UIT DIE HOOF SE KANTOOR · 2018. 10. 15. · Corné de Fouw o/10A-rugbyspan Richard Maree, Jean...

15
Marketstraat 145, Fairland (011) 678-4591/2 www.lsfairland.co.za Jaargang 25 Nr. 29 20 September 2018 UIT DIE HOOF SE KANTOOR Laerskool Fairland Kommunikasie-kanaal Ons wil graag weer die kommunikasie-kanaal onder ouers se aandag bring. Die portefeuljes van die skoolbestuur is soos volg: Hoof: Willie Goosen - Onderwysaangeleenthede Adjunkhoof: Marilet Vosloo - Personeelsake Naskoolsentrum Adjunkhoof: Ebbe le Roux - Dissipline: Gr. R gr. 7 Leerlingraad Veiligheid Sekuriteitskameras Departementshoof: Snr. Primêre Fase: Servaas Nel - Akademie: Gr. 4 gr. 7 Departementshoof Grondslagfase: Estelle Venter - Akademie: Gr. R gr. 3 Departementshoof: Opvoedkundige leiding: Dean Benadie - Opvoedkundige leiding Sport Noodplan Ander: Kultuurbestuurder: Erika Joubert Sportbestuurder: Ruan Basson Boelie Buster: Marilet Vosloo Remediërende onderrig: Eurette Theart LET WEL: GEEN OUER MAG ‘N ANDER OUER KONTAK OOR ‘N AANGELEENTHEID WAT BY DIE SKOOL GEBEUR HET NIE! GEEN OUER MAG ‘N ONDERWYSER DIREK NADER SONDER ‘N AFSPRAAK NIE! GEEN OUER MAG ‘N LEERDER UITTEKEN SONDER DAT DIE REGTE PROSEDURE GEVOLG WORD NIE. U kan die kantoor kontak vir ‘n afspraak met die betrokke personeellid oor enige van bogenoemde aangeleenthede. Ons vra u vriendelike dog dringende samewerking in dié verband! Vrydag 21 September Neem asb. kennis dat die skool om 12:00 sluit as gevolg van die langnaweek. Personalia Ons dink aan Mariette Goosen wie se pappa gister oorlede is. Mariëtte, Willie en seuns, julle is in ons gebede. Mag ons Hemelse Vader jul die krag gee en deur hierdie moeilike tyd dra. Ons dink ook aan Melissa Breedt se dogtertjie, Phoebe, wat in die hospitaal is. Julle as gesin bly ook in ons gebede. Daar is van ons ouers en personeel wat deur persoonlike krisisse gaan, weet dat ons aan almal van jul dink!

Transcript of UIT DIE HOOF SE KANTOOR · 2018. 10. 15. · Corné de Fouw o/10A-rugbyspan Richard Maree, Jean...

Page 1: UIT DIE HOOF SE KANTOOR · 2018. 10. 15. · Corné de Fouw o/10A-rugbyspan Richard Maree, Jean Loots, Ben Barnard Vincent Graham, Reuben Vlok, Malakai Steenkamp, Jayden Brown, Martin

Marketstraat 145, Fairland (011) 678-4591/2 www.lsfairland.co.za Jaargang 25 Nr. 29 20 September 2018

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

Laerskool Fairland Kommunikasie-kanaal

Ons wil graag weer die kommunikasie-kanaal onder ouers se aandag bring. Die portefeuljes van die skoolbestuur is soos volg:

Hoof: Willie Goosen - Onderwysaangeleenthede Adjunkhoof: Marilet Vosloo - Personeelsake Naskoolsentrum Adjunkhoof: Ebbe le Roux - Dissipline: Gr. R – gr. 7 Leerlingraad Veiligheid Sekuriteitskameras Departementshoof: Snr. Primêre Fase: Servaas Nel - Akademie: Gr. 4 – gr. 7 Departementshoof Grondslagfase: Estelle Venter - Akademie: Gr. R – gr. 3 Departementshoof: Opvoedkundige leiding: Dean Benadie - Opvoedkundige leiding Sport Noodplan Ander:

Kultuurbestuurder: Erika Joubert Sportbestuurder: Ruan Basson Boelie Buster: Marilet Vosloo Remediërende onderrig: Eurette Theart

LET WEL: GEEN OUER MAG ‘N ANDER OUER KONTAK OOR ‘N AANGELEENTHEID WAT BY DIE

SKOOL GEBEUR HET NIE!

