v einge skans vir alma - historicalpapers.wits.ac.za€¦ · teit-opleiding en die behoud van...

11
v einge skans vir alma ISSN 0031-1839 JULIE 1990 R1,09 + AVB 9 770031 183003

Transcript of v einge skans vir alma - historicalpapers.wits.ac.za€¦ · teit-opleiding en die behoud van...

Page 1: v einge skans vir alma - historicalpapers.wits.ac.za€¦ · teit-opleiding en die behoud van kwaliteit en opgeleide personeel. Die Vloot het steeds n belangrike besker- mingsrol

v einge skans vir alma

ISSN 0031-1839 JULIE 1990

R1,09 + AVB

9 770031 183003

Page 2: v einge skans vir alma - historicalpapers.wits.ac.za€¦ · teit-opleiding en die behoud van kwaliteit en opgeleide personeel. Die Vloot het steeds n belangrike besker- mingsrol

Everything You Keally Want Will Cost You Less With United Finance.

You can save up to 3% on interest rates.Terms are flexible from 6 - 6 0 months.

You get fast approval and quick cash to shop around.Come to United for the best deals.

So take advantage of the lowest financing rates available. Only from United.

^UnitebMore of a helping hand than ever before.

A t U nited you’ll find the cheapest vehicle finance and personal loans for all your other needs.

Page 3: v einge skans vir alma - historicalpapers.wits.ac.za€¦ · teit-opleiding en die behoud van kwaliteit en opgeleide personeel. Die Vloot het steeds n belangrike besker- mingsrol

PARATUS Vol 41 No 7 Julie 1990

A m p te lik e m a a n d e lik s e ty d s k r if van d ie SA W e e rm a g

Published by Directorate Pub- 116 Relations, SADF• POSTAL ADDRESS:Private Bag X158,Pretoria 0001.• STREET ADDRESS:PaulhofMinnaar/Paul Kruger Streets PRETORIA 0002• TELEPHONE:Pretoria(012) 3220610/1/2/3/4/5

SUBSCRIPTIONSRSA & Namibia R14— 12 months R25 — 24 months R36 — 36 months and GST(postage included)

FOREIGN

R25 — 12 months (surface mail)R35— 12 months (airmail)

MANAGEMENTCHAIRMAN EDITORIAL COMMIT­TEE: Brig J.T. Krynauw, Director Public Relations SADF SENIOR STAFF OFFICER PERIOD­ICALS: Col A.C.J. Collocott

EDITORIAL STAFFEDITOR: Cmdt J.H. Moody NEWS EDITOR: Maj A.W. van de VenterFEATURE WRITERS: Lt Amanda Snyman and Lt Lientjie Barnard CHIEF PHOTOGRAPHER: S Sgt S.de AndradeLAYOUT: Res S.K. Kopel and M. Gilogley

ADMINISTRATIONCHIEF CLERK: W 02 H.J.D. Moore SECRETARY: Mrs R. Beukes LIBRARIAN: Mrs E. Mostert

BRANCH OFFICESSIMON’S TOWN: Pte C. Hat-' tingh (021) 873539 DURBAN: L CpI C. Ford (031) 37-3421 x 2230BLOEMFONTEIN: Pte M.Botes (051) 47-5478

INHOUD • CONTENTSARTIKELS RUBRIEKEOnderhoud met die nuwe Hoof van

die SA Vloot................................... 4-5Military Manpower Systems: Some

general observations..................... 6Vaart navryheid................................ 8-10Die Weermagdamesvereniging: Bly-

moedig in diens.............................. 12A crucial role in maintaining flight

safety............................................. 14-152 Militere Hospitaal: Kwaliteit en uit-

nemendheid................................... 24-25Genl maj Kenneth van der Spuy: Die

onblusbare gees............................ 26-27Volwasse Opleidingsentrums: Brein-

krag vir 'n nuwe RSA...................... 28-30Manne met die rooi pette: Gebrei om

te kan beskerm.............................. 34-35The New Era: Military deserves more

recognition..................................... 44

ALGEMEENBonds of friendship prevail in Eden-

vale................................................ ........10Die Weermag bring kalmte na onlus-

gebiede.......................................... ........11Bewaring: SAW maak skoonste Kaap

nogskoner..................................... ........13Anchors away at Walvis Bay.............. ........18Money saved invested in peace......... ........19Opoffering in belang van 'n nuwe

Suid-Afrika..................................... ........19Die "Hoogte” moet 'n blomtuin word .. 20Sjoe! Daar’s 'n Stoney om elkedraai!. 21New OC for AFB Waterkloof.............. ........21SA Leer is 'n veilige skans vir almal............32Vriend van die SAW ontvang hoe

Orde.............................................. ........32Integriteit van die RSAgehandhaaf.... 33Groep13is21 jaaroud...................... ........ 35Vlootbasis oorweeg n woonwapark

inSimonstad.................................. ........ 36Lugmanrydatdiestofsostaan.......... ........ 37Rondsit gaan hy nie!.......................... ........ 38Dames neem afskeid, en verwelkom.. 38Raaisel van vaandel uit ’n seegraf..... ........ 40High-tech maintenance and repair

vehicle for the SADF...................... ........ 41The Rooivalk flies!............................. ........ 43

IN PAS/IN STEP................................ 46-47Pen Pals/Penvriende......................... 53Forward March!................................. 54SPORT.............................................. 55-61Crossword Puzzle............................. 62

BELANGRIK LEES HIERNDP’s - PARATUS is 00k jou tyd­skrif. Maak seker dat jou eenheid genoeg eksemplare beskikbaar stel om met jou maats te deel. Rig navrae direk aan PARATUS (adres op hierdie biadsy) as jy probleme het.

