MALAN VONKmalanbond.co.za/data/_uploaded/file/nuusbriewe/MalanVonk...Huldeblyk (vervolg) Namens die...

6
MALAN VONK Amptelike E-Nuusbrief Official E-Newsletter Malan-Familiebond van SA Malan Family Association of SA Die Palms 1, Kusweg 44, STRAND, 7140, RSA (S): 081 779 2179; (T): 021 853 5319; (F) 086 725 3059; (e-pos): [email protected] 22ste UITGAWE SEPTEMBER 2019 22 st EDITION SEPTEMBER 2019 Inhoud/Contents: 1. Uit die pen van die redakteur. 2. Huldeblyk aan Hercules Morkel Malan. 3. Tribute to “Oom” Japie Malan. 4. 23 ste Malan-Saamtrek om die 30ste bestaansjaar van die Malan-Familiebond te vier. 5. Koerantberigte. 6. Ledegeld. 7. The Malans of South Africa. 1.UIT DIE PEN VAN DIE REDAKTEUR Dit is 8 Mei 2019. Dit is stemdag in die RSA. ‘n Baie belangrike dag in die lewe van alle Suid-Afrikaanse stemgeregtigde burgers. Ons kruisie sou bepaal wie die land gaan regeer. Na ek my kruisie agter die party van my keuse gemaak het, bevind ek my voor die rekenaar om die Malan Vonk gereed te kry vir verspreiding. Hercules Malan, outeur van The Malans of SA, besluit dat dit die geskikte dag is om die Engelse vertaling van Die Malans van SA te begin proeflees. Ek ondervind probleme met die uitleg en Hercules met die ontvangs daavan. 9nm daardie Woensdagaand bel hy my om te sê deur kopiëring en plak kon hy die nodige regstellings maak. Die uitleg het totaal verander. As eerbetoon aan Hercules Malan gebruik ons sy uitleg vir hierdie uitgawe. Baie dankie my ou maat vir jou onbaatsugtige diens aan die Malans van SA en wêreldwyd. Uit die pen (vervolg): 2019 die 30ste herdenkingsjaar, van die Malan- Familienond sal onthou word vir die jaar waarin hy twee van sy geliefde lede en leiers op hul onderskeie vakgebiede moes groet. Daarom het die redaksie dit goed gevind om hulde te bring aan Dr Hercules en Oom Japie Malan in hierdie uitgawe.. 2. HULDEBLYK AAN Hercules Morkel Malan a1 b3 c3 d3 e2 f2 g12 h2 i1 M.B,Ch.B., M.Prax.Med. *13.8.1952 - † 24.5.2019 Dr Hercules Morkel Malan bekende kankerspesialis van Polokwane en Malan familienavorser en skrywer. 1

Transcript of MALAN VONKmalanbond.co.za/data/_uploaded/file/nuusbriewe/MalanVonk...Huldeblyk (vervolg) Namens die...

Page 1: MALAN VONKmalanbond.co.za/data/_uploaded/file/nuusbriewe/MalanVonk...Huldeblyk (vervolg) Namens die Malan-Familiebond, Vonkpos lede, Malans van Suid-Afrika en diegene wat Hercules

MALAN VONK Amptelike E-Nuusbrief Official E-Newsletter

Malan-Familiebond van SA Malan Family Association of SA

Die Palms 1, Kusweg 44, STRAND, 7140, RSA (S): 081 779 2179; (T): 021 853 5319; (F) 086 725 3059; (e-pos): [email protected]

22ste UITGAWE SEPTEMBER 2019 22st EDITION SEPTEMBER 2019

Inhoud/Contents: 1. Uit die pen van die redakteur. 2. Huldeblyk aan Hercules Morkel Malan. 3. Tribute to “Oom” Japie Malan. 4. 23 ste Malan-Saamtrek om die 30ste bestaansjaar van die Malan-Familiebond te vier. 5. Koerantberigte. 6. Ledegeld. 7. The Malans of South Africa.

1.UIT DIE PEN VAN DIE REDAKTEUR

Dit is 8 Mei 2019. Dit is stemdag in die RSA. ‘n Baie belangrike dag in die lewe van alle Suid-Afrikaanse stemgeregtigde burgers. Ons kruisie sou bepaal wie die land gaan regeer. Na ek my kruisie agter die party van my keuse gemaak het, bevind ek my voor die rekenaar om die Malan Vonk gereed te kry vir verspreiding. Hercules Malan, outeur van The Malans of SA, besluit dat dit die geskikte dag is om die Engelse vertaling van Die Malans van SA te begin proeflees.Ek ondervind probleme met die uitleg en Hercules met die ontvangs daavan. 9nm daardie Woensdagaand bel hy my om te sê deur kopiëring en plak kon hy die nodige regstellings maak. Die uitleg het totaal verander. As eerbetoon aan Hercules Malan gebruik ons sy uitleg vir hierdie uitgawe. Baie dankie my ou maat vir jou onbaatsugtige diens aan die Malans van SA en wêreldwyd.

