Transcriptie - puk.ac.za  · Web viewEksplosiewe put, appel p bad, bibber b tak, bitter t dak,...

23
Protokol vir Breë Fonetiese Transkripsie vir Afrikaans (subprojek Korpus Gesproke Afrikaans) Aanpassing van CGN-protocol vir Afrikaans, (vir gebruik in die SALAR -projek) DP Wissing, Maart 2003/Maart 2004 A. Algemeen Aanpassing Nederlands na Afrikaans: Dié twee tale is baie eenders, maar tog, veral op klanklike vlak, sodanig verskillend dat die CGN-protocol nie net so vir Afrikaans van toepassing is nie. Dit geld nog meer as in ag geneem word dat die skryfwyse van Afrikaans op ortografiese vlak ook van dié van Nederlands verskil. Dit is nogtans handig om die CGN-Nederlandse Protocol byderhand te hou en te raakpleeg, veral wat die uitvoerige voorbeelde betref. Baie van die AST-riglyne vir transkripsie geld ook hier; ook die SAMPA-stel fonetiese karakters stem grotendeels ooreen. Soos in die geval van AST, waar die breë transkripsies outomaties deur PATANA gegenereer is, sal ons hier met soortgelyke uitvoer van PATANA werk. PATANA is spesifiek vir hierdie projek aangepas. Dit geld byvoorbeeld sommige gewysigde SAMPA-karakters. Dit is baie belangrik om te onthou dat die breë (kanoniese) transkripsies outomaties deur PATANA gegenereer is, volgens die mees normale, algemene manier waarop Afrikaans uitgespreek word. Dit neem dus nie allerlei variasies in uitspraak in ag nie, hetsy per streek of per individu, of selfs binne die spraak van ’n individu. Dit is juis die taak van die kontroleur om hierdie spesifieke uitsprake te identifiseer en die breë transkripsie dienooreenkomstig aan te pas. Hierdie werk word ook, soos in die AST-projek, met behulp van PRAAT gedoen. Vir diegene wat nie daarmee vertroud is nie, sal aparte opleiding gegee word. Taak: Kontrolering en bywerk van ‘n outomaties gegenereerde breë fonetiese transkripsie (CGN noem dit voorbeeldtranskripsie ons hou daarby; soms word PATANA-afvoer as afternatief hiervoor 1

Transcript of Transcriptie - puk.ac.za  · Web viewEksplosiewe put, appel p bad, bibber b tak, bitter t dak,...

Page 1: Transcriptie - puk.ac.za  · Web viewEksplosiewe put, appel p bad, bibber b tak, bitter t dak, middel d kat, bakke k gholf g Frikatiewe fiets, offer f wat, lawwe v sap, asse s zebra

Protokol vir Breë Fonetiese Transkripsievir Afrikaans

(subprojek Korpus Gesproke Afrikaans)Aanpassing van CGN-protocol vir Afrikaans,

(vir gebruik in die SALAR-projek)DP Wissing, Maart 2003/Maart 2004

A. AlgemeenAanpassing Nederlands na Afrikaans: Dié twee tale is baie eenders, maar tog, veral op klanklike vlak, sodanig verskillend dat die CGN-protocol nie net so vir Afrikaans van toepassing is nie. Dit geld nog meer as in ag geneem word dat die skryfwyse van Afrikaans op ortografiese vlak ook van dié van Nederlands verskil. Dit is nogtans handig om die CGN-Nederlandse Protocol byderhand te hou en te raakpleeg, veral wat die uitvoerige voorbeelde betref.Baie van die AST-riglyne vir transkripsie geld ook hier; ook die SAMPA-stel fonetiese karakters stem grotendeels ooreen. Soos in die geval van AST, waar die breë transkripsies outomaties deur PATANA gegenereer is, sal ons hier met soortgelyke uitvoer van PATANA werk. PATANA is spesifiek vir hierdie projek aangepas. Dit geld byvoorbeeld sommige gewysigde SAMPA-karakters. Dit is baie belangrik om te onthou dat die breë (kanoniese) transkripsies outomaties deur PATANA gegenereer is, volgens die mees normale, algemene manier waarop Afrikaans uitgespreek word. Dit neem dus nie allerlei variasies in uitspraak in ag nie, hetsy per streek of per individu, of selfs binne die spraak van ’n individu. Dit is juis die taak van die kontroleur om hierdie spesifieke uitsprake te identifiseer en die breë transkripsie dienooreenkomstig aan te pas.Hierdie werk word ook, soos in die AST-projek, met behulp van PRAAT gedoen. Vir diegene wat nie daarmee vertroud is nie, sal aparte opleiding gegee word.