Knr A. Roberts van 10 Lugafweerregi- ment wat deel uitmaak van 61 Geme- ganiseerde Bataljongroep op Walvis- baai tuur oor die duine van die Namib- woestyn, tydens ’n onlangse oplei- dingsoefening in die gebied. ’n Artikei oor 61 Meg Bn verskyn in voigende maand se uitgawe van Paratus. (Foto: S sers Sergio de Andrade).

Opinions expressed in this issue do not necessarily present the ADVERTISEMENTS: Perskor Intermedia, Johannesburg 776-9111. official viewpoint of the SADF. Cape Town: Kritz Odendaal (021) 415-2666.

• The Editor reserves the right to accept and edit contributionsPrinted for the SADF by Perskor. 28 Height Street, Doornfontein Johannesburg 2001.

Page 4: v einge skans vir alma - historicalpapers.wits.ac.za€¦ · teit-opleiding en die behoud van kwaliteit en opgeleide personeel. Die Vloot het steeds n belangrike besker- mingsrol

ONDERHOUD MET V ADM LAMBERT WOODBURNE, NUWE HOOF VAN DIE SA VLOOT

Groter diplomutieke rol vir SHU bepleit

Deur Chari Hattingh Foto’s: Jan Theron

DIE Vloot behoort ’n groter deel van die Weermagbegroting te kry sodat hy sy diplomatieke rol kan uitbrei en die land se

kuslyn en hawens meer doeltreffend kan verdedig, het v adm Lambert “ Woody” Woodburne (50), nuwe Hoof van die Vloot, in 'n onderhoud met PARATUS gese.

Met sy matelose energie, entoesiasme en ontspanne aanslag ly dit geen twyfel nie dat v adm Woodburne ’n groot stempel op die Vloot gaan afdruk. Hy het ook sy voorneme uitgespreek om dit opnuut "lekker" te maak om in die Vloot te wees.

"Die Vloot het nog altyd 'n diplomatieke taak gehad, maar dit het 'n bietjie agterwee geraak. Ons besoeke aan onder meer die Republiek van China help baie om 'n goeie beeld uit te dra van die Weermag en Suid- Afrika. Die buitelanders sien ons paraatheid, ons personeel en ons skepe wat ons self gebou het. Ons sendings toon dat ons oor lang afstande kan opereer.

"Ons behoort ons diplomatieke aktiwiteite uit te brei na ander state in Afrika. Ons skepe kan baie beteken vir ons politici in die uitvoe- ring van die Regering se politieke inisia- tiewe,” het v adm Woodburne gese.

"Die afskrikwaarde van 'n slaggereed Vloot met moderne skepe en duikbote moet ook nie in vredestyd onderskat word nie - veral gedurende verandering en onstabili- teit.”

V adm Woodburne is ook oortuig dat mense dit meer moet geniet om in die Vloot te wees. "Die mense raak te ernstig. Hulle werk te hard en te laat, veral daar by Vloot- hoofkwartier. Hulle moet eerder doeltref- fender werk en tyd opsysit vir lekker dinge, soos Vlootregattas, Vlootsport en Vlootope- dae. Om doeltreffender te werk, moet ons onder meer rondslomp die nekslag toedien.

"Dit sal uitstekend wees vir die moreel as ons meer aandag kan gee aan Vlootsport, en Vlootspanne teen spanne van ander Weermagsdele kan laat meeding. Ons moet die ou waardes en tradisies uit die kas haal en afstof. Die vlammetjie is reeds daar; dit moet net aangeblaas word.”

Een van v adm Woodburne se grootste take sal wees om na die onlangse rasionali- sasie en gepaardgaande onstabiliteit weer rigting te gee aan Vlootlede. “ Die tyd van onsekerheid is nou verby. Ons moet nou weer die mense vertroue gee in hulleself en in die Vloot. Die Vloot, soos die res van die Weermag, bevind hom in ’n nuwe omge- wing, maar ek dink nie ons rol het verander nie. Net die klem het verskuif.

Die Vloot bestaan om 'n seewaartse mi-

litere diens namens die Hoof van die Weer­mag aan die staatsbestel te lewer. Dit wil ons bereik deur die daarstelling, bestuur en handhawing van n militere seewaartse in- frastruktuur wat verskeie maritiem georien- teerde dienste lewer. Kwaliteit-diens moet ons slagspreuk word.

V adm Lambert Woodburne, nuwe Hoof van die Vloot

“ Daarom beskou ek die Vloot as n inte­grate deel van die Weermag en is dit my strewe dat ons sal ontwikkel in die trots van ons volk en 'n leier in die maritieme gemeen- skap,” het v adm Woodburne gese.

