Inligtingstuk 2020 - Sol-Tech · Beroep sertifikaat: Dieselwerktuigkunde, NQF Vlak 4, 540 Krediete,...

20
Inligtingstuk 2020

Transcript of Inligtingstuk 2020 - Sol-Tech · Beroep sertifikaat: Dieselwerktuigkunde, NQF Vlak 4, 540 Krediete,...

Page 1: Inligtingstuk 2020 - Sol-Tech · Beroep sertifikaat: Dieselwerktuigkunde, NQF Vlak 4, 540 Krediete, SAQA ID: 97592. QCTO Kurrikulum dokument: 653306000. Beroep sertifikaat Artikel

Inligtingstuk 2020

Page 2: Inligtingstuk 2020 - Sol-Tech · Beroep sertifikaat: Dieselwerktuigkunde, NQF Vlak 4, 540 Krediete, SAQA ID: 97592. QCTO Kurrikulum dokument: 653306000. Beroep sertifikaat Artikel

WIE IS SOL-TECH?

Sol-Tech is 'n geakkrediteerde, privaat kollege vir beroepsopleiding wat op Christelike waardes gefundeer is en

Afrikaans as onderrigmedium gebruik.

Sol-Tech fokus op beroepsopleiding wat tot die verwerwing van nasionaal erkende, bruikbare kwalifikasies lei. Die

kwalifikasie wat studente by Sol-Tech verwerf, dien as fondasie om verder te studeer om uiteindelik 'n erkende

ingenieurskwalifikasie te verwerf. Sol-Tech het dus ten doel om jongmense se toekomsdrome met betrekking tot

loopbaanontwikkeling deur doelspesifieke opleiding te verwesenlik. Sol-Tech wil vandag, môre en oormôre steeds

daar wees om 'n diens aan jongmense te lewer.

SOL-TECH SORG VIR 'N VOORSPRONG!

Sol-Tech se studente is outomaties meer indiensneembaar aangesien hulle deeglik in nuwe kennis en vaardighede

opgelei is. Sol-Tech se goed opgeleide studente dra verder by om die tekort aan goed gekwalifiseerde ambagslui aan

te vul. Die kollege lei jaarliks ’n groot aantal studente vir verskeie industrieë op. Sol-Tech se slaagsyfer in die finale

ambagstoets is tans 96%.

Buiten vir gehalte-opleiding is die persoonlike ontwikkeling van studente vir Sol-Tech ook ’n prioriteit, daarom word

eerstejaarskampe, wat op persoonlike en leierskapontwikkeling gerig is, vir studente aangebied. Die kollege het ’n

formele studenteraad wat ’n belangrike kommunikasierol tussen lektore en studente vervul. Die studenteraad

organiseer ook sosiale geleenthede vir studente.

VISIE & MISSIE

Visie:

✓ Om die voorkeur kollege vir beroepsopleiding in Suid-Afrika te wees.

Missie:

✓ Ons verwesenlik drome deur opleiding.

✓ Sol-Tech is ʼn Afrikaanse kollege vir beroepsopleiding wat deur die Solidariteit Beweging tot stand gebring is.

✓ Sol-Tech huldig Christelike waardes en word volgens gesonde sakebeginsels en beginsels van korporatiewe

regering bestuur.

✓ Sol-Tech maak jongmense indiensneembaar deur hulle in kritiese en skaars vaardighede op te lei.

✓ Sol-Tech streef na uitnemendheid.

✓ Sol-Tech is 'n inklusiewe, eg Suid-Afrikaanse opleidingsinstelling met Afrikaans as voertaal. Sol-Tech help mense vanuit alle sfere en ouderdomsgroepe en gee voorkeur aan Solidariteit-lede en hul gesinne.

✓ Ons lei op in jou belang.

OPLEIDINGSMODEL

Institusionele opleiding geskied aaneenlopend oor drie fases (teoretiese opleiding, praktiese werkswinkelopleiding en

indiensopleiding by 'n goedgekeurde werkgewer) wat deur vaktoetsvoorbereiding en dan deur die finale

kwalifiserende toets by 'n geakkrediteerde toetssentrum gevolg word.

Die opleiding geskied net op 'n voltydse basis en studente is verplig om elke dag al die lesings en opleidingsessies by

te woon. Alle opleiding en indiensopleiding word in 'n logboek aangeteken om te verseker dat elke fase van die

opleiding volledig gedek word.

Page 3: Inligtingstuk 2020 - Sol-Tech · Beroep sertifikaat: Dieselwerktuigkunde, NQF Vlak 4, 540 Krediete, SAQA ID: 97592. QCTO Kurrikulum dokument: 653306000. Beroep sertifikaat Artikel

TOELATINGSVEREISTES

Volledige verduideliking van toelatingsvereistes kan by die volgende skakel besigtig word:

https://sol-tech.co.za/inligting/toelatingsvereistes/

HOE WERK DIE PLASINGSPROSES?

✓ Die student doen met sy/haar ID en hoogste kwalifikasie aansoek op die webblad.

✓ Woon die opedag, inligtingsessie of afkampus-opedag by en skryf die plasingstoets.

✓ Binne twee weke na afloop van die opedag word die student telefonies ingelig of hy/sy die toets geslaag het.

✓ Die student word deur die plasingskomitee gekeur op grond van die plasingstoetsuitslae, hoogste kwalifikasies

behaal en beskikbare plek en dan word bepaal met watter vlak en watter vakke die student sal begin.

✓ Plasinguitslae word +/- 4 weke na die opedag aan die student bekend gemaak deur middel van 'n e-pos met alle

nodige dokumente en inligting.

✓ Studente wat suksesvol vir die volgende inname geplaas is, registreer aanlyn om te studeer en betaal die

registrasie- en sitplekfooi soos in die e-pos uiteengesit.

✓ Slegs studente wat suksesvol geregistreer het en die registrasiefooi betaal het, word vir klasbywoning op die

kampus toegelaat aan die begin van 'n inname.

