Fase Onderwysershandleiding Intermediêre Life... · • Opwarm (5 min.) Draf • Strek (8 min.)...

38
Intermediêre Fase Onderwysershandleiding Graad 6 Lewens- oriëntering

Transcript of Fase Onderwysershandleiding Intermediêre Life... · • Opwarm (5 min.) Draf • Strek (8 min.)...

Inte

rmed

iêre

Fas

e On

derw

yser

shan

dlei

ding

Graad

6Lewens-

oriëntering

- 1 -

LEWENSORIËNTERING GRAAD 6

ONDERWYSERSGIDS

KWARTAAL 1

Week Metodologie, Hulpbronne, Integrasie, Assessering, Nuwe woorde

Week 1 LU 1 AS 6.1.1

LU 4 AS 6.4.3

METODOLOGIE Interpreteer voedseletikette: Gesondheidsuitwerking van kos

• Versamel voedseletikette van voedselverpakkings soos etikette op blikkieskos, ontbytgraanhouers, ens.

• Leer leerders om die etikette te lees om die bestanddele en/of voedingstowwe te identifiseer.

• Leerders moet die bestanddele en hul hoeveelhede lys. • Vra hulle om ’n tabel te maak en die bestanddele in die korrekte kategorie te

lys. Gebruik die volgende opskrifte: Vette, koolhidrate, vitamiene, minerale en proteïene.

HULPBRONNE:

• Leë voedselhouers, bv. ontbytgraandose, aartappelskyfiepakkies, koeldrankblikkies

• Skêre • Gomstokkie

INTEGRASIE: ASSESSERING:

• Werkvel: Voedingstowwe en elemente word voorsien, leerders pas korrekte voedingstowwe en elemente by voedselbronne.

NUWE WOORDE:

handelsnaam identifiseer bespreek bestanddele voedingstowwe bronne koolhidrate proteïene minerale vitamiene

LIGGAAMLIKE OPVOEDING − METODOLOGIE Deelname aan fiksheid: Stamina

• Opwarm (5 min.) Draf • Strek (8 min.) Strek skouers, strek buikspiere, strek beenspiere. • Stasies: (Meerderheid van die tyd) Spierversterking, opsitte, opstote, spring

sywaarts oor ’n streep, vorentoe en agtertoe. Heen-en-weer-hardloop: Hardloop tussen kegels, spronge, touspring, burpees, strekspronge.

• Afkoelaktiwiteit, (5 min.) draf, flink stap, stadig stap. • Voeg eie by

HULPBRONNE: • Matte • Toue • Kegels • LO-kleredrag • Fluitjie • Stophorlosie

- 2 -

INTEGRASIE:

• Voeg eie by ASSESSERING:

- Groep - Portuur - Onderwyserwaarneming - Elke leerder ontvang ’n rekordvel vir 5 weke. Onderwyser verduidelik

hoe optekening oor die volgende 5 weke sal plaasvind. NUWE WOORDE:

opsitte burpees spronge heen-en-weer hardloop flink hop spierversterking sywaarts vorentoe agtertoe kleredrag afkoel

liggaamlike fiksheidsprogram ontwikkel deelneem soepelheid stamina vermoë

Week 2 LU 1 AS 6.1.1 LU 4 AS 6.4.3

METODOLOGIE Gesondheidsuitwerking van kos Stel die voedselpiramide aan leerders bekend om die gesondheidsuitwerking (voordele) van kos te illustreer.

• Wys die voedselpiramide vir die leerders. • Bespreek die voedselpiramide. • Interpreteer die voedselpiramide. • Vra vrae soos: Hoekom is al die koolhidrate onder op die voedselpiramide

en die vette bo? Hulpbronne:

• Diagramme van voedselpiramide • Skêre • Gomstokkie • Tydskrifte

Integrasie:

• Voeg eie by Assessering:

• Leerders kry ’n diagram van die voedselpiramide. • Hulle moet prente van die voedselsoorte op die regte plek inplak. • Werkvel: Gee die funksies van die 5 voedingstowwe

Nuwe woorde:

opinie krities interpreteer piramide gesondheid uitwerking diagram

LIGGAAMLIKE OPVOEDING − METODOLOGIE Deelname aan fiksheid: Krag en spieruithouvermoë

• Opwarm (5 min.) Draf • Strek (8 min.) Strek skouers, strek buikspiere, strek beenspiere.

- 3 -

• Stasies: (Meerderheid van die tyd) Spierversterking, opsitte, opstote, spring

sywaarts oor ’n streep, vorentoe en agtertoe. Heen-en-weer-hardloop: Hardloop tussen kegels, spronge, touspring, burpees, strekspronge.

• Afkoelaktiwiteit, (5 min.) draf, flink stap, stadig stap. • Voeg eie by

HULPBRONNE:

• Matte • Toue • Kegels • LO-kleredrag • Fluitjie • Stophorlosie

INTEGRASIE: Voeg eie by ASSESSERING:

• Groepevaluering • Portuurevaluering • Onderwyserwaarneming • Leerders teken vordering aan op rekordvel na eerste week

Week 3 LU 2 AS 6.2.1 LU 4 AS 6.3.1

METODOLOGIE Kinderregte

• Leerders besin oor kinderregte en gebruik eie ervaring om voorbeelde te lys. • Vergelyk die lys van leerders met die van die Handves van Regte. • Groepbesprekings van kinderregte • Leerders gee terugvoering en klasbespreking volg.

HULPBRONNE: • Kopieë van die Handves van Regte • Kopieë van die verkorte weergawe van die Suid-Afrikaanse Grondwet • Plakkate en prente van voorstellings van kinderregte

INTEGRASIE:

• Voeg eie by ASSESSERING:

• Leerders word geassesseer soos die groepbesprekings ontwikkel NUWE WOORDE:

Handves van Regte Grondwet

LIGGAAMLIKE OPVOEDING − METODOLOGIE Deelname aan fiksheid: Soepelheid en ratsheid

• Opwarm (5 min.) Draf • Strek (8 min.) Strek skouers, strek buikspiere, strek beenspiere.

- 4 -

• Stasies: (Meerderheid van die tyd) Spierversterking, opsitte, opstote, spring

sywaarts oor ’n streep, vorentoe en agtertoe. Heen-en-weer-hardloop: Hardloop tussen kegels, spronge, touspring, burpees, strekspronge.

• Afkoelaktiwiteit, (5 min.) draf, flink stap, stadig stap. HULPBRONNE:

• Matte • Toue • Kegels • LO-kleredrag • Fluitjie • Stophorlosie

INTEGRASIE:

• Voeg eie by ASSESSERING:

• Groepevaluering • Portuurevaluering • Onderwyserwaarneming • Leerders teken vordering aan op rekordvel na die eerste week

Week 4 LU 2 AS 6.2.1 LU 4 AS 6.4.5

METODOLOGIE: Pas kinderregte toe

• Leerders blaai deur die Grondwet van Suid-Afrika en identifiseer die afdelings oor die Handves van Regte.

• Leerders gebruik eie ervaring om hul kennis van regte en verantwoordelikhede op te noem.

• Onderwyser beklemtoon die leerders se verantwoordelikhede teenoor regte.

HULPBRONNE: • Kopieë van die SA Grondwet

INTEGRASIE:

• Voeg eie by ASSESSERING:

• Leerders kan ’n plakkaat ontwerp om kinderregte te belig NUWE WOORDE:

Handves van Regte Grondwet klousules

LIGGAAMLIKE OPVOEDING − METODOLOGIE Deelname aan ’n liggaamlike fiksheidsprogram om stamina, spieruithouvermoë, soepelheid en spoed te ontwikkel.

• Opwarm (5 min.) Draf • Strek (8 min.) Strek skouers, strek buikspiere, strek beenspiere. • Stasies: (Meerderheid van die tyd) Spierversterking, opsitte, opstote, spring

sywaarts oor ’n streep, vorentoe en agtertoe. Heen-en-weer-hardloop: Hardloop tussen kegels, spronge, touspring, burpees, strekspronge.

