Voetnotas vol 3.4

13
Nuus van uit De Oude Woning Vol.3.4 December 2014 Die wêreld van die wasvrou ’n Kort histories oorsig oor die beroep van “wasvrou”, deur Johann Claassen Die Magdalene Laundries, so vernoem na die Bybelse karakter, Maria Magdalena, 'n bekeerde prostituut, was baie berug gedurende die era van 1758 tot laat 1900 regoor Europa en Noord-Amerika. Jong ongehude moeders, prostitute, ander sogenaamde vroulike sedeloses en selfs werklose meisies is in hierdie washuise opgeneem waar hulle dan in uiters haglike toestande was- en strykwerk moes doen. Aanvanklik was dit 'n Protestantse inisiatief, maar sou spoedig deur die Rooms-Katolieke kerk nagevolg word. In Ierland was dit byvoorbeeld 'n algemene gebruik deur ouers met probleemkinders om diesulkes in hierdie washuise te laat opneem en in 'n stadium was daar op enige gegewe tydstip tot 10 000 van hierdie probleem- kinders in sodanige washuise aangehou om daar te werk sonder vergoeding! 1 www.drakensteinheemkring.co.za Lees binne Die wêreld van wasvroue deur die eeue 1 Good housekeeping 6 Traunicht grafte buite Richmond in die Karoo 7 Land tenure terms 9 Under the influence: temporary residents of the “Hotel Victoria” 10 Paarl’s old shops 12 Stay in touch: Facebook: facebook.com/heemkring Blog: wordpress.oudewoning.com Twitter: twitter.com/myheemkring Address: 214 Main St, Paarl Hours: Week days 10am - 12pm By appointment VOETNOTAS Drakenstein Heemkring | Paarl Argief | Hoofstraat 214 Foto: Wikimedia Commons

description

A Cultural Historical Publication by volunteers of the Drakenstein Heemkring in Paarl, South Africa.

Transcript of Voetnotas vol 3.4

Page 1: Voetnotas vol 3.4

Nuus van uit De Oude Woning Vol.3.4 December 2014

Die wêreld van die wasvrou

’n Kort histories oorsig oor die beroep van “wasvrou”, deur Johann Claassen

Die Magdalene  Laundries, so vernoem na die Bybelse karakter, Maria Magdalena, 'n bekeerde prostituut, was baie berug gedurende die era van 1758 tot laat 1900 regoor Europa en Noord-Amerika.

Jong ongehude moeders, prostitute, ander sogenaamde vroulike sedeloses en selfs werklose meisies is in hierdie washuise opgeneem waar hulle dan in uiters haglike toestande was- en strykwerk moes doen.

Aanvanklik was dit 'n Protestantse inisiatief, maar sou spoedig deur die Rooms-Katolieke kerk nagevolg word.

In Ierland was dit byvoorbeeld 'n algemene gebruik deur ouers met probleemkinders om diesulkes in hierdie washuise te laat opneem en in 'n stadium was daar op enige gegewe tydstip tot 10 000 van hierdie probleem-kinders in sodanige washuise aangehou om daar te werk sonder vergoeding!

�1www.drakensteinheemkring.co.za

Lees binne

Die wêreld van wasvroue deur die eeue 1

Good housekeeping 6

Traunicht grafte buite Richmond in die Karoo 7

Land tenure terms 9

Under the influence: temporary residents of the “Hotel Victoria” 10

Paarl’s old shops 12

!!!!Stay in touch:

Facebook: facebook.com/heemkring

Blog: wordpress.oudewoning.com

Twitter: twitter.com/myheemkring

Address: 214 Main St, Paarl

Hours: Week days 10am - 12pm By appointment

VOETNOTAS Drakenstein Heemkring | Paarl Argief | Hoofstraat 214

Foto: Wikimedia Commons

Page 2: Voetnotas vol 3.4

Nuus van uit De Oude Woning Vol.3.4 December 2014

Hierdie skandaal het in 2013 weer in die soeklig gekom toe die Ierse regering 'n eenmalige vergoedingsbedrag goedgekeur het om uitbetaal te word aan hierdie slagoffers van die sisteem wat 10 jaar en meer in hierdie washuise werksaam was. Uiteindelik sou 600 van hierdie vroue elk ongeveer €100 000 ontvang. Maar die beroep van 'n wasvrou strek baie vêrder terug as die 18de en 19de eeu.