Uit die pen (vervolg): 2019 die 30ste herdenkingsjaar, van die Malan-Familienond sal onthou word vir die jaar waarin hy twee van sy geliefde lede en leiers op hul onderskeie vakgebiede moesgroet. Daarom het die redaksie dit goed gevind om hulde te bring aan Dr Hercules en Oom Japie Malan in hierdie uitgawe..

2. HULDEBLYK AAN

Hercules Morkel Malan a1 b3 c3 d3 e2 f2 g12 h2 i1 M.B,Ch.B., M.Prax.Med. *13.8.1952 - † 24.5.2019

Dr Hercules Morkel Malan bekende kankerspesialis van Polokwane en Malan familienavorser en skrywer.

1

Page 2: MALAN VONKmalanbond.co.za/data/_uploaded/file/nuusbriewe/MalanVonk...Huldeblyk (vervolg) Namens die Malan-Familiebond, Vonkpos lede, Malans van Suid-Afrika en diegene wat Hercules

Huldeblyk (vervolg)

Namens die Malan-Familiebond, Vonkpos lede, Malans van Suid-Afrika en diegene wat Hercules Malan se lewenspad gekruishet, dra ons hiermee ons innige meegevoel en simpatie oor aan Roeline, al die kinders en kleinkinders met die skielike heengaan van ‘n geliefde eggenoot, Pa, Oupa en vriend. Hy was ‘n persoon om op trots te wees, en laat ‘n wonderlike nalatenskap Die Malans van Suid-Afrika na, asook al die wonderlike herinneringe van saamkuier, vakansiehou,saamwerk en al die saamtrekke en nog vele meer herinneringe.

Die trotse Hercules en Roeline Malan met alhul kinders en kleinkinders op een van hul vele familie uitstappies. Van l na r: Willem en Hannelie Kroon, Herman Malan, Roeline en Hercules Malan, Elmarie en Marius Lombard, Lizelle en Paul Malan met 6 van die 7 kleinseuns. Hulle is Herkie, Sebastian,Alexander, Righardt, Malan, Daniel en Felix.

Sedert 1985 stel Hercules reeds belang ingenealogie en familiegeskiedenis. Daar het verskeie ander publikasies uit sy pen verskyn waarvan die Die Malans van Suid-Afrika (1988, 1998 en 2018) die belangrikste is. ‘n Monumentale werk van vier volumes, van 1700 bladsye plus, wat die Malan-geskiedenis oor 750 jaar saamvat en die genealogie van 13 000 Suid-Afrikaanse Malans weergee. Die Engelse weergawe (2019) The Malans ofSouth Africa is gereed vir publikasie. Hiermee het Hercules sy genealogiese lewenstaak suksesvol voltooi. Die Malans van Suid-Afrika en dié in ander wêrelddelesê baie, baie dankie dat jy die Malans van

Suid-Afrika se genealogie en familiegeskiedenis sodoende verewig het. Ons sal jou onthou as ‘n intelligente, doelgerigte persoon met onuitputlike werksywer, ‘n omgee vader vir sy gesin en‘n groot vriend, wat hierdie monumentale taak suksesvol aangepak en 30 jaar se navorsing op so ‘n besondere en uitstaande wyse saamgevat en voltooi het. Dankie ook aan jou mede-outeurs die twee Danie’s vir jul onderskeie bydraes.

Hiermee het Hercules dan ook wyle Dr D F Malan se droom van ‘n Malan-Familebond en dat die Malan-Familiegeskiedenis geboekstaaf word verwesenlik met die publikasie van Die Malans van Suid-Afrika in beide Afrikaans en Engels. Hercules was ook een van die 37 stigterslede van die Malan-Familiebond wat op 15 Desember 1989 te Krugersdorp gestig is.Ons het almal daarna uitgesien om 30ste bestaansjaar van die Malan-Familiebond op 5 Oktober 2019 saam te vier, nou sal ons dit sonder jou moet doen. Met Hercules se heengaanlaat hy ‘n onuitwisbare gaping wat nie maklik gevul sal kan word nie. Ons gaan jou mis ou maat…

Dennis Malan, Gids en Hercules Malan se besoek aan Mapungubwe, Nasionale Erfenisgebied in September 2018. Die gids is moontlik ‘n afstammeling van die Zimbabwiese stam wat aldaar gewoon het.

