Wonderwerkies Kleuterskool - 2015...Ons leerprogram Wonderwerkies Kleuterskool se leerprogram is...

29

Transcript of Wonderwerkies Kleuterskool - 2015...Ons leerprogram Wonderwerkies Kleuterskool se leerprogram is...

  • Inhoudsopgawe

    BLADSY Voorwoord deur die Skoolhoof Bl. 3 Ons leerprogram Bl. 4 Wat behels ons Dagprogram Bl. 5

    1-2 Jaargroep Bl. 6 2-3 Jaargroep Bl. 7 3-4 en 4-5 Jaargroep Bl .8 Graad R Groep Bl. 9

    Skoolfonds en skooletes vir 2019 Bl. 10 Skoolfonds uiteensetting Babasorg en 1-2 Jaargroep Bl. 11 Skoolfonds uiteensetting 2-3/3-4/4-5 en Graad R Bl. 12 Wonderwerkies Kleuterskool Uniform Bl. 13 Kwartaalbenodighede Bl. 14 Belangrike datums vir 2019 Bl. 15 Benodighede volgens Jaargroepe Bl. 16-20

    Babasorg en 1-2 Jaargroep Bl. 16 2-3 Jaargroep Bl. 17 3-4 Jaargroep Bl. 18 4-5 Jaargroep Bl. 19 Graad R Bl. 20

    Ekstra Aktiwiteite Aangebied by die kleuterskool Bl. 21 Byt Beleid Bl. 22 Luis Beleid Bl. 23 Disipliene Beleid Bl. 24 Verjaardagpartytjies Bl. 25 Algemene Reëls en Regulasies Bl. 26-29

  • Voorwoord

    By Wonderwerkies Kleuterskool het ons ‘n passie vir Kinders!

    Ons bied ‘n veilige omgewing waar u kleuter met selfvertroue kan ontwikkel tot sy/haar volle potensiaal deur deelname aan ons Opvoedkundige program en stimulerende aktiwiteite.

    Die personeel en bestuur van Wonderwerkies Kleuterskool en Babasorgsentrum verbind hulle tot:

    Handhawing van Chistelike normes en waardes ‘n Veilige omgewing waarin kleuters tot volle potentiaal kan ontwikkel. Gelukkige kleuters wat kan leer, speel en fantaseer soos net kinders kan doen! ‘n Skoon en veilige omgewing Die onderrig taal is Afrikaans. Goeie en openlike skool en ouer verhoudings.

    Hier wil ons u kind verwelkom in ‘n wêreld waar hy/sy kan ontwikkel na sy eie beeld en om sy/haar eie gedagtes selfstandig aan te wakker. Elke Wonderwerkies Kleuter het ‘n spesiale plekkie om te vul in die wêreld. Dankie dat u ons vertrou om saam u kleinding te bou aan daardie roeping.

    Daar is twee tipes geskenke wat ons vir ons kinders moet gee;

    Diepgewortelde waardes en die vlerke om te vlieg

    Wonderwerkies Skoolfhoof René van Rooyen

  • Ons leerprogram

    Wonderwerkies Kleuterskool se leerprogram is gebasseer op die Nasionale Kurrikulum Verklaring. Die emosionele-, kognitiewe-, motoriese- en konatiewe aspekte van die kind word progressief ontwikkel. Die skool se opvoedingsfilosofie word weerspieël in die aanbieding van die dagprogram. Die leerprogram en Asseseringstandaarde is deur die skoolhoof saamgestel wat in 2003 haar 4 jaar Onderwys kwalifikasie in Pre en Junior Primêre onderwys aan die Universiteit van Pretoria behaal het.

    Veskeie Leerprogramme is gebruik vir die samestelling van die leerpogram

    Die Kurrikulum sluit die volgende in:

    Bybelonderrig Groot en Fyn metoriese Ontwikkeling Kuns en Handaktiwiteite Taalontwikkeling Roetine aktiwiteite Geletterdheid Lewensorientering Sang, Musiek en Bewegingsaktiwiteite Morsige Speeltyd Buitespel program

    Veskeie Leerprogramme is gebruik vir die samestelling van die leerpogram

    CAPS ELDA ACE Alles in Een Little one kleuter en Voorskoolse program Practica Kleuters Nasionale kurriculum se werkboeke en werkstukke Verskeie internet dokumente Kleuterkapperjollie

  • Wat behels ons Dagprogam by WonderWerkies Kleuterskool?

    Godsdiens - Lees van Bybeverhale, leer van lewenslessies, leer gebedjies, leer en sing nuwe liedjies.

    Kring aktiwiteite DAAGLIKSE aktiwiteite (volgens jaargroepe)

    Tel Aktiwiteite Dae van die week Maande van die jaar Weerkaart/Seisoene Vorm van die week Kleur van die week Liedjie/Rympie van die week – asook herhaling van ander bekende liedjies,

    rympies en gediggies Die Tema van die week word daagliks bepsreek om so ons kleuters se

    breintjies te stimuleer en hulle kennis uit te brei.

    Aktiwiteite wat WEEKLIKS gedek moet word.

