UBK, 17 Junie 2011 - Swartland Municipality 17...munisipale raad op 23 Junie 2011. BESLUIT (a)...

22
NOTULE VAN ‘N GEWONE VERGADERING VAN DIE UITVOERENDE BURGEMEESTERSKOMITEE GEHOU IN DIE MALMESBURY BANKETSAAL OP VRYDAG, 17 JUNIE 2011 OM 11:00 TEENWOORDIG: Uitvoerende Burgemeester, rdh T van Essen (voorsitter) Uitvoerende Onderburgemeester, rdl M S I Goliath Lede van die Burgemeesterskomitee : rdl M van Zyl rdl W Wilskut Ander raadslede : Rdh N J A Rust Beamptes : Die Munisipale Bestuurder, mnr J J Scholtz Direkteur: Korporatiewe Dienste, me M S Terblanche Direkteur: Beskermingsdienste, mnr P A C Humphreys Direkteur: Finansiële Dienste, mnr K C Cooper Direkteur: Ontwikkelingsdienste, mnr J T Steenkamp Direkteur: Elektriese Ingenieursdienste, mnr R du Toit Direkteur: Siviele Ingenieursdienste, mnr A J Botha Bestuurder: Sekretariaat en Rekords, me N Brand 1. OPENING Die voorsitter open die vergadering. 2. VERLOF TOT AFWESIGHEID Geen 3. VOORLEGGINGS/AFVAARDIGINGS/SPREEKBEURTE 3.1 AANWYS VAN LEDE OP DIE UITVOERENDE BURGEMEESTERSKOMITEE (3/1/1) Die Uitvoerende Burgemeester hou die bedanking van rdl J H Cleophas as lid van die Uitvoerende Burgemeesterskomitee met ingang van 15 Junie 2011 aan die komitee voor. Rdl Cleophas se bedanking spruit voort uit sy verkiesing as Uitvoerende Burgemeester van die Weskus Distriksmunisipaliteit. ‘n Onlangse regsopinie is ontvang vanaf die Provinsiale Regering van die Wes-Kaap wat bepaal dat die Uitvoerende Onderburgemeester uitgesluit is wanneer die 20% van die aantal raadslede wat op die Uitvoerende Burgemeesterskomitee mag dien, bereken word. Uit hoofde van die regsopinie, kwalifiseer Swartland Munisipaliteit om vier lede (die Uitvoerende Onderburgemeester uitgesluit) op die Uitvoerende Burgemeesterskomitee aan te wys. BESLUIT Dat die Uitvoerende Burgemeester – behalwe vir rdle M van Zyl en W Wilskut wat reeds op die eerste vergadering op 31 Mei 2011 aangewys is – die volgende twee raadslede met ingang van 18 Junie 2011 op die Uitvoerende Burgemeesterskomitee aanwys, naamlik –

Transcript of UBK, 17 Junie 2011 - Swartland Municipality 17...munisipale raad op 23 Junie 2011. BESLUIT (a)...

  • NOTULE VAN ‘N GEWONE VERGADERING VAN DIE UITVOEREND E BURGEMEESTERSKOMITEE GEHOU IN DIE MALMESBURY BANKETSAAL OP VRYDAG, 17 JU NIE 2011 OM 11:00 TEENWOORDIG: Uitvoerende Burgemeester, rdh T van Essen (voorsitter) Uitvoerende Onderburgemeester, rdl M S I Goliath

    Lede van die Burgemeesterskomitee: rdl M van Zyl rdl W Wilskut Ander raadslede:

    Rdh N J A Rust

    Beamptes: Die Munisipale Bestuurder, mnr J J Scholtz Direkteur: Korporatiewe Dienste, me M S Terblanche Direkteur: Beskermingsdienste, mnr P A C Humphreys Direkteur: Finansiële Dienste, mnr K C Cooper Direkteur: Ontwikkelingsdienste, mnr J T Steenkamp Direkteur: Elektriese Ingenieursdienste, mnr R du Toit Direkteur: Siviele Ingenieursdienste, mnr A J Botha Bestuurder: Sekretariaat en Rekords, me N Brand

    1. OPENING Die voorsitter open die vergadering. 2. VERLOF TOT AFWESIGHEID Geen 3. VOORLEGGINGS/AFVAARDIGINGS/SPREEKBEURTE

    3.1 AANWYS VAN LEDE OP DIE UITVOERENDE BURGEMEESTERSKOM ITEE (3/1/1) Die Uitvoerende Burgemeester hou die bedanking van rdl J H Cleophas as lid van die

    Uitvoerende Burgemeesterskomitee met ingang van 15 Junie 2011 aan die komitee voor. Rdl Cleophas se bedanking spruit voort uit sy verkiesing as Uitvoerende Burgemeester van die Weskus Distriksmunisipaliteit.

    ‘n Onlangse regsopinie is ontvang vanaf die Provinsiale Regering van die Wes-Kaap wat

    bepaal dat die Uitvoerende Onderburgemeester uitgesluit is wanneer die 20% van die aantal raadslede wat op die Uitvoerende Burgemeesterskomitee mag dien, bereken word. Uit hoofde van die regsopinie, kwalifiseer Swartland Munisipaliteit om vier lede (die Uitvoerende Onderburgemeester uitgesluit) op die Uitvoerende Burgemeesterskomitee aan te wys.

    BESLUIT Dat die Uitvoerende Burgemeester – behalwe vir rdle M van Zyl en W Wilskut wat reeds op

    die eerste vergadering op 31 Mei 2011 aangewys is – die volgende twee raadslede met ingang van 18 Junie 2011 op die Uitvoerende Burgemeesterskomitee aanwys, naamlik –

  • 2 3.1/...

    • rdl C H H Hunsinger • rdl A C Sedeman.

    3.2 VOORGESTELDE WYSIGING IN DIE VERTEENWOORDIGING VAN RAADSLEDE OP

    INTERNE EN EKSTERNE KOMITEES VAN DIE RAAD (3/1/1) Die Uitvoerende Burgemeester hou die voorgestelde wysigings voor vir aanbeveling aan die

    munisipale raad op 23 Junie 2011. BESLUIT

    (a) Administrasie en Finansies Portefeuljekomitee: rdl C H H Hunsinger (UBK-lid verantwoordelik vir finansies)

    (b) Siviel- en Elektriese Portefeuljekomitee: rdl A C Sedeman, ondervoorsitter (UBK-lid verantwoordelik vir siviele en elektriese aangeleenthede) en rdl C H Papers;

    (c) Begrotingsbeheerkomitee: rdl C H H Hunsinger as UBK-lid verantwoordelik vir finansies en slegs een raadslid, naamlik rdl B W Geel as addisionele lid uit die Administrasie en Finansies Portefeuljekomitee;

    (d) PROVKOM: rdl A C Sedeman as sekunde.

    4. NOTULES VIR BEKRAGTIGING

    4.1 NOTULE VAN ‘N GEWONE UITVOERENDE BURGEMEESTERSK OMITEE-VERGADERING GEHOU 11 MEI 2011

    BESLUIT Dat die notule van ‘n Gewone Uitvoerende Burgemeesterskomiteevergadering gehou

    11 Mei 2011 goedgekeur en deur die Burgemeester onderteken word, onderhewig aan die volgende wysiging –

    (1) ITEM 8.22: TENDER: UITVOERING VAN ALGEMENE WAAR DASIE VIR

    TYDPERK 1 JULIE 2008 TOT 30 JUNIE 2012, M3 EN MEDEW ERKERS (8/2/2/1)

    BESLUIT (c)(ii) GOP huise met aanbouings – R100,00/eiendom.

    5. SAKE VOORTSPRUITEND UIT DIE NOTULES

    Geen

    6. MAANDVERSLAG TEN OPSIGTE VAN APRIL EN MEI 2011 V AN DIE ONDERSKEIE DIREKTORATE

    6.1 MUNISIPALE BESTUURDER (7/1/2/2-7) BESLUIT Dat kennis geneem word van die maandverslag van die Munisipale Bestuurder vir April en

    Mei 2011. 6.2 FINANSIËLE DIENSTE (7/1/2/2-2) BESLUIT Dat kennis geneem word van die maandverslag van die Direktoraat Finansiële Dienste vir

    April en Mei 2011. 6.3/...

  • 3 6.3 KORPORATIEWE DIENSTE (7/1/2/2-1) BESLUIT Dat kennis geneem word van die maandverslag van die Direktoraat Korporatiewe Dienste vir

    April en Mei 2011. 6.4 SIVIELE INGENIEURSDIENSTE (7/1/2/2-4) BESLUIT

    Dat kennis geneem word van die maandverslag van die Direktoraat Siviele Ingenieursdienste vir April en Mei 2011.

    6.5 ELEKTRIESE INGENIEURSDIENSTE (7/1/2/2-6) BESLUIT Dat kennis geneem word van die maandverslag van die Direktoraat Elektriese

    Ingenieursdienste vir April en Mei 2011. 6.6 ONTWIKKELINGSDIENSTE (7/1/2/2-5) BESLUIT

    Dat kennis geneem word van die maandverslag van die Direktoraat Ontwikkelingsdienste vir April en Mei 2011.

