Hoërskool Montagu
Maandbrief : Junie 2019
OUERGESPREKKE
Ouers het die
geleentheid gehad om
op 29 April gesprekke
met opvoeders te voer.
Die volgende
ouergesprekke vind
plaas op Dinsdag
16 Julie 2019 vanaf
16:30 - 18:30.
Afsprake met die
opvoeders van u keuse
om die vordering van
u kind/ers te bespreek,
kan gemaak word deur
die skool vooraf te
skakel by 023-6141390.
Maak asseblief gebruik
van die geleentheid.
Ons wil graag saam
met u ʼn plan van aksie
uitwerk vir u kind vir
die res van die jaar.
JAARLEUSE 2019: SOS: Selfdissipline Ontgin Sukses
H/S MONTAGU POSBUS 85 MONTAGU 6720 TEL: 023-6141390 FAKS: 086 5447251 EPOS:
[email protected] WEB: www.hsmontagu.co.za
Geagte Ouers / Voogde, Leerders en Ondersteuners
Die jaar het ongesiens sy halfpadmerk bereik. Die tweede kwartaal is
nie net ʼn eksamenkwartaal nie, dit is ook die kwartaal waarin ons win-
tersportprogram en verskeie kultuuraktiwiteite voluit funksioneer. Graag
doen ek verslag oor ʼn paar belangrike sake.
Akademie
Junie-eksamen: Ons leerders het vanaf 20 Mei tot 7 Junie eksamen
afgelê. Die eksamenperiode het baie ordelik verloop en leerders het
deurentyd baie goeie samewerking gegee.
Die slaagvereistes vanjaar is as volg:
Graad 08 -09 Graad 10 – 12
50%+ in Afrikaans (ses vakke slaag)
40%+ in Engels 40%+ in Huistaal
40%+ in Wiskunde 40%+ in twee vakke
40%+ in enige drie ander vakke 30%+ in drie vakke
30%+ in twee ander vakke
Die volgende leerders behaal hierdie kwartaal die top 10 van hul graad.
Baie geluk met dié mooi prestasies. (in alfabetiese volgorde):
Graad 12: Ferdi Coetzee, Cherwin de Koker, Leon Ellis, Brent Hen-
dricks, Gurshwin Jass, Reshenda Johnson, Shalomé
Neethling, Monray Saaiman, Isobel Telford en Henry
Viljoen.
Graad 11: Jamay Belelie, Wendall Conradie, Suné den Engelsman,
Tia Esterhuyse, Alisha Gordon, Enrike Groenewald, Izonia
Hartnick, Anke le Grange, Lenz Neethling en Tiaan
Viviers.
Graad 10: Mia du Plessis, Ankia Ellis, Christiaan Enslin, Anton Jor-
daan, Mechyla Schoeman, Liné Stemmet, Dirk-Louw van
der Westhuizen, Zindi van Zyl, Wendy Visser en John
Wright.
Graad 09: Chris Carstens, Franco de Kock, Janie Marais, Anro Nel,
Nienke Strauss, Philip Olivier, Shaylyn Pekeur, Hein Swa-
nepoel, Amaris Strydom en JG van Deventer.
Graad 08: Cameron Adonis, Brayden Baartman, Ewan Coetzee,
Jean Pierre Matthee, Ann Lumey Pieterse, Carli Prins,
Carlene Segelaar, Geriant Segelaar, Nina Stemmet en
Shani Viviers.
CJ Langenhoven
“Jy kan mense huur vir jou kinders se geleerdheid - vir hul opvoeding moet jy self staan.”
Sportdag teen Bonnievale 4 Mei 2019 (Weg): Op Sa-
terdag 4 Mei het 10 sportspanne deelgeneem aan ‘n sportdag teen
Bonnievale. Ons spanne doen baie goed en wen 9 van die krag-
metings. Die tellings van die eerste span wedstryde is as volg:
Rugby (26-11) en Netbal (23-11).
