· Web viewBesoeke word vir die troepe aan Namutoni in die Estosha gereël terwyl die senior...

14
OPERASIE SCEPTIC: PAUL FOUCHé SE VUURDOOP Gedurende Mei 1980 meld ek by 61 Meg Bn Groep te Omathiya met B kompanie van 1 SA Infanteriebataljon vir grensdiens aan. Dit is slegs my tweede besoek aan die operasionele gebied en die Oshivelo- hek omgewing. Ek het bietjie meer as ‘n jaar se opleiding van gemeganiseerde oorlogvoering agter die rug. Uiterlik probeer ek ‘n beeld van selfvertroue en bekwaamheid uitstraal, maar binne-in is ek ‘n bekommerde man. Ek het van die beste konvensionele opleiding beskikbaar in die SA Le ër ondergaan, was selfs vir ‘n maand in Israel, maar dit was alles op plat rollende vlaktes soos De Wet opleidingsterrein in die Vrystaat. Nou is ek in die bosse van Suidwes Afrika wat sekerlik ander uitdagings gaan stel. Ek hoor ook by die sub eenheidsbevelvoerders wat my voorgegaan het dat die bevelvoerder van 61 Meg , Kmdt Dippies Dippenaar‘n moeilike man kan wees, boonop is hy ‘n pantserman in bevel van oorwegend infanterie eenheid, nie wat ons infanteriste baie beindruk het nie. Verder is daar berigte en gerugte van ‘n komende oorlog. Die vraag wat baie in my kop maal is gaan ek met my lewe en my loopbaan heelhuids anderkant uitkom? Die skrywer, enkele minute voor vertrek vanaf Omuthiya na doelwit Smoke Shell

Transcript of   · Web viewBesoeke word vir die troepe aan Namutoni in die Estosha gereël terwyl die senior...

Page 1:   · Web viewBesoeke word vir die troepe aan Namutoni in die Estosha gereël terwyl die senior personeel so af en toe ‘n aand of wat in Tsumeb gaan kuier om ‘n dop by die Minen

OPERASIE SCEPTIC: PAUL FOUCHé SE VUURDOOP

Gedurende Mei 1980 meld ek by 61 Meg Bn Groep te Omathiya met B kompanie van 1 SA Infanteriebataljon vir grensdiens aan. Dit is slegs my tweede besoek aan die operasionele gebied en die Oshivelo- hek omgewing. Ek het bietjie meer as ‘n jaar se opleiding van gemeganiseerde oorlogvoering agter die rug. Uiterlik probeer ek ‘n beeld van selfvertroue en bekwaamheid uitstraal, maar binne-in is ek ‘n bekommerde man. Ek het van die beste konvensionele opleiding beskikbaar in die SA Leër ondergaan, was selfs vir ‘n maand in Israel, maar dit was alles op plat rollende vlaktes soos De Wet opleidingsterrein in die Vrystaat. Nou is ek in die bosse van Suidwes Afrika wat sekerlik ander uitdagings gaan stel. Ek hoor ook by die sub eenheidsbevelvoerders wat my voorgegaan het dat die bevelvoerder van 61 Meg , Kmdt Dippies Dippenaar‘n moeilike man kan wees, boonop is hy ‘n pantserman in bevel van oorwegend infanterie eenheid, nie wat ons infanteriste baie beindruk het nie. Verder is daar berigte en gerugte van ‘n komende oorlog. Die vraag wat baie in my kop maal is gaan ek met my lewe en my loopbaan heelhuids anderkant uitkom?

By die skrywe hiervan is daar een ding waaroor ek baie spyt is en dit is dat ek nie ‘n persoonlike dagboek by gehou het nie. Ek onthou nou slegs enkele uitstaande gebeure en ek is veral jammer dat ek nie die name van my voertuig spanlede kan onthou nie. Tog wonder ek of ek ‘n goeie dagboek sou kon byhou, want daar was so baie kritiese beheer maatreëls om aan te dink en vooruit beplannings wat deur my kop gemaal het dat die byhou van ‘n dagboek ‘n baie lae prioriteit sou wees.