    6.7 BESKERMINGSDIENSTE (7/1/2/2-3) 6.7.1 MUNISIPALE POLISIEDIENSTE (7/1/2/2-3) 6.7.2 BRANDWEERDIENSTE (7/1/2/2-3) BESLUIT

    Dat kennis geneem word van die maandverslag van die Direktoraat Beskermingsdienste, wat insluit die maandverslag van onderskeidelik die Munisipale Polisiedienste en Brandweerdienste vir April en Mei 2011.

    7. NUWE SAKE

    7.1 2012-2017 GEÏNTEGREERDE ONTWIKKELINGSPLAN: PROS ESPLAN (2/1/4/4/1)

    Die nuutverkose Raad is verantwoordelik vir die opstel van ‘n vyf jaar Geïntegreerde Ontwikkelingsplan (GOP) wat finaal goedgekeur moet word voor die einde van Mei 2012. Vir die voormelde proses om ‘n aanvang te neem, moet ‘n prosesplan in terme van artikel 28 van die Munisipale Stelselswet (Wet 32 van 2000) in oorleg met die plaaslike gemeenskap opgestel word om die beplanning, opstel, aanneem en hersiening van die GOP te rig. BESLUIT (a) Dat die konsep Prosesplan ten opsigte van die opstel van 2012-2017 GOP vir

    Swartland in terme van artikel 28 van die Wet op Munisipale Stelsels (Wet 32 van 2000) goedgekeur word;

    (b) Dat die insette en kommentaar van die plaaslike gemeenskap op die konsep

    Prosesplan verkry word; (c) Dat die konsep GOP Prosesplan in Augustus 2011 voorgelê word vir oorweging deur

    die Uitvoerende Burgemeesterskomitee en vir finale goedkeuring deur die Raad.

    7.2/...

  • 47.2 NOTULE VAN DIE MUNISIPALE FINANSIËLE- EN PRESTA SIE OUDITKOMITEE-

    VERGADERING GEHOU 1 MAART 2011, ASOOK DIE SESMAANDE LIKSE VERSLAG VAN DIE KOMITEE VIR DIE TYDPERK GEËINDIG 31 DESEMBE R 2010 (11/1/3/1/7)

    Die Munisipale Finansiële- en Prestasie Ouditkomitee dien as ‘n volwaardige onafhanklike komitee van die Raad en vervul sy funksies ingevolge die bepalings van artikel 166 van die MFMA, Wet 56 van 2003.

    In terme van sy mandaat moet aanbevelings aan die Raad vir oorweging en besluitneming

    voorgelê word, maar is daar nie enige aanbevelings voortspruitend uit bovermelde vergadering nie en word derhalwe – BESLUIT Dat kennis geneem word van die notule van die gesamentlike vergadering van die Munisipaliteit se Finansiële- en Prestasie Ouditkomitee van 1 Maart 2011, asook van die sesmaandelikse verslag van die Finansiële- en Prestasie Ouditkomitee vir die tydperk geëindig 31 Desember 2010.

    7.3 GEWYSIGDE DISSIPLINÊRE REGULASIES VAN DIE ARTIK EL 56 EN 57 AANSTELLINGS (4/2/3)

    Die gewysigde dissiplinêre regulasie van toepassing op artikel 56 en 57 aanstellings is deur die waarnemende Nasionale Minister van COGTA op 21 April 2011 afgekondig. Alhoewel daar geen konsultasie met Wes-Kaapse munisipaliteite hieroor plaasgevind het nie, is dit belangrik om eenvormige toepassing in plaaslike regering te bewerkstellig. Verder is die regulasies ingevolge artikel 120 van die Stelselswet afgekondig en is dit dus bindend en sal die dienskontrakte dienooreenkomstig aangepas moet word. BESLUIT (a) Dat daar kennis geneem word van die dissiplinêre regulasies soos afgekondig in

    Staatskoerant 34213 gedateer 21 April 2011; (b) Dat die Munisipale Bestuurder met volmag beklee word om die diensooreenkomste

    van die onderskeie direkteure, te wete die Direkteur: Finansiële Dienste, Direkteur: Beskermingsdienste, Direkteur: Elektriese Ingenieursdienste, Direkteur: Korporatiewe Dienste, Direkteur: Siviele Ingenieursdienste en Direkteur: Ontwikkelingsdienste aan te pas deur die voormelde dissiplinêre regulasies van toepassing te maak, maar ook om die addendums wat sedertdien aangebring is te integreer;

    (c) Dat voormelde aanpassings vir kondonering aan die Munisipale Raad voorgelê word.

    7.4 HERNUWING VAN DIENSKONTRAK VAN DIE MUNISIPALE B ESTUURDER (4/2/3) [Die Munisipale Bestuurder, sowel as die res van die Direkteure verlaat die lokaal vir die duur van die

    bespreking van die item.]

    Die voormalige raad het op 24 November 2010 die dienskontrak van die Munisipale Bestuurder op ‘n tydelike basis verleng tot 20 April 2012 en verdere hernuwingsvoorwaardes as addendum tot die diensooreenkoms goedgekeur. Tydens die MINMAY-vergadering op 24 Februarie 2011 is die hernuwing van die dienskontrakte van Munisipale Bestuurders onder voorsitterskap van Minister Bredell bespreek en is daar onderneem om ‘n regsopinie in hierdie verband te bekom. Die regsmening ontvang vanaf Dr Fast word in die verslag tot die sakelys aangehaal. Die diensooreenkoms van die Munisipale Bestuurder bepaal verder dat ‘n hernuwing of verlengde aanstelling voorafgegaan moet word deur ‘n prestasie-evaluasie van die voorafgaande jaar, wat uitgevoer moet word deur die Uitvoerende Burgemeester, bygestaan deur UBK-lede en die Eksterne Ouditkomitee.

  • 57.4/...

    BESLUIT (a) Dat daar kennis geneem word van die positiewe aanbeveling van die Eksterne

    Ouditkomitee en die Raadslede tydens die Raadsvergaderings van 31 Januarie 2011 en 31 Maart 2011 aangaande die prestasie van die voorafgaande finansiële jaar (2009/2010);

    (b) Dat daar kennis geneem word dat die Munisipale Bestuurder tans besig is om die

    MFMA-kursus van Nasionale Tesourie te deurloop soos statutêr vereis; (c) Dat die hernuwing van die ooreenkoms van die Munisipale Bestuurder soos omskryf

    in die addendum (klousule 2.3.1) gedateer 7 Maart 2011, by die Munisipale Raad aanbeveel word, gerugsteun deur die mening van die Eksterne Ouditkomitee (Voorsitter en lid verantwoordelik vir Prestasie);

    (d) Dat daar verder kennis geneem word dat die Munisipale Bestuurder tevrede is met

    die res van die voorwaardes van die diensooreenkoms en addendums soos van tyd tot tyd gewysig, en dat hierdie hernuwingsopsie nie misbruik word om oor ‘n veranderde/verhoogde salarispakket te onderhandel nie;

    (e) Dat die “moeder”-diensooreenkoms met inbegrip van die addendums, mutatis

    mutandis (net so) van toepassing bly ten aansien van alle diensvoordele, behalwe vir die wysiging van die dissiplinêre prosedures wat deur middel van wetgewing – Staatskoerant 34213 gedateer 21 April 2011 – gewysig is en wat elders in die sakelys hanteer word;

    (f) Dat na besluitneming deur die Munisipale Raad, die Provinsiale Minister van

    Plaaslike Regering in kennis gestel word van die hernuwing van die Munisipale Bestuurder se kontrak en die proses van evaluering wat deurloop is;

    (g) Dat die hernuwing van die Munisipale Bestuurder se ooreenkoms ingevolge die

    hernuwingsvoorwaardes van sy dienskontrak – klousule 2.3.1 – by die Munisipale Raad aanbeveel word;

    (h) Dat daar verder aanbeveel word dat die nuwe ooreenkoms van die Munisipale

    Bestuurder ook oor hernuwingsvoorwaardes moet beskik onderhewig daaraan dat die voorgeskrewe kursus van Nasionale Tesourie suksesvol deurloop moet word.

    7.5 MUNISIPALE BESTUURDER: AANSOEK OM VERLOF (4/8/3 )

    Die Munisipale Bestuurder moet by die Uitvoerende Burgemeesterskomitee aansoek om verlof doen en hou die voorgestelde dae aan die komitee voor. Die verslag tot die sakelys bevat ook ‘n skedule wat die verlof van die res van die Direkteure aantoon gedurende die Junie/Julie-skoolvakansie. BESLUIT (a) Dat die aansoek om verlof van die Munisipale Bestuurder op 27 Junie 2011 en vanaf

    29 Junie tot en met 8 Julie 2011 (9 werksdae) goedgekeur word;

    (b) Dat goedkeuring verleen word vir die aanwys van ‘n waarnemende Munisipale Bestuurder na gelang van die beskikbaarheid van die Direkteure gedurende bogemelde periode.

    7.6 VERIMENT BELEID (5/1/B)

    Die Wet op Munisipale Finansiële Bestuur (Wet 56 van 2003) plaas ‘n verantwoordelikheid op die Rekenpligte Beampte om beleide en prosedures in plek te stel om beheer en kontrole oor verskeie aspekte te kan uitoefen.

  • 67.6/...

