Onderwerp 3: Bevolkingsgroei en verandering Eenheid 2 ...€¦ · Dit is steeds algemeen in armer,...

20
1 1 Kopiereg voorbehou@ Onderwerp 3: Bevolkingsgroei en verandering Eenheid 2: Faktore wat geboorte- en sterftesyfers beïnvloed epidemie 'n siekte wat baie vinnig deur 'n bevolking versprei virus 'n middel, kleinder as bakterieë, wat siektes veroorsaak bakterieë baie klein plantjies; sommige bakterieë veroorsaak tifuskoors en longontsteking antibiotika 'n soort medisyne wat kieme vernietig MIV die menslike immuniteitsgebreksvirus wat tot Vigs kan lei Vigs verworwe immuniteitsgebreksindroom sindroom 'n groep simptome wat saam as 'n siekte gesien word aansteeklik verspreiding deur kontrak met 'n persoon wat geïnfekteer is patogeen 'n virus of ander agent wat 'n siekte kan veroorsaak aansteeklike siekte 'n siekte wat vinnig na ander mense kan versprei parasiet 'n dier of plant wat in of op 'n ander dier of plant woon uitbraak iets wat skielik begin, 'n opstuwing pandemie 'n siekte wat oor die hele wêreld versprei het plaag enige gevaarlike siekte wat vinnig versprei koors siekte met baie hoë liggaamstemperature entstof 'n medisyne wat gemaak word van die kieme of virus wat 'n siekte veroorsaak en wat in die vel ingespuit word om te keer dat iemand daardie siekte kry status rang of posisie in vergelyking met ander inkomste geld ontvang uit lone bevolkingspiramide 'n grafiek wat die aantal mense in 'n gebied toon volgens hul ouderdomme en geslag ubuntu 'n woord uit Afrika wat "gee om vir ander mense" beteken; ubuntu beteken ook "Ek is wat ek is as gevolg van wie ons almal is burgerlikes mense wat nie in die gewapende mag is nie volksmoord die voorafbeplande moord van 'n ras of ander groep mense oorbevolk te veel mense vir die land om vir hulle genoeg voedsel te verskaf

Transcript of Onderwerp 3: Bevolkingsgroei en verandering Eenheid 2 ...€¦ · Dit is steeds algemeen in armer,...

Page 1: Onderwerp 3: Bevolkingsgroei en verandering Eenheid 2 ...€¦ · Dit is steeds algemeen in armer, ontwikkelende lande. TB het hoofsaaklik 'n invloed op die longe. Dit versprei wanneer

1

1

Kopiereg voorbehou@

Onderwerp 3: Bevolkingsgroei en verandering

Eenheid 2: Faktore wat geboorte- en sterftesyfers beïnvloed

epidemie 'n siekte wat baie vinnig deur 'n bevolking versprei

virus 'n middel, kleinder as bakterieë, wat siektes veroorsaak

bakterieë baie klein plantjies; sommige bakterieë veroorsaak tifuskoors en longontsteking

antibiotika 'n soort medisyne wat kieme vernietig

MIV die menslike immuniteitsgebreksvirus wat tot Vigs kan lei

Vigs verworwe immuniteitsgebreksindroom

sindroom 'n groep simptome wat saam as 'n siekte gesien word

aansteeklik verspreiding deur kontrak met 'n persoon wat geïnfekteer is

patogeen 'n virus of ander agent wat 'n siekte kan veroorsaak

aansteeklike siekte 'n siekte wat vinnig na ander mense kan versprei

parasiet 'n dier of plant wat in of op 'n ander dier of plant woon

uitbraak iets wat skielik begin, 'n opstuwing

pandemie 'n siekte wat oor die hele wêreld versprei het

plaag enige gevaarlike siekte wat vinnig versprei

koors siekte met baie hoë liggaamstemperature

entstof 'n medisyne wat gemaak word van die kieme of virus wat 'n siekte veroorsaak en wat in die vel ingespuit word om te keer dat iemand daardie siekte kry

status rang of posisie in vergelyking met ander

inkomste geld ontvang uit lone

bevolkingspiramide 'n grafiek wat die aantal mense in 'n gebied toon volgens hul ouderdomme en geslag