GEEN OUER MAG ‘N ONDERWYSER DIREK NADER SONDER ‘N AFSPRAAK NIE!

GEEN OUER MAG ‘N LEERDER UITTEKEN SONDER DAT DIE REGTE PROSEDURE GEVOLG WORD NIE.

U kan die kantoor kontak vir ‘n afspraak met die betrokke personeellid oor enige van bogenoemde aangeleenthede. Ons vra u vriendelike dog dringende samewerking in dié verband!

Vrydag 21 September

Neem asb. kennis dat die skool om 12:00 sluit as gevolg van die langnaweek.

Personalia

Ons dink aan Mariette Goosen wie se pappa gister oorlede is. Mariëtte, Willie en seuns, julle is in ons

gebede. Mag ons Hemelse Vader jul die krag gee en deur hierdie moeilike tyd dra.

Ons dink ook aan Melissa Breedt se dogtertjie, Phoebe, wat in die hospitaal is. Julle as gesin bly ook in ons

gebede.

Daar is van ons ouers en personeel wat deur persoonlike krisisse gaan, weet dat ons aan almal van jul dink!

Page 2: UIT DIE HOOF SE KANTOOR · 2018. 10. 15. · Corné de Fouw o/10A-rugbyspan Richard Maree, Jean Loots, Ben Barnard Vincent Graham, Reuben Vlok, Malakai Steenkamp, Jayden Brown, Martin

2

Erekleure Baie geluk aan die volgende leerders wat erekleure/half-erekleure in hul onderskeie sportsoorte verwerf het:

Rugby JP Reichel (halferekleure) Malan Graham Tiaan le Roux

Atletiek Kean Swanepoel Kaili Botje Corné de Fouw

o/10A-rugbyspan

Richard Maree, Jean Loots, Ben Barnard Vincent Graham, Reuben Vlok, Malakai Steenkamp, Jayden Brown, Martin Nel, Stephan Minnaar, Ryno Wolmarans

Xander Jackson, Niel Marais, Joshua Liebenberg, Johann Louw, Jako-Martin Müller, Ryan Marx,

Ewan van der Walt, Xander van Wyk, Troy Kaminsky

Tennis Jean du Toit

Netbal Nicola Nel

REDAKSIE

Soms voel dit asof ons op die aarde geplaas is in die rol van onderwysers sodat ons by die kinders kan leer in plaas van andersom. As volwassenes is ons so dikwels onseker van onsself of huiwerig om onsself bloot te stel aan vernuwing of vreemde situasies. En dis dikwels dan ook die rede vir ons frustrasies en waarskynlik hoekom ons stagneer in dit wat ons doen. Maar die kinders daarenteen, stuit vir g’n duiwel nie! ‘n Mens het dit weer die afgelope tyd ervaar met ons leerlinge wat die mees uitdagendste dinge aanpak sonder om twee keer daaroor te dink. Hulle doen dit want hulle wil en die geleenthede is daar, wagtend vir iemand om hulle te benut! Kinders neem deel aan kompeterende en uitsonderlike sportsoorte waar van hulle verwag word om vreesloos mee te ding, dikwels teen veel groter en sterker teenstanders. Hulle swem, hardloop, skiet, duik, stoei, skop, spring en duik agter balle aan met totale oorgawe. Die eindresultaat is baie keer skrape en blou kolle, gebreekte arms en skouerbene, maar hulle gaan sit nie op die ashoop nie. Inteendeel, hulle is gewoonlik ongeduldig om terug te klim in die spreekwoordelike kryt. Party klim op die verhoog en sing, dans en speel toneel met alles wat in hulle is. En daarin lê dalk die geheim. Die passie en oorgawe waarmee ‘n kind iets aanpak, raak meestal verlore algaande hulle ouer en meer selfbewus raak. Die droom vervaag teen die agtergrond van grootmens-vooroordele en twyfel. Ek wonder of daar maniere is waarop ‘n mens die waagmoed en doelgerigtheid kan behou. Dit lê heel moontlik opgesluit in die verwondering waarmee kinders hulle omgewing ervaar. Die wêreld is regtig vir hulle soos ‘n skatkis van moontlikhede en vir ons as volwassenes, ‘n kis vol gevare en moenies! Ons moet ook kyk met die oë van ‘n kind, die lewe ervaar met elke sintuig optimaal ingestel op die belewenis. Dalk sal ons dan drome herontdek, voluit gaan vir elke geleentheid op ons pad en lewe met HART! “Your only limit, is your mind.”