    Ten einde beheer oor die goedgekeurde kapitaal- en bedryfsbegroting te kan uitoefen is dit nodig om kontroles en prosedures in plek te stel wat die oorplasing van fondse (veriment) tussen departemente, funksionele areas en lynitems beheer. BESLUIT (a) Dat die Veriment Beleid van Munisipaliteit Swartland deur die Uitvoerende

    Burgemeesterskomitee vir implementering met ingang van 1 Julie 2011 goedgekeur word, onderhewig aan die volgende wysiging –

    paragraaf 5.1 – “Subject to the ... etcetera of the budget, provided that the amount does not exceed the amount of R100 000,00 (in respect of an operating item) or the amount of R500 000,00 (in respect of a capital item). Where the aforementioned amounts are exceeded, the proposed virement is subject to approval by the Municipal Manager. The status of the budget of the receiving line item may not exceed more than 25% when virement is performed.

    (b) Dat die delegasies wat verband hou met die “Veriment Beleid” in die delegasie-

    register opgeneem word. 7.7 AFWYKING VAN DIE VOORGESKREWE VERKRYGINGSPROSED URES: AANSTELLING

    VAN MUBESKO AFRICA CC (5/1/B)

    Die firma, Mubesko Africa cc is in 2010 aangestel om die Munisipaliteit by te staan in die opstel van die finansiële state ooreenkomstig die nuwe “budget reforms/formats” soos voorgestel deur Nasionale Tesourie. Mubesko Africa cc was verder betrokke by die opstel van die finansiële stabiliseringsprogram/ volhoubaarheidsplan en sal met hierdie aanstelling die verslag hieromtrent finaliseer, wat insluit die aanbied van ‘n strategiese sessie. Ten einde kontinuïteit te verseker en kapasiteit binne die Begrotingskantoor te skep, is besluit dat vermelde firma weereens betrokke sal wees in die opstel van die “budget reforms/formats”, maar sal terselfdertyd opleiding verskaf aan die twee mentors in die Begrotingskantoor om hulle in staat te stel om hierdie formate in die toekoms self te kan doen. BESLUIT

    (a) Dat kondonering verleen word vir afwyking van die voorgeskrewe verkrygings-

    prosedures met die aanstelling van Mubesko Africa cc vir die lewering van dienste soos vermeld in die verslag en wel om die volgende redes: (i) dat Mubesko Africa cc die enigste verskaffer is wat hierdie tipe diens lewer; (ii) dat Mubesko Africa cc die enigste organisasie was wat op uiterste kort

    kennisgewing die kapasiteit gehad het om onmiddellik by Swartland Munisipaliteit betrokke te raak met die volvoering van die aksies soos beskryf;

    (b) Dat die Bestuurder: Finansiële State en Beheer, mnr C Gerber in terme van klousule

    36(2) van die Voorsieningskanaalbestuursbeleid opdrag gegee word om die gemelde redes as nota by die betrokke finansiële state in te sluit wanneer dit opgestel word.

    7.8 UITSTAANDE DEBITEURE – MEI 2011 (5/7/1/1)

    ’n Volledige verslag aangaande die stand van uitstaande debiteure is met die sakelys gesirkuleer en ook tydens die voorlegging van die maandverslag bespreek. BESLUIT Dat kennis geneem word van die verslag aangaande die stand van uitstaande debiteure vir die maand van Mei 2011.

  • 77.9 UITSTAANDE VERSEKERINGSEISE (5/14/3/5)

    Daar moet ingevolge die Batebestuursbeleid van die Raad op ‘n maandelikse basis verslag gedoen word aangaande die stand van uitstaande versekeringseise.

    BESLUIT

    (a) Dat kennis geneem word van die stand van uitstaande versekeringseise soos met die sakelys gesirkuleer;

    (b) Dat, ten opsigte van die eis aangaande die beskadigde Telkom-kabel op die h/v

    Smuts- en Kachelhofferstraat, Riebeek-Wes, die bewoording van die eis gewysig word om duidelik te meld dat Telkom nagelaat het om die ondergrondse kabels wat beskadig is, uit te wys. Telkom het wel aangedui dat daar in hierdie gebied slegs oorhoofse kabels aangebring is en dat die Munisipaliteit kan voortgaan met die uitgrawings.

    7.10 VOORRAADOPNAME (6/1/1)

    Die jaarlikse voorraadopname vind plaas op 28 Junie 2011 by die hoof magasyn en die skryfbehoeftestoor in Malmesbury, sowel as by die elektriese stoor in Moorreesburg. BESLUIT Dat rdle W Wilskut en A C Sedeman (rdl M van Zyl as sekunde vir enige van voormelde raadslede) aangewys word om die Raad te verteenwoordig tydens die jaarlikse voorraadopname wat op 28 Junie 2011 om 09:00 by die hoof magasyn te Malmesbury ‘n aanvang sal neem.

    7.11 TOEKOMSTIGE GEBRUIK VAN DIE WESBANK KLINIEKGEB OU TE MALMESBURY (2/1/1/1)

    Die gebou op erf 10620, Malmesbury wat tans as die Wesbank Kliniek aangewend word, is deur middel van ‘n skenkingsooreenkoms gratis aan die Departement van Openbare Werke oorgedra. Die oordrag het voortgespruit uit die oorname van die primêre gesondheidsdienste deur Provinsie. Die ooreenkoms bevat ‘n klousule waarvolgens die gebou aan die Munisipaliteit sal terugval indien dit nie langer vir kliniekdoeleindes aangewend word nie. Die Munisipaliteit het ondertussen ook erf 7514, Malmesbury teen ‘n gesubsidieerde verkoopprys aan voormelde departement vervreem vir die oprigting van ‘n moderne kliniekgebou wat die bestaande kliniek op erf 10620 sal vervang. Gegewe die behoefte aan geboue akkommodasie is die Departement van Openbare Werke skriftelik in kennis gestel dat die Munisipaliteit graag sal eienaarskap neem van die gebou nadat die nuwe kliniek in bedryf gestel is. BESLUIT (a) Dat daar volstaan word by die inhoud van die brief aan Departement van Openbare

    Werke gedateer 1 Desember 2010, naamlik dat daar herbesit van die Wesbank Kliniekgebou op erf 10620, Malmesbury geneem sal word sodra dit nie langer as kliniek fasiliteit aangewend word nie;

    (b) Dat ‘n mandaat aan die Munisipale Bestuurder gegee word om met die betrokke

    departemente te onderhandel aangaande die benutting van die bestaande Wesbank Kliniekgebou deur die Swartland Munisipale Polisiedienste, in ruil vir die beskikbaarstelling van die bestaande Munisipale Polisiedienstekantore, waarin die kliniek destyds gehuisves was.

    7.12/...

  • 87.12 HUUROOREENKOMS: MALMESBURY PAINTBALLKLUB (17/9 /2/R)

    Die gedeelte meentgrond bekend as die bloekombos agter Swartland Hoërskool word op ‘n jaar tot jaar basis aan die Malmesbury Paintballklub verhuur. Die huurtermyn verval op 30 Junie 2011. BESLUIT (a) Dat ‘n nuwe huurooreenkoms met die Malmesbury Paintballklub aangegaan word vir

    die huur van ‘n gedeelte meentgrond bekend as die bloekombos agter Hoërskool Swartland te Malmesbury vir doeleindes van ‘n paintballbaan;

    (b) Dat ‘n huurtermyn van een jaar vasgestel word m.i.v. 1 Julie 2011 wat by verstryking

    weer hernu kan word; (c) Dat die huurgeld R100,00 per jaar plus BTW sal beloop.

    7.13 VERHUUR VAN GEBOU TE LANGSTRAAT, ABBOTSDALE (1 2/1/3/1-1/1)

    Die Raad verhuur ‘n geboutjie geleë op erf 604, Langstraat, Abbotsdale aan die Hoeksteen van Sion Pinkster Gemeente van SA op ‘n jaar tot jaar basis waarvan die huurooreenkoms op 30 Junie 2011 verval. BESLUIT (a) Dat die gebou geleë op erf 604, Langstraat, Abbotsdale uit die hand uit vir ‘n verdere

    termyn van 12 maande met ingang van 1 Julie 2011 vir kerkdoeleindes aan die Hoeksteen van Sion Pinkster Gemeente van SA verhuur word;

    (b) Dat ‘n huurtarief van R10,00 per maand plus 14% BTW gehandhaaf word; (c) Dat die huurvoorwaardes onveranderd bly.

    7.14 VOORGESTELDE AANKOOP VAN GROND TE CHATSWORTH ( 12/1/B)

    Transnet beskik oor twee gedeeltes grond in Chatsworth ten opsigte waarvan die Raad al ‘n geruime tyd probleme ondervind met persone wat onwettig daarop plak. ‘n Skrywe gedateer 20 Januarie 2011 is vanaf Transnet ontvang waarin meegedeel word dat ‘n verkoopooreenkoms met Servcon Housing Solutions (Pty) Ltd gesluit is, wat op hul beurt die grond aan die Housing Development Agency sou oordra vir toekomstige ontwikkelings. Servcon Housing Solutions (Pty) Ltd wat in die proses is om ontbind te word, het aangedui dat hulle bereid sal wees om die grond aan die Munisipaliteit te vervreem. Die Provinsiale Departement van Behuising het aangedui dat hulle bereid sal wees om die grond te finansier en het vergaderings in hierdie verband reeds plaasgevind. BESLUIT (a) Dat kennis geneem word van die status quo betreffende die voorgenome aankoop

    van erf 3800 Greater Chatsworth, asook die restant van Gedeelte 2 van die Plaas Michiel Heyns Kraal 755;

    (b) Dat alle aksies wat hieromheen geneem was, asook die voorgenome aankoop van

    die betrokke gedeeltes grond, gekondoneer word, gegewe die voordele wat uit die transaksies vir die Raad voortspruit;

    (c) Dat goedkeuring verleen word dat oorbruggingsfinansiering van R1,5 miljoen uit

    raadsfondse voorsien word indien dit nodig sou blyk weens vertragings met die verkryging van die provinsiale befondsing.

