Web viewOm die langdurige oorheersing van die Wêreldbank rakende die SAP ... ANC kondig aan...

25
Cape Winelands Education District Curriculum Co-ordination and Advice GESKIEDENIS GRAAD 12 VRAESTEL 2 – MEMORANDUM EKSAMEN: SEPTEMBER 2016 Tyd: 3 ure

Transcript of Web viewOm die langdurige oorheersing van die Wêreldbank rakende die SAP ... ANC kondig aan...

Page 1: Web viewOm die langdurige oorheersing van die Wêreldbank rakende die SAP ... ANC kondig aan dat ... • Krediet sal aan leerders gegee word wat die

Cape Winelands Education DistrictCurriculum Co-ordination and Advice

GESKIEDENIS

GRAAD 12

VRAESTEL 2 – MEMORANDUM

EKSAMEN: SEPTEMBER 2016

Tyd: 3 ure

Totaal:150 punte

Page 2: Web viewOm die langdurige oorheersing van die Wêreldbank rakende die SAP ... ANC kondig aan dat ... • Krediet sal aan leerders gegee word wat die

AFDELING A: BRON-GEBASEERDE VRAE

VRAAG 1: HET DIE SOWETO-OPSTAND DIE APARTHEIDSREGERING SUKSESVOL UITGEDAAG IN DIE 1970’S?

Bestudeer Bronne 1A, 1B, en1C en beantwoord die vrae wat volg.

1.1 Lees Bron 1A.1.1.1 [Verduideliking van ‘n konsep uit Bron 1A – L1] BCM was ‘n filosofie wat trots, selfaanvaarding en onafhanklikheid

bevorder het (1 x 2) (2) 1.1.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1A – L2] Suid-Afrikaanse Studente-organisasie (1 x 2) (2) 1.1.3 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1A – L1] Fort Hare Turfloop Zoeloeland Universiteite (2 x 1) (2)1.1.4 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1A – L2] Nelson Mandela en Oliver Tambo (2 x 1) (2)1.1.5 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1A – L2] Fikile het ANC-vergaderings in Sophiatown bygewoon Sy het die massas in Sophiatown gevolg Sy het die liedjies en sing daarvan in Sophiatown gehoor Sy het gesien hoe mense uit Sophiatown verwyder is (2 x 1)(2)1.1.6 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1A – L2] Die BCM-filosofie het Fikile Ngcobo aangemoedig om haarself as

werkende persoon te handhaaf Fikile Ngcobo het na die studente geluister Fikile Ngcobo het studente aangemoedig om in hulself te glo

(2 x 2) (4)

1.2 Verwys na Bron 1B.

1.2.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1B – L1] Instelling van Wet op Bantoe-onderwys in 1953 Ander beleide van die apartheidsregering Enige ander relevante respons (2 x 1) (2)

1.2.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1B – L2] Protes teen die regering se opdrag Vreedsame optog Mobiliseer hulself Staan op teen die apartheidsregering op 16 Junie 1976 (1 x 2) (2)

Page 3: Web viewOm die langdurige oorheersing van die Wêreldbank rakende die SAP ... ANC kondig aan dat ... • Krediet sal aan leerders gegee word wat die

1.2.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1B – L2] Die media het die res van die wêreld ingelig oor die polisie-brutaliteit

teenoor die studente Die media het die res van die wêreld ingelig oor die optrede van die

studente teen die apartheidsregering Enige ander relevante respons (2 x 2) (4)

1.3 [Vergelyking van Bronne 1A en 1B om steun vas te stel – L3] Bron 1A – BCM moedig studente aan om die massas te volg en te

luister na wat by vergaderings gesê wordBron 1B – BCM het by baie studente politieke bewusmaking geskep

Bron 1A – die filosofie van die BCM het studente aangemoedig om by die politiek betrokke te raak

Bron 1B – swart studente het betrokke geraak en hulself begin mobiliseer

Enige ander relevante respons (2 x 2) (4)

1.4 Bestudeer Bron 1C.1.4.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1C – L1] Hy was een van die eerste studente wat deur die polisie doodgeskiet

is op 16 Junie 1976 (1 x 2) (2)

1.4.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1C – L2] Umbiswa Makhubo (1 x 2) (2)

1.4.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1C –2] Die fotograaf het die polisie-brutaliteit uitgelig Die fotograaf het die hulpeloosheid van die kinders uitgelig (2 x 2)