ubuntu 'n woord uit Afrika wat "gee om vir ander mense" beteken; ubuntu beteken ook "Ek is wat ek is as gevolg van wie ons almal is

burgerlikes mense wat nie in die gewapende mag is nie

volksmoord die voorafbeplande moord van 'n ras of ander groep mense

oorbevolk te veel mense vir die land om vir hulle genoeg voedsel te verskaf

Page 2: Onderwerp 3: Bevolkingsgroei en verandering Eenheid 2 ...€¦ · Dit is steeds algemeen in armer, ontwikkelende lande. TB het hoofsaaklik 'n invloed op die longe. Dit versprei wanneer

2

2

Kopiereg voorbehou@

steriliseer 'n mediese prosedure wat maak dat 'n persoon (of dier) nie nakomelinge kan produseer nie

aborsie die gedwonge geboorte van 'n baba voor dit kan oorleef

moreel om te weet wat reg en verkeerd is

beleid 'n plan van aksie

Die geboortesyfers, sterftesyfers, kindersterftes en lewensverwagting verskil

van land tot land: die redes vir hierdie verskille is uiteenlopend.

Siekte

Die meeste mense raak so nou en dan siek, maar word gewoonlik gou gesond.

Sommige siektes versprei egter vinnig en veroorsaak die dood van baie

mense, veral in die armer dele van die wêreld waar mense te min voedsel het

en nie medisyne kan bekostig nie.

Siektes wat vinnig deur 'n bevolking versprei, staan bekend as epidemies.

Wydverspreide siektes

Baie van die wêreld se ernstigste siektes is die ergste in die armer dele van die

wêreld.

Page 3: Onderwerp 3: Bevolkingsgroei en verandering Eenheid 2 ...€¦ · Dit is steeds algemeen in armer, ontwikkelende lande. TB het hoofsaaklik 'n invloed op die longe. Dit versprei wanneer

3

3

Kopiereg voorbehou@

Longontsteking

Longontsteking is 'n longsiekte wat versprei word deur virusse en bakterieë in

die druppeltjies wanneer mense nies.

Enigiemand kan longontsteking kry, maar kinders en bejaardes staan 'n groter

kans om die siekte te kry, veral as hulle nie die antibiotika kry wat 97% van

pasiënte kan genees nie.

MIV en Vigs

MIV en Vigs het in die 1950's van Kameroen na Suidelike Afrika toe versprei,

asook na die meeste lande in die wêreld.

'n Paar belangrike feite:

Al sterf 2,5 miljoen mense per jaar aan MIV/Vigs, word minder mense nou

besmet.

• MlV-infeksie lei gewoonlik tot Vigs.

• MlV/Vigs = hoogs aansteeklik:word oorgedra deur liggaamsvloeistowwe soos bloed en semen.

• Daagliks: meer as 7 000 mense geïnfekteer - amper 300 per uur.

• Die virus val die immuunstelsel aan: persoon word makliker deur ander siektes geïnfekteer (soos tuberkulose en longontsteking).

• MIV is nie 'n siekte nie = 'n virus - maak die liggaam vatbaar vir infeksie. Dit is dus nie duidelik sigbaar dat 'n persoon MIV het nie.

• "Volskaalse Vigs" = hele reeks siektes wat uiteindelik nie beheer kan word nie. Nie alle draers van MIV ontwikkel Vigs nie.

• Mees algemene manier waarop MIV in Afrika oorgedra word = deur onbeskermde seksuele omgang (seks).

• Medisyne gee vir mense wat geïnfekteer is amper 'n normale lewe. Wetenskaplikes is op soek na medisynes om die verspreiding van MIV te keer.

• ±35 miljoen mense in die wêreld leef nou met MIV en Vigs.

• In die 30 jaar tussen 1981 en 2011 is 30 miljoen mense wêreldwyd dood aan MIV- of Vigs-verwante oorsake.