AKKREDITASIE

UMALUSI: 17 FET 02 00095 PA

QCTO: SDP 1220/17/033

Departement van Hoër Onderwys en Opleiding: Registrasienommer word afgewag.

OPLEIDINGSGELEENTHEDE

Sol-Tech strewe daarna om toepaslik vir die uitdagings van die arbeidsmark te wees. Ons leerprogramme streef

daarna om die behoefte volgens die amptelike lys van skaars vaardighede asook industriële behoeftes aan te pak en

wil so verseker dat studente 'n volhoubare kwalifikasie verwerf.

Formele opleiding in die onderstaande studierigtings word in goed toegeruste werkswinkels aangebied. Alle

studierigtings deurloop uitgebreide opleiding met betrekking tot handvaardighede (meet, merk, saag, vyl, boor en tap

van ysterhoudende en nie-ysterhoudende metale) en sweis.

Studierigtings wat aangebied word sluit in:

✓ Dieselwerktuigkunde

✓ Elektries

✓ Gereedskapmaker

✓ Meulmaker

✓ Pas & Draai

✓ Sweis

✓ Trekkerwerktuigkunde

Page 4: Inligtingstuk 2020 - Sol-Tech · Beroep sertifikaat: Dieselwerktuigkunde, NQF Vlak 4, 540 Krediete, SAQA ID: 97592. QCTO Kurrikulum dokument: 653306000. Beroep sertifikaat Artikel

Instandhouding, diens en herstel van enjins, ratkaste, ewenaars, wielsporing, hidrouliese stelsels, remstelsels, laers,

stuurstelsels en outo-elektriese bedradingstelsels.

DOEL VAN DIE KWALIFIKASIE

'n Dieselwerktuigkundige is verantwoordelik vir die voorkomende instandhouding en herstel van dieselenjins en

voertuie wat passasiersvoertuie, groot vragmotors, busse en swaar masjinerie soos hyskrane, trekkers, padskrapers

en dies meer mag insluit. Dieselwerktuigkundiges spesialiseer onder andere in remstelsels, ratkaste en elektroniese

komponente wat uniek aan dieselaangedrewe voertuie is.

WAT SAL DIE STUDENTE LEER?

Die studente leer die basiese herstel- en instandhoudingsteorieë, die name en funksies van motorvloeistowwe,

-smeermiddels en -onderdele en hoe om 'n werkswinkel se handleiding en prosedures te lees, te interpreteer en

korrek uit te voer. Die studente doen verder kennis op van motorwerktuigkundige komponente en stelsels,

werkswinkeltoerusting, taakinstruksies en werkkaarte.

DIESELWERKTUIGKUNDE

Page 5: Inligtingstuk 2020 - Sol-Tech · Beroep sertifikaat: Dieselwerktuigkunde, NQF Vlak 4, 540 Krediete, SAQA ID: 97592. QCTO Kurrikulum dokument: 653306000. Beroep sertifikaat Artikel

Teoretiese Modulêre

Komponent Praktiese Modulêre

Komponent

Indiensopleiding Modulêre Komponent

(Ajani uitplasing)

Kwalifikasie Beroepskwalifikasie: Dieselwerktuigkundige (Rooisëelsertifikaat in Dieselwerktuigkunde)

Inname-datums

31 Maart 2020 30 Junie 2020 6 Oktober 2020

17 Augustus 2020 16 November 2020

Na suksesvolle voltooiing van Teoretiese en Praktiese Modulêre Komponente

Tydperk Opleiding geskied aaneenlopend oor ‘n tydperk van 65 weke (Indiensopleiding uitgesluit)

Minimum 18 maande indiensopleiding by goedgekeurde werkgewers in relevante industrie

Toelatings-vereistes

Suksesvolle voltooiing van oorbruggingsfase of relevante skolastiese kwalifikasie

Suksesvolle vordering en voltooiing van teoretiese modulêre komponent en portefeulje

Suksesvolle voltooiing van teoretiese en praktiese modulêre komponente en portefeuljes

Registrasie koste*

Registrasiefooi: R 1650-00 (Nie terugbetaalbaar. Sluit PPE voorsiening in.) Sitplekfooi: R 3000-00 (Nie terugbetaalbaar. Word teen klasfooie gekrediteer.)

Gratis vir Sol-Tech-studente

Koste van leerprogram*

Leerprogram koste (Volledig, handboeke ingesluit): R 146 114-00 5% Korting word toegestaan vir eenmalige betaling: R 138 808-00 Program fooie betaalbaar oor 4 X Gelyke Paaiemente

Vaktoets voorbereiding en vaktoetsaflegging vir student/ouers se eie rekening. Vaktoetse word by 'n eksterne toetssentrum gefasiliteer

Ad Hoc-koste*

Laat registrasie: R265 Duplikaat ID: R160 Herassessering Teoreties: R160 per vraestel / R1 500 per portefeulje

Herassessering - 3de poging Prakties: R480 per vlak- assessering / R1 500 per portefeulje

N.V.T

Verpligte vakke

Ingenieurswiskunde Ingenieurswetenskap Ingenieurstekene Ambagtegnologie Studie- en Lewensvaardighede Voertuigtegnologie

Modules word in fases opgedeel. Na afhandeling van elke fase word die gereedheid van die vlak geassesseer

Soos uiteengesit in Werksplek riglyn dokument en logboek

Toerusting benodig

Ingenieurstekene-vak:

• Lys van benodighede sal tydens klas hanteer word.