Die skrywer, enkele minute voor vertrek vanaf Omuthiya na doelwit Smoke Shell

Page 2:   · Web viewBesoeke word vir die troepe aan Namutoni in die Estosha gereël terwyl die senior personeel so af en toe ‘n aand of wat in Tsumeb gaan kuier om ‘n dop by die Minen

Hierdie is my verhaal oor my ervarings(wat ek kan onthou) by 61 Meg Bn gedurende Operasie Sceptic. Die doel is nie om enige kommentaar of kritiek ten opsigte van die strategie, taktiek of verloop van die operasies in SWA of Angola te beskryf nie.

Met aankoms was my kompanie, wat toe herdoop is na A kompanie, 61 Meg Bn en as ek reg onthou die Eland 90 Pantserkar Eskadron van kaptein Witkop Jakes Jacobs van 1SDB die enigste sub eenheide op Omuthiya. Die eerste permanente lede van 61 Meg wat ek ontmoet het was die ietwat hardegat adjudant ,kapt Thys Rall, lt Ockert Swanepoel , inligtingsoffisier, kapt Halgryn, log offisier, AO1 Barnard- die RSM en die twee tiffies- Dup en Kokkie. Kmdt Dippies sou ek eers later ontmoet, want hy was in Windhoek of Oshakati alreeds besig met die beplanning van die oorlog wat in die grootste geheimhouding plaasvind sodat Swapo en Fapla nie kan agterkom wat op hulle wag nie. Ons weet dus ook van niks nie.

Die dae wat volg word verwyl deur die kompanie en sy toegevoegde sub-sub eenhede te organiseer, uitrusting en voertuie te trek en met heropleiding na aanleiding van riglyne wat deur Thys Rall oorgedra is te begin. Ek vergewis my ook van die eenheid se organisasie deur die eenheids hoofkwartier te Tsumeb te besoek. Die dorp het sommer dadelik by my byval gevind. Seker omdat dit ‘n

Bemanning van Roepsein 10 saam met kol PP Roberts( IG SA Leer)

Page 3:   · Web viewBesoeke word vir die troepe aan Namutoni in die Estosha gereël terwyl die senior personeel so af en toe ‘n aand of wat in Tsumeb gaan kuier om ‘n dop by die Minen

koper myndorp is soos Okiep in Namakwaland waar ek groot geword het al is daar nie naastenby soveel bome en bosse nie.

Eenheids aktiwiteite word so normaal as moontlik voort gesit om nie agterdog te wek nie met opleiding wat almeer intensifiseer soos wat alhoe meer subeenhede vanuit die RSA arriveer. Baie van die subeenhede was normale toevoegings,maar ander was spesiale versterkings om die eenheid op die verlangde gevegsgereedheid vlak te kry. Besoeke word vir die troepe aan Namutoni in die Estosha gereël terwyl die senior personeel so af en toe ‘n aand of wat in Tsumeb gaan kuier om ‘n dop by die Minen te gaan drink. ‘n Uiters suksesvolle sportdag ,wat onderandere ‘n aflos maraton tussen Oshivello en Tsumeb ingesluit het,is op Tsumeb gehou. Met al die toevoegings het die eenheid ‘n besondere sterk rugby span met Jakes Jacobs , wat al vir Vrystaat gespeel het, as kaptein gehad. Hierdie span het alle teenstaanders in die omgewing opgedreun. Een aand op Otjiwarongo was een van die omgewing se boere so bëindruk met die span se vertoning dat hy spesiaal plaas toe gery het om ‘n sak biltong wat die hele neus van ‘n Volkswagen Beatle vol gelê het vir die span te gaan haal. Die hoogtepunt van hierdie span se pretasies was die egter die saterdagmiddag, ongeveer twee weke voor D-dag op Oshakati. Kmdt Dippies saam met die staf van Sektor 10 het hulle die heeldag met beplanning vir die oorlog(so het ek vermoed) besig gehou. Op die rugbyveld egter het ‘n verwoede oorlog tussen 61 Meg en die vorige jaar se kampioenspan, Oshakati ,gewoed. Die Oshakati span was hoofsaaklik ‘n samestelling van soldate en polisiemanne. Ek sien nou nog in my geestesoog hoe hang die flanke en agsteman van Oshakati soos vrot velle aan hul agteruit bewegende skrum. Wat die telling was kan ek nie onthou nie. Wat ek wel baie goed onthou is dat my gedagtes op die paviljoen kort -kort gedwaal het na wat ek vermoed het besig was om te gebeur in die beplanningskamers van Sektor 10 en dit het my sulke vlae van die benoude boude gevoel laat kry. Hierdie buitemuurse aktiwiteite was van onskatbare waarde vir die bou van spangees en die samesnoering van ‘n menigte vreemde en onbekende individue in ‘n hegte gevegseenheid.