Die redaksie het dit goed gevind om ook sy lewenstaak as dokter en kankerspesialis te eer deur die volgende berig wat in die plaaslike koerant te Polokwane verskyn het, te plaas.

2

Page 3: MALAN VONKmalanbond.co.za/data/_uploaded/file/nuusbriewe/MalanVonk...Huldeblyk (vervolg) Namens die Malan-Familiebond, Vonkpos lede, Malans van Suid-Afrika en diegene wat Hercules

Liewe Hercules: “As ‘n siel wat lag en lewe staan jy net ‘n stappie verder in die paadjie met jou hande uitgesteek oor die ruimtes wat ons skei.”( Bron onbekend ) Ons eer jou nagedagtenis! Dennis Malan Voorsitter Malan-Familiebond.

3. TRIBUTE TO ”OOM” JAPIE MALAN

Die huldebyk vir Oom Japie is in Engels omdat van sy nageslag verengels het en van hulle in Kanada en Nieu-Seeland woon.

On Behalf of the Malan Family Association of SA we hereby convey our deepest sympathywith the passing on of Jacob Daniel Malan (a1b6c4d12e11f5g4) better known as Oom Japie. He grew up at Darling where his father was a minister of religion in the Dutch Reformed Church.

Monday 15 July 2019 was indeed a very special day for the Malan family and friends. They celebrated Oom Japie’s 100th anniversary, although he was called up for higher service 2 months earlier on 17 May 2019. His children and family came from Canada, New Zealand, England and South Africa.. The celebrations took place at Silver Mine Retirement Village where he and his latewife Alice Ida Rouillard stayed.

Oom Japie was lecturer, a well known organistand choirmaster at the Groote Kerk in Adderley Street, Town Cape for well over 40 years. He played at the inauguration of state presidents and state funerals. In 1950, when the death of Bach two hundred years ago was commemorated, he gave fortnightly broadcast recitals of practically all Bach’s organ works.

Oom Japie Malan in front of the impressive Feather Market Organ, Port Elizabeth, 2002.

3

Page 4: MALAN VONKmalanbond.co.za/data/_uploaded/file/nuusbriewe/MalanVonk...Huldeblyk (vervolg) Namens die Malan-Familiebond, Vonkpos lede, Malans van Suid-Afrika en diegene wat Hercules

After he retired in 1989 he still gave recitals. One such outstanding performance was for thewell known Feather Market Organ Society of Port Elizabeth in 2002. In his view the organ was and is still the King of all instruments.

Apart from regular Friday lunch hour concerts,totalling over a thousand, he also gave recitals in London, New Zealand and Canada. He alsoplayed the organs in Passau, St Paul’s Cathedral, Wannamaker Store in Philadelphia (one of the largest organs in the world), Mormon Tabernacle, Cathedrals in New York,Washington DC and many other instruments inEngland, Holland, Spain, Germany and Austria.

Apart from playing the organ and piano he looked after his health and attended the gym regularly and cycled in the Argus and other competitions. At the high age of 93 he was in aserious accident. This meant the end of his cycling career, which started when he was stilla youngster from Darling, where he grew up.

He was a staunch supporter of the Malan Family Association of SA. He was always available for a photograph or two with the youngest attendee at Malan gatherings. (See photograph below.)

From L to R: “Oom” Japie Malan (99) withFrancois Retief children, Anya (4) and Franco (10).

On 14 April 2018, at the high age of 99 years he attended the 330th remembrance of the arrival of the Hugenots at the Cape at the DRCHall, Franschhoek for the last time.

He was also awarded a glass wine decanter with Malan engraved wine glasses to thank him for his contributions to the Malan FamillyAssociation over a period of 30 years since its inauguration.

“Oom” Japie Malan receiving Malan engraved wine glasses and decanter from Dennis Malan Chairperson of the Malan Family Association ofSouth Africa.

Oom Japie married Alice Ida Rouillard in CapeTown on 15 May 1943. She was the daughter of Edmond and Ida Rouillard. They had one daughter, Jacquilin Ida and three sons,David Johannes Edmond (N Z), Mairice Daniel (Canada) en Pierre Eduard (RSA).

Thank you Oom Japie for your friendship and kind humaneness. Keep on playing the organ in heaven. Rest in peace. You have completed your worldly race. We applaud you!

Tribute by Dennis Malan, Chairperson, Malan Family Association of SA. 15 July 2019.