Alle ander vakke:

• Pen, potlood, notaboeke,

• 10 x individuele vak lêers

Gereedskaplys: https://bit.ly/2U6WWG4 Koste van gereedskapskis vir eie rekening. PPE-klere word aan die studente verskaf

Werksplek riglyn dokument en logboek

Akkreditasie

Beroep sertifikaat: Dieselwerktuigkunde, NQF Vlak 4, 540 Krediete, SAQA ID: 97592. QCTO Kurrikulum dokument: 653306000. Beroep sertifikaat Artikel 26D (Rooiseël)

Akkreditasie: OCTO No: SDP 1220/17/033

Page 6: Inligtingstuk 2020 - Sol-Tech · Beroep sertifikaat: Dieselwerktuigkunde, NQF Vlak 4, 540 Krediete, SAQA ID: 97592. QCTO Kurrikulum dokument: 653306000. Beroep sertifikaat Artikel

Stelsels en prosesse met betrekking tot die aanwending van enkel- en driefase-elektrisiteit in die industriële en

huishoudelike omgewing. Studente doen ook 'n kursus in elektronika en PLC-beheer.

DOEL VAN DIE KWALIFIKASIE

Die elektrisiën kursus weerspieël die behoeftes van werkgewers in die huidige elektrisiteitsbedryf. Die kwalifikasie

verleen aan studente toegang tot die elektrisiteitsbedryf en bied aan hulle die geleentheid om verskeie

loopbaanmoontlikhede in die veld te oorweeg. Studente bekom die nodige kennis en vaardighede om geleenthede by

besighede in die privaat sektor na te jaag.

WAT SAL DIE STUDENTE LEER?

Hierdie kwalifikasie sal die studente se status en beroepsgeleenthede in die elektrisiteitsbedryf verbreed. Dit fokus op

die verstaan en toepassing van gevorderde elektriese, elektroniese en PLC-beginsels, gespesialiseerde

vervaardigingsprosesse, asook die diensleweringsproses in die bedryf en beroepswêreld. Die studente sal die

geleentheid kry om by te dra tot kwaliteit en die groei van die bedryf. Die kursus se uitgebreide modules berei

studente daarop voor om vakvaardighede te bemeester en ook belangrike lewensvaardighede aan te leer.

ELEKTRIES

Page 7: Inligtingstuk 2020 - Sol-Tech · Beroep sertifikaat: Dieselwerktuigkunde, NQF Vlak 4, 540 Krediete, SAQA ID: 97592. QCTO Kurrikulum dokument: 653306000. Beroep sertifikaat Artikel

Teoretiese Modulêre

Komponent Praktiese Modulêre

Komponent

Indiensopleiding Modulêre Komponent

(Ajani uitplasing)

Kwalifikasie Beroepskwalifikasie: Elektrisiën (Rooisëelsertifikaat Elektries)

Inname-datums

31 Maart 2020 30 Junie 2020 6 Oktober 2020

17 Augustus 2020 16 November 2020

Na suksesvolle voltooiing van Teoretiese en Praktiese Modulêre Komponente

Tydperk Opleiding geskied aaneenlopend oor ‘n tydperk van 57 weke (Indiensopleiding uitgesluit)

Minimum 12 maande indiensopleiding by goedgekeurde werkgewers in relevante industrie

Toelatings-

vereistes

Suksesvolle voltooiing van oorbruggingsfase of relevante skolastiese kwalifikasie

Suksesvolle vordering en voltooiing van teoretiese modulêre komponent en portefeulje

Suksesvolle voltooiing van teoretiese en praktiese modulêre komponente en portefeuljes

Registrasie koste*

Registrasiefooi: R 1650-00 (Nie terugbetaalbaar. Sluit PPE voorsiening in.) Sitplekfooi: R 3000-00 (Nie terugbetaalbaar. Word teen klasfooie gekrediteer.)

Gratis vir Sol-Tech-studente

Koste van leerprogram*

Leerprogram koste (Volledig, handboeke ingesluit): R 141 350-00 5% Korting word toegestaan vir eenmalige betaling: R 134 283-00 Program fooie betaalbaar oor 4 X Gelyke Paaiemente

Vaktoets voorbereiding en vaktoetsaflegging vir student/ouers se eie rekening. Vaktoetse word by 'n eksterne toetssentrum gefasiliteer

Ad Hoc-koste*

Laat registrasie: R265 Duplikaat ID: R160 Herassessering Teoreties: R160 per vraestel / R1 500 per portefeulje

Herassessering - 3de poging Prakties: R480 per vlak- assessering / R1 500 per portefeulje

N.V.T

Verpligte vakke

Ingenieurs wiskunde Ingenieurswetenskap Ambag tegnologie Studie en Lewensvaardighede Elektrotegnologie

Modules word in fases opgedeel. Na afhandeling van elke fase word die gereedheid van die vlak geassesseer

Soos uiteengesit in Werksplek riglyn dokument en logboek

Toerusting benodig

Ingenieurstekene-vak:

• Lys van benodighede sal tydens klas hanteer word.

Alle ander vakke:

• Pen, potlood, notaboeke,

• 10 x individuele vak lêers

Gereedskaplys: https://bit.ly/2U6WWG4 Koste van gereedskapskis vir eie rekening. PPE-klere word aan die studente verskaf

Werksplek riglyn dokument en logboek

Akkreditasie

Beroepsertifikaat: Elektrisiën. NKR-vlak 4, 360 krediete, SAQA ID 91761. Kurrikulumdokument: 671101000. Beroepsertifikaat Artikel 26D (Rooiseël)

Akkreditasie: OCTO No: SDP 1220/17/033

Page 8: Inligtingstuk 2020 - Sol-Tech · Beroep sertifikaat: Dieselwerktuigkunde, NQF Vlak 4, 540 Krediete, SAQA ID: 97592. QCTO Kurrikulum dokument: 653306000. Beroep sertifikaat Artikel

Gevorderde handvaardighede asook stelsels en vervaardigingsprosesse met betrekking tot die gebruik van CNC-

draaibanke, CNC-freesmasjiene, slypmasjiene, boormasjiene, vonk-erosiemasjiene en plastiekinspuit-vormgiet-

masjiene.

DOEL VAN DIE KWALIFIKASIE

Gereedskapmakers is hoogs gespesialiseerde ambagslui wat in staat moet wees om 'n doel spesifieke

gereedskapstuk of matrys uit roumateriaal teen fyn toleransies te vervaardig om sodoende die koste van

vervaardiging van massaproduksie-komponente tot die minimum te beperk.

