidariteit gebore. Daar is 18 verskillende instellings in die Beweging. Die doel van die hele Beweging is om self verantwoordelikheid te neem vir ‘n toekoms waarin ons vry, veilig en voorspoedig is. Die Beweging funksioneer op die volgende terreine: werk, burgerregte, die maatskaplike terrein, opleiding, kultuur, en media. Die grootste instellings is Solidariteit, AfriForum, Solidariteit Helpende Hand, Akademia, Sol-Tech, die FAK, Kraal Uitgewers en Maroela Media. Solidariteit besit ook verskeie besigheidsinstellings.

Wat is die grootste uitdagings

Ons is sterker as ooit en reg om te bouSolidariteit Tydskrif en Juig! het met dr Dirk Hermann, Solidariteit se bestuurshoof en een van die belangrikste ratte in die goedgeoliede Solidariteit-masjien, oor die instelling se welslae en toekomsplanne gesels.

“Doen wat jy moet doen en vertrou op die Here se TOEKOMSBELOFTE.

Hy gee jou ’n toekomsbelofte daar waar Hy jou roep, en jy kan dit glo.”

Foto

: Rei

nt D

ykem

a

Page 57: Solidariteit nr3 van 2016 web

IN BEWEGING

waarmee ’n moderne vakbond soos Solidariteit vandag te kampe het?Om te midde van groot ekonomiese uitdagings en diskriminerende rassepraktyke te sorg dat mense goeie werk het. Dit is ook waarom opleiding vir ons so belangrik is. Solidariteit Helpende Hand het byvoorbeeld die afgelope jaar R30 miljoen uitbetaal in die vorm van studiehulp aan Afrikaanse jongmense wat nie andersins sou kon studeer nie.

Hoeveel lede het die vakbond en die breë Beweging tans? Hoe lyk die groeivooruitsigte van die instellings? Solidariteit het sowat 150 000 lede en die breë Beweging het ongeveer 350 000 lede. Ons is verreweg die grootste Afrikaanse beweging, asook een van die grootste burgerlike organisasies in Suid-Afrika. Die instellings van die Beweging is nog almal in sterk groeifases. Akademia gaan byvoorbeeld uitgebou word tot ’n volwaardige wêreldklas, privaat Afrikaanse universiteit.

Solidariteit fokus op een van die grootste veldtogte nog met die tema Ons Bou. Waarom so ’n veldtog? Mense voel moedeloos en ons wil mense aanmoedig om saam met ons aan ’n toekoms te bou. Elkeen se baksteen is noodsaaklik. Hoe meer mense ons ondersteun, hoe groter en hoe vinniger kan ons bou. As universiteite onder druk is, bou ons ’n nuwe universiteit, Akademia. As die staat se tegniese kolleges ineenstort, bou ons ’n nuwe kollege, Sol-Tech. Indien jongmense op grond van ras nie beurse kan kry nie, bou ons ’n reusestudiefonds. Indien daar onbillik op grond van ras teen mense gediskrimineer word, bou ons ’n Regsfonds en vat die regering in die Konstitusionele Hof en by die Verenigde Nasies aan. Indien staatsmedia se boodskappe gefilter word, bou ons ’n nuwe media-instelling, Maroela Media. Die doel van die #OnsBou-veldtog gaan wees om mense aan te moedig om ons te ondersteun en só saam te bou. Ons wil mense laat besef dat die toekoms in ons hande is.

Hoe dink jy kan minderhede hulself bemagtig in ’n land waar die regering toenemend vyandig teenoor hulle is? Minderhede moet met selfvertroue hul grondwetlike regte opneem. Ons is nie demokratiese onderdane nie, maar burgers wat moet opstaan. Minderhede moet egter nog harder bou aan instellings waardeur hulle kan leef.

Het jy hoop vir die toekoms? Hoekom? Ja, want ons gaan dit self bou. Doen wat jy moet doen en vertrou op die Here se toekomsbelofte daar waar Hy jou roep.

Wat is jou boodskap in die tye waarin ons leef aan Afrikaners?Doen wat jy moet doen en vertrou op die Here se toekomsbelofte. Hy gee jou ’n toekomsbelofte daar waar Hy jou roep, en jy kan dit glo. S

Page 58: Solidariteit nr3 van 2016 web

www.solidariteit.co.za58Uitgawe 3 van 2016

IN BEWEGING

Ons is almal vertroud met die ou sêding van hoe mens ’n olifant moet opeet – stukkie vir stukkie, een happie op ’n slag. Dieselfde beginsel is van toepassing op die

bou van welvaart. Vir die meeste van ons kom welvaart nie oornag nie. Dit kom met dissipline en met tyd. In hierdie artikel wil ons graag fokus op die groot verskil wat klein besparings oor tyd kan maak om persoonlike welvaart op te bou, en ons wil dit graag illustreer aan die hand van ’n paar praktiese voorbeelde. Huisverband: Betaal maandeliks ’n

ekstra bedrag teen jou huisverband af. Deur R1 500 ekstra op ’n huisverband van R1 miljoen te betaal, word die terugbetaaltydperk van twintig jaar na minder as veertien jaar verkort. Alternatiewelik kan ’n mens jaarliks jou verbandpaaiement met inflasie aanpas. ’n Paaiement van R9 000 per maand word byvoorbeeld ná ’n jaar met 7% na R9 630 per maand aangepas. Op hierdie manier kan ’n verband wat normaalweg oor twintig jaar afgelos word binne ’n raps meer as tien jaar afbetaal word. Omdat ’n mens jaarliks

salarisverhogings ontvang, is hierdie ’n bekostigbare alternatief.

Ongesonde lewenstyl: Baie van ons is nou eenmaal verknog aan ongesonde en onnodige gewoontes soos sigarette, drank en soetgoed. ’n Mens preek nie graag hieroor nie, maar ons moet besef dat dit nie alleen ons gesondheid benadeel nie, maar ook ons welvaart plunder. ’n Persoon wat vier pakkies sigarette per week rook, ’n paar drankies drink en vier of vyf sjokoladestafies eet, kan maklik R250 per week of R13 000 per jaar aan hierdie gewoontes spandeer. Indien hierdie geld op die JSE-effektebeurs belê sou word, kan mens ná ’n loopbaan van 35 jaar met ’n addisionele R25 miljoen (R2,3 miljoen in huidige terme) in jou sak aftree. Dan neem ons nog glad nie die addisionele mediese uitgawes in ag wat deur ʼn ongesonde lewenstyl meegebring word nie.