Op die opleidingsterrein van Omuthiya het die pas ook gaande weg versnel soos wat die ander subeenhede wat deel van 61 Meg Bn Groep gaan vorm aanmeld en die operasionele planne vir die uitvoering van Operasie Sceptic duidelik word. In die veld leer ons mekaar en die bos ken. Ek kom veral onder die indruk van die aanpassings wat hierdie terrein verg van dit wat ek ervaar het in my opleiding as offisier tot nou toe. Kmdt Dippenaar het ‘n groot aandeel in die verbreding van my insig. Hy laat my onderandere besef dat my eie prestasie as kompanie bevelvoerder en die sukses van die kompanie nie tenkoste van die opleiding en opvoeding van junior personeel moet geskied nie. So het hy my aangepraat omdat ek die subeenheid na ‘n punt lei instede daarvan om ‘n pelotonbevelvoerder dit laat doen nie. Tydens die oefen van onmiddelike handelingsdrils met skerp ammunisie word ek terde ë bewus van die gebreke in die opleiding van onderandere die 81mm mortiervuurgroep toe die bomme tydens snelaksie om my begin val in plaas van op die teikengebied. My onmiddelike ondersoek het aan die lig gebring dat die lede van die vuurgroep ‘n gapende gebrek aan kennis van kaartlees en kaartlees- toerusting het. Dit was ook duidelik dat mortier uitrustingtabelle en doktrine nie in pas was met die vereistes wat gemeganiseerde operasies in die afrika bos vereis nie. Hierdie gebeurtenis het daartoe gelei dat die bekwaamheid van infanterie mortierpelotons in my loopbaan ‘n persoonlike “ issue”

Page 4:   · Web viewBesoeke word vir die troepe aan Namutoni in die Estosha gereël terwyl die senior personeel so af en toe ‘n aand of wat in Tsumeb gaan kuier om ‘n dop by die Minen

geword het. As latere bevelvoerder Infanterietak, Leërgevegskool en bevelvoerder 82 Gemeganiseerde Brigade het ek my baie beywer vi r die regstelling van hierdie leemte.

In die aande wanneer ons nie tevelde besig was nie, het Kmdt Dippies ons besig gehou met rolspele op ‘n sandmodel. Elke subeenheidsbevelvoerder moes kronologies sy aksies soos wat die operasie sou verloop voordra. Hierdie tegniek het uitstekend gewerk en het veral beheer tydens die geveg bevoordeel. As bevelvoerder 82 Gemeganiseerde Brigade het die gebruik hiervan,veral met ingewikkelde operasies soos hinderniskruisings, groot byval by staandemag en burgermag studente gevind. Na afloop van die rolspele het ons as ofisiere dan die spanbou aktiwiteite in die kroeg voort gesit. Die adjudant, Thys Rall se argwaan is so een aand ontketen deurdat ons die kroegman oortuig het dat die kaptein toestemming gegee het vir ‘n drankrekenig op sy naam terwyl hy en die bevelvoerder nog op kantoor besig was. Ek en Witkop Jakes het ook die ander se neuse in die grond gevryf tydens die veerpyltjie kompetisies.