Volgens v adm Woodburne was oorlogs- praatjies nie lank gelede nie nog aan die orde van die dag. Die vrede het skielik ge- kom, maar die situasie kan net so vinnig om- gekeer word en dit is belangrik dat die Vloot homself paraat hou deur middel van kwali- teit-opleiding en die behoud van kwaliteit en opgeleide personeel.

Die Vloot het steeds n belangrike besker- mingsrol ter see. “ Suid-Afrika het ’n eiland- ekonomie. Sowat tagtig persent van die land se bruto binnelandse produk word oor die see vervoer en net die Vloot kan verseker dat die groot hoofweg na ons handelsven- note veilig is. Daarvoor het ons skepe en duikbote nodig en ons sal moet kyk na die

Vloot van die toekoms.“ Dit duur tien tot vyftien jaar vandat daar

met die beplanning van 'n vaartuig begin word totdat dit te water gelaat word. Oor so tien jaar sal die rompe, wapens en wapen- stelsels van ons aanvalsvaartuie verouderd wees en daarom is ons reeds besig met ’n

projek om hulle uiteindelik te vervang.”Die nuwe skepe sal waarskynlik groter

wees. “ Die skepe met die kleiner rompe kry swaar in ons toestande, veral in die stormag- tige Suide. Ons het ook meer spasie nodig vir die dra van wapens en helikopters.” Die land se teenduikbootvermoe is taamlik be- perk en daarom sal die skepe van die toe­koms ook duikbote moet kan jag.

Die duikbote sal nie in die afsienbare toe­koms vervang of in getalle aangevul word nie. “ Daar is nog baie lewe in die rompe van ons duikbote en om 'n duikboot plaaslik te bou, is in ieder geval baie duur. Ons sal dus eerder die duikbote moderniseer.”

Twee is reeds gemoderniseer en werk aan die derde is aan die gang. “ Ons het hul wapenstelsel-vermoe met twintig persent verbeter. Die duikveiligheid is ook verbeter en die reikafstand is vergroot," het v adm Woodburne gese.

Page 5: v einge skans vir alma - historicalpapers.wits.ac.za€¦ · teit-opleiding en die behoud van kwaliteit en opgeleide personeel. Die Vloot het steeds n belangrike besker- mingsrol

’n Kranige sportmanTEN spyte van 'n uiters druk werkpro-

gram is v adm Lambert Woodburne, die nuwe Hoof van die Vloot, 'n aktiewe sport­

man wat baie tyd in die buitelug deurbring. As hy nie oefen vir 'n padwedloop of in die Bolandse berge stap nie, is hy heel moontlik in voile leermondering op die rug van sy blit- sige ysterperd.

Verlede jaar het hy deelgeneem aan die Skiereiland-marathon, die Twee Oseane, die Voet van Afrika, die Comrades (wat hy in9 uur en 38 minute voltooi het) en die Argus- fietstoer. Hy is ook dikwels in die Skiereiland te sien as hy op sy 900 cc Ducati-motorfiets verbyflits.

V adm Woodburne duik, klim berg en was vroeer ’n kranige rotsklimmer. Toe hy nog besig was met sy B Mil (BSc)-graad aan die Universiteit van Stellenbosch, het hy en 'n vriend verskeie moeiliker roetes in onder meer die Banhoek-berge “ oopgemaak". Hy was 'n middelafstand-atleet in die Maties se eerste span in die tyd toe almal nog gepro- beer het om die eerste te wees om die myl in onder vier minute te hardloop.

Gedurende die tyd was hy ook “ fanaties” oor branderplankry en het dikwels op die strand geslaap om betyds te wees vir die dag se eerste branders. “ Destyds was dit nog 'n nuwe sport en mense het jou maar skeef aangekyk as jy 'n branderplankryer was en het gedink jy is 'n hippie. Maar ek was 'n ernstige branderplankryer; geen 'hot- dogger’ nie!”

V adm Woodburne kom uit 'n gesin van vyf seuns. Hy is op Kimberley gebore (waar sy oupa die laaste bestuurder was van die myn wat later bekend geword het as die Groot Gat). Die gesin het later geboer naby Maclear in die Oos-Kaap en op Goedgegun in Swaziland, waar hy gematrikuleer het.

Sy pa was gedurende die Tweede Wereldoorlog 'n vlieenier in Noord-Afrika en na skool wou die jong Woodburne horn met alle geweld by die Lugmag aansluit. Sy pa het egter gedink die loopbaanvooruitsigte in die jong Vloot is beter en sy seun se Vloot- loopbaan het gevolglik in 1958 in die Vloot- gimnasium op Saldanha begin. Daarna is die destydse adb Woodburne na die Militere Akademie.

Hy het op verskeie fregatte gedien voor- dat hy na Brittanje gestuur is, waar hy die eerste Suid-Afrikaner geword het wat die eerste plek behaal het in 'n gespesialiseerde mynoorlogvoering- en opruimduikkursus.

