Ferdinand Postma Kommunikasiebrief 1/2016

4
8/20/2019 Ferdinand Postma Kommunikasiebrief 1/2016 http://slidepdf.com/reader/full/ferdinand-postma-kommunikasiebrief-12016 1/4 1 KOMMUNIKASIEBRIEF 1/2016 21 Januarie 2016 Geagte Ouer(s)/Voog(de) Na ʼn welverdiende ruskans die afgelope vakansie, sien die totale Ferdiekorps uit na ʼn volgepakte kwartaal waar ons elke geleentheid ten beste wil benut om elke Ferdieleerder se potensiaal te ontsluit, te ontgin en te ontwikkel. Mag elkeen ʼn wonderlike 2016 beleef – gevul met energie, entoesiasme en empatie. GRAAD 12-UITSLAE 2015 Ferdies is besonder dankbaar en geseënd! Die matrikulante van 2015 is die 16de agtereenvolgende Ferdiegroep wat daarin geslaag het om ʼn 100%-slaagsyfer te behaal. Ons opregte gelukwensing aan die matriekklas van 2015 en al die onderwysers vir hul volgehoue uitnemende werk. Die Noordwes Onderwysdepartement lys die topskole wat ʼn 100%-slaagsyfer behaal het op grond van die skool met die grootste aantal matrikulante. Ferdies beklee hier die tiende posisie. Ferdies behaal persentasiegewys die derde posisie in die provinsie ten opsigte van die aantal onderskeidings teenoor die aantal leerders. Wat ʼn uitsonderlike prestasie! Ons is ook besonder trots daarop dat tagtig persent van die graad 12’s matrieksertifikate met graadtoelatingstatus ontvang het. Victor Asiwe, ons DUX-leerder, is met sy aggregaat van 1684 die derde beste presteerder in Noordwes. Hy het ʼn gemiddeld van 93.5% en agt onderskeidings behaal. Victor het met hierdie praguitslae voorwaar sy naam gestand gedoen. Jacques Labuschagne het ʼn aggregaat van 1538 en 7 onderskeidings behaal en beklee die 71ste posisie op die top 100-lys en Caitlin Ross  die tagtigste posisie met haar aggregaat van 1529. Talle matrikulante het vyf, vier, drie, twee en een onderskeiding elk behaal. Daar sal waarskynlik nog onderskeidings na die hernasienproses bykom, omdat talle leerders vir verskeie vakke 79% behaal het. Op grond van die behaalde graad 12-vakgemiddeldes het Ferdies ook uitsonderlik presteer. Baie geluk aan al die graad 12-personeellede met uitstekende vakgemiddeldes en dan in die besonder die volgende personeellede: Hoogste gemiddeld in die provinsie: Me Corlia Ford (Besigheidstudies), Me Mariëtte Geldenhuys (Toerisme), Me Jolanda Rosin (Afrikaans Eerste Addisionele Taal).

Transcript of Ferdinand Postma Kommunikasiebrief 1/2016

Page 1: Ferdinand Postma Kommunikasiebrief 1/2016

8/20/2019 Ferdinand Postma Kommunikasiebrief 1/2016

http://slidepdf.com/reader/full/ferdinand-postma-kommunikasiebrief-12016 1/4

1

KOMMUNIKASIEBRIEF 1/201621 Januarie 2016

Geagte Ouer(s)/Voog(de)

Na ʼn welverdiende ruskans die afgelope vakansie, sien die totale Ferdiekorps uit na ʼnvolgepakte kwartaal waar ons elke geleentheid ten beste wil benut om elke Ferdieleerder se

potensiaal te ontsluit, te ontgin en te ontwikkel. Mag elkeen ʼn wonderlike 2016 beleef – gevulmet energie, entoesiasme en empatie.

GRAAD 12-UITSLAE 2015Ferdies is besonder dankbaar en geseënd! Die matrikulante van 2015 is die 16de

agtereenvolgende Ferdiegroep wat daarin geslaag het om ʼn 100%-slaagsyfer te behaal. Ons

opregte gelukwensing aan die matriekklas van 2015 en al die onderwysers vir hul volgehoue

uitnemende werk.

Die Noordwes Onderwysdepartement lys die topskole wat ʼn 100%-slaagsyfer behaal het op

grond van die skool met die grootste aantal matrikulante. Ferdies beklee hier die tiende posisie.

Ferdies behaal persentasiegewys die derde posisie in die provinsie ten opsigte van die aantal

onderskeidings teenoor die aantal leerders. Wat ʼn uitsonderlike prestasie! Ons is ook

besonder trots daarop dat tagtig persent van die graad 12’s matrieksertifikate met

graadtoelatingstatus ontvang het.