Page 4: Onderwerp 3: Bevolkingsgroei en verandering Eenheid 2 ...€¦ · Dit is steeds algemeen in armer, ontwikkelende lande. TB het hoofsaaklik 'n invloed op die longe. Dit versprei wanneer

4

4

Kopiereg voorbehou@

Tuberkulose

Tuberkulose was altyd 'n siekte wat die dood van baie mense dwarsoor die

wêreld veroorsaak het, maar dit kan nou met behoorlike behandeling genees

of met inentings voorkom word.

Dit is steeds algemeen in armer, ontwikkelende lande.

TB het hoofsaaklik 'n invloed op die longe.

Dit versprei wanneer die draers van die siekte hoes of nies, en patogene in die

lug vrystel.

Malaria

Malaria is 'n aansteeklike siekte wat veroorsaak word deur 'n parasiet wat

deur muskiete gedra word.

Daar word geglo dat sterftes (±'n miljoen elke jaar) minder word.

Ongeveer 90% van alle malaria-verwante sterftes vind in Afrika plaas en 70%

van hierdie slagoffers is kinders.

Insektedoders word gebruik om die muskiete te beheer, maar in sommige

gebiede is die muskiete nou weerstandig hierteen.

Diarree

= 'n aansteeklike siekte van die ingewande wat ontstaan wanneer 'n parasiet

die liggaam besmet - veroorsaak baie erge maagpyn en los stoelgange.

Uitbrake van diarree kan deur besmette kos of water veroorsaak word.

Hierdie infeksie vind dikwels plaas na oorstromings of aardbewings of waar

drinkwater nie behoorlik gesuiwer is nie.

Arm en oorbevolkte lande het weer eens die grootste risiko vir diarree en

ander verwante siektes soos cholera, disenterie en tifuskoors.

Pandemies van die verlede

= epidemies wat deur die hele wêreld versprei het en mense orals geïnfekteer

het.

Page 5: Onderwerp 3: Bevolkingsgroei en verandering Eenheid 2 ...€¦ · Dit is steeds algemeen in armer, ontwikkelende lande. TB het hoofsaaklik 'n invloed op die longe. Dit versprei wanneer

5

5

Kopiereg voorbehou@

Gevallestudie: Die Swart Dood

Die Swart Dood van die 14de eeu het naby die Swartsee begin, en weswaarts

deur die hele Europa en na dele van Asië versprei.

Die builepes-virus (plaag) is deur rotte gedra wat tussen die graan op waens

en op skepe weggekruip het: Die vlooie van hierdie rotte wat die virus gedra

het, het mense geïnfekteer deur hulle te byt.

Tussen 1347 en 1351 het twee derdes van al die mense in Europa gesterf as

gevolg van die Swart Dood - Daar is ongeveer 20 miljoen mense dood.

Die Swart Dood-virus het in 1348 in Brittanje aangekom en die dood van 30%

tot 50% van al die land se inwoners veroorsaak.

Die plaag het weer en weer kop uitgesteek en gedurende 'n tydperk van ± 200

jaar die dood van ± 100 miljoen mense wêreldwyd veroorsaak.

Gevallestudie: Pokke

Pokke was een van die ergste siektes ooit.

Het 3 000 jaar gelede in Egipte/Indië begin en oor die hele wêreld versprei.

Dit het die dood van tot 'n derde van die bevolking in party lande veroorsaak.

Daar is miljoene mense dood, insluitende konings en koninginne.

Die meeste oorlewendes was agterna blind.

Pokke het die dood van die helfte van die Amerikaanse Indiaan-bevolking in

die 1600's veroorsaak.

Februarie 1713: pokke-epidemie breek uit by die verversingstasie van die

Hollands Oos-Indiese Kompanjie toe 'n Hollandse skip by die Kaap aandoen.

Dis in die lakens en klere gedra wat aan wal gestuur is om gewas te word.

25% van die Hollandse boere, 90% van die Khoi-mense is dood: hulle het geen

weerstand of tradisionele behandelings hiervoor gehad nie.

Wetenskaplikes het nog nooit 'n doeltreffende behandeling vir pokke

ontwikkel nie, maar ons kan dit voorkom met 'n doeltreffende entstof.

Pokke is die enigste siekte wat regoor die aarde heeltemal uitgeroei is.

Die laaste geval is in 1977 gediagnoseer.