(4)

1.4.4 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1C –2] Die solidariteit van die leerders Hulle het opgestaan vir dit waarin hulle geglo het Hulle was bereid om hul lewens op te offer Enige ander relevante respons (2 x 2) (4)

1.5 [Evalueer die bruikbaarheid van Bron 1C – L3]Bruikbaar, want

Dit toon die weerloosheid van die kinders Dit wys hoe hulle hul lewens gegee het vir demokrasie Dit lig die brutaliteit van die polisie uit Dit toon tot watter uiterstes die apartheidsregering sou gaan om hul

onderdrukkende beleide te beskerm

Page 4: Web viewOm die langdurige oorheersing van die Wêreldbank rakende die SAP ... ANC kondig aan dat ... • Krediet sal aan leerders gegee word wat die

Enige ander relevante respons

OF

Nie bruikbaar nie, want Dit toon nie wat plaasgevind het voordat hierdie foto geneem is nie Dit gee nie details van die skietery nie Dit bewys nie dat die kind deur die polisie geskiet is nie Enige ander relevante respons (2 x 2) (4)

1.6 [Interpretasie, sintese en evaluering van bewyse uit relevante bronne – L3]

Die volgende inligting moet ingesluit word: BCM het die studente polities bewus gemaak terwyl hulle aan die

universiteite gestudeer het (Bron 1A) Die filosofie van BCM het die jeug aangemoedig om in hulself as

Swartmense te glo (Bron 1A) Aktiwiteite van die gemeenskappe het die jeug polities bewus

gemaak (Bron 1A) Die Soweto-opstand was ‘n reaksie op die apartheidsbeleide, veral die Wet op Bantoe-onderwys van 1953 (Bron 1B) Verskeie politieke organisasies het ‘n rol gespeel om die beleide

teen te staan (Bron 1B) Studente het gemobiliseer en die strate ingevaar in protes teen die

apartheidsbeleide (Bron 1B) Dit het gelei tot wydverspreide geweld regoor die land (Bron 1B) Die nuus is internasionaal gerapporteer en Suid-Afrika is in ‘n slegte

lig beskou (Eie kennis) Die ikoniese foto van Hector Pietersen het sinoniem met hierdie dag

geword (Bron 1C) Die Soweto-opstand is as ‘n keerpunt in Suid-Afrika se geskiedenis

beskou (Bron 1D) Dit lei tot politieke en ekonomiese onstabiliteit (Bron 1D) Internasionale boikotte teen Suid-Afrika is versterk as gevolg van die

Soweto-opstand (Bron 1D) Enige ander relevante respons

Gebruik die volgende matriks om ‘n punt toe te ken:

VLAK 1 PUNTE 0-2

Page 5: Web viewOm die langdurige oorheersing van die Wêreldbank rakende die SAP ... ANC kondig aan dat ... • Krediet sal aan leerders gegee word wat die

Gebruik bewyse op ‘n elementêre manier, bv. toon geen of min begrip van hoe die Soweto-opstand die apartheidsregering suksesvol uitgedaag het in die 1970’s.

Gebruik bewyse gedeeltelik of kan nie ‘n paragraaf skryf nie.

VLAK 2

Bewyse is meestal relevant en is tot ‘n groot mate relevant tot die onderwerp, bv. toon begrip van hoe die Soweto-opstand die apartheidsregering suksesvol uitgedaag het in die 1970’s.

Gebruik bewyse op ‘n baie basiese manier om ‘n paragraaf te skryf.

PUNTE 3-5

VLAK 3

Gebruik relevante bewyse, bv. toon ‘n deeglike begrip van hoe die Soweto-opstand die apartheidsregering suksesvol uitgedaag het in die 1970’s.

Gebruik bewyse baie effektief in ‘n georganiseerde paragraaf wat begrip van die onderwerp toon.

PUNTE 6-8

(8)

[50]

VRAAG 2: WAS DIE AMNESTIEPROSES VAN DIE WAARHEIDS- EN VERSOENINGSKOMMISSIE (WVK) SUKSESVOL IN HUL

Page 6: Web viewOm die langdurige oorheersing van die Wêreldbank rakende die SAP ... ANC kondig aan dat ... • Krediet sal aan leerders gegee word wat die

POGING OM SUID-AFRIKA SE WONDE VAN DIE VERLEDE TE GENEES?

