Bevolkingsgroei en verandering: Die uitwerking van...

12
* *

Transcript of Bevolkingsgroei en verandering: Die uitwerking van...

Page 1: Bevolkingsgroei en verandering: Die uitwerking van MIV/VIGScnx.org/exports/2b0333f2-f618-4f9a-816d...uitwerking-van-mivvigs-1.pdf · OpenStax-CNX module: m24461 1 Bevolkingsgroei

OpenStax-CNX module: m24461 1

Bevolkingsgroei en verandering:Die uitwerking van MIV/VIGS∗

Siyavula Uploaders

This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the

Creative Commons Attribution License 3.0†

1 SOSIALE WETENSKAPPE: AARDRYKSKUNDE

2 Graad 7

3 BEVOLKINGSGROEI EN VERANDERING

4 Module 9

5 BEVOLKINGSGROEI EN VERANDERING: DIE IMPAK VAN MIV/VIGS

Van die belangrikste invloede op bevolkingsverandering vandag is VIGS. Nog nooit in die geskiedenis wasdaar `n menslike ramp met dieselfde afmetings nie! Die lewensverwagting van hele bevolkings daal, kindersword in hul duisendtalle wees gelaat, armoede neem toe, produksie in bykans alle sektore van die ekonomieneem af, en dies meer.

Afrika is die vasteland wat die ergste getref is, en Suid-Afrika is die ramp ook nie gespaar nie! In diegeheel gesien, nader ons `n tyd waar bevolkings krimp, eerder as wat daar groei is!

1. BevolkingOm vas te stel watter invloed MIV/VIGS op die bevolking het, moet ons eers na die beskrywing van `n

bevolking kyk.

∗Version 1.1: Jun 4, 2009 3:30 am +0000†http://creativecommons.org/licenses/by/3.0/

http://cnx.org/content/m24461/1.1/

Page 2: Bevolkingsgroei en verandering: Die uitwerking van MIV/VIGScnx.org/exports/2b0333f2-f618-4f9a-816d...uitwerking-van-mivvigs-1.pdf · OpenStax-CNX module: m24461 1 Bevolkingsgroei

OpenStax-CNX module: m24461 2

Figure 1

`n Jong bevolkingVanweë die geboortesyfer wat baie hoër is as die sterftesyfer, is daar `n vinnige groei in die bevolking.`n Volwasse bevolkingHier oortref die geboortesyfer beswaarlik die sterftesyfer en daarom is daar `n baie stadige groei in die

bevolking.`n Ou bevolkingOmdat die geboorte- en sterftesyfer naasteby ooreenkom, is by hierdie soort bevolkingsamestelling geen

groei nie.n Krimpende bevolkingWanneer die bevolkingsamestelling so lyk, oortref die sterftesyfer die geboortesyfer en sal hierdie bevolking

uitsterf.

ouer mense: 60+ volwassenes: 30 - 59 jeug: tot 29

Table 1

.2. Die ideale toestand wat Suid-Afrika nastreef'n Baie groot deel van die Suid-Afrikaanse bevolking is arm en nie behoorlik geletterd nie. `n Daadwerklike

poging moet dus in Suid-Afrika aangewend word om armoede te verlig en geletterdheid op `n aanvaarbarevlak te kry. Nog `n ideaal is dat gesondheidsdienste verbeter en die bevolkingstoename onder beheer gebringmoet word, want ons land het beperkte hulpbronne, soos byvoorbeeld `n tekort aan water.

Soos julle uit die gra�eke hieronder kan a�ei, het die lewensverwagting weens verbeterde sanitasie enmediese sorg gestyg en het die bevolkingstoename aansienlik gedaal in die 20 jaar tussen 1980 en 2000. Diedalende geboortesyfer kan gedeeltelik aan verstedeliking toegeskryf word. In Suid-Afrika het die bevolkingdus van `n jong bevolking (met `n te groot toename) begin verander en is dit op die pad na `n meer aanvaarbarevolwasse bevolking waar die toename binne perke is.

http://cnx.org/content/m24461/1.1/

Page 3: Bevolkingsgroei en verandering: Die uitwerking van MIV/VIGScnx.org/exports/2b0333f2-f618-4f9a-816d...uitwerking-van-mivvigs-1.pdf · OpenStax-CNX module: m24461 1 Bevolkingsgroei

OpenStax-CNX module: m24461 3

Figure 2

Suid-Afrika: Groei tussen 1980 en 2000Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG): Lewensverwagting in jare

• Verbeterde mediese sorg, higiëne en algemeen verbeterde lewensgehalte in die SAOG-lande het versekerdat die lewensverwagting van mense gestyg het.