Die grieppandemie

Die grieppandemie het in 1918 in 'n Amerikaanse weermagkamp ontstaan.

Binne slegs 18 maande het dit oor die hele wêreld versprei.

Dit het 'n derde van die wêreld se bevolking besmet en die dood van 50

miljoen mense veroorsaak.

Die het as die Spaanse Griep bekend gestaan.

Dit het skielik in 1919 verdwyn.

Page 6: Onderwerp 3: Bevolkingsgroei en verandering Eenheid 2 ...€¦ · Dit is steeds algemeen in armer, ontwikkelende lande. TB het hoofsaaklik 'n invloed op die longe. Dit versprei wanneer

6

6

Kopiereg voorbehou@

Ekonomiese status

Ekonomiese status vertel jou wat iemand se inkomste is.

In bevolkingstudies is ekonomiese status 'n aanwyser wat jou kan help om te

bereken hoe goed iemand leef.

Alle mense val iewers in 'n wye register van ekonomiese statusse.

Op die een punt is 'n arm, ondervoede persoon in 'n arm land.

Aan die ander punt is ryk, welgevoede persoon in 'n ontwikkelde land.

Hoe ryk of arm mense is, beïnvloed hul geboortesyfers en sterftesyfers.

Kom ons vergelyk 'n ryk land en 'n arm land:

Niger is een van die wêreld se armste lande.

Die meeste van die mense kan nie veel skoolopleiding bekostig nie en

die meeste gesinne is groot.

Baie van die kinders kry nie genoeg om te eet nie, veral tydens droogtes

wanneer oeste misluk.

Baie babas en kinders het gesterf.

Die gemiddelde persoon word nie ouer as 44 jaar nie.

Hierdie bevolkingspiramide wys:

die land het 'n hoë geboortesyfer wat beteken daar is baie jong kinders

baie kinders sterf voor hulle vyf jaar oud word

die sterftesyfer is hoog (grafiek se stawe raak elke jaar korter)

baie min mense word ouer as 70 jaar.

Page 7: Onderwerp 3: Bevolkingsgroei en verandering Eenheid 2 ...€¦ · Dit is steeds algemeen in armer, ontwikkelende lande. TB het hoofsaaklik 'n invloed op die longe. Dit versprei wanneer

7

7

Kopiereg voorbehou@

Vergelyking tussen Niger en Luxemburg

2012 Niger Luxemburg

Gemiddelde inkomste Rand/jaar

R3 020 R634 300

Bevolking onder die broodlyn

66% 0%

Kan lees en skryf 29% 100%

Ondervoede kinders 0-5 jaar

48% <1%

Geboortesyfer per 1 000

50 12

Kindersterftesyfer per 1 000

110 4

Sterftesyfer per 1 000 14 8

Groeikoers per 1 000 36 11

Lewensverwagting, jaar

54 80

Luxemburg is die tweede rykste land ter wêreld.

Die meeste mense hier het goeie kos om te eet en goeie skoolopleiding,

Die geboortesyfer is laag en gesinne is dus klein, en hulle kan beter

skoolopleiding, kos en dokters bekostig.

Die sterftesyfer is laag en die meeste mense word ongeveer 75 jaar oud.

Familie behoeftes, houdings en oortuigings

Hierdie twee vroue het verskillende behoeftes en houdings oor groot gesinne.

Page 8: Onderwerp 3: Bevolkingsgroei en verandering Eenheid 2 ...€¦ · Dit is steeds algemeen in armer, ontwikkelende lande. TB het hoofsaaklik 'n invloed op die longe. Dit versprei wanneer

8

8

Kopiereg voorbehou@

Mense soos Atieno en Maina moet besluite neem oor hul eie gesinne.

Die regerings van lande in Afrika en Asië moet ook besluit of hulle wil probeer

om geboortesyfers te verminder.

In Suid-Afrika beteken die vaste oortuiging ubuntu dat die belang van een

persoon nie ander mense te na mag kom nie.

Kinders ly as ouers nie 'n beperking plaas op die aantal kinders in 'n gesin nie.

Konflik en oorloë

Konflik en oorlog bestaan al vir solank as wat daar mense op aarde is.