Die toestande daar was baie anders as di6 in Suid-Afrika. “Tydens die kursus het ons onder meer gedurende die winter in die mere van Skotland geduik. Ons het baie met gereedskap gewerk, maar as jou hande kaal

V adm Lambert Woodburne is 'n kranige sportman en hou daarvan om soms te “ontsnap” met sy kragtige motorfiets. Hier is hy tuis afgeneem op sy 900 cc-Du- cati.

was en iemand gee vir jou 'n moersleutel aan, het dit van die koue aan jou hand vasgebrand.”

V adm Woodburne was onder meer twee jaar Bevelvoerder van die Duikskool op Si- monstad, waar hy naamgemaak het met 'n aantal skouspelagtige duikoperasies.

"Destyds het ons nog al die regeringsope- rasies gedoen, omdat onder meer die Polisie nog nie sy eie duikers gehad het nie. By een geleentheid het die Polisie 'n lyk sonder kop en arms gevind en dit was ons taak om in troebel, vuil water te duik om die kop te soek. Ons het dit gekry, maar dit was 'n besonder grusame ervaring.

“ By ’n ander geleentheid het ons die taak gehad om ’n treiler by St Helena met twee groot dieptebomme op te blaas. Ek moes die lonte aansteek, maar hulle wou aanvanklik nie behoorlik brand nie en na 'n tydjie was hulle baie kort. Toe hulle uiteindelik vat, het ons so vinnig moontlik met ’n rubberboot weggejaag, maar is nietemin amper self in die lug in geblaas."

Toe die Vloot besluit om duikbote aan te skaf, was hy onder die eerste vrywilligers wat die duikbootkursus in Frankryk voltooi het. Vir die doel moes hy Frans aanleer (hy praat ook Spaans vlot). Hy het in twee Franse duikbote gedien en was die eerste bevelvoerder van die duikboot SAS Emily Hobhouse.

Na die slaggereedheidsopleiding van die Emily het die Franse owerheid verklaar die duikboot is die paraatste buitelandse duik­boot wat nog in Frankryk opleiding onder- gaan het. Dit was grootliks te danke aan die destydse It kdr Woodburne se entoesiasme, leierskap, doelgerigtheid en pligsgetrouheid.

V adm Woodburne het baie dekorasies en medaljes ontvang, waaronder die Van Rie- beeck-dekorasie vir uitnemende diens teen die vyand op die slagveld. Dit was destyds op een na die hoogste dekorasie wat toege- ken kon word. Dit was mqar die tweede keer in die geskiedenis van die Weermag dat die dekorasie toegeken is. •

Hy was op een na die Vloot se mees ju­nior skout-admiraal toe aangekondig is dat hy v adm Dries Putter as Hoof van die Vloot sou opvolg. Vo6r die aanstelling was hy ag- tereenvolgend vier jaar by Spesiale Magte, drie jaar militere attache in Argentinie, Direk- teur van Vlootoperasies by die Vloothoof- kwartier in Pretoria en Hoof van Vlootstaf Operasies. Daarna is hy aangestel as Vlag- offisier in Bevel van Vlootkommandement- Wes, ’n pos wat hy beklee het tot met die ontbinding van die kommandement op 29 Maart vanjaar.

V adm Woodburne en sy eggenote, Vi­vienne, het twee dogters, Jennifer (21), ’n vierdejaar-dramastudent aan die Universiteit van Kaapstad, en Lee, 'n matrikulant aan die Hoerskool Vishoek. &

Page 6: v einge skans vir alma - historicalpapers.wits.ac.za€¦ · teit-opleiding en die behoud van kwaliteit en opgeleide personeel. Die Vloot het steeds n belangrike besker- mingsrol

This is the fourth in a series of articles on strategic issues — involving South Africa. The series is coordinated by the Institute -

for Strategic Studies, University of Pretoria.___________________

military manpower Systems: Some General Obseruatioos

By Marlene A. van der Merwe,Researcher: Institute for Strategic Studies, University of Pretoria

A LL military manpower systems have advantages as well as disad­vantages, and no ideal system ap­plicable to all situations can be

singled out. A system which works well in one country may be unsuited to meet the defence requirements of another or may be impossible to implement. Governments' per­ception of the threat or their classification of a specific war may also differ. Two countries engaged in a war against each other may thus, arguably, make use of different sys­tems for recruiting their manpower. Although certain general trends with regard to the im­plementation of a given system under cer­tain conditions can be identified, no set pat­tern can be established.

Military manpower planning is a complex process. It is not merely a military activity - the political, social and economic factors pertaining in a given country thus also have to be taken into account when deciding upon the implementation of any military man­power system. Military manpower planning is an issue which is of particular interest in the current South African situation. A future South African defence force, both in respect of its structure (manpower system and com­position) and its assigned roles, may differ significantly from the present SADF, as it would, to a large degree, be determined by the nature of the envisaged negotiated settlement and any new political dispensa­tion.

Various proposals with regard to a future defence force for South Africa have been put forward. These include the abolition of con­scription and the implementation of a volun­teer system, and a system of civilian national service instead of military service.

The complexity of planning for a defence force for a future South Africa becomes clear when the various factors pertaining to mili­tary manpower are studied.