Page 3: UIT DIE HOOF SE KANTOOR · 2018. 10. 15. · Corné de Fouw o/10A-rugbyspan Richard Maree, Jean Loots, Ben Barnard Vincent Graham, Reuben Vlok, Malakai Steenkamp, Jayden Brown, Martin

“Your only limit, is your mind.”

Erika

Page 4: UIT DIE HOOF SE KANTOOR · 2018. 10. 15. · Corné de Fouw o/10A-rugbyspan Richard Maree, Jean Loots, Ben Barnard Vincent Graham, Reuben Vlok, Malakai Steenkamp, Jayden Brown, Martin

3

BELANGRIKE DATUMS

VERJAARSDAE

Baie geluk aan die volgende personeellede wat in die komende week verjaar:

Eurette Theart - 24 September Erika Joubert - 26 September

Mag julle nuwe lewensjaar geseënd en voorspoedig wees.

VAN DIE BEHEERLIGGAAM

UITNODIGING VIR TENDERS: BEDRYF VAN LAERSKOOL FAIRLAND-SNOEPIE

Wie dit mag aangaan

Geliewe kennis te neem dat Laerskool Fairland hiermee kennis gee dat skriftelike tenders ingewag word vir die bedryf van die skoolsnoepie op die skoolterrein. Die tenderproses open op 17 September 2018 en sluit op 15 Oktober 2018 om 12:00. Geen laat tenders sal oorweeg word nie.

Tenders moet skriftelik ingedien word by Karén Reyneke by die skool (Vir aandag: Die Skoolhoof). Geen voorskrifte ten aansien van die uitleg van die tender word vereis nie, maar die tender sal onder andere aan die hand van die volgende riglyne beoordeel word:

1. Die aanbieding van ‘n verskeidenheid wat insluit gesondheidskos en –koeldrank; 2. Kreatiwiteit; 3. Die effektiewe hantering van groot getalle kinders met spesifieke verwysing na bedieningspunte; 4. Mededingende pryse; en 5. Relevante ervaring.

Neem ook asseblief kennis dat indien u tender suksesvol sou wees, die skool ‘n kontrak met u sal sluit wat onder andere die volgende kontrakbedinge sal bevat:

1. Betaling van huurgeld aan die skool sowel as elektrisiteitsgebruik; 2. Minimum standaarde ten opsigte van gesondheid en netheid; 3. Minimum voorraadvlakke; 4. Dienstye en –standaarde; 5. Die skool se reg om op spesifieke dae soos sport- en feesdae ook verkope van kos en koeldrank

waar te neem; 6. Die kontraktermyn; en 7. Die skool se reg om die kontrak te kanselleer.