Gedurende die eerste Kruistog het wasvroue die soldate vergesel na die slagveld. Spoedig het dit geblyk dat hulle vir meer as net die was van klere gebruik is deur diegene wat bereid was om te betaal vir na-uurse “dienste”! Tydens die tweede Kruistog was vrouens nie weer toegelaat nie, maar dit het weer ander probleme geskep. Die soldate het bloot nie meer hulle klere, linne en beddegoed gewas nie wat tot gevolg gehad het dat hulle met luise besmet geraak het. Met die derde Kruistog is wasvrouens weer toegelaat, maar slegs baie ou vroue wat glad nie aantreklik sou wees vir die soldate nie, is vir hierdie doel aangewend.

Dis egter nie 'n beroep wat deurgaans 'n negatiewe persepsie gelaat het nie. Die gewone huisvrou is/ was uit die aard van haar daaglikse “pligte”, ook 'n wasvrou wat die gesin se klere moes was en stryk. Dié wat dit kan bekostig neem wasvroue in om teen betaling, hierdie werk namens hulle te doen. Hierdie vroue sou dikwels uit welgestelde agtergronde kom; byvoorbeeld waar haar ryk eggenoot weens die een of ander rede sy rykdom verloor het, dalk in die gevangenis beland het of weens siekte nie meer behoorlik kon sorg vir die gesin nie en die vrou dan moes uitspring om die pot aan die kook te hou.

Catherine Cookson Dikwels lees mens ook van die suksesverhale waar 'n wasvrou bo haar omstandighede uitgestyg en heel bekend geraak het. So 'n persoon was die uiters suksesvolle Britse skrywer, Catherine Cookson.

Gebore as 'n buite-egtelike dogter van 'n alkoholis ma en 'n bigamis en dobbelaar vir 'n vader, het sy op 13-jarige ouderdom as 'n washuis-assistent in die Hastings Werkhuis (Workhouse) haar loopbaan begin. Later was sy die hoof van die betrokke

washuis. In 1940 trou sy met Tom Cookson, 'n onderwyser van Hastings en begin om boeke te skryf, meestal oor haar eie wedervarings. Sy is feitlik onmiddellik 'n weghol-sukses en aan die einde van haar lewe was sy die 17de rykste vrou in Engeland!

�2www.drakensteinheemkring.co.za

Die bekende Britse skrywer Catherine Cookson is as 13-jarige meisie in die

Hastings Werkhuis opgeneem.

Die rolprent “The Magdalene Sisters” speel af in 1964 en handel oor die lief en leed van drie tiener meisies wat in

die inrigting opgeneem is.

Page 3: Voetnotas vol 3.4

Nuus van uit De Oude Woning Vol.3.4 December 2014

Hier op eie bodem was die wasvrou van vroegste tye reeds 'n groot noodsaaklikheid en ons lees van Van Riebeeck wat in 1656 twee of drie van die Mardycker families van Batavia aanvra sodat hulle ’n inkomste kan verdien deur die was van klere van nie net die inwoners van die Fort nie, maar ook van die mense op die verbygaande skepe.

Van Riebeeck ag dit belangrik om by te voeg dat die Nederlandse vroue, hoe nederig hulle ook al is, hulle totaal metamorfoseer wanneer hulle nie meer in hul vaderland verkeer nie. Die was van wasgoed sou heeltemal benede hul stand wees!

Dan was daar ook die kieskeurigheid onder die boere gesinne wanneer dit gekom het by die keuse van 'n slavin wat die rol van die wasvrou moes behartig in die huishouding. Die slavinne van Madagaskar en Mosambiek was veral in aanvraag vir hierdie doel want hulle was flukse vroue en het hulle ook nie skuldig gemaak aan kriminele aktiwiteite soos baie van die slawe van elders in Afrika nie. Hierdie kategorie vroue slawe het ook 'n groot mate van vryheid geniet deurdat hulle die bondels wasgoed nie by die huis nie, maar elders moes gaan was.