Huishoudelike uitgawes: Jy sal verbaas wees oor hoeveel ’n mens maandeliks kan spaar deur meer omsigtig met dag-tot-dag uitgawes soos water en elektrisiteit te werk te gaan. Daar is letterlik honderde maniere om klein besparings

in die huis teweeg te bring: Stort korter; moenie die stort se krane vol oopdraai nie; gebruik minder badwater; sit ligte af; beperk jou motorritte; moenie kos mors nie; of drink water in plaas van koffie of koeldrank. ’n Bad gebruik gemiddeld vier keer meer water as ’n vinnige stort. Nie alleen mors dit water nie, maar ook elektrisiteit omdat die waterverwarmer meer water moet verhit.

Belegging as eerste prioriteit: Mense wat meen hulle sal aan die einde van die maand kyk of daar enige geld oor is en dit dan belê, het gewoonlik min sukses. Hiervoor is daar gewoon te veel noodsaaklikhede en versoekings in die pad. Die beste raad is om heel eerste die beleggingsgeld opsy te sit – verkieslik in ’n aparte rekening. Uiteindelik kom ’n mens tog maar uit met die balans, al is dit ook met raap en skraap!

Welvaart is nie iets wat oornag gebeur nie. Bitter min mense red ’n hopelose finansiële posisie deur ’n tydige erfporsie; nóg minder vanweë groot loterywinste. ’n Veel sekerder manier is om jou welvaart stadig maar seker te bou – stukkie vir stukkie soos wat mens ’n olifant opeet! S

Só bou ons welvaart stukkie vir stukkieDeur Appie Pienaar

MY GELD

Foto

: isto

ckph

oto

.com

R1 500ekstra afbetaling op ‘n huisverband van R1 miljoen kan die terugbetalings-tydperk van twintig jaar tot minder as veertien jaar verkort.

Page 59: Solidariteit nr3 van 2016 web

www.solidariteit.co.za59Issue 3 of 2016

IN BEWEGING

Talle mense regoor die wêreld is al afgedank en hul reputasie verwoes oor stellings wat hulle op sosialemediaplatforms soos Facebook en Twitter gemaak het.

Dit is belangrik om te onthou dat ’n mens nie meer enigiets ondeurdags aanlyn kan kwytraak nie. Vermy hierdie vyf sosialemediaflaters wat, voor jy jou oë uitvee, verwoesting kan saai:• Moenie rassistiese, seksistiese of ander

beledigende kommentaar publiseer nie. Enige sosialemediaplasings wat as uitdagend, aanstootlik, beledigend of in swak smaak ervaar kan word, moet eerder nié geplaas word nie. In die kuber-era waarin ons onsself bevind, is dit die vinnigste roete na afdanking.

• Moenie aanlyn oor jou werk en/of jou baas kla nie. Almal moet soms stoom afblaas, maar om jou ware gevoelens oor jou werk met die publiek te deel, mag jou dalk jou werk kos.

• Moenie vertroulike inligting en “handelsgeheime” oor jou maatskappy aanlyn deel nie. Wanneer jy vertroulike inligting oor jou werkgewer en die maatskappy aanlyn onthul, word jy nie meer as betroubaar beskou nie en kan jou werk in gedrang wees.

• Moet nooit iets aanstootliks namens die maatskappy plaas nie. As jy in beheer van die maatskappy se sosialemediaplatforms is, is dit altyd goed om twee keer te dink voordat jy iets námens die maatskappy plaas.

• Moenie verkondig dat jy ander werk soek nie. Sosiale media is deesdae ’n belangrike instrument as dit by die keurings- en aanstellingsproses van nuwe personeel kom. Maar as jy op soek is na ’n nuwe werk en jou huidige baas sien dat jy skielik met ’n halfdosyn personeelagentskappe op LinkedIn gekonnekteer het, kan dit ’n ongemaklike situasie in die werkplek veroorsaak.

Juran van den Heever, wat tans besig is met sy doktorsgraad in kommunikasiebestuur, spits sy tesis toe op reputasiebestuur en die gebruik van sosiale media daarvoor. Volgens Van den Heever kan sosiale media vergelyk word met ’n arena. Sodra iets op sosiale media gedeel word, is dit asof jy dit in ’n groot, publieke arena aankondig.

Hoewel vryheid van spraak ’n goeie ding is, regverdig dit nie noodwendig vryheid van haat nie. Van den Heever identifiseer ’n paar goed wat liefs vermy moet word met die gebruik van sosiale media, insluitend haatspraak, rassisme, diskriminasie en aanhitsing tot geweld. “Ons lewe in ’n rassensitiewe land en nog meer in ’n rassensitiewe era. Daarom moet ons eerder

enige kommentaar, inhoud of plasings op sosiale media wat daarmee verband hou, vermy,” sê hy.

Onthou, elke persoon wat aanlyn aktief is, laat voetspore op die wêreldwye web. Ongelukkig kan dit soms tot onbedoelde negatiewe gevolge lei. Die beste benadering, of oplossing, is om te dínk voordat jy ’n standpunt of mening op sosiale media plaas. S

Spraaksaam, dóg waaksaam op sosiale mediaAlmal hoor die stories van mense wat afgedank is as gevolg van sosialemediaflaters. Totdat jy jouself in dié warm water bevind, is dit maklik om te vergeet dat dit wat jy aanlyn kwytraak, jou later kan inhaal. Net soos ʼn spieël reflekteer presies hoe jy lyk, kan sosiale media die beste én slegste kant van die inhoud wat jy daarop publiseer, reflekteer, vir almal om te sien, skryf LEANDRÉ BUYS.

Foto

: isto

ckph

oto

.com

“Hy wat in sy verstand, wil en emosie sleg praat, sal nie die goeie vind nie; hy wat ’n bose tong het, verval in boosheid.” ~

Spreuke 17:20 ~

WEB-WYS

Page 60: Solidariteit nr3 van 2016 web

www.solidariteit.co.za60Uitgawe 3 van 2016

Making an impact protecting hearing

FOR MORE INFORMATION, PLEASE CONTACT US ON:

Tel: 012 348 9350

Fax: 012 348 9251

[email protected]

www.noiseprotection.co.za

pho

tog

Raph

s: is

tock

pho

to.co

m

Noise-induced hearing loss (NIHL) has since been established as a major occupational and social concern for decades now. Efforts to reduce the incidence of NIHL in

the workplace, particularly the mines, have been ineffective thus far – failing to completely eradicate the incidence of occupational NIHL cases.

Currently statistics from the Department of Mineral Resources (DMR) indicate that, on average, 1 600 cases of new hearing loss cases are reported each year. In particular, NIHL in the mining sector appears to be most prominent. Suggestions are that this is a result of action plans that are perhaps not comprehensive, hence ineffective. There is therefore a need for far more comprehensive & integrated programs to establish successful efforts of combating NIHL – besides the generic fitment of custom hearing protection devices alone.