Taak: Kontrolering en bywerk van ‘n outomaties gegenereerde breë fonetiese transkripsie (CGN noem dit voorbeeldtranskripsie – ons hou daarby; soms word PATANA-afvoer as afternatief hiervoor gebruik) aan die hand van ’n daarmee gepaardgaande klankfragment. Die klank is opnames van voorlesings en gevoerde onderhoude met Afrikaanssprekende persone.

Doel: Die verkryging van ’n gekontroleerde breë fonetiese transkripsie van die gesproke materiaal. Hierdie breë fonetiese transkripsie maak slegs gebruik van die afgesproke SAMPA-karakterstel. Voorts word fyn klankprosesse nie getranskribeer nie maar wel klankprosesse wat algemeen in Afrikaans werksaam is. Die verskynsels wat ’n produk is van hierdie klankprosesse sal in hierdie dokument uiteengesit word.

SAMPA-karakters vir Afrikaans: PATANA funksioneer in die outomatiese omsetting van die ortografiese transkripsie na ’n fonetiese transkripsie met die stel karakters in die tabel hieronder. Dit is ’n geringe aanpassing van dié wat in AST gebruik is, veral wat die vokale betref. Ook die diftonge word anders aangetoon. Ons gebruik dieselfde indeling as in CGN, ter wille van makliker vergelyking; dit wil nie sê dat dié indeling sonder meer so aanvaar word nie.

1

Page 2: Transcriptie - puk.ac.za  · Web viewEksplosiewe put, appel p bad, bibber b tak, bitter t dak, middel d kat, bakke k gholf g Frikatiewe fiets, offer f wat, lawwe v sap, asse s zebra

Klasse Voorbeeld Afrikaanse symbool (ook Afrikaans

Eksplosiewe put, appel pbad, bibber btak, bitter tdak, middel dkat, bakke kgholf g

Frikatiewe fiets, offer fwat, lawwe vsap, asse szebra zsjaal Sgarage (Eng.) Zlig, ligging xhaal h

Sonorante lang Nmat, damme mnat, kanne nsjampanje; Jan Jacobs Jlat, valle lrat, torre rjas j

Kort vokale lip @lem Elat Abom Oput 9

Lang vokale liep ibuur yleeg edeuk 2laat aboom oboek u

Primêre diftonge wys E+huis Y+koud A+

Sekondêre diftonge raairooieeuui

aioieuui

Spesiale gevalle vir Afrikaans:

2

Page 3: Transcriptie - puk.ac.za  · Web viewEksplosiewe put, appel p bad, bibber b tak, bitter t dak, middel d kat, bakke k gholf g Frikatiewe fiets, offer f wat, lawwe v sap, asse s zebra

3

Page 4: Transcriptie - puk.ac.za  · Web viewEksplosiewe put, appel p bad, bibber b tak, bitter t dak, middel d kat, bakke k gholf g Frikatiewe fiets, offer f wat, lawwe v sap, asse s zebra

B. Algemene transkripsiereëls

B.1. Soos reeds gestel, moet onthou word dat die PATANA-produk in Laag 2 van PRAAT slegs ’n breë fonetiese transkripsie is; die eindproduk verskil meestal hiervan. Transkribeer wat jy hoor, nie wat jy dink jy behoort te hoor nie. Doen dit egter binne die vooraf afgesproke begrensinge (gebruik slegs die simbole hierbo; transkripsie slegs die verskynsels soos hieronder afgespreek sal word).- kyk weer -

B.2. Transkribeer een woord met een woord.

B.3. Luister herhaaldelik na stukkies van 0,5 tot 1 sekonde. Gee spesifieke aandag aan oorgange tussen sillabes en woorde – dáár kom die meeste klankwysigings voor, hoe sneller die spraak hoe meer gebeur dit.

B.4. Transkribeer wat jy hoor; laat jou so min moontlik beïnvloed deur wat in die voorbeeldtranskripsie (PATANA-afvoer) staan.