Otto Mentzel skryf oor 'n stroom helder water wat vanaf Tafelberg gevloei het na Tafelbaai en daar waar die stroom net skuins agter die kasteel verby gevloei het, was daar 'n wasplek waar die dorp se vuil linne gewas was. Hy skryf verder dat daar in 1782 'n verbod geplaas was op die was en uithang van klere by die huise en openbare plekke (squares). Een van die aangewese wasplekke sou die Platteklip ravyn wees. Hy het ook in detail beskryf hoe die wassery daar verloop het en melding daarvan gemaak dat dit verskil het van die metodes wat deur die Europese wasvroue gebruik is.

�3www.drakensteinheemkring.co.za

Wasvroue en hulle wasgoed in die Bergrivier. Foto: Gribble Versameling, Drakenstein Heemkring

Page 4: Voetnotas vol 3.4

Nuus van uit De Oude Woning Vol.3.4 December 2014

Die klere of linne sou eers in die stroom gelê word om te week. Daarna is dit uitgehaal en teen die klippe/rotse geslaan — “to knock out the dirt” — daarna ingeseep waarna dit op die gras neergelê is. Dit word dan weer in die stroom geplaas en daarna weer teen die klippe geslaan — soms ook met 'n plank — en dan weer terug in die water vir uitspoeling. Eers dán is dit uitgehaal en oor die droë platklippe gedrapeer of op die gras neergelê om uit te droog.

Pokke-epidemie Dit sou ook die wasvroue wees wat in 1713 verantwoordelik was vir die vinnige verspreiding van die Pokke-epidemie toe hulle die besmette klere van die soldate en matrose wat met inkomende skepe die siekte die Kaap ingebring het, hanteer, gewas en gedroog het en daarna met hulle gesinne en andere in aanraking gekom

het. Baie min is oor hierdie slawe wasvroue bekend; name, familie, stories en lewenspaaie ontbreek feitlik geheel en al.

Argeologiese uitgrawings in Kaapstad het 'n redelike prentjie kon skep van hierdie mense se lewens. Aan sekere artikels se voorkoms en identiteit kon argeoloë bepaal dat die wasvroue die klere van al die klasse van Kaapstad se samelewing gewas het; soldate, verpleegsters, welgestelde mense en die gewone man.

In die Kaapse Argief kon ek amper dertig name opspoor van wasvroue aan die Kaap van so vroeg as 1800 tot so laat as 1954. Weliswaar was slawerny in 1838 afgeskaf maar gebruike wat gegrens het daaraan, het nog vir baie jare daarna voortgeduur.

• Amerus of Bengale 61 years old • Sarah of Mozambique, about 60 years • Jacob, child of a washerwoman • Betje of Cape Town 43 years • Christina, a bastard woman, washer woman of the Colony • Spartie of Mauritius, 75 years old — her belongings an old chest, one crib, mattress and

pillow • Diana of Mozambique, 62 jaar oud, wasmeid, ongetroud, 3 kinders. Heeft niks

nagelaten.

So lees 'n paar van die sterf dokumente van hierdie vroue wat hulle 'n lewe lank afgesloof het deur ander mense se klere en linne te was. Selfs as 'n 75-jarige steeds in diens van haar werkgewer. Dood in die tuig, kan mens seker sê.

Meer plaaslik, spesifiek die Paarl, is daar ook wonderlike verhale wat vertel word deur die nageslagte van wasvroue. Een van hulle vertel hoe hy as kind met stywe vooruitgestrekte arms waarop die pas gestrykte — en dikwels gestyfde — linne gepak was, moes loop om dit na die kliënt se huis te neem. Dit was om te verhoed dat die linne of klere kreukel. Daar was 'n paar plekke in die Bergrivier waar die wasvroue van die dorp bymekaargekom het om hulle daaglikse brood te verdien. Dit was ook seker dié plekke waar lekker skindernuus uitgeruil was of sommer net gepraat was oor die alledaagse dinge; die seep wat nou weer so duur geword het, die weer wat nie altyd wou saamspeel nie of dalk so tussen die wassery gekla het oor die onbillike

�4www.drakensteinheemkring.co.za

“Women washing laundry”, Lionel Walden, Wikimedia Commons

Page 5: Voetnotas vol 3.4

Nuus van uit De Oude Woning Vol.3.4 December 2014

behandeling wat hulle van hulle heer en meesters ontvang. Die klein kinders sou ook daar in die onmiddellike omgewing sit en speel of dalk oopmond sit en luister na hul moeders se geselsery.