Interesting to note is the role that social noise exposure plays in the whole battle against NIHL. While programs implemented in the workplace to combat incidence of occupational NIHL may be effective and thorough, these efforts are often fruitless as long as there is a chance of social noise exposure among employees. These included, but are not limited to, rock concerts, target shooting sports and hunting; loud music from car stereos and personal music players. It becomes a problem trying to separate NIHL from occupational or

social noise exposure as individuals are often exposed concurrently.

As such, comprehensive hearing conservation programs must not only be aimed at occupational noise exposure, but should include efforts targeted at social noise exposure as well so the “risk” is addressed from all angles. Such efforts are often lacking in most hearing conservation programs as emphasis is mainly placed on the custom hearing protective devices, and not the social aspect. As long as efforts towards combating NIHL are centred on occupational noise exposure, but exclude social noise exposure, the battle against NIHL is one that may never be won. At Impact Noise Protection, our Protec program attempts to address the issue of NIHL from both the occupational and social perspective.

How can Protec Program assist you?

The protect program consists of five different aspects targeted at first identifying a possible risk – both occupationally and socially, then devising means to address and eliminate the risk.

Risk identificationRisk for each employees will be identified through annual noise surveys and annual hearing screenings.

Risk eliminationThrough careful selection, Impact Noise Protection will fit your employees with our Ukuthula custom hearing protective devices to attenuate the noise employees are exposed to a level that is not detrimental to their hearing. These devices are moulded on site, and made custom for each individual ear. The devices will be serviced annually.

Addressing of social risks of NIHLThis aspect aims to address possible situations where employees may be exposed to hearing loss socially, so that their social behaviours do not counteract the employer’s efforts to ensure there is no incidence of NIHL in the workplace. This process will involve informative sessions, trainings, and distribution of brochures for all employees to raise awareness and promote better social behaviour. Each of the 5 aspects will be discussed in greater detail, allowing you, the employer, to have a more successful hearing conservation program for your employees.

The Protec Program – A customised, comprehensive solution to the battle against NIHL

ADVERTORIAL

Page 61: Solidariteit nr3 van 2016 web
Page 62: Solidariteit nr3 van 2016 web

www.solidariteit.co.za62Uitgawe 3 van 2016

IN BEWEGING

Gesinsetes is belangrikNavorsing deur die Universiteit van Michigan toon dat kinders wat saam met die gesin etes geniet baie beter taalgebruik en maniere het en het ook meer selfvertroue ten toon stel.

Navorsing toon ook dat kinders wat in so ’n huisgesin grootgeword het minder geneig is tot eetversteurings.

Deel die familiegeskiedenisVolgens navorsing deur Marshall en Robyn in 2001 het kinders wat die geskiedenis van hul familie ken en familiestories met mekaar kan deel meer selfvertroue en beheer oor hul lewens. Dit is dus baie belangrik om die familieverhaal aan jou kinders oor te dra. Dit dra verder daartoe by dat kinders glo dat hul families suksesvol funksioneer. Dit help ook dat kinders glo dat hul aan iets behoort wat groter as hulself is.

Verminder jou spanningMakliker gesê as gedaan. Navorsing toon egter dat kinders die meeste daarby baat vind as hul ouers minder gespanne en moeg is. Verdere navorsing toon dat ouers se stres ’n negatiewe invloed op kinders se imuunstelsels en kognitiewe funksie kan hê. Verdere gevolge kan ’n verhoogde risiko vir diabetes, vetsug, allergieë en tandbederf wees.

Deel van ’n gemeenskapNavorsing deur Lin en Putnam toon dat jy vanweë ’n gevoel van ondersteuning en liefde meer geluk sal beleef indien dit voel of jy deel van ’n gemeenskap is. Lin en Putnam stel verder dat jy gelukkiger sal wees en meer deel van die gemeenskap sal voel as jy 10 of meer vriende in jou gemeenskap deel.

Gebruik lysiesBruce Feiler meld dat die gebruik van afmerklysies oneindig baie beteken. Feiler gee dié vyf nuttige wenke:• Gebruik verskillende lyste vir verskillende tye• Maak dit spesifiek• Fokus op dit wat moontlik verkeerd kan loop

• Pas die reël van slegs sewe items toe• Sluit die kinders by die lys in.

Bemagtig jou kindersNavorsing deur die Universiteit van California toon dat kinders beter vaar as hulle vir hulself dink en self planne maak om probleme op te los. Die navorsing stel voor dat kinders self doelwitte stel en hulself evalueer – natuurlik met begeleiding.

Oumas het superkragteNavorsing toon voorts dat die teenwoordigheid van oumas en oupas in families talle voordele vir kinders inhou, soos om hulle te leer om saam te werk en deernis te toon. Kinders wat gevolglik meer tyd saam met hul grootouers spandeer, is meer sosiaal en vaar aansienlik beter op skool. Die kinders toon ook meer agting vir ander. S

Dinge wat tot ’n gelukkige gesin kan bydraOm ’n gelukkige gesin te kweek, is nie maklik nie. Ons leef in ’n era wat baie mededingend en gejaag is. Talle ouers het hulself seker al die vraag afgevra oor hoe om ’n gelukkige gesinslewe te handhaaf en hul kinders op die bes moontlike manier te ondersteun. Dié SEWE WENKE – wat boonop deur navorsing ondersteun word – kan ’n groot invloed op jou gesin hê, skryf FRANCOIS REDELINGHUYS:

Foto

: isto

ckph

oto

.com

MY GESIN

Page 63: Solidariteit nr3 van 2016 web

www.solidariteit.co.za63Issue 3 of 2016

IN BEWEGING

With the narrow unemployment rate increasing to 26,7% during the first quarter of 2016, and the broad

unemployment rate currently around 36,3%, South Africans can rightly claim that jobs are as scarce as hen’s teeth.

It is estimated that, at the moment, around 521 000 fewer people have jobs than during the fourth quarter in 2015. The current total number of unemployed people in South Africa is approximately 8,163 million.

To lose your job or to have been looking for another for some time now can arguably be one of the most challenging periods in a

person’s life. Below are a few suggestions of things you could do if you find yourself in this unenviable position:

Accept temporary jobsIt is important that people should notice your work and become aware of what you are capable of. If the opportunity presents itself, don’t refuse the small opportunities that come your way; rather seize them.

Attend coursesLearning never stops. Even if youare unemployed you can still

expand your skills and broaden your knowledge by attending courses in your fields of interest.

Become a volunteerWorking as a volunteer makes yourself more employable – and it shows that you have an attitude of wanting to serve. It also shows that you are passionate about a cause and that you’re prepared to make sacrifices.