    Legkaarte Hersiening van bekende vorms en kleure Skrifoefening Ryg Aktiwiteite Posisie in die ruimte Knipoefeninge Patroonvorming Potloodgreep oefeninge

    Tema Bespreking - Ons leerprogram volg ‘n weeklikse tema. In ons

    weeklikse bespreking, word daar meer geleer, ontdek en gesels oor die spesifieke tema.

    Tema Aktiwiteit – Die kleuters het elke dag ‘n kuns aktiwiteit wat hulle in die klas doen wat aansluit by die tema bespreking van die dag.

    Vryspel Buite - Elke onderwyseres moet elke dag ‘n buitespel aktiwiteit saam met haar klas aanbied. Ons volg ‘n Buitespel program wat so al die nodige spiere ontwikkel en bevorder. Dit behels, balspel, balanseer aktiwiteite, boontjiesakke, springtoue, hoolahoops, spring, hop, galop,paddaspring,huppel ens.

    Rustyd. - Ons kleuters se rustyd is vanaf 11:30am to 13:30 Die kinders

    hoef nie noodwendig te slaap nie, maar moet vir ten minste ‘n halfuur op hulle martassies lê en rustig wees.

  • Dagprogram: 1-2 Jaargroep

    7:00am Ontvangs van kleuters

    Vryspel binne (Verskeie aktiwiteite)

    8:00am Ontbyt

    8:15am Medikasie/Sonbrandroom/Vitamines/Toilet Roetine

    8:45am Godsdiens en Kring aktiwiteite

    9:15am Tema aktiwiteite, Skeppende aktiwiteite , Morsige Speeltyd

    10:00am Verversing (Snack)

    10:30am Buitespel

    11:15am Handjies was en Toiletroetine

    11:30am Middagete

    12:00pm Rustyd

    14:00pm Halfdag maats vertrek

    14:00pm Vryspel (binne en buite)

    15:00pm Middag Verversing (Snack)

    16:00pm Handjies was en opruim

    17:15pm Voldag maats vertrek

  • Dagprogram: 2-3 Jaargroep

    7:00am Ontvangs van kleuters

    Vryspel binne (Verskeie aktiwiteite)

    8:00am Ontbyt

    8:15am Medikasie/Sonbrandroom/Vitamines/Toilet Roetine

    8:30am Godsdiens

    8:45am Kring Aktiwiteite

    9:15am Tema aktiwiteite, Skeppende aktiwiteite , Morsige Speeltyd

    10:00am Verversing (Snack)

    10:15am Buitespel

    11:15am Handjies was en Toiletroetine

    11:30am Middagete

    12:00pm Rustyd

    14:00pm Halfdag maats vertrek

    14:00pm Vryspel buite

    15:00pm Middag Verversing (Snack)

    16:00pm Handjies was en opruim

    17:15pm Voldag maats vertrek

  • Dagprogram. 3-4 asook 4-5 Jaargroep

    7:00am Ontvangs van kleuters

    Vryspel binne (Verskeie aktiwiteite)

    8:00am Ontbyt

    8:15am Medikasie en Toilet Roetine

    8:30am Godsdiens

    8:45am Kring Aktiwiteite

    9:15am Tema Bespreking en Skeppende aktiwiteite

    10:15am Sonbrandroom/Vitamines/Toiletroetine

    10:30am Verversing (Snack)

    10:30am Buitespel Aktiwiteit saam opvoeder

    10:45 Vryspel Buite

    11:45am Handjies was en Toiletroetine

    12:00pm Middagete

    12:30pm Rustyd

    Storietyd vir halfdag maats

    13:30pm Halfdag maats vertrek

    14:00pm Vryspel buite

    15:00pm Middag Verversing (Snack)

    16:00pm Handjies was en opruim

    17:15pm Voldag maats vertrek

  • Dagprogram vir Graad R

    7:00am Ontvangs van kleuters

    Vryspel binne (Verskeie aktiwiteite)

    7:45am Ontbyt

    8:00am Medikasie/Toiletroetine

    8:15am Godsdiens en Nuus

    8:30am Geletterheid en Tema bespreking

    9:30am Gesyferdheid

    10:30am Verversing en Buitespel

    11:30am Lewensvaardigheid en

    2de Taal ontwikkeling (2 x weekliks)

    12:00am Handjies was en Toiletroetine

    12:00pm Middagete

    12:30 Taal ontwikkeling en Storie

    13:00pm Graaad R leerders se dagprogram is klaar

    14:00pm Halfdag maters vertrek en Buitespel

    15:00pm Middag Snack

    16:00pm Handjies was en opruim

    17:15pm Voldag maats vertrek

  • Skoolfonds en Skooletes

    Skoolfonds is betaalbaar vir 12 maande voor of op die 30ste van elke maand

    Bankbesonderhede:

    FNB: WONDERWERKIES KLEUTERSKOOL Tjek rek. No: 62383964709.

    Ermelo tak. 270344

    Kortings:

    Betaal van skoolfonds vir 6 maande vooruit – 5% afslag

    Betalings van Skoolfonds vir 12 maande vooruit – 10% Afslag

    Skoolfonds is betaalbaar vir 12 maande voor of op die 30ste van elke maand.

    Gesonde Skooletes.

