DRANKBEDRYF- PROTOKOL TYDENS EN DAARNAwieta.org.za/.../uploads/...Protokol_April-2020.pdf ·...

14
DRANKBEDRYF- PROTOKOL TYDENS DIE COVID-19-PERIODE EN DAARNA APRIL 2020

Transcript of DRANKBEDRYF- PROTOKOL TYDENS EN DAARNAwieta.org.za/.../uploads/...Protokol_April-2020.pdf ·...

Page 1: DRANKBEDRYF- PROTOKOL TYDENS EN DAARNAwieta.org.za/.../uploads/...Protokol_April-2020.pdf · aangekondig eff ektief vanaf 11:59 op Donderdag, 26 Maart, wat alle Suid-Afrikaners verplig

DRANKBEDRYF-

PROTOKOL TYDENS

DIE COVID-19-PERIODE

EN DAARNA

APRIL 2020

Page 2: DRANKBEDRYF- PROTOKOL TYDENS EN DAARNAwieta.org.za/.../uploads/...Protokol_April-2020.pdf · aangekondig eff ektief vanaf 11:59 op Donderdag, 26 Maart, wat alle Suid-Afrikaners verplig

2

VOORWOORD ......................................................................................................................................................... 3

INLEIDING TOT PROTOKOL EN RISIKO-ASSESSERING ....................................................................................... 4

ALGEMEEN .............................................................................................................................................................. 4

BLOOTSTELLING AAN COVID-19 BUITE DIE WERKPLEK .................................................................................... 5

VERVOER VAN WERKNEMERS ............................................................................................................................... 5

TOEGANGSPROSEDURE TOT PERSEEL ................................................................................................................ 6

PERSONEELFASILITEITE ......................................................................................................................................... 6

PRODUKSIE- EN OPERASIONELE AREAS HIGIËNEMAATREËLS ......................................................................... 7

PRODUKSIE- EN OPERASIONELE AREAS SOSIALE DISTANSIËRINGSMAATREËLS .......................................... 8

OPSOMMING .......................................................................................................................................................... 8

PBT- EN COVID-19-RISIKOVERLAGINGSRIGLYNE (ILLUSTRASIE)....................................................................... 9

BYLAAG A: RISIKO-EVALUERINGSBLAD ............................................................................................................. 10

BYLAAG B: RISIKO-ASSESSERING ....................................................................................................................... 11

BYLAAG C: INSIDENTWERKVLOEI ....................................................................................................................... 12

BYLAAG D: VRAELYS ............................................................................................................................................. 13

INHOUDSOPGAWE

Page 3: DRANKBEDRYF- PROTOKOL TYDENS EN DAARNAwieta.org.za/.../uploads/...Protokol_April-2020.pdf · aangekondig eff ektief vanaf 11:59 op Donderdag, 26 Maart, wat alle Suid-Afrikaners verplig

3

Na die uitbreking van die Koronavirus in Wuhan in 2019, is COVID-19 tot ’n wêreldwye pandemie verklaar deur die Wêreldgesondheidsorganisasie in Maart 2020. Hierdie verklaring het regerings in staat gestel om gereedheidsplanne te aktiveer en noodprosedures te onderneem om die publiek te beskerm, soos reis- en handelsbeperkings.

President Cyril Ramaphosa het inperkingsmaatreëls aangekondig eff ektief vanaf 11:59 op Donderdag, 26 Maart, wat alle Suid-Afrikaners verplig om tuis te bly, tensy hulle ’n noodsaaklike diens verrig, ’n noodsaaklike produk of diens wil bekom, ’n maatskaplike toelaag invorder, of nood-, lewens-reddende of chroniese mediese aandag benodig.

Die COVID-19-pandemie vereis van alle besighede om vinnig, verantwoordelik en met kalmte op te tree tydens hierdie periode om die kurwe van COVID-19-infeksies te help verplat.

Die gesondheid en veiligheid van werknemers in hierdie tyd is ook die besigheidseienaar se verant-woordelikheid. Die Wet op Beroepsgesondheid en -Veiligheid verplig werkgewers om ’n veilige en gesonde werksomgewing te verskaf. As sodanig moet die COVID-19-uitbraak/pandemie begryp en benader word as ’n hoë risiko en onmiddel-like maatreëls moet in werking gestel word deur

werkgewers om die risiko van kontaminasie in die werkplek te bestuur en om enige positiewe bloot-stelling wat kan lei tot baie hoë risiko en moontlike operasionele sluiting, te vermy.