Bestudeer bronne 2A, 2B, en 2C en beantwoord die vrae wat volg.

2.1 Verwys na Bron 2A.2.1.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2A – L1] Maak die waarheid oor growwe menseregteskendings openbaar Help families van die slagoffers om sluiting te kry Versoen die Suid-Afrikaanse gemeenskap (2 x 1) (2)

2.1.2 [Verduideliking van ‘n konsep uit Bron 2A – L1] Om die oortreder die geleentheid te gee om die familie van die

slagoffer van aangesig tot aangesig te ontmoet Deel hul storie sodat familie afsluiting kan kry sodra die waarheid

openbaar gemaak is Om vergifnis en versoening te verkry (1 x 2) (2)

2.1.3 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2A – L1] Menseregteskendingskomitee, Amnestiekomitee, en Reparasie- en Rehabilitasiekomitee (3 x 1) (3)

2.1.4 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2A – L2] Volle onthulling rakende gruweldade wat hul uit politieke motivering

gepleeg het (1 x 2) (2)

2.1.5 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2A – L2]JA, dit het nasionale eenheid bevorder, want:

Baie families van slagoffers het afsluiting gekry Slagoffers het oortreders vergewe Die waarheid is onthul In sommige gevalle het families gehoor waar die liggame begrawe is Enige ander relevante respons

OF

NEE, dit het nie nasionale eenheid bevorder nie, want: Nie alle oortreders het hul stories vertel nie Baie het nie die waarheid vertel nie Families het nog nie afsluiting gekry nie Sommige families het nie in die WVK-proses geglo nie Enige ander relevante respons (enige 2 x 2) (4)

Page 7: Web viewOm die langdurige oorheersing van die Wêreldbank rakende die SAP ... ANC kondig aan dat ... • Krediet sal aan leerders gegee word wat die

2.2 Verwys na Bron 2B.2.2.1 [Verduideliking van ‘n konsep uit Bron 2B – L1] Om amnestie te verleen vir die misdade wat tydens die

apartheidsera gepleeg is. (1 x 2) (2)

2.2.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2B – L1] Om Ashley Kriel te arresteer (1 x 1) (1)

2.2.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2B – L2] Hy het geglo dat Ashley Kriel lid van ‘n groep was wat die

apartheidsregering omverwerp wou werp. Enige ander relevante respons (1 x 2) (2)

2.2.4 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2B – L2] Die polisie het geglo hy is ‘n terroris en hulle wou hom dood hê. Die apartheidsregering het hom as gevaarlik beskou. Die apartheidsregering het lede van bevrydingsbeweging as bedrei-

ing beskou en als moontlik gedoen om van hom ontslae te raak. Enige ander relevante respons (2 x 2) (4)

2.2.5 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2B – L2] Benzien het aangedui dat die afvuur van die skoot ‘n ongeluk was Die komitee het aangedui dat die oortreding begaan was weens

konflik tussen die apartheidsregering en bevrydingsbeweging.(2 x 2) (4)

2.3 [Vergelyking van Bronne 2A en 2B om steun vas te stel – L3] Bron 2A – amnestie sou verleen word aan oortreders wat ‘n “volle

onthulling” gee van gruweldade, waar in Bron 2B – volgens Kriel se prokureurs het Benzien amnestie ontvang omdat die skietvoorval ‘n ongeluk was.

Bron 2A – amnestie sou verleen word aan oortreders vir gruweldade wat hul gepleeg het om politieke redesBron 2B – Benzien het amnestie ontvang omdat hy per ongeluk vir Ashley Kriel geskiet het, dus is dit nie polities gemotiveerd nie.

Enige ander relevante respons (2 x 2) (4)

2.4 Raadpleeg Bron 2C.2.4.1 [Verduideliking van ‘n konsep uit Bron 2C – L1] Die persoon wat menseregte geskend het tydens die pleeg van ‘n

misdaad tydens Apartheid (1 x 2) (2) 2.4.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2C – L1] Desmond Tutu Dullah Omar (2 x 1) (2)

Page 8: Web viewOm die langdurige oorheersing van die Wêreldbank rakende die SAP ... ANC kondig aan dat ... • Krediet sal aan leerders gegee word wat die

2.4.3 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2C – L1] Die risiko van vervolging indien die waarheid nie vertel word nie

(1 x 2) (2)2.4.4 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2C – L2] Die oortreders het min tyd gehad om vir amnestie aansoek te doen.