Konflik verwys na die bakleiery tussen groepe mense, terwyl oorlog verwys na

die georganiseerde bakleiery tussen lande wat vir lank kan aanhou.

Oorloë

Oorloë bring pyn, lyding en die dood.

In moderne oorloë is dit nie net die soldate in die weermagte, vloot en

lugmagte wat sterf nie.

Gewone burgerlikes word ook gewond en doodgemaak.

Die dood en verwoesting kan lank na 'n oorlog aanhou.

Sommige mense sterf a.g.v. wonde wat hulle in die oorlog opgedoen het.

Ander sterf later wanneer lewendige bomme en landmyne afgaan.

Wanneer mense praat oor "oorlog" verwys hulle gewoonlik na veldslae tussen

verskillende nasies.

Burgeroorlog: mense in een land baklei vir beheer of mag.

Die aantal mense wat in die verskillende oorloë gesterf het:

Oorloë Sterftes

Eerste Wêreldoorlog: 1914 - 1918 40 000 000

Russiese Burgeroorlog: 1918 - 1922 14 000 000

Tweede Wêreldoorlog: 1939 - 1945 62 000 000

China (kommunisme af te dwing): 1949 - 1975 30 000 000

Koreaanse oorlog: 1950 - 1953 3 000 000

Oorloë in Viëtnam: 1957 - 1975 4 250 000

Oorlog tussen Irak en Iran: 1980 - 1988 1 000 000

Tweede Kongolese oorlog: 1998 - 2003 4 600 000

'n Verdere 315 oorloë op aarde: 1945 - 2012 41 400 000

Page 9: Onderwerp 3: Bevolkingsgroei en verandering Eenheid 2 ...€¦ · Dit is steeds algemeen in armer, ontwikkelende lande. TB het hoofsaaklik 'n invloed op die longe. Dit versprei wanneer

9

9

Kopiereg voorbehou@

Hierdie bevolkingspiramide illustreer die bevolking van Duitsland in 1970.

Dit wys in watter mate twee oorloë geboorte- en sterftesyfers beïnvloed het.

Die piramide wys die aantal mans en vrouens van elke ouderdom.

Lang horisontale stawe wys dat daar baie mense in daardie

ouderdomsgroep was.

Konflik

In baie plekke op aarde is daar groot groepe mense uitgemoor as gevolg van

hul ras, geloof of stam.

Hierdie soort grootskaalse moord word 'n volksmoord genoem.

Dit beteken dis 'n voorafbeplande moord van 'n spesifieke groep mense deur

'n ander groep.

Dit gebeur omdat die eerste groep aan 'n ander ras, geloof of stam behoort.

In die reënwoude van die Amazone in Brasilië is daar bv. gemiddeld een ras

per jaar sedert 1900 uitgewis.

Page 10: Onderwerp 3: Bevolkingsgroei en verandering Eenheid 2 ...€¦ · Dit is steeds algemeen in armer, ontwikkelende lande. TB het hoofsaaklik 'n invloed op die longe. Dit versprei wanneer

10

10

Kopiereg voorbehou@

Regeringsbeleid

Met meer as 1,34 biljoen mense (in 2012) is China die land met die grootste

bevolking ter wêreld.

China se bevolking het gedurende die 50 jaar ná 1952 verdubbel.

In die 1970's het die Chinese regering besef dat, indien bevolkingsgroei nie

beheer word nie, dit tot amper 2 biljoen sou groei teen 2030.

Hierdie soort oorbevolking sal die volgende ernstige probleme veroorsaak:

'n tekort aan voedsel en water

'n tekort aan energie

nie genoeg grond nie

besoedeling

Daar is meer mense in China as in enige ander land:

Page 11: Onderwerp 3: Bevolkingsgroei en verandering Eenheid 2 ...€¦ · Dit is steeds algemeen in armer, ontwikkelende lande. TB het hoofsaaklik 'n invloed op die longe. Dit versprei wanneer

11

11

Kopiereg voorbehou@

China het sy "beleid van een-kind-per-gesin" in 1979 begin.

Plaaslike amptenare van die Chinese Kommunistiese Party moes toesien dat

die beleid afgedwing word.