    Ons het ‘n onafhanklike dame wat elke dag skooletes vars by die skool aflaai. Kontak haar gerus vir meer besonderhede, kostes en spyskaarte. Susan se kinderkombuis: 079 691 65 47

  • Skoolfonds Uiteensetting 2019.

    Babasorg / 1-2 Jaargroep

    Babasorg: R1650 1-2 Jaargroep: R1500

    Addisionele Uitgawes: (1-2 Jaargroep) Skryfbehoeftes: SLEGS VIR DIE 1-2 Jaargroep

    Skryfbehoefte pakette word aangekoop by Mr Cartridge.

    Pakkette beskikbaar vanaf 1 Desember. Kostes van pakette

    sal op groepies uitgestuur word voor 1 November 2018

    Skryfbehoeftes word deur die jaar aangevul soos benodig.

    Bak en Brou: Slegs vir die 1-2 Jaargroep: Leerders neem maandeliks deel aan

    Bak en Brou aktiwiteite. Ouers word in klasverband gevra om

    bestandele saam te stuur vir die dae se gebak!

    Kwartaalikse Benodighede

    Elke kwartaal stuur ouers sekere kwartaal bendighede vir u kleuter.

    Sien Asseblief dokument “Kwartaalikse Benodighede” vir u kleuter se lys van benodighede vir elke kwartaal

    Opsioneel: Skoolklere:

    OPSIONEEL!

    Skool Gholfhempies, broekies asook skool sweetpakke sal

    beskikbaar wees op bestelling.

    Pryslyste word elke jaar uitgestuur op skool whatsapp groepe

    Entrepeneursdag: Daar word elke kwartaal ‘n Entrepeursdag aangebied deur die

    grooter klassies in die skool. Dit word op die maandelikse kalender

    aangedui. Ouers is welkom om ‘n geldjie saam te stuur om die

    klassies te ondersteun

  • Skoolfonds Uiteensetting 2019.

    2-3jr / 3-4jr / 4-5jr / Graad R

    Halfdag: Voldag:

    1-4 Dae R1150.00 R1250.00

    5 Dae R1350.00 R1450.00

    Addisionele Uitgawes: Skryfbehoeftes: Skryfbehoefte pakette word aangekoop by Mr Cartridge.

    Pakkette beskikbaar vanaf 1 Desember. Kostes van pakette

    sal op groepies uitgestuur word voor 1 November 2018

    Skryfbehoeftes word deur die jaar aangevul soos benodig.

    Bak en Brou: Leerders neem maandeliks deel aan Bak en Brou aktiwiteite.

    Ouers word in klasverband gevra om bestandele saam te stuur

    vir die dae se gebak!

    Kwartaalikse Benodighede

    Elke kwartaal stuur ouers sekere kwartaal bendighede vir u kleuter.

    Sien Asseblief dokument “Kwartaalikse Benodighede” vir u kleuter se lys van benodighede vir elke kwartaal

    Opsioneel: Skoolklere:

    OPSIONEEL!

    Skool Gholfhempies, broekies asook skool sweetpakke sal

    beskikbaar wees op bestelling.

    Pryslyste word elke jaar uitgestuur op skool whatsapp groepe

    Entrepeneursdag: Leerders en hul ouers wat graag wil deelneem aan die jaarlikse

    Entrepeneursdag! Maats maak oulike goedjies om te verkoop, en

    elke maat vat sy geldjie huistoe! Meer inligting volg !

    Gr R Boekefonds Die Graad R Leerders betaal elke kwartaal ‘n boekefonds van R120.

  • Wonderwerkies Kleuterskool

    Skool Uniform.

    Wonderwerkies het pragtige uniforms wat ouers kan bestel. Ons het somer sowel as

    wintersklere.

    Klere bestellings vind plaas in Februarie, Junie asook September.

  • Kwartaalikse benodighede

    1ste Kwartaal 2de Kwartaal 3de Kwartaal 4de Kwartaal 2-3

    Jaargroep 1 x houer

    Snesies

    Savlon

    Wetwipes

    Pleisters

    2 x houer

    Snesies

    Wetwipes

    Gekleurde

    karton (Koop asb aan by Mr

    Cartridge)

    2 x houer

    Snesies

    Pleisters

    Wetwipes

    1 Riem

    fotostaatpapier

    Pleisters

    Wetwipes

    3-4 Jaargroep

    1 x houer

    Snesies

    Savlon

    Wetwipes

    1 Riem

    fotostaatpapier

    Pleisters

    Wetwipes

    Gekleurde

    karton (Koop asb aan by Mr

    Cartridge)

    2 x houer

    Snesies

    Pleisters

    Wetwipes

    1 x houer

    Snesies

    Savlon

    Wetwipes

    4-5 Jaargroep

    1 Riem

    fotostaatpapier

    1 x houer

    Snesies

    Wetwipes

    2 x houer

    Snesies

    Savlon

    Wetwipes

    Gekleurde

    karton (Koop asb aan by Mr

    Cartridge)