Bottelering- en prosesseringspanne wat gebruik word in die produksieproses sal waarskynlik meer kwesbaar wees vir die Koronavirus- (COVID-19) uitbraak aangesien die produksiespanne naby aan mekaar werk en kan dien as bron van infeksie, asook versterking en verspreiding van infeksie buite die werksbedrywighede.

Dit moet benadruk word dat tydens hierdie onsekere periode, kwesbare werknemers moontlik bedreig kan voel deur die verlies aan werk en dit nodig mag vind om simptome ‘weg te steek’. Daarom moet werkgewers alles in hulle vermoë doen om die vertroue van hulle werknemers in te win en hulle te verseker dat hulle veiligheid en gesondheid voorrang geniet, terwyl die besigheids-bedrywighede voortgesit sal word sover as moontlik tot almal se voordeel.

Die volgende protokol word aanbeveel om hulp te verleen aan produksie, pakhuise en verspreiding met maatreëls om die risiko van verspreiding van die infeksie te voorkom en te minimaliseer, en moontlike kontaminasie in produksie, berging en verspreiding binne die alkoholbedryf te verlaag.

VINPRO-BESTUUR

VOORWOORD

WIETA-BESTUUR SALBA-BESTUUR

Page 4: DRANKBEDRYF- PROTOKOL TYDENS EN DAARNAwieta.org.za/.../uploads/...Protokol_April-2020.pdf · aangekondig eff ektief vanaf 11:59 op Donderdag, 26 Maart, wat alle Suid-Afrikaners verplig

4

Koronavirussiekte 2019 (COVID-19) is ’n respiratoriese siekte wat veroorsaak word deur die SARS-CoV-2-virus. Om die impak van COVID-19-uitbraaktoestande op alle werknemers en ander blootgestelde besoekers te verminder, moet alle werkgewers nou beplan vir COVID-19. Hierdie beplanning kan die volgende behels: opdatering van risiko-assesserings en prosedures om die spesifieke blootstellingsrisiko’s, bronne van blootstelling, roetes van oordrag ens. aan te spreek.

Die maatreëls hieronder behoort die risiko van kontaminasie te verlaag. ’n Risiko-assessering is uitgevoer oor die gevare en ’n rou risiko is daarvolgens bereken.

Sien ’n voorbeeld van ’n risiko-assessering (bylaag B) en risiko-evalueringsblad (bylaag A) wat gebruik is om die rou risiko te bereken aan die einde van hierdie dokument.

INLEIDING TOT PROTOKOL EN RISIKO-ASSESSERING

• ’n Risiko-assessering moet uitgevoer word in die werkplek om die risiko van blootstelling aan COVID-19 te bepaal, en dit moet gekommunikeer word aan alle werkers.

• Verbied toegang tot die perseel vir alle nie-noodsaaklike besoekers en kontrakteurs.• Besoekers/kontrakteurs wat wel ’n perseel moet besoek, moet ’n besoekersvraelys voltooi en dan

toegangsprosedures volg om die perseel binne te gaan.• Bestuur moet die vraelys interpreteer en optree indien toepaslik en volgens die maatskappy se

prosedure.• Dissiplinêre prosedures moet gevolg en aangeteken word in ’n geval waar ’n werknemer nie die

nuwe of opgedateerde praktyke en prosedures nakom nie.• Opleiding en bewusmaking:

o Verseker dat gereelde inligting oor COVID-19 beskikbaar is vir bestuur, toesighouers en werknemers.

o Lei werknemers gereeld op oor die simptome van COVID-19 en hou rekord van opleiding.o Stel werknemers in kennis dat indien COVID-19-infeksie begin versprei in die gemeenskap of

indien werknemers enige matige simptome begin wys, hulle lynbestuurders moet inlig en by die huis moet bly.Voorbeelde sluit in:Vertoon plakkate oor COVID-19 wat inligting oor die volgende bevat:COVID-19-simptome Persoonlike higiëne Sosiale distansiëring Hoe om hande te was Prosedures oor toegang tot perseel.

