17 Junie 2018 - NG Kerk Durbanville-Bergsig...2018/06/17  · Inslaap 1-4 Julie R500 Bel 082 4175...

6
09:00 Erediens Ouditorium Ds. Johan Els Deuroffer: Studente bearbeiding 24 Junie 2018, Uitstuursondag Biddag: Middelafhanklikes & Rehabilitasie Bergsig Boodskap 17 Junie 2018 17 Junie: Vadersdag & Pappa- dag GLOW diens 18 Junie: Kerkraadopleiding 19 Junie: Doopkategese 22 Junie: Skole sluit 23 Junie: Betesda- mark 24 Junie: Uitstuursondag Biddag: Middelafhanklikes en Rehabilitasie 25 Junie: Vakansie- Uitreike 17 Julie: Skole open Vervolg op bladsy 4 Na afloop van die veldtog Breathing Roomlees ek die week die volgende raak: Die Kanadese joernalis Carl Honoré skryf dat een van die eerste produkte wat op die Gütenbergse pers gedruk is, n kalender van 1448 was. Daarna het ons tyd in al hoe kleiner eenhede begin opkap ten einde meer doel- treffend te funksioneer. As ek om my kyk, het ons Benjamin Franklin se uitdrukking Tyd is geldnou tot die evangelie verhef waarvolgens ons leef en waardeur ons waardes bepaal word. Ouers werk al hoe harder en al hoe langer ure en regver- dig die wegwees van hul kinders onder die dekmantel van ons wil net die beste vir hulle gee”. In die proses word kinders met n kry-kultuur in plaas van saamwees-kultuur groot. Ouerliefde word in terme van rand en sent gemeet. Mense brand op n al hoe vroeër ouderdom uit, want as jy dit in die lewe wil maak, moet jy bybly. Navorsing dui daarop dat ons gemiddeld al hoe min- der slaap. Omdat alles so vinnig moet gebeur, is mense ongedul- dig en onverklaarbare voor- valle van woede raak al hoe meer alledaags. n Motor wat binne die spoedgrens ry, is vir ons vinnige pas te stadig en motoriste blaas baie maklik hul toeter vir die wetsge- hoorsame en stadige be- stuurders! Ons het kitsmense geword – alles moet nóú gebeur. In die proses het ons verleer om na iets uit te sien en die grootheid van oomblikke aan te gryp. Die pas waarteen ons leef, het ook op kinders af- gesmeer. Kinders móét presteer, kinders se programme is óórvol. n Ma vertel my hoe haar gr. 1-dogtertjie een Saterdag van suiwer moegheid in trane uitgebars het omdat die week net te lank en vol was. Nie van speel en kindwees nie, maar van buitemuurse aktiwiteite”. Daar is nie meer n verskil tussen enige dae nie. Op n Saterdag en Sondag is van die winkels dalk net al 15:00 in plaas van 18:00 of 19:00 toe. Vinnig en volhet die wet geword waarvolgens alles gebeur. Mense het al hoe minder tyd vir gewone menswees, vir kuier, vir stilte, vir bid, vir dink, vir Bybellees, vir speel en lag. Ek bepleit nie luiheid en ondoeltreffendheid nie, maar is dit gesond en die ritme wat God vir ons in gedagte gehad het? Sal ons samelewing nie anders lyk as mense vir n slag tot stilstand kan kom en ophou jaag nie? Honoré pleit dat ons teen die regte spoed moet begin leef, dit wat musici tempo giusto noem. God se spoed en ritme en den- ke oor rykdom lyk heel- temal anders as die wêreld wat ons vir onsself geskep het. Die regte spoed is n spoed waar daar n gesonde ritme tussen werk en rus is. Ja, werk vir jou brood. Werk is n op- Die regte spoed 08:15 Klassieke diens Ouditorium Ds. Schalk van Wyk 10:00 Informele diens Ouditorium Arno Mattheus Pappa-dag Glow Kidz diens (Saal) Ds. Mizelle Prinsloo 18:00 @6 Diens Ds. Johan Els Deuroffer: Borg- n- Kamer 17 Junie 2018, VADERSDAG Biddag Blindes Minder bevoorregte be- jaardes word deur die projek befonds. Meestal word verblyfkostes gedek.