Start your own businessIt’s always a good idea to start your own business. Use your skills to make your business idea become a reality. S

Jobs are as scarce as hen’s teethBy Francois Redelinghuys

MY WORK

521 000FEVER PEOPLE HAVE JOBS than during the fourth quarter in 2015.

pho

tog

Raph

: isto

ckph

oto

.com •

so

uRc

e: Fo

Rbes

mag

azin

e

Page 64: Solidariteit nr3 van 2016 web

www.solidariteit.co.za64Uitgawe 3 van 2016

This is a summary of the BENEFITS attached to Solidarity membership. The benefits are subject to the constitution and policies of the union as well as the rules as contained in the rule book, and may be amended by the Executive Council of Solidarity without prior notice. New members who can provide proof that they belonged to another trade union in a collective company immediately prior to joining Solidarity will immediately be entitled to benefits, on the understanding that in instances where such members are, upon acceptance by Solidarity, engaged in litigation or a dispute, benefit limits may be imposed by the Executive Council at its discretion.

Buckets full of benefits for our members

Page 65: Solidariteit nr3 van 2016 web

www.solidariteit.co.za65Issue 3 of 2016

Independent Financial AdviceSolidarity Financial Services has an in-dependent financial advice department who can assist clients with various financial advice topics. This include basic budgeting and tax planning, risk and retirement planning as well as investment planning in general. The department has trained professionals that will assist with all your needs.• Phone 0861 101 005

R105 per

IN BEWEGING

15 and under20 years – R1 500R1 620. All claims must be submitted within

R1 350 is paid for each

Page 66: Solidariteit nr3 van 2016 web

mar elamedia

Het jy al die lekkerste Afrikaanse kuierplek op die internet ont-dek? By Maroela Media kan jy (gratis) nuus lees, op die hoogte bly met wat in die Afrikaanse musiekwêreld gebeur en selfs jou gunsteling rugbyspan ondersteun. Daar is eg Suid-Afrikaanse resepte, vuurwarm debatte en nuus oor Afrikaanse boeke. Skop jou skoene uit en smul saam by maroelamedia.co.za!

Toets jou taalkennisMinlik of nimlik?Minlik beteken “aanvallig” of “vriendelik”: haar minlike gelaat of ’n minlike skikking (sonder die tussenkoms van die hof).Nimlik beteken “einste”: Dis die nimlike hy.

LEWER 4 PORSIES

BESTANDDELE

4 groot bruinsampioene8 lang repies spek4 eierssout en varsgemaalde swartpeper na smaakolyfolie vir braai¼ k gerasperde cheddarkaasgekapte pietersielie vir garnering

METODE1. Voorverhit die oond tot 180 °C.2. Verwyder die sampioenstingels versigtig sodat daar nie ʼn

gat in die sampioen self is nie. Hou eenkant.3. Plaas twee spekrepies oormekaar om ’n kruis te vorm.4. Plaas een sampioen in die middel van die spekkruis.5. Breek versigtig ’n eier in elk van die sampioenholtes en

geur na smaak met sout en peper.6. Vou die sampioen en eier met die spekrepies toe en

steek met tandestokkies vas.7. Smeer ʼn bakplaat liggies en rangskik die sampioene daarop.8. Bak dit vir 30 minute of totdat die spek bros en die

sampioene gaar is.9. Verwyder uit die oond, strooi kaas en pietersielie oor en

sit dadelik voor.

Uit: Proe Pretville • Uitgewer: Lapa Uitgewers S

Smul en lees lekker inAfrikaans @ Maroela

558 dae... ‘n Ware verhaalYolande Korkie

Die ontvoering van Pierre en Yolande Korkie in 2013 van Bloemfontein deur die terreurgroep Al Kaïda het skokgolwe deur die wêreld gestuur.

In haar aangrypende boek 558 dae vertel Yolande oor hul aanhouding in ’n afgeleë gebied in Jemen en hoe sy hul ontvoering, maandelange aanhouding en haar man se dood moes leer hanteer. Dié boek, uitgegee deur CUM (R300), is broodnodige inspirasie in ’n tyd waarin Suid-Afrikaners voel dat dinge in ons land besig is om handuit te ruk. Dit ruk ’n mens tot stilstand en laat jou opnuut besef: daar ís ’n Hoër Hand, en hoewel Hy nie vrywaring kan bied teen slegte situasies nie, bied Hy bewaring.

588 dae is ’n eerlike vertelling van die Korkies se belewenis. Dis ’n verhaal wat ’n mens diep raak vanweë die menslikheid daarvan. Die egpaar het ná deeglike navorsing besluit om hulle vir ʼn paar jaar in Jemen te vestig omdat hulle gevoel het dat hulle daar ’n verskil sou kon maak. Toe hulle Suid-Afrika in 2007 vir Jemen verruil het, is buitelanders nog met oop arms daar ontvang. Maar die Arabiese Lente wat sedert Desember 2010 tot heelwat opstande en burgeroorloë in talle Arabiese lande gelei het, het alles verander.

Die Korkies het besef dat die tyd aangebreek het om Jemen dalk tydelik te verlaat totdat dinge veiliger is, maar hul paspoorte het onverklaarbaar in die Jemeense burokrasie verlore geraak. Daarsonder moes hulle noodgedwonge in die land aanbly. Invloedryke Jemeense vriende het die paspoorte uiteindelik help opspoor, maar die egpaar is op die dag wat hulle dit vir hul reis na Suid-Afrika sou gaan afhaal in ’n lokval gelei en ontvoer. Die ontvoering sou eers 558 dae later verby wees – en Yolande was ongelukkig die enigste oorlewende.

Die boek gee ook ʼn eerstehandse blik op die binnewerkinge van die gevreesde terreurorganisasie Al Kaïda. Dit sal ook baie van Jan Publiek se vrae oor die terroristegroep beantwoord. Die boek beantwoord voorts alle vrae wat ’n mens moontlik oor die egpaar se ontvoering sou kon hê. Dis egter meer as net die verhaal van twee mense se ontvoering – dit bied ook indirekte antwoorde op die dinge waarmee ons daagliks stoei.

IN BEWEGING

www.solidariteit.co.za66Uitgawe 3 van 2016

OUMA SARIE SE SAMPIOEN-

ONTBYTPAKKIEResensie deur Ilse Salzwedel

Page 67: Solidariteit nr3 van 2016 web

www.solidariteit.co.za67Issue 3 of 2016

IN BEWEGING

Maroela Media is veel meer as net ’n Afrikaanse nuuswebtuiste. Ons is ’n kuierplek: die groot tafel in jou ouma se kombuis waar jy kan kom aansit vir ’n koppie

boeretroos en ’n sny melktert. Ons is die stoep op jou oom se plaas waar jy sit en stories luister terwyl Oupa biltong kerf. En nou is ons ook jou pa se koöperasie: die plek waar jy van ’n kettie tot ’n T-hemp kan koop – alles in jou taal.