Soms het hulle swanger vroue toegesluit totdat hulle ingestem het om hul

twee baba te laat aborteer.

Enige versuim om dit te laat doen is swaar gestraf.

Hoe China se bevolking moontlik sou kon groei:

Belonings vir ouers met een kind

• kontantbonusse

•meer tyd af voor die baba se geboorte

•beter kindersorg

•beter kans om 'n huis te kry

Strawwe vir ouers met twee kinders

• tot soveel as die helfte van hul inkomste is belas, of hulle kon hul werk verloor, of 'n boete betaal

•ongebore baba is geaborteer

•ouers is gesteriliseer

Page 12: Onderwerp 3: Bevolkingsgroei en verandering Eenheid 2 ...€¦ · Dit is steeds algemeen in armer, ontwikkelende lande. TB het hoofsaaklik 'n invloed op die longe. Dit versprei wanneer

12

12

Kopiereg voorbehou@

Was die beleid die sukses waarop China gehoop het?

Daar is drie antwoorde:

Party mense sê "ja" om dié redes:

•China sou 420 miljoen mense meer gehad het teen 2012.

•Die verminderde bevolkingsgroeikoers beteken dat die land meer voedselvoorrade, water, gas, elektrisiteit en mediese dienste kan verseker.

•Dit het die groie in China se uitsette van rook en die gasse wat aardverwarming veroorsaak, verminder.

Party mense sê "gedeeltelik" om dié redes:

•Die ware aantal aborsies was laer as wat die Chinese regering beweer het, omdat amptenare van die Party soms hul verslae vervals het om straf te vermy.

•Waar die Kommunistiese Party-beheer swak was, het gesinne soms die reëls verbreek.

•Ryk mense het bloot die boete betaal en dan meer as een kind gehad.

• Sedert 1979 het miljoene Chinese na die stede getrek. Hulle was nou meer welvarend maar vind dat voedsel, huur en skoolopleiding so duur is dat hulle self kies om slegs een kind te hê.

Party mense sê "nee" om dié redes:

•Moeders kies om dogtertjies meer gereeld as seuntjies te laat aborteer. Vir elke 100 dogtertjies wat in China gebore word, word daar 119 (130 in sommige provinsies) seuntjies gebore. Dit beteken dat teen 2020 meer as 24 miljoen Chinese mans nie 'n vrou sal kan kry nie.

•Baie mense glo dat die amptelike praktyk van gedwonge aborsie moreel verkeerd en skadelik is, veral teenoor vroue.

•Wanneer die ouers van vandag oud is, sal daar te min werkendes wees om hulle te ondersteun.

Page 13: Onderwerp 3: Bevolkingsgroei en verandering Eenheid 2 ...€¦ · Dit is steeds algemeen in armer, ontwikkelende lande. TB het hoofsaaklik 'n invloed op die longe. Dit versprei wanneer

13

13

Kopiereg voorbehou@

Werkstuk 1 Blokkiesraaisel Datum : ____________________

1 1

2 4

3

3 2

4 5

5

Leidrade:

Af:

1. 'n Virus of ander agent wat 'n siekte kan veroorsaak.

2. Rang of posisie in vergelyking met ander.

3. 'n Medisyne wat gemaak word van die kieme of virus wat 'n siekte veroorsaak en wat in die vel ingespuit word om te keer dat iemand daardie siekte kry.

4. Baie klein plantjies; sommige bakterieë veroorsaak tifuskoors en longontsteking.

5. Geld ontvang uit lone.

Dwars:

1. 'n Siekte wat baie vinnig deur 'n bevolking versprei.

2. Die gedwonge geboorte van 'n baba voor dit kan oorleef.

3. Siekte met baie hoë liggaamstemperature.

4. Verspreiding deur kontrak met 'n persoon wat geïnfekteer is.

5. 'n Dier of plant wat in of op 'n ander dier of plant woon

Page 14: Onderwerp 3: Bevolkingsgroei en verandering Eenheid 2 ...€¦ · Dit is steeds algemeen in armer, ontwikkelende lande. TB het hoofsaaklik 'n invloed op die longe. Dit versprei wanneer

14

14

Kopiereg voorbehou@

Werkstuk 2 Woordsoek Datum : ____________________

Leidrade:

1. 'n Groep simptome wat saam as 'n siekte gesien word.