• As julle na die gra�ek kyk, sal julle sien dat die baba wat in die laat vyftigerjare van die vorige eeu inNamibië gebore is, `n lewensverwagting van iets oor die 40 jaar gehad het, terwyl een wat 40 jaar latergebore is, na verwagting 20 jaar langer sou leef.

http://cnx.org/content/m24461/1.1/

Page 4: Bevolkingsgroei en verandering: Die uitwerking van MIV/VIGScnx.org/exports/2b0333f2-f618-4f9a-816d...uitwerking-van-mivvigs-1.pdf · OpenStax-CNX module: m24461 1 Bevolkingsgroei

OpenStax-CNX module: m24461 4

Figure 3

. . . . . . . . . en toe breek die MIV/VIGS-epidemie uit. Mense wat van `n pandemie praat, is eintlikkorrek, want die siekte kom oor die hele land en vasteland, en die res van die wêreld voor!

Vigs, wat beteken dit?

• Die woord is `n akroniem, en is saamgestel uit die beginletters van die beskrywingVerworwe Immuniteitsgebreksindroom.Dit beteken dat die persoon `n virus in sy/haar liggaam gekry het wat sy/haar vermoë om immuniteitteen siektes op te bou, vernietig.

• As iemand die virus kry, is hy/sy dadelik MIV-positief, maar die virus kan sluimerend wees en niedie persoon se gesondheidstoestand beïnvloed nie. So `n persoon kan vir jare met die virus saamleefsonder dat dit enige uitwerking op sy/haar lewe het.

http://cnx.org/content/m24461/1.1/

Page 5: Bevolkingsgroei en verandering: Die uitwerking van MIV/VIGScnx.org/exports/2b0333f2-f618-4f9a-816d...uitwerking-van-mivvigs-1.pdf · OpenStax-CNX module: m24461 1 Bevolkingsgroei

OpenStax-CNX module: m24461 5

• `n Goeie manier om `n mens wat MIV-positief is te beskryf, sal wees om die letters MIV van agteraf te gebruik om te sê Virus In `n Mens.

• Wanneer die virus aktief raak en die pasiënt se gesondheidstoestand aantas, sê ons die persoon hetVIGS. Nou kan ons die S gebruik om te verduidelik dat `n Siektetoestand ontstaan het. Nou is diepasiënt nie meer immuun teen siektes nie, en enige siekte a�ekteer hom/haar geweldig.

• 'n Mens kan die virus opdoen deur `n bloedoortapping, deur seksuele verkeer of waar bloed vermengword � bloed aan `n spuit of skeermeslemmetjie kom in aanraking met die volgende gebruiker, en dievirus word oorgedra. `n Verwagtende vrou wat MIV positief is, kan die virus aan haar ongebore kindoordra. Na die geboorte kan die virus ook oorgedra word as die baba geborsvoed word.

• Iemand wat getoets word vir die virus en ontdek dat hy/sy positief is, kan sy gesondheid oppas deurdie volgende te doen, en die �sluimertydperk� van die virus baie verleng: rook en drank laat staan ofdit net baie matig gebruik, gesonde kos eet, sorg vir goeie oefening, en ook genoeg rus en slaap inkry.

3. StatistiekDie voorkoms van MIV/VIGS in Suid-Afrika is ontstellend.

• Ongeveer 2 000 mense raak daagliks MIV-positief!• Ongeveer 800 mense sterf daagliks weens VIGS-verwante siektes!• `n Verklaring deur die departement van gesondheid (Die Burger, 12 Julie 2005) lui �...dat tot 6,5 miljoen

Suid-Afrikaners teen einde verlede jaar (2004) MIV- positief was.�

Figure 4

`n Vorige projeksie van MIV-positiewe Suid-Afrikaners in ouderdomsgroep 15 tot 59 jaar.

2001 2010

MetVIGS Sonder VIGS MetVIGS Sonder VIGS

Botswana 39,3 70,5 29,0 73,2

Ethiopië 45,2 56,1 42,1 60,1

Kenia 48,0 64,9 44,3 68,4

Suid-Afrika 49,0 65,7 35,5 68,3

Swaziland 40,4 57,7 29,7 61,5

Zimbabwe 37,8 69,9 32,5 72,8

Zambië 37,2 58,7 38,9 72,8

http://cnx.org/content/m24461/1.1/

Page 6: Bevolkingsgroei en verandering: Die uitwerking van MIV/VIGScnx.org/exports/2b0333f2-f618-4f9a-816d...uitwerking-van-mivvigs-1.pdf · OpenStax-CNX module: m24461 1 Bevolkingsgroei

OpenStax-CNX module: m24461 6

Table 2

Die lewensverwagting in `n paar Afrika-state.