Sportdag teen Swellendam 11 Mei 2019 (Weg): Op Sa-
terdag 11 Mei het 14 sportspanne deelgeneem aan ‘n sportdag
teen Swellendam. Ons wen 7 van die kragmetings en 1 eindig ge-
lykop. Die tellings van die eerste span wedstryde is as volg: Rug-
by (46-5), Netbal (24-26), Seunshokkie (2-2) en Dogtershokkie
(0-1).
Sportdag teen Montana 18 Mei 2019 (Weg): Op Saterdag
18 Mei het 19 sportspanne deelgeneem aan ‘n sportdag teen Mon-
tana. Ons wen 11 van die kragmetings en 3 eindig gelykop. Die
tellings van die eerste span wedstryde is as volg: Rugby (28-5),
Netbal (32-34), Seunshokkie (2-3) en Dogtershokkie (0-0).
SPORTUITSLAE
BAIE GELUK!
Skaak: Geriant Se-
gelaar en Stephanie
Scheepers is op-
geneem in die Bo-
land-skaakspan. Hulle
neem die vakansie
deel aan die SA-kam-
pioenskappe in Kim-
berley. Baie geluk en
sterkte!
Toneel en Musiek:
Henry Viljoen het aan
die Nasionale To-
neelkompetisie se fina-
le rondtes deelge-
neem. Hy het puik
kommentaar gekry!
Baie geluk ook aan
hom.
Netbal: Baie geluk
aan Claudine Soldaat,
Gwenlynne Plaaitjies,
Suné den Engelsman,
Zindi van Zyl en Carli
Prins wat opgeneem is
in die Wynland-Noord
span.
Rugby: Baie geluk aan
Jaco Kriel wat deelge-
neem het vir Noord-
Boland in die finale
proewe.
2
Gwenlynne Plaaitjies is ingesluit in
die 0/18 Wes-Kaap Netbal-
span. Sy neem die vakansie van 4
tot 6 Julie in Wellington deel. Baie
geluk en sterkte Gwenlynne! Ons is
baie trots op jou!
SA TENNIS: Anro Nel
Anro het gedurende die 2de kwartaal aan vier O/18 ITF toer-nooie deelgeneem. Dit het in Bot-swana en Namibia plaasgevind. Anro het baie goed gedoen, voor die toernooie was hy 2368 ste op die O/18 wêreldranglys en het opgeskuif tot 1152 ste.
Geriant en Stephanie
Anro gaan in die vakansie weer aan verskeie toernooie deelneem. Hy speel in die Paarl, Durban en Johannesburg waarna hy vroeg in die 3de kwartaal aan twee O/18 ITF-toernooie in Zimbabwe gaan deelneem en dan ook een in Jo-hannesburg en een in Pretoria.
SOSIALE MEDIA—WAT IS JOU VERANTWOORDELIKHEID?
Of jy iets via ‘n WhatsApp-groep, Facebook, Twitter of Instagram vir mense stuur, sal
die inhoud hanteer word, asof jy dit op die voorblad van 'n koerant gepubliseer het.
Anonimiteit is 'n mite op die internet. Jy kan inhoud onder 'n skuilnaam publiseer,
maar IT-kundiges het maniere om jou op te spoor of hulle kan jou net deur jou RICA-
registrasie of GPS-ligging vind. Sodra inligting in 'n digitale formaat is, is dit heeltemal
buite jou beheer.
Ongeag die storms wat jy kan veroorsaak deur die grense van vryheid van spraak oor
onderwerpe van ras, godsdiens en/of politiek te skuif of om jou ontevredenheid oor jou
werkgewer uit te spreek, kan dit jou ook werkloos laat. As jy jou werkgewer in oneer
bring en jou plig van goeie trou en lojaliteit versaak, of jou gedrag het 'n negatiewe uit-
werking op die diensverhouding, kan jy ontslaan word. Om inhoud te skep en dit self op
sosiale media te plaas, is nie die enigste manier waarop jy in 'n sosiale media-flater be-
trokke kan raak nie.