Na die sluitingsdatum sal ‘n kortlys saamgestel word en u kan moontlik genooi word om ‘n onderhoud by te woon. Die besluit om die tender toe te ken is finaal en geen verdere korrespondensie sal verwissel word nie. Die effektiewe datum van die kontrak is 01 Januarie 2019.

Geliewe enige navrae te rig per e-pos aan [email protected].

Johan Kilian Voorsitter: Beheerliggaam

DATUM AKTIWITEIT

ALGEMEEN 28 September Skool sluit

11 Oktober Algemene Ouervergadering 19:00 in Skoolsaal (Kworum)

30 Oktober Dankfees

AKADEMIE 21 September Gr. 7-entrepreneurskap

KULTUUR 27 September Laerskool Fairland Kunswedstryd Gala-aand

Page 5: UIT DIE HOOF SE KANTOOR · 2018. 10. 15. · Corné de Fouw o/10A-rugbyspan Richard Maree, Jean Loots, Ben Barnard Vincent Graham, Reuben Vlok, Malakai Steenkamp, Jayden Brown, Martin

4

AKADEMIE

Die skool uit op Vrydag 28 September om 11:00. Rapporte word om 10:45 by registerklasse uitgedeel.

‘n Vriendelike versoek om asb. nie te vra om u kind se rapport vroeër te kry nie. Indien u vroeër met vakansie gaan, sal die leerders se rapport op die d6 Connect wees vir u om na te kyk.

KULTUUR

LAERSKOOL FAIRLAND KUNSWEDSTRYD

Ons wil sommer solank baie, baie dankie en geluk sê aan al ons deelnemers wat die afgelope twee weke aan die LFK se drama, dans, sang en instrumentale afdelings deelgeneem het. Dit was ‘n absolute plesier om julle almal in aksie te sien en te beleef hoe julle julle talente ontwikkel. Ons is ongelooflik trots op elkeen van julle vir julle harde werk en mooi optredes!

Gala-aand 27 September

Die uitslae wat betref die finaal, sal vroeg volgende week na afloop van die laaste deel van die LFK bekend gemaak word. Deelnemers wat kwalifiseer om aan die Finaal deel te neem, sal uitnodigings per brief ontvang. Die beoordelaars se topkeuses dring deur na die LFK Finaal.

VOORLOPIGE DATUMS VIR LFK - SEPTEMBER 2018

Do. 20 Sept. Instrumentaal: Ander Oop afdeling: Instrumentaal Do. 27 Sept. Volle kleedrepetisie Do. 27 Sept. Beste van die Beste / Gala-aand

SENIOR- en JUNIORKOOR

Belangrike datums

25 September Laerskool Fairland Kunswedstryd (LFK)

25 en 26 Oktober Encore 2018 (Koorblyspel en revue) 30 Oktober Dankfees

REVUE

Ons wil graag baie sterkte sê aan ons revuespanne wat so hard werk om voor te berei vir die revue wat in Oktober tydens ons Encore-aande aangebied sal word!

Oefentye Maandae - LAPA: 16:00 – 17:00 Sang: JUNIORS 17:00 – 18:00 Sang: SENIORS SAAL: 17:00 - 18:00 Dans: JUNIORS 18:00 - 19:00 Dans: SENIORS

Page 6: UIT DIE HOOF SE KANTOOR · 2018. 10. 15. · Corné de Fouw o/10A-rugbyspan Richard Maree, Jean Loots, Ben Barnard Vincent Graham, Reuben Vlok, Malakai Steenkamp, Jayden Brown, Martin

5

SPORT

HOKKIE

Uitslae: “Best of the Best”

Ons Oop A-dogterspan het Sondag 16 September by St. Stithians College in die jaarlikse Best of the Best-

uitspeel-wedstryde gespeel. By hierdie uitspele speel al die ligawenners uit die verskillende distrikte teen

mekaar om die algehele wenners aan te wys. Laerskool Fairland se Oop A-dogters verteenwoordig D10 en

hou die skool se naam hoog! Uit die 5 wedstryde wat gespeel is, is daar 1 gewen, 3 verloor en 1 gelykop

gespeel.