SPESIFIEKE VOORSKRIFTEB.5. Spasies, leestekens: Voeg geen spasies in en verwyder ook geen spasies nie.Daar kom geen leestekens in die fonetiese transkripsies voor nie; laat dit net so.

Gewone spelling Voorbeeldtranskripsiesy’t dit gedoen. sE+t d@t x@dunPUK-trui PYktrY+vark- en beesvleis vArk En besflE+s

’n Uitsondering is die spesiale gebruik van die onderstreepteken (“_”), en in spesiale gevalle die koppelteken (-) – sien laeraf.

B.6. Ontbrekende, verkeerde en ekstra woorde:As jy seker is daarvan, herstel die foute, en meld dit by Ulrike aan.

B.7. Twyfelagtige gevalle:As jy onseker is, volstaan by die simbool wat in die voorbeeldtranskripsie voorkom :Dit geld betreffende vokale byvoorbeeld nasalering, en wat betref konsonante die verskillende gevalle van assimilasie.

Is dit [sEst@] “sesde” wat jy hoor? Hou by PATANA se [sEsd@], of: is die lang “aa” in “maar” of “ja” wel gerond? Bly by die voorbeeldtranskripsie se [mar] en [ja]. As jy onseker is of die "a" in "maar" of "gehad" kort is of lank, bly by die lang [a] van die voorbeeldtranskripsie (bowendien word lengtewisseling nie in hierdie projek verdiskonteer nie – sien ook C).

B.8. Vreemde klanke:Bly ook hier by die voorbeeldtranskripsie as jy dink jy hoor ’n ander klank as waarvoor daar in die simboolstel voorsiening gemaak word.

4

Page 5: Transcriptie - puk.ac.za  · Web viewEksplosiewe put, appel p bad, bibber b tak, bitter t dak, middel d kat, bakke k gholf g Frikatiewe fiets, offer f wat, lawwe v sap, asse s zebra

C. Klankverskynsels wat getranskribeer moet word

Hier word aandag gegee aan watter klankverskynsels in die transkripsies verreken moet word, asook aan die spesifieke wyses waarop dit gedoen moet word. Ons wyk hier af van die Nederlandse protokol in dié sin dat ons die verskynsels op taalkundige (spesifiek fonologiese) beginsels klassifiseer. Die klassifikasie word apart gemaak ten opsigte van konsonante en vokale (en soms diftonge). Konsonante word meestal deur assimilatoriese prosesse geraak; vokale word gewysig ten opsigte van die kwaliteit daarvan; meestal onder invloed van ’n wysiging van die klempatroon van die woord waarin dit voorkom (lengtevariasies kom ook voor, maar word nie in die transkripsies verreken nie. Onthou dat dit byna altyd opsionele prosesse is – anders sou ons dit reeds in die voorbeeldtranskripsie verreken het.Let terselfdertyd fyn op na die spesifieke konvensies wat gebruik word om hierdie verskynsels mee te transkribeer.

C.1. Konsonante1. Weglating van konsonante (Geld veral “r” en “d”):

Ortografiese weergawe Kanoniese transkripsie Indien verskynsel wel voorkom

[r]Val aan einde van sillabes of woorde weg, veral as klem swak is.dis vir my mooi. d@s f@r mE+ moi d@s f@ mE+ moiek is baie verbaas. fandax @s fir februhari fandax @s fi febuhari[d]Veral na [l n r] in “de”, “der”, “dig” ens., of in funksiewoorde soos “die”, “dan”, “dit”ek sal ‘n ander een koop. Ek sAl h@ And@r en kop Ek sAl h@ An@r en kopJan loop in die pad.ons sal dit anderdag doen.

JAn lop @n di pAtOns sAl d@t And@rdAx dun

JAn lop @n i pAtO~_sAl @t An@rdAx dun1

1. Sillabe- en woordfinale ontstemming van obstruenteOp die oog af lyk dit na ’n blote spellingkwessie , maar in die meeste gevalle is daar ook linguistiese motivering vir die feit dat letters wat normaalweg vir stemhebbende konsonante staan in genoemde posisies getranskribeer moet word deur letters wat

1 Die verskynsels buiten d-weglating word later verduidelik.

5

Page 6: Transcriptie - puk.ac.za  · Web viewEksplosiewe put, appel p bad, bibber b tak, bitter t dak, middel d kat, bakke k gholf g Frikatiewe fiets, offer f wat, lawwe v sap, asse s zebra

weergawes is vir stemlose konsonante. Dit geld omtrent altyd slegs “d”; in enkele gevalle (“rib” en “rob”, byvoorbeeld.) ook “b”. Veral voor pouses is hierdie ’n verpligting; daarom is dit die bedoeling dan PATANA dit sal opvang. Kyk egter mooi, want PATANA is feitbaar.