- 5 -

• Afkoelaktiwiteit, (5 min.) draf, flink stap, stadig stap. • Voeg eie by

Week 5 LU 2 AS 6.2.1 LU 4 AS 6.4.5

METODOLOGIE FORMELE ASSESSERING KINDERREGTE

• Die leerders moet nou kinderregte op hul eie lewens toepas. • Dink na oor regte en verantwoordelikhede, bv. jou reg op opvoeding gee jou

die verantwoordelikheid om hard te werk op skool en voort te gaan met tersiêre opleiding, ens.

HULPBRONNE:

• Kopieë van die SA Grondwet INTEGRASIE:

• Sosiale Wetenskappe ASSESSERING:

• Geskrewe take NUWE WOORDE:

verantwoordelikhede tersiêre instellings

LIGGAAMLIKE OPVOEDING − METODOLOGIE Formele assessering van fiksheid

• Neem deel aan ’n liggaamlike fiksheidsassesseringsaktiwiteit. HULPBRONNE:

• Basiese noodhulptoerusting INTEGRASIE:

• Voeg eie by ASSESSERING:

• Onderwyserwaarneming • Leerders teken vordering aan op rekordvel na die derde week

Week 6 LU 3 AS 6.3.1

METODOLOGIE Ken jouself: Vermoëns, aanleg, belangstellings en sterk punte Besin oor eie vermoëns in terme van aanleg, belangstellings, sterk punte en selfbeeld.

• Leerders lys hul sterk punte en swakhede. • Bespreek hulle sterk punte en swakhede met ’n maat van hul keuse. • Hou `n ope-klas gesprek oor algemene eienskappe van leerders. • Pare gesels weer privaat waar hulle probeer sin maak van hul swakhede en

sterk punte – hulle probeer hulself m.a.w. verstaan. • Leerders probeer uiteindelik ’n prentjie van hulself ontwikkel met verwysing

na hul self-beeld, sterkte- en swakhede.

- 6 -

LU 4 AS 6.4.3

HULPBRONNE:

• Papier om hulself op ’n simboliese manier te teken of te verf en so hul selfbeeld uit te beeld.

INTEGRASIE:

• Voeg eie by ASSESSERING:

• Plakkaat NUWE WOORDE:

selfbeeld liggaamsbeeld sterk punte

LIGGAAMLIKE OPVOEDING − METODOLOGIE Basiese noodhulp

• Wat is basiese noodhulp? Volg die volgende basiese reëls: - Roep eerstens om hulp. Bly by die persoon totdat hulp opdaag. - Wees bewus van jou eie veiligheid. - Pas noodhulp toe.

• Volg die ABC van noodhulp: Kyk of die LUGWEG oop is/Kyk of die persoon ASEMHAAL/Kyk of die persoon se hart KLOP.

• Let op na die volgende: Mense het dringend hulp nodig wanneer: - hulle ophou asemhaal; - hul hart ophou klop; - hulle erg bloei; - hulle erg verbrand het; - die pasiënt bewusteloos is.

HULPBRONNE:

• Plakkate • Prente van ongeluks-/noodtonele • Basiese noodhulptoerusting

INTEGRASIE: ASSESSERING:

• Demonstrasies. • Leerders skryf ’n storie oor ’n noodgeval. Dit kan: ’n storie wees, iets wat

hulle op TV gesien het, iets wat met hulle of iemand wat hulle ken gebeur het, of iets wees wat hulle gelees het. Skryf asof daar vir ’n koerant verslag gedoen word.

NUWE WOORDE: noodgeval bewusteloos lugweg asemhaal sirkulasie pasiënt kunsmatige asemhaling

- 7 -

Week 7 LU 3 AS 6.3.1 LU 4 AS 6.4.5

METODOLOGIE Ken jouself, jou self-beeld en liggaamshouding Dink na oor eie vermoëns, aanleg, belangstellings en sterk punte, asook self-beeld. Dink na oor jou self-beeld. Jou self-beeld is ’n spieëlbeeld van hoe jy jouself sien. Hoe jy vir ander mense voorkom.

• Hoe sien jy jouself? Kyk in die spieël en vra jouself: Hou jy van jouself?

Is jy selfversekerd? Is jy positief? Kan jy jouself teen mishandeling beskerm? Kan jy jouself laat geld? Ens. • Vra leerders om na te dink oor hul eie vermoë om hulself in terme van hulle

aanleg, belangstellings, sterk punte en liggaamsbeeld te verstaan. HULPBRONNE:

• Foto’s van leerders • Prente met positiewe beelde • Musiek-, sang- en dansbeelde, ens.

INTEGRASIE:

• Tale ASSESSERING:

• ’n Informele assesseringsaktiwiteit waar leerders hulself uitbeeld. NUWE WOORDE:

spieël foto’s beeld skildery/portret

LIGGAAMLIKE OPVOEDING − METODOLOGIE Basiese noodhulp Kennis van universele voorsorgmaatreëls: Standaardprosedures om die verspreiding van MIV/vigs te voorkom.

- Dra handskoene wanneer daar met bloed gewerk word. - Gebruik plastieksakke indien handskoene nie beskikbaar is nie. - Wys hoe plastieksakke gedra moet word om kontak met bloed of ander

liggaamsvloeistowwe in geval van beserings te voorkom. HULPBRONNE:

• Wys hoe plastieksakke gedra moet word INTEGRASIE:

• Voeg eie by ASSESSERING:

• Onderwyserwaarneming. • Leerders teken vordering aan op rekordvel na die derde week.

- 8 -

NUWE WOORDE:

universele voorsorgmaatreëls voorkoming

Week 8 LU 3 AS 6.3.1 LU 4 AS 6.4.3

METODOLOGIE Ken jouself: Pas verworwe lewensvaardighede toe Besin oor eie vermoëns, aanleg, belangstellings en sterk punte, asook liggaamsbeeld.

• Gebruik scenario’s om werklike situasies waarin leerders hulself kan bevind, te weerspieël, byvoorbeeld: Het jy ’n stokperdjie? Neem jy aan sport deel? Hoe bring jy jou vryetyd deur?: Is jy met misdaad besig? Gebruik jy dwelms?

• Pas vermoëns, aanleg, belangstellings en sterk punte in die bogenoemde uitdagende situasies toe.

• Beskryf wat ’n moontlike selfbeeld is. Koppel ’n positiewe selfbeeld aan eiewaarde en liggaamshouding.

Verduidelik: Liggaamshouding – Jou fisiese voorkoms en lyftaal. Eiewaarde – Selfvertroue en kan jouself laat geld, staan op vir dit waarin jy glo. Selfbeeld – Wat jy van jouself dink. Respekteer jy jouself? Kyk jy na jouself, jou liggaam – is jy lief vir jouself? HULPBRONNE:

• Prente uit verskillende hulpbronne wat verskillende beelde van mense weerspieël.

INTEGRASIE:

• Tale ASSESSERING:

• Maak en ontwerp NUWE WOORDE:

voorkoms

LIGGAAMLIKE OPVOEDING − METODOLOGIE Pas basiese noodhulp toe Wenk aan onderwyser: As u nie kennis van basiese noodhulp het nie, behoort u ’n gerespekteerde noodhulpopleier te raadpleeg om u te help om die basiese noodhulpbeginsels tydens enige potensiële besering aan die leerders oor te dra. Wys vir hulle die volgende:

• Simulering van ongelukstoneel. • Voorsorgmaatreëls wanneer daar met bloed gewerk word. • Behandeling van oop wonde. • Behandeling van moontlike breuke/frakture. • Behandeling van enige ander noodgevalle wat noodhulp vereis in die

leerders se konteks.