Transcript of 17 Junie 2018 - NG Kerk Durbanville-Bergsig...2018/06/17  · Inslaap 1-4 Julie R500 Bel 082 4175...

  • 09:00

    Erediens Ouditorium Ds. Johan Els

    Deuroffer: Studente

    bearbeiding

    24 Junie 2018, Uitstuursondag Biddag: Middelafhanklikes & Rehabilitasie

    Bergsig Boodskap 17 Junie 2018

    17 Junie: Vadersdag & Pappa-

    dag GLOW diens

    18 Junie: Kerkraadopleiding

    19 Junie: Doopkategese

    22 Junie: Skole sluit

    23 Junie: Betesda-mark

    24 Junie: Uitstuursondag

    Biddag: Middelafhanklikes en

    Rehabilitasie

    25 Junie: Vakansie-Uitreike

    17 Julie: Skole open

    Vervolg op bladsy 4

    Na afloop van die veldtog “Breathing Room” lees ek die week die volgende raak: Die Kanadese joernalis Carl Honoré skryf dat een van die eerste produkte wat op die Gütenbergse pers gedruk is, ’n kalender van 1448 was. Daarna het ons tyd in al hoe kleiner eenhede begin opkap ten einde meer doel-treffend te funksioneer. As ek om my kyk, het ons Benjamin Franklin se uitdrukking “Tyd is geld” nou tot die evangelie verhef waarvolgens ons leef en waardeur ons waardes bepaal word. Ouers werk al hoe harder en al hoe langer ure en regver-dig die wegwees van hul kinders onder die dekmantel van “ons wil net die beste vir hulle gee”. In die proses word kinders met ’n kry-kultuur in plaas van saamwees-kultuur groot. Ouerliefde word in terme van rand en sent gemeet. Mense brand op ’n al hoe vroeër ouderdom uit, want as jy dit in die lewe wil

    maak, moet jy bybly. Navorsing dui daarop dat ons gemiddeld al hoe min-der slaap. Omdat alles so vinnig moet gebeur, is mense ongedul-dig en onverklaarbare voor-valle van woede raak al hoe meer alledaags. ’n Motor wat binne die spoedgrens ry, is vir ons vinnige pas te stadig en motoriste blaas baie maklik hul toeter vir die wetsge-hoorsame en stadige be-stuurders! Ons het kitsmense geword – alles moet nóú gebeur. In die proses het ons verleer om na iets uit te sien en die grootheid van oomblikke aan te gryp. Die pas waarteen ons leef, het ook op kinders af-gesmeer. Kinders móét presteer, kinders se programme is óórvol. ’n Ma vertel my hoe haar gr. 1-dogtertjie een Saterdag van suiwer moegheid in trane uitgebars het omdat die week net te lank en vol was. Nie van speel en kindwees nie, maar van “buitemuurse

    aktiwiteite”. Daar is nie meer ’n verskil tussen enige dae nie. Op ’n Saterdag en Sondag is van die winkels dalk net al 15:00 in plaas van 18:00 of 19:00 toe. “Vinnig en vol” het die wet geword waarvolgens alles gebeur. Mense het al hoe minder tyd vir gewone menswees, vir kuier, vir stilte, vir bid, vir dink, vir Bybellees, vir speel en lag. Ek bepleit nie luiheid en ondoeltreffendheid nie, maar is dit gesond en die ritme wat God vir ons in gedagte gehad het? Sal ons samelewing nie anders lyk as mense vir ’n slag tot stilstand kan kom en ophou jaag nie? Honoré pleit dat ons teen die regte spoed moet begin leef, dit wat musici tempo giusto noem. God se spoed en ritme en den-ke oor rykdom lyk heel-temal anders as die wêreld wat ons vir onsself geskep het. Die regte spoed is ’n spoed waar daar ’n gesonde ritme tussen werk en rus is. Ja, werk vir jou brood. Werk is ’n op-

    Die regte spoed 08:15 Klassieke diens

    Ouditorium Ds. Schalk van Wyk

    10:00 Informele diens

    Ouditorium

    Arno Mattheus

    Pappa-dag Glow Kidz

    diens (Saal)

    Ds. Mizelle Prinsloo

    18:00 @6 Diens

    Ds. Johan Els

    Deuroffer: Borg-’n-Kamer

    17 Junie 2018, VADERSDAG Biddag Blindes

    Minder bevoorregte be-

    jaardes word deur die projek

    befonds. Meestal word

    verblyfkostes gedek.