WAT SAL DIE STUDENTE LEER?

Die ambag van gereedskapmaker stel gekwalifiseerde persone in staat om te beplan en te ontwerp om sodoende op

die mees kostedoeltreffende metode hoë kwaliteit setmate en -matryse te vervaardig wat vir die vervaardiging van

massaproduksie-komponente gebruik kan word, met 'n begrip van die motorbedryf, ingenieursbedrywe en presisie

inspuitvorming vir die voedselbedryf.

GEREEDSKAPMAKER

Page 9: Inligtingstuk 2020 - Sol-Tech · Beroep sertifikaat: Dieselwerktuigkunde, NQF Vlak 4, 540 Krediete, SAQA ID: 97592. QCTO Kurrikulum dokument: 653306000. Beroep sertifikaat Artikel

Teoretiese Modulêre

Komponent Praktiese Modulêre

Komponent

Indiensopleiding Modulêre Komponent

(Ajani uitplasing)

Kwalifikasie Beroepskwalifikasie: Gereedskapmaker

(Rooisëelsertifikaat in Gereedskapmaker)

Inname-datums 7 Januarie 2020 30 Junie 2020

29 Junie 2020 Na suksesvolle voltooiing van Teoretiese en Praktiese Modulêre Komponente

Tydperk Opleiding geskied aaneenlopend oor ‘n tydperk van 79 weke (Indiensopleiding uitgesluit)

Minimum 12 maande indiensopleiding by goedgekeurde werkgewers in relevante industrie

Toelatings-

vereistes

Suksesvolle voltooiing van oorbruggingsfase of relevante skolastiese kwalifikasie

Suksesvolle vordering en voltooiing van teoretiese modulêre komponent en portefeulje

Suksesvolle voltooiing van teoretiese en praktiese modulêre komponente en portefeuljes

Registrasie koste*

Registrasiefooi: R 1650-00 (Nie terugbetaalbaar. Sluit PPE voorsiening in.) Sitplekfooi: R 3000-00 (Nie terugbetaalbaar. Word teen klasfooie gekrediteer.)

Gratis vir Sol-Tech-studente

Koste van leerprogram*

Leerprogram koste (Volledig, handboeke ingesluit): R 162 801-00 5% Korting word toegestaan vir eenmalige betaling: R 154 661-00 Program fooie betaalbaar oor 4 X Gelyke Paaiemente

Vaktoets voorbereiding en vaktoetsaflegging vir student/ouers se eie rekening. Vaktoetse word by 'n eksterne toetssentrum gefasiliteer

Ad Hoc-koste*

Laat registrasie: R265 Duplikaat ID: R160 Herassessering Teoreties: R160 per vraestel / R1 500 per portefeulje

Herassessering - 3de poging Prakties: R480 per vlak- assessering / R1 500 per portefeulje

N.V.T

Verpligte vakke

Ingenieurs wiskunde Ingenieurswetenskap Ambag tegnologie Studie en Lewensvaardighede Ingenieurstekene (Insluitend CAD) Gereedskapmaker-tegnologie

Modules word in fases opgedeel. Na afhandeling van elke fase word die gereedheid van die vlak geassesseer

Soos uiteengesit in Werksplek riglyn dokument en logboek

Toerusting benodig

Ingenieurstekene-vak:

• Lys van benodighede sal tydens klas hanteer word.

Alle ander vakke:

• Pen, potlood, notaboeke,

• 10 x individuele vak lêers

Gereedskaplys: https://bit.ly/2U6WWG4 Koste van gereedskapskis vir eie rekening. PPE-klere word aan die studente verskaf

Werksplek riglyn dokument en logboek

Akkreditasie

Beroepsertifikaat: Gereedskapmaker, NKR-vlak 4, 432 krediete, SAQA ID: 91796/ Kurrikulumdokument: 652201000. Beroepsertifikaat Artikel 26D (Rooiseël)

Akkreditasie: OCTO No: SDP 1220/17/033

Page 10: Inligtingstuk 2020 - Sol-Tech · Beroep sertifikaat: Dieselwerktuigkunde, NQF Vlak 4, 540 Krediete, SAQA ID: 97592. QCTO Kurrikulum dokument: 653306000. Beroep sertifikaat Artikel

Meganiese stelsels en prosesse met betrekking tot laers, ratkaste, remstelsels, pompstelsels, aandrywings, as-

belyning, pneumatika en hidroulika. Verder word stelsels en prosesse met betrekking tot die aanwending van enkel-

en driefasetoevoer in die huishoudelike en industriële omgewing ook behandel. Studente doen ook 'n kursus in

elektronika en PLC-beheer.

DOEL VAN DIE KWALIFIKASIE

'n Meulmaker fokus op die herstel en installering van meganiese masjinerie en toerusting wat elektries aangedryf of

beheer word. Alhoewel die beroep meer elektries van aard is, word die tegnici ook meganies aangewend.

Die uitoefening van die beroep behels die opstel, installeer en herstel van ratkasgedrewe motors en toerusting wat in

’n fabriek-opset gebruik word, soos die verskuiwing van groot en ongemaklike toerusting asook die vervanging van

sodanige toerusting.

WAT SAL DIE STUDENTE LEER?

Die vervaardigings- en produksiebedryf word gekenmerk deur tegnologies gesofistikeerde outomatiese stelsels wat

gebruik maak van meganika, elektronika en elektriese ingenieurswese. Hierdie stelsels kan ook geïntegreer word met

kontrole- en inligtingstegnologie.