Victor Asiwe, ons DUX-leerder, is met sy aggregaat van 1684 die derde beste presteerder in

Noordwes. Hy het ʼn gemiddeld van 93.5% en agt onderskeidings behaal. Victor het met hierdie

praguitslae voorwaar sy naam gestand gedoen. Jacques Labuschagne het ʼn aggregaat van

1538 en 7 onderskeidings behaal en beklee die 71ste posisie op die top 100-lys en Caitlin

Ross die tagtigste posisie met haar aggregaat van 1529. Talle matrikulante het vyf, vier, drie,twee en een onderskeiding elk behaal. Daar sal waarskynlik nog onderskeidings na die

hernasienproses bykom, omdat talle leerders vir verskeie vakke 79% behaal het.

Op grond van die behaalde graad 12-vakgemiddeldes het Ferdies ook uitsonderlik presteer.

Baie geluk aan al die graad 12-personeellede met uitstekende vakgemiddeldes en dan in die

besonder die volgende personeellede:

Hoogste gemiddeld in die provinsie: Me Corlia Ford  (Besigheidstudies), Me Mariëtte

Geldenhuys (Toerisme), Me Jolanda Rosin (Afrikaans Eerste Addisionele Taal).

Page 2: Ferdinand Postma Kommunikasiebrief 1/2016

8/20/2019 Ferdinand Postma Kommunikasiebrief 1/2016

http://slidepdf.com/reader/full/ferdinand-postma-kommunikasiebrief-12016 2/4

2

Tweede hoogste gemiddeld in die provinsie: Me Hilary de Villiers (English Home Language)

en Me Marijana vd Westhuizen (Gasvryheidstudies).

Derde in die provinsie: Me Ronèl van Vuuren (Engels Eerste Addisionele Taal) en

Vierde in die provinsie: Me Ester Geldenhuis (Afrikaans Huistaal), Me Jorette Schutte 

(Wiskundige Geletterdheid) en Mnr Johan Koekemoer (Inligtingstegnologie).

AKADEMIESE MIDDAEIn ons strewe om ons leerders toe te rus om matrieksertifikate van uitnemendheid te verwerf,

is besluit om vanjaar ekstra akademiese tyd in te ruim.

Die graad 12-leerders is verplig om op die volgende dae naskool klas by te woon in die

onderstaande vakke:

Rekeningkunde: Maandae 14:00-15:00,

Fisiese Wetenskappe: Maandae 15:00-16:00,

Wiskunde: Dinsdae 14:00-15:00 (dit kan wees dat die Wiskundeklasse op alternatiewe Dinsdae

aangebied word omdat die Wiskundegroep so groot is).

Die graad 11-leerders is ook verplig om op die volgende dae na skool klas by te woon: Fisiese

Wetenskappe en Wiskunde afwisselend Maandae 14:00-15:00.

Ons dank aan die Ferdie-personeel wat soos altyd bereid is om die ekstra myl te loop en dit

boonop sonder enige ekstra besoldiging.

TOETS- EN TAAKROOSTERDie taak- en toetsrooster van die eerste kwartaal is in die leerderdagboeke gedruk sodat leerders

en ouers daarvolgens kan beplan. Onderwysers en leerders moet streng by dié rooster hou. Letasseblief daarop dat toetse vanjaar op Maandae en Donderdae geskryf word tensy anders

vermeld op bogenoemde rooster.

Geen uitstel mag aan leerders gegee word vir laat inhandiging van take of skryf van toetse nie.

Slegs die adjunkhoof mag in uitsonderlike gevalle toestemming gee. Indien ʼn leerder a.g.v. siekte

of ʼn ander geldige rede nie toets op die toegekende datum of tyd kan skryf nie, moet die

adjunkhoof waar moontlik reeds die vorige dag of vroegoggend van die betrokke dag

geskakel/gespreek word.

Take wat een dag laat is, word met -5% en take wat twee dae laat is, met -10 % gepenaliseer.Indien take later as twee dae is, word alle punte verbeur. ‘n Mediese sertifikaat dien nie  as

kwytskelding van die ingee van take nie. Leerders wat a.g.v. ‘n geldige mediese rede (mediese

sertifikate) nie ‘n taak op die geskeduleerde datum kan ingee nie, moet dit op die eerste dag terug

by die skool, wel ingee. Alle leerders moet dus al hul take doen en ingee om te kan slaag.