    1 x houer

    Snesies

    Savlon

    Wetwipes

    1 x houer

    Snesies

    Pleisters

    Wetwipes

    Graad R 1 Riem fotostaatpapier

    Pleisters

    Wetwipes

    2 x houer

    Snesies

    Savlon

    Wetwipes

    1 Riem

    fotostaatpapier

    1 x houer

    Snesies

    Savlon

    Wetwipes

    1 x houer

    Snesies

    Savlon

    Gekleurde

    karton (koop asb aan by Mr Cartridge)

    Wetwipes

  • Belangrike datums vir 2019

    7 Januarie 2019 Kom ontmoet my juffrou dag

    en laai alle benodighede af. 7:00 – 14:00

    8 Januarie 2019 Skool open vir 2019 15 Februarie 2019 Valentynsdag Foto’s 21 Maart 2019 Menseregte dag 22 Maart 2019 Skoolvakansiedag 19 April 2019 Goeie Vrydag 22 April 2019 Familie dag (Paas Maandag) 27 April 2019 Vryheidsdag 1 Mei 2019 Werkersdag 10 Mei 2019 Mamma en Ouma dag 3 Augustus 2019 Nasionale Stem Dag 9 Augustus 2019 Vrouedag 23 September 2019 Skoolvakansiedag 24 September 2019 Erfenisdag

  • Benodighede lys vir

    Babasorg asook die 1-2 Jaargroep

    Kwartaalikse Benodighede (Stuur asseblief skooltoe 1ste week van elke Kwartaal)

    1ste Kwartaal Pakkie Doeksakkies, Bottel Detol, 2 Houer Snesies 2de Kwartaal Pakkie Doeksakkies, Bottel Detol, 2 Houer Snesies 3de Kwartaal Pakkie Doeksakkies, Bottel Detol, 2 Houer Snesies 4de Kwartaal Pakkie Doeksakkies, Bottel Detol, 2 Houer Snesies

    NB!! BAIE BELANGRIK:

    Maak asseblief seker dat alle items duidelik gemerk is.

    Skryfbehoeftes pakket (beskikbaar by Mr Cartridge) Duidelik gemerkte skoolsak. Doeke 2 x Ekstra stel klere en warm baadjie Boudjiesalf Gunsteling kombers en kussing vir slaaptyd Wipes Jumbo foto van hoe ek huidiglik lyk! Bottels

    (Gewas en gesteriliseer) Waslap Formule melk Haarborsel vir dogtertjies Indien kleinding ‘n spesiale beertjie of troosie het vir slaaptyd, pak gerus dit in! Kosblik en koeldrank vir etes (Indien u nie van skooletes gebruik maak nie)

    Ekstra benodighede vir 1-2 Jaargroep Vitamien Aanvulling van u keuse Sonbrandroom en hoed. NB! Baie belangrik! Verf Jassie of n ou knoop hempie van pappa vir verf aktiwiteite

  • Benodighede lys vir

    2-3 Jaargroep. (Pottytrain Groep)

    Skryfbehoeftes pakket (beskikbaar by Mr Cartridge) Duidelik gemerkte skoolsak Vitamien Aanvulling van u keuse Ekstra stel klere en warm baadjie – Indien u kleuter besig is om te potty train sal meer stelle klere en onderklere nodig wees – Glipsies gebeur! Doeke, wipes, boudjiesalf (Indien kleuter nog nie gepotty train is nie) Gunsteling kombers en kussing vir slaaptyd Jumbo foto van kleuter Sonbrandroom – BAIE BELANGRIK! Waslap Sonhoed (opsioneel) Haarborsel vir dogtertjies Waterbottel Doeksakkies (indien kleuter nog op

    doeke is) Verf Jassie of n ou knoop hempie van pappa vir verf aktiwiteite Indien kleinding ‘n spesiale beertjie of troosie het vir slaaptyd, pak gerus dit in! Kosblik en koeldrank vir etes (indien u nie van skoolgetes gebruik maak nie)

    Kwartaalikse Benodighede (Stuur asseblief skooltoe 1ste week van elke Kwartaal)

    1ste Kwartaal 1 x houer Snesies Savlon Doeksakkies Wetwipes

    2de Kwartaal Pleisters 2 x houer Snesies Doeksakkies Wetwipes

    3de Kwartaal Gekleurde karton 2 x houer Snesies Doeksakkies Pleisters Wetwipes

    4de Kwartaal 1 Riem fotostaatpapier Pleisters Doeksakkies Wetwipes

    BAIE BELANGRIK: Maak asseblief seker dat alle items duidelik gemerk is.

  • Benodighede lys vir

    3-4 Jaargroep.

    Kwartaalikse Benodighede (Stuur asseblief skooltoe 1ste week van elke Kwartaal)

    1ste Kwartaal 1 x houer Snesies Savlon Wetwipes

    2de Kwartaal 1 Riem fotostaatpapier Pleisters Wetwipes

    3de Kwartaal Gekleurde karton 2 x houer Snesies Pleisters Wetwipes

    4de Kwartaal 1 x houer Snesies Savlon Wetwipes

    BAIE BELANGRIK: Maak asseblief seker dat alle items duidelik gemerk is.