In Die Koöperasie, Maroela se splinternuwe e-winkel, verkoop ons alles waarvan jy (en jou ouma, meisie, oom, ouboet en juffrou) hou. So, wys jou hart klop Afrikaans en gee ’n geskenk waarmee selfs jou skoonma gelukkig sal wees:

• ’n T-hemp vir daai hardebaard, prikkelpop, kaalvoetkind, babbelbek, koeksister-en-boerewors-paartjie en selfs die boekwurm in die familie;

• boereporselein-blikbekers – net so taai soos jou kanniedood-oupa;

• ’n koffiebeker met idiome vir daai Oom Oubaas in die familie wat altyd die jakkals aan die stert beet het;

• ’n plonspot vir jou oom wat al teen 5:00 ’n honderd osse gebrandmerk het;

• kombuistaal-yskasmagnete vir Ansie se juffrou wat al moeg is vir badsout;

• ’n wieliewalieklimtol waarmee Sareltjie sy maats kan beïndruk;

• ’n snoesige kombersie vir ouma se knieë; • ’n Boereplaas-bordspeletjie waarmee Oupa

vir ’n slag vooruit kan boer; of• ’n Grootste Afrikaanse Liedjie-CD waarmee

die jong klomp deurnag kan skoffel.Bestel sommer vandag nog vir jou tannie in die Kaap ’n geskenk en ons sal sorg dat dit netjies toegedraai by haar afgelewer word. Daai stel blikbekers is net so tuis in haar voorhuis soos die drie eende teen die muur.

Ons het iets wat elke hart en sak pas. Kom maak ’n draai in Die Koöperasie en wys jou hart klop Afrikaans.• Besoek Maroela se opwindende nuwe e-winkel

by maroelawinkel.co.za S

Nuwe e-winkel: wys hart klop Afrikaans

Page 68: Solidariteit nr3 van 2016 web

www.solidariteit.co.za68Uitgawe 3 van 2016

IN BEWEGING

Nonnie de la Rey word waarskynlik deur die meeste mense bloot as die vrou van generaal Koos de la Rey onthou. Hoewel Nonnie se lewe nie dieselfde gewildheid

in hoofstroommedia geniet as dié van verskeie van haar manlike tydgenote nie, is haar verhaal een wat spreek van deursettingsvermoë en ’n uitsonderlike, sterk karakter wat die uitdagings van die dag te bowe gekom het.

Haar en haar kinders se swerfjare gedurende die Anglo-Boereoorlog om uit die hande van die Britse soldate te bly, getuig van ’n dapper persoon waarvan haar optrede in vele opsigte selfs die heldedade van die slagvelde kan oorskadu.

Maar wie was hierdie vrou? En waarom het Kraal Uitgewers besluit om ’n boek juis oor haar lewe die lig te laat sien?

Die skrywer en navorser Zelda Rowan se passie vir kultuurgeskiedenis het tot dié unieke werk gelei. Haar MA-verhandeling oor Nonnie se lewe is as basis vir dié nuwe boek gebruik. Met die hulp van die bekende historikus prof. Fransjohan Pretorius as redakteur het Rowan daarin geslaag om ’n deernisvolle biografie oor dié besondere vrou die lig te laat sien. Dié boek, Nonnie de la Rey: Pionier van die Wes-Transvaal, 1856-1923, sal waarskynlik in Junie vanjaar deur Kraal as die eerste in die uitgewer se nuwe Kraal Histories-reeks uitgegee word. Pretorius tree as redakteur vir die reeks op.

Vir Rowan was die besluit om haar navorsing op dié pioniersdogter van die Lichtenburg-distrik te laat fokus, ’n weldeurdagte een. “Ek wou graag op die verhaal van ’n vrou fokus, maar dit kon nie net enige vrou wees nie. Dit moes iemand wees wat ’n besondere verhaal het en van wie daar genoeg primêre bronne soos dagboeke, briewe en foto’s sou wees,” verduidelik Rowan. Danksy Nonnie se eie herinneringsgeskrifte (gepubliseer en ongepubliseer) is daar nog ’n skatkis van inligting beskikbaar en kon Rowan die geskiedenis van Nonnie se lewe stukkie vir stukkie soos ’n legkaart herbou.

Nonnie se lewensverhaal is ten nouste aan die Lichtenburg-omgewing verbind (die dorp is byvoorbeeld deur haar pa, H.A. Greeff, gestig en vernoem na die plaas waarop hy in die Durbanville-distrik grootgeword het). Haar grootwordjare saam met haar ouers, haar lewe as jong vrou en moeder asook haar oorlog- én

ná-oorlogse jare is grotendeels in dié geharde landskap deurgebring. Dit is egter veral Nonnie se tyd gedurende die tweede helfte van die oorlog wat opspraakwekkend is. Gedurende dié tyd het sy met haar kinders in die veld geleef om die konsentrasiekampe op dié wyse te vermy. “Tydens die laaste 18 maande van die oorlog het Nonnie saam met haar kinders en ’n paar getroue bediendes in die veld rondgeswerf. Dié tydperk in haar lewe lees amper soos ’n avontuurverhaal,” sê Rowan.

Dit is ook gedurende die oorlogsjare dat Nonnie kennis gemaak het met Lord Methuen, waarskynlik haar man se grootste vyand, en waartydens sy haar seun Adriaan aan die dood moes afstaan. Latere ervarings wat tot die unieke tapisserie van Nonnie se lewe bygedra het, is haar en haar man se besoek aan Europa

in 1902 en die heropbou van hul geliefde plaas Elandsfontein, buite Lichtenburg, nadat dit as deel van die verskroeideaardebeleid in die oorlog verwoes is.

Volgens Rowan is die eienskappe wat die sterkste in Nonnie na vore kom dieselfde eienskappe wat steeds in die hedendaagse Afrikaner-vrou merkbaar is. “In my opinie moet ’n mens daarteen waak om te veralgemeen, maar ek reken wel dat die elemente van innerlike krag en deursettingsvermoë ook temas van ons tyd is. Ek vermoed dat dit juis hierdie temas is waarby Afrikaners sal aanklank vind.”• Nonnie de la Rey: Pionier van die Wes-

Transvaal, 1856-1923 word binnekort by Kraal Uitgewers bekendgestel. Vir meer inligting of om te bestel, besoek www.kraaluitgewers.co.za of skakel 012 644 4329. S

Nonnie – die ystervrou van LichtenburgDeur Ilze Nieuwoudt

Nonnie de la Rey. Inlas: Die skrywer van Nonnie de la Rey: Pionier van die Wes-Transvaal, 1856-1923, Zelda Rowan.