2. Mense wat nie in die gewapende mag is nie.

3. 'n Soort medisyne wat kieme vernietig.

4. Die voorafbeplande moord van 'n ras of ander groep mense.

5. Enige gevaarlike siekte wat vinnig versprei.

6. 'n Middel, kleiner as bakterieë, wat siektes veroorsaak.

7. Iets wat skielik begin, 'n opstuwing.

8. 'n Plan van aksie.

e v i r u s r t s w a g e

r o w e d c v g b e n r w

p l a a g y u i u w t e e

q k i o p e r t r e i z d

s s b g t y u i g d b s c

w m c d e w s q e v i e t

e o y u s i n d r o o m r

r o i o p r e r l i t t e

c r b g b e l e i d i p r

f d m j u i o p k k k f t

g c d e r t g y e y a e g

u i t b r a a k s n h b v

v b n h y u i o p l u i m

Page 15: Onderwerp 3: Bevolkingsgroei en verandering Eenheid 2 ...€¦ · Dit is steeds algemeen in armer, ontwikkelende lande. TB het hoofsaaklik 'n invloed op die longe. Dit versprei wanneer

15

15

Kopiereg voorbehou@

Werkstuk 3 Pas Kolom B by Kolom A Datum : _______________

Skryf net die regte letter uit Kolom B in die antwoord kolom neer.

Kolom A Antw Kolom B

1. MIV

A. 'n Siekte wat vinnig na ander mense kan versprei.

2. Vigs

B. 'n Grafiek wat die aantal mense

in 'n gebied toon volgens hul ouderdomme en geslag.

3. aansteeklike siekte

C. Te veel mense vir die land om vir hulle genoeg voedsel te verskaf.

4. pandemie

D. Om te weet wat reg en verkeerd is.

5. bevolkingspiramide E. 'n Plan van aksie.

6. ubuntu

F. Die menslike

immuniteitsgebreksvirus wat tot Vigs kan lei.

7. oorbevolk

G. 'n Woord uit Afrika wat "gee om vir ander mense" beteken; ubuntu beteken ook "Ek is wat ek is as gevolg van wie ons almal is.

8. steriliseer

H. Verworwe immuniteitsgebreksindroom.

9. moreel

I. 'n Mediese prosedure wat maak

dat 'n persoon (of dier) nie nakomelinge kan produseer nie.

10. beleid

J. 'n Siekte wat oor die hele wêreld versprei het.

Page 16: Onderwerp 3: Bevolkingsgroei en verandering Eenheid 2 ...€¦ · Dit is steeds algemeen in armer, ontwikkelende lande. TB het hoofsaaklik 'n invloed op die longe. Dit versprei wanneer

16

16

Kopiereg voorbehou@

Werkstuk 4 Waar of Onwaar: Datum : ____________________

1. Siektes wat vinnig deur 'n bevolking versprei staan bekend as epidemies.

2. MIV is 'n siekte, en mens kan dit maklik raaksien as iemand hierdie siekte het.

3. Veral mense in ryk, ontwikkelde lande kry Tuberkulose.

4. Diarree is 'n aansteeklike siekte van die ingewander wat ontstaan wanneer 'n parasiet die liggaam beset.

5. Ekonomiese status vertel jou hoeveel iemand ontvang het uit lone.

6. Konflik en oorloë bestaan net vir ongeveer 150 jaar, sedert mense meer mag en rykdom wou hê.

7. In baie plekke op aarde is daar groot groepe mense uitgemoor as gevolg van hul ras, geloof of stam.

8. Alle oorloë wat plaasvind is tussen verskillende nasies wat baklei oor beheer of mag.

9. China is die land met die grootste bevolking ter wêreld, en Indië het die tweede grootste bevolking.

10. Oorbevolking kan probleme soos 'n tekort aan voedsel en water tot gevolg hê.

Page 17: Onderwerp 3: Bevolkingsgroei en verandering Eenheid 2 ...€¦ · Dit is steeds algemeen in armer, ontwikkelende lande. TB het hoofsaaklik 'n invloed op die longe. Dit versprei wanneer

17

17

Kopiereg voorbehou@

Werkstuk 5 Vul die ontbrekende woorde in: Datum : _______________

1. Die Swart Dood van die 14de eeu het naby die _____ begin, en weswaarts deur die hele Europa en na dele van Asië versprei.

