Ferdinand Postma Kommunikasiebrief 2/2016

download Ferdinand Postma Kommunikasiebrief 2/2016

of 4

Transcript of Ferdinand Postma Kommunikasiebrief 2/2016

  • 8/16/2019 Ferdinand Postma Kommunikasiebrief 2/2016

    1/4

    1

    Kommunikasiebriefnommer 28 April 2016

    Geagte Ouer/Voog

    Met die skadu’s wat al langer word, weet ons dat die winter op pad is. Hier by

    Ferdies verdryf ons enige gedagte aan koue egter met harde werk tydens dietweede kwartaal wat gevul is met aktiwiteite propvol lekkerte. Die volgende sakeword deurgegee vir kennisname.

    RAPPORTE/AKADEMIESE VERSLAEU kind ontvang vandag ʼn verslag van sy/haar akademiese vordering sodat u ʼnaanduiding kan hê van sy/haar prestasie in die deurlopende assessering (informele-,formele toetse en take) wat tydens die eerste kwartaal plaasgevind het. Neemasseblief kennis dat die rapporte van die eerste en tweede kwartaal nie 100%vergelykbaar is nie omdat die verslag tydens die eerste kwartaal oor min werk wasen nie 'n eksamen ingesluit het nie. Die tweede kwartaal se verslag (rapport) is ʼn

    kombinasie van assesseringstake, siklustoetse en ʼn volledige eksamen. Diehoeveelheid werk waaroor leerders tydens die tweede kwartaal geëksamineer word,sal ook beduidend meer wees in omvang en volume as die afsonderlikeassesseringstake en toetse van die eerste kwartaal.

    Die slaagvereistes van elke toepaslike graad word aan die onderkant van die rapportgedruk.

    Teken asseblief vir ontvangs van die rapport by die toegekende plek in u kind sedagboek. Saam met die rapporte ontvang u ook ʼn verslag van oortredings enmeriete.

    TOETS- EN TAAKROOSTERDie taak- en toetsrooster van die tweede kwartaal is aan hierdie kommunikasiebriefgeheg. Leerders het dus voldoende tyd om hul werk en tyd daarvolgens te beplan.Hierdie roosters moet in hul dagboeke geplak word en onderwysers en leerders moetstreng by dié rooster hou.

    Onderwysers mag geen uitstel aan leerders gee vir laat inhandiging van take of skryfvan toetse nie. Slegs die adjunkhoof mag in uitsonderlike gevalle toestemming gee.Indien ʼn leerder a.g.v. siekte of ʼn ander geldige rede nie ʼn toets/taak op dietoegekende datum of tyd kan skryf of doen nie, moet die adjunkhoof waar moontlikreeds die vorige dag of vóór 08:00 van die betrokke toets- of taakdag

    geskakel/gespreek word.

  • 8/16/2019 Ferdinand Postma Kommunikasiebrief 2/2016

    2/4

    2

    Slegs ʼn mediese sertifikaat (uitgereik op grond van ʼn mediese ondersoek, nie ʼn telefoniese mededeling nie)  sal as geldige verskoning aanvaar word virafwesigheid van toetse en take as gevolg van siekte. Leerders moet hierdiemediese sertikate ingee op die eerste dag waarop hulle ná die siekte/besering terugis by die skool. Leerders wat nie wettige sertifikate ingee nie, sal nul vir die betrokke

    toets, assesseringstaak of eksamenvraestel kry. Ouers/voogde moet dieadjunkhoof/hoof soos reeds gemeld ook vóór 08:00 op die betrokke toetsdag skakelen inlig in verband met die afwesigheid.

    Take wat een dag laat is, word met -5% en take wat twee dae laat is, met -10 %gepenaliseer. Indien take later as twee dae is, word alle punte verbeur. ‘n Mediesesertifikaat dien nie  as kwytskelding van die inhandiging van take nie. Leerders wata.g.v. ʼn geldige mediese rede (mediese sertifikate) nie ʼn taak op die geskeduleerdedatum kan ingee nie, moet dit op die eerste dag terug by die skool wel ingee. Alleleerders moet dus al hul take doen en ingee om te kan slaag.

    SPELOLIMPIADEFerdies se jaarlikse spelolimpiade in beide Afrikaans en Engels vind vanjaaronderskeidelik op Maandag, 11 April (Afrikaans) en Donderdag, 14 April (Engels) plaas. U word vriendelik versoek om die belangrikheid van keurige spelling vir ukinders te beklemtoon.

    EKSAMENROOSTERDie eksamenrooster sal op 6 Mei 2016 aan die leerders uitgedeel word.