WBGV - Artikel 8 + 9(1) + 13 + 14 + 37(2)Wieta Etiese Standaard – 00.01(a); 02.01(e); 03.01(e); 03.03(b); 06.01(c)

REGSVERWYSING

ALGEMEENRisikogradering

6x6x15=540BHR

Page 5: DRANKBEDRYF- PROTOKOL TYDENS EN DAARNAwieta.org.za/.../uploads/...Protokol_April-2020.pdf · aangekondig eff ektief vanaf 11:59 op Donderdag, 26 Maart, wat alle Suid-Afrikaners verplig

5

Die wysiging van Regulasie 10(7) van die Regulasies onder Artikel 27(2) van die Wet op Rampbestuur (Wet no. 57 van 2002): Maatreëls om die verspreiding van COVID-19 in openbare vervoer te voorkom en te beveg is duidelik uiteengesit in die bepalings vir openbare vervoer-noodsaaklike dienste.Waar maatskappye voorsiening maak vir die vervoer van hul werkers, word die volgende aanbeveel:

• Taxi of enige ander voertuig wat werknemers vervoer moet ontsmet word, voor en na• elke rit.• Bestuurderskompartement moet afgeskerm word van passasiers, indien moontlik.• Voertuie moet slegs gevul word tot 70% van die gelisensieërde kapasiteit.• Passasiers moet hulle hande ontsmet voor hulle aan ’n taxi vat of daarin klim.• Maskers moet gedra word deur alle persone wat gebruik maak van openbare vervoer.

• Alle werknemers, kontrakteurs en besoekers moet bewus gemaak word van die COVID-19-virus en alle voorkomende maatreëls. Hierdie COVID-19-bewusmaking moet plaasvind met persone se aankoms by die perseel. NB: Beklemtoon die belangrikheid daarvan om voorkomende maatreëls uit te oefen, insluitend sosiale distansiëring buite die werkplek.

WBGV – Artikel 8 + 9(1) + 13 + 14 + 37(2)Wieta Etiese Standaard – 00.01(b)

WBGV – Artikel 8(1) + 9(1)Wieta Etiese Standaard – 03.07(h)

BLOOTSTELLING AAN COVID-19 BUITE DIE WERKPLEK

Risikogradering6x6x40=1440

BHR

VERVOER VAN WERKNEMERSRisikogradering

6x6x40=1440 BHR

REGSVERWYSING

REGSVERWYSING

Page 6: DRANKBEDRYF- PROTOKOL TYDENS EN DAARNAwieta.org.za/.../uploads/...Protokol_April-2020.pdf · aangekondig eff ektief vanaf 11:59 op Donderdag, 26 Maart, wat alle Suid-Afrikaners verplig

6

• Personeelvereistes moet gemodelleer word om die sosiale distansiëringsvereistes te akkommodeer.• Ruspouses moet ten alle tye versprei word om opeenhoping en kontak te verminder sodat ’n

afstand van 1.5 meter tussen werknemers gehandhaaf kan word.• Sosiale distansiëringsaanwysings moet toegepas word waar moontlik.• Dit word aangeveel dat bestuur gereeld visuele inspeksies uitvoer om deurlopende nakoming te

verseker.• Gereelde sanitasie van alle kontakpunte, bv. deurhandvatsels, oppervlaktes ens. moet plaasvind.• Ontsmet hande voor en na gemeenskaplike areas soos kantiene, kleedkamers en toiletfasiliteite

betree word. Handsaniteerder sal verskaf word in alle gemeenskaplike areas.• Waterhouers met weggooibare bekers en geen herbruikbare verpakking sal verskaf word waar

moontlik.• Elke persoon moet slegs hul eie besittings hanteer.

WBGV – Artikel 8(1) + FRWieta Etiese Standaard – 03.09(a)&(b)SANS 10400

PERSONEELFASILITEITERisikogradering

6x6x15=540BHR

• Die algemeenste simptome van COVID-19 is die volgende:o Koorso Moegheido Droë hoeso Seer keel

• Sifting van werknemers moet plaasvind voordat hulle die werksplek binnegaan en volg maatskappyprotokol vir diegene met koors (37.3 °C of hoër).Wanneer ’n temperatuur bo 37.3 °C waargeneem word by die sekuriteitshek, moet die volgende gedoen word:o Die werknemer mag nie toegelaat word om die perseel binne te gaan nie. Die lynbestuurder

en veiligheidsverteenwoordiger moet in kennis gestel word.o Isoleer die persoon in die toegewyde noodhulpvertrek en neem weer temperatuur na 15

minute.o Bel tolvrye nommer: 080 0029 999o Volg instruksies uitgereik deur die plaaslike hospitaal/kliniek.