M ilita ry m anpow er de term inantsIn order to be relevant, a country's military manpower system has to be formulated within the framework of the determinants of that country's national security policy. For the purposes of this article, these determi­nants are discussed under the headings of national security requirements, types of war and military potential. Brief reference is also made to the implications of the main military manpower types.

National secu rity requ irem entsNational security policy is determined by a government's perception of the threat(s) fac­ing the country concerned, as well as the national values and interests it is committed to protect. Whereas external threats are nor­mally (although not always)/of a convent­ional nature, internal threats are almost ex­clusively unconventional in nature. Regard­less of whether a threat is conventional or unconventional in nature - military force, whether implied or employed, is indispens­able in the safeguarding of a country's sov­ereignty and territorial integrity.

The type and size of a country’s armed forces would normally reflect the threat(s) as perceived by the government concerned. This, however, is not always the case. In France and Switzerland, for instance, tradit­ion inter alia plays an important role in the commitment of these countries to conscrip­tion.

Types of war

DIFFERENT types of war have differing requirements as far as manpower numbers are concerned. A country becom­

ing engaged in a war may thus have to insti­tute another military manpower system than the one currently in use. For the purposes of this article reference is made only to con­ventional war and counter-insurgency as far as military requirements are concerned.

Conventional war: The manpower re­quirements with regard to a conventional war would differ, depending on the nature and scope of the war. An unlimited convent­ional war, such as the First and Second World Wars, would of course be much more capital and manpower intensive than a limited conventional war or mere border clashes. The two world wars necessitated the implementation of conscription (that is compulsory military service) by for instance Britain - a country which has, traditionally, always made use of a volunteer system for recruiting its manpower.

It should be remembered, however, that governments’ perceptions with regard to the classification of a war as limited or unlimited may differ. This would depend on, for in­stance, own and enemy material and human resources, as well as goals, resulting in dif­ferent manpower system types in order to

recruit sufficient manpower for waging the war.

Counter-insurgency: In addition to its basically internal nature, an insurgency usu­ally also has an external dimension in that the insurgents may be assisted by neigh­bouring countries. This also applies to a civil war. Such countries may pose a direct mili­tary threat to the target country. A govern­ment engaged in counter-insurgency thus has to maintain a sophisticated conventional capability to deter or to ward off direct at­tacks from neighbouring countries, or under­take operations against insurgent bases in such countries.

As far as the internal unconventional mili­tary dimension is concerned, a country’s manpower requirements are dictated by the protracted and dispersed, and thus man­power intensive nature of such a war, as was proved by the American experience in Viet­nam and the South African experience in South West Africa/Namibia. In order to re­cruit sufficient manpower, both the United States and South Africa were forced to make use of conscription. Governments involved in a civil war likewise often make use of con­scription. A few of these countries include inter alia Angola, Mozambique, Chad, El Salvador and Nicaragua.

Military potential: Although military po­tential, that is all the national resources at the disposal of a state for the development and maintenance of its armed forces, is a complementary determinant as far as mili­tary manpower is concerned, it is neverthe­less of crucial importance in the recruiting, maintaining and employing of military man­power. In this article reference is made only to the following.

Available manpower: Available man­power does not only refer to numbers, but to the composition of the population as well. This would include the male/female ratio and the age distribution of the economically ac­tive population. A shortage of manpower could force a government to implement a specific type of manpower system. A case in point is Israel, a country which, because of defence requirements and a shortage of manpower, has to make use of a militia sys­tem, as this system is based mainly on con­scription (whether individuals are doing their initial continuous compulsory military service or whether they are serving in a reserve or

• Continued on p 22

Page 7: v einge skans vir alma - historicalpapers.wits.ac.za€¦ · teit-opleiding en die behoud van kwaliteit en opgeleide personeel. Die Vloot het steeds n belangrike besker- mingsrol

^ ^ r ~ ----Ook verkrygbaar in 20’s.

Geniet geurvolle, sonryp tabak ... vars hier vermeng op die tradisionele Amerikaanse manier vir daardie unieke John Rolfe smaak en geur.

John Rolfe Klas “A ” sigarette. Ryk, geursag, vol rookgenot.

lOOZ INGEVOERDE SONRYP TABAKEDGEWORTH INC - RICHMOND, VIRGINIA, V.S.A. p a r a t u s . ju l ie 1990

Reikna

Page 8: v einge skans vir alma - historicalpapers.wits.ac.za€¦ · teit-opleiding en die behoud van kwaliteit en opgeleide personeel. Die Vloot het steeds n belangrike besker- mingsrol

Die Muller-gesin kom aan boord die SAS Tafelberg. Voor is kapt ‘ Massey’’ Mas- sey-Hicks. beveivoerder van die taak- mag. Langs hom is kapt Bob Harrison, beveivoerder van die Tafelberg.

handelings tussen die regerings van Mosambiek, Suid-Afrika en die Mo- sam biekse w eerstandsbew eging , Renamo. Operasie Cashmere, soos die redding bekend gestaan het, be- wys dat die SA Weermag human Here operasies met dieselfde doeltref- fendheid as militere operasies kan uitvoer. Verder het die operasie puik sam e w e rk in g tussen d ie v e rs k il- lende Weermagsdele getoon.