  • 97.15 KONSEP VERORDENING INSAKE VASTE AFVALBESTUUR ( 1/1)

    Jan Palm Raadgewende Ingenieurs is aangestel om die Munisipaliteit se Geïntegreerde Vaste Afvalbestuursplan te hersien, wat insluit die hersiening van die verordeninge. Daar bestaan nog verordeninge wat deur die voormalige munisipaliteite voor die totstandkoming van Swartland Munisipaliteit toegepas is, wat dus herroep moet word. BESLUIT Dat die Uitvoerende Burgemeesterskomitee op 23 Junie 2011 by die Raad aanbeveel – (a) dat die konsep verordening insake Afvalbestuur vir publieke kommentaar

    geadverteer word in terme van artikel 12(3)(b) van die Stelselswet, 2000, in die plaaslike media sowel as op die munisipale webtuiste;

    (b) dat goedkeuring verleen word dat die bestaande verordening insake die verwydering

    en wegdoen van vullis soos afgekondig in PK 26 van 9 Januarie 1998 sowel as in PK 26/1998; PK 068/1998 en PK 1309/1966 soos gewysig deur PK 0126/1969; PK 066/1975; PK 0104/1977 en PK 0477/1978 asook PK 0201-1991 en PK 5859 herroep word en dat die herroeping van krag sal wees op datum wanneer die nuwe verordening in werking tree.

    7.16 SOSIALE ONTWIKKELINGSBELEID EN -STRATEGIE (17/ 2/2) In 2008 is die behoefte geïdentifiseer vir die ontwikkeling van ’n beleid om die gemeenskaps-

    ontwikkelingsprogramme van Swartland Munisipaliteit te rig. Gemeenskapsontwikkeling is ’n baie wye veld en is alle departemente van die Munisipaliteit op een of ander wyse daarby betrokke.

    Die Hoof: Gemeenskapsontwikkeling is tans besig met haar meestersgraad in Besigheidsadministrasie en is die Sosiale Ontwikkelingsbeleid en –Strategie as deel hiervan opgestel. Die Munisipale Bestuurder bevestig dat hierdie beleid van groot waarde, nie slegs vir Swartland Munisipaliteit gaan wees nie, maar ook vir die res van die Provinsie.

    BESLUIT

    Dat die konsep Sosiale Ontwikkelingsbeleid en –Strategie in beginsel goedgekeur word in afwagting op die finale akademiese versorgde dokument, waarna dit voorgelê sal word vir finale goedkeuring en implementering.

    7.17 VOORGESTELDE VERGUNNINGSGEBRUIK OP ERF 679, RI EBEEK-WES (15/3/10-12) (WYK 3)

    Die aansoek om vergunningsgebruik om ‘n drankwinkel op ‘n gedeelte van erf 679 (groot ±80m²) geleë op die h/v Voortrekker- en Smutsstraat, Riebeek-Wes te bedryf is op 11 Mei 2011 deur die Uitvoerende Burgemeesterskomitee terugverwys ten einde ‘n ter plaatse inspeksie uit te voer. Dit is bevind dat daar geen redes bestaan hoekom die aansoek nie oorweeg kan word nie. BESLUIT Dat die aansoek vir ‘n vergunningsgebruik op erf 679, Riebeek-Wes ingevolge paragraaf 4.6 van die Artikel 8 Soneringskemaregulasies van Ordonnansie 15 van 1985 ten einde ‘n drankwinkel (±80m²) te bedryf goedgekeur word, onderhewig aan die volgende voorwaardes:

    A1 STADSBEPLANNING EN BOUBEHEER (a) dat die nodige bouplanne aan die Direkteur: Ontwikkelingsdienste vir oorweging

    voorgelê word alvorens met bouwerke ‘n aanvang geneem word; (b) dat die/...

  • 107.17/...

    (b) dat die drankwinkel op so ‘n wyse bedryf word dat dit nie ‘n oorlas vir ander besighede in dieselfde gebou, asook omliggende eienaars is nie;

    (c) dat 15 op-perseel parkeerplekke, asook ‘n laaisone op die perseel geskep word in

    oorleg met die Departement: Siviele Ingenieursdienste; (d) dat die eienaar/ontwikkelaar hierdie Munisipaliteit skriftelik in kennis stel wanneer

    daar uitvoering gegee is aan alle voorwaardes; (e) dat die beswaarmakers op hul reg tot appèl gewys word; A2 WATER (a) dat daar van die bestaande wateraansluiting gebruik gemaak word en dat geen

    addisionele wateraansluitings voorsien sal word nie; A3 RIOOL (a) dat daar van die bestaande rioolaansluiting gebruik gemaak word en dat geen

    addisionele rioolaansluiting voorsien sal word nie; A4 VULLISVERWYDERING (a) dat daar skriftelik by Swartland Munisipaliteit aansoek gedoen moet word vir die

    gebruik van enige van die stortingsterreine binne die munisipale area; (b) dat die basiese vullistarief vir elke besigheid gehef word wat aangepas sal word

    namate die hoeveelheid vullis wat verwyder word; (c) dat die vullis in swartsakke op die naaste munisipale sypaadjie geplaas word op die

    oggend van verwydering; A5 DEPARTEMENT VAN VERVOER EN OPENBARE WERKE (a) dat ingevolge Artikel 17 van Ordonnansie 19 van 1976, is daar ‘n 5m statutêre boulyn

    van toepassing langs Hoofpad 227; (b) dat geen nuwe toegange geskep of bestaande toegange verander mag word sonder

    die goedkeuring van die Departement van Vervoer en Openbare Werke nie; (c) dat hierdie goedkeuring slegs betrekking het op die voorgelegde aansoek en behels

    nie vrystelling van enige ander wetlike voorskrifte nie; A6 ESKOM (a) dat indien die voorgestelde ontwikkeling veroorsaak dat enige Eskom dienste

    verskuif moet word sal die koste daaraan verbonde vir die rekening van die eienaar/ontwikkelaar wees;

    (b) dat die oprigting van enige struktuur binne 9m van ‘n Eskom kraglyn verbode is; (c) dat die eienaar/ontwikkelaar verantwoordelik is vir die kragtoevoer na die perseel.

    7.18 VOORGESTELDE VERGUNNINGSGEBRUIK OP DIE RESTANT VAN DIE PLAAS

    KLEINE RONDEBOSCHJE NO. 532 EN GEDEELTE 2 VAN DIE P LAAS RONDE VLEY NO. 583, AFDELING MALMESBURY (15/3/10-15) (WYK 4)

    ‘n Aansoek is ontvang vir ‘n vergunningsgebruik op voormelde grond vir ‘n intensiewe voerboerdery ten einde ‘n varkboerdery met verewante infrastruktuur te bedryf. ‘n Omgewingsgoedkeuring en ‘n afvalbestuurslisensie is reeds uitgereik deur die Departement van Omgewingsake en Ontwikkelingsbeplanning ingevolge die NEMA-regulasies en NEM: Waste Act vir die voorgestelde ontwikkeling. Appèlle is by die Minister van Plaaslike Regering teen die bogenoemde besluite aangeteken, wat na oorweging van die hand gewys is.

  • 117.18/...

    BESLUIT Dat die aansoek vir ‘n vergunningsgebruik op die restant van die plaas Kleine Rondeboschje No. 532 en gedeelte 2 van die plaas Ronde Vley No. 583, Afdeling Malmesbury vir ‘n intensiewevoerboerdery ten einde ‘n varkboerdery met verwante infrastruktuur te bedryf, ingevolge paragraaf 4.6 van die toepaslike Artikel 8 Soneringskemaregulasies van Ordonnansie 15 van 1985 goedgekeur word, onderhewig aan die volgende voorwaardes:

    A1 WATER (a) dat geen munisipale drinkwater beskikbaar is nie;

    (b) dat die onttrekking van water ooreenkomstig die bepalings van die Departement:

    Waterwese en Bosbou geregistreer word;

    (c) dat die kommentare van die bogenoemde departement by punt A1(b) aan die Departement: Siviele Ingenieursdienste voorsien word;

    (d) dat indien die Weskus Distriksmunisipaliteit genader word vir die voorsiening van

    water, laasgenoemde die aansoek aan die Departement: Siviele Ingenieursdienste voorsien vir kommentaar, alvorens die aansoek verder oorweeg word;

    A2 RIOOL (a) dat slegs huishoudelike riooldienste deur middel van ‘n suigtenkvragmotor voorsien

    word; (b) dat suigtenke aan die volgende minimum vereistes moet voldoen:

    (i) kapasiteit van 8000ℓ per wooneenheid (ii) vroulike koppelstuk aan suigkant (iii) ondeurlaatbare wande;

    (c) dat die goedkeuring vanaf die Departement van Waterwese en Bosbou verkry word vir die bestuur en wegdoen van vaste afval en afvalwater;

    (d) dat die goedkeuring en kommentare van die departement by punt A2(c) aan die

    Departement: Siviele Ingenieursdienste voorsien word.