- 9 -

Week 9 LU 2 AS 6.2.1 LU 4 AS 6.4.3

METODOLOGIE Ken jouself: Pas verworwe lewensvaardighede toe. Dink na oor eie vermoëns, aanleg, belangstellings en sterk punte, asook liggaamshouding. Pas ’n positiewe liggaamshouding in uitdagende situasies soos ’n argument met jou beste maat/wanneer jy met iemand opbreek, ens. toe Grondwetlike regte

• Besin oor eie verantwoordelikheid teenoor regte soos in die Suid-Afrikaanse Grondwet beskryf.

• Besin oor eie toepassing van kinderregte soos beskryf in die Suid-Afrikaanse Grondwet.

LIGGAAMLIKE OPVOEDING − METODOLOGIE Pas basiese noodhulp toe

• Behandeling van ander noodgevalle wat noodhulp vereis in die konteks van die leerder, soos brandwonde a.g.v. vuur, brandwonde a.g.v. kokende water, ens.

• Verwys asseblief na ’n gerespekteerde noodhulpopleier. HULPBRONNE:

• Prente van ongelukke a.g.v. vuur, kokende water, paraffien, ens. INTEGRASIE:

• NW ASSESSERING:

• Geskrewe take

Week 10 LU 4 AS 6.4.5 LU 4 AS 6.4.5

Neem deel aan ’n liggaamlike fiksheidsprogram wat ontwerp is om spesifieke aspekte van fiksheid te ontwikkel. FORMELE ASSESSERING: Deelname aan fiksheid

• Neem deel aan ’n liggaamlike fiksheidsassesseringsprogram om aspekte

van liggaamlike fiksheid te ontwikkel Pas basiese noodhulp in verskillende situasies toe FORMELE ASSESSERING: Toepassing van basiese noodhulp

• Demonstreer en pas basiese noodhulp toe

- 10 -

KWARTAAL 2

Weke Metodologie, Hulpbronne, Integrasie, Assessering , Nuwe woorde

Week 11 LU 1 AS 6.1.2 Gesond-heidsbevor-dering LU 4 AS 6.4

METODOLOGIE Gemeenskaps- en omgewingsgesondheid

• Neem deel daaraan om ’n probleem in die omgewing te identifiseer wat ’n gesondheidsrisiko in die/jou gemeenskap is.

• Maak die leerders bewus van die belangrikheid daarvan om die omgewing nie te besoedel nie. Byvoorbeeld: wegneem van afval, rommel, staande water, ens.

• Leerders moet die probleme in die omgewing wat tot gesondheidsprobleme kan lei, identifiseer en `n lys daarvan maak.

• Maak die les interessant deur ‘projekspanne’ saam te stel wat nie net die probleem moet identifiseer nie, maar dit ook moet takel. Hulle moet met ’n interessante plakkaat vorendag kom wat die probleem belig. Gee leiding aan hulle terwyl hulle hul werk vir die plakkaat ontwikkel. Verskap die volgende opskrifte waaronder hulle hul bevindinge moet opskryf: Die probleemstelling; oorsake van die probleem; voorkoming en aanbevelings, ens.

HULPBRONNE:

• Plakkaatpapier • Tydskrifte • Koerante

INTEGRASIE:

• Sosiale Wetenskappe: Aardrykskunde ASSESSERING:

• Maak en ontwerp: Informele/ formele assessering NUWE WOORDE:

omgewing besoedeling geografiese

LIGGAAMLIKE OPVOEDING − METODOLOGIE Beweging en Liggaamlike Ontwikkeling Gimnastiek

• Opwarm : loop stadig, loop vinnig, draf stadig, draf flink (spoed) • Strekoefeninge: Onderste ledemate en liggaamsdele, syromp, skouergordel

en boromp. • Konsentreer op die volgende met die gimnastiese reeks:

- Houding: – goeie liggaamsposisie, houding, grasie, uitgangsposisies en afronding van bewegings

- Spoed: Vinnig, Stadig, konsekwent - Rigting: Vorentoe, Agtertoe, Sywaarts, Opwaarts, Afwaarts, Draai in albei

rigtings Uitgebreide geleentheid

• Werk in die rigting van ’n vloerpatroon

- 11 -

HULPBRONNE:

• Matte • Stoele • Bok • Beulperd • Springtafel (indien beskikbaar) • Fluitjie • LO-kleredrag

INTEGRASIE:

• Voeg eie by ASSESSERING:

• Waarneming NUWE WOORDE:

verfyn reekse/sekwensies vorms spoed rigting gimnastiese aksies beklemtoon simmetries asimmetries beulperd spring verskeidenheid gedraai volhoubare opwaarts afwaarts patroon

Week 12 LU 1 AS 6.1.2

METODOLOGIE Gemeenskaps- en omgewingsgesondheid

• Konsolideer die stappe in die probleemoplossingsproses wat in Graad 5 geleer is: Beskryf die probleem (sê presies wat die probleem is); genereer verskillende opsies om die probleem aan te spreek (lys hulle); kies die beste oplossing; implementeer die finale keuse.

• Formuleer deurdagte keuses en/of neem aksie deur probleemoplossingsaktiwiteite toe te pas om die probleem op te los.

• Leerders moet met interessante maniere vorendag kom om die probleem tydens die klasbespreking aan te spreek.

HULPBRONNE:

• Plakkaatborde • Aanbiedingsvelle • Gekleurde penne • Selfs voorbeelde van gewilde artefakte uit rommel

INTEGRASIE:

• Sosiale Wetenskappe − Aardrykskunde ASSESSERING:

• Mondelinge aanbieding NUWE WOORDE:

mondelinge aanbieding

- 12 -

LU 4 AS 6.4.2

LIGGAAMLIKE OPVOEDING − METODOLOGIE Beweging en Liggaamlike Ontwikkeling: Gimnastiek Demonstreer verworwe/geoefende gimnastiese bewegingsreekse wat verandering van vorm, spoed en rigting insluit.

• Opwarm: draf, • Strek – Soos in week een • Stasies: Gimnastiese aksies – vooroorrol, agteroorrol, wawiel,

Arabiersprong, kopstand, handstand, agteruit loop, handstand op balk, arabesk ( balanseer op een been met die ander been na voor of agter gestrek)

NB: Moet slegs deur ’n kenner onderrig word.

Uitgebreide geleentheid • Werk in die rigting van ’n vloerpatroon

HULPBRONNE:

• Matte INTEGRASIE: ASSESSERING:

• Waarneming en selfassessering. NUWE WOORDE:

gimnastiek kleredrag reeks/sekwensie

Week 13 LU 2 AS 6.2.3

METODOLOGIE Geslagstereotipering, seksisme en mishandeling Die volgende onderwerpe is sensitiewe onderwerpe en moet in die derdepersoon- benadering aangebied word. Gebruik m.a.w. scenario’s, stories of voorbeelde met ’n algemene uitkyk op die probleem. Moenie situasies wat op die leerders in die klas van toepassing is as voorbeelde gebruik nie.

• Wat is geslagstereotipering? – Bepaalde persepsies van iemand/groep/gemeenskap/kultuur t.o.v.geslag.

• Wat is seksisme? Geslagsvooroordeel/geslagspartydigheid. • Bespreek die uitwerking van geslagstereotipering op persoonlike en sosiale

verhoudings, byvoorbeeld: persoonlik – mense voel sleg as daar teen hulle gediskrimineer word; sosiaal − geslagsvooroordele belemmer goeie sosiale verhoudings.

• Bespreek die uitwerking van seksisme op persoonlike en sosiale verhoudings, byvoorbeeld: Gebruik die Handves van Regte om te wys dat dit ’n misdaad is om seksisme te beoefen en op grond van geslag te diskrimineer.