    Skryfbehoeftes pakket (beskikbaar by Mr Cartridge) Duidelik gemerkte skoolsak Vitamien Aanvulling van u keuse Ekstra stel klere en warm baadjie Jumbo foto van kleuter Gunsteling kombers en kussing vir slaaptyd Gom (Gluestick) Sonbrandroom – BAIE BELANGRIK! Haarborsel vir dogtertjies Waterbottel Waslap Sonhoed (opsioneel) Verf Jassie of n ou knoop hempie van pappa vir verf aktiwiteite Indien kleinding ‘n spesiale beertjie of troosie het vir slaaptyd, pak gerus dit in! Kosblik en koeldrank vir etes (Indien u nie van skool etes gebruik maak nie)

  • Benodighede lys vir

    4-5 Jaargroep.

    Kwartaalikse Benodighede (Stuur asseblief skooltoe 1ste week van elke Kwartaal)

    1ste Kwartaal 1 Riem fotostaatpapier 1 x houer Snesies Wetwipes

    2de Kwartaal 2 x houer Snesies Savlon Wetwipes

    3de Kwartaal Gekleurde karton 1 x houer Snesies Savlon Wetwipes

    4de Kwartaal 1 x houer Snesies Pleisters Wetwipes

    BAIE BELANGRIK: Maak asseblief seker dat alle items duidelik gemerk is.

    Skryfbehoeftes pakket (beskikbaar by Mr Cartridge) Duidelik gemerkte skoolsak Vitamien aanvulling van u keuse Ekstra stel klere en warm baadjie Potloodsakkie Gunsteling kombers en kussing vir slaaptyd//Storietyd

    Haarborsel vir dogtertjies

    Sonbrandroom – BAIE BELANGRIK! Haarborsel vir dogtertjies Gom (Glue Stick) Waterbottel Sonhoed (Opsioneel) Jumbo foto van kleuter Tennisbal en Springtou Inkleurboek A4 “Whiteboard” bordjie en “Whiteboard” pen Verf Jassie of n ou knoop hemp van pappa vir verf aktiwiteite Kosblik en koeldrank vir etes (Indien u nie van skoolgetes gebruik maak nie)

  • Benodighede lys vir Graad R

    Kwartaalikse Benodighede (Stuur asseblief skooltoe 1ste week van elke Kwartaal)

    1ste Kwartaal 1 Riem fotostaatpapier

    Pleisters Wetwipes

    2de Kwartaal 2 x houer Snesies Savlon Wetwipes

    3de Kwartaal 1 Riem fotostaatpapier 1 x houer Snesies Savlon Wetwipes

    4de Kwartaal 1 x houer Snesies Savlon Gekleurde karton Wetwipes

    BAIE BELANGRIK: Maak asseblief seker dat alle items duidelik gemerk is.

    Skryfbehoeftes pakket (beskikbaar by Mr Cartridge) Duidelik gemerkte skoolsak Vitamien aanvulling van u keuse Ekstra stel klere en warm baadjie

    Potloodsakkie

    Waterbottel Sonbrandroom – BAIE BELANGRIK Tennisbal A5 Hardebandboekie. Dik Inkleurboek Jumbo Foto Haarborsel vir dogtertjies Kosblik en koeldrank vir etes (Indien u nie van skoolgetes gebruik maak nie) Skryfbehoefte pakket beskikbaar by Mr Cartridge

  • Ekstra aktiwiteite

    Aangebied by die Kleuterskool

    Meer inligting, aansoekvorms asook tye is beskikbaar by die aansteekbord in die

    voorportaal van die skool.

    Playball 072 592 40 41 Piccolo pikkies 083 661 97 96 Tennis Wizz 082 535 82 55 Wen Wiskunde 082 535 82 55 Rugga Kids (Rugby) 071 840 0674 NSD Netbal 079 809 4882

  • Byt beleid

    Jong kinders se kommunikasievermoëns is beperk, en hulle het ook nog nie geleer hoe om hul emosies en behoeftes effektief uit te druk nie. Dit is die ‘n groot rede hoekom hulle hulself soms skuldig daaraan maak om te byt of te knyp, om sodoende die boodskap oor te dra dat hulle nie tevrede is met ‘n spesifieke situasie nie. In die meeste gevalle wat ‘n kind byt, voel die kind kwaad, gefrustreed, geïrriteerd of self opgewonde. Hulle het ‘n emosie waaraan nou uiting gegee moet word!

    Byt kom algemeen voor by kinders tussen die ouderdom van 1-3 jaar. Dit is die tydperk wat hul kommunikasie vaardighede nog ontwikkel. Dit is vir ouers baie onstellend as hul kind gebyt word, maar dit is net so traumaties en ‘n negatiewe ervaring vir die mamma van die byter.

    By ons kleuterskool doen ons altyd ons bes om sulke situasies te vermy, maar dit gebeur so vinnig en nie altyd moontlik om te keer nie.

    Ons teken alle byt insidente aan, en bring dit ook onder die aandag van die kleuter wat byt se mamma. Indien die gedrag herhaaldelik gebeur sal dit wel die ouers van die kind wat by bespreek word. Indien ‘n kleuter gebyt word, mag die klasonderwyseres mag onder geen omstandighede die naam van die kind aan die ouers wie se kind gebyt is gegee word nie. Dit sal net onnodige spanning en drama veroorsaak. Lees gerus die skool se disspline beleid. Daaraan bespreek ons hoe sulke situasies hanteer sal word.