Dit het alles begin toe n taakmag van die Vloot bestaande uit die groot aanvullingskip SAS Tafelberg en twee aanvalsvaartuie die Mosam- biekse gebiedsw ater binnegevaar het. Twee Puma-helikopters was op die Tafe lberg gestasioneer. Paratus is saam met ’n afvaardiging van die Departement Buitelandse Sake, ’n m u lt i-d is s ip lin e re sp an van d ie SAGD en ander lede van die opera- sionele span vanaf Durban na die skip geviieg. Aan boord het die skip se bemanning reeds op ons koms gewag.

“Ons enigste doel is om die Muller-gesin veilig terug te bring.”

IE aand het die beveivoerder J L / van die Tafelberg, kapt Bob Har­rison, almal op sy skip verwelkom. “Ons enigste doel is om die Muller-

Artikel: K Etienne Garnett- Bennett

gesin veilig terug te bring,” het hy gese. Die operasie was duidelik deeglik beplan en die stukke van die legkaart het stadig in hul plek begin val; elke Weermagsdeel het geweet wat hom te doen staan. Toe ons daardie eerste aand so snoesig tus­sen die skeepsiinne le na n heerlike maaltyd, het baie aan boord ge- wonder waar die Mullers daardie nag sou deurbring . . .

Daar was die heeidag n gewerskaf die Tafelberg

sou die

was tasbaar. Dit was egter n vals teken en die Mullers het nie daardie aand aan boord gekom nie *

Dit was n groot teleurstelling vir almal op die skip. Baie vrae is gevra. Was al die maande se ingewikkelde onderhandelinge verniet o f het die Mullers dalk iets oorgekom? Ge- vegte tussen Renamo en die Mo- sambiekse-regeringsmagte het juis in daardie stadium in die omgewing gewoed. Intussen het die taakmag koers gekies na die diepsee waar ons sou wag op Renamo om ’n kon- tak te bevestig.

'n Puma-helikopter kom land na die ver- kenningsvlug oor die see.

TWEE verslaggewers van Paratus was aan boord van die SAS TA­

FELBERG met die reddingsdrama random die Muller-gesin van Oos-Lon- den. Hier is hulle ve rhaa l. . .

T \ENTALLE glimlaggende gesigte van jong Suid-Afrikaanse see-

manne was die eerste ding wat hulle begroet het. Vii die Muller-gesin van Oos-Londen het dit soos ’n droom gevoel toe hulle daardie aand aan boord van die SAS TAFELBERG ge­kom het.

Die SA Weermag het ’n leeue-aan- deel gehad om die gesin, wat vir byna sewe weke deur Renamo in Mosambiek aangehou is, weer veilig op Suid-Afrikaanse bodem te kry. Dit is voorafgegaan deur delikate onder- ® kA01 Dick Minnaar, dit.

trnisse vergeet. Die vlug- dek is in ’n wafferse strand omskep toe die manne begin sonbaai, swem en rugby luisier. Dit was ’n ervaring

Foto’s: it Alex de Velasco

Die lang wag begin

f 'ERWYL die skip dag in en dag n i t in d ie M o s a m b ie k k a n a a i rondgevaar het, het baie van die jonger seemanne begin huis toe ver-

lang. “Die twaalfde dag op see'-s in- ' droom. noem din atmirman van die

dit.die

uni in die helder blou water van die Indiese Oseaan met n temperatuur van so 26°C lyf nat te maak. Sondag het die kapelaan aan boord die Tafel­berg, ds Hugo Coetzee, gebid vir die veilige terugkeer van die Mullers.

Die Maandag-middag het die nuus ons bereik dat die eerste berigte oor Operasie Cashmere reeds in koe- rante in Suid-Afrika verskyn het. Kapt "Massey” Massey-Hicks, die beveivoerder van die taakmag, en sy span het besef dat hulle moes slaag - die hele Suid-Afrika het met afwag- iing toegekyk.

Net toe ons begin dink dat die Ta­

fe lberg soos die Vlieende Hollander seker vir altyd in die Mosambiek-ka- naal sou rondvaar, het die nuus ge­kom: Hulle is hier, kom haal hulle! Die Woensdagaand, 14 Junie, die dag van mnr David Muller se 39ste verjaardag, was die bote weer op pad na die kus. Op die skip het ons gedink - dis nou o f nooit! Die ont- moeting sou naby die dorpie Vilan- colos in die provinsie Inhambane plaasvind. Volgens ooggetuies het daar groot vure op die strand ge- brand. Renamo-soldate het die hele seremonie in die halflig dopgehou.

’n Helde ontvangs

E EN van d ie h e l i k o p t e r s a a n boord sou die gesin gaan oplaai sodra hulle uitgelewer is. Die gesin wou nie wag vir die helikopters nie,

“Ons is mos ervare seevaarders en is nie bang vir die see n ie”, het hulle gese. Minute later was hulle in die bote op pad terug na die beskawing.

Selfs die geharde manne was aan- gedaan toe mnr David Muller, sy eggenote, Sandy, en hul kinders Tammy (8) en Seth (5) druipnat en uitgeput aan boord kom. Alhoewel hulle probeer het om die belangstel- lendes van die bootdek a f te hou, kon niemand die spontane toejui- ging en applous van die skeepsbe- manning keer nie. Die Vloot was goed voorbereid op hulle koms. Die Mullers se eie klere, wat spesiaal in Oos-Londen gaan haal is, het vir hulle op die skip gewag.