HULPBRONNE:

• SA Grondwet • Koerante • Tydskrifte

INTEGRASIE:

• Tale: LU 1

- 13 -

LU 4 AS 6.4.2

ASSESSERING:

• Mondelinge aanbieding/geskrewe take NUWE WOORDE:

vooroordeel diskriminasie stereotipering geslag seksisme

LIGGAAMLIKE OPVOEDING − METODOLOGIE Beweging en Liggaamlike Ontwikkeling: Stel die vloeroefening in gimnastiek bekend

• Demonstreer verworwe/geoefende bewegingsreekse wat verandering van vorm, spoed en rigting insluit.

• Oefen gekombineerde vaardighede wat in week 1 en 2 geleer is om ’n verfynde vloerreeks deur middel van gimnastiek te demonstreer.

HULPBRONNE:

• Matte • CD-speler • CD’s met gepaste musiek • LO-kleredrag • Fluitjie

INTEGRASIE: ASSESSERING:

• Neem waar, doen aanbevelings en bied ondersteuning om reeks te verfyn. NUWE WOORDE:

• Hersien nuwe woorde van week 1 en week 2.

Week 14 LU 2 AS 6.2.3

METODOLOGIE Geslagstereotipering, seksisme en mishandeling

• Bespreek die uitwerking van mishandeling op persoonlike verhoudings Fokus op die uitwerking van mishandeling op persoonlike verhoudings:

• Wat is mishandeling?- As iemand misbruik word, bv. kinderarbeid, seksuele inbreuk, dwelmsmokkelary.

• Bespreek fisieke mishandeling – lyfstraf, pakslae wat ernstige letsels of beserings tot gevolg het.

• Bespreek verbale mishandeling − neerhalende aanmerkings, naamskending, uitskel, vernedering, ens.

• Bespreek seksuele mishandeling − ongevraagde seksuele aandag, verkragting, ens.

• Bespreek emosionele mishandeling – afknouery, uitsluiting, vermyding, marginalisering.

HULPBRONNE:

• Scenario • SA Grondwet • Tydskrifte • Prente, ens.

- 14 -

LU 4 AS 6.4.2

INTEGRASIE:

• Tale ASSESSERING:

• Scenario’s • Waarneming of geskrewe take

NUWE WOORDE:

neerhalend verbale mishandeling afknouery emosionele marginalisering

LIGGAAMLIKE OPVOEDING − METODOLOGIE Beweging en Liggaamlike Ontwikkeling: Gimnastiek

• Demonstreer verworwe/geoefende bewegingsreekse wat afwisseling van balans, spoed en rigting insluit.

• Oefen gekombineerde vaardighede wat in week 1, 2 en 3 geleer is om ’n verfynde vloerreeks deur middel van gimnastiek te demonstreer.

HULPBRONNE:

• Matte • CD-speler • CD’s met gepaste musiek • LO-kleredrag • Fluitjie

INTEGRASIE: ASSESSERING:

• Formele assessering deur waarneming. Onderwyser assesseer. NUWE WOORDE:

• Hersien nuwe woorde van week 1 en week 2.

Week 15 LU 2 AS 6.2.3

METODOLOGIE Geslagstereotipering, seksisme en mishandeling Fokus op die uitwerking van mishandeling op sosiale verhoudings.

• Wat is ’n sosiale verhouding? Verbintenis van twee of meer mense. Groepe mense met dieselfde doelwitte en doelstellings.

• Bespreek fisieke mishandeling – lyfstraf, pakslae wat ernstige letsels of beserings tot gevolg het en hoe dit sosiale verhoudings beïnvloed – bv. breek die persoon se eiewaarde af; Met die gevolg- die persoon onttrek of rebelleer.

• Om geweld te gebruik om probleme op te los, kan slegs tot geweldadige response lei.

• Bespreek verbale mishandeling − neerhalende aanmerkings, naamskending, vernedering se invloed op sosiale verhoudings – breek vriendskappe op, ens.

- 15 -

LU 4 AS 6.4.2

• Bespreek seksuele mishandeling – ongewenste seksuele aandag,

verkragting en die invloed op sosiale verhoudings − ook lei dit tot stilte van slagoffers van seksuele mishandeling en die afwesigheid van vervolging in verkragtingsake.

• Bespreek emosionele mishandeling – afknouery, uitsluiting, vermyding, marginalisering. Stoot individue uit vriendekring.

• Bespreek strategieë om bogenoemde te hanteer. HULPBRONNE:

• Scenario’s • Stories • Koerante, ens.

INTEGRASIE:

• Tale ASSESSERING:

• Scenario’s of geskrewe take NUWE WOORDE:

lyfstraf pakslae neerhalende aanmerking uitsluiting vermyding

LIGGAAMLIKE OPVOEDING − METODOLOGIE Beweging en Liggaamlike Ontwikkeling: Gimnastiek

• Kombineer vaardighede wat voorheen in ’n reeks onderrig is. • Mini-gimnastrada wat leerders instaat stel om verworwe vaardighede vir pret

en genot te demonstreer. HULPBRONNE:

• CD-speler • CD’s met gepaste musiek • Fluitjie • LO-kleredrag.

INTEGRASIE:

• Voeg eie by

ASSESSERING: • Onderwyserwaarneming

NUWE WOORDE:

gimnastrada pret genot

- 16 -

Week 16 LU 3 AS 6.3.4 LU 4 AS 6.4.4

METODOLOGIE Toon bemiddelingsvaardighede om die vrede in konfliksituasies te bewaar. Bemiddelingsvaardighede ’n Bemiddelaar is iemand wat probeer om ’n konfliksituasie tussen twee of meer partye op te los. Die volgende vaardighede is nodig:

• Goeie onderhandelaar (onpartydig, eerlik, positiewe eiewaarde). • Moet ’n persoon met goeie versoenende (luister simpatiek, is empaties,

probeer die behoeftes en vrese van alle partye verstaan) vermoëns wees. • Die bemiddelaar kan in enige konfliksituasie optree indien nodig.

HULPBRONNE: • Stories en scenario’s uit koerante, tydskrifte, ens.

INTEGRASIE:

• Tale ASSESSERING:

• Informele assessering NUWE WOORDE:

vooroordele mediasie/bemiddeling onderhandeling

LIGGAAMLIKE OPVOEDING − METODOLOGIE Voer ritmiese bewegingspatrone met koördinasie en beheer uit. Ritmiese bewegingspatrone Ritmiese beweging verwys in hierdie geval na beweging wat deur ’n maatslag vergesel word. Gebruik musiekvorms soos die klap van vingers om die maatslag te hou.

• Vra leerders om hul eie ritmiese patroon in groepe te ontwikkel. • Hulle moet minstens 5-8 verskillende bewegings in die reeks gebruik. • Hulle moet die bewegingsreeks in groepe oefen. • Dans en gimnastiek kan ook vir ritmiese werk gebruik word.

HULPBRONNE:

• CD-speler • Verskillende tipes van musiek

INTEGRASIE:

• Kuns en Kultuur ASSESSERING:

• Demonstrasies

- 17 -

Week 17 LU 3 AS 6.3.4 LU 4 AS 6.4.4

METODOLOGIE Konflikoplossing Toon bemiddelingsvaardighede om die vrede te bewaar in konfliksituasies. Pas die volgende stappe van konflikoplossing toe op ’n praktiese situasie deur gebruik te maak van scenario’s

• Demonstreer die stappe in ’n bemiddelingsproses: 1. Luister na albei partye; 2. Soek na gemeenskaplike terreine; 3. Stel ’n kompromis aan albei partye voor; en 4. Bring partye bymekaar en aanvaar ’n wen-wen-situasie vir albei partye.

ASSESSERING:

• Geskrewe taak om eie vermoë om gepas op konfliksituasies te reageer, te toon.

HULPBRONNE:

• Koerante • Tydskrifte en stories, ens.