Die veggroep se voorbereiding word kort voor D-dag (10 Junie) afgerond met ‘n oefening al langs die noord grens van die Etosha panne. Dit het sommer uit die staanspoor duidelik geword dat bevel en beheer en radio verbinding oor hierdie tatig kilometer lange konfooi ‘n tameletjie gaan wees. ‘n Tegniek wat tot nog toe nie beoefen was nie naamlik herwinnig, ook genoem “ ditching and bitching” het ook baie aandag gekry om dat drywers kort pad deur die panne se uitlopers probeer vat het . Soms moes drie tot vier Ratels ingespan word om ‘n ander uit te sleep.

Op D-3 is alles gereed vir die operasie,behalwe dat ek nog nooit ‘n skoot met die 9mm pistool, wat ek al vir weke pligsgetrou aan my sy dra , geskiet het nie . Ek en ‘n paar ander gaan toe na die skiet baan om wapens in te skiet. Met die trek van die sneller was daar net ‘klik geluid. Ek ontlaai en kyk. Die pistool het nie eers ‘n slagpen in nie. Ek slaak’n sug van verligting dat die terries tot nog toe uit my pad gebly het.

Op die oggend van D-2 vetrek ek met my vegspan op die spore van Jakes se vegspan 3 na Oshifitu. Teen die aand was daar al groot kommer oor die voertuie wat swaar kry in die dik los sand wat vordering baie stadig maak en dat blare wat in die Ratels se enjinkompartement beland ‘n groot brandgevaar skep.

Teen die agtemiddag van D-1(9Junie) is ons soos beplan op Eenhana. Ons gooi diesel in ,maak koffie en was gesigte. Ons is toe al pikswart van die mika-stof en roet en die volgende twee weke of wat gaan daar nie water vir bad wees nie. Met sononder laat ek die voertuie teen mekaar trek sodat ek bo-op die voertuie van die een tot ander kan loop en gee elke lid van die vegspan ‘n handdruk. Verskeie ekstra passasiers het toe ookal by ons aangesluit. Kol PP Roberts, van Inspekteur-generaal SA Le ër en Willem Steenkamp,verslaggewer van die Cape Tmes, in sy Cape Town Highlanders uniform met “canes ash” en al was deel van my hoofkwartier. Om 19h00 kom die opdrag “voorwaarts” en vat ons die pad na Mulemba waar ons ongeveer middernag arriveer en probeer sonder veel sukses ‘n slapie inkry.

Page 5:   · Web viewBesoeke word vir die troepe aan Namutoni in die Estosha gereël terwyl die senior personeel so af en toe ‘n aand of wat in Tsumeb gaan kuier om ‘n dop by die Minen

Toe die son opkom is die vegspan weer marsgereed om die laaste tog na die opstelplek aan te pak en oorhandig ek die kaartjie van seënwense wat deur kmdt Dippenaar opgestel is, aan elke lid. So begin dan die finale en senutergende trek na die doelwit. Die sand is dik en navigasie uiters moeilik. Die hulp van die Bosbok in die lug was uiters waardevol. Terwyl ek sit en skommel voor in die ratel se toring wonder ek weereens hoe ek hier beland het en wat die uitslag gaan wees. Dan troos ek myself daaraan dat ons hard gewerk het ter voorbereiding van hierdie operasie, dat ons ‘n goeie plan gemaak het en dat die Here saam met almal is en dat Sy wil sal geskied. Wat kan dan nou verkeerd loop?

Op 10 Junie om 13h15 ontvang ek die bynaam “Laat Waai” en steek ons die afmarslyn oppad na komplekse 6 en 7 oor. Die volgende uur of twee verloop baie senutergend. Dit blyk dat die vyand die doelwit ontruim het. Ek weet nie mooi of ek spyt of verlig moet wees nie. Die spanningsvlakke daal egter nie, want wat skuil agter die volgende bos? Elke keer as 2lt Alit Fourie van roepsien 11 rapporteer, skrik ek my boeglam en sien verminkte troepe in my geestes oog, want hy praat op die hoogste oktaaf moontlik. Hoe meer ek versoek dat hy rustiger moet praat hoe meer styg sy toonhoogte. By die uitbuitingsgrens aangekom was die enigste “scrap “ ‘n paar skote in die rigting van vlugtende Swapo’s deur 2lt Leon Cilliers se peloton 2 en die opruim van bunkers deur peloton 1 vir ingeval die vyand nog daarin skuil.