Sodra iemand die inhoud van ander op die internet begin versprei, word ‘n ketting van
publikasie geskep. Enigeen in die ketting van die publikasie van onwettige, immorele of
ongrondwetlike inhoud kan verantwoordelik gehou word. Jy word deel van die ketting
wanneer jy: 1. Deel / ‘’retweet’’ / inhoud aanstuur. 2. As jy net ‘n plasing ‘’like / favour-
ite’’. 3. 'n Opmerking oor die inhoud maak of op kommentaar reageer. 4. Of as jy in die
inhoud gemerk is, of as iemand dit op jou bladsy plaas.
Om in 'n plasing gemerk te wees, is dalk nie 'n direkte aksie wat jy geneem het om die
inhoud verder te versprei nie, maar sodra jy die vermoë het om onsmaaklike of on-
wettige inhoud (of enige inhoud) te kan verwyder en jy kies om dit nie te doen nie, word
jy gesien as deel van die ketting van publikasie.
Ons het `n verantwoordelikheid om kinders op te voed om goeie digitale
burgers te wees. As jy ontsteld word deur wat jy op sosiale media sien, poog
dan ook om die wesenlike effek op 'n kind, wie se lewe ook op sosiale media
afspeel, se emosionele- en ontwikkelingswelsyn te begryp en daarmee te
simpatiseer.
Gebruik die eenvoudige THINK-metode voordat jy iets op sosiale media
stuur of deel: T – is it True? H – is it Helpful? I – is it Inspiring? N – is it
Necessary? K – is it Kind? Kuberboeliery is een van die grootste oorsake
van depressie in ons moderne tyd en moet aangemeld word, aan nie net die
skool en ouers nie, maar ook aan owerhede.
Die slagoffers van kuberboeliery kan by die naaste landdroshof aansoek doen om 'n be-
skermingsbevel ingevolge die Wet op Beskerming teen Teistering, 2011 (Wet 17 van
2011). Dit is byna onmoontlik om die internet en sosiale media en die uitwerking daar-
van op die samelewing te ignoreer. En, moenie vergeet om die skerms so nou en dan af
te skakel nie en sê vir die kinders om te gaan speel ... in die natuur.
Verkorte artikel van Rose-Anne Lyon (SAOU)
3
Landsdiens: Die eerste naweek van die vakansie gaan ons lede ’n provinsiale kamp
bywoon. Die Landsdiens het fondsinsamelings gehou en het onder andere ‘n kontant-
bedrag aan die Droogtehulpfonds geskenk. In die 3de kwartaal gaan hulle fokus op die
beskerming van diere, uitreik na die medemens en omgewingsprojekte.
Skoolkoor: Ons sê dankie aan die ongeveer 30 koorlede wat gereeld oefen onder
leiding van mnr. Jaco Beeslaar en Mev. Retha Schreuder. Ons sien uit daarna om na
hulle te luister en is baie opgewonde oor die pragtige vordering wat hulle maak.
Op Donderdag, 9 Mei, het die deelnemers aan Mnr. en Mej. HSM 2019 weer gewys dat hul stylvol en vol inisiatief is. Met die tema “Wêreldbeker Japan” het die leerders die loopplank betower in die verskeie afdelings. Requelle Johnson (hoofmeisie) en Tandré Hanekom (hoofseun), was die bekwame seremoniemeesters vir die aand.
Die beoordelaars het hierdie jaar ‘n moeilike taak gehad, want al die deelnemers was sterre. Die wenners was as volg: Mej. HSM – Anke le Grange, Mnr. HSM – John Wright, Mej. Junior HSM — Carli Prins en Mnr. Junior HSM— Chris Carstens.
Mej. Persoonlikheid: Kayleigh Maritz, Mnr. Persoonlikheid: Nigel Pearson, Mej. Bene: Suné den Engelsman en Mnr. Lyf: Tshepo Mzondi.
Baie dankie aan die BK, onder leiding van Mev. Ruth van Niekerk en Mnr. Johandre Olivier, vir die reëlings van die aand en al ons borge wat ons so getrou ondersteun.