INTEGRASIE:

• Tale ASSESSERING:

• Informeel deur scenario’s of ’n geskrewe taak NUWE WOORDE:

kompromis oplossing

LIGGAAMLIKE OPVOEDING − METODOLOGIE Ritmiese bewegingspatrone wat fokus op konsekwentheid en beheer Ritmiese beweging verwys in hierdie geval na beweging wat met musiek vergesel word. Gebruik musiekvorms soos die klap van vingers om die maatslag te hou.

• Vra leerders om hul eie ritmiese patroon in groepe te ontwikkel. • Hulle moet minstens 5-8 verskillende bewegings in die reeks gebruik. • Hulle moet die bewegingsreeks in groepe oefen. • Dans en gimnastiek kan ook vir ritmiese werk gebruik word.

HULPBRONNE:

• CD-speler • Verskillende tipes van musiek

INTEGRASIE:

• Kuns en Kultuur

ASSESSERING: • Demonstrasie

- 18 -

Week 18 LU 3 AS 6.3.2 LU 4 AS 6.4.4

METODOLOGIE Groepdruk Verduidelik hoe om in verskillende situasies op groepdruk te reageer

• Verduidelik die konsep van groepdruk – ’n persoon word gedwing om iets teen sy/haar wil te doen.

• Hoe om in verskillende situasies op groepdruk te reageer: - Meeste van die groeplede rook sigarette – jy is die enigste een wat nie

rook nie. - Jongmense dra mode-klere met handelsname soos Nike en Addidas – jy

word gedwing om dieselfde te doen. • Maak die regte keuse. Besin oor die gevolge van elke moontlike keuse

voordat jy ’n finale keuse maak. • Verduidelik kommunikasievaardighede waar jy vir jouself opstaan/op jou

regte staan – sê ‘nee’. Staan op jou regte as jy dink dat jy reg is. HULPBRONNE:

• Scenario’s INTEGRASIE:

• Tale ASSESSERING:

• Geskrewe taak NUWE WOORDE:

Nike Addidas kommunikasie

LIGGAAMLIKE OPVOEDING − METODOLOGIE Beweging en Liggaamlike Ontwikkeling Slaan- en veldwerkspeletjies

• Speel verskillende speletjies wat al die leerders betrek soos: - Jaag en vang - Polisie en diewe - Skelulu - Drie Blikkies - Kennetjie - Ens.

Die leerders moet die speletjies geniet. HULPBRONNE:

• Alle toerusting wat vir die speletjies benodig word INTEGRASIE:

• Geen

ASSESSERING: • Demonstrasie

- 19 -

Week 19 LU 3 AS 6.3.4 LU 4 AS 6.4.4

METODOLOGIE ASSESSERING LIGGAAMLIKE OPVOEDING − METODOLOGIE Beweging en Liggaamlike ontwikkeling Voer ritmiese bewegings/patrone met koördinasie en beheer in dans/gimnastiese bewegings uit ASSESSERING

Week 20 LU 3 AS 6.3.2 LU 4 AS 6.4.4

METODOLOGIE ASSESSERING LIGGAAMLIKE OPVOEDING − METODOLOGIE ASSESSERING

- 20 -

KWARTAAL 3

Weke Metodologie, Hulpbronne, Integrasie, Assessering , Nuwe woorde

Week 21 LU 1 AS 6.1.3 LU 4 AS 6.4.1

METODOLOGIE Oordraagbare siektes insluitend MIV/vigs Verduidelik die oorsake van oordraagbare siektes (insluitend MIV en vigs) en die nodige voorkoming daarvan. Evalueer voorkomingstrategieë in terme van gemeenskap norme en waardes.

• Verduidelik die konsep van oordraagbare siekte – dit is aansteeklik, besmetlik of oordraagbaar. Dit is die oordrag van ’n virus/kiem van een mens na ’n ander of van een lewende organisme na ’n ander.

• Bou die kennisbasis van leerders m.b.t. oordraagbare siektes op: Maak `n lys van die algemeenste oordraagbare siektes soos griep, masels, MIV, ens.

• Verduidelik die oorsake van oordraagbare siektes: Behandel hierdie onderwerp deur slegs bekende siektes soos griep of MIV uit te sonder.

HULPBRONNE:

• Prente van siektes • Artikels oor siektes • Plakkate

INTEGRASIE:

• Natuurwetenskap ASSESSERING:

• Geskrewe take NUWE WOORDE:

aansteeklik oordraagbaar isoleer masels oordraagbare kieme

LIGGAAMLIKE OPVOEDING − METODOLOGIE Kolf- en veldwerkspeletjies Tegnieke in kolf- en veldwerkspeletjies.

• Byvoorbeeld krieket fokus op tegnieke: houding voor die paaltjies, greep op die kolf, terugswaai, swaaibeweging, deurswaai. (Oë moet die hele tyd op die bal gehou word).

• Veldwerkspeletjies. Fokus op korrekte tegniek: “sagte hande”- Moenie na die bal uitreik nie, laat die bal in jou hande beland. (Oë moet heeltyd op die bal bly.)

• Gebruik T-bal: Hierdie speletjie of sportsoort is die voorganger van bof-/sagtebal.

• Die bal word op ’n T-houer geplaas waarvan die bal geslaan moet word. • Kies twee spanne – een om te kolf en die ander vir veldwerk. • Fokus in hierdie les slegs op korrekte kolf-aksie. Leer hulle die greep en

hoe om te swaai, byvoorbeeld: in bofbal fokus die korrekte tegniek op houding, greep, terugswaai, swaaibeweging en deurswaai. (Die oë moet die hele tyd op die bal bly.) Gee aan al die lede van die span geleentheid om te kolf en ruil dan die spanne om.

- 21 -

HULPBRONNE:

• LO-kleredrag • Fluitjie • Balle • T-houer • Bofballe, ens.

INTEGRASIE:

• LU 1 Gesondheidsbevordering ASSESSERING:

• Waarneming NUWE WOORDE:

tref, tegniek, houding, greep, swaaibeweging, deurswaai, veldwerk, sagte hande

Week 22 LU 1 AS 6.1.3

METODOLOGIE Oordraagbare siektes en voorkoming Verduidelik die oorsake van oordraagbare siektes (insluitend MIV en vigs) en die nodige voorkoming daarvan. Evalueer voorkomingstrategieë in terme van gemeenskap norme en waardes.

• Gebruik die voorbeeld van ’n kliniek-inentingskaart en wys dit aan leerders. Dit is ’n goeie beginpunt om die onderwerp van die voorkoming van oordraagbare siektes bekend te stel.

• Evalueer (bespreek hoe toeganklik klinieke vir leerders is) beskikbare voorkomingsstrategieë vir oordraagbare siektes, soos inenting by klinieke teen masels, hantering van bloed om MIV-besmetting te vermy, ens.

• Verduidelik die dilemma van MIV. Daar is nie op die oomblik ’n beskikbare geneesmiddel nie.

HULPBRONNE:

• Kliniek-inentingskaart/-rekord • Prente van klinieke en verpleegpersoneel wat verskillende voorkomende

take uitvoer INTEGRASIE:

• Natuurwetenskap ASSESSERING:

• Navorsing NUWE WOORDE:

inenting voorkoming strategieë

- 22 -

LU 4 AS 6.4.1

LIGGAAMLIKE OPVOEDING − METODOLOGIE Slaan- en Veldwerkspeletjies

• Gebruik weer T-bal en fokus op die vang-/keerwerk van die bal. • Doen vang- en keerwerk van die bal, asook die ingooi na die plaat. • Doen verdedigende veldwerk deur die bal agterna te sit, op te tel en in te

gooi. • Doen aanvallende veldwerk deur na die bal te beweeg … en dit in te gooi. • Relevante konsepte: Hardloop na rus, verdedigende veldwerk, aanvallende

veldwerk, vang- en keerwerk, en boflopie. HULPBRONNE:

• LO-kleredrag • Fluitjie • Balle • T-houer • Bofballe, ens.