• Waar sekuriteitshekke gebruik word, moet dit gereeld ontsmet word.• Hande moet ontsmet word voor en na die gebruik van ’n skandeerder, en skandeerder moet

ontsmet word na elke gebruik, waar toepaslik.• Temperatuurskandering van elke persoon (protokol vir temperatuur bo 37.3 °C) moet plaasvind.

Gebruik kontaklose termometers soos draagbare infrarooi-termometer waar toepaslik.• Besoekers en kontrakteurs is verplig om die gepaste persoonlike beskermende toerusting (PBT)

te dra. Die minimum vereiste sal ’n gesigmasker wees.

WBGV – Artikel 8(1) + 9(1)GVP

TOEGANGSPROSEDURE TOT PERSEELRisikogradering

6x6x15=540BHR

REGSVERWYSING

REGSVERWYSING

Page 7: DRANKBEDRYF- PROTOKOL TYDENS EN DAARNAwieta.org.za/.../uploads/...Protokol_April-2020.pdf · aangekondig eff ektief vanaf 11:59 op Donderdag, 26 Maart, wat alle Suid-Afrikaners verplig

7

Higiëne- en skoonmaakmaatreëls:• Persoonlike higiëne-prosedure moet in plek wees in ooreenstemming met kosveiligheidsregulasies.• Alle werknemers moet ten alle tye die gepaste en skoon persoonlike beskermende toerusting

gebruik.• Saniteerder moet beskikbaar wees by elke werksarea of werkstasie.• Handewas en ontsmetting moet gedoen word voor ’n area binnegegaan word en gereeld daarna.• ’n Genoegsame hoeveelheid maskers moet uitgereik word aan werknemers. Geen werknemer

moet toegelaat word op die perseel sonder ’n masker aan nie.• Respiratoriese higiëne moet toegepas word, bv. nies en hoes in die elmboog, sneesdoekies moet

slegs een keer gebruik en hande daarna gewas/ontsmet word.• Oppervlaktes moet gereeld ontsmet word en na elke skof. Oppervlaktes sluit in maar is nie beperk

nie tot:o Deur- en vensterhandvatsels en -knoppeo Lig- en muurpropskakelaarso Toerustinghandvatselso Alle kontrolepunte op masjieneo Kraneo Pypverbindingso Handrelingso Toerustingskermso Paktafelso Beheerkontroles van hysmasjinerieo Gemeganiseerde hanteringstoerusting soos vurkhysers ens.

• Wanneer skoonmaakchemikalieë gekies word, moet werkgewers inligting raadpleeg oor die Omgewingsbeskermingsagentskap (EPA) se goedgekeurde ontsmettingsmiddels met aansprake teen ontluikende virale patogene. Produkte met EPA goedgekeurde ontluikende virale patogene-aansprake word beskou as effektief teen SARS-CoV-2 gebaseer op beskikbare data vir moeiliker dodende virusse. Volg die vervaardiger se gebruiksinstruksies vir alle skoonmaak- en ontsmettingsprodukte (bv. konsentrasie, aanwendingsmetode, kontaktyd, PBT).

• Verskaf bedekte en geen-kontak-vullisdromme waar moontlik.• Werknemers moet goeie huishoudingspraktyke beoefen.• Alle afval wat gegenereer word insluitend maskers, handskoene ens. moet verantwoordelik mee

weggedoen word.• Meganiese aanlegventilasie – onderhou alle lugfilters of installeer hoë-effektiwiteit-filters waar

moontlik.• Verseker voldoende ventilasie in die produksie- en operasionele areas.• Raai werkers af om mekaar se selfone, lessenaars, kantore of ander werksgereedskap en

-toerusting te gebruik, waar moontlik.• Elke persoon moet slegs hul eie toerusting en gereedskapstel hanteer.• Mobiele botteleringsoperateurs moet voldoen aan dieselfde higiënemaatreëls.