Hier ontvang ek opdrag van Kmdt Dippenaar om om te draai en suid tot by hom te beweeg waar hy besig was om die chaos wat op Vegspan 2 se doelwit heers te probeer verstaan en uit te sorteer asook om die verliese per helikopter af te voer. In hierdie beweging doen ek my eerste en enigste “battle scar” op toe die drywer onder ‘n boom inry en ‘n doring loot my in die gesig hak. Hoe meer ek skree stop! hoe dieper trek hy onder die boom in. Verbeel jou hoe het my bebloede, roet besmeerde gesig gelyk. Daar aangekom beveel die bevelvoerder my om verder suid na ‘n gestrande voertuig van Vegspan 2 te gaan soek en dit te beveilig. Terwyl ek van sy voertuig na myne terug stap met baie vrae oor wat en waar in my kop, bars die hel bokant my in die lug los. Die opstygende Puma met gewondes aanboord draai skerp na regs met Swapo 23mm ligspoor koeëls wat soos rooi perdebye hom agter volg.

Vegspan 1 met alle toegevoegde personeel

Page 6:   · Web viewBesoeke word vir die troepe aan Namutoni in die Estosha gereël terwyl die senior personeel so af en toe ‘n aand of wat in Tsumeb gaan kuier om ‘n dop by die Minen

Die draadkarretjie(Alouette 111), wat bodekking gee probeer sy bes om die kanonne stil te maak. Die Puma was egter te vinnig vir die Swapo kanonniers.

Die aanmars opsoek na die gestrande voertuig word met rukke en stote voort gesit. Die personeel van die gestrande voertuig weet nie presies waar hulle is nie en is ook te bang om hul posisie met die vuur van sein fakkels weg te gee. Na slegs ’n paar honderd meter trek ons vuur. Die vonke spat op die agter stewe van die ratel en die ou bekende” knal en demp” laat die takke en blare op my reën. Die vyandelike stelling is in ‘n mahangoland op die oostelike oewer van die shona waarmee ons beweeg. Onmiddelikke handelingsdril volg en gou-gou het, as ek reg onthou Peloton 2 met die vuursteun van Witkop Jakes se pantserkarre die sitiuasie onder beheer. Heimlik was ek verheug dat Vegspan 1 darem ook werklik deel van die vuurgeveg op hierdie tragiese dag vir Vegspan 2, kon hê.

Na hierdie onderonsie sit ons die soektog na die voertuig voort en slaag daar in om dit net voor donker op te spoor. Ek ontplooi die vegspan in rondom verdediging en stap uit om die area te verken. Ek kyk met innerlike geskokdheid na die verwoesting wat die 20mm kanonne aangerig het . Orals is dooie terrioriste in skuil slote. Een spesifieke dooie het my laat dink aan ‘n geslagte skaap.

In die skemer van die bos vergader ons langs die voertuig en besin oor die dag se gebeure. Min van die vegspan se personeel is werklik ophoogte van wat met met Vegspan 2 gebeur het. Dié wat wel ‘n idée het is verslae, maar weet nog steeds te min om die volle omvang te besef. Met eens bars daar ‘n moerse geveg ongeveer 800 meter van ons af los. Almal spring vir die voertuig van onder en van bo. Willem Steenkamp land met sy volle lengte bo-op my waar ek op die bevelvoerderstoel agter in die ratel beland het. Ek gryp die radio handstuk en begin die pelotons te roep om hul toestand te bevestig. Ek was op daardie oomblik onder die indruk dat dit ‘n teenaanval was. Nadat ek verskeie kere vir peloton een geroep het en hy nie antwoord nie, begin my bloed hoorbaar ook. Waarop Alit antwoord “hiers ek majoor”. Hy sit toe die heeltyd reg voor my in die voertuig. Later sou ons uitvind dat dit die Veggroep hoofkwartier met peloton 3 van 2lt Willem Botha, onder bevel, was wat in ‘n hinderlaag ingery het. Peloton 3 is vroeer die middag afgedeel na die veggroep HK om stukkende voertuie te help sleep. Verskeie pantserkarre van Jakes se vegspan was sonder brandstof en moes ook deur die peloton se ratels gesleep word. Dit is seker hier waar die spottende verwysing later na die Eland 90’s as die “gesleepte pantserkar regiment” ontstaan het.