(1 x 2) (2)

2.5 [Evalueer die bruikbaarheid van Bron 2C – L3] Bruikbaar

Ashley Kriel se suster het nie afsluiting gekry nie Benzien het nie die volle waarheid vertel nie Dit wys hoe Benzien weggekom het met leuens Benzien se leuens het die WVK-proses gediskrediteer Dit toon dat amnestie toegestaan is indien gevind is dat die persoon

die waarheid vertel het OF

Nie bruikbaar Die oortreders het aan die families vertel wat hulle wou hoor sodat

hulle nie vervolg word nie Die WVK het geen idee gehad dat Benzien leuens vertel nie Daar is geen waarborg dat oortreders wat na vore gekom het, die

waarheid praat nie Enige ander relevante respons (2 x 2) (4)

2.6 [Interpretasie, sintese en evaluering van bewyse uit relevante bronne – L3]

Die volgende inligting moet ingesluit word:NEE

Die familielede was nie tevrede nie Die familie is twee keer afsluiting ontneem – tydens die ondersoek

en met die WVK Hulle was oortuig dat Kriel vermoor is Nie alle oortreders het na vore gekom nie Die amnestieproses was nie suksesvol nie, want baie mense het nie

afsluiting gekry nie Baie gevalle word tans deur die Valke ondersoek weens nuwe

bewyse wat aan die lig gekom het Enige ander relevante respons

OFJA

In sommige gevalle het oortreders na vore gekom en die waarheid vertel, waarvoor hulle amnestie ontvang het

Die families het bewyse verskaf wat tot die identifisering van die oortreders gelei het

Page 9: Web viewOm die langdurige oorheersing van die Wêreldbank rakende die SAP ... ANC kondig aan dat ... • Krediet sal aan leerders gegee word wat die

In sommige gevalle is die waarheid ontbloot en het die families uitgevind wat met hul geliefdes gebeur het

Enige ander relevante respons

Gebruik die volgende matriks om ‘n punt toe te ken:

VLAK 1

Gebruik bewyse op ‘n elementêre manier, bv. toon geen of min begrip van hoe die amnestieproses van die WVK daarin geslaag het om Suid-Afrika van die wonde van sy verlede te genees.

Gebruik bewyse gedeeltelik of kan nie ‘n paragraaf skryf nie.

PUNTE 0-2

VLAK 2

Bewyse is meestal relevant en is tot ‘n groot mate relevant tot die onderwerp, bv. toon begrip van hoe die amnestieproses van die WVK daarin geslaag het om Suid-Afrika van die wonde van sy verlede te genees.

Gebruik bewyse op ‘n baie basiese manier om ‘n paragraaf te skryf.

PUNTE 3-5

VLAK 3

Gebruik relevante bewyse, bv. toon ‘n deeglike begrip van hoe die amnestieproses van die WVK daarin geslaag het om Suid-Afrika van die wonde van sy verlede te genees.

Gebruik bewyse baie effektief in ‘n georganiseerde paragraaf wat begrip van die onderwerp toon.

PUNTE 6-8

(8)

[50]

Page 10: Web viewOm die langdurige oorheersing van die Wêreldbank rakende die SAP ... ANC kondig aan dat ... • Krediet sal aan leerders gegee word wat die

VRAAG 3: WAT WAS DIE IMPAK VAN STRUKTURELE AANPASSINGS-PROGRAMME OP DERDEWêRELD LANDE?

3.1.3.1.1 [Verduideliking van ‘n konsep uit Bron 3A – L1] Strukturele Aanpassingsprogramme is aangeneem deur

ontwikkelende lande, want hulle het ekonomiese hulp van die Wêreldbank en Internasionale Monetêre Fonds benodig

Dwing regerings om maatskaplike spandering te sny (enige 1 x 2) (2)

3.1.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3A – L1] IMF Wêreldbank (2 x 1) (2)

3.1.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3A – L2] Stedelike bevolkings sal aan geweld onderwerp word Stedelike bevolkings sal ontwortel word Stedelike bevolkings sal bewoners van krotbuurte word Stedelike bevolkings sal armer word as landelike bevolkings Enige ander relevante respons (2 x 2) (4)