Figure 5

VIGS-wesies (onder 15 jaar)HOE GROOT IS DIE MIV/VIGS RAMP WERKLIK?Gesondheidsverslaggewer, KaapstadDie rol van armoedeDie lighartige redenasie van wie eerste was, die hoender of die eier, kan by die verspreiding van VIGS

gebruik word, want armoede lei tot die verspreiding van die siekte, terwyl die siekte die reeds groot Suid-Afrikaanse armoedeprobleem vererger!

Die siek broodwinner kan nie geld vir die werkgewer verdien nie, kan natuurlik ook nie geld tot die gesinse behoeftes bydra nie, en plaas `n groeiende las op die staat se gesondheidsbegroting.

Daarby bring die haglike lewensomstandighede van baie arm Suid-Afrikaners swak opvoeding en onkundemee, en dit lei baie keer tot onverantwoordelike gedrag. Werkloosheid veroorsaak `n rondswerf agterwerkgeleentheid aan, en ook dit dra tot die verspreiding van die siekte by.

Nog twee aspekte van armoede is dat die pasiënt se kans op beter lewensomstandighede deur net gesondte eet omtrent onmoontlik is, en boonop maak die omstandighede in die oorbevolkte huisies en plakkershuttedie pasiënt se kans op verbetering van sy toestand bykans onmoontlik!

Wie word aangetas?Dit is meestal mense in die ouderdomsgroep 15 tot 39 wat die meeste MIV-positief word. Hulle is ook

die ouers van jong kinders � baie van die kinders word MIV-positief gebore! Maar hierdie ouderdomsgroepis ook een van die mees ekonomies-aktiewe groepe in die gemeenskap!

Hoewel die ouderdomsgroep 15 tot 39 die meeste die virus kry, beteken dit nie dat geen ander ouder-domsgroep gespaar word nie, en nog minder dat slegs armes gevaar loop om die virus te kry!

Die bestuur van maatskaplike diensteEen aspek van die bestuur van die land, spesi�ek die bestuur van maatskaplike dienste, het te doen met

die versorging, of verwaarlosing! van miljoene VIGS-wesies. Volgens sommige voorspellers gaan daar teen2010 nie minder nie as 2,5 miljoen weeskinders onder die ouderdom van 15 jaar wees! Wat gaan van hierdiekinders word? Wie gaan vir hulle sorg? Hoe gaan hulle in `n reeds arm gemeenskap oorleef?

Geïnfekteer en gea�ekteerDalk is die bekamping van, en die bestuur van die gevolge van MIV/VIGS, in die woord �gea�ekteer�

opgesluit! Een groep mense is geïnfekteer of loop gevaar om geïnfekteer te word en sal dus die siekte opdoen.Die res is gea�ekteer � ook dié wat dink hulle sal nooit geïnfekteer word nie!

Die persoon wat toegee dat hy/sy gea�ekteer is, sal deel word van die soeke na `n oplossing.En die oplossing?

http://cnx.org/content/m24461/1.1/

Page 7: Bevolkingsgroei en verandering: Die uitwerking van MIV/VIGScnx.org/exports/2b0333f2-f618-4f9a-816d...uitwerking-van-mivvigs-1.pdf · OpenStax-CNX module: m24461 1 Bevolkingsgroei

OpenStax-CNX module: m24461 7

Mense moet hul gedrag verander. Alle mense! Iemand wat nie die virus het nie, het eenmaal gesê: �Dieoplossing vir die probleem begin by myself.� Wat sou hy tog daarmee bedoel het?

Uit: Die Burger, 20 Mei 2002Om die verskillende opdragte te kan uitvoer, moet leerders die inligting gebruik wat in die eerste vyf of

ses bladsye verskaf word.Lekker lees en werk aan hierdie navorsings- en dinktaak, maar dit gaan nie altyd maklik wees nie! Kyk

na opskrifte as julle inligting soek.

6 Aktiwiteit 1:

7 Om a�eidings uit voorspellings te maak

8 [LU 1.2]

• Gebruik die statistiek en die voorspellings in �gure 4 en 5 om die getalle te verskaf:

• Vanjaar is daar naastenby mense tussen 15 en 59 jaar in Suid-Afrika wat MIV-positief is.• In ons land is daar ongeveer VIGS-wesies.