Dit het ook heel dikwels gebeur dat die wasvrou 'n briefie saam met een van die kinders sou stuur na die ‘miesies’ of ‘baas’ waarin hulle 'n geldjie — 'n voorskot — sou vra om 'n stukkie kos te gaan koop vir aandete want die wasvrou se werk het nie opgehou wanneer sy laatmiddag die wasklip verlaat het nie. Daar was nog 'n gesin by die huis wat gevoed moes word.

!!!Bronne: Your Family Tree, October 2014 Schoeman, Karel,  Early  Slavery  at  the  Cape  of  Good  Hope  1652-­‐1717. Pretoria 2002. Schoeman, Karel, Portrait  of  a  Slave  Society  –  The  Cape  of  Good  Hope,  1717-­‐1795. Pretoria 2012. Kaapse Argiefbewaarplek. Verskeie sterfkennisse van wasvroue en/of slavinne wat as wasvroue aangewend was. Van Niekerk versameling: Drakenstein Heemkring Gribble versameling: Drakenstein Heemkring Film: The  Magdalene  Sisters. 2002.

© Johann H Claassen 2014 !

�5www.drakensteinheemkring.co.za

Brief uit die Drakenstein Heemkring se Van Niekerk Versameling dokumente.

Nannucci het in 1879 in Langstraat, Kaapstad oopgemaak en is waarskynlik die land se oudste droogskoon-makery. Die besigheid is deur Oreste Nannucci van Florence, Italië begin.

Nannucci se familie in Florence het vir geslagte die “Dyeing, Laundry and Cleaning Works” gehad. Een van hulle kliënte was die magtige Don Alphonso, en toe raak Oreste verlief op sy dogter …

Page 6: Voetnotas vol 3.4

Nuus van uit De Oude Woning Vol.3.4 December 2014

19th century housekeeping and cooking with Lizzy

Dijkman “Mej Dijkman” wrote one of the first Afrikaans recipe books which was printed by Die Paarl

Drukpers Maatskappy in 1890. The recipe book found a very receptive audience and turned Lizzy Dijkman into a household name. The Heemkring held a “Dijkman Evening” in September to test some of her recipes and take a closer look at

technological changes in the kitchen during the mid and late 19th century.

Early European cookbooks were generally written for professional chefs, who were mostly men. So essentially these books were written for an elite audience.

A very new type of cookbook came into print during the 19th century. These cookbooks were generally written by women, for women and responded to a demand for professional instruction. This was only possible because literacy rates among women was on the rise. Industrialization, migration and social mobility also required greater self-sufficiency.

The “modern” family was smaller and without the traditional support of an extended family. The less experienced housewife not only required a range of standard recipes, but also advice on practical housekeeping and how to manage seasonal variations in food supply.

The new readers of cookbooks were different from their predecessors in that they were literate middle class women with a disposable income that allowed them to experiment with different dishes and vary their family meals.

The mass production of cast-iron stoves in the late 19th century also represented a significant technological advance.

Ordinary housewives were now able to multi-task and move away from the “one pot” meal. Cooking was physically a more comfortable

activity, the stoves made more efficient use of fuel, and with more control over the temperature generated, housekeepers found it much easier to experiment with new styles of cooking and baking.

As a result, these early recipe books contained a disproportionate number of recipes for baking breads, cakes, puddings and biscuits.

Mrs Beeton’s Every Day Cookery and Housekeeping Book is possibly one of the most famous cookbooks of this era. It was written by Isabella Beeton (1836-1865) and first printed in 1859.

Her book, an impressive tome by any standard, addressed a wide range of subjects that ranged from staff management, servants’ duty rosters, laundry work, marketing, table decorations, meals and menus and more than 3 000 recipes.