    A3 VULLISVERWYDERING (a) dat daar skriftelik by Swartland Munisipaliteit aansoek gedoen moet word vir die

    gebruik van enige van die stortingsterreine binne die munisipale area. A4 ESKOM (a) dat indien die ontwikkeling veroorsaak dat enige Eskom dienste verskuif moet word,

    sal die koste daaraan verbonde vir die rekening van die eienaar/ontwikkelaar wees;

    (b) dat die oprigting van enige struktuur binne 9m van ‘n Eskom kraglyn verbode is;

    (c) dat die eienaar/ontwikkelaar verantwoordelik is vir die kragtoevoer na die perseel;

    A5 DEPARTEMENT VAN WATERWESE EN BOSBOU (a) dat skriftelike bevestiging van ‘n ooreenkoms met Swartland Munisipaliteit vir die

    verwydering van huishoudelike vullis aan die Departement van Waterwese en Bosbou voorsien word;

    (b) dat ‘n afskrif van die kontrak vir die versameling en verwydering van gedroogte

    soliede afval en slik wat gebruik gaan word vir komposdoeleindes aan die Departement van Waterwese en Bosbou voorsien word, behalwe as alles deur die applikant besit word;

    (c) dat die aktiwiteite op die perseel ten alle tye voldoen aan die bepalings van die

    omgewingsgoedkeuring en afvalbestuurlisensie gedateer 6 November 2009 van die Departement van Omgewingsake en Ontwikkelingsbeplanning;

  • 127.18/...

    (d) dat enige watergebruikaktiwiteite wat nie ‘n Skedule 1 gebruik is nie, geregistreer en goedgekeur moet word deur die Departement van Waterwese en Bosbou ingevolge Artikel 21 van die Nasionale Waterwet (Wet 36 van 1998);

    (e) dat geen ontwikkeling mag plaasvind binne 100m van ‘n waterbron of binne die

    1:100 jaar vloedlyn. Indien dit nie moontlik is nie moet daar goedkeuring verkry word van die Departement van Waterwese en Bosbou voordat die ontwikkeling kan begin;

    (f) dat geen bogrondse-, ondergrondse- of stormwater besoedel mag word as gevolg

    van aktiwiteite op die perseel nie;

    (g) dat soliede afval bestuur en verwyder moet word na ‘n goedgekeurde soliede afvalfasiliteit en moet voldoen aan die toepaslike wetgewing;

    (h) dat alle voorskrifte van die Nasionale Waterwet (Wet36 van 1998) te alle tye

    nagekom word;

    A6 DEPARTEMENT VAN VERVOER EN OPENBARE WERKE (a) dat ingevolge Artikel 9 van Wet 21 van 1940 is die 95m boubeperkingslyn van

    toepassing langs Ondergeskikte Pad 5456;

    (b) dat die statutêre 5m boulyn van toepassing is langs Ondergeskikte Pad 5456 in terme van Artikel 17 van Ordonnansie 19 van 1976;

    (c) dat hierdie goedkeuring slegs betrekking het op die voorgelegde aansoek en behels

    nie vrystelling van enige ander wetlike voorskrifte nie;

    A7 DEPARTEMENT VAN LANDBOU (a) Dat alle omliggende eienaars (woonhuise) binne ‘n raduis van 500m in kennis gestel

    word van die presiese posisie van die voorgestelde varkhokke en dat daar rekord gehou word van hierdie korrespondensie en die toestemming van die omliggende eienaars;

    (b) dat afloopwater beheer en gemonitor word ten einde erosie te voorkom;

    (c) dat die naam van die persoon in beheer van die monitering van afvalwater en vektor

    beheer (aansteeklike siektes) aan die plaaslike owerheid gegee word ten einde inspeksies deur die gesondheidinspekteurs te vergemaklik;

    A8 WESKUS DISTRIKSMUNISIPALITEIT (a) dat daar ten minste 2 urinale per ablusieblok voorsien word in alle mans toilette;

    (b) dat daar voldoende natuurlike verligting en ventilasie in stortareas van alle ablusie

    areas voorsien word;

    (c) dat gedetaileerde planne en spesifikasies van die goedgekeurde afvoerwaterstelsel voorgelê word aan die Weskus Distriksmunisipaliteit;

    (d) dat die finale goedkeuring van die Departement van Waterwese en Bosbou ten

    opsigte van die afvoerwaterstelsel aan die Weskus Distrikmunisipaliteit voorgelê;

    (e) dat ‘n operasionele bestuursplan vir die hantering van mis en afloopwater asook volledige pesbeheerplan aan die Weskus Distriksmunisipaliteit voorgelê word;

    (f) dat alvorens enige konstruksie of oprigting van enige geboue ‘n aanvang neem, daar

    verlang word dat die Omgewingsgoedkeuring van die Departement van Omgewingsake en Ontwikkelingsbeplanning aan die Weskus Distriksmunisipaliteit voorgelê word;

    (g) dat ‘n/...

  • 137.18/...

    (g) dat ‘n gedetailleerde uiteensetting van die bewoning van arbeiders werksaam tydens die konstruksiefase van die ontwikkeling aan die Weskus Distrikmunisipaliteit voorsien word. Die uiteensetting moet die volgende bevat, naamlik: die tipe woning op die konstruksiearea vir bouers, ablusie en sanitasiegeriewe, watertoevoer en vullisverwydering;

    (h) dat daar aan die toepaslike gesondheidsregulasies soos gestel deur die Weskus

    Distriksmunisipaliteit voldoen word;

    A9 ALGEMEEN (a) dat die intensiewevoerboerdery sal beskik oor ‘n varkplaas met die volgende

    produksie eenhede, naamlik: “breeding units”, “gilt development units”, “finishing units” en “weaner units” en dat die totale grootte van ’n produksie eenheid per plaas ±16ha is;

    (b) dat die nodige bouplanne vir die totale ontwikkeling aan die Direkteur:

    Ontwikkelingsdienste vir oorweging voorgelê word;

    (c) dat ‘n skriftelike kontrak tussen Chalala Farms Pty, die geaffekteerde eienaars en Pioneer Foods (Nulaid) vir die instandhouding van die ondergeskikte paaie 1157, 227, en 225 (die paaie 225 en 227 staan nou bekend as paaie 5455 en 5456) as toegangsroete na die restant van die plaas Rondeboschje No. 532 en gedeelte 2 van die plaas Ronde Vley No. 583, Afdeling Malmesbury aan hierdie Munisipaliteit voorsien word vir goedkeuring alvorens die varkplase in bedryf gaan;

    (d) dat die beswaarmakers op hul reg tot appèl gewys word;

    (e) dat daar voldoen word aan die goedkeuringsvoorwaardes opgelê in die

    omgewingsgoedkeuring van die Departement van Omgewingsake en Ontwikkelingsbeplanning soos vervat in die skrywe gedateer 6 November 2009 met verwysing E12/2/3/2-F5/14-0190/07, asook die Afvalbestuurslisensie gedateer 6 November 2009 met verwysing E13/2/10/2-F5/14-2002/09, asook die addisionele voorwaardes opgelê in die besluit van die Minister van Plaaslike Regering op die appèlle gedateer 11 Maart 2011 met verwysing M3/6/5(779/09).

    7.19 HERROEPING VAN ‘N GOEDKEURINGSVOORWAARDE RAKEN DE DIE

    GOEDKEURING VAN DIE GRONDWET VAN DIE GROENERIVIER K LEINHOEWE ONTWIKKELING (15/3/3-11) (WYK 4)

    Die grondwet van die Groenerivier Huiseienaarsvereniging is op 18 Augustus 2010 goedgekeur, onderhewig daaraan dat ‘n argitektoniese ontwerpshandleiding vir goedkeuring voorgelê word. Die huiseienaarsvereniging is egter van mening dat die meerderheid eiendomme reeds bebou is en dat daar geen eenvormigheid bestaan met betrekking tot ‘n argitektoniese styl in die ontwikkeling nie. Dit is dus nie haalbaar om ‘n argitektoniese ontwerpshandleiding saam te stel nie. BESLUIT Dat die herroeping van die goedkeuringsvoorwaardes rakende die versoek dat die Groene-rivier Huiseienaarsvereniging ‘n argitektoniese ontwerpshandleiding aan die Munisipaliteit moet voorlê soos vervat in die raadsbesluit gedateer 18 Augustus 2010, ingevolge artikel 42(3)(a) van Ordonnansie 15 van 1985 goedgekeur word.

    7.20 VOORGESTELDE AFWYKING OP ERF 831, YZERFONTEIN (15/3/4-14) (WYK 5)

    ‘n Aansoek is ontvang vir die afwyking op ‘n gedeelte van erf 831 (groot ±80m²) geleë te Parkstraat, Yzerfontein ten einde ‘n viswinkel te bedryf waarvandaan ‘n verskeidenheid van seekosse verkoop sal word.

  • 147.20/...