9 Aktiwiteit 2:

10 Om a�eidings uit `n gra�ek te maak

11 [LU 1.2]

• As die lewensverwagting van 'n land se inwoners styg, dui dit op vooruitgang. Die lewensverwagtingvan die mense van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap het mooi gestyg, soos ons kan sienuit die gegewens in �guur 3.

• Voltooi nou die horisontale kolomgra�eke vir die vyf SAOG-lidlande volgens die inligting in �guur5. Teken slegs een kolom, maar kleur dit rooi in vir die verwagte ouderdom met VIGS, en blou vir dieouderdom wat bereik kon word sonder die VIGS-ramp.

http://cnx.org/content/m24461/1.1/

Page 8: Bevolkingsgroei en verandering: Die uitwerking van MIV/VIGScnx.org/exports/2b0333f2-f618-4f9a-816d...uitwerking-van-mivvigs-1.pdf · OpenStax-CNX module: m24461 1 Bevolkingsgroei

OpenStax-CNX module: m24461 8

Figure 6

12 Aktiwiteit 3:

13 Om a�eidings uit `n gra�ek te maak

14 [LU 1.2]

• Die inligting in �guur 2 dui op `n gesonde afname in die groei van die Suid-Afrikaanse bevolking.Sterftes weens VIGS kan ongelukkig beteken dat die groei so afneem dat dit later ons land benadeel.

http://cnx.org/content/m24461/1.1/

Page 9: Bevolkingsgroei en verandering: Die uitwerking van MIV/VIGScnx.org/exports/2b0333f2-f618-4f9a-816d...uitwerking-van-mivvigs-1.pdf · OpenStax-CNX module: m24461 1 Bevolkingsgroei

OpenStax-CNX module: m24461 9

• Navorsers het voorspel dat die afname tussen 2000 en 2010 sonder VIGS 1,7% kan wees, maar dat ditmet VIGS tot 1,5% kan daal. Voltooi die gra�ek volgens hierdie gegewens. Gebruik `n blou om diegroei sonder VIGS aan te dui, en rooi vir die groei met VIGS.

Figure 7

15 Aktiwiteit 4:

16 Om a�eidings uit koerantberigte te maak

17 [LU 1.5]

• Versamel koerantberigte oor die onderwerp en vertoon dit op jul uitstalbord. Berigte wat op `n oploss-ing vir enige soort probleem rondom VIGS dui, moet op `n bepaalde manier aangedui word. Besluitself hoe.

18 Aktiwiteit 5:

19 Om a�eidings uit koerantberigte te maak

20 [LU 1.5]

• Lees weer `n keer die koerantberig op bl. 40 oor die VIGS ramp wat ons land in die gesig staar, dink`n bietjie daaroor en bespreek dit met jou maats. Dit behoort duidelik te wees dat as daar nie vinnig`n plan met die verspreiding van die MI Virus gemaak word nie, Suid-Afrika op `n ramp sal afstuur.

• Skryf `n paragra�e of twee oor die moontlike probleme waarin jy die volgende woorde en frases gebruik:

http://cnx.org/content/m24461/1.1/

Page 10: Bevolkingsgroei en verandering: Die uitwerking van MIV/VIGScnx.org/exports/2b0333f2-f618-4f9a-816d...uitwerking-van-mivvigs-1.pdf · OpenStax-CNX module: m24461 1 Bevolkingsgroei

OpenStax-CNX module: m24461 10

Figure 8

Voorsien jou paragraaf van `n tre�ende opskrif.

21 Aktiwiteit 6:

22 Om a�eidings uit koerantberigte te maak

23 [LU 1.5]

• Teen die einde van die koerantberig word iemand aangehaal wat gesê het: �Die oplossing vir dieprobleem begin by myself.� Sê in een sin wat julle dink hy bedoel het.

24 Aktiwiteit 7:

25 Om verslag te doen oor aanpassings op verskillende terreine

26 [LU 3.1]

Om te oorleef, moet jy aanpas.Aanpassing is oorlewing.Hy wat nie aanpas nie, sal nie oorleef nie!Omdat hulle nie kon aanpas nie, kon hulle nie oorleef nie!

• Hierbo word dieselfde waarheid op vier maniere gesê. In die lig van die gevaar wat VIGS vir Suid-Afrikainhou, is dit duidelik dat baie aanpassing nodig is vir oorlewing.

