BB 6 Maart 2016 - NG Kerk Durbanville-Bergsig · genader om as deel van die besoek 'n ruimte te...
Transcript of BB 6 Maart 2016 - NG Kerk Durbanville-Bergsig · genader om as deel van die besoek 'n ruimte te...
6 Maart 2016 6 Maart 2016
NUUSFLITS:
• 7 Maart: Kerkraadsvergadering
• 8 Maart: Kix kwartaalafsluiting
• 12 Maart: PLAASFEES
• 15 Maart: Doopkategese
• 18 Maart: Skole sluit, 4x4 kamp
• 20 Maart: Familiediens 9:00
• 24 Maart: Lydensnagmaal om 19:00 (Paastyd)
• 25 Maart: Goeie Vrydag erediens om 9:00 (Paastyd)
• 26 Maart: Gebedsvuur
• 27 Maart: Familiediens om 9:00 (Paasfees)
Bergsig Boodskap
08:15 Klassieke diens Ouditorium Dr. Kobus de Jager
Deuroffer: Hospitaal- bearbeiding
10:00 Gesinsdiens Ouditorium Dr. Kobus de Jager
19:00 Aanddiens Arno Mattheus
13 Maart 2016, Sesde Lydensweek
Om gemeenteleiers te be-gelei om by God se sen-ding na die wêreld betrokke te raak deur saam as fami-lie van kerke, nuwe geloofsgemeenskappe te ontwikkel.
08:15 Klassieke diens Ouditorium Ds. Philip Scholtz
Deuroffer: Gemeenteontwikke- ling
10:00 Informele diens Ouditorium Ds. Philip Scholtz
GLOW Kidz (Saal) Wynand Breytenbach
19:00 Aanddiens Marinus de Kok
6 Maart 2016, DOOP, Vyfde Lydensweek, Frontida besoek
Sondag se tema is geloof: Alles in? Kom luister na
Marinus de Kok se eerste preek. Hy is deel van Berg-
sig se aandorkes. Almal is welkom!
Bergsigprojekte oor grense
BENODIG U ’n HUISHULP/TUINMAN? Ons doen “screening” in samewerking met MES by die
sopkombuis. Ons volg die verwysings op en maak seker daar is geen oortredings nie.
Ons kan u van hulp wees teen ’n minimale donasie.
Vir meer inligting bel Niel Kotze by 076 400 8392 of e-pos: [email protected]
Skakel Annamaré by (021) 976 4106 uitbreiding 103, as jy betrokke
wil raak by uitreikprojekte of e-pos na [email protected]
Bladsy 2 Bergs ig Boodskap
Bergsigprojekte op ons voorstoep
BETESDA BOEKRAK
Die Betesdaprojek vir gestremdes verkoop goeie
tweedehandse boeke en DVD’s teen goeie pryse.
Gemeentelede kan gerus hiervan aankoop. Hoe meer
gereeld jy by die boekrak ’n draai maak, hoe groter is jou
kans om die nuutste fonds op te raap. Die boekrak is te vind in die vertrek op pad na die
dameskleedkamer. Boeke kan heelweek gekoop word.
UITREIKPROJEKTE
Indien u belangstel om nuwe projekte te begin, of graag wil inskakel by bestaande projekte, skakel die uitreike-
kantoor deur die loop van die week.
Attie van Wyk Laerskool
Ons is besig met ’n “fleece-kombersie” projek. As daar ie-
mand is wat ons kan help met die skenk van klein “fleece” kombersies (1.25m x 1.25m)
sal ons dit baie waardeer.
Skenkings kan nog tot 15 Mei by die kerk afgelewer word.
’n Span van Bergsig gaan gedurende die Junie/Julievakansie ons SA sendelinge in Thailand be-dien in samewerking met Kingfisher.
Die gemeente het die behoefte om meer daadwerklik te ondersteun en te bemoedig. Met hierdie begeerte in ge-dagte is die leiding van ons Here ontvang om vanjaar sendelinge daar te gaan besoek en vir hulle tot seën te wees.
Ons wil nie net sendelinge daar bemoedig en blootgestel word aan hul werksaamhede nie, maar wil na hul luister, saam met hulle bid, dink en inbou in hul lewens - hulle tot diens wees.
Kingfisher reis ook al jare saam met Bergsig gemeente en is genader om as deel van die besoek 'n ruimte te skep vir toerusting en fasilitering.
Ons wil dus graag 'n driedag-werkswinkel aanbied waarin ons saam dink, na mekaar luister en in die Woord gaan delf - die Heilige Gees gaan vertrou vir die pad vorentoe. Ons wil in Jesus se voetspore volg in Thailand en getrou aan Sy woord, Sy liggaam daar wees en Sy lig laat skyn. Ons ver-trou die Here om saam te ontdek, vir inspirasie en ge-fokusde strategieë uit Sy hart.