WBGV – Artikel 8(1) + KR11(2) + ORW 6 + FR9Wieta Etiese Standaard – 03.07(b); 03.07(d);03.08(e)SANS 10248-1:2008GVP

HIGIËNEMAATREËLS VIR PRODUKSIE EN OPERASIONELE AREAS

Risikogradering6x6x15=540

BHR

REGSVERWYSING

Page 8: DRANKBEDRYF- PROTOKOL TYDENS EN DAARNAwieta.org.za/.../uploads/...Protokol_April-2020.pdf · aangekondig eff ektief vanaf 11:59 op Donderdag, 26 Maart, wat alle Suid-Afrikaners verplig

8

• Alle persone moet minstens 1.5 m apart bly van mekaar in alle areas soos kantiene, kleedkamers en ander gemeenskaplike areas.

• Waar sosiale distansiëring nie moontlik is nie, moet maskers gedra word.• Slegs een werknemer per werkstasie waar moontlik.• Mobiele botteleringsoperateurs moet voldoen aan dieselfde sosiale distansiëringsprotokolle.• Beperk kontak tydens die uitruil van inkomende kwitansies/aflewerings, bv. rou materiale,

koeriers, oordragte tussen depots ens., waarna hande ontsmet moet word.• Bestuurders mag steeds die normale vasmaak/losmaak van vragte doen maar moet daarna in hul

afleweringsvoertuie bly.• Beperk die beweging van kontrakteurs, afleweraars of besoekers op die perseel.

WBGV – Artikel 8(1) + KR11(2) + ORW 6 + FR9Wieta Etiese Standaard – 03.07(b); 03.07(d);03.08(e)SANS 10248-1:2008GVP

DISTANSIËRINGSMAATREËLS VIR PRODUKSIE EN OPERASIONELE AREAS

OPSOMMING

1. Om COVID-19 te beveg is ons almal se kollektiewe verantwoordelikheid – werkgewers sowel as werknemers.

2. Werknemers moet nie vir werk aanmeld as hulle siek is nie en moet die insident ooreenkomstig eskaleer.

3. Werknemers MOET die tersaaklike COVID-19-beleide en -prosedures nakom.

4. Alle werknemers moet die verskafte gesigmaskers dra, soos vereis.

5. Liggaamstemperatuur moet gekontroleer word met ingang tot perseel.

6. Werksoppervlaktes moet ontsmet word voor en na daar in ’n betrokke area gewerk word.

7. Beoefen sosiale distansiëring, d.w.s. mintens 1.5 m apart of dra gesigmaskers waar ’n afstand van 1.5 m nie moontlik is nie.

8. Beoefen respiratoriese higiëne, d.w.s. nies in gebuigde arm of gebruik sneesdoekie wat dadelik weggegooi moet word.

9. Was gereeld hande of gebruik handsaniteerder.

10. Kommunikeer COVID-19 voorkomende maatreëls vir die bewusmaking van alle werknemers, insluitend “hoe om ’n masker aan te sit”, “hoe om hande te was” ens.

Risikogradering6x6x15=540

BHR

REGSVERWYSING

Page 9: DRANKBEDRYF- PROTOKOL TYDENS EN DAARNAwieta.org.za/.../uploads/...Protokol_April-2020.pdf · aangekondig eff ektief vanaf 11:59 op Donderdag, 26 Maart, wat alle Suid-Afrikaners verplig

9

PBT- & COVID-19-RISIKOVERLAGINGSRIGLYNE

MOENIE WERK TOE KOM AS JY SIEK IS NIE: Meld aan by jou gesondheidsorg-verskaffer en verwys na die COVID-19-insidenteskalasie protokol.

GEBRUIK HARDE HOEDE: In areas waar kontruksie aan die gang is of wanneer instruksie gegee word om dit te dra.

GEBRUIK VEILIGHEIDSBRILLE: Beskerm jou oë – gebruik waar toepaslik of soos werksopdrag vereis.

MAAK SELF SKOON: Vee alle oppervlaktes skoon met saniteermiddel aan die begin en einde van skof.

WAS HANDE GEREELD:Was hande gereeld met seep en water vir 20 sekondes.