Die volgende môre, na ‘n baie onrustige nag met veskeie rapporterings van bewegings en spoke, begin ons die doelwitgebied om ons verken en opruim deur die versameling van uitrusting en begrawe van dooie Swapo’s. Ons het skaars begin met hierdie take of ons skrik weer ons melk weg, ‘n helse ontploffing binne ‘n paar honderd meter van ons af. Almal slaan dekking en wag op die volgende inskiet skoot van die vyand. Niks gebeur egter nie. Toe kom die berig: roepsein 0 het ‘n myn getrap waar die hinderlaag die vorige aand was. Niemand is beseer nie. Met ‘n sug van verligting sit ons die dagtaak voort. Terwyl die opruimings taak voortgaan sit ek en Kol PP Roberts onder ‘n boom en nabetrag die gebeure van die afgelope paar dae. Hy leer my ‘n lewensles deur my daarop te wys dat oorlog maak is soos koffie drink en rugby speel: dit vat tyd. Hiermee verwys hy na my ongeduld met die ondergeskiktes as dinge nie vinnig genoeg na my sin gebeur nie. Ek het hierdie kritiek hard en duidelik gehoor en dit aanvaar , maar moet erken dat ek gedurende my loopbaan maar moeilik daaraan gehoor gegee het.

Page 7:   · Web viewBesoeke word vir die troepe aan Namutoni in die Estosha gereël terwyl die senior personeel so af en toe ‘n aand of wat in Tsumeb gaan kuier om ‘n dop by die Minen

Die opruimigs proses het aangehou tot die 13de Junie. ‘n Gebeurtenis wat in die dae vir ewig in my brein vas gelê is,is die besoek wat ons as senior offisiere aan die uitgebrande ratel van vegspan 2 gebring het terwyl die tiffies dit uitmekaar gehaal het om op die langbak voertuie te laai. Ek het nie weer in my loopbaan so’n gees van verslaendheid tussen ons mense ervaar nie. Die verlies van die drie tenks tydens Operasie Packer kan miskien hiermee vergelyk word.

Besoek aan die uitgebrande Ratel van Vegspan 2

Op 13 Junie onttrek ons terug na Mulemba en arriveer daar die agtermiddag van 14 Junie terwyl ons in die ry deur die Bosbok vanuit die lug ophoogte gehou word van die telling tussen die Springbokke en die Britse Leeus. 15 Junie word in beslag geneem deur aanvulling en die herstel van voertuie en die ontvangs van nuwe opdragte naamlik om as deel van die Veggroep die Swapo basis by Omanhede te verower. Tussen deur is die nerwe maar rou. Elke keer as iemand ‘n ratel dakluik laat val, word hy van oral toegesnou. Die slag daarvan klink kompleet soos die afvuur van ‘n 60mm mortierbom.

16 Junie om 06h00 lei ek met vegspan 1 die aanmars vanaf Mulemba na Omanhede. Binne minute na vertrek besluit die voorste tenkafweer ratel 90 om eerder bo-oor as om ‘n boom te ry. Hy doen dit met soveel mag en mening dat die voertuig met sy ratkas boop die wortelstelsel te lande kom. Dit neem ‘n uur se swoeg en sweet om die voertuig te bevry. Net hier het ek vir ‘n oomblik van die lewensles wat ek ‘n paar dae tevore by kol PP geleer het, vergeet.