3.1.4 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3A – L1] Afrika Latyns-Amerika (2 x 1) (2)

3.1.5 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3A – L2] Om die langdurige oorheersing van die Wêreldbank rakende die

SAP’s te toon SAP’s het nie lande gehelp nie, maar dit verarm Enige ander relevante respons (2 x 2) (4)

3.1.6 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3A – L1] Abidjan is geraak deur SAP’s deur deïndustrialisasie van die stad Abidjan is geraak deur SAP’s deur ineenstorting van konstruksie Abidjan is geraak deur SAP’s deur vinnige agteruitgang van

openbare vervoer (enige 2 x 1) (2)

3.23.2.1 [Verduideliking van ‘n konsep uit Bron 3B – L1] Globalisering verwys na die toenemende interkonneksie tussen

plekke gebaseer op groter vloei van handel, belegging, hulp, tegnologie, mense en idees, en dalk politieke prosesse soos verkiesingsdemokrasie

Enige ander relevante respons (1 x 2) (2) 3.2.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3B – L1] Die betogers wou die verarming wat deur globalisering veroorsaak

word, uitlig (1 x 1) (1)

3.2.3 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3B – L1]

Page 11: Web viewOm die langdurige oorheersing van die Wêreldbank rakende die SAP ... ANC kondig aan dat ... • Krediet sal aan leerders gegee word wat die

Druk word steeds deur die IMF en Wêreldbank op regerings uitgeoefen om openbare spandering op gesondheidsorg te verminder

Druk word steeds deur die IMF en Wêreldbank op regerings uitgeoefen om openbare spandering op opvoeding te verminder

Voedselpryse styg weens subsidies van ryk lande Binnelandse voedselproduksie word vervang deur “goedkoop

invoere” vanaf ryk lande “Goedkoop invoere” het gelei tot toename in werkloosheid Enige ander relevante respons (1 x 2) (2)

3.2.4 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3B – L2](a)

Vroue sal enige werk neem – formeel en informeel Vroue sal werk neem wat laag besoldig Vroue sal werk neem, selfs al is dit gevaarlik, uitputtend en

vernederend (1 x 2) (2)

(b) Kinders moet die huishoudelike take oorneem Wanneer families nie kan oorleef op moeders se inkomste nie, word

kinders gestuur om te gaan werk Kinders word soms as slawe verkoop (1 x 2) (2)

3.2.5 Gesinne is uitmekaar geskeur as moeders en kinders moes gaan

werk wanneer vaders hul werk verloor het Vroue en kinders is gedwing om enige werk te aanvaar Min of geen tyd vir gesinslewe (1 x 2) (2)

3.3 [Evalueer die bruikbaarheid van Bron 3C – L3] Die bron is bruikbaar, want dit toon dat duisende mense teen die

Strukturele Aanpassingsprogramme van die IMF en Wêreldbank gekant was

Die bron is bruikbaar, want dit toon hoe die IMF en Wêreldbank skuld gebruik het om die Strukturele Aanpassingsprogramme te implementeer

Die bron is bruikbaar, want dit toon dat Strukturele Aanpassings-programme wat deur IMF en Wêreldbank geïmplementeer is, tot ekonomiese teenspoed gelei het

Die bron is bruikbaar, want dit toon die impak van Strukturele Aanpassingsprogramme op vroue en kinders

Enige ander relevante respons (2 x 2) (4)3.4

3.4.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3C – L1]IMF en Wêreldbank (links) Derdewêreld lande (regs) (2 x 1) (2)

3.4.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3C – L1] Maatskaplike spandering Geletterdheid

Page 12: Web viewOm die langdurige oorheersing van die Wêreldbank rakende die SAP ... ANC kondig aan dat ... • Krediet sal aan leerders gegee word wat die

Goedkoop arbeid Natuurlike hulpbronne (1 x 1) (1)

3.4.3 [Interpretasie van bewyse uit ‘n visuele bron – L2] Die boodskap is dat die IMF en Wêreldbank die ekonomieë van

ontwikkelende lande beheer het Die boodskap is dat die IMF en Wêreldbank leningsvoorwaardes

aan skuldterugbetaling gekoppel het Die boodskap is dat lande minder aan maatskaplike programme

(opvoeding, werkskepping) spandeer het weens skuldterugbetaling Enige ander relevante respons (2 x 2) (4)