Page 3: Ferdinand Postma Kommunikasiebrief 1/2016

8/20/2019 Ferdinand Postma Kommunikasiebrief 1/2016

http://slidepdf.com/reader/full/ferdinand-postma-kommunikasiebrief-12016 3/4

3

AFWESIGHEDEU moet asseblief alle versoeke vir verlof tot afwesigheid (met motivering) skriftelik aan die

graadvoog rig. Leerders moet hierdie versoeke tydens aantrede/voogperiode by hul graadvoog

ingee. Indien die versoek goedgekeur word, moet die leerder uitteken en terugteken by die

skool se ontvangskantoor. Geen leerder mag die terrein verlaat sonder dat hierdie prosedure

gevolg is nie. Dit word as ʼn baie ernstige oortreding van die gedragskode beskou indien ʼn

leerder die terrein sonder die nodige toestemming verlaat.

Let asseblief daarop dat leerders nie net gehaal kan word sonder dat reëlings vooraf getref is

nie. Graadvoogde se klasse mag nie onderbreek word vir verlofsake nie en daarom sal hierdie

reëling konsekwent toegepas word.

Die skoolhoof/adjunkhoof moet die oggend van die toets/eksamen in kennis gestel word van ʼn

afwesigheid en die leerder moet ook so spoedig moontlik daarna ʼn mediese sertifikaat inhandig.

Slegs ʼn mediese sertifikaat  dien as ʼn geldige verskoning vir afwesigheid tydens ʼn

eksamen/toets. Leerders wat versuim om ʼn mediese sertifikaat in te handig, sal nul vir die

betrokke vraestel kry.

RAPPORTEDie eerste kwartaal se rapporte word op 8 April 2016 ontvang.

HANDBOEKELeerders is welkom om tablette en elektroniese handboeke in plaas van harde kopiehandboeke te gebruik. Leerders en ouers is self verantwoordelik vir die aankoop van dietablette en elektroniese formaat handboeke. Indien ʼn leerder hom/haar tydens klastyd skuldigmaak aan die gebruik van die tablet vir ander doeleindes as akademie, verbeur hy/sy die regom in die toekoms ʼn tablet en elektroniese handboeke te gebruik.

Leerders wat die tablette met elektroniese handboeke gebruik, kan die keuse uitoefen om ookskoolhandboeke te gebruik. Geen afslag kan egter van skoolfonds gegee word indien die

leerder nie van die skoolhandboeke gebruik maak nie.

OUERAANDEVanjaar se graad 8-inligtingsoueraand vind op 28 Januarie 2016 om 17:15 in Tuscany plaas.

Die eerste algemene oueraand vind op Dinsdag, 9 Febuarie 2016 plaas. Daar word uitgesien

uit na ʼn groot oueropkoms.

Opvoeders kan sonder afspraak vanaf 17:30 – 18:00 in hul verskillende klasse ontmoet word.

Vanaf 18:00 – 19:30 spreek opvoeders die ouers wat vooraf afsprake gemaak het. Leerders

kry die afspraakvorms die week vóór die oueraand by skoolontvangs en 10-minuut-afsprake

word gemaak vir die tydgleuf 18:00 tot 19:30.

Graad 12-ouers en –leerders ontmoet die hoof en adjunkhoof vir ʼn belangrike vergadering om18:00 in die saal en nié 18:30 soos in die dagboek geskeduleer nie.

SETH-leerders'n Aparte skrywe word binnekort uitgestuur met meer inligting oor vanjaar se program en tye.

 ʼn SETH-inligtingsoueraand word 26 Januarie 2016 om 18:00 in Tuscany gehou vir gekeurdegraad 8 SETH-leerders.

Page 4: Ferdinand Postma Kommunikasiebrief 1/2016

8/20/2019 Ferdinand Postma Kommunikasiebrief 1/2016

http://slidepdf.com/reader/full/ferdinand-postma-kommunikasiebrief-12016 4/4

4

ATLETIEKDie atletiekseisoen is volstoom aan die gang. Ons wil graag weer die interhoër wen en het elkeouer se ondersteuning nodig. Oefentye is in die dagboek. Sorg asseblief dat leerders by dieoefening uitkom. Geen atlete sal verskoon word nie. Help ons asseblief in die verband. Letop die volgende belangrike datums:

22 Januarie: Interhuis29 Januarie: Koster05 Februarie: Fochville12 Februarie: POSA12 Februarie: Bergsig Royal Bafokeng19 Februarie: Interhoër te Wolmaransstad20 Februarie: Dr. Kenneth Kaunda27 Februarie: NWESA

Die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe vind 17-19 April 2016 in Bloemfontein plaas.

 Atlete wat vir die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe wil kwalifiseer, is verplig om op 12Februarie aan die POSA-byeenkoms deel te neem.

Mag die 2016-atletiekseisoen se vrugte op harde werk selfs soeter wees as 2015!

Mag elkeen van ons hierdie kwartaal spreekwoordelik met lekkerkry klaarkry omdat onsdoelgerig lewe!

Vriendelike Ferdiegroete.

 _________________

A.J. LABUSCHAGNESKOOLHOOF