“Haai ma. ons het dan net sulkes, ”

Een van die aanvalsvaartuie word her- bunker in die Mosambiek-kanaal.

was klein Tammy se kommentaar toe sy die klere sien. Die skip se kom- buis het ’n driegangfeesmaal vir hulle voorberei en mnr Muller verras m e t ’n v e r j a a r d a g k o e k m e t d ie woorde “Welcome back birthday boy and fam” daarop. Die kinders kon nie genoeg van die sjokolade- versiersuiker kry nie!

Volgens maj Etienne Kruger, hoof van die mediese span op die skip skort daar medies nie ireel met die vier nie. Hul ontberinge was egter duidelik en die ouers het elk sowat 10kg gewig verloor en die kinders byna net soveel. Die gesin sal nog vir ’n geruime tyd bystand van die SAGD-span ontvang. Die span be- staan uit ’n dokter, sielkundige en maatskaplike werker.

Aangrypende ervaring

D IE volgende dag kon die Mul­lers vir die eerste maal praat oor hulle aangrypende ervarings tussen die Renamo’s. Hulle was aan die

slaap toe n verraderlike seestroom hul seiljag op 28 April sowat 500 km noord van Maputo laat strand het. Daar is hulle deur ’n Renamo-strand- patrollie gekonfronteer om saam te gaan. Hulle moes daarna sowat 75 km kaalvoet saam met die groep deur digte bosse en moerasse afle. Tammy het goed gehou maar Seth moes later deur een van die soldate gedra word. Die gesin moes ook twee keer om hul lewe vlug toe die Renamo-kamp deur Frelimo-magte aangeval is.

PARATUS • JULIE 1990 9

Page 9: v einge skans vir alma - historicalpapers.wits.ac.za€¦ · teit-opleiding en die behoud van kwaliteit en opgeleide personeel. Die Vloot het steeds n belangrike besker- mingsrol

die l fu skyn U weery Oos-L

Tammy

PARATUS

Die Operasie Cashmere-taakmag van die SA Vloot is op pad om die Muiier-gesia te gaan haai. §

“Alhoewei ons oorsteip was van vreugde oor ons vryiating, het ons aan die ander kant regtig goeie vriende met die mense ge- word. Hulle het ons baie goed behandei en die beste wat hulle het met ons gedeel. Dis hartseer om te dink hulle moet ’n oorlog bly veg, terwyl ons kon terugkeer na die ‘sagte lew e’, ” het mev Muller aan Para- tu s gese.

Die volgende twee dae het die een mediagroep na die ander die Tafelberg besoek. Die skeepsbemanning het in-

> tussen twee swaaie aan boord vir die | kinders geprakseer en hulle moes ook I gereeld speletjies saam met die twee* speel. Die Vrydagaand is ’n masker-

bal ter ere van die Mullers aan boord gehou. Mev Muller het ’n gevlegde hoed gedra wat sy as geskenk van een van die Renamo-lede ontvang het. Die bemanning en besoekers

:on die aand geniet - Operasie

Jmere was ’n sukses.

ot wys sy staalE Mullers se tuisstad, Oos-

Londen, het die rooltapyt vir r verlore kuikens uitgerol. Dul-

de mense en kinders met te was daar toe die gesin 'ie Tafelberg se loopplank

[os-Kaapse bodem aan wal Die uittredende Hoof van [oof, v adm Dries Putter,

ok by om die Vloot se •ense oor te dra. Die SA

f ^ p o t '\e t met Cashmere gewys ’n professionele see- optree. Die Vloot se

i b e h e e rs te ls e l b lyk te werk.

'ewe gaan voort en teen 'at hierdie artikel ver- die wereld al moontlik

[geet van die gesin van den. Maar eendag sal Seth die verhaal van

____ Cashmere weer aanhulle kindefe kan verte i. . . i t

‘ * ' f «

lY 1990

Page 10: v einge skans vir alma - historicalpapers.wits.ac.za€¦ · teit-opleiding en die behoud van kwaliteit en opgeleide personeel. Die Vloot het steeds n belangrike besker- mingsrol

SOLDRTE TREE ORPRRTVDIG OP in HRTRL

Die SAkalmte

Deur maj Andre van de Venter

HOEWEL die SA Weermag daarin ge- slaag het om die voorvalle van geweld in Swart woongebiede in Natal drasties te

verminder, bestaan die potensiaal steeds dat onrus kan opvlam.

Die waarskuwing kom van die Hoof van die Leer, It genl Georg Meiring, tydens 'n perskonferensie wat onlangs vir militere kor- respondente in Durban gehou is. Die korre- spondente was by die geleentheid die gaste van die Weermag op ’n besoek van twee dae aan onlusgeteisterde gebiede in die pro- vinsie.

Tydens di6 toer is besoek gebring aan dorpe soos Edendale, Imbali en Mpuma­langa in die Pietermaritzburg-gebied van Groep 9 en Kwa Mashu en Inanda in Groep10 met sy hoofkwartier in Durban.