Ortografiese weergawe Kanoniese transkripsie Indien verskynsel wel voorkom

sy teken een hoed en een hand.

SE+ tek@n en hut En en hAnt

SE+ tek@n en hut En en hAnt

6

Page 7: Transcriptie - puk.ac.za  · Web viewEksplosiewe put, appel p bad, bibber b tak, bitter t dak, middel d kat, bakke k gholf g Frikatiewe fiets, offer f wat, lawwe v sap, asse s zebra

2. AssimilasieAlgemeenDaar is verskeie soorte assimilasie. Soms is die effek daarvan dat klanke heeltemal wegval, soos in die /r/ die einde van 'n woord), of die /d/ in woorde soos "ander". 'n Spesiale geval hiervan is as twee opeenvolgende woorde één klank deel, weens die identiese aard van die twee klanke wat resp. aan die einde van een woord, en aan die einde van die volgende woord staan. Sulke identiese klanke smelt dan saam (amalgameer), sodat mens nie weet by watter woord die nuwe, geamalgameerde klank behoort nie. In sulke gevalle gebruik ons die underscore (_), en wel op die volgende manier: "kom met" > /kOm_mEt/. Meer voorbeelde laeraf. Veranderinge wat nie identiese konsonante oplewer nie, word gewoon as twee los woorde getranskribeer, bv. "dis warm" > /d@z vAr@m/

2.1 Identiekekonsonantamalgamasie (IKA)Opmerking: Gespelde dubbele medeklinkers is ’n skryfkonvensie om aan te dui dat die voorafgaande vokaal kort is (byvoorbeeld in “midde” of “appel”). Dit word verplig enkel getranskribeer (]m@d@] en [Ap@l]). Letterlik is hier dus ook glad nie sprake van amalgamasie van identieke konsonante nie. Identiekekonsonantamalgamasie (IKA) - skrapping van een van die twee identiese konsonante) is ‘n opsionele verskynsel: dit gebeur meer by baie onversorgde spraak, ’n informele styl en vlugge spraaktempo, te meer waar klem onduidelik is. Dit geld binne afleidings en samestellings, maar ook tussen twee opeenvolgende woorde (frases), hoewel minder. Kyk ook weer die Algemeen-inleiding hierbo.

Ortografiese weergawe Kanoniese transkripsie Indien verskynsel wel voorkom

gee hom meer. xe hOm mer xe hOm_mer.as sy kom. As sE+ kOm As_sE+ kOmveel liewer. fel liv@r fel_liv@rek vind dit ook. {k f@nt d@t ok {k f@nd_d@t okop pad. Op pAt Op pAt

Let op dat die identiesheid van klanke soms die gevolg is van die werking van ander fonologiese prosesse, soos in /{k f@nd_d@t ok/. Die /d/ van /f@nd/ is stemhebbend onder invloed van die daaropvolgende /d/. Soms verander 'n klank, soos 'n /p/ wat 'n /b/ word in bv. "opdra" (verander van stemloos na stemhebbend). IKA kan ook werk op die resultaat van nasaalassimilasie (NA) of stemassimilasie (SA)):

NA: Onm@d@l@k > Omm@d@l@k > Om@d@l@k (“onmiddellik”)

SA: Op baj@ plEk@ > Ob_baj@ plEk@ (“op baie plekke”)As d@t dAr@m var @s > ... d@d dAr@m... “as dit darem waar is”)

LET WEL: waar pouses tussen woord(dele) geplaas word, kan IKA nie voorkom nie. In sulke gevalle word die PATANA-vorm gehandhaaf :

“dis [pouse] seker [pouse] reg [pouse] genoeg” word dan [d@s sek@r rEx x@nux]

7

Page 8: Transcriptie - puk.ac.za  · Web viewEksplosiewe put, appel p bad, bibber b tak, bitter t dak, middel d kat, bakke k gholf g Frikatiewe fiets, offer f wat, lawwe v sap, asse s zebra

StemassimilasieEksplosiewe en frikatiewe pas hulle dikwels aan wat die kenmerk [stem] betref by ander konsonante in hulle direkte omgewing (voor2 of na3 hulle) se stemeienskappe. Vergelyk die volgende4:

di dat@m @z di fE+vd@ Ov di sEzd@Meer besonderhede:

Ortografiese weergawe Kanoniese transkripsie Indien verskynsel wel voorkom

die datum is die vyfde of die sesde.