    Waarom byt peuters en kleuters?

    ‘n maat het iets gedoen waarvan die kind nie hou nie. Die kind byt of knyp dan om so vir die maat te se dit nie weer te doen nie

    Wanneer ‘n kind spanning ervaar as gevolg van byvoorbeeld, veranderinge in die gesin of trauma, kan dit versoorsaak dat hy sy maats byt om van sy eie frustrasies, woede of hartseer ontslae te raak.

    Jou kind se dieët speel ook ‘n belangrike rol. ‘n Kind wat te veel suiker of stysel eet word vinninger geirriteerd.

    Moegheid of honger maak ‘n kind geirriteerd en is ook genoeg rede dat hy ‘n ander sal seermaak

    Daar is ook gevalle waar kinders byt om te manipuleer en die grense te toets.

  • Luis beleid

    By Wonderwerkies Kleuterskool laat ons ongelukkig geen kleuters toe wat luise het nie. Kleuters sal ‘n “Rooi Briefie” ontvang om so die ouers in kennis te stel van dit. Vind aangeheg ‘n voorbeeld van ons brief.

  • Dissipline Beleid

    Ongelukkig gebeur dit soms dat ons kleuters in die kleuterskool kry wat ‘n gedragsprobleem ontwikkel. Ons het sekere stelsels in plek om die situasies op die regte manier te hanteer.

    Indien ‘n gedragsprobleem of enige ander dissiplinêre probleem onder ‘n kleuter geïdentifiseer word, sal die volgende proses gevolg word:

    In die geval van algemene en nie ernstige insidente.

    By Wonderwerkies Kleuterskool glo ons in Postiewe benadering tot dissipline. Die juffrou, of enige ander personeellid van Wonderwerkies Opvoedkundige Kleuterskool, sal afsak na die kleuter en in ‘n liefdevolle manier verduidelik dat die gedrag onaanvaarbaar is. Daar sal dan ook aan die kleuters verduidelik word dat ons jammer moet sê. Die kleuters sal dan met nodige hulp vanaf die klasonderwyseres of ander personeellid vir die maatjie jammer gaan sê. Indien die selfde gedrag binne ‘n kort tydperk weer herhaal word sal die kleuter moontlik “Dink tyd” (Time Out) kry.

    Indien personeel sien dat die gedrag wel gereeld herhaal word, sal dit ook onder die ouers se aandag gebring word en informeel bespreek word. Daar sal gevra word dat die ouer ‘n gesprek register onderteken

    Indien dit wel gebeur dat die gedrag van ‘n kleuter vererger of dat negatiewe gedrag (soos in die geval van aanhoudende boelie, aanhoudende byt, aanhoudende seermaak en of enige ander ernstige gedragsprobleme) aanhou voorkom sal die klasonderwyseres dit met die skoolhoof bespreek. Die skoolhoof sal saam met die klasonderwyseres sowel as die ouers vergader, en so moontlike oplossing vir die gedrag bespreek. Die intervensies sal gemonitor word vir ‘n tydperk van 2 weke. Indien daar steeds nie ‘n postiewe verandering is nie sal die skoolhoof weer ‘n vergadering reël en alternatiewe benaderings tot die probleem sal bespreek word. Indien daar nie enige verbetering is, en of nie samewerking vanaf die ouers verkry word nie, behou WONDERWERKIES OPVOEDKUNDIGE KLEUTERSKOOL EN BABASORGSENTRUM die reg om met onmiddellike effek die kontrak te beëindig op grond van die beskerming van die belange van die kind, ander kinders en of personeel van WONDERWERKIES OPVOEDKUNDIGE KLEUTERSKOOL EN BABASORGSENTRUM

  • VERJAARSDAGPARTYTJIES

    ‘n Verjaarsdag is ‘n belangrike gebeurtenis vir elke kind. Ons wil ook graag die dag vir u kleuter spesiaal maak, daarom maak die ondewyseres ‘n verjaarsdagkroon vir die verjaarsdagmaatjie. Ouers is altyd welkom om partytjie by die skool te hou vir u kleuter! Reël net asseblief met die onderwyseres, want daar het al meer as een kleuter op dieselfde dag verjaar. Ons verkies dat partytjies eers na die leerprogram plaasvind, so partytjies sal gehou word vanaf 10:00. U is welkom om eetgoed skool toe te stuur. As gevolg van die hoë voorkoms van allergieë vir kleurstowwe vra ons u om enige van die volgende te stuur:

    ‘n Koek is welkom, maar ons verkies wel kolwyntjies (“Cupcakes”) aangesien dit meer as

    genoeg is vir elke kleuter, en so word daar dan nie met kos gemors nie. Skyfies (Chips) en sagte lekkergoed. Harde lekkergoed, suigstokkies, gaskoeldrank en balonne hou ‘n veiligheidsrisiko in en mag nie

    na die skool gestuur word nie. Ouers is meer as welkom om lekkergoedpakkies saam te stuur.

    Die pakkies sal wel saam met die kleuters huistoe gestuur word, waar elke ouer sy/haar eie oordeel kan gebruik oor watter lekkers die kinders kan eet.