    BESLUIT Dat die aansoek vir ‘n afwyking op ‘n gedeelte van erf 831 (groot ±80m²) geleë te Parkstraat, Yzerfontein ingevolge artikel 15(1)(b) van Ordonnansie 15 van 1985 ten einde ‘n viswinkel te bedryf, goedgekeur word onderhewig aan die volgende voorwaardes:

    A1 STADSBEPLANNING EN BOUBEHEER (a) dat die viswinkel beperk word tot ±80m² soos voorgehou in hierdie aansoek; (b) dat 'n bouplanaansoek aan die Direkteur: Ontwikkelingsdienste vir oorweging

    voorgelê word; (c) dat die nodige aansoek om advertensietekens by die Direkteur: Ontwikkelingsdienste

    ingedien word vir goedkeuring; (d) dat ‘n minimum van 3 op-perseel parkeerruimtes voorsien word met ‘n permanente

    stofvrye oppervlak (hetsy van teer, beton of plaveisel of ‘n materiaal vooraf goedgekeur deur Swartland Munisipaliteit) en dat die parkeerplekke duidelik gemerk word;

    (e) dat besigheidsure van die viswinkel beperk word 7:00 tot 18:00 Maandae tot Saterdae; (f) dat hierdie goedkeuring geldig is slegs vir ‘n tydperk van 2 jaar; (g) dat die eienaar ontwikkelaar binne die goedkeuringstydperk van hierdie goedkeuring,

    die beperkende titel voorwaardes ophef asook permanente grondgebruiksregte vestig vir die viswinkel;

    (h) dat daar aansoek gedoen word by die Weskus Distrikmunisipaliteit vir ‘n

    geskiktheidsertifikaat; (i) dat daar aansoek gedoen word by Swartland Munisipaliteit vir ‘n handelslisensie; (j) dat Swartland Munisipaliteit voorsien sal word van afskrifte van alle sertifikate wat

    deur ander instansies/wetgewing vereis word soos dit benodig word vir die aktiwiteite van die viswinkel;

    (k) dat die beswaarmakers op hul reg tot appèl gewys word;

    A2 WATER (a) dat die voorgestelde viswinkel van die bestaande wateraansluiting gebruik maak en

    dat geen addisionele aansluitings voorsien word nie;

    A3 RIOOL (a) dat daar geen vette en olies in die riooluitsuigtenk gestort word nie;

    A4 VULLISVERWYDERING (a) dat ‘n basiese vullisverwyderingstarief gehef word soos van toepassing op

    besighede;

    (b) dat hierdie tarief aangepas sal word volgens die hoeveelheid vullis wat verwyder word;

    (c) dat vullis in swart sakke op die naaste sypaadjie geplaas word op die oggend van verwydering.

    7.21 VOORGESTELDE HERSONERING VAN GEDEELTE 5 VAN PL AAS VIER FONTEIN NO.

    553, AFDELING MALMESBURY (15/3/3-15) (WYK 5)

    ‘n Aansoek is ontvang vir die hersonering van ‘n gedeelte (groot ±7030m²) van gedeelte 5 van die plaas Vier Fontein No. 553, Afdeling Malmesbury vanaf landbousone I na oordsone I ten einde ‘n oord te vestig met 7 selfsorgeenhede (groot ±120m² elk).

  • 157.21/...

    Die aansoek word nie as wenslik vanuit ‘n grondgebruiksoogpunt beskou nie, aangesien dit nie aan die beginsels van vakansie-akkommodasie en die kriteria van ‘n unieke hulpbron in ‘n oordkonteks soos voorgeskryf deur die “Guidelines for resort developments in the Western Cape” voldoen nie. BESLUIT Dat die aansoek terugverwys word na die eienaar in ‘n poging om aan die riglyne te voldoen, aangesien die ontwikkeling geleë is binne die R27 toerisme-korridor en toerisme deur die ontwikkeling bevorder kan word.

    7.22 AFWYKING OP ERF 177, YZERFONTEIN (15/4/2-14) (WYK 5)

    ‘n Bouplanaansoek is ontvang vir die aanbring van ‘n onderdak stoep en motorhuis op erf 177 geleë te Hoofstraat, Yzerfontein. Die voorgestelde stoep oorskry die 4m straatboulyn tot op ±0,9m. In terme van die titelakte is daar ‘n 3,15m straatboulyn van toepassing op voormelde erf en word voorgestel dat ‘n verslapping van die 4m straatboulyn na ±3,15m goedgekeur word en dat die bouplan dienooreenkomstig aangepas word. BESLUIT Dat die item terugverwys word, aangesien daar ander beboude eiendomme in die omgewing is wat ook nie aan die straatboulyn voldoen nie en dat die aangeleentheid verder ondersoek word.

    7.23 VOORGESTELDE KONSOLIDASIE, HERSONERING EN ONDE RVERDELING VAN ‘N GEDEELTE VAN DIE RESTANT VAN ERF 551 EN ERF 4192, D ARLING (DARLING GAP BEHUISINGSPROJEK) (15/3/6-3, 15/3/3-3) (WYK 6)

    Ten einde ‘n aanvang te neem met die prosesse om die Darling GAP Behuisingsprojek te vestig, is ‘n aansoek deur die Munisipaliteit ingedien vir die onderverdeling van erf 551 (groot 519,1140ha) geleë aan die suidekant van Darling in ‘n restant (±515,434ha) en gedeelte A (±3,68ha). Die nuutgeskepte gedeelte A word aangebied vir konsolidasie met erf 4192. Aansoek word verder gedoen vir die hersonering van die gekonsolideerde gedeelte A (residensiële sone I) en erf 4192 (groot 3,11ha) (institusionele sone I) na onderverdelingsgebied ten einde verskeie grondgebruike te huisves. BESLUIT A Dat die aansoek om hersonering van ‘n gedeelte van die restant van erf 551

    (±3.68ha), sowel as erf 4192, Darling ingevolge artikel 16(1) van Ordonnansie 15 van 1985, vanaf residensiële sone I en institutionele sone I, onderskeidelik na onderverdelingsgebied goedgekeur word ten einde voorsiening te maak vir die volgende grondgebruike: • 75 behuisingserwe (±2.24ha) • 1 skoolperseel (±1.59ha) • 2 publieke oopruimte persele (±0.083ha) • 1 privaat oopruimte perseel (±1.61ha) • Publieke Paaie (±0.812ha)

    B Dat die aansoek vir die onderverdeling van erf 551 (519.114ha), Darling ingevolge

    artikel 25(1) van Ordonnansie 15 van 1985 in twee gedeeltes, naamlik die restant van erf 551 (±515.43ha) en gedeelte A (±3.68ha) soos aangedui op die onderverdelingsplan gemerk “B”, goedgekeur word onderhewig aan die volgende voorwaardes:

  • 167.23/…

    B1 STADSBEPLANNING/BOUBEHEER (a) dat gedeelte A (groot ±3.68ha) met erf 4192 gekonsolideer word;

    B2 WATER (a) dat die Departement: Siviele Ingenieursdienste aansoek doen by GLS

    Raadgewende Ingenieurs vir die ondersoek ten opsigte van die beskikbaarheid van netwerk kapasiteit ten opsigte van water. By die ontvangs van hierdie inligting sal volledige kommentaar gelewer word ten opsigte van water;

    (b) dat die kommentaar van die Weskus Distriksmunisipaliteit verkry word en

    aan die Departement: Siviele Ingenieursdienste voorsien word;

    B3 RIOOL (a) dat die Departement: Siviele Ingenieursdienste aansoek doen by GLS

    Raadgewende Ingenieurs vir die ondersoek ten opsigte van die beskikbaarheid van netwerk kapasiteit ten opsigte van riool. By ontvangs van hierdie inligting sal volledige kommentaar gelewer word ten opsigte van riool;

    (b) dat die kommentaar van die Weskus Distriksmunisipaliteit verkry word en

    aan die Departement: Siviele Ingenieursdienste voorsien word;

    B4 VULLISVERWYDERING (a) dat ‘n basiese vullisverwyderingstarief gehef word vir elke beboude perseel;

    B5 STRATE EN STORMWATER (a) dat ‘n minimum van 5,5 m geld vir padwydtes, 8m vir klokmondings en 20m

    vir draaisirkels;

    B6 ELEKTRIESE INGENIEURSDIENSTE (a) dat die installering van die laag-en mediumspanning netwerke ooreenkomstig

    die Swartland munisipale meesterplan geskied;

    (b) dat die elektriese installasies ondergronds geïnstalleer word en dat die mediumspanning vir ferm kapasiteit ontwerp word;

    (c) dat vaste kapitaalbydraes sowel as werklike koste kapitaalbydrae betaalbaar,

    van toepassing sal wees vir die opgradering en uitbreiding aan die munisipale elektriese infrastruktuur;

    (d) dat elke erf voorsien word met 'n split voorafbetaal tipe meter;

    (e) dat geen geboue of konstruksie nader as drie meter vanaf die bestaande

    oorhoofse mediumspanning geleiers opgerig sal word nie;

    B7 DEPARTEMENT VAN VERVOER EN OPENBARE WERKE (a) dat in terme van Artikel 17 van Ordonnansie 19 van 1976, ‘n 5m boulyn van

    toepassing is langs Munisipale Hoofstraat 228;

    (b) dat geen nuwe toegange of straataansluitings tot Hoofpad 228 gebou of bestaande toegange verander mag word sonder die goedkeuring van die Departement Vervoer en Openbare Werke nie;

    (c) dat daar ingevolge die Departement van Vervoer en Openbare Werke se

    padtoegangsriglyne nie genoeg spasie is tussen straataansluitings langs Hoofpad 228 vir ‘n addisionele toegang nie. Dus sal die voorgestelde Darling Gesondheids- en Sportsentrum slegs toegang kan verkry van die straat aan die suidekant van die voorgestelde gemeenskap- en sportsfasiliteit;

    B8/…

  • 177.23/…

    B8 ERFENIS WES-KAAP (a) dat die ontwikkeling mag voortgaan en alle ander goedkeurings deur die

    plaaslike owerheid hanteer word;

    (b) dat indien enige argeologiese materiaal gevind word gedurende grondverskuiwingsaktiwiteite, alle werke op die perseel gestaak moet word en dat Erfenis Wes-Kaap dadelik in kennis gestel word;

    B9 ALGEMEEN (a) dat die Departement : Siviele Ingenieursdienste van hierdie Munisipaliteit

    toepaslike eksterne diensteverkaffers aanstel rakende die ontwerp en konstruksie van beide die interne en eksterne dienste;

    (b) dat uitvoering gegee word aan die voorwaardes van die

    omgewingsgoedkeuring van die Departement van Omgewingsake en Ontwikkelingsbeplanning soos vervat in die skrywe gedateer 13 Oktober 2010 met verwysingsnommer E12/2/3/1-F5/5-0571/09.