Daar is nog een plek beskikbaar op die span vir ’n persoon wat wil saamgaan. Kontak die uitreikekantoor indien jy be-langstel. Kostes en finale detail moet nog gefinaliseer word.
Ons verwelkom vandag vir André en Marina (ons Fronti-
da sendelingegpaar in Thailand). Hulle bly tot April. Kom
groet vandag gerus na die eredienste en gesels lekker met hulle.
Indien u met hulle ’n afspraak wil maak of hulle wil nooi na u kleingroep, ontmoet hulle na die diens in die binnehof of e-pos Marina by: [email protected]
FRONTIDA SENDELINGE BESOEK SA
HOUSE OF GRACE
Dit is weer daardie tyd van die jaar wanneer die koue begin na-
derkruip en ons die warm klere moet uithaal. Al die ma’s sal weet
dat die kinders uit hulle klere groei en dat baie van die vorige
winter se klere nie meer sal pas na die somer nie.
By House of Grace sit ons met dieselfde probleem. Die enigste verskil is dat daar by House of Grace 18 lyfies is wat moet warm
klere kry! Ons het asseblief julle hulp nodig, want soos julle weet,
beteken die winter ook dat die kinders baie meer eet en gedurig
honger is (veral die seuns!).
Indien u belangstel om te help met die aankoop van warm klere
of donasies van kruideniersware vir die kinders kan jy my skakel by 082 990 1218 vir ’n lys van name, ouderdomme en geslag
van die kinders. Indien julle as kleingroep dalk ’n kind wil
“aanneem” vir die winter, skakel my gerus dan kan ons dit be-
spreek.
Baie dankie – ons vertrou op die God wat voorsien.
Mooi wense
Petro Nel (Projek koördineerder: House of Grace)
O82 990 1218
Nog Thailand-dinge ...
Onenigheid wat reg hanteer word kan
verhoudings
baie sterker maak.
Bladsy 3 Bergs ig Boodskap B ladsy 3 Bergs ig Boodskap
Voorbidding
Bel Ds. Mizelle by 083 394 1101 om deel van die gebedsketting te
word of e-pos na: [email protected]
KNIELTYD: 6 Maart NAAM ADRES REDE BID VIR
Herman Erasmus Langeberg Plaas, 021 976 3321 Ernstige motorongeluk Herstel en bemoediging
Annette Lötter en gesin Joosfontein Plaas, 082 842 1326 Man en pa oorlede Troos en bemoediging
Neels Langenhoven Tiekiedraaistraat 27, 021 979 5103 Mediese behandeling Herstel en bemoediging
Erik Botes 084 676 5917 Motorfietsongeluk Herstel en bemoediging
Marina Conradie Fairtrees 14, 021 976 3784 Mediese behandeling Herstel en bemoediging
Mara van Zyl Fairtrees 72, 021 976 2921 Mediese behandeling Herstel en bemoediging
George Kruger Crestview 9, 083 743 5086 Mediese behandeling Herstel en bemoediging
Alouette Kühn De Keurlaan 37, 021 975 3511 Kanker Herstel en bemoediging
Pieter Swart Blanc de Noir 29, 082 863 1826 Aangerand Herstel en bemoediging
Leon en Karin Theron Wanderersslot 9, 072 326 5900 Motorongeluk + operasie Vinnige herstel
Pierre Cloete (seuntjie) Crownsingel 2, 021 976 0055 Negatiewe diagnose Bemoediging
Alida Nel La Gratitude 25, 082 554 9904 Voortdurende pyn Verligting van pyn
Hennie en Cora Kotze Terrace Du Ville 14, 021 976 0562 Gesondheidsprobleme Herstel en bemoediging
Koba Pieterse Lisbonstraat 1, 082 371 2542 Kanker Herstel en bemoediging
Dirk Castens Pelicanstraat 15, 021 976 6444 Kanker Herstel en bemoediging
Etienne Warricker Vierlandenstraat 18, 021 976 0282 Beenmurgoorplanting Volkome herstel
Hercules Stander Blanc de Noirstr. 26, 021 975 4193 Beenmurgkanker Herstel en bemoediging
Hanno Fourie Joostenbergweg 1, 082 822 1531 Mediese behandeling Genesing en bemoediging
Hester Hayes 082 528 8599 Mediese behandeling Troos en bemoediging
BID VIR DIE PLAASLIKE SAPD VIR KALMTE EN BEMOEDIGING (Hulle is onder geweldige druk a.g.v. toenemende misdaad.)
Bid vir Bergsig kinders wat antwoorde soek op geestelike en emosionele gebiede.
Persone met verslawingsprobleme. Ons bid vir bevryding, wysheid en insig.