Volgens It genl Meiring het die Weermag se teenwoordigheid 'n stabiliserende effek in die Swart woongebiede en sal die moontlike vermindering van die getal soldate grootliks afhang van die mate van onrus wat voor- kom. Die SAW is egter bereid om in die ge­biede te bly solank hy daarom gevra word.

Ook uit onderhoude met die Bevelvoer- ders van Groep 9 en 10 blyk dit dat die Vei- ligheidsmagte in 'n groot mate daarin ge- slaag het om sake na normaal te laat terug-

Weermag bring na onlusgebied

t\ggi. iiisiueiiie suus muuiue, sweivourvane en aanvalle op Veiligheidsmagte het dras­ties afgeneem en in die woorde van die Be- velvoerder van Groep 9, kol Johann Swane- poel, het die Weermag daarin geslaag om die deksel voorlopig op die pot van geweld vas te druk.

Die sukses wat in die voorheen onrusge- teisterde gebiede behaal word, kan grootliks toegeskryf word aan die hulp wat die Veilig­heidsmagte in Natal van buite gekry het. Dit bestaan uit twee eenhede wat vroeer in die oorlog in Suidoos-Angola groot naam ge- maak het - die Portugeessprekende 32 Ba- taljon van Pomfret in die Noord-Kaap en 61 Gemeganiseerde Bataljon van Walvisbaai.

Kol Swanepoel, asook kol Brian Adams, Bevelvoerder van Groep 10, het dit beklem- toon dat die Weermag se optrede slegs ter ondersteuning van die SA Polisie is. Daarom bestaan soekspanne in die Swart gebiede uit lede van albei die twee magte. Wanneer daar besluit word om n spesifieke gebied te deursoek, sal die Weermag help om dit af te kordon en beskerming te verleen aan poli- siemanne wat die huise dan fisies deursoek. Die kontiskering van wapens en inhegtenis- neming van oortreders bly egter n polisie- taak.

Die belangrikste boodskap wat die Weer-

O kpl Riaan Kotze van Groep 9 in Pieter­maritzburg met ’n paar van die tuisge- maakte wapens wat die strydende groepe gebruik.

Lede van 32 Bataljon het gou vriende ge- maak met die plaaslike inwoners. Hierpo- seer 7i soldaat saam met twee van Imbali se kleuters.mag aan die inwoners van die gebiede wil oordra, bly egter dat die soldate onpartydig optree in die magstryd tussen Inkhata en die UDF. Hul taak is slegs om te verseker dat inwoners hul normale gang kan gaan en nie wil kant kies in die proses nie.

Hierdie gedagte maak dan ook die tema uit van die Weermag se boodskap wat per ''grond-skreeu” ('n kragtige luidsprekerstel- sel wat op n voertuig gemonteer word) aan die inwoners uitgestuur word. Tussendeur die ritmiese klanke van reggae- en popmu- siek wat uitgesaai word, word die bevolking meegedeel dat die SAW neutraal is, maar dat wet en orde steeds gehandhaaf sal word. Mense word vermaan om nie die wet te oortree nie.

Volgens kol Swanepoel is die algemene gevoel van die inwoners baie positief teen- oor hierdie unieke manier van kommunikeer. Om mense in die strate te sien dans op die maat van die musiek, is niks snaaks nie.

Wanneer n mens die gebied verlaat, is die blywende indruk dat -verreweg die meeste mense ten gunste is van die Weer­mag se voortgesette teenwoordigheid. Ny- weraars sowel as inwoners van die gebiede is dit eens: die Weermag bring kalmte en verhoed intimidasie - iets waarna iedereen smag. <£>

Page 11: v einge skans vir alma - historicalpapers.wits.ac.za€¦ · teit-opleiding en die behoud van kwaliteit en opgeleide personeel. Die Vloot het steeds n belangrike besker- mingsrol

Collection Number: AG1977

END CONSCRIPTION CAMPAIGN (ECC)

PUBLISHER: Publisher:- Historical Papers Research Archive

Location:- Johannesburg

©2013

LEGAL NOTICES:

Copyright Notice: All materials on the Historical Papers website are protected by South African copyright law and may not be reproduced, distributed, transmitted, displayed, or otherwise published in any format, without the prior written permission of the copyright owner.

Disclaimer and Terms of Use: Provided that you maintain all copyright and other notices contained therein, you may download material (one machine readable copy and one print copy per page) for your personal and/or educational non-commercial use only.

People using these records relating to the archives of Historical Papers, The Library, University of the Witwatersrand, Johannesburg, are reminded that such records sometimes contain material which is uncorroborated, inaccurate,

distorted or untrue. While these digital records are true facsimiles of paper documents and the information contained herein is obtained from sources believed to be accurate and reliable, Historical Papers, University of the Witwatersrand has not independently verified their content. Consequently, the University is not responsible for any errors or

omissions and excludes any and all liability for any errors in or omissions from the information on the website or any related information on third party websites accessible from this website.

This document is part of a collection held at the Historical Papers Research Archive at The University of the

Witwatersrand, Johannesburg, South Africa.