Swartsee

2. Die _____-virus (plaag) is deur rotte gedra wat tussen die graan op waens en op skepe weggekruip het.

builepes

3. Die _____van hierdie rotte wat die virus gedra het, het mense geïnfekteer deur hulle te byt.

vlooie

4. Tussen 1347 en 1351 het twee derdes van al die mense in _____gesterf as gevolg van die Swart Dood - Daar is ongeveer 20 miljoen mense dood.

Europa

5. Die Swart Dood-virus het in 1348 in _____aangekom en die dood van 30% tot 50% van al die land se inwoners veroorsaak.

Brittanje

6. _____was een van die ergste siektes ooit: Het 3 000 jaar gelede in Egipte/Indië begin en oor die hele wêreld versprei.

Pokke

7. Dit het die dood van tot 'n _____van die bevolking in party lande veroorsaak.

derde

8. Daar is miljoene mense dood, insluitende konings en koninginne, en die meeste oorlewendes was agterna _____.

blind

9. Pokke het die dood van die helfte van die _____Indiaan-bevolking in die 1600's veroorsaak.

Amerikaanse

10. Wetenskaplikes het nog nooit 'n doeltreffende behandeling vir pokke ontwikkel nie, maar ons kan dit voorkom met 'n doeltreffende _____.

entstof

Page 18: Onderwerp 3: Bevolkingsgroei en verandering Eenheid 2 ...€¦ · Dit is steeds algemeen in armer, ontwikkelende lande. TB het hoofsaaklik 'n invloed op die longe. Dit versprei wanneer

18

18

Kopiereg voorbehou@

Werkstuk 6 Vraag en antwoord: Datum : ___________________

1. a) Noem vyf faktore wat geboorte- en sterftesyfers kan beïnvloed:

2. a) Noem vyf van die mees aansteeklike siektes ter wêreld:

b) Wat is 'n pandemie?

c) Noem drie pandemies van die verlede:

3. a) Wat is iemand se ekonomiese status?

b) Hoe kan 'n land se ekonomiese status geboorte- en sterftesyfers beïnvloed?

Page 19: Onderwerp 3: Bevolkingsgroei en verandering Eenheid 2 ...€¦ · Dit is steeds algemeen in armer, ontwikkelende lande. TB het hoofsaaklik 'n invloed op die longe. Dit versprei wanneer

19

19

Kopiereg voorbehou@

c) Wat beteken dit as 'n land 'n hoë geboortesyfer het?

4. a) Gee twee redes waarom sommige mense groot gesinne wil hê:

b) Noem drie voordele van kleiner gesinne:

5. a) Hoe lank bestaan konflik en oorloë al?

b) Wat is die verskil tussen konflik en oorlog?

c) Noem vier gevolge wat oorloë bring:

d) Hoe verskil 'n oorlog van 'n burgeroorlog?

c) Wat is volksmoord?

Page 20: Onderwerp 3: Bevolkingsgroei en verandering Eenheid 2 ...€¦ · Dit is steeds algemeen in armer, ontwikkelende lande. TB het hoofsaaklik 'n invloed op die longe. Dit versprei wanneer

20

20

Kopiereg voorbehou@

d) Wat is die drie hoofredes vir volksmoord? Voltooi die sin: In baie plekke op aarde is daar groot groepe mense uitgemoor as gevolg van hul:

6. a) Watter land het die grootste bevolking?

b) Wat het die Chinese regering besef, toe China se bevolking gedurende die 50 jaar na 1952 verdubbel het?

c) Noem vier ernstige probleme as gevolge van hierdie soort oorbevolking:

d) Wanneer het China sy een-kind-beleid begin?

e) Hoe is ouers met net een kind "beloon"? Noem vier.

f) Hoe is ouers met meer as een kind gestraf?