KULTUUR
4
MNR. EN MEJ. HOËRSKOOL MONTAGU 2019
Winterbal: ʼn Baie suksesvolle Winterbal is op Woensdag 12 Junie 2019 in die skoolsaal
aangebied, met die tema ‘Snow White and the Huntman’. Die Senior VRL is verant-
woordelik vir dié pragtige, stylvolle aand.
Juniorbal: As gevolg van die gewildheid van ons Winterbal, is daar besluit om ook `n
Juniorbal op Donderdag 13 Junie 2019 te hou. Dit het hoofsaaklik bestaan uit graad 7 tot
9 leerders. Die Junior VRL was verantwoordelik vir `n puik aand van dans, eet, lag en ge-
sels.
Graad 12 Winterskool, Hereksamen, Verpligte Studie en Lenteskool
Daar word die vakansie ’n Winterskool in Wiskunde, Rekeningkunde, Geografie,
Fisiese Wetenskap en English Home Language vir die graad 12 leerders aangebied.
Verder skryf al die graad 12 leerders wat in die eksamen vakke gedruip het, vanaf 1
– 5 Julie 2019 hereksamen in die betrokke vakke om hulle te help om op die ver-
wagte standaard te presteer. Die betrokke leerders moet dus deur die loop van die
vakansie voorberei vir die hereksamen wat op 1 Julie begin. Om dié leerders te help
voorberei, is daar verpligte studie by die skool vanaf 24 Junie tot 28 Junie. Die graad
12 leerlinge wat die eksamenvakke gedruip het, moet volgens die skool se Ma-
triekbeleid die hereksamen skryf en hulle akademiese verpligtinge nakom (verpligte
skoolstudie tydens die vakansie) om hulle matriekvoorregte te behou.
Ten slotte sal Matrieks ook vanaf 20 Augustus tot 22 Augustus bykomende hulp
ontvang, in die vorm van ’n Lenteskool, met die oog op die September-eksamen. U
sal in volgende kwartaal ‘n rooster ontvang vir laasgenoemde.
Winterskool vir Graad 12 leerders: 4, 5 en 8 Julie 2019
Om die graad 12 leerders te help om vanjaar so goed as moontlik te doen, het die per-
soneel ingewillig om op 4, 5 en 8 Julie 2019 (die drie laaste weeksdae van die
komende vakansie) ‘n Winterskool- program vir ons graad 12 leerders aan te bied in
sekere vakke. Daar is geen koste aan verbonde nie en leerders kan informeel aantrek
en slegs die werk vir die betrokke dag saambring. Diegene wat nie aan die program
deelneem nie, gaan die volgende kwartaal beslis met ‘n groot agterstand begin.
5
Tekkie Tax: Op 13 Junie
het ons leerders deelge-
neem aan die landwye
veldtog —”Tekkie Taks”. `n
Bedrag van R1520 is in-
gesamel ten bate van
liefdadigheid. Baie dankie
aan die Junior VRL en
elkeen wat deelgeneem het.
Montagu Museum-
dag se Redenaars-
kompetisie. Tanika
Craf-ford behaal ‘n
tweede plek en Kieran
Boyce 'n derde plek.
Redenaars: Die Junior- en Senior Redenaars-
kompetisie het plaasgevind op Donderdag 2
Mei 2019. Dit is verblydend om te sien dat die
gehalte van die aanbiedings en aantal deel-
nemers elke jaar verbeter. Die toesprake was
van hoogstaande gehalte. Bertha Bopeka en Ky-
ra Conradie word as die Junior en Senior wen-
ners onderskeidelik aangewys.
AGTERSTALLIGE SKOOLGELD
Prodebt /Esterhuyze Inc het die invordering van agterstallige skoolgelde oorgeneem. Graag versoek ons dat geen verdere betalings aan Van Zyl Hofmeyr prokureurs gemaak moet word nie, maar alle betalings aan Prodebt / Esterhuyze Inc gemaak moet word. U word versoek om u verwysings nommer op alle betalings aan te bring, ten einde te verseker dat u betalings korrek geallokeer word.