MEULMAKER

Page 11: Inligtingstuk 2020 - Sol-Tech · Beroep sertifikaat: Dieselwerktuigkunde, NQF Vlak 4, 540 Krediete, SAQA ID: 97592. QCTO Kurrikulum dokument: 653306000. Beroep sertifikaat Artikel

Teoretiese Modulêre

Komponent Praktiese Modulêre

Komponent

Indiensopleiding Modulêre Komponent

(Ajani uitplasing)

Kwalifikasie Beroepskwalifikasie: Meulmaker

(Rooisëelsertifikaat in Meulmaker)

Inname-datums

7 Januarie 2020 31 Maart 2020 30 Junie 2020 6 Oktober 2020

29 Junie 2020 5 Oktober 2020

Na suksesvolle voltooiing van Teoretiese en Praktiese Modulêre Komponente

Tydperk Opleiding geskied aaneenlopend oor ‘n tydperk van 74 weke (Indiensopleiding uitgesluit)

Minimum 20 maande indiensopleiding by goedgekeurde werkgewers in relevante industrie

Toelatings-vereistes

Suksesvolle voltooiing van oorbruggingsfase of relevante skolastiese kwalifikasie

Suksesvolle vordering en voltooiing van teoretiese modulêre komponent en portefeulje

Suksesvolle voltooiing van teoretiese en praktiese modulêre komponente en portefeuljes

Registrasie koste*

Registrasiefooi: R 1650-00 (Nie terugbetaalbaar. Sluit PPE voorsiening in.) Sitplekfooi: R 3000-00 (Nie terugbetaalbaar. Word teen klasfooie gekrediteer.)

Gratis vir Sol-Tech-studente

Koste van leerprogram*

Leerprogram koste (Volledig, handboeke ingesluit): R 159 405-00 5% Korting word toegestaan vir eenmalige betaling: R 151 434-00 Program fooie betaalbaar oor 4 X Gelyke Paaiemente

Vaktoets voorbereiding en vaktoetsaflegging vir student/ouers se eie rekening. Vaktoetse word by 'n eksterne toetssentrum gefasiliteer

Ad Hoc-koste*

Laat registrasie: R265 Duplikaat ID: R160 Herassessering Teoreties: R160 per vraestel / R1 500 per portefeulje

Herassessering - 3de poging Prakties: R480 per vlak- assessering / R1 500 per portefeulje

N.V.T

Verpligte vakke

Ingenieurs wiskunde Ingenieurswetenskap Ambag tegnologie Studie en Lewensvaardighede Elektrotegnologie Meganiese tegnologie

Modules word in fases opgedeel. Na afhandeling van elke fase word die gereedheid van die vlak geassesseer

Soos uiteengesit in Werksplek riglyn dokument en logboek

Toerusting benodig

Ingenieurstekene-vak:

• Lys van benodighede sal tydens klas hanteer word.

Alle ander vakke:

• Pen, potlood, notaboeke,

• 10 x individuele vak lêers

Gereedskaplys: https://bit.ly/2U6WWG4 Koste van gereedskapskis vir eie rekening. PPE-klere word aan die studente verskaf

Werksplek riglyn dokument en logboek

Akkreditasie

Beroep sertifikaat: Meulmaker. NQF Vlak 4, 697 Krediete, SAQA ID: 97585 Kurrikulum dokument: 671202000. Beroep sertifikaat Artikel 26D (Rooiseël)

Akkreditasie: OCTO No: SDP 1220/17/033

Page 12: Inligtingstuk 2020 - Sol-Tech · Beroep sertifikaat: Dieselwerktuigkunde, NQF Vlak 4, 540 Krediete, SAQA ID: 97592. QCTO Kurrikulum dokument: 653306000. Beroep sertifikaat Artikel

Gevorderde handvaardighede asook stelsels en vervaardigingsprosesse met betrekking tot die gebruik van

draaibanke, frees-, slyp-, en boormasjiene.

DOEL VAN DIE KWALIFIKASIE

Die standaard en vlak van die passer-en–draaier-kwalifikasie is daarop gemik om die studente die nodige

vaardighede te leer om doeltreffend in enige bedryf te kan werk en om die uitdagings van die ingenieursmontering- en

masjineringsomgewing te kan hanteer.

Die kwalifikasie erken vaardighede soos die vermoë om foute te identifiseer, die toepassing van uitmekaarhaal-

tegnieke, die instandhouding van toerusting, die herstel en installering van meganiese komponente en die herstel van

toerusting tydens produksie. Hierdie vaardighede is gegrond op ’n begrip van masjineringsteorieë, masjienfunksies

instandhouding, ingenieurstoerusting, beginsels van meetkunde en ingenieurstekeninge. Handvaardighede speel ’n

groot rol in die kursus.

WAT SAL DIE STUDENTE LEER?

Ingenieursmasjinering word gekenmerk deur werk-tot-bestelling, laevolume-produksie van komponente deur van

verskillende masjineringsmetodes in ’n verskeidenheid bedrywe gebruik te maak, met inbegrip van die motorherstel-,

metaal-, toestelproduksie-, plastiek-, band- en rubberbedryf.

PAS & DRAAI

Page 13: Inligtingstuk 2020 - Sol-Tech · Beroep sertifikaat: Dieselwerktuigkunde, NQF Vlak 4, 540 Krediete, SAQA ID: 97592. QCTO Kurrikulum dokument: 653306000. Beroep sertifikaat Artikel

Teoretiese Modulêre

Komponent Praktiese Modulêre

Komponent

Indiensopleiding Modulêre Komponent

(Ajani uitplasing)

Kwalifikasie Beroepskwalifikasie: Passer en Draaier

(Rooisëelsertifikaat in Pas & Draai)

Inname-datums

31 Maart 2020 30 Junie 2020 6 Oktober 2020

5 Oktober 2020 Na suksesvolle voltooiing van Teoretiese en Praktiese Modulêre Komponente

Tydperk Opleiding geskied aaneenlopend oor ‘n tydperk van 71 weke (Indiensopleiding uitgesluit)

Minimum 20 maande indiensopleiding by goedgekeurde werkgewers in relevante industrie

Toelatings-

vereistes

Suksesvolle voltooiing van oorbruggingsfase of relevante skolastiese kwalifikasie

Suksesvolle vordering en voltooiing van teoretiese modulêre komponent en portefeulje

Suksesvolle voltooiing van teoretiese en praktiese modulêre komponente en portefeuljes

Registrasie koste*

Registrasiefooi: R 1650-00 (Nie terugbetaalbaar. Sluit PPE voorsiening in.) Sitplekfooi: R 3000-00 (Nie terugbetaalbaar. Word teen klasfooie gekrediteer.)