Verloor 0 – 1 vs Roodekrans

Wen 1 – 0 vs Rissidale Primary

Verloor 0 – 1 vs Vanderbijlpark

Verloor 0 – 5 vs Bryanston Parallel Medium

Gelykop 0 – 0 vs Protearif

Net om te kwalifiseer vir hierdie uitspele beteken dat ons Oop A-dogters die beste dogterspan in die D10-

distrik vir die jaar 2018 is en is voorwaar ‘n prestasie om op baie trots te wees!

Baie geluk aan hierdie dogters, asook juf. Connie wat hul afgerig het.

Uitslae – ligawedstryde (14 September)

o/10A gelykop 0 – 0 Randpark Primary

verloor 0 – 3 Unika

verloor 0 – 1 Louw Geldenhuys

o/11A wen 1 – 0 NWCS

wen 2 – 1 Parkview Seniors

gelykop 0 – 0 Louw Geldenhuys

Oop B wen 2 – 1 vs IR Griffith

KRIEKET

Oefentye: (3de en 4de kwartaal)

Maandae: 14:10 - 15:40 Dinsdae en Woensdae: 13:45 - 15:15

Uitslae (ligawedstryde)

o/10A wen met 10 paaltjies vs Fontainebleau

o/11A wen met 7 paaltjies vs Fontainebleau

o/11B wen met 9 paaltjies vs Fontainebleau

3de span verloor met 37 lopies vs Louw Geldenhuys (2de span)

2de span verloor met 9 paaltjies vs Fontainebleau (1ste span)

1ste span wen met 6 paaltjies vs Jan Celliers

Trinity Festival (1ste span)

Verloor Westville Primary met 6 paaltjies

Verloor Rondebosch met 6 paaltjies

Wen Cornwill Hill met 8 paaltjies

Verloor Lynnwood met 53 lopies

Wen Trinity, Little Falls met 10 paaltjies

Verloor Lynnwood met 270 lopies

Page 7: UIT DIE HOOF SE KANTOOR · 2018. 10. 15. · Corné de Fouw o/10A-rugbyspan Richard Maree, Jean Loots, Ben Barnard Vincent Graham, Reuben Vlok, Malakai Steenkamp, Jayden Brown, Martin

6

Orion-aandreeks

o/11A wen met 3 paaltjies vs Orion

Rico Vosloo “Man of the Match”

Wen met 7 paaltjies vs Oosterkruin

Joof Enslin “Man of the Match”

1ste span verloor met 5 paaltjies vs Orion

Verloor met 82 lopies vs Oosterkruin

Sterkte aan die o/11A-span wat vandag in die finaal speel.

MINI-KRIEKET

Oefentye

Maandae: 13:30 - 14:15 Dinsdae: 13:00 - 14:00

o/6 - Gr. R

Oefentye: SLEGS VANAF 4de KWARTAAL

Dinsdae en Woensdae: 13:10 - 14:10

TENNIS

Oefentye

Senior A-spanne

Do. 20 Sept. 06:30 – 07:30 Ruan

Uitslae

Dogters A wen 41 – 40 vs Unika

Seniortennis

Voorlopige JHB-ligawedstryde Dogters A: 26 Sept. Louwtjies B (tuis)

10 Okt. Bryanston (weg) 17 Okt. Jan Celliers A (tuis) 24 Okt . Bye 31 Okt. Wedstryde wat uitgereёn het

Dogters B: 26 Sept. Reddford, Northcliff (tuis) 10 Okt. Trinity, Randpark (weg) 17 Okt. Curro Aurora (tuis) 24 Okt. Curro, Wilgeheuwel (weg) 31 Okt. Wedstryde wat uitgereёn het

Seuns A: 20 Sept. Crawford, Sandton (tuis) 27 Sept. Kind David, Sandton (weg) 11 Okt. Louwtjies B (tuis) 18 Okt. Heronbridge A (weg) 25 Okt. Fontainbleau B (tuis) 31 Okt. Wedstryde wat uitgereёn het