INTEGRASIE:

• Voeg eie by ASSESSERING:

• Deurlopend deur waarneming

Week 23 LU 1 AS 6.1.3

METODOLOGIE Oordraagbare siektes en voorkoming: waardes en norms

• Verduidelik hoe die gemeenskap kan help om oordraagbare siektes te bekamp, byvoorbeeld opvoeding deur plakkate te maak, dramas en opvoerings te reël; die bring van mobiele klinieke na gemeenskappe, ens.

• Verduidelik hoe persoonlike waardes ’n persoon se houding teenoor oordraagbare siektes kan bepaal.

• Verbind hierdie argument met gemeenskaps- en omgewingsgesondheid as ’n uitbreidingsaktiwiteit.

Werksopdrag: • Hoe kan leerders help om die oordra van die oordraagbare siektes soos

griep en masels van een persoon na ’n ander oor te dra? • Leerders werk in groepe an skryf hul bevindinge op `n plakaat wat hulle

dan aan die hele klas moet verduidelik.

HULPBRONNE: • Plakkate • Inligtingsbrosjures • Radio as ’n manier om met mense te kommunikeer en mense oor

oordraagbare siektes op te voed INTEGRASIE:

• Natuurwetenskap ASSESSERING:

• Navorsing

- 23 -

LU 4 AS 6.4.1

NUWE WOORDE:

brosjure

LIGGAAMLIKE OPVOEDING − METODOLOGIE Veldwerkspeletjies Verdeel die klas in groepe

• Gebruik die volgende sportkodes om veld werk te oefen, byvoorbeeld:- - Rugby – skop die bal na jou opponente wie die bal moet herwin. - Sokker – skop lang balle in jou opponente se gebied wat dit moet

herwin. - Vlugbal – Doen die afslaan in vlugbal sodat die opponente die bal moet

suksesvol moet herwin. Speel inheemse speletjies soos:

• Skelulu: Een span het die beurt om die rollende bal so ver as moontlik te skop terwyl hulle probeer om veilige sone te bereik. Die ander span probeer die bal te herwin en om die skopspan te aan te gooi voor hul die veilige sone bereik.

HULPBRONNE:

• Verskillende balle • Merkers • Toue, ens.

INTEGRASIE:

• Geen of voeg eie by. ASSESSERING:

• Waarneming NUWE WOORDE:

vlugbal

Week 24 LU 2 AS 6.2.4

METODOLOGIE Lewenstadia: Kulturele perspektief Interpreteer die betekenis en persoonlike en sosiale veranderinge van belangrike stadiums in die individu se lewe in ’n verskeidenheid van kulture

• Gebruik die konsep ‘van die wieg tot die graf’. Watter belangrike dinge gebeur met ons soos ons groot word?

• Een strategie is om ’n tydlyn te gebruik en die ouderdomme van geboorte tot die dood daarop aan te dui.

• Hou ingedagte dat elke kultuur sy eie gebruike en optredes het soos kinders opgroei. Laat leerders hul eie kultuur gebruike om hul en ritueles op die tydlyn skryf. Vergelyk dit om die verskil in gebruike en optredes in die verskillende kulturele groepe uit te wys. Bv.

die rituele en gebruike wanneer ’n kind in die volgende gebore word: Christene, Moslems, Hindoes, ens.

- 24 -

LU 4 AS 6.4.1

HULPBRONNE:

• Boeke • Stories • Prente van verskillende kultuurgroeperings en hul gebruike

INTEGRASIE:

• Sosiale Wetenskappe ASSESSERING:

• Maak en ontwerp NUWE WOORDE:

Christen Moslem Hindoe

LIGGAAMLIKE OPVOEDING − METODOLOGIE Skop-en Veldwerkspeletjies Speel inheemse speletjies soos:

• Skelulu: een span skop die rollende bal en die ander span probeer die bal keer en om die skopspan uit te gooi voor hul die veiligheidsone bereik.

HULPBRONNE:

• Balle • Toue • Merkers • Fluitjie • Serpe/lyfbande, ens.

ASSESSERING:

• Deurlopend deur waarneming NUWE WOORDE:

skelulu inheems

Week 25 LU 1 AS 6.2.4

METODOLOGIE Lewenstadia: Kulturele perspektief Persoonlike opvattings van gebruike en rituele in verskillende kulture. Byvoorbeeld:

• Bespreek die doop in verskillende kulture en wat dit vir verskillende leerders beteken

• Bespreek inisiasie in die isiXhosa-tradisie en wat leerders daarvan dink. HULPBRONNE:

• Rituele en gebruike van doop in verskillende kulture. INTEGRASIE:

• Sosiale Wetenskappe

- 25 -

LU 4 AS 6.4.1

ASSESSERING:

• Scenario’s en mondelinge aanbiedings NUWE WOORDE:

doop inisiasie gebruike en rituele

LIGGAAMLIKE OPVOEDING − METODOLOGIE Skop- en Veldwerkspeletjies Speel inheemse speletjies soos:

• Skelulu: een span skop die rollende bal en die ander span probeer die bal keer en om die skopspan met die bal raak te gooi voordat hullel die veilige sone bereik.

HULPBRONNE:

• Balle • Toue • Merkers • Fluitjie • Serpe/lyfbande, ens.

Week 26 LU 2 AS 6.2.2 LU 4 AS 6.4.1

METODOLOGIE Eerbiediging van die Grondwet: Nasiebou

• Begin met die betekenis van nasionale dae soos Vryheidsdag: 27 April, Nasionale Vrouedag: 9 Augustus, ens.

• Leerders kan kalenders opstel en die nasionale dae daarop aanbring. Hulle mag ook enige ander aktiwiteit wat gepaart gaan met nasionale dae op die kalender aanbring.

HULPBRONNE:

• Kalenders • SA Grondwet

INTEGRASIE:

• Sosiale Wetenskappe ASSESSERING:

• Maak en ontwerp NUWE WOORDE:

beduidenis/betekenis

LIGGAAMLIKE OPVOEDING − METODOLOGIE Bewegingsreekse- gimnastiek of dans

• Voer ’n bewegingsreeks met ’n verskeidenheid van bewegings in óf gimnastiek óf dans uit.

- 26 -

• Doen ’n eenvoudige reeks (agility) in gimnastiek wat `n kombinasie van

bewegings insluit. Byvoorbeeld: Stand … aanloop … handoorslag … stand … vooroorrol … stand.

Voorbeeld in dans: Laat leerders eie dansreekse uitvoer met die gebruik van hip-hop, Kwaito, en ander musiekvariasies waarvan hulle hou. Pas relevante konsepte in ’n verskeidenheid van slaan- en veldwerkspeletjies toe

Week 27 LU 2 AS 6.2.2 LU 4 AS 6.4.1

METODOLOGIE Eerbiediging van die Grondwet: Nasiebou Bespreek en evalueer die betekenis van ’n nasiebouprogram wat met ’n nasionale dag geassosieer word

• Vra leerders om ’n nasiebouprogram wat met ’n nasionale dag geassosieer is, voor te stel.

• Evalueer die betekenis van ’n gekose nasiebouprogram wat met ’n nasionale dag geassosieer word.

HULPBRONNE:

• Prente • Koerante • Tydskrifte

INTEGRASIE:

• Sosiale Wetenskappe ASSESSERING:

• Projek LIGGAAMLIKE OPVOEDING − METODOLOGIE Gimnastiek: Spronge

• Doen byvoorbeeld in gimnastiek die spreisprong oor die rug van ’n maat. • Ook in gimnastiek, doen die deursprong oor ’n maat se rug.

NB! Nie een van hierdie twee spronge vereis apparaat nie.