Mrs Dijkman’s recipe book is a much slimmer volume of recipes, many gleaned from similar Dutch cookbooks. What makes her cookbook interesting is that it is written in a quaint early version of Afrikaans. Later editions also included a number of boere rate.

�6www.drakensteinheemkring.co.za

Page 7: Voetnotas vol 3.4

Nuus van uit De Oude Woning Vol.3.4 December 2014

Grafte in die Karoo ’n  Enkele  grafsteen  en  ’n  klein  kruisie  teen  ’n  verlate  koppie  naby  ’n  stukkende  gronddamwal  vertel  ’n  tragiese  storie  van  lyding  en  oorlewing  byna  100  jaar  gelede.  Libby  Honeth  skryf  verder  ’n  gedeelte  van  haar  familie-­‐navorsing.  !

Ek is deel van die sewende geslag van Van der Merwes van Oudeplaats Richmond. Oudeplaats is geleë op die grondpad tussen Richmond en Murraysburg in die Karoo.

My Oupa-en Oumagrootjie, Daniel Pieter en Sophia Margrita Myburgh (Louw) het saam met my Oupa (Hendrik Izak Louw) en sy broer Hannes (Johannes Hendrik) op Oudeplaats geboer. Oupa Louw se suster, Ella (Elsie Helena), getroud met Matthew van der Westhuizen het op die naburige plaas, Rooizandheuwel geboer. Dit was 1918.

Op Rooizandheuwel was daar ’n paar gesinne besig om ’n dam te bou. Hulle het die massiewe projek aangepak met beesvelle en donkies. Hulle het gewoon in kliphuisies en

tente gemaak van bokvelle. Water het hulle seker maar uit die kuile hoër op in die rivier aangery in dromme. Oorblyfsels van die kliphuisies, sakke sement wat hard geword het, ’n geroeste vurk en ’n ou slot tussen die krudoringbosse en boesmangras langs die verspoelde damwal is al getuienis dat daar eens mense daar was.

Die Groot Griep het uitgebreek en werk by die dam is gestaak. Mense op Oudeplaats en Rooizandheuwel was siek, maar Anoster (Dawid Mc Kenzie), ’n arbeider, was nog gesond. Oom Matthew vd Westhuizen het hom toe gevra om sy perd te neem en maar so by al die huisies en veeposte om te ry en te verneem na die mense op die plaas.

�7www.drakensteinheemkring.co.za

Die grafte van Frederick en Anna F Traunicht en hulle dogter Catherina Maria E Traunicht - al drie is tydens die Groot Griep epidemie oorlede.

Page 8: Voetnotas vol 3.4

Nuus van uit De Oude Woning Vol.3.4 December 2014

Met sy aankoms by die dam hoor hy ’n baba huil. Nerens roer daar iets by die dam-makers se huise nie. Hy maak toe sy perd vas aan die hekpaal en gaan agter die geluid aan een van die huisies binne. Dáár kry hy toe ’n baba wat rondkruip tussen haar ouers se lyke.

’n Paar dae tevore het Anoster ook by daardie huisie die jong pa gehelp om nog ’n baie klein babatjie te begrawe. Hulle het ’n stinkhout waspeek by die koppenent van daardie graffie ingekap.

Hy kon geen ander mense in die huise nie. Anoster het toe die dogtertjie in sy jas toegedraai en voor op sy perd getel en teruggery na Rooizandheuwel.

Oupa Louw se suster, Ella en haar man Matthew vd Westhuizen, het haar versorg en later na Richmond geneem tot reëlings getref kon word met haar familie in die Transvaal. Anoster, Oupa Louw en Hannes het teruggegaan en die man en vrou langs hulle baba gaan begrawe.

Die dam was amper klaar, maar ongelukkig met die eerste reën het die rivier in vloed afgekom en die grondwal gebreek.

So het die jare verby gegaan en een oggend is my pa Enslin (Johannes Stephanus Enslin) en sy broer Danie (Daniel Pieter) op Oudeplaats besig toe ’n Vereeniging motor onder die peperboom stilhou. ‘n Man en vrou klim uit en stel hulle self voor. Die vrou is toe die "babadogtertjie" van 30 jaar tevore!