    Daar word foto’s van hierdie gebeurtenis geneem en vir u aangestuur.

    Wat is die ideale partytjie by die skool?

    Stuur vir elke maatjie in die klas ‘n kolwyntjie, ‘n klein koeldrank en een lekkertjie! Dit is meer as genoeg en kleuters geniet dit terdeë! Vra gerus die klasonderwyseres vir idees of indien u enige vra het, ons help graag!

  • Algemene Daaglikse Reëls en Regulasies

    WONDERWERKIES KLEUTERSKOOL &

    BABASORGSENTRUM

    INSKRYWINGSVOORWAARDES

    Kinders van die ouderdom van 3 maande tot 6 jaar (Graad R) word aanvaar. Die onderrig taal is Afrikaans en Christelike waardes word aanvaar en uitgeleef.

    Om toelating tot WONDERWERKIES OPVOEDKUNDIGE KLEUTERSKOOL te bekom moet alle nuwe kleuters vooraf na die kleuterskool gebring word vir ‘n basiese evaulasie, volgens ouderdom om so te verseker baba/peuter/kleuter word in die geskikte ouderdom / klas geplaas.

    Die skool behou reg van toegang en toelating.

    VERSORGINGSURE:

    Die versorgingsure van u kind(ers) is vanaf 07h00 in die oggende tot 13h30 vir halfdag kind(ers) en tot 17h15 vir voldag kind(ers).

    Indien na-uurse versorging plaasvind, onderneem u om 'n addisionele fooi, bereken teen R50.00 per halfuur of gedeelte van 'n halfuur, aan WONDERWERKIES OPVOEDKUNDIGE KLEUTERSKOOL te betaal.

    Halfdag kinders moet tussen 12:30 en 13:30 afgehaal word.

    DAE VAN VERSORGING:

    U kind(ers) word vanaf Maandag tot Vrydag versorg. Die skool is nie oop gedurende Publieke Vakansiedae nie, en ook nie oor naweke nie.

    VAKANSIE-SLUITING:

    WONDERWERKIES OPVOEDKUNDIGE KLEUTERSKOOL sluit elke jaar gedurende Desember vakansie, en heropen weer in Januarie. (Sien jaarlikse beplanning vir datums)

    Die skool is gesluit vir 5 ADDISIONELE dae deur die loop van die jaar (Sien jaarlikse beplanning en datums).

    Die kleuterskool sal gesluit wees oor naweke en publieke vakansiedae.

  • SKOOLFONDS

    Alle skoolgelde is vooruit betaalbaar voor of op die laaste dag van elke maand vir 12 maande.

    Daar is ‘n jaarlikse R350 nie-terugbetaalbare registrasiefooi betaalbaar.

    Internetbetalings: Gebruik u kind se naam as verwysing

    BEWYS VAN BETALING moet maandeliks gestuur word na [email protected]

    Kortings: betaal van skoolfonds vir 6 maande vooruit – 5% afslag.

    Betaling van skoolfonds vir 12 maande vooruit – 10% afslag

    Vanaf 2019 word ‘n Onafhanklike Maatskappy gebruik wat al die rekeninge vir Wonderwerkies Kleuterskool behartig.

    INVORDERINGSKOSTES / LAAT BETALINGS:

    Invorderingskoste ten opsigte van laat betalings van R50.00 per dag is addisioneel betaalbaar indien die betaling van fooie vir die versorging van u kind(ers) die skool later as die eerste dag van 'n maand bereik.

    Indien fooie nog uitstaande is teen die 5de van die maand, behou die skool die reg voor om die kontrak met onmiddellike effek te kanselleer. Hierdie reël sal streng toegepas word.

    AFWESIGHEID, SIEKTE, AANSTEEKLIKE SIEKTES OF VAKANSIES:

    Geen korting word gegee tydens die kind(ers) se afwesigheid weens siekte of wanneer hy/sy met vakansie is nie, of wanneer die skool sluit vir vakansie nie.

    Die ouers onderneem om aanspreeklik te bly vir die volle fooi (asof die kind(ers) die skool bywoon) weens watter rede ookal, vir enige lengte van tyd wat die kind(ers) van WONDERWERKIES OPVOEDKUNDIGE KLEUTERSKOOL afwesig was.

    Die ouers onderneem om die volle fooi vir die sluitingstydperk gedurende Desember en Januarie elke jaar te betaal, asof die kind(ers) die skool bywoon.

    Die ouers/voogde van die kind(ers) onderneem om geen kennis van ontrekking van enige kind(ers) gedurende November te gee nie (ongeag of die kind(ers) terugkeer of Laerskool toe gaan die volgende jaar). Die laaste datum waarop kennis van staking van bywoning dus kan geskied, is op 1 November vir die einde van Desember.

    Geen vorderingsverslae sal uitgegee word indien skoolfonds nie op datum betaal is nie.

    Geen uitsonderings sal op hierdie reël gemaak word nie.

    Indien u nie duidelikheid omtrent dit het nie bespreek dit dan asseblief met die ondertekening van hierdie ooreenkoms.