3.5 [Vergelyking van Bronne 3C en 3B om steun vas te stel – L3] Beide bronne toon dat die implementering van SAP’s in Derdewêreld

lande nie mense se lewensomstandighede verbeter het nie Beide bronne toon dat die implementering van SAP’s in Derdewêreld

lande tot ‘n toename in armoede vir die meeste mense gelei het Beide bronne toon dat die implementering van SAP’s die armoede in

ontwikkelende lande laat toeneem het Enige ander relevante respons (2 x 2) (4)

3.6 [Interpretasie, sintese en analise van bewyse uit relevante bronne – L3]

Kandidate moet op die volgende aspekte fokus: Strukturele Aanpassingsprogramme het lenings met voorwaardes aan

Derdewêreld lande toegeken (Bron 3A) Voorwaardes van Strukturele Aanpassingsprogramme het gelei tot vorming

van krotbuurte in Derdewêreld lande (Bron 3A) Voorwaardes van Strukturele Aanpassingsprogramme het gelei tot minder

regeringspandering op infrastruktuur (Abidjan) (Bron 3A) Die implementering van Strukturele Aanpassingsprogramme het gelei tot ‘n

toename in armoede onder gewone mense in ontwikkelende lande (Bron 3B)

Mense het betoog teen die verarming wat veroorsaak is deur globalisering (Bron 3C)

Die implementering van Strukturele Aanpassingsprogramme het gelei tot werkloosheid (Bron 3C)

Die impak wat die implementering van Strukturele Aanpassingsprogramme op vroue en kinders gehad het (Bron 3C)

Die implementering van Strukturele Aanpassingsprogramme het gelei tot ‘n afname in openbare spandering deur regerings, wat die armes beïnvloed het (Bron 3D)

Enige ander relevante respons

Gebruik die volgende matriks om ‘n punt toe te ken:

VLAK 1 Gebruik bewyse op ‘n elementêre manier, bv.

PUNTE 0-2

Page 13: Web viewOm die langdurige oorheersing van die Wêreldbank rakende die SAP ... ANC kondig aan dat ... • Krediet sal aan leerders gegee word wat die

toon geen of min begrip van die impak van Strukturele Aanpassingsprogramme op Derdewêreld lande.

Gebruik bewyse gedeeltelik of kan nie ‘n paragraaf skryf nie.

VLAK 2

Bewyse is meestal relevant en is tot ‘n groot mate relevant tot die onderwerp, bv. toon begrip van die impak van Strukturele Aanpassingsprogramme op Derdewêreld lande.

Gebruik bewyse op ‘n baie basiese manier om ‘n paragraaf te skryf.

PUNTE 3-5

VLAK 3

Gebruik relevante bewyse, bv. toon ‘n deeglike begrip van die impak van Strukturele Aanpassingsprogramme op Derdewêreld lande.

Gebruik bewyse baie effektief in ‘n georganiseerde paragraaf wat begrip van die onderwerp toon.

PUNTE 6-8

(8)

[50]

Page 14: Web viewOm die langdurige oorheersing van die Wêreldbank rakende die SAP ... ANC kondig aan dat ... • Krediet sal aan leerders gegee word wat die

AFDELING B: OPSTELVRAE

VRAAG 4: BURGERLIKE WEERSTAND, 1970’s TOT 1980’s: SUID-AFRIKA[Beplan en konstrueer ‘n oorspronklike argument gebaseer op bewyse en met gebruik van analitiese en interpretasie vaardighede]

OPSOMMINGKandidate moet aandui watter van die interne weerstandsbewegings in Suid-Afrika suksesvol was in hul weerstand teen PW Botha se apartheidsregime van die 1980’s. Hulle moet in die ontwikkeling van hul argument die rol aandui wat die verskillende weerstandsbewegings soos die UDF en ECC hierin gespeel het. Kandidate moet hul argumente ondersteun met redes en bewyse.

HOOFASPEKTEKandidate moet die volgende aspekte in hul respons insluit: Inleiding: Kandidate moet aandui watter weerstandsbewegings die

apartheidsregering uitgedaag het in die 1980’s.