Gratis vir Sol-Tech-studente

Koste van leerprogram*

Leerprogram koste (Volledig, handboeke ingesluit): R 150 106-00 5% Korting word toegestaan vir eenmalige betaling: R 142 601-00 Program fooie betaalbaar oor 4 X Gelyke Paaiemente

Vaktoets voorbereiding en vaktoetsaflegging vir student/ouers se eie rekening. Vaktoetse word by 'n eksterne toetssentrum gefasiliteer

Ad Hoc-koste*

Laat registrasie: R265 Duplikaat ID: R160 Herassessering Teoreties: R160 per vraestel / R1 500 per portefeulje

Herassessering - 3de poging Prakties: R480 per vlak- assessering / R1 500 per portefeulje

N.V.T

Verpligte vakke

Ingenieurs wiskunde Ingenieurswetenskap Ambag tegnologie Studie en Lewensvaardighede Ingenieurstekene (Insluitend CAD) Meganiese tegnologie

Modules word in fases opgedeel. Na afhandeling van elke fase word die gereedheid van die vlak geassesseer

Soos uiteengesit in Werksplek riglyn dokument en logboek

Toerusting benodig

Ingenieurstekene-vak:

• Lys van benodighede sal tydens klas hanteer word.

Alle ander vakke:

• Pen, potlood, notaboeke,

• 10 x individuele vak lêers

Gereedskaplys: https://bit.ly/2U6WWG4 Koste van gereedskapskis vir eie rekening. PPE-klere word aan die studente verskaf

Werksplek riglyn dokument en logboek

Akkreditasie

Beroepsertifikaat: Passer en Draaier. NKR-vlak 4, 548 krediete, SAQA ID: 94020. Kurrikulumdokument: 652302000. Beroepsertifikaat Artikel 26D (Rooiseël)

Akkreditasie: OCTO No: SDP 1220/17/033

Page 14: Inligtingstuk 2020 - Sol-Tech · Beroep sertifikaat: Dieselwerktuigkunde, NQF Vlak 4, 540 Krediete, SAQA ID: 97592. QCTO Kurrikulum dokument: 653306000. Beroep sertifikaat Artikel

Die uitvoer van sweisstande volgens industriële SANS-standaarde, verskeie sweistegnieke in ingeslote ruimtes met

betrekking tot die gebruik van boog-, gas-, MIG-, en TIG-sweismasjiene asook plasma-snywerk.

DOEL VAN DIE KWALIFIKASIE

Om aan studente opleiding te bied in boogsweis, gassweis, Tig en Mig. Verder word opleiding in herstelwerk op

aluminium, vlekvrye staal, sagte staal en gietyster aan studente gebied. Dit is ook 'n stap in die rigting vir

spesialisering in onderwatersweis, drukvate en hoëdrukpype vir vervaardiging asook metaalkonstruksie.

WAT SAL DIE STUDENTE LEER?

Sweisers werk vanaf bloudrukke of spesifikasies en gebruik hulle kennis van metale en lastegnieke om verskeie tipes

metale aan mekaar te sweis. Sweiswerk sluit die sny, posisionering en voorbereiding van materiale in – om

komponente te las deur die gebruik van verskillende sweistegnieke. Sweisers is betrokke by vervaardiging en

instandhouding van metaalstrukture en installasies.

SWEIS

Page 15: Inligtingstuk 2020 - Sol-Tech · Beroep sertifikaat: Dieselwerktuigkunde, NQF Vlak 4, 540 Krediete, SAQA ID: 97592. QCTO Kurrikulum dokument: 653306000. Beroep sertifikaat Artikel

Teoretiese Modulêre

Komponent Praktiese Modulêre

Komponent

Indiensopleiding Modulêre Komponent

(Ajani uitplasing)

Kwalifikasie Beroepskwalifikasie: Sweiser (Rooisëelsertifikaat in Sweis)

Inname-datums

7 Januarie 2020 31 Maart 2020 30 Junie 2020 6 Oktober 2020

18 Mei 2020 17 Augustus 2020 16 November 2020

Na suksesvolle voltooiing van Teoretiese en Praktiese Modulêre Komponente

Tydperk Opleiding geskied aaneenlopend oor ‘n tydperk van 68 weke (Indiensopleiding uitgesluit)

Minimum 12 maande indiensopleiding by goedgekeurde werkgewers in relevante industrie

Toelatings-vereistes

Suksesvolle voltooiing van oorbruggingsfase of relevante skolastiese kwalifikasie

Suksesvolle vordering en voltooiing van teoretiese modulêre komponent en portefeulje

Suksesvolle voltooiing van teoretiese en praktiese modulêre komponente en portefeuljes

Registrasie koste*

Registrasiefooi: R 1650-00 (Nie terugbetaalbaar. Sluit PPE voorsiening in.) Sitplekfooi: R 3000-00 (Nie terugbetaalbaar. Word teen klasfooie gekrediteer.)

Gratis vir Sol-Tech-studente

Koste van leerprogram*

Leerprogram koste (Volledig, handboeke ingesluit): R 145 434-00 5% Korting word toegestaan vir eenmalige betaling: R 138 162-00 Program fooie betaalbaar oor 4 X Gelyke Paaiemente

Vaktoets voorbereiding en vaktoetsaflegging vir student/ouers se eie rekening. Vaktoetse word by 'n eksterne toetssentrum gefasiliteer

Ad Hoc-koste*

Laat registrasie: R265 Duplikaat ID: R160 Herassessering Teoreties: R160 per vraestel / R1 500 per portefeulje

Herassessering - 3de poging Prakties: R480 per vlak- assessering / R1 500 per portefeulje

N.V.T

Verpligte vakke

Ingenieurs wiskunde Ingenieurswetenskap Ambag tegnologie Studie en Lewensvaardighede Ingenieurstekene Sweis tegnologie

Modules word in fases opgedeel. Na afhandeling van elke fase word die gereedheid van die vlak geassesseer

Soos uiteengesit in Werksplek riglyn dokument en logboek

Toerusting benodig

Ingenieurstekene-vak:

• Lys van benodighede sal tydens klas hanteer word.