    OUERAANDDie oueraand vind op 11 April 2016 plaas. Ons sien daarna uit om ál ons ouers bydie skool te ontvang. U het reeds ʼn sms in dié verband ontvang.

    Leerders en hul ouers kan personeellede sonder afspraak van 17:30 – 18:00 ontmoet en volgens afspraak vanaf 18:00 – 19:30. Indien u nie reeds ná die sms ʼnafspraak gemaak het nie, kan u steeds op Maandag, 11 April deur u kind 10-minuut-afsprake met onderwysers maak. Ons tref hierdie reëling om te probeer verhoed datu in lang rye voor personeellede se deure staan. Afsprake word skriftelik deur u asouer/voog en onderwyser bevestig. U word vriendelik versoek om u afsprake na tekom en onderwysers nie in die vasgestelde afspraaktydgleuf (18:00 – 19:30) te wilspreek sonder ʼn afspraak nie.

    SWAK HEMPSMATERIAAL, WINTERSKLEREDRAG, SPORTDRAG EN HARENogmaals dankie aan alle ouers wat saam met ons gesteld is op ʼn keurigeskooluniform en daarom die klagtes oor die hemde aan ons gestuur het. Ons vraweereens om verskoning vir die swak kwaliteit wat deur die vervaardigers aan SSSkooldrag verskaf is. Na uitgerekte onderhandelings spyt dit ons om u mee te deeldat die vervaardiger weier om SS/die ouers te vergoed vir die hemde van swakkwaliteit. Hulle is wel bereid om hemde terug te neem vir hersteldoeleindes.

    Ons oorweeg tans verskeie opsies om seker te maak dat u in die toekoms hemdevan goeie kwaliteit kan koop. U ontvang binnekort ʼn kennisgewing in dié verband.

  • 8/16/2019 Ferdinand Postma Kommunikasiebrief 2/2016

    3/4

    3

    Indien u kind dringend ʼn hemp benodig, is u welkom om die skool te skakel. Ons hetnog enkele hemde in die skool se klerebank.

    Die dra van wintersdrag is verpligtend vanaf 4 Mei tot 26 Augustus 2016. Die reëlsin verband met leerders se hare en algemene voorkoms geld vanaf die eerste dag

    van elke kwartaal. Leerders moet te alle tye aan alle voorkomsreëls voldoenwanneer hulle die skooluniform dra.

    Die dra van skoolsweetpakke is verpligtend op LO “PT”-dae. Vanjaar is dit op dagtwee. Bestel asseblief dringend ʼn sweetpak vir u kind indien hy/sy nog nie een hetnie. Slegs graad 8-leerders mag nuwe skoolsweetpakke bestel.

    Neem asseblief kennis dat leerders onder geen omstandighede hulskoolsweetpakbaadjies by hul formele skooldrag mag dra nie. Leerders moetskooltruie en hul kleurbaadjies (“blazers”) saam met hul formele skooldrag dragedurende die winter. Dogters dra swart langbroeke wat slegs by SS Skooldrag 

    gekoop mag word of die gewone skoolromp saam met swart lycrasykouse.

    MATRIEKAFSKEIDDie matriekafskeid vind vanjaar op 30 September 2016 by Anderland plaas. Diekoste is R400  per persoon en kan reeds by die finansiële kantoor of elektroniesinbetaal word. Meld asseblief net “matriekafskeid” as verwysing indien u elektroniesbetaal. Die volle bedrag moet teen 1 September  betaal wees.

    LIGABEPALINGS VIR NETBAL EN RUGBYHier volg die ligabepalings vir genoemde sporte vir die tweede kwartaal.

    Saterdag,9 April Stella (weg)Saterdag, 16 April Mafikeng(weg)Woensdag, 20 April Orkney (tuis)Saterdag, 23 April Sannieshof(tuis)Saterdag, 7 Mei Swartruggens(tuis)Saterdag, 14 Mei Bloemhof(weg)Saterdag, 21 Mei Christiana(tuis)Saterdag, 28 Mei Netbal – semi-finaleSaterdag, 4 Junie Rugby – semi-finaleSaterdag, 11 Junie Finale

    TEN SLOTTEMag elkeen van ons elke oomblik van elke dag in hierdie komende kwartaal metentoesiasme aanpak sodat ons ons waarde vir die tweede kwartaal met mag enmening sal uitleef en tot in alle uithoeke laat resoneer!

    Vriendelike Ferdiegroete.

     ________________

    A.J. LabuschagneSkoolhoof

  • 8/16/2019 Ferdinand Postma Kommunikasiebrief 2/2016

    4/4

    4