4. 23ste MALAN-SAAMTREK om die 30ste bestaansjaar van die Malan-Familiebond te vier.

Hiermee word lede, e-poslede en alle Malans en verwante familie genooi om saam hierdie besondere 30ste verjaardag te kom vier. Daar is min Familiebonde wat die voorreg het om vir so’n lang periode aktief te wees. Wend asseblief ‘n poging aan om daar te wees.

4

Page 5: MALAN VONKmalanbond.co.za/data/_uploaded/file/nuusbriewe/MalanVonk...Huldeblyk (vervolg) Namens die Malan-Familiebond, Vonkpos lede, Malans van Suid-Afrika en diegene wat Hercules

Program vir 5 Oktober 2019:

09:15 vir 09:30 Besoek Welbedacht, te Wellington, plaas van Schalk Burger. Voorheen in besit van Malans vir bykans 200 jaar. Groenberg skool is ook hier geleë.

10:15 Vertrek vanaf Welbedacht.

10:30 Besoek Groenvlei plaas van Petru Malan vir tee/koffie. Hy vertel ons meer omtrent die geskiedenis van die plaas.

11:30 Vertrek na Wellington Museum.

11:45 Registrasie.

12:00 Verwelkoming deur Dennis Malan, Voorsitter (Strand)

12:05 Opening met skriflesing en gebed, minuut stilte vir Hercules en Oom Japie.

12:15 Familiebonde deur Dr Andrew Kok (Durbanville)

12;55 Middagete te Perfect Place Restaurant met Malan-wyne.

14:30 Die Malan DNA deur Evan Franklin (Wellington)

15:00 Isabeau le Long, stammoeder van die Jordaans, Malans en Kriels deur Dennis Malan (Strand)

15:30 Tee en koffie. Sny van die verjaardagkoek.

16;00 Huldeblyke aan Oom Japie.Malan deur Dennis Malan (Strand) en aan Dr Hercules Malan deur Edie Malan (Wellington)

16:20 Bekendstelling van “The Malans of SA.” Paul Malan of Dennis Malan.

16 :30 Bedankings deur Edie Malan (Wellington) Wes-Kaap.

Bestuur vergader. Gaste vertrek huis-toe.

Koste: Volwassenes R160.00 en kinders R120.00. Betaal asseblief aan die Malan-Familiebond by ABSA (Besigheids-spaarrekening) 916 844 8977, takkode 632-005 voor 1 Oktober 2019.

Direkte bankinbetaling verwittig my per SMS en per internet-betaling , e-pos bewys na [email protected]. In albei gevalle stuur asseblief ‘n SMS na 081 779 2179. Jou verwysing is jou en jou gade se name, van en selfoonnommer. Indien julle met my in verbinding wil tree, skakel my gerus op my selfoon by 081 779 2179.

Pad na Welbedacht: Vanaf NG Moederkerk, Wellington neem Kerkstraat, dan links in Jan van Riebeeckstr. Draai nou regs in Pentzstraat (CPUT aan regterkant en later Pentz swembad linkerkant) tot by sirkel – neem eerste uitgang links (Addy str) in noordelike rigting.Volg Bo-Hermonpad vir 2km en kruis die Oakdeenpad. Ry steeds reguit aan vir 6km tot by Schalk Burger en Seuns uithangbord en draai regs. Welbedacht lê 2 km aan net links van die pad. Ry om opstal en parkeer net buite ringmuur. Volg paadjie vir 50m tot by die restaurant en proelokaal waar Schalk en Myra Burger jul sal inwag.

5. KOERANTBERIGTE EN ANDER STORIES.

5.1 Morgenster se olyfolie vereer. (Die Burger, Versnit 14 Augustus 2019)

“Morgenster se Don Carlo Extra Virgin Olive Oil is as die beste ekstra suiwer olyfolie in die Suidelike Halfrond 2019 aangewys, tydens dieOlio Nuovo Days in Parys. By hierdie Internasionale geleentheid word nuwe premie-olyfolies gepromoveer.

Federica Bertrand, mede-eienaar van Morgenster in Somerset-Wes en haar span is baie trots op die prys, aangesien don carlo ‘n nuwe Internasionale kultivar is. Dit is in 2013 vir die eerste keer in ‘n beperkte hoeveelhied ekstra suiwer olyfolie van die don carlo-olyfboorde gepars en geproduseer. Jy kan Morgenster besoek op ‘n olyfolie-proe met ‘n Italiaanse kaas -en vleisbord teen R250 vir twee. Besoek www.shop.morgenster.co.za.