• Bespreek die aanpassing wat op die volgende terreine gemaak moet word om die uitdagings die hoofte bied, en doen verslag aan die klas:

a) die versorging van weeskinders;b) `n fabriek se geskoolde werkers word sieker en minder;c) die Departement van Gesondheid se kostes verdubbel elke jaar;d) die opvoeding.

http://cnx.org/content/m24461/1.1/

Page 11: Bevolkingsgroei en verandering: Die uitwerking van MIV/VIGScnx.org/exports/2b0333f2-f618-4f9a-816d...uitwerking-van-mivvigs-1.pdf · OpenStax-CNX module: m24461 1 Bevolkingsgroei

OpenStax-CNX module: m24461 11

27 Aktiwiteit 8:

28 Om die simboliek van die vigsstrikkie te verduidelik

29 [LU 1.5]

• Ons sien so baie dat mense `n rooi strikkie dra. Wat sou die doel daarmee wees?

30 Assessering

Leeruitkomstes(LUs)

LU 2

AARDRYKSKUNDIGE ONDERSOEKDie leerder is in staat om ondersoekvaardighede te gebruik omaardrykskundige en omgewingsbegrippe en -prosesse te ondersoek.

Assesseringstandaarde(ASe)

Dit is duidelik wanneer die leerder:

1.2 inligting relevant vir die ondersoek uit eenvoudige gra�eke, kaarte en statistiese bronne organiseer eninterpreteer [werk met bronne];

1.5 inligting gebruik om antwoorde, alternatiewe en moontlike oplossings voor te stel [die vraag beantwo-ord];

1.6 verslag doen oor die ondersoek deur bewyse uit die bronne te gebruik, insluitend kaarte, diagrammeen gra�ka, en waar moontlik rekenaars in die aanbieding gebruik [die antwoord oordra].

LU 3VERKENNING VAN VRAAGSTUKKEDie leerder is in staat om ingeligte besluite oor sosiale enomgewingsvraagstukke en �probleme te neem.

Assesseringstandaarde(ASe)

Dit is duidelik wanneer die leerder:

3.1 uitdagings vir samelewings en nedersettings identi�seer, met `n fokus op bevolkingsgroei en -verandering [identi�seer die vraagstuk];

Table 3

31 Memorandum

Aktiwiteit 1:

• Hierdie getalle sal jaarliks verander.• 2002 4 000 000 MIV+ 380 000 vigswesies• 2003 4 700 000 MIV+ 450 000 vigswesies en dies meer . . . . . . . .• Afhangende van die leerders se behendigheid met die a�ees van die statistiek, sal antwoorde verskil.

http://cnx.org/content/m24461/1.1/

Page 12: Bevolkingsgroei en verandering: Die uitwerking van MIV/VIGScnx.org/exports/2b0333f2-f618-4f9a-816d...uitwerking-van-mivvigs-1.pdf · OpenStax-CNX module: m24461 1 Bevolkingsgroei

OpenStax-CNX module: m24461 12

• Die kleiner verskille maak nie saak nie. Die doel van die oefening is om die leerder `n besef van dieomvang van die probleem te gee � om hom dit self te laat vasstel.

Aktiwiteit 5:Die doel is om te kyk of die leerders die begrippe in die konteks van die Suid-Afrikaanse situasie

kan vertolk. Woorde kan in enige volgorde gebruik word.Die geskoolde werkmag �verdwyn� en fabrieke sal probleme met hul produksie ondervind.Koopkrag van gemeenskappe neem af omdat geld aan die mediese versorging van siek gesinslede bestee

word.Soldate en polisielede wat MIV-positief is en siek word, veroorsaak dat die veiligheid van die land

bedreig word en misdaad verder sal toeneem.Die versorging van miljoene weeskinders sal `n groot las op oorblywende gesinslede en die staat

wees.Aktiwiteit 6:Moontlikhede:hy moet sy houding teenoor die siekte veranderhy moet alles in sy vermoë doen om die probleme op te losAktiwiteit 7:

(a) `n Spesiale beleid om die kinders teen die aanslae van die lewe te beskerm, sal geformuleer moet word.

ofNuwe soorte weeshuise sal beplan en gebou moet word.

(a) Groter meganisasie (maar dit skep weer ander probleme).(b) Alle departemente se begrotings sal aangepas moet word om geld vir gesondheidsorg vry te stel.(c) Mense (kinders sowel as volwassenes) moet opgevoed word om eerstens die verspreiding van MIV te

beperk, en tweedens die gevolge van VIGS te hanteer/bestuur.

Aktiwiteit 8:Mense moet bewus gemaak word van MIV/VIGS. Dit is `n werklikheid vir almal, en nie iets wat net

ander mense a�ekteer nie.

http://cnx.org/content/m24461/1.1/