Die wonderlikheid was dat Anoster, toe al ’n bejaarde man, ook daar in die skeerhok besig was om loxwol te sorteer.

Die dame van die Transvaal het grafstene saamgebring wat sy op haar ouers se grafte wou gaan oprig. Anoster kon die grafte uitwys, want die waspeke was nog daar.

Die grafstene is opgerig daar op die grafte teen die koppie wat uitkyk oor die stil Karoovlaktes.

Menige dae het ons rivierlangs deur die stukkende damwal om die punt van die randjie gestap. ’n Oomblik stil geword by die grafte van hierdie damwerkers en hulle gesinne.

© Libby Honeth née van der Merwe 2014

�8www.drakensteinheemkring.co.za

• Die Traunicht gesin (sien graf bó) het bestaan uit Frederick Traunicht (5.1.1893 - 30.10.1918), sy vrou Anna F Traunicht née Marais (14.1.1895 - 31.10. 1918) en hulle dogter Catherina Maria E (13.9.1918 - 21.10.1918). Volgens sy sterftekennis was Frederick (30) twee weke siek voor hy gesterf het, en is deur sy vrou versorg. Sy vrou Anna (22) het ’n dag later gesterf na ’n siektbed van twee weke. Volgens hulle baba dogter se sterftekennis is sy op 21 Oktober oorlede nadat sy vir vier dae siek was. Sy was toe maar sewe weke oud.

• Hannes (Johannes Hendrik) van der Merwe (13.11.1894 - 14.7.1919) is ook dood ná hy die griep in 1918 gekry het.

• Die gedeelte van Rooizandheuwel waarop die dam geleë is, is later aangekoop deur Oupa Louw en Ouma Mirjam Alexandria (Enslin)en is nou deel van Oudeplaats.

• Die dam is nooit herstel nie

• Wêreldwyd het ongeveer 25 miljoen mense en in Suid-Afrika sowat 140 000 mense gesterf tydens die Groot Griep-epidemie.

• Meer mense het wêreldwyd in die griep-epidemie gesterf as wat tydens die Eerste Wêreld-Oorlog gesterf het.

— Naskrif —

Page 9: Voetnotas vol 3.4

Nuus van uit De Oude Woning Vol.3.4 December 2014

Land tenure systems at the Cape

A short overview of terms commonly used in early Cape Colony deeds of transfer and historical documents.

Freehold or eiendomsplase (1657-1813)

The first farms at the Cape were all granted as freehold farms. This meant that the farmers had full property rights and were free to bequeath or sell their land. Most of these farms were about 60 morgen in size. In some cases they were issued subject to conditions such as the mandatory planting of oaks. Landowners were also required to maintain public roads running through their properties.

Grazing rights or weiregte (1657-1714)

These rights allowed a farmer to graze cattle and livestock in a specified area, but did not give him the right to cultivate the land, or to erect a permanent structure on it. Permits were issued annually.

Loan farms or leningsplase (1657-1813)

This system was developed in 1700 to provide grazing grounds for livestock farming. Loan farms were extensively used in the interior and frontier areas of the Cape Colony. The land itself was always seen as the property of the VOC or government.

In order to acquire a loan farm, a farmer simply had to apply for a grazing licence. A successful application would give the farmer the right to graze livestock in a specified (unsurveyed) area for a period that could vary from six months to a year. In return he would be required to pay a nominal rent which could be paid in cash or “in kind”.

A stockfarmer could own more than one loan farm, it was an inexpensive way to build a stockfarming business, and the licence provided him with some security of tenure.

In practice these loan farms were managed by a son, servant or even a trusted slave. Basic dwellings were often built on the farms, and the value of these buildings were often claimed from a new tenant.

In 1743 farmer tenants could have their loan farms converted to freehold properties provided the property was not larger than 60 morgen. The latter restriction was lifted in 1813.

Quitrent (1732-1826) and perpetual quitrent or ewigdurige erfpagplase (1813-)

In 1732 a new system was introduced by which loan farms could be converted to quitrent farms and leased for 15 years. The last quitrent farms were issued in 1881, and these licences expired in 1826.