Week 28 LU 3 AS 6.3.6

METODOLOGIE Probleemoplossingsvaardighede Beskryf en kies ’n reeks van probleemoplossingsvaardighede vir verskillende kontekste

• Volg die probleemoplossingstappe. Voorbeeld: 1. Beskryf die probleem. 2. Vind verskillende opsies as oplossings. 3. Evalueer die opsies. 4. Kies die beste opsie. • Gebruik ’n reeks van scenario’s van problematiese situasies wat opgelos

moet word. Pas bogenoemde stappe toe in elk van die probleemsituasies.

- 27 -

LU 4 AS 6.4.1

HULPBRONNE:

• Scenario’s • Koerante • Radiostories

INTEGRASIE:

• Tale ASSESSERING:

• Rolspel NUWE WOORDE:

oplos problematies

LIGGAAMLIKE OPVOEDING − METODOLOGIE Bewegingsreeks Leerders voer bewegingsreekse in gimnastiek uit en fokus op:

- Vorm (die vorm van die liggaam in beweging – is dit lank, ingetrek, ens.?) - Spoed (vinnige en stadige bewegings) - Rigting (verander rigting van beweging)

Pas relevante konsepte in kolf- en veldwerkspeletjies toe. HULPBRONNE:

• Matte of grasperk / musiek INTEGRASIE: NUWE WOORDE:

vorm rigting beweging

Week 29 LU 3 AS 6.3.3

METODOLOGIE Toon deernis deur om te gee vir mense en diere

• Toon deernis deur om te gee vir mense • Toon deernis deur om te gee vir diere

HULPBRONNE: • Tydskrifte • Koerante • Radio

INTEGRASIE:

• Tale ASSESSERING:

• Mondelinge aanbiedings

- 28 -

LU 4 AS 6.4.2

LIGGAAMLIKE OPVOEDING − METODOLOGIE Bewegingsreeks Leerders voer bewegingsreekse in gimnastiek uit en fokus op:

- Vorm (die vorm van die liggaam in beweging – is dit lank, ingetrek, ens.?) - Spoed (vinnige en stadige bewegings) - Rigting (verander rigting van beweging)

HULPBRONNE:

• Matte en grasperke • Musiek

INTEGRASIE: ASSESSERING:

• Waarneming en portuurassessering

Week 30 LU 3 AS 6.3.3 LU 4 AS 6.4.1

METODOLOGIE ASSESSERING LIGGAAMLIKE OPVOEDING − METODOLOGIE ASSESSERING

- 29 -

KWARTAAL 4

Weke Metodologie, Hulpbronne, Integrasie, Assessering , Nuwe woorde

Week 31 LU 1 AS 6.1.4 LU 4 AS 6.4.3

METODOLOGIE Neem ingeligte besluite oor verskillende vorme van mishandeling Identifiseer verskillende vorme van mishandeling en stel strategieë voor om dit te hanteer. Identifiseer seksuele mishandeling as die hooffokus vir die les Wenk aan die onderwyser: Gebruik die derdepersoon in hierdie lesse deur scenario’s of stories oor seksuele mishandeling te gebruik. Wees bedag daarop dat daar moontlik leerders in u klas is wat seksueel mishandel word of potensieel aan seksuele mishandeling blootgestel kan word.

• Identifiseer gevalle van seksuele mishandeling, ongewenste aanraking wat verleentheid veroorsaak.

• Volwassenes wat kinders molesteer. • Maak leerders bewus van perverte – volwassenes wat kinders vir seksuele

gunsies gebruik. Leer vir leerders waarvoor hulle op die uitkyk moet wees, byvoorbeeld:

• Moenie met vreemdelinge, veral nie volwassenes wat jy nie ken nie, uitgaan nie.

• Praat met iemand as jy in ’n situasie is wat tot seksuele mishandeling kan lei (praat met ’n goeie vriend)

• Moenie ongewenste seksuele gunsies van volwassenes ’n geheim hou nie – praat onmiddellik met iemand na aan jou daaroor.

• Daar is tolvrynommers wat jy in die geval van mishandeling kan gebruik. Die onderwyser moet hierdie nommers aan die klas beskikbaar stel.

HULPBRONNE:

• Lys van noodnommers, scenario’s van gevalle van seksuele mishandeling INTEGRASIE:

• Tale ASSESSERING:

• Geskrewe take NUWE WOORDE:

molestering pervert seksualiteit

LIGGAAMLIKE OPVOEDING − METODOLOGIE Liggaamlike fiksheid Neem deel aan ’n liggaamlike fiksheidsprogram om aspekte van fiksheid te ontwikkel. Stel fiksheidsprogram vir leerder saam wat oor ’n tydperk van 8 weke gedoen word.

- 30 -

Week een: Uithou-afrigting:

• Opwarming vir 10 min. • Strekoefeninge vir 10 min. • Langafstand hardloop/stap vir 30 min.

HULPBRONNE:

• Stophorlosie • Fluitjies • Merkers • Kegels

INTEGRASIE: ASSESSERING:

• Deelname • Waarneming • Selfassessering

Week 32 LU 1 AS 6.2.4 LU 4 AS 6.4.3

METODOLOGIE Vermoë om mishandeling te hanteer Moontlike strategieë om mishandeling te hanteer:

• Bou eiewaarde – genoeg selfvertroue om vir jou regte op te staan. • Staan sterk – beskik oor die vermoë om te kan ‘NEE’ sê. • Bou ’n positiewe selfbeeld – hoe sien jy jouself as jy in die spieël kyk?

HULPBRONNE:

• Stories en scenario’s • Koerantknipsels van mishandeling, ens.

INTEGRASIE:

• Tale ASSESSERING:

• Geskrewe take NUWE WOORDE:

staan op vir jouself selfbeeld spieël

LIGGAAMLIKE OPVOEDING − METODOLOGIE Liggaamlike fiksheidsprogram (Vervolg) Week twee: Uithou-afrigting:

• Opwarming vir 10 min. • Strekoefeninge vir 10 min. • Langafstand stap/hardloop vir 30 min. • Tydhoutoetse

- 31 -

HULPBRONNE:

• Stophorlosie • Fluitjies • Merkers • Kegels

INTEGRASIE: ASSESSERING:

• Deelname, waarneming en selfassessering

Week 33 LU 2 AS 6.2.5 LU 4 AS 6.4.2

METODOLOGIE Verskeidenheid van godsdienste in Suid-Afrika Bespreek die waardigheid van die persoon in ’n verskeidenheid van Suid-Afrikaanse godsdienste.

• Stel die onderwerp bekend deur leerders te vra aan watter godsdiens/geloofsgroep hulle behoort. Wees daarop bedag dat sommige leerders aan geen geloofsgroep sal behoort nie.

• Bespreek die doel van godsdienstige groeperings, byvoorbeeld mense met dieselfde waardes en geloofstelsels aanbid saam soos die Christene, Moslems en Hindoes, ens.

• Verduidelik aan leerders die ooreenkomste tussen godsdienste. Almal aanbid byvoorbeeld ’n goddelike wese met verskillende name.

• Die doel van die lesse is om respek, waardigheid en verdraagsaamheid vir die verskillende godsdienste in die land te kweek.

HULPBRONNE:

• Prente en simbole van verskillende godsdienstige groeperings INTEGRASIE:

• Sosiale Wetenskappe ASSESSERING:

• Maak en ontwerp of geskrewe take NUWE WOORDE:

godsdienste Hindoe Moslem Christen goddelike

LIGGAAMLIKE OPVOEDING − METODOLOGIE Fiksheidsprogram (Vervolg) Week drie: Aërobiese oefeninge

• Gebruik musiek. • Opwarming vir 10 min. • Strek vir 10 min. • Doen vir 20 min. aërobiese oefeninge op maat van musiek om leerders aan

te moedig om deel te neem. • Koel vir 10 min. af.