Page 69: Solidariteit nr3 van 2016 web
Page 70: Solidariteit nr3 van 2016 web

www.solidariteit.co.za70Uitgawe 3 van 2016

Ettienne Pio (litigant), Deon de Jager (junior litigant), Anton Gerretsen, Raymond Holland-Chapman, Bennie Harmse• Administratiewe beampte: Nicole Harmse• Tel: 021 946 4440/4418• Faks: 021 949 4259• E-pos: [email protected]• Adres: Du Toitstraat 18, Bellville

BELLVILLE

Adele Rossouw• Administratiewe beampte: Jaatjé Sherman• Tel: 053 723 1604• Faks: 053 723 1407• E-pos: [email protected]• Adres: Winkel 1B, Prosperitasgebou, Rietbokstraat, Kathu

KATHU

John Smith• Administratiewe beampte: Karin van der Watt• Tel: 035 753 1935 / 035 753 1936• Faks: 035 753 1937• E-pos: [email protected]• Adres: Anglers Rodstraat 12, Meerensee, Richardsbaai

RICHARDSBAAI

Pieter Burger• Administratiewe beampte: Ingrid Papenfus• Tel: 051 430 6152/3• Faks: 051 430 6163• E-pos: [email protected]• Adres: Kellnerstraat 58C, Westdene, Bloemfontein

BLOEMFONTEIN

Clifford Smith• Administratiewe beampte: Bianka Broodryk• Tel: 013 235 3698 / 013 235 4985• Faks: 013 235 1814• E-pos: [email protected]• Adres: Versekeringsforumgebou, H.v. Viljoen- en Maasdorpstraat, Lydenburg

LYDENBURG

Eric Schoeman, Tommy Wedderspoon, Johan Nell (litigant), Lucindi van Zyl ( junior litigant)• Administratiewe beampte: Carisma Breet, Jumarie Palm• Tel: 014 592 4336• Faks: 014 592 4371• E-pos: [email protected]• Adres: H.v. President Mbeki- en Heystekstraat, Total Garage, Kantoor 4, Rustenburg

RUSTENBURG

Francois van Heerden, Hennie Vosloo, Amanda Hattingh, Fanie Vosloo, Derek Mans, Herman de Jongh, Thinus Jacobs, Dana Viljoen (litigant), Gibbs du Toit (litigant) • Administratiewe beamptes: Marlindie Booyens, Natasha van Heerden en Elize Pohlman• Tel: 011 913 0783/1101/1105 • Faks: 011 913 3850• E-pos: [email protected]• Adres: Rondebultweg 232, Libradene, Boksburg

BOKSBURG

• Administratiewe beampte: Elize Bronkhorst• Tel: 034 312 9711/9917• Faks: 034 312 5170• E-pos: [email protected]• Adres: Hardingstraat 79, Sanlampark, Blok B, Newcastle

NEWCASTLE

Andy O’Toole, Leandri Streit (litigant)• Administratiewe beampte: Sandra Scheepers• Tel: 017 634 5296• Faks: 017 634 5297• E-pos: [email protected]• Adres: Eerste vloer, h.v. Joe Slovo- en Moorstraat, Uitbreiding 22, Secunda

SECUNDA

Coenie Rheeder• Administratiewe beampte: Petro Watson• Tel: 018 788 4861/018 786 2785• Faks: 011 388 9854/018 788 5102• E-pos: [email protected]• Adres: Van Zyl Smitstraat 74, Oberholzer, Carletonville

CARLETONVILLE

Jaco van den Berg, Johan Venter, Francois Calldo, Gerhard Cloete, JJ Fernandes, Lee Coetzee, Nadia Coetzee• Administratiewe beamptes: Saretha Jacobs en Chanell van Gent• Tel: 016 931 3160• Faks: 016 981 6718• E-pos: [email protected]• Adres: Rossini-boulevard 130, Vanderbijlpark

VAALDRIEHOEK

Hennie Kommer• Administratiewe beampte: Sue Nel• Tel: 057 352 6839• Faks: 057 357 2072• E-pos: [email protected]• Adres: Winkel nr. 5, Eerste vloer, The Strip, Metro Village, Staatsweg 312, Welkom

WELKOM

Cornelius van Leeuwen, Jan du Plessis• Administratiewe beamptes: Irma Oberholzer, Sonja Bekker• Tel: 013 656 3871• Faks: 013 656 6846• E-pos: [email protected]• Adres: Bureau de Paul 2B, Corridorsingel, Route N4 Business Park, Ben Fleur X11

WITBANK

Deon Viviers• Administratiewe beampte: Mariaan Pretorius• Tel: 014 763 1174• Faks: 014 763 1264• E-pos: [email protected]• Adres: Winkel 4C, Marula Mile Winkelsentrum, Louis Bothaweg 35, Ellisras

ELLISRAS

Coenie Rheeder, Danny Schutte• Administratiewe beampte: Leanne Meyer• Tel: 018 468 8533/9• Faks: 018 468 8563• E-pos: [email protected]• Adres: Buffelspark, Eenheid 2, Buffeldoornlaan 48, Flamwood, Klerksdorp• Posadres: Posbus 14550, Flamwood, 2572

KLERKSDORP

Wynand Strydom• Administratiewe beampte: Yvette Stroebel• Tel: 041 364 3219 / 2925 / 3225• Faks: 041 364 2927• E-pos: [email protected]• Posadres: Posbus 63788, Greenacres, Port Elizabeth, 6057• Adres: Sesdelaan 52, Newton Park, Port Elizabeth

PORT ELIZABETH

Chris Roodt, Schalk de Bruin, Willie Venter, Jahni Cowley, Helgard Cronje, Linda Senekal,Inge Labuschagne, Sta-Sia Engelbrecht, Lizette Snyman, Sulize Esterhuizen, Rene Harmse, Jack Loggenberg• Administratiewe beamptes: Christa Louw, Anke Cloete• Tel: 012 644 4442/8 • Faks: 012 349 8880• E-pos: [email protected]• Adres: H.v. DF Malanrylaan en Eendrachtstraat, Kloofsig

PRETORIA (CENTURION)

Solidariteit-kantore: Diens op jou voorstoep

IN BEWEGING

SolidariteitSolidarity

Page 71: Solidariteit nr3 van 2016 web
Page 72: Solidariteit nr3 van 2016 web

www.solidariteit.co.za72Uitgawe 3 van 2016

Die Slag van Vegkop is in die geskie-denisboeke van die Afrikaner as ’n dag van wonderbaarlike redding opgeteken. Op dié dag in Oktober 1836 kon die Voortrekkergeselskap

van Andries Hendrik Potgieter daarin slaag om met slegs 40 weerbare mans (waaronder sewe seuns) ’n gewelddadige aanval deur tussen 4 000 en 6 000 van Mzilikazi se Ndebele-impi’s af te weer. Terwyl meer as 400 Ndebeles in die aanval gesterf het, is slegs twee sterftes aan die Voortrekkerkant aangeteken. Onmoontlik, sou daar dalk vandag gereken word, maar tog waar.