...is die... @s di @z di …vyfde… fEfd@ [email protected] die... Of di Ov di...sesde... sEsd@ [email protected]... Apsolyt Apsulyt

Meer voorbeelde – nou word gekonsentreer op die tipe vorme waarvoor opgelet moet word:Ortografiese weergawe Kanoniese transkripsie Indien verskynsel

wel voorkomAfleidings:

afbreekuitdroog

AfbrekY+tdrox

AvbrekY+drox

Samestellings:asbakskuifdeurhoofwegdagboekdikbek

AsbAkskY+fdYrhofvExdAxbukd@kbEk

azbakskY+vdyrhovEx (<hov_v{x – vgl. IKA)dA b ukd@gbEk

Frases:dis warmop die kop elfuuras jy; dis jou

d@s vAr@mOp di kOp ElfYrAs jE+; d@s jA+

d@z vAr@mOb di kOp ElfYrAS_jE+; d@S_jA+

1.2 NasaalassimilasieNasale konsonante (veral [n]) pas hulle aan t.o.v. die plek van artikulasie van daaropvolgende konsonante (byvoorbeeld: [n] word [m] voor [p b m]; [N] voor [k x g], of [J] voor [j] (wel skaars). Dit gebeur eerder in vlugge, informele spraak, wat met geen of baie min klem op die betrokke gedeeltes gepaard gaan:Ortografiese weergawe Kanoniese transkripsie Indien verskynsel

wel voorkomonbepaald Onb@palt Omb@paltin plaas (van) @n plas @m plasongewoon Onx@von ONx@voninkom @nkOm @NkOminjaag @njax @Jax ([n] self val weg)2 Progressiewe stemassimilasie3 Regressiewe stemassimilasie4 Onderskei goed tussen onderstrepinge van klanke binne twee woorde (soos in /@z di/), en die underscore-teken tussen twee woorde (bv. /Om_mer/).

8

Page 9: Transcriptie - puk.ac.za  · Web viewEksplosiewe put, appel p bad, bibber b tak, bitter t dak, middel d kat, bakke k gholf g Frikatiewe fiets, offer f wat, lawwe v sap, asse s zebra

1.3 Palatalisering van “s” voor “j”Hoewel fynere, dikwels laevlakse, outomatiese assimilasies van konsonante (meestal voor vokale) nie in ag geneem word nie, is ’n uitsondering die wysiging van [s] tot [S], soos in:

Ortografiese weergawe Kanoniese transkripsie Indien verskynsel wel voorkom

as jy (wil). As jE+ ... AS_SE+ ...dis jou (skuld). d@s jA+ … d@S_SA+ ...

:

9

Page 10: Transcriptie - puk.ac.za  · Web viewEksplosiewe put, appel p bad, bibber b tak, bitter t dak, middel d kat, bakke k gholf g Frikatiewe fiets, offer f wat, lawwe v sap, asse s zebra

3.5 KonsonantskrappingAnders as by IKA, wat dikwels ‘n spoor van die amalgamasie van twee klanke nalaat, word sommmige enkel-konsonante dikwels, sonder dergelike spoor, weggelaat. Die bekendste is [r]-skrapping aan sillabe- en veral woordeinde (meestal onbeklemtoonde woorde, soos “vir” en “maar”, maar in bepaalde variante van Afrikaans ook elders – soos in “lekker!”) Ook [h] val dikwels weg (soms: smelt saam met ander konsonante): “sy het gister gekom” word [sY+t x@st@r x@kOm]; “moeilikheid” word [muil@kE+t]. Assimilasiegevalle soos die reeds genoemde[An@r] (“ander”) word ook soms gesien as konsonantskrapping. Die resultaat bly egter dieselfde.’n Spesiale geval van konsonantskrapping: K > Ø in (K)KKK > (K)KK: in die middel van woorde (soms weerskante van ’n woordgrens). Ook klustersimplifikasie genoem.