Indien u onseker is oor u verwysingsnommer kan u Prodebt skakel by 023-3423873 of ‘n epos stuur aan [email protected] ter bevestiging daarvan.
Bankbesonderhede: Rekeningnaam – Esterhuyze Ingelyf Bank – FNB Rekeningnommer- 6278 453 9549 Takkode - 200407 Verwysingsno. – DEB..... Ons wil graag vir Van Zyl en Hofmeyr bedank vir baie jare se goeie diens en samewerking.
6
Beroepstoetsing: Graad 11 en 12
HS Montagu doen baie om leerders te help op die pad vorentoe. Op 16 Julie besoek Mev. Sin-marie Pieterse, ‘n opvoedkundige sielkundige, die skool. Die skool stel net die dienste bekend, maar alle korrespondensie en betalings geskied direk met Mev. Pieterse.
Die assessering behels die afneem van psigometriese toetse t.o.v. aanleg, persoonlikheid en be-langstelling. Daarna word terugvoer gegee aan ouers en leerders, moontlike studierigtings word bespreek en kontakinligting van instansies word verskaf. Die koste van die diens beloop R2200 wat alles insluit.
Sy kan gekontak word per e-pos, [email protected] of by 083 455 2606, indien u van haar
dienste gebruik wil maak.
SKOOLGELDE
Skoolgelde word by Mev. Beets (sekretaresse) be-taal. Alle navrae moet egter gerig word aan Mev. Lewis. Mev. Lewis is Maandae tot Vrydae tussen 07:30 tot 13:30 by die skool beskikbaar en kan geskakel word by 023 614 3138. Teen die einde van Junie 2019 be-hoort 50% van alle skool-gelde betaal te wees.
CSV: Op Vrydag 31 Mei
het pastoor Ivor Swartz
ons besoek. Hy het sy
lewensverhaal met die
graad 10 en 11 leerlinge
gedeel. Hy moedig leer-
ders aan om na mekaar se
stories te luister. Sy bood-
skap is dat ons, ons ge-
leenthede moet gebruik
en verantwoordelikheid
moet aanvaar vir ons eie
lewens en keuses. Dit was
‘n baie spesiale geleent-
heid met ‘n besonderse
boodskap.
PERSONEEL EN ALGEMEEN
Mev. Carien Burger en haar man Mnr. Ryno Burger het ‘n nuwe
kleinding ryker geword. Klein Pieter Gerrit Burger is op 4 Junie
2019 gebore. Baie geluk! Ons weet hy sal net vreugde bring!
Dankie vir die samewerking, ondersteuning en lojaliteit van die
afgelope kwartaal. Mag dié van u wat met vakansie gaan, veilig
reis en goed uitrus.
7
BEHEERLIGGAAM en ONDERSTEUNERSKLUB
Die Beheerliggaam en sy onderskeie subkomitees
funksioneer voluit. Die ampsdraers is as volg: Voorsitter:
Mnr. Theuns Carstens, Ondervoorsitter: Mnr. Juan Swa-
nepoel, Tesourier: Mnr. Philippie Olivier en Sekretaresse:
Dr. Nadine van Zyl.
Die onderskeie sub-komitees funksioneer onder die leiding
van die volgende Beheerliggaamlede: Koshuis: Mnr. Vikus
Ellis, Dissipline en Beleid: Mnr. Theuns Carstens, Geboue en
Terrein: Mnr. Alewyn Hugo, Finansies: Mnr. Philippie Oli-
vier, Bemarking: Dr. Nadine van Zyl, Ondersteuning en So-
siaal: Mev. Leana van Deventer en Skoolaktiwiteite: Mev. In-
grid Kriel.
Die afgelope kwartaal is daar hard gewerk aan ons terrein.