Morgenster het ook goud gewen op die onlangse SA Olive-toekenningsseremonie op EX Nihilo. Altesaam het 81 plaaslik geproduseerde ekstra suiwer olyfolies (EVOO)

5

Page 6: MALAN VONKmalanbond.co.za/data/_uploaded/file/nuusbriewe/MalanVonk...Huldeblyk (vervolg) Namens die Malan-Familiebond, Vonkpos lede, Malans van Suid-Afrika en diegene wat Hercules

medaljes ontvang. Uit die 93 inskrywings het 25 goud, 35 silwer en 21 brons ontvang.

So lyk die olyf-en-kaasbord met Don Carlo Extra Virgin Olive Oil en Moregenster wyn.

Die Malan-Familiebond is trots op wat die Bertrand-familie oor die jare op Morgenster, die oorspronklike famileplaas van Jacques Malan ons stamvader, verrig het. Congratulations to Frederica Bertrandand her team. Well done!

5.2 Simonsig se nuwe keldermeester. (Die Burger, Versnit 5 Junie 2019)

Na 20 jaar by Simonsig buite Stellenboschword Debbie Thompson tot keldermeestervan die landgoedwynkelder bevorder. Sy volg Johan Malan op onder wie sy gewerk het sedert sy in 1990 by Simonsig aangesluit het. Malan sal in die toekoms Simonsig se wynmaakdirekteur wees. Thompson se span bestaan uit Charl Schoeman (Cap Classique en witwyn) en Michael Malan as rooiwynmaker. Malan is die derde generasie Malan in die Simonsigkelder.

5.3 Die jongste Malan tree in kelder aan(Die Burger, Landbou 12 Julie 2019)

Simonsig wynlandgoed te Stellenbosch is‘n plaas ryk aan geskiedenis en het verlede jaar sy 50ste bestaansjaar gevier.

Daar waai egter deesdae ‘n nuwe briesie op die plaaswerf. Michael Malan (30) ‘n derdegenerasie Malan is onlangs aangestel asrooiwynmaker by Simonsig kelder. Michael Frans Malan is die kleinseun van die Simonsig-legende Frans Malan en is een van die min derde generasie -wynmakers in Stellenbosch. Frans Malan het diep spore

getrap in die Wes-Kaapse wynbedryf op sy dae. Hy was ook beskermheer van die Malan-Familiebond vir etlike jare.

Michael het baie belang gestel in ingenieurswese, maar het uiteindelik besluit om ‘n BSc-graad in wingerd en wynkunde aan die Universiteit van Stellenbosch te studeer. Gedurende sy oorbruggingsjaar tydens parstyd te Alto Adige-streek van Italië het hy tot die oortuiging gekom dat wynmaak sy passie is. Vanaf ‘n jong ouderdom was Simonsig sy speelgrond en sodoende was hy blootgestel aan die wingerde, die proelokaal en die wêreld van wynmaak.

Michael het twee pars seisoene in Coonawarraby Brands Laira, asook by d’Arenberg in McLaren Vale, Australië meegemaak. Terug inSuid-Afrika het hy sy kennis verbreed deur saam met JC en Carolyn Martin by Creation teHemel-en -Aarde-vallei te werk - een van die land se dinamiese nuwegenerasie-kelders. Hy het hom in 2017 by die Simonsig-span aangesluit. Sy eerste oesjaar rooiwyne word binnekort vrygestel. Baie geluk!

6, Ledegeld van die Malan-Familiebond

Ledegeld bedra R150 per indiwidu of gesin perjaar. Die Malan Vonk is gratis. Landpos kos R30 per jaar. Maak asseblief u betaling uit aan Malan-Familiebond, ABSA-rekeningnr.: 916 844 8977, STRAND. Taknr.: 632 005 deurdirekte of internetbetaling. U verwysing is naam, van en plek.

7. THE MALANS OF SOUTH AFRICA (English Edition-2019) by H M Malan, D G Malan and J D Malan.

The English edition consists of four volumes with 1747 pages in total. It covers the Malans history over the last 750 years in Italy, France and South Africa, as well as a genealogy of over13 000 South African Malans. This book is the result of more than 34 years research by the three dedicated researchers, mentioned above. Volumes 2 to 4 (Genealogy) have explanations about the symbols used in 6 languages.

Due to the sudden death of Dr H M Malan everything was delayed. Dr Jan Malan from Bredasdorp offered to proofread the text. At present Paul Malan the son of Hercules is finalising the book for publication during October 2019. A new order form will be sent shortly.

Vriendelke Malan-groete/ Friendly Malan greetings, Dennis Malan - Redakteur

6