    KENNISGEWING VAN STAKING VAN BYWONING:

    EEN KALENDERMAAND SKRIFTELIKE KENNISGEWING moet gegee word, sou ‘n kind die skool verlaat. Een kalender maand beteken dus dat kennis slegs gegee kan word op die einde van ‘n maand.

  • MEDIESE SORG

    Alle medikasie wat aan u kind gegee moet word tydens ons sorg moet in die Medikasie Register of medikasie strookie aangeteken word- Geen medikasie sal aan ‘n kind gegee word indien dit nie aangeteken is nie.

    Alle medikasie MOET aan die klas onderwyseres gegee word en mag onder geen omstandighede in die kind se tas gelos word nie.

    Indien u kind siek word by die skool, sal u as ouer gekontak word as die personeel dink dit is in die kind se beste belang om huistoe/dokter toe te gaan.

    Kleuters met koors hoër as 38.5°C, sal huistoe gestuur word, en weer toegelaat word by die skool met medikasie vir die spesifieke siekte.

    Geen kind sal toegelaat word by die skool met ‘n aansteeklike siekte nie.

    Geen kleuter met luise/nete sal toegelaat word by die skool nie.

    ALGEMEEN

    Ouers word versoek om hulle kinders persoonlik aan die personeel aan diens te oorhandig. GEEN KLEUTER MAG BUITE DIE HEK GELOS WORD OM ALLEEN IN TE LOOP NIE! DIT IS GEVAARLIK! Kleuters moet tot by die klas geneem word.

    Maak asseblief seker u kleuter is op die laatste by die skool 8:15am.

    Ons dagprogram begin stiptelik 8:30 en aankoms na die tyd veroorsaak ontwrigting in die klaskamers

    Wees asseblief stil in die skool gebou tussen 12:00 – 13:30 aangesien babas en kleuters dan rus

    Geen speelgoed word toegelaat by die skool nie. RESPEKTEER ASB DIE REëL!

    Geen vuil taalgebruik/laster/swak maniere word geduld by die skool nie.

    Maak asseblief seker van u kind se veiligheid in die parkeerarea buite die skool.

    Maak asseblief die hek ten alle tye toe! Maak asseblief seker dat daar nie ‘n ander kleuter die terrein verlaat saam met u nie.

    Ry asseblief stadig in die WONDERWERKIES OPVOEDKUNDIGE KLEUTERSKOOL omgewing.

    Geen kleuters sal aan ouers gegee word indien ouer onder die invloed van drank is nie.

    Enige besoekers moet eers by die kantoor aanmeld.

    Die skool moet in kennis gestel word van enige veranderings t.o.v straatadres, posadres telefoonnommers of mediese besonderhede.

    Laat weet die klasonderwyseres vroegtydig indien u kind sy/haar partytjie by die skool wil hou sodat die nodige reëlings getref kan word.

    Maandbeplanners word op die eerste dag van elke maand op die whatsapp groepies uitgestuur.

    Kleuters kyk DVD’s slegs op reënerige/koue dae asook in die vakansieprogram. Indien u kleuter ‘n DVD wil saambring skooltoe op die dae, maak asseblief seker die ouderdomsbeperking is gepas. Slegs Familie DVD’s

    Indien u kind deur iemand anders afgehaal word, moet die skool skriftelik/telefonies of per sms in kennis gestel word.

    Indien 'n ouer, om watter rede ook al, toesig oor kind(ers) verloor, is dit die ouer met wettige toesig se verantwoordelikheid om die nodige dokumentasie en hofbevele aan die skool te verskaf, vir so 'n reëling om in gebruik gestel te word. WONDERWERKIES OPVOEDKUNDIGE KLEUTERSKOOL sal nie verantwoordelik gehou word indien die nodige dokumentasie nie ontvang is nie, en kind(ers) as gevolg daarvan verkeerdelik aan 'n ouer besorg word.

    Indien u kleuter aan buitemuurse aktiwiteite deelneem, kan u met die klasonderwyseres gesels en uitvind of dit moontlik sal wees om kleuters aan te trek by die kleuterskool.

  • Ongelukkig is dit nie op enige tyd moontlik om individuele kleuters gereed te kry vir ander aktiwiteite nie. Ongelukkig kan geen kleuter wat terug kom van ‘n buitemuurse aktiwiteit, slaap indien die skool se slaaptye reeds verby is nie.

    OUER KOMMUNIKASIE

    Kommunikasie by WONDERWERKIES OPVOEDKUNDIGE KLEUTERSKOOL vind plaas op die volgende metodes:

    Whatsapp klasgroepe – meeste daaglikse kommunikasie en herinneringe vanaf klasonderwyeresse vind plaas deur middel van whatsapp groepe.

    Maandelikse nuusbrief vanaf Skoolhoof wat op groepe geplaas word sowel as die kleuterskool se web tuiste

    Maandelikse beplanners word op die whatsapp groepe uitgestuur en word ook opgesit in die klaskamers sowel as aansteekbord by ingangsportaal.

    Indien daar ‘n insident by die skool plaasgevind het waarby ‘n kind betrokke is, mag geen ouer ander ouers kontak of met die ander kind praat nie. Alle situasies word professioneel deur die skoolhoof en personeel hanteer. Ouers mag ook nie daarop aandring dat ouers mediese kostes dra agv ‘n insident