Page 8: UIT DIE HOOF SE KANTOOR · 2018. 10. 15. · Corné de Fouw o/10A-rugbyspan Richard Maree, Jean Loots, Ben Barnard Vincent Graham, Reuben Vlok, Malakai Steenkamp, Jayden Brown, Martin

7

Seuns B: 20 Sept. Jan Celliers A (tuis) 27 Sept. Crawford, Sandton (weg) 11 Okt. Unika (weg)

18 Okt. Bryneven (tuis)

25 Okt. Trinity, Randpark (tuis)

31 Okt. Wedstryde wat uitgereёn het

LANDLOOP

Daar sal geen landloopoefening wees hierdie week nie.

Volgende week begin ons met middelafstande.

Oefentye: Maandae – Woensdae 15:45 – 17:00

SWEM

Galadatums: (4de kwartaal)

Vr. 12 Oktober (Bryneven Primary)

Vr. 19 Oktober (Constantia Kloof Primary)

Vr. 26 Oktober (Monument Primary)

Vr. 2 November (TrinityHouse, Little Falls)

Algemene inligtingsbrief in verband met swem, sal voor die einde van die dag op die d6 Connect geplaas

word.

INLIGTINGSENTRUM

Alle uitstaande boeke moet asseblief teen Vrydag 21 September 2018 by die inligtingsentrum ingehandig

word.

Juf. Connie

ALGEMEEN

VERE-KAS

Kom maak ‘n draai by ons in die ou administrasiegebou. * verlore klere en sporttoerusting * bekostigbare tweedehandse skoolklere * pragtige aanpaskamers * groter spasie

MAANDAG DINSDAG WOENSDAG DONDERDAG VRYDAG

Oggend 07:10-07:40 07:10-07:40 07:10-07:40 07:10-07:40 07:10-07:40

Middag 13:30-14:00 13:00-13:30 13:00-13:30 13:30-14:00 Gesluit

Kontak vir Thea Kilian ([email protected]) / Debbé Potgieter ([email protected]) vir enige

navrae in verband met die Vere-kas.

Page 9: UIT DIE HOOF SE KANTOOR · 2018. 10. 15. · Corné de Fouw o/10A-rugbyspan Richard Maree, Jean Loots, Ben Barnard Vincent Graham, Reuben Vlok, Malakai Steenkamp, Jayden Brown, Martin

8

STERRE VAN DIE WEEK

Gr. 1/14: Wian Velthuysen Gr. 1/22: Luan Badenhorst Gr. 1/24: Jesse Jonker Gr. 1/25: Johan Bester Gr. 1/26: Mila van Wyk Gr. 1/27: Kaiden Fryer Gr. 2/15: Christian Loedolff Gr. 2/16: Vega de Matos Gr. 2/17: Lana Bouwer Gr. 2/18: Charize Van Biljon Gr. 2/21: Matthew Roberts Gr. 2/23: Julian Clark Gr. 3/12: Eduan Visser Gr. 3/13: Cara Labuschagne Gr. 3/28: Reece Schourie Gr. 3/29: Stephan Nel Gr. 3/45: Ricardo Swanevelder Gr. 3/46: Bridgetta Kleynhans

Uitblinkers

Groenklas: Nina Cilliers en Jan-Hendrik Swanepoel

Blouklas: Annabel Brink en Tobias Barnard

Oranjeklas: Isabella Pieterse en Kyle Le Roux

Persklas: Eléna Bothma en Tiago Pimenta

Geelklas: Kara Van Der Poel

Rooiklas: Liam Ouwenkamp en Alexa Stahmer

Goeie gedrag: Gr. 4/49: Marlene van Heerden

VRIENDE VAN FAIRLAND

VVF-SPENS

Die kwartaal is amper op sy einde en ons spens is amper leeg. Die volgende produkte sal BAIE help:

blikkies vis, blikkies vleis, ontbytgraan, hawermout, pasta, suiker - 2,5kg, rys - 2kg, mieliemeel - 2,5kg,

blikkies sop, langlewe melk en sommer enige ander geskikte produkte wat in die huis is.