Persone in gemeente met huislike probleme. Ons bid vir versoening en geluk.
Persone met finansiële probleme en moeilike omstandighede - Ons bid vir oplossing, wysheid en insig.
Bid vir die Regering en leiers van ons land.
Bid vir bekering van misdadigers en geweldenaars in ons omgewing en land.
Vir bydraes of versoeke, skakel Elize 021 976 4106
Vergignis is ’n reis wat jy slegs met God aanpak.
ONS NOOI DIE GEMEENTE OM SAAM
VOORBIDDING TE DOEN
op Woensdag 9 Maart om 18:00
Ons wil graag die dag van 12 Maart aan ons
Hemelse Vader opdra en vra sy Genade en Seën
daarvoor.
Alle lidmate is welkom om saam met ons te kom
bid en stilraak.
Bladsy 4 Bergs ig Boodskap B ladsy 4 Bergs ig Boodskap
Program vir die week:
Tee vir Thailand
A-Koord verkoop weer vanaf Febr. koffie, tee en ’n eet-dingetjie in die binnehof na afloop
van beide oggenddienste.
Die wins van die verkope is ten bate van die uitreik tydens Junie/Julie vanjaar na Thailand.
Tee R5, Koffie R10, Doughnuts R2/R5 Kom kyk gerus wat die koek van die dag is!
As jy sou wou kom help, kom gesels gerus met Oswald of Heidi ... Ons het jou hande nodig.
Bergsig het geestelike boeke aangekoop wat te koop is.
Daar is ook boeke wat op uitleenbasis beskikbaar is.
Laastens is daar ook titels oor verskeie onderwerpe wat op bestelling beskikbaar sal wees.
Kontakpersoon: Juanita Fourie [email protected]
Daar is 20 EK GLO boeke
@ R100 stuk te koop by die kerk.
Die oorspronklike prys is R149.99 by
CUM boeke. Die boek dek kwartaal 2 -
4 se veldtog preekreekse.
Juanita Fourie sal in die binnehof
wees indien jy vooraf jou boek wil
aankoop.
Huis Oppas
GAAN U MET VAKANSIE OF VIR ’N WEGBREEK-NAWEEK
EN IS BEKOMMERD OOR U HUIS WAT HEELTYD
TOESTAAN?
EK HET DIE ANTWOORD:
EK PAS HUISE OP ENIGE TYD VAN DIE JAAR
TEEN ’N BILLIKE TARIEF - MY DIENS PER NAG SLUIT IN:
SLAAP, VERSORG DIERE EN SWEMBAD
VERKIESLIK SLEGS DURBANVILLE OMGEWING
VIR ENIGE NAVRAE OF BESPREKING KAN U MY KONTAK
NIEL KOTZE SEL: 076 400 8392 OF [email protected]
Geestelike versorging vind in Kleingroepe plaas. Dit is ’n kring waar ons geestelike vraagstukke kan be-spreek, maar mekaar ook kan onder-steun.
Ons dra ons kleingroepbediening in Bergsig op aan God ons Vader.
Ons nooi ook lidmate om IN TE SKA-KEL BY ’N BERGSIG KLEINGROEP!!!
Juanita Fourie, die kleingroep koör-dineerder en Ds. Johan Els reël vir 17 April na die oggenderedienste ’n byeenkoms vir almal wat belangstel om in ’n kleingroep te wees maar nog
nie is nie. By die geleentheid gaan ons mekaar beter leer ken en gesels oor die vorming van nuwe groepe.
Ons gaan ’n bring en braai hou. Lid-mate bring eie vleis en drinkgoed en Bergsig ontvang jul met lekker slaaie, poeding en vure wat hoog brand.
Stuur ’n e-pos as jy die geleentheid wil bywoon:
(Ons sal graag wil weet hoeveel men-se beplan om te kom sodat ons die regte hoeveelheid slaai kan bestel.)
Die begin van nuwe KLEINGROEPE
Daar sal geen A-Koord verkope op 13 Maart plaasvind nie.
Aarde-uur word vanjaar gevier op 19
Maart 2016 vanaf 20:30 tot 21:30.
Dan word ons versoek om alle nie-noodsaaklike ligte af te skakel vir een
uur lank.
Die eerste aarde-uur het in 2007
plaasgevind toe 2.2 miljoen inwoners
van Sydney, Australië hulle ligte vir ’n
uur lank afgeskakel het om mense
bewus te maak van die noodsaak-
likheid om stappe te neem teen klimaatsverandering. Die inisiatief het
gegroei tot die grootste massa simbo-
liese deelname in die wêreld. Neem
deel saam met die res van die wêreld op Saterdag 19 Maart 2016 tussen
20:30 en 21:30 om ligte by die huis af
skakel om daarmee ons ondersteuning
vir sinvolle optredes teen klimaatsver-
andering aan te dui. Ons kan ook as deelnemer registreer en interessante
inligting en videos bekom op die
webtuiste www.earthhour.org en
www.wwf.org.za. Meer oor aarde-uur in die volgende uitgawe van die Berg-
sig Boodskap.
