Ferdinand Postma Kommunikasiebrief 3/2016

download Ferdinand Postma Kommunikasiebrief 3/2016

of 3

Transcript of Ferdinand Postma Kommunikasiebrief 3/2016

  • 8/16/2019 Ferdinand Postma Kommunikasiebrief 3/2016

    1/3

     Kommunikasiebriefnommer 3

    4 Mei 2016Geagte Ouer(s)/Voog(de)

    Neem asseblief kennis van die volgende tersaaklike inligting en reëlings.

    TOETSROOSTERVERANDERINGWeens onvoorsiene omstandighede moes die toetste wat op die toetsroostergeskeduleer is vir 9 Mei 2016, verskuif na die volgende dag. Alle toetse wat dus op

    9 Mei geskryf moes word, word nou op 10 Mei geskryf.

    JUNIE-EKSAMEN 2016

    Die Junie-eksamen begin op Maandag, 30 Mei 2016 vir die graad 10-12 leerders.Dié leerders het geen bloktyd voor die eksamen nie en het dus normaalweg skool toten met Vrydag, 27 Mei 2016. Die graad 8- en 9-leerders se eksamen begin 8 Junie2016 en hulle sal verpligte onderrig ontvang tot en met 3 Junie 2016. Hul skooldagsal daagliks van 08:00-13:00 duur. Geen afwesighede sal toegelaat word nie.

     ʼn Kopie van die eksamenrooster word by hierdie brief aangeheg. Lees asseblief dierooster baie deeglik ten opsigte van die datum, vak, tyd/sessie en lokaal. Ditwissel daagliks. Maak baie seker en kontroleer u kind se persoonlikeeksamenrooster. Dit is van kardinale belang dat leerders 20 minute vóór dieaanvangstyd van ʼn bepaalde sessie by die spesifieke lokaal  aanmeld.Bykomende tyd sal nie aan leerders toegestaan word wat laat is vir ʼneksamensessie nie.

    Leerders wat tydens die eksamen afwesig is, is verplig om ʼn mediese sertifikaat in tegee by ontvangs.

    Indien ʼn leerder afwesig is tydens die eksamen, sal slegs ʼn mediese sertifikaat asgeldige verskoning aanvaar word. Leerders wat nie sertifikate ingee nie, sal nul (0) vir die betrokke eksamenvraestel kry. Die adjunkhoof moet ook die oggend van dievraestel geskakel en ingelig word oor die betrokke afwesigheid. Die nie-skryf vanvraestelle (met of sonder 'n mediese sertifikaat) is 'n diskwalifikasie vir die Top-10presteerderslys.

    Neem asseblief kennis dat selfone nie in eksamenlokale toegelaat word nie en datdie personeel nie verantwoordelikheid aanvaar vir die berging of verlies daarvan nie.Die onderwysers sal die leerders tydens die laaste week vóór die eksamen inligwaaroor hulle tydens die eksamen ge-eksamineer sal word.

  • 8/16/2019 Ferdinand Postma Kommunikasiebrief 3/2016

    2/3

     

    EKSAMENKONSESSIESIndien u kind toestemming het om tydens die eksamen apart te skryf en/of 'n leserhet, moet u dringend ʼn afspraak via die skoolontvangs reël sodat Me Prinsloo dieriglyne van die konsessie met u kind se leser/toesighouer kan bespreek.

    SETH-BESOEK AAN DIE "GATEWAY TO SPACE" - uitstalling in SandtonDie graad 8- en 9-SETH-leerders sal die "Gateway to Space" - uitstalling opWoensdag 2 Junie 2016 gratis besoek. 'n Aparte kennisgewing met meerbesonderhede hieroor sal binnekort aan u gestuur word.

    SETH-OPEDAGDie Noordwes Universiteit hou 'n SETH-Opedag op 21 Mei 2016 om 11:00 by dieIngenieurs- fakulteit. Graad 7-leerders wat 'n gemiddelde persentasie van 80%+asook 80%+ in Wiskunde behaal, word saam met hul ouers na dié opedag genooi.Belangstellendes moet Me Suzette du Toit dringend in dié verband skakel om te reël

    vir 'n uitnodiging na die Opedag.

    WYSIGING VAN TOETSROOSTERDie toetse van alle grade wat op 9 Mei 2016 geskryf sou word, sal op 10 Mei 2016geskryf word.

    SKOOLKLERE

    Na talle versoeke van ons ouerkorps het die beheerliggaam dit goedgekeur dat AKSports and Leisure amptelik ʼn mede-verskaffer van ons skooldrag word. Dit saluiteraard vir hulle tyd neem om al die skoolklere in voorraad te hê, maar hulleonderneem om heel eerste aandag te gee aan ons skoolhempkrisis. Ons glo envertrou dat hulle gou goeie kwaliteit- skoolhemde in voorraad sal hê.

    Indien u kind dringend ʼn hemp benodig, is u welkom om me. Ina v Jaarsveld teskakel. Ons het nog enkele hemde in voorraad. Behoeftige leerders is ook welkomom na Me v Jaarsveld toe te gaan om ander klere items soos truie te kry.

    TEN SLOTTE

    Tesame met die winter wat al nader kom, kruip die Junie-eksamen stadig maarseker nader. Mag elke Ferdie die geleentheid om goed voor te berei, ten volleaangryp. Sterkte met die eksamen! Onthou dat die wortels van harde werk galbitteris, maar die vrugte daarvan is suikersoet!

    Vriendelike Ferdiegroete

     ____________________

    A.J. LABUSCHAGNEHOOF

  • 8/16/2019 Ferdinand Postma Kommunikasiebrief 3/2016

    3/3