Alle ander vakke:

• Pen, potlood, notaboeke,

• 10 x individuele vak lêers

Gereedskaplys: https://bit.ly/2U6WWG4 Koste van gereedskapskis vir eie rekening. PPE-klere word aan die studente verskaf

Werksplek riglyn dokument en logboek

Akkreditasie

Beroepsertifikaat: Sweiser. NKR-vlak 4, 373 krediete, SAQA ID:P 94100 Kurrikulumdokument: 651202000. Beroepsertifikaat Artikel 26D (Rooiseël)

Akkreditasie: OCTO No: SDP 1220/17/033

Page 16: Inligtingstuk 2020 - Sol-Tech · Beroep sertifikaat: Dieselwerktuigkunde, NQF Vlak 4, 540 Krediete, SAQA ID: 97592. QCTO Kurrikulum dokument: 653306000. Beroep sertifikaat Artikel

Instandhouding, diens en herstel van enjins, ratkaste, ewenaars, wielsporing, hidrouliese stelsels, remstelsels, laers,

stuurstelsels en outo-elektriese bedradingstelsels.

DOEL VAN DIE KWALIFIKASIE

'n Trekkerwerktuigkundige is verantwoordelik vir die voorkomende instandhouding en herstel van dieselenjins en

voertuie wat passasiersvoertuie, groot vragmotors, busse en swaar masjinerie soos hyskrane, trekkers, landbou-

implemente, padskrapers en dies meer mag insluit. Trekkerwerktuigkundiges spesialiseer in hidrouliese stelsels,

ratkaste en ewenaars wat uniek aan landbouvoertuie is.

WAT SAL DIE STUDENTE LEER?

Die studente leer die basiese herstel- en instandhoudingsteorieë, die name en funksies van motorvloeistowwe,

smeermiddels en -onderdele en hoe om 'n werkswinkel se handleiding en prosedures te lees, te interpreteer en korrek

uit te voer. Die studente doen verder kennis op van motorwerktuigkundige komponente en stelsels,

werkswinkeltoerusting, taakinstruksies en werkkaarte.

TREKKERWERKTUIGKUNDE

Page 17: Inligtingstuk 2020 - Sol-Tech · Beroep sertifikaat: Dieselwerktuigkunde, NQF Vlak 4, 540 Krediete, SAQA ID: 97592. QCTO Kurrikulum dokument: 653306000. Beroep sertifikaat Artikel

Teoretiese Modulêre

Komponent Praktiese Modulêre

Komponent

Indiensopleiding Modulêre Komponent

(Ajani uitplasing)

Kwalifikasie Rooisëelsertifikaat in Trekker werktuigkunde

Inname-datums

31 Maart 2020 30 Junie 2020 6 Oktober 2020

17 Augustus 2020 16 November 2020

Na suksesvolle voltooiing van Teoretiese en Praktiese Modulêre Komponente

Tydperk Opleiding geskied aaneenlopend oor ‘n tydperk van 65 weke (Indiensopleiding uitgesluit)

Minimum 18 maande indiensopleiding by goedgekeurde werkgewers in relevante industrie

Toelatings-vereistes

Suksesvolle voltooiing van oorbruggingsfase of relevante skolastiese kwalifikasie

Suksesvolle vordering en voltooiing van teoretiese modulêre komponent en portefeulje

Suksesvolle voltooiing van teoretiese en praktiese modulêre komponente en portefeuljes

Registrasie koste*

Registrasiefooi: R 1650-00 (Nie terugbetaalbaar. Sluit PPE voorsiening in.) Sitplekfooi: R 3000-00 (Nie terugbetaalbaar. Word teen klasfooie gekrediteer.)

Gratis vir Sol-Tech-studente

Koste van

leerprogram*

Leerprogram koste (Volledig, handboeke ingesluit): R 146 114-00 5% Korting word toegestaan vir eenmalige betaling: R 138 808-00 Program fooie betaalbaar oor 4 X Gelyke Paaiemente

Vaktoets voorbereiding en vaktoetsaflegging vir student/ouers se eie rekening. Vaktoetse word by 'n eksterne toetssentrum gefasiliteer

Ad Hoc-koste*

Laat registrasie: R265 Duplikaat ID: R160 Herassessering Teoreties: R160 per vraestel / R1 500 per portefeulje

Herassessering - 3de poging Prakties: R480 per vlak- assessering / R1 500 per portefeulje

N.V.T

Verpligte vakke

Ingenieurswiskunde Ingenieurswetenskap Ingenieurstekene Ambagtegnologie Studie- en Lewensvaardighede Voertuigtegnologie

Modules word in fases opgedeel. Na afhandeling van elke fase word die gereedheid van die vlak geassesseer

Soos uiteengesit in Werksplek riglyn dokument en logboek

Toerusting benodig

Ingenieurstekene-vak:

• Lys van benodighede sal tydens klas hanteer word.