  • Bladsy 2 Bergs ig Boodskap

    Skakel Annamaré by (021) 976 4106 uitbreiding 103, as jy betrokke wil raak by uitreikprojekte of e-pos na [email protected]

    Breiprojek Baie baie dankie vir alle blokkies van 20cm x 20cm wat ons reeds ontvang het.

    Daar is nog baie wol in die houer voor in die kerk.

    Komende week gaan ons begin om die blokke aanme-kaar te heg. Ons gaan soveel moontlik komberse maak, so gaan asb voort om te brei en te bring!!

    Transkei | Zithulele | Oos-Kaap Blootstelling | Leesskool | Bouwerk

    25 Junie - 8 Julie 2018

    Durbanville | Straatslaap| Wes-Kaap 1 aand | Slaapsak | Warm klere

    Ervaar | Beleef | Leer 22 Junie 2018

    Kontak Wynand as jy wil deelneem: 071 640 9797

    Blootstellingsgeleentheid

    Om ons honger magies te vul benodig ons:

    4 blikke gemengde groente, 4 blikke gekapte ta-

    maties, 54l langlewe melk, beskuit, 16 blikke tuna,

    grondboontjiebotter,

    R1000 om sleepwakostes te dek.

    KOMBERSE

    Ons het reeds hierdie week omtrent 40 komberse

    verskaf aan MES se Winterhoop-projek.

    Van hierdie komberse gaan vir ons plaaslike straat-

    mense by ons sopkombuis.

    Die wat ons ekstra ontvang, word ook versprei by

    Khayalitsha waar Wynand en Philip tans betrokke is.

    Ander haweloses of minderbevoorregte persone

    ontvang ook komberse vanaf Bergsig.

    BID SAAM MET ONS VIR DIE REIS EN

    VEILIGHEID

    Bergsig se Betesda Uitreikprojek vir Gestremdes se maandelikse mark vind plaas op Saterdag 23 Junie by Bergsig se Kerksentrum van 8:30 - 14:00. Honderde Afrikaanse en Engelse fiksie, nie-fiksie, geestelike, koffietafel, kook, bak, selfhelp en kinder-boeke is te koop. Al die boeke, CDs en DVDs en ’n klein voorraad langspeelplate word teen die weggeeprys van R10,00 elk verkoop. Koffie, tee, pannekoek, pasteie en soetigheid is ook te koop. Behalwe persone in die gemeenskap wat ons onder-steun, wie se identiteit nie bekend gemaak word nie, ondersteun die projek die inwoners vir persone met kwadruplegie in Gazellestraat Uitzicht, Yarden Chil-dren’s Enrichment Centre(f) in Vierlanden waar Adri Cloete vyf kinders met ernstige en diepgaande intel-lektuele en fisiese gestremdhede versorg. Regulasies beperk die aantal kinders aangesien sy dit in haar mo-torhuis doen. Daar is ’n groot behoefte in die gemeen-skap en sy sou meer kinders kon versorg indien sy ’n groter plek kon bekom. Kontak haar op 052 680 0236 indien u belangstel om haar te help. PerdePret ’n tera-peutiese aktiwiteit met perde. Kinders van Durbanville Kinderhuis en volwassenes en kinders uit die gemeen-skap met intellektuele, emosionele of fisiese beperkinge neem gratis deel aan die aktiwiteit. Indien u boeke, DVD’s, CD’s of vinielplate wil skenk kan u dit by die kerksentrum aflaai of ons sal dit by u afhaal. Vir meer inligting oor die projek en die mark skakel Hans Human by 082 549 0518.