Indien u enige van bogenoemde produkte wil skenk, stuur asb. saam met u kind skool toe.

Irene Aucamp

AKTIWITEITE BUITE SKOOLVERBAND

AKADEMIE

WOW-SPELFEES

Op Vrydag 14 September het 38 leerders van Laerskool Fairland deelgeneem aan die provinsiale ronde te Laerskool Helderkruin. Daar was 220 leerders van 8 verskillende skole wat gespel het dat die spoeg behoorlik spat. Al ons leerders het pragtig presteer en ons is baie trots op elkeen van die 38 deelnemers. Al is jy dalk nou nie deur na die nasionale ronde, is dit alreeds ‘n pragtige prestasie om op dié vlak te gaan kompeteer het. Jy beskik nou ook oor ‘n arsenaal nuwe woorde wat jou woordeskat uitgebrei het. Baie dankie aan al die onderwysers wat as beamptes opgetree het en ‘n groot dankie vir elke leerder en ouer se entoesiasme jeens ons WOW-projek.

Die volgende leerders het na die nasionale ronde deurgedring wat op 20 Oktober in Stellenbosch gehou sal word:

Gr. 1: Daniel Pieterse 2de plek Mieke du Toit 4de plek Gr. 2: Annabelle Kirstein 1ste plek Lizé Pelser 2de plek Wian Maartens 3de plek Cian Jonck 4de plek Gr. 3: Ruaan du Toit 4de plek

Page 10: UIT DIE HOOF SE KANTOOR · 2018. 10. 15. · Corné de Fouw o/10A-rugbyspan Richard Maree, Jean Loots, Ben Barnard Vincent Graham, Reuben Vlok, Malakai Steenkamp, Jayden Brown, Martin

9

Gr. 4: Mia Moore 3de plek, Niel Marais 4de plek Gr. 5: Rico Vosloo 3de plek

Gr. 6: Lené Dyson 1ste plek, Anshe Roos 3de plek , Karo Bekker 4de plek Gr. 7: Mia Marais 2de plek

Twee van ons oudleerders het ook pragtig presteer: Gr. 8: Dané Kotzé 2de plek Gr.10: Kayla Janse van Rensburg 2de plek Baie geluk aan al die leerders met hul pragtige prestasies. Ons is baie trots op julle. Sterkte met jul voorbereiding. Leanie Taljaard

SPORT

KARATE Juan Pretorius het op Saterdag 8 September aan die Tenshinkan Karatefederasie se SA- kampioenskap deelgeneem. Hy behaal ‘n eerste plek vir beide sy kumite (vegkuns) en kata in die 5-6 jr. kategorie vir oranjebelt.

Zachary Combrink het die afgelope naweek deelgeneem aan die Tenshinkan Karatefederasie se SA-kampioenskap en het derde gekom in kumite in die o/7 geelbelt afdeling.

Page 11: UIT DIE HOOF SE KANTOOR · 2018. 10. 15. · Corné de Fouw o/10A-rugbyspan Richard Maree, Jean Loots, Ben Barnard Vincent Graham, Reuben Vlok, Malakai Steenkamp, Jayden Brown, Martin

10

GIMNASTIEK Baie geluk aan Caiden Bouwer wat tydens die Gauteng gimnastiekbyeenkoms 'n bronsmedalje verwerf het vir sy ringroetine. Hy kwalifiseer om deel te neem aan die nasionale gim-spele in Oktober en verwerf provinsiale kleure vir gimnastiek.

Mieka du Toit het op 14 September aan TL Fusion Gymnastics se klubkompetisie deelgeneem. Sy het ‘n derde plek in Vlak 3 gimnastiek behaal.