Teen ’n koppie sowat 20 km buite die Vrystaatse dorpie Heilbron merk wit klippe dié historiese terrein. Teen die voet van die kop staan daar vandag ’n indrukwekkende Coert Steynberg-beeldhouwerk van ’n Voortrekkerman wat met sy voorlaaier in die regterhand ’n assegaai afweer. In sy ander hand hou hy ’n Bybel vas. Die grootsheid van dié beeld, met ’n piramide van duisende klippe aan sy voete, getuig van dié groot gebeurtenis in die Voortrekkergeskiedenis.

In sy navorsingsartikel oor dié slag skryf die historikus M.C. van Zyl in 1986 in die Historia-tydskrif oor die belangrikheid van Vegkop soos volg: “Vegkop het vir Transvaal en in ’n mate selfs vir die Vrystaat dieselfde betekenis gehad as Bloedrivier vir Natal.”

Verskeie Ndebele-aanvalle op die Voortrekkers het die uiteindelike aanval by Vegkop voorafgegaan, want Mzilikazi wou die Voortrekkers met mening uit die gebied verjaag. Hoewel die presiese datum van die slag volgens bronne verskil, word daar in die algemeen aanvaar dat dit waarskynlik op 20 Oktober 1836 plaasgevind het. Ons sal vanjaar dus die 180ste herdenking van dié gebeurtenis vier.

Potgieter het ’n Ndebele-aanval op die Trekkers verwag en die geselskap het daarom die nodige voorbereidings vir ’n aanval getref. Volgens Van Zyl is die ligging van die laer perfek gekies. “Dit is getrek op ’n skuinste net ten suide van die langwerpige rant wat later as Vecht Kop bekend sou staan. Vanuit die laer het die verdedigers ’n goeie uitsig oor die uitgestrekte vlakte gehad,” verduidelik hy. Hoewel die koppie self nie ’n rol in die geveg gespeel het nie, meen Van Zyl is dit vooraf as strategiese uitkykpunt gebruik.

Die 51 beskikbare waens is voor die aanval in ’n laer getrek – 40 aan die buitekant en die res in ’n kleiner sirkel in die middel. Die binneste waens het beskutting vir die vroue en kinders gebied en die buitenste sirkel is in ’n bykans ondeurdringbare muur omskep. Die waens is agtermekaar getrek en die voorwiel van die een wa is met kettings en rieme aan die agterwiel van die volgende wa vasgemaak. Die openings tussenin is met doringtakke toegepak.

Die aanloop tot en die aanval self was ’n uiters spanningsvolle ervaring vir die Voortrekkers. Nadat ’n klein groepie mans vroeg die oggend uit die laer getrek het om die aanvallers tegemoet te ry en vir vrede te onderhandel, is hulle egter met teenkanting ontmoet, en die ruiters moes al skietend laer toe terugjaag. Hier het hulle in angs op die koms van die duisende impi’s gewag. Intussen het Sarel Cilliers ’n kort diens gehou en om beskerming van God gebid.

Die Ndebeles, gewapen met hul steekassegaaie (gewoonlik het elke soldaat sowat ses na die oorlogsveld saamgedra) en werpassegaaie, het intussen na die laer aangestap en begin om sommige van die Voortrekkers se vee wat buite die laer gewei

het, weg te dryf. Volgens Van Zyl “het [dit] nie gelyk of die impi haastig was om aan te val nie. Sommige het hul tyd verwyl deur die lemme van hul assegaaie te slyp.”

Die Voortrekkers het later ’n rooi doek gewaai om die aanvallers uit te lok – en die uitdaging is aanvaar. Potgieter het ’n maand ná die aanval aan Erasmus Smit oor die aanval vertel dat ’n “ontelbare menigte, met een helsch alarmgeschreew, slaande op hunne schildvellend als een dondergeluid uit de wolke” op die Voortrekkers afgestorm het. Die Voortrekkers, gewapen met voorlaaiers wat ’n trefkrag van tot 80 meter het, het die Ndebeles egter ’n gevoelige knou toegedien. (’n Militaris het volgens Van Zyl bereken dat elke man minstens vier rondtes per minuut kon afvuur. Daarenteen het die steekassegaaie soos reën op die Voortrekkers neergedaal.)

Die teenkanting was bloot te erg en die aanvallers moes die aftog blaas. Hulle het wel daarin geslaag om al die Trekkers se vee (100 perde, 5 100 beeste en 50 000 skape) weg te voer. Meer as 1 100 assegaaie is ná die slag in die laer opgetel. Nicolaas Potgieter en Pieter Botha het in die aanval gesterf terwyl sowat 14 ander steekwonde opgedoen het. Buite die laer het die dooie Ndebeles gesaai gelê – meer as 400 in totaal.

Hoewel die meeste Trekkers die aanval oorleef het, was hulle nie buite gevaar nie, want hul voedselbron was daarmee heen. Hulp het egter gekom uit die oord van die Barolong-opperhoof, Moroka, wat aan die Trekkers trekosse en koeie voorsien het. • Die Vegkop-terrein en -museum is daagliks

oop vir besoekers. Fooie vir volwassenes beloop R20 per persoon en R10 vir kinders. Kleuters kry gratis toegang. S

Vegkop: Dag van groot genade, redding

Foto

’s: ilz

e nie

uw

ou

Dt;

wik

ico

mm

on

s

IN BEWEGING

Deur Ilze Nieuwoudt

Die beeldhouer Coert Steynberg se Voortrekker-beeld troon oor die landskap van Vegkop.Regs: Die graf van Nicolaas Potgieter en Pieter Botha wat tydens die Slag van Vegkop gesterf het.

Page 73: Solidariteit nr3 van 2016 web

www.solidariteit.co.za73Issue 3 of 2016

in Retrospek MARIETHA MALANis ’n onderwyser by Alma-skool, ’n skool vir gestremdes, en is ‘n ma van vyf.

Vir jare nou al draai ek op Moedersdag op my sy. My kop begin al planne maak vir die dag, maar ek hou my oë toe totdat ek ’n gefluister en geskuifel by die

deur hoor. Dan is daar ’n kooruitroep uit vyf kele: “Gelukkige Moedersdag!” ’n Sorgvuldig aanmekaargeslaande ontbyt kompleet met blommetjies uit die tuin word op die bed neergesit. Geskenkies en kaartjies, sommige by die skool gemaak, word soos offerhandes aangebied.

Maar nou is daar van die vyf net enetjie oor. Marietjie, my kruppel eendjie, is ’n planmaker van formaat. Sy besef deeglik dat die hele gewig van die Moedersdag-ding nou op haar skouers lê.

Dié Saterdagaand is sy baie besig. Sy vroetel hier en vroetel daar. Laaie word oopgetrek, stukke papier en gom agter haar rug by my verbygesmokkel. Sy gaan sit voor die rekenaar. “Mamma mag NIE inkom NIE!” beduie sy met haar voorvinger en klap die deur toe. Ek hoor ’n paar uitroepe van frustrasie deur die toe deur en besef dat sy dalk met die drukker sukkel, maar ek durf nie gaan help nie. Eindelik hoor ek hoe die drukker die papier uitstoot en weer skuif sy skeef-skeef by my verby met ’n papier agter die rug.