    BETESDA-MARK

    MINI BASAAR HUIS ARISTEA QUEENSTRAAT NO. 5, DURBANVILLE

    23 Junie 10:00 - 13:00

    Heerlike basaar poeding en pannekoek

    Boereworsrolle

    Wyn, Koffie & Koek

  • 05:45 Vrydagoggende

    Luister ook na getuienisse by www.tgifcape.co.za

    Bladsy 3 Bergs ig Boodskap

    Om vrywillig deel te word van

    die kerk se algemene

    WhatsApp ‘broadcast’ groep

    stuur jou naam en van na: 071 529 9491

    Bel Ds. Mizelle by 083 394 1101 om deel van die gebedsketting te word of e-pos na: [email protected]

    Ons bid die week as gemeente omdat ons herinner word in Matt 7:7 dat God na ons luister. Ons bid vir die BLINDE gemeenskap – dat God sal voorsien in hulle behoeftes en benodighede. Ons bid vir VA-DERS in ons land, dat hulle met liefde sal optree elke dag. As gemeente bid ons ook vir die Graanendal Kerk-Plant wat besig is om gestalte te kry en dat God leiding in hierdie projek sal gee.

    JC Smith Richterstraat 8., 082 563 0408 Mediese behandeling Herstel en bemoediging

    Babs Schoeman Summer Places 2, 021 975 4965 Mediese behandeling Herstel en bemoediging

    Kobus Smit Botterblomstraat 52 Vrou oorlede Troos en bemoediging

    Lyndall van Staden Botterblomst. 52, 021 975 2219 Mediese behandeling Herstel en bemoediging

    Jurita Möller Tottumstr. 6. 021 976 0322 Mediese behandeling Herstel en bemoediging

    Hendrik le Roux Fairtrees Hospitalisasie Herstel en bemoediging

    Carol Stemmet Palomino 13, 021 976 9090 Man oorlede Troos en bemoediging

    Dirk Carstens Pelicanstraat 15, 021 976 6444 Kanker Herstel en bemoediging

    Johan Haasbroek Vierlandenstraat 24, 021 976 0425 Beroerte Herstel en bemoediging

    Alida Nel La Gratitude 25 Mediese behandeling Herstel en bemoediging

    Hercules Stander Blanc de Noirstr. 26, 021 975 4193 Beenmurgkanker Herstel en bemoediging

    Doreen de Villiers W/S 229, Legato, 021 976 0914 Bloeding op brein Herstel en bemoediging

    Danie en Alida Muller Zandkloofweg 10, 076 177 7626 Kanker Herstel en bemoediging

    Elri du Preez Penniesingel 1, 084 592 9595 Mediese behandeling Herstel en bemoediging

    Hanno Fourie Joostenbergweg 1, 082 822 1531 Mediese behandeling Genesing en bemoediging

    Vir bydraes of versoeke, skakel Elize 021 976 4106

    Ds. Eric Swanepoel van InContext Ministries is tans in Indië met ’n besoek aan die Vervolgde Kerk. Hy stuur die foto vir ons en skryf:

    “Meer mense het al Coke gedink in die wêreld as wat mense al van Jesus gehoor het. Ek het hierdie foto gister geneem van 'n Moslem-man in Surket in Nepal waar hy langs 'n Coke krat sit. Die nood is so so so groot hier. Dit breek mens se hart.”

  • Bladsy 4 Bergs ig Boodskap

    Durbanville / Durbanville-

    Bergsig Seniorgroep

    Ons Juie-vergadering vind plaas op

    Donderdag

    28 Junie 2018 om 9:30 by Bergsig Gemeente.

    Ons lede kan weer uitsien na die heerlike

    worsbraai en saamkuier.

    Vervolg vanaf voorblad drag en goed, maar dit is nie alles nie. Die regte spoed is om te weet wanneer jy genoeg het en op te hou. Jy kan net op een plek op ’n slag sit. Die regte spoed is om eenvoudig te leef en klein te begin. Die regte spoed is om jou kinders te geniet en te beleef. Hulle wil hul ouers sien, nie hul ouers se geld nie. Die regte spoed is om saam met jou vriende en geloofsvriende te kan kuier. Die regte spoed is om stil te kan word en daarmee gemak-lik te kan wees. Die regte spoed is om in en vanuit ’n sinvolle verhouding met God te leef, en dit vra spirituele dissiplines wat jou

    lewe net sal verryk. Stilte, bestudering van die Woord, oordenking, gebed. Om teen die regte spoed te leef is alles wat die vrug van die Gees in wese van ons vra en wat ons land so nodig het: liefde, geduld, versigtigheid, ’n saamstap met mense, betekenisvolle verhoudings, kwaliteit bo kwantiteit. Het gelowiges nog die moed om teen hierdie stroom in te swem? Dr. Elsje Büchner is leraar van die Lux Mundi-gemeente in Pretoria.