AVONTUURSPORT Die avontuursport-span van Daniela Popovic, Ezaan Husselmann, Simon Kilian en Liam Parsons het deurgedring na die avontuursport nasionale kampioenskap wat op 29 September by Aldam vakansie-oord naby Winburg gehou sal word. Spanne van regoor Suid-Afrika sal teen mekaar meeding in 4 hoofdissiplines nl. hardloop, bergfiets, kayak en oriëntering. Met net 'n kaart en kompas, sal die spanne tussen kontrolepunte moet navigeer, terwyl die organiseerders enige ander aktiwiteite soos swem. rotsklim, absailing, vlotbou en selfs kettieskiet en eierkook kan inbring om die roete nog interessanter te maak!

Page 12: UIT DIE HOOF SE KANTOOR · 2018. 10. 15. · Corné de Fouw o/10A-rugbyspan Richard Maree, Jean Loots, Ben Barnard Vincent Graham, Reuben Vlok, Malakai Steenkamp, Jayden Brown, Martin

11

KULTUUR

Verskeie van ons leerders neem tans ook deel aan die NEA, Raca en Con Spirito eisteddfods en behaal groot welslae. Meer hieroor later. BAIE DANKIE Graag wil ek vir elkeen wat my verjaarsdag so spesiaal gemaak het, dankie sê! Baie dankie vir al die boodskappies en geskenkies. Ek was vrot bederf. Dankie gr.4/51-leerders dat julle my op dié dag ekstra spesiaal laat voel het. Dit word opreg waardeer. Juf. Maricia

ADVERTENSIES

RESONANZE MUSIEKSKOOL "MUSIEKLESSE te kies en te keur vir elke tipe musikant-in-wording! Skryf nou in vir sang, kitaar, drom, viool, klavier en marimbas. Resonanze Musiekskool, Berario Ontspanningsentrum, 081 351 7491, [email protected]". TUINWOONSTEL TE HUUR Jong werkende dame is op soek na ‘n tuinwoonstel (met of sonder meubels) in Randburg-area om te huur vanaf 1 Oktober 2018. Indien weet van ‘n tuinwoonstel wat beskikbaar is. Skakel Zanelle van Wyk 074 220 1995. TUINWOONSTEL TE HUUR

Gerieflike 1-slaapkamer woonstel vir enkelpersoon te huur – dadelik beskikbaar. Aparte sitkamer, kombuis

asook onderdak parkering en private tuin. Ook geskik as kantoor. Slegs R5 000 per maand. Kontak

082 653-8166.

Page 13: UIT DIE HOOF SE KANTOOR · 2018. 10. 15. · Corné de Fouw o/10A-rugbyspan Richard Maree, Jean Loots, Ben Barnard Vincent Graham, Reuben Vlok, Malakai Steenkamp, Jayden Brown, Martin

12

Col’Cacchio, L’Corro Sentrum

Page 14: UIT DIE HOOF SE KANTOOR · 2018. 10. 15. · Corné de Fouw o/10A-rugbyspan Richard Maree, Jean Loots, Ben Barnard Vincent Graham, Reuben Vlok, Malakai Steenkamp, Jayden Brown, Martin

13

Carina van Vuuren Opvoedkundige Sielkundige

Skoolgereedheid en Skolastiese evaluerings

Terapie

Vak en Beroepsleiding

Studie Vaardighede

Terapie en “Coaching”

Mediese Fonds Tariewe

148 Marketstr. Fairland

084 563 8334 / 011 431 3676

[email protected]

www.exceptional-living.co.za

Exceptional-living

Page 15: UIT DIE HOOF SE KANTOOR · 2018. 10. 15. · Corné de Fouw o/10A-rugbyspan Richard Maree, Jean Loots, Ben Barnard Vincent Graham, Reuben Vlok, Malakai Steenkamp, Jayden Brown, Martin

14