    7.24 VOORGESTELDE HERSONERING EN ONDERVERDELING VAN ERWE 80, 98, 100, 103,

    105, 106, 108, 110, 366, 404, 727, 725, 854 EN 898, ABBOTSDALE (15/3/3-1, 15/3/6-1) (WYK 7)

    Die Raad het die opgradering van Winkelstraat, Abbotsdale na ‘n permanente oppervlakte goedgekeur. Ten einde die betrokke straat prakties en sinvol te kan ontwerp en bou, moet gedeeltes van die aanliggende erwe tot die straat deel vorm van die straatverbreding. Die administratiewe aksies rakende die vervreemding en vergoeding van die gedeeltes is reeds met die betrokke eienaars onderhandel. Daar word dus nou aansoek gedoen vir die hersonering van gedeeltes van erwe in Abbotsdale vanaf residensiële sone I na vervoersone II. BESLUIT A Dat die hersonering van gedeeltes van erwe in Abbotsdale ingevolge artikel 16(1)

    van Ordonnansie 15 van 1985 as volg goedgekeur word: erf 98 (groot ±8m²), erf 80 (groot ±58m²), erf 100 (groot ±111m²), erf 735 (groot ±22m²), erf 366 (groot ±56m²), erf 103 (groot ±54m² ), erf 404 (groot ±55m²), erf 105 (groot ±79m²), erf 106 (groot ±66m²), erf 108 (groot ±76m²), erf 854 (groot ±30m²), erf 898 (groot ±52m²), erf 727 (groot ±11m²) en erf 110 (groot ±34m²);

    B Dat die onderverdeling van die betrokke erwe in Abbotsdale ingevolge artikel 25(1)

    van Ordonnansie 15 van 1985 as volg goedgekeur word:

    erf 98 in ‘n restant (groot ±2642m²) en gedeelte A (groot ±8m²); erf 80 in ‘n restant (groot ±3818m²) en gedeelte A (groot ±58m²); erf 100 in ‘n restant (groot ±4425m²) en gedeelte A (groot ±111m²); erf 735 in ‘n restant (groot ±696m²) en gedeelte A (groot ±22m²); erf 727 in ‘n restant (groot ±2767) en gedeelte A (groot ±11m²); erf 366 in ‘n restant (groot ±1147m²) en gedeelte A (groot ±56m²); erf 103 in ‘n restant (groot ±2400m²) en gedeelte A (groot ±54m²); erf 404 in ‘n restant (groot ±981m²) en gedeelte A (groot ±55m²); erf 105 in ‘n restant (groot ±2343m²) en gedeelte A (groot ±79m²); erf 106 in ‘n restant (groot ±2195m²) en gedeelte A (groot ±66m²); erf 108 in ‘n restant (groot ±3758m²) en gedeelte A (groot ±76m²); erf 854 in ‘n restant (groot ±632m²) en gedeelte A (groot ±30m²); erf 898 in ‘n restant (groot ±921m²) en gedeelte A (groot ±52m²); erf 110 in ‘n restant (groot ±2763m²) en gedeelte A (groot ±34m²).

  • 187.25 AFWYKING: ERF 3944, MALMESBURY (15/4/2-8) (WYK 8)

    ‘n Bouplanaansoek is ontvang vir die aanbring van ‘n onderdak stoep, twee slaapkamers en ‘n badkamer op erf 3944 geleë te Dennelaan 13, Malmesbury. Die voorgestelde aanboudings oorskry die 5m straatboulyn en die syboulyne, asook die agterboulyn. BESLUIT Dat die afwykings op erf 3944, Malmesbury ten einde af te wyk van 5m straatboulyn tot ±2m, die 2,5m syboulyn na ±1,49m, die 1,5m syboulyn tot ±1m en die 3m agterboulyn tot ±1m soos aangedui op die bouplan gemerk “B”, ingevolge artikel 15(1)(b) van Ordonnansie 15 van 1985 goedgekeur word, onderhewig aan die volgende voorwaardes:

    (a) dat die bestaande houtstrukture gesloop sal word met die voltooiing van die bouwerk; (b) dat toegang (trappe) na die voorgestelde stoep verskuif word sodat die stoep

    toegang verkry vanaf die oostekant van die stoep. 7.26 VOORGESTELDE HERSONERING VAN ERF 665, MALMESBU RY (15/3/3-8) (WYK 10)

    ‘n Aansoek is ontvang vir die hersonering van erf 665 (groot 520m²) geleë te Hugenotestraat, Malmesbury vanaf enkelwoningsone na sakesone ten einde professionele kantore vanuit die bestaande gebou te kan bedryf. BESLUIT Dat die aansoek om hersonering van erf 665 (groot 520m²) geleë te Hugenotestraat, Malmesbury ingevolge artikel 16(1) van Ordonnansie 15 van 1985 vanaf enkelwoningsone na sakesone goedgekeur word, onderhewig aan die volgende voorwaardes:

    A1 STADSBEPLANNING EN BOUBEHEER (a) dat die aanwending van die gebou beperk word tot kantoorgebruik;

    (b) dat ten minste 6 op-perseel parkeerplekke voorsien word met ‘n permanente stofvrye

    oppervlakte (hetsy teer, beton, plaveisel of ‘n materiaal goedgekeur deur Swartland Munisipaliteit) en dat die parkeerplekke duidelik gemerk word;

    (c) dat die eienaar/ontwikkelaar ‘n finansiële bydrae ten bedrae van R3 500,00 vir die

    nie-voorsiening van 1 op-perseel parkeerplek maak;

    (d) dat die nodige aansoek om advertensietekens te vertoon aan die Direkteur: Ontwikkelingsdienste voorgelê word;

    (e) dat bouplanne vir die interne verandering aan die gebou aan die Direkteur:

    Ontwikkelingsdienste vir oorweging voorgelê word;

    A2 WATER (a) dat daar van die bestaande wateraansluiting gebruik maak en dat geen addisionele

    aansluitings voorsien sal word nie;

    A3 RIOOL (a) dat daar van die bestaande rioolaansluiting gebruik gemaak word en dat geen

    addisionele aansluitings voorsien sal word nie;

    A4 ELEKTRISITEIT (a) dat die elektriese tarief verander word vanaf residensieël na besigheid en dat die

    Departement Finansiële Dienste in kennis gestel word;

  • 197.26/...

    A5 VULLISVERWYDERING (a) dat die basiese vullisverwyderingstarief gehef word soos van toepassing op

    besighede en dat die tarief aangepas sal word namate die hoeveelheid vullis wat verwyder word;

    (b) dat die vullis in swartsakke op die naaste munisipale sypaadjie geplaas word op die

    oggend van verwydering. 7.27 VOORGESTELDE ONDERVERDELING VAN ERF 101, RIEBE EK KASTEEL (15/3/6-11) (WYK 12)

    ‘n Aansoek is ontvang vir die onderverdeling van erf 101 (groot 1347m²) geleë te Riebeek Kasteel in ‘n restant (±747m²) en gedeelte A (±600m²). BESLUIT Dat die aansoek vir die onderverdeling van erf 101 (groot 1347m²) geleë te Riebeek Kasteel ingevolge artikel 25(1) van Ordonnansie 15 van 1985 in die restant (±747m²) en gedeelte A (±600m²) goedgekeur word, onderhewig aan die volgende voorwardes: A1 WATER (a) dat elke onderverdeelde gedeelte van ‘n aparte wateraansluiting en meter op koste

    van die eienaar/ontwikkelaar voorsien word. Hierdie voorwaarde is op bouplanstadium van toepassing;

    A2 RIOOL (a) dat elke onderverdeelde gedeelte van ‘n afsonderlike rioolaansluiting voorsien word.

    Hierdie voorwaarde is op bouplanstadium van toepassing; (b) dat daar vir die huidige nie voldoende kapasiteit by die Riebeek Kasteel rioolwerke

    beskikbaar is om die onderverdeelde gedeelte van riooldienste te voorsien nie. Op-lossings vir die korttermyn word ondersoek in ‘n poging om wel kapasiteit te vestig. Die langtermyn oplossing is om die rioolwerk uit te brei. Hierdie proses is reeds onderweg en word dit voorsien om die opgegradeerde rioolwerke in bedryf te stel teen 2013. In welke geval die korttermyn oplossings nie haalbaar blyk te wees nie, kan die onderverdeelde gedeelte eers van riooldienste voorsien word teen die tyd dat daar suiweringskapasiteit gevestig is.