UITBREIDING• Botha se beleid van Totale Aanslag/Totale Strategie• Hervormingsmaatreëls (1983 Grondwet, Driekamer Parlement 1984, “Koornhof-

wette”)• End Conscription Campaign 1983 en die impak daarvan• Vorming en rol van UDF (“Moenie stem nie”-veldtog, “Miljoen handtekeninge”-

veldtog in 1984)• Massa-opstande in swart Suid-Afrikaanse townships in 1984 en 1985 (bv. Weg-

blyveldtogte georganiseer deur Vaal Burgerlike Vereniging, Verbruikersboikotte georganiseer deur Pebco in Oos-Kaap, Rol van godsdiensorganisasies, ens.)

• Protes-optogte (bv. Langa township in die Oos-Kaap)• Skoolboikotte hoofsaaklik gelei deur COSAS in 1983 en 1985 (Atteridgeville, Tembisa, Alexandra, Soweto, Wes-Kaap en Natal)• Gemeenskappe het huurboikotte gesteun, bv. Vaaldriehoek en Soweto in 1984• Vorming en impak van COSATU en ander unies op mynwerkersprobleme• Wegblyveldtogte op Meidag 1986 en NUM-staking in 1987• Verklaring van die Noodtoestand 1985 tot 1986 deur PW Botha-regering • Opkoms van Mass Democratic Movement in1989 en die Versetveldtog teen

skeidingswette in groot stede, bv. Kaapstad, Durban en Johannesburg• Die rol van die Black Sash, byvoorbeeld in burgerlike verset en hulp aan

slagoffers van Apartheid• Teen die einde van die 1980’s het duisende Suid-Afrikaners hul lewens verloor

in die stryd vir vryheid (bv. sterf in aanhouding, “swart teen swart” geweld en ander wat in botsings met die regering gesterf het) • Geleidelik het die Suid-Afrikaanse regering besef dat verandering nodig was• Enige ander relevante respons • Slotsom: Kandidate moet hul argument saamvat met ‘n relevante slotsom.

[50]

Page 15: Web viewOm die langdurige oorheersing van die Wêreldbank rakende die SAP ... ANC kondig aan dat ... • Krediet sal aan leerders gegee word wat die

VRAAG 5: DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN OM VREDE TE MAAK MET DIE VERLEDE

[Beplan en konstrueer ‘n oorspronklike argument gebaseer op bewyse en met gebruik van analitiese en interpretasie vaardighede]

OPSOMMINGKandidate moet aandui tot watter mate leierskap en kompromie deur verskeie politieke organisasies tydens die onderhandelingsproses tot die geboorte van ‘n demokratiese Suid-Afrika in 1994 gelei het.

HOOFASPEKTEKandidate moet die volgende aspekte in hul respons insluit: Inleiding: Kandidate moet hul argument aandui deur te bespreek tot watter mate

die rol van leiers soos FW de Klerk en Nelson Mandela aanleiding gegee het tot kompromie en onderhandelings wat gelei het tot die geboorte van ‘n demokratiese Suid-Afrika in 1994.

UITBREIDING• Redes vir die onderhandelingsproses. FW de Klerk se toespraak in die

Parlement op 2 Februarie 1990 was ‘n keerpunt in die geskiedenis van Suid-Arika (leierskap)

• Hy het die ontbanning van politieke organisasies aangekondig (leierskap)• Vrylating van Nelson Mandela in Kaapstad op 11 Februarie 1990 het die weg

gebaan vir ‘n skikkingsooreenkoms (leierskap)• [Geweld in Sebokeng] het gelei tot ‘n vertraging in die Groote Schuur Minuut in

Mei 1990 – NP laat politieke gevangenes vry (leierskap)• Pretoria Minuut in Augustus 1990 – ANC kondig aan dat hulle die gewapende

stryd sal laat vaar en die regering willig in om die Noodtoestand op te hef (leierskap)

• KODESA 1 in Desember 1991 – 19 politieke partye woon by – die PAC en KP het nie deelgeneem aan die optrek van ‘n nuwe grondwet vir Suid-Afrika nie (leierskap en politieke partye)

• ANC en die NP stel ‘n Verklaring van Voorneme voor in 1991 (leierskap en kompromie)

• Die “Slegs Blankes” referendum in Maart 1992 – gee aan De Klerk die groen lig om voort te gaan met onderhandelings (leierskap)

• KODESA 2 in Mei 1992 – SAUK sou ‘n neutrale beeld uitsaai, rollende massa-aksie sou die onderhandelingsproses versnel / Boipatong/Bhisho slagting