Ortografiese weergawe Kanoniese transkripsie Wysiging indien verskynsel wel voorkom

drinkwater dr@Nkvat@r dr@Nvat@rskinkbord sk@NkbOrt sk@NbOrtFlink dink fl@Nk d@nk fl@N d@nkIn elk geval @n Elk xefAl @n El xefAl

Transcribeer dus niet: /B.14.Vir die volledigheid hier 'n uittreksel uit CGN. Afrikaans ken dit nie – maar miskien ontdek iemand dit nog!"Soms wordt tussen twee woorden een klank ingevoegd. Transcribeer dat met behulp van koppeltekens, op de volgende manier:Glyerinvoeging tussen woordeGewone spelling Brede fonetische Transkripsiespeelde hij toen al? speld@-n-E+ tun Alik doe aan sport. Ig du-w-an spOrt

Gebruik de koppeltekens uitsluitend tussen woorden, niet binnen woorden (zie ook C.6.)".

C. Vokaalverwante verskynselsOpsommend kan gesê word dat vokale ten opsigte van kwaliteit of kwantiteit kan verander; ook dat dit heeltemal kan verdwyn. Ons praat van vokaalreduksie, -verhoging, -verlaging, -navoreskuiwing, -ronding, -ontronding, -nasalering en –skrapping. Die teenhanger van laasgenoemde is vokaalinvoeging.

10

Page 11: Transcriptie - puk.ac.za  · Web viewEksplosiewe put, appel p bad, bibber b tak, bitter t dak, middel d kat, bakke k gholf g Frikatiewe fiets, offer f wat, lawwe v sap, asse s zebra

Riglyn hier is ook dat dit ’n breë transkripsie moet wees, wat beteken dat slegs simbole uit die afgesproke stel (op p. 2) gebruik mag word.Omdat ons uit linguistiese oogpunt besonder belang stel in ’n paar tipes vokaalveranderings, transkribeer ons dit wel – en wyk hiermee af van CGN.Kwalitatiewe veranderinge: ’n vokaal word soos ’n ander, bestaande vokaal uitgespreek, meestal weens on(der)beklemtoondheid daarvan; soms omdat klemtoon wegskuif daarvan. Kwalitatiewe veranderinge: is hoofsaaklik verkorting en verlenging. CGN hanteer dit nie; ons neem wel verkorting van [a] tot [A] in ag, omdat dit die enigste kandidaat is vir fonemiese wysiging (soos "sak" naas "saak"5).Soms is daar ’n kombinasie van kwalitatiewe en kwantitatiewe wysiging ter sprake, byvoorbeeld by nasalering.

5 Egter nie in "moderne" Afrikaans nie – daar is kort /A/ baie voor; lang /a/ baie agter (en gerond).

11

Page 12: Transcriptie - puk.ac.za  · Web viewEksplosiewe put, appel p bad, bibber b tak, bitter t dak, middel d kat, bakke k gholf g Frikatiewe fiets, offer f wat, lawwe v sap, asse s zebra

Vokaalwysings:Kanoniese transkripsie Wysiging indien verskynsel

wel voorkom

12

Page 13: Transcriptie - puk.ac.za  · Web viewEksplosiewe put, appel p bad, bibber b tak, bitter t dak, middel d kat, bakke k gholf g Frikatiewe fiets, offer f wat, lawwe v sap, asse s zebra

ReduksieMeestal ‘n wysiging tot schwa [@], maar ook verkorting

matriekgordyn...sal...; ..kan...

mAtrikxOrdE+n...sAl...; ...kAn...

m@trikx@rdE+n...s@l...; ...k@n...

VerhogingVeral [o] > [u], en[e] > [i] (wanneer onbeklemtoond); gepaardgaande verkorting

kontroleeretiek

kOntroleretik

kOntruleritik

VerlagingVeral [E] > [{], dikwels voor [r l x k]

ekhelverwegegter (gewestelik)