The new system gave owners all the rights of ownership and encouraged more permanent settlement and development of the former loan farms. However, the government retained the right to reclaim the land.

Owners could, however, apply to have their quitrent farms converted to freehold properties. These properties were often referred to as “redeemed quitrent land”.

Source

Le Roux, J. Bewaarders van ons erfenis. 2012 Pretorius, A. Our threatened heritage. 1997.

!Measurements

1 Roede = 3.660 m

1 Hollandse voet = 0.305 m

1 Amsterdamse myl = 7,4 km

�9www.drakensteinheemkring.co.za

Historical references explained

Page 10: Voetnotas vol 3.4

Nuus van uit De Oude Woning Vol.3.4 December 2014

Under the Influence: overnight residents of the “Hotel Victoria” and other stories

In the late 19th century Paarl’s laws against drunk and disorderly behaviour were very strict, and a number of citizens found themselves in court after a night out on the town.

!In 1896 the Paarl District Advertiser’s court reporter left us a few very humorous anecdotes from Paarl’s court house.

Zimmerman 09/01/1896

August Zimmerman stond beschuldigd van de overtreding van de drankwet door op 3 Januari dronkenschap in zijn kantien te hebben toegelaten, zijnd zekere Jan Solomon in de kantien dronken geweest.

Diender Simonds verklaarde dat hij Jan Solomon op 3 Januari in een beschonken toestand uit de kantien van de beschuldigde zag komen.

“Twintig minuten voor 12 zag ik Jan Solomon uit de kantien van Zimmerman komen. Hij was beschonken. Ik zag hem in de kantien drinken. Ik arresteerde hem omtrent 10 yards van de kantien. Hij was niet 120 yards van de kantien toen ik hem arresteerde. Hij was aan het loopen. Ik maakte geen gebruik van mijn staf. Ik heb niet zand in zijne oogen geworpen. Ik had moeite hem te arresteeren want hij had een half dozijn makkers die hem hielpen. Ik arresteerde hem in de publieke straat.”

Jan Solomon verklaarde dat hij op 3 Jan. bij Zimmerman in de kantien was. “Toen ik na de kantien ging was ek “half aan”. Mijne makkers gaven mij drank. Ik ging samen met hen uit de kantien. Ik was meer dronk toen ik de kantien verliet dan toen ik daar kwam .

“Wij kwammen van de Paarl Berg Wijn kantien naar de winkel van Van der Spuy. Het was ongeveer 10 uur. Wij liepen langs Kalkoentjiesdrift. Ik was aan het loopen toen

de diender mij bij den nek vatte. Ik zei dat hij mij moest loslaten daar ik niets gedaan had. Toen vond er een worsteling plaats. Mijne oogen waren vol zand. Ik weet niet of de diender mij met zijn staf geslagen had. Ik weet niet hoe mijne oogen vol zand kwam.

De heer Perold voor de verdediging zei dat hij een halfdozijn getuigen kon brengen om te bewijzen dat Jan Solomon nooit in de kantien van zijn client was. Jan Solomon die niet heelemaal dronk was, werd 120 yards van de kantien gearresteerd, en mishandeld door den diender.

Willem Kannemeyer zei dat hij op 3 Ja. op een afstand van Zimmermans kantien was. Hij kon possitief zweren dat Jan Solomon dien morgen niet in de kantien was. Het Hof gaf den beschuldigde het voordeel van den twijfel, en onstloeg hem.

�10www.drakensteinheemkring.co.za

Page 11: Voetnotas vol 3.4

Nuus van uit De Oude Woning Vol.3.4 December 2014

Silbert 09/01/1896

Herman Silbert stond beschuldigd van dezelfde overtreding. De heer Perold verdedigde beschuldigde die onschuldig pleitte.

Diender Burstell verklaarde: “Op 30 Dec. zag ik 2 man Adam Herklaas dragen uit de kantien van beskuldigde. Ik heb hem niet daarheen zien gaan. De twee personen namen Herklaas naar den tuin van beschuldigde van waar ik hem naar den tronk verwijderde.”