    HUUR AKKOMMODASIE GESOEK

    Ons is op soek na ‘n twee slaapkamerhuis met een

    badkamer, te huur met dubbel- of enkelgarage en

    klein tuin vir Jack Russell vanaf middel/einde Julie

    2018 vir twee volwassenes.

    Durbanville/Uitzicht/The Crest area

    Kontak asb. Elméy Gobregts:

    083 508 5284 / (021)915 4934(W)

    VERBLYF BESKIKBAAR

    Ruim gemeubileerde “Granny Flat”

    met aparte slaapkamer in Eversdal beskibaar

    vanaf 1 Julie. Aparte ingang, onderdakpar-

    kering en veiligheidshek.

    R5000, water en elektrisiteit ingesluit.

    Chris 082 457 5095

    BENODIG

    Au Pair

    25 - 29 Jun & 9 - 13 Jul

    R3500

    Hond Oppasser

    Inslaap

    1-4 Julie

    R500

    Bel 082 4175 473

    Dames TGIF 19 Junie 2018 by Die Koffieman om 5:30.

    Estelle Brink van Jericho Mure kom gesels met ons oor: “The hardest thing

    waiting on God is wising you did.”

  • Bladsy 5 Bergs ig Boodskap

    Wonlife-Fisantekraal Die afgelope 6 maande het Durbanville-Bergsig en Urban Edge saam gewerk in Fisantekraal om tieners te help met huiswerk.

    Natuurlik is dit nie so oppervlakkig soos wat dit mag klink nie en was die visie altyd om prakties te reageer op wat ons glo deur werklik ’n verskil te probeer maak by die mense wat dit die nodigste het.

    Hierdie klomp tieners het almal ‘n veilige spasie gehad om na skool te kom leer by die Wonlife Sentrum waar hulle elke middag begroet is deur ‘n fasiliteerder (huiswerkpersoon) en ’n broodjie en koffie. Ons twee kerke het verskriklik baie saam geleer van hoe God werk in hierdie gemeenskap en ons hoop dat meer en meer lidmate sal saamtrek om ’n verskil te kom maak in Fisantekraal.

    Wonderlike resultaat - al die leerders wat hier studeer het, het hul eksamen geslaag. Ds. Wynand

  • NG Kerk Durbanville-Bergsig 021 976 4106 • [email protected]

    www.bergsigdv.co.za

    Facebook: Durbanville-Bergsig kerk - Sy ligdraers Straatadres: H/v. Boland- en Proteaweg, Durbanville 7550

    Posadres: Posbus 479, Durbanville, 7551 Kantoor-ure: Ma tot Vry 08:00 - 14:00

    Leraars en kantoorpersoneel kan daagliks by die kerkkantoor gebel word.

    24 uur nood vir geestelike & emosionele ondersteuning 071 196 4191 / [email protected] S33 48.966 O18 39.728

    Bankbesonderhede: NGK Durbanville-Bergsig, ABSA, 1410590154,Tak: 334810

    Immergroen Ouerskapkursus (Ontwikkel deur Hettie Britz)

    Die sewe weke kursus sal jou ‘n beter begrip gee van die volgende:

    Die dissipelskapproses

    Jou en jou kind se temperament

    Die boustene van gesag

    Groeiseisoene van jou kind

    Jou as ouer se kweekstyl Die doel van die kursus is om ouers en kinders se harte na mekaar toe te draai.

    Datum: 26 Julie-13 September

    Tyd: Elke Donderdag oggend 9:00 -11:30

    Plek: Bergsig gemeente

    Kontak: Junita 082 303 7330 (Immergroen fasiliteerder)