Page 8:   · Web viewBesoeke word vir die troepe aan Namutoni in die Estosha gereël terwyl die senior personeel so af en toe ‘n aand of wat in Tsumeb gaan kuier om ‘n dop by die Minen

Om 09h00 klap die skote toe voertuie agter my ‘n groep terrs links van ons in die bos gewaar. Ek het aanvanklik geen idée gehad van waar die vyand is nie. Kmdt Dippenaar in veggroep HK agter my het beter sig op die vyand, ongeveer 50 mans en vroue, gehad. Hy kon my toe ori ënteer. Na ‘n kort skiet geveg neem Alit Fourie se peloton ‘n jong Ovambo met die naam George, gevange. Sy lewe is heel waarskynlik gered deur iemand wat agter my geskree het: “moet hom nie skiet nie ,moenie hom skiet nie”.

Ek braai 'n ou vleisie naby Anacha

Die res van hierdie fase van Operasie Sceptic het nie veel opgelewer nie behalwe vir ‘n Gaz voertuig wat deur die tenkafweer groep in beslag geneem is . Die bemanning van die voertuig het ons heelwaarskynlik gehoor en besluit dit is veiliger om die bosse in te hardloop. Hulle het egter vir ons heerlike varsgebakte brood en konfyt agter op die voertuig gelos. Op 19 Junie is ons terug Mulemba toe.

21 Junie oorhandig ek die bevel vir beweging van die vegspan vanaf Mulemba oor Eenhana na Ondangwa aan my tweede in bevel, 2lt Herman Prenzler. Ek maak myself tuis agter in die ratel op die bevelvoerder se sitplek en bewonder die verby flitsende landskap van Suid Angloa en Noord Ovamboland deur die sigblok terwyl ek na die musiek van ABBA op die voertuig se kassetspeler luister. Op Ondangwa aangekom, word ons getrakteer op heerlike warm storte vir die eerste keer in twee weke. Ek staan en verwonder my minute lank aan die swart seepskuim wat soos teer sukkel om deur die

Page 9:   · Web viewBesoeke word vir die troepe aan Namutoni in die Estosha gereël terwyl die senior personeel so af en toe ‘n aand of wat in Tsumeb gaan kuier om ‘n dop by die Minen

gaatjies van die stortuitlaat te kom. Die aand kry ons ‘n heerlike braaivleis en bier in die offisiers menasie. Die kaas en tamatie toebroodjies het egter die meeste aftrek gekry. Ek dink hierdie ervaring van die behoefte aan vars produkte het baie daatoe gelei dat broodbak fasiliteite in latere operasies soos Moduler en Hooper beskikbaar gestel is. Die sondag wy ons weer aan voorbereiding vir die volgende fase, naamlik gebieds operasies in Suidwes Angola en gryp ek weer my hart vas toe ‘n 40mm lugafweer kanon onverwags laat loop met ‘n sarsie skote vanaf ‘n toring bokant ons koppe.