Alle ander vakke:

• Pen, potlood, notaboeke,

• 10 x individuele vak lêers

Gereedskaplys: https://bit.ly/2U6WWG4 Koste van gereedskapskis vir eie rekening. PPE-klere word aan die studente verskaf

Werksplek riglyn dokument en logboek

Akkreditasie Beroep sertifikaat: Dieselwerktuigkunde, NQF Vlak 4, 540 Krediete, SAQA ID: 97592. QCTO Kurrikulum dokument: 653306000. Beroep sertifikaat Artikel 26D (Rooiseël)

Page 18: Inligtingstuk 2020 - Sol-Tech · Beroep sertifikaat: Dieselwerktuigkunde, NQF Vlak 4, 540 Krediete, SAQA ID: 97592. QCTO Kurrikulum dokument: 653306000. Beroep sertifikaat Artikel

DOEL VAN DIE PROGRAM

Die Sol-Tech Oorbruggingsprogram is uniek aan Sol-Tech en word aangebied ten einde individue wat nie aan die

voorgeskrewe toelatingsvereistes vir ambagskwalifikasies voldoen nie, die nodige relevante kursusse te laat deurloop

om toegang tot tegniese opleiding te kan verkry.

Hierdie program word vir studente wat reeds hul skolastiese kwalifikasies voltooi het en die Sol-Tech keuring geslaag

het, deur middel van voltydse kontak opleiding aangebied – maar word ook via ‘n afstand onderrig model met

geskeduleerde kontaksessies aangebied aan skoliere wat tydens hul sekondêre skoolfase die nodige tegniese

onderbou wil bekom ten einde toegang tot tegniese beroepskwalifikasies te verkry.

In hierdie geval word die suksesvolle voltooiing van die oorbruggingsprogram gebruik as aanduiding van die

voornemende student se vermoë om die tegniese en /of beroepskwalifikasies wat deur Sol-Tech aangebied word,

suksesvol te kan voltooi.

OORBRUGGINGSPROGRAM

Page 19: Inligtingstuk 2020 - Sol-Tech · Beroep sertifikaat: Dieselwerktuigkunde, NQF Vlak 4, 540 Krediete, SAQA ID: 97592. QCTO Kurrikulum dokument: 653306000. Beroep sertifikaat Artikel

Die vereistes om die program suksesvol te voltooi is dat die student al die nodige voorgeskrewe leerinhoude moet

slaag met ten minste 50%. [Die oorbruggingsprogram mag in die toekoms uitgebrei word om aan voorskrifte vir

minimum vereistes vir toelating tot tegniese beroepskwalifikasies deur die Gehaltebeheer Liggaam (QCTO en

Departement Hoër Onderwys) te voldoen.] Individue wat die Oorbrugging afstandsonderrigprogram voltooi, word dus

sonder addisionele keuring toegelaat tot tegniese beroepskwalifikasies.

WAT SAL DIE STUDENTE LEER?

Die studente leer die basiese beginsels van spesifieke voorgeskrewe leerinhoude ten einde die relevante vakke soos

Wiskunde, Wetenskap, Tegniese Tekene en Ambag-spesifieke tegniese vakke te kan hanteer met die nodige

relevante onderbou tot verdere studies in die geakkrediteerde Beroepskwalifikasies.

TOELATINGSVEREISTES TOT OORBRUGGING DEUR AFSTANDONDERRIG

✓ Student doen aansoek op webblad met ID en Hoogste Kwalifikasie. (Die student moet in Graad 11 of Graad 12

wees by deelnemende Skole waar die program aangebied word.)

✓ Die student moet verkieslik toegang hê tot ‘n e-pos adres, internet en telefoon.

✓ Die student woon die nodige registrasiedag by skool by en ontvang volledige oriëntasie tot die program sowel as

alle program materiaal.

Oorbrugging

Inname-datums Week 20 tot 31 Januarie 2020 / Week 13 tot 24 Julie 2020

(Met inagneming van spesifieke registrasie dae per Studiesentrum)

Tydperk Opleiding geskied aaneenlopend oor 'n tydperk van 24 weke per inname

Toelatingsvereistes Minimum Graad 9-sertifikaat.

Registrasiekoste* R350 registrasiefooi + R3 000 sitplekfooi = R3 350

(nie terugbetaalbaar nie)

Koste van fase* R2 675-00 per vak (Alle studiemateriaal, ingesluit)

Verpligte vakke (huidige model)**

Wiskunde N0

Ingenieurswetenskap N0

Ingenieurstekene en Tegnologie N0

Toerusting benodig

Ingenieurstekene vak: Lys van benodighede beskikbaar by: https://sol-tech.co.za/tekengereedskap

Alle ander vakke: Pen, potlood, notaboeke, 3 x individuele vaklêers

*Kursuskoste is onderworpe aan verandering sonder vooraf kennisgewing en word jaarliks verhoog

**QCTO-implementering sal vakveranderings tot gevolg hê

Page 20: Inligtingstuk 2020 - Sol-Tech · Beroep sertifikaat: Dieselwerktuigkunde, NQF Vlak 4, 540 Krediete, SAQA ID: 97592. QCTO Kurrikulum dokument: 653306000. Beroep sertifikaat Artikel

AJANI

Ajani is 'n onafhanklike plasingsmaatskappy wat uitsluitlik Sol-Tech-studente by goedgekeurde werkgewers plaas om

geïntegreerde praktiese ondervinding op te doen. Die studente word by werkgewers geplaas en deurlopend

gemonitor. Ajani verleen ook bystand met aansoeke vir finale vaktoetse. Lees meer oor Ajani op die Sol-Tech-

webblad by https://sol-tech.co.za/meer-oor-ajani/ of besoek Ajani se webblad by www.ajani.co.za.

VERBLYF

Volg die skakel vir 'n lys van privaat verblyfmoontlikhede: https://sol-tech.co.za/verblyf/

FINANSIES

Vir enige rekeningnavrae, kontak finansies by [email protected]. Kontak die Helpende Hand-

Studiefondssentrum (SFS) vir rentevrye studielenings by www.studiefonds.co.za of skakel 012 644 4428 of e-pos

[email protected].

KONTAK ONS

Adres: Maliestraat 1662, Kirkney, Pretoria, 0181

Tel: 0861 999 88 0

E-pos: [email protected]

Web: www.sol-tech.co.za

Word deel van die span gehaltestudente en DOEN AANSOEK by: Sol-Tech Aansoek