    A3 VULLISVERWYDERING (a) dat ‘n basiese vullisverwyderingstarief vir elke beboude perseel gehef word;\ (b) dat die vullis in swartsakke op die naaste munisipale sypaadjie geplaas word op die

    oggend van verwydering; A4 ESKOM (a) dat indien die voorgestelde onderverdeling veroorsaak dat enige Eskom dienste

    verskuif moet word sal die koste daaraan verbonde vir die rekening van die eienaar/ontwikkelaar wees;

    (b) dat die oprigting van enige struktuur binne 9m van ‘n Eskom kraglyn verbode is; (c) dat die eienaar/ontwikkelaar verantwoordelik is vir die kragtoevoer na die

    onderverdeelde perseel; A5 KAPITAALBYDRAE (a) dat die eienaar/ontwikkelaar kennis neem van die kapitaalbydrae vir die grootmaat

    voorsiening van water wat bepaal is deur die Weskus Distrikmunisipaliteit teen R7 716,66 per kiloliter jaarlikse gemiddelde daaglikse aanvraag (R7 716,66/kl AADD) per nuutgeskepte eenheid. Hierdie kapitale bydrae is betaalbaar aan Swartland Munisipaliteit op uitklaringstadium. Hierdie bedrag is geldig vir die finansiële jaar van 2010/2011 en kan daarna hersien word en is betaalbaar teen posnommer 50-80-75-72-7990;

  • 207.27/...

    (b) dat die vaste koste kapitaalbydrae t.o.v grootmaatwaterdienste ten bedrae van R7 277,00 gemaak word aan hierdie Munisipaliteit op uitklaringstadium. Hierdie bedrag is betaalbaar teen posnommer 77-92-86-00-6200 en is geldig vir die finansiële jaar van 2010/2011 en kan daarna hersien word;

    (c) dat die vaste koste kapitaalbydrae t.o.v grootmaatriooldienste ten bedrae van

    R3 600,00 gemaak word aan hierdie Munisipaliteit op uitklaringstadium. Hierdie bedrag is betaalbaar teen posnommer 59-76-86-00-6200 en is geldig vir die finansiële jaar van 2010/2011 en kan hierna hersien word;

    (d) dat die vaste kapitaalbydrae t.o.v strate en stormwater ten bedrae van R5 363,00

    gemaak word aan hierdie Munisipaliteit op uitklaringstadium. Hierdie bedrag is betaalbaar teen posnommer 71-82-86-00-6200 en is geldig vir die finansiële jaar van 2010/2011 en kan daarna hersien word;

    A6 ALGEMEEN (a) dat enige bestaande dienste wat die restant en die onderverdeelde gedeelte aan

    mekaar koppel, verskuif en/of ontkoppel word sodat elke erf se pypwerk op die betrokke erf geleë is;

    (b) dat indien dit nodig sou wees om enige bestaande dienste uit te brei ten einde die

    onderverdeelde gedeeltes van diensaansluitings te kan voorsien, dit vir die koste van die eienaar/ontwikkelaar sal wees;

    (c) dat die beswaarmaker van die besluit in kennis gestel word en op hul reg tot appèl

    gewys word; (d) dat die wetlike sertifikaat wat oordrag van enige van die onderverdeelde gedeeltes

    magtig nie uitgereik sal word alvorens daar aan bogenoemde voorwaardes voldoen is nie.

    7.28 VOORGESTELDE HERSONERING, KONSOLIDASIE EN SLUI TING VAN OPENBARE

    PLEK: ERWE 19, 20, 1766, MALMESBURY (15/3/3-8, 15/3 /6-8) (WYK 8)

    Die opheffing van titelbeperkings rakende hierdie aansoek is onderskeidelik op 17 Februarie 2010 deur die Uitvoerende Burgemeesterskomitee en 13 Julie 2010 deur die Departement van Omgewingsake en Ontwikkelingsbeplanning goedgekeur. Erwe 19, 20 en 1766, Malmesbury word aangebied vir konsolidasie en aansoek word gevolglik gedoen deur die Munisipaliteit vir die hersonering van erwe 19 (groot 800m²), 20 (groot 7534m²) en 1766 (groot 5914m²) geleë te Wistariastraat, Malmesbury vanaf onderskeidelik publieke oopruimte, onbepaalde sone en ligte nywerheidsone na onderverdelingsgebied om woonstelle en groepsbehuisingseenhede te akkommodeer. BESLUIT A Dat die aansoek om hersonering van erwe 19 (groot 800m²), 20 (groot 7534m²) en

    1766 (groot 5914m²) geleë te Wistariastraat, Malmesbury ingevolge artikel 16(1) van Ordonnansie 15 van 1985 vanaf publieke oopruimte, onbepaalde sone en ligte nywerheidsone na onderverdelingsgebied goedgekeur word, ten einde die volgende grondgebruiksregte te akkommodeer en onderhewig aan die volgende voorwaardes:

    • 12 woonstelle (±70m² per woonstel) ( algemene woonsone van ±5870m² in

    grootte) • 38 groepsbehuisingeenhede (enkeltitel) (groepsbehuisingsone van ±8378m²

    in grootte), A1 STADSBEPLANNING EN BOUBEHEER (a) dat erwe 19, 20 en 1766 gekonsolideer word; (b) dat die/…

  • 217.28/…

    (b) dat die toepaslike kapitaalbydraes ooreenkomstig die beleid ook op die ontwikkeling van toepassing sal wees;

    (c) dat die strukture op erf 1766 gesloop word alvorens die konstruksiefase ‘n

    aanvang neem; A2 WATER (a) dat ‘n raadgewende ingenieur aangestel word om die waterbehoefte te

    bereken, modelleer en analiseer in terme van die bestaande waternetwerk; (b) dat die betrokke firma ‘n aanbeveling maak aangaande die bestaande

    netwerk se kapasiteit om die voorgestelde ontwikkeling te akkommodeer en voorstelle maak rakende wyses waarop dit geakkommodeer kan word;

    (c) dat die firma bepaal waar die aansluiting geplaas moet word om sodoende

    die bestaande netwerk optimaal te benut; A3 RIOOL (a) dat ‘n raadgewende ingenieurs aangestel word om die rioolafloop te

    bereken, modelleer en analiseer in terme van die bestaande rioolnetwerk;

    (b) dat die betrokke firma ‘n aanbeveling maak aangaande die bestaande netwerk se kapasiteit om die voorgestelde ontwikkeling te akkommodeer en voorstelle maak rakende wyses waarop dit geakkommodeer kan word;

    (c) dat die firma bepaal waar die aansluiting geplaas moet word om sodoende

    die bestaande netwerk optimaal te benut; A4 ELEKTRISITEIT (a) dat die installering van die laag- en mediumspanning netwerke

    ooreenkomstig die Swartland munisipale meesterplan geskied;

    (b) dat die elektriese installasies ondergronds geïnstalleer word en dat die mediumspanning vir ferm kapasiteit ontwerp word;

    (c) dat vaste kapitaalbydraes sowel as werklike koste kapitaalbydraes

    betaalbaar, van toepassing sal wees vir die opgradering en uitbreiding aan die munisipale elektriese infrastruktuur;

    (d) dat elke erf voorsien word met 'n split voorafbetaalde tipe meter;

    (e) dat geen geboue of konstruksie nader as drie meter vanaf die bestaande

    oorhoofse mediumspanning geleiers opgerig sal word nie; A5 ALGEMEEN (a) Dat die Siviele Departement van hierdie Munisipaliteit toepaslike eksterne

    diensteverkaffers aanstel rakende die ontwerp en konstruksie van beide die interne en eksterne dienste.

    B Dat die sluiting van erf 19 (publieke oopruimte van 800m² groot), ingevolge artikel

    137(2) van Ordonnansie 20 van 1970 goedgekeur word.

    7.29 HERSIENDE RUIMTELIKE ONTWIKKELINGSRAAMWERK (15 /1/B) Die Munisipale Bestuurder noem dat die uitdeelstuk in detail bespreek sal word tydens ‘n

    sessie wat met die konsultant, mnre C K Rumbolle en Vennote binnekort gereël sal word. VIR KENNISNAME 7.30/...

  • 227.30 SWARTLAND MUNISIPALE POLISIEDIENS: JAARLIKSE P OLISIEPLAN, 2011/2012

    (7/1/2/2-3)

    Artikel 64C(2)(g) van die Wysigingswet op Suid-Afrikaanse Polisiediens (Wet 83 van 1998) bepaal dat die Uitvoerende Hoof van ‘n Munisipale Polisiediens (Munisipale Polisiehoof) voor die einde van elke boekjaar, ‘n plan uitwerk wat die prioriteite en oogmerk van die Polisiediens vir die daaropvolgende jaar uiteensit. Die Direkteur: Beskermingsdienste noem dat die plan ook ingevolge wetgewing na die Provinsiale Kommissaris van Polisie verwys is, en het laasgenoemde die plan goedgekeur. BESLUIT Dat kennis geneem word van die oogmerke en prioriteite van die Swartland Munisipale Polisiediens soos vervat in die Jaarlikse Polisieplan vir die finansiële jaar wat strek vanaf 1 Julie 2011 tot 30 Junie 2012.

    (GET) T VAN ESSEN UITVOERENDE BURGEMEESTER