- 32 -

HULPBRONNE:

• Musiekspeler • Fluitjie

INTEGRASIE: ASSESSERING:

• Deelname • Waarneming • Selfassessering

NUWE WOORDE:

aërobiese oefening

Week 34 LU 2 AS 6.2.5 LU 4 AS 6.4.3

METODOLOGIE Begrip vir kulturele diversiteit Bespreek die waardigheid van die persoon in ’n verskeidenheid van Suid-Afrikaanse godsdienste. Verskeidenheid van godsdienste in Suid-Afrika: Fokus op rituele in verskillende godsdienste

• Identifiseer die plekke van aanbidding • Die heilige geskrifte • Die heilige leiers • Rituele soos naamgee-seremonies, huwelike en afsterwe (begrafnisse)

HULPBRONNE:

• Prente en simbole van verskillende godsdienstige groeperings INTEGRASIE:

• Sosiale Wetenskappe ASSESSERING:

• Maak en ontwerp of geskrewe take NUWE WOORDE:

godsdienste Hindoe Moslem Christen goddelike

LIGGAAMLIKE OPVOEDING − METODOLOGIE Liggaamlike fiksheidsprogram (Vervolg) Week vier: Aërobiese oefeninge

• Gebruik musiek. • Opwarming vir 10 min. • Strek vir 10 min. • Doen vir 20 min. aërobiese oefeninge op maat van musiek om leerders aan

te moedig om deel te neem. • Koel vir 10 min. af.

- 33 -

LU 4 AS 6.4.2

Beweging en Liggaamlike Ontwikkeling

• Demonstreer verworwe/geoefende gimnastiese bewegingsreekse wat verandering van vorm, spoed en rigting insluit

HULPBRONNE:

• Musiekspeler • Fluitjie

INTEGRASIE: ASSESSERING:

• Deelname • Waarneming • Selfassessering

NUWE WOORDE:

aërobiese oefening

Week 35 LU 2 AS 6.2.5

METODOLOGIE Godsdienstige leiers Bespreek:

• Respek vir die verskillende godsdienstige leiers. • Identifiseer verskillende godsdienstige leiers in die verskillende godsdienste,

bv. pastoor, rabbi, imam, priester, ens. • Die rol en waardigheid van verskillende godsdienstige leiers. • Kleredrag wat deur verskillende godsdienstige leiers tydens verskillende

rituele gedra word, bv. klede, hooftooisels, ens. HULPBRONNE:

• Verwysings na die belangrikste godsdienstige groeperings in Suid-Afrika

INTEGRASIE: • Kuns & Kultuur

ASSESSERING:

• Geskrewe taak NUWE WOORDE:

waardigheid

- 34 -

LU 4 AS 6.4.3 AS 6.4.4

LIGGAAMLIKE OPVOEDING − METODOLOGIE Fiksheidsprogram (Vervolg) Week vyf: Baanoefening Voer vir ’n tydperk van 60 sekondes in stasies van 5-6 die volgende uit:

• Opstote vir seuns en meisies • Gehurkte spronge • Burpees • Buikspieropsitte • Vir die rugspiere, lê gesig na die grond, arms agter die kop … lig die bolyf op

en hou vir 60 sekondes gelig • Koel af

Slaan- en veldwerkspeletjies:

• Mini-krieket • Veldwerk- en kolfspanne

Voer ritmiese bewegingspatrone met koördinasie en beheer uit (Opsioneel) Beweging en Liggaamlike Ontwikkeling

• Voer ritmiese bewegings met koördinasie en beheer in dans- en gimnastiese reekse uit.

HULPBRONNE:

• Gimmatte INTEGRASIE: ASSESSERING:

• Deelname en waarneming

Week 36 LU 3 AS 6.3.5

METODOLOGIE Selfbestuursvaardighede Verduidelik wat geleer is deur na te dink oor ’n ervaring wat betrekking het op selfbestuursvaardighede Voorbeeld: Verduidelik selfbestuursvaardighede:

• Selfbeheer, leer om te dink voor jy optree. • Sê op ’n positiewe manier hoe jy voel. • Staan op vir jouself. • Wees bewus van jou sterk punte en swakhede. • Neem aksies met positiewe gevolge.

Rolspeel in groepe verskillende situasies wat selfbeheer verg en vra leerders om bogenoemde vaardighede te oefen. HULPBRONNE:

• Rolspeel sketse INTEGRASIE:

• Tale

- 35 -

LU 4 AS 6.4.3 LU 4 AS 6.4.4

ASSESSERING:

• Rolspel NUWE WOORDE:

gevolge

LIGGAAMLIKE OPVOEDING − METODOLOGIE Fiksheidsprogram (Vervolg) Week ses: Soepelheid en spoed

• Doen verskillende strekoefeninge. • Hou die strekposisie vir 10 tellings – statiese strek • Bons die strek stadig om die uiterste perk van die gewrig te bereik –

dinamiese strek • Doen ’n sit-en-strek-toets om soepelheid te bepaal.

Slaan- en veldwerkspeletjies:

• Mini-krieket • Veldwerk- en kolfspanne

Voer ritmiese bewegingspatrone met koördinasie en beheer uit (Opsioneel) Beweging en Liggaamlike Ontwikkeling

• Voer ritmiese bewegings met koördinasie en beheer in dans- en gimnastiese reekse uit.

HULPBRONNE:

• Matte • Gimnastiese reekse

INTEGRASIE: ASSESSERING:

• Deelname en waarneming

Week 37 LU 3 AS 6.3.5

METODOLOGIE Selfbestuursvaardighede Verduidelik wat geleer is deur na te dink oor ’n ondervinding wat betrekking het op selfbestuursvaardighede Voorbeeld: Verduidelik selfbestuursvaardighede:

• Selfbeheer, leer om te dink voor jy optree. • Sê op ʼn positiewe manier wat jy voel. • Staan op vir jouself. • Wees bewus van jou sterk punte en swakhede. • Neem aksies met positiewe gevolge.

Rolspeel in groepe verskillende situasies wat selfbeheer verg en vra leerders om bogenoemde vaardighede te oefen.

- 36 -

LU 4 AS 6.4.1

HULPBRONNE:

• Rolspeel sketse INTEGRASIE:

• Tale ASSESSERING:

• Rolspel NUWE WOORDE:

gevolge

LIGGAAMLIKE OPVOEDING − METODOLOGIE Fiksheidsprogram (Vervolg) Week sewe: Uithou-oefening Voer vir ’n tydperk van 60 sekondes in stasies van 5-6 die volgende uit:

• Opstote vir seuns en meisies • Gehurkte spronge • Burpees • Buikspieropsitte • Vir die rugspiere, lê gesig na die grond, arms agter die kop … lig die bolyf op

en hou vir 60 sekondes • Koel af

Slaan- en veldwerkspeletjies:

• Mini-krieket • Veldwerk- en kolfspanne

Pas relevante konsepte in ’n verskeidenheid van slaan- en veldwerkspeletjies toe

Week 38 LU 3 AS 6.3.5 LU 4 AS 6.4.3

METODOLOGIE Dink na oor selfbestuursvaardighede Formele Assesseringsaktiwiteit 3 (Toets) LIGGAAMLIKE OPVOEDING − METODOLOGIE Fiksheidsprogram (Vervolg) Week agt: Assessering Voer die vir ’n tydperk van 60 sekondes in stasies van 5-6 die volgende uit:

• Opstote vir seuns en meisies • Gehurkte spronge • Burpees • Buikspieropsitte

- 37 -

LU 4 AS 6.4.1

• Vir die rugspiere, lê gesig na die grond, arms agter die kop … lig die bolyf op

en hou vir 60 sekondes • Koel af

Slaan- en veldwerkspeletjies: Sagtebal/T-bal

• Veldwerk- en kolfspanne

Week 39 LU 4 AS 6.4.1

ASSESSERING LIGGAAMLIKE OPVOEDING − METODOLOGIE Fiksheid

Week 40 LU 4 AS 6.4.1

ASSESSERING LIGGAAMLIKE OPVOEDING − METODOLOGIE