HANDSKOENE:• Gebruik veiligheidshandskoene

soos toepaslik.• Chirurgiese handskoene word

nie aanbeveel om COVID-19 te beveg nie en sal nie verskaf word volgens NIOS en WHO-riglyne nie.

GEBRUIK VEILIGHEIDSKOENE:Beskerm jou voete teen glas of swaar toerusting.

TEMPERATUURTOETSING MET INGANG:Met ingang tot perseel toets vir liggaamstemperatuur bo 37.3 grade Celsius.

GESIGMASKER:Gebruik materiaalmaskers wat verskaf word om verspreiding van virusdruppels te verminder.

GEBRUIK WEERKAATSENDE KLERE:Verbeter sigbaarheid en beskerm jou liggaam.

BEOEFEN RESPIRATORIESE HIGIËNE:Hoes of nies in jou gebuigde elmboog of gebruik ’n sneesdoekie.

GEBRUIK HANDSANITEERDER:Gebruik individuele handsaniteerder indien handewas-fasiliteite nie beskikbaar is nie.

DRA SKOON KLERE:Klere moet skoon wees ten alle tye.

BEOEFEN SOSIALE DISTANSIËRING:Bly meer as 1.5 m weg van die persoon langs jou of dra ’n gesigmasker indien dit nie moontlik is nie.

1.5

m

Page 10: DRANKBEDRYF- PROTOKOL TYDENS EN DAARNAwieta.org.za/.../uploads/...Protokol_April-2020.pdf · aangekondig eff ektief vanaf 11:59 op Donderdag, 26 Maart, wat alle Suid-Afrikaners verplig

10

Risiko-evalueringsblad

NOTA: OORSAKE WAT OORWEEG MOET WORD – BESERINGS, VERLIESE OF BESOEDELING

WAARSKYNLIKHEID(DIE WAARSKYNLIKHEID VAN ’N VOORVAL WANNEER DIE GEBEURTENIS WEL PLAASVIND)

WAARDE

Kan net sowel verwag word (gebeur dikwels)Baie moontlikOngewoon, maar taamlik moontlikSlegs vaagweg moontlik (het al gebeur)Denkbaar, maar baie onwaarskynlik (het nog nie gebeur nie)Amper ontmoontlik (een in ’n miljoen)So te sê onmoontlik (grens aan die onmoontlike)

10631

0.50.20.1

BLOOTSTELLING(DIE GEREELDHEID WAARTEEN DIE GEBEURTENIS PLAASVIND)

DeurlopendGereeld (daagliks)Soms (weekliks)Ongewoon (maandeliks)Raar (’n paar per jaar)Baie raar (jaarliks)Geen blootstelling

106221

0.50.1

GEVOLGE

Katastrofies (vele noodlottighede, of skade bo – R 10 000 000,00)Ramp (enkele noodlottighede, of skade bo – R 1 000 000,00)Baie ernstig (een noodlottigheid, of skade bo – R 100 000,00)Ernstig (ernstige beserings, permanente ongeskiktheid, of skade bo – R 10 000,00)Belangrik (tydelike ongeskiktheid, of skade bo – R 1 000,00)Waarneembaar (geringe noodhulp, of skade bo – R 100,00)Weglaatbaar ---------)

1004015731

0.4

RISIKO- TELLING RISIKOKLASSIFIKASIE TYDSKAAL

BO 400 BAIE HOË RISIKO: OORWEEG OM BEDRYWIGHEDE TE STAAK NVT

200 – 400 HOË RISIKO: ONMIDDELLIKE REGSTELLING WORD VEREIS 0-3 MAANDE

70 – 200 BEDUIDENDE RISIKO: REGSTELLING WORD BENODIG 3-6 MAANDE

20 – 70 MOONTLIKE RISIKO: AANDAG AANGEDUI 6-12 MAANDE

ONDER 20 AANVAARBARE RISIKO NVT

RISIKOTELLING = (WAARSKYNLIKHEID X BLOOTSTELLING X GEVOLGE)

BYLAAG A: VOORBEELD VAN ’N RISIKO-EVALUERINGSBLAD

Page 11: DRANKBEDRYF- PROTOKOL TYDENS EN DAARNAwieta.org.za/.../uploads/...Protokol_April-2020.pdf · aangekondig eff ektief vanaf 11:59 op Donderdag, 26 Maart, wat alle Suid-Afrikaners verplig