Ek6

hElfErvExExt@r

{kh{l (soms [j{l])f{rv{xAxt@r

Navoreskuiwingdankie (gewestelik) DANki D{Nki

RondingGewestelik: lang [a] > [Q]7

haalja

hQljQ

Ontronding[y] > [i]

muur[9] > [@]

nul[2] > [e]

neus[Y+] > E+

huis

myr

n9l

n2s

hY+s

mir

n@l

nes

hE+sNasaleringMeestal voor [n], gevolg deur ‘n frikatief; soms ook deur ’n vokaal

onsingeval... en vyftig

Ons@nx@fAlEn fE+ft@x

O~s@~x@fALE~ fE+ft@x

Vokaalinvoegingnorm (teenoor normaal) norm nOr@m

6 Beperk tot (hoofsaaklik) noordelike variante.7 Hier opgeneem in Afrikaanse SAMPA-stel.

13

Page 14: Transcriptie - puk.ac.za  · Web viewEksplosiewe put, appel p bad, bibber b tak, bitter t dak, middel d kat, bakke k gholf g Frikatiewe fiets, offer f wat, lawwe v sap, asse s zebra

Vokaalskrappingdadeliksal ek dit doen?daar is Jan.

dad@l@ksAl Ek d@t dundar @s JAn

dadl@ksAl-k-d@ dundar s jAn

14

Page 15: Transcriptie - puk.ac.za  · Web viewEksplosiewe put, appel p bad, bibber b tak, bitter t dak, middel d kat, bakke k gholf g Frikatiewe fiets, offer f wat, lawwe v sap, asse s zebra

GlyerinvoegingTwee opeenvolgende vokale (nie ’n diftong nie) kan nie uitgespreek word tensy daar iets tussenin kom nie. Dit kan ’n glottisslag wees, of ’n glyer. Die glottisslag [?] word nie deur CGN gebruik nie; ons laat dit ook weg. Een van die glyers [h j w] word ingevoeg na van gelang van die daaraan voorafgaande vokaal se kwaliteit. Ruweg: as dit ’n agtervokaal is (soos [o] of [u]), voeg [h] of ‘n [w] in; is dit ’n voorvokaal, voeg [j] of [h] in. Slegs [h] kan gebruik word as die voorafgaande vokaal [A] of [a] is.Hierdie verskynsel is ook moontlik oor ’n woordgrens, soos in Nederlands (byvoorbeeld: doe het snel > du-w-@t snEl). Dis weglaatbaar in die geval van Afrikaans.

Ortografiese weergawe Kanoniese transkripsie Wysiging indien verskynsel wel voorkom

droë dru@ druw@ of druh@drieë dri@ drij@ of drih@Pretoria pr@toria pr@torija of pr@toriha8

dae da@ dah@

8 Daar is tallosee variante hierop, o.a. met wervaal van [r]

15

Page 16: Transcriptie - puk.ac.za  · Web viewEksplosiewe put, appel p bad, bibber b tak, bitter t dak, middel d kat, bakke k gholf g Frikatiewe fiets, offer f wat, lawwe v sap, asse s zebra

16

Page 17: Transcriptie - puk.ac.za  · Web viewEksplosiewe put, appel p bad, bibber b tak, bitter t dak, middel d kat, bakke k gholf g Frikatiewe fiets, offer f wat, lawwe v sap, asse s zebra

Spesiale gevalleHier word ook reeds genoemde gevalle samevattend opgeneem.

Leestekens in ORT word in FON weggelaat. “[]” vervang ORT se xxx, d.w.s. as nie uitgemaak kan word wat gesê is nie, maar wel dat

’n woord of woorde voorkom. Dit geld hele woorde of gedeeltes daarvan. Onthou egter die beginsel van een-op-een: ‘n [ ] per woord [ ], byvoorbeeld. “hy xxx xxx nie.” > hE+ [ ] [ ] ni.

OPM: PATANA, of ’n script, kan dit waarskynlik outomaties doen. “#” ORT: ekskuus, ek moet net eers gou nies. ggg. so-ja, dis beter. waar was ons ook

weer?FON: Askis Ek mut nEt ers gA+ nis # soja d@s bet@r var wAs Ons ok ver

“_” (onderstreepteken): dit word tussen twee simbole wat nie van mekaar onderskei kan word nie (soos een klank klink) Vgl. IKA hierbo.

@

17

Page 18: Transcriptie - puk.ac.za  · Web viewEksplosiewe put, appel p bad, bibber b tak, bitter t dak, middel d kat, bakke k gholf g Frikatiewe fiets, offer f wat, lawwe v sap, asse s zebra

Eiename kry nie hoofletters in die fonetiese transkripsie nie.

18