Op Moedersdag bly ek oudergewoonte lê.

Ek besef deeglik dat ek in groot moeilikheid sal wees as ek opstaan. Dus kyk ek maar onder die komberse na die boodskappe op my foon en wag geduldig. Eindelik hoor ek die sleepvoet-geskuifel van my kruppel eendjie. In plaas van die gewone “Gelukkige Moedersdag!” word ek op die skouer getik. Gemaak-verras kyk ek op. Ek kry ʼn appel en ’n joghurt vir ontbyt, en die geskenkie wat sy by die sorgsentrum gemaak het, word met groot afwagting oorhandig.

Maar nog is dit het einde niet. Ná kerk oorval ’n groot moegheid my. Dit was ’n bedrywige week, en Saterdag was daar ’n opleidingsessie by die skool waarvoor ek verantwoordelik was. Ek besluit om ’n uiltjie te gaan knip, maar word weer uit my kamer geboender. Ek moet in ’n ander kamer gaan lê, beduie Marietjie. Gehoorsaam maak ek so, en soete slaap oorweldig my sommer dadelik.

Vir die tweede keer die dag word ek op die skouer getik. Traag lig ek my kop. “Mamma moet kom,” beduie sy. Hierdie keer is ek nie gemaak-verras nie. Verstom sien ek hoe my kind ’n hele paadjie vir my met afgeplukte blare en klippies gemaak het. Die paadjie lei na die tafel, waar sy kos vir ons reggesit het. Sy het op haar eie pasta gekook. Die tafel is te oulik gedek met servette in die glasies. ’n Pienk kaartjie lê tussen blommetjies by my bord: “Gelekke

moennidag,” lui dit. “Ek hoop Ma het ’n lekke dag van Marietjie.” Nog ’n paadjie lei na my kamer, waar blommetjies op my bed gestrooi is en ’n toegedraaide presentjie wat sy met haar eie geldjies gekoop het op my wag.

Op só ’n dag vergeet ’n mens van al die moeilike dae, die tantrums, die hospitaalsessies, die toutrekkery oor wat sy moet aantrek, die gesukkel om haar hare elke oggend te kam. Jy besef dat ma-wees oor baie meer gaan as kosblikke, huiswerk, wasgoed en ritte skool toe en terug. Ma-wees is skeppend. Dit is ’n roeping van die Skepper om medewerker te wees aan die wording van ’n mens. Wat ’n geweldige taak!

Psalm 139: “Geen been van my was vir U verborge toe ek gevorm is waar niemand dit kon sien nie, toe ek aanmekaargeweef is diep in die moederskoot. U het my al gesien toe ek nog ongebore was, al my lewensdae was in u boek opgeskrywe nog voordat ek gebore is.” Selfs my kruppel eendjie is presies soos sy nou is, in my skoot gevorm. En my Vader verwag van my om haar die lewe in te stuur as ’n gebalanseerde, doelgerigte, gelowige jong vrou, al is sy gestremd.

Môreoggend as die voëltjies fluit, sal ek lankal op wees. Ek sal nie in die vere lê en wag vir presentjies nie, want daar is werk.

Ek is ’n ma. S

Mamma se “gelekke moennidag”Ek is ’n oggendmens. As die voëltjies buite begin fluit, wil ek uit die vere wees. Maar een dag in die jaar is ’n uitsondering.

Foto

: isto

ckph

oto

.com

Ek hoop Ma het ’n lekke dag

Van Marietjie

Page 74: Solidariteit nr3 van 2016 web

Uitgawe 3 van 2016 www.solidariteit.co.za74

Wat is ’n verkoue?’n Verkoue word veroorsaak deur enige van meer as 200 verskillende soorte virusse. Sodra jy verkoue kry, sal die simptome binne een tot vyf dae verskyn.

Wat is die simptome van ’n verkoue?• ’n Loopneus of ’n toe neus• ’n Seer keel• Nies• Geringe tot matige koors• Hoes• Hoofpyn of lyfseer• Effense moegheid.Omdat dit ’n virusinfeksie is, sal behandeling met antibiotika nie doeltreffend wees nie. Medisyne wat jy sonder voorskrif kan koop, soos ontstuwingsmiddels en anti-inflammatoriese medisyne, kan egter help om

simptome soos kongestie en koors te verlig. Drink baie water om dehidrasie te voorkom.

’n Verkoue sal binne ’n paar dae opklaar, maar jy moet ’n dokter raadpleeg indien daar ná ’n week nog geen verbetering is nie of as jy ’n ernstige of voortdurende koors ontwikkel.

Wat is seisoenale griep?Griep word veroorsaak deur een groep virusse – die influensavirusse. Griep slaan gewoonlik vinnig toe, met ’n koors, lyfseer en merkbare gebrek aan energie wat dadelik voorkom. Die koors sal gewoonlik vir ’n dag of twee duur, hoewel dit tot vyf dae lank kan aanhou.

Wat is die simptome van griep?• ’n Droë hoes• Matige tot hoë koors• ’n Seer keel

• Kouekoors• Erge spier- of lyfpyn• Hoofpyn• ’n Toe of loopneus• Moegheid (wat tot twee weke kan duur)• Sommige mense kan ook naarheid en braking

ervaar, maar dit is meer algemeen by kinders.Die beste behandeling in die meeste gevalle is om baie vloeistowwe te drink en te rus. Ontstuwingsmiddels en pynstillers wat jy sonder ’n voorskrif kan koop, kan help om die simptome te verlig en kan jou beter laat voel. Drink baie vloeistowwe om ontwatering te voorkom.

Jou dokter kan moontlik antivirale medisyne voorskryf as behandeling van griep. Hierdie medisyne kan die duur van die siekte verkort en komplikasies soos longontsteking voorkom.

Raadpleeg jou dokter indien jy ’n risiko vir griepkomplikasies het.

Die winter is hier en so ook die verkoue-en-griepseisoen. Die meeste van ons sal begin snuif en hoes, en sal sommer net aaklig voel. Dit sal waarskynlik net ’n gewone verkoue wees, maar hoe weet jy of dit nie dalk die gevreesde griep is nie?

Verkoue of griep? Ken die verskil

Foto

: isto

ckph

oto

.com

Moenie hierdie winter met die snuffels deurbring nie! Medihelp- mediese skema se voorkomendesorgvoordele wat op die meeste van ons opsies beskikbaar is, sluit in een griepvaksine per bevoordeelde per jaar.

Page 75: Solidariteit nr3 van 2016 web
Page 76: Solidariteit nr3 van 2016 web