Die volgende groot projekte wat aangepak gaan word, is die
vervanging van die saalgordyne, koop van ‘n nuwe skoolbus
en verf van die skoolgebou.
Die Ondersteunersklub onder leiding van mnr. Alewyn
Hugo het gereeld vergader. Mnr. Alewyn Hugo (voorsitter)
en Dr. Nadine van Zyl (sekretaresse) sy termyn is verby. Ons
wil hulle hartlik bedank vir hulle leiding, tyd en groot bydrae
wat hulle gelewer het. Baie geluk aan Mnr. Jacques Carstens
(voorsitter) en Mev. Henriëtte Coetzee (sekretaresse) wat
verkies is en baie sterkte vir u werksaamhede. Die Onder-
steunersklub is besig met baie projekte. Deel hiervan is die
voorbereidings vir die matriek motiveringsgeleentheid, 60
jaar vieringe en hulp vir sport en instandhouding. Daar word
ook kwartaalliks ʼn geselligheid gehou.
Ek wil alle ouers aanmoedig om betrokke te raak. Die
Ondersteunersklub is ʼn uitstekende geleentheid hiervoor.
Onthou: “ ʼn Betrokke ouer is ʼn gelukkige ouer– net soos die
leerders!”
MONTIE GROETE. MNR. TERTIUS PRINS
SKOOLHOOF
Biblioteek:
Die biblioteek, onder
leiding van mev. Ina van
Heerden, het sy sewende
verjaarsdag gevier. Ons
is baie trots op ons bib-
lioteek. Baie dankie vir
die 17 biblioteekprefekte
vir hulle harde werk. Die
biblioteek is elke dag
eerste pouse en akti-
witeitsperiodes oop.
Seidy Hartman is die
hoofbiblioteekprefek vir
2019.
BELANGRIKE DATUMS : 3DE KWARTAAL
Junie 24-28 Graad 12: Verpligte skoolstudie vir druipelinge
Julie 01-05 Graad 12: Aanvullende eksamen
04-08 Graad 12: Winterskool (Wiskunde, Rek, FW, Eng HT en Geografie)
09 Skool heropen 08:00 (Skooldag 08:00-14:30)
12 Graad 12: Engelse Mondeling (NSS Eksamen)
13 Sportdag teen Overberg (Tuis)
16 Graad 08 – 12 Ouergesprekke 16:30 – 18:30
20 Sportdag teen Langenhoven Gimnasium (Weg)
22 Beheerliggaamvergadering 18:00
23 KANSA Siviedag
24 Fotodag
27 Sportdag teen Langenhoven Riversdal (Tuis)
31 Graad 12: Afrikaanse Mondeling (NSS Eksamen)
Augustus
03 Sportdag teen Charlie Hofmeyr (Tuis)
07 Kooroptrede Worcester Eisteddfod
09 Skoolvakansiedag: Vrouedag
10 Geen Sport
12-17 Interskole week
14-24 Jeugkunstefees
15 Groot Brag 18:00 (Skoolsaal)
17 Interskole (Weg)
20-22 Graad 12: Lenteskool
23 Graad 12: Praktiese vakke Eksamen
26 Graad 12: Eksamen begin
28 Graad 08 – 11 Mini-eksamen begin
September
06 Graad 08 – 11 Mini-eksamen eindig
09 Beheerliggaamvergadering 18:00
13 Graad 12: Eksamen eindig
16 Graad 12: Eksamenvergadering en
Motiveringsgeleentheid
18 Eksamen: Engels Vraestel 3 (Gr.08-12)
Graad 12 L/S Montagu saalbyeenkoms
Graad 12: “Oscar-Saal”
19 Eksamen Gr 08-11: Afrikaans Vraestel 3 /
Matriekafskeid / Matriek Modeparade
20 Algemene kennis / Skool sluit
CODE OF RESPECT
The essence of good discipline is respect.
Respect for authority and respect for others; Respect for self and
respect for rules.
It is an attitude that begins at home, is rein-forced in school and is
applied throughout life.
8
Top Related