Om vyf uur die oggend van 23 junie vertrek ons vanaf Ondangwa oor Ombalantu na Cuamato. Weens die harder terrein en beter paaie was on sommer gou-gou op Cuamato en tref finale voorbereidings vir die finale fase van Operasie Sceptic. My vegspan moes noord patroleer tot by die teerpad Xangongo-Mongoa dan oos beweeg na Mongoa en terug na Cuamato. Terwyl ons met hierdie voobereidings besig is,styg daar twee draadkarretjies(Alouette 111) op om bodekking te gaan bied vir twee Pumas wat ‘n groep valskermtroepe as stoppergroep teen die Xangongo- pad moes gaan aflaai . Ek kyk na die choppers wat skerp noord draai en sien hoe die vlug ingineur bo-oor die 20 mm kanon in die deur van die chopper klim en sê vir myself: ”jy sal bleddie ver val”. Enkele minute later snel die Pumas ook verby. Ongeveer ‘n half uur later laat kmdt Dippies my roep. ‘n Alouette is deur FAPLA met ‘n RPG afgeskiet en die Pumas het hul vrag troepe in die bos afgelaai en laat spat terug huistoe. Ek moet eerstens die valskermtroepe opspoor, hulle oplaai en daarna noord jaag om die helikopter en sy bemanning op te spoor en te beveilig. Vir die tweede keer in Operasie Sceptic vertrek ek en my vegspan halsoorkop op ‘n opdrag met talle vrae oor wie,wat en waar in my kop. Na heelwat van spook en spartel spoor ons die vaskermtroepe teen donker op en trek laer vir die nag. Die nag kon ek nie ‘n oog toemaak nie. My brein is soos ‘n mallemeule met vrae soos: waar en wat is die toestand van die helikopter bemanning?, hoeveel Fapla’s is daar?, watse wapentuig het hulle?, wat doen die vyand op Xangongo? Vroeg die volgende môre vat ons die pad noordwaarts en hoop vir die beste . Ons het egter nie baie ver gevorder nie, toe beveel kmdt Dippenaar my om te stop. Die vlieënier, kapt Tinus van Rensburg het daarin geslaag om die vyand te ontwyk en het deur die nag tot in Cuamato gestap. Sy vlugingineur, dieselfde persoon wat ek die vorige dag oor die kanon sien klim het, het egter gesneuwel. Ek wonder vandag nog of dit ‘n voorbode is wat ek gesien het. Ek was nooit weer so verlig oor’n operasie wat gekanseleer is nie. Snaaks genoeg het ek en Tinus in latere jare baie kontak gehad toe hy die bevelvoerder van die Bophuthastwana Lugmag was. Ons was later ook saam op ‘n bestuursporgram by die Universiteit Stellenbosch Betuursskool.

Die res van die operasie het nie veel opgelewer nie behalwe vir ‘n paar onsuksesvolle hinderlae op die Xangaongo- Mongoa pad. Een as gevolg van’n valskermkompanie onder bevel van Kobus Human wat gelukkig voor donker deur die hinderlaag kom ry het, anders was daar een helse tragedie. Op die agtermiddag van 29 Junie, terwyl ons gereedmaak om uit Angola te ontrek word on eers vermaak deur op die bevelsnette te luister na die benoude gesprekke van Kmdt Chris Serfontein van Veggroep 10 toe hulle onverwags in ‘n konvensionele mag van Fapla op Mongoa vasloop.

30 Junie was ons terug op Omuthiya. Die lug was deurspek met alle kleure van die re ënboog soos wat die troepe met die fakkels in hul voertuie hul opgekropte spanning laat ontlaai het. Enige opdrag om dit te stop het op dowe ore geval.

Page 10:   · Web viewBesoeke word vir die troepe aan Namutoni in die Estosha gereël terwyl die senior personeel so af en toe ‘n aand of wat in Tsumeb gaan kuier om ‘n dop by die Minen

In die dae wat hierop volg word my kompanie voorberei om terug te keer na 1SAI in Bloemfontein. 61 Meg Bn Gp hou ook vir die eerste keer in die geskiedenis ‘n gemeganiseerde oorwinnigs parade op Tsumeb. Ek moet ook ‘n man tot man gesprek met kmdt Dippenaar voer. Dit vind in sy huis te Tsumeb plaas. Ek deel hom mee dat ek nie so seker is van my kwaliteite as ’n operasionele bevelvoerder is nie. Tot my verbasing stem hy nie met my saam nie. Minder as ‘n jaar later is ek en hy weer bymekaar.Die keer is ek sy adjudant tydens Operasie Protea. Een van my kollegas, Johan Blaauw , het eendag aan my gesê:” Hulle dink mos as jy eers eenkeer in ‘n fight was, jy is nie bang nie”.

Oorwinningsparade op Tsumeb

Ten slotte wil ek erkenning gee aan almal vanaf Kmdt(nou Genl maj ) Dippenaar, die offisiere en troepe van Vegspan1, die offisier en onderoffisier kollegas van 61 Meg en die besoekende personeel van Leërhoofkwartiier vir hulle lojaliteit, ondersteuning en bydrae tot die ontwikkleling van my loopbaan in die SA Leër. Ek sal julle vir ewig dankbaar bly.