11

BYLA

AG

B: V

OO

RBEE

LD V

AN

’N R

ISIK

O-A

SSES

SERI

NG

Gev

aari

dent

ifika

sie-

en

risi

ko-a

sses

seri

ngsv

orm

Blad

sy 1

van

1

Verw

ysin

g01

Her

sien

ing

0Sp

an b

etro

kke:

Dat

um:

20/0

4/20

20

Wer

kare

aBo

ttel

erin

g en

pro

sess

erin

g: k

elde

rsA

lgeh

ele

wer

ksom

vang

Proc

esse

ring

en

bott

eler

ing

van

wyn

Wer

ks-

akti

wit

eite

Gev

are

geïd

enti

fise

erEff

ek v

an

geva

arW

aars

kynl

ikhe

idBl

oot-

stel

ling

Gev

olg

Risi

ko-

telli

ngA

sses

seri

ng v

an o

orbl

ywen

de r

isik

o’s

Behe

er-

maa

treë

lsW

aars

kynl

ikhe

idBl

oot-

stel

ling

Gev

olg

Risi

ko-

telli

ng

Pers

oon

ver-

antw

oord

elik

vi

r ak

sie

Volt

ooiin

gs-

datu

m

Pros

esse

ring

en

bo

ttel

erin

g va

n w

yn

Pato

gene

Noo

dlot

tighe

id,

infe

ksie

siek

tes,

ui

tbre

king

deu

r ge

ïnfe

ktee

rde

pers

onee

l te

enw

oord

ig

in w

erkp

lek,

ge

ïnfe

ktee

rde

beso

eker

s of

be

sigh

eids

-ve

nnot

e.

66

40

1440

BHR

- Hig

iëne

- en

huis

houd

ings

pros

edur

es- G

esig

-m

aske

rs

36

15

270

HR

- Sos

iale

dis

tans

iëri

ngsp

rose

dure

- Apa

rtes

kofs

tels

el, m

et v

ersp

reid

e ru

spou

ses

- PBT

-pro

sedu

re

[Bai

e m

oont

lik]

[Daa

glik

s][P

aar

nood

lot-

tighe

de]

- Sek

urite

itspr

osed

ure

insl

uite

nd n

oods

iftin

gsitu

asie

[Ong

ewoo

n m

aar

heel

m

oont

lik]

[Daa

glik

s][B

aie

erns

tig, e

en

nood

lott

ighe

id]

- Noo

dpro

sedu

re

- Bes

ighe

idsg

ebeu

rtel

ikhe

idsp

lan:

pro

duks

ie

PERS

OO

NLI

KE B

ESKE

RMEN

DE

TOER

UST

ING

EN

KLE

RE

Mas

kers

Naa

m v

eilig

heid

sver

teen

woo

rdig

er:

Han

dtek

enin

g ve

iligh

eids

vert

eenw

oord

iger

:

N

aam

Hoo

f van

Dep

arte

men

t:

Han

dtek

enin

g H

oof v

an D

epar

tem

ent:

Page 12: DRANKBEDRYF- PROTOKOL TYDENS EN DAARNAwieta.org.za/.../uploads/...Protokol_April-2020.pdf · aangekondig eff ektief vanaf 11:59 op Donderdag, 26 Maart, wat alle Suid-Afrikaners verplig

12

BYLAAG C: INSIDENTWERKVLOEI

COVID-19-INSIDENTWERKVLOEI(TUIS OF BY DIE WERKPLEK)

Het jy ’n seer keel, koors (37.3’C of hoër), droë hoes of is

kortasem?

Het jy of jou onmiddellike familie oorsee gereis na ’n

risiko-area?

Was jy in kontak met ’n bevestigde of potensiële

COVID-19-geval?

Indien jy JA geantwoord het op enige van die bogenoemde, bly asseblief by die huis, kontak jou lynbestuurder en bel die hulplyn @ 0800 029 999. Selfkwarantyn & word getoets.

Keer slegs terug na werk wanneer jy die selfkwarantyn-periode voltooi het en nie meer enige COVID-19-simptome wys nie. Dit moet bevestig word deur jou werkgewer.