AARDE-UUR : 19 MAART 2016
Bladsy 5 Bergs ig Boodskap
Bergsig moet oor een week vir 7 000 mense by die Plaasfees kos gee. Ons het dringend nog SKENKINGS van BESTANDDELE nodig asb.:
• Brood (groot snye) vir ham & kaas broodjies
• Ham / Gesny
• Botter
• Kaas
• Bacon
• Konfyt
• Kontant donasie vir aankoop vir 30kg maalvleis en nog paar brode
• 15 jaffelpannetjies en
• 10 gasbottels
• Spray & Cook
• SPEELGOED tombolatafel
HULP
“CHIPS” stalletjie:
• Ons het nog twee “chips” bakkers nodig.
Bel Nelda as jy kan help 083 235 1400.
• As jy vir 1 uur op die dag kan help is ons bly en ons deel jou in waar jy verkies om te werk. Bel vir Ilse as jy ons kan help by 082 376 3236.
• TOMBOLA TAFEL: mense wat bereid is om Nadia Tolken te help om in skofte te werk van 1 uur elk.
• Vrieskaste & yskaste (ons moet massas kos koud en gevries hou) help asb. en leen die ekstra yskas wat in jou garage staan vir ons.
Durbanville PlaasfeesTM benodig hulp vanuit gemeente
'n Belangrike pastorale brief van ds. Nelis Janse van Rensburg, voorsitter van die Moderamen van die Algemene Sinode is die week vrygestel. Ons versoek dat al die lidmate van die NG Kerk in ons sinodale gebied dit lees. Lees dit gerus op Berg-sig se webblad www.bergsigdv.co.za, by die skakel Nuus/Sinode. Kry ook ’n kopie by die sydeure en voorportaal.
Ons het as Dawid-omgeegroep, Huis Aristea gaan besoek met die doel om koek en tertjies te neem vir teetyd en dan daar saam met hulle te kuier.
Een van ons dames het klavier gespeel en gesing en kort voor lank het almal saamgesing.
Wat ’n wonderlike ondervinding was dit nie. Ons almal se gemoed is gelig deur grappies en samesang.
Ons het lekker gaan tee drink en koek
en tert saamgeëet en die dankbaar-heid wat ons as groep ontvang het van hierdie mense is onbeskryflik.
Ek wou sommer net laat weet en ons ervaring deel.
Groetnis
Johan Wilsch
BELANGRIKE BRIEF VAN DIE Algemene Sinode uit die pen van Ds. Nelis Janse van Rensburg.
Wanneer kleingroepe uitreik en omgee ... Moederskamer
Geriewe Die moederskamer by die dames-
badkamer is ingerig vir pasgebore ba-
bas tot 1 jaar oud.
Die tweede moederskamer is agter die
liturgiese ruimte vir 1-2 jariges.
Beide is daar klank en beeld.
Die gebedskamer is slegs vir mammas
wat borsvoed. ’n Stil atmosfeer met
geen ander ouderdom kinders teen-
woordig moet daar gehandhaaf word.
NG Kerk Durbanville-Bergsig NGK Durbanville-Bergsig, ABSA, 1410590154,Tak: 334810
Straatadres Posadres 24 uur noodnommer Kantoor-ure
H.v. Boland- en Proteaweg Posbus 479 vir geestelike & emo- Ma tot Vry 08:00 - 1400 t 021 976 4106
Durbanville 7550 Durbanville 7551 sionele ondersteuning Leraars en kantoorperso- f 021 976 9606
S33 48.966 O18 39.728 071 196 4191 neel kan daagliks by die [email protected]
[email protected] kerkkantoor gebel word. www.bergsigdv.co.za
Durbanville-Bergsig kerk - Sy ligdraers
Plaasfees Borge en Vennote
GEBRAAIDE SKAAPKOPPE @ R100 ’n kop. Plaas jou bestelling by Elize 078 803 3804
Daar is net 40 skaapkoppe oor!
Haal af by die Durbanville Plaasfees
by roosterkoek stalletjie op 12 Maart 2015.
Gifts at Oxford
Plaasfees-span:
Pieter Henning, LJ Opperman, Hennie Fritz
Lara Opperman, Ilse Fritz, Stephan Kleingeld,
Este Stewart
Nelda Rousseau , Alida Vorster, Rita Louw,
Werner Bekker, Pieter Traut
Insetsels: Rudi Vos, Bea Pretorius