(leierskap en kompromie)• Rekord van Verstandhouding in September 1992 – geheime samesprekings

tussen ANC en NP – hulself verbind tot die onderhandelingsproses (politieke partye)

• Veelparty onderhandelings in Kempton Park/sluipmoord op Chris Hani/rol van Mandela/stel RNE voor en Sonsondergang-klousule deur Joe Slovo (kompromie

en leierskap)• Interim Grondwet in November 1993 (kompromie)

Page 16: Web viewOm die langdurige oorheersing van die Wêreldbank rakende die SAP ... ANC kondig aan dat ... • Krediet sal aan leerders gegee word wat die

• Suid-Afrika se eerste demokratiese verkiesing in 1994 (politieke partye)• Krediet sal aan leerders gegee word wat die rol wat geweld gespeel het in die

onderhandelingsproses, noem om hul respons te staaf.• Enige ander relevante respons • Slotsom: Kandidate moet hul argument saamvat met ‘n relevante slotsom.

[50]

Page 17: Web viewOm die langdurige oorheersing van die Wêreldbank rakende die SAP ... ANC kondig aan dat ... • Krediet sal aan leerders gegee word wat die

VRAAG 6: DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN ‘n NUWE WêRELDORDE: DIE GEBEURE VAN 1989

[Beplan en konstrueer ‘n oorspronklike argument gebaseer op bewyse en met gebruik van analitiese en interpretasie vaardighede]

OPSOMMINGKandidate moet verduidelik tot watter mate die ineenstorting van die Sowjet-Unie in 1989 tot groot politieke veranderings in Suid-Afrika bygedra het. In die vorming van ‘n argument moet die kandidate aantoon hoe die ineenstorting van die Sowjet-Unie veranderinge in Suid-Afrika versnel het.

HOOFASPEKTEKandidate moet die volgende aspekte in hul respons insluit: Inleiding: Kandidate moet verduidelik tot watter mate die ineenstorting van die

Sowjet-Unie in 1989 tot groot politieke veranderings in Suid-Afrika bygedra het.

UITBREIDING Suid-Afrika het geïsoleer geraak Gorbachev se beleid van Perestroika en Glasnost en die impak op Suid-Afrika Teen die einde van 1989 het die Sowjet-Unie gedisintegreer en die

kommunistiese regerings in Oos-Europa het in duie gestort Die Berlynse Muur het geval met verreikende gevolge vir Suid-Afrika Veranderings in die wêreld het bygedra tot die beëindiging van Apartheid Die ineenstorting van die USSR het die ANC ontneem van sy belangrikste

ekonomiese en militêre steun Sosialisme was nie meer ‘n ernstige oorweging vir die ANC nie Die Nasionale Party se aanspraak om Suid-Afrika teen ‘n kommunistiese

aanslag te beskerm, was nie meer realisties nie Onttrekking van steun deur Brittanje, die VSA en die Weste het ‘n groot impak

op Suid-Afrika gehad Instel van sanksies/boikotte deur Westerse magte teen Suid-Afrika Westerse wêreldmagte ondersteun die versoek dat Suid-Afrika sy probleme

vreedsaam en demokraties moet oplos Dit het duidelik geword dat die Nasionale Party nie onbepaald wit oorheersing

kan volhou nie Invloedryke Nasionale Partylede het begin besef dat Apartheid nie die antwoord

was op wit kapitalistiese ontwikkeling nie Daar was geen twyfel dat voortgesette onderdrukking van swart Suid-Afrikaners

nie politieke stabiliteit sal verseker nie Die regering het begin glo dat hervorming nodig was om die ontwikkeling van ‘n

sterk swart middelklas in te sluit wat as “buffer teen rewolusie” kon dien De Klerk het begin besef dat die swart Suid-Afrikaanse bevrydingstryd teen

Apartheid nie ‘n sameswering is wat vanuit Moskou georkestreer word nie Dit het De Klerk in staat gestel om onderhandelings met progressiewe liberales

te begin Op 2 Februarie 1990 kondig De Klerk ‘n “nuwe en regverdige konstitusionele

bedeling” aan wat die einde van Apartheid beteken het Enige ander relevante respons Slotsom: Kandidate moet hul argument saamvat met ‘n relevante slotsom. [50]