Adam Herklaas verklaarde: “Op 30 Dec. kwam ik naar de Paarl. Ik was niet in Silberts kantien maar in de kantien lager af, naast het slachthuis. Ik kwam daar 11 uur. Toen ik mij weer kom krij was ik in di tronk. Ik was in Silberts winkel maar niet in zijn kantien.”

De hoofd konstabel legde zijne verklaring af, hierop neerkomende, dat hij Herklaas dooddronk vond op het erf van Silbert, die echter ontkende dat hij er iets van wist, waarna het verhoor verdaagd werd tot volgende Donderdag ten einde de personen die Herklaas uit de kantien gedragen hadden te dagvaarden also getuigen.

More …

Hoenderkop : Andries Adonis was Zaterdag namiddag hoenderkop in de publieke straat en kon niet zijn weg vinden. Hij kreeg 7 dagen. 03/02/1896 Druifnat: Gys Stok had Zaterdag te veel druifnat genoten en was onbekwaam. Hij

moes naar het Hotel gedragen worden. 5s. of 5 dagen. 03/02/1896

Zonder evenwicht: Piet Barnes had Zaterdag te veel gedronken en kon zijn evenwicht niet bewaren, zoodat een diender hem ondersteunig moest geven voor welke dienste hij 5/- moest opdokken of 5 dagen mieliepap eten. 02/03/1896!Een zeker swart bottel: Warie Johannes was met een zeker swart bottel in de weer en ging op zijn rug in de straat liggen totdat een diender hem met een kar naar het Victoria vervoerde. 5s. of 5 dagen. 14/03/1896 Een oude kwaal: John Bell leed weder aan zijn oude kwaal - gehechtheid aan de bottel. Hij moest 15s. opdokken of 3 weken aan ’t Victoria logeeren. 14/03/1896

Dienaars van vader Bacchus: Allie, Jacob Pieters, Jim, Abraham Jacobs en Marthinus Albertse, dienaards van vader Bacchus, die een weinig te diep gedronken hadden, moesten elk 5s. in de kas storten, of 5 dagen algeheele onthouding onder-gaan. 14/03/1896 Onbekwaam: Jaftha Domingo, Hanna Jacobs en Jan Willemse hadden Zaterdag te veel van het sap dat het hart verblijdt genuttigd en waren onbekwaam in

de publieke straat. Zij werden aan het Victoria

geherbergd en hadden hedenmorgen een onderhoud met den Magistraat, die hen mededeelde dat hunne rekening op 5s elk te staan kwam, of bij gebreke aan betaling 5 dagen harden arbeid. 13/04/1896

�11www.drakensteinheemkring.co.za

GA Decker “Wine and Spirit Stores”, Gribble Collection, Drakenstein Heemkring.

Page 12: Voetnotas vol 3.4

Nuus van uit De Oude Woning Vol.3.4 December 2014

!

�12www.drakensteinheemkring.co.za

Devine & Co in southern Paarl was on the corner of Station and Main Streets.

Hoitsema’s shop can still be seen in Main Street, opposite the old Protea Cinema.

The mammoth task of sorting out all the documents, invoices and letters in the Van Niekerk Collection is almost over and the next step will be to collate and extract information from the raw material.

The thousands of invoices will provide us with interesting insights into Paarl’s business activities during the 1920s and 1930s. Many of the invoices relate to every day household management, others to buying cars and repairing wagons and carts.

DJ van Niekerk’s farming activities will also provide information on the deciduous fruit industry, and in particular, how individual farmers went about exporting their fruit.

In the examples below we have matched some of the invoices to photographs we have in the Gribble Collection.

A further analysis of the invoices will provide more information on the range of products these early 20th century shops stocked.

Paarl’s old shops Treasures from the Van Niekerk and Gribble Collections and the importance of layering information

Page 13: Voetnotas vol 3.4

Nuus van uit De Oude Woning Vol.3.4 December 2014

�13www.drakensteinheemkring.co.za

Dick & Allsop’s shop (insert) at the top end of Market Street is still a familiar landmark. The photograph of one of their delivery trucks (left) was taken at the scene of an accident. The full colour invoice (above) is dated 1918.

The Evans & Dick shop was on the corner of Lady Grey and Main Streets, opposite FNB Bank. The building has since been demolished.