Indien jy by die werk is, selfisoleer, kontak jou lynbestuurder of enige ander

gemagtigde persoon.

Sodra by die huis, bly tuis. Selfisoleer, rus, drink vloeistowwe, vermy skares, openbare plekke en openbare vervoer. Hou menslike

hulpbronne en jou lynbestuurder gereeld op hoogte. Volg die NIOS (Nasionale Instituut

vir Oordraagbare Siektes)-instruksies.

Indien jy positief toets vir COVID-19, stel asseblief jou lynbestuurder en menslike hulpbronne onmiddellik in kennis. Bly

steeds by die huis.

MOET NIE TERUGGAAN WERK TOE NIE.

Kontak menslike hulpbronne om jou verlof te bespreek.

Lynbestuurders moet die kontaminasie-reikwydte van die insident assesseer en

diegene wat geraak is huis toe stuur om te selfkwarantyn vir 14 dae. Waar simptome

begin wys, moet diegene wat blootgestel is getoets word.

Page 13: DRANKBEDRYF- PROTOKOL TYDENS EN DAARNAwieta.org.za/.../uploads/...Protokol_April-2020.pdf · aangekondig eff ektief vanaf 11:59 op Donderdag, 26 Maart, wat alle Suid-Afrikaners verplig

13

BYLAAG D: VRAELYS

Die veiligheid van ons werknemers, verskaffersvennote, kliënte, families en besoekers bly XXX se oorheersende prioriteit. Namate die Koronavirussiekte 2019 (COVID-19)-uitbraak voortgaan om wêreldwyd te ontwikkel en versprei, monitor XXX die situasie noukeurig en sal van tyd tot tyd maatskappyriglyne opdateer gebaseer op huidige aanbevelings van die Nasionale Sentrum vir Oordraagbare Siektes en die Wêreldgesondheidsorganisasie. Slegs besigheidskritieke besoekers word toegelaat by enige XXX-fasiliteit in hierdie tyd.

Om die verspreiding van COVID-19 te voorkom en die potensiële risiko vir blootstelling aan ons werksmag en besoekers te verminder, voer ons ’n eenvoudige siftingsvraelys uit. Jou deelname is belangrik om ons te help om voorkomende maatreëls toe te pas om jou en almal in hierdie gebou te beskerm. Dankie vir jou tyd.

Naam van besoeker: Persoonlike telefoonnommer (sel/huis)

Besoeker se maatskappy/organisasie: Naam van gasheer:

Naam van fasiliteit:

Self-verklaring deur besoeker

1Het jy binne die afgelope 14 dae teruggekeer van enige van die lande gelys op hierdie lys: Coronavirus FAQs ?

JA NEE

2Het jy enige nabye kontak gehad of iemand versorg wat gediagnoseer is met COVID-19 in die afgelope 14 dae?

JA NEE

3Het jy enige nabye kontak gehad met iemand wat in die afgelope 14 dae gereis het na een van die lande gelys in vraag 1?

JA NEE

4Het jy enige verkoue- of griepsimptome ervaar in die afgelope 14 dae (insluitend koors, hoes, seer keel, respiratoriese siekte, moeilik asemhaal)?

JA NEE

Indien die antwoord “ja” is op enige van bogenoemde vrae, sal toegang tot die fasiliteit geweier word.

Handtekening (besoeker): Datum:

Toegang tot fasiliteit (omkring een): Goedgekeur Geweier

Page 14: DRANKBEDRYF- PROTOKOL TYDENS EN DAARNAwieta.org.za/.../uploads/...Protokol_April-2020.pdf · aangekondig eff ektief vanaf 11:59 op Donderdag, 26 Maart, wat alle Suid-Afrikaners verplig

14

Eenheid 5, Time Square, 8 Electron Straat, Technopark, Stellenbosch, 7600

www.wieta.org.za

T: +27 (0)21 880 0580 F: +27 (0)21 880 0576 WhatsApp: 063 766 6548

Picardi Plaas, Cecilia Straat, Suider-Paarl, 7646

www.vinpro.co.za

T: +27 (0)21 276 0429 E-pos: [email protected]

154 Dorp Straat, Stellenbosch, 7599

www.salba.co.za

T: +27 (0)21 887 0117 F: +27 (0)21 883 8545